42

INHOUD - IPACC · vernietiging van die omgewing veroorsaak die ineenstorting van tradisionele ekonomieë en die verlies van kennis oor biodiversiteit, sodat dit moeiliker is om die

  • Upload
    others

  • View
    19

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

INHOUD

OORSIG

INLEIDING SUB-STREEKPRIORITEITE

Tabel 1: Sub-Streekprioriteite vir natuurlike hulpbronne Water

Afname in biodiversiteit Natuurbewaring

Ontbossing Woestynvorming/desertifikasie

Toeganklikheid van die Rio-Verdrae en befondsingopsies Tabel 2: Toeganklikheid van die Rio-Verdrae vir Inheemse Volke van Afrika

Tabel 3: Donateurs wat in die Rio-Verdrae belangstel Strategiese Kapasiteit van Sub-Streke in Afrika

Tabel 4: Prioriteitleierskap in die Rio-Verdrae en VV-Forums

ONTLEDING VAN AANDEELHOUERS

UITSLAE VAN DIE PROJEK-BEPLANNINGSMATRIKS (PBM) Tabel 5: Verduideliking van die PBM-uitslae

KAPASITEITUITBREIDING

PROBLEEMONTLEDING

DOELWITONTLEDING

PROJEK-BEPLANNINGSMATRIKS

BYLAE

BYLAE 1: VERSTAAN VAN LOGIESE RAAMWERK EN DIE PBM Doelwit

Oogmerk

BYLAE 2: WIE IS INHEEMS IN AFRIKA?

BYLAE 3: WAT IS DIE VERENIGDE VOLKE?

BYLAE 4: WAT IS DIE RIO-VERDRAE? WêRELDBERAAD 1992

WSSD 2002 VV-RAAMWERKVERDRAG OOR KLIMAATSVERANDERING

VV-VERDRAG OM WOESTYNVORMING TE BESTRY VV-VERDRAG OOR BIOLOGIESE DIVERSITEIT

KOMMISSIE VIR VOLHOUBARE ONTWIKKELING Ramsar-Verdrag oor Vleilande van Internasionale Belang, veral as

Watervoëlhabitat

BYLAE 5: AKRONIEME EN AFKORTINGS

Bladsy 1 2 5 5 6 6 7 7 8 9

10 10 11 11

12

14 15 16

18

19

20

23 24 24

25

27

30 30 30 31 31 33 33 34

35

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 1 van 38

Oorsig Hierdie verslag is ‘n voorlegging van ‘n Strategiese Plan vir die Omgewing en Volhoubare Gebruik van Natuurlike Hulpbronne deur die Inheemse Volke van Afrika. Dit is opgestel deur die Uitvoerende Komitee van die Inheemse Volke van Afrika Koördineringskomitee (IPACC). Die doel van die voorlegging is om te dien as ‘n hulpmiddel- en strategiese dokument om die inheemse volke van Afrika se kapasiteit uit te brei, sodat hulle hul regte, grond en natuurlike hulpbronne kan beskerm, deur deel te neem aan beleidvormingsprosesse wat die omgewing op internasionale, streeks- en nasionale vlakke raak. Die mikpunte van die voorlegging is om ‘n bewussyn te laat toeneem van nasionale omgewingbeleidsverklarings en die belangrikste instrumente van die Verenigde Volke, om strategiese vennootskappe te bou, om die kapasiteit van gemeenskapsorganisasies uit te brei, om tradisionele kennisdraers by voorspraak- en proefprojekte in te sluit, om leergroepe in inheemse leierskapkringe te skep en om kontak te maak met die maghebbers van Afrika-state.

Die Strategiese Aksieplan sluit ‘n ontleding in van bedreigings vir die omgewings- en natuurlike hulpbronne wat deur inheemse volke ervaar word, asook aanbevelings oor optredes om die inheemse volke se betrokkenheid by die beleidvormingsforums te versterk. Sodoende kan hulle hul invloed laat geld in die beskerming van hul omgewings en ekostelsels. Die Strategiese Aksieplan beklemtoon die belangrikheid van tradisionele en inheemse kennis as ‘n kundigheidshulpbron wat tans eenkant toe geskuif word wanneer daar oor beleidvorming besluit word. Inheemse gemeenskappe kan hulle kennis van biodiversiteit en natuurlike hulpbronbestuur gebruik om Afrika se langtermyn toekoms te

beskerm ter wille van die welsyn van mense, lewende hawe en die natuurlewe. Dit sal ook die riviere, vleilandstelsels, plantegroei en landskappe bewaar. Die Bujumbura Strategiese Beplanningsvergadering het tot die gevolgtrekking gekom dat dit wesenlik belangrik vir die Ontwikkelingsdoelwit van Afrika se inheemse volke is dat hulle:

“…aan invloedrykes en besluitnemers oortuigend demonstreer dat inheemse volke oor gesofistikeerde inheemse (tradisionele) kennis van die omgewing beskik, wat vir die beplanning van nasionale hulpbronbestuur van die grootste belang is.”

Die Projekoogmerk wat uit die Bujumbura Strategiese Aksieplan voortspruit, is:

… om te verseker dat inheemse Afrika-leiers oor genoegsame kennis en voorbereiding beskik om aan multilaterale en nasionale forums deel te neem, wat met die bestuursbeleid van omgewing-, klimaat-, natuurlike hulpbron- en grondvraagstukke verband hou, en wat ook die implementering van biologiese en kulturele diversiteit bevorder.

Die IPACC is van voorneme om toe te sien dat die inheemse volkebeweging die boodskap aan Afrika-regerings en invloedryke NRO’s oordra, naamlik dat die mense wat belangrike tradisionele kennisdraers van die ekologie is, ook op regte aanspraak het – mense-, burger-, omgewings-, politieke, kulturele en intellektuele regte. Die fondse vir die Bujumbura Strategiese Beplanningsessie is goedgunstiglik voorsien deur die Tegniese Sentrum vir Landboukundige en Landelike Samewerking (www.cta.int). Bykomende hulp is deur die Noorweegse Kerkhulpfonds verleen.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 2 van 38

Inleiding Vanaf 16 – 19 April 2007 het lede van die Inheemse Volke van Afrika Koördineringskomitee (IPACC) se Uitvoerende Komitee in Bujumbura, Burundi, bymekaar gekom om meer uit te vind oor die internasionale ooreenkomste en instrumente wat met die omgewing te make het. Die Uitvoerende Komitee van die IPACC het deur ‘n begeleide ontledingsproses gegaan om ‘n Strategiese Aksieplan te identifiseer. Die doel van hierdie plan is om te help dat inheemse volke in Afrika meer betrokke raak by die beskerming en volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne binne hul gebiede, met inagneming van internasionale standaarde wat op die regte van inheemse volke betrekking het. Inheemse volke is die draers van uiters waardevolle inligting oor biodiversiteit- en natuurlike hulpbronbestuur. Aangesien hierdie kennis egter binne ‘n orale kultuur bestaan onder mense wat nie in bestuursposte figureer nie, is die inligting onsigbaar vir die Staat en speel dit geen rol wanneer beleidsvorming plaasvind nie. Die uitdaging vir die inheemse volkebeweging is die manier waarop tradisionele ekologiese kennis ingespan en aangewend kan word in nasionale en internasionale omgewingsbeleidvorming en die kontrolering van beleidskepping, sodat volhoubare grondgebruik bevorder en die kollektiewe reg van inheemse volke beskerm word. Die strategiese beplanningsessie is geopen deur die agbare minister van Grondbestuur, die Omgewing en Toerisme van die Republiek van Burundi, Mme Odette Kayitesi. Later in die week kon IPACC-leiers privaat vergader met die Minister, wat die belangrikheid daarvan beklemtoon het dat alle volke, onder meer die inheemse volke, by verteenwoordiging en die volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne ingesluit word. Die Minister het die IPACC se pogings verwelkom om die kapasiteit van inheemse volke en Afrika-state uit te brei sodat hulle met veelsydige omgewinginstrumente kan werk en dit kan verstaan.

Tydens die bespreking van vraagstukke rondom die omgewing was dit duidelik dat inheemse volke van Afrika in baie verskillende omgewingstoestande lewe en baie uiteenlopende uitdagings die hoof bied. Alle groepe ervaar egter marginalisering uit die beleids- en bestuursprosesse en is bewus van ernstige bedreigings vir die biodiversiteit en volhoubaarheid van natuurlike hulpbrongebruik in hul gebiede. Die spesifieke sub-streekperspektiewe word later in die verslag gedek. In die geheel het die Uitvoerende Komiteelede erkenning gegee daaraan dat inheemse volke in Afrika uiters blootgestel is aan veranderinge in die omgewing. Die vernietiging en/of vermindering van weivelde en waterbronne vir vee veroorsaak ‘n enorme krisis dwarsoor Afrika. In soortgelyke mate veroorsaak woestynvorming/desertifikasie probleme vir mense wat tradisioneel op bosprodukte aangewese is, soos plant- en insekmedisynes en –giwwe, asook ander veldkosse.

Sommige omgewingsprobleme word veroorsaak deur klimaatsveranderinge en droogtes, maar in die meeste gevalle is die oorsake van menslike aard en hou dit met bestuursprobleme verband. Die krisisse van woestynvorming, ontbossing, vernietiging van weivelde, dalende watertafels, besoedeling en die vermindering van biodiversiteit word hoofsaaklik veroorsaak deur

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 3 van 38

beleidsprosesse wat nie daarmee rekening hou dat natuurlike hulpbronne deel vorm van groter ekologiese stelsels nie. Vir talle inheemse volke is die onmiddellike probleem dat ander mense hulle grond oorneem en nie hulle tradisionele metodes gebruik om biodiversiteit en ekwilibrium in die ekostelsels te handhaaf nie. Deur die aanwending van tradisionele kennis om volhoubare bestuur en bewaring van natuurlike hulpbronne te bewerkstellig, laat inheemse volke ter wille van ‘n volhoubare toekoms hul regte in hul gebiede geld. In Afrika is daar ‘n noue verwantskap tussen kulturele en biologiese diversiteit. Die vernietiging van die een lei tot die vernietiging van die ander. Die huidige beleid en praktyk in Afrika met betrekking tot natuurlike hulpbronne is dikwels op korttermyn doelwitte gebaseer, wat slegs ‘n paar mense bevoordeel, maar ‘n groot hoeveelheid skade aanbring (bv. vernietiging van woude en wateropvangsgebiede om hout te verkoop, mynwese wat vernietigend of gevaarlik vir die omgewing is, die storting van toksiese en radioaktiewe afval, die bou van damme, oorontwikkeling van grond wat veroorsaak dat bogrond verlore gaan en die riviere versand, ens.). Hierdie benadering hou nie rekening daarmee dat mense oor millennia heen maniere ontwikkel het om volhoubaar te lewe op sekere elemente in hierdie uiteenlopende ekostelsels nie. Die vernietiging van die omgewing veroorsaak die ineenstorting van tradisionele ekonomieë en die verlies van kennis oor biodiversiteit, sodat dit moeiliker is om die mens se impak op die omgewing te kontroleer en te bestuur. Op sy ergste veroorsaak die vernietiging van weivelde en woude ‘n voedselineenstorting en dit dwing mense na situasies van konflik of dit stoot hulle uit na oorbevolkte townships. Die gebruik van ‘n Logiese Raamwerk Die Uitvoerende Komitee van die IPACC het die Logiese Raamwerk-beplanningsmetode gebruik. Dit is ‘n beplanning- en projekinstrument wat gebruikers help om die probleme uiteen te sit wat hulle die hoof moet bied; hulle ontleed die oorsake en gevolge van hierdie probleme en dan ontwerp hulle spesifieke bemiddeling in fyner besonderhede om die probleme te hanteer. Die werkswinkel het ‘n reeks probleemboom-ontledings gebruik om ‘n Projek-beplanningsmatriks (PBM) te ontwikkel. Hierdie metode word gebruik om ‘n gedetailleerde projek te ontwerp met verskeie verwante uitkomste, strategieë, asook ‘n kontrolestelsel. Terwyl die meeste Gemeenskapsgebaseerde Organisasies (CBOs) probeer om die onmiddellike probleme van armoede en die uitwerking van grondvervreemding en uitsetting te hanteer, is die IPACC se benadering dat die dieper oorsake van hierdie probleme geïdentifiseer moet word. Voor kolonialisering is die bestuur en beheer van natuurlike hulpbronne in Afrika deur sosiale reëls en beheerstelsels bepaal. Mense kon nie hout kap en jag net waar hulle wou nie. Daar was ooreenkomste en reëls tussen families, stamgroepe en gemeenskappe wat bepaal het in watter mate en op watter wyse hulpbronne gebruik mag word. Die volhoubaarheid van die omgewing en sy biodiversiteit was noodsaaklik vir jagter-versamelaars. Na kolonialisering en politieke onafhanklikheid het oorbevolking en politieke inmenging gelei tot privatisering van grond, sodat dit ‘n kommoditeit word sonder die beheermaatreëls wat toegang tot en gebruik van die natuurlike hulpbronne en die biodiversiteit van die gebied beperk.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 4 van 38

Die slotsom waartoe daar gekom is, is dat inheemse volke, veral dié wat nog jag en vee aanhou, betrokke moet wees by beleidvorming en die kontrolering van biologiese diversiteit, die uitwerking

van klimaatsverandering en die toestand van Afrika se bogrond, waterstelsels en woude, indien Afrika ‘n volhoubare benadering tot die bestuur van natuurlike hulpbronne wil terugkry. Bowendien moet die tradisionele ekologiese kennis van inheemse volke by die ontwerp van ‘n beheerstelsel gebruik word, wat sal verseker dat biodiversiteit en mensegebruik van die omgewing se hulpbronne volhoubaar bly. Ten slotte, kennis en wysheid is nie dieselfde nie. Die gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne moet binne ‘n normatiewe, waardegebaseerde raamwerk bedink word. Wysheid wat uit kennis, ervaring en waarneming voortspruit, moet toegepas word op die beleid en praktyk van natuurlike hulpbrongebruik, sodat daar ‘n volhoubare uitslag vir die langtermyn bereik kan word. Wanneer inheemse kennis op beleidvorming toegepas word, moet daardie beleid die konteks van inheemse volke se waardestelsels weerspieël en die behoefte erken aan gemeenskapsgebaseerde beheermeganismes om te verseker dat mense by die reëls vir volhoubare gebruik en bewaring hou.

