16
© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016 127 Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821) Oriëntasie Tjaart is gebore in 1788 en was nagenoeg 32 jaar oud toe hy in 1821 oorlede is. Hy was ʼn boer. Die 18-jarige Tjaart trou in 1806 met die 17-jarige Cina 1 Buys. Sy is gebore omstreeks 1789 en is oorlede in 1817 toe sy omtrent 28 jaar oud was. Hulle het 7 kinders gehad. Tjaart trou weer op 29-jarige leeftyd in 1817 met Maria Kruger. Hulle het een kind gehad. Genealogiese gegewens d1 VAN DER WALT, Tjaart: *26.7.1788 2 ; Drakenstein 14.3.1789 3 ; †c. 1821 4 . x Graaff-Reinet 29.7.1806 5 : BUYS, Anna Francina: *9.11.1789 6 ; Drakenstein 27.2.1790 7 ; †1817 8 . Dogter van Bernardus Rudolph Buys en Francina Anna Coetzee. xx Graaff-Reinet 4.8.1817 9 : KRUGER, Maria Magdalena Petronella 10 : *14.7.1797; Tulbagh 2.5.1779; 4.9.1863 11 . Dogter van Jacobus Alewyn Kruger en Martha Magdalena Smit (Maria Magdalena Petronella Smit 12 ) [Sy xx Cradock 7.10.1822: b15c4d3 FOURIE, Johannes: ≈20.7.1794.] Jeug Tjaart is op 26 Julie 1788 gebore as die oudste kind van sy ouers. As oudste seun is hy heelwaarskynlik vernoem na sy oupa, Tjaart van der Walt. Tjaart word op 14 Maart 1789 gedoop in Drakenstein en die doopgetuies was Tjaart ander Walt en Maria Venter (sy oupa en stiefouma) en Hendrik van der Walt. In hierdie hoofstuk Tjaart en Anna Petrus Jacobus bl. 132 Anna Francina bl. 133 Barend Rudolph bl. 134 Maria Elizabeth bl. 135 Michiel Andries bl. 136 Helena Petronella bl. 137 Stephanus Tjaart bl. 138 Maria Magdalena Petronella bl. 139

Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

127

Hoofstuk 6

Tjaart van der Walt (d1)

(1788 – c. 1821)

Oriëntasie Tjaart is gebore in 1788 en was nagenoeg 32 jaar oud toe hy in 1821 oorlede is. Hy was ʼn boer. Die 18-jarige Tjaart trou in 1806 met die 17-jarige Cina

1 Buys. Sy is gebore

omstreeks 1789 en is oorlede in 1817 toe sy omtrent 28 jaar oud was. Hulle het 7 kinders gehad. Tjaart trou weer op 29-jarige leeftyd in 1817 met Maria Kruger. Hulle het een kind gehad.

Genealogiese gegewens d1 VAN DER WALT, Tjaart: *26.7.1788

2; ≈Drakenstein 14.3.1789

3; †c.

18214.

x Graaff-Reinet 29.7.1806

5: BUYS, Anna Francina: *9.11.1789

6;

≈Drakenstein 27.2.17907; †1817

8. Dogter van Bernardus Rudolph Buys en

Francina Anna Coetzee. xx Graaff-Reinet 4.8.1817

9: KRUGER, Maria Magdalena Petronella

10:

*14.7.1797; ≈Tulbagh 2.5.1779; † 4.9.186311

. Dogter van Jacobus Alewyn Kruger en Martha Magdalena Smit (Maria Magdalena Petronella Smit

12)

[Sy xx Cradock 7.10.1822: b15c4d3 FOURIE, Johannes: ≈20.7.1794.]

Jeug Tjaart is op 26 Julie 1788 gebore as die oudste kind van sy ouers. As oudste seun is hy heelwaarskynlik vernoem na sy oupa, Tjaart van der Walt. Tjaart word op 14 Maart 1789 gedoop in Drakenstein en die doopgetuies was Tjaart ander Walt en Maria Venter (sy oupa en stiefouma) en Hendrik van der Walt.

In hierdie hoofstuk

Tjaart en Anna

Petrus Jacobus – bl. 132

Anna Francina – bl. 133

Barend Rudolph – bl. 134

Maria Elizabeth – bl. 135

Michiel Andries – bl. 136

Helena Petronella – bl. 137

Stephanus Tjaart – bl. 138

Maria Magdalena Petronella – bl. 139

Page 2: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

128

Doopinskrywing van Tjaart van der Walt. Die datums (hier nie duidelik) is geboorte 26 Julie 1788 en doop 14 Maart 1789. Die ouers is aangeteken as Migiel Andries van der Walt en Maria Elisabeth Kruger en die getuies

as Tjaart van der Walt, Maria Venter en Hendrik van der Walt.

Anna Francina Buys is op 9 November 1789 gebore as tweede kind. Sy is gedoop in Drakenstein op 27.2.1790 en die doopgetuies was Anna Francina Coetzee, Gert Kruger, Susanna Lasya Buys, Johannes Coetzee en Johanna Coetzee.

