5
1 KOMMUNIKASIEBRIEF 1/2015 22 Januarie 2015 Geagte Ouer(s)/Voog(de) Na ʼn welverdiende ruskans die afgelope vakansie, sien die totale Ferdiekorps uit na ʼn volgepakte kwartaal waar ons elke geleentheid ten beste wil benut om elke Ferdieleerder se potensiaal te ontsluit, te ontgin en te ontwikkel. Mag elkeen ʼn wonderlike 2015 beleef – gevul met energie, entoesiasme en empatie. GRAAD 12-UITSLAE 2014 Ferdies is besonder dankbaar en geseënd! Die matrikulante van 2014 is die 15de agtereenvolgende Ferdiegroep wat daarin geslaag het om ‘n 100%-slaagsyfer te behaal. Ons opregte gelukwense aan die matriekklas van 2014 en al die onderwysers vir hul volgehoue uitnemende werk. Die Noordwes Onderwysdepartement lys die topskole wat 'n 100%-slaagsyfer behaal het op grond van die skool met die grootste aantal matrikulante. Ferdies beklee hier die sesde posisie. Ferdies behaal persentasiegewys die 12de posisie in die provinsie ten opsigte van die aantal onderskeidings teenoor die aantal leerders. Manus Kleynhans, ons DUX-leerder, eindig onder die top-100 presteerders in Noordwes. Manus het ses onderskeidings behaal. Ferdies is baie trots op hom en al die ander graad 12’s wat onderskeidings behaal het. Die volgende leerders het drie of vier onderskeidings behaal: Riaan du Toit, Mariska Labuschagne, Zané Labuschagne, Katli Mabe, Kate Pretorius en Zeldi Viviers behaal vier onderskeidings elk en Brittney Groenewald, Elinda Harmse, Janine Klaassen, Zoné Knoetze, Clariesa Pretorius en Nicole Vivier drie onderskeidings elk. Die moontlikheid bestaan dat die getal onderskeidings van genoemde leerders na die hernasien kan vermeerder.

KOM 1 VAN 2015Hoërksool Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kommunikasiebrief 1 van 2015

Citation preview

  • 1

    KOMMUNIKASIEBRIEF 1/2015 22 Januarie 2015

    Geagte Ouer(s)/Voog(de)

    Na welverdiende ruskans die afgelope vakansie, sien die totale Ferdiekorps uit na volgepakte kwartaal waar ons elke geleentheid ten beste wil benut om elke Ferdieleerder se potensiaal te ontsluit, te ontgin en te ontwikkel. Mag elkeen wonderlike 2015 beleef gevul met energie, entoesiasme en empatie.

    GRAAD 12-UITSLAE 2014 Ferdies is besonder dankbaar en gesend! Die matrikulante van 2014 is die 15de agtereenvolgende Ferdiegroep wat daarin geslaag het om n 100%-slaagsyfer te behaal. Ons opregte gelukwense aan die matriekklas van 2014 en al die onderwysers vir hul volgehoue uitnemende werk.

    Die Noordwes Onderwysdepartement lys die topskole wat 'n 100%-slaagsyfer behaal het op grond van die skool met die grootste aantal matrikulante. Ferdies beklee hier die sesde posisie. Ferdies behaal persentasiegewys die 12de posisie in die provinsie ten opsigte van die aantal onderskeidings teenoor die aantal leerders.

    Manus Kleynhans, ons DUX-leerder, eindig onder die top-100 presteerders in Noordwes. Manus het ses onderskeidings behaal. Ferdies is baie trots op hom en al die ander graad 12s wat onderskeidings behaal het. Die volgende leerders het drie of vier onderskeidings behaal: Riaan du Toit, Mariska Labuschagne, Zan Labuschagne, Katli Mabe, Kate Pretorius en Zeldi Viviers behaal vier onderskeidings elk en Brittney Groenewald, Elinda Harmse, Janine Klaassen, Zon Knoetze, Clariesa Pretorius en Nicole Vivier drie onderskeidings elk. Die moontlikheid bestaan dat die getal onderskeidings van genoemde leerders na die hernasien kan vermeerder.

