6
Kleurvol op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Wiskunde Wonnie Gholfdag Voortrekkers Fotobestellings Prestasies buite skoolverband Sport-en-Kultuur meriete Seniorkoor Klawerklitsiefoto's Atletiek 2018 Begroting Kuieroggend Gr1's 2018 Eksamenreëlings Gratis Kopluismiddel Edu-Profile Wonnies is Sprankelkinders! Wonnie-Gholfdag Die Wonnies hou op Woensdag, 22 November, 'n gholfdag ten bate van ons Oueromgeegroep (OOG), by WingatePark Gholfbaan. Alle gholfentoesiaste, teken asseblief hierdie datum in jul dagboeke aan! Ouers is ook meer as welkom om vir ‘n 4- bal in te skryf. Hou asseblief die skool se korrespondensie dop en indien iemand wil bespreek of verdere inligting benodig, skakel asseblief vir Annelize by 012-543 0208 of e-pos [email protected]. Kleur jou lewe in! 2 November 2017 Geagte Ouers en Wonniepersoneel Die jaar bereik nou weer 'n seisoen van laastes. Laaste byeenkomste, wedstryde, eksamens en allerhande "laastes" vir 2017, wat 'n mens noodwendig aan die kom- en-gaan van seisoene laat dink. Daar is reeds Kersfeesversierings en vakansie- aanloklikhede oral in winkelsentrums te sien en die energie van afwagting vir die heerlike lang somervakansie bruis reeds voelbaar in die gange van Laerskool Wonderboom. Ons sien uit na die laaste groot prestasies en die beloningsaande vir hierdie prestasies en natuurlik vee ons hier-en-daar 'n traan weg oor die afskeid van leerders, ouers en personeel wat aanbeweeg en hul nuwe seisoene buite die grense van Laerskool Wonderboom gaan voortsit. Die graad 7-kerkdiens vind môre-oggend om 8:00 in die die skoolsaal plaas. Lindie Strydom gaan 'n spesiale boodskap vir ons vertrekkende graad 7's gee en ons glo dat dit 'n wonderlike inspirasie vir almal sal wees. Verrigtinge in die saal behoort teen 9:00 afgehandel te wees, waarna die graad 7-leerders weer met hul gewone skooldag aangaan. Die ouers geniet vir oulaas 'n koppie koffie of tee saam met ons na die verrigtinge in die saal. Kleurvolle groete L.M. Kruger Nuusbrief 37 Wiskunde Die graad 4-7-slimkoppes wat na die tweede rondte van die Amesa wiskunde deurgedring het, het 13 brons en 12 silwer sertifikate verwerf. Baie geluk! Ons is trots op julle! Neem asseblief kennis dat skoolure vir 2018 op Vrydae verander. Die skool sal vanaf 2018, volgens departementele voorskrifte vanaf Maandae tot Vrydae, 7:30 13:30 wees.

Kleur jou lewe in! · "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Kleur jou lewe in! · "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou

Kleurvol op die Wonniewerf

Boodskap van die hoof

Wiskunde

Wonnie Gholfdag

Voortrekkers

Fotobestellings

Prestasies buite skoolverband

Sport-en-Kultuur meriete

Seniorkoor

Klawerklitsiefoto's

Atletiek

2018 Begroting

Kuieroggend Gr1's 2018

Eksamenreëlings

Gratis Kopluismiddel

Edu-Profile

Wonnies is Sprankelkinders!

Wonnies is Sprankelkinders!

Wonnie-Gholfdag Die Wonnies hou op Woensdag, 22 November, 'n gholfdag ten bate van ons Oueromgeegroep (OOG), by WingatePark Gholfbaan. Alle gholfentoesiaste, teken asseblief hierdie datum in jul dagboeke aan! Ouers is ook meer as welkom om vir ‘n 4-bal in te skryf. Hou asseblief die skool se korrespondensie dop en indien iemand wil bespreek of verdere inligting benodig, skakel asseblief vir Annelize

by 012-543 0208 of e-pos [email protected].

Kleur jou lewe in!

