8
KAMPUS NUUS Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit Junie 2005 - Uitgawe 5 Die Noordwes-Universiteit is as die mees progres- siewe innoverende opvoedkundige instelling vir 2004 aangewys. Dié prestige-toekenning is in Mei deur die innova- siefonds van die department wetenskap en tegno- logie gemaak. Daarmee het die universiteit ‘n half miljoen rand ontvang. (Die Universiteit van Stellen- bosch het ‘n miljoen rand ontvang ná hy as die mees innoverende gevestigde universiteit aangewys is.) Saam met dié toekenning is die NWU ook die enigste universiteit wat met al drie sy studente- inskrywings onder die top twaalf finaliste geëindig het. Die tweede prys in dié deel van die kompetisie van R200 000 is vir die “intelligente vonkprop” wat deur Paulus Krüger, Barend Visser, Gerard Moerdyk en prof. Okkie de Jager van die eenheid vir ruimtefisika ontwerp is. Die ander twee inskrywings was vir die kansgetal generator (ook van die eenheid vir ruimtefisika met Riaan Botha, Roelf Botha, Barend Visser, Gerard Moerdyk en prof. Okkie) en die JS1 Revelation – nuwe generasie 18 m klas sweeftuig van die skool vir meganiese ingenieurswese (met Johan Bosman, Riaan de Bruin, Attie en Uys Jonker). Dr. Rudi van der Walt, direkteur van innovasie en kommersialisering, sê daar was oorspronklik 21 inskrywings waarvan hulle twaalf kon kies en uitein- delik drie bestes ingeskryf het. Die innovasiefonds het al- tesame 57 inskrywings ont- vang waar die NWU se drie onder die twaalf bestes geëin- dig het. Hy het gesê universiteite sal nie kan innoveer sonder die hulp van die innovasiefonds nie. Hy het die fonds geprys omdat hulle uit hul pad gaan om met die oordrag van teg- nologie en die bevordering van innovasie te help. Die kompetisie vir 2005 het reeds afgeskop. NWU ís pr NWU ís pr NWU ís pr NWU ís pr NWU ís pr o o o o o g g g g g r r r r r essief essief essief essief essief inno inno inno inno inno v v v v v er er er er er end end end end end Bo: Dr. Rudi van der Walt en me. Ilse Louw van innovasie met die tjek wat die universiteit ontvang het as die mees progressiewe tegnologiese innoverende universiteit. Links: Paulus Krüger en Barend Visser verduidelik wat se revolusie die nuwe generasie vonkprop in petrolenjins kan meebring. KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM 1

KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

KAMPUSNUUSPersoneelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Junie 2005 - Uitgawe 5

Die Noordwes-Universiteit is as die mees progres-siewe innoverende opvoedkundige instelling vir 2004aangewys.

Dié prestige-toekenning is in Mei deur die innova-siefonds van die department wetenskap en tegno-logie gemaak. Daarmee het die universiteit ‘n halfmiljoen rand ontvang. (Die Universiteit van Stellen-bosch het ‘n miljoen rand ontvang ná hy as die meesinnoverende gevestigde universiteit aangewys is.)

Saam met dié toekenning is die NWU ook dieenigste universiteit wat met al drie sy studente-inskrywings onder die top twaalf finaliste geëindighet.

Die tweede prys in dié deel van die kompetisie vanR200 000 is vir die “intelligente vonkprop” wat deurPaulus Krüger, Barend Visser, Gerard Moerdyk enprof. Okkie de Jager van die eenheid vir ruimtefisikaontwerp is.

Die ander twee inskrywings was vir die kansgetalgenerator (ook van die eenheid vir ruimtefisika metRiaan Botha, Roelf Botha, Barend Visser, GerardMoerdyk en prof. Okkie) en die JS1 Revelation –nuwe generasie 18 m klas sweeftuig van die skoolvir meganiese ingenieurswese (met Johan Bosman,Riaan de Bruin, Attie en Uys Jonker).

Dr. Rudi van der Walt, direkteur van innovasie enkommersialisering, sê daar was oorspronklik 21inskrywings waarvan hulle twaalf kon kies en uitein-delik drie bestes ingeskryfhet. Die innovasiefonds het al-tesame 57 inskrywings ont-vang waar die NWU se drieonder die twaalf bestes geëin-dig het.

Hy het gesê universiteite salnie kan innoveer sonder diehulp van die innovasiefondsnie. Hy het die fonds geprysomdat hulle uit hul pad gaanom met die oordrag van teg-nologie en die bevorderingvan innovasie te help.

Die kompetisie vir 2005 hetreeds afgeskop.

NWU ís prNWU ís prNWU ís prNWU ís prNWU ís prooooogggggrrrrressiefessiefessiefessiefessiefinnoinnoinnoinnoinnovvvvverererererendendendendend

Bo: Dr. Rudi van der Walt en me. Ilse Louw van innovasie metdie tjek wat die universiteit ontvang het as die meesprogressiewe tegnologiese innoverende universiteit.

Links: Paulus Krüger en Barend Visser verduidelik wat serevolusie die nuwe generasie vonkprop in petrolenjins kanmeebring.

KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM1

Page 2: KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

Kampusnuus - 2

PUK-SpieëlInstitusionele hoofkantoor

• Dr. Theuns Eloff, vise-kanselier van die Noord-wes-Universiteit, is aangewys as die nuwe voorsittervan die direksie van die Aardklop Nasionale Kuns-tefees. Hy volg dr. Frederik Van Zyl Slabbert op indie posisie. Dr. Slabbert sal steeds as direkteur opdie direksie dien. In gesprek oor sy verkiesing sê Eloffdat dit vir hom ‘n voorreg is, en dat dit toon dat dieNoordwes-Universiteit en spesifiek sy PUK-kampus,ernstig is oor Afrikaans en diversiteit. Hy het die hoopuitgespreek dat Aardklop onder sy voorsitterskap,verbind sal bly aan Afrikaanssprekende gemeenskap-pe, maar ook vir ander gemeenskappe toeganklikgemaak sal word. Op díe manier, kan die langter-mynvolhoubaarheid van die fees op alle vlakkeverseker word. Aardklop vind vanjaar vanaf 27 Sep-tember tot 1 Oktober in Potchefstroom plaas. Virenige navrae kontak Haddad Viljoen by 082 3478640 of [email protected] bemarking en kommunikasie

• Mnr. Winton Windell, bemarkingsbestuurder, ispas verkies tot ondervoorsitter van Unitech sesentrale streek. Unitech is ’n liggaam waaraan aldie tersiêre instellings in die land behoort. Dieliggaam fokus hoofsaaklik op bemarking,kommunikasie en ontwikkeling. Die sentrale streekbestaan uit die NWU, Wits, Universiteit vanJohannesburg, Vaal University of Technology,Central University of Technology, Unisa enKovsies.Inwoning en voedseldienste

