4
MeesterDenke is die amptelike maandelikse nuusbrief van Sanlam Privaat Welvaart, ’n afdeling van Sanlam Beperk. Uitgawe 92 Augustus 2015 Batetoewysing: bly gefokus op prys, perspektief en patroon Ons leef in uiters onstuimige tye en in ’n gevorderde stadium van ’n langdurige bulfase vir aandele. Wanneer die nuus boonop negatief is, is die versoeking groot om ons batetoewysing te verander. deur Alwyn van der Merwe, Direkteur van Beleggings Aandele Myns insiens deur Daniël Kriel, Uitvoerende Hoof Wanneer batetoewysing verander word, word verskillende bateklasse só gemeng dat dit op lang termyn die verlangde uitkoms sal lewer wat betref opbrengs gegenereer én hoeveelheid risiko opgeneem. Indien beleggers só ’n skuif oorweeg, behoort hulle op prys, perspektief en patroon gefokus te bly. Vooruitsigte vir aandele Ons was lank optimisties oor aandele. In SA was ons aggressief met ons aandeleblootstelling aangesien die bateklas ná die 2008/9-regstelling aantreklik geprys was. Maar die negatiewe sentiment in aandelemarkte wêreldwyd – hoofsaaklik weens die situasie in Griekeland en die groot regstelling in China se aandelemark – het aandeelpryse oral laat tuimel. Dié lande se probleme is geensins onbelangrik nie. Tog, vanuit ’n ekonomiese oogpunt glo ons dat ekonomieë in die ontwikkelde wêreld besig is om te herstel en dat beleidmakers stimulus sal volhou om te verhoed dat aktiwiteitsvlakke momentum verloor en deflasie ’n endemiese probleem raak. Lae rentekoerse is dus steeds ’n kritieke faktor om in gedagte te hou ten spyte van verwagtinge dat die VSA rentekoerse waarskynlik voor die einde van die jaar sal verhoog. ’n Lae-opbrengs-omgewing mag dus dalk steeds geleenthede bied, maar die risiko’s is beslis hoër. Hoewel dit lyk of die bulmark in ’n gevorderde stadium is gegewe die patroon – heelwat geraas maar ’n perspektief van lae rentekoerse – beveel ons steeds aan dat beleggers koersvas bly met ’n marginale oorgewigposisie in aandele. Vooruitsigte vir effekte As ’n beleggingshuis het Sanlam Privaat Welvaart te vroeg besluit om effekte te verkoop, maar ons het die regte ding gedoen om die posisie te handhaaf en het die vrugte gepluk. Ons moet egter onthou dat die onlangse afverkoop in aandele van die hoogtepunt tot die laagtepunt skerper was as in effekte. Internasionale effekte is tradisioneel ’n goeie risiko- diversifiseerder in ’n gebalanseerde portefeulje. Ten spyte van dié siening sal ons huiwer om die bateklas aggressief te koop aangesien die risiko van kapitaalverlies oor die lang termyn steeds hoogs waarskynlik is. Te midde van die jaarlikse somervakansieseisoen in die noordelike halfrond was Julie ’n gebeurtenisvolle maand in sowel die internasionale as die plaaslike arena. Hierdie gebeurtenisse behoort oor tyd ’n groot impak te hê op geopolitieke verhoudinge, streekpolitiek en die potensiële verdienstegroei van maatskappye wat die geleenthede wat hieruit voortvloei benut. In Europa het die 19 eurogebiedlande, onder leiding van ’n baie beginselvaste Duitsland, teen alle verwagting in dit reggekry om die langverwagte Grexit te vermy. Ten spyte van die onderhandelingstrategie wat die Griekse premier tot die argwaan van sy Europese kollegas gevolg het, en die oorweldigende nee-stem in sy referendum, het die Europeërs nie veel nuwe toegewings gemaak nie. Trouens, dieselfde besuinigingsresep waaroor die Grieke juis so beswaard is, word verder gevolg en die jongste reddingsboei laat die Grieke net toe om die rente op hulle bestaande skuld te delg. Kommentators is dit eens dat dit beslis nie volhoubare ekonomiese groei in Griekeland kan stimuleer nie, en dat die vooruitsigte vir ’n Grexit slegs uitgestel en nie van die tafel af is nie. Die ooreenkoms vereis onder andere dat die Grieke staatsbates privatiseer en daar word verwag dat dit tot €50 miljard kan realiseer. Vir hierdie geleenthede sal Duitse maatskappye sekerlik nie voorrang kry nie. Aan die ander kant van die oseaan het pres. Barack Obama se tweede termyn as president begin betekenis kry, en wel so deur die normalisering van Amerika se verhouding met Kuba, die konstruktiewe diplomatieke benadering tot die Iran-kernvraagstuk en die uitreikaksie om betrekkinge met Afrika te verbeter. Dit is juis ons vasteland wat die afgelope ...(Myns insiens) vervolg op bladsy 2 SPW se beleggingsfilosofie dikteer dat batetoewysing langer termyn van aard is. Ons moet kortertermyn-onderprestasie deurstaan as ons in ’n langertermyn-padkaart glo. thinkstock.com

