7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 11 20 – 26 April 2018 OUERKLASBESOEK: Ouers is welkom om op Maandag, 23 April die onderwysers te kom spreek in verband met hulle kinders se rapporte. Gr 1 – 2: 13:00 – 14:00 (klasse) Gr 3: 14:00 – 15:00 (klasse) Graad 4 – 7: 14:15 – 16:15 Onderwysers sal in hulle klaskamers beskikbaar wees aangesien daar ‘n FEDSAS vergadering in die saal plaasvind: Die onderwysers se klasse is op die klasdiagram aangedui wat by die nuusbrief ingesluit is! Die volgende personeellid is ongelukkig nie beskikbaar nie a.g.v. ander verpligtinge: Mev Linette Carbutt U kan op ‘n ander tyd persoonlik met haar ‘n afspraak maak. SKOOLDRAG: Ouers moet asseblief weer kennis neem van die korrekte skooldrag wat op nuusbrief 10 uiteengesit is en met ‘n ouervergadering deur ons ouers bevestig is. Daar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. (Ons wag net vir die wintersdrag om van die verskaffers af te kom en dan sal inspeksie plaasvind) PAASPRET: Paaspret vind op Woensdag, 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld plaas. Toegang is R5 en daar is ‘n lekker snoepie beskikbaar. TOEBROODJIES IN POUSE: Ouers moet asseblief vir hulle kinders toebroodjies inpak vir pouse. Die dagskoliere word honger en neem dan van die koshuiskinders se broodjies. Koshuisbroodjies is slegs vir koshuiskinders. REDENAARSKOMPETISIE: Die Redenaarskompetisie vir die tweede kwartaal skuif van 29 Mei na Maandag, 28 Mei a.g.v. sportaktiwiteite. Onderwerpe is as volg: Graad 4 & 5: Dink voor jy praat Monsters Reëls Graad 6 & 7: Keuses wat ek vandag maak beïnvloed my toekoms. Jou huis is waar jou hart is. Lag, wees lui en leef langer... Waar of onwaar? KWARTAALPROGRAM: Maak asseblief die volgende veranderinge of byvoegings op u kwartaalprogram: McDonalds Sportdag by Newton op Saterdag, 26 Mei. Rugby: 0/7 en 0/8 Netbal: 0/7 en 0/8 Die 0/11A en 0/13B rugbyspanne speel op 2 Mei teen Staats Douglas kom op Donderdag, 3 Mei hier by ons rugby en netbal speel. (Nie 4 Mei nie) KLEREWINKEL: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Ons skoolklere word nie aan Hoërskoolouers/leerders verkoop nie.

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDaar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. ... 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDaar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. ... 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 11 20 – 26 April 2018OUERKLASBESOEK:Ouers is welkom om op Maandag, 23 April die onderwysers te kom spreek in verband met hulle kinders se rapporte.Gr 1 – 2: 13:00 – 14:00 (klasse)Gr 3: 14:00 – 15:00 (klasse)Graad 4 – 7: 14:15 – 16:15 Onderwysers sal in hulle klaskamers beskikbaar wees aangesien daar ‘n FEDSAS vergadering in die saal plaasvind:Die onderwysers se klasse is op die klasdiagram aangedui wat by die nuusbrief ingesluit is!Die volgende personeellid is ongelukkig nie beskikbaar nie a.g.v. ander verpligtinge:Mev Linette Carbutt U kan op ‘n ander tyd persoonlik met haar ‘n afspraak maak.

SKOOLDRAG:Ouers moet asseblief weer kennis neem van die korrekte skooldrag wat op nuusbrief 10 uiteengesit is en met ‘n ouervergadering deur ons ouers bevestig is. Daar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. (Ons wag net vir die wintersdrag om van die verskaffers af te kom en dan sal inspeksie plaasvind)

PAASPRET:Paaspret vind op Woensdag, 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld plaas. Toegang is R5 en daar is ‘n lekker snoepie beskikbaar.

TOEBROODJIES IN POUSE:Ouers moet asseblief vir hulle kinders toebroodjies inpak vir pouse. Die dagskoliere word honger en neem dan van die koshuiskinders se broodjies. Koshuisbroodjies is slegs vir koshuiskinders.

REDENAARSKOMPETISIE:Die Redenaarskompetisie vir die tweede kwartaal skuif van 29 Mei na Maandag, 28 Mei a.g.v. sportaktiwiteite.Onderwerpe is as volg:Graad 4 & 5:

Dink voor jy praat Monsters Reëls

Graad 6 & 7: Keuses wat ek vandag maak beïnvloed my toekoms. Jou huis is waar jou hart is. Lag, wees lui en leef langer... Waar of onwaar?