  • 2

    AKADEMIESE MIDDAE In ons strewe om ons leerders toe te rus om matrieksertifikate van uitnemendheid te verwerf, is besluit om vanjaar weer ekstra akademiese tyd in te ruim. Die graad 12-leerders is verplig om op die volgende dae na skool klas by te woon in die onderstaande vakke: Rekeningkunde: Maandae 14:00-15:00 Fisiese Wetenskappe/Wiskunde: Maandae 15:00-16:00 (Dit kan wees dat die Wiskundeklasse op alternatiewe Dinsdae aangebied word omdat die Wiskundegroep so groot is).

    Die graad 11-leerders is verplig om op die volgende dae na skool klas by te woon: Fisiese Wetenskappe/Wiskunde: Maandae 14:00-15:00 (Ekstraklas in genoemde vakke sal afwisselend al om die tweede Maandag aangebied word.)

    Indien nodig, sal ekstra klasse na die eerste kwartaal vir die graad 9- en 10-leerders op Maandae gerel word.

    Ons dank aan Ferdies se personeel wat soos altyd bereid is om die ekstra myl te loop in die beste belang van die leerders.

    TOETS- EN TAAKROOSTER Die taak- en toetsrooster van die eerste kwartaal word in die eerste skoolweek aan die leerders uitgedeel sodat hulle hul werk daarvolgens kan beplan. Hierdie roosters moet in hul dagboeke geplak word en onderwysers en leerders moet streng by di rooster hou. Let asseblief daarop dat toetse tydens die eerste kwartaal op Maandae en Donderdae geskryf word tensy anders op bogenoemde rooster aangedui. Geen vakonderwyser mag uitstel aan leerders gee vir die laat inhandiging van take of die skryf van toetse nie. Slegs die adjunkhoof/hoof mag in uitsonderlike gevalle toestemming gee. Indien n leerder a.g.v. siekte of n ander geldige rede nie n toets op die toegekende datum of tyd kan skryf nie, moet die adjunkhoof waar moontlik reeds die vorige dag of vroegoggend van die betrokke dag geskakel/gespreek word.

    Take wat een dag laat is, word met -5% en take wat twee dae laat is, met -10 % gepenaliseer. Indien take later as twee dae is, word alle punte verbeur. n Mediese sertifikaat dien nie as kwytskelding van die inhandiging van take nie. Leerders wat a.g.v. n geldige mediese rede (mediese sertifikaat) nie n taak op die geskeduleerde datum kan ingee nie, moet dit op die eerste dag terug by die skool wel ingee. Alle leerders moet dus al hul take doen en ingee om te kan slaag.

  • 3

    AFWESIGHEDE Alle versoeke vir verlof tot afwesigheid (met motivering) word skriftelik aan die graadvoog gerig. Leerders moet hierdie versoeke tydens aantrede/voogperiode by hul graadvoog ingee. Indien die versoek goedgekeur word, moet die leerder uitteken en terugteken by die skool se ontvangskantoor. Geen leerder mag die terrein verlaat sonder dat hierdie prosedure gevolg is nie. Dit word as n baie ernstige oortreding van die gedragskode beskou indien n leerder die terrein sonder die nodige toestemming verlaat.

    Let asseblief daarop dat leerders nie net gehaal kan word sonder dat relings vooraf getref is nie. Graadvoogde se klasse mag nie onderbreek word vir verlofsake nie en daarom sal hierdie reling konsekwent toegepas word.

    Soos reeds gemeld, moet die adjunkhoof/hoof die oggend van die toets/eksamen in kennis gestel word van n afwesigheid en die leerder moet ook so spoedig moontlik daarna n mediese sertifikaat inhandig. Slegs n mediese sertifikaat dien as n geldige verskoning vir afwesigheid tydens n eksamen/toets. Leerders wat versuim om n mediese sertifikaat in te handig, sal nul vir die betrokke vraestel kry.

    RAPPORTE Die eerste kwartaal se rapporte word op 25 Maart 2015 ontvang.

