6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 20 22 Jun – 20 Julie 2018 OUERS: JEUGDAGPROJEK: Baie baie dankie aan al ons ouers wat bygedra het tot ons Jeugprojek. Baie dankie vir komberse, groente, soppoeier en lekker sopbene. Ons waardeer dit baie! TOELATINGS – 2019: Toelatings vir nuwe leerders in 2019 het reeds geopen en sluit op 28 September 2018. Heraansoeke vir huidige leerders vir 2019 sal gedurende September uitgestuur word. Koshuistoelating: Nuwe leerders wat vir volgende jaar vir koshuisverblyf aansoek doen moet ‘n deposito van R1000 per kind betaal. Hierdie deposito sal deel vorm van die eerste kwartaal van 2019 se koshuisgeld. Op las: Die Beheerliggaam van Jacobsdal Primêre Skool. TYDELIKE LEERKRAG / KOSHUISTOESIGKRAG: Ons benodig ‘n tydelike leerkrag vir graad 2, vir 5 maande. (Julie tot November) Ons wil graag die gr 2- klas verdeel. Indien u weet van iemand wat beskikbaar is, kan u met mnr Tait kontak maak. KOSHUISTOESIGKRAG: Ons benodig twee koshuistoesigkragte wat so gou moontlik diens kan aanvaar: (Departementele aanstellings) Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is. KURSUS: Al die onderwysers het volgende kwartaal op Woensdag, 18 Julie ‘n kursus in Bloemfontein. Die skool verdaag op daardie dag om 12:00 vir alle leerders. WYSIGINGS OP KONSESSIEBELEID / DETENSIEBELEID: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende wysigings: KONSESSIE: Leerders aan wie ‘n konsessie toegeken is, moet ‘n teenprestasie lewer om hierdie konsessie te behou. Leerders word verplig om elke kwartaal twee artikels te lees wat langer as een A4 bladsy is. Indien artikels korter is moet daar meer as twee gelees word. Leerders se begrip van hierdie artikels sal deur RO-leerkragte getoets word. Leerders mag ook ou leesboeke as leesstof gebruik. Leerders wat nie hierdie ekstra teenprestasie lewer nie, se konsessie kan dalk wegval. DENTENSIE: (Gewysigde beleid word van die derde kwartaal af geïmplementeer) Die skool se personeel doen voortaan die detensie en nie meer die koshuispersoneel nie. Detensie vind elke week op ‘n Donderdag vanaf 15:30 tot 16:30 by die skool plaas. Leerders word van ekstra akademiese werk voorsien wat weer aan die leerkragte teruggegee word vir kontrole. Leerders wat nie opdaag vir detensie nie moet voor die SMT verskyn. Hierdie leerders kry dan weer detensie en voorregte soos sokkies, entrepreneursdae, vroeër verdaag, sivvies, ens., kan van hulle weerhou word. Na drie pienk detensiebriefies word ‘n geel briefie aan ouers gestuur wat beteken dat u kind ‘n dissiplinêre onderhoud (voor tugkomitee) saam met u moet bywoon.

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL · Web viewHeraansoeke vir huidige leerders vir 2019 sal gedurende September uitgestuur word. Koshuistoelating: Nuwe leerders wat vir volgende jaar vir koshuisverblyf

Embed Size (px)

Citation preview

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 20 22 Jun – 20 Julie 2018OUERS:JEUGDAGPROJEK:Baie baie dankie aan al ons ouers wat bygedra het tot onsJeugprojek. Baie dankie vir komberse, groente, soppoeier en lekker sopbene. Ons waardeer dit baie!

TOELATINGS – 2019:Toelatings vir nuwe leerders in 2019 het reeds geopen en sluit op 28 September 2018. Heraansoeke vir huidige leerders vir 2019 sal gedurende September uitgestuur word.Koshuistoelating: Nuwe leerders wat vir volgende jaar vir koshuisverblyf aansoek doen moet ‘n deposito van R1000 per kind betaal. Hierdie deposito sal deel vorm van die eerste kwartaal van 2019 se koshuisgeld.Op las: Die Beheerliggaam van Jacobsdal Primêre Skool.

TYDELIKE LEERKRAG / KOSHUISTOESIGKRAG:Ons benodig ‘n tydelike leerkrag vir graad 2, vir 5 maande. (Julie tot November) Ons wil graag die gr 2-klas verdeel. Indien u weet van iemand wat beskikbaar is, kan u met mnr Tait kontak maak.KOSHUISTOESIGKRAG: Ons benodig twee koshuistoesigkragte wat so gou moontlik diens kan aanvaar: (Departementele aanstellings)Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is.

KURSUS:Al die onderwysers het volgende kwartaal op Woensdag, 18 Julie‘n kursus in Bloemfontein. Die skool verdaag op daardie dag om 12:00 vir alle leerders.

WYSIGINGS OP KONSESSIEBELEID / DETENSIEBELEID:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende wysigings:KONSESSIE:

Leerders aan wie ‘n konsessie toegeken is, moet ‘n teenprestasie lewer om hierdie konsessie te behou.

Leerders word verplig om elke kwartaal twee artikels te lees wat langer as een A4 bladsy is. Indien artikels korter is moet daar meer as twee gelees word. Leerders se begrip van hierdie artikels sal deur RO-leerkragte getoets word.

Leerders mag ook ou leesboeke as leesstof gebruik.

Leerders wat nie hierdie ekstra teenprestasie lewer nie, se konsessie kan dalk wegval.

DENTENSIE: (Gewysigde beleid word van die derde kwartaal af geïmplementeer)

Die skool se personeel doen voortaan die detensie en nie meer die koshuispersoneel nie.

Detensie vind elke week op ‘n Donderdag vanaf 15:30 tot 16:30 by die skool plaas.

Leerders word van ekstra akademiese werk voorsien wat weer aan die leerkragte teruggegee word vir kontrole.

Leerders wat nie opdaag vir detensie nie moet voor die SMT verskyn. Hierdie leerders kry dan weer detensie en voorregte soos sokkies, entrepreneursdae, vroeër verdaag, sivvies, ens., kan van hulle weerhou word.

Na drie pienk detensiebriefies word ‘n geel briefie aan ouers gestuur wat beteken dat u kind ‘n dissiplinêre onderhoud (voor tugkomitee) saam met u moet bywoon.

SPORT: HOKKIE / KRIEKET / TENNIS:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende belangrike inligting:HOKKIE: Slegs die gr 6 en 7 seuns en meisies sal volgende kwartaal hokkie hê. Elke speler moet sy/haar eie hokkiestok en bal hê. (Enkele hokkiestokke is beskikbaar maar geen balle nie)KRIEKET: Seuns wat volgende kwartaal krieket wil neem moet hulle eie toerusting oefening toe bring. (Kolf, bal, kopskerm, beenskutte)TENNIS: Elke speler wat volgende kwartaal tennis by die skool wil neem moet asseblief ‘n balfooi van R100 aan die skool betaal. Ons is genoodsaak om ekstra balle te koop vir oefening en een “Green dot” bal kos R27. Tennisspelers moet asseblief die algemene oefenprogram volg en ook moeite doen om in die vakansie tennis te speel of met ‘n bal teen ‘n muur te slaan asseblief. Ons vra ouers om asseblief moeite te doen om met hulle kinders so veel as moontlik tennis te speel gedurende die vakansie.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Huiswerkboeke vir gr 4 – 7 kan per afskeurstrokie @ R25 elk by die klasonderwysers bestel word. Kontant met bestelling asb.

SKAAK:Tannie Dina van der Walt gaan weer skaaklesse aanbied in die derde kwartaal. Sien asseblief haar advertensieblad wat by die nuusbrief ingesluit is. Vul die vormpie in en stuur direk na haar indien u belangstel.

OEFENPROGRAMME:Daar word twee oefenprogramme vir leerders by die nuusbrief ingesluit:Algemene oefenprogram: Vir alle leerders, veral tennis-/hokkie- en krieketspelers.Oefenprogram vir landloopatlete: Hierdie program moet deur landloopatlete gevolg word om fiks te bly.

LEERDERDEELNAME:RUGBY:Sterkte aan Phillip Noeth wat die vakansie as deel van die GW 0/13A-span, aan die Cravenweek deelneem.

Dankie vir u as ouer se ondersteuning, lojaliteite en gebede die afgelope kwartaal. Rus lekker uit in die vakansie en ry veilig as u weggaan.

............................ Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Andries Botes (ongeluk)Pastoor Shaun en Margaret Smit (moeders)

Esmé en Wian Germishuys (ouma in hospitaal)Schalk Meintjes en gesin (pa met kanker gediagnoseer)

VEILIGHEID VAN ONS OUERS, PERSONEEL EN KINDERS IN VAKANSIE

Jakkies opwaarts sentrumVerkoop

P pcorn

op bestellingKinderpartytjies, Bederfpakkies of Peuselhappies

Ons het heerlike speserye @ R5 /100gCheese Butter

Sour Cream ChutneySout en asyn

Ons maak ook soet gekleurde popcorn @ R10 / 100g

Kontak Marinda 082 689 489 2

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEKE – GR 4 - 6

OUER: _________________________________________

WERKSURE BESKIKBAAR:

Maandae tot Donderdae: 7:00 tot 10:30Vrydae: Die hele dag

Winter spesiale aanbieding vir Mei en Junie:Sny, blaas en Manikuur (hande)

of Pedikuur (voete) virR280

Skakel vir Liezel

VAKATURE: 2 X KOSHUISTOESIGKRAGTE

Dienstye:1 dag en 1 nag in die week.

Inslaap is verpligtendElke vierde naweek: Sondagmiddag –

ontvangs van leerders 17:00Handig die volgende in by die Laerskool of

epos na [email protected] CV, afskrif van ID dokument/kaart

Aansoeke sluit: Dinsdag, 17 Julie 2018

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEKE – GR 4 - 6

OUER: _________________________________________

Loslitdag(Ten bate van mense met ‘n gestermdheid)

Vrydag 7 September 2018Jakkies Opwaarts Sentrum het LOSLIT plakkers vir ‘n donasie van R10 beskikbaar, dit is deel van ons jaarlikse fondsinsameling (‘n gedeelte van die

geld kry Jakkies Opwaarts Sentrum vir elke plakker wat verkoop word).

Die Loslit tema vir 2018 is “wees elke dag ‘n Held “

Plakkers is beskikbaar by Jakkies Opwaarts Sentrum of dit kan gekoop word by tannie Maryke

by die boekstoor.