2 November 2017

Geagte Ouers en Wonniepersoneel

Die jaar bereik nou weer 'n seisoen van laastes. Laaste byeenkomste, wedstryde, eksamens en allerhande "laastes" vir 2017, wat 'n mens noodwendig aan die kom-en-gaan van seisoene laat dink. Daar is reeds Kersfeesversierings en vakansie-aanloklikhede oral in winkelsentrums te sien en die energie van afwagting vir die heerlike lang somervakansie bruis reeds voelbaar in die gange van Laerskool Wonderboom. Ons sien uit na die laaste groot prestasies en die beloningsaande vir hierdie prestasies en natuurlik vee ons hier-en-daar 'n traan weg oor die afskeid van leerders, ouers en personeel wat aanbeweeg en hul nuwe seisoene buite die grense van Laerskool Wonderboom gaan voortsit. Die graad 7-kerkdiens vind môre-oggend om 8:00 in die die skoolsaal plaas. Lindie Strydom gaan 'n spesiale boodskap vir ons vertrekkende graad 7's gee en ons glo dat dit 'n wonderlike inspirasie vir almal sal wees. Verrigtinge in die saal behoort teen 9:00 afgehandel te wees, waarna die graad 7-leerders weer met hul gewone skooldag aangaan. Die ouers geniet vir oulaas 'n koppie koffie of tee saam met ons na die verrigtinge in die saal.

Kleurvolle groete L.M. Kruger

Nuusbrief 37

Wiskunde Die graad 4-7-slimkoppes wat na die tweede rondte van die Amesa wiskunde deurgedring het, het 13 brons en 12 silwer sertifikate verwerf. Baie geluk! Ons is trots op julle!

Neem asseblief kennis dat skoolure vir 2018 op

Vrydae verander. Die skool sal vanaf 2018, volgens departementele

voorskrifte vanaf Maandae tot Vrydae,

7:30 – 13:30 wees.

Page 2: Kleur jou lewe in! · "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou

Voortrekkers Voor-die-Berg kommando is baie trots op ons penkoppe en drawwertjies wat die Voorslagkamp gedoen en voorslag verwerf het. Janeco Coetzee (Goud), Andre Smit (Goud), Ilze Smit (Goud), Gustav Pretorius (Goud), Hennie Smith (Goud), Niel Kruger (Silwer), Chanre Hooper (SIlwer), Simone de Koker (Silwer), Iwan Groenewald (SIlwer), Rupert Jansen van Rensburg (Brons), Mayer Wesson (Brons) en Martinus Swart (Brons). Julle het sowaar Voor-die-Berg se naam hoog gehou! Baie welkom by die verkenner lewe! Saterdag was die kommando meriete-aand en jaarafsluiting. Wat ‘n voorreg om die jaar so positief te kon afsluit! Ons wil graag baie dankie se aan elke Voortrekker en ouer wat die jaar met ons gedeel het. Julle het hard gewerk,

baie waardevolle kentekens verwerf, lewens verryk en diep spore in ons offisiere se harte getrap. Groete tot volgende jaar!

Toekenning vir prestasies buite skoolverband Maandag, 27 November 2017, word die jaarlikse toekennings aan leerders wat buite skoolverband op Provinsiale of Nasionale vlak presteer het, toegeken. Prestasies buite skoolverband is waar leerders presteer in omstandighede buite skoolverband waarby die skool nie geaffilieer is nie, of waar die betrokke aktiwiteit of item nie noodwendig deel van die skool se buitekurrikulêre program is nie. Prestasie buite skoolverband, op Provinsiale en/of Nasionale vlak, word deur Laerskool Wonderboom erken as prestasies buite skoolverband. As gevolg van die omvang van hierdie toekennings sal dit aan die einde van die jaar tydens ‘n saalgeleentheid gedurende die week toegeken word.Dit is die plig van elke ouer van leerders wat aansoek doen vir erkenning vir prestasie buite skoolverband om die nodige skriftelike voorlegging betyds te maak as bewys van sodanige prestasies. Die ouer moet saam met die aansoek, binne die voorgeskrewe tydperk, skriftelike bewys lewer, op ‘n amptelike briefhoof van die vereniging / organisasie, (nie klub), van die betrokke sportsoort. Die name van die leerders verbonde aan Laerskool Wonderboom asook hul verkiesing en verwerwing van “volle provinsiale KLEURE” (verteenwoordig die provinsie op SA-byeenkoms of toernooi) / “nasionale kleure” (verteenwoordig S.A. op internasionale byeenkoms of –toernooi), moet duidelik op die bogenoemde brief aangdui word. Daar moet bewys gelewer word dat die leerder nie net geregistreer was by die vereniging / organisasie nie, maar ook op Provinsiale en/of Nasionale vlak deelgeneem het en kleure verwerf het in 2017. Die volgende is belangrike punte om van kennis te neem: Die tipe toekenning sal geëvalueer word na oorweging van elke spesifieke geval. Die hoogste toekenning verleen vir prestasie buite skoolverband is ‘n vergulde sertifikaat. Toekennings sal binne skoolure geskied. Die aansoekvorm moet volledig voltooi word en alle nodige stukke moet daarby aangeheg word. Die voorblad moet voltooi word en bo-aan die aansoek vasgekram word. Die leerder se naam op die aansoekvorm sal net so op die sertifikaat verskyn. Die aansoekvorm moet volledig voltooi word en alle nodige stukke moet hierby aangeheg word.