Toe Tjaart 18 jaar oud was, trou hy op 29 Julie 1806 te Graaff-Reinet met Cina Buys, wat toe 17 jaar oud was.

Woonplekke

Ten opsigte van die opgaafrolle van 1811 en 1815 word aangedui dat hulle in die Wyk Renosterberg van die Distrik Graaff-Reinet woon. Die volgende aanduiding oor waar Tjaart gewoon het, kom uit sy boedel, soos hieronder aangedui, nl. die plaas Jan Blaauwskop.

Doopinskrywing van Anna Buys. Sy is gebore op 9 November 1789 en

gedoop op 27 Februarie 1790. Die doopgetuies was Anna Vrancina Coetsee, Susanna Lasiya Buys, Johannes Coetsee en Johanna Coetsee.

Benaderde ligging van Jan Blaauwskop

Page 3: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

129

Eiendom

Toe Cina in 1817 oorlede is, was Tjaart nagenoeg 28 jaar oud. Hy het toe reeds ’n aansienlike boerdery aan die gang gehad volgens die inventaris in Cina se boedel

17. Hiernaas is gegewens oor

die boerdery en hieronder volg verdere items wat in die inventaris ingesluit is.

o Hy het twee gewere gehad.

o Daar was baie min meubels: ’n bed met toebehore, twee katels, twee ou stoele, ’n teetafel, ’n rak en drie trommels.

o Die kombuisgereedskap het die volgende ingesluit: tien borde, twaalf lepels, tien vurke, ’n klein beker,

o drie koppies en pierings, ’n potlepel, ’n vleisvurk, twee botterkarrings, ’n bottervaatjie, vaatjies, emmers, ’n balie, drie skottels, ’n handmeul, ’n rooster, ’n seeppot, twee groot kookpotte, twee klein potte, twee ketels en ’n teerkan.

o Die plaas- en ander gereedskap sluit die volgende in: twee ou grawe, ʼn houtbyl, ʼn handbyl, ʼn dissel, ʼn ploegsool en ’n skroef.

o Daar was ook ’n blaker, ʼn wakis, nege voet stinkhoutplanke en ʼn saal en toom. Na Tjaart se dood is daar weer ’n inventaris op 7 September 1821 saamgestel

18. Die gegewens oor die vee is in

die tabel hierbo. Tussen al die roerende goedere was daar ook ’n Bybel en twee gesangeboeke. In die gemelde inventaris word daar genoem dat dit opgestel is op Jan Blaarkop

19 (Jan Blauwskop) wat dan die

plaas was waarop Tjaart toe woonagtig was. Die Teebusrivier vloei deur die plaas. Uit die hoeveelheid vee in die boedel, is dit duidelik dat Tjaart aktief geboer het tot sy dood. Daar is egter nie ’n aanduiding in die inventaris dat Tjaart die plaas besit het nie.

Kerk Tjaart en Cina het hul kinders in Graaff-Reinet gedoop en dit dui daarop dat Graaff-Reinet hulle gemeente was in die tyd toe Graaff-Reinet ’n baie groot distrik was.

Die gesin Tjaart en Cina het sewe kinders gehad. Beide in die Stamregister Van der Walt en SAG 15 word die vierde kind, Maria Elisabeth, nie genoem nie. Sy word egter in die inventaris van Cina se boedel op 6 Mei 1817 vermeld as kind en ook in Tjaart se inventaris. Sy word ook in die Doopregister van Graaff-Reinet aangedui as hulle kind en gedoop op 5 April 1812

20. Daar is ook ’n huwelik vir haar aangedui. Die sewe kinders is soos volg:

o Petrus Jacobus wat getroud was met Anna Francina Buys. o Anna Francina wat getroud was met Jacobus Nicolaas van Heerden. o Barend Rudolph wat agtereenvolgens getroud was met Maria Magdalena van der Walt, Alida

Catharina Barendina Sofia van der Merwe en Anna Christina de Klerk. o Maria Elisabeth wat getroud was met Jan Ignatius (Engenaas) Venter.

Opgaafrolle en Inventarisse

Jaar 181113

181514

181715

182116

Distrik GrRei GrRei GrRei GrRei

Wyk (Veldkornetskap) Ren berg

Ren berg

Inv Inv

Gesin

Mans 1 1 1 0

Vroue 1 1 0 1

Seuns 2 3 4 4

Dogters 1 2 3 4

Werkers Manlik 1 2

Vroulik

Vee Perde 7 11 9 22

Beeste 60 74 112 175

Skape 900 900 648 1444

Bokke 20 30

Vervoer Wa 1 1 1 2

Notas: GrRei = Graaff-Reinet. Ren berg = Renosterberg. Inv = Inventaris.

Page 4: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

130

o Michiel Andries wat eers getroud was met Alida Johanna Jacoba Aletta Pretorius en daarna met Anna Johanna Helena van den Berg.

o Helena Petronella (Pieternella) wat getroud was met Gerrit Johannes van Wyk. o Stephanus Tjaart wat getroud was met Anna Catharina Venter.