MasterMind

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: MasterMind

MeesterDenke is die amptelike maandelikse nuusbrief van Sanlam Privaat Welvaart, ’n afdeling van Sanlam Beperk. Uitgawe 92 Augustus 2015

Batetoewysing: bly gefokus op prys, perspektief en patroon

Ons leef in uiters onstuimige tye en in ’n gevorderde stadium van ’n langdurige bulfase vir aandele. Wanneer die nuus boonop negatief is, is die versoeking groot om ons batetoewysing te verander.

deur Alwyn van der Merwe, Direkteur van Beleggings

Aandele

Myns insiensdeur Daniël Kriel, Uitvoerende Hoof

Wanneer batetoewysing verander word, word verskillende bateklasse só gemeng dat dit op lang termyn die verlangde uitkoms sal lewer wat betref opbrengs gegenereer én hoeveelheid risiko opgeneem. Indien beleggers só ’n skuif oorweeg, behoort hulle op prys, perspektief en patroon gefokus te bly.

Vooruitsigte vir aandeleOns was lank optimisties oor aandele. In SA was ons aggressief met ons aandeleblootstelling aangesien die bateklas ná die 2008/9-regstelling aantreklik geprys was.

Maar die negatiewe sentiment in aandelemarkte wêreldwyd – hoofsaaklik weens die situasie in Griekeland en die groot regstelling in China se aandelemark – het aandeelpryse oral laat tuimel. Dié lande se probleme is geensins onbelangrik nie. Tog, vanuit ’n ekonomiese oogpunt glo ons dat ekonomieë in die ontwikkelde wêreld besig is om te herstel en dat beleidmakers stimulus sal volhou om te verhoed dat aktiwiteitsvlakke momentum verloor en deflasie ’n endemiese probleem raak. Lae rentekoerse is dus steeds ’n kritieke faktor om in gedagte te hou ten spyte van verwagtinge dat die VSA rentekoerse waarskynlik voor die einde van die jaar sal verhoog. ’n Lae-opbrengs-omgewing mag dus dalk steeds geleenthede bied, maar die risiko’s is beslis hoër.

Hoewel dit lyk of die bulmark in ’n gevorderde stadium is gegewe die patroon – heelwat geraas maar ’n perspektief van lae rentekoerse – beveel ons steeds aan dat

beleggers koersvas bly met ’n marginale oorgewigposisie in aandele.

Vooruitsigte vir effekteAs ’n beleggingshuis het Sanlam Privaat Welvaart te vroeg besluit om effekte te verkoop, maar ons het die regte ding gedoen om die posisie te handhaaf en het die vrugte gepluk. Ons moet egter onthou dat die onlangse afverkoop in aandele van die hoogtepunt tot die laagtepunt skerper was as in effekte.

