11
VISVANG NAWEEK JAARGANG 32 JANUARIE 2013 UITGAWE 3 N U U S B R I E F Goeie Dag SAWA Vriende Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om alle Vaalrivier lede ʼn Voorspoedige 2013 vol seën toe te wens en hoop ook dat almal van julle se familie sommer nog groter sal groei die jaar sodat al die nuwelinge ook kan deel word van ons hegte kamp familie (ons kan doen met ʼn paar kampioen hengelaars). Ek voel net of dit nog reën - Heico Nel Vrydag middag na meeste opgeslaan het Dit was ʼn lekker nat en rustige naweek te Eastco Magaliesburg. Ons het Saterdag oggend afgeskop met ʼn visvang kompetisie. Ten spyte van die misreën het meeste deelgeneem en gewag op ʼn vangs vir die dag maar die visse was maar bietjie traag om te byt. Miskien kan ons volgende keer n “Visvang Tegniek” naweek hou. Noem dit maar net vir die wat so vreeslik gesukkel het. Boe Boe van die dag: - Melita oefen haar gooi tegniek en die sinker beland in die oorkantste boom tussen die takke. Jy gooi te hard !!!!!

JAARGANG 32 JANUARIE 2013 UITGAWE 3 - sawa.org.za · bitterbekke, sielkundiges, beraders, Christene... dis 'n kleurpalet van uitdagings waarvoor ons staan... en sê Alvin Rogness:

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

VISVANG NAWEEK

JAARGANG 32 JANUARIE 2013 UITGAWE 3

N U U S B R I E F

Goeie Dag SAWA Vriende Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om alle Vaalrivier lede ʼn Voorspoedige 2013 vol seën toe te wens en hoop ook dat almal van julle se familie sommer nog groter sal groei die jaar sodat al die nuwelinge ook kan deel word van ons hegte kamp familie (ons kan doen met ʼn paar kampioen hengelaars).

Ek voel net of dit nog reën - Heico Nel Vrydag middag na meeste opgeslaan het Dit was ʼn lekker nat en rustige naweek te Eastco Magaliesburg. Ons het Saterdag oggend afgeskop met ʼn visvang kompetisie. Ten spyte van die misreën het meeste deelgeneem en gewag op ʼn vangs vir die dag maar die visse was maar bietjie traag om te byt. Miskien kan ons volgende keer n “Visvang Tegniek” naweek hou. Noem dit maar net vir die wat so vreeslik gesukkel het.

Boe Boe van die dag: -

Melita oefen haar gooi tegniek en die sinker beland in die oorkantste boom tussen die takke. Jy gooi te hard !!!!!

SAWA onderskryf die volgende waardes: Christenskap, Lojaliteit, Respek, Integriteit, Eerlikheid, Diensbaarheid, Verdraagsaamheid en Verantwoordelikheid

Stephan Stevens was gelukkig met ʼn vangs! Die natuur se beoordeelaars het ook kom loer

wat die spulletjie aanvang – Meneer Geelvink

Ryan & Vanessa wag geduldig vir ʼn byt Neels Kriel en Marius praat diep dinge... hmmmm

Francois Pretorius het hy dalk ʼn vis ??? Die vis wat hom so besig gehou het net onder 1kg. Wonder wat hy vir ete gehad het dat hy so spook met ʼn 1kg vissie?

Ina en Peanut wag ook geduldig vir n byt. Waar is Ernst ?? stokke is alleen (miskien weer daai

uiltjie gaan jaag) Na die visvang het almal maar die middag rustig deur gebring want te danke aan die reën was daar nie juis veel van ʼn opsie nie. Dis natuurlik die verskoning sodra iemand ʼn uiltjie wil knip sonder om skuldig te voel (eks een van hulle). Grappie! Saterdag aand het die reën ons bietjie kans gegee om darem ʼn vleisie te braai en buite te kuier saam met vriende.

Kloppers, Esterhuizen en Meintjies gesinne kuier Marais gesin sit ook en kuier by braaivleis vuur saam om vuur

Die res van die kamp het ook gekuier en rustig verkeer Harde kool kampvuur . . .