Vyf van die kinders het hulle in die Kaap gevestig, terwyl Stephanus Tjaart na die Vrystaat getrek het en Michiel Andries na Transvaal. Cina is in 1817 oorlede toe sy nagenoeg 28 jaar oud was. Toe die inventaris in haar boedel voltooi is in Mei 1817, het die ouderdom van haar kinders gewissel tussen 10 jaar en 4 maande.

Laaste lewensjare Tjaart trou weer op 29-jarige leeftyd op 4 Augustus 1817 met Maria Magdalena Petronella Kruger. Hierdie huwelik word nie aangetoon in die Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998 of die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, Deel 15 nie. Die inventaris wat na Tjaart se dood opgestel is

21

dui egter ondubbelsinnig aan dat hy ten tye van sy dood met haar getroud was, soos tewens ook die inskrywing in die huweliksregister van Graaff-Reinet. Die inventaris dui ook aan dat hulle, benewens Tjaart se sewe kinders uit die vorige huwelik, ʼn dogter Maria Magdalena Petronella (Elizabeth) gehad het wat gebore is op 2 September 1818. Maria Kruger se sterfkennisgewing dui ook aan dat sy die voornoemde dogter gehad het. Die tweede huwelik van Tjaart duur ongeveer 4 jaar voordat hy in 1821 oorlede is toe hy nagenoeg 32 jaar oud was. Maria oorleef hom en trou met op 7.10.1822 met Johannes Fourie. Hulle het, volgens Maria se sterfkennisgewing, sewe kinders gehad. Johanna is oorlede op 14 September 1863, toe sy 66 jaar oud is. Johannes Fourie oorleef haar.

‘n Boer se wa en osse.

Skets deur Burchell c. 1811.22

Page 5: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

131

Sketse oorTjaart, Anna

en Maria se kinders

Page 6: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

132

Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887)

Petrus23

is omstreeks 1807 gebore en was 79 jaar oud toe hy in 1887 oorlede is. Hy was ʼn boer. Petrus trou met Anna

24 Buys. Sy is omstreeks 1809 gebore

en is oorlede in 1895 toe sy 86 jaar oud was. Hulle het agt kinders gehad.

Teen 1850 het Petrus Ruigtefontein 89

25 in die Wyk

Brakrivier-Oos van die Distrik Cradock besit26

. Die plaas is Suid van Steynsburg geleë

27. Daar word op Petrus

(1887) en Anna (1895) se sterfkennisgewings aangedui dat hulle oorlede is op die plaas Plaatfontein. In albei gevalle word egter aangedui dat hulle slegs roerende goedere nalaat en daar is dus geen aanduiding dat hulle Plaatfontein of ’n gedeelte daarvan besit het nie

28.

Genealogiese gegewens

e1 VAN DER WALT, Petrus Jacobus: *Cradock Dist. c. 180729

; ≈Graaff-Reinet 3.1.180830

; †Cradock Dist., Plaatfontein 18.7.1887

31.

x BUYS, Anna Francina: *Cradock Dist. c. 1809

32; ≈Graaff-Reinet 15.4.1810

33; †Steynsburg Dist., Plaatfontein

5.10.189534

. Dogter van Stephanus Buys en Christina Maria Etresia Lessing.

Benaderde ligging van Ruigtefontein en Plaatfontein

Page 7: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

133

Anna Francina van der Walt (e2) (1808 – 1839)

Anna

35 is gebore in 1808 en was 30 jaar oud toe sy in 1839 oorlede is. Die 16-jarige Anna trou in 1825 met die

21-jarige Jacobus36

van Heerden. Hy is gebore in 1804 en is oorlede in 1880 toe hy 76 jaar oud was. Hy was ʼn boer

37.

Hulle maak ’n testament

38 op 3 Julie 1830 en

onderteken dit in die Distrik Somerset. Dit bevat die gebruiklike bepalings oor vererwing aan die langslewende en voorsiening vir kinders. Volgens die testament woon hulle in die Distrik Somerset, wat ook albei die plase ingesluit het waarna later verwys word.

Anna is in 1839 oorlede na ’n huwelik van 14 jaar. Daar is twee kinders, Pieter Willem en Anna Francina van Heerden vir hulle aangedui in boedeldokumente. Jacobus trou daarna met Johanna Catharina Stapelberg. Sy is gebore en 1818 en word nagenoeg 43 jaar oud voordat sy oorlede is in 1861. Volgens die opname van plase soos in 1850

39, word aangedui dat Jacobus die

plaas Leeukuil 10940

in die Wyk Vlekpoort van die Distrik Cradock besit. Teen 1861, toe Johanna Stapelberg oorlede is, besit hulle die plaas Sewefontein

41 wat óf suid van Middelburg KP naby Conway óf tussen

Steynsburg en Molteno geleë was. Johanna is op 11 Julie 1861 oorlede na ʼn huwelik van 21 jaar met Jacobus. Daar is in boedeldokumente vir hulle drie kinders aangeteken, Frans Jan, Johanna Margaritha en Jacobus Nicolaas. Jacobus is op 18 Mei 1880 op Sewefontein oorlede.