Internasionale effekte is tradisioneel ’n goeie risiko-diversifiseerder in ’n gebalanseerde

portefeulje. Ten spyte van dié siening sal ons huiwer om die bateklas aggressief te koop aangesien die risiko van kapitaalverlies oor die lang termyn steeds hoogs waarskynlik is.

Te midde van die jaarlikse somervakansieseisoen in die noordelike halfrond was Julie ’n gebeurtenisvolle maand in sowel die internasionale as die plaaslike arena. Hierdie gebeurtenisse behoort oor tyd ’n groot impak te hê op geopolitieke verhoudinge, streekpolitiek en die potensiële verdienstegroei van maatskappye wat die geleenthede wat hieruit voortvloei benut.

In Europa het die 19 eurogebiedlande, onder leiding van ’n baie beginselvaste Duitsland, teen alle verwagting in dit reggekry om die langverwagte Grexit te vermy. Ten spyte van die

onderhandelingstrategie wat die Griekse premier tot die argwaan van sy Europese kollegas gevolg het, en die oorweldigende nee-stem in sy referendum, het die Europeërs nie veel nuwe toegewings gemaak nie.

Trouens, dieselfde besuinigingsresep waaroor die Grieke juis so beswaard is, word verder gevolg en die jongste reddingsboei laat die Grieke net toe om die rente op hulle bestaande skuld te delg. Kommentators is dit eens dat dit beslis nie volhoubare ekonomiese groei in Griekeland kan stimuleer nie, en dat die vooruitsigte vir ’n Grexit slegs uitgestel en nie van die tafel af is nie.

Die ooreenkoms vereis onder andere dat die Grieke staatsbates privatiseer en daar word verwag dat dit tot €50 miljard kan realiseer. Vir hierdie geleenthede sal Duitse maatskappye sekerlik nie voorrang kry nie.

Aan die ander kant van die oseaan het pres. Barack Obama se tweede termyn as president begin betekenis kry, en wel so deur die normalisering van Amerika se verhouding met Kuba, die konstruktiewe diplomatieke benadering tot die Iran-kernvraagstuk en die uitreikaksie om betrekkinge met Afrika te verbeter. Dit is juis ons vasteland wat die afgelope

...(Myns insiens) vervolg op bladsy 2

SPW se beleggingsfilosofie dikteer dat batetoewysing langer termyn van aard is. Ons moet kortertermyn-onderprestasie deurstaan as ons in ’n langertermyn-padkaart glo.

thin

ksto

ck.c

om

Page 2: MasterMind

Sanlam Privaat Welvaart MeesterDenke Uitgawe 92 Augustus 2015

dekade deur die VSA afgeskeep is wat die ruimte vir die Chinese geskep het om hulle invloedsfeer uit te brei. Dit is ook prysenswaardig dat pres. Obama tydens sy toespraak aan die Afrika-unie nie geskroom het om Afrikaleiers oor magsvergrype voor stok te kry nie.

Maar pres. Obama se werklike presidensiële nalatenskap sal wees die normalisering van verhoudinge met Kuba, soos versinnebeeld deur die opening van wedersydse ambassades die afgelope maand. Selfs meer betekenisvol vir die internasionale politieke landskap is dat onder Amerika se leiding die ses kernkragmoondhede en die Europese Unie teen alle verwagting in ’n kernverdrag met Iran gesluit het wat die verdere ontwikkeling van kernwapens beperk. Sou hierdie ooreenkoms deur die Amerikaanse kongres goedgekeur en suksesvol geïmplementeer word, sal dit lei tot die opheffing van sanksies en die oopstelling van ’n betreklik gesofistikeerde ekonomie met 80 miljoen inwoners vir buitelandse investering en handelsbetrekkinge.

Gegewe SA se geskiedkundige simpatieke verhoudinge met Kuba én Iran, bied die normalisering van Amerika se verhouding met dié twee lande groot geleenthede vir SA maatskappye.

