4
Nuwe huise aan hulpbehoewendes LIGPUNT VIR WATERPROBLEEM Namakwalanders se geduld en geloof is die afgelope tyd tot die uiterste beproef toe die verouderde en gehawende pypleiding telkemale gebars het. Die Nama Khoi-munisipaliteit het dadelik vier waterlorries beskikbaar gestel in gebiede soos Nababeep,Okiep, Bergsig, Fonteintjie, Springbok en die lughawe-gebied.’n Vyfde lorrie was op bystand geplaas. Soveel soos ses lorries is ook tydens hierdie waterkrisis gebruik om water na veral hoogliggende gebiede te kry.Die munisipaliteit as die leweraar van water, het intussen ook versoek dat die inwoners water spaarsamig en oordeelkundig gebruik. Daar is egter heelwat lig aan die anderkant van die donker “watertonnel” van dorpe in die Nama Khoi-munisipale gebied nadat dit bekend geword het dat ongeveer R160miljoen bekom is om die ewigdurende waterprobleem aan te spreek. Volgens mnr.Christiaan Carstens, bestuurder van die Namakwa Waterraad, het hulle nou R57miljoen beskikbaar om kritieke herstelwerk te doen.Tot 30 Maart, 2012, gaan R16 milj. spandeer word en vir die volgende boekjaar(2013) R41milj.Die res, ongeveer R103miljoen sal in die derde boekjaar spandeer word. Deesdae word groen watertenke ‘n al hoe meer bekende gesig by vele huishoudings,skole, besighede,ens. Die munisipaliteit moedig ook inwoners aan om hul eie water met behulp van hierdie tenke op te vang. Op Vrydag,11Februarie, het Nama Khoi vier huise aan behoeftiges oorhandig. Die ontvangers was mnr. John en mev. Maria Johnson van Concor- dia,Ouma Sarah Meyer van Naba- beep,ouma Getruida Ruiter asook mnr.Stephanus en mev.Magrietha Field van Buffelsrivier. Magrietha is vir die afgelope tien jaar blind en dié geskenk was ‘n groot gebeurtenis vir haar.Sy en haar man en hul 15-jarige dogter, Steph- any, sal voortaan,die luukse van elektriese krag, lopende water en ‘n spoeltoilet kan geniet. Mnr.Frank van den Heever (burgemeester) het gesê dat ‘n plaaslike regeringsinstelling soos Nama Khoi na noodgevalle en be- hoeftige mense omsien. “Binnekort en op die medium termyn gaan nog huise aan ons mense oorhandig word, soos ons belowe het.(sien p.4) “Ons bou ordentlike huise wat nie ons mense se waardigheid gaan aantas nie.” Die geld is deur die dep. van behuising en plaaslike regering bewillig en een huis kos sowat R54 650.Die huise bestaan uit drie kamers en ‘n binne bad- kamer met ‘n toilet en bad. Mnre. Glen Hansen, Awie Hol- land, Attie Saal, me. Lorraine Cloete, me. Hazeline Fielding en mevv.Niekie van den Heever en Maryka Cloete was deel van die span en oorhandigingsfunksie. Intussen is me. Lorraine Cloete (Nama Khoi) opdrag gegee om opnames te doen van ander hulpbehoewendes sodat ook na hul behoeftes omgesien kan word. vervolg op p.2 IN HIERDIE UITGAWE IN HIERDIE UITGAWE IN HIERDIE UITGAWE IN HIERDIE UITGAWE Nuwe huise aan hulp- behoewendes P.1 Binnekant Probleme:Verkeersafd. Probleme:Verkeersafd. Probleme:Verkeersafd. Probleme:Verkeersafd. P.2 Binnekant Vlakke: damme Vlakke: damme Vlakke: damme Vlakke: damme P.2 Binnekant Nuwe aanstellngs Nuwe aanstellngs Nuwe aanstellngs Nuwe aanstellngs P.2 Binnekant Motivational speeches Motivational speeches Motivational speeches Motivational speeches for gr.12’s for gr.12’s for gr.12’s for gr.12’s P.3 Agterblad Nuwe huise Nuwe huise Nuwe huise Nuwe huise P.4 Agterblad Sooi Sooi Sooi Sooi-spit: Namakwa Mall spit: Namakwa Mall spit: Namakwa Mall spit: Namakwa Mall P.4 Alle korrespondensie moet gerig word aan die: KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUUR- DER All correspondence to be addressed to: OFFICE OF THE MU- NICIPAL MANAGER Jaargang 1 Uitgawe 1: Maart 2011 Posbus / P.O.Box 17 Privaatsak / Private Bag X22 SPRINGBOK Tel. (027) 7188100 Fax. (027) 7121635 Email: [email protected] Web: www.namakhoi.gov.za Gratis Vol gens Empower- deks(op name:200 9) is Nam a Khoi die beste munisipaliteit in die land , wat dien slewering betref