Hierdie benadering, soos gedefinieer deur die inheemse volke wat die Bujumbura werkswinkel bygewoon het, is soortgelyk aan die beginsels wat in die Addis Ababa Riglyne en Beginsels vir die Volhoubare Gebruik van Biodiversiteit uiteengesit is.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 5 van 38

Sub-streekprioriteite Die IPACC bestaan uit ses geo-kulturele sub-streke wat die volgende gebiede insluit: Noord-Afrika, Wes-Afrika (hoofsaaklik die Sentraal-Sahara), ‘n nuwe Sahel-Horingstreek (onder meer die oostelike Sahara en graslande), Sentraal-Afrika (slegs tropiese woudegebiede), Oos-Afrika (‘n streek met ewenaarwoude, sowel as reekse semi-droë gebiede) en Suidelike Afrika (hoofsaaklik die droër gebiede van die Kalahari en die Karoo, sowel as suidelike Angola en die Okavango Delta). Alle streke is by die werkswinkel verteenwoordig. Wes-Afrika en die Sahel-Horingstreke het as ‘n span saamgewerk omdat hulle soortgelyke vraagstukke het. Bykomende gaste vanuit die buurlande, Rwanda en Kameroen, is genooi om die verteenwoordiging van die spanne te balanseer. Elke sub-streek is versoek om die belangrikheid van sentrale natuurlike hulpbronne en omgewingtemas in volgorde te plaas. Die eerste vraagstuk toon dan die hoogste prioriteit vir daardie streek aan. Daar is algemeen aanvaar dat hierdie vraagstukke onderling verband hou. Tabel 1: Sub-streekprioriteite vir natuurlike hulpbronne Suidelike

Afrika Wes-Afrika Sahara - Sahel

Noord-Afrika Oos-Afrika

Sentraal-Afrika

1 Water Water Woestynvorming Natuurbewaring

Natuurbewaring

2 Afname in biodiversiteit

Afname in biodiversiteit

Ontbossing Afname in biodiversiteit

Ontbossing

3 Natuurbewaring Woestynvorming Natuurbewaring Water Afname in biodiversiteit

4 Ontbossing Natuurbewaring

Water Ontbossing Water

5 Woestynvorming Ontbossing Afname in biodiversiteit

Woestynvorming Woestynvorming

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 6 van 38

Water Die watervraagstuk wissel van sub-streek tot sub-streek. In woudryke gebiede is die probleem een van waterveiligheid en die gevare van siektes wat deur water gedra word. Landelike gemeenskappe het toegang tot onbeperkte hoeveelhede water in die Kongo-kom, maar feitlik alle waterbronne dra tropiese siektes. Batwa-mense in die Groot Mere wat uit woude en van tradisionele grond af verplaas is, het groter probleme om toegang tot skoon water te verkry.

Vir die semi-dorre en dorre gebiede gaan die vraagstuk oor toegang tot water, beskerming van die watergehalte en bedreigings soos oorverbruik van water en die versouting daarvan. San-vroue moet soms kilometers ver loop om water vir hulle families te gaan haal. Verskeie sub-streke het probleme met waterbesoedeling deur industrieë, die mynwese en selfs bestraling. Gemeenskappe van jagter-versamelaars is begaan daaroor dat hul gebiede oorgeneem word deur boere en veeherders wat water soek. Sommige jagter-versamelaars moet hul fonteinwater geheim hou om te verhoed dat nedersettings ontstaan of trekboere dit gebruik. Woudbewoners in Oos-Afrika is bekommerd oor ontbossing en die daling van die watertafel, en oor spruite en riviere wat opdroog. Trekboere is bekommerd oor toegang tot water vir hulle vee en diskriminerende wetgewing en beleidskepping wat met tradisionele aanpassingstegnieke in tye van droogte inmeng. Goeie bestuur van die putstelsels is dikwels ‘n bron van konflik tussen trekboere en die betrokke regerings. Afname in Biodiversiteit Oor die vraagstuk van afnemende biodiversiteit het alle groepe melding gemaak van die probleem dat medisinale plantkolonies uitgewis word of vir die inheemse volke verlore gaan, vanweë grondverlies en privatisering. Sommige groepe beleef die verlies van wilde diere- en voëllewe. Die afname in biodiversiteit affekteer die gesondheid en voeding van inheemse volke en hul vee. San-afgevaardigdes het verslag gedoen oor die 2006-werkswinkel naby Tsumkwe, Namibië, wat gehandel het oor die bevordering van formele erkenning van tradisionele spoorsnykennis. Deskundige kennis van biodiversiteit neem af in Suider-Afrika, namate San-mense verhoed word om te jag en veldkos te versamel. Slegs deur beter vennootskappe met verteenwoordigers van beskermde gebiede en bewaringsorganisasies te ontwikkel, kan spoorsnyvaardighede bevorder word en aan toekomstige generasies oorgedra word. Spoorsnyers kan ‘n lewensnoodsaaklike rol speel in die aantekening van veranderinge in biodiversiteit, onder meer die uitwerking van klimaatsverandering. Die vraagstuk is soortgelyk vir ander jagter-versamelaars in Afrika. Baka-spoorsnyers van Gabon word op uitgebreide skaal gebruik om gorillas se gewoontes te bestudeer en hul spoor te volg, maar hulle word nie formeel deur die staat in diens geneem nie, as gevolg van die lae formele onderwysvlakke waaroor hulle beskik.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 7 van 38

Natuurbewaring Natuurbewaring is ‘n omstrede vraagstuk in Afrika. Die verantwoordelikhede en regte wat met die beskerming van biodiversiteit en die natuur gepaard gaan, is meestal van inheemse volke ontneem en aan die Staat oorgedra. In die praktyk word beskermde gebiede dikwels deur buitelandse belange (toerisme-industrie, donateurverteenwoordigers, buitelandse deskundiges) bestuur en beheer in ‘n bondgenootskap met die heersende etniese groepe van die land. Talle inheemse volke word weens beskermde gebiede met uitsetting verplaas en dan word hulle uitgesluit van die bestuur van hierdie beskermde gebiede. Nogtans het ‘n aantal deelnemers gevoel dat beskermde gebiede belangrik is en meer betrokkenheid deur inheemse volke benodig. Bewaring verskaf ‘n buffer teen totale privatisering of uitsetting deur boere. Die uitdaging is om met onderhandeling ‘n ooreenkoms te bereik wat kulturele sowel as biologiese diversiteit bevoordeel. Tradisionele ekologiese kennis van inheemse volke kan ‘n belangrike rol speel in die bestuur van beskermde gebiede en die integrasie van natuurbewaring met volhoubare bestaanswyses. Ontbossing Alle sub-streke het probleme met ontbossing. Wetgewing en voorspraakgroepe in Asië en Latyns-Amerika beskerm tans hul woude teen uitbuiting deur die res van die wêreld. In Afrika is daar deels weens hoë korrupsievlakke min teenstand wat internasionale maatskappye daarvan weerhou om Afrika se ekwatoriaalwoude te vernietig. Waar daar wel wettige pogings is om plaaslike gemeenskappe te bemagtig sodat hulle self woude kan bestuur en bewaar, word hierdie ooreenkomste meestal met dominante boerderygemeenskappe aangegaan, en nie met die inheemse volke nie. In sommige gevalle is daar ‘n regeringsbeleid wat woude beskerm, maar daar vind steeds onwettige bosbou plaas deur arm boere, sowel as deur ryk mense in die regering. Die produksie van steenkool vir kosvure en vir uitvoer na die Midde-Ooste is as ‘n baie groot bedreiging vir Afrika-woude geïdentifiseer. Die neiging in Afrika is om bosbou te kommersialiseer sonder inagneming van biodiversiteit, sodat boere woude kan afkap om brandstowwe en onvolhoubare landboupraktyke moontlik te maak of om militêre tegnieke te gebruik en mense uit beskermde woude te verjaag, onder meer dié inwoners wat die woude al millennia lank bestuur. Wêreldwye pogings om die aarde se woude te beskerm is nie produktief nie; dit is ingewikkeld, burokraties en verwarrend. Politiek oorheers nog steeds die belangrikste VV-forums oor woude. Die nuwe dinamiek het te make met koolstofbeslaglegging en die besef dat die afkap van tropiese woude tot aardverhitting bydra. Inheemse volke het besonder baie steun nodig om hul woude te beskerm en om suksesvolle voorspraak in wêreld- en nasionale forums te doen.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 8 van 38

Woestynvorming Woestynvorming verwys na die oorgebruik van bewerkbare landbougrond wat lei tot ‘n verlies aan bogrond en erosie. Sodoende word die grond onvrugbaar gemaak. Lede van die Uitvoerende Komitee van die IPACC het van die verskynsel kennis gedra, maar het die minste geweet van wêreldooreenkomste om woestynvorming te bestry, vergeleke met die FCCC- en CBD-ooreenkomste. Afgevaardigdes van woestyn- en semi-woestyngebiede het opgemerk dat die vernietiging van biodiversiteit veroorsaak dat hul woestyne nog meer verdor en glad nie menslike of dierelewe kan onderhou nie. Selfs ‘n ware woestyn kan weens die vernietiging van biodiversiteit ly en ‘n “dooie” woestyn word. Oorgebruik van water uit ondergrondse waterdraers vir

besproeiing is as ‘n groot probleem, wat woestynvorming en die versouting van waterbronne veroorsaak, geïdentifiseer. Ale woestynvolke het tradisionele stelsels om waterbronne te beskerm en die gebruik daarvan aan te pas. Die modernisering van landbou en die toename in nedersettings bestaande uit mense wat nie van woestynafkoms is nie, lei egter tot ‘n misbruik van natuurlike hulpbronne, ‘n onvolhoubare situasie. IPACC-lede van dorre en semi-dor gebiede het die belangrikheid beklemtoon daarvan dat Afrika en die VV se meganismes om woestynvorming te bestry, verstaan moet word.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 9 van 38

Toeganklikheid van die Rio-Verdrae en befondsingopsies Die Bujumbura-werkswinkel het ‘n oorsig gedoen van die belangrikste VV-instrumente met betrekking tot die omgewing. Dit is die drie Rio-Verdrae: die VV-Verdrag om Woestynvorming te Bekamp (UNCCD), die VV-Raamwerkverdrag oor Klimaatsverandering (FCCC) en die VV-Verdrag oor Biologiese Diversiteit (CBD). Hierdie Verdrae word in die Bylaes uiteengesit. Die werkswinkel het na ‘n strategie ten opsigte van elk van hierdie Verdrae gekyk, hoe toeganklik elkeen vir inheemse volke van Afrika is en hoe om te verseker dat inheemse volke sonder enige verdere vertraging by die betrokke Verdragforums inskakel.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 10 van 38

Tabel 2: Toeganklikheid van die Rio-Verdrae vir die Inheemse Volke van Afrika

Beskikbaarheid van finansiële steun en kapasiteitontwikkeling

Mate van toeganklikheid vir Inheemse Volke

FCCC – FCCC het belangrike steun van die EU. Donateure is baie begaan oor klimaatsverandering en befonds verwante inisiatiewe;

FCCC – Inheemse Volke word nie as ‘n Belangrike Groep beskou nie. IV’s moet as NRO’s deelneem. Die besprekings is hoogs tegnies van aard en veel meer op die staat gefokus as die ander forums. FCCC se fonds vir kapasiteitontwikkeling is slegs aan State beskikbaar. Burundi het aangebied om ‘n vennoot van die IPACC te word en om opleiding oor die FCCC te verskaf.

CBD – Die belangrikheid van CBD neem wêreldwyd toe. Deelname berus op ‘n vrywillige fondsmeganisme en daar is verskeie wêreldfondse om die bywoning van vergaderings te bewerkstellig;

CBD – CBD is die mees toeganklike van die drie Verdrae vir Inheemse Volke. Inheemse en Plaaslike Gemeenskappe (ILC’s) word as ‘n Belangrike Groep erken. Dar is inheemse personeel verbonde aan die Sekretariaat, ‘n inheemse koukus by vergaderings van die Partykonferensie (COP) en inheemse volke in die belangrikste werksgroepe;

CCD – Hierdie is die stiefkind van die Rio-familie. Die CCD is aanvanklik van befondsing deur die GEF uitgesluit. GEF-fondse is nou egter beskikbaar vir CCD-projekte.

CCD – CCD word meestal geïgnoreer deur inheemse volke. Die CCD-Sekretariaat is positief oor groter betrokkenheid deur die IPACC en daar is ‘n groot geleentheid om ‘n impak uit te oefen en kapasiteit uit te brei;

Tabel 3: Donateurs wat in die Rio-Verdrae belangstel

Vennote en Donateurs GEF – Die Wêreldomgewing-fasiliteit (Global Environment Facility) is die belangrikste fonds om die aksieplanne van die Rio-Verdrae te implementeer. Die GEF ondersteun meestal grootskaalse inisiatiewe, wat normaalweg deur staatsverteenwoordigers of ander belangrike partye georganiseer word. Inheemse Volke kan aandeelhouers in nasionale GEF-projekte word of hulle kan aansoek doen om die GEF se Klein Skenkingsfonds (Small Grants Fund). ‘n Nasionale UNDP-komitee bestuur gewoonlik hierdie fondse. Die GEF spesialiseer in die befondsing van gemeenskappe sodat hulle van die Verdrae kan leer en by die implementering daarvan betrokke kan raak. Inheemse Volkeorganisasies moet by die GEF-Sekretariaat registreer;

DUITSLAND – Duitsland is wêreldwyd ‘n beleidleier met betrekking tot die omgewing en klimaatsverandering. Duitsland het ‘n sleutelrol in die VV se Omgewingsprogram (UNEP) gespeel en sal ‘n aangewese vennoot vir die IPACC wees. Die Duitse Samewerkingsministerie (BMZ) het nog nie ‘n beleid in verband met Inheemse Volke van Afrika nie, maar werk saam met die Duitse Tegniese Samewerkingsagentskap (GTZ) daaraan. Die belangrikste Duitse verteenwoordigers in Afrika kan almal bydra tot die uitbreiding van kapasiteit met betrekking tot vraagstukke van die omgewing en natuurlike hulpbronne. Die IPACC werk saam met Duitse kerke, maar tot dusver het hulle nog nie ‘n samehangende benadering tot Afrika se Inheemse Volke en voorspraak vir die omgewing ontwikkel nie;

EU – Die Europese Unie is ‘n belangrike befondser van ontwikkeling en omgewingsinisiatiewe en daar is ‘n spesiale fonds vir Inheemse Volke. Die EU-stelsel is besonder burokraties en riskant vir kleiner NRO’s. Die IPACC werk saam met een EU-verteenwoordiger, Tegniese Sentrum vir Landboukundige en Landelike Samewerking (CTA), wat ‘n mandaat het om saam met sub-Saharagemeenskappe in landelike Afrika te werk rondom natuurlike hulpbronne, tegnologie en kommunikasie;

CTA – die tegniese Sentrum vir Landboukundige en Landelike Samewerking is ‘n EU-ACP-instansie wat saam met state in Afrika, die Karibbiese en Stille Oseaanlande werk as deel van die EU-ACP se Lomé- en later Cotonou-ooreenkomste. Die CTA steun die IPACC om netwerke in die sub-streke te bevorder, sodat vraagstukke soos karteringstegnologie, deelnamevideo- en ander kommunikasie-instrumente aangespreek kan word, en die burgerlike samelewing en die regerings oor natuurlike hulpbronne en die regte van inheemse volke ingelig kan word;

