39
LU 4: SKRYF GRAAD 12 EERSTE ADDISIONELE TAAL: VERSKILLENDE SKRYFTEKSTE WAT ONDERRIG EN GEPRODUSEER MOET WORD: AFDELING A: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B: KREATIEWE TEKSTE AFDELING C: NASLAAN- EN INFORMATIEWE TEKSTE

LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

  • Upload
    vutram

  • View
    262

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

LU 4: SKRYF

GRAAD 12

EERSTE ADDISIONELE TAAL:

VERSKILLENDE SKRYFTEKSTE WAT

ONDERRIG EN GEPRODUSEER MOET WORD:

AFDELING A: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B: KREATIEWE TEKSTE

AFDELING C: NASLAAN- EN INFORMATIEWE TEKSTE

Page 2: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

2

AFDELING A

TRANSAKSIONELE TEKSTE

Invul van vorms

Brosjures

Advertensies

Strooibiljette

E-pos boodskappe

Formele briewe

Memoranda

Fakse

Huldeblyke en Gelukwensings

Dialoë

Kort teksboodskappe (SMS)

Poskaarte

Uitnodigings

Verslae

Vriendskaplike briewe

Resensies

Koerantberigte

Informele briewe aan die pers

Toesprake

‘n CD-omslag

Page 3: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

3

AFDELING B

KREATIEWE TEKSTE

OPSTELLE:

Verhalend

Beskrywend

Feitelik

Visuele tekste

AFDELING C

NASLAAN- EN INFORMATIEWE TEKSTE

Aanwysings

Instruksies / verduidelikings / resepte

Diagramme, grafieke, tabelle

Opsommings

Kopkaarte en vloeidiagramme

Boekresensies en filmresensies

Dagboekinskrywings

Page 4: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

4

LEERUITKOMS 4:

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

DIE INVUL VAN VORMS

‘n Mens moet gereeld vorms invul, dus moet hierdie vaardigheid aangeleer

word. Voorbeelde van bankdepositostrokies word hier gegee, as voorbeeld.

Wenke:

1. Lees eers al die aanwysings en kyk na die vorm voordat jy begin skryf.

2. Vul eers die vorm in potlood in sodat jy die foute kan uitvee. (met

depositostrokies kan jy ‘n ekstra een neem en eers inoefen, totdat jy

daaraan gewoond word.

3. Gebruik verkieslik ‘n swart pen om die vorm finaal in te vul.

4. Sommige dele van die vorm moet in BLOKLETTERS voltooi word. Dit

beteken jy moet dit in hoofletters invul.

5. Sorg dat jy jou bankdetails, rekeningnommers, geboortedatum, adres,

poskode en identiteitsnommer ken of dat jy die inligting in ‘n sakboekie

by jou het.

Teken hier in as jy Die Tiener teen afslagprys wil koop

Voltooi die vorm en pos aan: Die Tiener, Posbus 2233, Standerton, 2526

Titel:........................................... Voorletters...................................................

Van....................................................................................................................

Adres....................................................................................................................................

.....................................................................................(Poskode).......................................

Tel. Kode en nommer: (H)...............................................................

Selfoon:....................................................... e-pos...............................................................

ID-nommer...........................................................................................................................

Handtekening.....................................................................................................................

BETALING: Ek sluit ’n tjek/posorder uitgemaak aan Die Tiener vir R167.80 in

Page 5: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

5

Page 6: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

6

BROSJURES

Page 7: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

7

Voorbeeld van ‘n brosjure

Page 8: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

8

BROSJURES, ADVERTENSIES, STROOIBILJETTE

Wanneer jy ‘n brosjure opstel, is dit belangrik dat jy weet dat ‘n brosjure baie

vollediger is as ‘n advertensie.

Jou brosjure moet interessant, prikkelend en met baie foto’s en of illustrasies

wees.

Afhangende van waarvoor jy ‘n brosjure opstel, moet jy die nodige inligting

verskaf wat dit vir die voornemende kliënt makliker maak om die maatskappy

te kontak, of die produk maklik te kan aanskaf.

‘n Brosjure gee ook die nodige inligting oor die prys van die produk wat

aangebied word, telefoonnommers, ens.

L.W.: Moenie in die eksamen te veel tyd gebruik vir die uitleg en versiering

nie: die punte word toegeken vir die inhoud, d.w.s. die geskrewe deel.

Die meeste mense wil graag ryk, gelukkig (veral in die gesinslewe), aantreklik vir die teenoorgestelde

geslag, besonder manlike óf vroulik, verskillend en anders, eksklusief en meerderwaardig wees. Buit

hierdie begeertes uit!

GEBRUIK DIE ABBA-MODEL:

AANDAG: Sorg vir ‘n treffende opskrif wat dadelik die aandrag trek.

BEGEERTE: Speel op jou teikenmark se gevoel en gewete.

BELANGSTELLING: Dink na oor jou lesers se belangstellings en buit dit

uit.

AKSIE: Laat hulle voel hulle moet dadelik optree, anders is dit te laat.

In die Tweede Addisionele Taal se Modelvraestel is die volgende riglyne vir

die leerders gegee: (Hulle moes ‘n selfoon adverteer.)

Dink aan:

Watter gratis voordele word aangebied

Die unieke kenmerke van die foon

Die koste (bv. Om dit aan te koop en ook die maandelikse koste)

Waarom dit die beste foon op die mark is.

Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool bekend te stel. Dink aan:

Page 9: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

9

Waar die skool geleë is

Wat op akademiese vlak aangebied word aangebied word

Die redes waarom die skool ‘n goeie keuse vir toekomstige leerders is

Die kontakbesonderhede en datum wanneer aansoek gedoen moet

word.