Jaargang 1 Uitgawe 1: Maart 2011 Posbus / P.O.Box 17 · Pele beginsels te implimenteer en vra by voorbaat verskoning aan ... Service and Administration and the Office of the Government

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaargang 1 Uitgawe 1: Maart 2011 Posbus / P.O.Box 17 · Pele beginsels te implimenteer en vra by voorbaat verskoning aan ... Service and Administration and the Office of the Government

Nuwe huise aan hulpbehoewendes

LIGPUNT VIR WATERPROBLEEM

Namakwalanders se geduld en geloof is die afgelope tyd tot die uiterste beproef toe die verouderde en gehawende

pypleiding telkemale gebars het.

Die Nama Khoi-munisipaliteit het dadelik vier waterlorries beskikbaar gestel in gebiede soos Nababeep,Okiep,

Bergsig, Fonteintjie, Springbok en die lughawe-gebied.’n Vyfde lorrie was op bystand geplaas.

Soveel soos ses lorries is ook tydens hierdie waterkrisis gebruik om water na veral hoogliggende gebiede te kry.Die

munisipaliteit as die leweraar van water, het intussen ook versoek dat die inwoners water spaarsamig en

oordeelkundig gebruik.

Daar is egter heelwat lig aan die anderkant van die donker “watertonnel” van dorpe in die Nama Khoi-munisipale

gebied nadat dit bekend geword het dat ongeveer R160miljoen bekom is om die ewigdurende waterprobleem aan

te spreek.

Volgens mnr.Christiaan Carstens, bestuurder van die Namakwa Waterraad, het hulle nou R57miljoen beskikbaar om kritieke herstelwerk te doen.Tot

30 Maart, 2012, gaan R16 milj. spandeer word en vir die volgende boekjaar(2013) R41milj.Die res, ongeveer R103miljoen sal in die derde boekjaar

spandeer word.

Deesdae word groen watertenke ‘n al hoe meer bekende gesig by vele huishoudings,skole, besighede,ens. Die munisipaliteit moedig ook inwoners aan om

hul eie water met behulp van hierdie tenke op te vang.

Op Vrydag,11Februarie, het Nama

Khoi vier huise aan behoeftiges

oorhandig.

Die ontvangers was mnr. John en

mev. Maria Johnson van Concor-

dia,Ouma Sarah Meyer van Naba-

beep,ouma Getruida Ruiter asook

mnr.Stephanus en mev.Magrietha

Field van Buffelsrivier.

Magrietha is vir die afgelope tien

jaar blind en dié geskenk was ‘n

groot gebeurtenis vir haar.Sy en haar

man en hul 15-jarige dogter, Steph-

any, sal voortaan,die luukse van

elektriese krag, lopende water en ‘n

spoeltoilet kan geniet.

Mnr.Frank van den Heever

(burgemeester) het gesê dat ‘n

plaaslike regeringsinstelling soos

Nama Khoi na noodgevalle en be-

hoeftige mense omsien.

“Binnekort en op die medium

termyn gaan nog huise aan ons

mense oorhandig word, soos ons

belowe het.(sien p.4)

“Ons bou ordentlike huise wat

nie ons mense se waardigheid

gaan aantas nie.”

