69

Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

  • Upload
    others

  • View
    13

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir
Page 2: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Liefste Vriend,

Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie

Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet

gebruik.

Vir die volgende 40 dae gaan almal by die kerk fokus op

mekaar – die gemeenskap van gelowiges (dis die grootwoorde,

maar onthou net MEKAAR). Ons gaan leer wat is God se

manier om beter verhoudings met mekaar te bou. Die cool ding

is dat jou hele gesin dieselfde versie elke week gaan leer.

Hierdie Toewydingsboekie sal jou gids wees soos ons saam die

volgende 40 dae reis. Hou hierdie boekie op jou bedkassie of

lessenaar of selfs op die kombuistafel – iewers waar jy herinner

sal word om dit elke dag te lees (of waar jou ouers dit vir jou

kan lees). Jy sal sien dat elke dag se blaai wat jy moet lees,

opgedeel is in die volgende:

Lees Dit

Lees elke dag se storie sodat jy beter kan verstaan wat jy in

kerk die vorige week geleer het.

Onthou Dit

Die daaglikse Bybelversie is God se instruksie aan jou wat jou

sal aanmoedig om op die regte pad te bly.

Vra Dit

Daar is vir jou ʼn gebedjie uitgeskryf waar jy God kan vra om

jou te help met dit wat jy geleer het oor MEKAAR.

Doen Dit

Soek jy idees om dit wat jy geleer het prakties te doen? Lees

hierdie gedeelte en neem aksie!

Page 3: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Geniet dit om die volgende 40 dae saam met ons te reis!

Petrie Spies

Page 4: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê

Dag 1: Omdat God ons liefhet

“Amanda”

Lees Dit

Meestal, wanneer Natalie elke week kerk toe gekom het, het sy

net haar maats gegroet. Vir die mense wat sy nie ken nie, het

sy niks gesê nie, en nie eintlik veel daaroor gedink nie. Een

Sondag het ʼn meisie met die naam Amanda, haar kom groet.

Natalie het vir Amanda ʼn paar keer by die kerk gesien, maar

haar nie geken nie. Amanda het vir haar gesê: “Ek het die

laaste paar weke opgemerk dat jy hartseer lyk. Ek het vir jou

gebid. Is jy OK?”

Natalie kom dit nie glo nie – Amanda het haar nie eers geken

nie en tog het sy vir haar omgegee. Natalie het geantwoord:

“Ja, my marmot, Sproete, het twee weke terug gevrek en ek is

regtig hartseer daaroor. Dit is nou die eerste keer dat iemand

eers vir my vra wat verkeerd is. Dankie!” Natalie en Amanda

het daardie dag saamgesit by die kerk.

Onthou Dit

Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste liefgehad het,

moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê.

1 Johannes 4:11

Vra Dit

Liewe Heer, help my asseblief om die maats rondom my raak

te sien wat ek nie ken of liefhet nie. Help my asseblief om alle

mense lief te hê, soos wat U hulle liefhet. Help my om te

glimlag en liefde te wys deur my optrede en deur die manier

hoe ek ander behandel. AMEN

Page 5: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Vind vandag twee mense wat jy nie ken nie en spandeer 15

minute om aan hulle liefde te gee deur hulle te groet, vir hulle

te glimlag en vir hulle te vra hoe dit met hulle gaan. Vind ten

minste vyf interessante feite omtrent elke persoon uit.

Page 6: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê

Dag 2: Omdat dit God se opdrag is

“Botterkaramel”

Lees Dit

Brenda het ʼn sak met lekkergoed saamgebring skool toe om met haar

maats te deel. Die geure was kersie, druiwe, waatlemoen, lemoen en

botterkaramel. Brenda het opgemerk dat wanneer sy haar klasmaats

toelaat om eerste hul gunstelinggeure te kies, het al die botterkaramel

lekkers vir haar oorgebly. Sy weet dat botterkaramellekkers bietjie

anders is; miskien is dit nie heeltemal so soet soos druiwe of kersie

nie, of miskien hou hulle net nie van die kleur van die

lekkergoedpapiertjie nie. Weet julle wat doen sy met al die oorskiet

botterkaramellekkers? Sy eet hulle self op, want sy is lief vir al die

geure. Jesus het ons almal baie lief en Hy beveel ons om dieselfde te

doen. Was jy al ooit die een wat deur die groep uitgelaat is? Dit voel

nie lekker nie, maar as jy al ooit gevoel het dat jy die een is wat

uitgelaat is, kan jy weet dat Jesus jou net so liefhet soos hy al die

ander het.

Onthou Dit

Ek gee julle ʼn nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek

julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê.

Johannes 13:34

Vra Dit

Liewe Heer, dankie dat U my altyd liefhet. Heer, ek bid dat ek

ander kan liefhê, soos wat U my beveel het om te doen.

Geteken

__________________________________________________

__________________________________________________

____AMEN

Doen Dit

Vandag by die skool, maak tyd om een nuwe persoon in te sluit

daarin wat jy doen. (bv. tydens pouse, ens…). Wees op die

Page 7: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

uitkyk vir iemand wat uitgelaat is of alleen mag voel, en wys

liefde vir daardie persoon deur hom/haar uit te nooi om met jou

maats te wees.

Page 8: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê

Dag 3: Want dit is hoe ons God liefhet

“Hy het my lief, hy het my nie lief nie”

Lees Dit

Soms gebruik mense ʼn madeliefie om uit te vind of iemand

hulle liefhet of nie. Indien ʼn seun van ʼn meisie hou, sal hy vir

die madeliefie vra. Soos wat hy die blomblaartjies van die

blom uittrek, sal hy aan die madeliefie vra: “Sy het my lief, sy

het my nie lief nie.” Wanneer hy die laaste blaartjie uittrek, ken

hy die antwoord. Hoe weet ons dat God ons liefhet? Moet ons

die blare van ʼn madeliefie uittrek en hoop dat die antwoord is:

“Hy het my lief.” Nee, daar is ʼn beter manier om uit te vind of

Jesus ons liefhet. Die Bybel vertel ons dat God sy liefde aan

ons bewys het, toe sy enigste seun Jesus, vir ons aan die kruis

gesterf het. As iemand bereid is om vir jou te sterf, hoef jy nie

te wonder of daardie persoon jou liefhet of nie, jy WEET dat

hulle jou liefhet! Hoe weet God dat ons Hom liefhet? Weet Hy

dat ons Hom liefhet bloot net omdat ons sê dat ons doen? Die

Bybel sê dat ons, ons liefde vir God betoon deur ander lief te

hê. Omdat ons God nog nooit gesien het nie, sê die Bybel dat

ons nie kan sê dat ons Hom liefhet, as ons die mense wat ons

elke dag sien, nie kan liefhê nie. Dit is maklik vir jou om te

sien dat God jou liefhet. Is dit maklik vir God om te sien dat jy

Hom liefhet?

Onthou Dit

… want as ons ʼn medegelowige wat ons elke dag sien, nie

liefhet nie, kan ons mos nie vir God liefhê wat ons nie kan sien

nie. 1 Johannes 4:20b

Vra Dit

Liewe Heer, ek het U lief! Help my om aan U te wys dat ek U

liefhet deur my liefde aan ander te bewys deur my woorde en

optrede. AMEN

Page 9: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Maak ʼn lys van tien maniere van hoe jy ander deur jou woorde

en optrede kan liefhê. Gaan dan vandag uit en begin om

daardie tien dinge te doen.

Page 10: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê

Dag 4: Want dit wys dat ons gered is

“Jesus In My Hart”

Lees Dit

Voor Thinus vir Jesus in sy hart ingenooi het, was hy nie altyd

teenoor almal gaaf nie. Mense het geweet dat hy dikwels

gemeen was teenoor ander en hy was dikwels onbeskof met sy

ouers. Toe hy besluit het om Jesus in sy hart in te nooi, het sy

lewe drasties verander. Thinus se hart is nuut gemaak en het

verander; dit het sy houding beïnvloed. Hy wil nou ander

liefhê, op dieselfde wyse as wat Jesus hom liefhet. Toe Thinus

gekies het om ander deur sy woorde en optrede lief te hê, het

hy ʼn gelukkiger mens geword en was hy vol vreugde. Hy het

nooit besef watter verskil sy eie houding maak wanneer dit by

sy eie vreugde kom nie. Thinus se ou houding teenoor ander

het sy eie innerlike hartseer en woede gewys. Noudat Jesus in

sy lewe is, kan hy vry voel en vertrou hy dat Jesus altyd by

Hom sal wees en hom altyd sal liefhê. Dit maak dat hy nou ook

ander wil liefhê.

Onthou Dit

Ons leef in die wete dat ons reeds uit die dood oorgegaan het

in die lewe omdat ons ons broers en susters liefhet.

1 Johannes 3:14

Vra Dit

Liewe Heer, help my asseblief om ander lief te hê, selfs

wanneer hulle dit vir my moeilik maak om van hulle te hou.

Here, help my om die regte houding te hê, sodat ek ander met

vriendelikheid en liefde sal hanteer, sodat ek U vreugde en

geluk kan smaak. AMEN

Page 11: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Betoon vandag liefde en respek teenoor jou ouers deur ʼn taak

by die huis te verrig sonder dat hulle vir jou gevra het om dit te

doen.