KENMERKE VAN DIE BROSJURE:

Is dit aantreklik en lyk dit lekker om te lees?

Is die prente ek teks goed saamgevoeg?

Het dit ‘n titel wat pas by die inhoud?

Is daar onderopskrifte?

Is daar paragrawe wat verskillende onderwerpe het?

Is daar prente en diagramme?

Is die taal maklik om te lees en te verstaan?

Is die sinne kort en vol inligting?

RIGLYNE:

BROSJURE

Kan feitelik of ‘n verbeeldingryke aanbieding wees

Wees spesifiek: feite moet duidelik wees

Wees saaklik: sinne moet duidelik wees

Woordkeuse moet interessant en effektief wees.

ADVERTENSIE

Wees spesifiek. Feite moet duidelik wees.

Wees saaklik. Sinne moet kort, duidelik en treffend wees. Lang sinne

verloor die leser se aandag.

Die taal en styl moet by die soort advertensie pas.

Jou woordkeuse moet interessant en effektief wees

Page 10: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

10

Voorbeelde van advertensies

Page 11: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

11

Page 12: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

12

STROOIBILJET

Wenke moet aansluit by voornemens

Jou wenke moet mense laat voel dat jy vir hulle omgee.

Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik moet gepas wees

Dit kan stapsgewys aangebied word

Volsinne word gebruik: geen telegramstyl nie

Page 13: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

13

E-POS BOODKSKAPPE

WENKE:

To/Aan: Hier tik jy die e-posadres of naam (indien die persoon se naam reeds

op jou adreslys is) van die persoon aan wie jy die e-pos wil stuur.

Cc.: Indien jy die e-pos aan meer as een persoon stuur, kan jy die ander

persoon/persone se e-posadresse hier tik.

Subject/ Onderwerp: Hier tik jy die onderwerp waaroor jou e-pos handel. Die

onderwerpreël moet so kort en duidelik moontlik wees.

Hierna kan jy jou boodskap intik in die ruimte wat daarvoor verskaf word.

Moenie vergeet om te begin met ‘n aanhef en jou brief met ‘n goeie slot af te

sluit nie.

Dit is ook belangrik om soos gewoonlik in paragrawe te tik. Elke keer

wanneer jy van gedagtegang verander, verander jy ook van paragraaf.

Page 14: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

14

DIE FORMELE BRIEF

Die vorm van die brief moet korrek wees: adresse, datums, adresse

in blokformaat, inhoudsopskrif, gepaste slot.

Maak seker dat jy die doel van diebrief duidelik stel.

Sorg dat die inligting in die brief korrek is,

Skryf altyd kort en kragtig, maar baie beleefd.

Gebruik formele taal (woordeskat).

Spel korrek en gebruik die regte leestekens.

DIE FORMELE BRIEF Houtmanstraat 19 Houtbaai 7460 5 Februarie 2008 (laat ‘n reël oop) Die Posmeester Goodwood 1470 (laat ‘n reël oop) Geagte mnr. Du Toit (laat ‘n reël oop) ONGEREELDE AFLEWERING VAN POS (laat ‘n reël oop) Ons pos word nie gereeld afgelewer nie en word telkens in ons bure se posbus gegooi, al word nie nommer van ons huis voor op die muur ten toon gestel. Dit is duidelik dat die posman wat ons pos aflewer, nog nie daaraan gewoond is dat ons nuwe intrekkers is en dat die van nou verskillend is nie. Ons pos is wel korrek geadresseer. Ek wil graag voorstel dat u dit onder die posman se aandag sal bring dat ons nuwe intrekkers is, sodat hy aan die nuwe van gewoond kan raak. My ouers sal hom ook graag wil ontmoet, sodat alle misverstande uit die weg geruim kan word. Ek hoop dat die saak spoedig aandag sal geniet. By voorbaat dankie. Die uwe ………………………….. (In duidelike leesbare skrif) Mej./Mev./Me. Voorletters en van. L.W.: ‘n Man skryf NOOIT Mnr. Vooraf nie. Dr., Ds., Prof. ens word wel gebruik.

Page 15: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

15

INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS

‘n Informele brief aan die pers gaan nie, soos met gewone briewe aan die

pers, aan die redakteur van die koerant of tydskrif nie. Jy reageer gewoonlik

op ‘n spesifieke rubriek, waarin jy genooi word om aan die persoon te skryf.

‘n Voorbeeld hiervan is wanneer jy rubriek in die koerant of tydskrif is waarin

jy genooi word om jou probleem aan die persoon stel en dan word dit in die

koerant of tydskrif gepubliseer en beantwoord. Jy kan ook in reaksie op so ‘n

brief antwoord en jou eie opinie gee.

Wanneer jy so ‘n brief skryf, gebruik jy gewoonlik ‘n skuilnaam.

Die verskil tussen hierdie brief en die gewone brief aan die pers waar jy aan

die redakteur skryf, is dat jy wel die persoon aan wie jy skryf, aanspreek,

terwyl jy dit nie doen in die formele brief aan die pers nie.

RIGLYNE:

Die vorm van die brief is korrek: adres, datum, geadresseerde in

blokformaat teen die linkerkantlyn, slot.

Toonaard, register en styl is gepas.

Die saak word kort en saaklik gestel.

Die gedagtes,vrae of argumente moet logies georden wees.

Vra vir dr. Phil

Het jy ‘n probleem?

Skryf aan dr. Phil, Rapport,

Posbus 8945, Kaapstad, 8000

Ek is vyftien en in gr. 9 en ek is verlief op ‘n meisie

in my klas. Die probleem is dat ek uitgaan met ‘n

meisie in graad 8 en ek voel te sleg om die

verhouding te beëindig, want ek het belowe ek sal

altyd vir haar lief wees. Dinge tussen ons is nie

meer soos dit aan die begin was nie, maar belofte

maak skuld.

