107
BETAALMIDDELEREG BIR324

LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

BETAALMIDDELEREG

BIR324

Page 2: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

BETAALMIDDELE

HOE OM HIERDIE GIDS TE GEBRUIK

Hierdie studiegids bevat verduidelikende aantekeninge van al die temas wat gedurende

die semester behandel gaan word. Die temas word as volg in die gids uiteengesit:

Onderwerp (as ʼn opskrif) - Die opskrif sê vir u waaroor die lesing gaan.

*Voorvereistes - Dui aan (waar van toepassing) watter voorafkennis of

voorafleer u nodig het om hierdie onderwerp suksesvol aan te pak.

Studiedoelwitte - Sit die basiese kennis en vaardighede wat u moet bereik het

nadat u die lesing afgehandel het. Wanneer u studeer vir toetse of die eksamen,

dien dit as u afbakening. Hierdie doelwitte/uitkomste sal u deur die werk lei en

indien u al hierdie doelwitte kan beantwoord, sal u enige vraag in ʼn toets of die

eksamen kan beantwoord.

Bestudeer - Voorgeskrewe materiaal wat u MOET bestudeer. Dit sluit die

toepaslike gedeeltes in u voorgeskrewe handboek en materiaal in.

Lees - Materiaal wat u aandagtig moet deurlees. Dit word aanbeveel dat u

hierdie gedeeltes wel raadpleeg aangesien dit as agtergrond tot die

voorgeskrewe gedeeltes dien en ook u basiese kennis en begrip van die vak sal

verbeter.

Doel van voorgeskrewe materiaal - ʼn Kort uiteensetting van die belang van

die voorgeskrewe materiaal sodat u dit binne verband kan bestudeer en die

kern kan uithaal.

Aktiwiteite - Verskillende aktiwiteite word ingesluit om u te help om die werk te

bemeester en toe te pas. Dit is verpligtend om hierdie aktiwiteite te voltooi en op

die voorgeskrewe datum (soos aangedui in u kursushandleiding) as individuele

portefeulje in te handig. Hierdie aktiwiteite sal 10% van u semestersyfer bydra.

2

Page 3: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Woordelys - ʼn Lys van belangrike terminologie word ingesluit. U moet die

betekenis van hierdie woorde naslaan. Daar is plek in die gids by elke lesing

waar u die betekenis van die begrippe kan inskryf.

Kontrole - aan die einde van elke lesing, sal u ʼn kontroleblokkie vind wat

verwys na die toepaslike gedeelte in die handboek/voorgeskrewe materiaal wat

u moes bestudeer het. U kan daarin afmerk of u die werk gelees het, opgesom

het en/of geleer het.

BETEKENIS VAN AKSIEWOORDE VIR ASSESSERING

Hierdie lys van aksiewoorde met hul betekenis het ten doel dat u verstaan wat van u

verwag word in toetse en eksamens. Die uiteensetting van die aksiewoorde is reeds

aan u bekend. U het in Strafreg by adv Kruger daarmee kennis gemaak.

NOEM / LYS: Skryf in kort sinne die verlangde inligting neer, sonder ʼn bespreking

daarvan.

BESKRYF: Gee ʼn gedetailleerde uiteensetting van ʼn saak deur melding te maak van

die verskillende dele, eienskappe of kwaliteite van die saak.

BESPREEK: Verduidelik die betekenis van iets aan die hand van logiese argumente.

IDENTIFISEER: Gee die wesenlike kenmerke weer.

GEE ‘N OORSIG: Gee ʼn samevatting (opsomming, ʼn verkorte weergawe) van die

hoofpunte van ʼn vraagstuk en lewer kommentaar daaroor.

SOM OP: Gee ʼn samevatting van die belangrikste feite sonder detail, illustrasies, kritiek

of bespreking.

GEE ‘N UITEENSETTING: Gee ʼn samevatting van die hoofpunte van die onderwerp in

ʼn duidelike en logiese volgorde sodat verskille, ooreenkomste en raakpunte duidelik

aangetoon word.

ILLUSTREER: Maak gebruik van ʼn skets, diagram of grafiese voorstelling om ʼn begrip

te verduidelik of ʼn probleem op te los.

3

Page 4: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

IN VERBAND BRING: Dui duidelik aan hoe verskillende aspekte met mekaar verband

hou, by mekaar aansluit of ooreenstem.

INTERPRETEER / VERTOLK: Lewer kommentaar oor beskikbaar feite, met verwysing

na toepaslike voorbeelde. Gee ʼn duidelike aanduiding van u eie vertolking daarvan.

KONTRASTEER: Beklemtoon verskille, teenstellings en ongelykhede van die feite of

gebeure.

VERGELYK: Stel die feite, gebeure of probleme teenoor mekaar en dui ooreenkomste

en verskille aan of ontleed die ooreenkomste en verskille tussen stellings, idees ens.

(Let op die verskil tussen kontrasteer en vergelyk).

LEWER KOMMENTAAR: Spreek ʼn eie mening uit met betrekking tot die gegewe

vraagstuk. Sê of u met ʼn bepaalde stelling saamstem of nie.

KRITISEER: Gee u beredeneerde opinie oor iets deur te wys op die goeie en slegte

punte. U opinie moet deur feite en argumente ondersteun word. Om te kritiseer beteken

nie om aan te val nie.

ONDERSOEK/ONTLEED: Verdeel die gegewens in dele en bespreek dit krities.

VERDUIDELIK: Gee ʼn duidelike uiteensetting (verklaring). Lig toe met voorbeelde

en/of illustrasies en voer redes aan vir uitsprake of resultate.

EVALUEER: Maak ʼn waardebeoordeling op grond van bepaalde uitgangspunte of

kriteria. Verwys na voor- en nadele en gee ook u eie mening of die van ʼn kundige. Moet

nie bespreek nie.

Bron: Aangepas uit McMillan, 1997.

4

Page 5: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

UITEENSETTING VAN LESINGS:

Lesings 1-6: Algemene beginsels

Lesings 7-9: Tjeks

Lesing 9: Promesse

Lesing 10: Reisigerstjeks & Kredietkaarte

Lesing 11: Aanlyn bankbedrywighede & Krediet Oorplasings.

LESING 1: ALGEMENE BEGINSELS VAN DIE REG VAN VERHANDELBARE

DOKUMENTE

Studiedoelwitte:

Na afhandeling van hierdie lesing, moet u in staat wees om die volgende te doen:

1. Onderskei tussen waardepapiere en verhandelbare dokumente.

2. Bespreek die kambiale – en onderliggende verpligting.

3. Demonstreer ‘n deeglike kennis en begrip van die komponente, rol van die partye

en funksies m.b.t. wissels, tjeks en promesses.

4. Definieer wissels, tjeks en promesses.

5. Identifiseer die partye betrokke by verhandelbare dokumente.

Bestudeer:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit SF, Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 1, 3-7 & 10-14)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.01-30.03, 30.05 & 30.07-30.20)

Lees:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit, S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 2 & 8-9)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.04, 30.06 & 30.21-30.23)

5

Page 6: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Aktiwiteit 1

Verduidelik die ‘kambiale’ en ‘onderliggende’ verpligting.

Woordeskat:

Verhandelbare dokument:

_________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Waardepapier:

________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Nemo plus iuris reël:

_____________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Wissel:

_______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Tjek:

_________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

6

Page 7: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Promesse:

____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Trekker:

______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Belower/promittant:

______________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Betrokkene:

___________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Nemer:

_______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Akseptant:

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Endossant:

____________________________________________________________

7

Page 8: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

_____________________________________________________________________

_

Geëndosseerde:

________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Houer:

________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Toonder:

______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Wisselborg:

____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Teorie

1. Inleiding

- Betaalmiddelereg handel hoofsaaklik met verhandelbare dokumente, met die nodige beklemtoning op:

Die onderskeid tussen waardepapiere en verhandelbare dokumente. Basiese beginsels en definisies van verhandelbare dokumente. Geldigheidsvereistes van verhandelbare dokumente. Verhandeling. Akseptasie. Houerskap.

8

Page 9: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

2. Algemene beginsels en die onderskeid tussen waardepapiere en verhandelbare dokumente

- Dis is belangrik om te verstaan of en wanneer verhandelbare dokumente verhandelbaar en oordraagbaar is. Die tradisionele toets van verhandelbaarheid is of die instrument oordraagbaar is, soos kontant met aflewering, en of dit vatbaar is vir regsaksie deur die persoon wat dit pro tempore hou. ʼn Ander gewone vereiste is dat die instrument ʼn onderneming moet bevat om geld te betaal of sekuriteit, wat geld verteenwoordig, te lewer. - Verhandelbare dokumente staan ook bekend as waardepapiere. Beide verhandelbare dokumente en waardepapiere het ʼn sekere waarde wat baie hoër is as die waarde van die stuk papier self, omdat dit persoonlike regte/ vorderingsregte omvat wat die afdwinging en oordrag daarvan, mobiliseer en vereenvoudig. Hierdie regte kan slegs afgedwing word deur besit van die dokumente.(bv slegs die houer van ‘n fliekkaartjie kan toegang tot ‘n fliek verkry, net so kan slegs die houer van ‘n tjek dit wissel.)- Waardepapiere is ʼn baie breër/wyer konsep as die konsep “verhandelbare dokumente”, want nie alle waardepapiere kan verhandel word nie (aandeelsertifikate, poswissels en ladingsbriewe is waardepapiere maar kan nie verhandel word nie, terwyl banknote, wissels, tjeks en promesses, verhandelbare dokumente is wat verhandel kan word). Verhandelbare dokumente is slegs ʼn spesifieke soort waardepapier. (sien Figuur 1)

- Verhandelbare dokument het ʼn tweeledige betekenis: Eerstens is dit onderskeibaar van ʼn waardepapier as ʼn spesifieke tipe waardepapier, want

alle verhandelbare dokumente kan verhandel word, terwyl nie alle waardepapiere verhandel kan word nie. Daarom moet die dokument en die regte wat dit insluit, maklik van een persoon na ʼn ander oorgedra kan word. (Dit is nie die posisie t.o.v. waardepapiere nie)

Tweedens, bekom die daaropvolgende houer van die dokument (oordragnemer), wat die dokument in goeie trou en teen waarde neem, gewoonlik al die regte t.o.v. die dokument (wissel, tjek of promesse) selfs al het sy voorganger ʼn defektiewe reg daarop gehad. Hierdie regte/magte van die houer van ʼn verhandelbare dokument is in art 36 van die Wet uiteengesit. Die regspreuk nemo plus iuris ad alium transferre potest quam ipse habet (no one can transfer a greater right than he himself has) vind nie toepassing in hierdie geval nie. Die rede waarom hierdie spreuk nie toepassing vind in die geval van verhandelbare dokumente nie, is omdat wissels en promesses aan geld gelykgestel is en sommige van die eienskappe toegedig is. (Indien die oordraggewer nie in goeie trou opgetree het nie of nie waarde toegevoeg het nie, sou hy/sy geen beter aanspraak as sy/haar voorganger daarop gehad het nie.)

- Met verwysing na die bogenoemde nemo plus iuris reël: Hierdie reël vind nie toepassing op verhandelbare dokumente nie, alhoewel dit toepassing vind op waardepapiere (hoofsaaklik a.g.v. die sakeregtelike beginsels en omdat verhandelbare dokumente aan geld gelykgestel is).- Die waardepapier druk die noue verbintenis tussen besit van die instrument en die uitoefening van die regte daarin vervat, baie goed uit. Ter illustrasie:

Eerstens, die kontrak tot die wissel word gesluit deur lewering van die instrument. Tweedens, slegs die houer van die wissel beskik oor die mag om o.g.v. die instrument aksie

in te stel en om die regte daarin vervat af te dwing, alhoewel nie elke houer van ʼn instrument ook ʼn krediteur is i.t.v. die regte wat daarin vervat is, nie. ʼn Krediteur i.t.v. ʼn wissel is die persoon wat die kontrak tot die wissel gesluit het met die trekker, akseptant of endossant.

9

Page 10: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Derdens, die partye tot die wissel onderneem om betaling te laat geskied aan die houer. Vierdens, die akseptant van die wissel kan slegs onthef word van aanspreeklikheid, deur

reëlmatige betaling. Vyfdens, oordrag van die persoonlike regte wat in die wissel vervat is, kom tot uitvoerig deur

die verhandeling van die instrument. Sesdens, verkryging van die regte word afhanklik gestel van ʼn reëlmatige houer se

verkryging van die instrument self.

3. Die kambiale/wisselregtelike verpligting

- Oorspronklik, is die kambiale verpligting beskou as afkomstig te wees van die kontrak van wisseling. I.t.v. hierdie kontrak (cambium traiecticum vel mercantile) het een party onderneem om ʼn bedrag geld aan ʼn ander party te betaal, wat op sy beurt, onderneem het om die bedrag op ʼn latere tyd en plek, in ʼn ander wisselkoers terug te betaal. Die wissel wat na aanleiding van hierdie kontrak uitgereik is, het geen afdwingbare verpligting bevat nie. Daarom was dit moontlik dat die kambiale verpligting tot uitvoering gekom het sonder dat ʼn wissel enigsins getrek is. - Die nuwe benadering het die kambiale verpligting op die wissel self gegrond, en het twee dominante teorieë tot gevolg gehad: die skeppingsteorie en die kontraksteorie.- Die skeppingsteorie grond die kambiale verpligting op ʼn eensydige en abstrakte handeling van die skuldenaar, naamlik die ondertekening van die instrument: konsensus is nie nodig om aanspreeklikheid te vestig nie. Hierdie teorie word egter nie in SA nagevolg nie. Dit is nie korrek om die handtekening op ʼn wissel gelyk te stel aan ʼn deklarasie van voorneme om gebind te wees nie. Die trekker is nie van voorneme om elke houer te betaal nie.- Daarom, die kambiale verpligting in SA rus op twee pilare: die kontraksteorie en die beskerming van goeie trou.

Kontraksteorie Die kambiale verpligting is hoofsaaklik ʼn kontraktuele verpligting. Kontrak alleen verskaf nie ʼn bevredigende oplossing vir alle gevalle waarin aanspreeklikheid toepassing vind nie en die leerstuk van die beskerming van goeie trou word gebruik as ʼn alternatiewe bron om kontrak as ʼn bron van die kambiale verpligting aan te vul. Die Wet ondersteun hierdie benadering in arts 19 (aanspreeklikheid is gebaseer op kontrak en geen kontrak van ʼn wissel is voltooid en onherroeplik tot en met lewering van die instrument om die kontrak te sluit nie), 19(3) (as ʼn wissel in die hande van ʼn reëlmatige houer is, is ʼn geldige lewering deur alle partye voordat hulle aanspreeklik gestel is aan die houer, veronderstel) en 21 (geen persoon is aanspreeklik as ʼn trekker, akseptant of endossant van ʼn wissel indien hy dit nie as sodanig onderteken het nie, maar sy handtekening alleen is nie voldoende nie).

Beskerming van goeie trou Beskerming van goeie trou regverdig die oplegging van aanspreeklikheid in daardie gevalle waar die ondertekenaar aanspreeklik gehou word teenoor die koper in goeie trou, beide waar hy homself nie kontraktueel verbind het nie en waar hy verwere kan aanvoer teen sy onmiddellike teenparty. ʼn Waardepapier beskerm die belange van 3de persone wat nie partye tot die geval en verhandeling van die instrument en die onderliggende transaksies was nie. Maar die reg kan nie elke geloof beskerm nie. Die goeie trou van die koper word slegs beskerm waar die voorkoms dat iemand anders in

10

Page 11: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

staat was om die eiendom tegelde te maak, toegevoeg kan word aan die oorspronklike eienaar. Aanspreeklikheid aan ʼn reëlmatige houer is nie gevestig in kontrak of skuld nie, maar berus op objektiewe grondslae. Die risiko-idee onderlê die kambiale verpligting. Tog sal nie elke handtekening op ʼn wissel wat blyk die van die party daartoe te wees, aanspreeklikheid vestig nie. Die ondertekenaar van ʼn wissel sal slegs aanspreeklikheid opdoen indien hy die instrument onderteken het met die wete dat dit ʼn wissel is. Die beskerming van goeie trou van die bona fide houer vir waarde vestig nie net regte t.o.v. die instrument in hom nie, maar skakel ook verwere wat beskikbaar was aan vorige partye, uit.

3.1 Kambiale en onderliggende verpligting

- Wissels, tjeks en promesses word hoofsaaklik gebruik om skulde te delg, krediet te verskaf of donasies te maak.- Kommersiële Reg par 30.26-27: ‘n Verhandelbare dokument soos ‘n tjek word gewoonlik getrek op grond van een of ander kontrak tussen die partye, byvoorbeeld ‘n koopkontrak ingevolge waarvan die koper die koopprys aan die nemer moet betaal. Hierdie (hoof)kontrak vorm die onderliggende verbintenis tussen die partye.- Wanneer die partye egter ooreenkom om ‘n verhandelbare dokument as betalingsinstrument te gebruik, word ‘n bykomstige hulpkontrak op die dokument self gesluit. Dit staan bekend as die kambiale verpligting. Die onderliggende verbintenis is dus die causa vir die bestaan van die kambiale verpligting.- Die causa is nie ʼn meganiese deel van die kontrak tot die wissel nie; ʼn onderliggende verpligting vestig die causa slegs en tot so ʼn mate waartoe die partye gemeen het om die kontrak afhanklik daarvan te stel. - ʼn Erkenning van skuld tesame met ʼn uitdruklike of stilswyende belofte om daardie skuld af te los, het ʼn soortgelyke afhanklike verpligting tot gevolg. - Die vraag of ʼn nuwe verpligting geskep is, word vasgestel deur die intensie van die partye. ʼn Nuwe verpligting vervang selde die huidige skuld en is glad nie ʼn novasie van die ou verpligting nie. - Die opdrag in ʼn wissel mag nie voorwaardelik wees nie en ʼn wissel mag nie op so ʼn wyse getrek word dat dit voorwaardelik gestel word aan die skuld waarvoor dit uitgereik is nie. - Die kambiale verpligting vervang nie die onderliggende verpligting nie, maar die twee verpligtinge loop hand aan hand en is kumulatief, aangesien beide gerig is op die betaling van dieselfde skuld.- ‘n Voorbeeld van kambiale en onderliggende verpligting: A bou ‘n huis vir B. Die koste beloop R100 000. Die onderliggende verpligting is op B om die R100 000 aan A te betaal vir die arbeid. B kan die bedrag kontant betaal, maar verkies om ‘n tjek ten gunste van A uit te reik. Deurdat B die tjek geteken het en dit aan A gelewer het, ontstaan daar nou ‘n nuwe kontrak – die kambiale verpligting- wat geskep is deur die tjek. A is die begunstigde en kan sy regte op grond van die tjek afdwing.

4. Basiese konsepte en definisies

- Definisies aangaande die drie verhandelbare dokumente:

Wissel ʼn Onvoorwaardelike skriftelike opdrag, gerig deur een persoon aan ʼn ander, geteken deur die persoon wat dit rig, om die persoon aan wie dit gerig is te versoek om op aanvraag te betaal, of op ʼn vasgestelde of vasstelbare tyd in die toekoms, ʼn sekere bedrag geld, aan ʼn spesifieke persoon of ʼn persoon wat deur hom aangedui is, of aan toonder.

Tjek ʼn Wissel getrek op ʼn bank en betaalbaar op aanvraag.

11

Page 12: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Promesse ʼn Onvoorwaardelike skriftelike belofte gemaak deur een persoon aan ʼn ander, geteken deur die persoon wat die belofte maak, om op aanvraag te betaal of op ʼn vasgestelde of vasstelbare tyd in die toekoms, ʼn sekere bedrag geld, aan ʼn spesifieke persoon, of ʼn persoon wat deur hom aangedui is, of aan toonder.

- Definisies aangaande partye betrokke by wissels, tjeks en promesses:

Trekker Die persoon wat ʼn skriftelike opdrag gee dat ʼn bedrag geld betaal moet word. Die persoon wat ʼn wissel of tjek skep.

Belower/promittant Die persoon wat ʼn promesse skep. Die persoon wat beloof om te betaal. Die belower/promittant stem nie ooreen met die trekker van ʼn wissel nie, maar met die akseptant van die wissel.

Betrokkene Die persoon aan wie die opdrag om te betaal, gerig is. Hy moet by die naam genoem word of andersins met redelike sekerheid op die wissel aangedui word. In die geval van ʼn tjek, moet die betrokkene altyd die bank wees. In die geval van ʼn promesse, is daar geen betrokkene nie.

Nemer Die persoon in wie se guns die dokument oorspronklik opgestel is. Indien die wissel nie betaalbaar is aan die houer nie, moet die nemer genoem word of andersins met redelike sekerheid aangedui word. ʼn Wissel mag getrek word, betaalbaar aan:

twee of meer nemers gesamentlik een van twee nemers een of verskeie nemers in die alternatief die houer van ʼn amp

Akseptant Geen persoon sal aanspreeklik wees as ʼn trekker, akseptant of endossant, behalwe indien hy die wissel in daardie hoedanigheid onderteken het nie (dus ‘n persoon se handtekening moet op die wissel verskyn om aanspreeklik te wees). Die betrokkene van ʼn wissel is nie aanspreeklik t.a.v. die instrument nie omdat hy dit nie onderteken het nie. Hy is bloot betrokke by die wissel maar hy is nie ʼn kontrakterende party daartoe nie. Alhoewel, wanneer hy die wissel aanvaar, m.a.w. hy stem toe tot die opdrag van die trekker deur die wissel te onderteken, word hy ʼn party tot die wissel en is verantwoordelik ten aansien daarvan. Die akseptant, daarom, is die betrokkene wat ʼn party tot die wissel geword het deur akseptasie daarvan. Akseptasie vind slegs plaas in geval van wissels.

Endossant Die nemer van ʼn wissel is nie ʼn party tot die wissel nie en is daarom nie aanspreeklik ten aansien daarvan nie. Hy beskik oor sekere regte, soos om die wissel te verhandel. Indien die nemer die instrument deur endossement (handtekening) verhandel , sal hy daarna bekendstaan as die endossant van die dokument. A.g.v. sy ondertekening van die instrument, het hy ʼn party daartoe geword en is aanspreeklik ten aansien daarvan. Die endossant, daarom, is die persoon wat die dokument verhandel het deur endossement en lewering.

Geëndosseerde ʼn Endossant mag ʼn wissel aan iemand anders by name endosseer bv “Betaal D of persoon aangedui”. Die persoon aangedui in naam, D, staan bekend as die geëndosseerde. D mag op sy beurt die dokument verhandel deur endossement en lewering, in welke geval hy (D), ook ʼn endossant word.

12

Page 13: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Houer Die houer is die nemer, geëndosseerde of toonder van ʼn wissel wat in besit is van die instrument. Die houer is die persoon geregtig op betaling i.t.v. die instrument.

