6
Jesus, in Getsemane het U gebid, gevra, gepleit Dat ons Vader moet verander aan sy besluit, Dat die bitter beker by U verby moet gaan… En tog het U die hele tyd verstaan Dat U deur u lyding die weg van verlossing baan. So word U met ‘n soen verraai Deur iemand in u klein kring wat manteldraai… So het Judas vir dertig silwerstukke probeer Om U van God se weg te keer… Hy het dit vir geen oomblik in kon dink Dat die Vader self hierdie bitter beker vir U skink. So het U voor God se wil gebuig Al het dit beteken dat elke stukkie lewe uit U suig… Deur die weg wat U sou loop Gee U aan ‘n verlore wêreld hoop Dit wat U gedoen het, gee betekenis aan elke preek Want deur u gehoorsaamheid word ons vrygespreek. Ruwe soldaathande het U gegryp en rondgeruk Hulle het U met swepe stukkend geslaan terwyl U vooroor buk. Hulle het U geskop en U gespoeg Terwyl die katspunte diep vore in u liggaam ploeg Uiteindelik is U met harde hamerhoue aan die kruishout vasgekap Om daarmee vir ons die pad hemel toe oop te trap. U uitroep: Eloi Eloi lema sabagtaniBeteken U was van God verlaat en nie die mensdom nie. U het hard u laaste asem uitgeblaas En so gewys U is oor die lewe baas. U het u lewe afgelê… op presies die tyd wat U wou hê. So word U, die paaslam, vir ons geslag… Ons Verlosser wat met ope arms vir ons wag. Naskrif: Ds Awie was van 1982 tot 1984 ‘n leraar van ons gemeente. Tans is hy verbonde aan Umhlanga NG Gemeente. NG Gemeente Meyerspark April 2012 - Jaargang 9 Uitgawe 3 In Getsemane en daarna...– Ds Awie Erxleben In hierdie uitgawe: My kamera en ek Winterwarmprojek Paasfees in die vreemde Senior Bediening is goed op dreef Belangrike aankon- diging! P2 P3 P4 P5 P6

In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992 . Die winter is sowaar weer om die draai. Stof die breimasjiene af ... Jare later

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992 . Die winter is sowaar weer om die draai. Stof die breimasjiene af ... Jare later

Jesus, in Getsemane het U gebid,

gevra, gepleit

Dat ons Vader moet verander aan

sy besluit,

Dat die bitter beker by U verby

moet gaan…

En tog het U die hele tyd verstaan

Dat U deur u lyding die weg van

verlossing baan.

So word U met ‘n soen verraai

Deur iemand in u klein kring wat

manteldraai…

So het Judas vir dertig

silwerstukke probeer

Om U van God se weg te keer…

Hy het dit vir geen oomblik in

kon dink

Dat die Vader self hierdie bitter

beker vir U skink.

So het U voor God se wil gebuig

Al het dit beteken dat elke

stukkie lewe uit U suig…

Deur die weg wat U sou loop

Gee U aan ‘n verlore wêreld hoop

Dit wat U gedoen het, gee

betekenis aan elke preek

Want deur u gehoorsaamheid

word ons vrygespreek.

Ruwe soldaathande het U gegryp

en rondgeruk

Hulle het U met swepe stukkend

geslaan terwyl U vooroor buk.

Hulle het U geskop en U gespoeg

Terwyl die katspunte diep vore in

u liggaam ploeg

Uiteindelik is U met harde

hamerhoue aan die kruishout

vasgekap

Om daarmee vir ons die pad

hemel toe oop te trap.

U uitroep: Eloi Eloi lema

sabagtani…

Beteken U was van God verlaat

en nie die mensdom nie.

U het hard u laaste asem

uitgeblaas

En so gewys U is oor die lewe

baas.

U het u lewe afgelê… op presies

die tyd wat U wou hê.

So word U, die paaslam, vir ons

geslag…

Ons Verlosser wat met ope arms

vir ons wag.

Naskrif: Ds Awie was van 1982 tot 1984 ‘n leraar van ons

gemeente.

Tans is hy verbonde aan

Umhlanga NG Gemeente.