Wat moet ek doen?

Verlief en ongelukkig

Page 16: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

16

‘N MEMORANDUM

‘n Memo (interne memorandum) bestaan gewoonlik uit die volgende:

NAAM van die organisasie boaan

MEMO onder die naam van die organisasie

AAN: Gee die titel of die naam van die persoon aan wie die memo gerig is

VAN: Gee die titel of die naam van die persoon wat die memo skryf

DATUM: Gee die volle datum, dag, maand, jaar.

ONDERWERP OF INSAKE: Skryf die onderwerp in hoofletters.

Hierna volg die inhoud. Wees kort en bondig, maar skryf in volsinne.

Let op: daar is gewoonlik geen aanhef, bv. “Geagte Kollegas” nie.

Laat ‘n reël oop na die laaste en paragraaf en onderteken

MEMO

NAAM VAN MAATSKAPPY:…………………………………………………………………………

AAN:…………………………………………………………………………………………………….

VAN:…………………………………………………………………………………………………….

DATUM:………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………

ONDERWERP:…………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………

Page 17: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

17

‘N FAKS

As ‘n mens ‘n faks stuur, moet jy die volgende in gedagte hou: Op die dekblad (cover

page) moet jy die nodige inligting gee: Aan wie; faksnommer; van wie; faksnommer;

datum; aantal bladsye wat weggestuur word; die boodskap en die telefoonnommer van

die sender.

Die dekblad word dus die eerste blad wat gefaks word en daarna volg die dokument, of

dokumente wat jy wil faks.

FAKSBOODSKAP

Datum:

Aan:

Tel:

Faks:

Van:

Tel:

Faks:

Aantal bladsye (insluitende hierdie

een):

BOODSKAP:

Page 18: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

18

HULDEBLYKE OF GELUKWENSING

Begin met ‘n kort inleidingsparagrafie wat die mense se aandag sal trek.

Hoekom sal die persoon onthou word of is hy/sy ‘n gewilde of geliefde persoon?

Haal die persoon se tipiese sêgoed of uitsprake aan.

Wat het die persoon van hom- of haarself gesê?

Wat het die ander mense van die persoon gesê

Wat sal jy die beste van die persoon onthou?

Watter invloed het die persoon op jou lewe gehad?

Gebruik ‘n beeld waamee jy die persoon kan vergelyk, bv. ‘n anker in ander se

lewens; ‘n ligdraer wat die pad vir ander aangewys het, ‘n ligdraer, rots,

steunpilaar…

Onthou dat jou slotparagraaf jou huldeblyk treffend moet afsluit.

Die volgende is van die huldeblyke geskryf na die dood van Taliep Petersen op die

webtuiste: www.mnet.co.za en een op litnet vir Johannes Kerkorrel:

Mynie Grové

Mens kan nie stilbly oor Taliep nie. Ek was vir hom lief soos 'n broer, my broer van 'n ander moeder. Hy het vir my soveel dinge in die lewe geleer en wat my die meeste van hom getref het, was sy spiritualiteit. Hy leef so na-aan sy Skepper - voor elke Idols-beoordeling het hy altyd gebid vir die regte woorde en dat hy nie iets sal sê wat ander sal seermaak nie. Taliep was egter ook nie 'n mens wat agter elke bos uitgekom het nie. Hy kon lekker argumenteer en sou jou presies sê wat hy dink. Die hartseer ding was dat soveel mense hom net as die Idols-beoordelaar ken en nie as die sanger en vermaaklikheidster wat hy was nie. Hy het regtig die vermoë gehad om jou in te trek...of hy met jou praat en of hy vir jou sing. Hy was nooit skaam om raad te vra nie en was een van die nederigste mense wat ek geken het. Taliep het soveel vir sy gemeenskap gedoen. Een ding wat my altyd sal bybly is toe ek, na jare, na Idols 'n potloodskets vir Deon en Taliep van hulleself gemaak het. Ek het met Taliep se familie gereël om dit op sy bed te los. Hy was so verbaas! Geen pleister kan die gaatjie of die sny toemaak nie. Hy was so 'n unieke mens. Dit gaan vir my baie moeilik wees om enigiets in my loopbaan te doen, sonder om aan Boetie Taliep te dink.

David Kramer

Die pyn oor die nuus van die moord op my beste vriend word op die oomblik al hoe groter en ek sukkel net om te aanvaar dat dit alles waar is. As 'n mens sulke nuus kry, is die eerste reaksie absolute skok. Jy kan dit eers nie verstaan nie. Dan kom daar so 'n dooie gevoel oor jou en dis eers later dat jy begin besef wat gebeur het. Die pyn word op die oomblik net groter. Dis 'n baie emosionele en moeilike tyd vir ons. Ons musikale vennootskap strek 20 jaar terug na die musiekblyspel District Six, wat in 1986 die eerste keer opgevoer is. Taliep was my beste vriend. Hy het my in sy vertroue geneem en ek het op hom vertrou. Ons was baie na aan mekaar. En ons het saam musiek gemaak . . . Ek het Petersen verlede week vir die laaste keer gesien kort voordat hy Woensdag teruggevlieg het Suid-Afrika toe nadat hy Maandagaand Ghoema se openingsaand in Londen bygewoon het.

Page 19: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

19

Is dit nie ironies dat ons mekaar die laaste keer gesien het by 'n openingsaand nie? Taliep sal wou hê dat ons voortgaan met Ghoema. Ghoema is 'n huldeblyk aan hom en ons sal dit opvoer met Taliep in ons harte.

*****************************

13 November 2002

HY HET “SKAAM” UIT AFRIKAANSE MUSIEK GEHAAL...