KWARTAALPROGRAM:Maak asseblief die volgende veranderinge of byvoegings op u kwartaalprogram:McDonalds Sportdag by Newton op Saterdag, 26 Mei.Rugby: 0/7 en 0/8Netbal: 0/7 en 0/8Die 0/11A en 0/13B rugbyspanne speel op 2 Mei teen StaatsDouglas kom op Donderdag, 3 Mei hier by ons rugby en netbal speel. (Nie 4 Mei nie)

KLEREWINKEL:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:

Ons skoolklere word nie aan Hoërskoolouers/leerders verkoop nie. Die tweedehandse klerebank is beskikbaar aan ouers wat dit nie kan

bekostig om nuwe klere te koop nie. Hierdie ouers gee ‘n klein donasie vir die klere wat hulle ontvang en hierdie geld word by die skool se hulpfonds inbetaal.

Ons sal dit baie waardeer as ouers die klere wat aan die tweedehandse bank geskenk word, eers mooi regmaak en netjies was en stryk sodat ons dit direk aan ‘n ander kind kan uitdeel. Dit sal ons baie help!

Ons het ‘n beperkte tweedehandse klerebank en ouers kan nie aandring op sakke vol klere nie. (Twee kledingstukke per leerder)

Indien u, u kind se klere kan bekostig, koop dit asseblief.

STAATS SPORTFEES – FOTO’S:Ouers wat met die 8 en 9 Maart Staats sportfees foto’s bestel het, kan dit op Woensdag, 25 April by Adéle afhaal.

LEERDERDEELNAME:RUGBY- EN NETBAL: [AFSKEURSTROKIES]UITSLAE NETBAL:Baie geluk aan die volgende spelers wat gekies is om op 21 April aan die Vrystaat netbalproewe in Bloemfontein (nie by HLS nie) deel te neem:0/12: Carla Meintjes en Lené Lavarack0/13: Chané van Zyl, Cayla Da Camara en Anneline de WetBaie sterkte vir julle!

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDaar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. ... 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld

Die 0/12 netbalspan het die afgelope naweek aan Fichardtpark se sportdag deelgeneem en 7 wedstryde gespeel. Hulle het baie mooi gespeel en gemengde welslae gehad. UITSLAE RUGBY:Die 0/11B en 0/13B rugbyspanne het op Vrydag, 13 April aan Trompsburg se sportdag deelgeneem en moes hulle staal wys teen spanne wat baie sterkter was as hulle. Trots op julle!

Rugby teen Eureka:SPAN: EUREKA:

0/7 Verloor 7 – 0 0/9 Verloor 36 – 0 0/11 Verloor 43 – 5 0/13 Wen 17 – 12 Baie trots op julle!

WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK:Die 0/12 Wildeklawer rugbyproewe wat as gevolg van reën nie kon plaasvind nie, sal op Maandag, 23 April om 14:00 by Newton plaasvind. Die bussie vertrek om 12:45 en ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om spelers se vervoer te bevestig. Geen busgeld hoef betaal te word nie.

Ons rugby- netbalspanne speel op Dinsdag, 24 April teen Staats op hulle bane. Kyk asseblief na die program wat by die nuusbrief ingesluit is. Maak asb. seker of jou span speel of nie. Vul asseblief die afskeurstrokie in om u kind se vervoer te bevestig. R30 busgeld betaalbaar.Sterkte aan die 0/11 rugbyspan wat die naweek wedstryde teen Reddersburg en Brandfort speel. Hou ons naam hoog!

DIE VOLGENDE RUGBY EN NETBALSPANNE OEFEN OP MAANDAG, 23 APRIL:Netbal: 0/8 & 0/9: 14:15 – 15:00 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13: 16:00 – 17:00Rugby: 0/11B: 14:30 en 0/11A: 15:00. Die ander rugbyspanne op hulle gewone oefentye.TENNIS:Sterkte aan die 0/11 tennisspan wat aan die Tennis 4life toernooi in Bethlehem gaan deelneem. Hulle vertrek op 24 April om 10:00. Baie dankie aan Clivé Burger wat hulle as spanbestuurder vergesel. Ons waardeer jou opoffering.

Slegs 0/11 en 0/13 tennisspelers sal op Maandag, 23 April oefen. Die 0/9’s gaan Woensdag oefen.