NOORWEë – Die Koninkryk van Noorweë is een van die min state met ‘n amptelike program wat daarop gemik is om inheemse volkeorganisasies uit te bou sodat hulle aan wêreld en streeksforums oor omgewingsbeleid kan deelneem. Die besluite word op Ministerievlak geneem en deur NORAD geassesseer. Die IPACC doen tans aansoek om fondse by die Ministerie om die Bujumbura Strategiese Aksieplan te implementeer. Befondsing kom ook van die Noorweegse Kerkhulpfonds, ‘n langtermyn vennoot van die IPACC. Daar is soortgelyke belangstelling in Finland. Siemenpuu Säätiö befonds omgewingsnetwerke wêreldwyd en Finse Ambassades sal dit ook oorweeg om klein skenkings te maak en toegang tot Afrika-beleidforums te fasiliteer;

UNESCO – UNESCO het ‘n aksieprogram vir die Tweede Internasionale VV-Dekade van die Wêreld se Inheemse Volke. Die Afdeling vir Kulturele Beleid en Interkulturele Dialoog koördineer ‘n interdepartementele werksgroep oor Onderwys vir Volhoubare Ontwikkeling wat projekte van Inheemse Volke in Afrika sal steun. Hierdie projekte behels die bestekopname en aanwending van tradisionele ekologiese kennis om omgewingsprobleme met ‘n onderwyskomponent aan te spreek. UNESCO werk saam met die IPACC, CTA en Association Tunfa in Niger aan omgewings- en kulturele kartering.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 11 van 38

Die Strategiese Kapasiteit van Sub-Streke in Afrika Die Uitvoerende Komitee stem saam dat daar druk bestaan op die Inheemse Volkebeweging van Afrika om by die Rio-Verdrae betrokke te raak, te verstaan hoe die Verdrae funksioneer en om op

effektiewe wyse vraagstukke rakende die inheemse volke binne hierdie forums te bevorder, en die inligting terug te neem na voetsoolvlak sodat dit in nasionale voorspraak- en projekwerk gebruik kan word. Daar is ‘n tekort aan vaardige aktiviste en hulpbronne is skaars. Verskillende streke het aangebied om spesifiek aan sekere forums en temas deel te neem en dan aan die breër IPACC-netwerk terugvoering te gee. Enige streek kan en moet by alle forums inskakel. Die IPACC sal steun gee aan daardie streke wat verantwoordelikheid neem vir ‘n versnelde deelname deur inheemse volke en wat aan hulle die nodige inligting oordra.

Tabel 4: Prioriteitsleierskap in die Rio-Verdrae en VV-Forums

Verdrae en Forums Tema Streke (Vetgedrukte name dui op leiers onder streke)

Bestry Woestynvorming / Desertifikasie

Gebruik van tradisionele kennis van woestynveeboerdery; Kontrolering van woestynbiodiversiteit; Alternatiewe (nie-landboukundige) grondgebruikopsies om woestynvorming te vertraag

Noord-, Wes-, Sahel-, Sentraal-, Oos- en Suider-Afrika

Raamwerkverdrag oor Klimaatsverandering

Uitwerking van klimaatsverandering op dorre en semi-dorre gebiede; Inheemse benaderings tot aanpassing CDM en bedreigings vir habitat in Afrika; Rol van inheemse burgerlike samelewing in FCCC Uitbreiding van kapasiteit in samewerking met Afrika-state

Noord-, Wes-, Sahel-, Sentraal-, Oos- en Suider-Afrika

Verdrag oor Biologiese Diversiteit

Tradisionele Kennis 8J Toegang en Voordeelverspreiding; Beskermde Gebiede Werksprogramme in Afrika Vrywilligerfonds

Noord-, Wes-, Sahel-, Sentraal-, Oos- en Suider-Afrika

VV-Woudeforum Rol van inheemse volke in internasionale bosbouverdrae; Sertifisering van woude met betrekking tot menseregte;

Noord-, Wes-, Sahel-, Sentraal-, Oos- en Suider-Afrika

Kommissie vir Volhoubare Ontwikkeling

Belangrike Groepdialoog; Nasionale Strategieë vir Volhoubare Ontwikkeling (NSDS)

Nie toegewys nie (volg op met Uitvoerende Komitee)

Verenigde Volke Omgewingsprogram

Beleidforums in streke; Omgewing en onderwys

Noord, Wes, Sahel, Sentraal-, Oos- en Suider-Afrika

UNESCO Dekade van Onderwys vir Volhoubare Ontwikkeling; 2003-Verdrag oor Ontasbare Erfenis

Noord-, Wes-, Sahel-, Sentraal-, Oos- en Suider-Afrika

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 12 van 38

Ontleding van aandeelhouers Sub-streekgroepe is versoek om ‘n ontleding van aandeelhouers te doen om te bepaal wie die mag het om dinge in hul gemeenskappe te verander - wie die hulpbronne het om dinge te verander en wie oor die kennis beskik. ‘n Verdere element is bygevoeg oor die mees geskikte VV-instrument wat in die situasie of probleem onder bespreking gebruik kan word om ‘n verskil te maak. Die deelnemers aan die werkswinkel het tot die slotsom gekom dat hulle meestal nie seker was oor wie al die aandeelhouers is nie, veral met verwysing na die regering. In elke regering is daar ‘n departement wat die Rio-Verdrae en verwante Werksprogramme hanteer en wat aan VV-vergaderings verslag doen. Daar kan egter verskeie ander departemente wees wat sake hanteer soos tradisionele kennis, CBNRM, beskermde gebiede, woestynvorming, veeboerdery en vraagstukke rondom lewende hawe, woude, plantbiodiversiteit, ensovoorts. Die Uitvoerende Komiteelede van die IPACC het genoem dat hulle meer ingeligte insette van NRO’s en staatsdiensamptenare in hul eie lande benodig om hierdie oefening te kan voltooi. Die realiteit van Afrika is dat werklike besluitnemingsmag dikwels by die staatshoof en dié wat na aan hom is, berus. Om werklike beleidsverandering teweeg te bring, sal inheemse volke hierdie magtige mense moet oortuig van die waarde daarvan om hulle by ‘n nasionale benadering tot die omgewing en volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne in te sluit. Dit is geen mindere uitdaging nie en sal ‘n strategie, sowel as die vorming van goeie bondgenootskappe vereis. Sommige inheemse groepe kan op hoëvlak op hul regte aandring en daaroor onderhandel, maar die meeste volke in die IPACC is nie in hierdie situasie nie. Hulle is baie weerlose, klein gemeenskappies in afgeleë landelike gebiede, met sterk vooringenomendheid teenoor hulle onder stedelike bewoners. Die IPACC se benadering was tot dusver om konflik te vermy, diplomatieke kanale te gebruik, vaardighede en kapasiteit onder die burgerlike samelewing uit te bou en om, waar moontlik, die paradigma tussen magtige en inheemse volke te verskuif. Die klem val op die uitbreiding van vennootskappe met die staat en ander invloedryke rolspelers.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 13 van 38

Voorbeelde van aandeelhouers is soos volg geïdentifiseer: Nasionale Regering:

• Staatshoof (President, Koning, Eerste Minister, ens.) • Ministers wat die omgewing, landelike ontwikkeling, menseregte, grondbestuur en toerisme

hanteer; • Staatsamptenare verantwoordelik vir die Rio-Verdrae en verwante areas van

omgewingsbeleid • Regeringskommissies wat tradisionele kennis, intellektuele eiendom, onderwys en die

omgewing hanteer • Diplomate en buitelandse donateurs;

Tradisionele owerhede

• Ouer mense en kennisdraers binne julle eie landelike gemeenskappe; • Ander Inheemse mense (in julle land, in Afrika, in internasionale bondgenootskappe); • Ander belangegroepe in die burgerlike samelewing (bv. boere, veeherders,

gemeenskapsgroepe wat grond bewaar, bondgenootskappe rondom woude, Biodiversiteitnetwerk van Afrika, ens.);

Privaatsektor (plaaslik en buitelands) NRO’s

• Veral die belangrike omgewingsverteenwoordigers, WWF, IUCN, Conservation International, Wildlife Conservation Society:

• Gespesialiseerde NRO’s – Shalin Suomi Ry, ERMIS Africa, Forest Peoples Project, Rainforest Foundation (VK & Noorweë)

• Universiteite en verwante Landboukundige Uitgebreide Dienste en Navorsingsprojekte • Botaniste en bioloë van universiteite en die regering wat in bewaring werksaam is;

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 14 van 38

Uitslae van die Projek-beplanningsmatriks (PBM) Om hierdie kapasiteit te bereik, identifiseer die PBM 4 belangrike areas wat, indien daaraan voldoen word, genoegsame kapasiteit vir inheemse leiers en organisasies verseker om die nodige voorspraak-, proefprojekte en beleidwerk te kan doen. Die IPACC is ‘n groot netwerk met ‘n beperkte vermoë om al sy lede te bereik en omvattende opleiding en kapasiteituitbreiding te verseker. Na aanleiding van vorige besluite in die IPACC is die doel om vir elke sub-streek van Afrika proefprojekte en –inisiatiewe in een land te bou. Vir Sentraal-Afrika sal dit twee teikenlande vereis, een in die Kongo-kom en een in die Groot Mere. Die teikenlande is geprioritiseer om tegnieke te toets, bondgenootskappe te versterk en ervaring in voorspraak op te doen. Alle lande word aangemoedig om aan sub-streek- en internasionale geleenthede deel te neem, onder meer om aansoek te doen vir fondse en vennootskappe te bou. Na 12 maande sal die IPACC ‘n tweede en soms ‘n derde land in die sub-streek betrek om soortgelyke opleidings- en proefprojekte daar te ondersteun. Na 2 jaar sal die IPACC lande met ‘n swak burgergemeenskap kontak en hulle help om by die leernetwerke in hulle sub-streke aan te sluit.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 15 van 38

Tabel 5: Verduideliking van die PBM-uitslae

Uitslaggebied Beskrywing #1. OPLEIDINGSPROGRAM

Opleidingsprogramme in relevante aspekte van die CBD, FCCC, CCD en projekbestuur wat vir inheemse Afrika-Leergroepe met direkte betrokkenheid in die projek geïmplementeer word.

Hierdie uitslag behels die opleiding van lidorganisasies oor die besonderhede van die Rio-Verdrae en die stimulering van leergroepe en vorming van bondgenootskappe tussen inheemse leiers. Die opleiding sal deur voorspraak- en proefprojekte ondersteun word, soos die P3DM en deelnamevideo. Opleiding sal aspekte van internasionale regte, sowel as kollektiewe intellektuele eiendomsreg en –protokol moet insluit;

#2. PROJEKBESTUUR

Projekkoördinasie, kapasiteituitbreiding, skedulering, kommunikasie, fasilitering, dokumentering, die gebruik van buite-organisasies, navorsing, begrotingsbestuur, kontrolering en evaluering suksesvol geïmplementeer.

Die IPACC sal sy bestuurskapasiteit uitbrei om met die sub-streeknetwerke en –leergroepe saam te werk. Die IPACC kan nie poog om ‘n implementeringsverteenwoordiger te wees nie, maar deur middel van sy klein skenkings en kontakte met donateurs kan hy belangrike proefprojekte in Afrika opbou. CTA is ‘n belangrike voorbeeld van ‘n vennoot in sodanige kapasiteituitbreiding.

#3. LEERNETWERK

’n Leernetwerk gevestig om leerprogramme, kommunikasie, netwerkaktiwiteite, probleemoplossing, kapasiteituitbreiding en projekimplementering te fasiliteer.

Die IPACC bevorder die gebruik van “leergroepe” in elke Afrika-land waar hy lede het. ‘n Leergroep is ‘n informele of semi-formele span inheemse beoefenaars en aktiviste wat leermateriaal oor omgewingsbeleid en natuurlike hulpbronne wil deel. Die beginsel is dat elkeen ‘n ander kan leer en dat dit tot ‘n gedeelde visie onder leiers sal lei. Die leergroep is ‘n hulpbron vir die meer formele netwerke. Dit is ook moontlik dat leergroepe ouer mense en kennisdraers betrek, wat nie formele onderwys ontvang het en geletterd is nie. Die nasionale leergroepe skakel met mekaar as ‘n leernetwerk wat die IPACC met werkswinkels, elektroniese en ander kommunikasie-instrumente fasiliteer en steun. Die konsep hang saam met die IUCN-strategieë vir leergroepe in bewaring.

#4. DOKUMENTERING VAN TRADISIONELE KENNIS

Tradisionele kennis in alle deelnemende lande word deur die Leergroepe, gesteun deur die IPACC, gedokumenteer.

Die IPACC het geleer dat die meeste inheemse kennis van biodiversiteit nie tasbaar is nie en binne ‘n orale kultuur bestaan. Dit kan nie altyd vryelik aan buitestaanders oorgedra word nie, want dit word as heilig beskou of dit het kommersiële waarde. Die IPACC sal lede ondersteun om projekte te ontwikkel wat die inhoud en belangrikheid van tradisionele biodiversiteitkennis deur metodes van deelname dokumenteer. Die proses kan die gebruik van inligtingkommunikasietegnologie insluit om onderlinge dialoog tussen kulture te fasiliteer, terwyl dit gemeenskappe help om hul intellektuele eiendomsreg te verstaan en te beskerm. Dokumentering, binne die grense van gemeenskapsbeheer, sal gedoen word deur deelname aan GIS-kartering, bestekopnames van ontasbare erfenis, deelnamevideo, die gebruik van internetonderrig en kommunikasie-instrumente, asook ander media. Klem sal val op gemeenskapsgebaseerde navorsing en dokumentering.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 16 van 38

Kapasiteituitbreiding ‘n Strategiese Aksieplan is nie net ‘n lys doelwitte nie. Dit vereis die oorweging van ‘n strategiese punt van bemiddeling, en die nodige voorbereiding en hulpbronne om die doelwitte te bereik. Die kostes en hulpbronne moet realisties en toeganklik wees vir so ‘n plan om te kan slaag. Die Uitvoerende Komiteelede van die IPACC het beklemtoon watter probleme deur hulpbronne veroorsaak word wanneer hulle probeer om hul gemeenskappe te organiseer en by effektiewe beleidwerk te betrek. Tydens die Bujumbura-werkswinkel het inheemse leiers ‘n aantal uitdagings geïdentifiseer:

• Die leiers van inheemse volkeorganisasies kommunikeer dikwels nie effektief op voetsoolvlak met hul gemeenskappe nie – inligting word nie altyd doeltreffend teruggeneem nie;

• Tradisionele leiers, ouer mense, kennisdraers en ander belangrike lede van inheemse gemeenskappe word nie altyd geraadpleeg of ten volle deur NRO’s en die ontwikkelingsproses gerespekteer nie;

• Die meeste inheemse volkeorganisasies het ‘n tekort aan finansiële en menslike hulpbronne; daar moet beter vaardighede vir die opleiding van leiers ontwikkel word sodat hulle aan deelnamemetodologieë en die opbou van ‘n leerkultuur blootgestel kan word;

• Fondsinsameling hou ten nouste verband met bestuursvaardighede en opleiding, soos in die Logiese Raamwerk, om belanghebbendes te kan raadpleeg en te help met die ontwerp van lewensvatbare en befondsbare projekte;

• Die betrokkenheid by onderhandelinge rondom tradisionele kennis vereis ‘n begrip van intellektuele eiendomsreg en kontraksluiting met buitepartye, gebaseer op beginsels van vrye, ingeligte toestemming wat verkry word voor daar op intellektuele eiendom beslag gelê word;

• Voorspraakopleiding deur die IPACC is uiters nuttig; daar moet meer opleiding van leiers in voorspraak en internasionale beleidinstrumente plaasvind.