• Die volgende huisvaders is met ingang 1 Julie bydie kampuskoshuise benoem: Kasteel – mnr. Hermanvan Vuuren, Karlien – prof. Lukas Meyer, Excelsior– dr. Tiaan Kirsten, Patria – mnr. Winton Windell,Caput – prof. Nic Kotzé en Hombré – dr. PierreJordaan.Fakulteit teologie

• Binne die fakulteit teologie is twintig meesters-grade op 12 Mei toegeken. Onder die onvangers wasonder andere ses predikante van die GereformeerdeKerke in Suid-Afrika. Op 13 Mei is in totaal 57 dok-torsgrade toegeken, waarvan dertien in die fakulteitteologie, die meeste van al die fakulteite aan dieNoordwes-Universiteit. Onder diegene wat graadontvang het, was die volgende predikante van dieGKSA: drr. Edmund de Beer (Tzaneen), WilhelmLeuschner (Wapadrant in Pretoria), Ettiene Scha-lekamp (Roodepoort), Nico van der Merwe (Klerks-dorp), Chris van der Walt Phalaborwa en Sarel vander Walt (Benoni-Noord). Dr. Rantoa Letsosa is tansdosent in Praktiese Teologie aan die FakulteitTeologie te Potcefstroom. Verder was daar diepredikant van die N.G. Kerk Potchefstroom-Suid, dr.R.J. du Plooy en ‘n Nederlandse sendeling uitMosambiek, dr. JohanKommers.

• Mnr. At Lamprecht,(foto) lektor in semi-tiese tale by die skoolvir Bybelwetenskappeen Bybeltale het inMontreal (Kanada) dieAmerican Academy ofReligion streekkongresmet die oorhoofse temavan “Story, myth, ritualand art”, bygewoon,asook die Pre-kongreswat gehandel het oordie metodiek van veld-

werk (inligtingsversameling) en die etiek in veldwerk.Hy lewer by die AAR-kongres ‘n referaat oor diebeginsel van pars pro toto as nosie van kategoriseringbinne kognitiewe grammatika met toepassing op dieintrinsieke ruimtelike verwysingsraamwerk binnetaalgebruik in die Hebreeuse Bybel. Hy woon diedepartementele voorsitterswerkswinkel by watgehandel het oor die professionele standaarde in dieakademie, politiek van kennis, programkoördinering ,temporele akademiese assistente en etiek enarbeidswetgewing. Van 9 tot 11 Mei woon hy ‘nseminaar by die Universiteit van Vic, Barcelona,Spanje by wat handel oor vertalingsmetodiek mettoepassing op kinderlektuur.Fakulteit regte

• Dr. Frank Diedrich, medeprofessor van die Insti-tute of International Law, University of Rostock, Ger-many en die Faculty of Law and Economics, Geor-gian Technical University, Tbilisi, Georgia, doen virtwee maande navorsing by dié fakulteit oor prose-durele aspekte van die werk van die waarheid- enversoeningskommissie as ’n voorbeeld of model viralternatiewe dispuutoplossings. Sy navorsing wordgerugsteun deur ’n toekenning van die Humbodt-Foun-dation. Hy spesialiseer ook in verskeie internasionaleregsvelde.Fakulteit ekonomiese bestuurswetenskappe

• Prof. Melville Saayman,hoof van die instituut virvryetydstudies en toerismeaan die skool virentrepreneurskap,bemarkings- en toerismebe-stuur is deur die WêreldToerisme Organisasie (WTO)genader om op ’ninternasionale paneel vantoerisme deskundiges tedien. Die paneel waarop hydien sal kwartaalliksprojeksies doen metbetrekking tot reis entoerisme. Die inligting wordgebruik om ’n barometer virtoerisme op te stel om te bepaal in watterwêrelddele toerisme groei en in watter deletoerisme afneem en wat daartoe aanleiding gee.Saayman is die enigste Suid-Afrikaner wat op diepaneel dien.

• Navorsing wat deur dr. Peet van der Merwe enprof. Melville Saayman oor die ekonomiese bydraewat biltongjag gedoen is toon dat dié jagters inNoordwes ongeveer R90 miljoen per jaar oplewer ensteeds die basis van die wildbedryf is. Dit is bykansdubbel wat trofeejagters bestee. “Ons voorsien datdie biltongjagter in die toekoms ’n belangriker rolgaan speel. Wat egter onseker is, is die rol wat dienuwe wapenwetgewing op veral biltongjag gaan hê.As die impak daarvan negatief gaan wees gaan ditdie wildbedryf ’n geweldige nekslag toedien en kandit selfs ’n impak op die prys van wild hê,” het Vander Merwe gesê.

• Prof. Wim Naudé, direkteur van WorkWell:navorsingseenheid vir mense, beleid en prestasie, ispas deur minister Trevor Manual op die raad vanstatistiek Suid-Afrika benoem. Naudé is ook genooiom ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by dieResearch Centre for Southern African Studies aandie Universiteit van Sussex aan te bied. Kort daarnabesoek hy Finland waar hy genooi is om ‘n referaatte lewer op ‘n internasionale konferensie van die

United Nations University in Helsinki oor die toekomsvan ontwikkelingsekonomie. Laastens is hy genooi omdeel te neem aan die Gaudy-Conference van St.Antony’s College, Oxford wat einde Junie aan dieUniversiteit van Oxford gehou word.

• Dié navorsingseenheid het ook op versoek van dieNEPAD (New Partnership for Africa’s Development)’n sessie oor direkte buitelandse beleggings in Afrikagereël vir ’n internasionale NEPAD-konferensie oorhandel en belegging in Afrika wat in Mei in Oos-Lon-don gehou is. Die paneel wat vir die sessie bymekaargebring is, is gelei deur prof. Wim Naudé (wat ookdie sessievoortsitter was) en het bestaan uit ’n aantalSuid-Afrikaanse en internasionale kundiges op dieterrein, prof. Elsabé Loots (Universiteit van dieVrystaat), dr. Johannes Jordaan (Universiteit vanPretoria), mnr. Gaba Tabane (Invest North West),proff. Aloys Hutterman (Universiteit van Göttingen)en Paul Collier (Universiteit van Oxford). Uit diepaneel se aanbiedings en beraadslagings is ’n aantalbelangrike aanbevelings gemaak vir ondersteuningdeur die Nepad sekretariaat. ’n Aantal hiervan is terondersteuning van aanbevelings in die onlangseAfrika-kommissieverslag wat binnekort voor die G8groep van lande dien. Op die foto is mnr. Gaba Tabane,proff. Wim Naude, Aloys Hutterman, Elsabe Loots,dr. Johannes Jordaan en prof. Paul Collier.