Ons het die man verloor wat bereid was om die “skaam” uit Afrikaanse musiek te haal — vir ons almal!

Jy sien nie meer Afrikaanssprekendes uit die hoeke van hul oogkaste al loerende op ’n

drafstap verby die Afrikaanse CD rakke glip nie. Nee almal besit deesdae ’n goeie CD of twee

— en is nie skaam om dit voor vriende of familie te speel, of hulle selfs probeer oortuig om ook te koop nie!

Vanaf die wilde dae van Voëlvry, tot die uiterste dieptes van Die Ander Kant. Dankie Johannes.

Ek gaan jou vreeslik mis, ou grote!

Pierre Wentzel

*****************************

DIALOOG

‘n Dialoog kan net interessant en boeiend wees as dit ‘n soort minidrama is: dit moet tot

‘n hoogtepunt oploop. Elke spreekbeurt moet dus funksioneel en ook karakteriserend

wees; anders is dit net ‘n gepratery.

Onthou van die toneelaanwysings. Dit word tussen hakies geplaas. In ‘n gedrukte

drama is dit altyd tussen hakies en skuinsgedruk.

DAWID: (Spring van die rusbank op) Jy het my mos bedrieg, Shaun!

XXXXX

SHAUN: (Loop na die tafel) Nee, Dawid, jy verstaan my verkeerd. Wat eintlik

gebeur het, is (aarselend)...hoe sal ek dit stel... (die deuklokkie lui.)

XXXX

ENGELA: Hallo, julle ouens! (Sy gooi haar sak op die tafel.)

Adinda Vermaak: OBOS Noord

XXXX = Laat ‘n reël oop na elke spreekbeurt.

Om jou dialoog netjies te laat lyk, skryf die sprekers se name onder mekaar en die

dubbelpunte direk onder die langste naam, sodat alles netjies onder mekaar

staan.

Page 20: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

20

KORT TEKSBOODKSAPPE (SMS)

Almal kommunikeer deesdae deur middel van SMS-boodskappe. Dit is maklik, aangesien

feitlik almal deesdae ‘n selfoon besit, en ook goedkoop. Jy kry gewoonlik ook

onmiddellike reaksie van die persoon aan wie jy die teksboodskap stuur.

Ook hier moet die styl en register in gedagte gehou word. Jy sal nie in dieselfde styl ‘n

boodskap aan jou ma stuur as aan jou vriend/-in nie.

Gebruik ook liefs goeie beeldende, maar kriptiese taal vir jou boodskappe. Onthou nie

almal verstaan die sms-taal wat deesdae gebruik word nie en dit sal nie aanvaarbaar

wees vir assessering nie.

POSKAARTE Poskaarte word deesdae al hoe minder gebruik, aangesien die tegnologie dit vir mense

baie maklik maak om mense onmiddellik te kontak. In plaas van ‘n poskaart kan ek mos

maar eerder ‘n foto of video neem van die plek waar ek kuier en dit na my maat mms. Of

ek kan doodgewoon ‘n sms aan my maat stuur en onmiddellik ‘n respons verwag.

Wanneer ‘n mens egter in die buiteland kuier en jou selfoon nie internasionaal

gekonnekteer is nie, is ‘n poskaart van die besienswaardighede in die land waar jy kuier

tog ‘n aangename manier om met jou vriende te kommunikeer.

Skryf die boodskap in die linkerhelfte van die poskaart, beplan sodat jy 100 woorde

maklik in die ruimte sal kan inpas. Die adres van maat kom aan die regterkant en dit is

ook waar jy die posseël plak.

Page 21: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

21

Dit is ook hier weer belangrik dat jy aan jou teikenleser dink. As dit aan jou maat is, is die

toon en styl informeel, maar indien jy die poskaart aan jou onderwyseres skryf wat vir jou

gehelp het met die beplanning van jou oorsese reis, sal dit beslis meer formeel wees.

UITNODIGINGSKAARTJIES

Hier kan ‘n mens baie kreatief wees. Jy kan jou kaartjies op verskillende maniere ontwerp. Die ontwerp en kleure kan

met die tema verband hou. Dui die kleredrag aan: formeel, semi-formeel of slenterdrag. Dui aan hoeveel uitgenooi word (per kaartjie). Dui die tyd, datum, plek aan. As dit ter wille van fondsinsameling is, dui die prys aan en stipuleer ook ten bate

waarvan die fondse aangewend gaan word. Die RSVP op die uitnodigingskaartjie is ‘n Franse woord wat beteken antwoord

terug op of voor die datum wat aangedui word.

VERSLAE: FORMEEL EN INFORMEEL Die doel van die formele verslag is om die bevindinge wat na aanleiding van ‘n

ondersoek gemaak is, bekend te maak. Hierdie bevindinge word op feite gebaseer.

Die styl en toonaard is formeel.

Alle inligting moet baie duidelik en netjies uiteengesit word, onder hofies en

subhofies.

Aan die einde moet aanbevelings gemaak word, na aanleiding van gevolgtrekkings.

Verslag oor bv. ‘n ongeluk wat jy gesien gebeur het (ook ‘n formele verslag)

Alle moontlike feite moet daarin voorkom

Gee net feite, nie opinies nie

Die datum,tyd en plek moet in fyn besonderhede neergeskryf word.

Teken ‘n eenvoudige prentjie met byskrifte om te wys wat gebeur het, bv.

1. Wit VW Golf ry oor rooi verkeerslig.

2. Ek is in rooi Yaris met een passasier

3. Ek kon nie betyds stop nie

4. Ek het 65km per uur gery

5. Golf tref die Yaris se passasierskant by die agterste deur.

Maak seker dat jy jou naam en kontaknommer skryf en jou handtekening maak.