NG Gemeente Meyerspark April 2012 - Jaargang 9 Uitgawe 3

In Getsemane en daarna...– Ds Awie Erxleben

In hierdie uitgawe: My kamera en ek Winterwarmprojek Paasfees in die vreemde Senior Bediening is goed op dreef Belangrike aankon-diging!

P2 P3 P4 P5 P6

Page 2: In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992 . Die winter is sowaar weer om die draai. Stof die breimasjiene af ... Jare later

31 Mei 1994. ‘n Woensdag.

Republiekdag en kermis by

Laerskool Meyerspark. Fonds-

insameling met pannekoek,

tombola, skaapbraai. ‘n Vrolike

atmosfeer heers.

Die hoogtepunt is 3 valskerm-

springers wat om 14:45 op die

rugbyveld gaan land na spronge

uit ‘n vliegtuig. Die kinders het

vooraf, teen R5 elk, ‘n papierbord

gekoop. Naam en telefoonnommer

is daarop geskryf. Die borde is

daarna op die suidelike kwart-

gebied van die rugbyveld gestrooi.

Die bord waarop die eerste

valskermspringer sou land, wen

die eerste prys: ‘n paar dae gratis

verblyf by ‘n gewilde vakansie-

oord. So ook met die tweede en

derde pryse (Nie op Bronkhorst-

spruit nie!)

Die kinders en ouers sit in die

gebied met chevron-strepe afge-

baken in die noordelike kwart van

die rugbyveld. Die middelste twee

kwartgebiede is om veiligheids-

redes ‘n niemandsland.

Om 14:40 is die ligte vliegtuig

in posisie bokant Meyerspark.

Springer nommer een, wat tevore

al meer as 500 spronge uitgevoer

het, se valskerm ontplooi. Ek

staan met my Pentax-kamera in

die niemandsland om die landing

vas te vang. Geen wind of wolke

nie. ‘n Perfekte herfsdag. ‘n

Oordeelsfout? Moet wees. Ek

staan vasgenael – hy land

verkeerd! Reg tussen die toe-

skouers met sy volle gewig en

groot stewels.

Een besoekende dogter van ‘n

naburige skool is op slag gedood.

Drie ander kinders is hospitaal toe

geneem met ernstige beserings.

Die springer self het nie weer ná

die landing sy bewussyn herwin

nie en is ‘n paar dae later oorlede.

Drs Deo Smit en Christo

Swanepoel was teenwoordig en

kon binne minute hulp verleen aan

die beseerdes.

Johan Fouche het dadelik met

sy selfoon (toe nog vir ons ‘n

vreemde instrument van baksteen-

formaat!) die nooddienste ge-

skakel. Twee ambulanse en ‘n

helikopter was spoedig daar om

die beseerdes te vervoer.

Ek was verslae oor die gebeure

enkele meters vanaf my. Ek het

dadelik foto’s geneem, want ek

het besef ons sal in die volgende

paar ure vrae moet beantwoord.

Burgerlugvaart, die Direkteur van

Onderwys, en andere sal wil weet

wat ons gedoen het om so ‘n

ernstige ongeluk te verhoed. My 8

foto’s (toe was die 24 raamfilm

vol) het later getoon dat alle

toeskouers in hulle afgebakende

gebied was. Nogtans is ons later

vir ure ondervra!

Die Inspekteur van Onderwys,

mnr Döhse, was binne ‘n uur by

die skool nadat ek Johan se

selfoon gebruik het om die nuus

oor te dra. My eerste selfoon-

oproep!

Dit was my slegste en swakste

dag in 44 jaar in die onderwys. Ek

het myself dae lank verwyt, maar

my kamera kon die bewys lewer

dat die reëlingskomitee alle

voorsorgmaatreëls getref het. Ek

is dankbaar dat ek met die Here se

genade hierdie rampspoedige

gebeure korrek kon hanteer.

Naskrif: Lourens Grobler was vanaf 10 Januarie 1984 tot 28

Februarie 1997 die hoof van die

Laerskool Meyerspark. Hy is ook

’n bekwame fotograaf wat dikwels

op kort kennisgewing foto’s moet

neem vir Goeie Nuus en vir die

gemeente.

