24
1 INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK OPERALISERINGSPROSEDURES 1 OKTOBER 2012 9.1 ONDERRIG-LEER EN ASSESSERING TAALBE- LEID 9.1.1 TAALBELEIDSBEGINSELS 1. Verbetering van toegang en sukses bly steeds die primêre uitgangspunt vir die taalbeleid vir onderrig-leer en assessering aan die NWU. Hierdie beginsel bepaal die manier waarop die NWU funksionele meertaligheid in die onderrig- en leeromgewing oor alle kampusse van die Universiteit implementeer. 2. Die NWU se taalbeleid vir onderrig maak voortdurend voorsiening vir die taaldemografie en taalvoorkeure van ’n bepaalde kampus binne ’n omgewing waar die taalregte van al die persone wat betrokke is, gerespekteer word. 3. Die volgende parameters baken die grense af van ’n taalbeleid vir onderrig waarvan op ’n buigsame en akkommoderende manier rekenskap gegee word in die taalplan vir onderrrig: (i) taalverspreiding en taalbehoefte by die onderskeie kampusse; (ii) verskillende nismarkte bedien deur die diensleweringsmodusse en/of onderrigprogramme, en (iii) infrastruktuurkapasiteit aan die NWU. TAAL- BELEID 9.1.2 TAALBELEIDSTANDPUNTE 1. Alhoewel Engels en Afrikaans as die primêre onderrigtale aan die NWU gebruik word, word doelbewuste pogings by elkeen van die NWU-kampusse aangewend om (i) Setswana en Sesotho vir onderrig-leerdoeleindes in te span; (ii) om die effektiwiteit daarvan te moniteer en (iii) om jaarliks aan die IB verslag te doen oor die vordering en uitkoms van hierdie projekte. 2. Verskillende maniere van taaldienslewering word by die verskillende kampusse gebruik om verbetering en fasilitering van toegang tot hoër onderwys te bewerkstellig. Hierdie metodes is: Enkelmediumonderrig, parallel- en dubbelmediumonderrig, asook opvoedkundige tolkdienste (OTD). (Let asseblief daarop dat die uitbreiding van OTD na meer onderrigprogramme plaasvind ooreenkomstig ’n ooreengekome stel standaarde en prosedures.) Kampusbesture word aangespoor om hul soeke na verskillende moontlikhede voort te sit ten einde meer optimale meertalige onderrig-leeromgewings te bewerkstellig, en om in dié verband met die Taaldirektoraat te skakel. 3. Die Taaldirektoraat dien as verslaggewings- en bemiddelingspunt vir die bestuur van taalnavrae of in gevalle waar taalregte na bewering geskend is, of vir die voorkoming van die skending van taalregte. 4. Dit bly steeds die verantwoordelikheid van die Taaldirektoraat en die onderskeie kampusbesture om die beginsels van die taalbeleid vir onderrig om te sit in lewensvatbare en meetbare aksiestappe, en om die implementering daarvan op volgehoue maniere te bewerkstellig en te moniteer. TAAL- PLAN 9.1.3 TAALPLAN OM ’N FUNKSIONEEL MEERTALIGE ONDERRIG-LEER- EN ASSESSERINGSOMGEWING TE BEWERKSTELLIG 1. Die taaldemografie en taalbehoeftes en -voorkeure van studente en personeellede by ’n bepaalde kampus speel ’n deurslaggewende rol in die bepaling van die spesifieke manier waarop die taalplan vir onderrig en leer geïmplementeer word en aangepas word by die taalbehoeftes van die betrokke kampus. Jaarliks aan die einde van April sal die Institusionele Taaldirektoraat (ITD) kampusbesture voorsien van die taaldemografiese patrone in fakulteite, departemente en onderrigprogramme ten einde toepaslike beplanning moontlik te maak. 2. Binne die bestek van die funksioneel meertalige beleid, en gegrond op die taaldemografie by ’n spesifieke kampus, word Afrikaans en Engels aangewend as primêre onderrigtale aan die NWU. Terselfdertyd word ’n omgewing geskep wat bevorderlik is vir die gebruik van Setswana (MK/PK) en Sesotho (VDK) binne onderrig-leer aan elkeen van die kampusse. Teen hierdie agtergrond beteken dit dat die soorte taaldienslewering, klasinteraksie, kommunikasie met studente deur middel van LBS en enige ander middele, asook die voorsiening van studiehandleidings en vraestelle en ander relevante kontekste, die eise van ’n tipies funksioneel meertalige omgewing wat verantwoording neem vir die diversiteit van taalbehoeftes van studente en personeel, in ag moet neem. 1 Hierdie dokument is genommer volgens die NWU se Taalbeleid wat in 2012 hersien is. Die oogmerk hiermee is die voorsiening van ’n taalplan, implementeringsraamwerk en voorgestelde prosedures met die oog op die bekendstelling van, deurlopende beraadslaging oor en monitering van die implementering van die beleid.

INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

1

INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK OPERALISERINGSPROSEDURES1 OKTOBER 2012

9.1 ONDERRIG-LEER EN ASSESSERING

TAALBE-

LEID

9.1.1

TAALBELEIDSBEGINSELS

1. Verbetering van toegang en sukses bly steeds die primêre uitgangspunt vir die taalbeleid vir onderrig-leer en assessering aan die NWU. Hierdie beginsel bepaal die manier waarop die NWU funksionele meertaligheid in die onderrig- en leeromgewing oor alle kampusse van die Universiteit implementeer.

2. Die NWU se taalbeleid vir onderrig maak voortdurend voorsiening vir die taaldemografie en taalvoorkeure van ’n bepaalde kampus binne ’n omgewing waar die taalregte van al die persone wat betrokke is, gerespekteer word.

3. Die volgende parameters baken die grense af van ’n taalbeleid vir onderrig waarvan op ’n buigsame en akkommoderende manier rekenskap gegee word in die taalplan vir onderrrig:

(i) taalverspreiding en taalbehoefte by die onderskeie kampusse;

(ii) verskillende nismarkte bedien deur die diensleweringsmodusse en/of onderrigprogramme, en

(iii) infrastruktuurkapasiteit aan die NWU.

TAAL-

BELEID

9.1.2

TAALBELEIDSTANDPUNTE

1. Alhoewel Engels en Afrikaans as die primêre onderrigtale aan die NWU gebruik word, word doelbewuste pogings by elkeen van die NWU-kampusse aangewend om (i) Setswana en Sesotho vir onderrig-leerdoeleindes in te span; (ii) om die effektiwiteit daarvan te moniteer en (iii) om jaarliks aan die IB verslag te doen oor die vordering en uitkoms van hierdie projekte.

2. Verskillende maniere van taaldienslewering word by die verskillende kampusse gebruik om verbetering en fasilitering van toegang tot hoër onderwys te bewerkstellig. Hierdie metodes is: Enkelmediumonderrig, parallel- en dubbelmediumonderrig, asook opvoedkundige tolkdienste (OTD). (Let asseblief daarop dat die uitbreiding van OTD na meer onderrigprogramme plaasvind ooreenkomstig ’n ooreengekome stel standaarde en prosedures.) Kampusbesture word aangespoor om hul soeke na verskillende moontlikhede voort te sit ten einde meer optimale meertalige onderrig-leeromgewings te bewerkstellig, en om in dié verband met die Taaldirektoraat te skakel.

3. Die Taaldirektoraat dien as verslaggewings- en bemiddelingspunt vir die bestuur van taalnavrae of in gevalle waar taalregte na bewering geskend is, of vir die voorkoming van die skending van taalregte.

4. Dit bly steeds die verantwoordelikheid van die Taaldirektoraat en die onderskeie kampusbesture om die beginsels van die taalbeleid vir onderrig om te sit in lewensvatbare en meetbare aksiestappe, en om die implementering daarvan op volgehoue maniere te bewerkstellig en te moniteer.