Sondag oggend was almal oudergewoonte baie gretig daar vir die afsluitings erediens wat aangebied was deur

Henry Hartslief. Baie dankie vir die absolute treffende boodskap

Psalm 23

Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Tydens afsluiting het Frans Kloppers ons Voorsitter weer die klem gelê op die Presidente Saamtrek 2013 asook die Sitrusfees einde Mei begin Junie 2013. Die mense is ingelig dat indien hulle die Sitrusfees wil bywoon, moet hulle ingedagte hou dat daar ʼn 50% deposito vooruit betaalbaar is.

Ons was so gelukkig om die nuwe jaar op ʼn goeie noot te begin. Ons eerste Kamp vir 2013 en ons stel alreeds weer 2 huis gesinne voor as nuwe lede.

Die ander huisgesin kon dit ongelukkig nie maak vir die afsluiting nie weens n ongesteldheid.

Aan Lin-Mari Olivier en haar twee kinders: Baie welkom by Sawa Vaalrivier, ongeag jou afwesigheid. Sterkte en hoop jy word gou beter.

Richard & Stofie Esterhuizen (Frans Kloppers se oudste Sussie)

Ons wil ook graag vir Neels & Reinette Kriel en Henry & Wilma Hartslief bedank vir hulle bydrae as Kampkommandante vir die naweek op so kort kennisgewing. PJ & Riaan kon ongelukkig nie die kamp bywoon nie a.g.v. onvoorsiene gebeure wat hul planne so bietjie in die wiele gery het.

Baie Geluk aan die Wenner van die Visvang kompetisie Stephan Stevens het die pryse ingeryg Hy het die pryse gekry vir die volgende :- Swaarste Sak, Grootste Vis en die Streek prys vir die Kleinste vis ook.

Baie dankie aan al ons “bitter einder” deelnemers van die Visvang kompetisie. Die wat nie vis gevang het nie...toemaar ouens, gelukkig het julle gees gevang.

Na die afsluiting was dit die minder lekker deel wat volg :- Die mense het baie traag begin oppak en nog vir oulaas ʼn laaste geselsie en grappe ingepas. Frans Kloppers hard besig Kamp opslaan is nie die lekkerste deel van die naweek nie Ek sal maar solank slaap terwyl julle kamp opslaan !!!

Tannie Wilma ?????????

VAN DIE VOORSITTER

Hier sit ons al weer diep in Januarie 2013 en het nog nie eens kans gehad om al die lede van Vaalrivier ʼn baie Voorspoedige 2013 toe te wens nie, maar nou ja, eerder laat as nooit. Mag elkeen van julle ʼn astronomiese 2013 beleef waar al julle mooiste wense waar word. Ons dink ook in besonder aan hulle wat hartseer en verlies ervaar nadat hulle geliefdes aan die dood moes afstaan of wat geliefdes het wat ernstig beseer is in ʼn motor ongeluk. Mag die Troue Hemelse Vader julle bystaan en vertroos en julle kommer weg neem. Aan al die matrikulante wat geslaag het wil ons baie graag ons gelukwense en sterkte oordra. So ook aan al die kinders wat goed presteer het en geslaag het. Ons wil ook graag ons nuwe lede by die streek verwelkom en wil graag ʼn beroep op hulle doen om by ons aktiwiteite in te skakel. Hierdie volgende drie maande tot 1 April gaan een van ons grootste uitdagings wees om ʼn baie suksesvolle Presidente Saamtrek by Klipdraai te hou. Die Bestuur doen ʼn ernstige beroep op al ons lede om ons te ondersteun tydens hierdie aksie sodat Vaalrivier die Top SAWA Streek sal bly waarop almal trots sal wees. Tydens die Nasionale Uitvoerende Bestuur vergadering in November is daar ʼn besluit geneem dat alle kampe vir 2014 reeds bespreek en bevestig moet wees tydens die Streek Algemene Jaarvergadering. Die Bestuur doen dus ʼn beroep op al die lede om ons te kontak met voorstelle vir kampe vir 2014. Lede moet onthou dat dit hulle is wat moet besluit waar ons sal kamp en die meerderheid stem tel. Ons wil egter vra dat indien julle oorde wat nie bekend is nomineer, om vir ons meer inligting oor die oord te gee asook kontak besonderhede. Ons moet egter ingedagte hou dat die oorde ongeveer 30 woonwaens moet kan huisves met gemak, oor behoorlike fasiliteite beskik en redelik bekostigbaar sal wees. Ons het begrip dat daar oorde buite ons gebied is wat moontlik gewild is maar ons moet die vervoer koste in ag neem. Ons sluit eers af deur almal te herinner aan die Gebiedskamp te Frankfort en wil ʼn beroep doen op soveel moontlik van ons lede om hierdie saamtrek by te woon. Meer inligting verder ondertoe.) Groete en Beste Wense Frans en Annatjie Kloppers.

