5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 23 7 – 14 Augustus 2015 OUERS: SKOOL-/KOSHUISGELD: Ouers word daaraan herinner dat skoolgeld voor die 7de van elke maand betaalbaar is. Koshuisgeld was op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Maandbetalers se geld is op die eerste dag van ‘n maand betaalbaar. Probeer asseblief getrou by hierdie reëlings hou. OUERKLASBESOEK: Slegs ouers wie uitnodigingsbriewe ontvang het , moet die onderwysers en skoolhoof op Dinsdag, 11 Augustus tydens Ouerklasbesoeke kom spreek. Indien daar ouers is wat met ‘n onderwyser wil praat, moet hulle persoonlik met hom/haar skakel om ‘n afspraak te maak. HERREGISTRASIE: [VORM] Alle huidige ingeskrewe leerders in ons skool en koshuis (gr R – 6) moet herregistreer vir 2016. Dit is ‘n opdrag van die Onderwysdepartement en hulle monitor weekliks die inskrywings om te bepaal of skole vol is. Die herregistrasievorm word weer by die nuusbrief ingesluit vir ouers wat dit nog nie ingevul het nie. (Alle kinders in ‘n gesin word op een vorm ingevul. Nie vir gr 7 nie) Nuwe leerders word aangemoedig om so gou as moontlik in te skryf. Inskrywings sluit 31 Augustus 2015. Bekendstellingsdag: Vrydag, 11 September. LEERDERDEELNAME: TENNIS- / KRIEKETHEMPIES: Tennis- en krieketspelers ontvang elkeen ‘n hempie by die skool wat gebruik word om wedstryde mee te speel. Ouers moet asseblief vir ons die hempies silwerskoon was en na wedstryde dadelik terugstuur na Maryka by die boekstoor. Die hempie moet in ‘n plastiese sakkie met u kind se naam op ingehandig word. Help ons asseblief om hierdie hempies so wit as moontlik te hou. Baie dankie by voorbaat! TENNIS: Die wedstryde teen Eureka wat volgende week sou plaasvind, word op Eureka se versoek uitgestel tot ‘n latere datum. Ons sal u vroegtydig in kennis stel as die datum gefinaliseer is. GIMNASTIEK: Baie geluk aan die volgende gimnaste wat mooi presteer het met die afgelope Gimnastiekkompetisie: Vlak 2: Ankia v Schalkwyk 1st e Carma Burger 5de Kayla vd Linden 5de Carlien McLachlan 5st e Vlak 3: Chrisna Roelofse 3de Monique van Zyl 5de Nicolene Scholtz 1st e Baie geluk aan die volgende 16 gimnaste wat vir die Suid-Vrystaat Gimnastiekspan gekies is en op 28 en 29 Augustus aan die Sone Kampioenskappe in Centurion gaan deelneem:

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewDie herregistrasievorm word weer by die nuusbrief ingesluit vir ouers wat dit nog . nie. ingevul het nie. (Alle kinders in ‘n

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewDie herregistrasievorm word weer by die nuusbrief ingesluit vir ouers wat dit nog . nie. ingevul het nie. (Alle kinders in ‘n

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 23 7 – 14 Augustus 2015OUERS:SKOOL-/KOSHUISGELD:Ouers word daaraan herinner dat skoolgeld voor die 7de van elke maand betaalbaar is. Koshuisgeld was op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Maandbetalers se geld is op die eerste dag van ‘n maand betaalbaar. Probeer asseblief getrou by hierdie reëlings hou.

OUERKLASBESOEK:Slegs ouers wie uitnodigingsbriewe ontvang het, moet die onderwysers en skoolhoof op Dinsdag, 11 Augustus tydens Ouerklasbesoeke kom spreek. Indien daar ouers is wat met ‘n onderwyser wil praat, moet hulle persoonlik met hom/haar skakel om ‘n afspraak te maak.

HERREGISTRASIE: [VORM]Alle huidige ingeskrewe leerders in ons skool en koshuis (gr R – 6) moet herregistreer vir 2016. Dit is ‘n opdrag van die Onderwysdepartement en hulle monitor weekliks die inskrywings om te bepaal of skole vol is. Die herregistrasievorm word weer by die nuusbrief ingesluit vir ouers wat dit nog nie ingevul het nie. (Alle kinders in ‘n gesin word op een vorm ingevul. Nie vir gr 7 nie) Nuwe leerders word aangemoedig om so gou as moontlik in te skryf. Inskrywings sluit 31 Augustus 2015. Bekendstellingsdag: Vrydag, 11 September.

LEERDERDEELNAME:TENNIS- / KRIEKETHEMPIES:Tennis- en krieketspelers ontvang elkeen ‘n hempie by die skool wat gebruik word om wedstryde mee te speel. Ouers moet asseblief vir ons die hempies silwerskoon was en na wedstryde dadelik terugstuur na Maryka by die boekstoor. Die hempie moet in ‘n plastiese sakkie met u kind se naam op ingehandig word. Help ons asseblief om hierdie hempies so wit as moontlik te hou. Baie dankie by voorbaat!

TENNIS: Die wedstryde teen Eureka wat volgende week sou plaasvind, word op Eureka se versoek uitgestel tot ‘n latere datum. Ons sal u vroegtydig in kennis stel as die datum gefinaliseer is.