• Ettiene Pretorius, ’n honneursstudent in B Com(internasionale handel en ondernemingsbestuur) isvanjaar die PUK se wenner van die ABSA Entrepre-neurskap kompetisie. Hy het sy eerste ondernemingin 2003 begin, ‘n klere-onderneming wat korpora-tiewe geskenke verskaf. In 2004 het hy sy tweedeonderneming Solutrix Property Development CCgestig. Hy is tans besig om tien woonstelle inPotchefstroom op te rig. Ettiene (enigste een vanNWU), twee ander studente en sewe skoolleerders(uit 800 inskrywings), sal as deel van hulle prysgedurende die Julievakansie vir vyftien dae naMoroko, Spanje en Duitsland toer. Die doel van dietoer is om ondernemings te besoek en om hulle kennisrondom entrepreneurskap te verbreed.Fakulteit natuurweten-skappe

• Prof. Gerhard du Toit(foto), direkteur van diefokus-area omgewings-wetenskappe en -bestuur, is tot 31Desember 2005 aswaarnemende dekaanvan die fakulteitnatuurwetenskappebenoem.

KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM2

Page 3: KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

Kampusnuus - 3

Parkering op die kampus is vir menige personeellede’n reuse kopseer, veral wanneer jy die dag by jougereserveerde (en betaalde) parkeerplek opdaag eniemand se motor staan daar.

Volgens ’n meningsopname op die intranet (BBS)voel personeel sterk daaroor (48%) dat bykomendeparkeergarages gebou moet word en dat weskampusse studente moet voetslaan (38%) in ’n poging omdie probleem op te los. (Sien grafiek.)

Mnr. André Marais van verkeer en toegangsbeheerby beskermingsdienste sê hulle is deeglik bewus vanal dié probleme.

ParkeerboetesHy sê parkeerboetes as afskrikmiddel werk vanjaar

beter aangesien hulle ’n maksimum boete van R300oplê (in die verlede was dié boetes R100).

Studente en personeel kan egter vertoë rig enMarais sê ’n eerste oortreding word gewoonlikkwytgeskeld. Hy sê die hoë boetes werk veral metstudente aangesien dit hulle nou na die kantoor neemwaar personeel aan hulle kan verduidelik waaralternatiewe parkering vir hulle beskikbaar is.

Marais sê hulle het in die eerste vyf maande meerboetes as gewoonlik uitgereik. Hulle het nou vierbeamptes teenoor die twee wat hulle in die verledegehad het wat verkeerbeheer doen en word daarveral gepoog om plekke te reserveer en plekke aante wys en ook boetes uitte reik.

EerstejaarparkeringIn ’n poging om meer

ruimte vir personeel ensenior studente te skep,word eerstejaar-koshuis-studente slegs tot koshuisese parkeerruimtes beperkmet wit motortjie-par-keerskyfies en eerstejaar-dorpstudente by die an-neks met groen motortjie-parkeerskyfies Daarmeeword nagenoeg 1 300 voertuie weg van die hoof-kampus gehou. In ‘n poging om die parkering verderte orden word wit (inwonende studente), groen(dagstudente) en maroen (personeel) motortjies op dieteerblad van parkeerruimtes oral op die kampusgeverf. Marais sê hulle hou weekliks vergaderingsmet koshuisrade om onder meer dié probleme aan tespreek.

Klagtes van eerstejaars dat die Anneks-parkeringbaie ver van opvoedingswetenskappe (suidkampus)

KKKKKampusparampusparampusparampusparampusparkkkkkering – ’nering – ’nering – ’nering – ’nering – ’neeeeewigwigwigwigwige ke ke ke ke kopseeropseeropseeropseeropseer

geleë is, word ook ondersoeken nuwe parkeerruimtes isreeds langs die sirkelpadgeïdentifiseer. Dit kos egterR100 000 vir slegs 45 ekstraparkeerplekke .

GradeplegtighedeMarais sê die dae waarop

gradeplegtighede plaasvindbesorg hulle eindelose hoof-pyne. Besoekers word welbeperk tot die Cachet-par-keerarea, maar hulle belandtog op ander se parkeer-plekke. In twee gevalle hetpersoneel wat onder afdakkestop, besoekers se voertuietot groot verleentheid vir dieuniversiteit, met kettings aanpale vas gesluit.

Hulle het ’n voorstel dat dié plegtighede tydenssemestertoetsreekse moet plaasvind aan die registra-teur gerig. Dit word tans oorweeg, maar sal nog nievanjaar verander kan word nie.

ParkeergaragesMarais sê hulle het reeds ondersoek ingestel na ’n

parkeergarage op Cachetpark, maar dat so ’n garage

vir ’n bykomende slegs 1 000 parkeerplekke dieuniversiteit tot R34 miljoen uit die sak sal jaag. Dit isnie ekonomies haalbaar nie selfs al vra hulle toegangvan tot R10 per dag.

’n Tweede voorstel was die kwotasie van ’n reusebetonblad bo-oor die spoorlyn. Dié opsie sal ook sowatR30 miljoen kos en word nog ondersoek. Marais sêdie lugruim bokant die spoorlyn sal ook eers vanSpoornet aangekoop moet word.

Ander voorstelle

Hoe voel jy oor die parkeringsprobleem op kampus?

Daar moet meer boetes wees om onwettige parkeerders af te skrikWeskampus-studente moet voetslaanBou parkeergaragesProbleem sal nooit opgelos word nieTotale stemme:

7% (11)38% (58)48% (73) 6% (10) 152

Nóg ’n voorstel wat ondersoek word is die koop vanerwe in Tomstraat regoor die kampus. Die erwe kanin parkeerruimtes omskep word wat naby genoeg aandie sentraalkampus sal wees en boonop ’n beleggingkan wees. Dit sal waarskynlik nie so duur soosparkeergarages wees nie en van nut wees tydensAardklop en geleenthede in die Sanlam-ouditorium.

Marais sê ’n pendeldiensvan ’n sentrale parkeer-ruimte is nog ’n voorstelwaarna gekyk word. Die uni-versiteit besit grond nabyMedi-Clinic (ou Joolplaas)waarvandaan ’n pendel-diens bedryf kan word. ’nSoortgelyke stelsel bestaanby die Ikeys. Dié diens isboonop geprivatiseer watop sy beurt weer werkge-leenthede kan skep.

Beskermingsdienste on-dersoek ook die moontlikheid om valhekke by die G1-parkeerruimtes by natuurwetenskappe op te rig. Diéstelsels kos egter ook tot R55 000 om te installeer.

