26
Dodelike Sondes: Oorwin Afbrekende Versoekings Kay Arthur, David & BJ Lawson PRECEPT MINISTRIES SOUTH AFRICA Dodelike Sondes: Oorwin Afbrekende Versoekings Dodelike Sondes: Oorwin Afbrekende Versoekings ’n 6-WEKE, GEEN-TUISWERK BYBELSTUDIE MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP

MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

Dodelike Sondes:Oorwin AfbrekendeVersoekings

Kay Arthur, David & BJ Lawson

PRECEPT MINISTRIES SOUTH AFRICA

Do

delike S

ond

es: Oo

rwin A

fbrekend

e Verso

ekings

Moenie Bloot ’n Geestelike Statistiek Word Nie.Enige sonde kan die doeltreffendheid van ’n gelowige ondermyn, maar sekere

sondes dring só diep in ons lewens in — selfs sonder dat ons dit besef — dat hulle ’n

dodelike uitwerking op ons geestelike groei het.

Hierdie studie handel oor ses van die “dodelike” sondes wat ons geestelike

vooruitgang bedreig: Hoogmoed, Woede, Jaloesie, Vraatsugtigheid, Luiheid

en Gierigheid. Jy sal leer hoe om die subtiele maniere te identifiseer waarop

hierdie dodelike sondes jou lewe kan binnesypel, en jy sal toegerus word om dié

verwoestende versoekings te oorwin, op jou reis tot geestelike volwassenheid in

Christus.

Do

delike S

ond

es: Oo

rwin A

fbrekend

e Verso

ekings

AR

TH

UR

/LA

WS

ON

B e v a n G r o u p

’n 6-WEKE, GEEN-TUISWERK BYBELSTUDIEMEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP

40 Minute per Week kan jou Lewe Verander!40-Minute Bybelstudies deur die onderrigspan van Precept Ministries International,

spreek onderwerpe aan wat vir jou belangrik is. Hierdie induktiewe studiegidse, saam-

gestel om in slegs ses 40-minute lesse sonder tuiswerk af te handel, help jou om self te

ontdek wat God sê en hoe om dit vandag in jou eie lewe toe te pas. Met aantekeninge

vir die leier en al die Bybeltekste in die boek self, is elke selfstandige studie ’n kragtige

bron vir persoonlike groei en kleingroepbesprekings.

PRECEPT MINISTRIES INTERNATIONAL, is in 1970 deur Jack en Kay Arthur gestig en het

reeds miljoene mense toegerus om God se waarheid self te ontdek. “Precepts for Life”-radio

en -televisieprogramme, aangebied deur Kay Arthur, bereik meer as 94 miljoen luisteraars

wêreldwyd. Tesame met induktiewe Bybelstudie-opleiding en duisende kleingroepstudies

regoor Amerika, reik PMI uit na byna 150 lande deur Bybelstudies wat reeds in byna 70 tale

vertaal is.

Page 2: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

DODELIKE SONDES: OORWIN

AFBREKENDE VERSOEKINGS

As jy ’n Christen is, het jy alreeds die belangrikste besluit in jou lewe geneem: Jy het jou lewe aan

Christus oorgegee! Teen dié tyd het jy egter sekerlik ontdek dat die Christelike lewe nie sonder probleme verloop nie. Ja, jy het die inwonende Heilige Gees vir leiding en krag, maar jy sukkel steeds om te leef soos jy weet dit hoort. Die rede is dat jy gedurig besig is om teen twee vyande te veg: Satan en jouself. Jy het wel verander toe jy Christus leer ken en Hy sy Gees gegee het om in jou te woon (1 Johannes 4:13), maar die Gees woon in ’n liggaam van vlees. Daarom vind jy steeds dat jy sukkel om die regte ding te doen.

Almal van ons het ons eie stryd met sondes, maar moontlik ondervind jy dat sommige sondes vir jou

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 1 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 3: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

persoonlik ’n groter probleem as vir ander blyk te wees. Soms worstel ons met sekere sondepatrone of gewoontesondes — gedragspatrone waarin ons verval sodra ons ons behoeftes sonder God se hulp probeer bevredig. Die bron van daardie sonde word die vlees of die oue mens genoem. Indien ons in die vlees in plaas van deur die Gees leef, sal hierdie gewoontesondes ons strewe na, en najaag van, geregtigheid afbreek. Hulle kan ons geestelike groei knou en ons verhoed om, in ons wandel met Christus, geestelik volwasse te word.