TAAL-

PLAN

9.1.3

TAALPLAN OM ’N FUNKSIONEEL MEERTALIGE ONDERRIG-LEER- EN ASSESSERINGSOMGEWING TE BEWERKSTELLIG

1. Die taaldemografie en taalbehoeftes en -voorkeure van studente en personeellede by ’n bepaalde kampus speel ’n deurslaggewende rol in die bepaling van die spesifieke manier waarop die taalplan vir onderrig en leer geïmplementeer word en aangepas word by die taalbehoeftes van die betrokke kampus. Jaarliks aan die einde van April sal die Institusionele Taaldirektoraat (ITD) kampusbesture voorsien van die taaldemografiese patrone in fakulteite, departemente en onderrigprogramme ten einde toepaslike beplanning moontlik te maak.

2. Binne die bestek van die funksioneel meertalige beleid, en gegrond op die taaldemografie by ’n spesifieke kampus, word Afrikaans en Engels aangewend as primêre onderrigtale aan die NWU. Terselfdertyd word ’n omgewing geskep wat bevorderlik is vir die gebruik van Setswana (MK/PK) en Sesotho (VDK) binne onderrig-leer aan elkeen van die kampusse. Teen hierdie agtergrond beteken dit dat die soorte taaldienslewering, klasinteraksie, kommunikasie met studente deur middel van LBS en enige ander middele, asook die voorsiening van studiehandleidings en vraestelle en ander relevante kontekste, die eise van ’n tipies funksioneel meertalige omgewing wat verantwoording neem vir die diversiteit van taalbehoeftes van studente en personeel, in ag moet neem.

1 Hierdie dokument is genommer volgens die NWU se Taalbeleid wat in 2012 hersien is. Die oogmerk hiermee is die voorsiening van ’n taalplan, implementeringsraamwerk en voorgestelde prosedures met die oog op die bekendstelling van, deurlopende beraadslaging oor en monitering van die implementering van die beleid.

Page 2: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

2

3. Die NWU is verbind tot die bevordering van die taalregte van sy diverse bevolking en het ’n taalombudskantoor beskikbaar gestel om toe te sien dat ’n institusionele omgewing geskep word wat bevorderlik is vir die beskerming van die taalregte van studente en personeellede. Hierdie kantoor is binne die ITD gesetel en werk met die onderskeie kampusbesture saam om toe te sien dat taalverwante navrae opgelos word.

Page 3: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

3

OPE-

RALISE-

RING

9.1.4

OPERALISERING VAN TAALBELEID & -PLAN VIR ONDERRIG-LEER EN ASSESSERING

• Op grond van die verskille in taaldemografiese verspreiding per kampus vind differensiasie op kampusvlak plaas. Elkeen van die kampusse volg ’n funksioneel meertalige taalbedeling wat doelgemaak is vir sy eie behoeftes.

• Vanweë die variasie in taalbehoeftes verskil die gebruik van Engels en Afrikaans as onderrigtale van kampus tot kampus.

• Die implementering van Setswana en Sesotho as HO-tale word op ’n gedifferensieerde manier kampusgewys gehanteer. (Vgl. Prosedure 9.1.4.B vir die riglyne vir kampusbesture om die verbeterde benutting van Setswana en Sesotho vir onderrig-leerdoeleindes moontlik te maak.)

• Die verskillende soorte taaldienslewering (enkelmodus, dubbelmodus, OTD, kodewisseling) verskil van kampus tot kampus vanweë die verskil in taalbehoeftes. (Vgl. Prosedure 9.1.4.A vir die riglyne wat gevolg moet word ten aansien van die uitbreiding van OTD. Sien ook Prosedure 9.1.4.C vir die riglyne vir funksioneel meertalige kommunikasie met studente binne die meertalige TL-omgewing aan die NWU.)

• Taalreëlings vir TL-doeleindes in elkeen van die fakulteite moet in fakulteitskalenders en ander relevante forums bekendgemaak word.

Mafikeng Potchefstroom Vaaldriehoek

• Engels word hoofsaaklik gebruik vir onderrig-leer en assessering, mits toeganklikheid en sukses nie belemmer word nie. Deurlopende ondersoek vind plaas om die gereedheid van die kampus te bepaal om die gebruik van Setswana vir onderrig-leerdoeleindes te verbreed.

Kodewisseling na Setswana sou aangewend kon word ter verbetering van begrip, op voorwaarde dat dosente moet toesien dat teruggeskakel word na Engels om te verhoed dat studente wat nie Setswana magtig is nie, uitgesluit word.

• Toeganklikheid en sukses word op die volgende maniere gefasiliteer:

o Meertalige sleutelbegrippe word in eerstejaarstudiegidse ingesluit ten einde hulp te verleen met verbeterde begrip.

o Vraestelle sluit sover moontlik ook vrae in Setswana en Afrikaans in om te dien as stutbeginsels.

o SI-fasilitering vind in meertalige modusse plaas en SI-fasiliteerders met meertaligheidsvaardighede word ingespan.

o Vertikale kommunikasie tussen dosente/steunpersoneel en studente vind op ’n funksioneel meertalige manier plaas.

• Alhoewel Afrikaans hoofsaaklik gebruik word vir onderrig-leer- en assesseringsdoeleindes, is daar die volgende prosesse om vir studente met ander taalvoorkeure en -behoeftes toeganklikheid en sukses te verseker:

o Waar toepaslik word studiegidse en vraestelle in sowel Engels as Afrikaans opgestel, en studente kan kies in watter een van die twee tale hulle dit wil beantwoord. Studentedeelname aan klasbesprekings kan óf in Engels óf in Afrikaans plaasvind.

o SI-fasilitering vind plaas in meertalige modusse en SI-fasiliteerders met meertaligheidsvaardighede word ingespan.

o Vertikale kommunikasie tussen dosente/steunpersoneel en studente vind op ’n funksioneel meertalige manier plaas.

o Meertalige sleutelbegrippe word in eerstejaarstudiegidse ingesluit ten einde hulp te verleen met verbeterde begrip.

• Opvoedkundige Tolkdienste (OTD) in een of meer onderrigprogramme in elkeen van die fakulteite op die Kampus word hoofsaaklik in Engels gelewer. In sommige gevalle word OTD ook in Afrikaans and Setswana gelewer.

By toelating word studente behoorlik ingelig oor die beskikbaarheid van OTD in onderrigprogramme en hulle moet rekening hou met die taalgevolge as hulle tussen programme sou migreer.

• Sowel Engels as Afrikaans word gebruik vir onderrig-leer- en assesseringsdoeleindes, op voorwaarde dat toeganklikheid en sukses nie belemmer word nie. Die volgende prosesse is in plek ten einde te voorsien in die taalbehoeftes van ’n uiteenlopende populasie van personeellede en studente:

o Waar toepaslik word studiegidse en vraestelle in sowel Engels as Afrikaans opgestel, en sluit sover moontlik Sesotho in. Studente kies om dit óf in Engels óf in Afrikaans te beantwoord. Studentedeelname aan klasbesprekings kan óf in Engels óf in Afrikaans plaasvind.

In gevalle waar personeellede nie toegang het tot die taal/tale wat gebruik word en deur die studente verkies word nie, moet die volgende reëlings getref word om tweerigtingkommunikasie tussen dosente en studente te optimaliseer:

(i) ’n ooreenkoms, per module, tussen klas en dosent oor hoe in die betrokke module met taal te werk gegaan sal word; (ii) die vind van ’n werkbare manier vir nasiening en assessering ten einde studente in staat te stel om assesserings te voltooi in die taal van hul keuse (Engels/Afrikaans)

o SI-fasilitering vind plaas in meertalige modusse en SI-fasiliteerders met meertaligheidsvaardighede word ingespan.

o Vertikale kommunikasie tussen dosente/steunpersoneel en studente vind op ’n funksioneel meertalige manier plaas.

o Meertalige sleutelbegrippe word in eerstejaarstudiegidse ingesluit ten einde hulp te verleen met verbeterde begrip.