My kamera en ek - Lourens Grobler

Goeie Nuus 2

STIENIE NAUDé EIENDOMME

Koop en verkoop van eiendomme

Skakel Stienie Naudé (082 335

0720) (Eiendomsagent)

BOOMSLOPING

Boomsloping en snoei

van bome en struike. Kontak

Ernst by 083 656 4992

Page 3: In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992 . Die winter is sowaar weer om die draai. Stof die breimasjiene af ... Jare later

Die winter is sowaar weer om

die draai. Stof die breimasjiene af

wat daar eenkant in die hoekie

staan en kry die hekelpenne en

breipenne nader. Hoekom? Ons

beplan ‘n winterwarmprojek vir

die behoeftige mensies, groot en

klein, oud en jonk in die plakkers-

kampe en in Silverton, East Lynne

en omgewing hierdie winter. Ons

benodig warm komberse, musse,

handskoene, serpe en sokkies om

te oorhandig. Spring sommer

môre al aan die werk om van hier-

die items te brei of te hekel. In-

dien jy nie kan brei of hekel nie,

sal enige donasies van hierdie

items ook baie help. Enige dona-

sie van wol, is ook welkom. Ons

sal dit gee aan persone wat kan

brei of hekel. Die items kan afge-

lewer word by die kerkkantoor.

Merk dit asb duidelik “winter-

warmprojek”. Kom ons kyk of ons sommer ‘n wavrag vol by-

mekaar kan maak sodat dit teen

einde Mei oorhandig kan word,

net betyds vir die koue winter wat

voorlê. Verdere besonderhede kan

gekry word by Margaret Koeke-

moer 012 803 8183 / 083 966

3022

Goeie Nuus 3

Winterwarmprojek—Mei 2012 – Margaret Koekemoer

Bybelverspreiding - Johan Pretorius Hierdie jaar is die twintigste

herdenking van die Bybelprojek

van die gemeente: Koop-’n-

Bybel-Skenk-’n-Bybel. Ons is dankbaar teenoor ons Hemelse

Vader vir sy seën op hierdie

projek waarmee reeds bykans

25 000 Bybels versprei is. Die oop

hande en gesindheid van die harte

van gemeentelede het bygedra tot

die sukses van hierdie projek.

Gedurende die eerste twee weke

in Maart is reeds R33 012 ingevorder om met die projek

voort te gaan. Die belofte in 2 Kor

9:7-8 dat God die blymoedige

gewer liefhet en dat Hy by magte

is om aan ons alles in oorvloed te

skenk sodat ons in alle opsigte

genoeg kan hê en volop kan bydra

vir elke goeie werk, word deur u

gawes bewaarheid.

Verlede jaar is R38 753

ingesamel. 803 Bybels is versprei

teenoor 1 614 die vorige jaar. Die

kleiner getal Bybels moet daaraan

toegeskryf word dat die Bybel-

kiosk vir die eerste sewe maande

van die jaar nie ten volle kon

funksioneer nie, omdat die Kiosk

nie voltyds beman kon word nie.

Met die bedrag wat ingevorder is

met Bybelverkope (ons verkoop

die kleiner standaard Bybel vir

R30 en R40 vir die gewone

grootte) en die geloofsoffer wat

ontvang is, is R58 755 bestee om

Bybels aan te koop. Die kleiner

Bybel word aangekoop teen R52

en die gewone grootte teen R79.

Vanaf 1 Maart is Princes

Gavu elke weeksdag vanaf 14:00

tot 17:00 aan diens by die Kiosk.

’n Interessante brokkie oor

Bybelverspreiding word hierby

aangehaal. Wyle Orrie de Ridder

wat met die projek begin het, het

dit in die Goeie Nuus geplaas

(datum ongelukkig onbekend):

Terloops Meyerspark is nie die

eerste kerk om die verspreiding

van Bybels te subsidieer nie. In

die jaar 325 n.C. het Konstantyn

die Grote opdrag gegee dat 50

Bybels op die al lerbeste

perkament gemaak moet word vir

Eusebius, ’n biskop in die vroeë

kerk en die 50 Bybels is

gesubsidieer uit die Staatskas. Een

van die Bybels is vandag in die

Britse Museum in Londen te sien.