AfdakkeAfdakke op die kampus reserveer parkeerplekke.

Probleme wat ontstaan is personeel wat vir lang tyeafwesig is op oorsese besoeke of langverlof en dankan dié gereserveerde parkeringplekke nie gebruikword nie.

Opnames toon dat tot 20% van onderdakparkeringop ‘n daaglikse basis onbenut staan . Die werke-komitee fisiese fasiliteite kyk tans na ’n beleid waarnie meer as 30% van bestaande parkeerruimtes inafdakparkering omskep mag word nie.

EnigsteMarais sê die NWU is die enigste universiteit in die

land waar daar nie geld vir parkering gevra word nie.Op Ikeys betaal mense tot R165 per maand vir dievoorreg om op kampus op ’n oop parkeerruimte testop. Hy sê besoekers en studente van die stede sêdie mense hier besef nie hoe bevoorreg hulle is nie.

Tukkies laat glad nie studente met motors op diekampus toe nie. Slegs nagraadse M- en D-studentemag slegs na 18:00 saans met motors op die kampuskom.

Dié foto's (boen links) isdeur be-skermings-dienstegeneem vanwaarpersoneelbesoekers sevoertuie metkettingsvasgesluit het.

KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM3

Page 4: KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

Kampusnuus - 4

Van die rektor se tafel

Welstand

Dit is daardie tyd van die jaar wat baie per-soneel dele van die land en aangrensendelande besoek waar malaria voorkom.Besoek gerus die volgende webwerf virmeer besonderhede: www.malariahotspots.co.za

Wat is malaria?Malaria is ’n ingewikkelde, aansteeklike

siekte wat deur parasiete veroorsaak word.Die parasiete word deur muskiete oorgedra.

Wie loop gevaar om malaria op te doen?Indien voorsorgmaatreëls nie getref word

nie, kan enigeen wat reis na ’n land waarmalaria voorkom die siekte opdoen. Malariais veral ’n probleem by swanger vroueaangesien die infeksie by hulle ernstiger kanwees.

Babas en kinders jonger as vyf jaar is ookmeer vatbaar vir malaria as volwassenes enbehoort nie malaria-areas te besoek nie,tensy dit absoluut onvermydelik is. Kindersmoet te alle tye teen muskietbyte beskermword.

Hoe kry ’n mens malaria?’n Enkele byt van ’n besmette muskiet

kan malaria veroorsaak.Kan ek van malaria doodgaan?Die ergste vorm van ma-

laria word deur P.falciparumveroorsaak en kan dodelikwees indien behandelinglanger as 24 uur uitgestelword.

Waar loop ek die grootste

Malaria – dit neem net een byt…

Dit is reeds die einde van die eerste semester van die jaar.Die jaar snel voort soos die spreekwoordelike sneltrein, endit is goed om bietjie terug te staan en voorraad op te neem.

Met die substantiewe samesmelting al hoe meer van ‘nwerklikheid is dit goed om hieroor terugvoer te gee. Soos albekend geword het, is die statuut deur die minister vanonderwys aanvaar, maar dit moet nog in die Staatskoerantonder haar handtekening gepubliseer word voordat dit vankrag word. Dit sal die gang van sekere prosesse by dieuniversiteit verander (en dalk vergemaklik). Die funksioneringvan die bestuur met die raad bly maar moeilik. Die pasafgeloperaadsvergadering het nie baie besluite opgelewer nie – slegsongeveer die helfte van die sakelys kon afgehandel word (dusword nog ‘n vergadering in Augustus beplan).

Wat wel afgehandel kon word is die finansiële state vandie universiteit vir 2004 (dit is aanvaar) en die goedkeuringvan die voorstelle oor die nuwe personeel- en finansiële stelselvir die universiteit. Die visie en missie soos voorgestel aandie raad na afloop van al die prosesse is grootliks deur dieraad goedgekeur en sal nou gebruik word as die onderliggendestuurmeganisme vir die institusionele plan wat aan die eindevan Junie moet ingedien word. Die dekane is besig om te kykna die onderdele van die plan – dit sal die basis vorm van diedriejaar rollende plan van die universiteit (2006-2008).

Die datumrooster vir 2006 is ook goedgekeur. Ekwil graag daarop wys dat die eerste weergawe vandie datumrooster, soos dit by die institusionele senaatgedien het, aansienlik gewysig is om voorsiening temaak vir ‘n “skoon” Januarie vir personeel om te be-nut vir navorsing en/of voorbereiding. Die datum-rooster is op die intranet beskikbaar.

Wat nie afgehandel is nie is die Mankwe-kwessieen verskeie ander moeilike sake.

Op akademiese gebied is goeie inisiatiewe aan diegang. Die hele saak van die PQM word bekyk met dieoog op afhandeling. Daar is ook besluit dat al die werkwat oor evaluering en kwaliteitsorg gedoen word ooral die kampusse heen baie goed belyn moet word metdie voorbereiding vir die institusionele oudit deur dieHoër Onderwys Kwaliteitskomitee (HOKK, of dan inEngels HEQC). Hierdie oudit sal nou in die tweede helf-te van 2008 plaasvind – ons het dus die geleentheidom seker te maak dat alles ten beste voorberei is.

Ons navorsingsuitsette bly groei, hoewel die groeinie weer so indrukwekkend was as die vorige jaarnie. Ek en die viserektor het byna ‘n hele reeksinformele gesprekke (oor middagete in die perso-neelklubhuis) voltooi – die doel daarvan was om

terugvoer te kry oor sake wat goed en sleg gaan by diefokusareas/navorsingseenhede. Die inligting wat so bekomword, word dan weer gebruik vir beplanning. Vier fokus-areas word in Augustus internasionaal geëvalueer.

Baie sterkte met die eksamenwerk – ons moet onthou datenige assessering/evaluering wat ons doen deel vorm van dieuiteindelike breë prentjie van kwaliteitsorg aan die universiteit– dit word deel van die sogenaamde “paper trail” waarna dieHOKK gaan kyk.

As aanvulling tot die visekanselier se ontbytgesprekke hetons op die kampus begin met Kenmekaars in die klubhuis –gewoonlik teen 16:00, sodat mens met ‘n skoon gewete ‘nglasie wyn kan drink en lekker gesels. Ons probeer die uitno-digings mooi versprei oor die hele kampus heen en oor allerange en posvlakke heen. Dit is nogal gesellige geleenthede– wat ek probeer sê is: As jy genooi word, kom asseblief!