Die geld is deur die dep. van

behuising en plaaslike regering

bewillig en een huis kos sowat

R54 650.Die huise bestaan uit

drie kamers en ‘n binne bad-

kamer met ‘n toilet en bad.

Mnre. Glen Hansen, Awie Hol-

land, Attie Saal, me. Lorraine

Cloete, me. Hazeline Fielding en

mevv.Niekie van den Heever en

Maryka Cloete was deel van die

span en oorhandigingsfunksie.

Intussen is me. Lorraine Cloete

(Nama Khoi) opdrag gegee om

opnames te doen van ander

hulpbehoewendes sodat ook na hul

behoeftes omgesien kan word.

vervolg op p.2

IN HIERDIE UITGAWEIN HIERDIE UITGAWEIN HIERDIE UITGAWEIN HIERDIE UITGAWE

Nuwe huise aan hulp-

behoewendes

P.1

Binnekant Probleme:Verkeersafd.Probleme:Verkeersafd.Probleme:Verkeersafd.Probleme:Verkeersafd.

P.2

Binnekant Vlakke: dammeVlakke: dammeVlakke: dammeVlakke: damme

P.2

Binnekant Nuwe aanstellngsNuwe aanstellngsNuwe aanstellngsNuwe aanstellngs

P.2

Binnekant Motivational speeches Motivational speeches Motivational speeches Motivational speeches for gr.12’sfor gr.12’sfor gr.12’sfor gr.12’s

P.3

Agterblad Nuwe huiseNuwe huiseNuwe huiseNuwe huise

P.4

Agterblad SooiSooiSooiSooi----spit: Namakwa Mallspit: Namakwa Mallspit: Namakwa Mallspit: Namakwa Mall

P.4

Alle korrespondensie moet gerig word aan

die: KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUUR-DER All correspondence to

be addressed to: OFFICE OF THE MU-

NICIPAL MANAGER

Jaargang 1 Uitgawe 1: Maart 2011 Posbus / P.O.Box 17 Privaatsak / Private Bag X22 SPRINGBOK

Tel. (027) 7188100 Fax. (027) 7121635 Email: [email protected]

Web: www.namakhoi.gov.za

Gratis

Volgens Empower-deks(opname:2009) is Nama Khoi die beste munisipaliteit in die land, wat dienslewering betref

Page 2: Jaargang 1 Uitgawe 1: Maart 2011 Posbus / P.O.Box 17 · Pele beginsels te implimenteer en vra by voorbaat verskoning aan ... Service and Administration and the Office of the Government

P.2

18. J.E. Brandt(pomp-operateur)

1. C.Liedeman(elektrisiën);

2. J. Booysen(elektrisiën);

3. C.Coetzee(dieselwerktuigkundige);

4. M.M. Brandt(nutsman:geboue);

5. A. Augus(operateur:riooldamme)

NUWE AANSTELLINGS:

Nama Khoi het die jaar verskeie nuwe aanstellings gemaak nadat sekere poste geadverteer

en na onderhoude, gevul is.Dit sal dienstelewering aansienlik verbeter.

Die nuwe aanstellings is:

1. Isaac Cloete(media & kommun.beampte); 10. M.Z.Raymond(sekuriteitsbeampte);

2. C.Hanekom(elektr.tegnikus); 11. D.N.Visagie(sekuriteitsbeampte);

3. A.Augus(oprateur:riooldamme); 12. J.J. van Zyl(alg.werker:reiniging);

4. C.Beukes(elektrisiën); 13. B.B. Louw(alg.werker:reiniging);

5. T.D. Beukes(elektrisiën); 14. A.K. Cloete(alg.werker:reiniging);

6. C. Liedeman(elektrisiën); 15. A.P.Engelbrecht(alg.werker:reiniging);

7. J. Booysen(elektrisiën); 16. A.S. Meyer(alg.werker:reiniging);

8. M.M. Brandt(nutsman:geboue); 17. M.J. Cloete(alg.werker:reiniging);

9. J.E. Brandt(pomp-operateur); 18. G. Coetzee(diesel-werktuigkundige).

Die ou sink kaia van die Fields Die Fields se splinternuwe HOP-huis

vervolg van p.1

Daar was groot vreugde toe

die sleutels van vier nuwe

huise onlangs aan vier

huishoudings oorhandig is

Ouma Sarah Meyer(68)

van Nababeep het gesê:

“Nou kan ek ook die toilet

trek en die sound van die

water hoor.Die bure se

seuns wil net kom bad.”

Probleme met dienslewering by verkeersafdeling Dit het onlangs onder die verkeersafdeling se aandag gekom dat

daar verskeie probleme is wat dienslewering betref aan by voor-

beeld kliënte.

Die munisipaliteit betreur die aantygings wat ‘n inwoner aan die

munisipaliteit via die media gerig het.

Verbruikers word egter vriendelik versoek om hul klagtes direk

aan die munisipaliteit te rig.

Sommige media- instellings se opsomming van sulke kwessies is

nie altyd betroubaar nie en hulle buit soms die situsasie uit om die

munisipaliteit te diskrediteer(in ‘n swak lig te stel) of by te kom.

Tans word die betrokke beweerde voorval deeglik ondersoek en

sal een of ander aksie geloods word, om sulke swak behandeling

aan kliënte in die toekoms te verhoed.

Die munisipaliteit en sy personeel is daartoe verbind om die Batho

Pele beginsels te implimenteer en vra by voorbaat verskoning aan

enige persoon wat al deur swak behandeling benadeel of verneder

is.

Vlakke van damme Alle damme word fisies vier keer per dag gemeet en met telemetri-

lesings vergelyk.Sedert die vorige lesings ’n maand gelede, het die

persentasies van die vlakke beduidend gestyg, behalwe die Vierkant

en die damme by Okiep,Carolusberg en Concordia.Mnr.Christo

Bonn is egter te vrede met die huidige vlakke Die lesings is hierdie

week geneem en sien so daarna uit:Tussen hakies verskyn van die

vorige lesings.

Hospitaal: 1% (3%)

Pastorie: 89%(41%)

Matjieskloof: 88%(24%) Springbok

Vierkant: 0%(15%)

6-Megaliter: 96%(9%)

Vaalhoek: 11%(12%) Vaalhoek

Concordia: 38%(45%)

Concordia new: 84%(0%)

Okiep: 56%(29%) OCC-verspreiding

Carolusberg: 29%(54%)

Little Crest: 33%(1%)

Page 3: Jaargang 1 Uitgawe 1: Maart 2011 Posbus / P.O.Box 17 · Pele beginsels te implimenteer en vra by voorbaat verskoning aan ... Service and Administration and the Office of the Government

p.3

Approximately 500 matric learners and their teachers in the Namakwa District, recently attended a “motivational speech day” at

the Steinkopf Senior Secondary schoolhall.

Mrs. Kitty Links,(district director:education) said during her speech that the goal for this year is to reach 95% in the matric pass rate.In

order to achieve this, the learners were requested to start immediately with planning and to stay focused, during the course of the academic

year.

Dawid Rooi(MEC:Roads & Public Works) and all the other speakers conveyed a strong message of support to our leaders of the future,

requesting them to utilize all the resources that are currently available.

An intervention programme will be put into place to assist the matriculants with their studies and to build a better relationship between

them, their parents and the teachers.

The learners accepted the challenges and promised to do their utmost best to achieve the 95% target. Many learners were of the opinion that

the event was meaningful and educational.

Nama Khoi municipality was represented by miss. Madeleinne Brandt(mun.manager)mr. Frank van den Heever(mayor), miss. Hazeline

Fielding(p.a. to the mayor) and mr.Glen Hansen(libraries.)

The top student of each school was presented with a gift, donated by De Beers Diamond Company.