Page 4: In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992 . Die winter is sowaar weer om die draai. Stof die breimasjiene af ... Jare later

Goeie Nuus

Van jongs af was Paasfees in my

ouerhuis baie belangrik – trouens dit

het gelyk gestaan, of was selfs hoër

geag as Kersfees. Goeie Vrydag is

die kruisiging van Jesus herdenk en

dit was dan ook gewoonlik ‘n

redelike somber “fees”. Paassondag,

was egter Opstandingsondag en is

dan ook feestelik gevier, maar op ‘n

baie “gereformeerde” manier. My

ouers was baie konserwatief. Hierdie

viering van Paasfees het my die res

van my lewe bygebly.

Nou wat maak jy as jy jouself in

die buiteland, en veral in die totaal

“vreemde” bevind oor die Paas-

naweek? Met die ingewortel-

de gereformeerdheid, wat dan ook

sterk anti-Rooms is, is die eerste

gedagte: Bly weg van die Katolieke.

Maar as daar niks anders is nie, wat

dan?

Gedurende ‘n amptelike oorsese

reis bevind ek my op Goeie Vrydag

in Athene. Met geen ander opsie nie,

woon ek die diens in die Grieks-

ortodokse kerk by (dis baie naby die

Roomse) en alhoewel ek nie veel van

die diens verstaan het nie, het ek tog

onder die indruk van Christelikheid

gekom en belewe dat God ook daar

teenwoordig was. Nooit het ek na die

diens gevoel dat ek die Hervorming

verloën het nie.

Twee dae later is ek in Rome en

dit op Paassondag. Weer eens oortree

ek die wette van my voorgeslag en

gaan na ‘n “Roomse” byeenkoms,

naamlik waar die pous, Pous

Johannes XXIII, in die meeste

bekende tale die seën uitspreek oor ‘n

skare van omtrent 150 000 wat voor

die Vatikaan op die St. Peters plein

vergader het. Ek kon darem die

Duits, Nederlands en Engels verstaan

(ongelukkig was daar geen Afrikaans

nie) en weer eens het ek die

teenwoordigheid van God ervaar en

pla my gewete my nie. Ek dink nie

dat daar ‘n verskil is in die God wat

deur die Katolieke of deur ons aanbid

word nie.

Jare later is ek en Monica in

Nederland en dis weer Goeie Vrydag.

Die dag word daar nie as

vakansiedag gevier nie en ons vind

uit dat daar in die Anglikaanse kerk

wel eredienste is. Die diens is in

Engels en word deur drie predikante

waargeneem. Die sewe kruiswoorde

word om die beurt deur die drie

predikante behandel en elkeen

“preek” sowat 25 minute oor een

kruiswoord. Die totale diens duur

sowat drie uur, maar gedurende die

diens kom en gaan van die

gemeentelede in die kerk. Ons het

ongeveer ‘n uur en ‘n half daar

vertoef en na drie “preke” geluister.

Ek het vandag nog die “program”

met die sewe teksverse en temas van

die verskillende preke.

Baie jare later bevind ons onsself

op Goeie Vrydag, in ‘n Indiaanse

dorpie op die eiland Techila in die

middel van die hoogste meer in die

wêreld, naamlik die Titicacameer,

sowat 14 000vt bo seespieël, in die

Andesgebergte tussen Peru en

Bolivië. Hier is geen sprake van ‘n

diens van enige aard nie, en die

groepie reisgenote waarin ons beland

het, is lede van die New Age

beweging en het geen erg aan enige

Christelike waardes nie. Daar is egter

so ‘n klein kapelletjie op die eiland

(die bevolking is Katoliek vanweë

die Spaanse verowering eeue gelede),

en ek en Monica gaan toe maar daar

in die stilte sit en probeer op ons eie

die kruisiging herdenk.

Twee dae later, op Paassondag, is

ons in die stad Cusco, wat die

hoofstad was van die Inkas sowat

vierhonderd jaar gelede. Daar is ‘n

pragtige Katolieke katedraal op die

stadsplein, maar geen ander

Protestantse kerk in die stad nie. Tot

dusver het ons gevoel ons het slegs

seën ontvang met Paasfeeste en

besluit om die nagmaalsdiens in die

katedraal by te woon. Met so ‘n

bietjie kennis van Latynse woorde en

verder Engels, kon ons op ‘n manier

die diens volg. Ek onthou dit tot

vandag nog – dit het gegaan oor

Maria wat by die ope-graf was en

gewonder het wat van Jesus geword

het. Saam met die Katolieke het ons

hulle nagmaal bygewoon en het die

priester die koekie of skyfie of wat

mens dit ook sal noem, op ons tonge

geplaas. Weer eens het ons die

teenwoordigheid van God beleef. As

my streng gereformeerde oupa nog

sou geleef het, sou hy my seker nooit

vergewe het nie. Ek is tot vandag

oortuig dat ek nie verkeerd was nie

en ek glo vas dat God daar is waar jy

hom soek.