• Om die geleentheid geskep deur ’n meertalige

Page 4: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

4

studentepopulasie te optimaliseer en om begrip te verbeter, behoort klaskamerpedagogiek geleenthede in te sluit vir die mede-skepping van begrip soos tipies verstaan uit ’n meertalig-geletterdheidsgesigspunt.

• Daar word voorgestel dat programeienaars daadwerklik soek na ’n taalformule waarvolgens ’n ooreenkoms bereik word oor ’n minimum aantal studente om ’n parallelmodus van taaldienslewering te verseker. Sodanige reëling is steeds afhanklik van die beskikbare infrastrukturele en mensekapitaalkapasiteit.

OPE-

RALISE-

RING

9.1.5

OPERALISERING VAN TAALBELEID & -PLAN VIR DIE OMBUDSKANTOOR BY DIE NWU

• Die Direkteur van die Institusionele Taaldirektoraat tree op as institusionele taalombudsman en werk op kampusvlak saam met die Kampusregistrateur, wat optree as verslagdoeningspunt en fasiliteringspunt om met enige taalverwante navrae en kwessies te handel en dit op te los. (Vgl. Prosedure 9.1.4.D vir die prosedure wat gevolg moet word wanneer ’n taalnavraag ontvang word.)

• Die ombudskantoor vervul die volgende viervlakrol:

o Deurlopende deurvoering van taalbestuursinligting wat ’n invloed het op die gladde verloop van operasionele prosesse.

o Bewusmakingsrol ten aansien van taalregte van interne belangegroepe by die instelling.

o Verslagdoeningspunt en oplossing van taalverwante navrae en aangeleenthede in oorleg met al die betrokke partye.

o “Vloei” van inligting van uitgeklaarde taalkwessies terug na taalbestuursprosesse ten einde te verhoed dat soortgelyke probleme in die toekoms voorkom.

Page 5: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

5

9.2 TALE VIR ADMINISTRASIE, WERK EN DIE LINGUISTIEKLANDSKAP

TAAL-

BELEID

9.2.1

TAALBELEIDSBEGINSELS

1. Die NWU aanvaar dat die diverse linguistieke realiteite op die uiteenlopende bedryfsvlakke van die instelling, asook sensitiwiteit ten opsigte van die taalvoorkeure van interne en eksterne belanghebbers, rigtinggewend bly vir die manier waarop dit bepaal hoe sy amptelike tale aangewend sal word as werktale en administrasietale. Hierdie beginsel rig ook interne en eksterne kommunikasie aan die instelling, asook die manier waarop die taallandskap daar sal uitsien. Die funksioneel meertalige benadering dien in dié opsig as riglynbeginsel.

2. Die vasstelling van taalkeuse vir interne en eksterne kommunikasie neem voortdurend die volgende faktore in aanmerking: die situasie/konteks van kommunikasie, die doel met die kommunikasie, en die taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote.

TAAL-

BELEID

9.2.2

TAALBELEIDSTANDPUNTE

1. Die implementering van funksionele meertaligheid vir werk-, administratiewe en taallandskapdoeleindes vind op ’n sistematiese en doelgeoriënteerde wyse plaas. Deur middel van ’n raadplegende proses, en met nodige erkenning van die taalregte van belanghebbers, word deurlopend vir strategieë voorbrand gemaak en word strukture in plek geplaas ten einde funksionele meertaligheid so optimaal as moontlik binne die NWU-werkplek te implementeer.

2. Eksterne en korporatiewe kommunikasie geskied op ’n professionele manier in die amptelike tale van die NWU – Engels, Afrikaans en Setswana – en die keuse van kommunikasietaal word deurlopend bepaal deur die doel met die kommunikatiewe voorval, die taalbehoeftes en die taalvaardigheid van gespreksgenote.

TAAL-

PLAN

9.2.3

TAALPLAN OM ’N FUNKSIONEEL MEERTALIGE ADMINISTRATIEWE, WERK- EN KORRESPONDENSIE-OMGEWING TE SKEP

1. Die bedryfsomgewing funksioneer op ’n deurlopend meertalige wyse in Engels, Afrikaans, Setswana en Sesotho, en die keuse van tale vir werk, administrasie en korrespondensie word op ’n gediversifiseerde manier toegepas. Die keuse en gebruik van die betrokke drie tale hang af van die situasie/konteks van kommunikasie, die doel met die kommunikasie, die taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote.

2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele Kantoor gebruik, terwyl die Mafikengkampus Engels en Setswana gebruik, die Potchefstroomkampus Afrikaans, Engels en Setswana, en die Vaaldriehoekkampus Engels en Sesotho. Alhoewel die aanwesigheid van Engels en Afrikaans as werk- en administratiewe tale tans Setswana oorheers, maak die instelling – ter voldoening aan die nasionale direktief ten opsigte van die verhoogde gebruik van inheemse tale in HO – sterk staat op sy huidige en bewese kundigheid om Setswana op ’n beplande wyse in die bedryfsomgewing in te faseer.

3. Die keuse van Setswana as derde bedryfstaal op die NWU-kampusse geleë in die Noordwes-Provinsie is gemotiveer deur streekdemografiese oorwegings en vanuit die direktiewe verkry uit die provinsiale taalbeleid. Die keuse van Sesotho op die Vaaldriehoekkampus spruit hoofsaaklik uit taaldemografiese patrone in Suid-Gauteng en Noord-Vrystaat en die oorheersende posisie van Sesotho in daardie streek.

4. Om ’n funksioneel meertalige bedryfsomgewing en taallandskap aan die NWU te vestig en vol te hou, vind die implementering daarvan progressief plaas deur middel van meetbare prosedures en strategieë wat oor die kort, medium en lang termyn geïmplementeer word.

OPE-

RALISE-

RING

9.2.4

OPERALISERING VAN TAALBELEID & PLAN VIR TALE VAN ADMINISTRASIE, WERK EN KORRESPONDENSIE

1. Op institusionele vlak vind die realisering van hierdie uitkomste plaas deur middel van ’n gedeeldesteun-diensbenadering. In hierdie verband bly die Taaldirektoraat, in samewerking met al die bestuurders in die Institusionele Kantoor, verantwoordelik vir die doeltreffende implementering van hierdie taalplanstandpunte, asook vir die voortdurende verfyning van domeine en parameters vir die implementering van ’n funksioneel meertalige bedryfsomgewing aan die NWU.

2. Op kampusvlakke bly al die tersaaklike funksionarisse, onder andere die onderskeie kampussekretariate, die departemente vir bemarking en kommunikasie, die toelatingskantoor en andere verantwoordelik vir die totstandingbrenging van ’n funksioneel meertalige taallandskap en funksioneel meertalige interne en eksterne bedryfsomgewing (insluitend die internet en intranet).

3. Op institusionele vlak aanvaar die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie verantwoordelikheid vir die funksioneel meertalige eksterne kommunikasieprogram.

4. Betreffende die taalkonvensies wat vir dokumentontwikkeling gevolg moet word, rig die funksionaliteitsbeginsel die proses. Vir konsepte of dokumente wat opgestel word of ontwikkel word (bv. beleidsraamwerke), vind die volledige opstellingsfase plaas in een primêre werktaal wat vir lede van die werkkomitee toeganklik is. Sodra die dokument gefinaliseer en deur ’n beleidmakende liggaam of ander formele struktuur goedgekeur is, word sodanige dokument in die ander amptelike NWU-tale vertaal.