In Bujumbura het die IPACC-leiers hulself verbind tot die uitbreiding van kapasiteit en kundigheid in nasionale, sub-streek-, streek- en internasionale instrumente en prosesse wat met die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne en die beskerming van die omgewing verband hou. Indien inheemse volke in die toekoms ‘n volhoubare bestaan wil voer, is dit nodig om besluitnemers, wat die lot van Afrika se natuurlike hulpbronne beheer, te beïnvloed. In die meeste gevalle is dit die staatshoof en die bewindvoerende party, sowel as die land se belangrikste sakebelange.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 17 van 38

Die belangrikste aanbevelings van Bujumbura met betrekking tot kapasiteituitbreiding sluit die volgende in:

• Die Bujumbura Strategiese Aksieplan moet na gemeenskappe en plaaslike organisasies geneem word, sodat daar ‘n gedeelde visie en ontleding kan ontwikkel;

• Inheemse volkeorganisasies en leiers moet ingelig en opgelei word met betrekking tot internasionale en nasionale omgewingsbeleidvraagstukke;

• Sommige streke in Afrika moet spesialiseer in vraagstukke soos woestynvorming en klimaatsverandering; ander moet op die biodiversiteit van woude en dorre gebiede konsentreer;

• Inheemse volkenetwerke in die sub-streke moet versterk word om hul voorspraakkapasiteit meer effektief te maak, sowel as om hul inspraak oor wetlike/beleidsveranderinge op die gebied van veeboerdery, jag en versamel, die bestryding van woestynvorming, die beskerming van biodiversiteit, bewaring van woude, bestuur van natuurlike hulpbronne in dorre gebiede, tropiese woude en weilande te bevorder;

• Inheemse volke moet inligtingkommunikasietegnologie gebruik (soos GIS-kartering, onder meer P3DM, Cybertracker, internetverwante kommunikasie- en leerinstrumente, deelnamevideo, ens.) om hul kennis van biodiversiteit en die omgewing met “toegevoegde waarde” oor te dra en invloedrykes en besluitnemers te bereik;

• Ouer mense, die draers van tradisionele ekologiese kennis, is uiters belangrik en moet geraadpleeg en ingesluit word by strategiese, beleid-, voorspraak- en programwerk;

• Tradisionele kennisdraers (ouer mense, genesers, herders, spoorsnyers, jagters, heuningversamelaars, vroedvroue, medisynekenners en sjamane) moet erken, gerespekteer en by die ontwikkelings- en voorspraakwerk van inheemse volkeorganisasies geïntegreer word;

• Tradisionele kennisdraers moet geleenthede gebied word om hul kennis aan te bied sodat dit opgeteken kan word en in toeganklike vorm beskikbaar gestel kan word;

• Inheemse aktiviste het instrumente en strategieë nodig om tradisionele kennisdraers by beplanning en voorspraak in die burgerlike samelewing te betrek, sodat daar nuwe benaderings tot interkulturele dialoog oor die omgewing en die natuur kan ontwikkel;

• ‘n Kultuur van leer en deel moet nasionaal, sub-streeksgewys en internasionaal onder inheemse leiers ontwikkel word;

• Inheemse aktiviste het meer ontwikkelde vaardighede nodig in deelnamemetodologieë, projekontwerp en –bestuur, onder meer fondsinsamelingsvaardighede;

• Inheemse volke moet strategiese bondgenootskappe in die bewaring-, omgewing-, biologiese wetenskap- en onderwyssektor sluit;

• Inheemse volke moet nasionale, streeks- en internasionale forums verstaan en daarby betrokke wees om ‘n aandeel te hê in die beleid en kontrolering ten opsigte van natuurlike hulpbronne en die omgewing;

• Inheemse leiers en gemeenskappe het opleiding in intellektuele eiendomsreg nodig met betrekking tot hulle kennis van biodiversiteit en die omgewing;

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 18 van 38

Ondermyning van tradisionele kontrole-meganismes van ekostelsel

Stamtrustgrond, woude en natuurlike bates deur Staat toegeëien

‘Tragedie van die Commons-scenario’s

Landbou en mynwese hoër geag as biodiversiteit en natuurlike hulpbronne

Huidige bewarings- en omgewingsbeleid op nasionale vlak het nie daarin geslaag om tradisionele kennisstelsels by die bestuur van spesifieke ekostelsels en biome in te sluit nie

Post-cokoloniale beleid rondom hulpbronbestuur, beïnvloed deur die Westerde wetenskaplike paradigme, is vooringenome ten gunste van landbou

Jagter-versamelaars en veeboere word nie deur koloniale en post-koloniale beleidmakers as ‘n lewensvatbare kultuur en ekonomie beskou nie – geen oorskot, leiers en arbeid nie

Woestynvorming, verwering deur oorgebruik en ontoepaslike praktyke

Privatisering van natuurlike hulpbronne

Verlies van bestaan deur tradisionele kulture

Markgebaseerde kontrole-meganismes ingestel

Grondbesettings

Bestaansboerdery bevorder ten koste van tradisionele jag-versamelstelsels

Beskouing van natuurlike hulpbronne as

VINNIGE VERSTEDELIKING EN ARMOEDESIKLUS

Koloniale beleidraamwerke vir natuurlike hulpbronbestuur gebaseer op oorskot-ekstraksie en behoudgesentreerde benaderings tot bewaring, liewer as volhoubaarheid

Tradisionele kennis van ekostelsels en die bestuur daarvan deur jagter-versamelaars en veeboere word nie deur beleidmakers erken nie

Onwettige privatisering van natuurlike hulpbronne

Probleemontleding

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 19 van 38

Tradisionele kennisstelsels by BSAP’s ingebou

Hulpbronbestuur gedesentraliseer na plaaslike eienaars

Toetslopies van tradisionele kennisstelsels in spesifieke areas geïmplementeer

Reëls vir evaluering van biodiversiteit hersien

Omgewingsbeleidskeppers erken die waarde van tradisionele kennisstelsels en die aanwending daarvan in die bestuur van spesifieke ekostelsels en biome in die konteks van aardverhitting en woestynvorming

Post-koloniale hulpbronbestuursbeleid aanvaar balans ten opsigte van biodiversiteit en landbou - AANNAME

Jagter-versamelaars en veeboere word erken as aansienlike bewaarders van kennis en ekostelsels - AANNAME

Voorkoming/bekamping van woestynvorming, verwering geïmplementeer deur van

Markwaarde van natuurlike hulpbronne neem toe

Bestaansprojekte deur tradisionele kulture wyd geïmplementeer

Perverse aansporings verwyder uit markraamwerke

Grondhervormings-projekte onderneem

Waarde van jagter-versamelaars en trekboere erken

Ekonomiese, kommersiële waarde van natuurlike hulpbronne en ekostelseldienste

Plaaslike ekonomieë vernuwe rondom verbeterde hulpbronbestuur

Tradisionele/inheemse kennis van ekostelselbestuur deur jagter-versamelaars en veeboere word deur beleidskeppers erken

Onwettige privatisering teëgestaan

Jagter-versamelaars en trekboere word aan die CBD, CCD en FCCC bekendgestel en gefasiliteerde leerprogramme word geïmplementeer

Doelwitontleding

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 20 van 38

Projek-beplanningsmatriks

DOELSTELLINGSNARRATIEF AANWYSERS en Maniere van Verifiëring (MVV) AANNAMES

DOELWIT Inheemse volke van Afrika toon op oortuigende wyse aan invloedrykes en besluitnemers dat inheemse volke oor gesofistikeerde inheemse (tradisionele) kennis van die omgewing beskik, wat vir die nasionale beplanning van hulpbronbestuur baie waardevol is.

Leergroepe neem aan nasionale beleidforums deel: 7 teen Maand 18; 19 teen Maand 30; 25 teen Maand 54. MVV = Eksterne evalueringsverslag

DOEL Leergroepe beskik oor genoegsame bevoegdheid en voorbereiding om by die implementering van biodiversiteitsbewaring en volhoubare aanwendingsprojekte in hul onderskeie lande betrokke te raak

Minstens 1 Biodiversiteitsproefprojek in elk van die 7 sub-streke gereed vir implementering met deelname van Leergroepe voor Maand 60. MVV = projekverslae

Deelnemende nasionale bewaringstrukture staan nie doelbewus en aktief in die pad van die IPACC-projek nie.

UITSLAE

AANWYSERS en Maniere van Verifiëring AANNAMES

#1. OPLEIDINGSPROGRAM Opleidingsprogramme oor die relevante aspekte van die CBD, FCCC, CCD en projekbestuur geïmplementeer vir inheemse Leergroepe in Afrika met direkte betrokkenheid by die projek

Teen Maand 12: 7 Leergroepe van Suid-Afrika, Kenia, Burundi, Gabon, Kameroen (Noord), Niger, Morokko het elkeen aan ‘n 1x5-dag werkswinkel deelgeneem. MVV = 7 werkswinkelverslae Teen Maand 30: 18 Leergroepe uit 7 trosse – [RSA, Namibië, Botswana], [Kenia, Tanzanië, Uganda], [Burundi, Rwanda, DRC Kivu], [Gabon, Kameroen-Suid], [Kameroen-Noord, Tsjad], [Niger, Burkina Faso, Mali], [Morokko, Algerië] het elkeen aan ‘n 1x5-dag werkswinkel deelgeneem. MVV= 7 werkswinkelverslae Teen Maand 48: 23 Leergroepe uit 7 trosse – [RSA, Namibië, Botswana, Angola], [Kenia, Tanzanië, Uganda, Ethiopië], [Burundi, Rwanda, DRC Kivu], [Gabon, Kameroen-Suid, Congo Republiek], [Kameroen-Noord, Tsjad, Sentraal-Afrika Republiek], [Niger, Burkina Faso, Mali, Mauritanië], [Morokko, Algerië] het elkeen aan ‘n 1x5-dag werkswinkel deelgeneem. MVV= 7 werkswinkelverslae

Deelnemende lande verskaf steun aan Leergroepe en die IPACC

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 21 van 38

#2. PROJEKBESTUUR Projekkoördinering, kapasiteituitbreiding, skedulering, kommunikasie, fasilitering, dokumentering, uitkontraktering, navorsing, begrotingsbestuur, kontrolering en evaluering suksesvol geïmplementeer

Teen Maand 3: Opleidingsleerplanne vir 7 Leergroepe ontwerp: MVV = leerplanne in Engels, Frans Kontrak gesluit met opleidingspanne: MVV = kontrakte geteken Leergroepe bepaal: MVV = Verslag deur die IPACC Opleidingskedule vir 7 Leergroepe ooreengekom: MVV = skedule Teen Maand 24: Opleidingsleerplanne vir 18 Leergroepe ontwerp: MVV = leerplanne in Engels, Frans Kontrak gesluit met opleidingspanne: MVV = kontrakte geteken Leergroepe bepaal: MVV = Verslag deur die IPACC Opleidingskedule vir 18 Leergroepe ooreengekom: MVV = skedule Teen Maand 36: Mid-kwartaal projekevaluering voltooi: MVV = Evalueringsverslag Teen Maand 40: Opleidingsleerplanne vir 23 Leergroepe ontwerp: MVV = leerplanne in Engels, Frans Kontrak gesluit met opleidingspanne: MVV = kontrakte geteken Leergroepe bepaal: MVV = Verslag deur die IPACC Opleidingskedule vir 23 Leergroepe ooreengekom: MVV = skedule Teen Maand 60: Eksterne projekevaluering voltooi: MVV = verslag 5 Jaarlikse verslae verskaf – 1 per jaar: MVV = verslae

#3. LEERNETWERK ‘n Leernetwerk geskep om leerprogramme, kommunikasie, netwerkgeleenthede, probleemoplossing, kapasiteituitbreiding en projekimplementering te fasiliteer

Teen Maand 6: Die IPACC-webblad stel ‘n Leernetwerkbladsy saam: MVV = webblad Teen Maand 12: Minstens 5 Leergroepe dra by tot Leernetwerk: Teen Maand 24: 10 Leergroepe dra by Teen Maand 36: 18 Leergroepe dra by Teen Maand 48: 23 Leergroepa dra by : MVV = webblad

Nasionale bewaringstrukture neem deel aan leernetwerk en bestuur van webblad

#4. DOKUMENTERING VAN TRADISIONELE KENNIS

Tradisionele kennis in alle deelnemende lande word deur die Leergroepe gedokumenteer, gesteun deur die IPACC

Teen Maand 24: Dokumentering, video’s gepubliseer van 2 sub-streke Teen Maand 36: Dokumentering, video’s gepubliseer van 2 sub-streke Teen Maand 48: Dokumentering, video’s gepubliseer van 2 sub-streke Teen Maand 60: Dokumentering, video’s gepubliseer van 1 sub-streek

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 22 van 38

AKTIWITEITE

AANNAMES

UITSLAG #1. OPLEIDINGSPROGRAM 1.1 Ontwerp leerplanne vir 3 opleidingsprogramme gebaseer op relevante aspekte van die CBD, FCCC, CCD, projekbestuur en

biodiversiteitaspekte wat met spesifieke sub-streke verbad hou 1.2 Verskaf steun, opleiding aan organisasies wat tot die LEERGROEPE bydra 1.3 Ontwikkel en koördineer LEERNETWERK tussen leergroepe, die IPACC, IUCN, NRO’s, universiteite, VV-verteenwoordigers 1.4 Gebruik leernetwerk om opleidingwerkswinkels oor 60 maande te koördineer en te skeduleer 1.5 Hou werkswinkels 1.6 Stel werkswinkelverslae op om vordering en beperkinge per werkswinkel en per land te beskryf