Voorsitterspaar gedagte vir die jaar 2013

Nietig is ons O Heer. Maak ons hart rein om by U te leer, maak my klein genoeg sodat U my op groot maniere vir U

volk kan gebruik: Maak my swak genoeg dat u krag my sterker kan maak:

Maak my leeg genoeg dat U Gees my kan vul: Stil genoeg dat ek u stem kan hoor dankbaar genoeg om te weet dat elke vriend ʼn spesiale geskenk

van u af is. Dankie vir U liefde en Genade in die Mooi dag en Jaar !!

Jeug Die Jeug het gespeel en veral die modder vreeslik geniet na die reën. Daar word weereens ʼn beroep gedoen op die ouers en die kinders om asseblief die kampe by te woon. En as die kinders maatjies saam wil bring is hulle meer as welkom, bring die maatjies se ouers ook saam. Ons wil ook lede van ons jeug geluk wens met hulle toekennings wat hulle ontvang het. Duandre Kloppers het ʼn Silver Meriete Sertifikaat verower Graad 1 vir die volgende vakke Afrikaans, Wiskunde en Lewens Oriëntering. Baie Geluk Duandre ons is baie trots op jou! Hou so aan.

Duandre Kloppers

Lootjies Die Roboheat lootjie sal tydens die naweek 22 -24 Februarie 2013 te Frankfort getrek word. Maak asseblief seker dat alle Roboheat Boekies en uitstaande gelde voor of op 15 Februarie 2013 die Sekretaresse Sondra Koekemoer bereik, so nie gaan die uitstaande boekies nie in aanmerking kom vir die trekking nie.

SAWA Klere en Ken tekens

Daar word weereens ʼn beroep op Vaalrivier gedoen om na die SAWA klere en kentekens te kom kyk op die volgende kamp. As U dalk enige van die items wil bestel, is u meer as welkom om so te doen by ons Bates beampte, Ernst Marais. Let asseblief daarop dat wanneer u die klere of ken tekens bestel moet die volle bedrag betaal word saam met u bestelling. Geen bestellings sal aanvaar word sonder betaling nie. Ons moet die items direk vanaf hoofkantoor af bestel en betaal.

Belangrike kennis rakende ALLE SAWA Lede Weens die feit dat daar in die verlede gevalle opgeduik het waar lede in hul privaat hoedanigheid met oorde beding het vir pensioenaris, ATKV en ander kortings is SAWA Vaalrivier daarvoor gepenaliseer. Ons beding beste tariewe vooraf vir almal met die oorde en dit moet so aanvaar en gerespekteer word. Ons as SAWA Bestuur doen ʼn beroep op u almal om dit met ons te kom bespreek indien u ʼn probleem het met die pryse. By Voorbaat Dank

Lief & Leed

Baie Geluk aan almal wat Verjaarsdae, Huweliks herdenking ens. gevuur het. Ons deel julle vreugde en hoop dit was n wonderlike en onvergeetlike tyd. Baie Geluk ook aan al die matrikulante van 2012 wat geslaag het en uitstekend presteer het. Ons wens julle alle sterkte toe vir die pad wat voorlê.

Baie Sterkte aan elkeen wat enige vorm van leed of verlies ervaar het die afgelope tyd. Ons dink aan julle en dra julle op in ons gebede. Ons dink ook in die besonder aan Ricky Mans wat baie siek is hoop jy word gou gesond Ernst Marais wat hart probleme het Henry Hartslief lens oorplantings in albei sy oë Rassie Erasmus is ook onlangs oorlede

Gedagte van die Maand

Wees gedetermineerd, vasberade, gefokus...