Genealogiese gegewens e2 VAN DER WALT, Anna Francina: *Graaff-Reinet Dist. 5.11.1808

42; ≈Graaff-Reinet 30.4.1809

43; †Cradock

Dist., De Poortje 7.8.183944

. x Cradock 4.4.1825

45: VAN HEERDEN, Jacobus Nicolaas: *28.1.1804

46; ≈Tulbagh 6.10.1804

47; †Middelburg KP

Dist., Sewefontein 18.5.188048

. Seun van Pieter Willem van Heerden en Johanna Margaretha Pretorius. [Hy xx Cradock 15.12.1839

49: STAPELBERG, Johanna Cataharina, *31.1.1818

50; ≈Cradock 23.3.1818

51;

†Middelburg KP 11.7.186152

. Dogter van Frans Johannes Jacobus Stapelberg en Martha Maria Magdalena Smit.]

Page 8: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

134

Barend Rudolph van der Walt (e3)

(c. 1810 – 1878)

Barend53

is gebore in 1810 en was 68 jaar oud toe hy in 1878 oorlede is. Hy was ʼn boer. Die 18-jarige Barend trou in 1828 met die 16-jarige Maria van der Walt. Sy is gebore in 1812 en is oorlede in 1871 toe sy byna 66 jaar oud was. Hulle het nege kinders gehad.

Barend trou weer op 61-jarige leeftyd in 1871 met Alida54

van der Merwe wat toe omtrent 18 jaar oud was. Sy is omstreeks 1853 gebore en word nagenoeg 20 jaar oud. Hulle het een kind gehad. Daarna trou Barend in 1873 op 63-jarige leeftyd met die 17-jarige Anna

55 de Klerk. Hy was toe afkomstig van

Spitskop, Wodehouse en het ʼn sertifikaat ingedien van die Magistraat van Barkly dat hy mag trou. Sy was afkomstig van Stapelbergskraal in die Albert Distrik en het

toestemming van haar ouers gekry om te trou. Hulle het drie kinders gehad. Die laaste kind is gebore nadat Barend in 1878 oorlede is. Volgens die geboortebesonderhede van die kinders het Barend tydens die eerste huwelik in die destydse Cradock Distrik gewoon, blykbaar meer na Burgersdorp se kant. Daarna het Barend ooswaarts beweeg, blykbaar in die koers van die Wodehouse Distrik en die laaste drie kinders word op Dordrecht gedoop. Hy is volgens sy sterfkennisgewing oorlede op die plaas Ellangowan en daar is tans nog so ’n plaas in die Wodehouse Distrik. By sy afsterwe word aangedui dat hy geen eiendom het nie.

Genealogiese gegewens

e3 VAN DER WALT, Barend Rudolph: *3.4.181056

; ≈Graaff-Reinet 17.7.181057

; †KP, plaas Ellangowan58

20.7.1878

59.

x Cradock 3.11.1828

60: VAN DER WALT, Maria Magdalena: *Middelburg KP Dist., Renosterberg 19.8.1812

61;

†Wodehouse Dist., Saalboom 14.8.187162

. Dogter van Tjaart van der Walt (b4c2d2) en Johanna Alida Kruger. xx Barkley-Oos 28.11.1871

63: VAN DER MERWE, Alida Catharina Barendina Sofia: *c. 1853

64.

xxx Burgersdorp GK 18.5.1873

65: DE KLERK, Anna Christina: *c 1856

66.

Page 9: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

135

Maria Elizabeth van der Walt (e4) (1811 – 1859)

Maria Elisabeth is gebore in 1811. Haar naam kom nie voor in die Van der Walt familieregister

67 of die Suid-

Afrikaanse Geslagsregisters nie. Sy word egter in die inventaris van haar ma, Cina, se boedel op 6 Mei 1817 vermeld as kind en ook in haar pa, Tjaart, se inventaris. Sy word ook in die Doopregister van Graaff-Reinet aangedui as hulle kind en is gedoop op 5 April 1812

68. Daar is ook ’n huwelik vir haar aangedui.

Maria

69 is gebore in 1811 en was 47 jaar oud toe sy in 1859 oorlede is.

Die 16-jarige Maria trou in 1827 met die 24-jarige Jan70

Venter. Hy is gebore in 1805. Hy was ʼn boer. Hulle het geen kinders gehad nie

71.

Jan het die plaas Rietbult 205

72 in die Wyk Onder-Seekoeirivier van

die Distrik Colesberg besit73

. Die plaas het teen die Oranjerivier gegrens. Jan trou na Maria se dood met Hester Coetzee. Toe sy boedel in 1873 beredder is, besit hy die volgende plase of dele daarvan in die Distrik Bloemfontein: Krapfontein 515, Tigerpoort wat ’n deel was van Bekerfontein 253, Wonderkop 30 en Klippan 494. Hy het ook die helfte van Erf 3 in Reddersburg besit.