Leergroepe gewillig en bevoeg om aan leergroepe deel te neem

Nasionale bewaringstrukture gewillig om projek te steun

UITSLAG #2 PROJEKBESTUUR 2.1 Werf en kontrakteer ‘n leerplanontwerper vir die CBD-, FCCC- en CCD-opleidingsprogram 2.2 Werf opleiers om 3 opleidingsprogramme oor 5 jaar te implementeer 2.3 Bring databasis van Leergroepe tot stand 2.4 Identifiseer en werf tussenkomende organisasies om die vestiging van Leergroepe te ondersteun 2.5 Verskaf kapasiteituitbreiding, opleiding aan tussenkomende organisasies wat die Leergroepe ondersteun 2.6 Fasiliteer en bestuur die vestiging van ‘n leernetwerk met al die teikengroepe 2.7 Skeduleer jaarlikse werkswinkelprogram met al die deelnemers 2.8 Bestuur die logistieke vir implementering van alle opleidingsprogramme 2.9 Waarneming en verslaggewing van al die opleidingwerkswinkels 2.10 Ontwerp en fasiliteer implementering van program om op tradisionele kennis beslag te lê en dit te dokumenteer 2.11 Verskaf werkswinkelverslae aan alle partye 2.12 Lewer 5 jaarlikse projek- en finansiële verslae 2.13 Kontrakteer evalueringskonsultante vir die mid- en eindkwartaalevaluerings

Korttermyn tegniese steun beskikbaar om in deelnemende lande te funksioneer

UITSLAG #3 LEERNETWERK TOT STAND GEBRING 3.1 Leernetwerkbladsy bygevoeg tot IPACC-webblad 3.2 Leernetwerk toon relevante materiaal – vorderingsverslae, opleidingskursusse, leersteun, skakels 3.3 Direkte Leergroepe in 7 lande gesteun om toegang tot rekenaars en die internet te verkry 3.4 Indirekte Leergroepe in 11 lande gesteun om toegang tot rekenaars en internet te verkry 3.5 Leergroepe ontvang opleiding in die gebruik van die internet en die IPACC-webblad 3.6 Leergroepe onderhandel met nasionale strukture om aan Biodiversiteit-aksieplanne deel te neem 3.7 Leergroepe neem deel aan ontwikkeling van Biodiversiteit-aksieplanne 3.8 Leergroepe neem deel aan oefenprojekte deur beplanning- en implementeringfases 3.9 Eksterne Oorsig van uitgesoekte projekte evalueer die uitwerking van tradisionele kennis op projekuitkomste 3.10 Alle relevante materiaal word op die IPACC-webblad gepubliseer

Internet infrastruktuur beskikbaar in

deelnemende lande Rekenaars en tegniese steun

beskikbaar en toeganklik vir leergroepe

Leergroepe gewillig om toegang tot en gebruik van internet te bestuur

Ander organisasies gewillig om aan leernetwerk deel te neem, bv. IUCN, universiteite, NRO’s

UITSLAG #4. DOKUMENTERING VAN TRADISIONELE KENNIS 4.1 Identifiseer geleenthede vir beslaglegging op en optekening van tradisionele kennis van of deur Leergroepe 4.2 Bring toepaslike tegnologieë tot stand vir die dokumentering van kennis, onder meer video, oudio, geskrewe, mondelinge en

media 4.3 Publiseer en versprei tradisionele kennis op webblad, video, geskrewe dokumente

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 23 van 38

Bylae 1: Verstaan Logiese Raamwerk en die PBM Die IPACC se Uitvoerende Komitee het die Strategiese Plan ontwikkel deur ‘n aangepaste weergawe van die Logiese Raamwerk-beplanningsmetodologie te gebruik. Die metode vereis dat deelnemers ‘n logiese model bou van die probleem waarmee hulle te kampe het en die diepste vlak identifiseer waarop hulle suksesvol kan ingryp om die situasie te verbeter. Die probleemontleding wat in die bostaande diagram aangetoon word, is ‘n samestelling van die verskillende probleme wat in Bujumbura geïdentifiseer is. As dit moontlik is om sommige van die diepste oorsake van die probleemboom reg te stel, kan die situasie in ‘n positiewe een omskep word. Dit word in die tweede diagram, die Doelwitontleding aangetoon. ‘n Projek-beplanningsmatriks is ‘n samestelling van die soorte uitslae wat nodig is om ‘n uitkoms te bereik, en wat ‘n belangrike uitwerking sal hê op die poging om probleme in ‘n positiewe situasie te omskep. Die eerste stap is om ‘n probleemboom te kan bou en ontleed. Elke negatiewe stelling het ‘n oorsaak en ‘n gevolg. Onder die stelling is die oorsaak en daarbo is die gevolg. Die gegewe voorbeeld is eenvoudig: probleme het dikwels veelvuldige oorsake en gevolge. Die rol van die logiese raamwerk is om ons te help verstaan wat die verwantskap tussen probleme en oplossings is. ‘n Probleemboom is ‘n reeks stellings wat bestaande negatiewe toestande beskryf. As een van hierdie toestande in ‘n positiewe situasie omskep word, sal dit ‘n positiewe uitwerking op al die gevolge hê. Op hierdie manier het aktiviste besef dat om die onmiddellike probleme van armoede, tekort aan geld en werk, ineenstorting van gesinne, toename in huishoudelike geweld en gebrek aan gesondheidsorg te probeer oplos, nie noodwendig die manier is om langtermyn oplossings vir probleme te vind nie. Deur behoorlike ontleding kan die werklike grondliggende oorsake van probleme ontdek word en stappe geneem word om dit aan te spreek. Die Bujumbura-PBM is ‘n samestelling van verskeie logiese raamwerke wat deur die Uitvoerende Komitee van die IPACC tydens die werkswinkel gedoen is. Alle groepe het gekyk na die uitwerking daarvan dat die biodiversiteit van medisinale plante aan die afneem is. Die oorsake is onder meer ontbossing, besoedeling, verstedeliking, kommersiële uitbuiting, oorbeweiding of ander redes. Die meeste oorsake was mensgemaak en kan verhoed word. Die gevolge van die afname in biodiversiteit is ook omskryf. Tradisionele medisyne neem af, gesondheid in die familie gaan agteruit en die gesin moet meer kontant verdien om oor basiese medisynes te beskik, wat moontlik ook lang afstande na klinieke behels. Dit beteken dat die gemeenskap minder selfstandig en minder gesond is en dat mense uit die huis moet gaan om geld te verdien, net sodat hulle baie eenvoudige gesondheidstoestande soos ‘n sny met infeksie kan hanteer. Hierbenewens word die kennis van plante en medisyneproduksie nie aan die jonger generasies oorgedra nie. Jongmense besef nie wat die waarde van plante is nie en is dus al

Voorbeeld

Gemeenskapsmense kan nie basiese gesondheidsprobleme hanteer nie ⇑

Medisinale plante is nie beskikbaar vir die hantering van basiese gesondheidsprobleme nie ⇑

Medisinale plante word nie deur plaaslike gemeenskappe beskerm nie ⇑

Regeringsbeleid erken nie plaaslike gemeenskappe as die bewaarders van natuurlike hulpbronne nie

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 24 van 38

minder daarin geïnteresseerd om die plante te beskerm waar hulle groei. Kennis van tradisionele medisyne word ook deur wysheidstelsels oorgedra, die opleiding van jongmense oor hoe mense en die natuur in harmonie moet saamleef. Die verlies van medisinale plante het ‘n groot impak op inheemse families. Een van die nuttigste oefeninge was om te ontleed hoekom weilande in Afrika verweer. Dis ‘n probleemboom wat deur die span van Oos-Afrika gedoen is. Die probleemontleding het getoon dat die grondoorsaak van die vernietiging van weilande geleë is in ‘n beleid wat geen rekening hou met die basiese inligting en wysheid wat herdergemeenskappe kan bied nie. Tradisionele herders kontroleer die graslande en weigebiede en wanneer daar tekens van oorbeweiding of droogte ontstaan, het hulle strategieë en regulasies om die druk op die grond te verlig. Regeringsbeleid het privatisering van grond, die skep van nasionale parke, grondbesetting deur arm boere, uitbuiting deur multinasionale korporasies (bv. in bosbou, mynwese, landbou-industrie) aangemoedig. Hierdie herverdeling van grond het nie rekening gehou daarmee dat natuurlike hulpbronne tyd nodig het om te herstel en dat die ekonomie van die area op die mobiliteit van vee gebaseer is nie. Deur die grondgebied wat aan veeboere beskikbaar was, te verminder, word hierdie boere gedwing tot oorbeweiding deur hul vee. Die kombinasie hiervan met boere wat die bogrond vernietig in die kommersiële belang van houtaanplanting en wat riviere laat opdroog, is ‘n ernstige en onomkeerbare bedreiging vir die grond en weiding. Dit lei vinnig tot konfliksituasies, armoede en die verlies van diere, sodat mense by die tallose werkloses in die stad gaan aansluit. Dit is nie nuwe probleme nie en dit is reeds in ander forums geïdentifiseer en bespreek. Wat belangrik is van die IPACC se kant is dat inheemse volke oor sekere oplossings vir hierdie probleme beskik. Indien beleidskepping meer holisties kan wees, die kontantekonomie sowel as die nie-kontantekonomie in ag neem, en met die onderlinge verwantskap in die ekostelsel rekening hou, sal dit moontlik wees om beter besluite oor grondgebruik, grondtoewysing en behoorlike kontrolering van die weilande te neem. Inheemse volke het hierdie kennis sowel as tradisionele gebruike. Dit lei weer na die feit dat die koloniale beleid, ter wille van snelle benutting van die omgewing, Afrika se regulerende meganismes eenkant toe geskuif het. Die uitvoerende komitee van die IPACC het die probleembome wat by die werkswinkel deur die sub-streekgroepe ontwikkel is, gebruik om ‘n stel doelwitte vir die lang-, medium- en korttermyn te definieer. Gesamentlik vorm dit ‘n samehangende en geïntegreerde projek wat ontwerp is om die probleme wat in die werkswinkel geïdentifiseer is, aan te spreek. Die langtermyn doelstelling is die “doelwit” van die projek; die sentrale organiserende doelstelling, wat normaalweg op die mediumtermyn gemik is, staan bekend as die “oogmerk”. Doelwit

Inheemse volke van Afrika demonstreer op oortuigende wyse aan invloedrykes en besluitnemers dat inheemse volke die draers is van gesofistikeerde inheemse (tradisionele) kennis van die omgewing, wat van groot waarde vir die nasionale beplanning van hulpbronbestuur is.

Oogmerk Leergroepe beskik oor genoegsame bevoegdheid en voorbereiding om betrokke te raak by die implementering van biodiversiteitbewaring en die volhoubare benuttingsprojekte in hul onderskeie lande.

Die IPACC is verbind tot ‘n reeks optredes en uitsette wat dit vir inheemse volke moontlik sal maak om die Projekdoelwit te bereik. Die Projekdoelwit is die som van al die uitslae soos in die PBM gedefinieer.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 25 van 38

Bylae 2: Wie is inheems in Afrika? Sedert die begin van die Verenigde Volke se eerste Dekade van die Wêreld se Inheemse Volke (1994 – 2004) het honderde Afrika-gemeenskappe vergaderings bygewoon, hul kommer en belange met betrekking tot marginalisering en weerloosheid verduidelik en aansprake gemaak op die reg om as “inheemse volke” beskou te word. Die term ‘inheems” het verskillende betekenisse en in terme van die Verenigde Volke se menseregteproses kom dit uit die Latyns-Amerikaanse regs- en historiese raamwerk. In die meeste Afrika-lande word “inheems” gebruik om tussen Europese setlaars of koloniale administrateurs en die plaaslike bevolking te onderskei. In Frans het die woord “indigène” spesifiek verwys na die landbouers wat onder die koloniale owerheid handearbeid moes verrig. Die term het vandag ongunstige konnotasies. Tydens die VV-proses van konsultasies en bewusmaking rondom die regte van inheemse volke wêreldwyd, het ‘n patroon onder die Afrikane ontstaan wat op hierdie definisie aanspraak maak. Die meeste Afrika-volke wat daarop aanspraak maak om inheems te wees, onderskei hulself as afstammelinge van jagter-versamelaars of vee- en trekboere (m.a.w. mense wat saam met vee, skape of kamele lewe en migreer afhangende van die reën en weiveldmoontlikhede). Daar is ‘n paar uitsonderings op hierdie reël. Daar is stedelike Suid-Afrikaners en Morokkane wat op hierdie identiteit aanspraak maak, maar selfs in hulle gevalle kan hul historiese afkoms verbind word aan skaapherderkulture in dorre en bergagtige gebiede. Gedurende die IPACC-ontleding van wie in Afrika inheems is, het dit duidelik geword dat die kulture wat hul tradisionele kennisstelsels gehandhaaf het en wat sterk uit bestuursposte gemarginaliseer is, ook die kulture is wat met die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne in baie spesifieke ekostelsels geassosieer word. Die San-jagter-versamelaars en die Khoe-herders van Suider-Afrika kom net soos die nomadiese Tuareg-volk van die Sahara uit woestyngebiede. Die jagter-versamelaars van Sentraal- en Oos-Afrika is almal volke wat in die woude gebaseer is en uit die volhoubare gebruik van woudbiodiversiteit ‘n bestaan maak. Ander herders, soos die Bororo (Wodaabe, Peul, Fulani), die Maasai, Samburu, Rendille, Datoga en ander is almal spesialiste in oorlewing in die semi-dorre graslandgebiede van Afrika. ‘n Onderskeidende kenmerk van “inheemse volke” in Afrika is hul aangewesenheid op natuurlike hulpbronne en hul vermoë om volhoubaar in sensitiewe ekostelsels te lewe, soos humiede tropiese woude en woestynagtige of semi-woestynagtige gebiede. Die konsep van inheemse volke bestaan in Afrika-kulture en –tale. Terme soos Batwa, Baroa, Abathwa, Bacwa, Basarwa, Boni, Sanye en Dorobo is op jagter-versamelaars toegepas, wat anders was as vee- en trekboere, landbouers met kuddes en landbouers wat oor eeue heen na hul gebiede gemigreer het. In die meeste gevalle het mense as bure saamgewoon en verskillende aspekte van hul ekonomie gedeel. Jagtervolke sou wildsvleis en heuning deel met boere in ruil vir graankosse, metaal en ander voorwerpe. Die marginalisering van inheemse volke in Afrika is nie ‘n ongeluk nie. Dit is die gevolg van historiese prosesse en veral die rol van kolonialisme in die vorm wat die Staat en administratiewe stelsels aangeneem het. Kolonialisme in Afrika het sekere etniese groepe, veral landbouvolke, in koloniale onderwys en administrasie ingedwing. Hierdie groepe het die Staat in die tyd van dekolonialisering

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 26 van 38

oorgeneem. Tot op hede is sekere etniese groepe in elke Afrika-land geneig om die Staat sowel as die administrasie te oorheers, asook beheer oor grond en hulpbronne te handhaaf.