Page 12: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê

Dag 5: Want ons is familie

“Soete Drome”

Lees Dit

Abby het laasnag ʼn vreemde droom gehad. Sy het gedroom dat

sy in ʼn straat in haar buurt geloop het, toe sy by ʼn pragtige

groot huis gekom het, wat soos hulle huis gevoel het, maar nie

bekend gelyk het nie. Sy het na die deur toe geloop en geklop.

Toe die deur oopmaak, het Abby in ʼn helder en warm vertrek

ingeloop waar sy baie mense gesien het. Sy het haar gesin

gesien, van haar maats by die skool en die kerk, van hulle

ouers en baie gesigte van alle ouderdomme wat nie bekend

gelyk het nie. Die vertrek was vol lag en liefde. Toe sy wakker

geword het, was sy deurmekaar, so sy het die droom aan haar

ma vertel. Sy het aan haar vertel dat alhoewel sy nie almal in

die huis geken het nie, het dit gelyk asof almal wat daar was,

deel was van ʼn baie spesiale familie, alhoewel nie almal wat

daar was, van mekaar familie was nie. Haar ma het aan haar

gesê dat dit moontlik na familie gevoel het, want sy het van

God se familie gedroom. In God se familie is daar baie

verskillende soorte mense, van orals oor die wêreld wat Jesus

liefhet. Ons moet elke gelowige liefhê, net soos wat ons, ons

ma’s, pa’s, broers, susters of grootouers liefhet. Haar ma het

aan haar verduidelik dat alhoewel haar vriende nie familie van

haar is nie, is hulle steeds broers en susters deur Jesus Christus.

Hoe wonderlik is dit nie…!

Onthou Dit

Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê.

1 Petrus 2:17b

Page 13: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Vra Dit

Liewe Heer, baie dankie dat U vir my ʼn groot familie gee wat

U so liefhet. Omrede U liefde, kan U my help om ander lief te

hê, asof hulle my broers en susters is. AMEN

Doen Dit

Skryf in jou joernaal, of teken ʼn prentjie van al die mense saam

met wie jy die ewige lewe wil deurbring en wat jy in God se

familie wil sien.

Page 14: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê

Dag 6: Want ons oefen vir die ewigheid

“Laat die spel begin”

Lees Dit

Gedurende die 2004-Somer Olimpiese Spele het atlete van oral

oor die wêreld in Athene, Griekeland gekompeteer in elke soort

sport denkbaar: sokker, hokkie, swem, gimnastiek, fietsry,

veldnommers en meer. Hierdie mans en vroue wat aan die

Olimpiese Spele deelgeneem het, het baie hard geoefen met die

hoop dat hulle ʼn medalje kon wen. Al het al die atlete baie hard

gewerk, kon daar slegs een wenner vir elke item wees. Volgens

die Bybel kan die lewe baie dieselfde wees as die Olimpiese

Spele. In die lewe neem sommige mense deel vir selfsugtige

redes: miskien neem hulle deel om beroemd te kan raak, miskien

om gewildheid te verwerf, miskien om baie geld te maak. Die

Bybel sê dat hulle prys nie sal voortduur nie. Sommige mense

neem aan die spel van die lewe deel en werk baie hard omdat

hulle Jesus liefhet en ere aan Hom wil bring. Die Bybel sê vir ons

dat hierdie mense ʼn prys sal wen wat vir ewig sal voortduur. In

die spel van die lewe, waarvoor kompeteer jy? Om selfsugtige

redes of vir Jesus?

Onthou Dit

Hierdie geheime plan is om alles wat in die hemel en op die

aarde is, weer onder een hoof te verenig; en hierdie hoof is

Christus.

Efesiërs 1:10

Vra Dit

Liewe Heer, help my om die spel van die lewe op so ʼn manier

te speel, dat ek ere aan U sal bring. Help my om te onthou dat

die oorwinning van U af kom, nie van my af nie. AMEN

Page 15: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Neem tyd vandag om ʼn kort storie te skryf oor jou lewe en

waar jy jouself oor tien jaar van hier af sien. Hoe sal jy jou

lewe lei?

Page 16: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê

Dag 7: Want dit is ʼn getuienis aan die wêreld

“’n Helpende Hand”

Lees Dit

Marius het op sy eerste sendinguitstappie na Lesotho gegaan

saam met sy ouers en hul selgroepie. Hulle het na Lesotho toe

gegaan om gesinne wat baie arm is by te staan om vir hulle huise

te bou. Hy het lekker saam met die kinders gespeel en pret saam

met hulle gehad, al het hulle nie dieselfde taal gepraat nie en

mekaar nie verstaan nie. Hulle het geglimlag en hom met warm

drukkies verwelkom. Na ʼn paar weke van harde werk, was dit tyd

vir een van die gesinne om in hul nuwe huis in te trek. Die gesin

het by die deur van hulle nuwe huis gestaan met trane in hulle oë

en het iets in Sotho gesê wat Marius nie kon verstaan nie. Dit het

nie saak gemaak nie, want hulle was in trane en het mekaar

omhels met drukkies. ʼn Man in sy ouers se selgroep kon Sotho

praat en het later aan die res van die groep vertel wat die man

gesê het: “Deur julle goeie dade het ons die aangesig van Jesus

gesien. My gesin is deur God aangeraak. Dankie! Deur Marius en

die selgroep se goeie dade, hul liefde vir die familie en vir Jesus,

het God werklikheid geword. Sonder dat hulle eers daarvan

geweet het, het God deur hulle gewerk sodat hierdie familie die

liefde van Jesus kon leer ken.

Onthou Dit

As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien

dat julle my dissipels is. Johannes 13:35

Vra Dit

Liewe Heer, ek bid dat mense deur U aangeraak kan word deur

my helpende hande en my liefde vir ander. AMEN

Page 17: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Gee vandag ʼn helpende hand aan ander! Wys God se liefde

deur liefde aan ander te bewys deur ʼn goeie daad.

Page 18: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê

Dag 8: Reik doelbewus uit.

“Die uitnodiging”

Lees Dit

Is jy al ooit na ʼn partytjie uitgenooi? Gewoonlik word

uitnodigings in ʼn posbus gegooi om gepos te word en dit is die

werk van die Poskantoor om dit af te lewer. Die Poskantoor

mag nie die volgende sê nie: “Ons is baie besig vandag. As ons

nie hierdie uitnodigings aflewer nie, sal iemand anders dalk vir

die mense vertel van die partytjie.” Nee, ons vertrou dat die

uitnodiging afgelewer sal word, reën of sonskyn. Het jy geweet

dat Jesus op dieselfde manier vir ons uitnodigings gestuur het

om vir altyd saam met Hom in die Hemel te kom woon? Die

uitnodiging wat Hy gestuur het, is gerig aan almal wat wens

om te kom. Weet jy wie Jesus gekies het om die uitnodiging te

kom aflewer? Hy het vir jou en my gekies. In die verse van die

Bybel wat ons die Groot Opdrag noem, het Jesus vir ons vertel

om orals te gaan en om almal van Sy liefde vir hulle te vertel.

Besig of nie, reën, of sonskyn, ons moet die boodskap van die

kruis aflewer en vertel van Jesus se liefde vir andere, voor dit

te laat is.

Onthou Dit

In julle verhouding met nie-Christene, moet julle slim optree

deur elke kans te benut.

Kolossense 4:5

Vra Dit

Liewe Jesus, Dankie dat U my liefhet en dat U my uitnooi om

vir altyd saam met U te wees. Ek vra U om my te help om

gelowig te wees in die aflewering van U boodskap aan ander.

AMEN

Page 19: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Kies een vriend wat nie vir Jesus ken nie en oorhandig aan

hom/haar die uitnodiging om Jesus se liefde te aanvaar.

Page 20: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

REIK UIT NA ONGELOWIGES

Dag 9: Reik saam uit

“Vier is beter as een”

Lees Dit

Een van die mooiste verhale in die Bybel van mense wat

saamgewerk het, is die storie van die verlamde man. (Jy kan dit

in Markus 2:1-12 lees) Die verlamde man is deur Jesus genees,

want van sy vriende het saamgewerk om hom deur ʼn gat in die

dak te laat afsak tot voor Jesus. Die verlamde man sou nie

genees gewees het, as dit nie vir sy vriende was nie, en nie net

een vriend nie, maar hy het al vier nodig gehad. Heeltemal op

jou eie kan jy ook ʼn verskil in die wêreld maak, maar jy kan

meer gedoen kry as jy een van ʼn span is wat saamwerk.

Onthou Dit

... dat julle soos ʼn span, met één gees, één siel onwrikbaar

aanhou om die Goeie Nuus te glo. Filippense 1:27

Vra Dit

Liewe Jesus, help my om Christelike vriende te vind wat

gewillig sal wees om my te help om uit te reik na ander kinders

in my skool wat U nie ken nie. AMEN

Doen Dit

Het jy al ooit daaraan gedink om saam met ander

Christenvriende in die skool ʼn gebedsgroep te vorm? Julle kan

een oggend of middag per week ontmoet om vir julle skool te

bid. Dink aan hoeveel God deur jou kan doen, maar dink dan

aan hoeveel meer Hy kan doen deur ʼn groep van vier of meer!

Page 21: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

REIK UIT NA ONGELOWIGES

Dag10: Reik uit met gasvryheid

“Buurt-uitnodiging”

Lees Dit

Elke buurt het ten minste een huis waarnatoe die kinders gaan

om te gaan speel. Janette se huis was so huis toe sy

grootgeword het. Haar ma het omtrent elke week vir ʼn ander

gesin kos geneem. Sy het Sondagskoollesse gegee vir die graad

6-kinders en hulle na haar huis toe genooi om hulle te leer hoe

om prettige dinge te doen soos naaldwerk of om jelly te maak.

Janette het grootgeword, is getroud en het getrek, maar haar ma

het aangehou om haar huis oop te stel vir die buurt en vir hulle

vriende. Janette het nooit besef wat die impak van haar ma se

gasvryheid op ander was nie, tot ʼn paar jaar later toe sy haar

ouerhuis besoek het. Bure van hulle het gehoor dat Janette tuis

was en haar kom besoek. Die persoon het Janette herinner aan

hoe haar ma haar huis deur die jare vir hulle oopgestel het en

haar genooi het om na Janette-hulle se huis te kom vir

Bybelstudie. Die besoeker het aan Janette vertel dat haar ma

vir hulle van Jesus vertel het en dat sy daarom ʼn Christen

geword het. Omdat Janette se ma bereid was om haar huis vir

ander oop te stel, is ek seker dat daar vandag ook ander mense

is wat Jesus ken.

Onthou Dit

Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla.

I Petrus 4:9

Vra Dit

Liewe Jesus, baie dankie vir alles wat U aan my gegee het.

Help my om geleenthede te vind om U en U goeie nuus met

my bure te deel. AMEN

Page 22: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Is daar nuwe kinders in jou buurt wat nou net ingetrek het? Of

is daar dalk kinders wat in julle blok woon, wat jy nie ken nie?

Vra vir jou ouers of jy hulle een middag kan oornooi om by jou

te kom kuier. Maak iets om hulle mee te bederf. Kyk ook of jy

nie maniere kan vind om Christus met hulle te deel nie en om

hulle saam met jou kerk toe te nooi.

Page 23: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

REIK UIT NA ONGELOWIGES

Dag11: Reik uit met aanvaarding

“Buitekant binne”

Lees Dit

Die “Inside Club” het uit ses meisies bestaan wat gedink het

dat hulle baie oulik (“cool”) was, meer as enigiemand anders.

Hulle was baasspelerig en het die reëls gemaak oor wie in en

wie uit was. Meisies is in die groep aanvaar as hulle by die

reëls gehou het en om een of ander rede was die meisies baie

gewild. Het jy so ʼn bende of groep by jou skool? Hoe voel jy

oor so ʼn groep? Sou jy as ʼn in of ʼn uit -outjie beskou kan

word? Die goeie nuus is dat daar in Jesus se oë nie sulke

groepe bestaan nie. Hy het die mees ongewilde mense aanvaar.

Dit het nie beteken dat Hy alles aanvaar het wat hulle gedoen

het nie. Jesus was egter nie bang om mense op liefdevolle wyse

te konfronteer nie. Sy onvoorwaardelike liefde vir mense het

die mins aanvaarbare – die outsiders/buitestaanders – in

insiders/ die wat aanvaar is verander. Omdat Jesus ons aanvaar

net soos ons is, moet ons ook ander aanvaar soos Hy ons

aanvaar.

Onthou Dit

Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het.

Romeine 15:7

Vra Dit

Liewe Jesus, ek wil leer om ander te sien soos wat U hulle

sien. Help my om vandag te begin om bewus te wees van hoe

belangrik dit is om ander te aanvaar soos wat U my aanvaar

het. AMEN

Doen Dit

Kyk die woord aanvaarding op in die indeks van jou Bybel.

(As jy hulp nodig het, vra jou ouers om te help.) Soek die verse

Page 24: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

op, wat wys hoe Jesus jou aanvaar soos jy is. Skryf die verse

neer wat die meeste vir jou beteken en plak dit op jou

slaapkamerdeur om jou te herinner om ander te aanvaar, soos

wat God jou aanvaar.

Page 25: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

REIK UIT NA ONGELOWIGES

Dag 12: Reik uit met vriendskap

“Nuwe Skooljaar? Nuwe vriende!”

Lees Dit

Die eerste dag van ʼn nuwe skooljaar kan vreesaanjaend wees.

Wel, jy het nuwe klere, ʼn nuwe boeksak en nuwe

skryfbehoeftes, maar jy het ook nuwe onderwysers, nuwe

klaskamers en nuwe klasmaats! Wat as jy in die nuwe

klaskamer inloop en nie een van jou maats is daar nie? Wel, jy

het dan ʼn paar keuses, soos om uit die skool te hardloop en

nooit-ooit terug te kom nie. Goed, dit is nie ʼn goeie keuse nie.

ʼn Beter keuse sal wees om te besluit dat dit ʼn geleentheid is

om uit te reik na jou nuwe klasmaats en om nuwe vriende te

maak. God maak nie foute nie, wat beteken dat Sy plan vir die

klas waarin jy is, die beste klas vir jou is. Moenie bang wees

nie, sê ʼn vinnige skietgebedjie op, haal diep asem, tel jou

boeksak op, stap in die klaskamer in en wees vasberade om vir

iemand vandag ʼn nuwe vriend te wees.

Onthou Dit

Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by

die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie.

Romeine 12:16

Vra Dit

Liewe Jesus, dankie dat U my beste vriend is. Help my om

vriendelik te wees en om uit te reik na iemand wat U nie ken

nie. Help hulle om U liefde deur my te ervaar. AMEN

Doen Dit

Is daar iemand in jou klas, of in jou sportspan wat dalk ʼn nuwe

vriend nodig het? Skryf die persoon se naam neer en een

manier van hoe jy ʼn goeie vriend vir daardie persoon die week

kan wees. _________________

Page 26: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

REIK UIT NA ONGELOWIGES

Dag 13: Reik uit met praktiese hulp

“Gaan oor na Aksie!”

Lees Dit

ʼn Skare kinders het om die skool se toesluitkassies

saamgedrom. Die kinders het gelag en boeke, notaboekies,

potlode en papiere het oral in die ingangsportaal van die skool

gelê. In die middel van die skare was ʼn seun, Tommie, op sy

knieë. Tommie was ʼn swaksiende kind en amper blind. Hy het

oor sy toesluitkassie se sleutel geval en alles uit sy arm het oor

die grond versprei gelê. Hy was desperaat besig om die boeke

en die papiere bymekaar te maak terwyl die kinders rondom

hom gestaan en lag het. Een van Tommie se klasmaats het uit

die skare na vore getree en begin om hom te help om sy

besittings bymekaar te maak. Toe het ʼn ander persoon die

sluitkassie se sleutel opgetel wat Tommie laat val het en vir

Tommie gehelp om die toesluitkassie oop te sluit. Die skare het

opgehou lag en begin om uitmekaar te gaan. Die twee kinders

wat na vore getree het om Tommie te help, het nie net besef dat

Tommie hulp nodig het nie, maar was ook dapper genoeg om

uit die skare te tree en hom te help.

Onthou Dit

Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar

eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.

I Johannes 3:18

Vra Dit

Liewe Jesus, help my om nie net mense rondom my raak te

sien wat in nood is nie, maar help my ook om liefde aan hulle

te bewys deur praktiese maniere te vind om hulle te help.

AMEN

Page 27: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Kan jy op hierdie oomblik dink aan iemand wat hulp nodig

het? Skryf daardie persoon se naam

neer:__________________

Vra nou jou ouers om jou te help om aan praktiese maniere te

dink van hoe om hom/haar te help.

Page 28: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

REIK UIT NA ONGELOWIGES

Dag 14: Reik orals uit

“Walk The Talk!”/ "Doen wat jy sê.”

Lees Dit

Mense wat Christus nie ken nie, insluitend ons familie en

vriende, moet ware Christelikheid in ons lewens kan SIEN.

Ons het almal al Christene gesien wat sê dat hulle Christene is,

maar nie daarvolgens leef nie. Die eerste stap in ons uitreik na

ander met die Blye Nuus, is om so te leef dat dit die pad vir

ander uitwys. Dit is al gesê dat jy die enigste Bybel kan wees

wat iemand dalk ooit sal lees. Dit is waar. Mense gee meer om

vir dit wat hulle in jou lewe kan sien, dan vir wat jy sê. As

mense na jou lewe kyk – sien hulle Jesus daarin?

Onthou Dit

Verder, doen alles – of dit nou met woorde of dade is – asof

julle dit namens die Here Jesus doen.

Kolossense 3:17

Vra Dit

Liewe Jesus, ek wil my vriende van U vertel. Ek besef dat dit

meer is as om bloot ander van U te vertel, maar dit gaan

daaroor dat ek my lewe so moet lei dat ander U kan sien. Help

my asseblief vandag “to walk the talk.” – om te doen waaroor

ek praat. AMEN

Doen Dit

Die eerste stap in die uitleef van jou geloof, is om die regte

verhouding met ander te hê. Is daar dinge in jou lewe wat jou

daarvan weerhou om ʼn lewe te lei wat die pad na Christus toe

wys? Skryf daardie dinge neer en skryf langs elkeen neer wat

gedoen moet word om dit reg te stel. Neem dan aksie “to walk

the talk!” – – om te doen wat jy sê.

Page 29: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OMGEE VIR MEKAAR

Dag 15: Erken dat ons mekaar nodig het

“Die Twaalfde Man”

Lees Dit

Al my kinders het aan die Texas A & M Universiteit afstudeer en is

almal baie lojale Aggie-ondersteuners (fans). Daar is ʼn tradisie by

Texas A & M wat in 1922 begin het, wat die 12de Man genoem

word. Dit het begin toe die Aggie-voetbalspan, ʼn swakker span, (an

underdog team) teen Centre College gespeel het, een van die sterkste

voetbalspanne. Die Aggies was vasberade en het hard gespeel om te

wen. Die Aggie afrigter, Dana Bible, was benoud dat hulle nie die

wedstryd sou kon klaarmaak met die spelers wat hy in sy span gehad

het nie. Toe onthou hy van ʼn voormalige voetbalspeler, E. King Gill,

wat nie sy voetbaluitrusting aangehad het nie. Gill was in die

Persverklaringssaal waar hy verslaggewers gehelp het om spelers te

identifiseer. Die Aggie-afrigter het Gill laat roep en gevra of hy nie ʼn

voetbaluitrusting sal aantrek en reg sal staan om op te gaan as hy

hom sou nodig kry nie. Gill het reggestaan dwarsdeur die spel, wat

A&M onverwags gewen het. Aan die einde van die wedstryd, was E

King Gill die enigste man wat nog oorgebly het op die kantlyn vir

die A&M-span. Al het Gill nie gespeel nie, het hy gehoor gegee aan

die oproep om sy span te help. Daardie gees van bereidheid om sy

span te dien, het ʼn vlam van toewyding by elke student by Texas

A&M Universiteit aangesteek; ʼn vlam wat net deur al die jare bly

groei het. Steeds vandag nog, is die hele studentetal van A&M Texas

die 12de man by elke voetbalwedstryd waar Texas A&M speel en

staan regop vir die hele spel – wagtend om geroep te word indien dit

nodig sou wees. Al is my kinders nou al gegradueer, staan hulle nog

steeds regop gedurende elke wedstryd om hul ondersteuning aan die

Aggie-tradisie te bewys.

Onthou Dit

Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam en as ledemate van

hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig.

Romeine 12:5b

Page 30: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Vra Dit

Liewe Heer, dankie dat U vir my Christenvriende by die kerk gegee

het. Help my om te onthou dat ons almal in dieselfde span is. Help

my om ondersteuning aan ander te wys wat in nood is. AMEN

Doen Dit

Vir ʼn span om goed te speel, moet hulle besef dat hulle mekaar

nodig het. Kyk uit vir geleenthede by jou skool of waar jy aan sport

deelneem om ʼn spanspeler te wees en om op te staan vir jou vriende

en spanmaats.

Page 31: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OMGEE VIR MEKAAR

Dag 16: Commit aan mekaar

“Staan saam”

Lees Dit

Was jy al ooit in ʼn situasie waar jy moes opstaan vir ʼn vriend

en vir wat reg is? Anita was in die wetenskapklas waar hulle

van die evolusieleer geleer het en hoe sommiges redeneer van

hoe die aarde tot stand gekom het. Die onderwyser het aan die

studente gevra wat hulle dink van hoe die aarde gevorm is en

van hoe alle lewende dinge tot stand gekom het. Anita het in

haar hart geweet dat God die aarde en ook alles wat daarop is,

geskape het. Sy het geweet dat van die ander kinders dalk met

haar kan spot, maar sy het besluit om op te staan en te sê wat

sy glo. Toe Anita aan die klas gesê het dat God die aarde

geskape het, het die klaskamer doodstil geword. Haar hart het

hard in haar keel geklop en toe het twee van haar vriende van

die kerk opgestaan en gesê: “Ek stem saam met Anita – God

het die aarde gemaak.” Toe die onderwyser aan die klas gevra

het hoeveel stem met Anita saam, het meer as die helfte van

die klas hande opgesteek, maar slegs twee het saam met haar

opgestaan.

Onthou Dit

Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat

ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder.

Romeine 14:19a

Vra Dit

Liewe Heer, dankie dat U my toelaat om deel van die gesin van

God te wees en om U te dien deur saam met ander in die kerk

te werk. Open my oë en my hart om maniere te vind om op te

staan vir my vriende. AMEN

Page 32: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Kom elke week bymekaar saam met ʼn klein groepie van die

Christenvriende van die kerk. Sit elke week tyd opsy vir

Bybelstudie en om vir mekaar te bid. As jy al klaar in ’n

selgroepie is, vind ’n diensprojek by jou kerk om aan mee te

doen en staan by mekaar.

Page 33: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OMGEE VIR MEKAAR

Dag 17: Respekteer mekaar

“Die Uitgeworpene”

Lees Dit

Marietjie vries. Sy voel hoe iets slymerigs agter haar kop

afloop. Toe sy aan haar hare raak, voel sy die gooey, klouerige

goed. Sy het nie geweet wat dit was nie, maar sy het al haar

klasmaats se oë op haar gevoel. Sy het na die badkamer toe

gehardloop, verleë, omdat iemand so gemeen was om die poets

op haar te bak. Sy het nie geweet hoe sy haar maats ooit weer

in die oë sou kyk nie. Het jy al ooit iemand soos Marietjie

sonder respek behandel? Miskien is Marietjie nie die oulikste

kind nie, maar ongeag van wie of hoe ʼn persoon is, verdien

almal steeds respek.

Onthou Dit

As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in

liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te

hanteer.

Romeine 12:10

Vra Dit

Liewe Heer, ek weet ek behandel nie __________ met respek

nie

(persoon se naam).

Verander asseblief my hart en help my om hom of haar vandag

te respekteer.

AMEN

Doen Dit

Het jy vir daardie persoon gebid? Gaan gesels bietjie met

hom/haar gedurende pouse. Vra vrae om uit te vind wie die

Page 34: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

persoon werklik is. Wys aan hom/haar die respek wat elkeen

verdien.

Page 35: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OMGEE VIR MEKAAR

Dag 18: Ondersteun mekaar

“’n Klein Bietjie Ondersteuning maak ʼn Groot Verskil”

Lees Dit

Het jy al ooit probeer om jou fiets te laat regop staan sonder

die “kickstand” (skopstaander)? Sonder die ondersteuning van

daardie klein “kickstand” (skopstaander), sal jou fiets elke

enkele keer omval. Dit is dieselfde met vriende. Ons het

mekaar se ondersteuning nodig. Vriende is die ondersteuning

wat ons help om nie te val nie, en om trots te bly staan,

wanneer die lewe moeilik raak.

Onthou Dit

ʼn Laaste woord hieroor: Wees almal eensgesind, simpatiek,

lief vir mekaar, goedhartig en nederig.

1 Petrus 3:8

Vra Dit

Liewe Heer, help my om die tipe vriend te wees wat

ondersteunend is, veral wanneer die persoon dalk gaan val.

AMEN

Doen Dit

Bel, skryf ʼn e-pos of skryf ʼn brief aan een van jou vriende om

hulle aan te moedig om sterk te staan. Wees vandag iemand se

steunpilaar.

Page 36: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OMGEE VIR MEKAAR

Dag 19: Stem met mekaar saam

“Die Lang, Lang Reis”

Lees Dit

Het julle al ooit iewers, baie ver heen, na toe gereis? Toe

Magdel ʼn kind was, het haar gesin een keer oor die hele lengte

van Suid-Afrika gereis. Hulle was so lank in die motor dat

Magdel en haar susters begin baklei het. Hulle het oor die

simpelste goed baklei, soos wie se arm oor wie se kant gehang

het. Alle kinders baklei soms oor simpel goed, maar net soos

ons aardse vader, vra God ons om oor die weg te kom met ons

broers en ons susters. Daar moet vrede en harmonie wees in

Christus se familie (sy kerk).

Onthou Dit

En nou, liewe broers en susters, pleit ek by julle in die Naam

van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan –

één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder

julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en

in julle visie.

1 Korintiërs 1:10

Vra Dit

Liewe Heer, slegs U kan my help om oor die weg te kom met

________________. (iemand se naam).

Ek vra U hulp vandag. AMEN

Doen Dit

Volgende keer, wanneer jy lus voel om oor iets kleins te

baklei, sê ʼn vinnige gebed op (soos die een hierbo). God is lief

daarvoor om Sy kinders te help.

Page 37: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OMGEE VIR MEKAAR

Dag 20: Wees geduldig met mekaar

“Die morsige tandepasta buisie”

Lees Dit

Karen en Kobus was pasgetroud. Karen het nog altyd die

tandepasta van die bokant van die buisie af uitgedruk. So het

die tandepasta orals beland en dit was maar ʼn taamlike gemors.

Kobus kan dit nie verdra nie. Hy druk weer die tandepasta

vanaf die onderkant van die buisie uit, netjies en skoon. Na

hulle omtrent vir ʼn maand hieroor baklei het, het Karen met ʼn

blink plan vorendag gekom. Sy het vir Kobus sy eie buisie

tandepasta gekoop. Soms is oplossings vir probleme baie

makliker as wat ons dink. Omdat Kobus en Karen vir mekaar

lief was, kon hulle saamwerk en ʼn oplossing vir hul probleem

kry waarmee hulle altwee tevrede was.

Onthou Dit

Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld

moet julle mekaar in liefde verdra.

Efesiërs 4:2

Vra Dit

Jesus, U weet met wie ek op die oomblik in konflik is. Help

my asseblief om ʼn liefdevolle oplossing vir die probleem te

kry. Dankie! AMEN

Doen Dit

Vra vir jou ma, pa of ander volwasse persoon wat jy vertrou,

om jou te help om met ʼn kreatiewe oplossing vir jou probleem

vorendag te kom.

Page 38: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

OMGEE VIR MEKAAR

Dag 21: Wees eerlik met mekaar

“’n Wyse Teregwysing”

Lees Dit

Haar woorde het seergemaak. Al het Gerhard geweet het dat sy

onderwyseres reg was, wou hy dit nie aanvaar nie. Sy

onderwyseres het vir hom gesê dat hy minder Videospeletjies

moet speel en sy huiswerk moes doen of anders sou hy ekstra

klasse moet bywoon om sy graad te slaag. Gerhard wou nie tyd

in die ekstra klas deurbring nie en hy wou ook nie Graad 6

herhaal nie. Hy het geweet hy moes na haar raad luister, die

videospeletjie wegpak en meer aandag aan sy skoolwerk

bestee.

Toe hy Graad 6 slaag, sonder om tyd in die ekstra klas deur te

bring, was hy baie bly dat hy na haar raad geluister het.

Onthou Dit

Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ʼn Wyse mens se

woorde bring eerder genesing.

Spreuke 12:18

Vra Dit

Liewe Heer, al maak dit soms seer, wil ek U dank vir die

mense in my lewe wat bereid is om my reg te help wanneer ek

op ʼn verkeerde pad is. Ek weet dat hulle my teregwys, omdat

hulle vir my omgee. AMEN

Doen Dit

Gaan nou dadelik en bedank jou ouers, of ʼn onderwyser, of

iemand in jou lewe wat eerlik met jou was, selfs al het dit

seergemaak.

Page 39: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

GROEI SAAM

Dag 22: Ons groei uit mekaar se voorbeelde

“Tweeduisend-seshonderd-twee-en-dertig”

Lees Dit

Cal Ripkin, Jr. is een van Jordan se helde! Sy bynaam is

Ysterman. Hoekom? Want, hy het in 2 632 eerste liga korfbal-

wedstryde gespeel sonder om op te gee. Dit is meer as enige

ander man in die geskiedenis. Al was hy by tye moeg, siek of

beseer, het hy altyd aangehou met speel. Wetende wat Ripkin

bereik het, inspireer dit altyd vir Jordan as hy voel dat hy wil

moed opgee. As Cal Ripkin dit kon doen, kan Jordan sy

voorbeeld volg en nie moed opgee nie.

Onthou Dit

Ja, liewe broers en susters, volg my voorbeeld en hou julle oë

op die mense wat volgens ons voorbeeld leef.

Filippense 3:17

Vra Dit

Liewe Heer, _____________ is ʼn wonderlike voorbeeld vir

my, want , __________________________

__________________________________________________

__.

Dankie dat U vir my iemand gee waarna ek kan opsien. AMEN

Doen Dit

Wees ʼn goeie voorbeeld vir ʼn jonger kind deur ʼn ekstra takie

te doen, vullis in die park op te tel of om ʼn buurman se hond

vir ʼn wandeling te neem.

Page 40: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

GROEI SAAM

Dag 23: Ons groei deur mekaar aan te

moedig.

“Saamhardloop Is Altyd Beter”

Lees Dit

Isabelle was regtig moeg. Sy het die myl vir haar span

gehardloop, maar sy kon alreeds sien dat sy laaste gaan kom.

Wat was die doel daarvan om verder te probeer? Ewe skielik,

kon sy iets in die verte hoor – dit was haar vriend, Johan. Hy

was besig om haar aan te moedig van die kantlyn af. Hy het

begin om saam met haar te hardloop en het die res van die

wedloop saam met haar voltooi. Isabelle het nog steeds laaste

gekom, maar ten minste het sy dit saam met ʼn vriend gedoen

en nie alleen nie.

Onthou Dit

Daarom, soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar

moed in te praat en geestelik op te bou.

1 Tessalonisense 5:11

Vra Dit

Liewe Heer, ek weet ______________________ gaan regtig.

(persoon se naam)

deur ʼn moeilike tyd. Help my om hom/haar aan te moedig

terwyl hy/sy deur hierdie moeilike tyd gaan. AMEN

Doen Dit

Wat is ʼn manier hoe jy jou vriend vir wie jy nou net gebid het,

kan versterk? Miskien kan jy ʼn prent teken, koekies bak, of ʼn

lekker ietsie na sy/haar huis toe neem om hom/haar te laat weet

dat jy hom/haar wil ondersteun. Wees kreatief!

Page 41: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

GROEI SAAM

Dag 24: Ons groei deur mekaar te onderrig

“Die Belangrikste Les”

Lees Dit

Petru het opdrag gekry om kinders in haar buurt te tutor. Sy

was nie baie opgewonde nie, maar sy moes hulle elke

Woensdagmiddag tutor vir ʼn jaar lank. Petru het geweet

hierdie kinders het baie om te leer. Sy het die hele jaar na haar

tutorklasse toe gegaan. Aan die einde van die jaar moes sy haar

trane terughou toe sy die kinders moes groet vir wie sy lief

geword het. Petru het besef dat sy die een was wat baie geleer

het. Hulle het vir haar vreugde besorg en onvoorwaardelike

liefde gegee, wat sy nog nooit van te vore geken het nie. Sy

was dankbaar dat God geweet het wat sy nodig gehad het en

dat Hy ander gebruik het om haar te leer.

Onthou Dit

Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl

bepaal. Met daardie wysheid moet julle mekaar onderrig en

mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms,

lofgesange en geestelike liedere tot eer van God.

Kolossense 3:16

Vra Dit

Liewe Heer, ek weet dat daar elke dag mense rondom my is,

wat wonderlike dinge vir my kan leer. Open asseblief my oë

vir die lesse wat U vir my deur hulle wil leer. Dankie. AMEN

Doen Dit

Skryf een ding neer wat jy onlangs van ʼn maat geleer het. Jy

mag dalk vir ʼn paar minute moet dink voor jy by ʼn antwoord

kan kom, maar God is ALTYD besig om vir ons goed te leer

deur ander mense.

Page 42: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

______

Page 43: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

GROEI SAAM

Dag 25: Ons groei deur mekaar te waarsku

“HARDLOOP!”

Lees Dit

Erik se gesin het in ʼn klein dorpie in die Vrystaat gebly. Aan

die agterkant van die huis was daar ʼn groot hout-dek met ʼn

heerlike koel skuilplek onder dit. Dit was die perfekte plek om

te speel. Erik het ʼn klein boetie gehad, Lukas. Toe hulle een

keer onder die dek gespeel het, het Erik zoem-geluide om hom

gehoor. Orals om hulle het bye gevlieg. Hy het gegil om sy

broer te waarsku om weg te kom. Soos hulle onder die by

deurtrekte dek uitgehardloop het, het van die bye nog om hulle

gezoem. Erik en Lukas was so bang. Hulle het die agterkant

van hul huis bereik en die deur vinnig agter hulle toegetrek.

Gelukkig is nie een van hulle deur die bye gesteek nie. Hulle

het onwetend op ʼn groot byenes getrap, maar omdat Erik die

bye dadelik gehoor het, kon hy sy broer waarsku en kon altwee

van hulle betyds wegkom.

Onthou Dit

Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, solank as wat die

‘vandag’ van genade nog bestaan, om te keer dat een van julle

deur die verleidelikheid van die sonde innerlik verhard word.

Hebreërs 3:13

Vra Dit

Liewe Heer, dankie vir die geleentheid om elke dag van U te leer.

Help my om my vriende te waarsku teen dinge wat nie goed vir hulle

is nie. Help my om goeie keuses te maak en ander op die regte pad te

lei.

AMEN

Doen Dit

Page 44: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Om ander te waarsku is nie altyd maklik nie. Waarskuwings wat uit

liefde gegee word, kan ons help. Skryf drie waarskuwings neer wat

jy vir jou vriende kan gee, bv., as hulle in ʼn toets wil “crook”,

waarsku hulle om dit nie te doen nie. As hulle oor iets wil jok,

waarsku hulle om dit nie te doen nie. Skryf drie waarskuwings hier

neer:

1. ______________________________________________

2. ______________________________________________

3. ______________________________________________

Page 45: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

GROEI SAAM

Dag 26: Ons groei deur voorkeur aan ander te gee

“Groei deur te gee.”

Lees Dit

In die jaar 1910 is ʼn dame met die naam van Moeder Teresa

gebore in die land van Masedonië. Teen die tyd dat sy dertien

jaar oud was, het sy geweet dat sy God as ʼn sendeling wou

dien. (ʼn Sendeling is iemand wat rondgaan en mense van God

vertel.) Sy het skool toe gegaan om ʼn non te word en het saam

met ander nonne in Indië gebly. Sy het elke dag mense in

verskillende gebiede gehelp en sou dan na haar huis toe

terugkeer om te gaan slaap. Sy het besluit om die plek waar sy

gewoon het, te verlaat om diegene te gaan help wat niemand

anders wou help nie. Sy het liefdadigheidsorganisasies begin

wat die armes in Kalkutta en in die res van die wêreld, gehelp

het. Moeder Teresa het alles wat sy gehad het, opgeoffer om

die armes te help. Sy het altyd op God vertrou om aan haar kos

en skuiling te verskaf. Sy het altyd eers aan ander gedink, voor

sy aan haarself gedink het.

Onthou Dit

Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees

eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van

jouself.

Filippense 2:3

Vra Dit

Liewe Heer, dankie dat U vir my die voorbeeld gegee het van

iemand wat ander bo haarself gestel het. Help my om my

familie en vriende bo myself te stel. AMEN

Page 46: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Na jy hier klaar gelees het, vind iemand in die huis wat met ʼn

taak besig is. Gee voorkeur aan daardie persoon deur hom/haar

met die taak te help.

Page 47: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

GROEI SAAM

Dag 27: Ons groei deur teenoor mekaar te

bely

“’n Skulderkenning”

Lees Dit

Toe Gerrie sewe jaar oud was, het sy ma hom saam winkel toe

geneem sodat sy kruideniersware vir ʼn groot gesinsfees-ete kon

koop. Soos hulle trollie voller en voller geword het, het hy al

hongerder en hongerder geword. Uiteindelik het hulle by sy

gunsteling-gang in die winkel gekom – die lekkergoedgang. Soos

hulle in die gang afgestap het, het hy iets gedoen wat baie verkeerd

was. Hy het drie sjokoladestafies van die rak afgehaal en dit in sy

sak gesit. Gerrie het gekyk of sy ma gesien het wat hy gedoen het,

maar sy het niks opgemerk nie. Hy het gou besef dat dit nie help dat

die sjokoladestafies in sy sak is nie; dit moet in sy magie wees. Hy

het na die ruskamers gegaan; al drie die sjokoladestafies opgeëet en

die papiertjies in die drommetjie ingedruk. Niemand sou ooit weet

hy het die sjokoladestafies opgeëet nie. Gerrie het baie sleg gevoel

omdat hy die stafies gesteel het, maar hy was so honger. Soos hulle

nader aan die kassiers gekom het, het Gerrie al naarder en naarder

geword. Voor hy hom kon kry, het hy oor die hele vloer opgegooi.

Hy was so skaam en verleë. Behalwe dat hy naar was op sy maag,

was Gerrie ook ontsteld omdat hy die lekkergoed gesteel het. So, hy

het toe maar vir sy ma vertel van wat hy gedoen het. Na hy aan haar

vertel het wat hy gedoen het, het hy beter gevoel. Gerrie se ma het

hom toe na die kruidenierswinkel geneem sodat hy aan die

winkelbestuurder kon vertel wat hy gedoen het en om verskoning

kon vra. Na hy erken het wat hy gedoen het, het hy beter gevoel.

Onthou Dit

Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar

bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak

met God reg is, het ʼn kragtige werking.

Jakobus 5:16

Page 48: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Vra Dit

Liewe Heer, help my om te bely wanneer ek verkeerd gedoen

het. Vergewe my asseblief al my skulde. AMEN

Doen Dit

Onthou jy van iets wat jy verkeerd gedoen het? Skryf dit neer

en bid dat God jy in die toekoms sal help om beter keuses te

maak. Deel wat jy neerskryf, met ʼn maat of ouer.

Page 49: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

GROEI SAAM

Dag 28: Ons groei deur mekaar te vergewe

“Vergewe en vergeet

Lees Dit

Sou jy die woord vergewe op www.google.com opsoek, sal dit

omtrent twee miljoen web-bladsye oplewer. Vergifnis beteken om

nie kwade gevoelens jeens ander, wat jou sou te nagekom het, te

koester nie. Alta het vir ʼn baie lang tyd ʼn wrok gekoester teen twee

kinders wat op haar gepik het toe hulle in Graad 4 was. Hulle het vir

haar lelike byname gegee en haar rondgestamp. Eendag het sy na

skool na die bus toe geloop en hulle het van agter af gekom en haar

gestamp sodat sy op die grond geval het. Hulle het haar voor almal

uitgelag. Na ʼn paar jaar waarin sy nog steeds ontsteld was oor wat

hierdie kinders aan haar gedoen het, het Alta-hulle vergewe. In haar

hart het sy die gemene gevoelens waaraan sy so lank vasgeklou het,

laat gaan. Weet julle wat het sy gevind, nadat sy hulle vergewe het?

Vrede. Het jy al ooit van die frase gehoor: “Behandel ander soos jy

self behandel wil word.” Wel, miskien moet jy dit verander na:

“Vergewe ander, soos wat jy self al vergewe is.”

Onthou Dit

Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om.

Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat

Christus gedoen het.

Efesiërs 4:32

Vra Dit

Liewe Heer, dankie dat U my eerste vergewe het. Help my

asseblief om ander te vergewe en laat my toe om aan my

vriende te wys hoe om vergifnis te hanteer. AMEN

Doen Dit

Onthou altyd dat Christus die hoogste prys betaal het sodat jou

sondes vergewe kan word. Wanneer jy aan vergifnis dink, kan

jy aan ʼn persoon dink wat jy moet vergewe? Miskien moet jy

Page 50: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

jou ouers vergewe vir hulle egskeiding of miskien moet jy die

boelie by die skool vergewe wat op jou pik. Dink aan twee

mense en vergewe hulle in jou hart. God sal vir die res sorg.

Page 51: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

DIEN SAAM

Dag 29: Dien mekaar gretig

“Volg die grootste voorbeeld”

Lees Dit

Elke jaar onderneem ons ʼn sendinguitstappie na Lesotho toe. Ons

gaan na verskillende kerke toe en bedien die woord aan mense. Ons

speel met die kinders, sing liedjies en vertel Bybelstories. Gedurende

die afgelope jaar wou ons mense so veel as moontlik bedien, so ons

het die beste voorbeeld van hoe om ander te dien uit die Bybel

geneem. Jesus het sy dissipels se voete gewas (Johannes 13:5). Ons

het emmers, seep en handdoeke gebring om die mense by die kerk se

voete vir hulle te was. Ons het vir die kinders stoele daar geplaas om

in te sit en ons het op die vloer gesit om hul voete vir hulle te was.

Die kinders het oorgekom en ons het tyd daaraan gespandeer om hul

voete te was. Na ons klaar was en elke kind se voete gewas het, het

hulle vir ons gesê dat ons nou in die stoele moet sit, hulle wou toe

ons voete vir ons was. Ons het eers geweifel, maar die kinders was

so gretig om ons te bedien, net soos ons hulle bedien het; so ons het

toe ook ons voete laat was. Ons het Jesus se voorbeeld van diens

gevolg en toe ons gedink het dit is klaar, het hulle terug gekom en

ons bedien!

Onthou Dit

Liewe broers en susters, julle is geroep om in vryheid te leef. Moet

net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie,

maar gebruik dit om mekaar met liefde te bedien.

Galasiërs 5:13

Vra Dit

Liewe Heer, help my om ʼn beter dienaar te wees, net soos U. Help

my om my familie, maats en onderwysers te dien. AMEN

Doen Dit

Wat presies beteken dit om te dien? Soek die woord “dien” in die

woordeboek op en skryf die betekenis daarvan neer.

___________________________________________________

Page 52: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Bedien ʼn vriend, ʼn buurman/vrou, ʼn familielid of jou ouers deur aan

te bied om hul motor vir hulle die week te was.

Page 53: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

DIEN SAAM

Dag 30: Bedien mekaar op ʼn praktiese wyse

“Die Wiskundetoets”

Lees Dit

Danie se gunstelingvak op skool is pouse! Wat van jou? Dit was

maar net ʼn grappie – sy gunstelingvak is Sosiale studies. Hy hou

baie daarvan om te luister na stories van ons land se geskiedenis. Die

vak waarvan hy die minste hou, is Wiskunde! Hy moes ʼn groot

Wiskundetoets skryf, maar omdat hy nie van Wiskunde gehou het

nie en nie baie goed daarin was nie, was hy bekommerd dat hy ʼn

swak punt in die toets sou kry. Sy vriend, Willem was weer baie

goed in Wiskunde. Willem het altyd die beste punte vir sy

Wiskundetoetse en -huiswerk gekry. Maar wat was die vak wat

Willem die minste van gehou het? Sosiale studies. Die

Wiskundetoets was oor een week en die Sosiale studies-toets die

volgende week. Willem het aangebied om Danie te help met die

Wiskundetoets en aangesien hy regtig goed is in Wiskunde, maak dit

sin dat hy Danie daarmee sou help. Teen die tyd wat hulle die

Wiskundetoets moes skryf, was Danie gereed en hy het ʼn A gekry.