Die vroeë kerk het ’n aantal “dodelike sondes” — die sondes waaruit hulle geglo het alle ander sondes voortspruit — geïdentifiseer. Die kerkvaders het hierdie sondes benoem, sondes wat so verderflik, boos en gevaarlik is dat hulle vir die laaste eenduisend sewehonderd jaar algemeen bekend gestaan het as die “sewe dodelike sondes”. En hulle is dodelik — dodelik vir jou geestelike groei. Daarom noem ons hulle steeds Dodelike Sondes.

In hierdie studie sal ons ses van die sewe dodelike sondes identifiseer en bespreek: Dit is sondes wat jou kan weglok van die koestering van jou verhouding met God en wat, as daar niks aan gedoen word nie, selfs dodelik vir jou geestelike wandel kan wees — hoogmoed, woede, jaloesie, gulsigheid, traagheid en hebsug. (Ons het besluit om die sewende sonde van wellus uit te laat, aangesien ons alreeds verskeie studies oor die probleem

2 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f r b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 2 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 4: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

van seksuele sonde, byvoorbeeld The Truth About Sex en die 40-Minute Studie Wat Sê Die Bybel Oor Seks? gepubliseer het.)

Terwyl jy in die komende weke meer gaan leer oor hierdie dodelike sondes, wil ons jou aanmoedig om God te vra om jou, deur sy Gees, te wys op enige subtiele maniere waarop hierdie sondes ’n houvas op jou lewe gekry het en om jou te help om dié afbrekende versoekings te oorwin sodat jy in oorwinning met Hom kan wandel.

D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f r b r e k e n d e V e r s o e k i n g s 3

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 3 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 5: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 4 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 6: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

WEEK EEN

Hoogmoed is een van die mees verraderlike sondes wat ons kan weglok van ’n effektiewe lewe vir Jesus. Dit verdraai ons uitkyk op die goeie gawes van God omdat ons versoek word om te dink dat enige suksesse of seëninge na ons kant toe kom deur ons eie pogings en afhanklik is van ons eie vermoëns. Hoogmoed neem ons fokus weg van God, en ons leef lewens waar alles om onsself, ons prestasies en doelstellings draai.

Hierdie week sal ons leer wat God van hoogmoed, die eerste van die dodelike sondes, sê. Ondersoek jou lewe sorgvuldig vir enige tekens dat hierdie verwoestende sonde in jou hart wortel geskiet het.

waarneming

Ons begin by Ussía, ’n man wie se lewe illustreer hoe hoogmoed in ’n mens se denkpatroon kan insluip.

Leier: Lees 2 Kronieke 26:3-5 hardop.• Laat die groep die naam saam sê en

’n raampie trek om Ussía, insluitende voornaamwoorde:

Terwyl jy die teks lees, is dit nuttig om die groep die sleutelwoorde hardop te laat sê wanneer hulle dit merk. Só sal elkeen seker wees dat hy of sy elke gebruik van die woord, insluitende enige sinonieme woorde of - frases, gemerk het. Doen dit regdeur die studie.

2 KronieKe 26:3–5 3 Sestien jaar was

Ussía oud toe hy

koning geword het,

en hy het twee en

vyftig jaar in Jerusalem

geregeer; en die naam

van sy moeder was

Jególja, van Jerusalem.

4 En hy het gedoen

wat reg was in die

oë van die Here net

soos sy vader Amásia

gedoen het.

5 En hy het God

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 5 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 7: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

BeSPreKing

• Wat het jy uit hierdie gedeelte omtrent koning Ussía geleer?

• Waarop het hy by uitstek gefokus?

waarneming

Nadat ons gelees het dat God Ussía “wonderbaarlik gehelp” en versterk het, sodat “sy roem verbrei (is)”, beskryf die Bybel ’n verandering in die lewe van dié koning.

Leier: Lees 2 Kronieke 26:16-21 hardop en laat die groep

• ’n raampie trek om elke verwysing na Ussía, insluitende voornaamwoorde.

• die woord hoogmoedig met ’n H merk.

BeSPreKing

• Wat het jy uit hierdie gedeelte omtrent Ussía geleer?