Paasfees herdenk die kruisdood

van Jesus Christus, wat vir ons aan

die kruis gesterf het, sowel as sy

opstanding uit die graf om vir ons ‘n

ewige lewe voor te berei. Jesus het

waarlik opgestaan! Presies hóé ons Paasfees vier is nie die belangrikste

nie. Wat wel saak maak, is dat ons

dit wél vier.

Paasfees in die vreemde - Nils Anderson

4

Page 5: In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992 . Die winter is sowaar weer om die draai. Stof die breimasjiene af ... Jare later

Sedert die begin van die jaar

het ons verskeie persone in ons

geledere verwelkom – ons hoop

dat hulle tuis sal wees!

Die program van ons bediening

is ook by die kerkkantoor

beskikbaar en ek kan u verseker

dit hou vele verrassings in. Kom

kyk sélf op ’n Woensdagoggend!

Vanaf 09:00 tot 10:00 word

Bybelstudie deur ds Niekie Rothmann aangebied in die sysaal.

Ons het so pas met ’n nuwe boek

“Hebreërs vir Vandag” begin.

Kom neem gerus deel aan hierdie

interessante bespreking. Vanaf

10:00 volg die res van die program in die kerksaal.

By die Dienssentrum is

mediese hulpapparate, soos

krukke, rolstoele, looprame en ’n

badstoel op leenbruik beskikbaar.

Reël asseblief vooraf met die

kerkkantoor sodat dit vir u

bespreek kan word.

Daar is permanent ’n rolstoel in

die moederskamer wat gebruik

kan word tydens kerkdienste,

veral as ’n persoon nie meer so

flink kan loop nie.

Onthou ons deure staan wawyd

oop en met ons leuse Omgee

Sonder Grense sal ons graag van hulp wil wees. Vir enige navrae

skakel Antoinette Herbst 012

803 3370 / Susan du Preez 012

803 5884

Goeie Nuus 5

Senior Bediening is goed op dreef - Antoinette Herbst

Dis vir my altyd lekker om te

dink met ‘n glimlag wat gaan God

vandag in my lewe laat gebeur

wat goed is… want ek wil net

fokus op die goeie dinge en dit

wat in lyn is met God se

Woord….

Dan herinner die Heilige Gees

my – al doen ek NOOIT weer iets

vir jou nie, het ek vir jou die

Ewige Lewe gegee! Ek kan net

dankie sê dat Jesus vir my, ‘n

sondaarmens, so lief was, en nog

steeds is, dat Hy sy lewe vir my en

vir jou gegee het sodat ons die

ewige lewe kan hê. Dit gee my die

sekerheid vir die toekoms wat min

mense vandag het.

Die wete dat ek die ewige lewe

het, behoort genoeg vir my en jou

te wees - en dit ís. Maar, God wil ons nog meer seën en Hy doen dit

elke dag deur vir ons ‘n nuwe

sonskyndag te gee net sodat ons

vir Hom kan sê: “Môre Jesus,

dankie vir die pragtige dag wat U

gemaak het.” En al wat Hy van

ons verwag, is om in Hom te glo,

om gehoorsaam te wees en om

natuurlik ‘n band met Hom te

vorm, want Hy is tog ons Here en

Verlosser.

Dit is tog wat ek as ouer van

my kinders verwag - om te luister.

En as hulle dit nie doen nie, dan

vra ek myself net weer af: Luister

ek altyd na God? Dan besef ek dit

is makliker gesê as gedaan, maar

ek gee nie op nie. Ek vra God om

my te vergewe en natuurlik lei die

Heilige Gees my en wys my op

my foute en dis hoe ek weet ek

groei en leer elke dag!