    AKADEMIESE TOER Die toppresteerders van grade 8-11 het van 1-5 Desember 2014 n opwindende, aksiebelaaide en uiters leersame akademiese toer in die Drakensberge gehad. Die program het onder andere die volgende interessante aktiwiteite en besoekpunte ingesluit besoek aan die Drakensbergseunskoor, ESKOM, water- en woudstudies, Canopy Tour, Paint ball en heerlike swemsessies in die warmswembad.

    Uitnodigings en inligting oor vanjaar se akademiese toer word binnekort aan die top 10-leerders gegee.

    OUERAANDE Vanjaar se eerste oueraand vind op Dinsdag, 10 Febuarie 2015 plaas. Daar word uitgesien uit na n groot oueropkoms.

    Opvoeders kan sonder afspraak vanaf 17:30 18:00 in hul verskillende klasse ontmoet word. Vanaf 18:00 19:30 spreek opvoeders die ouers wat vooraf afsprake gemaak het. Leerders kry die afspraakvorms die week vr die oueraand by skoolontvangs en 10-minuut-afsprake word gemaak vir die tydgleuf 18:00 tot 19:30.

    Graad 8-ouers ontmoet die hoof en adjunkhoof om 17:30 in die saal vir kort vergadering en daarna meld die graad 12-ouers en leerders om 18:30 in die saal aan vir n belangrike vergadering.

  • 4

    SETH-leerders 'n Aparte skrywe word binnekort uitgestuur met meer inligting oor vanjaar se program en tye. n SETH-inligtingsoueraand sal ook binnekort gehou word. LIEFDADIGHEIDSPROJEK Die liefdadigheidskomitee van die VRL beplan uitreik na kleuterskool in Sarafina teen die einde Februarie. Ondersteuning vir die projek word gevra deur een of meer van die volgende items saam met u kind skool toe te stuur:

    Gebruikte skryfbehoeftes (ou storieboeke wat geskik is vir kleuters is ook welkom)

    Mieliepap Blikkieskos Sojamaalvleis (Toppers) Tandepasta met tandeborsel Seep

    Genoemde items kan so gou as moontlik na Mev. Rosin se klas geneem word. Kontak gerus vir Mev. Rosin (0837628675) of vir Mev. De Villiers (0812712894) of vir Palesa Papers by die skool met enige navrae.

    POLSENDE PULSE VIR 2015 Ferdies bied vanjaar musiekblyspel aan onder die bekwame en professionele leiding van Chris Steyn. Die musiekblyspel sal op 19, 20 en 21 Augustus 2015 in die skoolsaal op die planke wees.

    Daar word taai oefenskedule gevolg wat toewyding en 100%-bywoning van elke deelnemer vereis. Hierdie oefenskedule sal op die WhatsApp-groep en op die Pulse-kennisgewingbord aan deelnemers deurgegee word.

    Voorts word daar van elke deelnemer verwag om R80 te betaal wat aangewend sal word vir drinkgoed tydens oefentye gedurende naweke asook vir etes tydens die Pulse-kamp. Die geld sal ook aangewend word vir die aankoop van benodigdhede vir die konsert. Meer inligting sal later deurgegee word.

    CANSA RELAY FOR LIFE Bogenoemde vind vanjaar plaas vanaf 7 tot 8 Maart by die Fanie du Toitsportterrein. Dit begin 18:00 op 7 Maart en eindig om 08:00 op 8 Maart na afloop van kort kerkdiens.

    Hoewel die skool nie vanjaar deelneem nie, ondersteun die skool hierdie verdienstelike saak en word ouers aangemoedig om saam met hulle kinders as spanne in te skryf. Kontak gerus vir Suzette du Toit (082 807 06 94) in die verband.

  • 5

    HANDBOEKTEKORTE Daar word tans in sommige vakke handboektekorte ervaar. Wees gerus dat die skool alles in sy vermo doen om die probleem so spoedig moontlik op te los sodat geen leerder benadeel word nie.

    TEN SLOTTE Mag elkeen van ons hierdie kwartaal spreekwoordelik met lekkerkry klaarkry omdat ons doelgerig lewe! Vriendelike Ferdiegroete. ____________________ A.J. LABUSCHAGNE HOOF