5. Ooreenkomstig die proses wat ten opsigte van ’n funksioneel meertalige administratiewe werk- en vergaderingsomgewing gevolg moet word, rus die verantwoordelikheid op die bestuurstrukture of bedryfsafdelings om op hul eie oor werktale te besluit, op voorwaarde dat die verskillende taalbehoeftes en taalregte van gespreksgenote in ag geneem word: (i) Kampusvergaderings: dokumentasie en vergaderingstaal is in die kampustaal of kampustale, mits die verskillende taalregte en taalbehoeftes van gespreksgenote in ag geneem word. (ii) Vergaderings wat betrekking het op afdelings van die Institusionele Kantoor asook verteenwoordigers van kampusse is sensitief vir die taalvoorkeure en taalbehoeftes van kampusverteenwoordigers en maak voorsiening vir die akkommodering van die verskillende taalbehoeftes. (Vgl. Prosedure 9.2.4.A.)

6. Met betrekking tot funksionele meertaligheid en korrespondensie is die riglynbeginsel algehele sensitiwiteit vir die inherente taaldiversiteit op alle bedryfsvlakke aan die NWU. Derhalwe toon gevalle van interne en eksterne kommunikasie altyd die nodige vlakke van sensitiwiteit ten opsigte van die taalvoorkeure en taalbehoeftes van die ontvangers van die bepaalde tipe korrespondensie: (i) Interne kommunikasie van ’n afdeling van die Institusionele Kantoor na bedryfsvlakke of individue vind plaas in die kampusvoorkeurtaal van die individu. (ii)

Page 6: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

6

Eksterne kommunikasie vind plaas in die voorkeurtaal van die ontvanger.

Mafikeng Potchefstroom Vaaldriehoek

• Alhoewel Engels aan die Mafikengkampus ’n gevestigde posisie beklee as taal van breër kommunikasie, moet die sigbaarheid van Setswana binne die administratiewe omgewing verhoog word.

Daar word aanbeveel dat Setswana op skrif langs Engels gebruik word in die volgende omgewings:

o Agendas en notules van kampussenaatskomitee-vergaderings

o Kampusnaamborde

o Die gedrukte teks op die bygaande gesertifi-seerde vertaalde weergawe van graadsertifikate

o Internet en intranet (Vgl. die voorgestelde werkvloeiproses vir die vertaling van dokumente – vgl. Prosedure 9.2.4.C.)

o Alle vertikale kommunikasie wat te maak het met werkplekaangeleenthede (soos aftreefonds, regsake, gesondheidsaange-leenthede)

• Vir gradeplegtighede is die amptelike konstitueringsteks vir kommunikasie funksioneel meertalig. (Vgl. Prosedure 9.2.4.B.)

• Afrikaans geniet ’n gevestigde posisie as administratiewe taal op die Potchefstroomkampus. Dit is egter belangrik dat ’n inklusiewe en meertalige omgewing gehandhaaf word waarin personeellede en studente wat nie Afrikaans praat nie, welkom sal voel. In die lig daarvan word Engels en Setswana gebruik in gevalle waar dit kommunikasie kan verbeter.

• Dokumente wat by tipies institusionele vergaderings ter tafel gelê moet word, moet in Engels verskaf word. ’n Werkvloeiproses verskaf riglyne vir die vertalingsproses wat gevolg moet word. (Vgl. Prosedure 9.2.4.C.)

• Studentekommunikasie: Promosiemateriaal vir onderrigprogramme word gepubliseer in die onderrigtaal van die program en bevat ’n eksplisiete aanduiding van die taalmedium van die besondere program. Jaarboeke en briewe van aanvaarding bevat ook eksplisiete inligting oor die onderrigtaal van programme. Aansoekvorms is in twee tale beskikbaar. Registrasievorms verskaf aan studente die geleentheid om die voorkeurtaal van kommunikasie aan te dui (A/E). Hierdie vorms bevat ook skadeloosstellingsklousules waarin studente moet aandui dat hulle kennis neem van die TLO in die program waarvoor ingeskryf word.

• Graadsertifikate word gedruk in die onderrigtaal van die besondere onderrigprogram – ook in gevalle waar studente programme met die hulp van OTD voltooi het. Alle studente ontvang ook ’n gesertifiseerde vertaling van die graadsertifikaat in Engels, en akademiese afskrifte in A en E ongeag die programtaal.

• Vir gradeplegtighede is die amptelike konstitueringsteks vir kommunikasie funksioneel meertalig. (Vgl. Prosedure 9.2.4.B.)

• Verdaderings word gelei op ’n funksioneel meertalige manier en tolkdienste is beskikbaar. (Vgl. Prosedure 9.2.4.A.)

• Die internet- en intranetomgewing is funksioneel meertalig; sien die voorgestelde werkvloeiproses vir die vertaling van dokumente (Prosedure 9.2.4.C).

• Administrasie by die VDK is funksioneel meertalig en vertoon ’n gelyke verdeling ten aansien van Engels en Afrikaans, met Sesotho in gevalle waar dit kommunikasie kan verbeter.

• Vergaderingsadministrasie: Engels is die spiltaal vir dokumentasie vir kampusvergaderings. Die vergaderingstaal is funksioneel meertalig. (Vgl. Prosedure 9.2.4.A.)

• Studentekommunikasie: Promosiemateriaal vir onderrigprogramme word in die onderrigtaal van die program gepubliseer en bevat ’n eksplisiete aanduiding van die taalmedium van die besondere program. Jaarboeke en briewe van aanvaarding bevat ook eksplisiete inligting oor die onderrigtaal van programme. Aansoekvorms is in twee tale beskikbaar. Registrasievorms verskaf aan studente die geleentheid om die voorkeurtaal van kommunikasie aan te dui (A/E). Hierdie vorms bevat ook skadeloosstellingsklousules waarin studente moet aandui dat hulle kennis neem van die TLO in die program waarvoor ingeskryf word.

• Graadsertifikate word gedruk in die onderrigtaal van die besondere onderrigprogram soos ooreengekom by registrasie. Studente het die opsie om aan te dui of hulle ’n gesertifiseerde vertaling van die graadsertifikaat in óf Afrikaans óf Engels verlang. Dieselfde geld vir die verskaffing van akademiese afskrifte in A en E.

• Vir gradeplegtighede is die amptelike konstitueringsteks vir kommunikasie funksioneel meertalig. (Vgl. Prosedure 9.2.4.B.)

• Die internet- en intranetomgewing is funksioneel meertalig; sien die voorgestelde werkvloeiproses vir die vertaling van dokumente (Prosedure 9.2.4.C).

Page 7: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

7

Institusionele Kantoor

Mensekapitaal

Alle MH-vorms (bv. aansoek-, reis- en verblyf- of verlofvorms) is in ’n funksioneel meertalige manier beskikbaar op grond van ’n interne behoefteassessering, en bied aan personeellede die opsie om die vorm van taalkeuse te gebruik.

Posadvertensies is in twee tale beskikbaar (A, E). Beskikbaarheid is soos volg: PK en VDK: AE; Mfk: E.

Generiese dokumente is beskikbaar in A&E. Vertikale kommunikasie na kampusse vind plaas in die kampustale: PK en VDK: A&E, Mfk: E.

Kommunikasie per brief na individuele personeellede of bedryfsvlakke vind plaas op ’n funksioneel meertalige wyse (d.w.s. inligting oor salarisaangeleenthede, aftreefonds, werkplekkwessies, gesondheidsake) in kampustaal of individuele voorkeurtaal.

Organisasieleer en -ontwikkeling (OLO)

Interne opleiding – op kampus- en institusionele vlak – vind by OLO-personeel plaas op ’n funksioneel wyse, en dokumentasie word voorsien op ’n funksioneel meertalige manier. (Vgl. Prosedure 9.2.4.A) Dokumentasie: funksioneel meertalig.

Opleiding deur eksterne opleiers: Die huidige praktyk dui op ’n oorheersende posisie vir Engels. Tolkdienste word veskaf om dit vir deelnemers moontlik te maak om in hul voorkeurtaal deel te neem. (Vgl. Prosedure 9.2.4.A.)