Genealogiese gegewens

e4 VAN DER WALT, Maria Elisabeth74

: *Cradock Dist. 15.9.181175

; ≈Graaff-Reinet 5.4.181276

; †“Rietbult”, dist. Colesberg 20.2.1859

77.

x Graaff-Reinet 8.7.1827: VENTER, Jan Ignatius (Engenaas): *12.8.1805; ≈Paarl 27.10.1805. †Reddersburg 9.5.1873

78. Seun van Jan Venter en Lasya Sophia van der Walt.

[Jan – xx COETZEE, Hester Sophia Magdalena: *Dist. Burgersdorp c.1845; † Dist. Bethulie “Providence” 17.7.1923. Dogter van Johannes Coetzee en Hester Coetzee.

Sy xx GK Reddersburg 22.11.187379

: VENTER, Hendrik Christiaan: *Achter Zuurberg 26.6.1846; ≈NGK Colesberg 22.9.1846; †Bethulie 17.4.1913

80. Seun van Hendrik Venter en Martha Magdalena Johanna

Petronella Coetzee. Hy was eers getroud in die GK Reddersburg 3.4.1865: ROBBERTSE, Anna Sophia: *c. 1848; † 25.6.1873.

81 ]

Benaderde ligging van Rietbult

Page 10: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

136

Michiel Andries van der Walt (e5) (1813 – 1894)

Michiel82

is gebore in 1813 en was 81 jaar oud toe hy in 1894 oorlede is. Hy was ʼn boer. Die 19-jarige Michiel trou in 1832 met die 18-jarige Alida

83 Pretorius. Sy is

gebore in 1814 en is oorlede in 1867 toe sy 53 jaar oud was. Hulle het elf kinders gehad.

Aanvanklik het Michiel en Alida in die Oos-Kaap gewoon in die Wyk Bo-Seekoeirivier in die Distrik Colesberg, waar hulle reeds in 1836 was volgens die opgaafrol vir daardie jaar

84. Hulle het toe 13 perde, 68 beeste, 800

skape en ’n wa besit. In daardie Wyk het hulle teen 1850 die plase Damfontein en Kleinfontein besit, noord van Colesberg en oos van Hanover

85.

In 1861 teken Michiel en Alida ’n testament te Syferfontein in die Distrik Kroonstad86

. Teen 1867 woon hulle in die Vrystaat in die Distrik Kroonstad en is Alida oorlede te Nooitgedagt, wat die plaas van haar skoonseun Jan Harm Labuschagne was. In die inventaris

87 wat opgestel is in die Kroonstad Distrik, na Alida se dood in 1867,

word daar verwys na die plase Rondeheuwel, Leeukraal, Henningskraal88

, Syferfontein en Bloemhof89

. Die gemelde inventaris dui op ’n redelik welvarende egpaar. Op 25 April 1868 word Michiel ingeskryf as ’n lidmaat van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom en by hierdie inskrywing is ’n nota sonder datum dat hy vertrek het na Lydenburg

90.

Michiel trou daarna met Anna

91 van der Berg. Sy was die kind van Voortrekkers

92 en was ’n weduwee Venter

wat in die Lydenburg Distrik gewoon het. Sy is gebore en 1829 en word 59 jaar oud voordat sy oorlede is in 1888. Michiel oorleef haar en teken op 14 Maart 1891 te Noupoort (Naauwpoort) ’n testament waarin hy verklaar dat hy te Rooikrans in die Distrik Lydenburg woon en waarin hy bepaal dat sy eie kinders moet erf

93.

Michiel is op 9 November 1894 op Rooikrans in die Distrik Lydenburg oorlede. In sy sterfkennisgewing word net twee van die kinders genoem en word aangedui dat die ander onbekend is. Tydens die bereddering van die boedel word dit duidelik dat hy nog ’n plaas in die Kaap gehad het wat hy vir £100 verkoop het.

Genealogiese gegewens

e5 VAN DER WALT, Michiel Andries: *Kaapkolonie 19.3.181394

; ≈Graaff-Reinet 20.2.181495

; †Lydenburg Dist., Rooikrans 9.11.1894

96.

x Graaff-Reinet 2.9.1832

97: PRETORIUS, Alida Jacoba Aletta

98: *Colesberg Dist. 12.1.1814

99; ≈Graaff-Reinet

3.4.1814100

; †Kroonstad Dist. Nooitgedagt 13.1.1867101

. Dogter van Michiel Jacobus Pretorius en Johanna Maria van der Walt. xx

102 VAN DER BERG, Anna Johanna Helena: *Swellendam 27.2.1829

103; †Lydenburg Dist., Rooikrans

27.6.1888104

. Dogter van Johannes Jacobus van der Berg en Anna Johanna Magdalena Catharina Olivier. [Sy x

105 VENTER, Jan Adriaan: *Colesberg Dist. 10.5.1819; ≈Graaff-Reinet 5.9.1819; †Lydenburg Distr.

Noupoort 28.2.1875. Seun van Jan Hendrik Venter en Anna Sophia Venter.]