6 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

gedurig gesoek in die

dae van Sagaría, wat

onderrig gegee het in

die vrees van God. En

in die dae dat hy die

Here gesoek het, het

God hom voorspoedig

gemaak.

2 KronieKe 26:16–21 16 Maar toe hy sterk

geword het, was sy hart

hoogmoedig, sodat hy

baie verkeerd gedoen en

ontrou gehandel het teen

die Here sy God; want

hy het in die tempel van

die Here gegaan om

offerrook te laat opgaan

op die reukaltaar.

17 Maar die priester

Asárja het hom gevolg

en tagtig priesters van

die Here, flukse manne,

saam met hom,

18 en teen koning Ussía

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 6 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 8: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

• Vers 16 begin met die woord maar, wat aandui dat daar ’n kontras gaan volg. Watter kontras het jy waargeneem tussen hierdie verse en die vorige gedeelte wat jy gelees het?

• Waarom het Ussía hoogmoedig geword? Hoe het sy hoogmoed sy gedrag beïnvloed?

• Wat het hy, volgens vers 18, verkeerd gedoen en wat is die verband tussen sy optrede en sy hoogmoed?

• Wat openbaar vers 19 omtrent die omvang van koning Ussía se probleem met hoogmoed?

W e e k E e n 7

opgetree en aan hom

gesê: Dit kom u nie

toe, Ussía, om vir die

Here offerrook te laat

opgaan nie, maar aan

die priesters, seuns van

Aäron, wat geheilig is

om te offer. Gaan uit die

heiligdom uit, want u

het ontrou gehandel, en

dit sal u van die kant van

die Here God nie tot

eer strek nie.

19 Maar Ussía het

woedend geword;

en terwyl hy, met

die wierookpan in sy

hand, woedend was

op die priesters, slaan

die melaatsheid op sy

voorhoof uit voor die oë

van die priesters, in die

huis van die Here langs

die reukaltaar.

20 Toe Asárja, die

hoofpriester, en al

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 7 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 9: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

•Gee hierdie verse enige aanduiding datUssía hom bekeer het? Verduidelik jou antwoord.

• Ussía se sonde was subtiel, byna onwaarneembaar. Hoogmoed het in sy hart wortel geskiet en uiteindelik gegroei tot algehele rebellie. As jy ooit dieselfde gesindheid in jou eie lewe sou ontdek, wat sou jy doen?

waarneming

Ons bestudeer nou nóg ’n Ou Testamentiese koning wat aan die versoeking van hoogmoed toegegee het. God het koning Jehiskía (ook bekend as Hiskía) en Jerusalem uit die hand van die koning van Assirië gered. Baie mense het geskenke aan God en aan Jehiskía gebring — só baie dat ander volke bewus geraak het van sy verhoogde posisie. Kom ons kyk wat verder gebeur.

8 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

die priesters na hom

kyk en sien dat hy

melaats was aan sy

voorhoof, het hulle

hom gou daarvandaan

weggedrywe, en hy het

ook self gou gemaak om

weg te kom, want die

Here het hom aangetas.

21 En koning Ussía was

melaats tot die dag van

sy dood toe, en hy het in

’n afgesonderde huis as

melaatse gewoon, want

hy was van die huis van

die Here uitgesluit; en

sy seun Jotam, wat oor

die paleis van die koning

was, het die volk van die

land geregeer.

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 8 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 10: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

Leier: Lees 2 Kronieke 32:24-26 hardop en laat die groep

• ’n raampie trek om elke verwysing na Jehiskía, insluitende voornaam-woorde:

• elke keer die woorde hoogmoedig en hoogmoedigheid met ’n H merk.

BeSPreKing

• Wat het jy uit vers 25 oor Jehiskía geleer?

• Wat was die gevolge van sy gesindheid en optrede?

• Op watter maniere het sy reaksie op God se dissipline van dié van koning Ussía verskil?

• Wat was die gevolg van Jehiskía se reaksie?

W e e k E e n 9

2 KronieKe 32:24–26

24 In dié dae het

Jehiskía dodelik siek

geword, maar hy het

tot die Here gebid,

en Hy het met hom

gespreek en hom ’n

wonderteken gegee.