Bedryfsvergaderings: Institusionele Kantoor en kampusverteenwoordigers (bv. Inst. AOO, KSV, IKAS, Mensekapitaal, Navorsingsondersteuning, Finansies, Kwaliteitskantoor, Gemeenskapsbetrokkenheid, komitees, ens.)

Dokumentasie in ’n taal of tale waaroor ooreengekom is (vgl. Prosedure 9.2.4.C); vergaderingsinteraksie ooreenkomstig Prosedure 9.2.4.A.

Institusionele sekretariaat

Die Raad en sy komitees, die Senaat en sy komitees, Institusionele Bestuur: Dokumentasie in ’n taal of tale waaroor ooreengekom is (vgl. Prosedure 9.2.4.C); vergaderingsinteraksie volgens Prosedure 9.2.4.A.

Beleidsdokumente, reëls en prosedures: Vgl. voorafgaande Par. 9.2.4.4.

Korporatiewe kommunikasie

Nuusbrief van die Raad en die Visekanselier: Beskikbaar in funksioneel meertalige modus volgens belanghebbendes se behoeftes.

Jaarverslag, Eish!, NW+U Alumni en ander vorme van kommunikasie: Beskikbaar in funksioneel meertalige modus ooreenkomstig belanghebbendes se behoeftes.

Internet & Intranet: Beskikbaar in funksioneel meertalige modus volgens belanghebbendes se behoeftes.

Kampusnaamborde: Funksioneel meertalig.

Werkplek- en diensbillikheidsforums

Taalbeslissing ooreenkomstig Prosedures 9.2.4.A & 9.2.4.C

Institusionele Forum

Taalbeslissing ooreenkomstig Prosedures 9.2.4.A & 9.2.4.C

Page 8: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

8

9.3 NAVORSING EN ONTWIKKELING

TAAL-

BELEID

9.3.1

TAALBELEIDSBEGINSELS

1. Die NWU lewer kwaliteitnavorsingsuitsette wat internasionaal gelees en benut word; derhalwe word navorsers aangespoor om hul navorsingsresultate te publiseer in ’n taal of tale wat toeganklik is vir vakkundige eweknieë.

2. Die keuse van taal van publikasie berus by die navorser, terwyl veranderlikes soos die doel met die navorsingsverslag, die veronderstelde leserskring, asook die taalbedrewenheid van die potensiële lesers in berekening gebring word wanneer dit kom by taalkeuse.

3. Die NWU bly steeds betrokke by die soeke na kreatiewe oplossings in ’n nasionale bydrae tot die intellektualisering van meertaligheid2.

TAAL-

BELEID

TAALBELEIDSTANDPUNTE

1. Die taalkeuse by navorsingsuitsette berus steeds by individuele navorsers en die beslissing word geneem en uitgevoer in oorleg met die betrokke navorsingsdirekteur.

2. Die Taaldirektoraat is aktief betrokke by praktiese navorsing oor die wenslikheid en bereikbaarheid van die intellektualisering van meertaligheid. In hierdie poging is hy nou betrokke by die nasionale debat oor die aangeleentheid; hy werk ook op kampusvlak met kundiges saam oor hierdie kwessie, en doen gereeld aan die Institusionele Bestuur verslag oor die uitkomste van die deurlopende netwerking as deel van sy prestasieooreenkomsstelsel.

3. Volgens die beslissing van die Raad in November 2010 oor die georganiseerde en deurlopende betrokkenheid van die NWU by die intellektualisering van meertaligheid deur middel van die sogenaamde anker-kampusgedagte, beskou die NWU hierdie term primêr as ’n ontwikkelingsbegrip wat op ’n georganiseerde en organiese wyse ontwikkel moet word.

TAAL-

PLAN

9.3.3

TAALPLAN OM ’N FUNKSIONEEL MEERTALIGE NAVORSINGSOMGEWING TE BEWERKSTELLIG

1. Ter wille van internasionale mededingendheid geskied die publikasie van navorsingsresultate by die NWU in ’n taal of tale wat internasionaal toeganklik is.

2. Sover moontlik, en in oorleg met navorsingsdirekteure, word navorsers aangespoor om navorsingsresultate ook op beplande wyse in Afrikaans en die ander inheemse tale in geakkrediteerde vaktydskrifte wat vir hierdie tale voorsiening maak, te publiseer. Indien dit in Afrikaans gepubliseer word, dan ook in geakkrediteerde vaktydskrifte in die Nederlandssprekende lande. ’n Daadwerklike poging is nodig om navorsingsresultate ook in Setswana en Sesotho beskikibaar te stel. Hierdie saak behoort hanteer te word as deel van die projek deur middel waarvan die NWU homself posisioneer as ankeruniversiteit vir die ontwikkeling en gebruik van sy werktale (vgl. Par. 9.3.3.1.4).

3. Verhandelinge en mini-verhandelinge word primêr beskou as eksamendokumente. Die besluit oor die taal van publikasie hiervan vind plaas in oorleg met die studieleier of promotor en die navorsingsdirekteur. Ter wille van die vaslegging van die posisie van Afrikaans as taal van hoër leer, asook die ontwikkeling van die ander inheemse tale as hoëronderwystale, word studente ook aangespoor om studieverslae vir eksamendoeleindes in een van hierdie tale aan te bied.

4. Die NWU beskou homself as ’n ankeruniversiteit vir die ontwikkeling, gebruik en sigbaarmaking van meertaligheid: projekte vir die ontwikkeling van die werktale aan die Universiteit asook meertalige pedagogieke word by al die kampusse ten uitvoer gebring. Die konsolidering van die prosesse wat op hierdie saak betrekking het, vind jaarliks plaas en behels die tersaaklike nis-/fokusareas en die Taaldirektoraat. Jaarlikse terugvoering deur die Taaldirektoraat na deeglike oorleg met al die belanghebbendes geskied in Oktober na die IB en in November na die Raad.

OPE-

RALISE-

RING

9.3.4

OPERALISERING VAN TAALBELEID & -PLAN VIR NAVORSING

1. Die taalkeuse vir die publikasie van navorsingsresultate moet op kampusvlak bestuur word.

2. Die NWU verken deurlopend alle moontlikhede om die meertalige publikasie van navorsingsresultate te bevorder.

Daar word voorgestel dat ’n daadwerklike poging aangewend word om al die rolspelers te betrek om te begin met aansporingsmaatreëls op ’n nasionale vlak ten einde die publikasie van navorsingsresultate in ander tale as Engels te beloon; of om met akademiese vaktydskrifte saam te werk om gepubliseerde artikels in Setswana te vertaal.

NWU-navorsers word aangespoor om ook die bygaande uittreksels van artikels in ’n Suid-Afrikaanse taal voor te lê indien die redaksionele beleid voorsiening maak vir meertaligheid.

’n Projek is aan die gang waarvolgens die uittreksels ingesluit in NWU-verhandelinge beskikbaar gestel sal word in drie tale. (Vgl. Prosedure 9.3.4.A.)

3. Die Institusionele Navorsingsteunkantoor en fokusareas maak voorsiening vir taalsteun aan navorsers, wat kortliks behels dat kursusse aangebied word om akademiese verslagskrywingsvaardighede te slyp, asook vir redaksionele en vertaaldienste aan navorsers en kommunikasie aan navorsers op ’n funksioneel meertalige manier.