Toonder Die persoon in besit van ʼn wissel betaalbaar aan toonder. Wisselborg of borg As ʼn persoon homself as borg vir betaling deur die trekker, akseptant

of geëndosseerde bind deur die instrument te onderteken, staan hy bekend as die borg, of ondertekenaar van ʼn wisselborg.

- In die geval van ʼn wissel of ʼn tjek, is daar ten minste drie partye betrokke, naamlik die trekker, die betrokkene en die nemer. In die geval van ʼn promesse is daar slegs twee partye betrokke, die belower/promittant en die nemer.

Figuur 1 (Kenmerke en tipes waardepapiere)

13

Waardepapiere(Waardepapier – verteenwoordig waarde)

Besit Persoonlike reg

Maklik oordraagbaar Nie so maklik oordraagbaar nie

Tipes waardepapiere Verhandelbare dokumente Koopaktes

Roerende eiendom Onroerende eiendom

Transportaktes Notariële verbande Ladingsbriewe Aandeel sertifikate Nie-oordraagbare tjeks en deposito sertifikate Nie-verhandelbare poswisselVerhandelbare dokumente

(Verteenwoordigend van waarde)Gemenereg Statutory law

(Wisselwet)- Aandelebewyse - Wissels

- Tjeks- Promesses- Skatkiswissel- Reisigerstjeks wat aan al die vereistes vir ‘n wissel

voldoen.

Onderskeidende kenmerke Oordraagbaarheid Uitsluiting van die nemo plus iuris reël Reëlmatige houer

Toeskrywings Eienaarskap word verkry deur ‘n bona fide koper selfs indien die oordrag- gewer geen reg

daartoe gehad het nie. Instrument word verkry sonder verdedigings. Bona fide betaling aan houer onthef die instrument en partye daartoe.

Page 14: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Figuur 2 (Toepassing van die nemo plus iuris spreuk op verhandelbare dokumente en waardepapiere

Verhandelbare dokumente WaardepapiereNemo plus iuris geld nie

Indien ʼn houer met ʼn defektiewe aan- spraak op ʼn houertjek(kontanttjek), dietjek aan ʼn bona fide oordragnemer wiewaarde aan die tjek gee, oorhandig, saldie oordragnemer die dokument met alregte wat daaruit blyk, oorneem. Die oordragnemer sal ʼn reëlmatige houerword en mag die tjek vir betaling aanbied.Blote persoonlike verwere-in-titel sal niebeskikbaar wees teen die oordragnemernie.

Nemo plus iuris geld

Indien ʼn dief ʼn gesteelde voertuig aan bona fide koper verkoop, kan die dief nie die reg van eienaarskap aan die koper van die voertuig oordra nie, omdat hy nie ʼn regmatige aanspraak op die voertuig het nie. Die dief is nie die eienaar nie, en daarom, sal die koper slegs ʼn defektieweaanspraak bekom en sal nie kwalifiseer as regmatige eienaar van die voertuig nie. Alhoewel die koper in goeie trou opgetree het en waarde verskaf het, sal hy/sy geen beter aan- spraak bekom as wat sy voorganger gehad het nie. Die werklike eienaar van wie die voertuig gesteel is, kan dit van die dief of die koper terugeis.

14

Page 15: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

LESINGS 2-3: GELDIGHEIDSVEREISTES

Studiedoelwitte:

Na afhandeling van hierdie lesing moet u in staat wees om die volgende te doen:

1. Noem en bespreek volledig die geldigheidsvereistes vir ʼn verhandelbare

dokument.

(Tot 20 punte per vereiste!)

2. Wat is die posisie rakende handtekeninge op verhandelbare dokumente, namens

maatskappye en BK’s?

Bestudeer:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 35-50, 53, 70-72,

74-78, 82-83 & 85-86)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.24-30.50, 50.53-30.56 & 30.61-30.63)

Lees:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 25-34, 51-52, 54-

57,73, 79-81, 84 & 87-88)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.51-30.52, 30.57-30.60 & 30.64-30.67)

15

Page 16: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Aktiwiteit 2

Een van die geldigheidsvereistes vir die daarstelling van ‘n geldige verhandelbare

dokument is dat dit geteken moet wees. Verduidelik handtekeninge deur regspersone.

Teorie

1. Inleiding- Die definisie van ʼn wissel, en net so ook , van ʼn tjek en promesse, omvat 8 geldigheidsvereistes. Alhoewel sommige belangrike verskille uitgewys sal word, is dieselfde vereistes as ʼn algemene reël ook op promesses van toepassing. - Die vereistes is as volg:

Opdrag/belofte om te betaal. Onvoorwaardelikheid. Skriftelik. Geadresseer deur een persoon aan ʼn ander. Geteken deur die persoon wat dit gegee het. Op aanvraag of ʼn vasgestelde of vasstelbare tyd in die toekoms. ʼn Sekere bedrag geld. Aan ʼn spesifieke persoon of sy order of aan toonder.

2. Opdrag/belofte om te betaal

- ʼn Wissel en ʼn tjek moet ʼn opdrag om te betaal bevat, wat deur die trekker aan die betrokkene gerig is. In die geval van ʼn tjek druk banke gewoonlik beide die Engelse word “Pay” en onder dit die Afrikaanse word “Betaal”, onmiddellik links van die spasie verskaf om die nemer se naam in te vul. - In die geval van ʼn promesse is dit die promittant self wat betaling aan die nemer beloof (daarom geen betrokkene in hierdie geval nie).- Let daarop dat in die geval van ʼn wissel en ʼn tjek dit ʼn opdrag deur die trekker van die wissel/die tjek is, terwyl dit in die geval van ʼn promesse ʼn belofte deur die promittant is.- Wanneer die woorde gebiedend is, word dit gewoonlik vereis dat die instrument van betaling ʼn opdrag bevat. Selfs woorde van toestemming, magtiging of versoek, gekwalifiseer deur ander woorde en uitdrukkings, wat normaalweg nie as ʼn opdrag i.t.v. die Wet sal kwalifiseer nie, kan somtyds deur woorde wat ʼn opdrag daarstel, gekwalifiseer word (i.t.v. Grotius se definisie van ʼn wissel in die gemenereg). ʼn Blote skulderkenning, byvoorbeeld, kwalifiseer nie as ʼn promesse nie, omdat dit geen duidelike belofte om die skuld terug te betaal, bevat nie.- Om vas te stel of dit wel ʼn opdrag bevat, moet die hele instrument ondersoek word. Die gebruik van

16

Page 17: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

hoflike uitdrukkings is nie onversoenbaar met die maak van ʼn opdrag nie.

3. Onvoorwaardelikheid

- Die opdrag in ʼn wissel en ʼn tjek, sowel as die belofte in ʼn promesse, moet onvoorwaardelik wees. Die verpligtinge in ʼn wissel of ʼn promesse, mag nie afhanklik gestel word van die onderliggende verpligting waarvoor dit uitgegee is nie. - Waar die opdrag ʼn voorwaarde, dat betaling slegs sal geskied indien die nemer ontvangs op die instrument erken, bevat, is dit nie onvoorwaardelik nie. Alhoewel, waar die voorwaarde nie die opdrag kwalifiseer nie maar tot die nemer gerig is, is die opdrag onvoorwaardelik. - Die onvoorwaardelikheid van ʼn opdrag word nie deur akseptasie gekwalifiseer nie. - Hierdie vereiste fasiliteer die verhandelbaarheid en akseptasies van wissels en promesses as plaasvervangers vir geld.- Dit bring sekerheid mee en is gerig op die voordeel van die 3de party wat dit aanvaar of betaal. (Carlos v Vancourt)- Let op die volgende voorbeeld:

a) ʼn Opdrag om te betaal uit ʼn spesifieke fonds is nie onvoorwaardelik nie bv. “Betaal kontant of toonder R100 uit my Rekening Nr. 13579”.

b) ʼn Ongekwalifiseerde opdrag om te betaal gekombineer met ʼn aanduiding van ʼn spesifieke fonds waaruit die betrokkene homself skadeloos moet stel, of ʼn spesifieke rekening wat gedebiteer moet word, is onvoorwaardelik bv. “Betaal kontant of toonder R100. Debiteer my Rekening Nr. 13579”.

Die verskil tussen (a) en (b)? In (a) is die opdrag om te betaal afhanklik gestel van die beskikbaarheid van fondse in daardie rekening om die bedrag van die wissel te verhaal (ʼn voorwaarde), terwyl daar in (b) ʼn opdrag is om te betaal (maak nie saak waar die geld vandaan kom nie), gekombineer met ʼn aanduiding van die rekening wat na die betaling deur die trekker gedebiteer moet word.

- Verwys ook na die bepalings van art 2(3) in Malan, p.48.

4. Skriftelik

- Skriftelik word nie in die Wet gedefinieer nie, maar is voor voorsiening gemaak in art 3 van Wet 33 van 1957 (“behalwe indien die teendeel bewys word, sal skriftelik ook tikwerk, litografie, fotografie en alle ander wyses van representasie of reproduksie van woorde in ʼn sigbare vorm insluit”). In aansluiting by daardie alreeds van melding gemaak is daar skrif in pen en ink. Woorde kan ook elektronies op ʼn televisie/rekenaar skerm gereproduseer word.- ʼn Wissel kan gereproduseer word op ʼn verskeidenheid materiale soos seep, sand, metaal, papier ens. Tog voldoen nie al hierdie wyses van reprodusering van woorde in ʼn sigbare vorm aan die vereistes van die Wet nie. Sonder om spesifieke kategorieë voor te skryf, word dit aan die hand gedoen dat die materiaal waarop/wyse waarmee woorde gereproduseer word steeds die funksie van ʼn wissel/tjek as ʼn verhandelbare dokument, moet ten uitvoer bring. Wissels en promesses is bedoel om te sirkuleer: dit moet afgelewer word, voorgehou word, aanvaar word en betaal word, en die materiaal gebruik/die wyse wat gebruik is moet met hierdie funksies versoen. - Die materiaal waarop/die wyse waarop woorde gereproduseer word moet ook die funksie van ʼn wissel/promesse as ʼn verhandelbare dokument ten uitvoer bring. - Die woorde “in sigbare vorm” vereis nie noodwendig dat die woorde leesbaar moet wees nie. Dit vereis ook nie dat ʼn dokument op ʼn spesifieke manier geskryf moet word nie, soos net getik

17

Page 18: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

nie (kan bv ook in brailleskrif wees). Dit is ook nie nodig om in ʼn spesifieke taal te wees nie en kan uit meer as een dokument bestaan en mag ook as ʼn stel getrek word.

5. Gerig deur een persoon aan ʼn ander

- Die opdrag in ʼn wissel moet aan ʼn ander persoon gerig word, wie by name genoem moet word of andersins met redelike sekerheid aangedui moet word.- Dit is nie op promesses van toepassing nie (daar is geen betrokkene aan wie die opdrag om te betaal gerig is nie). - In geval van ʼn tjek kan die betrokkene aan wie die opdrag gerig is, slegs ʼn bank wees, en in geval van ʼn wissel kan die betrokkene of ʼn privaat persoon of ʼn bank wees.- Waar die wissel deur A op homself getrek is (dws waar die trekker en die betrokkene dieselfde persoon is), mag die houer die instrument as of ʼn wissel of ʼn promesse hanteer. In die lig van hierdie bepaling is ʼn sogenaamde bank tjek, waar dieselfde bank die trekker en die betrokkene is, heeltemal geldig. (S v De Castro)- Daar mag meer as een trekker wees of die opdrag mag aan meer as een betrokkene gerig wees. Tog mag ʼn wissel nie aan 2/meer betrokkenes in die alternatief of in opvolging gerig wees nie. Sekerheid van betaling van wissels op dieselfde wyse asof dit kontant was, en die beskerming van die nemer, sodat hy seker kan wees van wie die betrokkene is en nie van een betrokkene na ʼn ander hoef te gaan om betaling te laat geskied nie, word deur hierdie beginsel bereik.

6. Geteken deur die persoon wat dit gegee het

- Geen definisie van handtekening word in die Wet gegee nie. Verwysing word gemaak na ander wetgewing. Volgens Malan beteken dit enige merk wat op die instrument aangebring is met die bedoeling om die ondertekenaar te identifiseer. - Die ondertekenaar of een/meer van die partye speel ʼn belangrike rol. ʼn Persoon wat sy handtekening op ʼn verhandelbare dokument aanbring, sal prima facie aanspreeklik as ʼn trekker, aksepteerder, promittant, endosseerder of borg word, maar geen persoon is as ʼn party aanspreeklik as hy nie die instrument geteken het nie. (Maar verwys na Lesing 1. Handtekening alleen is nie genoeg om aanspreeklikheid te vestig nie – moet teken as ʼn trekker/ in die hoedanigheid as ʼn trekker) ʼn Handtekening kan enige merk/teken (volle naam en van of voorletters en van of slegs voorletters of ʼn blote merk) wat op die dokument aangebring is deur ʼn persoon met die bedoeling om sy handtekening te wees, wees. ʼn Merk op ʼn wissel hoef nie deur getuies geattesteer te word nie en mag deur ʼn ongeletterde persoon aangebring word.

- Drie funksies word uitgevoer deur die vereiste dat verhandelbare dokumente geteken moet wees: ʼn Totstandbrengende funksie Nodig vir die geldige skepping van die instrument. Slegs die

trekker se handtekening is nodig om die wissel tot stand te laat kom. Trekker hoef nie die wissel in eie hand te teken nie – mag deur ʼn ander persoon onder sy gesag aangebring word *.

ʼn Oordraggewende funksie Nodig vir die geldige verhandeling van ʼn opdrag instrument. ʼn Opdrag instrument word verhandel deur endossement en lewering. Verhandeling is die oordrag van ʼn wissel op so ʼn wyse dat die oordragnemer as die houer beskou word, en ʼn wissel betaalbaar aan order word verhandel deur die endossement van die houer, voltooi met lewering.

18

Page 19: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

ʼn Waarborggewende funksie Nodig om die aanspreeklikheid van die verskeie partye tot die instrument te vestig. Handtekening is ʼn voorwaarde vir aanspreeklikheid, maar nie die enigste voorwaarde nie.

- Handtekening hoef nie in ink te wees nie en hoef nie op ʼn spesifieke wyse of op ʼn spesifieke plek aangebring te word nie.- Die seël/franker met ʼn seël van ʼn korporasie word geag om die ekwivalent van ʼn handtekening te wees.- Geen persoon is aanspreeklik indien hy nie as sodanig geteken het nie, met dien verstande dat indien hy in ʼn handels- of aangenome naam teken, hy daarop aanspreeklik is asof hy dit in sy eie naam geteken het. Die handtekening van die naam van ʼn firma is ekwivalent aan die handtekening, deur die persoon so geteken, van al die name van persone aanspreeklik as vennote van die firma. - ʼn Handtekening reflekteer nie altyd korrek die identiteit van die persoon wat dit geteken het nie. Die gevolge van so ʼn “onreëlmatige handtekening” kan wissel. Die blote feit dat die nemer se naam verkeerd gespel is of hy verkeerdelik aangewys is, diskwalifiseer hom nie noodwendig as ʼn nemer nie, met dien verstande dat hy met redelike sekerheid aangewys is.

6.1 Verteenwoordigingshandtekening

- ʼn Party mag ʼn ander toestemming verleen om namens hom te teken. (Verwys na *)- N.a.v. die gemenereg, sal ʼn prinsipaal aan die handtekening van die agent gebonde wees as die agent werklik toestemming gehad het om namens die prinsipaal te teken, of indien die aanvanklike ongemagtigde handtekening deur die prinsipaal bekragtig is. - Dit is voorgeskryf dat ʼn persoon wat teken, persoonlike aanspreeklikheid sal vryspring indien hy die woorde tot sy handtekening voeg wat aandui dat hy vir/namens ʼn prinsipaal teken, of in ʼn verteenwoordigende hoedanigheid. Indien hy nie magtiging gehad het om vir/namens die persoon aangedui as die prinsipaal of in ʼn verteenwoordigende hoedanigheid te teken nie, sal hy persoonlik aanspreeklik wees.- Om vas te stel of die handtekening op die wissel daardie van ʼn prinsipaal/agent is, word die mees gunstige konstruksie vir die geldigheid van die testament aangeneem.

6.2 Vervalste en ongemagtigde handtekeninge

- Met verwysing na vervalste handtekeninge, is dit bepaal dat: ʼn Vervalle handtekening in geheel ongeldig is. ʼn Persoon kan in sekere omstandighede verhinder word om die vervalsing as verweer te

opper.- Verwys na Kommersiële Reg par 30.39 vir ʼn voorbeeld van aanspreeklikheid t.a.v. vervalste tjeks.- ʼn Ongemagtigde handtekening mag reggestel word, terwyl ratifikasie nie moontlik is in die geval van ʼn vervalste handtekening nie. In die geval van vervalsing, maak die vervalser die handtekening van iemand anders na met die bedoeling om te mislei, terwyl die persoon in die geval van ʼn ongemagtigde handtekening, namens iemand anders teken, maar sonder daardie persoon se toestemming en sonder die bedoeling om te mislei.- ʼn Prinsipaal mag gebonde gehou word aan die verteenwoordiger se ongemagtigde handeling, bv

19

Page 20: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

waar die prinsipaal nie die relevante persone van beperkings op die verteenwoordiger se magtiging ingelig het nie.

6.3 Handtekeninge deur regspersone- Ten einde handtekeninge deur regspersone ten volle te begryp, is dit belangrik om die konsep van verteenwoordiging van maatskappye en beslote korporasies (BK’s) te verstaan.- ʼn Regspersoon is ʼn geskeie regsentiteit en beskik oor ʼn regsbestaan onafhanklik van sy lede. Maar tog is dit steeds ʼn nie-menslike entiteit en kan daarom nie regshandelinge op sy eie uitvoer nie. Deelname aan regstransaksies geskied d.m.v. verteenwoordigers. Die posisie is dus as volg:

Maatskappy Art 70 van die Maatskappywet bepaal dat ʼn wissel/ promesse geag word namens ʼn maatskappy getrek te word, of so aanvaar te word, of geëndosseer te word, indien dit getrek, aanvaar of geëndosseer word in die naam, of namens die maatskappy, deur ʼn persoon wat deur die maatskappy gemagtig is. agtiging moet vasgestel word met verwysing na die statute van die maatskappy. Direkteure word gewoonlik uitdruklik, of by implikasie, gemagtig om die maatskappy te verteenwoordig, maar die blote feit dat ʼn persoon ʼn direkteur van ʼn maatskappy is, beteken nie dat hy outomaties gemagtig is om die maatskappy te verteenwoordig nie. Indien enige een sy magtiging om die maatskappy te verteenwoordig/ bind oorskry, sal die maatskappy slegs aanspreeklik wees indien die 3de persoon bona fide en redelikerwys geglo het dat die verteenwoordiger namens die maatskappy opgetree het. Indien dit bevind word dat ʼn maatskappy se handtekening op ʼn wissel nie gemagtig was nie, sal die maatskappy nie aanspreeklik gehou kan word nie. Twee beginsels van maatskappyereg kwalifiseer die magtiging van ʼn agent om ʼn maatskappy te bind: Die leerstuk van toegerekende kennis en die Turquand reël (verwys na Malan par 77). Art 50(3)(b) speel ook ʼn rol. Enige agent wat die handtekening op ʼn wissel, tjek of promesse aanbring/magtig, is skuldig aan ʼn misdryf indien die naam van die maatskappy nie korrek is in alle opsigte nie. So ʼn persoon is persoonlik aanspreeklik t.o.v. die instrument indien die maatskappy versuim om te presteer. Dit beteken dat die genoemde persone persoonlik aanspreeklik gehou kan word indien die naam van die maatskappy nie op die instrument voorkom nie, of in enige opsig verkeerd is, selfs al het sodanige persone magtiging gehad om die maatskappy te bind.

BK Die algemene reël is dat enige lid van die BK ʼn agent is van die BK teenoor ʼn nie-lid wat met die BK handel. Lede het gewoonlik gelyke regte om die besigheid te bestuur en te verteenwoordig. Hierdie algemene reël kan egter in die samewerkingsooreenkoms gewysig word. Enige handeling van ʼn lid sal die BK bind, hetsy so ʼn handeling uitgevoer is in die belang van die besigheid, al dan nie, tensy ʼn lid inderdaad oor geen bevoegdheid beskik het om namens die BK te handel nie, en die 3de party geweet, of redelikerwys behoort te geweet het dat die lid nie oor sodanige mag beskik het nie.

- Art 24(1) van die Wisselwet het die volgende implikasies t.o.v. handtekeninge deur regspersone: Dit is, streng gesproke, nie nodig vir ʼn natuurlike persoon (agent) om sy naam saam met

die maatskappy/BK se naam aan te bring nie. Die blote naam van die maatskappy/BK behoort voldoende te wees om as handtekening van die maatskappy/BK te dien en om aanspreeklikheid van die maatskappy te vestig (art 70 & 50(3)(b)) en ook die BK. In praktyk word dit gewoonlik vereis dat natuurlike persone die maatskappy se tjeks onderteken. Voorheen het art 24(1) bepaal dat natuurlike persone wat in die naam van ʼn maatskappy/BK geteken het, en wat nie die woorde wat aangedui het dat in ʼn

20

Page 21: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

verteenwoordigende hoedanigheid geteken word, aangebring het nie, persoonlike aanspreeklikheid opgedoen het. So ʼn persoon kon nie getuienis wat van buite kom, aanvoer ten einde sy verteenwoordigende hoedanigheid te bewys nie.

Art 8 van die Wysigingswet op Wissels 56 of 2000 het die onsekerheid rakende die aanspreeklikheid van ʼn persoon wat ʼn wissel/tjek as agent geteken het, uitgeklaar, indien die voorafgedrukte naam van die prinsipaal op die wissel/tjek verskyn het. Indien die voorafgedrukte naam van die prinsipaal op ʼn tjek voorkom, sal die persoon wat as trekker teken, nie persoonlik aanspreeklik wees nie, selfs al het hy nie sy verteenwoordigende hoedanigheid aangedui nie (in die verlede sou so ʼn persoon persoonlik aanspreeklik gehou kon word). Nogtans moet so ʼn persoon oor die nodige bevoegdheid beskik om namens sy prinsipaal te teken, ten einde persoonlike aanspreeklikheid vry te spring.

- Om op te som: ʼn Maatskappy/BK, as ʼn regspersoon, sal aanspreeklik gehou word t.o.v. ʼn verhandelbare dokument indien:

Dit die oor die bevoegdheid i.t.v. art 36 van die Maatskappywet beskik het om aanspreeklikheid op te doen.