25 Maar Jehiskía het

die weldaad wat aan

hom bewys is, nie

vergeld nie; want sy

hart het hoogmoedig

geword. Daarom was

daar ’n toorn oor

hom en oor Juda en

Jerusalem.

26 Maar Jehiskía het

hom verootmoedig in

die hoogmoedigheid

van sy hart, hy en die

inwoners van Jerusalem,

sodat die toorn van

die Here nie oor hulle

gekom het in die dae

van Jehiskía nie.

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 9 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 11: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

waarneming

Ons het reeds gesien dat God nie hoogmoed ignoreer nie. Wat kan ons nóg leer oor sy siening van hierdie sonde?

Leier: Lees Spreuke 8:13; 6:16-19 en Jakobus 4:6.

• Laat die groep die woorde hardop saam sê en elke verwysing na hoogmoed, insluitende sinonieme soos trotsheid en trotse, met ’n H merk.

BeSPreKing

• Wat sê die Here in hierdie Skrifgedeeltes oor hoogmoed?

10 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

SpreuKe 8:13

Die vrees van die

Here is om te haat

wat sleg is; hoogmoed

en trotsheid en ’n

slegte wandel en ’n

huigelagtige mond

haat ek.

SpreuKe 6:16–19 16 Hierdie ses dinge

haat die Here, en

sewe is vir sy siel ’n

gruwel:

17 trotse oë, ’n

leuenagtige tong en

hande wat onskuldige

bloed vergiet,

18 ’n hart wat

onheilsplanne beraam,

voete wat haastig na

die kwaad toe loop,

19 een wat as valse

getuie leuens uitstrooi

en tussen broers

tweedrag saai.

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 10 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 12: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

waarneming

Die Bybel se beskrywing van, en waarskuwings teen, die gevare van hoogmoed is baie duidelik. Ons bestudeer nog ’n paar verse om te sien wat ons omtrent hierdie dodelike sonde kan leer.

Leier: Lees die volgende gedeeltes vanaf Spreuke 16:5 tot by 1 Johannes 2:16.

• Laat die groep die woorde hardop saam sê en elke verwysing na hoogmoed, insluitende sinonieme soos vermetele

trotsaards, jaloers, opgeblase en grootpraters met ’n H merk.

BeSPreKing

• Wat het jy uit hierdie teksverse geleer omtrent die persoon wat hoogmoedig is?

W e e k E e n 11

JaKobuS 4:6

Maar Hy gee groter

genade; daarom sê Hy:

God weerstaan die hoog-

moediges, maar aan die

nederiges gee Hy genade.

SpreuKe 16:5

Elke hoogmoedige van

hart is vir die Here ’n

gruwel; sekerlik, hy sal

nie ongestraf bly nie.

SpreuKe 21:24

’n Vermetele, ’n

trotsaard word ’n

spotter genoem, een

wat in oormaat van

vermetelheid handel.

romeine 12:16

. . . wees eensgesind

onder mekaar; moenie

na hoë dinge streef nie,

maar voeg julle by die

nederige; moenie eiewys

wees nie.

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 11 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 13: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

12 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

1 KorinthiërS♪ 13:4

Die liefde is

lankmoedig en

vriendelik; die liefde is

nie jaloers nie; die liefde

praat nie groot nie, is

nie opgeblase nie.

2 timóthéüS 3:1–2, 5 1 Maar weet dit, dat

daar in die laaste dae

swaar tye sal kom.

2 Want die mense sal

liefhebbers van hulleself

wees, geldgieriges,

grootpraters,

trotsaards, lasteraars,

ongehoorsaam aan hulle

ouers, ondankbaar,

onheilig,

5 mense wat ’n

gedaante van

godsaligheid het, maar

die krag daarvan verloën

het. Keer jou ook van

hierdie mense af.

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 12 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 14: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

waarneming

Wat sal met die hoogmoediges gebeur?

Leier: Lees Spreuke 15:25; 16:18 en Lukas 1:51-52.

• Laat die groep die woorde hardop saam sê en elke verwysing na hoogmoed, insluitende sinonieme soos vermetele

trotsaards, jaloers, opgeblase en grootpraters met ’n H merk.

BeSPreKing

• Wat sal met die hoogmoediges gebeur?

• Wie sal hierdie dinge uitvoer?