4. Die Taaldirektoraat aanvaar as deel van sy prestasiebestuur oor die kort, medium an lang termyn verantwoordelikheid vir die insluiting van die intellektualisering van meertaligheid as deel van die NWU se strategiese prioriteite en benader hierdie poging vanuit ’n ontwikkelingsoogpunt en betrek alle kundiges op die verskillende kampusse om die NWU te posisioneer as ’n ankeruniversiteit vir die tale wat by die instelling gebruik word. (Vgl. Prosedure 9.3.4.B vir ’n ideekaart oor moontlikhede in hierdie verband. Sien ook Prosedure 9.1.4.B oor

2 “Intellektualisering van meertaligheid” verwys na ’n taalbeplanningsprogram waarvolgens die verskillende tale wat by die instelling gebruik word, nie alleen ontwikkel en geïmplementeer word om in die volledige akademiese domein gebruik te word nie (d.w.s. as tale vir administratiewe, onderrig- en navorsingsdoeleindes), maar in die besonder waar dit betrekking het op daardie maatreëls wat die vakkundige gebruik van die tale op so ’n manier sal verseker dat dit die akademiese selfrespek en waardes van die mense van Afrika ten goede sal kom.

Page 9: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

9

verbeterde maniere om die posisie van Setswana en Sesotho aan die NWU uit te brei.)

9.4 GEORGANISEERDE STUDENTELEWE EN TAALSTEUN VIR WERKVOORBEREIDING

TAAL-

BELEID

9.4.1

TAALBELEIDSBEGINSELS

1. Die taaldiversiteit van studente aan die onderskeie kampusse van die NWU word beskou as ’n institusionele bate en as ’n onontbeerlike deel van bydra tot die vestiging van ’n inklusiewe en akkommoderende studenteomgewing.

2. Die NWU beskou die toerusting van studente met die nodige taalvaardighede om hulle in staat te stel om professionele loopbane te betree, as uiters belangrik.

TAAL-

BELEID

9.4.2

TAALBELEIDSTANDPUNTE

1. Die taalbeleid vir die georganiseerde studentelewe maak soos volg voorsiening vir hierdie diversiteit: binne die funksioneel meertalige omgewing maak die taalbeleid voorsiening vir die beskerming van die taalregte van studente, optimale toegang van studente om volle deelname aan die studentelewe vir hulle moontlik te maak, en sorg ook dat vertikale en horisontale kommunikasie op die onderskeie kampusse die taaldemografie en taalvoorkeure van die betrokke persone in aanmerking neem.

2. Geleenthede word geskep om studente op konstruktiewe maniere by te staan om hul professionele taalvaardighede te slyp en te verbeter.

TAAL-

PLAN

9.4.3

TAALPLAN OM ’N FUNKSIONEEL MEERTALIGE GEORGANISEERDE STUDENTELEWE TOT STAND TE BRING

1. Die taaldemografiese verspreiding van studente en infrastrukturele kapasiteit vorm die grondslag vir keuse van taalkode ten aansien van vertikale kommunikasie binne die georganiseerde studentelewe op die verskillende kampusse van die NWU.

2. Op elke kampus word ten minste een VKSR-lid intern aangestel om te dien as skakelpunt oor studentetaalsake tussen die Taaldirektoraat en die genoemde VKSR.

3. Op grond van die diverse kampusomstandighede en na gelang van die taalbehoeftes van elke kampus, verbind die onderskeie kampusse se VSR’s hulle tot die vestiging van ’n meertalige studentekultuur op die genoemde kampus.

4. Die opbouende rol wat die Loopbaankantoor speel in die voorbereiding van studente vir die verkryging van poste, maak ook voorsiening vir die skryf van CV’s en onderhoudvoeringsvaardighede in Engels. Die totstandbrenging van afdelings van takke van Toastmasters Int. op al die kampusse dra by tot die slyping van aanbiedings- en sprekersvaardighede.

OPE-

RALISE-

RING

9.4.4

OPERALISERING VAN TAALBELEID & -PLAN VIR GEORGANISEERDE STUDENTELEWE

1. Die bevordering van meertaligheid vind op ’n gedifferensieerde manier per kampus plaas en bly steeds deel van die diversiteitsbestuur en strategiese prioriteite van die bepaalde ampstermyn van die betrokke VSR.

2. Die differensiasie vir die implementering van hierdie aanbevelings vind op kampusvlak plaas. In hierdie verband vorm die beskerming van taalregte van die diverse studentegemeenskap aan die NWU die vertrekpunt vir vertikale kommunikasie binne die georganiseerde studentelewe. (Vgl. Prosedure 9.4.4.A.)

3. Deurlopende skakeling vind tussen die Taaldirektoraat en die georganiseerde studentelewe plaas. Hierdie proses is daarop ingestel om optimale maniere te vind om ’n inklusiewe en akkommoderende meertalige studenteomgewing by elkeen van die kampusse te vesig. ’n Formele vergadering, waarby die ITD, die Loopbaansentrum en die nuut aangestelde VKSR’s betrokke is, vind jaarliks aan die begin van September plaas. Die doel daarmee is om ooreen te kom oor ’n manier waarop die verhouding tussen hierdie strukture vir die ampstermyn van studenteampsdraers bestuur moet word.

Mafikeng Potchefstroom Vaaldriehoek

• Alhoewel Engels as primêre taal van breër kommunikasie binne die georganiseerde studentelewe gebruik word, word aan Setswana ’n ewe prominente plek toegeken. Die VKSR gaan voort om maniere te probeer vind waardeur geleenthede wat deur die meertalige aard van die studentekorps gebied word, benut kan word om studente te verenig.

• Vertikale en horisontale kommunikasie vind op ’n funksioneel meertalige manier plaas. Beleids- en proseduredokumente word in Engels en Setswana beskikbaar gestel. Studenteverhore en dissiplinêre

• Alhoewel Afrikaans ’n gevestigde posisie beklee as taal van breër kommunikasie binne die georganiseerde studentelewe, gaan die VKSR voort om maniere te probeer vind waardeur geleenthede wat deur die meertalige aard van die studentekorps gebied word, benut kan word om studente te verenig.

• Vertikale en horisontale kommunikasie vind op ’n funksioneel meertalige manier plaas. Beleids- en proseduredokumente word in Afrikaans, Engels en Setswana beskikbaar gestel. Studenteverhore en dissiplinêre verhore word gehou in die voorkeurtaal van

• Alhoewel Engels as primêre taal van breër kommunikasie binne georganiseerde studentelewe gebruik word, word aan Sesotho en Afrikaans ’n ewe prominente plek toegeken. Die VKSR gaan voort om maniere te probeer vind waardeur geleenthede wat deur die meertalige aard van die studentekorps gebied word, benut kan word om studente te verenig.

• Vertikale en horisontale kommunikasie vind op ’n funksioneel meertalige manier plaas. Beleids- en proseduredokumente word in Engels, Afrikaans en Sesotho beskikbaar gestel. Studenteverhore en

Page 10: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

10

verhore word gehou in die voorkeurtaal van die betrokke persoon.

die betrokke persoon. dissiplinêre verhore word gehou in die voorkeurtaal van die betrokke persoon.

9.5 TAALVERWERWING, TAALVERBETERING EN DIE KWALITEIT VAN TAALGEBRUIK

TAAL-

BELEID

9.5.1

TAALBELEIDSBEGINSELS

1. In ’n poging om die meertaligheidsvermoëns van die personeel en studente te versterk, is daar strukture oor die NWU as geheel wat ingestel is op die verbetering van individuele meertaligheidsvaardighede binne die akademiese en administratiewe en studenteomgewings.

2. Die kwaliteit van taalgebruik – spreektaal en geskrewe taal – is vir die NWU belangrik, wat beteken dat ’n stel werkbare riglyne nodig is om die taalstandaarde wat op die Universiteit van toepassing is, te bepaal.

TAAL-

BELEID

9.5.2

TAALBELEIDSTANDPUNTE

1. Personeellede en studente word aangemoedig om hul meertaligheidsvaardighede te verbreed ten einde effektief in verskillende kontekste te funksioneer. Taalverwerwings- en taalverbeteringskursusse word by die verskillende kampusse van die NWU aangebied, en die personeel en studente word aangespoor om vir hierdie kursusse in te skryf. Frontliniepersoneel by alle dienspunte behoort meertalig te funksioneer.

2. Taalredigeer- en vertaaldienste word deur deur die Institusionele Taaldirektoraat aangebied. Hierdie dienste word ook deur sommige Taalskole op kampusvlak gelewer. Personeellede word aangespoor om van hierdie dienste gebruik te maak. Die Institusionele Taaldirektoraat het die mandaat om die algehele kwaliteit van taalgebruik aan die NWU te moniteer en te assesseer, en om toepaslike prosedures te ontwikkel om toe te sien dat die kwaliteit van taalgebruik aan die NWU van ’n geskikte standaard is.

TAAL-

PLAN

9.5.3

TAALPLAN OM FUNKSIONEEL MEERTALIGE VERWERWING, VERBETERING EN KWALITEIT TE VESTIG

1. Taalverwerwing en taalverbetering

• Diensverskaffers oor al drie NWU-kampusse en die IK moet die aanbieding van taalverwerwings- en taalverbeteringskursusse, sowel strategies as operasioneel, beplan.

• ’n Strategiese beskouing is nodig oor die noodsaaklikheid van Afrika-taalvaardighede in akademiese programme met ’n diensoogmerk – soos die gesondheidsberoepe, maatskaplike werk, regte en opvoedingswetenskappe. Daar is ’n sterk saak vir die insluiting van taalverwerwingskursusse in hierdie programme as deel van die sleuteluitkomste daarvan.

• Gegradueerdes se algehele bedrewenheid in Engels aan die NWU kan verbeter word. Bykomend tot projekte in die ko-kurrikulum gemik op die verbetering van professionele vaardighede in Engels (vgl. Par. 9.4.3.4 hierbo) word die volgende voorstelle aan die hand gedoen: in die finale semester van ’n voorgraadse kwalifikasie of in die honneursprogram moet studente versoek word om hul klasaanbiedinge in Engels voor te berei en te lewer. Die voorstel word ook gemaak dat hierdie werkopdragte geassesseer moet word streng volgens ’n taal-oor-die-kurrikulum-benadering.

• Van studente wat by Gemeenskapsverbintenis- of Werk-geïntegreerde Ieerprojekte betrokke is, word verwag dat hulle moet beskik oor ’n basiese bedrewenheid in die taal van die gemeenskap waar die diens gelewer moet word. In die lig daarvan behoort hulle ’n kursus in basiese vaardigheid in die betrokke taal by te woon.

• Daar word aanbeveel dat basiese taalvaardigheidskursusse in Setswana, Sesotho en Afrikaans deel moet vorm van die kurrikulum van die Leierskapsakademie en dat alle bestuurders een van hierdie gesertifiseerde verwerwingskursusse moet bywoon.

2. Kwaliteit van taalgebruik

• Deur middel van ’n raadplegende proses met die ITD aan die spits moet die huidige stel NWU-taalgebruikshuisreëls tweejaarliks bygewerk, gepubliseer en geïmplementeer word. Hierdie taalgebruikshuisreëls vorm die grondslag van alle gevalle van formele kommunikasie (vorms, briewe, eksamen- en toetsvraestelle, ens.) aan die NWU.

• Kwaliteitmetingsprosesse moet in plek wees vir die deurlopende monitering van die kwaliteit van taalgebruik in eksamenvraestelle, studiegidse en ander vorms van amptelike dokumentasie aan die NWU.

OPE-

RALISE-

RING

9.5.4

OPERALISERING VAN TAALPLANIMPLEMENTERINGSRAAMWERK VIR TAALVERWERWING, TAALVERBETERING EN AKADEMIESE GELETTERDHEID

1. Taalverwerwing en taalverbetering

• ’n Strategiese proses waarby alle relevante belanghebbers (soos ITD, kortleerprogramkoördineerders en Taalskole) betrokke is, moet op die been gebring word met die oog op ontwikkeling en begeleiding van die implementering van ’n kampuswye vyfjaarplan om die meertaligheidbevoegdheid van die personeel en studente optimaal te versterk. (Vgl. Prosedure 9.5.4.A – ’n uittreksel uit die Kortkursusdatabasis soos in 2012 wat huidig geregistreerde taalverwante kortkursusse weerspieël.)

2. Kwaliteit van taalgebruik

• Die strukture waarin dokumente gegenereer word, bly steeds verantwoordelik en aanspreeklik vir die taalkwaliteit van hierdie dokumente en moet kwaliteitbestuursprosesse in plek

Page 11: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

11

hê om te sorg vir gestandaardiseerde taalgebruik. (Nader ITD in alle gevalle ten einde ’n optimale werkmetode te ontwikkel.)

• Die ITD bly steeds verantwoordelik vir die konsultasieproses by die opstel en implementering van die NWU se taalgebruikshuisreëls. Dit het ook die mandaat om die algehele kwaliteit van taalgebruik aan die NWU te moniteer en te assesseer.

Einde

Page 12: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

12

AANHANGSEL

VOORGESTELDE PROSEDURES VIR DIE IMPLEMENTERING VAN SLEUTELASPEKTE VAN DIE INSTITUSIONELE TAALBELEID

Inhoud

Onderrig-Leer & Assessering Prosedure 9.1.4.A Riglyne wat gevolg moet word vir die uitbreiding van Opvoedkundige Tolkdienste in onderrigprogramme

I – Grenstoestande vir die uitbreiding van OTD

II – Proses wat gevolg moet word om ’n nuwe onderrigprogram by OTD-lewering in te sluit

Prosedure 9.1.4.B Riglyne vir kampusbesture om die verbeterde benutting van Setswana en Sesotho vir onderrig-leer en ander doeleindes moontlik te maak

Prosedure 9.1.4.C Riglyne vir meertalige kommunikasie binne die Onderrig-Leer-omgewing

Prosedure 9.1.4.D Vloeidiagram vir die taalombudsproses

Werkomgewing, Administrasie en Taallandskap

Prosedure 9.2.4.A Vloeidiagram vir die fasilitering van diverse taalbehoeftes by vergaderings van die NWU

Prosedure 9.2.4.B Meertalige amptelike frases wat by NWU-gradeplegtighede gebruik moet word

Prosedure 9.2.4.C Riglyne vir die vertaling van dokumente wat by institusionele vergaderings in ’n ander taal as die kampustaal ter tafel gelê moet word

Navorsing & Ontwikkeling Prosedure 9.3.4.A Riglyne vir die proses wat gevolg moet word vir die insluiting van meertalige uittreksels in NWU-verhandelings

Prosedure 9.3.4.B Ideekaart met moontlikhede oor die idee van die NWU as ’n ankeruniversiteit vir meertaligheid

Georganiseerde Studentelewe Prosedure 9.4.4.A Riglyne waarvolgens optimale vertikale kommunikasie binne ’n funksionele meertalige studenteomgewing verseker sou kon word

Taalverwerwing, Taalverbetering en die Kwaliteit van Taalgebruik

Prosedure 9.5.4.A

Geregistreerde kort kursusse vir taaldoeleindes tans deur die NWU aangebied

Page 13: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

13

ONDERRIG-LEER EN ASSESSERING

PROSEDURE 9.1.4.A:

I – Grensvoorwaardes vir die uitbreiding van OTD

Page 14: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

14

II – Proses wat gevolg moet word om ’n nuwe onderrigprogram by OTD-lewering in te sluit

Page 15: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

15

PROSEDURE 9.1.4.B Riglyne vir kampusbesture vir die verbeterde benutting van Setswana en Sesotho vir onderrig-leer- en ander doeleindes

Page 16: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

16

PROSEDURE 9.1.4.C

Riglyne vir meertalige kommunikasie in die OL-omgewing

Page 17: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

17

PROSEDURE 9.1.4.D Vloeidiagram vir die taalombudsproses

Page 18: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

18

WERKOMGEWING, ADMINISTRASIE EN TAALLANDSKAP

PROSEDURE 9.2.4.A Vloeidiagram vir die fasilitering van uiteenlopende taalbehoeftes in vergaderings van die NWU

Page 19: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

19

PROSEDURE 9.2.4.B Meertalige amptelike frases wat by NWU-gradeplegtighede gebruik moet word

Mafikeng- en Potchefstroomkampus

Konstituering van vergadering

Engels By the authority vested in me, I hereby constitute this meeting as a lawful congregation of the North-West University.