Die persoon wat namens die maatskappy/BK teken die magtiging het om dit te doen. Die maatskappy/BK se naam korrek geskryf is op die instrument. (Uitsprake in ʼn aantal

hofsake bevestig die situasie waar maatskappy amptenare wat bevoeg is om namens die maatskappy te teken, en wat hul verteenwoordigende hoedanigheid duidelik aangetoon het, steeds persoonlike aanspreeklikheid opgedoen het omdat die maatskappy se naam nie korrek weergegee is nie.)

- ʼn Vervalste of ongemagtigde handtekening is in geheel nietig en geen reg om die wissel af te dwing kan deur daardie handtekening verkry word nie, tensy die party van wie betaling geëis word, verhoed word om die vervalsing of gebrek aan magtiging as verweer te opper, bv deur estoppel. ʼn Party kan ook ʼn geskrewe kontrak (verhandelbare dokument) ratifiseer, indien dit gemeenskaplike bedoeling vanweë ʼn algemene fout, nie korrek gereflekteer het nie.

- Onderskei tussen die aanspreeklikheid van ʼn ongemagtigde en ʼn gemagtigde agent: Ongemagtig Sal persoonlik aanpreeklik gehou word t.o.v. die instrument, teenoor die ander

party. Gemagtig Gewoonlik, geen persoonlike aanspreeklikheid. Indien ʼn gemagtigde agent

egter ʼn wissel teken sonder om sy handtekening as “verteenwoordigend” te kwalifiseer, of as hy as trekker teken terwyl die naam van die prinsipaal nie saam met sy handtekening verskyn nie, sal hy persoonlik aanspreeklik gehou word. Die korrekte benadering, daarom, om vas te stel of ʼn agent wel persoonlik aanspreeklik is, is om te vra hoe die redelike man die instrument sou uitgelê het ten einde vas te stel of kwalifiserende woorde bygevoeg is, en of die prinsipaal se naam saam met die agent se handtekening as trekker verskyn het.

- Die beginsels rakende die handtekening van die regspersoon (maatskappy/BK) is as volg: Maatskappy Woorde soos “vir”, “namens”, “pp”, “per” of “in die hoedanigheid as” is genoeg

om ʼn handtekening te kwalifiseer. Maar n.a.v. art 24(1), is kwalifiserende woorde nie nodig indien die naam van die maatskappy op die instrument voorkom nie. Vir hierdie doel, sal ʼn geskrewe naam van die maatskappy, die seël of stempel voldoende wees. Die seël of stempel is egter nie meer nodig nie. Die skryf/tik van ʼn maatskappy se naam is voldoende. Samegestelde handtekeninge (waar ʼn amptenaar van die maatskappy teken tesame met die

21

Page 22: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

maatskappy se seël, rubberstempel of getikte/geskrewe naam, as amanuensis van die maatskappy) is ook voldoende. Die gevolg van art 50(1)(c) en 50(3)(b) is dat ʼn maatskappy se naam altyd op ʼn instrument moet voorkom, tesame met die afkortings (“Bpk”, “Edms”, “Ing” of “Mpy”). Indien die registrasienommer weggelaat word of verkeerd is, sal persoonlike aanspreeklikheid nie gevestig word nie. (Die belangrike aspek is daarom die naam en die kenmerkende afkorting)

BK Die gevolge van art 22(1) en 23(2) is dat ʼn BK se naam altyd op ʼn instrument moet verskyn, tesame met die afkorting (BK), sowel as die registrasienommer. Indien die registrasienommer weggelaat word of verkeerd is, sal persoonlike aanspreeklikheid opgedoen word. (Die naam, identifiserende afkorting en registrasienommer is dus van uiterste belang).

- Die effek van die ultra vires – leerstuk: Maatskappy Behalwe waar dit in die akte van oprigting/statute van die maatskappy

andersins bepaal, sal ʼn maatskappy die bevoegdheid hê om wissels/promesses te trek en te aanvaar/maak en om daarmee te handel.

BK Die ultra vires – leerstuk vind geen toepassing op BK’s nie.

7. Op aanvraag of op ʼn vasgestelde of vasstelbare tyd in die toekoms

- ʼn Wissel is betaalbaar op aanvraag indien dit uitgedruk word op aanvraag betaalbaar te wees, of op sig, of met aanbieding, of indien geen tydstip vir aanbieding bepaal is nie.- ʼn Wissel is betaalbaar op ʼn vasgestelde toekomstige tyd indien die dag in die toekoms waarop dit betaalbaar is, in die wissel genoem word. Waar daar slegs ʼn maand van betaling genoem word, is dit nie betaalbaar op ʼn vasgestelde/vasstelbare tyd in die toekoms nie.- ʼn Wissel is betaalbaar op ʼn vasstelbare toekomstige tyd indien dit uitdruklik bepaal word betaalbaar te wees:

tydens die verstryking van ʼn vasgestelde periode na datum/ sig; of op, of tydens die verval van ʼn vasgestelde periode na die plaasvind van ʼn spesifieke

gebeurtenis wat seker is om plaas te vind, alhoewel die tyd wanneer dit gaan plaasvind onseker mag wees.

- ʼn Tjek is altyd betaalbaar op aanvraag. ʼn Vooruitgedateerde tjek is nie ongeldig bloot omdat dit vooruitgedateer is nie. So ʼn vooruitgedateerde tjek word geldig as ʼn tjek op/na die periode van die vooruitdatering (Standard Bank of SA Ltd v Sham Magazine Centre).- Die betrokkene bank mag betaling van tjeks wat reeds vir ʼn onredelike lang tyd in sirkulasie is, weier.(gewoonlik tussen drie en ses maande)

8. Sekere/vasgestelde bedrag geld

- Verskeie moontlikhede word voorsien waar die bedrag geld in ʼn wissel as ʼn vasgestelde bedrag beskou sal word, naamlik waar die wissel vereis dat betaal moet word:

Met rente. Deur vasgestelde paaiemente. Deur vasgestelde paaiemente, en by versuim van betaling van ʼn paaiement, dat die hele

bedrag opeisbaar word. N.a.v. ʼn wisselkoers soos aangedui, of wat vasgestel moet word n.a.v. die wissel.

- ʼn Instrument waarin betaling in volstruisvere, bruikbare hout of muile voor opdrag gegee word, kan

22

Page 23: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

nie ʼn wissel of ʼn promesse wees nie.- ʼn Instrument wat ʼn opdrag bevat dat daar iets addisioneel tot die betaling van geld moet geskied, is nie ʼn wissel nie.- Indien daar ʼn weerspreking tussen woorde en syfers wat die bedrag uitdruk is, word die bedrag geld vasgestel deur die woorde. (Sien Dependable Aluminium Windows & Doors CC v Antoniades vir ʼn uitsondering in hierdie verband)

9. Aan ʼn spesifieke persoon, sy order of aan toonder

- Die persoon/instansie wat betaling gaan ontvang, staan bekend as die nemer. ʼn Instrument is betaalbaar aan ʼn nemer wat of ʼn toonder/order kan wees. Die nemer moet by name genoem word of moet andersins met redelike sekerheid uitgewys kan word.- Indien die instrument aan toonder/order betaalbaar is, is dit verhandelbaar. Indien dit nie betaalbaar is aan toonder/order nie, is dit nie verhandelbaar nie (alhoewel dit steeds ʼn geldige wissel, tjek of promesse kan wees).- ʼn Instrument betaalbaar aan.... staan bekend as ʼn toonder-instrument (naam van die persoon/ instansie kom nie op die instrument voor nie); ʼn instrument betaalbaar aan order staan bekend as ʼn order-instrument (naam van die persoon/instansie kom wel op die instrument voor).

- ʼn Instrument is ʼn toonder-instrument indien: Dit bepaal dat dit so betaalbaar is (die woorde “of toonder” kom op dit voor en bevat nie

woorde wat die oordraagbaarheid verbied nie). Die enigste/laaste endossement daarop is ‘n blanko endossement. Die nemer is ʼn fiktiewe, nie-geldende persoon of ʼn persoon sonder die bevoegdheid om ʼn

kontrak aan te gaan.

- ʼn Instrument is ʼn order-instrument indien dit: Bepaal word so betaalbaar te wees. Dit betaalbaar is aan ʼn spesifieke persoon (bevat nie woorde wat oordrag verbied nie). Betaalbaar is aan order of ʼn spesifieke persoon.

- ʼn Spesiale endossement kan ʼn order-instrument tot ʼn toonder-instrument omskep. - ʼn Instrument betaalbaar aan “kontant of order” is ʼn geldige wissel en sal ook ʼn toonder-instrument wees.

LESING 4: VERHANDELING & AKSEPTASIE

Studiedoelwitte:

Na afhandeling van hierdie lesing moet u in staat wees om die volgende te kan doen:

1. Bespreek verhandeling in die algemeen.

2. Bespreek die metodes van verhandeling.

23

Page 24: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

3. Onderskei tussen verhandeling en sessie.

4. Definieer endossement.

5. Noem die vereistes van endossemente.

6. Noem en bespreek die verskillende tipes endossemente.

7. Verduidelik endossering van ʼn toonder wissel.

8. Wanneer is aanbieding vir akseptasie nodig?

9. Noem die vereistes vir akseptasie.

10. Bespreek die verskillende tipes akseptasie.

Bestudeer:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 89-91 & 96-101)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.68-30.72, 30.74-30.80, 30.82 & 30.84-30.86)

Lees:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 92-95)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.73, 30.81 & 30.83)

Aktiwiteit 3

Bespreek die verskillende tipes endossemente.

Woordeskat:

Verhandeling:

________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

24

Page 25: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Sessie:

_______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Animo transferendi:

_____________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Endossement:

__________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Blanko endossement:

____________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Spesiale endossement:

__________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Beperkende endossement:

________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Voorwaardelike endossement:

_____________________________________________

25

Page 26: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

_____________________________________________________________________

_

Gedeeltelike endossement:

_______________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Akseptasie:

____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Teorie

VERHANDELING1. Algemeen

- Verhandelbare instrumente is oordraagbaar deur aflewering/aflewering en endossement, en waarop die houer geregtig is om aksie in te stel in eie naam. ʼn Bona fide houer vir waarde kan daarom eienaarskap bekom in sodanige instrumente selfs al is dit van iemand gekoop wat nie geregtig was om dit te verhandel nie.- Verhandeling vind plaas wanneer ʼn wissel van een houer na ʼn ander oorgedra word op so ʼn wyse dat die oordragontvanger die houer daarvan word (selfs al het die oordraer nie volle eienaarskap gehad nie).- Om verhandelbaar te wees, moet ʼn wissel of aan order of aan toonder betaalbaar wees:

Order Indien dit uitdruklik so betaalbaar is, of indien dit uitgedruk word betaalbaar te wees aan ʼn spesifieke persoon en nie woorde bevat wat die verdere oordrag verbied of ʼn bedoeling aandui dat dit nie oordraagbaar is nie.

Toonder Indien dit uitdruklik so betaalbaar is, of indien die enigste of laaste endossement ʼn blanko endossement is, of indien dit uitgedruk word betaalbaar te wees aan die order van ”kontant” of aan “kontant of order”.

- Enige instrument (wissel, tjek of promesse) kan verhandel word indien dit nie woorde bevat wat die oordrag van die instrument verbied nie, of woorde wat op so ʼn bedoeling dui nie (bv. “betaalbaar aan C alleenlik” of “nie oordraagbaar”). – Hibernian Bank v Gysin and Hansons- Verhandeling omvat die oordrag van regte in en tot die instrument.- Nie elke oordrag is ʼn verhandeling nie. Waar ʼn wissel betaalbaar aan order afgelewer is aan die nemer, is dit aan hom uitgereik en nie verhandel nie, want dit kan slegs verhandel word deur endossement van die houer, voltooi deur aflewering.- ʼn Oorspronklik verhandelbare wissel duur voort verhandelbaar te wees totdat dit beperkend geëndosseer is, of verval het deur betaling of andersins.

26

Page 27: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

2. Metode van verhandeling

- Verhandeling is ʼn blote formele konsep wat voorsiening maak vir die oordrag van ʼn wissel aan iemand wat dit as ʼn houer neem.- Elke reëlmatige houer verkry ʼn wissel deur verhandeling (besit), maar nie elke houer verkry ʼn regsaanspraak deur verhandeling nie. Regsaanspraak kan slegs verkry word indien dit animo transferendi verhandel is.- Let weereens op die onderskeid in die metode van verhandeling van ʼn toonder- en ʼn order- instrument:

ʼn Toonder instrument word verhandel deur die blote aflewering van die instrument aan die houer.

ʼn Order instrument word verhandel deur die endossement van die houer aangevul deur die aflewering van die instrument aan die volgende houer. Die eerste aflewering van ʼn wissel, voltooid in vorm, is die uitreiking, en nie verhandeling nie. Gevolglik, kan die nemer van ʼn wissel wat aan order betaalbaar is nie ʼn reëlmatige houer wees nie, want ʼn reëlmatige houer moet dit deur verhandeling verkry en nie deur uitreiking nie.

- Sessie en verhandeling het ʼn soortgelyke aard. Sessie is die aflewering/oordrag van persoonlike regte (deur ooreenkoms). Verhandeling is die oordrag van ʼn wissel op so ʼn wyse dat die oordragontvanger as die houer beskou word; wanneer dit animo transferendi oorgedra is, sal eienaarskap en persoonlike regte wat in die instrument vervat is, oorgedra word.

2.1 Endossement

- Endossement het verskeie betekenisse: Enige handtekening op ʼn wissel, of dit nou daarop aangebring is as ʼn ontvangs, of by wyse

van identifikasie ten einde ʼn verhandeling te laat plaasvind of aanspreeklikheid op te doen. ʼn Handtekening aangebring op ʼn wissel met die bedoeling om die verpligtinge van ʼn

endosseerder op te doen. ʼn Endossement voltooi deur aflewering van die instrument. Aanspreeklikheid van die

endosseerder word vasgestel en verhandeling kom tot stand.

- Die vereistes waaraan ʼn endossement moet voldoen ten einde ʼn verhandeling tot gevolg te hê, is as volg:

Die endossement moet op die wissel self aangebring word, moet deur die endosseerder geteken wees en moet ʼn endossement van die wissel in geheel wees.

Die blote handtekening van ʼn endosseerder, sonder enige addisionele woorde, is voldoende om ʼn endossement tot gevolg te hê.

Indien die wissel betaalbaar is aan die order van meer as een persoon, wat nie vennote is nie, moet elkeen van hulle die wissel endosseer tensy endosserende magtiging het om namens die ander te endosseer.

Indien die nemer/geëndosseerde foutiewelik aangewys is, of indien sy naam verkeerd gespel is, moet hy die wissel as die aangewesene endosseer en sy behoorlike handtekening daartoe byvoeg.

2.2 Verskillende soorte endossemente

- ʼn Endossement kan ʼn blanko endossement, ʼn spesiale endossement of ʼn beperkende endossement wees. Die Wet bevat ook maatreëls m.b.t. gedeeltelike- en voorwaardelike

27

Page 28: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

endossemente. Dit is belangrik om die onderskeid tussen verskillende soorte endossemente en die regsgevolge daarvan te verstaan.- Die verskillende soorte endossemente is as volg:

Endossement in blanko ʼn Endossement wat nie ʼn nuwe nemer spesifiseer aan wie betaling gemaak moet word nie. Dit bestaan uit die blote handtekening van die endosseerder. Die dokument word ʼn toonder dokument (dit word betaalbaar aan toonder), en dit kan verhandel word van een houer na ʼn ander deur die blote oordrag van die dokument. Die houer in besit van die dokument kan dit aanbied vir betaling. Enige houer kan die blanko endossement omskep in ʼn spesiale endossement, deur bo die endosseerder se handtekening ʼn voorskrif te skryf om die wissel aan homself/sy order/enige ander persoon te betaal.

Spesiale endossement ʼn Endossement waarin die naam van die persoon of sy order aan wie betaling van die wissel moet geskied (“Betaal D” (geteken) “C”), aangedui word. Indien ʼn wissel in blanko geëndosseer word, kan enige houer die endossement in ʼn spesiale endossement omskep deur die naam van ʼn spesifieke nemer of sy order bo die handtekening van die endosseerder aan te bring. Die dokument is ʼn order dokument.

Beperkende endossement Twee tipes beperkende endossemente, naamlik: (a) ʼn Endossement wat die verdere verhandeling verbied (“Betaal D alleen”). Die geëndosseerde word die eienaar van die wissel, maar verdere verhandeling word verbied. Geen ander persoon kan, daaropvolgend na die geëndosseerde, die houer daarvan word nie. Die geëndosseerde kan eienaarskap van die wissel bekom en die krediteur m.b.t. gepaardgaande regte word. (b) ʼn Endossement wat die geëndosseerde bloot in staat stel om met die wissel te handel ooreenkomstig die aanwysing daarin, maar wat nie toelaat dat eienaarskap van die wissel in hom vestig nie (“Betaal D vir die rekening van X” of “Betaal D of order vir invordering”). Die geëndosseerde word nie die eienaar van die wissel nie en as die lashebber van die geëndosseerde, is hy verplig om met die wissel te handel ooreenkomstig die endossement. ʼn Geëndosseerde onder ʼn beperkende endossement is geregtig om betaling van die wissel te ontvang en om enige party wat sy endosseerder kon aanspreek, aan te spreek, maar nie om sy regte as geëndosseerde oor te dra nie tensy die endossement hom uitdruklik magtig om dit te doen.

Voorwaardelike endossement Indien ʼn wissel voorwaardelik geëndosseer is, kan die voorwaarde deur die betaler veronagsaam word en die betaling aan die geëndosseerde is geldig, hetsy die voorwaarde nagekom is of nie.

Gedeeltelike endossement Dit gee voor om slegs ʼn gedeelte van die bedrag betaalbaar aan die geëndosseerde oor te dra of om die wissel aan twee of meer geëndosseerdes afsonderlik oor te dra. I.t.v. art 30(3) gee sodanige endossement nie aanleiding tot die verhandeling van die wissel nie.

2.3 Endossering van ʼn toonder wissel

- ʼn Wissel betaalbaar aan toonder word verhandel deur aflewering en geen endossement is nodig vir die verhandeling nie.- Die handtekening van ʼn vreemdeling op ʼn toonder wissel affekteer nie die verhandelbaarheid nie, maar ʼn spesiale endossement laat die vraag ontstaan of die instrument daardeur omskep word in ʼn order wissel.

28

Page 29: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

- Die Wet maak voorsiening vir die omskepping van ʼn order dokument in ʼn toonder dokument en van ʼn endossement in blanko in ʼn spesiale endossement. Tog is daar nie voorsiening vir die omskepping van ʼn wissel, oorspronklik betaalbaar aan toonder, in ʼn wissel betaalbaar aan order nie. ʼn Toonder dokument kan daarom nie in ʼn order dokument omskep word nie. Interlease Ltd v Massyn- ʼn Houer van ʼn toonder dokument beskik nie oor die mag om dit in ʼn order dokument te omskep nie.

AKSEPTASIE1. Algemeen

- Dit is die aanduiding deur die betrokkene van sy toestemming tot die opdrag van die trekker.- Met akseptasie, word die betrokkene ʼn party tot die wissel en doen aanspreeklikheid op. Sy regstatus verander en hy word die prinsipaal en finale skuldenaar daarvan.- Die akseptant se kontrak word slegs voltooi en onherroeplik met aflewering van die dokument of kennisgewing van akseptasie.

2. Wanneer aanbieding van akseptasie nodig is

- Die akseptasie van ʼn wissel is nie ʼn vereiste vir die geldigheid van die dokument nie. Die houer van ʼn wissel is slegs in 3 gevalle verplig om dit aan te bied vir akseptasie:

Indien ʼn wissel betaalbaar is na sig, is aanbieding van akseptasie nodig ten einde die vervaltyd/opeisbaarwording vas te stel.

Indien die wissel uitdruklik bepaal dat dit aangebied sal word vir akseptasie. Indien die wissel betaalbaar is op ʼn ander plek as die betrokkene se

residensiële-/besigheidsadres.

3. Tyd en vereistes van akseptasie

- Geen voorsiening vir enige spesifieke tyd van akseptasie nie. Dit mag geaksepteer word voor dit deur die trekker geteken is, of terwyl dit steeds onvoltooid is, of wanneer dit opeisbaar is, of nadat dit alreeds onteer is deur nie-akseptasie of nie-betaling.- Die volgende vereistes vir die geldigheid van akseptasies word gestel:

Dit moet op die wissel self geskryf word en moet deur die betrokkene geteken word. Die blote handtekening sonder addisionele woorde is voldoende.

Die moet nie bepaal dat die betrokkene sy belofte sal uitvoer op enige ander wyse as deur die betaling van geld nie.

4. Tipes akseptasie

- Deur die akseptasie van ʼn wissel, verbind die akseptant hom tot betaling ooreenkomstig die strekking van sy akseptasie. - Onderskei tussen ʼn algemene en ʼn gekwalifiseerde akseptasie:

29

Page 30: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Algemeen Stem toe tot die opdrag van die trekker sonder kwalifikasie. (ʼn Kwalifikasie om op ʼn sekere plek te betaal word geag ʼn algemene kwalifikasie te wees, tensy dit uitdruklik bepaal dat die wissel slegs daar en nêrens anders betaal mag word nie.)

Gekwalifiseerd Dit wysig die effek van die wissel soos getrek, in uitdruklike terme. Daarom slegs ʼn gedeeltelike toestemming tot die opdrag van die trekker. Die Wet maak voorsiening vir die volgende voorbeelde van gekwalifiseerde akseptasies:

ʼn Voorwaardelike akseptasie (waar betaling onderhewig gestel word aan die nakoming van ʼn voorwaarde).

ʼn Gedeeltelike akseptasie (ʼn akseptasie om slegs ʼn gedeelte van die bedrag waarvoor die wissel getrek is, te betaal).

ʼn Akseptasie om op ʼn spesifieke plek te betaal en nêrens anders nie. ʼn Akseptasie wat die tydstip van betaling kwalifiseer. ʼn Akseptasie van een/meer van die betrokkenes maar nie van almal nie.

Die houer van ʼn wissel mag weier om ʼn gekwalifiseerde akseptasie te neem en kan die wissel as vervalle deur nie-akseptasie hanteer. Indien ʼn gekwalifiseerde akseptasie geneem word en die trekker of endosseerder het nie die houer gemagtig om dit te doen nie, word die trekker en die endosseerder van aanspreeklikheid t.o.v. die wissel onthef.

LESINGS 5-6: HOUERSKAP & AANSPREEKLIKHEID

Studiedoelwitte:

Na afhandeling van hierdie lesing, moet u in staat wees om die volgende te doen:

1. Bespreek die algemene beginsels rakende houerskap.

2. Wat is die regte van die gewone houer, die houer van waarde en die reëlmatige

houer?

3. Wat is die verpligtinge van die gewone houer?

4. Bespreek die vereistes waaraan voldoen moet word ten einde as ʼn reëlmatige

houer te kwalifiseer.