W e e k E e n 13

1 JohanneS 2:16

Want alles wat in die

wêreld is—die begeer-

likheid van die vlees en

die begeerlikheid van

die oë en die groots-

heid van die lewe—is

nie uit die Vader nie,

maar is uit die wêreld.

SpreuKe 15:25

Die Here ruk die huis

van die trotsaards om,

maar die grenslyn van

die weduwee stel Hy

vas.

SpreuKe 16:18

Trotsheid kom voor die

verbreking, en hoogmoed

kom voor die val.

LuKaS 1:51–52 51 Hy het deur sy arm

kragtige dade gedoen.

Hoogmoediges in die

gedagtes van hulle hart

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 13 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 15: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

waarneming

Eiegeregtigheid loop hand aan hand met hoogmoed. Die Fariseërs was byvoorbeeld trots op hul uiterste noukeurigheid in die onderhouding van die wet. Hulle was besonder puntenerig oor die kos wat hulle geëet het en die seremoniële was van hande. Jesus het egter sy volgelinge geleer dat uiterlike handeling van minder belang is as dít wat in ons harte is.

Leier: Lees Markus 7:20-23. • Laat die groep die woord hardop saam

sê en hoogmoed met ’n H merk.

BeSPreKing

• Wat het jy uit hierdie gedeelte omtrent hoogmoed geleer?

• Watter verskillende handelinge het Jesus saam met hoogmoed gegroepeer en wat openbaar dit omtrent die erns van hierdie sonde?

14 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

het Hy verstrooi.

52 Maghebbers het Hy

van trone afgeruk en

nederiges verhoog.

marKuS 7:20–23 20 En Hy sê: Wat uit

die mens uitgaan, dit

maak die mens onrein.

21 Want van binne,

uit die hart van die

mense, kom die slegte

gedagtes, egbreuk,

hoerery, moord,

22 diewery, hebsug,

boosheid, bedrog,

losbandigheid, afguns,

lastering, hoogmoed,

dwaasheid.

23 Al hierdie booshede

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 14 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 16: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

waarneming

Dwarsdeur sy bediening het Jesus die eiegeregtigheid van die Fariseërs aan die kaak gestel — hul trots omdat hulle hulself wysgemaak het dat hulle heiliger as ander mense was.

Leier: Lees Lukas 18:9-14 hardop en laat die groep

• ’n raampie trek om elke verwysing na die Fariseër, insluitende voornaam-woorde.

• elke verwysing na die tollenaar, inslui-tende voornaamwoorde, en die frase hierdie man, met ’n $ merk.

BeSPreKing

• Wat het jy omtrent die Fariseër geleer?

• Wat het jy omtrent die tollenaar geleer?

W e e k E e n 15

kom van binne uit

en maak die mens

onrein.”

LuKaS 18:9–14 9 En Hy [Jesus] het

ook met die oog op

sommige wat op hulle-

self vertrou dat hulle

regverdig is en die

ander verag, hierdie

gelykenis vertel.

10 Twee manne het na

die tempel opgegaan

om te bid, die een ’n

Fariseër en die ander

’n tollenaar.

11 En die Fariseër

het gaan staan en by

homself so gebid:

o God, ek dank U

dat ek nie soos die

ander mense is nie—

rowers, onregverdiges,

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 15 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 17: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

• Watter verskil(le) tussen die twee het jy opgemerk?

• Bespreek hoe hoogmoed iemand se geestelike groei tot stilstand kan dwing.

• Hoogmoed lei daartoe dat ons die klem van God na onsself verskuif. Soos in die geval van die Fariseër, begin ons onsself as belangrik beskou. Op watter tekens, wat kan aandui dat hoogmoed ’n kwessie geword het wat aangespreek moet word, moet jy bedag wees?

• Ondersoek jou eie lewe: na wie trek jou gedrag die meeste, dié van die Fariseër of dié van die tollenaar?

16 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

egbrekers, of ook soos

hierdie tollenaar nie.

12 Ek vas twee keer

in die week, ek gee

tiendes van alles wat

ek verkry.

13 En die tollenaar

het ver weg gestaan

en wou selfs nie sy oë

na die hemel ophef

nie, maar het op sy

bors geslaan en gesê:

o God, wees my,

sondaar, genadig!

14 Ek sê vir julle,

hierdie laaste een het

geregverdig na sy huis

gegaan eerder as die

eerste een; want elkeen

wat homself verhoog,

sal verneder word,

en hy wat homself

verneder, sal verhoog

word.