Page 11: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

137

Helena Petronella van der Walt (e6)

(1814 – 1856)

Helena

106 is gebore in 1814 en was 41 jaar oud toe

sy in 1856 oorlede is. Die byna 16-jarige Helena trou in 1830 met die byna 29-jarige Gerrit

107 van

Wyk. Hy was ʼn skaapboer. Hulle het twaalf kinders gehad. Byna al hulle kinders is in Cradock gedoop, wat daarop dui dat hulle vir ’n lang tyd in dieselfde omgewing gewoon het. In ’n testament wat hulle

op 2 Julie 1855 opstel, word drie plase as hul eiendom gemeld, nl. De Aap, Rietvlei en Spitskop. In ’n opname van plaaseienaars in 1850, word aangetoon dat Gerrit die eienaar van die gemelde drie plase in die Wyk Agter-Sneeuberg van die Distrik Cradock is

108. Die drie plase was aan mekaar geleë. Na Helena se dood het Gerrit

weer ’n testament gemaak op 20 Augustus 1857 en hy onderteken dit op sy plaas Spitskop. Beide hy en Helena is ook op Spitskop oorlede. Helena is op 4 Augustus 1856 oorlede na ’n huwelik van byna 26 jaar. Gerrit is ’n bietjie meer as twee jaar na Helena oorlede toe hy 57 jaar oud was.

Genealogiese gegewens

e6 VAN DER WALT, Helena Petronella (Pieternella

109): *Cradock Dist. 2.9.1814

110; ≈Graaff-

Reinet 30.10.1815111

; †Middelburg KP Dist., Spitskop 4.8.1856

112.

x Cradock 8.8.1830

113: VAN WYK, Gerrit Johannes:

*Cradock Dist. 17.8.1801114

; ≈Graaff-Reinet 10.11.1801

115; †Middelburg , KP. Dist, Spitskop

13.1.1859116

. Seun van Louis (Johannes) van Wyk en Levina Catharina Steenkamp.

(Die einde van Helena se handtekening is vasgebind in die bundel dokumente)

Benaderde ligging van De Aap

Page 12: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

138

Stephanus Tjaart van der Walt (e7) (1816 – 1888)

Die storie van Stephanus verskyn in die volgende hoofstuk. Stephanus is gebore in 1816 en was 71 jaar oud toe hy in 1888 oorlede is. Hy was ‘n boer. Die 16-jarige Stephanus trou in 1833 met die 13-jarige Anna Venter. Sy is gebore in 1820 en is oorlede in 1889 toe sy 68 jaar oud was. Hulle het 15 kinders gehad. Stephanus en Anna woon eers in die omgewing van Steynsburg in die Kaap en trek omstreeks 1866 na die Vrystaat waar hulle hul vestig in die Bethulie Distrik. Kort na Stephanus se dood trou Anna met Johannes Cornelis de Klerk.

Genealogiese gegewens e7 VAN DER WALT, Stephanus Tjaart: *Middelburg, KP Dist. Brakrivier 9.12.1816; ≈Graaff-Reinet 9.3.1817; †Bethulie Dist. Morokko 19.1.1888. x Cradock 7.7.1833: VENTER, Anna Catharina: *Albert Dist. 27.3.1820; ≈Cradock 27.3.1820; †Bethulie Dist., Morokko 2.6.1889. Dogter van Tjaart Petrus Venter en Anna Catharina Venter. [ Sy xx Bethulie GK 4.8.1888: DE KLERK, Johannes Cornelis.]

Page 13: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

139

Maria Magdalena Petronella van der

Walt (e8)

(1818 - ?)

Oriëntasie

Daar is nie veel oor Maria

117 bekend nie. Sy is gebore in 1818 en was ongeveer drie jaar oud toe haar pa

oorlede is. Sy het in die huis van haar moeder en dié se tweede man, Johannes Fourie, grootgeword. Toe Maria 19 jaar oud is, trou sy met die 20-jarige Francois Erasmus. Francois Erasmus trou in 1835 met Maria Magdalena Kruger en sy is omstreeks 1836 oorlede. Daar is op bepaalde webwerwe inligting oor Francois Erasmus en sy huwelike, maar daar is teenstrydighede wat nie houdbaar is nie.

Genealogiese gegewens

e8 VAN DER WALT, Maria Magdalena Petronella118

: *2.9.1818119

. x Cradock 19.2.1837: ERASMUS, Francois Frederik: *16.2.1817; ≈Graaff-Reinet 29.6.1817. Seun van Daniel Johannes Erasmus en Catharina Geertruyda Pretorius. [ Hy – x Cradock 5.10.1835: KRUGER Maria Magdalena: *15.1.1817

120; ≈Graaff-Reinet 4.3.1817

121; †c. 1836

122.

Dogter van Johannes Petrus Kruger en Martha Magdalena van der Walt123

.]

1 KAB MOOC 6/9/85. Verw. 5847 verwys na haar as Cina.

2 Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M.: Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot

1998. Uitgewery Lochwalt, Potchefstroom, 1998. ISBN 0-620-23218-8. Bl. 40. 3 TAB FK 2189.

4 Afgelei van die inventaris wat na sy dood opgestel is: KAB MOOC 8/37 Verw. 8.

5 TAB FK 2226.

6 TAB FK 2189.

7 TAB FK 2189.

8 KAB MOOC 8/63. Verw. 15 a en b. Haar laaste kind, Stephanus Tjaart, is gedoop op 14.3.1817. Die inventaris vir haar

boedel (KAB MOOC 8/63 Verw. 15 a en b) is gedateer 6 Mei 1817. Sy moes dus tussen 14.3.1817 en 6.5.1817 gesterf het. 9 TAB FK 2226.