5. Omskryf absolute verwere.

30

Page 31: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

6. Noem en bespreek die verskillende absolute verwere.

7. Bespreek die aanspreeklikheid van die verskillende partye.

Bestudeer:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 102-103, 109-112,

114-125, 127, 129-136, 141-147 & 150-152, 157-164)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.87, 30.89-30.99 & 30.101)

Lees:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 104-108, 113, 126,

128, 137-140, 148-149 & 153-156)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.88 & 30.100)

Aktiwiteit 4

Verskaf ‘n volledige verslag wat die verskille tussen gewone houers, houers vir waarde

en reëlmatige houers verduidelik. Verwys na die vereistes, regte ens.

Woordeskat:

Houer:

_______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Houer vir waarde:

____________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

31

Page 32: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Reëlmatige houer:

______________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Oordraggewer deur lewering:

______________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Absolute verwere:

_______________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Vis absoluta:

___________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Non est factum:

________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Voorwaardelike endossement:

_____________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Gedeeltelike endossement:

_______________________________________________

32

Page 33: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

_____________________________________________________________________

_

Teorie

HOUERSKAP1. Algemeen

- ʼn Wissel is ʼn instrument wat ʼn reg tot aksie beliggaam. Hierdie reg kan slegs deur besit uitgeoefen word. Die noue verbintenis tussen die reg en die papier kom na vore in die verpligtinge wat op partye tot ʼn wissel rus. Die trekker en die endosseerder gee sekere waarborge aan die houer, en die aksepteerder onderneem om die houer te betaal.- Die houer van ʼn instrument kan slegs die nemer, geëndosseerde, of toonder wat in besit van die wissel is, wees. Besit is die kern daarvan om die houer van die instrument te wees. - Besit alleen is egter nie voldoende nie. ʼn Persoon moet ʼn instrument in die hoedanigheid van die nemer, geëndosseerde of toonder besit. Die besit hoef nie wettig te wees nie.- Die nemer is slegs die houer van die wissel as dit steeds in sy besit is en steeds ex facie uit die instrument blyk die houer te wees. Die geëndosseerde is die persoon aan wie se opdrag die wissel betaalbaar deur ʼn spesiale endossement, uitgemaak is. Die toonder is die persoon in besit van ʼn wissel betaalbaar aan toonder.- Die houer het die mag om ʼn regsaksie t.a.v. die wissel self in te stel en die wissel vorm die skuldoorsaak. Die houer hoef hom slegs op die onvoorwaardelike belofte daarin vervat, te beroep ten einde die skuldenaar aanspreeklik te hou. Die verweerder moet vervolgens aantoon waarom hy nie beveel moet om te betaal nie. - Die houer kan ʼn agent wees wat namens die eienaar van die wissel optree. Die houer is die enigste persoon wat in eie naam aksie t.a.v. die wissel kan instel. Hy is egter nie die enigste persoon wat die regte wat daarin vervat is, kan afdwing nie. Sy prinsipaal is die krediteur t.o.v. die regte wat uit die wissel voortvloei. Die nominale houer/houer in naam (agent) dwing die regte van sy prinsipaal qua houer af.

- ʼn Bank wat ʼn tjek vir ʼn kliënt vorder kan dit doen as agent/lashebber (verkry geen regte i.t.v die tjek vir ditself nie en die kliënt behou al die regte t.o.v. die instrument) of as ʼn houer van waarde. Maar ʼn bank mag, in sekere omstandighede, ʼn tjek ex causa onerosa as ʼn houer van waarde aanvaar (as ʼn tjek vir vordering gedeponeer word met die uitdruklike/impliserende onderneming deur die bank, voor ontvangs van die opbrengs, om die tjek te honoreer). - Die verpligting op ʼn wissel word gekenmerk as ʼn formeel abstrakte verpligting. Die houer word geag die krediteur te wees. Die verweerder dra die las om te bewys dat die houer nie die krediteur is nie, of dat sekere verwere teen sy eis geopper kan word.- Houer is daarom ʼn neutrale konsep. Die houer mag, maar hoef nie, die eienaar van ʼn wissel wees.

33

Page 34: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Om die houer te wees is nie sinoniem om eienaar, ware eienaar of krediteur te wees nie: dit gee bloot die mag om aksie t.o.v. die wissel in te stel sonder om te impliseer dat enige iemand op die regte daarin beliggaam, geregtig is. (Bv. dief/lasgewer)- ʼn Wissel is roerende liggaamlike eiendom en soos enige ander res corporalis kan dit verpand word.

2. Gewone houer

- Die regte van ʼn gewone houer sluit in: Mag aksie instel in eie naam t.o.v. die instrument en mag betaling daarvan afdwing teen

enige party wat daarop aanspreeklik gehou kan word. Die houer van ʼn wissel wat gedishonoreer is, mag van enige party wat daarop aanspreeklik

gehou kan word, die volgende eis: Die bedrag van die wissel. Die rente op die bedrag van die wissel vanaf datum van aanbieding, of vanaf die datum

waarop dit opeisbaar geword het. Die koste van die notering en protestering (indien protestering nodig is).Nie alleen die houer mag ʼn eis daarop instel nie. ʼn Persoon wat ʼn houer was, maar wat besit oor die dokument verloor het, sal as die eienaar van die dokument kan eis, deur sy rei vindicatio in te stel teen ʼn onregmatige besitter. Wanneer besit op hierdie wyse herwin word, kan die eienaar as houer kwalifiseer, en is hy geregtig om aksie ten opsigte daarvan in te stel. Tog, indien ʼn reëlmatige houer die instrument in die tussentyd verkry het, is die persoon wie dit verloor het se eienaarskap vernietig, en die oorspronklike eienaar sal nie geregtig wees om hom op die rei vindicatio te beroep nie.

Ander regte van die houer is onder andere - Om die instrument te verhandel. Om enige besonderhede wat ontbreek, op die wissel aan te bring, bv. die datum van

uitreiking of aanvaarding. Om sekere byvoegings tot die instrument te maak, bv. om die endossement in blanko in ʼn

spesiale endossement te omskep, of die kruis van ʼn tjek as “nie verhandelbaar”. Om van die trekker ʼn kopie van ʼn instrument, wat verlore is, te versoek. Kan die wissel aflos deur dit opsetlik te kanselleer, die handtekening van enige party tot die

wissel te kanselleer, deur absoluut en onvoorwaardelik van sy regte teen die aksepteerder afstand te doen of deur reëlmatige betaling te aanvaar.

- Die verpligtinge van ʼn houer sluit in: Aanbieding van die instrument vir akseptasie (indien vereis deur die Wet). Aanbieding van die instrument vir betaling. Versuim om die te doen sal die trekker en die

enkodeerders van aanspreeklikheid onthef. Indien die wissel gedishonoreer is deur nie-betaling of nie-akseptasie, moet kennis van die

dishonorering aan die trekker en elke endosseerder gegee word. Versuim om dit te doen sal die trekker en die endosseerder van aanspreeklikheid onthef.

ʼn Buitelandse wissel wat deur nie-betaling/nie-akseptasie gedishonoreer is, moet deur die houer geprotesteer word. (Hierdie verpligting vind nie toepassing by tjeks nie)

3. Houer van waarde

- ʼn Gewone houer wat aan die addisionele vereiste voldoen:

34

Page 35: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

hy het waarde vir die instrument gegee. - ʼn Persoon gee waarde vir ʼn instrument indien hy iets in ruil daarvoor gee (indien hy enige vorm van teenprestasie verrig en die dokument nie kosteloos ontvang nie).- Die houer van waarde het regte, addisioneel tot daardie van ʼn gewone houer. Sekere persone, soos ʼn akkomodasieparty en die sogenaamde oordraggewer deur lewering, is aanspreeklik teenoor hom, alhoewel hulle nie aanspreeklik is teenoor die gewone houer nie:

Oordraggewer deur lewering ʼn Toonder dokument word verhandel deur blote lewering. Die houer wat so ʼn instrument verhandel word die oordraggewer deur lewering genoem. Omdat die oordraggewer deur lewering nie self die dokument teken nie, sal hy nie aanspreeklik wees t.o.v. die dokument self nie. Tog bepaal art 56(3) dat die oordraggewer deur lewering sy onmiddellike oordragnemer (wat ʼn houer van waarde is) met verhandeling waarborg dat:

Die wissel is wat dit voorgee om te wees. Hy ʼn reg het om dit oor te dra. Op die tydstip van oordrag, hy nie bewus was van enige feit wat die waardeloosheid

van die instrument tot gevolg het nie.Die oordraggewer deur lewering is daarom nie aanspreeklik t.o.v. die instrument nie. Sou die instrument gedishonoreer word, sal hy tot sy onmiddellike oordragnemer (slegs as hy ʼn houer van waarde is) aanspreeklik wees vir waarborgbreuk (kontrakbreuk), alhoewel nie t.o.v. die instrument self nie, omdat hy dit nie geteken het nie.

4. Reëlmatige houer

- ʼn Reëlmatige houer bekom eienaarskap in die instrument selfs waar hy dit van ʼn non dominus bekom en neem dit vry van enige defekte in titel en blote persoonlike verwere wat aan vorige partye tussen hulself beskikbaar was.- SA uitsprake verwys na die reëlmatige houer op verskeie wyses: houer “van waardevolle teenprestasie”, of “vir opeisbare teenprestasie”, of as een wat waarde aan ʼn wissel gegee het, of ʼn bona fide “beswarende endosseerder”, of ʼn houer vir ʼn quid pro qou/ex causa onerosa.

- Ten einde ʼn reëlmatige houer te wees, moet ʼn persoon aan die volgende vereistes voldoen:

ʼn Reëlmatige houer moet ʼn houer wees Nemer, geëndosseerde of toonder in besit. Hy neem ʼn wissel wat op sig voltooid en oënskynlik reëlmatig was Dit is dikwels bepaal

die “oënskynlik” beide tot die voorkant en agterkant van die wissel verwys. Die betekenis van die word “oënskynlik” in hierdie afdeling is daardie van “uiterlike voorkoms; voorkoms…sigbare status of kondisie; aspek; ens. Wanneer vasgestel word of ʼn instrument voltooid en oënskynlik reëlmatig is, moet die oordeel van die redelike man wat die instrument met redelike sorg neem, in aanmerking geneem. ʼn Wissel is oënskynlik reëlmatig as die voorkoms daarvan iemand lei om tot die redelike gevolgtrekking te kom dat vorige partye verwere teen die eise t.o.v. die wissel het of geregtig is op die saaklike regte daartoe.

Hy moes die houer van die instrument geword het voordat dit opeisbaar geword het Indien nie, neem hy dit onderhewig aan die verwere en eise wat teen sy voorganger geopper kon word. ʼn Opeisbare wissel word verhandel in die sin dat die oordragnemer die houer daarvan ken word. Dit kan egter nie verhandel word nie in die sin dat die oordragnemer dit nie vry van verweersmiddele neem nie. Die verhandeling van ʼn opeisbare wissel het ʼn oordrag van die saaklike en persoonlike regte van die oordraggewer tot gevolg.

35

Page 36: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Indien die wissel voorheen gedishonoreer is, moes hy geen kennis daarvan gehad het nie Die houer moes nie enige kennis gehad het die wissel voorheen gedishonoreer is nie.

Hy moes die instrument in goeie trou geneem het Dit word geag dat iets in goeie trou gedoen word indien dit inderdaad eerlik gedoen is, ongeag of dit nalatig gedoen is of nie. Daarom moes hy die geneem het sonder die wete van enige defek in die titel van die persoon wat die instrument aan hom verhandel het, die wissel moes voltooid en oënskynlik reëlmatig wees en hy moes dit bekom het alvorens dit opeisbaar geword het. Die Wet dring aan op die houer se eerlikheid. Die maatstaf is of hy ʼn sekere subjektiewe gedagtegang/ geestestoestand gehad het toe hy die instrument bekom het. Die vraag is nie of hy die kennis van ʼn sekere feit moes gehad het nie, maar of hy inderdaad oor sodanige kennis beskik het. Die leerstuk van toegerekende kennis vind nie toepassing by verhandelbare dokumente nie.

Hy moes dit teen waarde geneem het ʼn Houer neem ʼn wissel teen waarde indien hy dit onder ʼn beswarende titel neem. I.t.v. Engelse gemenereg, het die bona fide houer van waarde, waarde aan die wissel gegee in die sin dat hyself waarde daarvoor gegee het: verkryging van ʼn wissel deur dit te verdiskonteer, is ʼn verkryging vir waarde. Engelse reg het ʼn verkryging deur kontrak vereis. Die Engelse kontrak is ʼn “ooreenkoms”, ʼn transaksie waardeur partye ooreenkom om prestasies uit te ruil; daarom, die vereiste van teenprestasie. I.t.v. die Wet is dit “enige teenprestasie wat voldoende is om ʼn gewone kontrak te ondersteun”. Die houer moet deur ooreenkoms verkry en onder ʼn beswarende titel. Verkryging vind plaas wanneer die wissel verkry is deur verdiskontering; ander verhandelbare dokumente word daarvoor gegee; dit word aanvaar as betaling vir ʼn bestaande skuld; of dit word verkry as teenprestasie vir ʼn onderneming om na ʼn onwettige kind om te sien; of dit word aanvaar as betaling van onderhoud of dit word aanvaar as teenprestasie vir die verlening van krediet-fasiliteite.

Die wissel moet aan hom verhandel word Selfs as ʼn sessionaris of ʼn persoon wat ʼn verlore wissel gevind het aan al die ander vereistes in die definisie voldoen, kan hulle nie reëlmatige houers wees nie. Omdat die nemer van ʼn wissel betaalbaar aan order ʼn houer word met die uitreiking van die wissel en nie tydens verhandeling daarvan nie, kan die nemer nie ʼn reëlmatige houer wees nie.

Op die tydstip van verhandeling, moes hy geen kennis gehad het van ʼn defek in die titel van die persoon wat dit aan hom verhandel het nie Die titel wat die wissel verhandel is defektief indien hy die wissel of die akseptasie daarvan verkry het d.m.v. bedrog of op enige ander onwettige wyse, of vir ʼn onwettige teenprestasie, en word geag om so defektief te wees indien hy die wissel onder troubreuk of onder omstandighede wat tot bedrog lei, verhandel het. Die woord “titel” kan slegs geïnterpreteer word met verwysing na die regte van die houer. Die houer is nie noodwendig die eienaar van of krediteur t.o.v. die wissel in sy besit nie. Hy kan ook onderworpe wees aan die saaklike/persoonlike eise vir die terugvind van die instrument. Die woord “titel” kan slegs ʼn betekenis hê indien dit na sy saaklike regte t.o.v. die wissel verwys, en die vraag of hy geregtig is op die persoonlike regte wat daaruit voortvloei. “Verwere in titel” verwys na eise vir die terugvind van die wissel en na verwere beskikbaar teen die regte wat uit die wissel voortvloei en wat gebaseer is kontrakte t.o.v. die wissel of die onderliggende ooreenkoms.

- Omdat die reëlmatige houer aan meer vereistes gewone houer en houer vir waarde moet voldoen, beskik die houer oor meer regte as die ander houers. Die reëlmatige houer het dieselfde regte as die gewone houer en die houer vir waarde, maar het die volgende bykomende regte:

Vermoede van reëlmatige houerskap Die houer se opponent moet op ʼn oorwig van waarskynlikhede bewys dat die houer nie ʼn reëlmatige houer is nie. Tog, indien die houer se opponent bewys dat akseptasie, uitreiking of gevolglike verhandeling van die wissel

36

Page 37: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

beïnvloed is deur bedrog of onwettigheid, moet die houer bewys dat, nieteenstaande bedrog of onwettigheid, waarde in goeie trou tot die wissel gevoeg is.

Nie beïnvloed deur verkeerde datum op die wissel nie Geldige lewering van dokument onweerlegbaar geag in sy guns te wees Verkryging van ʼn goeie en voltooide titel tot die wissel selfs al was die oordraggewer

se titel defektief Ook vry van blote persoonlike verwere wat aan vorige partye beskikbaar was. Hierdie titel defekte en persoonlike verwere (relatiewe verwere) kan nie teen die reëlmatige houer geopper word nie, in teenstelling met die sogenaamde absolute verwere. Sien die voorbeeld hiervan in Kommersiële Reg par 30.100.

Statutêre estoppels werksaam in sy guns Wisselborg/endosseerder Nie veroordeel op grond van late om kennis van dishonorering deur nie-akseptasie te

gee nie

5. Absolute (volkome) verwere

- ʼn Reëlmatige houer verkry ʼn saaklike reg tot die instrument in sy besit en hy neem dit vry van eise wat vorige partye tot die instrument kon gehad het. Hy is ook geregtig op die persoonlike regte wat in die wissel uitgedruk word en mag dit afdwing sonder om onderworpe te wees aan verwere wat vorige partye tussen hulleself kon opper. Art 36 stel dit onomwonde dat waar ʼn titel tot ʼn instrument defektief is, die reëlmatige houer ʼn “goeie en volledige titel” daartoe verkry.- Art 36 vermeld egter nie dat die reëlmatige houer teen al die verwere wat teen hom geopper kan word beskerm word nie, en ook gee dit nie ʼn spesifieke aanduiding van die verwere waaraan so ʼn houer weliswaar onderworpe is nie. Dit stel bloot dat die houer dit vry van defekte in titel (Verwere in rem. Dit is nie dieselfde as “blote persoonlike verwere” en absolute verwere nie.) en vry van blote persoonlike verwere van vorige houers neem, en voorsien verder dat die houer betaling kan afdwing teen alle partye wat aanspreeklik is t.o.v. die wissel.- ʼn Party wat ʼn wissel geteken het maar nie “aanspreeklik” is ten opsigte daarvan nie, het ʼn absolute verweer. Deur ʼn absolute verweer te opper, sê die verweerder in effek dat alhoewel hy blyk aanspreeklik te wees t.o.v. die wissel, aanspreeklikheid nie in hom kan vestig nie.- Bykomend tot die absolute verwere, kan daardie verwere wat gebaseer word op die kontrak op die instrument tussen hom en sy onmiddellike vorige party, asook daardie gebaseer op die onderliggende transaksie waarvoor die wissel verhandel is, teen ʼn reëlmatige houer geopper word.- Absolute verwere is gebaseer op die instrument self. Hierdie verwere is belangrik, omdat dit ʼn belangrike rol speel as verwere wat teen reëlmatige houers en ander houers geopper kan word.

- Die volgende absolute verwere kan onderskei word:

Handelingsonbevoegdheid ʼn Persoon kan die verweer opper dat hy nie handelingsbevoeg was tydens die ondertekening en lewering nie, en dat hy daarom nie regtens aanspreeklik gehou kan word ten opsigte van die instrument nie.

Absolute dwang (vis absoluta) Die verweerder kan ook die verweer opper dat sy ondertekening van die instrument nie ʼn regshandeling was nie omdat dit onder dwang en teen sy wil uitgevoer is. Dit lei egter nie tot ʼn defek in titel nie. Die verweer dat ʼn verweerder gedwing was om op te tree, kan of absoluut of relatief wees. Dit is absoluut as die verweerder self nie opgetree het nie en dit nie regtens geag kan word dat die verweerder opgetree het nie. Dit is relatief indien, ten spyte van die dwang wat betrokke is, die

37

Page 38: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

verweerder steeds sy eie wil gevorm/gerig het en bedoel het om op te tree. In laasgenoemde geval het ʼn regshandeling plaasgevind.

Vervalste/ongemagtigde handtekening ʼn Persoon sal nie aanspreeklik wees as ʼn trekker, aksepteerder of endosseerder van ʼn wissel as hy dit nie as sodanig onderteken het nie. ʼn Vervalste/ ongemagtigde handtekening is in geheel ongeldig/nietig. Indien ʼn persoon se handtekening op ʼn wissel vervals/ongemagtig is, sal hy nie aanspreeklik wees t.o.v. die instrument nie, selfs nie teenoor ʼn reëlmatige houer nie. ʼn Persoon wat oor geen magtiging beskik om vir of namens iemand anders, wat as prinsipaal aangedui word, te teken nie, of wat in ʼn verteenwoordigende hoedanigheid teken sonder die nodige magtiging, sal i.t.v. art 24(1) persoonlik aanspreeklik t.o.v. die wissel wees.

Wesenlike verandering Indien ʼn wesenlike verandering op die wissel of die akseptasie plaasgevind het, kan die verweerder die verweer opper dat hy nie aanspreeklik gehou kan word t.o.v. die gewysigde dokument nie, omdat hy nie ʼn party tot die wysiging was nie en nie tot die wysiging/verandering toegestem het nie. ʼn Voorbeeld van ʼn wesenlike verandering is enige verandering van die datum, die bedrag betaalbaar, of die tyd en plek van betaling – ʼn wysiging/verandering wat die aanspreeklikheid van enige van die partye tot die instrument sal beïnvloed/wysig.

Nie-lewering van ʼn inchoatiewe (onvolledige) instrument Die verweerder kan ook die verweer opper dat die dokument wat hy geteken het ʼn onvolledige dokument was en dat hy die nie gelewer het met die doel om dit in ʼn wissel/promesse te omskep nie. ʼn Persoon wat of ʼn persoon wat of ʼn onvoltooide – of ʼn blanko dokument onderteken wat vervolgens in ʼn wissel omskep word, is in beginsel, nie aanspreeklik t.o.v. so ʼn dokument nie. In sekere gevalle mag hy egter daarop aanspreeklik wees, soos wanneer aanspreeklikheid o.g.v. die beginsels van art 18 of die gemenereg gevestig word. (Art 18 handel met 2 onderskeie situasies, naamlik die ondertekening van ʼn blanko dokument en die weglating van ʼn materiële besonderheid op die wissel. Indien ʼn persoon sy handtekening op ʼn blanko dokument aanbring en dit aan ʼn ander persoon lewer sodat dit in ʼn wissel omskep kan word, dien die handtekening as ʼn prima facie bevoegdheid om die dokument aan te vul as ʼn volledige wissel. Indien ʼn wissel ʼn materiële besonderheid ontbreek, het die persoon wat in besit is van die dokument ʼn prima facie bevoegdheid om die weglating na goeddunke aan te vul. Die aanvulling van die wissel en die invoeging van ʼn materiële besonderheid, moet plaasvind binne die ooreengekome tyd of, indien daar op geen tydperk ooreengekom is nie, binne ʼn redelike tyd, en streng binne die grense van die magtiging gegee.

Non est factum Indien ʼn persoon ʼn dokument onderteken sonder die wete dat dit ʼn verhandelbare dokument is of dat dit as sodanig gebruik sal word, mag hy homself op die verweer non est factum beroep. Die essensie van hierdie verweer is dat die verweerder nie die dokument onderteken en gelewer het met die bedoeling om ʼn kambiale verpligting te onderneem nie. Indien die persoon egter met die ondertekening van die dokument nalatiglik die indruk geskep het dat hy aan die dokument gebonde sal wees, kan hy homself nie op hierdie verweer beroep nie.

