9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 19 2 - 9 Junie 2017 OUERS: SPORTAFSLUITINGSFUNKSIE: Baie dankie aan die ouers wat ons Sportafsluitingsfunksie bygewoon het. Baie dankie aan elke donateur vir julle ruimhartige bydrae. Dit word werklik waardeer! WISKUNDE HOOFREKENE / AFRIKAANSE SPELTOETSE: Graad 2 – 7 leerders skryf volgende week (Dinsdag, Woensdag en Donderdag) Wiskunde hoofrekene en Afrikaanse speltoetse in SM periodes. Leerders het nie nodig om voor te berei nie. EKSAMENROOSTER: Leerders het al hulle eksamenwerk op skrif ontvang. Die eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. BUITEMUURS: Alle buitemuurs het gestaak behalwe die volgende: Gimnastiek 0/12 Netbal “JAKKIES GOT TALENT”: Ouers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop R10 per persoon en kaartjies sal by die deure beskikbaar wees. KOSHUIS: Die koshuis se jaarlikse gholfdag vind op Saterdag, 26 Augustus by die Jacobsdal Gholfklub plaas. Hierdie fondsinsameling sal gebruik word om noodsaaklike opgraderingswerk by die koshuis te doen. Sien asseblief die brief wat by die nuusbrief ingesluit word. LEERDERDEELNAME: RUGBY EN NETBAL TEEN EUREKA: RUGBY: RUGBY: 0/7 A-span verloor 30 – 15 en B-span 50 – 0 0/9 Verloor 38 – 5 0/11 Verloor 31 – 0 0/13A Gelykop 17 – 17 0/13B Verloor 34 – 17 NETBAL: 0/9 Verloor 9 – 4 0/10 Verloor 13 – 10 0/11 Verloor 24 – 1 0/13A Verloor 28 – 15 0/13B Wen 19 – 13 RUGBY EN NETBAL TEEN HOPETOWN: RUGBY: 0/7 Verloor 5 – 0 0/9 Wen 40 – 0 0/11 Wen 26 – 0 0/13A Wen 45 – 7 NETBAL: 0/7 Verloor 3 – 0 0/8 Verloor 13 – 0 0/9 Wen 7 – 6 0/10 Verloor 13 – 8 0/11 Verloor 12 – 3

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 19 2 - 9 Junie 2017OUERS:SPORTAFSLUITINGSFUNKSIE:Baie dankie aan die ouers wat ons Sportafsluitingsfunksiebygewoon het. Baie dankie aan elke donateur vir julle ruimhartigebydrae. Dit word werklik waardeer!

WISKUNDE HOOFREKENE / AFRIKAANSE SPELTOETSE:Graad 2 – 7 leerders skryf volgende week (Dinsdag, Woensdag en Donderdag) Wiskunde hoofrekene en Afrikaanse speltoetse in SM periodes. Leerders het nie nodig om voor te berei nie.

EKSAMENROOSTER:Leerders het al hulle eksamenwerk op skrif ontvang. Die eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit.

BUITEMUURS:Alle buitemuurs het gestaak behalwe die volgende:Gimnastiek 0/12 Netbal

“JAKKIES GOT TALENT”:Ouers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop R10 per persoon en kaartjies sal by die deure beskikbaar wees.

KOSHUIS:Die koshuis se jaarlikse gholfdag vind op Saterdag, 26 Augustus by die Jacobsdal Gholfklub plaas. Hierdie fondsinsameling sal gebruik word om noodsaaklike opgraderingswerk by die koshuis te doen. Sien asseblief die brief wat by die nuusbrief ingesluit word.

LEERDERDEELNAME:RUGBY EN NETBAL TEEN EUREKA:RUGBY:

RUGBY:0/7 A-span verloor 30 – 15 en B-span 50 – 0 0/9 Verloor 38 – 5 0/11 Verloor 31 – 0

0/13A Gelykop 17 – 17 0/13B Verloor 34 – 17

NETBAL:0/9 Verloor 9 – 4 0/10 Verloor 13 – 10 0/11 Verloor 24 – 1 0/13A Verloor 28 – 15 0/13B Wen 19 – 13

RUGBY EN NETBAL TEEN HOPETOWN:RUGBY:0/7 Verloor 5 – 0 0/9 Wen 40 – 0 0/11 Wen 26 – 0 0/13A Wen 45 – 7

NETBAL:0/7 Verloor 3 – 0 0/8 Verloor 13 – 0 0/9 Wen 7 – 6 0/10 Verloor 13 – 8 0/11 Verloor 12 – 3 0/13A Wen 34 – 9 0/13B Wen 32 – 3

GIMNASTIEK:Baie geluk aan Cailyn Kriel (vlak 1) wat ‘n algehele 2de plek en Mariné Oosthuizen (vlak 2) wat ‘n algehele 5de plek met die Suid-Vrystaat Gimnastiekkompetisie behaal het.Die volgende gimnaste is in die Suid-Vrystaatspan opgeneem en gaan op 22-24 Junie 2017 aan die Sone Kampioenskappe te Kemptonpark deelneem:Sumari Oosthuizen, Chrizaan Hough, Cailyn Kriel, Mariné Oosthuizen, Zanté Oertel en Sandri van NiekerkBaie geluk!

NETBAL:Baie geluk aan Miandi Steenkamp wat in die Vrystaat 0/13 A-span (Lynx) en Anneline de Wet wat in die Vrystaat 0/12 C-span (Cheetahs) opgeneem is. Hulle gaan van 2 – 6 Julie aan die SA Netbalkampioenskappe te Boksburg deelneem.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop

SKAAK:Sterkte aan Rian Steenkamp en Heinrich Poolman wat op 2 en 3 Junie aan ‘n Kwalifiserende Skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem.