10 KAB MOOC 6/9/104. Verw. 618. Die identiteit van die Maria Magdalena Petronella Kruger wat met Tjaart van der walt

getroud was, is moeilik te bepaal as gevolg van onvolledige gegewens in die betrokke geslagsregisters. In hierdie Maria Kruger se sterfkennisgewing word aangedui dat sy ‘n dogter Maria Magdalena Petronella Elizabeth van der Walt gehad het en in Tjaart van der Walt se inventaris word aangedui dat sy weduwee Maria Magdalena Petronella Kruger is en dat daar ‘n dogter Maria Magdalena Petronella van der Walt is, wat gebore is op 2 September 1818. Ook word die huwelik van die egpaar aangeteken in TAB FK 2226. 11

KAB MOOC 6/9/104. Verw. 618. 12

KAB MOOC 6/9/104. Verw. 618. 13

KAB J133. 14

KAB J50.

Page 14: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

140

15

TEPC (Transcription of Estate Papers at the Cape of Good Hope). 2006. Inventories and Auction Rolls of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope. Versprei op DVD. KAB MOOC 8/36 Verw. 15 a en b. 16

KAB MOOC 8/37. Verw. 8. 17

KAB MOOC 8/63. Verw. 15 (a) en (b). 18

KAB MOOC 8/37. Verw. 8. 19

Madmappers. Kaart 3125DA. GEO(WGS84) 31°35’03.57”S, 25°34’15.05”O. Mapset: South Africa – AfricaTopo GPS topographic map series. DVDs 1 en 2. Versprei deur Madmappers. 20

TAB FK 2217, Bl. 58. 21

KAB MOOC 8/37 verw. 8. 22

Burchell, W. J. 1824. Travels into the Interior of Southern Africa, Volume I. Longman, Hurst, etc. London. Bl. 82. 23

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 24

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 25

Madmappers. Kaart 3125BD. GEO(WGS84) 31°20’16.11”S, 25°48’21.69”O. Mapset: South Africa – AfricaTopo GPS topographic map series. 26

Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2006. Bewaarders van ons Erfenis. Cradock. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 26. 27

Blykbaar is die plaas opgesny, want op die aanliggende plaas Farm 91 is ook ’n opstal Ruigtefontein. Volgens die Landmeter-Generaal se kaarte lê daar oos van Ruigtefontein ook ’n plaas Ruigtevallei. In Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2006. Bewaarders van ons Erfenis. Cradock. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 24, word daardie plaas se naam aangedui as Ruigtefontein. Die moontlikheid is dus nie uitgesluit dat Petrus in werklikheid die plaas besit het wat tans as Ruigtevallei 92 bekenstaan nie. 28

KAB MOOC 13/1/516. Verw. 61. 29

KAB MOOC 6/9/247. Verw. 1213. Afgelei van doopdatum. 30

TAB FK 2216. 31

KAB MOOC 6/9/247. Verw. 1213. 32

KAB MOOC 6/9/345 Verw. 2311. Afgelei van sterfdatum en –ouderdom. 33

TAB FK 2216. 34

KAB MOOC 6/9/345. Verw. 2311. 35

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 36

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 37

SAG 12. Bl. 117. 38

KAB MOOC 7/1/154 Verw. 11. 39

Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2006. Bewaarders van ons Erfenis. Cradock. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Ble. 54 tot 56. 40

Madmappers. Kaart 3125DD. GEO(WGS84) 31°49’00.28”S, 25°56’10.19”O. Mapset: South Africa – AfricaTopo GPS topographic map series. 41

KAB MOOC 13/1/99. Verw. 2. 42

TAB FK 2216 en Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 44. 43

TAB FK 2216. 44

Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 44. 45

SAG 3. Bl. 222. 46

SAG 3. Bl. 222. 47

SAG 3. Bl. 222. 48

KAB MOOC 6/9/174. Verw. 155. 49

SAG 12. Bl. 117. 50

SAG 12. Bl. 117. 51

SAG 12. Bl. 117. 52

KAB MOOC 13/1/99. Verw. 2. 53

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 54

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 55

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. In die huweliksertifikaat word haar name as Anna Kristina weergegee. 56

TAB FK 2216. 57

TAB FK 2216. 58

SAG 15. Bl. 408 toon aan dat hy op die plaas Saalboom in die Wodehouse Distrik oorlede is. Die Sterfkennisgewing word egter aanvaar. 59

KAB MOOC 6/9/164. Verw. 5707. 60

Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 44.