Die begroting is in volle swang. Alle akademiese groe-peringe se begroting word deur Daan van Wyk hanteer, enalle ondersteuningsgroeperinge deur Bobo van der West-huizen. Skakel dus gerus met hierdie kollegas oor enigietswat julle wil vra oor die begroting.

Intussen oefen ek hard vir Kilimandjaro (die studente hetmos gesê ek sal moet ...). Sien nogal uit daarna.

En almal moet baie lekker vakansie hou – julle verdien dit.

Nagenoeg 3 000 skoolkinders het die nuwe wetenskapsentrum op die kampus sedertsy opening verlede maand besoek. Prof. Jan Smit van die skool vir natuurwetenskap-,wiskunde- en tegnologie-onderwys, is baie in sy noppies met die belangstelling van diekinders (klein en groot) in die uitstallings. Hier is twee personeellede van die departementbemarking en kommunikasie, mnre. Charles Ntsizi (middel voor) en Martiens Masiea(agter), by leerders van Mokgareng hoërskool van Taung, wat die sentrum besoek het.By hulle is twee onderwysers, me. Stella Malebo en mnr. Bantseke Molatlhwa.

Minister Geraldine Frazer-Moleketi, minister van die staatsdiens en administrasie wasdie gasspreker tydens die ASSADPAM (Associations for Schools and Departmentsin Public Administration and Management) kongres wat onlangs op die PUK-kampusvan Noordwes-Universiteit gehou is. Van links staan prof. Gerrit van der Waldt, watdie kongres gereël het, min. Frazer-Moleketi, prof. Annette Combrink, rektor van diePUK-kampus, en dr. Theuns Eloff, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit.Sewentig mense, meestal akademici in die dissipline openbare bestuur van tersiêreinstellings in die land, het die kongres bygewoon. Die hooftema was navorsing enaspekte soos die rol van die NRF en die gradering van navorsers, die rol van SANPAD,nagraadse studiebegeleiding en nuwe fokusse vir navorsing is uitgelig.

risiko om malaria te kry?Malaria kom hoofsaaklik in tropiese,

ontwikkelende lande in Sentraal- en Suid-Amerika, Afrika, Asië en Oseanië voor.Malaria kom in beperkte streke in Suid-Afrika voor, hoofsaaklik in die laerliggendegebiede van Limpopo, Mpumalanga enNoord-Oostelike KwaZulu-Natal. Beperktelokale oordrag kan in die Noord-Westelikeen Noord-Kaap provinsies langs die Molopo-en Oranjerivier voorkom. Malaria is seisoe-naal in Suid-Afrika. Die hoogste risiko isgedurende die nat somermaande.

Kan malaria voorkom word?Malaria kan voorkom word deur ’n teen-

malariamiddel te gebruik. Hierdie middelsmoet voor die aankoms in ’n malaria-en-demiese streek gebruik word tot na terug-keer uit die gebied. Vra jou gesondheids-adviseur vir ’n toepaslike middel wat joubeskerming sonder kompromie sal bied.

Watter verdere voorsorg kan ek tref?• Vermy blootstelling aan muskiete, veral

tussen vroegaand en –oggend (tye van diegrootste muskietaktiwiteit). • Trek gepas aan(bv. langmouhemp en langbroek) as jy buiteis. • Gebruik insekweermiddels op die vel.

• Slaap onder ’n mus-kietnet deurweek met ’ngeskikte insekdoder. • Ven-sters en deure moet vansifdraad voorsien wees.

Bron: gsk - Glazo-SmithKline

KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM4

Page 5: KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

Kampusnuus - 5

Personeelsake

Na aanleiding van ’n onlangse hofuit-spraak is die werkgewer wetlik verpligom elke klagte oor seksuele teisteringin die werkplek ernstig op te neem enom onmiddellike stappe te doen om ’nherhaling van die beweerde teisteringte probeer voorkom.

Volgens die werknemersondersteu-ningsbeleid van die Noordwes-Univer-siteit se Potchefstroomkampus moet:

• alle werknemers, aansoekers enander persone wat met die universiteitte doen het, die reg om menswaardigbehandel te word.

• Seksuele teistering in die werkplekword gevolglik nie toegelaat of oor-gesien nie.

• Persone wat blootgestel is/word aanseksuele teistering in die werkplek hetdie reg om ’n grief te registreer as ditsou gebeur en toepaslike optrede saldeur die werkgewer volg.

ProsedureDie universiteit het duidelike prose-

dures ontwikkel om met dié vorm vanteistering te handel. Die prosedures isin plek om te verseker dat enige soda-

Hoe gemaak met seksuele teistering?

nige situasie sensitief én effektief han-teer word.

Advies en hulpSeksuele teistering is ’n sensitiewe

aangeleentheid en ’n slagoffer mag voeldat hy of sy nie die oortreder kan nader,’n formele klag kan indien of anderkollegas vir ondersteuning kan nadernie. Om hierdie rede het die universiteitdie senior mensehulpbronbeampte:arbeidsverhoudinge, werknemerwel-stand en opleiding, mnr. Peet du Toit,as die persoon aangewys na wie slag-offers vir vertroulike advies kan gaan.Hy is by uitbr. 2694 of [email protected] beskikbaar.

ProsedureBeide ’n informele en formele griewe-

prosedure bestaan waarop ’n bewering/klag van seksuele teistering opgelos kanword. Geen druk sal egter op ’n werk-nemer geplaas word om enigeen van dietwee opsies te kies nie.

Lees meer by www.puk.ac.za/opencms/export/PUK/html/wellness/Hulp/Werknemer ondersteuning/seksueleteistering

Die fakulteit opvoedingswetenskappe het dieafgelope agt jaar groot sukses met sy indiensop-leiding van onderwysers in Namibië behaal.

Vanjaar is weer 280 grade tydens ’n plegtigheidin Windhoek toegeken.

Prof. Manie Spamer, direkteur van dieonderwyserssentrum op die Potchefstroomkam-pus, sê hulle het ook die kontrak met die “Institutefor Open Learning” vir die volgende drie jaar

Prof. Annette Combrink (Mad Max se Moses) op die vierwielmotorfiets in die duine by Swakopmund. By haar isprof. Manie Spamer.

verkry om met die indiensopleiding vanonderwysers in Namibië te help.

Die span wat na Namibië vertrek het, het be-halwe vir die amptelike take, ook groot pret ge-had. Die berugte Duin 7 is aangepak en groot pretis op die vierwielmotorfietse in die duine beleef.

Daar is later ook weer goeie bande gebou metsowat dertig oud-Pukke in Namibië tydens ’nreünie in Swakopmund.