Laat ooggetuies ook teken of hulle telefoonnommers neerskryf.

‘n Informele verslag, het ‘n meer informele styl en toonaard. Die skool se sportspanne

het bv. gedurende die vakansie gaan toer en die spankaptein moet nou ‘n verslag

voorberei om by die byeenkoms aan die begin van die nuwe kwartaal aan te bied.

So ‘n verslag sal o.a. insluit:

al die wedstryde wat gespeel is,

watter gewen is en watter verloor is.

komiese gevalletjies, aangesien so ‘n toer hom leen tot baie aangename

ondervindings, snaaksighede en poetsbakkery.

Page 22: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

22

Dit is egter belangrik dat die verslag pittig en gebalanseerd moet wees, en ‘n goeie

weergawe wees van wat gebeur het, sonder onnodige lang verduidelikings.

VRIENDSKAPLIKE BRIEF

Ten spyte van die TOENEMENDE GEBRUIK van e-pos, bly briewe ‘n gewilde vorm van

kommunikasie.

Informele briewe word aan vriende, familielede en ander mense met wie on nie ‘n

formele verhouding het nie, geskryf. Die taal, styl en inhoud sê vir ons dat die skrywer en

ontvanger mekaar redelik goed ken.

Sorg dat:

Die vorm van die brief korrek is: adres, datum, slot.

Die aanspreekvorm gepas is

Die toonaard, register en styl gepas is (die brief sal anders klink as jy vir jou ouma

skryf en as jy vir jou beste vriendin skryf)

Die kommunikasie natuurlik en spontaan is.

TYDSKRIF EN KOERANTARTIKELS

DIE KOERANTBERIG

Dit bestaan uit verskillende dele, naamlik die titel; die inleidingsparagraaf die daaropvolgende paragrawe die slot [wat die essensie opsom]

Die titel moet kernagtig en prikkelend wees. moet slegs die kern deurgee. moet liefs ‘n werkwoord bevat of ‘n werkwoord impliseer. Die lettertipe moet groter as die res van die berig wees. moet met die berig verband hou.

Die inleidingsparagraaf Gee die hooffeite van die berig in ‘n neutedop. Die volgende vrae word beantwoord: wat (het gebeur)? wie (is betrokke)? waar (het dit gebeur) wanneer (het dit plaasgevind)?

Page 23: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

23

Die res van die berig Oorsaak en gevolg word ondersoek – die hoekom of waarom.

Wenke vir skryf van goeie koerantberigte Haal sprekers aan om die berig interessant te maak. Skryf liefs in die bedrywende vorm. Feite moet akkuraat wees. Wees objektief. Vermy irrelevante inligting. Proeflees [om te verseker dat jou feite akkuraat en taal-, spel- en

interpunksiefoute uitgeskakel is. Gebruik foto’s – dit verleen geloofwaardigheid aan die berig.

Koerantartikel: UIT: Rapport, 31 Mei 2009

Page 24: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

24

Tydskrifartikel: UIT: Huistenoot, 14 Mei 2009

Page 25: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

25

TOESPRAKE

Toesprake word vir verskillende doeleindes gebruik. Dink maar aan die toesprake by

troues, verjaarsdagpartytjies, afskeidsfunksies, ens. Dit kan gebruik word om die gehoor

te vermaak, te motiveer, te oorreed. Dit kan ‘n formele of informele aanslag het.

Wenke om ‘n effektiewe toespraak voor te berei

Neem die agtergrond van die gehoor en die doel van die vergadering in ag. Jou onderwerp moet die gehoor fassineer of verras. Jou inleiding moet treffend wees en die gehoor onmiddellik ontvanklik maak vir

die res van die toespraak. Vermy geykte en holruggeryde inleidings soos: “My toespraak handel oor.../Ek wil

met u praat oor…../Ek groet almal hier teenwoordig...” Sommige onderwerpe vereis dat jy navorsing moet doen!!. Jou slot moet treffend en definitief die hoogtepunt wees en nog lank in die

gedagtes van jou gehoor kan luimer. Oefen jou toespraak en moenie bang wees om te verander waar dit nodig is nie!

‘n CD-OMSLAG

‘n CD-omslag moet dadelik die oog vang. Wees dus so oorspronklik en kreatief as

moontlik.

Plaas die onderwerp / inligting in ‘n plastiek CD-omslag of plak al drie dele

afsonderlik op ‘n A4-bladsy.

RIGLYNE:

VOOR

Die naam van die CD

Die naam van die

kunstenaar

Die naam van die

produksiemaatskappy

(klein logo)

‘n foto of CD-ontwerp

BINNE

‘n kort boodskap van

die kunstenaar

Bedankings deur die

kunstenaar

Name van die

kunstenaars wat die

musiek verskaf het

(orkeslede)

AGTER

Die name van al die

snitte op die CD

Weed die naam van die

produksiemaatskappy

UIT: KOSMOS : KLEINHANS, E.A. : NASAU VIA AFRIKA ; 2007

Page 26: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

26

AFDELING B:

KREATIEWE TEKSTE

OPSTELLE:

VERHALEND Hou die volgende in gedagte:

Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word.

Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.

Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; daarom is die

inhoud samehangend.

Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.

Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd, bv. wie vertel jou

verhaal, ‘n tiener, bejaarde, bekommerde moeder, ‘n dwelmverslaafde?

Die toon, register en styl is gepas moet dus goed by bogenoemde aansluit.

BESKRYWEND Adinda Vermaak sê: Moenie beskryf nie, wys eerder. Vermy lang, vervelige en vae

beskrywings en te veel byvoeglike naamwoorde, soos :”Die partytjie was absoluut

fantasties en sy het verskriklik mooi gelyk in haar pragtige, lang silwer rok. En die kos

was heerlik smaaklik.”