Onvolledige aansoeke sal ongelukkig nie verwerk kan word of ‘n toekenning gemaak kan word nie. Alle afskrifte van bewyse moet gewaarmerk wees. Die aansoek moet voor die keerdatum ingehandig word.

Die sluitingsdatum vir die indien van aansoeke is môre, 3 November 2017, om 12:00. Geen aansoek sal na die sluitingsdatum

aanvaar word nie. Aansoekvorms kan by mnr. Fivaz of by die kantoor afgehaal word.

Fotobestellings Bestelvorms kan by mnr. Fivaz (kamer 36) afgehaal word. ‘n Leerder het slegs een bestelvorm nodig om al sy/haar foto’s te bestel. Plaas die bestelvorm, met die korrekte bedrag, in ‘n koevert en handig dit by u kind se register-onderwyser in. Maak asseblief seker dat die leerder se naam, van en graad op die bestelvorm aangedui word. Foto’s is by die afrigters beskikbaar indien die leerders daarna wil kyk. Foto’s kos R40,00 per foto.Fotobestellings sluit môre, 3 November. ONTHOU ASSEBLIEF:

GEEN GELDE MOET IN DIE SKOOL SE REKENING INBETAAL WORD NIE EN DIE KORREKTE BEDRAG, TESAME MET DIE BESTELVORM, MOET IN ‘N KOEVERT

SKOOL TOE GESTUUR WORD.

Page 3: Kleur jou lewe in! · "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou

Klerekas Ouers word versoek om asseblief 'n draai by die klerekas te maak indien enige van u kind se besittings verlore geraak het. Daar is tans baie klere en ander besittings wat onopgeëis is. Die klerekas het baie beperkte ruimte en ons sal dit dus opreg waardeer as dié besittings weer by hul regmatige

eienaars kan uitkom!

Bekragtiging van 2018-begroting Vergadering vind op Donderdag, 9 November

2017, om 18:00 in die skoolsaal plaas.

Netbal Alle O/12-dogters wat volgende jaar wil netbal speel, moet asseblief hul name by mev. H. de Nysschen in kamer 9 opgegee word. Proewe vir O/13-spanne (2018) sal Dinsdag, 7 November 2017, vanaf 14:00-

16:00 plaasvind.

Sport- en Kultuur meriete Leerders wat deel uitmaak van die sport- en kultuurmeriete-aand op Woensdag, 8 November, het reeds ‘n skrywe in dié verband ontvang. Kultuurtoekennings vind om 18:00 en Sport direk daarna om 18:45. Indien die kultuur-gedeelte 'n bietjie langer aanhou, vra ons dat u asseblief geduldig sal wees. Ons kultuurgroepe het vanjaar ongelooflike prestasies opgelewer en heelwat leerders ontvang meriete. Dinsdag, 7 November, om 07:40 stap alle leerders wat by hierdie meriete-aand betrokke is, na NG-Overkruin vir die inoefening. Onderwysers sal die kinders vergesel. Sodra die inoefening afgehandel is, sal die groep as geheel weer terug stap, waarna die gewone skooldag tot 13:30 voortgesit sal word. Ons sien uit na ‘n pragtige aand waar ons leerders beloon sal word

vir hul spog-prestasies !