Ek wil net weer vandag vir

God dankie sê dat Hy vir my en

vir jou aan die kruis gesterf het:

“Sonder U kan ek nie leef nie,

want U is my begin en my

einde…”

Geniet u Paastyd en ek glo en

bid dat die Heilige Gees weer die

vuur in jou en my sal wakker

maak sodat ons sal besef wat God

vir ons gedoen het en nog steeds

doen en dat ons Hom die eer sal

betoon wat Hy verdien!

Ewig dankbaar - Zelma Erasmus

Page 6: In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992 . Die winter is sowaar weer om die draai. Stof die breimasjiene af ... Jare later

Die Here het vir my en Chantel

geseën met ‘n pragtige gesonde

babaseuntjie! Albert is gebore op

5 Maart 2012 om 10:13. Hy was

53cm lank en het 3,65kg geweeg.

Ons is verskriklik dankbaar dat

alles rondom die geboorte goed

afgeloop het.

Terwyl Chantel nog swanger

was, het ek haar eendag gevra:

“Hoe is dit moontlik dat ‘n mens

klaar só lief kan wees vir iemand

wat jy nog nie ken nie, wat nog

nie eers in die wêreld gebring is

nie?” Ons kon lekker gesels oor

God wat ons ook so liefgehad het

nog voordat ons was, en dat ons

daardie hele konsep dalk nou ‘n

bietjie beter verstaan. Na Albert

se geboorte het ons soveel te meer

‘n beter begrip van God se

onvoorwaardelike Vaderliefde vir

ons en sy sorg sonder om iets

terug te verwag. Met die tong in

die kies verstaan ek ook nou nog

beter hoedat sekere goed waarvan

ons nie hou nie tog weerspieël dat

God ons belange op die hart dra -

Albert hou nie daarvan as sy doek

omgeruil word nie, maar as sy

ouers doen ons hom tóg die

ongerief aan, vir sy eie beswil!

Baie dankie vir al die gebede

wat vir ons opgegaan het, vir die

sms’e, oproepe en kaartjies! Baie

dankie ook vir soveel geskenke

wat ons ontvang het! Ons beleef

Meyerspark gemeente werklik as

‘n omgee-gemeente - julle liefde

en ondersteuning beteken vir ons

meer as wat mens in woorde kan

sê…

Goeie Nuus 6

Die Venters se babaseun - Ds Dirk Venter

Praise be to the Lord God

almighty! With the assistance of

Lourens Grobler, Victory Live

Tabernacle (VLT) was officially

launched on the 17th of April 2011

at the magnificent NG Gemeente

Meyerspark.

Having started with a small

group of about five people every

Sunday, VLT membership has

grown to an average of twenty

people every Sunday service.

Since its inception, we have

continued to witness people of

different languages coming to join

us, bearing testimony to the words

of our Lord Jesus Christ, “to

preach the gospel to all nations”.

Indeed, VLT is a home to all who

love and seek the Lord!

One of the notable events on

the calendar of VLT in 2011

includes a fruitful week’s revival

with Apostle M A Madindi from

10 to 16 October followed by

another three day revival with

Overseer H Moyo from 2 tot 4

December. Both these events were

held at NG Gemeente Meyerspark

church, thanks to the church

authorities, who have continued to

accommodate us at their premises

to conduct our church services.

Over the short time of its

existence in this community, VLT

has witnessed the lives of

individuals restored, family values

strengthened, and the hopeless

regaining their ‘position’ in Christ

regardless of their ‘condition’.

Be still and know that I am the Lord… Ps 46:10 - Gibson Chimamiwa Belangrike

aankondiging! Die Basuin, Nuuskierig en Goeie

Nuus is nou in volkleur

beskikbaar op ons webwerf

www.ngmeyerspark.co.za onder

Argief.

Laat gerus vir u vriende, familie

en kennisse wat oorsee en elders

woon, hiervan weet. Hulle kan

dus nou al die nuus en berigte lees

en na die foto’s in volkleur kyk

sodra dit hier by ons verskyn het!

Kyk gerus self hoe mooi dit lyk

indien u toegang tot die internet

het.

Elektroniese bank inbetalings: NG Gemeente Meyerspark

Absa Bank, Rek nr 070 580 470

Tak nr 632005

As verwysing asb: U naam en wyk nr