Jou leser sal ook eerder meer wil weet van ‘n karakter eienaardige gewoontes en of

sêgoed, eerder as haar voorkoms (kleur oë, golwende, donker hare, en slanke lyfie).

Goeie skryfwerk gaan nie oor belangrike dramatiese gebeure nie. Dit gaan eerder oor

fyn waarneming van besonderhede, wat jou beskrywing outentiek en eg sal maak. Wees

wakker, wees nuuskierig oor en veral sensitief vir alles en almal om jou.

Die Gr. 11 voorbeeldvraestel vra dat die volgende in gedagte gehou word:

Waarnemings met al vyf sintuie wat goeie woordeskat vereis

Die sinvolheid van jou eie begrip en eie belewing (gewaarwordinge) – d.w.s. hoe jy die

lewe of ‘n situasie beleef, is baie belangrik en jy moet daaraan aandag skenk.

Verskerp so jou eie warnemingsvermoë, dink daaroor na sodat jy daaroor kan skryf.

Tekste kan varieer van meer realisties na ‘n verdieping in waarneming en aanbieding.

Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.

Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.

Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.

FEITELIK Die feitelike skryfstuk moet aan die volgende vereistes voldoen:

Dit moet ooglopend op navorsing gebaseer wees.

Die navorsing moet tot sinvolle argumente en gevolgtrekkings lei.

Page 27: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

27

Paragrafering is belangrik ten opsigte van die afbakening van argumente.

Die inleidende paragraaf moet sonder omhaal stel waaroor die skryfstuk handel.

Die slotparagraaf is ‘n gevolgtrekking wat op die argumente en feite berus.

Standpuntstelling moet onomwonde gedoen word, d.w.s. jy het, na aanleiding van die

kennis wat jy deur navorsing opgedoen het, ‘n standpunt ingeneem.

‘n Betogende styl is ontoelaatbaar.

Taalgebruik kan vakterminologie insluit, maar dit moenie vreemd vir die teikengroep

wees nie.

Gesinstydskrifte word nie as bronne beskou nie.

Vaktydskrifte moet in die bronnelys erken word. Verwerk uit: Piekfyn Afrikaans, Gr. 12 : VOSLOO, E.A., Best Books, 2007

VISUELE TEKSTE

Hou die volgende in gedagte betreffende visuele prikkels:

Die prikkels leen hulle tot verskillende aanbiedings. Dit hang dus af hoe die visuele

prikkel jou raak, watter gevoelens en gewaarwordings by jou wakker gemaak word.

Dit mag bv. jou ook herinner in inligting / kennis wat jy reeds het en wat, na aanleiding

van die prikkel in ‘n opstel omskep kan word.

Onthou dat daar egter slegs oor EEN prikkel geskryf kan word.

Jou opstel kan dus verhalend / beskrywend / beredenerend wees

Dit kan ‘n feitelike opstel word na aanleiding van navorsing wat jy reeds gedoen het.

Onhou, al die riglyne vir die skryf van ‘n feitelike opstel geld dan hier.

Dit kan ook ‘n betogende opstel wees: ‘n Gebalanseerde, objektiewe standpunt word

hier ingeneem.

Bespiegelende opstel: ‘n Emosionele respons op ‘n prikkel word hier aangebied. Die

probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf. Die onderwerp word bepeins,

oordink. Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg en ‘n eie mening word

gevorm op ‘n logiese en sistematiese manier.

Page 28: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

28

Page 29: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

29

AFDELING C

NASLAAN- EN INFORMATIEWE TEKSTE:

AANWYSINGS

Page 30: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

30

Jou vriendin kuier by familie by Gert van Rooyenrylaan 35, Welgelegen. Jou pa is

bereid om jou te neem tot by N1 Stad Inkopiestentrum en haar pa is bereid om

haar tot daar te bring. Verduidelik nou mooi aan haar hoe hulle moet ry om by N1

Stad te kom van waar sy bly.

INSTRUKSIES By aanwysings en instruksies is die volgende riglyne belangrik:

Gebruik eenvoudige en verstaanbare taal.

Instruksies is gewoonlik in die imperatiefvorm (bevelvorm). Begin met die

werkwoord.

Maak seker dat jou instruksies in die korrekte volgorde gegee word.

Alles moet duidelik en logies verduidelik word.

Instruksies en aanwysings is altyd in die teenwoordige tyd.

Instruksies kan ook genommer word sodat dit maklik is om dit te volg.

OPDRAG: Jy gaan nie betyds by die huis wees om Sewende Laan op SABC 2 te kyk nie

en die tydopnemer is buite werking. Jy vra jou ma om dit te doen, maar sy is tegnologies

gestremd. Skryf vir haar die instruksies neer.

(Let op die verskil tussen die volgende twee antwoorde. Dit is duidelik om te sien watter

een sal die gewenste uitwerking hê!)

Plaas die band in die videobandopnemer.

Druk die terugspeelknoppie en wag totdat die band klaar teruggespeel het.

Verander die TV-kanaal na SABC 2.

Druk die opneemknoppie. Die opneemknoppie is die rooi knoppie in die boonste

linkerkantse hoek.

Maak seker dat die opneemliggie aan is.

Druk die stopknoppie wanneer die program voltooi is.

Ma. Kom ons kyk of ons dit hierdie keer regkry. Ek wil tog nie weer vir Sewende

Laan soos verlede keer mis nie. Ma moet die videoband in die videobandopnemer

plaas en die opneemknoppie druk. Dit is die klein rooi knoppie effens links van die

speelknoppie wat soos ‘n Smartie met ‘n pyltjie op, lyk – jy kan dit nie miskyk nie.