Hier ter plaatse is ons andermaal gekonfronteer met verdere korrupsie, afdankings en disfunksionele korporatiewe bestuur in die land se openbare ondernemings. Die vraag is hoe lank hierdie vermorsing van geld kan voortduur in ’n land met baie beperkte bronne en groot ontwikkelingsvereistes en -verwagtinge. In die woorde van voormalige minister van finansies Trevor Manual is dit ’n ‘regte tragedie’ en ons moet ten alle koste verhoed dat dit in ’n Griekse tragedie ontaard.

Die Reserwebank het juis verlede week die repokoers verhoog, hoofsaaklik gedryf deur kommer oor ons verswakte geldeenheid, groeivooruitsigte, en die ‘brose’ stand van die ekonomie. Die rand het teen die einde van Julie ’n 14 jaar-laagtepunt teen die dollar bereik en ’n verdere afgradering deur kredietagentskappe raak weer ’n moontlikheid.

...(Myns insiens) vervolg van bladsy 1

Sedert die einde van die stakings in die platinumsektor het die platinumindeks met sowat 50% gedaal, met die platinumprys wat met sowat 22% in rand gesak het.

Wêreldekonomie

Steeds te vroeg vir Platinum deur Shiraaz Abdullah, Beleggingsontleder

Na die stakings was ons van een ding seker: koste sou styg terwyl die platinumprys wat vereis word om die pryse van platinum-mynbou-aandele te regverdig, bo ons nabye-termyn-verwagtinge was. Dit is waarom ons direkte blootstelling in ons huissiening-portefeulje vermy het.

Met ’n platinumprys onder $1 000 en swakker pryse van sy vernaamste neweprodukte (palladium, rodium en goud), sal meer maatskappye leeg bloei aan kontant. Swakker spelers sal dus die mark verlaat, wat sterker rolspelers sal toelaat om groter voordeel uit die meer gunstige vraag-aanbod-situasie te put.

Weens die samestelling van die kostekurwe en moontlike regeringsingryping is ons nie oortuig dat normale markdinamika in die bedryf sal geld nie. Impala Platinum en Lonmin is die tweede en derde grootste produsente ter wêreld; albei is in ’n swak posisie op die kostekurwe. Lonmin se balansstaat lyk toenemend dun gerek en die skerp inkrimping in die platinumprys maak die maatskappy se volhoubaarheid minder waarskynlik.

Ons siening is geregverdig toe Lonmin aangekondig het dat hy skagte gaan sluit en 6 000 werkers gaan aflê. Die DMR was in die verlede hewig gekant teen massa-herstrukturering in die platinumsektor, en met

sowat 38 000 poste in die gedrang by Lonmin is ons nie oortuig daar sal toegelaat word dat die kapitalistiese visie van ‘kreatiewe vernietiging’

plaasvind nie.Teen die agtergrond van

’n verswakte ekonomie en afleggings in verskeie bedrywe in die privaat sektor is staatsingryping slegs ’n groter moontlikheid. Ons sal die maatskappy se konsultasieproses met die regering sowel as

vakbonde noukeurig waarneem. Die OBK het sy belang in Lonmin onlangs vergroot; dit sal hulle doeltreffend posisioneer om ’n verdere regteaanbod te ondersteun indien die herstrukturering nie Lonmin se skuldverskaffers oortuig van sy vermoë om te oorleef nie.

Die herstrukturering sal produksie uit die mark haal wat positief vir Lonmin se mededingers sal wees. As ons vermoede egter reg is en Lonmin ’n reddingspakket ontvang, sal dit die res van die bedryf negatief raak aangesien die nie-winsgewende produksie steeds in omloop sal wees, wat die platinumprys moontlik dus onder druk sal hou.

Ons siening oor die sektor bly negatief op middeltermyn, hoewel ons besef dat die agteruitgang nie onbepaald kan voortduur nie. Op langer termyn handhaaf ons ’n optimistiese siening van die metaal sodra die vraag-aanbod-balans gunstiger is. Dit word geïllustreer deur ’n aandeelhouding in Amplats via Anglo American.

