54
Sondagskool handleiding VIR ONDERWYSERS vir

LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Sondagskool handleiding VIR

ONDERWYSERS vir

SENIORS

Saamgestel deur Jacqui Minnie011 435 2505Jan 1999

Page 2: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 2

____________________

SONDAGSKOOLONDERWYSERS HANDLEIDING VIR ONDERRIG AAN SENIORS

Die Woord van God is vir alle ouderdomme geskryf. Dit is van toepassing op die ongebore kind en regdeur tot op die dag van afsterwe van die mens. Die Heilige Gees “verdun” die Woord vir ons tot melk en verander dit in vaste voedsel (vleis) om in al ons behoeftes te kan voorsien. Die Heilige Gees is die Skepper wat begrip in die hart bewerk. Wanneer ons die “saad” van die Woord plant en wanneer die behoefte ontstaan dan bring die Gees dit terug na die mens se verstand. Dit mag dalk baie jare neem voor die Woord vrug oplewer. Wat ‘n voorreg het ons nie om planters van die Woord van God te wees nie. Ons is dus medewerkers van God!

Daar is vergoeding vir ons werk. “Only one life, will soon be past. Only what’s done for Christ will last”. Ons moet onthou dat ons verantwoordelik gehou sal word want ons is herders van God se kudde. As ons die Here liefhet, soos Petrus, moet ons Sy skape voed. Ons moet in die wêreld uitgaan, ten minste in ons gedeelte van die wêreld en disipels vir Hom maak. Onthou dat Hy is met ons altyd (Matteus 28 v 20).

Ons as onderwysers het die leiding van die Heilige Gees baie nodig sodat ons kan onderskei wanneer om melk en wanneer om vaste spys op te dis. Hierdie grondbeginsel bestaan essensieël uit die vermoë om in die verskillende groepe kinders die regte lering of lesing aan te bied. Ons moet die leerling “onderrig”. Om dit te kan doen moet ons hulle verstaan en ons moet uitvind hoe hulle ons verstaan. Hoe werk hulle verstand in verhouding met ons volwasse verstand? Ons moet die kind op sy eie gebied kan bereik!

Ek glo dat God ons ontmoet op die vlak waar ons is. As die Here ons nie op ons vlak ontmoet nie sal ons baiekeer nie bewus wees van Sy Gees nie. Ons bekom ‘n hoër geestelikke vlak deur om te bid, die Bybel te lees, te vas, om God te gehoorsaam en deur getrou te wees. Daar is groot loon in getrouheid. Hy wat getrou is in min, is ook getrou in baie. Soos ons hoër vlakke bereik in die Here, so gee die Here ons kos vir daardie vlak.

Laat ons net ons beste vir die Allerhoogste doen!

Mag die seën van die Here rus op die werk wat u vir Hom doen en mag u met oorvloedige krag en sterkte toegerus word sodat u die beloftes van die Here in u lewe kan verkry.

Die Here soek “gewillige’ mense wat Hy kan toerus vir sy werk. Sonder Hom is ons niks, maar met Hom klim ons die hoogste berg en oorwin die diepste waters van die see.

Vir verdere verwysing, sien die agterblad.

Page 3: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 3

INDEKS Bladsy

- Verstaan die Senior Kind 4- Metodes: 9

- Lesing 9- Vrae 9- Groep Bybelondersoek 9- Bespreking 10- Projekte 10- Dramatisering 10- Musiek 11- Besprekings – ‘n verskeidenhied 11- Storie vertel 13- Aksies 17- Uitdrukkingswerk 18- Kinders se leërs 19

- Visuele Hulpmiddels 20- Die regte gebruik van V.H. 20- Soorte Visuele Hulpmiddels 21

- Lesvoorbereiding 26 - Altaarwerk 28- Lesaanbieding 29- Voorgestelde leesstof vir verdere studie 33

- Bylae 34

Page 4: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 4

VERSTAAN DIE SENIOR KIND

ADOLESSENSIE

Adolessensie is die periode tussen kind wees en volwassenheid. Dit kan in 3 stadiums onderverdeel word.

Vroee Adolessensie 12/13 tot 14/15 jaar oud Middel Adolessensie 15/'16 tot 17/18 jaar oud Later Adolessensie 18/19 tot 25 jaar oud

As Sondagskoolonderwysers stel ons hoofsaaklik in die vroee en middel stadiums belang.

‘n Gesegde van die katoliek en kommunis lui: “Gee ons die kind tot en met die ouderdom van 7 jaar en ons het daardie kind vir die res van sy/haar lewe”. In ons wetlike stelsel word kinders van 7 jaar nie vir hulle dade verantwoordelik gehou nie en dit is debateerbaar of kinders tussen die ouderdomme 7 tot 14 vir hulle dade verantwoordelik gehou kan word. Die hof sal besluit of ‘n kind tussen die ouderdomme van 7 tot 14 vir sy/haar dade aanspreeklik gehou kan word al dan nie.

Ons het groen plante wat ons moet versorg. Behandel hulle met liefde en gebed.

Om ‘n kind te kan leer moet jy eers leer om die kind te verstaan.

Om ‘n kind geestelik te kan bereik, moet jy die kind ten volle verstaan.

Ons is almal uit hierdie vyf eienskappe gemaak.

EIENSKAPPE VAN SENIOR KINDERS:-

FISIES VERSTANDELIK SOSIAAL EMOSIONEEL GEESTELIK

Ons hoofdoel met sondagskoolonderrig is om die kind na Jesus te lei. Om die kind te help om so ‘n oorgawe te maak dat hy/sy nooit daarvan sal afwyk nie. Die ontwikkelings in ander fasette van die kind se lewe wat hy/sy gedurende sondagskoolonderrig ondergaan is ‘n bonus wat hy/sy verkry deur ‘n toegewyde lewe vir die Here te leef, bv. om voor ander vrymoediglik te kan praat. Die kind leer om positief te wees en ontwikkel sy/haar geloof. Hulle weet dat hulle nie alleen is nie maar dat God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees gedurig daar is om hulle te onderskraag, te lei en hulle te bewaar.

Kom ons kyk na die karaktertrekke van die primêre kind en wat dit vir die onderwyser, ouer en ander mense wat die kind graag wil verstaan, beteken.

Page 5: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 5

Jes. 44 v 2 So sê die Here wat jou gemaak het, en jou van jou moederskoot gevorm het, wat jou sal help, Vrees nie....

EIENSKAPPE van VROEË adolessensie (12/13 - 14/15 jaar oud)

Aangesien hulle so is: Moet ons:

FISIES - "Verander”

Groei vinnig: Is onhandig en lomp Voorsien onstspannings aktiwiteite.by tye. Wees geduldig en verdraagsaam.

Hulle het 'n groot eetlus. Voorsien eenvoudige kossoorteBy sosiale geleenthede.

Talle fisiese veranderings vind Wees bewus daarvan dat dit dieplaas by puberteit. Dit veroor- rede vir vir wisselende gedrag kan wees.saak probleme soos puisies en hetas gevolg gevoelens van onsekerheid. Dogters ontwikkel vinniger as seuns.

Hulle het afwisselende periods van Onderskei tussen moegheid en luiheid.energie en afgematheid.

Hulle stel baie belang in sport. Stel belang in hulle sport bedrywighede.

VERSTANDELIK "Krities"

Hulle bevraagteken en kritiseer Help hulle om antwoorde oor hulle dit wat hulle as juniors geleer het. Geloof te vind.

Hulle absorbeer baie feite maar Moedig hulle aan om volgenshet min lewensondervinding om God se standaard te beoordeel.volwasse besluite te kan neem.

Hulle het ‘n wakker verbeeldings- Gebruik voorbeelde vankrag en hou van ontdekking en Christelike avontuursortes.Avontuur.

Hulle kan errnstig oor ingewikkelde Help hulle om Christenwaarhede ensake dink. Standaarde vir hulleself te ontdek.

Page 6: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 6

SOSIAAL " kameraardskap"

Hulle wil deel van die portuur Moedig portuurgees in die klas aan.Groep wees. Reel uitstappies, kampe ens. Daar kom verset teen die ouer Leer hulle om hulle ouers tese gesag. eerbiedig.

Hulle vrees ongewildheid, hunker Toon egte vriendskap aan hulle.na vriendskap, vrees spot.

Hulle word bewus van die teenoor- Leer hulle die Christen se hou~gestelde geslag. Seun/dogter ding ten opsigte van liefdeverhoudings begin ontwikkel. en seks. Antwoord vrae eerlik.

Hulle vereer helde. Help hulle om Christus hulleheld te maak.

Hulle word deur die massa media, Leer hulle Christelike gedrags-bv. TV, fliek, radio, tydskrifte, standaarde.plate en videos beinvloed.

EMOSIONEEL "Fluktueer"

Hulle probeer ‘n eie persoonlik- Moet hulle nie as kinders heid ontwikke1. Behandel nie.

Hulle glo dat volwassenes Wend ‘n spesiale poging aan om hullehulle nie verstaan nie. te verstaan.

Hulle vertoon emosionele on- maak toegewings hiervoor.stabiliteit en wissel maklik vanywer na belangeloosheid.

Hulle is selfbewus as gevolg van Stel daadwerklik belang indie veranderings wat plaasvind. hulle en hulle probleme.

GEESTELIK "Verbintenis"

Hulle ervaar twyfel oor die Beantwoord hulle twyfel metChristelike geloof. geduld. Leer deur middel van lering en voorbeeld.

Page 7: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 7

Hulle is gereed om 'n besluit Gee onderrig met ‘n uitdaging. vir Christus te maak (Hierdie Moedig hulle aan om Christus is die ouderdom waar meeste in hulle harte te ontvang.bekerings voorkom) .

Hulle is gereed vir Christelike Voorsien geleentheid vir diens. praktiese Christelike diens.

Hulle soek ‘n lewensideaal. Laat hulle bewus word dat, om Christus te volg, morele dapper- heid en ‘n standvastige karakter vereis.

EIENSKAPPE VAN DIE MIDDEL ADOLESSENT(15/16 - 17/18 jaar oud)

Sleutelwoord : "Strewe”

FISIES - "Prestasie"Rusteloos. Begin na volle volwassenheid oorskakel - worsteling. Voorliefde vir fisiese prestasies. Persoonlike gewoontes begin vestig.

VERSTANDELIK - "Mag" Eie denkrigtings, opinies radikaa1, idees ekstremisties. Kreatief, voorliefde vir gedigte. Vra vrae, twyfel. Benodig positiewe onderrig.

SOSIAAL - "Vriendskap"Dieper, meer omvattende sosiale gewaarwording en belangstel1ing. Ywerig om probleme op te los - selfs wêreldprobleme. Seksbewus - wedersydse aantrekkingskrag. Verlange na gewildheid bereik 'n hoogtepunt. Drang om saam met die stroom te gaan. Deurmekaar,onseker - probeer sy plek in die gemeenskap bepaal. GEESTELIK - "Onstabiliteit”Dikwels onseker en onstabiel. Kom in verset teen koue "vormgodsdiens". Hoë strewes. Hulle wil geloof hê wat werk – praktiese Godsdiens. Leer hulle die krag van God in Jesus wat ook in hulle kan en behoort te wees. Behoeftes : Moet die gevoel van sekerheid in Jesus Christus gegee word. Jesus gee hierdie gevoel maar ons moet hulle help om dit te aanvaar en te weet dat hulle deel van die gemeente is en dat hulle “reg” het op die salwing en werking van die Heilige Gees. Hulle is deel van die gemeente en het ‘n plek in die gemeente. Moet weet wat God se Woord sê.

Page 8: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 8

HOE OM JOU SENIORS PERSOONLIK TE LEER KEN

Alle sondagskoolonderwysers behoort elke geleentheid te gebruik om hulle leerlinge beter te leer ken. Deesdae word sogenaamde vryheid van godsdiens (alle godsdienste) voorgestaan en bevorder. Leer die kind om vir Jesus te getuig by die skool of waar hulle ook mag gaan. Hulle moet geleer word om hulle nie vir die christelike geloof te skaam nie.

Leerlinge moet van die krag van God geleer word en daaraan blootgestel word. Hulle moet weet dat dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het vandag nog in ons woon en werk en dat dié Gees hulle ook sal versterk. Hulle moet weet hoe om hierdie krag te gebruik en outoriteit gegee word om oor sonde te heers en hoe om dit tot hulle eie beskutting aan te wend.

- Leer jou leerlinge beter ken:- Arriveer vroegtydig (± 15 minute vroeër) by die sondagskool en gesels met hulle – praat omtrent jouself en omtrent hulle op ‘n persoonlike en vriendelike wyse. Hierdeur voorkom jy onderbrekings gedurende lesse en dit help met dissipline in die klas.- Moedig leerlinge aan om aan sondagskoollesse deel te neem.- Deur die leerlinge te besoek leer jy hulle omstandighede by die huis beter ken. Dit sal jou help om vir die leerling se spesifieke behoeftes te bid. Leer hulle ouers ken. Dit sal bydrae dat ouers meer geredelik die sondagskoolaktiwiteite bywoon.- Neem die leerlinge op uitstappies. Bo en behalwe die gereelde sondagskooluistappies, kan elke onderwyser sy eie reëlings tref. BV. uitstappies na die dieretuin, ens.

Bid vir u leerlinge en mede-onderwysers. Onthou, u is die herder van die skapies wat die Here aan u toevertrou het.Dit word aanbeveel dat ‘n leerlingstaat vir elke kind bygehou word!

Page 9: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 9

LESMETODES VIR DIE SENIOR KIND.

Ons kan die belangstelling van die senior in ons klas behou deur verskeidenheid onderig metodes sinvol te gebruik. Die effektiefste leermetode is die waar die tiener by die leerproses betrokke is. Sien onderstaande lys. Gebruik minstens een metode waar die groep betrokke is, in elke les. , n Verskeidenheid metodes kan in een les gebruik word. Dit bied verskeidenheid en prikkel die leerlinge se belangstelling.

Elke metode moet Bybel gesentreer wees.

1. Seniors behoort die Bybel te kan hanteer.2. Leer hulle hoe om dit te gebruik.3. Leer hulle die belangrikheid daarvan.4. Leer hulle om die antwoorde op lewensvraagstukke daarin te vind.5. Leer hulle om die Skrif deel van hulle lewe te maak.

LESING

'n Lesing is “enige verduideliking of vertellingsmetode van onderrig”. Die leerling neem deel as luisteraar. Gebruik spaarsaam. Gebruik wanneer tyd die gebruik van ander metodes nie toelaat nie - wanneer baie oorgedra moet word. Voeg demonstrasies, vrae, swartbordwerk, ens. in u aanbieding. Gebruik visuele hulpmiddels. Bied materiaal duidelik en sistematies aan.

VRAEEnigeen kan vrae vra, maar nie almal kan vrae vra wat leer nie. Gebruik liewer vrae wat leer as vrae wat toets. Daar is drie tipe vrae: (a) Geheue vrae - om reeds bekende feite te herroep. (b) Vrae wat hulle lei om te ontdek en te verstaan. (c) Vrae wat gedagtes stimuleer - om ‘n les toe te pas op lewensituasies. ‘n Paar wenke hoe om vrae te gebruik:

(a) Berei vrae voor en stel hulle sorgvuldig. Wees duidelik, bondig en spesifiek. (b) Behandel antwoorde diplomaties. Moenie spot toelaat nie. (c) Elke eerlike vraag vereis ‘n eerlike antwoord.

GROEP BYBELONDERSOEK

Ons bestudeer die bybel om :- . Te bepaal wat die Bybel werklik sê. . Te bepaal wat 'n gedeelte vir sy oorspronklike toehoorders of lesers beteken het. . Te bepaal hoe die gedeelte op ons en ons situasie van toepassing is.

Page 10: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 10

Groep Bybelstudie is -NIE - .. .’n toespraak deur een persoon waarin hy die kennis wat hy uit sy eie Bybelstudie geput het, oordra nie.MAAR ..’n studie waarin almal aktief deelneem. Waar die leier vrae stel aan alle lede van die groep en deelname deur almal aanmoedig.Die leier moet ‘n geskrewe raamwerk voorberei met :vrae wat hy/sy wil vra, agtergrond materiaal en verduideliking van moeilike dele. Groep-Bybelstudie het talle voordele en hierdie metode word sterk aanbeveel as ‘n effektiewe metode om Bybelkennis aan seniors en jongmense oor te dra.

BESPREKIING

‘n Gesprek oor ‘n probleem wat ontstaan as gevo1g van ‘n ondervinding of belangstelling van die kind. Om Bybel waarhede te bespreek. Die onderwyser moet die gesprek lei.

1. Die bespreking moet van belang vir almal wees en almal moet aangemoedig word om deel te neem.2. Die onderwyser moet ‘n goeie leier wees en afdwaling van die onderwerp keer.3. Stel ‘n duidelike doel vir uself vir die bespreking. Gebruike :

- Om agtergrond te ontwikkel.- Om valse indrukke reg te stel.- Om die les op die lewe toe te pas.

4. Die onderwyser moet die bespreking afsluit met ‘n opsomming van die bespreking en die klas toelaat om hulle eie bevinding te formuleer. (Maak seker dat dit die regte bevinding is!) PROJEKTE

Projekte sluit take in, maar dek 'n breër veld. Dit sluit dikwels Christelike diens in en ontstaan meerendeels as gevolg van 'n bepaalde behoefte. Dit vereis sorgvuldige beplanning en ywerige leierskap. Dit betrek die onderwyser en die leerlinge in 'n groot hoeveelheid navorsing. Die leerlinge se entoesiasme kan kwyn as die projek spoed verloor en uitgerek word.

DRAMA

Kinders kan die storie opvoer terwyl jy dit vertel of alternatiewelik daarna. Laat elke kind toe om betrokke te wees selfs al moet hulle die rol van ‘n toeskouer of dié van ‘n boom vertolk. Drama kan gereeld gebruik word. Kinders hou daarvan. Kinders leer wanneer hulle speel en daarom is drama ‘n goeie metode om te gebruik wanneer ‘n Bybelwaarheid aan hulle verduidelik moet word. Dit skep ook die geleentheid vir kinders om hulle in die karakter van die storie te kan inleef en te ondervind wat die karakter ondervind het. Hulle

Page 11: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 11

leer om ander se emosies en gevoelens te ervaar. Dit help hulle om in die alledaagse lewe te kan aanpas en oorleef.Onthou, ‘n mens onthou slegs 10% van dit wat jy gehoor het, 50 % van dit wat jy sien en 90% van dit wat jy doen!

MUSIEK

I Kronieke 15:16 En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.

Daar is groot krag daarin om God te loof en prys. Paulus en Silas het God in die gevangenis met lofliedere geprys en die tronkdeure is vir hulle ge-open, selfs die hoofwag is gered. Gedurende klastyd moet daar ook gesing en musiek gemaak word wat by die tema van die les pas.

Musiek is ook ‘n metode van onderrig en leer kinders om ritme en tyd te hou en om eenheid met mekaar te hê wanneer hulle speel. Dit leer hulle om God te loof en prys. Hopelik sit dit ‘n begeerte in hulle harte om ook musiek tot eer van die Here te kan maak. Dit kan moontlik ‘n kind wat ‘n begeerte het om musiek te maak maar nog nie die geleentheid gehad het nie, inspireer. Dit hou die begeerte aan die brand.

Musiek instrumente kan teen redelike pryse bekom word of selfs gemaak word. Gebruik tromme, klokke, ‘shakers’ driehoeke, simbale en klopstokkies om musiek mee te maak.

Die wetenskap beweer dat kinders wie ‘n instrument bespeel of sing baie beter op skool en in die lewe presteer as kinders wat nie enige musiekinstrument speel of sing nie.

Wat van ‘n sondagskoolkoor?

BESPREKINSTEGNIEKE - ‘n Verskeidenheid.

GONSGROEPE

Gons betrek die hele groep en verseker maksimum bespreking oor ‘n bepaalde onderwerp.Verdeel die klas in groepe van 4 tot 8. Laat elke groep ‘n leier aanwys om die bespreking by die onderwerp te hou asook ‘n sekretaris/esse om idees af te skryf en daaroor aan die klas verslag te doen. Ken ‘n onderwerp aan elke groep toe en stel 'n tydsbeperking (gewoonlik 6 minute). Daarna kom al die groepe weer bymekaar en elkeen doen verslag oor sy bevindinge aan die ander groepe.

Page 12: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 12

BREINSTROMING (dink-skrums)

Die tyd word gewy aan ‘n “verstandelike wolkbreuk” waar elkeen sy idees aanbied soos hu11e voorkom. Idees word aangeteken sonder evaluering, bespreking of oorweging.Gebruik dieselfde kleingroep-samestel1ing as vir gonsgroepe. Kondig die gebied of onderwerp wat gebreinstroom moet word. Aan die einde van 'n bepaalde tyd rond elke groep sy beste idee af. Daarna die tweede en derde beste en so aan. 2 - 3 Minute word gewoonlik hiervoor toegelaat. Die sekretaris/esse teken die idees op en le dit aan die volledige klas voor vir bespreking en evaluasie.

NAVORSING EN VERSLAGGEWING

Eksterne navorsing word aan etlike studente opgedra, met die verstandhouding dat hulle op 'n bepaalde Sondag daaroor verslag sal doen. Opdragte moet belangstelling wek, die studente se vermoens uitdaag en spesifiek wees. BV. tydens ‘n reeks lesse oor “Ons kerk en hoe dit werk", kan twee leerlinge die pastoor ondervra, twee die visie pastoor, twee 'n kerkraadslid en twee ‘n gewone lidmaat van die kerk. Die inligting wat hulle verkry, kan dan aangebied word en kan stof wees vir ‘n baie interessante les.

PANEELBESPREKINGS

Twee tot vier sorgvuldig gekeurde persone bespreek 'n bepaalde saak informeel voor die klas. Onder leiding van ‘n moderator word verskillende gedagtes en opinies meegedeel. Weereens word die leerlinge toegelaat om die sprekers, na afloop van die bespreking, te ondervra.

DIALOOG BESPREKING

Twee persone voer ‘n gesprek, onderhoud of bespreking voor die groep. Na afloop van die toegekende tydperk vra die leerlinge relevante vrae. Daar is talle verskillende persone met wie onderhoude gevoer kan word. 'n Christen prokureur kan 'n baie interesaante weergawe van Jesus se verhoor gee 'n Christen dokter kan die mediese probleme in die Bybe1 bespreek. 'n Werknemer en 'n werkgewer (van verskillende firmas) kan die Christen se verantwoordelikheid in sake-verhoudings toelig.

LUISTERSPANNE

Leerlinge word aangewys om na 'n film, filmstrokie, bandopname of spreker te luister om die verskil1ende fases van 'n voordrag te bepaal. Deel die groep in verskillende luisterspanne. Lig elke span voor oor waarna hulle moet luister of soek. Na die aanbieding, stel elke span sygewaarwordinge op. Elke span se bevindinge word dan aan die hele groep voorgelê.

Page 13: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 13

SYMPOSIUM

Twee of meer goed ingeligde persone word genooi om kort lesings te gee oor onderwerpe verwant aan die Bybelles of toepassing tot die werklikheid. Hierna onderva die stundente die sprekers, oor die besprekingsonderwerp. Gestel u les handel oor die Christelike etiek. U kan byvoorbeeld 'n Christen sakeman, 'n Christen skoolhoof en 'n Christen ouer nooi om oor dieChristelike etiek te praat soos dit vanuit hu11e verantwoordelikheidssfeer gesien word.

KRINGRESPONS

Die klas sit in ‘n kring en die klasleier inisieer die besprekig met 'n pertinente gedagte, b.v."God is net soos 'n aardse vader." Die persoon regs van hom bou aan hierdie gedagte, 1ewer kommentaar daaroor, beoordee1 dit, voeg iets daarby of vergelyk of kontrasteer dit met 'nander gedagte. Na hom bou die volgende persoon regs verder aan die gedagte. Daarna gaan die persoon aan sy regterkant aan en so voort.Wannee die gedagte weer by die 1eier uitkom kan hy of daarop voortbou of 'n nuwe verwante onderwerp inlei wat die bespreking 'n stap nader aan die lesdoelwit bring.

STORIES

Almal hou daarvan om na ‘n goeie storie te luister en die senior is geen uitsondering nie. "Die beste metode om kinders te leer is deur middel van 'n storie....dit beklee die sentrale punt in die onderrig van Bybelwaarhede. Dit is 'n noodsaaklike deel van die program aangesien dit gewoontes en gedagtes beinvloed en godsdienstige gewaarwordinge aanwakker op 'n wyse sonder weerga."

Jesus, die Meester Storieverteller het van gelykenisse (stories) gebruik gemaak om te leer. As ons wil hê dat ons lesmetodes net so effektief soos dié van Jesus moet wees, dan moet ons van sy metodes gebruik maak.

Sommige mense is gebore storievertellers, dit is ‘n tweede natuur vir hulle. Ander weer moet leer hoe om ‘n storie te vertel. Deur te oefen word hulle net so vaardig as die natuurlike storieverteller. Oefen voor die spieël. Vertel stories aan jou eie huisgesin en selfs aan ‘n leë klaskamer. Jesus het altyd na praktiese voorbeelde vewys (hulpmiddels) en het vergelykings waarmee sy toehoorders vertroud was gebruik, BV. “Kyk na die mossies, hoe goed sorg God vir hulle” Hy gee meer vir ons om as vir die mossies.

Page 14: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 14

Begin altyd met ‘n inleiding wat jou leerlinge se verbeelding aangryp en hulle belangstelling wek. Jesus sê: “Kyk na die lelies van die veld. Hulle spin nie …… nogtans..” en dan gaan Hy aan om die storie te vertel ‘n Storie wat sê dat ons Hemelse Vader sorg vir ons. Na so ‘n storie het die mense verstaan dat die Vader vir ons sorg want hy sorg vir die lelies en ons is meer werd as die lelies.

Jesus se lesse was prakties en maklik om te verstaan. Die Woord sê op verskeie plekke: “ Die wat ‘n oor het om te hoor, laat hom hoor”. Ons moet ons egter nie by die moeilike nie, maar by die eenvoudige verstaanbare dinge in Jesus bepaal en die Heilige Gees vra om leiding en ingryping in die kind se hart te sit sodat hulle kan verstaan presies wat dit is wat Hy hulle wil leer.

Wat ‘n voorreg om voor die klas te staan en ‘n storie te vertel en dan die interaksie van die Heilige Gees met elke kind, ooreenkomstig hulle eie behoeftes, te aanskou. Hoe wonderlik om self uit dié stories te kan leer en te wonder waar dié storie vandaan kom en dan behoorlik op die wolke te loop en te gewaar dat God ook in ons eie behoeftes voorsien het. Wonderlik om ‘n instrument in God se hande te kan wees. Soms sien ons nie hierdie dinge raak nie en dit is dan wanneer ons in die geloof moet wandel. Ons moet bid en glo dat God die saadjies sal benat en laat groei en dit op die regte tyd weer sal laat herleef.

Om hierdie doelwitte te kan bereik moet ons by dit wat ons geleer het ook die gebed, vasting en die studering van die Woord byvoeg. Vertrou altyd dat die Here dit wat ons vir Hom doen sal seën en onthou; “Die Woord sal nooit ledig terugkeer nie”.

“Story telling is the best method of children.. and holds the central place in the teaching of Bible truths. It is a necessary part of the programme for it influences both habits and thoughts and awakens religious feelings as nothing else can do”. [Ethel Barret].

‘n Storie is ‘n “verbeeldingsprent” wat deur die menslike stem, in plaas van die menslike hand, geskets word. Dit is die kuns om ‘n insident of ‘n “beeld” in die verbeelding tot lewe te roep.

Verskillende hulpmiddels moet tydens die vertel van ‘n storie gebruik word, bv. poppe, prente, ens.

DIE ONDERWYSER, DIE STORIEVERTELLER, IS DIE BELANGRIKSTEKOMPONENT VAN ‘N STORIE.- Let op jou voorkoms. Moenie klere of enigiets dra wat die kind se aandag mag aftrek nie.- Let op jou gedrag. Laat jou woorde altyd met sout besprinkel wees.- Jou stem is belangrik. Praat duidelik en wissel jou stem af. Gebruik jou stem om geluide en emosies uit te druk. Praat harder en sagter na gelang van die trand van die storie. Word die karakter in die storie.

Page 15: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 15

- Let op jou liggaamshouding. ‘n Goeie houding help wanneer jy onseker of senuagtig is.- Wees selfversekerd en kalm.Wanneer jy onseker van jouself is kom die kind dit baie gou agter en jou storie verloor sy waarde. Verkeerde optrede dra daartoe by dat die kind jou na-aap en verkeerde optredes volg. Kinders leer deur voorbeelde na te volg. Wie anders as die Sondagskoolonderwyser is in die beste posisie om ‘n voorbeeld te wees van hoe Christus gevolg moet word?

DIE STORIE

DELE VAN ‘N STORIE

Stories is soos ‘n glybaan in ‘n pretpark. Die kind klim een trap op ‘n keer totdat hy bo uitkom. Soos die storie ontvou klim hy elke keer ‘n trap hoër totdat die storie ‘n klimaks bereik – dan gly hulle af na ‘n asemrowende konklusie, geinspireerd, gelukkig en gereed vir nog ‘n storie.

DOELElke goeie storieverteller weet wat hy/sy met die storie wil bereik maar vertel dit nie vooraf aan die toehoorders nie. Die doel van die storie bepaal die samestelling en aanbieding daarvan.

INLEIDINGDie inleiding stel die verhaal en die karakters voor. Dit lê die probleem bloot en wek belangstelling. Dit bepaal die gemoedstoestand van die luisteraars en berei die gang van die storie voor.

INHOUD‘n Sameloop van gebeure en aksies kort opeenvolgend wat belangstelling wek. Hou die luisteraar aan die raai. Die mees belangrikste is om by die begin te begin en by die einde te stop.

KLIMAKSOnthul die geheim. Dit is die oomblik van ontdekking. Dit is eenvoudig, ernstig en natuurlik.

SLOTMoet kort en kragtig wees. Moet van die karakters ontslae raak, die geheim ontrafel en die les leer. Dit stem die luisteraars se gemoed tot ruste.

Page 16: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 16

TOEPASSINGDit is die toets of die storie in sy doel geslaag het. Dit skep geestelike uitdagings. Dit bepaal of die doel deurentyd duidelik was. Die storieverteller moet die waarheid vertrou om vir homself te spreek en dan hierdie waarheid aan die kind oordra. VOORBEREIDING

Bestudeer die storie in die Bybel baie deeglik. Lees dit een keer vir jou eie genot. Lees dit ‘n tweede keer en ontwikkel ‘n liefde daarvoor. Lees die storie ‘n derde keer en begin met jou voorbereiding.

Visualiseer: Bekom soveel moontlik inligting in verband met die persone, omgewing, agtergrond, tyd en plek om jou in staat te stel om elke toneel te kan visualiseer.

Inspireer: Leef jouself in elke toneel in. Gee lewe aan die karakters en gee hulle woorde om te sê.

Ondersoek: Vind die ooglopende waarheid van die storie. Die DOEL daarvan.

Beklemtoon: Kies die relevante feite uit en gee aandag aan die detail wat die waarheid daaromtrent beklemtoon.

Realiseer: Voorsien die probleme wat leelinge mag ondervind om die storie te verstaan en beplan hoe om dit te oorkom.

Beoefen: Skryf die storie uit maar moet dit nie memoriseer nie. Oefen die storie aanhoudend totdat jy tevrede is dat dit die regte inpak sal hê. Gebruik die stoele as leerlinge.

VERTEL VAN DIE STORIE

Vertel die storie, moenie dit lees nie!Lees die skrifgedeeltes wat jy gekies het uit die Bybel wanneer jy by daardie gedeeltes van die storie kom. Dit sal vir die kinders wys dat dit uit die Bybel kom. Hou altyd die Bybel oop voor jou sodat die kinders kan sien dat die storie uit die Bybel kom. Hou notas van die storie op so ‘n wyse dat die kinders dit nie sien nie.

Laat die kinders in ‘n semi-sirkel om jou plaasneem. Gebruik direkte oogkontak, dit sal alle disiplinêre probleme uitskakel. Laat elke kind voel dat jy met hom/haar persoonlik praat. Praat stadig en moet nooit te hard praat nie. Praat met gevoel en gebruik gesigsuitdrukking om klem te lê. Word die karakter van die storie.Gebruik woorde wat die kind verstaan. Moenie probeer om hulle te beindruk deur hoë woorde te gebruik nie. Gebruik eenvoudige, bekende en duidelike woorde en kort sinne. Onthou: Woorde is slegs geluide as dit nie vir die kind sin maak en ‘n prentjie vorm nie!

Page 17: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 17

Gebruik direkte dialoog. Die karakters moet met mekaar praat. Gebruik eenvoudige voorstellings en stembuigings. ‘n Diep stem vir ‘n dapper held, sagter vir ‘n aantreklike heldin.

Gebruik klankeffekte. Gebruik jou stem, papier, water of ‘n bandopnemer vir spesiale klankeffekte.

Bepaal die tydsduurte van jou aanbieding. Bly binne die aandagsduurte van jou leerlinge – een minuut vir vir elke jaar van ouderdom Bv. 12 minute vir kinders van 12 jaar oud ens.

Moenie selfbewus wees nie en moet niks doen wat jy nie natuurlik kan uitvoer of wat jou ongelukkig stem nie.

Wanneer jy klaar is, STOP! Moenie die storie uitrek om tyd op te maak nie. Begin by die begin en stop by die einde.

DIE LUISTERAARS

Elke luisteraar is belangrik.Ken hulle goed genoeg om in staat te wees om elkeen te bereik. Dit verg energie van die kind om te luister. Wees bly wanneer jy ‘n klas het wat graag wil luister.

GEBED

Gebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself en vir jou leerlinge asook vir die sukses van die storie wat jy gaan vertel. Gebed is die sleutel tot geestelike sukses.

AKSIES

“Walk through the Bible” leer groot mense die bybel deur aksies te maak. Dus is hierdie gedeelte hier vir u kennis.

Hulle kan gebruik word om:-1. Die geheue te help. Vingerspeletjies word onthou en herhaal lank na die

onderwysers se woorde vergeet is.2. Tussendeur bietjie te beweeg. 3. ‘n Bybelwaarheid te leer.4. ‘n Storie aan die werklikheid te koppel.5. ‘n Bybelverhaal te herhaal. 6. ‘n Nuwe aktiwiteit in te lei soos kollekte opneem of skoonmaak tyd. (Leer kinders

om altyd skoon te maak nadat hulle gewerk het). 7. Help kinders om te ontspan.

Page 18: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 18

Prakties:1. Laat elke kind vry wees om deel te neem.2. Laat hulle soms aktiwiteite voorstel.

UITDRUKKINGS WERKAKSIE

Gedurende hierdie sessie druk kinders dit wat hulle geleer het in aksie uit. Hulle aktiwiteite moet met die les verband hou! Dit is nie slegs aktiwiteite wat hulle hande besig moet hou nie. Terwyl die kinders met aksie besig is, vra die onderwyser vrae, bespreek die les en die waarheid daarvan.

Gedurende hierdie tyd moet elke kind die les “oordink en bepeins” en dan iets produseer. Hy/sy kan die storie net oorvertel of by ‘n aktiwiteit betrokke wees wat die les op die lewe toepas. So word ‘n onuitwisbare indruk op die kind gelaat.

Die aktiwiteite mag wissel van:

- Oorvertel van ‘n storie. - Drama: Gebruik drama soos hierbo beskryf / Gebruik vingerpoppe.- Die oop-end storie. Voordat daar ‘n slot aan ‘n storie gegee word, laat die leerlinge toe

om die '‘ slot uit te dink”. Dit moedig hulle aan om deel te neem en laat hulle dink.

- Tekeninge. Laat kinders toe om ‘n prentjie te teken van die verhaal en wat hulle daaruit geleer het.

- Hy/sy kan skrywe wat dit vir hom/haar beteken of wat hulle kwel!- Modelle.

‘n PAAR VEREISTES IS:

1. Die handwerk moet by die kind se ouderdom pas.2. Die kind moet soveel moontlik self doen, sodat hy kan se, “Kyk wat het ek

gemaak” Dus:3. Berei slegs net wat hulle kan baasraak.4. Moenie oor hulle pogins lag of dit kritiseer nie.5. Prys en moedig hulle aan maar……6. Moenie ‘n kind oormatig prys wat besonders goed doen nie.7. Laat hulle toe om op hulle eie wyse hulle gedagtes te bewys.8. Lei die gesprek om die Bybelwaarheid te beklemtoon.9. Afwisseling is uiters belangrik, so gebruik u inisiatief en verbeelding.

VOORBEELDE VAN HANDWERK

1. Items om huis toe te neem: Dit skep ‘n band tussen die bybelwaarheid en die alledaagse lewe.

Maak die bybelwaarheid sigbaar.

Page 19: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 19

Neem die les huis toe. (Ouers het al tot bekering gekom deur biljette wat kinders huis toe gebring het.)

Vryhand verf of teken. Stensilleerwerk. (landkaarte ens.) Op skrif stel wat hulle geleer het.

PRAKTIES1. Moedig alle pogings deur die kinders aan. 2. Gradeer werk ooreenkomstig die kinders se bekwaamheid.3. Hou genoeg materiaal voor hande.4. Laat leelinge so gemaklik as moontlik sit.5. Maak seker dat jy al die leerlinge se aandag het voor dat instruksies

gegee word. Praat stadig en duidelik. Verduidelik stap vir stap.

WERKSBOEK

KINDERS SE LEIERS - WERKSBOEKDit is noodsaaklik om die werk wat die leerlinge in die klas doen in ‘n boek te bewaar. Dit is ideaal om die kind toe te laat om van sy werk huis toe te neem sodat sy ouers sy werk kan sien en komplimenteer. Hierdie werkboek moet deur die Sondagskoolsuperintendent nagesien en onderteken word. Die werkboek kan ook by geleentheid van ‘n “ouerbesoek” aan die Sondagskool, aan ouers voorgelê word. Inspeksie van die werkboek gee aan die superintendent en onderwyser die geleenthied om opmerkings omtrent die kind se vordering te maak. Hierdie opmerkings deur onderwysers dra grootliks daartoe by dat kinders van alle ouderdomme beter presteer en selfs meeding tot beter prestasie. Dit skep ook die geleentheid vir die onderwyser om uit te vind wat die kind dink en wat die vlak van sy/haar kennis is.

Page 20: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 20

VISUELE HULPMIDDELS VIR DIE SENIOR KIND

As u gevra sou word wat by u opkom wanneer die volgende genoem word: reenboog, sterre, brandende bos, lelies, mosterdsaad, voëltjies, kindjie, wat sal u antwoord wees? By baie mense sal ‘n mosterdsaad geloof beteken.’n Lelie mag dalk na God se troue sorg vir ons verwys. ‘n Voël, ooh! as hulle elke jaar oorsee kan vlieg op onse Hemelse Vader se koste en leiding, en so goed versorg word, kan ons dan ook nie? ‘n Klein kind, om kinderlik te wees, nie kinderagtig nie.

Ons moet God, ons leermeester navolg in Sy metodes van onderrig. In die Ou Testament het God van ‘n reenboog gebruik gemaak om Noag te leer aangaande God se vesekering dat die wêreld nie weer deur water sal vergaan nie. Sterre om Abraham van geloof te leer en ‘n brandende bos om Moses se aandag te kry.

Hy gebruik ‘n klein kindjie om sy dissipels van nederigheid te leer. Jesus het geleer en die mense se aandag behou deur van illustrasies en visuele hulpmiddels gebruik te maak. Hy het gebruik gemaak van dinge waarmee die mense kon identifiseer en wat hulle verstaan het.

WAT IS VISUELE HULPMIDDELS?

Dit is daardie middels wat gebruik maak van beide sig en gehoor as die medium van onderrig.

HOEKOM VAN HULPMIDDELS GEBRUIK MAAK?

Hulpmiddels is Bybels. Hulle was in beide die ou- en nuwe testament gebruik.Sielkundiges beweer dat ons:10% van wat ons hoor,50% van wat ons sien, en90 % van wat ons doen, onthou.

Hulpmiddels is baie waardevol. Hulle vergemaklik die leerproses, maak dit interessant, permanent en vermy misverstand. Een prentjie is ‘n duisend woorde werd.

DIE REGTE GEBRUIK VAN VISUELE HULPMIDDELS

- Ken die verhaal of storie baie goed. Hulpmiddels is nie ‘n plaasvervanger vir deeglike kennis van die storie nie. As jy ‘n donkie nodig het, moenie ‘n perd gebruik nie. Gebruik toepaslike hulpmiddels.

- Berei deeglik voor. Oefen die hulpmiddels vroegtydig.- Gebruik ‘n verskeidenheid hulpmiddels op verskeie maniere. Onthou, ons is nie

besig om die leerlinge te vermaak nie, ons leer hulle God se

Page 21: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 21

waarhede. Ons gebruik hulpmiddels sodat wanneer die leerlinge klas verlaat en hulle dieselfde middel as wat gebruik was sien, hulle die les sal onthou.

- Hou hulpmiddels eenvoudig en van hoë gehalte.- U as onderwyser is die mees effektiewe hulpmiddel wat enige leerling ooit

sal hê. Laat jou lig so skyn dat hulle jou goeie werke mag sien en dit navolg.

SOORTE VISUELE HULPMIDDELS

DIE BYBEL

Leer met ‘n oop Bybel voor jou. Jou lesraamwerk moet uit die Bybel kom. Laat jou leerlinge sien dat die storie uit die Bybel kom en lees die verse wat op jou les van toepassing is uit die Bybel.

HANDE

‘n Onvervangbare hulpmiddel wat natuurlik in storievertel gebruik behoort te word is jou hande die effektiewe gebruik van die hande sal help met die leer van nuwe verse, woorde en liedjies.

PRENTE

Dit is een van die oudste tipe hulpmiddels en word gebruik om die aandag te behou. Dit word in lesvoorstelling gebruik en help om omgewing en omstandighede uit te beeld. Dit word gebruik in storievertelling en bespreking om misverstand te voorkom. Vir hersiening en om aktiwiteite voor te stel. Stokkie-figure prente kan ook gebruik word.

Prakties:- Bybel- en alledaagse prente kan versamel en geliaseer word.- Kies prente met smaak, veral Bybelse prente.- Prent moet by oudersomsgroep pas. Vermy kinderagtige prente.- Simboliese prente kan doelmatig gebruik word met tieners.- Flitskaarte - ‘n reeks van prente word geflits soos die storie ontvou. Dit hou die aandag van die kind by die verhaal.

KRYTBORD/WITBORD

“ ‘n onderwyser plus ‘n skryfbord is gelyk aan twee onderwysers”.Hierdie goedkoop en maklik bruikbare hulpmiddel word dikwels in die Sondagskool verwaarloos. Elke onderwyser het ‘n witbord in sy/haar klas nodig. Gebruik dit vir

Page 22: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 22

envoudige stokkieprente of lesraamwerke. Nuwe liedjies en verse kan daarop aangebring word. Vertoon prente en kaarte daarop. Leerlinge se deelname in die teken van prente op die swartbord word aanbeveel. Sommige witborde is magneties en kan vir die doel van die plasing van prente met magnete aangewend word. Gebruik slegs “Dry wipe” penne op die witbord omdat dit maklik afvee en minder mors. Gebruik slegs permanente ink om illustrasies te doen op papiervelle wat oor die witbord gegooi word. Gebruik gekleurde penne om dit meer interessant te maak. Maak jou eie bord van ‘n stuk “masonite” wat met wit/swart/groenbordverf geverf is. Maak die bordstaander van hout of karton.Flennielap kan oor die bord aangebring word om as ‘n “Flenniebord” te dien. Maak die witbord se groote so dat dit draagbaar is en sodoende op enige plek gebruik kan word.

Ander Gebruike: Vir die lesraamwerk; om ‘n stelling te beklemtoon; om iets grafies of diagrammaties te verduidelik; om gedagtes tydens groepbespreking neer te stip; vir eenvoudige tekeninge; vir vertoning van kaarte, landkaarte, prentjies en kennisgewings. Vir hersiening; om gesange, koortjies en teks verse te leer.

Prakties :

Hou die bordkryt op die regte manier; moenie met die rug na die klas staan nie. Staan aan die een kant van die skryfbord; gebruik ‘n aanwysstok en praat regstreeks met die klas. Gebruik gekleurde bordkryt (in tekeninge en om te onderskei tussen onderwerpmateriaal en tussen hoof en ondergeskikte-punte). Hou skryfbord skoon en netjies. Letters en tekeninge moet duidelik en groot genoeg wees.

Let wel:

Moenie te veel probeer inkry nie. Moenie te veel tyd met skryf of teken verspil nie.

Moedig leerlingdeelname aan.

KAARTE

Gebruike : As ‘n raamwerk van die les of ‘n deel daarvan. Om kontinuiteit in ‘n reeks lesse te bewerkstellig. Vir leerlingdeelname tydens hersiening. Kaarte se voordeel is dat dit voor die tyd berei kan word.

Prakties : Vertoon materiaal terwyl die les voortgaan. Skryf duidelik en leesbaar. Gebruik verski11ende kleure papier en pen. Betrek die leerl ing in die maak van kaarte. Stel die kaarte ten toon teen ‘ n muur of op ‘n bord.

Page 23: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 23

OORHOOFSE PROJEKTOR

Die oorhoofse projektor word op dieselfde manier gebruik as die skryfbord, maar het meer voordele. Dit is meer veelsydig, materiaal kan vooraf voorberei en gebêre word en die onderwyser se gesig is na die klas.

Prakties: Maak seker dat die beeld vir almal duidelik is. Gebruik “Arial en 24 “, in

Microsoft word . Vertoon slegs materiaal wat van toepassing is. Skakel masjien af wanneer nie gebruik word nie. Kyk na die klas, hou ‘n vel papier tussen transpirante sodat ink nie smeer nie, skryf duidelik leesbaar.Sekere transpirante kan deur ‘n fotostaat masjien gaan en ander soorte deur ‘n comper se printer.

FLENNIEBORD

Gebruike: Vir 'n lesraamwerk, om iets te beklemtoon, vir vertoning van verse om te memoriseer, prente, grafieke, diagramme, landkaarte ens. Vir hersiening maar nie vir die vertel van stories nie.

Prakties:Moet - Deeglik voorberei. Wees bewus van u doelwit. Oefen goed, rangskik hulpmiddels in regte volgorde. Maak seker dat almal die bord kan sien.

- Bied vlot aan. Maak seker dat die bord vas staan; werk van die kant af; praat met die klas, nie met die bord nie; plaas materiaal reg.

- Moedig deelname van leerlinge aan. Moenie - ‘n bukker . .'n streler ..'n beskouer ...’n soeker wees nie!

LANDKAARTE

Landkaarte koppel die Bybelverhaal aan die 1ewe en die werklikheid.

Prakties 1. Oefen tekening en die gebruik van kaarte.2. Stal groot kaarte op die muur uit. Verwys daarna as plekke genoem word. Vra

kinders om dorpe en lande ens. op die kaarte vir hulself aan te wys.3. Kaartwerk kan ook ingesluit word by leersentrums of vir projekwerk. Die maak van geillustreerde kaarte, die invul van informasie oor buitelynkaarte, navorsing ens. kan baie leersaam wees.

Page 24: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 24

GRAFlEKE

Gebruike: Om feitlike inligting op ‘ n meer betekenisvolle manier aan te bied bv. bywoning en hoe geld spandeer word.

KASSETSPELERS / CD SPELERS

‘n Waardevolle leermiddel wat op baie maniere Gebruik kan word.

Gebruike: Spelers kan gebruik word saam met filmstrokies of 'n reeks skyfies, met drama- aanbiedings, as deel van 'n projek bv. die maak van opnames vir sendelinge of Christene in ander wêrelddele. Om die Bybe1 te lees, klankeffekte, agtergond musiek, om nuwe liedjies aan te leer ens.

Prakties: Maak seker van 'n goeie kwaliteit.

HANDPOPPE OF MARIONETTE

Wanneer ‘n marionet praat , dan luister almal. Dit is ‘n baie effeftiewe manier van storievertel, hetsy aan klein of groot groepe leerlinge. ‘n Marionette huisie waruit ‘n poppespel aangebied word is altyd ‘n goeie idee. Die onderwyser kan sy/haar eie stories skryf uit die Bybel. Laat die seniors ook stories skryf uit die Bybel en laat hulle ook help om die poppe te hanteer in die pophuis vir ‘n vertoning. In plaas daarvan dat die leerlinge die stories dramatiseer, kan die marionette dit doen. Jy sal dalk ‘n paar helpers nodig he om die pophuis te beman. Mans stemme vir mans, ens. Marionet vertonings kan ook gebruik word vir fondsinsamelingsdoeleindes. Marionette kan ook sonder ‘n poppespelhuisie gebruik word. Daar is ‘n groot verskeidenheid van marionette. Papiersak-, handskoen-, lepel-, vinger-, kous-, materiaal-, en lynmarionette. Daar is ook boeke beskikbaar wat jou leer om jou eie marionette te maak. u Sondagskool kan ook ‘n pophuis bou.

Speelgoedwinkels en christelike boekwinkels het gewoonlik ‘n verskeidenheid marionette beskikbaar. Een ding wat omtrent marionette onthou moet word is, Paul moet altyd Paul bly. Moet nooit die name van marionette verander nie! Jy kan diere marionette of kindermarionette gebruik. Indien jy ‘n ernstige mariontier wil word, kan jy buikspraak aanleer. Jou lippe beweeg terwyl die pop die praatwerk doen. Wanneer die pop praat, dan verander jou stem terwyl jy met jou eie stem praat wanneer dit jou beurt is. Marionetwerk verg baie oefening.

Page 25: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 25

KYKSPEL

‘n Driedimensionele toneel wat binne in ‘n doos wat aan die buitekant geverf is, opgestel word. Die figuurtjies word aan die binnekant vasgeplak en die agtergrond word teen die rugkant en aan die sykante geskets en geverf. Die geboorte van Jesus word gewoonlik op hierdie manier uitgebeeld. Baie tieners is kunstig. Laat hulle toneele maak as hulle wil.

BALONNE

Net vir kinders bo vyf jaar oud. Dit is baie gevaarlik, tot die dood toe, as kinders die balonne “byt”. Hulle sluk stukkies in en kan dan nie asem haal nie. U Kan spesiale balonne kry waarvan u diere kan maak. Kinders is baie lief hiervoor.Die seniors kan leer om met die balone te werk en kan dit gebruik vir evangelisasie.

ANDER VOORWERPE

Jesus het voorwerpe gebruik.Verskeie voorwerpe soos sade, lelies, blomme, voels, brood, water, ens. kan in onderrig gebruik word.

KENNISGEWING BORD of TEEN DIE MUUR

Elke klas het ‘n plek nodig waar prente en van die kinders se werk uitgestel kan word.

Bogenoemde is slegs ‘n paar idees om jou aan die gang te kry. Laat jou verbeelding jou verder lei om nog baie meer soortgelykte hulpmiddels te maak. Leer van mede onderwysers. Wees gewillig om te leer en deel jou kennis met ander. Alles is tot uitbreiding van die Here se koninkryk.

Page 26: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 26

LESVOORBEREIDING

Romeine 12:6-77(b) of wie leer, in die lering.Daar is geen kortpad vir lesvoorbereiding nie. As jy deur God geroep is, lewer jou beste. Al wat God van jou vra is: Doen net jou bes! Behalwe God, sal net jy weet of jy jou beste lewer!Galasiërs 6:44 Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie.

Meet jouself aan die Woord van God! (en nie aan ander nie).

Dit word aanbeveel dat die onderwyser ten minste ‘n halfuur per dag opsy sit vir lesvoorbereiding. Begin Sondagmiddag vir die volgende Sondag. Indien tyd dit toelaat berei lesse vir ‘n paar weke vooruit. Lesraamwerke vir Sondag moet op Woensdag aan die Sondagskoolsuperintendent voorgelê word.

Hier volg ‘n paar basiese beginsels vir lesvoorbereiding:

VOORBEREIDING VAN LESMATERIAAL

- ‘n Les kan direk uit die Bybel voorberei word deur van die ‘PREPARE’ metode gebruik te maak. Gebruik ‘n Bybel atlas, ensiklopedie of konkordansie vir verdere inligting.

- Berei vanuit ‘n lesboek.- Kry ‘n algehele oorsig van die les wat behandel moet word.- Maak ‘n lys van die doelwitte van die verskillende eenhede van die studiestuk- Maak ‘n lys van die benodighede vir die lesse.- Lees die addisionele studiemateriaal in die handleiding.

SPESIFIEKE VOORBEREIDING VAN LESMATERIAAL

‘PREPARE’

Pray: Bid vir jouself, jou leerlinge en die les.Read: Lees die betrokke Bybelgedeelte drie keer. Een keer vir jou eie

genot, ‘n tweede keer om die gedeelte te verstaan en ‘n derde keer om die opeenvolging van gebeure, die mense, geografie en Bybelwaarhede te noteer. Bestudeer verwante Bybeltekse. Lees die gedeeltes in ander vertalings vir meer duidelikheid.

Page 27: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 27

Enrich: Verryk jou agtergrondskennis. Lees verwysingswerke, raadpleeg ‘n Bybel atlas of Bybelwoordeboek. Bestudeer die aanbevelings wat in die lesgids en leerlingwerkboek gegee word. Begin om die les te beplan.

Prepare: Berei die lesmateriaal voor.Nadat jy besluit het wat die doel van die leeraktiwiteit is. Berei die hulpmiddels en leerlingwerksopdrag voor.

Aim: Die doel van die les. Stel dit duidelik wat jy met die les wil bereik. Skryf die doelwit neer!Die doelwit moet: - Kort genoeg wees om te onthou;

- Duidelik genoeg om dit te kan neerskryf; en

- Spesifiek genoeg om te kan bereik.Reach: Bereik die kind. Kies die beste metode(s) of leeraktiwiteit(e)om die

boodskap van waarheid aan die kind oor te dra. Gebruik ‘n aanknopingspunt en maak toepassings van die waarhede op ware lewensutuasies.

LESRAAMWERK

Voltooi die lesraamwerk (AANHANGSEL 1). Jy sal ‘n geleentheid in die klas gebied word om dit te voltooi. Begin met lesvoorbereiding Sondagmiddag vir die volgende Sondag. Dit sal jou die geleentheid gee om te bid, te dink oor watter hulpmiddels jy nodig gaan kry, ens. Hou ‘n afskrif van jou lesraamwerk op leêr vir toekomstige verwysing. Gee een afskrif aan jou Sondagskoolsuperintendent op die Woensdag voor die Sondag waarvoor die les bedoel is.

Evalueer die les nadat dit aangebied is. Vra jouself die volgende vrae af:- Die les: Het ek die feite geken?- Die leerlinge: Het ek hulle aandag gekry en behou?- Die doelwit: Was die doelwit bereik?- Prosedure: was die plan van die les gevolg? Indien nie, hoe het dit verander?- Hulpmiddels: Het hulle regtig gehelp met die aanbieding en begrip van die leerlinge?

Wees eerlik met jouself. As jy jouself evalueer, sal dit nie vir ander nodig wees om dit te doen nie.

Deelname deur leerlinge aan die les kan ‘n waardevolle ondervinding wees. Soms mag jy met ‘n les begin en so meegevoer word deur ander skrifte wat jy teëkom. Wanneer jy byvoorbeel ‘n konkordansie gebruik dat jy meer tyd bestee daaraan as wat jy vir jou les nodig het. Gebruik hierdie tyd vir jou persoonlike Bybelstudietyd. Dit verbreed jou Bybelkennis en bring jou nader aan die Here.

Page 28: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 28

ALTAARWERK

Hoe om ‘n kind na die Here te lei kan in die ‘Altaarwerkers’ kursus geleer word. Daar is ook ‘n opvolgkursus vir altaarwerkers. Hierdie boeke is vanaf die Sondagskoolboekwinkel te Hoofkantoor verkrygbaar. Beide die “Altaarwerker” en “Hoe om opvolgwerk te doen” is selfstudiekursusse. U studeer in u eie tyd en skryf die eksamens wanneer u gereed is. U eie pastoor sal die toesighouer vir die eksamen wees. Twee verskillende sertifikate word uitgereik. Die slaagpunt is 80%.

Page 29: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 29

LESAANBIEDING

Die gesegde sê: “Praat harder, jou dade spreek so hard dat ek nie kan hoor wat jy sê nie” en “Ek moet eers my onderwyser leer ken en daarna kan ek my onderwyser se Saligmaker leer ken”.

Dit is jou persoonlike lewe en wandel met die Here wat die kinders beinvloed en aantrek. Jy is hulle motivering om sondagskool toe te kom.Jesus sê dat daar twee wette is wat ons moet gehoorsaam. As ons dit doen, dan sal ons alle ander wette ook gehoorsaam.- Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en siel en liggaam, en- Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Betoon liefde aan die kinders. Laat hulle die liefde van die Here deur jou ondervind.

Nog voordat die onderwyser voor die klas staan, is daar baie faktore wat bydra tot die effektiwiteit al dan nie van die les. Deeglike voorbereiding en beplanning los soms disiplinêre probleme op nog voor hulle ontstaan.

VOOR DIE AANBIEDING

VOORBEREIDING:Deeglike voorbereiding is die sleutel tot die effektiewe benutting van elke sekond in die klaskamer. Die onderwyser wat goed voorberei het, het voldoende selfvertroue en weet presies wat hy/sy wil bereik. Kinders is nie dom nie, hulle weet wanneer die onderwyser nie sy/haar werk voorberei het nie.

STIPTELIKHEIDOm betyds vir sondagskool te wees, beteken om 15 minute voor die tyd daar te wees. Stiptelikheid skep die indruk van ywer.

KONTAK MET KINDERSStiptelikheid by die sondagskool skep die geleentheid vir die onderwyser om die kinders te verwelkom, met hulle te gesels omtrent hulle wedevaringe gedurende die afgelope week, na hulle te luister en die register te merk. Dit voorkom dat kinders onnodige vrae gedurende lestyd vra.

AKTIWITEITE VOOR DIE LESIndien kinders direk na die klaskamer gaan (gesamentlike byeenkoms is aan die einde van die sondagskoolsessie), mag dit ‘n goeie idee wees om die kinders by interresante, doelgerigte en konstruktiewe aktiwiteite te betrek. Dit voorsien ‘n goeie basis vir die les wat volg en moet in lyn met die doelwit van die les wees. Dit skep ook die geleentheid om op een kind op ‘n keer te konsentreer terwyl die ander werk. Begin jou les op tyd. Dit is noodsaaklik dat elke klaskamer ‘n muurhorlosie moet hê om ‘n

Page 30: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 30

aanduiding te gee van wanneer om na die volgende aktiwiteit oor te skakel.

DEELNAME IN AANBIDDINGIndien jy aanbiddingstyd gedurende lesaanbieding gegun word, hetsy sang of musiek, maak seker dat leerlinge spontaan daaraan deelneem. Aan die einde van die sondagskoolsessie kom al die klasse bymekaar om gesamentlike sang en aanbidding te beoefen.

GERIEWEBaie sondagskole is bevoorreg om oor hulle eie geriewe soos klaskamers te beskik. Indien jy nie so gelukkig is nie maak ten volle gebruik van dié geriewe wat wel bestaan. Elke sondagskoolarea behoort ‘n eie sluitkas te hê waarvan die onderwyser sowel as die superintendent ‘n sleutel het. Die leerlinge se leêrs, tekentoerusting en addisionele boeke moet daarin toegesluit word. Genoegsame tafels en stoele moet voorsien word. Elke klaskamer moet met ‘n witbord sowel as ‘n flenniebord toegerus wees. Bybelverwante prente teen die mure sal die kinders se aandag trek en ‘n gevoel van angstigheid tot deelname by die kinders kweek. Verwys asseblief na die ‘Evaluasievorm’ om te sien wat alles in die klaskamer nodig is.

GEDURENDE LESAANBIEDING

ONDERWYSER SE PERSOONLIKE VOORKOMSWees altyd netjies en trek fatsoenlik aan. Kinders voel aangetrokke tot goedgeklede, opgewekte en vriendelike persone.

SITPLEK PLASINGLaat die leerlinge gemaklik om ‘n ronde tafel of in ‘n semi-sirkel sit. Die onderwyser moet elke kind se gesig kan sien.

KLASKAMER AREAHou die klaskamer altyd netjies en maak dit so aantreklik as moontlik.

KLASVOORKEUREMerk die register gedurende die ‘voorles’ periode. Hou ‘n afskrif van die register teen die muur sodat die Pastoor en Superintendent kan sien wie teenwoordig is. ‘n Register teen die muur moedig ook die kinders aan om gereeld sondagskoolklasse by te woon. Hulle wil nie graag hulle eie name as afwesig gemerk sien nie. Geen onderbreking van watter aard ookal moet gedurende die lesperiode toegelaat word nie. Hou ‘n mandjie of houer naby die deur waarin jy ‘n boodskap vir die Superintendent, of andersom, kan laat, of kry.

GEBEDOpen jou les met gebed en wees op tyd. Laat ook tyd vir gebed toe gedurende die aanbieding van jou les. Moedig jou leerlinge aan tot deelname.

Page 31: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 31

BYBEL IN DIE KLASWanneer jy met lesaanbieding besig is, hou altyd die Bybel oop voor jou en hou jou lesraamwerk daarin. Moedig leerlinge aan om hulle Bybels in die klas te gebruik. Indien hulle nie ‘n bybel by hulle het nie, moedig hulle aan om dit saam te bring. Indien hulle geen Bybel besit nie, leer hulle hoe om geld te spaar of in te samel om een aan te skaf. Hulle sal meer respek vir die Bybel toon indien hulle hul eie Bybel koop en besit.

LESAANVOELING- Beplan deeglik.- Begin. Gebruik ‘n aanknopingspunt of punt van kontak om

belangstelling te wek. (‘n Punt van kontak is om met iets wat die kind ken of verstaan en waarin hulle geinterreseerd is, te gebruik om jou les te open. Bv. Indien jy ‘n les aanbied wat beskryf hoe Jesus ‘n sieke genees het, kan jy begin om so iets te sê, “ Op pad na Sondagskool vanoggend het ek ‘n blinde man met ‘n “spesiale” hond oor die pad sien stap. Kan julle dink hoe moet dit voel om blind te wees? Maak julle oë vir ‘n paar oomblikke toe en voel hoe dit voel om niks te kan sien nie. Hoe dink julle sal dit voel om siek, kreupel of blind te wees?” Laat die kinders ‘n paar antwoorde gee en dan begin jy….” Vandag gaan ons leer wat met blinde en siek mense gebeur het toe Jesus op aarde was………..en begin jou storie.” Op hierdie stadium het u almal se aandag!

- Gebruik verskillende metodes met baie aksie.- Gebruik visuele hulpmidels regdeur die les.- Gebruik ook hierdie middels – woorde, uitdrukkings, gebare, stem,

pouse en toon.- Pas die les toe op die lewe. Bv. Soos hierbo. Net soos Jesus in

daardie dae die mense gesond gemaak het, maak Hy vandag nog mense gesond. Leer kinders dat hulle vir mense kan bid en glo dat hulle gesond sal word. Hou die kinders se individuele behoeftes in gedagte en probeer om dit te bevredig.

- Kreatiewe werk. Daar kan geen indruk wees sonder uitdrukking nie. Sorg vir genoeg tyd hiervoor. Sorg dat aktiwiteite ingesluit word wat kinders sal aanspoor om die les en sy toepassing te deurdink.

- Wees entoesiasties. Sondagskool IS opwindend.ONDERWYSER-LEERLINGVERHOUDING

Betoon liefde aan elke kind en wees oor hulle almal besorg. Moet nie ‘n witbroodje hê nie! Jesus sien nie die persoon van die mens aan nie. Hy het vir almal aan die kruis gesterf, nie net vir een spesifieke persoon nie. Ons moet die sondaar liefhê maar die sonde haat!Matteus 18:5-6 En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;

Page 32: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 32

maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.

NA LESAANBIEDING

OPVOLGWERKWees altyd beskikbaar vir geselsies met leerlinge na sondagskool. Gee hulle jou telefoonnommer indien hulle dit verlang. Onthou hulle verjaardae en besoek diegene wat afwesig was. Wees ook ‘n vriend gedurende die loop van die week, nie net Sondae nie! Jy is die herder wat deur die Here aangestel is om hierdie skapies op te pas.

VERSEKER DAT DIE LES INSLAG GEVIND HETVerseker dat leerlinge ‘n begeerte het om dit wat hulle in die sondagskool geleer het, toe te pas in die week wat voorlê!

EVALUEEROnthou altyd dat sondagskoolonderrig ‘n geestelike taak is. Blywende resultate kan alleenlik deur die Heilige Gees bewerk word. Ons kan niemand red of verlos nie, dit is die werk van die Heilige Gees.Ons kan alleenlik die kind na God lei en wanneer hulle hul besluit geneem het kan ons hulle aanmoedig en oor hulle waak.

Page 33: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 33

VOORGESTELDE LEESSTOF VIR VERDERE STUDIE

OUTEUR TITEL

Norma Felske You can teach young teens - Victor BooksWayne Rice Junior High Ministry – Zondervan Publishing HouseEthel Barrett Story telling is easy – Zondervan Publishing HouseDick Williams A guide for discipling youth – ICL Concept BookEd Steward Outreach to youth - ICL Concept Book

ALTAR WERK Altar werk – ____________________ Sondagskool Pastor JJ (Otto) MarxPastor JJ (Otto) Marx Altar Werk opvolg – ____________________ Sondagskool

Sondagskool boekwinkel

VISUAL AIDS HANDBOOK Pattern Emncyclopedia; Visual Aid Encyclopedia; Handwork

Eleanor L Doan Encyclopedia - Gospel Light PublicationsFran Rotman Easy to make puppets – Children and Youth – G/L Regal

MUSIC Music tape with melody played and sung by Ms Calitz – MICC (Sunday school songs)

Ms Calitz Sunday School Book ShopPastor Calitz Words on transparencies of many Sunday School songs –

MICC Sunday School Book ShopJan de Wet Song Books for Children, tapes and backtracks available at

MaranathaMaranatha “Back tracks” with scripture in song etc.

BOOKS FOR PARENTSRoss Campbell How to rally love your teenager – Victor BooksJames Dobson Dare to Discipline – Holder Publications

The strong-willed ChildHierdie boeke is ook verkrygbaar van - “Walk through the Bible”

Pastor T Jooste Ouer kind verhouding

Dave Mc Casland From swamp to solid ground (Characteristics of the teenager)

Kenneth Gangel 24 Ways to improve your teaching - Victor Books

Lawrence O. RichardsYouth Ministry - Zondervan Publishing House

Page 34: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 34________________________________________

..................................... SONDAGSKOOL..................................... SONDAGSKOOLLEERLINGREKORDLEERLINGREKORD

Onderwyser/es: _________________________________________

My van is :

My naam is :

Ek woon in :

:

Kind se foto :

My telefoonnommer (H) :

Ek is gebore : _____/_____19______

Nou is ek : __________Jaar oud

My pa se naam en van is :

Sy beroep : hy is ‘n By

My ma se naam en van is :

Haar beroep : sy is ‘n By

Hulle is in hierdie Kerk : Ja

Nee hulle is in die Kerk

My boeties en sussies is :

Ek is die ____________(posisie in gesin)

Ek wil eendag ‘n : Word

My skool se naam is :

Ek is nou in : Graad ____________________ Standerd ______________

Ek hou daarvan om : Boeke te lees

Dinge te maak met

Gedigte en artikels te skryf

Kunsprojekte aan te pak

Musiek te maak met

Te sing

Toneel te speel

Page 35: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Ander

Onderwysers handleiding vir Seniors Bladsy 35____________________ VAN SUID-AFRIKA

------------------------ SONDAGSKOOL

LESUITEENSETTINGSBLADOnderwyser/Onderwyseres:

Klas Datum:

Titel Handleiding No.:

Basiese Skrifgedeelte:

Sleutelvers:

Doel:

Metodes:

Hulpmiddels:

Aanknopingspunt:

Ontplooiings van die les:

Toepassing van les:

Leerlingaktiwiteite:

Page 36: LEDE IN CHRISTUS KERKkids.lickts.co.za/JM-Senior onderwysers handleiding-30-8... · Web viewGebed is die mees belangrike faktor wanneer daar met kinders gewerk word. Bid vir jouself

Waardebepaling (evaluasie):