"Die kaptein van die kuswag het sy bemanning beveel om uit te vaar, want 'n skip het op die rotse geloop. Een van

sy offisiere maak toe beswaar: 'Maar dit is onmoontlik! Buite woed daar 'n orkaan. En buitendien is die rotsrif te

gevaarlik om oor te steek. Ons sal miskien nog kan uitvaar, maar ons sal beslis nie veilig kan terugkeer nie'.

Toe antwoord die kaptein: 'Kry die boot gereed. Ons hoef nie terug te kom nie. Maar ons moet uitgaan".

2013 het pas begin en ons staan voor vele uitdagings. Daar is verwagtinge wat gekoester word, ideale wat nagestreef

word, besluite wat geneem moet word... Ons gaan met ons lewens by verskeie stasies aandoen... by vriende, familie,

kollegas, vreemdelinge, armes, boemelaars, kwaai mense en liefdevolle mense, onvergenoegdes, walgworse,

bitterbekke, sielkundiges, beraders, Christene... dis 'n kleurpalet van uitdagings waarvoor ons staan... en sê

Alvin Rogness: "... ons moet uitgaan". Al weet ons niks van 2013 nie, en selfs al sou die jaar vir jou dalk net EEN

GROOT VREES inhou, Dan kan jy nie by vandag stilstaan nie. Jy moet uitgaan... uitgaan om te gaan doen en te

gaan leef en te gaan wees, SELFS al is daar geen waarborg oor hoe die jaar vir jou gaan wees nie.

Wees gedetermineerd, vasberade, gefokus... Hoe kry jy dit reg om ten spyte van storms uit te gaan? LEES Matteus 8:23-27 “Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels hom gevolg. Skielik het daar ʼn hewige storm op

die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap. Hulle kom toe en maak hom

wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan! Hy se vir hulle: “waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het

Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword. Die mense het hulle verwonder

en gesê: “Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?”

Die Een wat reeds voor jou deur die lewensstorms is en Wie in staat is om storms stil te maak, ken 2013. Waag dit om gedurende 2013 die lewe in geloof saam met God te waag!!! Ek hoop dat jy en jou geliefdes 'n wonderlike jaar mag hê!!

22-24 Februarie 2013 Frankfort Gebied saamtrek R100.00 per nag eerste 2 v/w & daarna R20.00 per persoon ekstra. Vaalrivier gaan Saterdag middag ʼn kos aksie reël vir alle lede, bring ekstra geld saam en kom ondersteun ons in hierdie aksie die aksie sal tydens middag ete geskied so jy hoef nie kos te maak nie !! 29 Mrt. – 1 April 2013 Presidente te Klipdraai R610.00 vir die naweek plaatjie ingesluit, indien u ekstra nagte wil staan is dit ʼn koste van R150.00 per nag ekstra. Sawa Vaalrivier Streek bestuur is die kampkommandante die jaar by die Presidente saamtrek. Ons doen ʼn beroep op een en almal van julle, as julle wil help, donasies maak of borgskappe skenk is julle meer as welkom om met die Voorsitter Frans Kloppers, Sekretaresse Sondra Koekemoer en Skakeling Francois Pretorius so gou moontlik kontak te maak. Ons doen ook ʼn beroep aan almal om die naweek te kom kamp. Ons was in 2012 244 waens by die Presidente saamtrek ons poog om die jaar 300 waens by mekaar te hê. Daar word ook ʼn versoek gerig vanaf hoofkantoor dat om die kampe vir 2014 voor die AJV 2013 finaliseer. So mense, ons wil asseblief al die voorstelle van kamp terreine en maand waarin u daar wil gaan kamp voor of op 30 Junie 2013 ingehandig hê by Voorsitter Frans Kloppers of Sekretaresse Sondra Koekemoer. Ons vra dat elkeen hulle samewerking sal gee. Gebiedsvoorsitter Anton Koekemoer en NUB het ʼn uitdaging aan SAWA Vaalrivier Streek gerig. Die uitdaging is dat Vaalrivier se ledetal Junie 2013 weer 100 aktiewe lede sal wees. Nooi julle vriende, familie en buurman uit om saam te kom kamp en deel te word van SAWA Vaalrivier Streek. Nooi ook die kinders saam. 19-21 April 2013 Koppisol : Kamp word deur R370.00 naweek tarief min 30 waens Die manne aangebied 24-26 Mei 2013 Aldam Gebied Tarief sal bevestig word 14-16 Junie 2013 Bagatla Winter Saamtrek Tarief sal bevestig word