Die veilingseisoen is ophande met drie grootkanonne wat nuus en katalogusse vir hul veilings oor die volgende paar maande uitstuur. Bonhams in Londen het natuurlik die kollig gesteel met Irma Stern se Arab in Black wat ontdek is waar dit as ’n kennisgewingbord in ’n kombuis gehang het. Die skildery, wat op 9 September opgeveil word, dateer uit 1939 en is een van ’n reeks skilderye wat Stern geskilder het, moontlik in Zanzibar. ’n Soortgelyke portret is in 2012 vir R17.3 miljoen in SA verkoop, en daar is ook een in die Sanlam-Kunsversameling.

Stephan Welz & Co-veiling is op 4 en 5 Augustus in Johannesburg. ’n Interessante versameling kontemporêre werke kan ’n geleentheid vir jong versamelaars bied. Van die lotte is werke deur Stern en Pierneef.

Die Pierneef-uitstalling by die Standard Bank-galery in Johannesburg is beslis ’n besoek werd.

Van kombuis tot veilingKunsnuus

deur Stefan Hundt, Hoof: SPW Kunsadviesdiens

Skildery van die maandRobert Brooks, East London Harbour, 1963, olie op doek, Sanlam- Kunsversameling.

thin

ksto

ck.c

om

Aangewys as #1 welvaartbestuurder vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Page 3: MasterMind

Sanlam Privaat Welvaart MeesterDenke Uitgawe 92 Augustus 2015

Die 2015-belastingseisoen het op 1 Julie begin en dit is belangrik dat belastingbetalers weet waarop die SAID fokus.

Fidusiêre en Belastingdiens

Hoënettowaarde-individue en hul trusts in SAID se visierdeur Stanley Broun, Fidusiêre en Belastingspesialis

Beyers Truter staan as Mnr. Pinotage bekend. Dié wynvariëteit is nogal omstrede in wynsirkels. Beyers was die man wat die kultivar oor die jare verdedig het en vandag is die gehalte van die wyne ’n bewys daarvan dat sy mening in die kol was.

Pinotage Diesel is die ster in Beyerskloof se stal. Die wyn is vernoem na Beyers se Deense hond-kruising wat glo die vermoë gehad het om net fenolies ryp druiwe in die wingerd uit te snuffel.

Hierdie Pinotage is groot in struktuur met intense geure van donker vrug en ryk aromas van swartbessie, donker kersie, pruim en sederhout. ’n Komplekse middel-palet lei tot ’n gladde einde. Die wyn sal goed verouder oor tyd.

Wyn van die maandBeyerskloof Pinotage Diesel

Die belasting van welgestelde Suid-Afrikaners en hul trusts is een van die SAID se belangrikste fokusgebiede ingevolge die Voldoeningsprogram vir 2012-2017.

Die SAID probeer die skuiwergate toestop deur meer omvattende oudits en ondersoeke te doen om belastingontduiking by veral hoënettowaarde-individue (HNWI) en hul trusts te bekamp.

Vir dié doel het die SAID ’n nuwe belastingopgawe vir trusts uitgereik wat met ’n vergrootglas na trusts en hul transaksies kyk. Van die hoofkenmerke van die nuwe opgawe is:• omvattenderfinansiëleenwetlike

rapporteringsvereistes • volledigebesonderhedewordvereisvanallepartye

wat fondse en bates tot die trust bydra, asook van alle transaksies

• volledigebesonderhedewordvereisvanenigeparty(e) wat uit die trust voordeel trek, asook van die voordele wat elke begunstigde ontvang het. Nouer samewerking tussen die SAID en die

Meesterskantoor het ook toegang tot en die deel van inligting oor trusts en die partye betrokke, verbeter. Die SAID gaan HNWI’s en hul trusts voortaan onder die vergrootglas plaas.

Dit plaas groter druk op trustees aangesien meer omvattende en gedetailleerde rekordhouding nou noodsaaklik is.

