11
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 27 18 – 25 Augustus 2017 OUERS: BEDANKING: ‘n Groot dankie aan die volgende ouers en hulle kinders wat die Zebra-strepe tussen die skool en koshuis so mooi oorgeverf het, asook die padpatrollie se toerusting wat herstel is: Charlie en Corlia Wilken Joan Nolan Alida Dekker Ons waardeer dit verskriklik baie! REVUE: Baie dankie aan ouers wat hulle kinders na die Revue in Bloemfontein geneem het. Dankie ook aan die onderwysers en kinders wat so hard gewerk het. Julle vertoning was pragtig, baie geluk! Ons is baie trots op julle. FOTO’S: Ons benodig dringend foto’s van leerders in hulle provinsiale klere asb. Aksiefoto’s van enige ander kind/ers in enige sportsoort (of kultuur) is ook welkom. Ons het dit nodig vir die Bekendstellingsdag se boekie en ook vir die Jaarblad. Epos asseblief na: [email protected] Indien ons nie foto’s kry nie, sal ons leerders vra om hulle klere skool toe te bring om dan foto’s hier te neem. BORGE VAN SPORTKLERE VIR 2018: Ouers wat belangstel om sportklere (bv 0/13 rugbytruie) vir volgende jaar te borg kan met die Sportorganiseerder kontak maak. Dit moet ontwerp en teen die einde van die jaar reeds bestel word. Dit geld ook vir die Toer. As gevolg van meer dogtertjies in ons skool benodig die netbal ongeveer 10 ekstra stelle netbalklere vir volgende jaar. Dit kos ongeveer R300 per stel. JAKKIES KONSERT: [AFSKEURSTROKIE] Kaartjies teen R100 per sitplek is by die finansiële kantoor beskikbaar. Tafelbesprekings kan ook daar gedoen word. Al die leerders in die skool neem aan die konsert deel. Hulle gaan deur die loop van die aand in sekere klaskamers bly. Koshuisleerders sal vooraf eet en dorpskinders moet vir hulle kospakkies bring of by hulle huise klaar eet. Leerders sal nie toegelaat word om deur die loop van die konsert in en uit die saal te beweeg nie. Ons vra ons ouers vriendelik om die volgende items vir ons te skenk asseblief sodat ons die koste van die ete so laag as moontlik kan hou: (Slegs as dit vir u moontlik is.) LASAGNA (pasta velle) HOENDER BOTTELTJIES KONFYT TUISGEBAKTE BRODE (enige soort of vorm) Vul asseblief die afskeurstrokie in en merk die item wat u bereid is om te skenk. Al die geld wat met die konsert gemaak word, sal gebruik word om baie goeie beligting in die saal te installeer. Dinsdag, 29 Augustus: Vertoning vir senior burgers en leerders kyk vir mekaar Woensdag, 30 Augustus: Kleedrepetisie – Toegang by deure Donderdag, 31 Augustus: Konsert en ete

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewAlida Dekker. Ons waardeer dit ... Ouers word gevra om die afskeurstrokie in te vul en op Maandag, ... Ons deel graag Martie du Plessis skool se

  • Upload
    phamtu

  • View
    246

  • Download
    8

Embed Size (px)

Citation preview

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 27 18 – 25 Augustus 2017 OUERS:BEDANKING:‘n Groot dankie aan die volgende ouers en hulle kinders wat die Zebra-strepe tussen die skool en koshuis so mooi oorgeverf het, asook die padpatrollie se toerusting wat herstel is:Charlie en Corlia WilkenJoan NolanAlida DekkerOns waardeer dit verskriklik baie!

REVUE:Baie dankie aan ouers wat hulle kinders na die Revue in Bloemfontein geneem het. Dankie ook aan die onderwysers en kinders wat so hard gewerk het. Julle vertoning was pragtig, baie geluk! Ons is baie trots op julle.

FOTO’S:Ons benodig dringend foto’s van leerders in hulle provinsiale klere asb. Aksiefoto’s van enige ander kind/ers in enige sportsoort (of kultuur) is ook welkom. Ons het dit nodig vir die Bekendstellingsdag se boekie en ook vir die Jaarblad. Epos asseblief na: [email protected] Indien ons nie foto’s kry nie, sal ons leerders vra om hulle klere skool toe te bring om dan foto’s hier te neem.