Danie was baie dankbaar vir Willem se hulp. Danie het toe besluit

dat hy dieselfde vir Willem sou doen en het hom toe weer met die

Sosiale studies-toets gehelp. Danie was goed in die vak, so dit het sin

gemaak dat hy weer vir Willem daarmee sou help. Willem het hard

gewerk en ʼn A gekry vir sy Sosiale studies-toets. Dit is regtig maklik

om jou vriende te dien, as jy iets doen wat maklik vir jou kom. Dit is

prakties om mekaar op die manier te bedien.

Onthou Dit

Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan

Christus se liefdeswet.

Galasiërs 6:2

Vra Dit

Jesus, dankie dat U vir my soveel talente en geestelike gawes gegee

het. Help my om my vriende te dien met die talente wat U vir my

gegee het. AMEN

Page 54: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Skryf drie dinge neer waarmee jy regtig goed is:

1. ________________________________

2. ________________________________

3. ________________________________

Dink aan maniere van hoe jy hierdie vaardighede/talente kan gebruik

om jou vriende die week te help.

Page 55: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

DIEN SAAM

Dag 31: Dien mekaar met vrygewigheid

“Uitkampeer”

Lees Dit

Amanda se hele familie gaan elke jaar dieselfde tyd uitkamp. Net

nadat die skole gesluit het, ontmoet Amanda-hulle mekaar by ʼn

kampeerterrein in die berge om saam te kook, vis te vang, te swem

en pret te hê. Aangesien daar so baie van hulle is, is elke gesin elke

jaar van iets anders in beheer: aktiwiteite, kos, ens. Hierdie jaar was

Amanda se gesin in beheer van die kos. Toe hulle op die

kampeerterrein aankom, was van hul familie alreeds daar. Amanda

se gunstelingniggie het alreeds in die rivier geswem. Amanda het

gou gehelp om die tent op te slaan en toe haar swembroek aangetrek.

Toe sy uit die tent uitstap, het haar Ma gesê: “Is jy reg om my te help

om die aandete voor te berei?” Nee, sy was nie gereed nie; sy wou

gaan swem het! Sy het egter geweet dat dit haar plig was om haar ma

te help. Amanda het toe maar gehelp om die kombuisgoed in plek te

kry en om die aandete te kook. Amanda het gedink dat dit pret was

om kos aan die familie te bedien. Dit was asof sy ʼn kelnerin in ʼn

restaurant was. Sy het selfs haar ma gehelp om die skottelgoed te

was en om ontbyt voor te berei. Dit was pret en maklik om haar

familie te bedien, omdat sy dit met die regte gesindheid gedoen het.

Onthou Dit

Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom en hulle het alles

wat hulle besit het, met mekaar gedeel.

Handelinge 2:44

Vra Dit

Liewe Heer, dankie dat U elke dag vir my die geleenthede gee

om my gesin en familie te bedien. Help my asseblief om my

gesin vrygewig te bedien en met die regte gesindheid. AMEN

Doen Dit

Page 56: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Dink jy dit is maklik om iemand vrygewig te bedien? Om

iemand vrygewig te bedien, is om met jou hele hart te bedien.

Hierdie week, tydens ʼn ete saam met jou familie of vriende,

bied aan om hulle te bedien deur hulle kos aan hulle te bedien

en deur die tafel skoon af te dek.

Page 57: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

DIEN SAAM

Dag 32: Dien mekaar op ʼn nederige wyse

“Geheime diens”

Lees Dit

In 1953 in Malebo, Kalifornië, het J. Paul Getty die Getty Museum

geopen. Hierdie klein museum het versamelings van Griekse en

Romeinse antieke ware, Franse meubels en Europese skilderye

bevat. J. Paul Getty wou kuns vir almal toeganklik maak – teen ʼn

baie lae prys – toegang was gratis. Teen 2004 het die Getty museum

uitgebrei om wêreldbekende skilderye in te sluit, asook foto’s,

sketse, beelde, selfs argitektuur en tuine. Met so ʼn groot museum is

daar seker ʼn baie groot personeel, reg? Wel 75% van die personeel

wat die museum bestuur, is vrywilligers. Hierdie vrywilligers lewer

baie dienste aan die museum: Hul bestuur die trem, maak die paaie

skoon, versorg die tuine, hou toere, bestuur die boekwinkel en doen

navorsing oor kunswerke om vir die museum aan te koop. Die Getty-

museum sou nie so suksesvol gewees het, as dit nie was vir die

insette van die vrywilligers nie. Weet jy dat ʼn vrywilliger elke aand

na sluitingstyd die vloere skoonmaak? Wat van die vrywilliger wat

die blomme aanplant en die tuin elke week versorg? Hierdie

vrywilligers bedien ons elke dag nederig.

Onthou Dit

Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want

God is teen die wat te veel van hulleself dink, maar dié wat

besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy

onverdiende goedheid.

1 Petrus 5:5

Vra Dit

Liewe Heer, dankie dat U my help om te besef dat ek nederig

moet diensbaar wees. Help my asseblief om dit meer gereeld te

doen. AMEN.

Doen Dit

Page 58: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Om nederig te dien, beteken om te dien, sonder om nodig te hê

dat ander vir jou daarvoor erkenning moet gee. Soms as ons

dien, wil ons hê ander moet dit raaksien sodat ons trots op

onsself kan wees. In die Bybel sê dit dat ons nederig moet dien.

Bedien hierdie naweek iemand in jou familie/gesin, maar moet

aan niemand vertel dat jy dit doen nie. Miskien kan jy jou

suster se kamer vir haar skoonmaak, die skottelgoedwasser

uitpak, of die agterplaas skoonmaak.

Page 59: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

DIEN SAAM

Dag 33: Dien mekaar kreatief

“’n Hulpvaardige buurman”

Lees Dit

Albert het ʼn buurman wat baie siek is en in ʼn rolstoel is. Albert

se familie het hom probeer help om te dink aan maniere hoe hy

sy buurman kon help, maar hy kon nie aan enigiets dink

waarmee hy kon help nie. Albert het egter begin opmerk dat sy

bure se gras besig is om baie lank te word. Hy het daarvan

gehou om in die tuin te werk en het nou geweet wat hy moes

doen om die gesin te help. Hy het vir sy bure gevra of hy hul

tuin vir hul kon versorg en hul gras vir hul kon sny, sonder

enige betaling. Hy het gesê dat hy graag iets vir hulle wou

doen en dit was iets wat hy kon doen. Die bure was baie

dankbaar vir Albert se bereidheid om te help. Albert het besef

dat dit goed was dat hy nie opgegee het om te probeer om

maniere te kry van hoe om sy bure te bedien nie. Hy was

opgewonde dat hy hulle kon bedien met iets wat hy geweet het

hoe om te doen en waarmee hy goed was.

Onthou Dit

God het aan elkeen van julle ʼn genadegawe gegee. Met hierdie

gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk en onverdiende

goedheid deur julle na mekaar toe kan vloei.

1 Petrus 4:10

Vra Dit

Liewe Heer, dankie vir my spesiale vermoëns wat U aan my

gegee het. Ek vra dat U my moet help om dit te gebruik om

andere mee te help. AMEN

Page 60: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Watter talente en vermoëns het jy wat jy kan gebruik om ander

mee te help, om God te dien? Doen een ding die week om

iemand anders te bedien. Miskien kan jy:

vir jou bure se diere sorg terwyl hulle weg is.

by die huis uithelp met ekstra werkies.

ʼn nota aan ʼn vriend(in) skryf waarin jy hom/haar

aanmoedig en versterk.

Page 61: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

DIEN SAAM

Dag 34: Dien mekaar opofferend

“’n Ware vriend”

Lees Dit

Die Pretorius-gesin het nuut in die buurt ingetrek. Christa

Pretorius het saam met haar maats grootgeword en nou moes

sy weer van vooraf begin om nuwe maats te maak. Sy het

probeer om te kyk of sy ʼn nuwe maatjie by die skool kon

maak, maar dit het gelyk asof almal klaar maats het en haar nie

graag in hul groep in wou verwelkom nie. Marisa het ʼn groepie

vriende gehad, maar opgemerk dat Christa eensaam lyk en

maats nodig gehad by wie sy kon wees. Marisa het vir Christa

uitgenooi om by haar groep aan te sluit. Na Marisa vir Christa

ingesluit het, het haar groep vir haar gesê dat as sy nie sou

ophou om maats met Christa te wees nie, sy nie meer welkom

in hulle groep is nie. Marisa moes ʼn moeilike besluit neem. Sy

het besluit dat sy nie meer haar ou vriende nodig het nie. Sy en

Christa het goeie vriende geword.

Onthou Dit

Ons het agtergekom wat ware liefde is: dit is dat Christus sy

lewe ter wille van ons afgelê het. Só moet ons ook ons lewens

opsê ter wille van ons broers en susters.

