12
1 MOSIES Me. Astrid van Oostveen verjaar Donderdag, 22 Augustus en Mev. Marie Boshoff verjaar Saterdag, 24 Augustus. Baie geluk! BERGFIETS Daar het sowat 600 ryers deelgeneem by H/S Wonderboom waarvan 45 van HTS John Vorster was. Twee van ons ryers was onder die top 5 in hulle kategorie nl. Johan Bunk by die Sub- Juniors (o/14) en Xander Dreyer by die o/17 o/19. So het ons dan ook 10 ander ryers wat onder die top 20 was in elkeen van hulle kategorieë. Kevin Scholtz het in rondte 1 van 4 baie hard geval en nogtans 15de geëindig uit 125 ryers. Baie dankie aan al die seuns en dogter wat deelgeneem het. Kevin Scholtz (middel) Charlize du Rand JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 27/2019

JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na [email protected] . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

1

MOSIES

Me. Astrid van Oostveen verjaar Donderdag, 22 Augustus en Mev. Marie Boshoff

verjaar Saterdag, 24 Augustus. Baie geluk!

BERGFIETS

Daar het sowat 600 ryers deelgeneem by H/S Wonderboom waarvan 45 van HTS John

Vorster was.

Twee van ons ryers was onder die top 5 in hulle kategorie nl. Johan Bunk by die Sub-

Juniors (o/14) en Xander Dreyer by die o/17 – o/19.

So het ons dan ook 10 ander ryers wat onder die top 20 was in elkeen van hulle

kategorieë.

Kevin Scholtz het in rondte 1 van 4 baie hard geval en nogtans 15de geëindig uit 125

ryers.

Baie dankie aan al die seuns en dogter wat deelgeneem het.

Kevin Scholtz (middel)

Charlize du Rand

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 27/2019

/2017

Page 2: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

2

Johan Bunk (regs)

Xander Dreyer (regs)

GROEPFOTO’S

Groepfoto's is teen k111, 112 en 113 se vensters opgeplak. Indien jy wil bestel, kry asb by

daardie klas se onderwyser 'n koevert, volg die instruksies op die koevert en handig dit

voor 4 September 2019 by die finansiële kantoor in. Gebruik asb die name soos op die

vasgekramde papier, A5=R50 en A4=R70.

VAKANTE POS DISSIPLINE KANTOOR

Daar is ‘n assistentpos in die Dissipline kantoor beskikbaar. Vereistes:

• 100% tweetalig en taalvaardig (skryf en praat)

• Rekenaarvaardig (Word, Excel) en bereid om ander stelsels te leer

• Moet administratief baie sterk wees

Dissipline met kinders kan toepas (‘n Regsagtergrond sal ‘n aanwins wees)

• Salaris: R 9 000p/m

• Begindatum: 1 Oktober 2019

Sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Augustus 2019. Stuur CV na [email protected]

Page 3: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

3

WARRIOR RACE

Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

wees. Daar gaan ekstra hindernisse wees hierdie jaar om dit nog meer uitdagend te maak!

Leerders betaal R20 in by hul klasvoogde.

Een van die jaarlikse hoogtepunte van baie JV’s is die brugboukompetisie wat tradisioneel

gedurende Augustus plaasvind. Die kompetisie word al vir meer as 20 jaar onder die

leerlinge gehou. Elke jaar moet die leerlinge ‘n brug uit ongeveer 20 vierkantige stokkies

van 3 mm by 3 mm, in drie ure bou. Daar word in twee afdelings meegeding nl. die mees

estetiese brug en die hoof kompetisie, die brug wat die grootste las tot sy eie massa kan

dra.

Nog ‘n eerste vir HTS John Vorster is dat twee laerskoolspanne vir die eerste keer ook aan

die brugboukompetisie deelgeneem het.

Die kompitisie word verdeel in ‘n junior (gr 8 en 9) en senior (gr 10, 11 en 12) afdeling.

Hierdie jaar het ons vir ‘n derde keer in ‘n ry ‘n rekord getal inskrywings gehad. 70 spanne

het ingeskryf wat aan ongeveer 250 leerlinge ‘n geleentheid gebied het om brûe te ontwerp,

saam baie pret te hê, leierskap te ontwikkel en onder druk te leer om saam te werk.

BRUGBOU

Page 4: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

4

Die spesifikasies waaraan die brûe moet voldoen, wissel jaarliks wat tot gevolg het dat

langer brûe ‘n kleiner las kan dra. Brûe word aan breektoetse onderwerp om te bepaal wat

die maksimum las is wat ‘n brug kan dra. Die rekord is ‘n brug wat 100 kg kon dra sonder

om te breek.