Kuieroggend – Graad 1's vir 2018 9 November 2017, 9:00, in die skoolsaal. Leerders sal reeds ingedeel wees en word op hierdie belangrike oggend aan

hul juffrou vir 2018 bekendgestel!

Seniorkoor Die afsluitingsfunksie vir die seniorkoor van 2017, vind Vrydagmiddag, 3 November, om 13:30 tot 15:00 by Deo Gloria plaas. Die kinders kan direk na skool verklee in gewone gemaklike klere en by K35 ontmoet, vanwaar die personeel hulle na die restaurant sal vergesel. Ouers kan hul kinders om 15:00 by die restaurant afhaal. Gelukwensingsbriewe vir seniorkoor 2018, is reeds uitgedeel. Skeurstrokies moet asseblief voor of op Woensdag 8 November by mev Elsabé Swart in K34 ingehandig word. Ná hierdie datum neem ons aan dat u kind

nie deel van die seniorkoor in 2018 sal wees nie.

Kunsklasse vir kinders

Alle mediums

Amanda Marais 083 653 8770

Atletiek Ons wens al die Wonnie-atlete sterkte toe vir die atletiek wat vandag tuis plaasvind, teen Laerskool Constantiapark. Ons hou styf duimvas en vertrou dat dit baie goed sal gaan. Baie dankie aan almal wat getrou oefen en deelneem om die Wonnies se naam hoog te hou!

Oefenprogramme vir die vakansie sal aan die atlete oorhandig word.

Gee jou kind die kans om die vreugde van musiek te ervaar! Ek bied klavier, klawerbord en musiekteorie-lesse aan vir enige iemand wat belangstel. Genres: Ligte Musiek (sluit popmusiek in), Jazz en Klassieke Musiek. Leerders het die geleentheid om deel te neem aan eksterne eksamens (bv. Trinity, UNISA of Rockschool) maar ook aan kunswedstryde (bv. Noordekruin, Pretoria Eistedfodd). Ek is ook bereid om die les by die leerder se huis te gee, om sodoende vervoer vir die ouers makliker te maak. (daar word dan net tussen R50,00 en R100,00 by die maandelikse lesgeld gevoeg vir petrol, afhangend van waar dit is)

Vir meer inligting, kontak my gerus: Angelique – 074 766 7049

(ek is beskikbaar op Whatsapp) [email protected]

Klawerklitsie-foto's Die Klawerklitsie-foto's word op 7 November, vanaf 13:30 geneem. Klitsies moet asseblief AL HULLE KOSTUUMS EN "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou Rethna se klas toe gaan vir grimering. Klawerklitsie-ouers kan die kinders om 14:30 by die skool kom afhaal.Die leerders kom met

skoolklere skool toe en trek na skool hul kostuums aan.

Page 4: Kleur jou lewe in! · "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou

Novembereksamenreëlings en rooster Dit is met groot opgewondenheid dat ons almal na die Desembervakansie uitsien. Voor ons daar kan uitkom, moet ons almal eers rekenskap gee van die kennis wat ons deur die jaar opgedoen het. Ouers moet asseblief kennis neem van die veranderinge en byvoegings tot ons eksamenrooster. Die reëlings is soos volg:

Die eksamen begin Vrydag, 10 November.

Die sessietye is soos volg: o Sessie 1: 7:30 tot 8:30 Leersessie o Sessie 2: 8:45 tot 10:45 Algemene eksamen en Skryfsessie o Sessie 3: 11:00 tot 13:00 Skryfsessie

Alle handboeke word op die dag wat die vak geskryf word, ingehandig. Indien ‘n handboek verlore is, moet die bedrag vir verlore handboek by die finansiële kantoor inbetaal word (R160).

Vanaf Donderdag, 9 November sal die skool om 13:00 verdaag.

Vanaf Maandag, 27 November sal die skool om 11:00 verdaag, behalwe op die dae wat die betrokke leerders vir die merietefunksies oefen.