GrGrGrGrGrade in ade in ade in ade in ade in WWWWWindhoek toeindhoek toeindhoek toeindhoek toeindhoek toegggggekekekekekenenenenen

Boek lei tot internasionaleveldtog om bobbejane in

Noordwes te beskerm

‘n Boek oor bobbejane deur prof. Attie Gerber vandie Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampushet ‘n invloedryke internasionale organisasie tot diestryd oor die bewaring van bobbejane in Noordweslaat toetree.

Baboons (Tales, Traits and Troubles) is ‘n fotogra-fiese ondersoek van twee bobbejaantroppe wat ‘npaar jaar gelede in die omgewing van Venterskroondeur ‘n bewaringsorganisasie van Phalaborwalosgelaat is.

Baboons is ook in Afrikaans as Bôgom deur Lapauitgegee. Dit het Gerber bykans drie jaar geneem omdie foto’s te neem. Resensies landwyd bestempel diefoto’s as uniek en merkwaardig, en dr. ShirleyMcGreal, voorsitter van die International PrimateProtection League (IPPL), beskryf die foto’s as “bet-ter than any we ever saw before.” In die jongsteuitgawe van die IPPL-News word Baboons geprys as“a wonderful coffee-table book full of marvelous,sensitive portraits of these large, savanna-dwellingmonkeys.”

Voor opIPPL-Newspryk ‘n fotowat GerbervirBaboons/Bôgom sevoorbladgebruik het.’n Ontwerp van Richardt Strydom, dosent in grafiese

ontwerp by die skool vir kommunikasiestudies, hetonlangs in die internasionale boek Design of Dissent:Socially and Politically Driven Graphics verskyn.

Die boek is deur twee prominente ontwerpkennerssaamgestel en wys die belangrikheid van protes enverdeeldheid in die moderne samelewing, deurpolitiese-en-aktivistiese ontwerpe vanaf die 1960’stot die hede.

Strydom se werk, getiteld Act Against Globaliza-tion, is ’n plakkaat wat ’n nuwe perspektief op diebekende Molotov-cocktail in terme van Coca-Colagee.

Die plakkaat word ook in Junie saam met geselek-teerde werke uit die boek by die School of Visual Arts

Internasionale eer vir plaaslike ontwerperin New York uitgestal. Dit sluit oor ’n honderdplakkate, boeke, knope, tydskrifte en ander grafiesekuns van regoor die wêreld in. Die uitstalling sal ookoor die VSA toer.

Design of Dissent word deur Rockport Publishing

Onder: RichardtStrydom met syontwerp, “ActAgainst Glo-balisation” (inlas).

in New York uitge-gee en is reeds op dieinternet beskikbaar.

KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM5

Page 6: KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

Kampusnuus - 6

Taalwenk

Daar is nogal onsekerheid oor wat die regteskryfvorm is as daar gepraat word van daardieoperasie waar iemand se hart aanpassings (“by-pass”) kry om beter te funksioneer. Het so ’npersoon nou ’n hartomleiding of hartomlyninggehad?

Die HAT (2000, 4de uitgawe, bl. 364) sê duidelikdat dit hartomleiding is: “Operasie waarby diebloedsomloop na die hart deur ’n alternatiewe ganggelei word. Opmerking: die foutiewe vormhartomlyning word dikwels gehoor.”

Deur kontrole in goeie naslaanbronne word hierdiesoort onsekerheid maklik opgeklaar.WAMC

Word my hart nou -omlynof -omlei?

Biochemici het ’n glasie geklink op die eerste tree na ’n toegeruste funksionele molekulêre laboratorium ennavorsingsprogram. Die Noordwes-Universiteit het prof. Albie van Dijk (derde van links), self ’n oud-Puk, sesmaande gelede in Finland gewerf en aangestel om ’n diepgaande molekulêre navorsingsprogram te begin sodatdie NWU ten volle deel kan wees van die opwindende biologie revolusie wat tans besig is om te ontvou. Dieskool vir chemie en biochemie het onlangs ’n toekenning van R620 000 uit die strategiese fonds ontvangspesifiek vir die vestiging van prof. van Dijk se navorsing. By dieselfde geleentheid is die nuwe honneurslaboratorium ook ingewy. Vakgroep Biochemie het ’n bydrae van veertien rekenaars gemaak in die eerste stapna ’n volwaardig toegeruste laboratorium wat spesifiek ontwerp is om aan nagraadse studente ruimte te bied virstudie en verwerking van resultate. Op die foto is Maniesh van der Vaart, biochemie honneursstudent, mnr.Elardus Erasmus, vakvoorsitter van biochemie, proff. Albie van Dijk, molekulêre bioloog, Carools Reyneke,senior dosent, Frikkie van Niekerk, institusionele direkteur van mensehulpbronne, studente en innovasie, enprof. Kobus Pienaar, skooldirekteur van chemie en biochemie.

‘n Eerste vir me. Sanet van Deventer, sekretaresseby die skool vir chemiese en mineraalingenieursweseis dat sy onlangs ‘n geakkrediteerde internasionalediploma verwerf het. Sanet is volgens prof. FaanWaanders die eerste ondersteuningspersoneellid watdié diploma ontvang. Sanet is vanaf 2001 tydelik bydie skool aangestel waar sy die fokusarea energie-stelsels en die skool se administrasie hanteer het.Sy is in 2003 permanent aangestel en werk tans saammet die nuut aangestelde skooldirekteur, prof. FransWaanders. “Hierdie kwalifikasie word wêreldwyd aan-vaar en erken en Sanet is waarskynlik die eerste se-kretaresse in Noordwes wat die erkende professio-nele kursus deurloop en geslaag het,” sê Waanders.

Vrou beste presteerderby MBA’s

Die Ngoma Africa-perkussiegroep vandie Potchefstroomkampus het pashul eerste CD vrygestel. Die woordNgoma is Swahili (Oos-Afrika ensentraal Afrika) en beteken in Xhosaen Zoeloe ook musiek, sang, trom-me, dans en ritme. Peter Okeno (mid-del), ’n internasionale student van Ke-nia, het die groep onder leiding vanHorst Bütow, hoof van die departe-ment kultuur, begin. Die groep het ook’n noue verbintenis met die Serena-ders-koor. Die groep tree tans inNederland op. Ngoma Africa, sien ookuit na samewerking met anderstudente-organisasies van die univer-siteit. Hulle tree graag by geleenthedeop en bied werkswinkels, seminare,opnames, lesse en konserte aan. ByPeter is twee lede van die groep, AnitaFeitsma en Miliswa Thompson.

