Upload
truongnguyet
View
264
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 35 4 - 11 November 2016KLEURATLETIEK:Baie dankie aan al ons ouers wat as beamptes by ons Kleuratletiek opgetree het en aan die OLV wat heerlike verversings verskaf het. Ons waardeer julle hulp!Baie geluk aan ons Victor en Victrix Ludorum wenners van die byeenkoms:Junior Victrix Ludorum: Mina Rahamman 942 punteJunior Victor Ludorum: Jannes Krause 1060 punteSenior Victrix Ludorum: Chrisna Roelofse 2513 punteSenior Victor Ludorum: Wessel van Niekerk 2116 punteDie voorlopige Sone Atletiekspan vir 2017 sal by die leerders se drukbord opgeplak word. Atlete moet self gaan seker maak of hulle in die span is.Atlete wat eerste en tweede plekke in elke item behaal het, word in die Sonespan opgeneem. Plekke 3 en 4 moet ook aanhou oefen. Ouers kan kies in watter van hierdie items hulle kinders ingeskryf moet word. Dit sal vroeg in volgende jaar hanteer word.Let wel: Ouers moet in gedagte hou dat leerders wat mediese sertifikate ingedien het, asook nuwe leerders wat volgende jaar na ons skool toe kom, ook ‘n geleentheid gaan kry om in die span te kom.Baie dankie aan Jacosdal vir die pragtige medaljes wat hulle geborg het!
EKSAMENROOSTER:Leerders en ouers moet asseblief let op die veranderinge op die eksamenroosters. Die Onderwysdepartement het nuwe NWT datums vir ons deurgegee. Die finale eksamenrooster word weer by die nuusbrief ingesluit. Maak asb. seker dat u die vorige rooster weggooi.
OORPLASINGSERTIFIKATE:Ouers wie se kinders ons skool aan die einde van die jaar verlaat, moet asseblief op Maandag, 7 November ‘n briefie ingee om vir ‘n oorplasingsertifikaat vir u kind aansoek te doen. Hierdie sertifikaat is noodsaaklik om u kind by ‘n volgende skool in te skryf. Graad 7-leerders kry outomaties almal ‘n oorplasingsertifikaat en hoef nie daarvoor aansoek te doen nie.
PRYSUITDELING 2016:Ouers word almal vriendelik uitgenooi na ons Prysuitdeling op Vrydag, 11 November op die volgende tye:
Junior Prysuitdeling: 8:15 Senior Prysuitdeling: 10:30 Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende belangrike reëlings:
Leerders tree om 8:00 voor die saal aan, netjies geklee in korrekte somersdrag met kouse en skoene. Leerders se hare moet netjies wees.
Gr 4 – 7 leerders wat nie pryse kry nie, hoef nie skool toe te kom nie.
Leerders in graad 1, 2 en 3 kry almal toekennings en is verplig om die Junior Prysuitdeling by te woon.
Na die Junior Prysuitdeling mag graad 1 – 3 leerders huis toe gaan (behalwe as ‘n Junior leerder ‘n Senior prys kry. Hulle sal ingelig word)
Graad 4 – 7 leerders (koshuis en dorpskinders) wat pryse ontvang bly in die koshuis totdat die Senior Prysuitdeling begin. (Daar sal toesig in die koshuis beskikbaar wees) Geen leerders op die skoolterrein nie.
Leerders wat prysuitdeling as toeskouers saam met hulle ouers bywoon, moet skoolklere aanhê.
Ouers word gevra om asseblief nie gedurende die verrigtinge die saal te verlaat nie. Daar sal koeldrank te koop wees tussen die twee funksies.
Ouers het vanaf Vrydag 11 tot Vrydag 18 November kans om skriftelik foute of navrae aan die skool deur te gee. Epos asseblief na: [email protected] Die Prysuitdelingkomitee sal dit hanteer. Ná 18 November beskou ons dit as afgehandel.
JAARBLAD 2016: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kan die Jaarblad @ R120 per kopie met die afskeurstrokie bestel. Kontant met bestelling asseblief. Stuur die bestellings en kontant asseblief na die klasonderwysers. Dit is ‘n pragtige boek wat u gerus kan aanskaf!