Die skool se netheid- en voorkomsreëls is steeds geldig in eksamentyd en sal streng toegepas word tydens merietefunksies. Ons vra dat ouers ons hiermee sal help om ongelukkigheid te vermy deur ‘n leerder nie op die verhoog toe te laat nie! Geen selfoonhorlosies sal toegelaat word nie.

Daar sal ‘n toesigklas per graad tot 13:00 wees vir leerders wat nie 11:00 kan verdaag nie.

Daar is Distriksvraestelle wat deur die graad 6-leerders geskryf moet word. Hierdie vraestelle is verpligtend en gaan die vierde kwartaal se eksamenpunt en dus die leerder se jaarpunt uitmaak.

Leerders is verplig om die volle dag teenwoordig te wees tydens eksamen en sal slegs toegelaat word om eksamen te skryf indien hulle die oggend teenwoordig was.

Indien ‘n leerder afwesig is vir ‘n eksamen, sal hy/sy slegs toegelaat word om te skryf met ‘n geldige doktersbrief/rede. Daar sal van die leerder verwag word om op die toets af te lê op die eerste dag terug by die skool.

Leerders en ouers moet hulself asseblief vergewis van die gewig wat die eksamens uitmaak van die jaarpunt. o Gr. 4 tot 6 - 25% o Gr. 7 - 60%

Die skool sluit vir die leerders op Woensdag 6 Desember. Rapporte kan afgehaal word van 7:00 tot 8:00 by die registeronderwysers.

Indien daar enige onduidelikheid of vrae is, moet u asseblief die kantoor kontak.

Sessie Maandag 6 Dinsdag 7 Woensdag 8 Donderdag 9 Vrydag 10

1 (7:30 - 8:30) Super Wonnie

Pouse beloningsdag

2 (8:45 - 10:45)

Sport en Kultuur Afr Skryfstuk

Gr. 4 - 7

Pouse Meriete-aand

3 (11:00 - 13:00) inoefening Eng Skryfstuk

Gr. 4 - 7

Sessie Maandag 13 Dinsdag 14 Woensdag 15 Donderdag 16 Vrydag 17

1 (7:30 - 8:30)

Pouse

2 (8:45 - 10:45) NW Alg. Gr. 6 Wisk Alg. Gr. 6

Wiskunde1 Gr.7

Pouse

3 (11:00 - 13:00) Geskiedenis Gr. 4 - 7

LO Gr. 7 LV Gr. 4 - 6

NW & Teg Gr. 4,5 NW Gr. 7

Teg Gr. 7

Wisk Gr. 4,5 & 7

Sessie Maandag 20 Dinsdag 21 Woensdag 22 Donderdag 23 Vrydag 24

1 (7:30 - 8:30)

Pouse

2 (8:45 - 10:45) Eng. Alg. Gr. 6 KK Gr. 7 EBW Gr. 7

Pouse

3 (11:00 - 13:00) Eng. Gr. 4,5 & 7 Afrikaans Gr. 4 - 7

Geografie Gr. 4 - 7

Operasie opruim

Sessie Maandag 27 Dinsdag 28 Woensdag 29 Donderdag 30 Vrydag 1

1 (7:30 - 8:30)

Pouse

2 (8:45 - 11:00) Meriete-aand

inoefening Gr. 4 - 7

Page 5: Kleur jou lewe in! · "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou

Kopluise Arrie Nel Apteke, in samewerking met Technicon Laboratories het tans 'n insiatief genaamd, "Para Plus Lice Spray School Drive". Ouers wat belangstel om 'n gratis bottel van dié spuitstof vir kopluise by Arrie Nel Apteek-Annlin of -Doornpoort te kry, moet asseblief die onderstaande brief uitdruk en saamneem na een van die apteke om u gratis bottel "Para Plus Lice Spray" te ontvang. -------------------------------------------------------------------------------------------------------------

2 November 2017 Arrie Nel Apteek Vir wie dit mag aangaan Baie dankie vir u inisiatief "Para Plus Lice Spray School Drive" Die draer van hierdie brief, reageer op u aanbod en ons versoek dat u hom/haar asseblief sal voorsien van een van die gratis bottels Para Plus Lice spray, soos u dit vir ons skool aangebied het. Hartlike groete en dank L.M. Kruger Hoof

Page 6: Kleur jou lewe in! · "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou

MySchool Edu-profile is ‘n besigheid wat ons by Laerskool Wonderboom voel waarde gaan toevoeg op vele vlakke van ons skool se kinders. Hierdie program is tekenend van ons uitgangspunt om hande te neem met die ouers van ons skool om te verseker dat elke kind se potensiaal ten volle ontwikkel word. Ons fokus is daarop om die ouer te bemagtig.