Biochemici klink glasie op eerste tree

Die Potchefstroomse Besigheidskool het vanjaar 158MBA-grade tydens ‘n spoggeleentheid toegeken. Me.Judy Cilliers (middel), ‘n voorsieningsketting-konsultant by Sasol Ltd., het ‘n Ou Mutual gouemedalje ontvang as die beste student, asook ‘nsilwermedalje vir die beste skripsie in haarstudiegroep. Van links staan proff. Tommy Plessis,direkteur van die Potchefstroom Besigheidskool,Annette Combrink, rektor van die PUK-kampus,Cilliers, prof. Deon de Klerk, dekaan van die fakulteitekonomiese en bestuurswetenskappe, en dr. TheunsEloff, visekanselier van die Noordwes-Universiteit.

KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM6

Page 7: KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

Kampusnuus - 7

Dié meisie is taai en ’n val van ’n motorfiets gaannie sommer haar spoed breek nie.

Lynette Pieterse, senior administratieweassistent by mensehulpbonne, is onder die bestevroue vierwielmotorfietsrenjaers (“quads”) indie land. Dié prestasie het sy boonop sommerbinne ’n paar maande ingepalm.

Haar vriend, Alexander Diederiks, het die lusvir “quads”-ry by haar aangesteek. Sy is eenkeer saam met hom na ’n byeenkoms en netdaar het die gogga gebyt en het sy besluit sywil nou self ry.

Ná ’n oefenlopie by ’n streekbyeenkoms hetsy haar eerste nasionale wedren in Novemberverlede jaar gery en onder die drie bestesgeëindig. Sy ding mee in die K-klas vir vroue met’n 400 cc “quad”.

Die vierwielpret het hulle al met nasionalebyeenkomste na Swaziland, Lesotho en Pie-termaritzburg geneem.

Sy kon egter nie aan die nasionale wedren op4 Junie by Port Elizabeth deelneem nie aan-gesien haar motorfiets tydens die vooraf-tydtoets gebreek het.

Lynette vertel dat so ’n wedren tot ses ureduur en dat die vroue die helfte (200 km) vandie mans se roete ry.

“Ek is soms bang voor ’n wedren, maar sodraek alleen is kan ek op die roete konsentreer endan verdwyn die bangheid.”

Sy sê sy het baie seer geval in ’n onlangsewedren by Rustenburg en sommer met quad enal gerol. Die bloukolle op haar bene en gesig wasgelukkig al wat sy daarvan oorgehou het. “Ekhet gelukkig nog nie so seer geval dat ek nie meerwil ry nie.”

Lynette sê sy geniet die ryery en byeenkomste baiewant dis lekker mense wat deelneem en hulle kuier

Die Oud-Puk-gholfklub het vanjaar “geskiedenis” ge-maak deur die internasionale Davis Cup in Swazilandte wen.

Die span van elf spelers, onder leiding van JohanSander het bestaan uit ’n mengsel van ou hande en’n paar nuwelinge, Eugene Hare, Piet Scholtz, ChristoMeintjies, Jan du Plooy, Steyn van Loggerenberg,Dries du Plooy, Johan Sander, Wynand Putter,Michiel de Kock en Tonie Henning.

Met die PUK op volstoom was daar geen keer nieen wen hulle toe ook die Ryder Cup, wat ’n uitdaag-trofee is. Die houer van die trofee (dit was die keerdie Oud-Maties) het ons gedaag en die kaptein hetagt spelers gekies om te speel. Die Pukke het gemak-lik met 5-3 gewen.

Die Oud-PUK-gholfklub is reeds vanaf 1976 ’n ak-tiewe lid van die Davis Cup-gholforganisasie. Oor diejare het die klub wisselende sukses gehad, ten spytedaarvan dat hulle minder spelers as ander alumniklubshet. Hulle het die Davis Cup-liga ook in 2003 gewen.

Johan Sander van die Oud-PUK-gholfklub ontvangdie trofee van Shaun Davis. Agter hulle is sy pa, BrianDavis, wat al jare by die kompetisie betrokke is.

Oud-Pukke palmDavis Cup in

Dié meisie is taaiDié meisie is taaiDié meisie is taaiDié meisie is taaiDié meisie is taaiLynette Pieterse (inlas) is

onherkenbaar volmodder tydens een van

die byeenkomste.

lekker by sulke plekke.“Ek en Alex is seker maar in ’n mate avontuur-‘junk-

ies’ want ons deel dieselfde belangstellings en het ookal hengel en gholf probeer.”

Bemarking en kommunikasie het onlangs as deel van hul interne kommunikasiestrategie‘n kort werkswinkel vir die onderskeie skakelbeamptes van die fakulteite en skole aangebiedoor hoe om e-nuusbriewe saam te stel. Voor is Karien Brits (BEK), Welmarie Steenkamp(natuurwetenskappe) en Christel Eastes (ingenieurswese). In die is middel is me. IzetteSchouwstra (ekonomiese wetenskappe), Nicolene Lubbe (gesondheidswetenskappe) enFrancis Labuschagne (opvoedkunde). Agter staan Heinrich Grobbelaar (sport), BelindaScrooby (verpleegkunde), Antoinett Moerdyk en dr. Callie Coetzee (teologie).

Frans de Lange, rekenmeester by finansiële administrasie: inkomste tree ná 33jaar by die PUK af. Hy het destyds by die magasyn begin werk en nog altyd metsyfers gewerk. Hy het die afgelope 22 jaar met studente rekenings te doen gehad.Links sit Greg Roberts wat vanaf 1 April die afdelingshoof en senior rekenmeesterby finansiële administrasie inkomste is. Greg was die afgelope tien jaar by EcoRehab betrokke.

Totsiens Frans, hello Greg

KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM7

Page 8: KN Junie 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · om ‘n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied

Kampusnuus - 8 PROFIEL

Redakteur: Kiewiet Scheppel • e-pos: [email protected] • Tel: (018) 299-2761 • Sel: 083-274-8931Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus

Gebore: PotchefstroomSkool: Laerskool in Ikageng en hoërskool in Pre-

toria Central High School.Onderrig: Sake-adminstrasie by die destydse Vaal

Technikon in Vanderbijlpark. Verskeie di-plomas (omtrent tien) by die PotchefstroomBesigheidskool van die PUK.

Loopbaan: Sy het haar eie onderneming, Rose HairSalon, vir sowat vier jaar in Ikageng bedryf.Was lid van die Black Management Forum.By ITB in 2001 as hulplynassistent begin.

Die vrDie vrDie vrDie vrDie vrou aou aou aou aou agter diegter diegter diegter diegter dievriendelikvriendelikvriendelikvriendelikvriendelike steme steme steme steme stem

’n Mens stap daar uit en wonder, sjoe, hoe kry sy ditreg? Sy lyk en klink altyd vriendelik, haar stemtoonis sag en kalmerend en haar oë glimlag saam methaar mond. Dit is Rosinah Kganticoe, hulplynassistentby inligtingstegnologie en –bestuur (ITB). Dit is duidelik dat haar dag nie altyd ’n reguit engelyk paadjie loop nie, maar dat sy haar “pose” kanhou en ’n moeilike klant kan ontlont, is duidelik.