Jagter-versamelaars is feitlik heeltemal geïgnoreer of hulle is deur setlaars en die koloniale magte geviktimiseer. In Suid-Afrika was daar ‘n driehonderdjaarlange poging om inheemse volke uit te roei. Die Suid-Afrikaanse ervaring was ekstreem, maar in die hedendaagse Afrika bly jagter-versamelaars uiters weerloos teenoor negatiewe besluite deur beleidskeppers. Talle jagter-versamelaars in Afrika beskik nie oor geboortesertifikate of nasionale identiteitsdokumente nie; hulle word nie in die regering verteenwoordig nie en hulle het uiters beperkte toegang tot onderwys en ander nasionale hulpbronne.

Die belewenis van vee- en trekboere is ietwat anders. Sommige van hierdie gemeenskappe in Afrika het baie magtig geword. Vee- en trekboerdery is ‘n buigsame ekonomiese stelsel wat mobiliteit, die bestuur van die omgewing en van rykdom toelaat. Vee of ander diere kan uitgeruil word vir ander tipes hulpbronne soos kontant, wapens, huwelike en bondgenootskappe. Anders as jagter-versamelaars het vee- en trekboere die vermoë om hulself militêr met duidelike leierskapstelsels te organiseer. Vee- en trekboere het ook bevoegdheid in metallurgie ontwikkel, ‘n belangrike vaardigheid wanneer daar konflikhantering plaasvind. Die Tuareg, Maasai, Nama en ander vee- en trekboere het hulle ten sterkste teen kolonialisme verset. Hulle is nie op dieselfde manier as vee- en trekboere deur die koloniale regeringstelsels hanteer nie en hulle het dus hul rykdom en mag tot ‘n mate behou. Die koloniale owerhede het selfs verdrae met sommige van hierdie volke gesluit. Die werklike weerloosheid van vee- en trekboergemeenskappe het na onafhanklikheid duidelik geword toe hulle vind dat landsgrense hulle van mekaar skei en dat state vooringenome was teenoor landbou en landbouvolke. Irrasionele beleidskepping, soms oorgeneem by koloniale owerhede, maak dit vir trek- en veeboere moeilik om hul kuddes volhoubaar en in onvoorspelbare weerstoestande te bestuur. Herders het tradisioneel in tye van droogte hul diere en stamme verdeel en oor hul gebiede versprei. Hulle het oorleef op verskillende proporsies klein- en grootvee, en sodoende het hulle hul risiko versprei en kuddes verklein indien nodig, voordat die diere verhonger. Nou is hierdie reserwegrond aan ander mense, nasionale parke of die privaatsektor toegewys. Die normale strategieë van vee- en trekboere om ekostelsels te handhaaf, word ondermyn en uit beleidskepping gemarginaliseer. In die meeste Afrika-lande, selfs indien vee- en trekboere welgesteld en invloedryk is, bevind hulle hul in die geheel uit bestuursposte gemarginaliseer en die slagoffers van klimaatsverandering en woestynvorming. Die inheemsevolkebeweging in Afrika word onderskei deur die soorte ekonomieë wat jag- en versamelvolke bestuur. Oorlewing van inheemse volke is nie bloot ‘n kwessie van die verkryging van mense- en burgerregte nie. Dit hou regstreeks verband met volhoubare benaderings tot die bestuur van grond en natuurlike hulpbronne. Grondbeleid in Afrika moet die onderlinge verwantskap tussen kulturele en biologiese stelsels erken en ag. Die oorheersende denkpatroon is dat grond verhandelbaar is en ten beste gebruik word deur onvolhoubare verbruik van natuurlike hulpbronne. Hierdie benadering vernietig die natuur, asook kennisstelsels en volke. Die inheemsevolkebeweging het geen ander keuse nie as om by die omgewingsbeleid betrokke te raak en om bestuur te herorganiseer, sodat dit meer inklusief is en deur tradisionele kennisstelsels en die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne bepaal word.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 27 van 38

Bylae 3: Wat is die Verenigde Volke? Die IPACC se doelstelling is om kommunikassie en begrip tussen die Verenigde Volkestelsel en landelike inheemse gemeenskappe in Afrika te verbeter. Daar is belangrike geleenthede in VV-forums en –meganismes vir landelike inheemse volke van Afrika om hul regte te beskerm, hul kulture te bevorder en teen armoede en marginalisering te veg. Die VV is egter ‘n ingewikkelde stelsel wat ontwerp is sodat regerings met mekaar kan praat en gesamentlik besluite kan neem. Die publiek het aanvanklik ‘n beperkte rol by die VV gehad, maar oor die dekades heen het dit verander. Nou is die burgerlike samelewing ‘n belangrike vennoot in die werk van die VV. Inheemse volke veral het die VV verander om dit meer toeganklik vir die publiek te maak. As julle al VV-vergaderings bygewoon het, sal julle weet hoe lank, burokraties en moeilik hulle kan wees om te volg. Effektiewe gebruik van die VV-forums kan julle egter meer invloed tuis gee; dit kan geleenthede vir groter samewerking met julle regering, internasionale NRO’s en die VV-verteenwoordigers self skep. Die eerste vraag wat ons gewoonlik by die IPACC hoor, is: Wat is die Verenigde Volke? Die Verenigde Volkeorganisasie is ‘n wêreldliggaam wat al die regerings van die planeet bymekaarbring om besluite te neem, vrede te bevorder, konflikte en probleme op te los en om die regte van mense in die wêreld te beskerm. Die VV se primêre doel is om konflikte te hanteer, maar oor die jare heen het sy mandaat uitgebrei om vraagstukke soos wêreldgesondheid, voedselsekuriteit, landbou, menslike ontwikkeling, beskerming van die omgewing, die bevordering van goeie onderwys, navorsingskapasiteit, tegnologie en kommunikasie, behuising, selfs satellietkartering en meteorologie en ander onderwerpe in te sluit. Die VV het ook toenemend besef dat sekere groepe meer weerloos as ander is en spesiale aandag vereis. Die VV onderneem werktemas en ontwikkel spesiale instrumente om weerlose groepe te beskerm, onder meer minderheidsgroepe en inheemse volke, gestremdes, vlugtelinge en uitgesette volke, vroue en kinders, slagoffers van marteling, mense sonder huise en talle ander kategorieë. Die Verenigde Volke word deur die Algemene Vergadering beheer, wat soos ‘n parlement is waar elke land stemreg het. Onder die Algemene Vergadering val al die strukture en liggame van die VV, wat soos die staatsdiens onder ‘n regering sorteer. Die VV se werk word deur die Sekretaris-Generaal georganiseer. Die VV moet elke regering se reg op sy eie standpunte en oppergesag respekteer. VV-verteenwoordigers is egter ook verplig om die oorkoepelende waardes en besluite van die VV te respekteer. In die geval van menseregte kan daar ‘n konflik ontstaan tussen wêreldstandaarde en wat ‘n individuele regering tuis doen. Die VV is na die Tweede Wêreldoorlog tot stand gebring om konflikte te probeer besleg sodat nasies nie weer oorlog hoef te maak nie. In sommige gevalle was die VV suksesvol, maar die organisasie misluk dikwels aangesien dit nie maklik is om 192 lande te laat ooreenstem of die regte ding te laat doen nie. Die mislukking van die VV in 1994 in Rwanda was een duidelike voorbeeld van die VV se onvermoë om altyd vinnig op te tree. Daar was egter al ‘n paar belangrike suksesse soos toe die VV saksies teen Apartheid Suid-Afrika gekoördineer het en Namibië gehelp het om sy onafhanklikheid na die onwettige besetting deur Suid-Afrika terug te kry. Die VV verskaf noodlenigingswerk aan rampgebiede en help gedurende vlugtelingkrisisse.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 28 van 38

In 1948, reg na die verskrikkings van die Tweede Wêreldoorlog, het die VV die Universele Handves van Menseregte aanvaar (http://www.un.org/Overview/rights.html). Dit is in talle opsigte die grondslag van die VV en dit beskerm die gelykheid en waardigheid van alle mense afgesien van hul burgerskap. Dit het die beginsel vasgelê dat menseregte universeel is en nie deur regerings weggeneem kan word nie. Dit is te alle tye op alle mense van toepassing. Wat die belangrikste omtrent die VV is, is dat dit standaarde stel van wat reg is. Regerings werk saam om te bepaal watter regte “universeel” is. Dit beteken dat die reg om nie gemartel te word nie, op alle mense in die wêreld van toepassing is. Indien jy deur ‘n polisiebeampte, soldaat of enigeen gemartel word, is dit onwettig afgesien van wat jy gedoen het of wat jou regering daaroor te sê het. Op hierdie manier gee die Verenigde Volke toenemend erkenning aan vraagstukke waar menseregte belangriker as die soewereiniteit van state is.

In 1994 het die Verenigde Volke die Eerste Internasionale Dekade van die Wêreld se Inheemse Volke afgekondig (om die program te sien, kyk na http://www.unhchr.ch/html/menu6/2/fs9.htm). Die bedoeling hiermee is om regerings meer bewus te maak van inheemse volke se behoeftes en om internasionale standaarde te stel sodat menseregte en kulturele selfbeskikking van inheemse volke gerespekteer word. Die Eerste Dekade het ‘n groot uitwerking op Afrika gehad. Talle volke wat met jag-versamel ‘n bestaan maak of gemaak het of wat nomadiese veeboere is, het hulself as “inheemse volke” geïdentifiseer.

Sommige regerings het gereageer deur te sê dat alle Afrikane inheems is en dat die konsep dus nie hier van toepassing is nie. Dit is beter om van minderhede of bloot die regte van burgers te praat, is aangevoer. Die VV-deskundiges het egter aangetoon dat daar ‘n probleem in Afrika was. Die Afrika-Kommissie vir Mense- en Volkeregte (ACHPR) het die vraag in November 2003 bestudeer en ‘n verslag aanvaar wat verklaar dat daar inheemse volke in Afrika is, onder meer die San-volke, wat die reg op selfbeskikking het (in die raamwerk van die Afrika-Handves vir Mense- en Volkeregte) Ons is nou in die VV se Tweede Internasionale Dekade van die Wêreld se Inheemse Volke (2005 – 2015) Die tema is “Vennootskap vir Aksie en Waardigheid”. Die fokus by die VV is tans om die Algemene Vergadering sover te kry dat hulle die Handves vir die Regte van Inheemse Volke aanvaar. Dit is ‘n dokument wat oor 22 jaar saamgestel is en dit definieer die regte wat op Inheemse Volke van toepassing is. Die dokument is daarop gerig om regerings en gemeenskappe meer bewus van hierdie vraagstukke te maak. Die Handves is ‘n regsinstrument by die VV. Dit is in Junie 2006 deur die Menseregteraad aanvaar, maar dit is weens weerstand deur sekere Afrika-state nog nie deur die Algemene Vergadering aanvaar nie. Die VV-Manifes vir die Regte van Inheemse Volke sluit twee belangrike konsepte in. Dit lui dat menseregte ook kollektief en nie bloot individueel is nie. Dit herbevestig die reg van inheemse volke op hul selfbeskikkingsreg. Vir Afrika word hierdie vraagstukke reeds deur die Afrika-Handves vir Mense- en Volkeregte goedgekeur en erken, en dit is bevestig deur die verslag wat in 2003 deur die Afrika-Kommissie vir Mense- en Volkeregte aanvaar is. Dit beteken dat, indien ‘n volk kollektief bedreig word, optrede kan volg om hulle as ‘n volk te beskerm. Daardeur word nie slegs die regte van individue nie, maar ook dié van die hele bedreigde volk gehandhaaf. Westerse tradisies rondom menseregte sentreer sterk om die individu en daarom is die gedagte van ‘n wêreldstandaard van kollektiewe regte ‘n groot stap vorentoe.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 29 van 38

Daar is twee belangrike VV-forums wat met inheemse volkeregte verband hou (sien ook http://www.unhchr.ch/html/menu2/ind_main.htm). Dis moontlik dat iemand van julle gemeenskap al by een van hierdie forums was. Maar weet julle wat hulle doen? Die VV-Werksgroep oor Inheemse Bevolkings (WGIP): Dit is ‘n komitee van 5 deskundiges wat verskillende aspekte van menseregte vir Inheemse Volke bestudeer. Hulle doen studies en maak aanbevelings by die VV oor belangrike menseregtetemas. Hierdie werk val onder die Menseregteraad. Baie inheemse volke gaan na die Julie-vergaderings in Geneve om hulle vraagstukke rondom menseregte aan die deskundiges te verduidelik. In 2007 is daar groot veranderinge in die VV aangebring en die werksaamhede van die WGIP is opgeskort terwyl die VV ‘n nuwe benadering tot navorsing en verslaggewing oor die menseregte van inheemse volke bestudeer. Die VV se Permanente Forum vir Inheemse Vraagstukke: Dit is ‘n hoëvlakkomitee van die Verenigde Volke wat deel vorm van die Ekonomiese en Sosiale Raad (ECOSOC), die hoogste funksionerende liggaam van die VV-stelsel, wat regstreeks onder die Algemene Vergadering val. Die mandaat van die forum is om inheemse vraagstukke, verwant aan sosiale ontwikkeling, kultuur, die omgewing, gesondheid en regte, te bespreek. Die doel van die forum is:

• Om deskundige advies te gee en aanbevelings aan die Ekonomiese en Sosiale Raad en aan die onderskeie programme, fondse en verteenwoordigers van die Verenigde Volkestelsel deur die Raad te maak;

• Om ‘n bewussyn te laat toeneem en die integrasie en koördinasie van aktiwiteite te bevorder wat met die inheemse vraagstukke binne die VV-stelsel verband hou;

• Om inligting oor hierdie vraagstukke voor te berei en te versprei. Die UNPFII is in 2001 op die been gebring. Daar is een sitting per jaar. Die forum het 16 lede van wie 8 inheemse volke is en 8 deur state genomineer word. Die PF kyk na al die werk van die Verenigde Volkeverteenwoordigers en probeer om aanbevelings te maak sodat dienslewering aan inheemse volke en hul deelname aan die werk van die VV verbeter kan word. Die PF kom elke Meimaand in die stad New York bymekaar en aanvaar verslae en aanbevelings oor menseregte en ontwikkelingsvraagstukke van inheemse volkeorganisasies. Die doelstelling is om dialoog tussen state, inheemse volke en VV-verteenwoordigers te stimuleer. ‘n Verdere belangrike instrument is die kantoor van die VV se Spesiale Referent vir Menseregte en Fundamentele Vryhede van Inheemse Volke. Dit is ‘n deskundige wat deur die VV gekies word om die situasie van inheemse volke oor die wêreld heen te ondersoek. Hy besoek lande waarvan die regering hom genooi het en ondersoek die omstandighede van inheemse volke. Waar menseregte geskend word, kan hy met die president of ‘n minister praat om uit te vind wat verkeerd gaan. Die IPACC werk nou saam met die 3 Sekretariate van die VV wat met Omgewingsake gemoeid is. In 1992 het ‘n belangrike VV-konferensie wat in Rio de Janeiro in Brasilië gehou is, die volgende drie bindende verdrae aanvaar: • VV-Raamwerkverdrag oor Klimaatsverandering • VV-Verdrag om Woestynvorming te Bestry • VV-Verdrag oor Biologiese Diversiteit