Om u as ouer te ondersteun in die ontwikkeling van u kind het ons met MySchool Edu-profile ooreengekom dat elke leerder vanaf Graad 1 tot 4 se genetiese breinprofiel getoets sal word. Die graad R-groep van 2018 sal met die program en al sy voordele in die nuwe jaar begin. Dan volg daar akademiese- en sport intervensies wat deur u, saam met u kind hanteer word.

Die program met sy intervensies word onderskryf deur die Neurowetenskap Departement van Dr. Peet du Toit wat by die Universiteit van Pretoria die departement lei. Ons is opgewonde oor die feit dat daar dan ook navorsing gedoen word in samewerking met hierdie departement.

Die intervensies is geskryf deur ‘n span deskundiges wie in die praktyk staan en innoverend in hul werkswyse is. Tydens die Oueraande wat op ons jaarprogram beplan is, sal die span van Myschool Edu-profile u te woord staan en meer inligting verskaf. Ons gee die verskillende opsies wat tot u beskikking is hieronder deur.

OPSIE 1: Aanlyn

Elke onderwyser se genetiese breinprofiel word getoets en opleiding daarin word verskaf. Die doel hiervan is om effektiewe kommunikasie en leer in die klas te laat plaasvind. As die onderwyser die leerder se inherente voorkeure verstaan, kan hy of sy die kind op sy behoefte ontmoet.

Elke leerder vanaf graad R tot 4 se breinprofiel word ook gratis getoets. Die elektroniese assessering word aanlyn, saam met u kind voltooi. Die waarde daarvan om u kind se profiel te verstaan gaan u daarin ondersteun om daardie nagmerrie huiswerkmiddae met gemak te kan hanteer.

Die intervensies waarvoor u as ouer dan inskryf is so geskryf dat u elke middag maksimum 10 minute kwaliteittyd saam met u kind kan spandeer. Ons bemagtig u met kennis om u kind te kan ondersteun.

Die intervensies sluit lekker speel, lees en oefeninge in wat die skooldag se prosesse gaan vaslê. Daar is kosbare oomblikke waar u kwaliteittyd met u kind spandeer. U word begelei om te kan sien of u kind die mylpale kan behaal en of daar nog werk gedoen kan word.

OPSIE 2: Laboratorium

Elke onderwyser se genetiese breinprofiel word getoets en opleiding daarin word verskaf. Die doel hiervan is om effektiewe kommunikasie en leer in die klas te laat plaasvind. As die onderwyser die leerder se inherente voorkeure verstaan, kan hy of sy die kind op sy behoefte ontmoet.

Elke leerder vanaf graad R tot 4 se breinprofiel word ook gratis getoets. Die elektroniese assessering word aanlyn, saam met u kind voltooi. Die waarde daarvan om u kind se profiel te verstaan, gaan u daarin ondersteun om nagmerrie huiswerkmiddae met gemak te kan hanteer.

Die intervensies waarvoor u as ouer dan inskryf, word in die laboratorium op die skoolterrein met behulp van Honneursstudente en gekwalifiseerde persone aan 8 leerders per uur na skool aangebied.

Die intervensies sluit lekker speel, lees en oefeninge in wat die skooldag se prosesse gaan vaslê – daardie kosbare oomblik waar u kwaliteittyd met u kind spandeer. U word begelei om te kan sien of u kind die mylpale kan behaal en of daar nog werk gedoen kan word.

Die intervensies van die neuro-wetenskaplike oefeninge word ook hier met mylpale en metings aangebied. Daar vind gedurige assesserings plaas waar u, u kind se vordering sal kan volg.

Kontak gerus ons span by www.myschooledu-profile.co.za Morné Botha – 083 277 8607

Lynne de Vos – 082 627 7693