Hoe het jy by die PUK beland?Ek was op ’n Saterdagoggend by ’n ontbyt by die

Jonge Akker op die kampus as lid van die BlackManagement Forum. Daar het ek die advertensie byadministrasie vir ’n hulplynassistent gesien en besluitom aansoek vir die pos te doen. Ek het die Maandag’n aansoekvorm kom haal, maar iemand moes myhelp om dit in te vul aangesien dit in Afrikaans was.Ek het op daardie stadium byna niks van Afrikaansgeweet nie, ek kon dit nie verstaan of praat nie. Hullehet my die volgende week gebel vir ’n onderhoud enek was doodsbenoud omdat ek geweet het ek kannie Afrikaans praat nie. Hulle het my ’n week latergebel en gesê ek het die werk gekry. Ek het tweekeer gevra of hulle die regte persoon beet het want

ek kon nie glo dat ek dit gekry het nie. Ek onthou baiegoed dit was om en by die 17de van die maand en hullehet gevra of ek die volgende week kan begin werk.

Jy kon glad nie Afrikaans praat of verstaan nie, hoehet jy dit so vinnig geleer?

Ek is die PUK baie dank verskuldig want hulle hetmy die kans gegee om Afrikaans te leer, asook dieverskillende kultuurverskille tussen mense. Dit ismakliker as mens dit elke dag kan praat. Ek leergelukkig maklik. Die Afrikaanse kursus het my baiegehelp en dit is ’n lekker taal. Ek het baie gevra asek nie verstaan nie, want ek voel ek moet my feitereg hê. Die ergste was egter om die rekenaartaal inAfrikaans onder die knie te kry. Daar bestaan geenboeke daaroor in Afrikaans nie. Ek het egter nie ’nkeuse gehad nie en kon darem elke dag oefen deurdie blootstelling wat ek gekry het. Mense het aan diebegin baie met my baklei omdat ek nie Afrikaans methulle kon praat nie. Ek het dit maar afgelag en mynie vreeslik aan hulle gesteur nie. Hulle monde isegter vandag stil.

Waar het jy jou kennis oor rekenaars opgedoen?By die Vaaldriehoek Technikon het ons baie teorie

daaroor gedoen, maar my praktiese ervaring hetek hier opgedoen. Dit was baie vreemd aan diebegin, maar my werksomgewing was baie rustigen die mense het my geweldig baie gehelp.

Jy klink altyd so vriendelik. Hoe kry jy dit reg?Ek moet! Ek het gelukkig ’n rustige persoon-

likheid. Ek moet baie “polite” wees en moenietoelaat dat mense my kwaad maak nie. Hier isegter baie mense wat NOU aandring op hulpen nie van nou-nou iets wil weet nie. Maar mywerk is my werk. Ek kry baie moeilike mense,maar ek moet baie vriendelik met hulle wees.Hier moet ’n mens BAIE geduld hê. (’n Kollegakom op dié stadium op ons af en las aan dat syaltyd vriendelik, behulpsaam en bedagsaam is.)

Hoe hanteer jy moeilike of ongeskikte mense?As ek by die deur inkom sê ek vir myself

niemand gaan my dag “verneuk” nie. Ek sê virmyself ek gaan my nie vererg nie. Ek vradikwels vir so ’n moeilik mens of ek hulle nieeerder kan terug skakel nie. Dit gee my kansom asem te skep en rustig terug te skakel. Ditis my “motto” om beleef en geduldig te wees.Ek neem gelukkig niks saam met huis toe nie.Ek skakel myself in die oggend daar by die deuraan en skakel weer af as ek hier uitstap.

Hoe lyk jou tipiese dag?Dit is BAIE besig en “hectic”. ITB het nooit

’n ontvang gehad nie, nou sit ek hier en ek moetabsoluut weet wie doen wat en wat hieraangaan. Ek ontvang baie besoekers en studen-te (baie van hulle ook buitelandse studente metvreemde aksente en tale). Dit veroorsaak datek die meeste tale moet verstaan, veral Engelsom die internasionale besoekers te kan help. Ek

het darem ’n goeie kennis van Afrikaans, Engels enTswana en daarby ook nog Pedi, Noord-Sotho, Suid-Sotho, Venda, Xhosa en Zoeloe. Daarby moet ek ’ndeeglike kennis hê van hoe alles hier inmekaar steek,van hoe die projektors, CD-skrywers en rekenaarswerk.

Waarmee wil jy graag bederf word?Ek leef vir my familie en is baie lief vir my seuntjie,

Itumeleng (die woord beteken blydskap). My grootstegeskenk sal ’n oorsese besoek aan Amerika saammet my familie wees. Ek was nog nooit oorsee nie.

Wat gee jou nagmerries?As ek nie goed kan regkry waarvan ek niks weet nie.

Soos as iets aan my motor breek en ek kry nie iemandom my daarmee te help nie. Ek kan dit nie hanteer asek nie iets self kan regkry nie. Dit gee my “horries”.

Kan jy kwaad word?(’n Kollega hoor die vraag en sê dadelik – nie kwaad

nie, maar boeta, sy kan baie ferm wees.) Soms, maarek wil nie kwaad wees nie. Dit gebeur tog, maar danloop ek liewer ’n draai om my in ’n ander situasie tebevind totdat ek beter voel.

Noem drie dinge waarvan jy hou?Skoene, dit is my swak punt. Mooi versierings in

’n huis en van kuier saam met my vriende en familiemet ’n verjaardag of ’n lekker geleentheid.

Watter bekende persoon sal jy graagste wilontmoet?

Oprah Winfrey. Sy’s ’n vrou wat bo uitgekom hetten spyte van haar struikelblokke. Sy is ’n vrygewigepersoon wat geniet wat sy doen. Sy het styl.

Wat wil jy graag as verjaarsdaggeskenk ontvang?’n Nuwe motor. ’n RAV 4.Waarsonder kan jy nie?Uit my hart uit, my kind. Ek wil tog nooit trou nie

want ek soek nie iemand wat vir my vertel wat eken hoe ek dinge moet doen nie.

Wat is jou wildste droom?Dat iemand vir my sal sê ek het ’n reuse prys gewen

soos ’n “make over”.Wat is jou gunsteling kleur?(Sy het toe sommer drie.) Rooi, swart en ’n ligte

mauve-kleur.

KN Junie 2005 uitgawe.p65 6/20/2005, 8:45 AM8