Matriculants 2011: Motivational Speeches

Part of the learners, waiting for

the proceedings to commence There was time to share a smile

MEC, Dawid Rooi, addressing the

learners

NAMA KHOI HAS THE BEST IT INFRASTRUCTURE IN THE NORTHERN CAPE

The Department of Public Service and Administration and the Office of the Government Chief Information Officer were in the process of deploying new

server infrastructure at the Nama khoi municipality in the Northern Cape.This deployment was based on a complete redesign of the current server infrastruc-

ture and includes active directory, Hyper-V, messaging and other related solutions.

“Honestly speaking from a personal perspective, Nama Khoi municipality currently runs the best IT infrastructure by far in this Province. We, as the Provin-

cial Government is currently busy also implementing an IT Plan for the whole Province speaking towards what is currently implemented at your side,” said

mr. E.G. Ockhuis, acting manager, ICT unit.

Since planning will surely take some time, we could as well learn from Nama Khoi municipality how it’s done. I salute you for taking this step in the right

direction because this is in line with eGovernance framework outlined by the DPS. You surely have an IT manager that is hitting the ground running .

“Mr. Love, I personally would like to thank you for your analytical thinking, taking the Nama Khoi municipality to greater heights,” Ockhuis con-

cluded.

Old cables Brandon Love IT training in progress at Nama Khoi municipality

Page 4: Jaargang 1 Uitgawe 1: Maart 2011 Posbus / P.O.Box 17 · Pele beginsels te implimenteer en vra by voorbaat verskoning aan ... Service and Administration and the Office of the Government

IEC NUUSIEC NUUSIEC NUUSIEC NUUS

‘n Provinsiale verteenwoordiger vn die OKV(IEC) het onlangs ‘n inligtingsessie by

die Nama Khoi-raadsaal aangebied om potensiële wyksraadslede en amptenare van

politieke partye te skool ten opsigte van die verkiesingproses.Die lang verwagte

nuus

oor die verkiesingsdatum is reeds aan almal bekend, naamlik,Woensdag, 18 Mei.

NUWE MODERNE WINKELSENTRUM! SOOI-SPITSEREMONIE

Die ontwikkelingsprosesse van die moderne Namakwa Mall is al baie ver gevorderd.Op Dinsdag, 12 April, vind die sooi-spitseremonie

plaas, op die voorgestelde bou-terrein,naby S.A.van Wyk Sekondêre skool.Hiertydens sal die relevante dokumentasie onderderteken

word.Volgens die ontwikkelaars sal bouwerk binnekort begin en ongeveer 18 maande neem om te voltooi.Die totale koste, wat kan-

toorblokke en ‘n mini motortown insluit, beloop ongeveer R220 milj. volgens die ontwikkelaars, SterCorp Properties. Sjoe!

P.4

NUWE HUISE Die Nama Khoi-munisipaliteit is vebind tot die verbetering van inwoners se lewensgehalte daarom gaan 140 nuwe

HOP-huise gebou word vir die boekjaar 2010/2011. Ook is beplan om ongeveer 350 huur-eenhede (mixed

development) te bou in Simonsig Suid,Springbok.

HOP-HUISE GETAL

Rooiwal 10

Vioolsdrift 10

Goodhouse 15

Carolusberg 10

Bulletrap 5

Xhouroep 5

Rooiwinkel 5

Fonteintjie 5

Nababeep 20

Komaggas 26

Buffelsrivier 9

Rooiwal 10

Fonteintjie 10

TOTAAL 140

MIX DEVELOPMENT

Simonsig(suid) 350

NUUSBRIEF: V00RSTELLE EN BY-

DRAES VAN PUPLIEK

Die publiek word versoek om insette of kom-

mentaar te stuur aan Isaac Cloete

by:[email protected] Of faks

dit na:027-7121635

U positiewe bydraes, ens. sal gereeld in die

Nama Khoi Nuusbrief verskyn.Dit is een van

die maniere om kommunikasie wedersyds te

verbeter. Ons hoor graag van u.

Dankie.