AANSPREEKLIKHEID VAN DIE PARTYE

1. Inleiding

- Die bevoegdheid om aanspreeklikheid as ʼn party tot ʼn wissel op te doen, is onderworpe aan die regsbevoegdheid van ʼn persoon. ʼn Persoon met beperkte regsbevoegdheid kan daarom slegs aanspreeklikheid t.o.v. ʼn wissel opdoen indien hy met die nodige bystand gekontrakteer het, of indien sy handeling gevolglik geratifiseer word.

38

Page 39: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

- Die onderlinge onafhanklikheid van die kambiale verpligtinge hou in dat die aanspreeklikhede van die partye nie beïnvloed word deur die feit dat ander partye die wissel sonder die nodige bevoegdheid onderteken het, of dat die handtekeninge vervals was, of dat dit handtekeninge van persone sonder regsbevoegdheid was of dat dit enigsins sonder regseffek geskied het nie.

2. Aanspreeklikheid van verskillende partye2.1 Mede-debiteure

- ʼn Promesse kan deur twee of meer persone gemaak word, en hulle kan gesamentlik, of gesamentlik en afsonderlik, daarop aanspreeklik wees, afhangend van die strekking daarvan. - Enige promesse wat deur twee of meer persone onderteken is, word geag hul gesamentlike en afsonderlike promesse te wees, totdat die teendeel duidelik blyk.

2.2 Betrokkene

- Die betrokkene is nie aanspreeklik t.o.v. die wissel nie. - Die betrokkene is slegs t.o.v. die wissel aanspreeklik indien hy dit geaksepteer het.

2.3 Aksepteerder en promittant

Akseptasie Die trekker onderneem nie aanvanklik om die wissel te betaal nie, maar slegs om dit te doen wanneer dit nie betaal/ geaksepteer word deur die betrokkene nie. Aanvanklik neem die betrokkene nie deel aan die transaksie nie en is die wissel geldig voor akseptasie. Hy doen ook nie aanspreeklikheid op voor sy akseptasie nie. Akseptasie bestaan uit sy akseptasie van die bevel van die trekker en die onderneming om die houer van die wissel te betaal wanneer die wissel verskuldig is. Deur die wissel te aanvaar, word die betrokkene beide die prinsipaal en finale skuldenaar ten opsigte daarvan. Akseptasie geskied in die aksepteerder se eie naam en is nie afhanklik van die opdrag aan hom gegee nie. Akseptasie is ook nie afhanklik van die verhouding tussen die trekker en die houer nie. Gewoonlik kan die aksepteerder nie op die verwere wat op die verhoudings tussen die ander partye tot die instrument gebaseer is, steun nie (teenbevel van betaling deur die trekker/ooreenkoms tussen die trekker en die betrokkene om die wissel te kanselleer/t.o.v. verwere gebaseer op die onderliggende koopooreenkoms). Die bron van die verpligting van die aksepteerder is nie ʼn eensydige deklarasie van die bedoeling om gebonde te wees nie, maar eerder ʼn kontrak tussen die aksepteerder en die houer.

Vereistes vir akseptasie Ten einde geldig te wees, moet die akseptasie op die wissel aangedui wees en deur die betrokkene onderteken wees. ʼn Akseptasie is ongeldig indien dit ʼn beding bevat dat die betrokkene sy belofte sal nakom op enige ander wyse as die betaling van geld.

Datum en tyd van akseptasie ʼn Wissel kan geaksepteer word voordat dit deur die trekker onderteken is, of terwyl dit steeds onvoltooid is, en ook wanneer dit agterstallig is, of nadat dit gedishonoreer is deur nie-akseptasie of nie-betaling. Indien die akseptasie van ʼn wissel, betaalbaar met die verstryking van ʼn vasgestelde periode na sig, ongedateer is, kan enige houer die ware datum van akseptasie invoeg, en die wissel sal dienooreenkomstig betaalbaar wees. Indien die akseptasie van ʼn wissel gedateer is, is die datum geag die ware datum van akseptasie te wees. Indien ʼn wissel betaalbaar is met die verstryking van ʼn vasgestelde periode na sig, begin die tydperk loop vanaf datum van akseptasie, indien die wissel geaksepteer word, en vanaf die datum van notering/protes, indien die wissel genoteer/geprotesteer word vir nie-akseptasie.

39

Page 40: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Algemene en gekwalifiseerde akseptasie ʼn Akseptasie is of algemeen of gekwalifiseerd. ʼn Algemene akseptasie is die toestemming, sonder kwalifikasie, van die aksepteerder tot die opdrag van die trekker. ʼn Gekwalifiseerde akseptasie in uitdruklike terme, wysig die effek van die wissel soos dit getrek is. ʼn Akseptasie is gekwalifiseer as dit:

ʼn Voorwaardelike akseptasie is (as dit betaling deur die aksepteerder afhanklik maak aan die vervulling van ʼn voorwaarde).

ʼn Gedeeltelike akseptasie is (ʼn akseptasie om slegs ʼn gedeelte van die bedrag waarvoor die wissel getrek is, te betaal).

ʼn Akseptasie is om slegs op ʼn besondere spesifieke plek te betaal en nêrens anders nie.

Die tydstip van betaling kwalifiseer. Die akseptasie van een of meer van die betrokkenes is, maar nie van al die

betrokkenes nie. Aanspreeklikheid van die aksepteerder en promittant Die

aanspreeklikheid van die aksepteerder moet vasgestel word deur die terme van sy kontrak en die beginsels van die Wet. Die aksepteerder word belet om die volgende teenoor ʼn reëlmatige houer te ontken:

Die bestaan van die trekker, die outentisiteit van sy handtekening en die bevoegdheid om die wissel te trek.

In die geval van ʼn wissel betaalbaar aan die trekker se order, die “toe-bevoegdheid” van die trekker om te endosseer, maar nie die outentisiteit of geldigheid van die endossement nie.

In die geval van ʼn wissel betaalbaar aan die order van ʼn 3de persoon, die bestaan van die nemer en sy “toe-bevoegdheid” om te endosseer, maar nie die outentisiteit of geldigheid van die endossement nie.

2.4 Trekker

- Die trekker beveel die betrokkene om ʼn wissel te betaal. Sy opdrag bevat ʼn stilswyende waarborg vir betaling van die wissel.- Die aanspreeklikheid van die trekker is nie alleenlik op sy trekking gebaseer nie maar ook op lewering om die kontrak te sluit. Aangesien lewering gewoonlik credendi donandi solvendi causa plaasvind, is die aanspreeklikheid van die trekker t.o.v. die wissel nie absoluut in die sin dat dit alleenlik deur die inhoud van die wissel vasgestel word nie.- Sy aanspreeklikheid moet eerder vasgestel word deur die ooreenkoms tussen die partye wanneer die wissel gelewer word.

2.5 Endosseerder

- Endossement verwys na die handtekening van die endosseerder op die wissel, maar is ook ʼn aanduiding van die oordrag van regte en die ooreenstemmende kontrak van die endosseerder.- Endossement het twee betekenismoontlikhede: Dit is ʼn metode van verhandeling en vorm die basis van die kontrak van die endosseerder van die wissel. Die kontrak in terme waarvan die endosseerder betaling waarborg, is saaklik en word gesluit met lewering van die wissel deur die endosseerder aan die geëndosseerde. - Tussen endosseerder en geëndosseerde, beliggaam die wissel bloot ʼn formeel abstrakte reg van aksie.

40

Page 41: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

- Aangesien die aanspreeklikheid van die endosseerder aan die geëndosseerde kontraktueel is, kan hy verwere teen sy geëndosseerde opper wat hy teenoor ʼn gewone kontraktuele vennoot sou kon opper.- Deur ʼn wissel te endosseer, onderneem ʼn endosseerder dat, met behoorlike aanbieding, dat dit geaksepteer sal word en betaal sal word ooreenkomstig die strekking, en dat indien dit gedishonoreer word, hy die houer sal kompenseer, of ʼn daaropvolgende endosseerder wat verplig is om dit te betaal, met dien verstande dat die vereiste stappe t.o.v. dishonorering geneem word.

2.6 Mede-ondertekening van ʼn wissel, as borg

- Die verpligtinge van die partye tot ʼn instrument kan deur borgstelling beveilig word.- ʼn Borg vir die trekker, aksepteerder of endosseerder wat sy borgskap deur sy handtekening op ʼn wissel bewys, staan bekend as die mede-ondertekenaar van ʼn wissel as borg.- Sy aanspreeklikheid word nie net o.g.v. sy handtekening gevestig nie, maar ook o.g.v. sy bedoeling om gebonde te wees en, dit word aan die hand gedoen, en die lewering van die wissel aan die nemer of die persoon teenoor wie borgskap onderneem is.

2.7 Oordraer deur lewering- Indien die houer van ʼn wissel betaalbaar aan toonder die wissel verhandel sonder om dit te endosseer, word hy ʼn oordraer deur lewering genoem. - ʼn Oordraer deur lewering is nie t.o.v. die instrument aanspreeklik nie omdat hy dit nie geteken het nie.

LESINGS 7-9: TJEKS & PROMESSES

Studiedoelwitte:

Na afhandeling van hierdie lesing moet u in staat wees om die volgende te doen:

1. Bespreek die oorsprong en die posisie van tjeks in die SA Reg.

2. Bespreek ʼn tjek as betaalmiddel.

3. Definieer ʼn tjek, ʼn banktjek en ʼn bank.

4. Waarna verwys die ACB en MICR?

5. Bespreek die proses van aanbieding van tjeks vir betaling.

6. Wat is verouderde tjeks?

7. Bespreek akseptasie, sertifisering en bank-waarborg van tjeks.

8. Wat is die tydstip van betaling van tjeks?

41

Page 42: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

9. Bespreek die posisie rakende die versending van tjeks per pos.

10. Bespreek die aard van die bank-kliënt verhouding.

11. Onder watter omstandighede word ʼn bank toegelaat om die betaling van ʼn tjek te

weier?

12. Onder watter omstandighede word ʼn bank verplig om die betaling van ʼn tjek te

weier?

13. Bespreek die verpligtinge en aanspreeklikheid van beide partye in die

bogenoemde

verhouding.

14. Onderskei tussen die verskillende tipes kruisings.

15. Wie word toegelaat om ʼn tjek te kruis?

16. Bespreek die aard en effek van kruisings.

17. Bespreek die gevolge en kenmerke van die verskillende byvoegings tot kruisings.

18. Verduidelik die regsposisie in geval van vervalsing van ʼn trekker se handtekening

op ʼn tjek.

19. Bespreek toepaslikheid van art 58 m.b.t. die beskerming van die betrokkene bank

in geval van vervalste/ongemagtigde endossemente.

20. Bespreek die toepaslikheid van art 79 m.b.t. die aanspreeklikheid t.o.v. gekruisde

tjeks wat nie ooreenkomstig die kruising deur die betrokkene bank betaal is nie.

21. Bespreek die toepaslikheid van art 83 m.b.t. die beskerming van die betrokkene

bank in geval van ontbrekende/onreëlmatige endossemente.

22. Bespreek die vereistes waaraan voldoen moet word sodat ʼn ware eienaar die

invorderingsbank deliktueel aanspreeklik kan hou.

23. Definieer ʼn promesse.

24. Wat is die gebruike/funksies van ʼn promesse?

Bestudeer:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par188-189, 191, 196-

200, 260-265, 296-298 & 300-304)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 31.02-31.26, 31.28-31.30, 31.32-31.35, 31.37-31.39, 31.41-31.42, 31.44-

42

Page 43: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

31.46, 32.01-32.04 & 32.06-32.09) (Let daarop dat par 31.16-31.18 nie opgedateer

is nie. Verwys eerder na Malan.)

Lees:

1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 186-187, 190, 192-

195, Hfst 17, 257-259, 266-268, Hfst 20-21, 295 & 299)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 31.01, 31.27, 31.31, 31.36, 31.40, 31.43 & 32.05)

Aktiwiteit 5

Bespreek volledig die betaling van tjeks.

Woordeskat:

ACB:

_______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

MICR:

_______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Retensie:

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

43

Page 44: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Verouderde tjek:

________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Bank:

________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Gesertifiseerde tjek:

_____________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Bank-gewaarborgde tjek:

_________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Banktjek:

______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Algemene kruising:

______________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Spesiale kruising:

_______________________________________________________

44

Page 45: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

_____________________________________________________________________

_

Betrokkene bank:

_______________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Invorderingsbank:

_______________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Teorie

TJEKS1. Inleiding

- Die tjek (verhandelbare dokument wat die mees algemeenste gebruik word) het sy ontstaan gehad in betalingsinstruksies wat deur ʼn kliënt aan sy bank gegee is.- Tjekreg vorm deel van Bankreg en is nie ʼn outonome afdeling van die reg nie. Bronne word gevind in wetgewing, gewoon en die algemene reëls van privaat- en publiekreg. - Omdat ʼn tjek ʼn wissel is wat op ʼn bank getrek word, en betaalbaar is op aanvraag, is al die reëls van die Wisselwet wat op wissels van toepassing is, ook in die algemeen op tjeks van toepassing.- Die partye tot ʼn tjek is as volg:

Betrokkene - Bank Trekker - Persoon wat ʼn tjek uitreik Nemer - Persoon in wie se guns die tjek uitgereik is

2. Tjek as ʼn betaalmiddel2.1 Algemeen

- ʼn Tjek is nie geld of ʼn wettige betaalmiddel nie, en ʼn krediteur is nie verplig om dit as ʼn betaling van ʼn skuldverpligting te aanvaar nie. Dit is eerder ʼn instrument waardeur ʼn persoon maklik bedrae kan verhandel tot sy krediet, by ʼn bank. - Omdat ʼn tjek hoofsaaklik as ʼn betaalmiddel gebruik word, word dit selde verhandel, maar word dit eerder gewoonlik in die rekening van die nemer inbetaal sodat dit dan ontvang word namens die

45

Page 46: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

nemer. - Art 1 van die WW definieer ʼn tjek as ʼn wissel getrek op ʼn bank en betaalbaar op aanvraag. Daarom moet ʼn tjek aan die formele vereistes van ʼn wissel voldoen, en addisioneel daartoe, op ʼn bank getrek word en betaalbaar wees op aanvraag. - Die “Automated Clearing Bureau” (ACB) is in 1973 gestig om vir die gerekenariseerde inkassering en betaling van tjeks voorsiening te maak. Hierdie sisteem maak van gesofistikeerde elektroniese- data toerusting gebruik en prosesseer tjeks deur magnetic ink character recognition (magnetiese ink karakter herkenning) (MICR). Dit voorsien ʼn magnetiese band–diens om direkte debiet- en krediettransaksies te verreken. (Alle MICR tjeks is gestandaardiseer en het ʼn kodelyn waarin sekere karakters, wat die reeksnommer van die tjek, die betrokkene bank, die tak, en die trekker se rekening verteenwoordig, vooraf in gedruk is. Die bank waar die tjek inbetaal is, enkodeer die bedrag van elke tjek in die kodelyn van die tjek. Tjeks wat inbetaal word in areas waarin die ACB werksaam is, word gelys en word in bondels van 50 deur die inkasseringsbanke na die ACB sentrums gestuur, waar dit elektronies ingelees word, en die geënkodeerde inligting word op ʼn magneetband oorgedra. Tjeks word dan ooreenkomstig die bank, tak, rekening en reeksnommer gesorteer.)- Tjek retensie verwys na die verkorting van die inkasseringsproses. Die gewone roete van ʼn tjek neem dit van die trekker na die nemer, van die nemer na die inkasseringsbank, van die inkasseringsbank via ʼn verrekeningshuis na die betokkene-bank, en van die betrokkene-bank terug na die trekker. Tjek retensie verkort hierdie roete en immobiliseer die tjek iewers in die proses. Verwys na die vorme van retensie en die geldigheid daarvan in par 190 (Malan).- ʼn Ongedateerde tjek is geldig qua ʼn tjek. - ʼn Tjek moet vir betaling aangebied word ooreenkomstig die bepalings van art 43 en 43A ten einde die trekker en die endosseerder aanspreeklik te hou. Dit moet binne ʼn redelike tyd na uitreiking aangebied word ten einde die trekker aanspreeklik te hou. Indien ʼn tjek nie binne ʼn redelike tyd na uitreiking aangebied word vir betaling nie, en die trekker, toe die tjek moes aangebied word vir betaling, die reg gehad het (tussen homself en die betrokkene-bank) om die tjek te laat uitbetaal, en gevolglike skade a.g.v. die vertraging gely het, sal hy onthef word tot die mate waarin skade gely is. Die mate waarin skade gely is, is die bedrag waarvoor die trekker ʼn krediteur van die betrokkene-bank is vir ʼn bedrag groter as wat andersins sou gewees het indien die tjek tydig betaal is. Die houer van so ʼn tjek substitueer ʼn krediteur in lieu van die trekker van die betrokkene-bank tot die mate van die ontheffing. - ʼn Tjek word “verouderd” na 6, of in die geval van banktjeks, 3 maande na datum van tjek. Banke weier om verouderde tjeks uit te betaal alhoewel so ʼn tjek geldig qua tjek bly. (In Jade Engineering v Tool Storing Systems het die regter bevind dat die 6 maande periode wat genoem is, hoogstens ʼn riglyn deur banke is as beskerming vir hul kliënte).- N.a.v. art 1, beteken “bank” ʼn liggaam van persone, of dit nou ingelyf is of nie, wat besigheid in bankwese bedryf, en dit sluit die SA Reserwebank ʼn bank soos gedefinieer in die Wet op banke, ʼn onderlinge bank en die Poskantoor Spaarbank. Bankwese is die besigheid van handeling in geld. Dit omvat ʼn hele reeks finansiële transaksies en is nie beperk tot die verskillende betalingstransaksies nie. Die besigheid van bankwese in hierdie wye betekenis, is nie ʼn regsbegrip nie maar ʼn meer algemene begrip wat al die aangeleenthede, gewoonlik daaronder veronderstel, omvat.

46

Page 47: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

2.2 Akseptasie, sertifisering en bankgewaarborgde tjeks

- Tjeks word gebruik om skulde te delg en word daarom selde deur die betrokkene bank geaksepteer. Die bank betaal bloot sy kliënt se tjeks (mits daar voldoende fondse is) in terme van die kontraktuele verhouding tussen die bank en die trekker. Tog is daar geen rede waarom tjeks nie wettiglik geaksepteer kan word nie: die akseptasie hoef nie aan die vereistes gestel vir akseptasie van ʼn wissel, te voldoen nie. - Alhoewel ʼn tjek selde geaksepteer word, word dit dikwels gesertifiseer. Voor 2000 is die standpunt gehuldig dat sertifisering bloot tot die verhandeling van die tjek bydra, deurdat dit aantoon dat dit getrek is op voldoende fondse. Nou word die volgende voorstel gemaak: alhoewel sommige van die uitdrukkings wat gebruik word om ʼn tjek te sertifiseer geïnterpreteer kan word as ʼn aanduiding deur die betrokkene, van sy toestemming tot die opdrag van die trekker, in so ʼn mate dat dit op akseptasie kan neerkom, word sertifisering nie gewoonlik verstaan om ʼn akseptasie te wees nie. Wanneer ʼn bank ʼn tjek waarborg, verbind die bank dit kontraktueel tot die nemer om die tjek te betaal. Hierdie onderneming is onafhanklik van die verhouding tussen die bank en die trekker. Die waarborg is dikwels aan verskeie voorwaardes onderworpe. - ʼn Banktjek is ʼn tjek getrek deur ʼn bank op ditself, of dit nou dieselfde bank of ʼn ander tak is. Voorheen was banktjeks nie geldig as ʼn wissel of ʼn tjek nie. Na die wysiging van die WW, is daar nou voorsiening gemaak dat die bepalings van die WW wat op ʼn tjek toepassing vind, ook op ʼn wissel getrek deur ʼn bank op ditself en betaalbaar op aanvraag (banktjek) toepassing vind.

2.3 Tyd van betaling van tjeks

- Die gevolge van betaling met ʼn tjek is dieselfde as die gevolge van betaling deur ʼn wissel/ promesse. Betaling met ʼn tjek is gebaseer op ʼn ooreenkoms tussen die debiteur en krediteur dat die debiteur geregtig sal wees en die krediteur verplig sal wees om ʼn tjek as voorwaardelike betaling van ʼn skuldlas te aanvaar. - Waar ʼn tjek uitgereik word aan ʼn krediteur in “volle en finale vereffening” van ʼn skuldlas, en ʼn kompromie (ooreenkoms in terme waarvan die partye ʼn dispuut tussen hulle besleg) t.o.v. die skuldlas bereik is, sal die debiteur van alle aanspreeklikheid onthef word. Maar indien ʼn debiteur wat nie ʼn kompromie bereik het nie, die skuldlas betaal, sal hy slegs pro tanto onthef word, en sal steeds vir die balans aanspreeklik bly. - Waar ʼn tjek oor die toonbank betaal is, vind betaling plaas wanneer die geld aan die trekker oorhandig word. Maar die tydstip van betaling word ingewikkeld wanneer betaling deur ʼn inkasseringsbank en die ACB plaasvind. Waar betaling nie direk aan die houer van ʼn tjek gemaak word nie, maar gemaak word deur ʼn inkasseringsbank en ʼn verrekeningsburo, moet die verrekeningsooreenkoms toepassing vind. Betaling is dan slegs finaal wanneer die periode, soos aangedui in die verrekeningsooreenkoms en waarin die betrokkene mag besluit om die tjek te honoreer, verval sonder kennisgewing van die dishonorering deur die betrokkene. - In Rosen v Barclays National Bank is dit beslis dat ʼn tjek betaal word op die stadium wat dit oorgegee is vir betaling deur die betrokke amptenaar, en nie tydens die verval van die tyd wat toegelaat is deur die verrekeningsooreenkoms om die tjek te dishonoreer nie. In Volkskas Bank v Bankorp is dit beslis dat die tydstip van betaling vasgestel moet word met verwysing na daardie ooreenkoms. Daar moet ʼn besluit wees om te betaal, maar ook, word dit aan die hand gedoen, ʼn kreditering van ʼn rekening om ʼn effek aan die besluit te gee.

47

Page 48: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

2.4 Die versending van tjeks per pos

- Die posisie rakende betaling van tjeks gestuur per pos is as volg: indien ʼn debiteur ʼn tjek aan sy krediteur pos sonder laasgenoemde se toestemming of versoek, moet hy die bedrag van die skuldverpligting weer betaal as die instrument onthef is sonder dat die krediteur dit ontvang het: aangesien die tjek nie gelewer is nie, het eienaarskap nie oorgegaan nie, en loop die debiteur die risiko van diefstal of verlies. - Waar die krediteur die debiteur versoek het of toegelaat het om die tjek te pos, sal die onderliggende skuldverpligting geag word betaal te wees, mits die tjek betaal is.