BYBELVASVRA:Baie geluk aan ons Bybelvasvraspan wat ‘n vierde plek in die Vrystaat vir die eerste rondte kompetisie behaal het.

SKIET:Geluk aan FW Calitz wat op 27 Mei aan die NP Muller skietkompetisie in Bloemhof deelgeneem het en ‘n 2de plek gekry het.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 4-klas hou hulle koekieverkoping op Maandag, 5 Junie. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

BIBLIOTEEKBOEKE:Alle biblioteekboeke moet asseblief volgende week ingehandig word.

TROLLIETREK:Leerders wat nog nie hulle produkte ingehandig het nie, moet dit asseblief op Maandag, 5 Junie by die klasonderwysers ingee. Gee ook al die kaartjies in wat nie verkoop is nie.Ons wil graag VIER TROLLIES vol maak met kruideniersware en skoonmaakmiddels. Slegs R20 ‘n kaartjie.Kaartjies kan tot Maandag, 12 Junie gekoop word.

VERLORE HORLOSIE:‘n Horlosie is by die een bus opgetel toe ons op Woensdag, 31 Mei teen Eureka rugby en netbal gespeel het. Doen navrae by die kantoor asseblief.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Gerhard Maritz (Heupoperasie)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop

EKSAMENROOSTER:Woensdag: 14 Jun Graad 1 – 3: Afrikaanse taal en skryfwerk

Donderdag: 15 Jun Graad 1: Afrikaanse leesGraad 2: Lees en luisterbegrip

19 - 26 Junie 2017

Dag: Dat: Gr 1: Gr 2: Gr 3: Gr 4: Gr 5: Gr 6: Gr 7:

Ma: 19 JunWISK

Bewerkings en telwerk

WISK WISK WISK WISK WISK WISK

Di: 20 Jun WISKVraestel 1

WISKVraestel 1

WISKVraestel 1

ENGSession 1:Language

Session 2:Writing

ENGSession 1:LanguageSession 2:

Writing

ENGSession 1:

Paper 2

ENGSession 1:

Paper 2

Wo: 21 Jun WISKData en meting WISK WISK LV NWT AFR

Vraestel 2AFR

Vraestel 2

Do: 22 Jun WISKVraestel 2

WISKVraestel 2

WISKVraestel 2

AFRTaalwerk SW AFR

Vraestel 3AFR

Vraestel 3

Vry: 23 Jun AFR AFR AFR NWT AFRTaalwerk

ENGSession 1:

Paper 3

ENGSession 1:

Paper 3

Ma: 26 Jun AFR AFR AFR SW

NWSessie 1

LOSessie 2

Di: 27 Jun LV LV ENG SW LV NWT EBW

Wo: 28 Jun ENG ENG LV AFRSkryfwerk

AFRSkryfwerk LV SW

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop

Liewe Borg/Donateur/Ouer Datum: 30/05/2017

Kareehof Koshuis hou vanjaar, tesame met BKB, op Saterdag, 26 Augustus 2017 ‘n gholfdag te Jacobsdal Gholfklub. Ons beoog om baie noodsaaklike opgraderingswerk in en om die koshuis te doen. Ons benodig heelwat fondse hiervoor en neem graag die vrymoedigheid om u te versoek vir ‘n bydrae deur een of meer van die onderstaande opsies:

Borg R10 000 as hoofborg en ontvang vrye teuels vir die oprigting van u advertensiemateriaal, gratis natgat en 1 x 4-hand inskrywing, gratis.

Borg R5 000 – advertensiemateriaal mag opgerig word en 1 x 4-hand inskrywing gratis. Die borg van een gaatjie beloop R1 500 ‘n Natgat beloop R2 000, waarby u enige advertensiemateriaal mag oprig met die verversings

van u keuse wat u aan die spelers verskaf. ‘n 4-Hand inskrywing beloop R1 000 (Better Ball Scramble). Halfweg-ete en aandete ingesluit.

BEPERKTE AANTAL SPELERS!! Skenk enige artikel, item of geldjie wat aangewend kan word as pryse.

VIR DIE DAMES!!!!!.....BKB bied, tesame met Protek, ‘n damesoggend aan waar daar ‘n tuinbou- werkswinkel gehou sal word. Kom geniet gratis tee en verversings. Stel asb vir Henriëtte du Plooy by BKB in kennis indien u sou belangstel om dit by te woon. Daar is slegs ‘n beperkte aantal sitplekke.

Bring gerus die kinders saam…….daar gaan ‘n lekker springkasteel wees!

Ons hoor graag van u!! Kom geniet die dag saam met ons en ervaar plattelandse gasvryheid.

GroeteElderei Steenkamp Henriette Du Plooy076 790 4878 083 508 0115

Stuur asb. bewys van betaling na: [email protected]

Hiermee borg ek _____________________________________ namens _________________________

die bedrag van R __________ ten bate van Kareehof Koshuis Jacobsdal se Gholfdag.

Ek wil graag die volgende opsie borg: ____________________________________________________

Bank: Eerste Nasionale BankTakkode: 230303Rekening nommer: 52560006664Tipe rekening: TjekrekeningVerwysing: Borg Gholfdag

Posbus 107JACOBSDAL8710Tel. no.: 076 790 4878Faks: 086-6328467E-pos: [email protected]

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop

Sukkel jou kind met sy huiswerk smiddae of moontlik met ‘n spesifieke vak? Laat Biolink jou help! Die eksamen lê en loer. Laat ons die druk van jou as ouer afneem. Biolink help graag!

Ons bied smiddae ekstra klasse by die laerskool aan. Skakel my gerus vir meer inligting. Miranda van der Walt - 083 7090 688 of [email protected].

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die “Jakkies got Talent-aand” wat op Maandag, 5 Junie om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop