16
LIEBENBERG Hierdie familienaam het heelwaarskynlik sy oorsprong aan ‘n berg of heuwel in Duitsland te danke, lieben Berg, wat in Afrikaans vertaal kan word as lieflike berg of mooi berg. Liebenberger Meer

LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

LIEBENBERG Hierdie familienaam het heelwaarskynlik sy oorsprong aan ‘n berg of heuwel in Duitsland te danke, lieben Berg, wat in Afrikaans vertaal kan word as lieflike berg of mooi berg.

Liebenberger Meer

Page 2: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

Liebenberg Kasteel In die skeepssoldyboek word die stamvader aangetoon as Cristiaen Leeuwenbergh uit Munchenbergh. 1 In dokumente aan die Kaap word sy naam geskryf as Christiaen Leeuwenberg, Christiaen Lievenberg, Christiaan Lievenberg, Christiaan Liewenberg, Christiaan Libbenberg en Christiaan Liebenberg. Hy onderteken dokumente as Christian Liebenberg.

Die stamvader van hierdie familie was Christiaan Liebenberg van Münchenberg in Duitsland gebore ongeveer 1697. As jongman tree hy in diens van die VOC as soldaat teen ‘n loon van nege gulden (R1,20) per maand. Op 24 April 1715 vaar die Vrijburg (784 ton) uit die hawe van Texel in Amsterdam onder bevel van Jan de Koning. Aanboord is 132 matrose, 47 soldate en 4 passasiers, altesaam 183 siele. Een van die 47 soldate is die agtienjarige Cristiaen Leeuwenbergh uit Munchenbergh. Op 21 Augustus 1715 na ‘n gevaarvolle vaart van vier maande gooi die Vrijburg anker in Tafelbaai. 2

1 Het Nationaal Archief, Den Haag, Nederland : VOC 1.04.02 : Inventaris nr. 5671 folio 175 : Skeepssoldyboekrekening van Cristiaen Leeuwenbergh uit Munchenbergh : Vrijburgh Uitreis

24.4.1715 2 http://vocopvarenden.nationaalarchief.nl

Page 3: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

Die dagregister in de Casteel de goede Hoop rapporteer 2 dooies onderweg en 10 siekes aan boord. 3

Woensdagh 21n: dito [Augustus 1715] Geraakten ons met betrokken lugt, de wind n.w. vermengd met regen, nademiddagh liep de wind fris z.w. waardoor de dikke lugt verdunt, tot in den wind, wanneer ‘t egter begon te regenen. Heden quam mede te dezer rheede anker werpen het schip Vryburgh door de camer Amsterdam uytgerust, den 24n: April met den Bergh uyt Texel gezeijld met 182 coppen waarvan op de reijse twee overleden waren, aanbrengen de 10 zieken. […]

Alhoewel die Vrijburg reeds op 21 Augustus 1715 in Tafelbaai anker gegooi het, gaan Cristiaen Leeuwenbergh volgens sy skeepssoldyboekrekening eers op 20 September 1715 aan land en wel na die hospitaal. 4 Hy was dus ongetwyfeld heeltemal te swak en siek om na die land vervoer te word met aankoms en moes eers redelik aansterk om vervoer te kon word. Twaalf man, vyf matrose en sewe soldate, waaronder Liebenberg, het hier aan die Kaap agtergebly toe die Vrijburg op 1 Oktober 1715 na Batavia vertrek het. Moontlik was dit die 10 siekes wat in die dagregister gemeld word en nog nie sodanig herstel het, dat hulle uit die hospitaal ontslaan kon word om hul reis na die Ooste voort te sit nie. 5 Kort nadat Liebenberg voet aan wal gesit het in sy nuwe vaderland, Cabo de Goede Hoop, word hy leenkneg by die weduwee Ten Damme en Jan Brommert en op leenkontrakte van 1723 tot 1725 word hy steeds as soldaat aangetoon. 6 Die VOC amptenare en werkers moes almal sonder uitsondering ‘n eed van getrouheid aflê. Daar het verskillende eedformuliere vir die verskillende range soos Goewerneur, weesmeester, soldaat, matroos en selfs vroedvrou bestaan.

Op 23 Oktober 1725 besluit die Politieke Raad dat diegene wat voortaan hul ontslag uit die Kompanjie se diens ontvang en burgerreg van die kolonie wil verkry, ook die burger- of schutters eed moes aflê. 7

[…] soo als ook goedgevonden is dat de geene die voorthaan met het burgerregt deeser Colonie werden begunstigt, aanstonds bij haar ontslag uijt 's Comps. dienst den burger off schutters eed, in India gebruijkelijk, sullen moeten presteeren, ten eijnde een ijgelijk alsoo verpligt blijve het wel weesen van d' E. Comp. en dit Gouvernement dies te meer met goed en bloed schultpligtig in cas van noodsakelijkheijt voor te staan.

Daarvolgens beloof die burgers om goed en bloed, liggaam en lewe vir die Kompanjie op te offer. Die eerste burger om die eed af te lê, Christiaan Liewenberg [sic], het dieselfde dag nog die eed afgelê. 8

3 Kaapstad Argiefbewaarplek : VC 21 – pp. 117 – 118. 4 Het Nationaal Archief, Den Haag, Nederland : VOC 1.04.02 : Inventaris nr. 5671 folio 175 : Skeepssoldyboekrekening van Cristiaen Leeuwenbergh uit Munchenbergh : Vrijburgh Uitreis

24.4.1715 5 http://vocopvarenden.nationaalarchief.nl 6 Kaapstad Argiefbewaarplek : CJ 2880 no. 97. Christiaen Leeuwenberg, Soldaat. Kontrakte.

1723 – 1725 7 Kaapstad Argiefbewaarplek : C. 73, pp. 67 – 69 dd. 23.10.1725.

Page 4: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

Eed voor de Burgers Wij belooven ende Sweeren dat wij ha[ere hoog] mogend, de heeren Staaten Generaal [van de] Vereenigde Nederlanden, de heeren Be[winthebberen] van de geoctroijeerde Nederlandsche Oostin[dische] compe: den Edelen Heer gouverneur en R[aad] mitsgrs: de Magistraaten ende Overheeden deeses plaatse gehouw ende getrouw sullen weesen, onsen Capiteijn, Luijtenant, Vaandrig en minder Officieren in saaken Burgerlijcke wagt rakende obedieeren ende gehoorsamen, d’ keuren ende Ordonnantien op de Wagt genaamt ofte nog te namen, poinctuerlijk te agtervolgen ende naarcomen, mitsgrs: voorts bij den Staat den gemelte Vereenigde Nederlanden in deese steeds ons goed en Bloed, Lyf ende Leven is ‘t Noot op te sullen setten. _____ Soo waarlijk helpe mij God almagtig. _____ Bovenstaanden Eed is door Christiaan Liewenberg en Jan Locherenberg op de 23 Octob. 1725 aan hands van de heer gesaghebber Jan de La Fontaine in raad van politic afgelegt. Mij present R Tulbagh secrets. [Hierdie dokument is beskadig. Die boonste regterhoek is afgeskeur. Die woorde of letters tussen vierkantige hakies in die eerste vyf reëls is deur my aangebring. – CJvB] Nadat hy die eed van getrouheid afgelê het om ‘n vryburger van sy nuwe vaderland te word, ontvang hy ‘n plaas, Pampoenekraal tussen die huidige Porterville en Piketberg en destyds op die mees noordelike grens van die bewoonde gebied van die Kaap. Op 11 Mei 1727 het hy in die huwelik getree met Catharina Lübbe, gebore 1706. Hulle het ses seuns en een dogter gehad. Slegs Christiaan (b1), Bernhardus (b2) en Johannes (b4) het nageslagte. Jacobus (b3) se seun het geen nageslag nie en Frederik (b7) het net dogters gehad. Hendrik Valentyn (b6) het waarskynlik jonk gesterf. Hy is in September 1763 op Pampoenekraal in die Land van Waveren oorlede en sy vrou is in 1777 oorlede. 9 b1 Christiaan = 20 09 1728 x 10 10 1751 Anna Maria OPPERMAN, 11 kinders. b2 Bernhardus = 01 04 1731 x 25 11 1759 Elizabeth BOCKELENBERG, 5 kinders. b3 Jacobus = 28 06 1733 x 05 12 1773 Martha Magdalena MYBURGH, 1 seun. b4 Johannes = 25 12 1735 x Tulbagh 01 12 1754 Elsie BURGER, 5 kinders. b5 Catharina Jacoba = 06 04 1738 x 14 10 1759 Jurgen TIELHEIM van Königsberg xx Willem BURGER.

8 Kaapstad Argiefbewaarplek : C. 2660 en C. 2661 (Ou Vol. nr. C. 678) – Eed Boek, 1692 –

1748 (No. 33 p. 69) 9 Kaapstad Argiefbewaarplek : MOOC 6/1 Vol 1 – Sterfteregister 1758 – 1775 p. 27

Page 5: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

b6 Hendrik Valentyn = 15 04 1742 b7 Frederik = 01 06 1747 x 11 04 1773 Martha Barbara BURGER, 8 dogters. Op 2 Februarie 1730 keur die Politieke Raad sy aansoek goed om skaap- en beesvleis ten behoewe van die inwoners te slag teen twee stuiwers per pond. 10 Daar kan dus aangeneem word dat nadat hy op 23 Oktober 1725 vryburger geword het, het hy hom op veeboerdery toegespits.

Laastelijk door den burger Christiaen Lievenberg versogt geworden sijnde om ten behoeve deeser ingeseetenen tegens twee stuijvers het lb. soo schapen als beesten vleesch te mogen slagten, Soo is hem sulx onder dieselfde conditien als aan den burgers Jonas van der Poel en Ernst Fredrik de Swart onder den 7e en 24e December 1725 ter dier materie volgens de daarvan gemaakte contracten sijn voorgeschreeven, geaccordeert, tot welkers nakoming door hem Christiaan Wijnantsz en Jacobus Hendriksz tot borge[n] sijn gestelt geworden.

Die familiewapen het omstreeks 1946 in gebruik gekom wat ooreenkoms vertoon met dié van 'n Oostenrykse familie Liebenberg, naamlik: In swart staande op een afgeknotte piramide van groen 'n goue griffioen, met bek en tong van rooi, wat 'n regopgeplaaste staf van silwer vashou. 11

Liebenbergs op die Groot Trek 12 Agt gesinne het aangesluit by die trekgeselskap van Andries Hendrik Potgieter. b2c2d2e2 Christiaan Jacobus = 30 07 1809 b2c3d2 Barend Johannes Sr. = 06 04 1788 + vermoor KwaMathiwane 06 02 1838 b2c3d2e2 Daniel Petrus = 08 02 1810 + vermoor KwaMathiwane 06 02 1838 b2c3d2e4 Nicolaas Jacobus * 08 05 1813 b2c3d2e5 Johannes Petrus * 23 10 1814 b2c3d2e6 Barend Johannes Jr. * 01 12 1817 + Kafferspan 30 01 1875 b2c3d2e8 Philippus Jacobus * 24 03 1822 b2c4 Barend Godlieb = 07 02 1766 + vermoor Liebenbergkoppie 23 08 1836 b2c4d4 Christiaan Jacobus = 21 02 1796 b2c4d4e1 Barend Godlieb * 25 08 1818 + verdwyn Liebenbergkoppie 23 08 1836 b2c4d8 Stephanus Rudolph = 30 09 1803 + vermoor Liebenbergkoppie 23 08 1836 b2c4d11 Hendrik Frederik = 02 10 1809 + vermoor Liebenbergkoppie 23 08 1836 [onbekend] Christiaan Jacobus + vermoor Bloukrans 17 02 1838

Die Liebenbergkoppie aanval op 23 Augustus 1836 Terwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek aan te val. Op 21 Augustus 1836 val hulle die jagkamp van Stephanus Petrus Erasmus by Losberg (Potchefstroom) aan en vermoor sy twee seuns Daniel Elardus en Stephanus Petrus jr. Erasmus se jagkamp was nie verbonde aan die voorpunt van die Potgietertrek nie. Die kamp was egter geleë op die pad waarlangs die Matebele krygers moes gaan om die Potgieter trek te probeer stuit. Nadat die impi die kamp verwoes het, agt van die blankes en vyf

10 Kaapstad Argiefbewaarplek : C. 85, pp. 19-29. Donderdag den 2e Februarij 1730. 11 Pama, C. 1983. Die Groot Afrikaanse Familienaamboek . Kaapstad: Human & Rousseau. p. 204 12 Visagie, Jan C. 2011. Voortrekkerstamouers 1835 – 1845. Pretoria: Protea Boekhuis

Page 6: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

bediendes en/of slawe vermoor het, plunder hulle ook vyf waens en vat 23 perde en 74 osse. Op 23 Augustus 1836, val die Matebeles dan ook die voorste waens van die Potgietertrek aan wat reeds oor die Vaalrivier gekom het, in die Slag van Vaalrivier, waartydens omtrent die hele Liebenbergtrek uitgewis is by Liebenbergkoppie. Liebenbergkoppie is op die huidige plaas Rietpoort digby die Vaalrivier sowat vyf kilometer noord van Parys langs die R500 tussen Parys en Fochville. Daarna het hulle die hooflaer langs die rivier bestorm. Hier het Johannes Botha en Hermanus Steyn die bevel gevoer. Die aanslag is na ‘n verbete geveg afgeslaan, waarna die Matebeles teruggetrek het. Twee dae daarna het Potgieter en sy geselskap uit die noorde aangekom. Hy het onmiddellik boodskappers uitgestuur na al die verspreide waens en hulle laat laertrek by Vegkop. Twee maande daarna het Silkaats se indoena, Kalipi, op 16 Oktober 1836 met 6000 goed toegeruste krygers die laer aangeval. Hy moes met groot verliese die aftog blaas maar het al die vee met hom saamgeneem naamlik 100 perde, 5 000 beeste en 50 000 skape. Van die Trekkers is twee man gedood en veertien gewond.

Saam met Piet Retief by Dingaan vermoor op 6 Februarie 1838 b2c3d2 Barend Johannes Sr. = 06 04 1788 + vermoor KwaMathiwane 06 02 1838 b2c3d2e2 Daniel Petrus = 08 02 1810 + vermoor KwaMathiwane 06 02 1838

In die laer by Bloedrivier op 16 Desember 1838 b2c4d4 Christiaan Jacobus Sr. = 21 02 1796 [Sy pa, twee van sy broers en etlike ander familielede is deur die Ndebele van Mzilikazi by Liebenbergkoppie oorval en vermoor. Sy neef Barend Johannes is saam met Piet Retief vermoor] b2c4d4e2 of b2c2d2e2 Christiaan Jacobus Jr.

Page 7: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

BYLAAG 1

Page 8: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

Nationaal Archief, Den Haag, Nederland : VOC 1.04.02 inv. nr. 5671 folio 175 – Ship’s Pay Ledger: enlistment and account of Cristiaen Leeuwenbergh uit Munchenbergh 1715 (2 bladsye)

Page 9: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

Transkripsie van

Het Nationaal Archief, Den Haag, Nederland : VOC 1.04.02 : Inventaris nr. 5671 folio 175 : Skeepssoldyboekrekening van