Ons wil graag ons borg, Pratley, bedank vir hulle ondersteuning van ons skool se

brugboukompitisie. Dit is sulke volgehoue venootskappe en ondersteuning van die

gemeenskap wat kwaliteit opvoeding volhoubaar maak.

Die uitslae van die kompetisie was soos volg:

Juniors Sterkste Brug:

Eerste Plek: Prysgeld R2000

Johan Steyn, Naletta Nagel, Alyssa Vieira en Phebe Venter. (v.l.n.r)

Tweede plek: Prysgeld R1000

Hanro de Bruin, Xander Bredenkamp, Johan Norman en Josua van Rensburg

Derde plek: Prysgeld: R800

Zanika Venter en Dané van Staden

Juniors Mees Estetiese brug en beste vakmanskap: Prysgeld: R300

Bendré Wiese, Sean van der Westhuizen en Michael van Heerden

Seniors Sterkste Brug:

Eerste Plek: Prysgeld R2000

Daniël Truter, Tiaan van der Merwe, Lané Smit en Inge Vosloo. (v.l.n.r)

Page 5: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

5

Tweede plek: Prysgeld R1000

Ben Bunk, Tiaan Britz en Johan Bunk

Derde plek: Prysgeld: R800

Darius Beneke, Erik de Jong, Braham Brown en Duan Filmalter

Seniors Mees Estetiese brug en beste vakmanskap: Prysgeld: R300

Ivan Kruger, Corné Legemaat, Wian Potgieter en Jaco Groenewald

Dankie aan die graad 7-leerders wat ook deelgeneem het aan ons brugbou!

LANDLOOP

KRIEKET

Johann Walker

Hanro vd Byl

Page 6: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

6

Die Lentesokkie vind plaas op 30 Augustus, hou hierdie spasie dop!.

LENTESOKKIE

Page 7: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

7

PLC-KURSUS

Daar is nog net 8 plekke oop vir die PLC-kursus van 23-27 September. Stuur so

gou as moontlik die inskryfvorm na [email protected] om teleurstelling te

voorkom.

FURY MOTORKOMPETISIE

Ons jaarlikse motorkompetisie het weer begin. Vir slegs R10 - dis minder as

die prys van ‘n brood - staan u die kans om ‘n splinternuwe Mazda 2 te wen!

Ons wil ‘n ernstige versoek tot al die lede van die skoolgemeenskap rig om weereens

hierdie geleentheid saam met ons te benut en ons te help om soveel moontlike

hoeveelheid kaartjies vir die skool te verkoop. Ons mikpunt is dat elke leerder ten

minste 2 boekies (20 kaartjies) sal verkoop.

Enige ouer/voog wat die verantwoordelikheid op hulself wil neem om ekstra kaartjies te

verkoop, kan skriftelik by mnr. Botha daarvoor aansoek doen. Om seker te maak almal trek

voordeel uit die kompetisie, hoef leerders slegs agt van die tien kaartjies te verkoop. ‘n

Leerder hoef dus net R80 per boekie in te betaal, alhoewel enkelkaartjies steeds R10 per

kaartjie bly.

Ondersteun ons asseblief in hierdie veldtog.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Dankbaarheid is ‘n aangekweekte eienskap. As ons dankbare kinders wil hê, moet ons

hulle leer om dankbaar te wees. - Dale Carnegie

SAAMRYGELEENTHEID GESOEK

Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Mayville/Eloffsdal

omgewing, kontak asseblief vir Reon van Sittert by 081 401 7715.

Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Braam Pretorius-

straat, kontak Elmarie Ludik by [email protected].

GRAPJAS

Piet: “Waarom lyk jy so treurig, Koos?”

Koos: “Ek kom nou net van die begraafplaas af.”

Piet: “Is iemand dood?”

“Ja, sug Koos bedruk, almal!”

Page 8: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

8

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-straat

gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte

terug.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie

en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za

of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene

kantoor kom afhaal.

Makro

Daar is twee opsies:

• Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool

ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.

• Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die kaart

aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat u by

Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle dit

kan aanteken, die skool ontvang krediet.

Page 9: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

9

SKRYWE ONTVANG INSAKE TUT-KOMPETISIE

HTS JV maak skoonskip by TUT-kompetisie

Page 10: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

10

ADVERTENSIES

Page 11: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

11

Page 12: JV-NUUS - SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za . 3 WARRIOR RACE Ons het op 6 September die Warrior Race en dit beloof, om soos in die verlede, groot pret te

12

STRESONTLAAIER