BORGE VAN SPORTKLERE VIR 2018:Ouers wat belangstel om sportklere (bv 0/13 rugbytruie) vir volgende jaar te borg kan met die Sportorganiseerder kontak maak. Dit moet ontwerp en teen die einde van die jaar reeds bestel word. Dit geld ook vir die Toer. As gevolg van meer dogtertjies in ons skool benodig die netbal ongeveer 10 ekstra stelle netbalklere vir volgende jaar. Dit kos ongeveer R300 per stel.

JAKKIES KONSERT: [AFSKEURSTROKIE]Kaartjies teen R100 per sitplek is by die finansiële kantoor beskikbaar. Tafelbesprekings kan ook daar gedoen word. Al die leerders in die skool neem aan die konsert deel. Hulle gaan deur die loop van die aand in sekere klaskamers bly. Koshuisleerders sal vooraf eet en dorpskinders moet vir hulle kospakkies bring of by hulle huise klaar eet. Leerders sal nie toegelaat word om deur die loop van die konsert in en uit die saal te beweeg nie.Ons vra ons ouers vriendelik om die volgende items vir ons te skenk asseblief sodat ons die koste van die ete so laag as moontlik kan hou:

(Slegs as dit vir u moontlik is.)

LASAGNA (pasta velle) HOENDER BOTTELTJIES KONFYT TUISGEBAKTE BRODE (enige soort of vorm)Vul asseblief die afskeurstrokie in en merk die item wat u bereid is om te skenk. Al die geld wat met die konsert gemaak word, sal gebruik word om baie goeie beligting in die saal te installeer.Dinsdag, 29 Augustus: Vertoning vir senior burgers en leerders kyk vir mekaarWoensdag, 30 Augustus: Kleedrepetisie – Toegang by deureDonderdag, 31 Augustus: Konsert en ete

TOELATINGS VIR 2018: Neem asseblief kennis van die volgende:Inskrywings vir nuwe leerders (vir 2018) sluit op 31 Augustus 2017. Indien u kennis dra van ouers wat leerders by ons skool wil inskryf, moet u hulle asseblief hiervan in kennis stel. Inskrywings vir graad R in 2018 (by Kammaland/Laaities en Ladies) maak van Jacobsdal Primêr se toelatingsvorm gebruik. Graad-R toelatingsvorms word net so oorgeplaas word na die Laerskool. GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG:Die graad 7-klas hou op Vrydag, 25 Augustus hulle Entrepreneursdag by die skool. Ouers en belangstellendes is welkom om tussen 10:00 en 12:30 die stalletjies te kom ondersteun. Ander leerders moet asseblief ook ‘n geldjie saambring om hulle maats te ondersteun. Ouers moet daarop let dat die graad 7’s geëvalueer word. Dit maak deel uit van hulle EBW DE-punte vir hierdie kwartaal.

GRAAD 4 DOGTERS SE OUERS:Die Onderwysdepartement se Skoolgesondheidspan kom op Vrydag, 25 Augustus om 13:00 na ons skool om die graad 4-ouers te kom toespreek oor die HPV Inentings van graad 4 dogtertjies. Hulle sal u in die skoolsaal te woord staan.

LEERDERDEELNAME:TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE]Die Suid-Vrystaat tweekampproewe vind op Dinsdag, 5 September in Bloemfontein plaas. Inskrywings moet asseblief teen Maandag, 28 Augustus ingehandig wees. Geen laat inskrywings nie. Inskrywingsgeld beloop R80 per atleet. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en terugstuur na die klasonderwysers

saam met u kind se inskrywingsgeld. Busgeld na Bloemfontein beloop R80 en is vooraf betaalbaar.

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]UITSLAE:

SPAN: NEWTON B: HOPETOWN B:0/9 Wen 5 – 1 (stelle) Wen 4 – 2 (stelle)0/11 Wen 31 – 21 (spelle) Verloor 28 – 26 (spelle)0/13 Verloor 29 – 25 (spelle) Wen 5 – 1 (stelle)

Seuns tennisligawedstryde teen Douglas vind op Woensdag, 23 Augustus op hulle bane plaas. Ouers word gevra om die afskeurstrokie in te vul en op Maandag, 21 Augustus na die klasonderwysers terug te stuur. Die bus vertrek om 12:30 en spelers kan om 12:15 verdaag. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar.

TENNISTOERNOOI:Die Riatra Karoo Bokkie Tennistoernooi vir 0/7 0/8 en 0/9 spelers vind op 20 en 21 Oktober in Hopetown plaas. Ons wil ouers aanmoedig om hulle kinders vir hierdie oulike toernooi in te skryf. Kinders hoef nie goed tennis te speel nie, dit gaan absoluut oor blootstelling vir u kind. Daar is toesighouers wat by elke wedstryd u kind gaan help/afrig/wys en die persoon gaan ook telling hou. Sien asseblief die inligtingsbladsy wat by die nuusbrief ingesluit is. U kan die inskrywingsvormpie onderaan die brief invul en dit na mnr Alfred Hodgson teruggestuur. Inskrywings sal deur hom behartig word.

KRIEKET: [AFSKEURSTROKIE]Die skool se 0/11 en 0/13 krieketspanne speel op Dinsdag, 22 Augustus teen De Aar op hulle velde. Leerders mag om 10:15 verdaag en hulle vertrek om 10:30. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om spelers se vervoer te bevestig. R100 busgeld is vooraf betaalbaar.Ons jaarlikse Mini-kriekettoernooi vind op Saterdag, 26 Augustus plaas. Ons 0/7 en 0/8 mini-krieketspanne gaan aan die dag deelneem.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Spelers wat aan die kwalifiserende skaaktoernooi op op 25 en 26 Augustus wil deelneem, kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 inskrywingsfooi op Maandag, 21 Augustus na die klasonderwysers terugstuur

NOORDKAAP KUNSTEFEES:Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die Voordragafdeling op die Noordkaap Kunstefees deelgeneem het en pragtig presteer het:

Gaynor Speek gr R: Goud A++Ella du Toit gr 1: Goud A+Anadia Coetzee gr 5: GoudMarizanne Jacobs gr 5: Goud A++Gudrun Speek gr 6: Goud A++Anica Ueckerman gr 6: Goud A++Baie geluk!Sodra ons al die deelnemers se musiekdiplomas ontvang het, sal ons dit ook op die nuusbrief plaas.

BYBELVASVRA:Sterkte aan ons Bybelvasvraspan wat op Maandag, 21 Augustus om 14:30 die tweede rondte vraestelle in die Konferensiekamer skryf.

SKIET:Geluk aan CJ Oertel wat pragtig presteer het op die SA Skietkampioen-skappe. Hy het ‘n 2de plek in die jaggeweerafdeling en ‘n 4de plek in die veergeweerafdeling vir seuns 0/13 behaal.

“KICKBOXING”:Baie geluk aan Pieter en Edrich Duvenage wat vir die Noordkaap “Martial Arts” span gekies is en op 7 en 8 Oktober aan die SA Kampioenskappe in Stellenbosch deelneem.

ALGEMEEN:KOPLUISE:Ouers moet asseblief hulle kinders se koppe die naweek goed deurkyk. Daar breek van tyd tot tyd ‘n vlaag van kopluise uit wat vinnig na ander kinders versprei. Kyk veral na die kleiner kinders en dogters wat lang hare het.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Bekker en Sunel Schutte(Ouma-grootjie oorlede)

Siek onderwysers

Ons deel graag Martie du Plessis skool se wenke met ons leerders en ouers:

LEERDERS:

mooi opgelet in die klas? goed voorberei vir elke dag se klas? betyds begin voorberei vir die eksamen / toets? al my opdragte uitgevoer en ingehandig? my onderwyser vir hulp gevra? my ouers vir hulp gevra? ‘n huiswerkboek en gebruik ek dit?

OUERS:

elke dag my kind se huiswerk gekontroleer? gekontroleer dat my kind elke dag se klaswerk leer? gekyk dat my kind ‘n studierooster het? toegesien dat my kind ekstra klasse bywoon? my kind gehelp om ou vraestelle deur te werk? seker gemaak dat my kind betyds vir die toets of eksamen begin

voorberei? met die onderwysers gepraat as ek bekommerd is?

AFSKEURSTROKIE: KRIEKET TEEN DE AAR (0/11 & 0/13) (Dinsdag, 22 Augustus)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA DE AAR VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA DE AAR: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

Help! My punte is nie wat ek verwag het nie.... Het ek...

Help! My kind se punte is nie wat ek verwag het nie.... Het ek...

AFSKEURSTROKIE: JAKKIES KONSERT (31 AUGUSTUS)

NAAM: ________________________________________

LEERDER/S: ________________________________________

EK IS BEREID OM DIE VOLGENDE TE SKENK:

LASAGNA (pasta velle): ________ (AANTAL PAKKIES)

HOENDER: ______________ (KG)

KONFYT: __________________________ (AANTAL / SOORT)

TUISGEBAKTE BROOD/E: ______________________________ (AANTAL/SOORT)

HANDT: __________________ SEL NR.: __________________

BAIE DANKIE BY VOORBAAT!

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN DOUGLAS (Woensdag, 23 Augustus)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA DOUGLAS VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA DOUGLAS: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R50

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMPPROEWE (Dins, 5 Sept)

OUER: __________________________________

ATLEET: _______________________________________________

WIL GRAAG VIR DIE TWEEKAMPPROEWE INSKRYF WAT OP DINSDAG, 5 SEPTEMBER PLAASVIND.

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA BFN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND/ERS BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

AFSKEURSTROKIE: KRIEKET TEEN DE AAR (0/11 & 0/13) (Dinsdag, 22 Augustus)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA DE AAR VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA DE AAR: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

NAAM: ________________________________________

LEERDER/S: ________________________________________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI OP 25 EN 26 AUGUSTUS IN BFN.

HANDT: _________________________

SEL NR.: __________________

Inskrywingsgeld: R110

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMPPROEWE (Dins, 5 Sept)

OUER: __________________________________

ATLEET: _______________________________________________

WIL GRAAG VIR DIE TWEEKAMPPROEWE INSKRYF WAT OP DINSDAG, 5 SEPTEMBER PLAASVIND.

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA BFN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND/ERS BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

Liewe Borg/Donateur/Ouer Datum: 30/05/2017

Kareehof Koshuis hou vanjaar, tesame met BKB, op Saterdag, 26 Augustus 2017 ‘n gholfdag te Jacobsdal Gholfklub. Ons beoog om baie noodsaaklike opgraderingswerk in en om die koshuis te doen. Ons benodig heelwat fondse hiervoor en neem graag die vrymoedigheid om u te versoek vir ‘n bydrae deur een of meer van die onderstaande opsies:

Borg R10 000 as hoofborg en ontvang vrye teuels vir die oprigting van u advertensiemateriaal, gratis natgat en 1 x 4-hand inskrywing, gratis.

Borg R5 000 – advertensiemateriaal mag opgerig word en 1 x 4-hand inskrywing gratis. Die borg van een gaatjie beloop R1 500 ‘n Natgat beloop R2 000, waarby u enige advertensiemateriaal mag oprig met die verversings van u

keuse wat u aan die spelers verskaf. ‘n 4-Hand inskrywing beloop R1 000 (Better Ball Scramble). Halfweg-ete en aandete ingesluit.

BEPERKTE AANTAL SPELERS!! Skenk enige artikel, item of geldjie wat aangewend kan word as pryse.

VIR DIE DAMES!!!!!.....BKB bied, tesame met Protek, ‘n damesoggend aan waar daar ‘n tuinbou- werkswinkel gehou sal word. Kom geniet gratis tee en verversings. Stel asb vir Henriëtte du Plooy by BKB in kennis indien u sou belangstel om dit by te woon. Daar is slegs ‘n beperkte aantal sitplekke.

Bring gerus die kinders saam…….daar gaan ‘n lekker springkasteel wees!

Ons hoor graag van u!! Kom geniet die dag saam met ons en ervaar plattelandse gasvryheid.

GroeteElderei Steenkamp Henriette Du Plooy076 790 4878 083 508 0115

Stuur asb. bewys van betaling na: [email protected]

Hiermee borg ek _____________________________________ namens _________________________

die bedrag van R __________ ten bate van Kareehof Koshuis Jacobsdal se Gholfdag.

Ek wil graag die volgende opsie borg: ____________________________________________________

Bank: Eerste Nasionale BankTakkode: 230303Rekening nommer: 52560006664Tipe rekening: TjekrekeningVerwysing: Borg Gholfdag

Posbus 107JACOBSDAL8710Tel. no.: 076 790 4878Faks: 086-6328467E-pos: [email protected]

Sukkel jou kind met sy huiswerk smiddae of moontlik met ‘n spesifieke vak? Laat Biolink jou help! Die eksamen lê en loer. Laat ons die druk van jou as ouer afneem. Biolink help graag!

Ons bied smiddae ekstra klasse by die laerskool aan. Skakel my gerus vir meer inligting. Miranda van der Walt - 083 7090 688 of [email protected].