Cristiaen Leeuwenbergh uit Munchenbergh : Vrijburgh Uitreis 24.4.1715

175 In’t schip Vrijburgh Cristiaen Leeuwenbergh van Munchenbergh. Soldaat heeft niet vermaakt. Adij 24: April Aen d’ Ed: Compagnie voor 2/m: Gagie op de handt 1 ƒ 18: -: - _______________ Idem ......................... Schult aen Jurrien Siegaart - “ 150: -: - _______________ Kisten ......................... 1 Stucx 184 “ 4: 5: - ____________ Somma aen ƒ 172: 5: - 1717 11 4de ƒ 150: betaalt aen Jan Carstensen vold: van de 1719 fo: 274 schult in deese op fo: 184 ƒ 150:-:-

Voor Amsterdam Ao: 1715 175 adij 24: April Pr: desen bodem als boven uijtgevaren ... Wt: Pr:M: ƒ9 _ 20: Septembr: Pr: d’ Ed: Compagie: ƒ44:2:-: Over 4/m: en 27/d: Gagie a ƒ9: per maant bij hem verdient zeedert daer 24 april ? te alsoo dat met dit Schip uijt Texel is geseijlt tot heeden dat pr: Ordonantie aan Cabo de Goede hoop in’t hospitaal gaat .............................. 1 ƒ 44:2:- adij do: Idem. So veel nogh te quaat blijft ................. ƒ 128:3:- __________________ Somma ƒ 172:5:- Credit ƒ 150:- wegens d’ ingediende schult ƒ 150:-:- 1715 1 octobr: “ -:5:- rest van 11 d: aen de Caep, dat is leeningh gaet daer onder ƒ 125:2:- voor syn agterstal in cassa getelt .................... fo: 231 “ -:5:- continueert ulto: Augs: 1716 1718 ? camb: in leeningh fo: 154 1719 - do. fo: 129 1720 - do. fo: 114 1721 - do. fo: 91 1722 - do. fo: 77 1723 - do. fo: 68 1724 - do. fo: 59 1725 - do. fo: 51 - 23 Octob: gaat aen de Caep in Vrydom fo: 43 1727 ulto: Augs: pr: Caaps Vryb: fo: 63 1728 - do. Idem .............. fo: 60 1736 - do. fo: 90 1737 - do. fo: 39 1738 - do. fo: 38 1739 - do. fo: 35

Page 10: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

1740 - do. fo: 33 1741 - do. fo: 31 1742 - do. fo: 32 1743 - do. “ 29 1744 - do. “ 27 1745 - do. “ 24 1746 - do. “ 23 1747 - do. “ 22 1748 - do. 21 1749 - do. 20 1750 - do. 19 etc. ... tot 1767 ......

Page 11: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

BYLAAG 2

Kaapstad Argiefbewaarplek : C 1090 no. 62 Politieke Raad – Rekweste en Nominasies 1725. (1 bladsy) Christian Lievenberg doen aansoek om vryburgerskap. Opgestel deur Ryk Tulbagh.

Page 12: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

BYLAAG 3

Page 13: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek
Page 14: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek
Page 15: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek
Page 16: LIEBENBERG - WikiTreeTerwyl Andries Hendrik Potgieter en elf man na die noorde was om na die Trichardt trek te soek stuur Silkaats 'n impi van 1 000 Matebeles om die Potgieter trek

Kaapstad Argiefbewaarplek : CJ 2607 no. 2 (p. 14) Libbenberg, Christiaan. Testament 1735. (4 bladsye) Op 15-2-1735 om 11:00 vm verskyn Christiaan Libbenberg van Munnikberg en Catharina Lubbe van Cabo de goede Hoop voor Josephus de Grandpreez, Secrets: Raad van Justitie om hul testament op te stel. Hy teken as Christian Liebenberg en sy teken met 'n X.

Nagevors en saamgestel deur Carel Johannes van Breda

a1 b1 c5 d5 e7 f4 g8 h1 © C J van Breda

28 Desember 2014