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 16 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 18: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

waarneming

As ons nou weet wat God se siening van hoogmoed is, is dit nodig dat ons sal weet hoe om dit te vermy — en om ontslae te raak van enige arrogansie wat in ons lewens posgevat het.

Leier: Lees Spreuke 29:23; 1 Petrus 5:5-6; Filippense 2:3-8 en Matthéüs 23:10-12, en laat die groep

• elke vewysing na hoogmoed, inslui-tende sinonieme soos ydele eer en homself verhoog, met ’n H merk.

• ’n kronkellyn soos dié trek onder die woorde ootmoed en verneder.

BeSPreKing

• Hoe is dit moontlik om hoogmoed te vermy of te oorkom?

• Aangaande oorwinning oor hoogmoed, is daar een ding wat al hierdie Skrifverwysings in gemeen het. Wat is dit?

W e e k E e n 17

SpreuKe 29:23

Die trotsheid van ’n

mens verneder hom,

maar die nederige van

gees sal eer verkry.

1 petruS 5:5–6 5 Net so moet julle,

jongeres, aan die

oueres onderdanig

wees; en wees almal

met ootmoed bekleed

in onderdanigheid

aan mekaar, want

God weerstaan die

hoogmoediges, maar

aan die nederiges gee

Hy genade.

6 Verneder julle dan

onder die kragtige

hand van God, sodat

Hy julle kan verhoog

op die regte tyd.

FiLippenSe 2:3–8 3 Moenie iets doen

uit selfsug of uit

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 17 2/13/2014 10:27:50 AM

Page 19: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

• Soek die woord maar in 1 Petrus 5:5-6. Watter kontras vind jy hier?

• Watter instruksies in hierdie verse kan aan ons leiding gee wanneer ons met hoogmoed moet handel?

• Wat sal God doen wanneer ons hierdie instruksies volg?

• Kon jy, uit dit wat jy hierdie week geleer het, areas in jou eie lewe identifiseer waar hoogmoed geïnfiltreer het? Op watter maniere, indien enige, het dit in ’n afbrekende sonde ontaard wat jou daarvan weerhou om so doeltreffend as moontlik te wees in jou wandel met Christus?

18 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

ydele eer nie, maar in

nederigheid moet die

een die ander hoër ag

as homself.

4 Julle moet nie

elkeen na sy eie

belange omsien nie,

maar elkeen ook na die

ander s’n.

5 Want hierdie

gesindheid moet in

julle wees wat ook in

Christus Jesus was.

6 Hy, wat in die

gestalte van God was,

het dit geen roof geag

om aan God gelyk te

wees nie,

7 maar het Homself

ontledig deur die

gestalte van ’n

dienskneg aan te neem

en aan die mense gelyk

geword;

8 en in gedaante

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 18 2/13/2014 10:27:51 AM

Page 20: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

• Miskien het jy besef dat hoogmoed jou lewe geïnfiltreer het. Wat moet jy doen om te verhoed dat dit jou geestelike groei belemmer of selfs tot stilstand bring?

• Deur jouself onder die kragtige hand van God te verneder, sê jy: “Hy is God en ek is nie.” Jy erken dat alles in jou lewe

— alles wat jy is, alles wat jy het en alles wat jy sal bereik — ’n gawe van Hom is. Is jy in nederigheid gereed om Hom met elke deeltjie van jou bestaan te vertrou? Is jy gewillig om jouself aan Hom te onderwerp?

.

W e e k E e n 19

gevind as ’n mens, het

Hy Homself verneder

deur gehoorsaam te

word tot die dood toe,

ja, die dood van die

kruis.

matthéüS 23:10–12 10 Julle moet julle ook

nie leermeesters laat

noem nie, want een

is julle leermeester:

Christus.

11 Maar die grootste

van julle moet jul

dienaar wees.

12 Wie homself

verhoog, sal verneder

word, en wie homself

verneder, sal verhoog

word.

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 19 2/13/2014 10:27:51 AM

Page 21: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

SameVaTTing

God maak geen geheim daarvan dat Hy hoogmoed haat nie:

Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat ek. (Spreuke 8:13)

Hy ken die skade wat dit aan ons lewens, en veral aan ons verhouding met Hom, kan doen.