Page 15: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

141

61

Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 82 en KAB MOOC 6/9/137. Verw. 7468. 62

KAB MOOC 6/9/137. Verw. 7468. 63

Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 44. 64

Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 44. 65

FamilySearch: South African Reformed Church Records 1856 – 1988. Burgersdorp Marraiges 1868 – 1883. https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-12046-80224-68?cc=1918294&wc=M6GJ-2TL:207829401,207832901,207851801,207859601 Geraadpleeg Mei 2015. 66

Volgens ouderdom by huwelik 67

Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. 68

TAB FK 2217. Bl. 58. 69

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 70

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. Sy tweede naam Ignatius word soms as Engenaas aangedui. 71

KAB MOOC 6/9/85. Verw. 5847. 72

Madmappers. Kaart 3025CB en DA. GEO(WGS84) 301°21’24.20”S, 25°026’24.18”O. Mapset: South Africa – AfricaTopo GPS topographic map series. 73

Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. Bewaarders van Ons Erfenis. Colesberg. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Ble. 32 – 36. 74

Kom nie voor in Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998 of SAG 15 nie, maar wel in die Doopregister van Graaff-Reinet. 75

TAB FK 2217. Bl. 58. In SAG 14, Bl. 105, word haar geboorte aangegee as op 8.3.1811, moontlik na aanleiding van haar vader se inventaris KAB MOOC 8/37. Verw. 8, waarin dieselfde datum verstrek word. 76

TAB FK 2217, Bl. 58. 77

KAB MOOC 6/9/85. Verw. 5847. 78

VAB MHG. V155. 79

SAG 14. Bl. 143. 80

VAB MHG. V1906. 81

SAG 14. Bl. 143. 82

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 83

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 84

KAB J 176. 85

Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. Bewaarders van Ons Erfenis. Colesberg. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Ble. 20 – 23. 86

VAB MHG. P104. 87

VAB MHG. P104. 88

Die handskrif is dof, maar dit kom voor asof dit Henningskraal is. 89

Die handskrif is dof, maar dit kom voor asof dit Bloemhof is. 90

Argief GKSA: Lidmaatregister Potchefstroom 3.1.1. 91

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 92

Visagie, J. C. 2000. Voortrekkerstamouers. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika. ISBN 1 86888 060 5. Bl. 239. 93

KAB MOOC 0/9931. 94

TAB FK 2217 en TAB MHG 0/9931. 95

TAB FK 2217. 96

TAB MHG 0/9931. 97

Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre: Pretorius oor Drie eeue: 1600 – 1900: 1992 Eerste Druk. Rustica Pers (Edms) Bpk, Ndabeni, Kaap. ISBN 0 620 16896 X. Bl. 695. 98

Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre: Pretorius oor Drie eeue: 1600 – 1900: Bl. 695 dui haar name aan as Alida Johanna Jacoba Aletta. In haar Sterfkennisgewing VAB MHG. P104 word die vier name ook aangedui. 99

Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre: Pretorius oor Drie eeue: 1600 – 1900: Bl. 695. 100

Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre: Pretorius oor Drie eeue: 1600 – 1900: Bl. 695. 101

VAB MHG. P 104. Op die Sterfkennisgewing word aangedui dat sy oorlede is in die huis van J H Labuschagne. Jan Harm Labuschagne was haar skoonseun, was getroud met haar dogter Charlotte Jacoba (f4) wat ook op Nooitgedagt oorlede is in 1872. 102

Argief GKSA: Huweliksregister Lydenburg. Vir betrokke tydperk is nie beskikbaar (weg?) en kom nie voor in GK Potchefstroom Huweliksregister nie. 103

SAG 14. Bl. 89. 104

TAB MHG. 0/4113. 105

SAG 14. Bl. 89.

Page 16: Hoofstuk 6 Tjaart van der Walt (d1) (1788 c. 1821)familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/06... · Petrus Jacobus van der Walt (e1) (c. 1807 – 1887) Petrus23 is omstreeks

© R. J. du Preez Tjaart van der Walt (d1) Opdateer 23.11.2016

142

106

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 107

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 108

Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2006. Bewaarders van ons Erfenis. Cradock. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) 109

In beide die Doopregister en Sterfkennisgewing word haar naam as Helena Pieternella aangegee. 110

TAB FK 2218 en KAB MOOC 6/9/75. Verw. 4018. 111

TAB FK 2218. 112

KAB MOOC 6/9/75. Verw. 4018. 113

Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. Noord-Transvaaltak. 2004. Van Wyk/Wyck. Eerste uitgawe. 114

Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. Noord-Transvaaltak. 2004. Van Wyk/Wyck en KAB MOOC 6/9/85. Verw. 5777. 115

Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. Noord-Transvaaltak. 2004. Van Wyk/Wyck. 116

KAB MOOC 6/9/85. Verw. 5777. 117

Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 118

Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M.: Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 707. Sy word verstrek as ongekoppelde cm425. 119

KAB MOOC 8/37. Verw. 8. 120

Kruger, Barry. 2007. Die Kruger-familie van Suider-Afrika. GGSA CD Nr. 023. ISBN 978-0-620-40025-1. Bl. 300. 121

Kruger, Barry. 2007. Die Kruger-familie van Suider-Afrika. Bl. 300. 122

KAB 7/1/138. Verw. 94. Die testament is in 1836 ingedien by die Weesheer. 123

Kruger, Barry. 2007. Die Kruger-familie van Suider-Afrika. GGSA CD Nr. 023. ISBN 978-0-620-40025-1. Bl. 300.