3. Bank-Kliënt Verhouding

- ʼn Tjek word altyd getrek deur ʼn trekker (kliënt) op ʼn bank en word dan uitbetaal aan die nemer. Die verhouding tussen die bank en die kliënt is daarom ʼn sui generis en ʼn belangrike verhouding.- Hierdie verhouding is van ʼn kontraktuele aard en kan gelykgestel word met daardie verhouding tussen ʼn debiteur en krediteur (London Joint Stock Bank v Macmillan & Arthur; Estate Ismail v Barclays Bank and Standard Bank of SA Ltd v Minister of Bantu Education).

- Hierdie verhouding het sy oorsprong in die lasgewingsooreenkoms (wat onstaan a.g.v. die kliënt se handtekening op die tjek) in terme waarvan die kliënt geld aan die bank leen teen ʼn lopende rekening, die bank onderneem om al die bevele om die geld terug te betaal, uit te voer (deur die kliënt se tjeks te honoreer), wat deur die kliënt gegee word (met dien verstande dat voldoende fondse tot beskikking van die kliënt is, om tjeks wat in die kliënt se rekening gedeponeer is namens die kliënt te ontvang (Stapelberg v Barclays Bank; S v Kearny and S v Graham) en om rekord te hou van die lopende rekening. - Die bank moet die persoon wat as nemer aangewys is betaal, of as die tjek betaalbaar aan die nemer se order is, moet die bank die laaste-genoemde geëndosseerde of die houer van die tjek, as die tjek betaalbaar is aan houer, betaal. I.t.v. hierdie mandaat/ lasgewing mag die bank nie sonder goeie rede weier om die kliënt se tjek uit te betaal nie.- Sou die bank weier om te betaal in omstandighede waarin dit verplig is om so te doen, mag die kliënt in sekere omstandighede geregtig wees om skade van die bank te verhaal of a.g.v. kontrakbreuk of moontlik vir skending (Trust Bank of Africa Ltd v Marques).

- ʼn Bank mag betaling van ʼn tjek weier in die volgende omstandighede:

As die tjek nie uitgemaak is op die gedrukte vorms wat deur die bank voorsien word nie. As die tjek ongedateer is. As die bedrag in woorde verskil van die bedrag in syfers (selfs al geniet die woorde voorkeur

bo die syfers). As die bedrag net in syfers uitgedruk is. As die datum van ʼn vooruitgedateerde tjek nog nie aangebreek het nie.

48

Page 49: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

As die tjek “verouder” het. (Na die verstryking van ʼn periode van tussen 3-6 maande, afhangende van bankpraktyk)

- In sommige gevalle moet die bank betaling weier, want i.t.v. art 73 word die verpligting en bevoegdheid van die bank om ʼn tjek uit te betaal getermineer deur:

Herroeping van betaling. Ontvangs van kennisgewing van kliënt se afsterwe. Ontvangs van kennisgewing van kliënt wat insolvent geword het.

- Waar die bank oortrokke fasiliteite aan die kliënt beskikbaar stel, word die bank verplig om die tjeks van die kliënt binne die perke van die oortrokke fasiliteit uit te betaal. Elke keer wat ʼn tjek getrek teen ʼn oortrokke fasiliteit uitbetaal word, onstaan ʼn nuwe skuldverpligting. ʼn Oortrokke fasiliteit is dus ʼn reeks van lenings, terugbetaalbaar op aanvraag, sodat verjaring begin loop vanaf die oomblik wat ʼn voorskot gemaak word. - As ʼn bank ʼn tjek uitbetaal en die kliënt beweer dat die bedrag daarvan, nadat dit getrek is, verhoog is sonder magtiging, is die bewyslas op die bank om te bewys dat daar geen sodanig wysiging was nie en dat die tjek in ooreenstemming met die kliënt se mandaat uitbetaal is. As dit nie bewys word nie, sal die bank slegs geregtig wees om die kliënt se rekening met die oorspronklike bedrag te debiteer. Die rede vir die bank wat die risiko moet dra, is betaling in teenstelling met die kliënt se mandaat.- Die bank kan egter die kliënt se rekening met die bedrag wat vervals/ongemagtig was debiteer indien die kliënt bewus was van die vervalsing/gebrek aan magtiging, en tog die handtekening aangeneem het of versuim het om die bank tydig in kennis te stel.

- I.t.v. hierdie verhouding is dit nie net die bank wat sekere verpligtinge aan die kliënt verskuldig is nie. Die kliënt sal gebonde wees aan die praktyke van die bank met verwysing na ʼn ooreenkoms om oortrokke fasiliteite te voorsien (Senekal v Trust Bank of Africa Ltd). Die kliënt is ook ʼn verpligting van sorg aan die bank verskuldig wanneer ʼn tjek getrek word. Hy moet die bedrag op so ʼn wyse invul dat dit nie geredelik gewysig kan word nie. Sou die kliënt nalaat om redelike sorg in hierdie geval aan te wend en die wysiging nie deur gewone inspeksie opgemerk kan word nie, sal die bank geregtig wees om die kliënt se rekening met die gewysigde bedrag te debiteer.

- Die vraag of die betrokkene bank, wat ʼn tjek uitbetaal het waarop die handtekening van die trekker/endosseerder vervals is of ʼn tjek waar betaling herroep is, geregtig is om die bedrag betaal van die ontvanger te verhaal, is ʼn komplekse vraag en moet opgelos word deur die algemene beginsels van aanspreeklikheid o.g.v. onregverdige verryking aan te wend.

- ʼn Invorderingsbank wat betrokke was in die betaling van ʼn tjek wat gewysig is sonder magtiging , kan moontlik aanspreeklik wees vir ʼn delik indien dit nalatiglik opgetree het tydens die invordering van die tjek. Maar die potensiële nalatigheid van die invorderingsbank sal slegs ontstaan waar die wysiging so duidelik/voor die hand liggend was dat enige redelike bank dit sou opgemerk het.

4. Kruis van tjeks4.1 Tipes kruisings

49

Page 50: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

- U moet onderskei tussen algemene en spesiale kruisings: Algemene kruising Twee parallel skuins lyne met/sonder die woorde “nie verhandelbaar”. Spesiale kruising ʼn Byvoeging wat bestaan uit die naam van die bank met/sonder die

woorde “nie verhandelbaar of “en Maatskappy” of enige afkorting daarvan. Twee parallel skuins lyne is nie nodig vir hierdie kruising nie.

- Die volgende mag ʼn tjek kruis of sekere byvoegings tot ʼn kruising maak: Die trekker of invorderingsbank mag ʼn tjek in die algemeen of spesiaal kruis. Die houer mag ʼn ongekruiste tjek in die algemeen of spesiaal kruis. Die houer mag ʼn tjek wat in die algemeen gekruis was, spesiaal kruis. Die houer mag die woorde “nie verhandelbaar” byvoeg tot ʼn tjek wat in die algemeen of

spesiaal gekruis is. Die bank aan wie ʼn tjek spesiaal gekruis is mag dit weereens spesiaal kruis aan ʼn ander

bank vir die invordering daarvan.

4.2 Aard en effek van kruisings

- ʼn Kruising is ʼn byvoeging op die aangesig van ʼn tjek. ʼn Kruising het nie enige invloed op die verhandelbaarheid van ʼn tjek nie. Dit wysig ook nie die tipe tjek nie en dit bly dus ʼn order of ʼn toonder tjek, of ʼn tjek wat geldig is inter partes. Die metode en die moontlikheid van verhandeling bly daarom dieselfde, of dit nou ʼn oop (ongekruisde) of ʼn gekruisde tjek is.

- Die kruising van ʼn tjek kwalifiseer die opdrag van die trekker en verplig die betrokkene bank om dit op ʼn spesifieke wyse uit te betaal, viz in ooreenstemming met die bepalings van art 78. Die opdrag van die trekker is gekwalifiseer op hierdie wyse nie net waar die trekker nie, maar ook die houer, ʼn tjek kruis. Die kruising van ʼn tjek deur ʼn houer is dus ʼn kwalifikasie ex post van die trekker se opdrag aan die betrokkene bank.

- Die effek van ʼn kruising is dat die betrokkene bank slegs aan ʼn ander bank mag betaal.- In geval van ʼn algemene kruising kan die betrokkene bank aan enige ander bank uitbetaal, terwyl in die geval van ʼn spesiale kruising, die bank slegs aan ʼn spesifieke bank, aan wie die tjek gekruis is,of enige agent vir invordering van laasgenoemde, as dit ʼn bank is, mag uitbetaal.

- Daarom mag die betrokkene bank nie ʼn gekruisde tjek oor die toonbank uitbetaal nie. Die houer kan slegs betaling verkry deur die tjek in sy bankrekening te deponeer. Sy bank (invorderingsbank) vorder dan die tjek van die betrokkene bank en krediteer sy rekening met die bedrag van die tjek.

- Die verpligtinge van die betrokkene bank met verwysing na gekruisde tjeks is as volg: Indien ʼn tjek in die algemeen gekruis is, moet die betrokkene bank dit nie aan enige persoon

behalwe ʼn bank uitbetaal nie. Indien ʼn tjek spesiaal gekruis is, moet die betrokkene bank dit nie aan enige ander persoon

behalwe aan die bank vir wie dit gekruis is, uitbetaal nie. As ʼn tjek spesiaal gekruis is aan meer as een bank, behalwe waar dit aan twee banke

gekruis is waar een die invorderingsagent van die ander is, moet die betrokkene bank uitbetaling weier.

- Spesifieke gevolge tree in werking wanneer die betrokkene bank versuim om aan hierdie verpligtinge te voldoen. Gewoonlik, doen die nemer van ʼn tjek nie aanspreeklikheid teenoor die

50

Page 51: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

houer/eienaar op nie: ʼn Tjek word selde, indien ooit, geaksepteer, nog is dit ʼn kontraktuele/ander verbintenis tussen die houer en die trekker wat laasgenoemde verplig om die instrument te betaal, nie. Die bank sal aanspreeklik wees teenoor die ware eienaar vir enige verlies wat hy ervaar het omdat die tjek op daardie wyse uitbetaal is.

- Dit verskaf ʼn verweer aan die betrokkene bank teen die aanspreeklikheid wat geskep is, en vind toepassing in die geval waar die tjek wat aangebied word vir betaling, nie op die tydstip van aanbieding geblyk het gekruis te wees of ʼn kruising te gehad het wat uitgewis is, of ʼn kruising gehad het waartoe bygevoeg is of wat gewysig is, anders as wat deur die WW toegelaat word nie.

- Die betrokkene bank wat so ʼn tjek in goeie trou en sonder nalatigheid uitbetaal sal nie verantwoordelik gehou word of aanspreeklikheid opdoen nie, en die betaling mag nie bevraagteken word omdat die tjek gekruis is, of die kruising uitgewis is of bygevoeg is of gewysig is, anders as wat toegelaat word deur die WW nie, en van betaling wat aan ʼn persoon anders as ʼn bank of die bank aan wie die tjek gekruis was, gemaak is, wat die geval mag wees. Waar die uitwissing of wysiging duidelik is, sal die betrokkene bank egter nie beskerming geniet nie. - ʼn Houer van ʼn tjek mag ʼn kruising/byvoeging tot ʼn tjek maak, op voorwaarde dat, effektief, ʼn kruising vermeerder/verhoog, en nie verminder/verlaag nie.

5. Byvoegings tot kruisings5.1 “Nie verhandelbaar”

- Die kruising van ʼn tjek affekteer nie die verhandelbaarheid of oordraagbaarheid daarvan nie. ʼn Gekruisde tjek kan verhandel word, en die oordragnemer kan ʼn reëlmatige houer wees. Waar ʼn tjek verlore/gesteel is en gevolglik deur ʼn reëlmatige houer bekom word, verbeur die ontneemde persoon sy eienaarskap en ander regte op die instrument aan ʼn reëlmatige houer. - Een van die gevare wat die trekker van ʼn tjek in die gesig staar is: alhoewel ʼn tjek hoofsaaklik gebruik word om skulde te betaal, bly dit ʼn verhandelbare dokument wat, indien dit verlore/gesteel is en gevolglik deur ʼn reëlmatige houer bekom word, lei tot die verlies van regte wat daaruit voortspruit.

- Art 80 en 81 van die WW maak voorsiening vir die volgende: ʼn Persoon wat ʼn gekruisde tjek met die woorde “nie verhandelbaar” neem, het nie, en sal nie in staat wees om ʼn beter titel tot die tjek te voeg as wat die persoon van wie dit geneem is, gehad het nie. In kleurvolle taal beteken is die woorde “nie verhandelbaar” beskryf as “’n gevaarteken wat voorgehou word vir enige persoon wat geroep word om daarmee te handel as dieselfde om te sê: ‘Pasop – hierdie tjek mag gesteel wees’”.

- Die woorde “nie verhandelbaar” verbied nie die oordrag van die tjek nie. Die tjek kan steeds oorgedra word, maar die oordrag sal onderworpe wees aan die nemo plus iuris reël. Geen persoon kan daarom ʼn reëlmatige houer word indien hierdie woorde deur die trekker, voor uitreiking van die tjek, bygevoeg is nie.

- Die ware eienaar van so ʼn tjek mag van enige persoon wat ʼn besitter van die tjek was nadat dit

51

Page 52: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

verloor/gesteel is of wat vergoeding daarvoor gegee het of dit as ʼn donasie geneem het, die bedrag van die ware eienaar se verlies of die bedrag van die tjek, wat ook al die kleinste is, verhaal. Hierdie aksie bestaan as die tjek deur die betrokkene bank betaal is onder omstandighede wat so ʼn bank nie aanspreeklik sal stel aan die ware eienaar vir enige verlies wat hy mag gely het omdat die tjek uitbetaal is. - “Ware eienaar” word nie in die Wet gedefinieer nie. Die persoon wat geregtig is op besit en van wie die tjek gesteel/verlore geraak het, is die ware eienaar vir ons doeleindes.

5.2 “Rekening van nemer alleen”

- Hierdie woorde het nie ʼn presiese letterlike of grammatiese betekenis nie, en ons howe het dit op dieselfde wyse as wat die Engelse howe in die verlede gedoen het, geïnterpreteer. Dit vorm nie deel van die kruising nie, selfs al kom dit voor aan die betrokkene bank gestel te wees, ten einde dit te versoek om slegs in die rekening van die nemer te betaal en selfs al is dit tussen die twee parallelle lyne van die kruising geskryf. Verder, of die word “alleen” gebruik is of nie, dit beperk steeds nie die verhandelbaarheid van die tjek nie. - In Standard Bank of SA Ltd v Sham Magazine Centre is dit beslis dat hierdie woorde nie die oordrag verbied of die oordraagbaarheid van die tjek affekteer nie en dat die woorde ook nie ʼn opdrag deur die trekker aan die betrokkene bank bevat nie. - Dit word aan die hand gedoen dat veronagsaming van hierdie woorde deur die invorderingsbank relevant mag wees wanneer die deliktuele aanspreeklikheid van die bank oorweeg word.

5.3 “Nie oordraagbaar”

- Hierdie woorde verbied enige oordrag van die tjek. Dit is daarom ʼn opdrag aan die betrokkene bank om alleen die gespesifiseerde nemer te betaal. - Daar is in 4.2 aangetoon dat ʼn algemene kruising ʼn opdrag aan ʼn betrokkene bank is om ʼn ander bank te betaal. Dit blyk dus asof die woorde “nie oordraagbaar” wat tot ʼn kruising gevoeg word, twee kontrasterende opdragte bevat. Hierdie konflik kan egter versoen word deur die verduideliking dat in so ʼn geval, die bank beveel word om slegs ʼn ander bank te betaal, naamlik die bank wat namens die gespesifiseerde nemer die geld vorder.

- Hierdie woorde het die effek dat die aard van die tjek gewysig word deurdat ʼn order/toonder tjek ʼn tjek word wat slegs inter partes geldig is, naamlik tussen onmiddellike partye.- Die nie-oordraagbare tjek word geag in die algemeen gekruis te wees, tensy dit spesiaal gekruis is. - Die woorde “nie-oordraagbare” en “nie oordraagbaar” mag nie gekanselleer word nie, en enige gepoogde kansellasie sal geen effek hê nie. 5.4 “Nie verhandelbaar” en “nie oordraagbaar”

- Die woorde “nie verhandelbaar” verbied nie die oordrag van ʼn tjek nie. So ʼn oordrag sal egter aan die nemo plus iuris reël onderworpe wees. - Die woorde “nie oordraagbaar” verbied verdere verhandeling. Hierdie woorde sal prioriteit geniet

52

Page 53: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

indien dit op ʼn gekruisde tjek voorkom saam met die woorde “nie verhandelbaar”.- So ʼn tjek sal gevolglik nie oordraagbaar wees nie.

6. Betaling van tjeks6.1 Algemeen

- ʼn Tjek is ʼn betaalmiddel wat deur ʼn skuldenaar (trekker) getrek word ten gunste van sy krediteur (nemer) en aan hom gelewer word ten einde ʼn skuld af te los. - ʼn Tjek word selde verhandel, maar word eerder aangebied aan die betrokkene bank vir betaling, of word by die nemer (krediteur) se bank gedeponeer vir invordering. In die laasgenoemde geval, bied die invorderingsbank die tjek vir betaling aan, en reëlmatige betaling deur die betrokkene bank vind plaas. - Die bank onderneem om namens sy kliënt (trekker), tjeks wat deur sy kliënt getrek word te betaal, en ook om tjeks wat aan die kliënt (nemer) se rekening betaal word, te ontvang namens die kliënt. - Met betrekking tot die bank se verpligting om die trekker se tjeks te betaal, moet die reëlmatige betaling doen (bona fide betaling op/na die vervaldatum, aan die houer). Indien die bank nie reëlmatige betaling laat geskied nie, mag die bank nie die kliënt (trekker) se rekening met die bedrag “betaal” debiteer nie.

6.2 Vervalsing van trekker se handtekening

- Wanneer ʼn kliënt ʼn tjek op sy bank trek, gee hy die bank, d.m.v. sy handtekening, opdrag om die tjek te betaal. Sou die bank daarom ʼn tjek betaal waarop die trekker se handtekening vervals is, sal die bank nie geregtig wees om sy rekening met die bedrag betaal, te debiteer nie, want dit het nie die nodige opdrag (mandaat) gehad om te betaal nie, synde dat die vervalsing nietig is.

6.3 Beskerming van die betrokkene bank in geval van vervalste/ongemagtigde endossemente

- Art 58 van die WW beskerm die bank in die geval van betaling op die basis van ʼn vervalste/ ongemagtigde endossement. Indien so ʼn betaling bona fide (dit moet eerlik gedoen word, maar dit is nie nodig dat dit sonder nalatigheid hoef gedoen te gewees het nie) en in die gewone loop van besigheid gedoen is, sal die betaling geag word reëlmatig plaas te gevind het.

- Die bank sal egter nie op hierdie beskerming kan aanspraak maak indien die vervalste/ ongemagtigde endossement voor te gee daardie van ʼn kliënt van die spesifieke tak waarop die tjek getrek is, te wees nie.

- Art 58 is slegs van toepassing indien die tjek ʼn endossement in die tegniese sin bevat (National Bank v Paterson; Stapelberg v Barclays Bank). Indien ʼn dief van ʼn order tjek byvoorbeeld voorgee om die nemer van die tjek te wees en dan op betaling van die tjek oor die toonbank aandring, sal hy gewoonlik vereis word om aan die agterkant van die tjek te teken. So ʼn handtekening is nie ʼn endossement i.t.v. art 58 nie, omdat dit nie aangebring is met die bedoeling om die tjek te verhandel nie, maar slegs vir doeleindes van identifikasie en om as ontvangs/kwitansie te dien. In

53

Page 54: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

so ʼn geval sal die betrokkene bank nie op die beskerming, verleen deur art 58, aanspraak kan maak nie, sou die bank die dief betaal nie.

- Indien die dief die endossement van die nemer op die agterkant van die tjek vervals, sal die bank op die beskerming van art 58 geregtig wees. ʼn Betaling in hierdie omstandighede sal geag word ʼn reëlmatige betaling te wees, alhoewel die dief nie die houer van die tjek is nie.

6.4 Betaling van gekruisde tjeks

- Indien ʼn betrokkene bank ʼn betaling streng ooreenkomstig die kruising maak en die betaling is bona fide gemaak en sonder nalatigheid, sal die bank in dieselfde posisie wees asof dit die tjek aan die werklike eienaar betaal het, volgens art 79 (Gishen v Nedbank).- Byvoorbeeld: A trek ʼn tjek op B bank ten gunste van C/order. Die tjek is in die algemeen gekruis. X steel die tjek van C, vervals C se endossement op die agterkant van die tjek en deponeer die tjek vir invordering in sy eie bankrekening by Z bank. Z bank bied die tjek vir betaling aan by B bank en ontvang betaling. Indien die betaling aan Z bank bona fide gemaak is en sonder nalatigheid, sal B bank beskerm word i.t.v. art 79, omdat dit ʼn bank, streng ooreenkomstig die kruising betaal het. B bank sal geregtig wees om A se rekening te debiteer met die bedrag van die tjek. - Indien die betrokkene bank nie ooreenkomstig die kruising betaal nie, sal dit aanspreeklik wees teenoor die ware eienaar vir enige skade gely a.g.v. die betaling van die tjek. - Byvoorbeeld: A trek ʼn algemeen gekruisde tjek op B bank ten gunste van C/order. X steel die tjek van C, vervals C se endossement op die agterkant van die tjek en bied dit aan by B bank vir betaling. B bank betaal X oor die toonbank. Die betrokkene bank het nie ooreenkomstig die kruising uitbetaal nie, omdat betaling nie aan ʼn bank gemaak is nie. B bank sal daarom aanspreeklik wees teenoor die ware eienaar vir enige verliese gely a.g.v. die betaling.

6.5 Beskerming van die betrokkene bank in geval van ontbrekende/onreëlmatige endossemente

- Art 83 beskerm die betrokkene bank in geval van ʼn ontbrekende/onreëlmatige endossement, waar dit ʼn tjek wat op ditself getrek aan ʼn ander bank betaal of waar dit die rekening van die kliënt (trekker) met die bedrag gekrediteer het. Indien die betrokkene bank op hierdie beskerming wil steun, moet daar aan die volgende vereistes voldoen word:

Die tjek moet op ʼn ander bank getrek wees. (Indien ʼn tjek oor die toonbank betaal is, vind art 83 nie toepassing nie)

Betaling of kreditering van die rekening moet bona fide en in die gewone loop van besigheid gemaak wees.