Elk van hierdie is belangrik vir inheemse volke en dit word in Bylae 4 verduidelik.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 30 van 38

Bylae 4: Wat is die Rio-Verdrae? Die Wêreldspitsberaad 1992 In 1992 het meer as 100 staatshoofde, honderde NRO’s, inheemse volke en talle ander aandeelhouers in Rio de Janeiro, Brasilië, bymekaargekom vir die Verenigde Volke Konferensie oor die Omgewing en Ontwikkeling (UNCED). UNCED, wat ook as die Wêreldspitsberaad bekend staan, was ‘n belangrike gebeurtenis in die lewe van die Verenigde Volke. Dit het gefokus op die skep van instrumente vir omgewingbeskerming en sosio-ekonomiese ontwikkeling. Die VV-lidstate het die Raamwerkverdrag oor Klimaatsverandering en die Verdrag oor Biologiese Diversiteit onderteken en die Rio-Handves asook die Woudbeginsels goedgekeur. Hulle het ook Agenda 21 aanvaar, ‘n aksieplan waarvolgens die Verdrae opgevolg moet word (sien hieronder).. By die Wêreldspitsberaad in Rio het natuurbewaarders en inheemse volke saamgewerk om hierdie eerste belangrike internasionale ooreenkomste oor die beskerming van die planeetomgewing te beïnvloed. Die Wêreldspitsberaad het ‘n aantal omgewinginstrumente, -riglyne en aksieplanne aanvaar. Drie aaneengeskakelde verdrae is aanvaar om die ernstige bedreigings vir die omgewing te probeer aanspreek; dit sluit in die Verdrag oor Biologiese Diversiteit (CBD), die Verdrag om Woestynvorming te Bestry (CCD) en die Raamwerkverdrag oor Klimaatsverandering (FCCC). Die bondgenootskap tussen inheemse volke van Latyns-Amerika en omgewingkundiges het verseker dat inheemse volke erken is as ‘n “Belangrike Groep” in verwantskap tot die Rio-Verdrae, en veral die Verdrag oor Biologiese Diversiteit (CBD). Die Verdrae is aangevul deur Agenda 21, ‘n omvattende aksieplan om wêreldwyd, nasionaal en plaaslik deur Verenigde Volkeliggame, state en Belangrike Groepe in werking gestel te word op elke gebied waar mense ‘n uitwerking op die omgewing het. Agenda 21 is vernuwe deur spesifieke oproepe vir die versterking van belangrike aandeelhouers se rolle, onder meer dié van inheemse volke1. Die Belangrike Groepe wat by die Rio-proses erken word, is: vroue, jeug, inheemse volke, nieregeringsorganisasies, plaaslike owerhede, arbeiders en vakbonde, die sakesektor en industrie, die wetenskaplike gemeenskap en boere. Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (WSSD) 2002 Tien jaar na Rio het die 2002-Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (WSSD) in Johannesburg, Suid-Afrika, weer die belangrikheid van ‘n vennootskap tussen state, bewaringsverteenwoordigers en inheemse volke bevestig en verder beklemtoon. Die volle implementering van Agenda 21, die Program vir Verdere Implementering van Agenda 21 en die verbintenisse tot die Rio-beginsels is tydens die WSSD weer sterk bekragtig. Die besef van hoe belangrik dit is om inheemse volke by alle aspekte van bewaring en die definiëring van volhoubare strategieë te betrek, is ‘n aanduiding van die ooreenkoms tussen bedreigings vir die wêreld se omgewings sowel as sy eerste volke se voortbestaan. Die Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling het gelei tot die Johannesburgse Implementeringsplan (Johannesburg Plan of Implementation (JPoI)). Die JPoI is ‘n raamwerk vir aksie om hernude verbintenisse wat oorspronklik in 1992 aangegaan is, te implementeer, aangesien dit tot dusver nie behoorlik gedoen is nie. Die JPI is ‘n uiteensetting van prioriteite vir aksie ten opsigte van volhoubare ontwikkeling in uiteenlopende gebiede soos die uitwissing van

1 Sien http://www.iisd.org/rio+5/agenda/chp26.htm

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 31 van 38

armoede, gesondheid, handel, onderwys, wetenskap en tegnologie, streeksbelange, natuurlike hulpbronne en die institusionele reëlings. Die UNCED / WSSD-geleenthede het beklemtoon dat die oorlewing van inheemse volke en hul tradisionele kennisstelsels, kulture, tale en bestaanswyses regstreeks met die beskerming van die omgewing en biologiese diversiteit verband hou; dit behels ook die verkryging en handhawing van grondregte en die bestuur van natuurlike hulpbronne. Die VV-raamwerkverdrag oor Klimaatsverandering Die kernvraagstuk in hierdie Verdrag is dat geïndustrialiseerde Westerse lande te veel besoedeling (kweekhuisgasse) vrystel, wat in ons atmosfeer is en veroorsaak dat die planeet warmer word. Die uitwerking daarvan is gevarieerd, maar dit sluit onder meer ekstreme weer in soos droogtes, oorstromings, baie ernstige storms en ‘n algemene verhitting van die planeet. Die yslae op die pole en ysgletsers smelt reg oor die wêreld heen. Dit veroorsaak stygende oseaanvlakke en veranderende seetemperature. Dit affekteer alle lewe op die aarde en gaan oor die algemeen heelwat lyding veroorsaak, veral in droë dele van Afrika en in klein eilandstate. Die Verdrag is veronderstel om druk op Westerse lande te plaas dat hulle hul kweekhuisgasvrystellings verlaag en die wêreldomgewing probeer beskerm. Die belangrikste vraagstuk vir inheemse volke in Afrika is dat hulle weet hoe die natuur behoort te wees, wat normaal is oor lang tydsiklusse; mense in die bos en in die veld merk veranderinge op wat met die veranderende weerpatrone gepaardgaan. Woestynvolke het dikwels planne om op terug te val in jare van uiterste droogtes. Dit word “aanpassing” genoem en is ‘n belangrike aspek van die FCCC. Inheemse volke in Afrika kan met hul regerings en wetenskaplikes saamwerk om die veranderinge in die natuur en die omgewing te kontroleer. Dit kan lei tot aanbevelings oor hoe om droogtes en die afname in biologiese diversiteit te hanteer. Inheemse volke sien veral raak watter voëls, insekte, plante of diere besig is om te verdwyn en hulle kan wetenskaplikes hieroor waarsku. Die IPACC wil graag meer opleiding aanbied oor wat die FCCC vir inheemse volke in Afrika beteken. Die Republiek van Burundi het aangebied om saam met die IPACC te werk en bewussyn onder Afrika se regerings en die inheemse burgerlike samelewing aan te wakker, sodat hulle saam met die IPACC aan sy prosesse en meganismes kan deelneem.

VV-Verdrag om Woestynvorming te Bestry (UNCCD) Die UNCCD het te make met die wêreldstryd teen landverwering en die vorming van woestyne en verwante verskynsels, soos die versanding van waterstelsels en die verlies aan bogrond. Die Verdrag is spesiaal vir Afrika ontwerp waar landverwering veral baie ernstig is en daar ‘n toename van nie-bewerkbare grond is. Die Verdrag neem in aanmerking dat daar menslike en klimaatsoorsake vir grondverwering is. Daar is ‘n ironie in klimaatsverandering: die ryk lande wat dit veroorsaak, kan die gevolge daarvan hanteer, terwyl die lande in Afrika wat niks met die oorsaak daarvan te make het nie, die meeste daaronder ly. Daar is ‘n soortgelyke ironie wat woestynvorming betref. Jagter-versamelaars en trekboere veroorsaak nie woestynvorming nie. Hulle kulture is tradisioneel op die beskerming van biodiversiteit ingestel en hulle maak staat op menslike beweegbaarheid (hulle verskuif hul kamp en volg die reën of die wild, hulle trek van watergat na watergat) en laat die natuur toe om te herstel van die uitwerking wat die mens daarop het.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 32 van 38

Kolonialisme het die politieke mag van landbouvolke bevorder en dit is die mense wat grond in Afrika vernietig deur oorbeweiding, die uitkap en verbranding van natuurlike plantegroei om landbou uit te brei en die misbruik van bogrond. Landbouvolke het meer kinders as inheemse volke. Hulle veroorsaak die bevolkingsontploffing in Afrika en neem die grond oor van jagter-versamelaars en trekboere. Woestynvorming word hoofsaaklik veroorsaak deur ‘n swak regeringsbeleid en die politieke mag van landbou- en heersende volke. Inheemse volke word oor die algemeen nie in aanmerking geneem wanneer daar op ‘n beleid besluit word wat droë en dorre gebiede kan meet en beskerm nie. Soos met klimaatsverandering kan inheemse volke meer betrokke wees by die kontrolering en ontleding van woestynvorming. Namibië, Suid-Afrika en Botswana het almal die CCD onderteken en het nasionale aksieplanne teen woestynvorming. Tradisionele kennis is ‘n erkende aspek van die CCD en inheemse volke behoort in gereelde kontak met hul omgewingsministerieë te wees oor hulle rol in die bestryding van woestynvorming. Die CCD vereis die volgende van state: Klousule 16

Die Partye kom ooreen om, volgens hul onderskeie vermoëns, die versameling, ontleding en uitruil van relevante korttermyn en langtermyn data en inligting te integreer en te koördineer. Dit sal sistematiese waarneming van grondverwering in geaffekteerde areas verseker en help om die prosesse en uitwerking van droogte en woestynvorming beter te verstaan en te assesseer. Dit sal inter onder andere help om vroeë waarskuwings en vooruitbeplanning te bewerkstellig vir periodes van ernstige klimaatswisseling, in ‘n vorm wat praktiese toepassing deur verbruikers op alle vlakke moontlik maak, veral deur plaaslike bevolkings. Met hierdie doel voor oë, sal hulle die volgende doen:

(g) onderhewig aan hul eie nasionale wetgewing en/of beleidsraamwerke, sal hulle inligting oor plaaslike en tradisionele kennis uitruil, genoegsame beskerming daarvan verseker en toepaslike beloning aan die betrokke plaaslike bevolkings verskaf vir die voordele wat daaruit geput is, op ‘n billike basis en op voorwaardes waarop daar gesamentlik besluit is.

Klousule 17

Die Partye onderneem om, volgens hul onderskeie vermoëns, met behulp van toepaslike nasionale, sub-streek- en internasionale instansies, tegniese en wetenskaplike samewerking te bevorder in die bestryding van woestynvorming en die bekamping van die uitwerking van droogte. Met hierdie doel voor oë sal hulle navorsingsaktiwiteite steun wat die volgende doen:

(c) beskerm, integreer, versterk en bekragtig tradisionele en plaaslike kennis, kundigheid en praktyke; dit verseker dat die kennisdraers, onderhewig aan hul onderskeie nasionale wetgewing en/of beleidsraamwerke, op ‘n billike basis en op voorwaardes waaroor daar gesamentlik besluit is, direk baat sal vind by enige kommersiële benutting daarvan of by enige tegniese ontwikkeling wat uit daardie kennis voortgevloei het;

Hierdie klousules is verpligtings vir julle regering en julle kan met die onderskeie ministerieë praat oor wat hulle doen en die rol wat julle gemeenskap in hierdie verband kan speel.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 33 van 38

Die VV-Verdrag oor Biologiese Diversiteit Al drie die Rio-Verdrae is belangrik, maar die CBD bied die grootste geleenthede vir inheemse volke in Afrika. Die CBD-Konferensie van Partye blyk ‘n belangrike forum te wees vir inheemse volke wat hul regte wil beskerm en goeie bestuur van die aarde se natuurlike hulpbronne wil verseker. Klousule 8J van die CBD verklaar die volgende:

Onderhewig aan sy nasionele wetgewing sal die staat inheemse en plaaslike gemeenskappe wat tradisionele lewenstyle handhaaf, respekteer, en hul kennis, vernuwing en praktyke bewaar en behou, ter wille van die bewaring en volhoubare gebruik van biologiese diversiteit; die staat sal die wyer toepassing van hierdie kennis bevorder met die goedkeuring en betrokkenheid van sulke draers van kennis, vernuwing en praktyke, en sal die billike verdeling van voordele aanmoedig wat voortspruit uit die benutting van sulke kennis, vernuwing en praktyke.

Klousule 10c verklaar die volgende:

Beskerm en bevorder gebruiklike benutting van biologiese hulpbronne in ooreenstemming met tradisionele kulturele praktyke wat verenigbaar is met bewaring of die vereistes van volhoubare gebruik.

Daar was ‘n sterk betrokkenheid van inheemse volke in die werk van die 8(j)-werksgroep en die Konferensie van Partye (COP). ‘n Verdere dokument het uit die CBD voortgespruit wat die belangrikste beginsel in die beskerming en bestuur van inheemse kennisstelsels (IKS) beklemtoon – naamlik, dat die beoefening van natuurlike hulpbrongebruik en –bestuur deur plaaslike en inheemse volke die basis is vir intergeneratiewe oordrag van IKS, wat verwant is aan biologiese diversiteit. Dit word vergestalt in die 2004 Addis Ababa Principles and Guidelines for the Sustainable Use of Biodiversity. Julle gemeenskap het die reg om in die nasionale Program van Werk (PoW) oor die beskerming en bevordering van biologiese diversiteit, aan die CBD-besprekings oor tradisionele kennis deel te neem, en om ook by die werksgroep wat met beskermde gebiede te make het, betrokke te raak. Dit is ‘n prioriteit van die IPACC dat julle gemeenskappe moet verstaan wat hierdie ooreenkomste beteken, en hoe julle gemeenskap, ouer mense en aktiviste meer betrokke kan wees by omgewingsbeleidskepping, asook die kontrolering en implementering daarvan. Die Kommissie vir Volhoubare Ontwikkeling Die Kommissie vir Volhoubare Ontwikkeling (CSD) is in 1992 na die Rio-spitsberaad deur die VV se Ekonomiese en Sosiale Raad (ECOSOC) op die been gebring om die besluite wat deur lidstate geneem is, deur te voer. Dit kontroleer en doen verslag aan ECOSOC oor die implementering van die program van aksie op nasionale, streeks- en internasionale vlakke. Na die Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (WSSD) in 2002 het die CSD die verantwoordelikheid geneem om die opvolgwerk te onderneem met betrekking tot die Johannesburgse Implementeringsplan ( Johannesburg Plan of implementation (JPOI)). Sedert Johannesburg kom die CSD jaarliks bymekaar om ‘n tweejaar-implementeringsiklus in werking te stel. 53 state word op die Kommissie verteenwoordig met wentelverteenwoordiging uit die Streke. Dertien verteenwoordigers kom uit Afrika, en hulle vorm dus een van die twee grootste stemblokke. Luidens die CSD-webblad geld die volgende:

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 34 van 38

Die oorsigjaar sal die vordering evalueer wat gemaak is in die implementering van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte en sal struikelblokke en beperkinge identifiseer, terwyl die beleidjaar sal bepaal watter maatreëls in werking gestel kan word om die implementering te versnel en aksie te mobiliseer om hierdie struikelblokke en beperkinge te oorkom. CSD11 het ooreengekom ten opsigte van ‘n Werksprogram (Programme of Work) gebaseer op die tweejaarsiklusse tot en met 2016/17. Die huidige siklus is 2005/06, met temas van energie vir volhoubare ontwikkeling, industriële ontwikkeling, klimaatsverandering en atmosfeer-/lugbesoedeling.

