2
NG SUID-OOS VRYHEID ’DIE FLOOZE’’ LAAT ONS SKATERLAG Toe ek Maandagoggend wakker word met die woorde ‘’hoezit my tjomma hoe lyk dit my ou’’ in my kop, toe weet ek…. Dié Flooze het haar spore hier in Vryheid kom trap. En toe manlief die middag na werk by die huis inry blêr die radio soos die Ninja ‘’song’’ gespeel word. Die Flooze het beslis haar merk kom maak by die Suid-Ooster Fees op Saterdag 25 Augustus 2018. Eers het Sorina Erasmus ons vermaak met haar pragtige musiek en die trane laat rol met haar liedjie “Mamma”, en toe het die gedaanteverwisseling feitlik voor ons oë gebeur. Die ”Flooze van Witbank” het die hele ‘’show’’ oorgevat en met haar pittige sê-goed en kletsrym ‘’songs’’ die kinders aan haar lippe laat hang. Oud en jonk het hierdie ‘’rowwe chick van Witbank” se opvoering geniet en geskaterlag. Die Suid-Ooster Fees wat aangebied was op 25 Augustus 2018 by Suid-Oos Gemeente was ‘n reuse sukses! Die kinders het die “cross-fitt, “’paintball” en ‘’target shooting” vreeslik geniet. ‘n “Sterk Man” en “Sterk Vrou” kompetisie het gesorg vir groot opwinding en die spiertiere kon hulle kragte ten toon stel. Suid-Oos Gemeente, Wes en Moeder het heerlike kosse aan besoekers voorsien en almal het smaaklik weggelê aan pannekoek, hamburgers, worsbroodjies, tuisgebak, poedings en roosterkoek. Die teetuin het die heerlikste koek verkoop en soettande kon smul na smaak. Die middag het gesorg vir lekker lag, musiek en handeklap toe Sorina Erasmus oftewel Die Flooze van Witbank ons kom vermaak het met haar talente. Almal het die vertoning terdeë geniet en vir ‘n paar uur vergeet van probleme, swaarkry en laste. Oud en jonk het saam gelag, geklap en gesing. Die Suid-Ooster

kzn.ngkerk.netkzn.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/11/2018/10/VHD-SO-nuus2.…  · Web viewEn toe manlief die middag na werk by die huis inry blêr die radio soos die Ninja ‘’song’’

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

NG SUID-OOS VRYHEID’DIE FLOOZE’’ LAAT ONS SKATERLAGToe ek Maandagoggend wakker word met die woorde ‘’hoezit my tjomma hoe lyk dit my ou’’ in my kop, toe weet ek…. Dié Flooze het haar spore hier in Vryheid kom trap.

En toe manlief die middag na werk by die huis inry blêr die radio soos die Ninja ‘’song’’ gespeel word.Die Flooze het beslis haar merk kom maak by die Suid-Ooster Fees op Saterdag 25 Augustus 2018.Eers het Sorina Erasmus ons vermaak met haar pragtige musiek en die trane laat rol met haar liedjie “Mamma”, en toe het die gedaanteverwisseling feitlik voor ons oë gebeur. Die ”Flooze van Witbank” het die hele ‘’show’’ oorgevat en met haar pittige sê-goed en kletsrym ‘’songs’’ die kinders aan haar lippe laat hang. Oud en jonk het hierdie ‘’rowwe chick van Witbank” se opvoering geniet en geskaterlag.Die Suid-Ooster Fees wat aangebied was op 25 Augustus 2018 by Suid-Oos Gemeente was ‘n reuse sukses!

Die kinders het die “cross-fitt, “’paintball” en ‘’target shooting” vreeslik geniet. ‘n “Sterk Man” en “Sterk Vrou” kompetisie het gesorg vir groot opwinding en die spiertiere kon hulle kragte ten toon stel.Suid-Oos Gemeente, Wes en Moeder het heerlike kosse aan besoekers voorsien en almal het smaaklik weggelê aan pannekoek, hamburgers, worsbroodjies, tuisgebak, poedings en roosterkoek. Die teetuin het die heerlikste koek verkoop en soettande kon smul na smaak.Die middag het gesorg vir lekker lag, musiek en handeklap toe Sorina Erasmus oftewel Die Flooze van Witbank ons kom vermaak het met haar talente. Almal het die vertoning terdeë geniet en vir ‘n paar uur vergeet van probleme, swaarkry en laste. Oud en jonk het saam gelag, geklap en gesing. Die Suid-Ooster fees het alle verwagtinge oortref en R111 868.00 ingesamel vir broodnodige fondse. Die fees was afgesluit met ‘n gesellige saamkuier om die braaivleisvure.Ons dank aan ieder en elk wat hierdie dag moontlik gemaak het. Baie dankie aan die Bestuurspan van Suid-Oos wat weereens die haas uit die hoed getrek het en vir ons ‘n onvergeetlike dag aangebied het.Of soos Die Flooze sal sê: “AWESOME PAPPIE