- Byvoorbeeld: A trek ʼn tjek op B bank ten gunste van C. X steel die tjek en deponeer dit in ʼn rekening wat hy in C se naam by Z bank oopgemaak het. Z bank bied die tjek vir betaling aan by B bank vir betaling en ontvang betaling. Indien betaling bona fide en in die gewone loop van besigheid gemaak is, sal B bank beskerm word i.t.v. art 83, selfs al het X nie die tjek geëndosseer toe hy dit gedeponeer het nie en selfs al het X, C se endossement vervals. Waar X egter ʼn rekening open in die naam van C by B bank, sal B bank nie betaling aan ʼn ander bank maak nie, maar sal C se rekening met die bedrag van die tjek krediteer. B bank sal ook beskerm word indien die kreditering bona fide en in die gewone loop van besigheid gedoen is.

7. Invordering van tjeks

54

Page 55: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

7.1 Beskerming van die invorderingsbank in geval van ontbrekende/onreëlmatige endossemente

- Die beskerming wat aan ʼn betrokkene bank gebied word i.t.v. art 83 (verwys na 6.5), word ook aan invorderingsbanke gebied i.t.v. art 84.- Byvoorbeeld: A koop ʼn wasmasjien van C. A trek ʼn tjek op B bank ten gunste van C/order en lewer dit aan C. Sonder om die tjek te endosseer, oorhandig C die tjek aan sy bank, Z (invorderingsbank) om betaling van B bank te vorder. Z bank laat C toe om die bedrag van die tjek te ontrek alvorens dit gevorder word. In die tussentyd, het A betaling van die tjek deur B bank gestop omdat die wasmasjien nie behoorlik gewerk het nie. Toe Z bank die tjek vir betaling aanbied, word dit deur B bank in kennis gestel dat betaling van die tjek gestop is. Z bank is nie die houer van die tjek nie en kan nie die order tjek in sy guns endosseer nie. Z bank is nogtans beskerm deur art 84 wat bepaal dat waar die houer nie ʼn order tjek geëndosseer het, of nie reëlmatig geëndosseer het nie, bekom die bank al die regte wat dit sou gehad het, het die houer (C) dit met lewering in blanko geëndosseer. Z bank sal daarom die regte van ʼn houer geniet en omdat dit waarde vir die tjek gegee het (deur C toe te laat om die bedrag van die tjek voor invordering te onttrek), sal dit boonop as ʼn houer van waarde kwalifiseer. Indien dit boonop aan al die vereistes van ʼn reëlmatige houer voldoen, sal dit geregtig wees om A aanspreeklik te hou. Die defek in die wasmasjien is slegs ʼn relatiewe (persoonlike) defek, wat nie teen Z as ʼn reëlmatige houer geopper kan word nie.

7.2 Deliktuele aanspreeklikheid van die invorderingsbank

- Let op die volgende voorbeeld: A trek ʼn tjek op B ten gunste van Pretoria Huwelik Buro in die bedrag van R1000 en oorhandig dit aan die Buro se sekretaresse, X. X steel die tjek , open ʼn bankrekening by D bank in die naam van Pretoria Huwelik Dienste en deponeer die gesteelde tjek vir invordering in hierdie rekening. B bank, bona fide en in die gewone loop van besigheid, betaal die tjek aan D bank. X ontrek dan die bedrag van die tjek van D bank, spandeer dit alles en verdwyn. Kan Pretoria Huwelik Buro, wat die ware eienaar geword het met lewering van die tjek aan die sekretaresse X, die R1000 van D bank eis?- In Idac Electronics v Volkskas Bank het die Appèlafdeling die deliktuele aanspreeklikheid van die invorderingsbank teenoor die ware eienaar van die tjek, in hierdie omstandighede erken. Sodanige aanspreeklikheid is gebaseer op die verpligting van sorg aan die kant van die invorderingsbank, teenoor die ware eienaar van ʼn verlore/gesteelde tjek, om nie so ʼn tjek in te vorder op ʼn nalatige wyse nie. Die ware eienaar (Pretoria Huwelik Buro) sal slaag met ʼn eis vir skadevergoeding teen die invorderingsbank, indien dit kan aantoon dat:

Aan al die gewone vereistes vir deliktuele aanspreeklikheid voldoen is. Die invorderingsbank betaling van die tjek ontvang het namens iemand wat nie geregtig was

daartoe nie. Die ware eienaar skade gely het a.g.v. die bank se optrede. Die skade geëis, behoorlike kompensasie vir sodanige verlies verteenwoordig.

55

Page 56: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

FIGUUR 3

Opsomming rakende die woorde “nie verhandelbaar” en “nie oordraagbaar”

Wissel

“Nie oordraagbaar” “Nie verhandelbaar”Veroorsaak nie-verhandelbaarheid vandie wissel

Veroorsaak nie-verhandelbaarheid vandie wissel

Tjek (Gekruis)

“Nie oordraagbaar” “Nie verhandelbaar”Veroorsaak nie-oordraagbaarheid Steeds verhandelbaar. Stel dit slegs

onderworpe aan die nemo plus iuris reël

Tjek (Nie gekruis)

56

Page 57: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

“Nie oordraagbaar” “Nie verhandelbaar”Veroorsaak nie-oordraagbaarheid Veroorsaak nie-verhandelbaarheid

PROMESSE

- Die algemene beginsels van betaalmiddele reg is mutatis mutandis, ook op promesses van toepassing.- ʼn Promesse is ʼn onvoorwaardelike, skriftelike belofte, gemaak deur een persoon aan ʼn ander, geteken deur die promittant, en ondernemend om op aanvraag of op ʼn vasgestelde/vasstelbare toekomstige tyd te betaal, ʼn spesifieke bedrag geld, aan ʼn spesifieke persoon of sy order, of aan toonder. - ʼn Belofte is ʼn onderneming om te betaal en hou meer in as ʼn blote skulderkenning. Positiewe stellings soos “Ek sal betaal” is voldoende om ʼn belofte daar te stel. Waar die belofte afhanklik gestel word van prestasie van ʼn verpligting deur ʼn ander persoon, is dit voorwaardelik. Maar die belofte is onvoorwaardelik indien die promesse slegs na die rede vir die belofte verwys sonder om dit daaraan afhanklik te stel. - ʼn Promesse word dikwels gebruik as ʼn instrument met bewyswaarde of as ʼn skulderkenning. Dit word ook gebruik as sekuriteit, as ʼn vorm van krediet en as ʼn belegging.

LESING 10: REISIGERSTJEKS & KREDIETKAARTE

Studiedoelwitte:

Na afhandeling van hierdie lesing, moet u in staat wees om die volgende te doen:

1. Wat is die voordele van reisigerstjeks?

2. Watter veiligheidsmeganisme is in reisigerstjeks ingebou?

3. Wie is die partye tot ʼn reisigerstjek?

4. Wat was die AA se beslissing rakende die regsaard van reisigerstjeks, in S v

Katsikaris?

5. Wat is die voordele en nadele van kredietkaarte?

6. Omskryf die verhouding tussen die uitreiker, die kaarthouer en die verskaffer.

7. Definieer ʼn geldleen transaksie.

8. Bespreek die verhouding tussen ʼn verskaffer en ʼn kaarthouer.

9. Bespreek die verhouding tussen ʼn verskaffer en ʼn uitreiker.

10. Bespreek die verhouding tussen ʼn kaarthouer en ʼn uitreiker.

11. Wat is die regsposisie rakende die ongemagtigde gebruik van ʼn verlore/gesteelde

kredietkaart?

57

Page 58: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Bestudeer:

1. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 32.10-32.17 & 32.19-32.34)

Lees:

1. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 32.18)

Aktiwiteit 6

Bespreek die verskillende verhoudings tussen die drie partye by

kredietkaarttransaksies.

Woordeskat:

Reisigerstjek:

________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Mede-ondertekening:

____________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Kredietkaart:

___________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

58

Page 59: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

Drie-party verhouding:

___________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Direkte betalingsverpligting skema:

_________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Teorie

REISIGERSTJEKS1. Inleiding

- Reisigerstjeks bied die voordeel van betaling in ʼn vreemde wisselkoers wanneer iemand homself oorsee bevind, sonder om groot bedrae van die wisselkoers self in specie rond te dra. - Dit word regoor die wêreld aanvaar deur verskaffers soos hotelle, reisagentskappe, winkels en restaurante.- Die uitreiker onderneem gewoonlik kontraktueel om die reisiger te vergoed indien die tjeks verlore/gesteel sou raak voordat laasgenoemde dit mede-onderteken het. - Reisigerstjeks het ʼn ingeboude veiligheidsmeganisme in die vorm van ʼn mede-ondertekening. Wanneer ʼn reisiger die reisigerstjeks van die uitreiker aankoop, word daar normaalweg van hom vereis om dit in die teenwoordigheid van die uitreiker/agent te teken. Hierdie dokumente voorsien ook ʼn spasie vir ʼn latere mede-ondertekening, waar die reisiger dan in die teenwoordigheid van die verskaffer moet teken.

2. Klassifikasie en vorm

- Daar is geen wetgewing in SA wat die bewoording en vorm van reisigerstjeks reguleer nie. Daar is ook geen werklike regsgesag aangaande hierdie onderwerp nie, aangesien dispute tussen reisigers en uitreikers selde in die hof draai, moontlik a.g.v. die klein bedrae geld wat altyd betrokke is of omdat die uitreikers (in ʼn poging om die goeie naam van hul produk te beskerm) eerder verkies om hierdie dokumente uit te betaal as wat hulle in regsverrigtinge betrokke raak. Dit is daarom baie gevaarlik om die onderwerp te veralgemeen, aangesien elke individuele dokument uitgelê moet word ooreenkomstig sy strekking en vorm. - Dit kan breedweg geklassifiseer word as of gebiedend (ʼn opdrag aan die uitreiker om te betaal bv. “Betaal hierdie tjek aan die Order van”, “Betaal Self/Order” en “Uitreiker, Betaal hierdie Tjek aan”) of waarborgskeppend (dit bevat ʼn belofte/ondubbelsinnige onderneming om te betaal, bv. “Ons sal Betaal” of “Die Uitreiker sal Betaal”) in vorm.

59

Page 60: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

3. Regsaard

- ʼn Reisigerstjek kan nie as ʼn geldige tjek beskou word vir doeleindes van die WW nie. Daarom moet die algemene reëls van die reg op verhandelbare dokumente soos in die WW vervat, nie hierop toegepas word nie. Die regsposisie moet in elke geval, met verwysing na die strekking en vorm van die dokument self, vasgestel word, asook verwysing na die onderliggende kontrak tussen die partye.- Tot dusver, het die Appèl Afdeling nog net een geleentheid gehad om die regsaard van reisigerstjeks te oorweeg. In S v Katsikaris is die dokument onder bespreking deur American Express Company (Amexco) uitgereik en het as volg daarna uitgesien:

- Die AA het eerstens die partye as volg geïdentifiseer: Die reisiger is die trekker en hy onderteken in daardie hoedanigheid links bo in

die hoek. Amexco is die betrokkene aan wie die opdrag om te betaal, gerig is. Die handtekening in die onderste regterhoek stel ʼn akseptasie van die

dokument, deur die voorsitter van Amexco (betrokkene) namens die maatskappy, daar.

Die nemer se naam moet op ʼn latere stadium ingevul word.

- Beslissend teen die geldigheid van die dokument vir doeleindes van die WW, het die AA die volgende beslis:

Dit is nie ʼn promesse nie, aangesien dit ʼn opdrag om te betaal bevat, en nie ʼn belofte nie.

Dit is nie ʼn tjek nie, aangesien die betrokkene (Amexco) nie ʼn bank is nie. Dit is nie ʼn wissel nie, aangesien die opdrag om te betaal, voorwaardelik is. Die

voorwaarde word gevind in die veiligheidsmeganisme wat in die dokument ingebou is, aangesien die betrokkene net bevel word om te betaal indien die twee handtekeninge van die trekker in werklikheid ooreenstem. Selfs as die

60

U.S. DOLLAR REISIGERSTJEK

Wanneer mede-onderteken is hieronder met hierdie handtekening

__________________________________ ______________________________20______

American Express CompanyBetaal hierdie Tjek (Handtekening)Aan die Order van____________________________________________ VOORSITTER

Hier mede-onderteken in die teenwoordigheid van die persoon wat inkas

Page 61: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

twee handtekeninge ooreenstem, stel dit nie die oorspronklike tekortkoming reg nie.

KREDIETKAARTE1. Inleiding

- “Drie-party” kredietkaarte beteken dat 3 verskillende partye tot die kredietkaarskema onderskei kan word, naamlik die uitreiker, die kaarthouer en die verskaffer. - Die mees bekende tipe kredietkaart is daardie wat uitgereik word deur die verskeie banke, wat op hulle beurt, tot internasionale uitreiker organisasies soos Visa of Master Card behoort. Daar is ook die sogenaamde reis- en vermaak- of universele kredietkaarte, waar die uitreiker nie ʼn bank is nie, soos daardie wat deur Diners Club en die American Express Maatskappy uitgereik word.

2. Direkte betalingsverpligting skema

- Die uitreiker sluit ʼn standaard-vorm kontrak met verskeie verskaffers, in terme waarvan die verskaffer onderneem om betaling vir goedere/dienste te aanvaar d.m.v. ʼn kredietkaart wat deur die uitreiker uitgereik is, terwyl die uitreiker onderneem om die verskaffer te vergoed, onderworpe aan sekere voorwaardes en gewoonlik minus ʼn sekere persentasie, vir aankope deur die kaarthouer gemaak. - Die uitreiker neem daarom die verpligting om die verskaffer direk te betaal, op homself. - Die uitreiker sluit ook ʼn standaard-vorm kontrak met elke kaarthouer wat die voorwaardes vir gebruik van die kaart bevat en in terme waarvan die kaarthouer aankope tot ʼn sekere krediet-limiet kan maak. Die uitreiker debiteer die kaarthouer met die bedrae spandeer en die kaarthouer onderneem om hierdie bedrae binne ʼn spesifieke tyd direk aan die uitreiker, terug te betaal, of ʼn gedeelte daarvan.

3. Voordele en nadele

- Die betrokke nadele is die volgende: Daar is altyd die moontlikheid dat ʼn onverantwoordelike kaarthouer die kaart op ʼn

onoordeelkundige wyse kan gebruik. Die kaarthouer kan groot bedrae skuld opdoen vir goedere wat hy somtyds nie werklik nodig

het nie en wat hy eindelik nie kan bekostig nie. Die kaarthouer kan onder sekere omstandighede aanspreeklik gehou word vir ongemagtigde

betalings wat vanaf sy kaart spandeer is, nadat dit verlore/gesteel geraak het.- Vir die kaarthouer het die sisteem verskeie voordele:

Hy hoef nie groot bedrae geld rond te dra nie. Kredietkaarte word baie meer geredelik aanvaar deur verskaffers, as tjeks. Hy hoef slegs een gekonsolideerde rekening van die uitreiker, te betaal. Hy kan kontant-onttrekkings met sy kaart doen en kan dit selfs oorsee gebruik.

- Vir die uitreiker-bank, is die voordeel dat ʼn kleiner hoeveelheid tjeks geprosesseer moet word, wat help om bankkostes te verminder.

61

Page 62: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

4. Regsverhouding tussen die partye

- Die regsverhouding kan vasgestel word m.b.v. die voorskrifte van die nasionale Kredietwet, die standaard-vorm kontrakte en die algemene kontraktereg-beginsels.

4.1 Verskaffer en kaarthouer

- Hoofsaaklik vasgestel deur die onderliggende kontrak tussen hulle. Die kredietkaart word bloot as ʼn betaalmiddel gebruik.- Omdat die direkte betalingsverpligting van die uitreiker tot die verskaffer gerig is, het die verskaffer ʼn persoonlike reg tot betaling teen die uitreiker, onmiddellik met die afhandeling en ondertekening van ʼn transaksie-strokie deur die kaarthouer. - Die kaarthouer se verpligting om die verskaffer te betaal, verval nie vanweë novasie nie.- Betaling met ʼn kredietkaart is slegs ʼn voorwaardelike betaling, wat beteken dat die kaarthouer se verpligting om die uitreiker te betaal, uitgestel word tot sodanige tydstip as was die uitreiker die verskaffer betaal. Indien die uitreiker wel betaal, word die kaarthouer se aanspreeklikheid teenoor die verskaffer uitgewis, terwyl as hy nie betaal nie, die kaarthouer self aanspreeklik vir betaling aan die verskaffer sal wees.

4.2 Verskaffer en uitreiker

- I.t.v. hulle standaard-vorm kontrak onderneem die uitreiker om die verskaffer te vergoed vir die bedrae soos verteenwoordig op die transaksie-strokies wat deur die verskaffer aangebied word. Die verskaffer, deur sy aanbieding van die strokies vir betaling, gee sekere waarborge aan die uitreiker, bv. dat hy inderdaad sodanige goedere gelewer het.- Gewoonlik is daar geen uitdruklike/stilswyende voorskrif in terme waarvan die uitreiker se aanspreeklikheid afhanklik gemaak word van die bestaan van die kontrak tussen die kaarthouer en die verskaffer nie. Die uitreiker kan egter onder sekere omstandighede, betaling of die terugbetaling van bedrae alreeds betaal, weier, bv. waar die verskaffer waarborgbreuk gepleeg het.- Die regsaard van die uitreiker se aanspreeklikheid teenoor die verskaffer, kan ten beste verduidelik word aan die hand van die konsep van delegasie: Gebaseer op hierdie ooreenkoms met die uitreiker, gee die kaarthouer ʼn betalingsinstruksie in die vorm van ʼn transaksie-strokie aan die uitreiker om die verskaffer te betaal. Die kaarthouer (debiteur) en die verskaffer (krediteur) kom ooreen dat die verskaffer in die eerste plek hom na die uitreiker sal wend vir betaling. Die uitreiker neem die kaarthouer se verpligtinge op homself en is aanspreeklik vir betaling so gou as wat ʼn geldige transaksie-strokie voltooi en deur die kaarthouer onderteken is.

4.3 Kaarthouer en uitreiker

- Die uitreiker is geregtig om van die kaarthouer die bedrae betaal aan die verskaffer, i.t.v. die transaksie-strokies, te verhaal. Die aanspreeklikheid is gebaseer op beide mandaat en lening.- Daar is ʼn algemene verhouding van mandaat/lasgewing tussen die uitreiker en die kaarthouer. Die uitreiker sal die instruksie aan hom, deur die kaarthouer in die vorm van transaksie-strokies, om te betaal, uitvoer. Die individuele transaksiestrokies is ʼn metode waardeur die algemene verpligting van die mandaat in hierdie konteks, gekonkretiseer word. Die kaarthouer, as lasgewer, is onder ʼn

62

Page 63: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

verpligting om die uitreiker, as lashebber, vir uitgawes opgedoen in die loop van die uitvoering van die mandaat, te vergoed. Indien die kaarthouer ʼn kredietbalans op sy rekening met die uitreiker het, sal die uitreiker bloot die rekening met die bedrag van die transaksie-strokie debiteer, terwyl as hy nie ʼn kredietbalans het nie, die uitreiker die kaarthouer se rekening sal debiteer en die kaarthouer sal dan die uitreiker binne die ooreengekome tyd vergoed.- Omdat die transaksie tussen die uitreiker en die kaarthouer ʼn geldleen transaksie is, is die uitreiker in dieselfde posisie as die bank wat oortrokke fasiliteite aan ʼn houer van ʼn tjekrekening toestaan, in soverre die transaksie gelykgestel kan word aan ʼn lening.

5. Ongemagtigde gebruik van kaart

- Die volgende skyn die algemene reël te wees in geval van ongemagtigde gebruik van ʼn kaart nadat diefstal/verlies daarvan:

Die kaarthouer dra die risiko en is verantwoordelik vir transaksies aangegaan met ʼn verlore/gesteelde kaart, tot op so ʼn tyd as wat hy die uitreiker van die diefstal/verlies in kennis gestel het. Mondelinge kennisgewing word gewoonlik vereis, wat later skriftelik bevestig moet word.

Van die oomblik wat kennis van diefstal/verlies ontvang is, dra die uitreiker die risiko veroorsaak deur die ongemagtigde gebruik van die kaart totdat die uitreiker die verskaffers van hierdie feit in kennis stel, deur ʼn lys van die rekeningnommers van die verlore/gesteelde karate aan hulle te oorhandig.

Van die oomblik af wat bg lys deur ʼn verskaffer ontvang is, is hy verplig om elke kaart wat deur ʼn kliënt voorsien word, teen die lys toets. Versuim om dit te doen is sy verlies indien hy ʼn verlore/gesteelde kaart aanvaar.

63

Page 64: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

LESING 11: AANLYN BANKBEDRYWIGHEDE & KREDIET OORDRAGTE

Studiedoelwitte:

Na afhandeling van hierdie lesing, moet u in staat wees om die volgende te doen:

1. Demonstreer kennis en begrip van die kenmerke, gebruik en regsgevolge van

aanlyn bankdienste.

2. Definieer aanlyn bankdienste as ‘n metode van elektroniese betaling.

3. Definieer en verduidelik ‘n elektroniese fonds oordrag (EFO). Verwys ook na die

betrokke proses en die betrokke partye.

4. Bespreek die regsvereistes van databoodskappe.

5. Bespreek die tipes betalingskaarte en die betrokke partye.

6. Bespreek die voordele van aanlyn bankdienste.

7. Bespreek die nadele van aanlynbankdienste.

8. Verduidelik volledig die aanspreeklikhede van die verskillende partye betrokke by

aanlyn bankdienste.

9. Verduidelik ‘elektroniese betalingsinstrumente’.

10. Verduidelik ‘n ‘krediet-oordrag’.

11. Verduidelik ‘n ‘debiet-oordrag’.

12. Verduidelik elektroniese betalings.

13. Definieer die terminologie soos uiteengesit in die Uniform Commercial Code (par

205

van Malan).

14. Bespreek die opskorting van die krediteur se remedies by elektroniese betalings.

15. Bespreek die algemene mandaat.

16. Verduidelik die rol van tussenganger-banke.

17. Verduidelik die rol van begunstigde-banke.

64

Page 65: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

18. Verduidelik die tyd van betaling.

Bestudeer:

1. Buys R. (ed), Cyberlaw @ SA II – The Law of the Internet in South Africa, 2nd ed,

Van Schaik Publishers, 2004, (Pp 82-108, 368-374)

2. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 201-216)

Aktiwiteit 7

Bespreek die aanspreeklikhede van die verskillende partye betrokke by aanlyn

bankbedrywighede.