1 Johannes 3:16

Vra Dit

Liewe Heer, help my vandag om iemand te kry wat ʼn vriend

nodig het. Gee my die moed om hom/haar by ons groep in te

sluit. AMEN

Page 62: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Doen Dit

Is jy bereid om ʼn vriend te verloor, omdat jy dit doen wat jy

weet die regte ding is om te doen? Nooi vandag iemand wat jy

nie baie goed ken nie, uit om pouse by jou te sit of saam met

jou groep te wees.

Page 63: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

DIEN SAAM

Dag 35: Werk saam in diensbaarheid

“Dit is ʼn spanpoging.”

Lees Dit

Lara speel nou al vir vyf jaar sokker. Sy hou daarvan om in die

middelveldposisie te speel en om haar spoed en vermoëns te

gebruik om haar span te help om hul beste te doen. Sy het dus

van haar posisie gehou, maar hul afrigter, Afrigter Bob, het

ander idees gehad. Hy het na die span se vermoëns in sy geheel

gekyk. Afrigter Bob het vir Lara gehelp om te besef dat sy dalk

op ʼn ander posisie sou moet speel omdat dit die beste vir die

span sou wees en haar vermoëns as ʼn speler beter sou

ontwikkel. Lara kon die span tot diens wees deur in enige

posisie te speel waar Afrigter Bob haar nodig gehad het, en om

ʼn positiewe houding daaroor te hê. As sy net in die

middelveldposisie wou speel en nie ʼn goeie gesindheid daaroor

gehad het nie, sou dit die res van die span aftrek. Die span

moes leer om saam te werk.

Onthou Dit

Ons is God se werkspan.

1 Korintiërs 3:9

Vra Dit

Liewe Heer, help my om bereid te wees om saam te werk en te

sien dat ek ander moet dien en nie net moet dink aan wat ek

self wil hê nie. AMEN

Doen Dit

Kies een ding om vandag te doen:

Kies iemand wat nooit gekies word nie, om in jou span te

speel, al is die persoon nie die beste nie.

Page 64: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

Help ʼn maat met hul skoolwerk.

Page 65: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

AANBID SAAM

Dag 36: Aanbid saam weekliks

“Wat doen ek?”

Lees Dit

Jannie se pa moes laat werk en kon hom nie na sy

rugbywedstryd toe neem nie. Sy ma forseer hom om kos te eet

waarvan hy nie hou nie, en boonop het hy baie huiswerk en

kan nie TV kyk nie. Jannie is teleurgesteld en kan nie die Here

loof en prys nie. Selfs al is hy nie gelukkig nie, is daar sekere

dinge wat hy kan doen om God te loof en prys. Alles wat ons

doen wat God plesier, is ʼn vorm van aanbidding tot God.

Jannie moet daaraan herinner word dat as ons God loof en

prys, gee dit ons die mag om gelukkig te wees, selfs al gaan

dinge verkeerd.

Onthou Dit

Jy mag elke week vir ses dae lank werk, maar op die sewende

dag moet alle werk tot stilstand kom. Dit is die Here se

Sabbatdag van volledige rus. Dit is ʼn heilige dag om bymekaar

te kom vir aanbidding.

Levitikus 23:3

Vra Dit

Liewe Heer, help my om U in my gedagtes en handelinge te

plesier. Help my om U te dank, selfs wanneer ek nie so voel

nie. AMEN

Doen Dit

Selfs al praat ons net van God, is dit ʼn vorm van aanbidding.

Aanbidding is baie meer as net musiek. Maak ʼn lysie van hoe

jou optrede kan wys hoe jy God aanbid.

__________________________________________________

__________________________________________________

_________________________________________________

Page 66: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

AANBID SAAM

Dag 37: Berei jou hart voor vir aanbidding

“Het ek ʼn gaatjie in my tand?”

Lees Dit

John moes tandarts toe gaan. Die tandarts het X-straal plate

geneem en gesien dat hy ʼn gaatjie in een van sy tande het.

Hulle het ʼn afspraak gemaak sodat die dokter die volgende dag

die gaatjie kon vul. John het probeer om nie te veel daaraan te

dink nie, maar die tyd het al nader gekom. Hy was baie bang,

so hy het met sy ouers gepraat en hulle het aan hom

verduidelik wat die tandarts sou doen. Na dit aan hom

verduidelik is, het John gedink dat dit darem nie so erg klink

nie. Omdat hy met sy ouers daaroor gesels het, kon hy homself

daarop voorberei vir wat sou gebeur.

Onthou Dit

Hy (Rehoboam) het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie

met sy hele hart na die wil van die Here gevra nie.

2 Kronieke 12:14

Vra Dit

Liewe Heer, ek vra dat U my moet help om my hart en my

verstand reg te hê om U te aanbid. Help my asseblief om U te

aanbid in alles wat ek doen. AMEN

Doen Dit

Net soos wat John sy hart en gedagtes moes regkry vir die

tandartsbesoek, wil God hê dat ons ons harte en gedagtes moes

regkry om Hom te aanbid. Skryf twee dinge neer wat jy kan

doen om God te aanbid en deel hierdie idees met jou ouers.

1._________________________________________________

2._________________________________________________

Page 67: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

AANBID SAAM

Dag 38: Bid saam

“Nee, nie reën nie!”

Lees Dit

Pieter se buitenshuise verjaardagpartytjie sou binne ʼn paar dae

wees. Hy het oor die nuus gehoor dat dit veronderstel was om

te reën op die dag van sy verjaardag. Hy het gebid en vir God

gevra om dit nie te laat reën op sy spesiale dag nie. Hy was toe

baie ontsteld toe dit wel gereën het op sy partytjiedag.

Dieselfde dag wat Pieter gebid het dat dit nie moet reën nie, het

ʼn boer ʼn paar myl daarvandaan gebid vir reën vir sy gewasse

op die land. God antwoord nie altyd ons gebede op die manier

wat ons wil hê dat Hy dit moet doen nie, maar Hy sien om na

ons almal se belange.

Onthou Dit

Hulle het almal saam aanhou bid.

Handelinge 1:14

Vra Dit

Liewe Heer, baie dankie dat U daar is wanneer ek in gebed met

U praat. Help my asseblief om te onthou dat ek enige tyd na U

toe kan kom en dat U altyd sal luister. AMEN

Doen Dit

Plaas tyd in die oggend en in die aand opsy om te bid. Deel jou

gedagtes en versoeke in jou eie woorde met God. Bid vir jou

ouers, broers en susters, onderwysers, maats en afrigters. Vra

jou ouers of julle as ʼn gesin kan saambid. Voor julle bid, laat

elke gesinslid ʼn gebedsversoek inhandig. Skryf dit neer en kyk

hoe God elke gebedsversoek op sy eie tyd beantwoord.

Page 68: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

AANBID SAAM

Dag 39: Gee julle offerande saam

“Garage Sale”

Lees Dit

Tjaart en Karel het gehoor van kinders wat nooit

Kersfeespersente kry nie. Hulle wou graag ekstra geld gemaak

het om vir hierdie kinders Kersgeskenke te koop. Hulle het

besluit om ʼn “Garage sale” te hou. Hulle het deur hul kaste en

onder hul beddens gekyk; al hul goed uitgesorteer en toe

besluit wat hulle wou verkoop. Dit was harde werk, maar hulle

het hulself herinner aan waarvoor hulle so hard werk en hoe

hulle sou gevoel het as hulle nooit enige Kersgeskenke gekry

het nie.

Onthou Dit

Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis

iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings

plaasvind wanneer ek kom nie.

1 Korintiërs 16:2

Vra Dit

Liewe Heer, maak my bereid om elke week ʼn offerande aan U

te bring. Help my om te dink aan maniere hoe ek geld kan

verdien om aan andere te gee. AMEN

Doen Dit

Vra jou ouers wat jy kan doen om geld te verdien om as

offerande te gee, en doen dit dan.

Page 69: Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir

AANBID SAAM

Dag 40: Aanbid God Saam

“Het ons dit gemaak?”

Lees Dit

Annet en Petra was senuagtig en opgewonde om te sien of

hulle die oudisies vir hul skooldrama geslaag het. Hulle het

hulle woorde vir maande geoefen en die dag wat die spelers

aangekondig sou word, het gearriveer. Hulle het so vinnig as

moontlik skool toe gehardloop om te kyk of hulle name op die

lys was. Altwee was suksesvol! Toe hulle hul name op die lys

sien, het hulle opgewonde rondgespring en dit saam gevier.

Onthou Dit

Nee, laat die heilige Gees julle lewe vol maak terwyl julle saam

psalms en lofgesange en geestelike liedere sing. Sing en jubel

met julle hele hart tot eer van die Here.

Efesiërs 5:19

Vra Dit

Liewe Heer, help my om U te prys en te dank vir alles wat U

vir my doen en in my lewe bewerkstellig. Dankie vir my

familie en vriende. AMEN

Doen Dit

God wil hê dat ons Hom saam moet prys. Skryf die goeie dinge

neer wat God vir jou doen. Prys hom nou daarvoor.