Ek dink, die stopknoppie is net onderkant die speelknoppie. Terloops, moenie

vergeet om die band eers terug te speel nie en jy sal moontlik die TV-Kanaal ook

moet verander.

Page 31: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

31

DIE LEES VAN GRAFIESE TEKSTE

Een van die grootste gevare vir die voortbestaan van ons planeet is die

bevolkingsaanwas. Bestudeer bostaande grafiek van die totale Suid-Afrikaanse

bevolkingsyfers, uitgedruk in miljoene, vir die jare 1985 en 2000.

Wat is die belangrikste neiging as die syfers vir 1985 en 2000 vergelyk word?

Verduidelik hoekom die twee pyle verskillend lyk.

Met watter persentasie het die stedelike bevolking gegroei?

Met watter persentasie het die landelike bevolking verminder?

Skryf ‘n kort toespraak waarin jy minstens vyf redes gee waarom die bevolkingsaanwas

‘n probleem vir die voortbestaan van die planeet is. VERWERK UIT: RAAMWERK, GR. 11 EN 12 : ESTERHUYSEN, E.A. : MASKEW MILLER LONGMAN : 2005

Waneer daar van jou verwag word om feitelike inligting grafies voor te stel, bv. in ‘n

diagram, moet die volgende in gedagte gehou word:

Trek die diagram die leser se aandag? (wil jy dit lees of daarna kyk?)

Is daar balans tussen teks en grafiese materiaal?

Gee dit die leser belangrike inligting oor die onderwerp?

Is die uitleg logies en samehangend?

Bevat dit feitelike inligting van geloofwaardige bronne?

Is die diagram geredigeer vir taalfoute?

Is die taalgebruik en styl gepas vir die doel van die diagram?

Bestudeer die volgende grafiek oor die stygende petrolprys en

gebruik die inligting vir die skryf van ‘n bespiegelende opstel oor:

Die gebruik van publieke vervoer in Suid-Afrika Die misbruik / oorbenutting van hulpbronne

Saamryklubs word ‘n noodsaaklikheid

Page 32: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

32

RAPPORT: 10 Februarie 08

OPSOMMINGS By ‘n opsomming word die inhoud van ‘n gegewe teks in ‘n verkorte vorm – maar steeds

in vloeiende en samehangende sinne - weergegee.

Opsomming kan óf in paragraafvorm óf puntsgewys aangebied word.

Die doel daarvan is om die kernpunte of belangrikste inligting te identifiseer

Sakael beeldspraak en beskrywende woorde uit.

As dit oorspronklike teksdialoog bevat, gee dit in die indirekte rede weer.

Skryf hoofsaaklik in jou eie woorde.

Let op jou taalgebruik en leestekens

Lees die opdrag en instruksie deeglik deur voordat jy begin.

Riglyne of tegnieke vir ‘n opsomming Lees die teks sorgvuldig deur en sorg dat jy die inhoud verstaan.

Lees weer en onderstreep die hoofgedagtes / kernfeite.

Skryf eers die sinne rofweg deur, daarna kan jy woorde uithaal of byvoeg.

Skryf nou die kerngedagtes in goedgeformuleerde sinne.

Page 33: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

33

Probeer om by die vereiste getal woorde uit te kom (te min woorde beteken dat jy

waarskynlik kernfeite uitgelaat het).

Dui die aantal woorde wat jy gebruik het, tussen hakies aan. VERWERK UIT: KOSMOS : KLEINHANS, E.A. : NASAU VIA AFRIKA ; 2007

KOPKAARTE EN VLOEIDIAGRAMME

RIGLYNE:

Ontwikkeling / uitbreiding van tema / onderwerp met kernwoorde / kernfrases

Verdere ontwikkeling / uitbreiding van kernwoorde / kernfrases

Sinvolle skakeling tussen gedagtes

Samehangend en logies

Grafiese voorstelling van idees is treffend

Voorbeeld van ‘n diagram

Onderwerp: Suid-Afrika, my land!

Inleiding

Opinies oor Suid Afrika

Toerisme

Beroemde Suid-Afrikaner

Kulture

Slot

Kernwoordlyste is woorde wat met onderwerp verband hou:

Page 34: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

34

Onderwerp: Tegnologie verryk ons lewe!

Kernwoorde

Rekenaars; internet; webwerwe; blogs; kuberruimtes; e-pos;

kitsboodskappe; satellietverbindings; selfone; spoed; veilige verbindings;

elektroniese kommunikasie; data; videokonferensies; kletskamer; digitale

toerusting;

1.

Inleiding: Daagliks

eis ons paaie te

veel menselewens

6

Slot: Saam kan

ons ’n verskil

maak

4

Diere

3

Toestand van

taxi’s/voertuie/

paaie

2.Bestuurders:

dronk/ongelisen-

sieerd/roekeloos

Die dood op

ons paaie

5

Voetgangers

Page 35: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

35

STORIEKAART (bv. Vir ‘n verhalende opstel)

Karakters:

Agtergrond / ruimte

Motoriese moment

Reaksie / spanning

Doel

Gevolge

Ontknoping

Tema

Vloeikaart

Page 36: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

36

Boomkaart

------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------

------------------------------- --------------------------- ------------------------------

------------------------------- --------------------------- ------------------------------

------------------------------- --------------------------- -------------------------------

------------------------------- --------------------------- ------------------------------

RESENSIES (Filmresensies, boekresensies, CD-resensies, Elektroniese

Speletjieresensies)

Ons almal het al iewers ’n film- of boekresensie gelees. In’n resensie word boeke,

kunswerke, films, opvoerings, toneelspel, ensovoorts beoordeel of gekritiseer. Dit help

ons om beter insig te verkry.