Hoogmoed is een van Satan se gunsteling aanvalswapens, omdat dit ons dwing om vir God buite rekening te laat en die aandag op onsself te vestig. Hierdie sonde bekruip ons dikwels ongesiens, selfs op maniere wat “goed” voorkom, soos om trots te wees op die goeie dinge wat God aan ons gegee het: familie, werk, invloed en sukses. Indien daar niks aan gedoen word nie, kan hoogmoed ons gesindheid teenoor God verander en ons verhoudings met ander mense ondermyn.

Hoogmoed plaas altyd oordrewe klem op die self. Dit versoek ons om te glo dat ons beter weet as God en sonder Hom sukses kan behaal. Hoogmoed isoleer ons van God en verhoed ons om volkome aan Hom toegewy te wees. Hierdie dodelike sonde maak ons geestelike groei dood en keer dat ons vrug dra in die uitvoering van planne en doelwitte vir ons lewens.

As ons egter, in teenstelling met wat hierbo staan, kies om ons met nederigheid te beklee en God se gesag en soewereiniteit oor ons lewens erken, sal Hy ons gebruik en ons op sy eie tyd en eie manier verhoog.

Hierdie week:

20 D o d e l i k e S o n d e s : O o r w i n A f b r e k e n d e V e r s o e k i n g s

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 20 2/13/2014 10:27:51 AM

Page 22: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

• VraGodomjouharttedeursoekvirenigehoogmoedwatdalkingesluip het. As God dan areas van trots aan jou uitwys, erken en bely dit. Dit mag moeilik wees, want dikwels neem hierdie sonde jou hart so in besit, dat jy moontlik daarvan onbewus sal wees dat jy so ’n probleem het.

• VraGodomjouhoogmoedigheidtevergeef.(Maaksekerdatjy die sonde by die naam noem deur die woord te sê.)

• BiddatGodaanjoudievermoëendiekragsalgeeomjouvanhoogmoed te bekeer. (Soms doen God dit deur teleurstelling en gebrokenheid, maar onthou Hy breek ons om ons te kan seën.)

• Vra God om aan jou die onderskeidingsvermoë te gee omhoogmoed te identifiseer wanneer dit probeer om jou lewe in beslag te neem.

• OnthouwaarjyvandaankomenhoeverGodjougebringhet.Erken jou totale afhanklikheid van Hom en dank Hom vir wat Hy in jou lewe gedoen het.

W e e k E e n 21

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 21 2/13/2014 10:27:51 AM

Page 23: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

CS4 Fatal Distractions - Afr.indd 22 2/13/2014 10:27:51 AM

Page 24: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies
Page 25: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

Geen-tuiswerk Bybelstudies Help Jou om die Waarheid self te ontdek

Page 26: MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP Moenie Bloot ’n … · 2017. 12. 4. · MEER AS EEN MILJOEN IN DIE REEKS VERKOOP 40 Minute per Week kan jou Lewe Verander! 40-Minute Bybelstudies

Kay Arthur is wêreldbekend as internasionale Bybelleraar, skrywer, konferensiespreker en gasheer van die nasionale radio- en televisieprogramme Precepts for Life, wat ’n wêreldwye gehoor van meer as 4 miljoen het. Sy het reeds vier keer die Gold Medallion Award as skrywer verower en is die outeur van meer as 100 boeke en Bybelstudies.

Kay en haar eggenoot, Jack, stigter van Precept Ministries International in 1970 te Chattanooga, Tennesee, se visie is om mense te vestig in God se Woord. Vandag het die bediening wêreldwyd uitgebrei. Tesame met induktiewe Bybelstudie-werkswinkels en duisende kleingroep Bybelstudiegroepe regoor Amerika, reik PMI uit na ongeveer 185 lande met induktiewe Bybelstudies, wat reeds in 70 tale vertaal is. Die bediening leer mense hoe om waarheid self te ontdek.

Skakel Precept Ministries Suid-Afrika vir meer inligting oor induktiewe Bybelstudies in jou omgewing.

Precept Ministries South-AfricaPosbus 539Howard Place, 7450Tel.: +27 (0)21 531 1836www.precept.org.za

OMTRENT KAY ARTHUR EN PRECEPT MINISTRIES INTERNATIONAL