Woordeskat:

Aanlyn bankbedrywighede: _____________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Elektroniese Fonds Oordrag (EFO): ______________________________________

_____________________________________________________________________

_

Data boodskap:

________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_

Teorie

1. Inleiding

- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber banking”, “Internet banking”, en “E-banking”) is ʼn wêreldwye verskynsel, en bykans alle Suid-Afrikaanse banke bied Internet

65

Page 66: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

dienste. Alle banktransaksies kan basies deur middel van die internet uitgevoer word. Sommige oorsese bank bied slegs dienste aan via die internet, en staan dan as “Cyber Banks” of “Internet Banks” bekend.

- Aanlyn sisteme laat kliënte toe om tot verskeie bankdienste in te skakel vanaf ʼn persoonlike rekenaar, deur ʼn konneksie met die bank se rekenaars oor telefoon lyne te maak. Tegnologie maak dit ook moontlik dat aanlyn bankbedrywighede, wat eens net deur rekenaar-entoesiaste gebruik is, makliker en meer gebruikersvriendelik vir die gewone kliënt word.

- Die Elektroniese Kommunikasies en Transaksies Wet 25 van 2002 (EKT-Wet) het op 30 Augustus 2002 in werking getree en is ʼn fasiliterende element van wetgewing wat regserkenning verleen aan ekwivalente van kommunikasies en transaksies wat in die aanlyn-wêreld aangegaan word.- Die EKT-Wet is gebaseer op die VN Kommissie van Internasionale Reg van Handel se Model Wetgewing m.b.t. Elektroniese Handel (1996). Die EKT-Wet is dus belyn met internasionale wetgewing in die verband.

2. Elektroniese Fondse Oordrag (EFO) (“EFT”)

- Dit kan gedefinieer word as ʼn oordrag van fondse deur ʼn banksisteem d.m.v. elektroniese tegnieke, m.b.v. “invoer” en “uitvoer” metodes wat hoofsaaklik in elektroniese formaat is. Dit sluit in alle betalingsinstruksies wat oorgedra word deur magnetiese materiaal (kassette/diskette) of suiwer elektroniese media (telefoon/teleks) of deur die gebruik van elektroniese transmissies tussen rekenaars en terminale.

- EFO beteken enige oordrag van fondse, anders as deur ʼn transaksie wat onstaan het uit ʼn tjek, of ander papier-instrument, wat die onstaan het deur ʼn elektroniese terminaal, telefoon of rekenaar/ magnetiese band vir die doeleindes van beveling, instruksiegewing, of magtiging aan ʼn finansiële instelling, ten einde ʼn rekening te debiteer of te krediteer. Die term sluit in, maar is nie beperk tot, punt-van-verkoop oordragte, outomatiese teller masjiene, direkte deposito’s of onttrekking van fondse, asook oordragte wat ʼn oorsprong oor ʼn telefoon het. Dit sluit ook in alle oordragte vanaf debietkaart transaksies.

- Die partye tot ʼn EFO is: Die Bank/ Finansieringshuis van die kliënt/Skepper se bank. Die kliënt/betaler/stuurder. Die begunstigde. Die begunstigde se bank. Dit mag dieselfde of ʼn ander bank/tak wees. Tussenganger-bank.

- Gedurende hierdie proses, gee die kliënt aan die bank instruksie om betaling aan ʼn 3de party te laat geskied. Hierdie instruksie word gegee deur ʼn OTM, ʼn EFOPVV of die internet vanaf ʼn private rekenaar. Die bank verifieer die instruksies deur ʼn sekuriteitsprosedure. Daarna debiteer dit die kliënt se rekening en stuur die instruksies aan die begunstigde se rekening. Dit vind plaas af-lyn,

66

Page 67: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

deur diskette/kassette/telekommunikasie lyne af te lewer. Indien tussenganger-banke gebruik word, sal die kliënt se bank ʼn instruksie aan die tussenganger gee, wat op sy beurt ʼn instruksie aan die begunstigde se bank sal gee of aan ʼn ander tussenganger, wat dan dieselfde sal doen totdat ʼn finale betalingsinstruksie aan die begunstigde se bank gedoen word.

3. Geldigheidsvereistes vir data-boodskappe

- Die geldigheidsvereistes vir data-boodskappe is vervat in Deel I van Hoofstuk 3 van die EKT-Wet. Die bepalings vervat in hierdie gedeelte is gebiedend van aard en moet nagekom word.- Art 11 verleen erkenning aan data-boodskappe. ʼn Data-boodskap is enige elektroniese vorme van inligting wat elektronies geskep, gestuur, ontvang of gestoor word. Art 11 bedoel nie om enige gebiedende bepalings van die SA reg m.b.t. data-boodskappe te vervang nie, maar bepaal bloot dat inligting se geldigheid nie in gedrang kom bloot omdat dit in ʼn data-boodskap vervat is nie.- ʼn Data-boodskap moet aan die volgende vereistes voldoen ten einde regsgeldig te wees:

Skriftelik Indien die inligting in die vorm van ʼn data-boodskap aangebied word en beskikbaar is vir toekomstige toegang, voldoen dit aan hierdie vereiste.

Handtekening/Ondertekening ʼn Handtekening word gewoonlik vereis vir doeleindes van waarmerking. ʼn Elektroniese handtekening (string karakters bestaande uit letters en syfers) vervul dieselfde rol.

Oorspronklikheid Daar word gewoonlik vereis dat ʼn dokument oorspronklik is ten einde ʼn latere invoeging/skrapping van inligting te verhoed.

- ʼn Data-boodskap kan in vele opsigte met ander dokumente gelykgestel word, veral ten aansien van verskillende vereistes wat vir dokumente gestel word. Sien Buys in hierdie verband.4. Kommunikasie van data-boodskappe

- Bepalings rakende die kommunikasie van data-boodskappe is vervat in Deel II van die EKT-Wet. Die bepalings vervat in hierdie gedeelte is geldend indien partye nie andersins daarop ooreengekom het nie en kan dus by ooreenkoms gewysig word.

5. Aanlyn kaartbetalings

- Drie tipes ‘betalingskaarte’ kan onderskei word: Betaal later Kredietkaarte is ʼn goeie voorbeeld. Die totale bedrag wat deur die kaarthouer

aangegaan word, moet op ʼn ooreengekome datum betaal word. Betaal nou Debietkaarte is ʼn goeie voorbeeld. Die totale bedrag word onmiddellik van die

kaarthouer se rekening gedebiteer. Betaal vooraf Voorafbetaalde (prepaid) karate is ʼn goeie voorbeeld. Waarde word vooraf op

kaart gestoor en die waarde verminder soos wat die kaart gebruik word.- Die partye betrokke by die kaartbetalingsisteem is:

Uitreiker Bank Kaarthouer Verbruiker Ontvanger Bank van die handelaar Handelaar Verskaffer

- Sien Buys m.b.t. tipiese probleme en moontlike oplossings.

6. Voordele van Aanlyn Bankbedrywighede

67

Page 68: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

- Wat ook al die naam mag wees, hierdie sisteme bied sekere voordele bo tradisionele bank metodes:

Gebruikers kan hul rekenaars en telefoon modem gebruik om vanaf die huis of enige ander plek waar hul toegang tot ʼn rekenaar het, in te skakel – dit is daarom baie gerieflik.

Bankure is verleng aangesien hierdie dienste 7 dae ʼn week, 24 uur ʼn dag beskikbaar is. Transaksies word baie vinniger uitgevoer en bevestig, alhoewel dit nie oombliklik gebeur nie.

Die prosessering kan vergelyk word met daardie van ʼn OTM transaksie. Die verskeidenheid van transaksies wat beskikbaar is, is baie wyd. Kliënte kan basies enige

iets doen soos om bloot hul rekening balans na te gaan of vir ʼn huislening aansoek te doen. Dit verminder die behoefte aan kontant. Dit verminder die uitreiking van tjeks wat die potensiaal vir bedrog en diefstal-risiko’s

verminder. Koste-effektief. Hoë graad van vertroulikheid kan gehandhaaf word.

7. Nadele van Aanlyn Bankbedrywighede

- Daar is ook nadele: ʼn Persoon moet gemaklik wees om ʼn rekenaar te gebruik. Tyd wat vooraf in beslaggeneem kan word, kan formidabel wees. Die invoer van data is

nodig voordat syfers as boodskap versend kan word en geld suksesvol bestuur kan word. Aanlyn rekening betalings is ʼn voorbeeld waar moeite vereis word in die opstel van programmatuur, maar wat eindelik gemak sal meebring.

Indien ʼn persoon van sagteware of banke verander kan dit beteken dat data dalk weer in die rekenaar ingevoer moet word, alhoewel internet-gebaseerde sisteme nie in so ʼn groot mate deur bg verandering beïnvloed word nie. Maar kompetisie tussen die verskillende vervaardigers blyk hierdie probleem te minimaliseer. Die persoonlike finansiële sagteware wat gebruik word om geld te bestuur, soos “Microsoft Money”, stel gebruikers van kompeterende sagteware in staat om data met groter gemak in te voer.

Elektroniese betalings is onherroeplik vanaf versending daarvan, en omdat geen bevestiging van rekening name moontlik is a.g.v. “Direk Deur Prosessering” nie, dra die betaler die risiko van die gebruik van die verkeerde rekening nommer.

Dit is ontvanklik vir ʼn aanval van buitestaanders, soos kuberkrakers, wat bedrieglik toegang verkry tot die verbruiker se bankrekening besonderhede en dan fondse onwettig na eie/genomineerde rekeninge oordra.

8. Dienste aangebied deur Aanlyn Bankbedrywighede

- Watter dienste beskikbaar is, wissel van bank tot bank. Byna alle banke wat elektroniese dienste aanbied, laat hul kliënte toe om balanse in hul rekeninge na te gaan, om fondse tussen rekeninge oor te dra en om elektroniese rekening betalings te beveel. - Meer gesofistikeerde sisteme laat kliënt toe om vir huislenings aansoek te doen, om inligting m.b.t. hulle rekeninge op hul eie rekenaars af te laai, om met gemeenskaplike fondse te handel en om na beelde van hul tjeks en deposito strokies te kyk. - "Online banking will become Internet banking. Banks will just have this Internet branch," het James Verbrugge, a bank deskundige en Voorsitter van die Departement van Finansies by die Universiteit van Georgia, VSA, gesê.

68

Page 69: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

9. Die posisie in SA

- Daar is huidiglik wetgewing wat die algemene regsposisie tussen die verskeie partye tot ʼn EFO reguleer. Die algemene beginsels van kontraktereg word toegepas en die regsverhouding tussen die bank en sy kliënt, is kontraktueel van aard en berus ook op mandaat.- A.g.v. die onmiddellike aard van ʼn EFO, is die instruksie wat die kliënt aan die bank gee om te betaal, en nadat die banke hul eie veiligheidsmaatreëls re die verifikasie van die instruksie geïmplementeer het, onherroeplik omdat dit finale betaling daarstel. Dit kan ook in ʼn mate aan ʼn bankwaarborg gelykgestel word. - Die direkte aanspreeklikhede van die partye is as volg:

Die Bank Die skepper se bank het die bevoegdheid om die kliënt se instruksie te verifieer, en indien dit geldig blyk te wees, die instruksie uit te voer, tensy die kliënt kan bewys dat die instruksie bedrieglik en sonder sy kennis gegee is. Die bank sal dan die kliënt moet vergoed vir die bedrag wat uit die rekening “verwyder” is. Daarna kan die bank regs- en kriminele aksies teen die 3de party wat die instruksie bedrieglik gegee het, instel.

Die Kliënt Die kliënt moet verseker dat hy al die aanbevole veiligheidsmaatreëls wat die bank vereis, nagekom en geïmplementeer het. Hy moet verseker dat sy instruksies korrek is en dat die begunstigde se inligting korrek is. Indien hy die bank van verkeerde instruksies voorsien, kan die bank nie aanspreeklik gehou word nie. Die kliënt sal met die 3de party in verbinding moet tree aan wie die fondse verkeerdelik oorgedra is.

Die Begunstigde se Bank Dit tree op ooreenkomstig instruksies ontvang vanaf die skepper se bank. Dit kan slegs aanspreeklik gehou word indien die bank die verkeerde rekening krediteer.

Die Begunstigde Indien die instruksies korrek gegee is, maar die begunstigde se rekening nie met die bedrag gekrediteer is nie, kan ʼn eis teen die begunstigde se bank ingestel word.

Die Tussenganger Aanspreeklikhede is gebaseer op die algemene beginsels van kontraktereg, die relevante mandate wat gegee is en die rekels van die spesifieke tussenganger.

10. Elektroniese betaalmiddele

- Tjek is oudste en bekendste betaalmiddel.- Elektroniese betaalmiddels kan die volgende insluit: krediet en debiet oordragte, stop orders, debiet orders, elektroniese fonds oorplasings, elektroniese fonds oorplasings by die PVV, OTM, smart kaarte, kredietkaarte, debietkaarte en tjekkaarte.- Let egter daarop dat nie al die bogenoemde betaalmiddele is nie (bv die OTM wat slegs ‘n middle is wat betaling bewerkstellig).

11. Krediet oordrag

- Transaksie word uitgevoer uit hoofde van ‘n reeks van mandate wat dan daartoe lei dat die begunstigde se rekening gekrediteer word. Begunstigde bekom dan ‘n persoonlike reg teen sy bank om die bedrag wat aan hom oorgedra is, te krediteer en uit te betaal. - Dit is ‘n oordrag van waarde in ‘n ekonomiese sin maar dit is nie soortgelyk aan die oordrag soos in sakereg nie. (Daar is geen fondse in die sin van note en munte nie en daar is ook nie ‘n fisiese

69

Page 70: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

oordrag van fondse nie) - Debiteur stoot fondse in die krediteur se rekening.- Dit is ook nie ‘n sessie van die oorspronggewer se regte (teenoor sy bank) aan begunstigde nie.

12. Debiet oordrag

- Word geïnisieer deur krediteur wie sy bank bevel om skuld van debiteur te verhaal. Krediteur trek fondse uit debiteur se rekening. - Debiteur moet uitdruklike of stilswyende toestemming aan bank verskaf alvorens debiet oordrag kan plaasvind.- Debiteur kan sy bank vooraf magtiging gee.- Enige krediet aan krediteur se rekening is voorwaardelik. Dit is onderworpe aan die betaling van die debiet oordrag instruksie.

13. Elektroniese betalings

- Elektroniese fonds oordrag by die PVV is ‘n voorbeeld van ‘n debiet oordrag wat met die gebruik van ‘n elektroniese kaart gekombineer is.- Betaling met direkte debiet en krediet by die PVV is betaling ingevolge ‘n ooreenkoms tussen die partye en is nie ‘n datio in solutionem nie.- Indien betaling nie geskied nie herleef die remedies (ingevolge die onderliggende verpligting) van die krediteur. - Indien betaling geskied vind dit plaas om die oomblik wat die krediteur ‘n onvoorwaardelike reg teen sy eie bank bekom.

14. Terminologie

- Terminologie in die veld van debiet en krediet oordragte is deur Artikel 4A van die Uniform Commercial Code gestandardiseer:

Oorspronggewer Wanneer debiteur ‘n krediteur by wyse van ‘n kredietoordrag betaal. Oorspronggewer se bank Debiteur se bank. Begunstigde Wanneer krediteur deur ‘n krediet oordrag betaal word. Begunstigde se bank Krediteur se bank. Betalingsopdrag Instruksie wat deur oorspronggewer verskaf word. Tussenganger banke Ander banke betrokke.

15. Opskorting van remedies

- Alhoewel die betrokke betalingstegnieke van gewone betaalmiddele en elektroniese betaalmiddele kan verskil, is die verskillende middele se regskonstruksies nie noodwendig verskillend nie.- In geen van die gevalle tree die bank wat betaling laat geskied as verteenwoordiger van die debiteur op nie. Die bank funksioneer as ‘n blote opdragnemer maar verteenwoordig nie

70

Page 71: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

noodwendig die kliënt nie. Die ooreenkoms om spesifieke wyses van betaling te aanvaar, berus op ‘n ooreenkoms tussen die trekker/oorspronggewer/kredietkaarthouer en die nemer – nie tussen die betalingsbank en die nemer nie. Dit is daarom die trekker/oorspronggewer/kredietkaarthouer wie op die condictio indebiti geregtig is aangesien die die trekker/oorspronggewer/kredietkaarthouer is wat inderdaad sy onderneming teenoor die nemer uitvoer. Die betalingsbank is nie die verteenwoordiger van die debiteur nie en die begunstigde se bank is nie die nemer se verteenwoordiger nie.- Waar betaling met ‘n tjek gemaak word, word die regte van die krediteur (remedies) opgeskort totdat die tjek betaal/gedishonoreer word. Waar betaling by wyse van ‘n elektroniese betaalmiddel gemaak word, bv ‘n stop order, word die remedies van die krediteur ook tot uitvoering van die stop order deur die bank uitgestel.

16. Algemene mandaat

- Krediet oordragte in SA reg word uitgevoer by wyse van betalingsinstruksies deur ‘n kliënt aan sy bank o.g.v. die algemene bank en kliënt verhouding of algemene mandaat. - Betalingsinstruksies is gewoonlik op die algemene bank en kliënt ooreenkoms gegrond. In die geval van ‘n oorspronggewer wie nie ‘n kliënt is nie, kwalifiseer die betalingsinstruksie egter as ‘n mandaat. In Gilbey Distillers and Vintners v ABSA Bank is dit egter gestel dat die verhouding tussen ‘n bank en ‘n kliënt wat ‘n oordrag van fondse beveel, ook ‘n maandaat is. - Deur die bank en kliënt ooreenkoms as ‘n algemene mandaat wat vir o.a. betalingsinstruksies voorsiening maak, te karakteriseer, kan die naturalia van die ooreenkoms vasgestel word. Die gemeenregtelike verpligtinge van die bank sal gewoonlik op die volgende neerkom:

Om die mandaat tydig uit te voer. Om die mandaat in goeie trou uit te voer. Om die mandaat sonder nalatigheid uit te voer. Bank moet optree soos die redelike bank in

die omstandighede sou optree. Betalingsinstruksies moet uitgevoer word met redelike sorg ten einde vervalsing/wysiging te voorkom.

Bank moet opdrag van kliënt uitvoer en opdrag moet duidelik en ondubbelsinnig wees. Bank is gewoonlik gebonde om die kliënt se opdrag t.o.v. metode van oordrag te volg. Bank moet ‘n redelik effektiewe sekuriteitstelsel installer en onderhou en moet effektiewe

werking van stelsel verseker. Bank moet aan die voorwaardes van betalingsinstruksie gehoor gee.

17. Tussenganger banke

- Gewoonlik is daar geen kontraktuele verbintenis tussen ‘n sub-opdragnemer van oorspronggewer se bank, die tussenganger bank, en die oorspronggewer nie.- Kontraktuele verpligtinge van oorspronggewer se bank teenoor oorspronggewer strek nie tot begunstigde nie – dit word voorgestel* dat die begunstigde se bank nie ‘n sorgsaamheidsplig aan die oorspronggewer verskuldig is nie – tussenganger bank is dus nie ‘n sorgsaamheidsplig aan die oorspronggewer verskuldig nie. Daarom: geen kontraktuele verhouding tussen oorspronggewer en begunstigde bank nie selfs al word begunstigde bank as ‘n sub-opdragnemer (tussenganger bank) van oorspronggewer se bank beskou.

18. Begunstigde bank

- Daar is geen kontraktuele verhouding tussen oorspronggewer en begunstigde bank nie.

71

Page 72: LAW OF BUSINESS ENTERPRISES 300 (ONR300)learning.ufs.ac.za/BIR324_ON/Resources/3 RESOURCES/2 …  · Web view- Aanlyn bankbedrywighede (ook bekend as “Virtual banking”, “Cyber

- Is bogenoemde voorstel*, dat die begunstigde se bank nie ‘n sorgsaamheidsplig teenoor die oorspronggewer verskuldig is nie, korrek? Die vraag of die begunstigde bank ‘n sorgsaamheidsplig om ‘n oordrag met sorg en in ooreenstemming met standaarde en bankprakyke, teenoor die oorspronggewer verskuldig is. Hou die volgende in gedagte:

Arthur E Abrahams & Gross v Cohen and others Verweerder (begunstigde bank) kan ex delicto aanspreeklik gehou word wanneer suiwer ekonomiese verlies sonder enige fisiese skade, veroorsaak word. Voordat dit egter aanspreeklik gehou kan word, moet dit bewys word dat die moontlikheid van daardie tipe verlies redelik voorsienbaar was en dat dit in alle omstandighede onder ‘n regsplig was om gebeurlikheid van sodanige verlies te voorkom.

BOE Bank Ltd v Ries Alhoewel eiser (krediteur) van suiwer ekonomiese verlies sonder skade aan persoon/eiendom nie langer met onoorkomlike probleme gekonfronteer word nie, is daar steeds probleme. Fisiese skade is prima facie onregmatig – om suiwer ekonomiese verlies te veroorsaak, is nie.

Gilbey Distillers and Vintners v ABSA Bank Het nie met verpligtinge van begunstigde bank gehandel nie. Dit is gestel dat daar geen ooreenkoms tussen begunstigde bank en oorspronggewer is nie. Daar is geredeneer dat die begunstigde bank onderneem om fondse vir die begunstigde se rekening te ontvang. Begunstigde bank het ‘n kontraktuele verpligting om begunstigde se rekening te krediteer wanneer bank fondse deur ‘n oordrag ontvang. Begunstigde bank sluit nie ook ‘n kontrak met oorspronggewer nie. Oorspronggewer se bank voer instruksies as ‘n opdragnemer uit en nie as oorspronggewer se verteenwoordiger nie.

- Malan argumenteer egter as volg: Aanspreeklikheid van ‘n invorderingsbank teenoor eienaar van ‘n verlore/gesteelde tjek word nie net op die feit dat die invorderingsbank ditself in die proses as sy eie kliënt bekendstel vir wie se identiteit te pa staan gebaseer nie, maar ook op die evaluasie van al die omstandighede. In die geval van ‘n invorderingsbank is daar dus ‘n verpligting aan die ware eienaar van die verlore/gesteelde tjek verskuldig en nie noodwendig teenoor die kliënt nie. Daarom, t.o.v. ‘n begunstigde bank in die geval van ‘n opdrag om ‘n oordrag te aanvaar: As daar geen verpligting is om die genoemde begunstigde met die rekeningnommer te eien nie, kan mens redeneer dat die betaling en kreditering sonder enige sorg gemaak is. Is die verpligting van sorg daarom nie eintlik aan die oorspronggewer verskuldig eerder as aan die kliënt nie?

19. Tyd van betaling

- Verwys ook na Lesings 7-9 (par 2.3).- Betaling van elektroniese betaalmiddele word uitgevoer op die tydstip wanneer die besluit om die betrokke rekeninge te debiteer en krediteer gemaak word, ongeag of die nemer se rekening inderdaad gekrediteer is en ongeag of die nemer van betaling in kennis gestel is.

72