KULTUURKLUB: [AFSKEURSTROKIE]Daar word oorweeg om in 2017 ‘n Kultuurklub by die skool op die been te bring waar verskeie kultuuraktiwiteite beoefen gaan word. Ons wil ook vir Teboho Rampaleng (van die koshuis) ook by afrigting betrek. Hy het al verskeie provinsiale kompetisies gewen. Kundige ouers wat ook betrokke wil raak kan gerus met mev Elsabé Ueckermann in verbinding tree. U is baie welkom! Kostes sal voorlopig in die omgewing van R150 per kwartaal beloop. Indien u kind sal belangstel om by die Kultuurklub aan te sluit kan u die afskeurstrokie invul en terugstuur na die klasonderwysers.
Op die afskeurstrokie is verskeie opsies aangebring wat oorweeg kan word. Verdere inligting sal vroeg in volgende jaar aan ouers deurgegee word.
VCSV-KAMP: [AFSKEURSTROKIE]Graad 7 leerders wat ‘n foto CD (R20) van die VCSV-kamp wil hê, kan dit met die afskeurstrokie by juffrou Elza bestel. Kontant met bestelling asseblief. Baie dankie aan die personeel wat hulle tyd opgeoffer het om ons kinders te vergesel en juffrou Elza vir al haar reëlings.
BIBLIOTEEKBOEKE:Leerders moet asseblief op Maandag, 7 November alle biblioteekboeke inhandig.
SWEMBAD:Die swembad is op die volgende datums vir privaatfunksies bespreek. Sondag, 6 November: 11:00 – 16:00Sondag, 13 November: 10:00 – 15:00Saterdag, 2 Desember: Die hele dagSondag, 3 Desember: Die hele dagGeen toegang vir enige ander persone op daardie dae nie.
KOSHUIS:Indien ouers ou handdoeke by die huis het wat hulle nie meer gebruik nie, en bereid is om dit aan die koshuis te skenk, sal dit baie waardeer word. Dit word gebruik om nat badkamervloere op te droog.
LEERDERDEELNAME:KRIEKET: Baie geluk aan Jonathan Schutte, Andrew Nolan en CJ Marx wat vir die Pro 20 Diamantveld Blou en Geel uitnodigingspanne gekies is en teen mekaar gespeel het.CJ Marx is met die Bokkieweek in die Oktober vakansie vir die AVS 0/13-span gekies wat in Desember aan ‘n toernooi in Durban deelneem. Baie geluk!
JIM FOUCHE ATLETIEK:Uitslae is nog nie van Jim Fouché ontvang nie.
TENNIS: UITSLAE TEEN DOUGLAS: EUREKA:0/13 gelykop 23 spelle elk Verloor 4 – 2 0/11 verloor 28 – 26 Verloor 28 – 26 0/9 wen 27 – 19 Verloor 5 – 1
NAUTILUS:Sterkte aan die leerders wat op Saterdag, 5 November aan die Nautiluskompetisie in Bloemfontein deelneem.
NOORDKAAP SWEM:Baie geluk aan die volgende swemmers wat in die Noordkaap se swemspan opgeneem is en die naweek in Sasolburg aan ‘n Interprovinsiale Kompetisie gaan deelneem:Leané van Eeden, Riko Swart en Rian Steenkamp
ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die graad 7 mammas wat lekker eetgoed gestuur het met hulle klasverkoping. Die klas het ‘n mooi bedrag van R1 574.30 ingesamel.
ROOMYSVERKOPING:Jakkies Opwaarts Sentrum hou op Maandag, 7 November ‘n roomysverkoping gedurende langpouse. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.
…………………. PW TaitSKOOLHOOF
GEBEDSLYS:
Die droogte in ons landEsther Langeveld (tannie oorlede)
AFSKEURSTROKIE: JAARBLAD – 2016
AFSKEURSTROKIE: JAARBLAD – 2016
AFSKEURSTROKIE: FOTO CD, - GRAAD 7 VCSV-KAMP
OUER: _________________________________
LEERDER: ______________________________
WIL GRAAG ‘N ______ (AANTAL) VCSV FOTO CD @ R20 ELK BESTEL.
INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN: R__________
HANDTEKENING: _________________________
WARE VERGIFNES
“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het.
Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.”
FINALE EKSAMENROOSTER 7 – 30 November 2016DAT: MA: 7 Nov DI: 8 Nov WO: 9 Nov DO: 10 Nov MA: 14 Nov DO: 17 Nov
GR 7: WISK9:00 – 11:30
AFR (2)9:00 – 11:00
ENG (2)9:00 – 11:00
NW9:00 – 11:00
ENG (3)9:00 – 11:00
AFR (3)9:00 – 11:00
DAG: DAT: GRAAD 1: GRAAD 2: GRAAD 3: GRAAD 4: GRAAD 5: GRAAD 6: GRAAD 7:
WO 9 NWT NWT NWT
DAG: DAT: GRAAD 1: GRAAD 2: GRAAD 3: GRAAD 4: GRAAD 5: GRAAD 6: GRAAD 7:
DI: 22 Nov WISK WISK WISKENG
9:00 – 10:15 &
10:30– 11:15
ENG9:00 – 10:15
&10:30– 11:15
ENG (2)9:00 – 10:00 SW
WO: 23 Nov AFR AFR AFR AFR LV SW TEG
DO: 24 Nov ENG ENG ENG WISK9:00 – 10:30
WISK9:00 – 10:30
WISK9:00 – 11:00
VR: 25 Nov LV LV LV SW AFR ENG (3)9:00 – 10:00 EBW
MA: 28 Nov WISK (D)9:00 – 10:00
WISK (D)9:00 – 10:00
WISK (D)9:00 – 10:00 AFR SK
DI: 29 Nov AFR (D)9:00 – 10:00
AFR (D)9:00 – 10:00
AFR (D)9:00 – 10:00 LV SW LV LO
Dit is vir my aangenaam om my boek aan julle
bekend te stel.
‘n “Journey” van 8 jaar waarin ek so baie geleer het
en dit graag met julle wil deel.
Die boek is by my beskikbaar @ R175 elk. As julle
belangstel kan julle my whatsapp by 0825641083. Ek hoop om van julle te hoor. Ek skryf onder die
naam Jerry Seventeen. Jerry soos my familie my noem en
17 vir my verjaardag.
GroeteGerhard van der Merwe
(Oud-Jakkie en Landboudaller)
JAKKIES OPWAARTS SENTRUM
VAKANTE POS
BESTUURDER:“Wassery en Versorging”
DIENSAANVAARDING: 1 Desember 2016 MINIMUM VEREISTE: Graad 12 + Ondervinding
KONTRAK: JaarliksSALARIS: Onderhandelbaar
SLUITINGSDATUM: 14 November 2016
VERANTWOORDELIKHEDE:1. Wassery
2. Kreatiewe take van leerders3. Versorging van tuin en diere
HANDIG DIE VOLGENDE IN:‘n Aansoekbrief gerig aan: Die Beheerliggaam
Volledige CV
NAVRAE:Skoolhoof, mnr PW Tait by: [email protected]
Piet RetiefstraatJACOBSDAL053 5910039
Faks: 053 5910103
KINDERS MOET ASB HUL SWEMKLERE INPAK!
HEERLIKE, PANNEKOEK, KOEKE, ROOMYS, YSIES EN KOS SAL BESKIKBAAR WEES EN MOENIE DIE BIER TENT VERGEET NIE!
PRAGTIGE JUWELE, HANDSAKKE, BEURSIES, SKOENE, BLOMME, MOTORS EN NOG VELE MEER WORD UITGESTAL!
HOOP ONS SIEN JOU DAAR!
NG KERK JACOBSDAL
VAKATURE BESKIKBAAR
SKRIBA
Indiensnemingsdatum:1 Maart 2017
Aansoek:Volledige CV met nodige verwysings
Sluitingsdatum:21 November 2016
Onderhoude:24 November 2016
epos na [email protected] handig by kerkkantoor in
Navrae:Marius Jacobs082 577 8133