GIMNASTIEK: Baie geluk aan die volgende gimnaste wat mooi presteer het met die afgelope Gimnastiekkompetisie:

Vlak 2:

Ankia v Schalkwyk 1ste Carma Burger 5deKayla vd Linden 5de Carlien McLachlan 5ste

Vlak 3:

Chrisna Roelofse 3de Monique van Zyl 5deNicolene Scholtz 1ste

Baie geluk aan die volgende 16 gimnaste wat vir die Suid-Vrystaat Gimnastiekspan gekies is en op 28 en 29 Augustus aan die Sone Kampioenskappe in Centurion gaan deelneem:Mariné Oosthuizen, Sandri van Niekerk, Zanté Oertel, Suzanne le Roux, Izeldi Jacobs, Ankia van Schalkwyk, Kayla van der Linden, Carma Burger, Carlien McLachlan, Chrisna Roelofse, Ninke Jacobs, Nicolene Scholtz en Monique van Zyl.Ons is baie trots op julle!!

TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE]Tweekampatlete moet oefen en fiks word aangesien die proewe om die draai is. Julle afrigter is tannie Cheryl Lavarack. Almal wat hierdie jaar aan tweekamp (swem en hardloop) wil deelneem moet asseblief die afskeurstrokie invul. Atlete wat vir die Tweekampproewe op Dinsdag, 8 September wil deelneem moet ook die afskeurstrokie invul om in te skryf. Inskrywingsgeld van R70 en busgeld van R50 is vooraf betaalbaar. Sperdatum vir inskrywings: Vrydag, 28 Augustus

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Skaakspelers wat wil inskryf vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op 14 en 15 Augustus in Bloemfontein, kan die afskeurstrokie invul en op Dinsdag, 11 Augustus (+R85 inskrywingsgeld) by mnr Alfred inhandig.

KRYGSKUNS:Baie geluk aan CJ Marx wat ‘n goue en twee silwer medaljes by die Internasionale Krygskuns Kampioenskappe in Las Vegas, Amerika verwerf het. Ons is baie trots op jou CJ!

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie vir al die Gr. 3-mammas wat lekker eetgoed gestuur het met hulle koekieverkoping. ‘n Pragtige bedrag van R2 002,00 is ingesamel.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewDie herregistrasievorm word weer by die nuusbrief ingesluit vir ouers wat dit nog . nie. ingevul het nie. (Alle kinders in ‘n

DROMME:Ons skool en koshuis het ‘n groot behoefte aan asdromme en vra ouers wat dalk vir ons groot plastiese melassedromme kan skenk, om dit asseblief by die skool af te laai. Ons sal dit baie waardeer.

OPVOEDKUNDIGE PROGRAMME:Volledige inligting rondom CAIROO opvoedkundige rekenaarprogramme is by die nuusbrief ingesluit. Let wel: Alle inligtingsbladsye moet op Dinsdag, 11 Augustus weer by die klasonderwysers ingehandig word. (Of u daarin belangstel of nie).

………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Van Wyk familie (Afsterwe van oom Henning)Carlien McLachlan (hospitaal)

Al ons ander siek kinders

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewDie herregistrasievorm word weer by die nuusbrief ingesluit vir ouers wat dit nog . nie. ingevul het nie. (Alle kinders in ‘n

REGISTRASIE EN TOELATING VAN LEERDERSBY PUBLIEKE SKOLE IN 2016OMSENDBRIEF: BYLAAG E

BEVESTIGING VAN INFORMASIE VAN ‘N LEERDER WAT REEDS BY HIERDIE SKOOL GEREGISTREER IS

Geagte Ouer/Voog

Maak asseblief seker van die korrektheid van die informasie wat by die skool van u kind beskikbaar is. Indien informasie soos u adres of telefoonnommer verander, moet u die skool daarvan verwittig sodat ons dit op die toelatingsregister (SA SAMS) kan verander.

Vul die onderstaande afskeurstrokie in en handig dit terug voor die volgende datum:

Dag: 31 Maand: Augustus Jaar: 2015Indien u kind hierdie skool gaan verlaat, moet u ‘n oorplasingsvorm aanvra om toelating tot ‘n volgende skool te verkry.

Die uwe

_____________SKOOLHOOFJacobsdal Primêre Skool

______________________________________________________________

AFSKEURSTROKIE: Voltooi asseblief en stuur voor bostaande datum terug.My kind/ers:

___________________ / ___________________ / ___________________/

sal in 2016 terugkeer na hierdie skool, (Onderstreep die korrekte opsie)

sal nie in 2016 terugkeer na hierdie skool toe nie.

Hiermee doen ek aansoek vir ‘n oorplasingsertifikaat:

OUER SE HANDTEKENING: _________________ DATUM: _______________

(VOORSKRIFTELIKE DEPARTEMENTELE VORM)

AFSKEURSTROKIE: SKAAKTOERNOOI (14 en 15 Augustus) NAAM EN VAN _______________________________________

WIL GRAAG MY KIND/ERS:

_____________________ _____________________

VIR DIE SKAAKTOERNOOI OP 14 EN 15 AUGUSTUS INSKRYF.

INSKRYWINGSFOOI VAN R85 HIERBY AANGEHEG.

HANDTEKENING VAN OUER: ___________________________

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMP

OUER SE NAAM EN VAN: __________________________________

ATLEET SE NAAM EN VAN:

__________________________ ____________________________

WIL GRAAG DEELNEEM AAN TWEEKAMP:

WIL INSKRYF VIR DIE PROEWE OP 8 SEPT:

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld: R50Inskrywingsgeld: R70

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewDie herregistrasievorm word weer by die nuusbrief ingesluit vir ouers wat dit nog . nie. ingevul het nie. (Alle kinders in ‘n