Afrikaans Kragtens die bevoegdheid aan my verleen, stel ek hierdie vergadering saam as ‘n wettige kongregasie van die Noordwes-Universiteit.

Setswana Ka ntlha ya taolo e ke e neetsweng, ke tlhomamisa kopano e jaaka kopano e e mo molaong ya Yunibesithi ya Bokone-Bophirima

Toekenning van grade

Engels By the authority vested in me, I hereby confer the following degrees upon the candidates whose names appear in the programme.

Afrikaans Kragtens die bevoegdheid aan my verleen, ken ek die onderskeie grade toe aan daardie kandidate wie se name in die program verskyn.

Setswana Ka ntlha ya taolo e ke e neetsweng, ke abela baithuti ba maina a bona a tlhagelelang mo porokeramong e, didikerii tse di latelang.

Ontbinding van byeenkoms

Engels By the authority vested in me, I dissolve this congregation of the North-West University.

Afrikaans Kragtens die bevoegdheid aan my verleen, ontbind ek hierdie kongregasie van die Noordwes-Universiteit.

Setswana Ka ntlha ya taolo e ke e neetsweng, ke phatlalatsa phuthego e ya Yunibesithi ya Bokone-Bophirima.

Vaaldriehoekkampus

Konstituering van vergadering

Engels By the authority vested in me, I hereby constitute this meeting as a lawful congregation of the North-West University.

Afrikaans Kragtens die bevoegdheid aan my verleen, stel ek hierdie vergadering saam as ‘n wettige kongregasie van die Noordwes-Universiteit.

Sesotho Ka matla a taolo eo ke e filweng, ke hlomamisa kopano ena e le kopano ya semolao ya Yunivesithi ya Leboya-Bophirima.

Toekenning van grade

Engels By the authority vested in me, I hereby confer the following degrees upon the candidates whose names appear in the programme.

Afrikaans Kragtens die bevoegdheid aan my verleen, ken ek die onderskeie grade toe aan daardie kandidate wie se name in die program verskyn.

Sesotho Tlasa taolo e matsohong a ka, ke fana ka kgau tsa ditekiri ho bahlahlobuwa bao mabitso a bona a hlahellang lenaneng la tsamaiso.

Ontbinding van byeenkoms

Engels By the authority vested in me, I dissolve this congregation of the North-West University.

Afrikaans Kragtens die bevoegdheid aan my verleen, ontbind ek hierdie kongregasie van die Noordwes-Universiteit.

Sesotho Tlasa taolo e matsohong a ka, ke qhala seboka sena sa Yunivesithi ya Leboya-Bophirima.

Page 20: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

20

PROSEDURE 9.2.4.C Riglyne vir die vertaling van dokumente wat by institusionele vergaderings in ’n ander taal as die kampustaal ter tafel gelê moet word

Page 21: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

21

NAVORSING & ONTWIKKELING

PROSEDURE 9.3.4.A Riglyne vir die proses wat gevolg moet word vir die insluiting van meertalige uittreksels in NWU-verhandelinge

Page 22: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

22

PROSEDURE 9.3.4.B

Breinkaart met moontlikhede oor die idee van die NWU as ’n ankeruniversiteit vir meertaligheid

Page 23: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

23

GEORGANISEERDE STUDENTELEWE

Prosedure 9.4.4.A Riglyne vir die versekering van optimale vertikale kommunikasie binne ’n funksioneel meertalige studenteomgewing.

Page 24: INSTITUSIONELE TAALBELEID EN TAALPLAN, ASOOK ... · taalbehoeftes en die vlakke van taalvaardigheid van gespreksgenote. 2. Engels, Afrikaans en Setswana word deur die Institusionele

24

TAALVERWERWING, TAALVERBETERING, TAALKWALITEIT Prosedure 9.5.4.A Geregistreerde kort taalkursusse wat tans deur die NWU aangebied word

Nr. Kam-pus

Fakulteit Skool / Eenheid Naam van kort kursus Bestuurder van kort

kursus Getal

krediete

Nie-krediet-draende studie-

ure

NKR-vlak

Datum van goedkeuring

5 PK L&W Tale (Sentrum vir Taalpraktyk) Basiese Sertifikaat in Engels as taal van Onderrig en Leer (TLO)

Van der Walt, JL Prof 10 5 2003-03-08

6 PK L&W Tale (Sentrum vir Taalpraktyk) Engels vir Beroepsdoeleindes Van der Walt, JL Prof 32 5 2003-05-26

27 VK VDF Vaardigheidsontwikkelingseenheid Verbeter jou Engels Van den Heever, Jeanette 2004-04-29

30 PK L&W Tale (Sentrum vir Taalpraktyk) Sertifikaat in die Onderrig van Engels as ’n Vreemde Taal (OEVT)

Van der Walt, JL Prof 16 2004-05-28

37 PK L&W Tale (Sentrum vir Taalpraktyk) Universiteitsertifikaat in Engels vir Beroepsdoeleindes (ENGL 114 en 124) = ENGL 122

Van der Walt, JL Prof 32 5 2004-08-06

60 VK VDF Vaardigheidsontwikkelingseenheid Inleiding tot Sesotho Van den Heever, Jeanette 8 2 2005-05-04

61 VK VDF Vaardigheidsontwikkelingseenheid Gespesialiseerde Vertaling: Skryf van Onderskrifte

Van den Heever, Jeanette 20 6 2005-05-04

94 VK VDF Vaardigheidsontwikkelingseenheid Vertaler- en Tolkopleiding Van den Heever, Jeanette 5 6 2005-06-23

294 PK L&W Tale (Sentrum vir Taalpraktyk) Engels vir Internasionale Studies Van der Walt, JL Prof 400 5 2006-06-29

295 PK L&W Tale (Sentrum vir Taalpraktyk) Gesproke Engels Van der Walt, JL Prof 20 5 2006-06-29

296 PK L&W Tale (Sentrum vir Taalpraktyk) Setswana for Beginners/ Setswana vir Beginners Van der Walt, JL Prof 20 5 2006-06-29

319 VK VDF Vaardigheidsontwikkelingseenheid Kursus in Kreatiewe Nie-fiksie en Reisbeskrywing

Van den Heever, Jeanette 8 5 2006-09-01

320 VK VDF Vaardigheidsontwikkelingseenheid Gevorderde Rekenaarvaardighede vir Vertalers Van den Heever, Jeanette 8 6 2006-09-01

321 VK VDF Vaardigheidsontwikkelingseenheid Kursus in Redigering (persklaarmaking) Van den Heever, Jeanette 8 6 2006-09-01

355 VK VDF Vaardigheidsontwikkelingseenheid Tegniese Vertaling Van den Heever, Jeanette 5 6 2007-05-11

430 IK IK Taaldirektoraat Inleiding tot Tolking Blaauw, J Mnr 8 5 2008-03-11

475 PK L&W Sentrum vir A&P Taalpraktyk Spaans vir Beginners Van der Walt, JL Prof 30 5 2008-09-10

476 PK L&W Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk

Afrikaans vir Beginners Van der Walt, JL Prof 40 5 2008-09-10

552 PK L&W Skool vir Tale German for Beginners / Duits vir Beginners Van der Walt, Johann Prof 30 5 2009-11-05