Internasionaal is daar ’n groot skuif na die uitruil van belastinginligting. Die SAID was een van die voorlopers en werk nou saam met ander lande om die uitruil van belastinginligting oor grense te fasiliteer. Dit het tot projekte gelei soos:• die Wet opBelastingvoldoening vanBuitelandseRekeninge (FATCA) – die SAID rapporteer sedert Junie 2015 aan die VSA oor VSA burgers met finansiële belange in SA•CommonReportingStandard(CRS)–diéinternasionale model vir die outomatiese uitruiling van inligting sal van 2017 meer as 90 lande in staat stel om inligting uit te ruil• Derdeparty-inligting–finansiëleinstellingsinSAmoet finansiële inligting by die SAID indien.

Die SAID het onlangs aangekondig dat SA inwoners met HSBC-bankrekeninge deur sy Vrywillige Openbaarmakingsprogram tot 12 Augustus 2015 tyd het om hul belastingsake in orde te kry. Die aankondiging het gevolg op die SAID se aanvanklike ondersoek na ’n lys van HSBC-bankrekeninghouers waarop verskeie SA belastingbetalers verskyn het en wat volgens die SAID toon dat talle van dié belastingbetalers nie die inkomste verklaar het wat op die fondse in dié bankrekenings verdien is nie. Hulle het nou die geleentheid om dit reg te stel.

SPW het ’n kontrolelys van vereiste inligting opgestel om trustees met die invul van trust-belastingopgawes te help. Kontak Stanley Broun by021 [email protected].

Met Nigerië wat byna die helfte van MTN se waardasie uitmaak, hou beleggers die land se valuta-situasie dop. Die ineenstorting van die olieprys het Nigerië se uitvoer-verdienste en fiskale posisie geknou. Sentralebank-pogings om die naira-dollar-wisselkoers te handhaaf, het buitelandsevalutareserwes uitgeput, likiditeit laat opdroog en die Bank genoop om die beskikbaarheid van buitelandse valuta vir sekere invoere te blokkeer – faktore wat ’n swakker swartmark-wisselkoers dryf.

Na verwagting sal ’n swakker naira MTN se resultate oor die volgende twee jaar knou; hul onlangse handelsverklaring het beleggers juis om hierdie rede teleurgestel. Ons meen die aandeelprys verdiskonteer reeds ’n verdere 25% naira-devaluasie, en die volgende stem ons minder beswaard oor MTN se langtermynvooruitsigte: • minder prysmededinging

van kleiner rolspelers wat markaandeel probeer wen weens netwerk-kapasiteitsbeperkings en finansiële volhoubaarheid

• bestraffende regulasies teen markoorheersing is verslap in Nigerië

• beoogde opheffing van sanksies teen Iran (7% van MTN se wins) sal $1 miljard van MTN se bevrore kontant vrystel en die Irannese ekonomie stu.

MTN is ’n markleier in 14 van die 21 lande waarin hy sake doen. Dis moeilik vir nuwe toetreders terwyl daar in baie van sy markte steeds ruimte vir groei is. Laer kapitaalvereistes vorentoe behoort stewige vryekontantvloei en ’n gesonde, groeiende dividendstroom te verseker.

Binne-baandeur Renier de Bruyn,Beleggingsontleder

thin

ksto

ck.c

om

1oF1 – KoMMunIKEER nou SÓHierdie is ons laaste uitgawe van MeesterDenke in sy huidige formaat. Ons nuwe digitale kommunikasieplatform, wat in Augustus bekend gestel word, het al die gereelde rubrieke en vele meer. Indien u op die nuwe epos-nuusbrief wil inteken, laat [email protected]