In filmresensies kyk resensente krities na films en gee sekere inligting oor die film. Die

leser word ook aan- of afgeraai om die film te gaan kyk. Hou gerus die volgende in gedagte

wanneer jy ‘n filmresensie moet skryf:

Die titel van die resensie is ‘n samevatting van die inhoud en bevat reeds ‘n aanduiding van die resensent se mening oor die film.

Daarna skryf jy jou naam of skuilnaam. Dan volg die naam van die film, die name van die vernaamste akteurs en die

regisseur. In die meeste gevalle gebruik resensente ‘n evaluering, byvoorbeeld sterre of ‘n

punt uit 10. In die eerste paragraaf vind jy gewoonlik ‘n eerste of algemene indruk, of waarheid

oor die film, sowel as ‘n kort samevatting van die inhoud. Ander aspekte wat krities bespreek word, is:

-‘n meer uitgebreide bespreking van die inhoud – sonder om die “geheim” of

ontknoping te verklap.

-Die vertolking en gehalte van die spel van die akteurs.

- Fotografie of Kinematografie

- tegniese aspekte soos beligting, kostuums

Page 37: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

37

-Draaiboek en dialoog

-Musiek en klankeffekte

-Regie

-Tema (egtheid, lewensgetrouheid, geloofwaardigheid

-Lengte en tempo

Die slotparagraaf

bevat gewoonlik ‘n finale mening oor die rolprent of video dui aan of die resensent weer daarna sal kyk; Dui aan of hy die lesers aanraai of afraai om daarna te gaan kyk.

Night at the Museam 2

Regisseur: Shawn Levy Rolverdeling: Ben Stiller, Owen Wilson, Steve Coogan Genre: Komedie Vrystellingsdatum: 22 Mei In die opvolg op die 2006 lokettreffer, Night at the Museum, is Ben Stiller terug as Larry Daley – die lomp nagwag wat allerhande snaaksighede aan- vang agter geslote deure. Hierdie keer vind die aksie plaas by die Smithsonian Institute in Washington D.C., wat die grootste argief in die wêreld is met meer as 136 miljoen stukke in die versameling. Weer eens word Larry gekonfronteer met museumuitstallingswat lewendig word, insluitend sommige van die karakters van die vorige fliek, soos Jedediah (Owen Wilson) en Octavius (Steve Coogan). Toe sommige van sy vriende van die Natuurhistoriese Museum per ongeluk by die Smithsonian opdaag, besluit Larry dit is sy taak om hulle uit te kry. Sekere struikelblokke maak egter sy missie baie moeilik soos ’n Egiptiese Faro (Hank Azaria) en die Smithsonian se nagwag (Johnah Hill). As jy ’n aanhanger is en van flieks hou wat ne hulself te ernstif opneem nie, sal jy Night as the Museum 2 geniet. Tydskrif Rapport: 22 Februarie 2009

BOEKRESENSIE ‘n Boekresensie is ‘n kritiese beskouing of beoordeling van ‘n boek.

Hou die volgende wenke in gedagte hou as jy ‘n boekresensie skryf:

Page 38: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

38

Voorsien jou resensie van ‘n treffende opskrif Meld die skrywer se naam en die titel van die boek in die eerste paragraaf Dui die naam of skuilnaam van die resensent sowel as die uitgewer en die prys

aan Verdeel jou werk in paragrawe - gebruik ‘n paragraaf vir elke punt wat jy omtrent

die boek wil maak. Probeer om altyd die hooftema aan die begin te vermeld. Dis goed om aan te dui in watter genre [avontuur, romanse, misterie] dit pas. Gee ‘n kort opsomming van al die sterk punte en swak punte van die boek. Haal bewyse uit die boek aan om jou standpunt te staaf. Biografiese inligting kan help om jou opinie omtrent die boek te formuleer en gee

“diepte” aan die resensie. Dui duidelik in jou slot en opsomming aan waarom jy die boek sal aanbeveel/ nie

aanbeveel nie. Moenie kru beoordeel nie – dis net tekenend van akademiese

onverdraagsaamheid.

Hier is ook ‘n CD-resensie en ‘n speletjieresensie! UIT: Tydskrif Rapport: 15 Februarie en 31 Mei 2009

Page 39: LU 4: SKRYF - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/skryfstukke.pdf · Verhalend Beskrywend Feitelik ... Dalk moet julle ‘n brosjure ontwerp om jul skool

SKRYF EERSTE ADDISIONELE TAAL

39

DAGBOEKINSKRYWING Dagboekinskrywings is gewoonlik privaat, want jy skryf persoonlike dinge daarin.

Jy, as die skrywer is ook die leser. Jy skryf oor ietw wat gebeur het; jy vertel van

jou emosies; jy skryf vir jouself en maak jou hart oop. Dit is du subjektiewe

skryfwerk (d.w.s. net jou kant van die saak).

Voorbeeld:

Maandag 1 Junie

Dit was nie vandag vir my ‘n lekker dag by die skool nie. Ek en

Marsha het ‘n grappie gedeel en juffou Pedro het my alleen gesien

lag.

Sy het my net daar voor die hele klas beledig. Sy het gesê ek moet leer

om myself te beheer. Ek was vreeslik skaam, veral omdat die seuns

gekyk het en ook begin lag het.

Marsha het haar ewe onskuldig gehou en ek moes alleen die blaam

dra. Vriende maak mos nie so met mekaar nie. Ek gaan eerder

more by Kim-hulle sit. Dis nou as ek lus het om skool toe te gaan.

Ma sal ook nie toelaat at ek by diehuis bly nie. Daar roep sy nou juis

dat ek moet kom eet. Nie dat ek lus is vir kos nie, ek is te seergemaak

deur Marsha. Miskien gaan dinge tog môre beter.