26-28 Julie 2013 Aasvoëlkrans (Jeug Kamp) R180 per nag 31 Aug. – 1 September 2013 AJV Koppisol (Doedie Kamp) R340 naweek tarief (swembad toe) 13-15 September 2013 Nasionale Saamtrek Koppisol R340 naweek tarief (swembad toe) 27-29 September 2013 Eastco Parys Tarief en sal bevestig word 11-13 Oktober 2013 Kongres Buffelspoort Tarief sal bevestig word 25-27 Oktober 2013 Jabulani R280 per nag 22-24 November 2013 Kersboom te Klipdraai R200 per nag min 10 waens

N E E M K E N N I S

Hierdie is die Kampe vir 2012/2013 soos besluit op die AJV 2012. Die tariewe en of die oorde mag dalk verander. U sal onmiddellik in kennis gestel word van enige verandering in tariewe en of oorde. Hier is ook ʼn stukkie terug voer vanaf die laaste Oop NUB Vergadering : - Daar is versoek dat die volgende jaar 2013/2014 se kampe vergesel van bewys van bespreking by die Gebiedsvoorsitter ingedien moet word. Dit laat ons nie met ʼn ander keuse as om daardie kampe te bespreek nie. Voorstelle van moontlike kampe sal teen die einde van Januarie 2013 alreeds op die tafel moet wees.

1 0 0 % K A M P B Y W O N I N G Die volgende kampe sal in berekening gebring word vir 100 % bywoning toekenning

1. AJV Koppisol 31 Aug. – 02 September 2012 2. Nasionaal / Gebied Malonjeni 12-14 Oktober 2012 3. Streek/Kersboom/ Koppisol 16-18 November 2012 4. Streek/Visvang Eastco Magalies 25-27 Januarie 2013 5. Gebied/Frankfort 22-24 Februarie 2013 6. Streek/ Koppisol 19-21 April 2013

7. Streek / Aasvoëlkrans 26-28 Julie 2013

Indien U een van bogenoemde kampe nie kan bywoon nie, kan die “Vaalrivier Joker” (Presidente Saamtrek 2013) gebruik word Om U in aanmerking te laat kom vir 100 % bywoning. So - woon asseblief die Presidente by. Soos U al gehoor het is ons Streek die Kampkommandante en word/sal U teenwoordigheid baie belangrik wees.

Neem ook asseblief kennis van ons Sawa Vaalrivier groep op Facebook, as u enige iets met ons wil deel kom en loer in op die blad en gesels lekker saam.

http://www.facebook.com/#!/groups/sawavaalrivier/

As daar enige nuusbrokkies is wat u in die Kekkelbek wil sien, stuur die voorstelle aan my en ek sal daarna kyk en dit plaas.

Ek het iets interessant wat ek met julle wil deel. Daar is ʼn tendens dat mense jou wa steel van die sleep voertuig af wanneer u by ʼn Ultra City stil hou en bene rek en iets eet in die restaurant.

As jy weer stil hou iewers en jou wa alleen los, gebruik ʼn normale stuur wiel slot wat jy in die motor gebruik en sluit jou wa vas, sodat hulle nie die knip op die bal kan druk om hom af te haak nie.

Kyk na die foto hier langsaan !!

Veilig sleep en moenie dat ander gediertes jou woonwa opeis as jy bene rek nie.

Ek wil graag my dank uitdra na Zani Roelofs wat die Kekkelbek vir ons Taalversorg het.

Groete van die Redaksie

Annelie Marais

081 469 9999

[email protected]

VOORSITTER Frans Kloppers 082 336 7009 [email protected]

SEKRETARESSE Sondra Koekemoer 076 042 1002 [email protected]

ONDERVOORSITTER Henry Hartslief 082 419 1505 [email protected]

PENNINGMEESTERES Ina Marais 084 519 6293 [email protected]

BATES / TEGNIES Ernst Marais 082 897 6152 [email protected]

SKAKELING Francois Pretorius 084 468 5972 [email protected]

REDAKSIE Annelie Marais 081 469 9999 [email protected]

JEUG Reney Connoway 084 764 1289 [email protected]