Inheemse volke word nie sterk verteenwoordig op die CSD nie, al word hulle as ‘n Belangrike Groep erken. Lidstate van die VV word deur Hoofstuk 8 van Agenda 21 verplig om nasionale strategieë vir volhoubare ontwikkeling (NSDS) te aanvaar. Dit moet die bestaande beleid en planne in sektore soos die ekonomie, sosiale ontwikkeling en omgewing uitbou en harmoniseer. Inheemse volke het die reg om hierdie NSDS-dokumente te sien en daarop kommentaar te lewer. CSD-16 sal op 5 – 16 Mei 2008 in die stad New York gehou word. Jy kan op hierdie webblad meer oor die mandaat van die CSD lees: http://www.un.org/esa/sustdev/csd/csd_mandate.htm Ramsar-Verdrag oor Vleilande van Internasionale Belang, veral as Watervoëlhabitat

Die VV-Verdrag oor Vleilande dateer van vroeër as die Wêreldspitsberaad. Dit is op 2 Februarie 1971 in Ramsar, Iran, geteken, op 3 Desember 1982 is ‘n aangepaste Protokol bygevoeg en op 28 Mei 1987 is die Wysigings aanvaar. Luidens Ramsar is die doelstelling van COP8: “ … die bewaring en wyse gebruik van alle vleilande deur plaaslike, streeks- en nasionale optredes en internasionale samewerking, as ‘n bydrae tot die bereiking van volhoubare ontwikkeling regoor die wêreld…”

As ‘n vroeë instrument beklemtoon Ramsar nie gemeenskapsbetrokkenheid nie, maar in die praktyk is die Verdrag se prosesse oop vir kommentaar en deelname. Een van die belangrike komponente van Ramsar is dat dit state aanmoedig om oor grense heen na die bestuur van water te kyk. In Afrika is daar ernstige konflikte

oor sekere lande wat water wegneem van belangrike vleilande terwyl die riviere eers deur hierdie lande vloei. Inheemse gemeenskappe, veral vissers, kan by vleilandbewaring betrokke wees en hulself vestig as belangrike aandeelhouers in nasionale wetgewing en die bewaring van biodiversiteit.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 35 van 38

Bylae 5: Akronieme en afkortings ABN Afrika Biodiversiteitsnetwerk (Africa Biodiversity Network ) ABN is ‘n vennoot

van die IPACC en bring boere- en woudgemeenskappe in Afrika byeen wat begaan is oor goeie bestuur en volhoubare benaderings tot kulturele en biologiese diversiteit. Die ABN word deur die Gaia Stigting ondersteun: http://www.gaiafoundation.org/partners/partners.php

ACHPR Afrika kommissie vir Mense- en Volkeregte (African Commission on Human

and Peoples’ Rights) is die wetsgeleerde arm van die Afrika-Unie en handhaaf en interpreteer die Afrika-Handves;

BMZ Duitsland se Federale Ministerie vir Ekonomiese Ontwikkeling en Samewerking

(Bundesministerium für wirtschaftliche Entwicklung und Zusammenarbeit) – http://www.bmz.de/en/index.html

CBD Verdrag oor Biologiese Diversiteit (Convention on Biological Diversity)

www.biodiv.org CBNRM Gemeenskapsgebaseerde Bestuur van Natuurlike Hulpbronne (Community

Based Natural Resource Management), ‘n term wat in Suider-Afrikaanse beleid en wetgewing gebruik word om na plekke te verwys waar gemeenskappe ‘n mandaat het om die natuurlewe te beskerm en die natuurlike hulpbronne volhoubaar te bestuur. CBNRM word dikwels gekoppel aan ondernemings wat eko-toerisme bevorder.

CBO Gemeenskapsgebaseerde Organisasie (Community Based Organisation) CCD VV-Verdrag om Woestynvorming te Bestry (UN Convention to Combat

Desertification): http://www.unccd.int CDM Skoon Ontwikkelingsmeganisme (Clean Development Mechanism) is deel

van die FCCC-ooreenkomste; dis ‘n program wat aktiwiteite steun om besoedeling te help bestuur en te verminder, onder meer die aanplanting van woude na ontbossing. CDM-projekte kan punte vir geïndustrialiseerde lande verdien indien hulle met Afrika-lande saamwerk. Sien http://cdm.unfccc.int/index.html

COP Konferensie van Partye (Conference of Parties) – ‘n VV-vergadering vir

Belangrike Groepe en lande wat Verdrae, veral die Rio-Verdrae, onderteken het en daarmee gemoeid is.

CSD Kommissie vir Volhoubare Ontwikkeling (Commission for Sustainable

Development) kontroleer die implementering van die Rio-Verdrae CTA Tegniese Sentrum vir Landboukundige en Landelike Samewerking (Technical

Centre for Agricultural and Rural Cooperation) www.cta.int

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 36 van 38

Cybertracker Cybertracker is ‘n tegnologie wat in Suid-Afrika ontwikkel is. Dit kombineer GPS-tegnologie met databasis-sagteware sodat ‘n spoorsnyer inligting in ‘n rekenaar kan opteken oor wat hy of sy in die bos sien. Dit reproduseer die tradisionele spoorsnykennis van !Xõó Sanmense, sodat die spoorsnyer besonderhede kan bydra oor diere, voëls, insekte, plante of ander lewensvorme of –kenmerke, met verwysing na die plek, status van die item en sy bewegings. Die Cybertracker is ontwerp sodat ongeletterde spoorsnyers gesofistikeerde data kan opteken deur die gebruik van tegnologie om die tradisionele kennisstelsel van biodiversiteit sigbaar te maak. Die IPACC werk saam met die Cybertracker Stigting. Sien http://www.cybertracker.co.za/

ECOSOC Die Ekonomiese en Sosiale Raad van die Verenigde Volke is die belangrikste

liggaam in die VV wat besluite van die Algemene Vergadering implementeer en wat die begrotings en mandate van die VV-verteenwoordigers goedkeur.

ERMIS Africa Die Omgewingnavorsingskartering en –inligtingstelsel (Environmental

Research mapping and Information System) is ‘n NRO van Kenia wat in Nakuru gebaseer is. ERMIS Africa werk met plaaslike en inheemse volke om hulle te bemagtig rondom die produksie en vertolking van kaarte, wat met hul natuurlike omgewing verband hou. ERMIS Africa het met die CTA en die IPACC saamgewerk om die eerste P3DM-model in Afrika saam met die Ogiek-gemeenskap van Nessuit te skep. Sien http://www.ermisafrica.org/

EU Europese Unie (European Union) FCCC Raamwerkverdrag oor Klimaatsverandering (Framework Convention on

Climate Change): www.unfccc.int GEF Wêreldomgewingfasiliteit (Global Environment Facility) – ‘n VV-fonds wat

daargestel is om die implementering van die Rio-Verdrae te ondersteun www.gefweb.org

GIS Geografiese Inligtingstelsel (Geographic Information System) is enige vorm

van karteringsagteware wat gebruik kan word om kaarte te lees, te ontwerp of aan te pas.

GPS Wêreldposisioneringstelsel (Global Positioning System) is tegnologie wat in die

hand gehou word en wat koördinate van satelliete trianguleer om ligging op die aardoppervlakte presies aan te dui. GPS kan deur gemeenskappe gebruik word om belangrike plekke en gebeure te identifiseer en te kaart. GPS word gewoonlik saam met die GIS gebruik.

GTZ Duitse Tegniese Samewerkingsverteenwoordiger, gebaseer in Eschborn,

Frankfurt, Duitsland (Gesellschaft für Technischezusammenarbeit) IKS Inheemse kennisstelsel (Indigenous knowledge system) ILC Inheemse en Plaaslike Gemeenskappe (Indigenous and Local Communities),

die amptelike term vir inheemse en plaaslike volke wat aan die bedrywighede en forums van die CBD deelneem;

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 37 van 38

Indicator Aanwyser (Indicator) is ‘n tegniese term wat verband hou met standaardstelling vir uitslagteikens; ‘n aanwyser moet die gehalte-, hoeveelheid-, plek- en tydraamwerk bepaal sodat ‘n uitslag bereik kan word. Dit is die aanwyser wat jou help kontroleer of jy jou doelwitte bereik.

IPACC Inheemse Volke van Afrika Koördineringskomitee (Indigenous peoples of

Africa Co-ordinating Committee) www.ipacc.org.za IPOs Inheemse Volkeorganisasies (Indigenous peoples’ organisations) IV’s (IPs) Inheemse Volke (Indigenous peoples); JPOI WSSD het die Johannesburgse Implementeringsplan (Johannesburg

Programme of Implementation) anvaar, ‘n aksieplan wat verslaggewing deur lidstate aan die CSD vereis;

MVV Metode van Verifiëring (Method of Verification) is ‘n instrument in die Logiese

Raamwerk om aan te toon hoe jy sal bewys dat ‘n uitslag bereik is. NRO Nieregeringsorganisasie (Non-government organisation) NSDS Nasionale Volhoubare Ontwikkelingstrategie-dokumente (National

Sustainable Development Strategy documents) – is nasionale verslae wat vir die Kommissie vir Volhoubare Ontwikkeling (CSD) voorberei word; alle lande wat die Verdrag onderteken het en wat aan die CSD se aktiwiteite deelneem, moet hierdie dokumente verskaf;

P3DM Deelnemende 3-Dimensionele Modellering (Participatory 3 Dimensional

Modelling) is ‘n metode waarop gemeenskappe groot fisiese modelle van hul gebiede bou met die doel om te beplan, konsensus te bou, konflikte op te los en onderhandelinge te fasiliteer. Die IPACC werk saam met die CTA om die gebruik van P3DM in proefgebiede in Afrika te bevorder, onder meer in Kenia, Niger, Gabon en Botswana. Sien http://www.iapad.org/

PoW Werksprogram (Programme of Work), die nasionale plan van lande wat die

CBD onderteken het PBM Projek-beplanningsmatriks (Project Planning Matrix) – ‘n opsommingsmatriks vir

‘n Logiese Raamwerkplan UN Verenigde Volke (United Nations) – die wêreldliggaam van state wat vrede

en ontwikkeling deur dialoog en beleidskepping op internasionale vlak probeer bevorder. Die hoofkwartier is in die stad New York en in Geneve, en daar is verskeie verteenwoordigers reg oor die wêreld. Sien www.un.org

UNCED Verenigde Volke Konferensie oor die Omgewing en Ontwikkeling (United

Nations Conference on the Environment and Development), ook bekend as die Wêreldspitsberaad, wat van 3 tot 14 Junie 1992 in Rio de Janeiro, Brasilië, gehou is. Hierdie konferensie is een van die grootste dialoë ooit tussen state en die burgerlike samelewing oor die omgewing en ontwikkeling. Dit is waar die Rio-Verdrae en Agenda 21 aanvaar is.

Die IPACC Strategiese Aksieplan vir Inheemse Volke, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing Bladsy 38 van 38

UNEP Verenigde Volke Omgewingsprogram (United Nations Environmental Programme), gebaseer in Nairobi, Kenia http://www.unep.org

UNESCO Verenigde Volke Wetenskaplike, Onderwys-, Kommunikasie- en Kulturele

Organsasie. Sien www.unesco.org en http://portal.unesco.org/culture/en/ev.php-URL_ID=2946&URL_DO=DO_TOPIC&URL_SECTION=201.html vir inligting oor die Kultuurafdeling se program met inheemse volke;

UNFF Verenigde Volke Woudforum (United Nations Forest Forum) – die belangrikste

onderhandelingsforum oor die wêreld se woudbeleid. www.un.org/esa/forests/

UNPFII VV se Permanente Forum oor Inheemse Vraagstukke (UN Permanent Forum

on Indigenous Issues), ‘n gesamentlike komitee van state en inheemse volke om ‘n oorsig te geen van hoe die VV-verteenwoordigers vaar in hul werk met inheemse volke. Die forum kom jaarliks in die stad New York byeen. UNPFII is ‘n sub-komitee van ECOSOC.

WCS Natuurlewe Bewaringsvereniging (Wildlife Conservation Society) is in die stad

New York gebaseer en is by ‘n aantal bewarings- en beskermdegebiede-projekte in Afrika betrokke, veral in Sentraal-Afrika. Die IPACC is ‘n amptelike vennoot van WCS in sy Waka Nasionale Parkprogram in Gabon. http://www.wcs.org/

WGIP Die VV se Werksgroep oor Inheemse Bevolkings (UN Working Group on

Indigenous Populations) – hierdie liggaam het tydens die VV se Eerste Internasionale Dekade van die Wêreld se Inheemse Volke byeengekom om vraagstukke rondom menseregte in oënskou te neem en om verslae met betrekking tot regskonsepte en –beginsels op te stel. Die WGIP bestaan uit 5 internasionele deskundiges wat elke jaar met ‘n belangrike forum van inheemse volke in Geneve in gesprek tree.

WSSD Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (World Summit on

Sustainable Development) was ‘n tienjaar-opvolgprojek van die UNCED Wêreldspitsberaad en dit is in 2002 in Johannesburg, Suid-Afrika, gehou.

WWF Wêreld Natuurfonds (Worldwide Fund for Nature) is ‘n wêreldwye NRO wat

hom vir die bewaring van die natuur beywer; meer as 2 000 projekte word jaarliks wêreldwyd bestuur en hulle het ‘n sterk verteenwoordiging in die beskermde gebiede van Afrika. Die IPACC werk saam met die WWF Namibië en die WWF Gabon. http://www.panda.org/index.cfm

Layout and Design by www.StudentWorx.co.za