LANDLOOP:Elke atleet wat aangedui het dat hulle aan die landloopliga’s wil deelneem, het ‘n vorm gekry om in te vul. Ouers moet dit asseblief volledig invul. Volle ID nommer en nie net geboortedatum. Hierdie vorms moet op Maandag, 23 April by die Sportorganiseerder ingehandig word saam met ‘n inskrywingsfooi van R60. Sy stuur dit dan dadelik weg om lisensienommers vir hierdie atlete te kry. Sonder hierdie lisensienommer sal atlete nie aan liga’s kan deelneem nie.

SKAAK:Sterkte aan Rian Steenkamp wat die naweek aan ‘n kwalifiserende skaaktoernooi deelneem.

NAUTILUS:Leerders wat aan die Nautiluskompetisie op Saterdag, 12 Mei wil deelneem kan vanaf Maandag, 23 April hulle R170 by die finansiële kantoor inbetaal. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 4 Mei.

AFRIGTERS:Indien daar ouers is wat met tennis- en skaakafrigting kan help, kan Adéle Lübbe gekontak word.

..............................................Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Jordan Page (Ma is siek)

ONS IS SO DANKBAAR VIR DIE REËN!

AFSKEURSTROKIE: 0/12 WILDEKLAWER RUGBYPROEWE (Maandag, 23 April)

NAAM VAN OUER: __________________________________

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDaar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. ... 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld

Moedersdag!!

Mamma’s is baie spesiaal. Kom bederf jou mamma hierdie moedersdag met ‘n pragtige hout sleutelhouergeskenkie

van Kammaland.

Voltooi die vorm en gee dit in saam met R15 by Tannie Maryka in die boekstoor

KAMMALAND PRE-PRIMÊR 

Moedersdaggeskenkie     Prys Aantal BedragMoedersdag sleutelhouer R15    

Totaal     Naam: _____________________________________

Graad: _____________________________________

Bestellings sluit Maandag 7 Mei. Kontant met bestelling asb.

Paaspret 2018Jakkies Opwaarts Sentrum nooi al die Jakkies uit om te kom deel in die PRET!!! Daar is ‘n Snoepie,

Speletjies, Pryse vir gelukkige trekking en hope pret… Elke kind wat inskryf kry ‘n nommer wat jou

AFSKEURSTROKIE: 0/12 WILDEKLAWER RUGBYPROEWE (Maandag, 23 April)

NAAM VAN OUER: __________________________________

AFSKEURSTROKIE: NETBAL EN RUGBY TEEN STAATS (Dinsdag, 24 April)

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN SPELER: ______________________________

NEEM SELF MY KIND NA STAATS:

BENODIG BUSVERVOER NA STAATS:

HANDTEKENING: ________________________

KONTAKNOMMER: _______________________

R30 busgeld

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDaar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. ... 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld

gelukkige nommer vir die dag gaan wees. Kom ondersteun Jakkies Opwaarts Sentrum en geniet die

middag saam met ons. Sien jou daar!Wanneer? Woensdag, 25 April 2018Tyd? 14h00 tot 16h00Waar? Op rugbyveld Toegang? R5Snoepie: Ham & Kaas Broodjies @ R10, koeldrank, ysies en lekkernye te koop Onthou: Gewone klere en ‘n geldjie...

Ekstra kaartjies by juffrou Delene beskikbaar @ R50 elk

Die waarde van die “drone” wat gewen kan word, is R36 500.00. Dit is ‘n ongelooflike prys om te wen met net ‘n R50 kaartjie!

Hierdie projek strek tot en met Oktober 2018.PROBEER OM AL DIE KAARTJIES IN JOU BOEKIE TE

VERKOOP!

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDaar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. ... 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDaar sal streng teenoor leerders opgetree word wie se skooldrag nie korrek is nie. ... 25 April vanaf 14:00 tot 16:00 op die rugbyveld

WAAR: MOREDOU PADSTAL

WANNEER: 13 MEI 2018

TYD: 12:30 VIR 13:00

PRYS: R 150 PER PERSOON

R 70 PER KIND 12JR EN JONGER

INDIEN KINDERS NIE VAN DIE MAALTYD WIL EET NIE, GEE ONS

‘N MOREDOU SPECIAL.

ONS BIED ‘N HEERLIKE DRIEGANG MAALTYD AAN, SOOS NET ONS KAN!

VOORGEREG, HOOFGEREG, NAGEREG

DIE DAG SAL ONS OOK HEERLIKE “SPECIALS” OP DRINKGOED HÊ!

BESPREEK ASB VOOR OF OP 11 MEI 2017 BY ODRIE – 073 231 4757

WEGNEEM EN AANSIT IS BESKIKBAAR!

MOEDERSDAG ETE !!!