Page 4: MasterMind

Hierdie nuusbrief is alleenlik bedoel as inligtingstuk. Indien jy hierdie nuusbrief vir enige ander doel as ’n inligtingstuk wil aanwend, word jy aangeraai om professionele advies in te win. Indien jy jou op hierdie inligting verlaat, vir watter doeleindes ook al, doen jy dit op eie risiko. Sanlam Privaat Welvaart aanvaar geen aanspreeklikheid hoegenaamd, ongeag die oorsprong daarvan, ten opsigte van enige eis, skade, verlies of uitgawe, hetsy direk of indirek en met inbegrip van gevolglike verlies of verlies aan winste as gevolg van of in verband met jou, die gebruiker, se benutting van die inhoud van hierdie nuusbrief, of sodanige ander gebruiker van die inligting, produkte en dienste beskryf in hierdie nuusbrief nie. Gebruikers onderneem om hulleself uitsluitlik aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die jurisdiksie van die howe van die Republiek van Suid-Afrika te onderwerp ten opsigte van enige dispuut voortspruitend uit die gebruik van hierdie nuusbrief. Gemagtigde Finansiëlediensverskaffer en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP1867).

Vir meer inligting oor hierdie artikels of oplossings, kontak Sanlam Privaat Welvaart by:

Of besoek ons webblad: www.privatewealth.sanlam.co.za

HooFKAntooR

Tel: 021 950 2770JoHAnnESBuRg

Tel: 011 778 6600 PREtoRIA

Tel: 012 470 0622DuRBAn

Tel: 031 560 3600gEoRgE

Tel: 044 805 5900

KnySnA

Tel: 044 382 7727 tygERVALLEI

Tel: 021 950 2300 CLAREMont

Tel: 021 672 1888 StELLEnBoSCH

Tel: 021 861 3700 AFgELEIDE InStRuMEntE

Tel: 021 950 2153

Hospice bring verligting van die pyn waarmee MIV/Vigs- en kankerpasiënte saamleef.

Opnames in 2012 het onthul dat 50% tot 72% van die 25 miljoen MIV-positiewe mense in Afrika suid van die Sahara met pyn saamleef. In 2008 het ’n opname in twee Afrika-lande getoon dat 87.5% van kankerpasiënte met pyn saamleef.

Volgens die Internasionale Narkotika-beheerraad se 2014-jaarverslag het sowat 5.5 miljard mense, of 75% van die wêreldbevolking, beperkte of geen toegang nie tot behoorlike behandeling vir die verligting van pyn.

Hospice probeer sterwendes se lewensgehalte verbeter en hul waardigheid beskerm en bied bystand met die afsterwe van ’n geliefde. Dis waarom SPW se Knysna-kantoor die Knysna Sedgefield-Hospice as hul liefdadigheidsprojek vir 2015 gekies het.

’n Bemaking aan Hospice voorsien broodnodige fondse om sterwendes se laaste dae en weke draagliker te maak, sê die organisasie. U geskenk kan ’n reuse-impak hê en kan gebruik word vir die oprigting van nuwe Hospice-fasiliteite of om meer verpleegpersoneel in palliatiewe versorging op te lei.

Maatskaplike verantwoordelikheid

Moderne medisyne het ten doel om te genees – maar wanneer dit nie meer realisties is nie, word pasiënte aan hul lot oorgelaat al kan doeltreffende bestuur van hul simptome hul lewensgehalte verbeter. Hospice vul dié gaping.

Hospice-versorging

BEMAKIngS AAn KnySnA SEDgEFIELD-HoSPICEOm ’n bemaking aan die Knysna Sedgefield-Hospice te doen, moet die bemaking in u testament gemaak word deur u bestaande testament te wysig en te teken, óf ’n kodisil by u bestaande testament te voeg en te teken. Die bewoording kan só lees: ‘Ek bemaak ’n bedrag van Rxxx/xx% van my boedel/die restant van my boedel aan die Knysna Sedgefield-Hospice.’ Raadpleeg asseblief ’n professionele adviseur om enige van die bogenoemde te [email protected] vir bystand in hierdie verband.

Sanlam het onder Johan van Zyl se leierskap die afgelope 12 jaar skitterend presteer. Johan het onlangs die leisels oorgegee aan Ian Kirk, wat Santam sedert 2007 suksesvol gelei het. Ons het Ian gepols oor die pad vorentoe vir Sanlam.

V&A

Sanlam – ’n toekomsvisiedeur Renier de Bruyn, Beleggingsontleder

Sanlam het sy eweknieë die afgelope dekade op die meeste sleutelgebiede uitpresteer. Wat het dié sukses gedryf? Ek glo ons het ’n grondige strategie in plek wat goed in ons besigheid en deur ons belangrike belanghebbendes gekommunikeer en verstaan word. ’n Kritieke pilaar van ons strategie is ons fokus op kapitaaldoeltreffendheid en om konsekwent ons uitdagende doelwitte in al ons sake-eenhede te behaal.

Ons is ook daadwerklik gefokus op die uitvoering van ons strategie. Ons het nog altyd erken dat mense die verskil maak in ons besigheid, en ons het ’n sterk span mense in al die besighede in ons vier groeperings. Die besigheid het die vermoë om by die uitdagings in ons onderskeie markte en marksegmente aan te pas, en dít plaas ons in ’n ander klas.

Wat is u vernaamste strategiese doelwitte in die eerste twee jaar as hoof van Sanlam?Die groep se kern- strategiese fokus bly onveranderd, naamlik om ’n volhoubare, topklas-gradering vir die groep te bereik om die beste moontlike waarde op lang termyn aan aandeelhouers te lewer. Dit kan nét bereik word deur op twee kritieke areas te fokus: maksimaliseer die opbrengs op belegging in ons bestaande besighede; en vind nuwe groeigeleenthede deur nuwe markte vir groei en uitbreiding te identifiseer. Sukses sal afhang van doeltreffende bestuur van groepkapitaal, en ons belangrikste prestasiemeting is opbrengs op groepekwiteitswaarde. Ons visie is om ’n toonaangewende Pan-Afrikaanse finansiëledienstegroep met ’n beduidende teenwoordigheid in Indië en Suid-Oos-Asië en ’n gevestigde voetspoor in Brittanje te word. Om dit te bereik, moet ons ’n leiersposisie in SA behou en ons organiese groeistrategie in die gekose ontluikende markte versnel.

Sanlam herontplooi kapitaal in ontluikende markte buite SA met hoër verwagte ekonomiese groeikoerse en lae versekeringspenetrasie. glo u daar is gebiede in SA wat steeds aanvaarbare groei vir Sanlam kan lewer?Ons beplan ongetwyfeld vir voortgesette groei in SA. Ons het verskeie besighede wat leiers in hul marksegmente is. In moeilike tye en gepaard met regulatoriese druk kan dié

besighede groter afstand tussen ons en ons mededingers plaas. Ons kan ook die prestasie verbeter van ander besighede waar ons nog nie voorloop nie. Slegs deur aan te pas en geleenthede aan te gryp sal ons groter afstand tussen Sanlam en ons mededingers kan plaas.

Hoe verwag u gaan Sanlam oor 10 jaar anders daar uitsien?As ons ons strategiese doelwitte bereik, sal Sanlam wesenlik anders daar uitsien as vandag. Ons visie is om ’n ware leier in die finansiëledienstebedryf dwarsoor Afrika te word en ons sou ’n beduidende markteenwoordigheid in Indië en Suid-Oos-Asië ontwikkel het. Ons gevestigde voetspoor in Brittanje sou ook uitgebrei het op die rug van toenemende besigheid uit Afrika en Europa.

Ons sou die vermoë hê om die talle uitdagings van die afgelope10 jaar – marktoestande, tegnologie, regulatoriese verandering, veranderde kliënteverwagtinge – die hoof te bied en daarby aan te pas. Dit sal ons net kan vermag as ons voortgaan om die beste talent in die bedryf te lok, te behou en te ontwikkel. Dít is die belangrikste element.

As al ons mense by Sanlam die visie omarm en op die implementering van ons strategiese doelwitte bly fokus –in goeie én slegte tye – is dit definitief bereikbaar.

Lees die volledige onderhoud in Engels op www.1of1privatecollection.co.za.

Ian Kirk