48
© PSP 2009 in die grondslagfase ’n Heletaal-benadering

n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

Embed Size (px)

DESCRIPTION

n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

Citation preview

Page 1: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

© PSP 2009

in die grondslagfase

’n Heletaal-benadering

Page 2: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

Kursus geskryf en aangebied deur Viv Kenyon

In Afrikaans vertaal deur Ronél Gouws

Uitleg deur Welma Odendaal

Getting Foundation Phase Learners Writing and

Getting Foundation Phase Learners Reading, is ook by die PSP beskikbaar.

in die grondslagfase

’n Heletaal-benadering

Die PSP verwelkom die gebruik van hierdie materiaal met erkenning aan die PSP.

Page 3: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

Inhoud

’n Heletaal-benadering in die Grondslagfase

Inleiding 1

Die gebruik van koerante vir heletaal-onderrig 4

Die gebruik van prente vir heletaal-onderrig 20

Die gebruik van liedjies en musiek vir heletaal-onderrig 34

Slot 42

Page 4: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

11

InleidingHierdie jaar het ons taalwerkswinkels by die PSP op ’n heletaal-benadering tot taalleer en -onderrig gefokus. Elke kwartaal was ons fokus op een van drie maklik beskikbare hulpmiddels om in die primêre klaskamer te gebruik. Ons het maniere voorgestel waarop Grondslagfase-onderwysers hierdie hulpmiddels kan gebruik om hulle leerders taal op ’n sinvolle en funksionele manier te laat gebruik.

Wat bedoel ons met heletaal-onderrig?Wat is ’n heletaal-benadering? ’n Heletaal-benadering beteken dat ’n mens seker maak dat leerders geleenthede kry om alle aspekte van taal in elke leersituasie te gebruik en te ontwikkel. Dit beteken daar word van leerders verwag om gedurende elke leerervaring te dink, te luister, te praat, te skryf en te lees. Praat gebeur nie op sy eie nie. Dit vind saam met luister, lees, skryf en dink plaas. Dit word doelbewus met dink, luister, skryf en lees geïntegreer.

Hierdie benadering tot die leer en onderrig van taal het ontstaan uit ’n kommer dat baie leerders met geskrewe taal sukkel wanneer hulle dit op skool teëkom. Dit is waar selfs wanneer leerders heel suksesvol geleer het om te praat, te luister en te dink.

’n Heletaal-benadering

beteken dat ’n mens

seker maak dat

leerders geleenthede

kry om alle aspekte

van taal in elke

leersituasie te gebruik

en te ontwikkel.

Page 5: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

2

Yetta en Kenneth Goodman het jong leerders en hulle benadering tot leer binne en buite skole dekades lank waargeneem. Hulle het daarop gewys dat, wanneer jong leerders buite die skool leer, hulle gou leer en met die doel om ’n spesifieke taak uit te voer. In hierdie situasies is leer sinvol.

Die Goodmans stel voor dat ons die leerervaring in skole sinvoller en meer doelgerig en funksioneel moet maak. Hulle het gevind dat ons dit kan doen as ons verskillende aspekte van taal integreer sodat leerders taal as ’n geheel leer, net soos ons in die werklikheid doen. As ons die verskillende aspekte van taal skei en op slegs een op ’n slag fokus (byvoorbeeld op spelling), is dit baie moeiliker om die aktiwiteit sinvol te maak.

Wat jy in hierdie boekie sal kryJy sal vind dat die aktiwiteite en ervaringe wat ons in hierdie boekie voorstel, vereis dat leerders alle aspekte van taal gebruik. In sommige gevalle sal leerders addisionele dinge leer – hulle kan byvoorbeeld op ’n aspek van Sosiale Wetenskappe of Lewensvaardighede fokus. Ten einde dit te doen, sal hulle egter dink, praat, luister, lees en skryf.

Wanneer jou leerders hierdie aktiwiteite uitvoer, sal hulle ’n heletaal-benadering volg.

’n Heletaal-benadering

moedig leerders aan om

alle aspekte van taal te

gebruik.

Page 6: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

3

Hierdie boekie bestaan uit drie afdelings.

A Die eerste afdeling verskaf idees vir die gebruik van koerante vir heletaal-leerervaringe.

A Die tweede afdeling stel maniere voor om prente te gebruik om jou leerders te laat dink, praat, luister, skryf en lees.

A Die derde afdeling verskaf voorstelle vir maniere om musiek vir heletaal-leer en -onderrig te gebruik.

Pare en klein groepiesIn hierdie boekie stel ons dikwels voor dat jy jou leerders aanmoedig om in pare of klein groepies te werk. Wanneer jy jou leerders vra om saam met ’n maat te werk, sal jy vind dat al die leerders ’n kans kry om te praat. Wanneer leerders in klein groepies werk, kry hulle ook meer geleentheid om te praat as wanneer hulle in groot groepe is.

As jy ernstig daaroor is oor om ’n heletaal-benadering in jou klas te volg, sal jy jou leerders baie geleenthede moet gee om te praat, te luister, te lees, te skryf en te dink. Een van die beste maniere om dit te bereik, is om hulle in pare of klein groepies te laat werk.

In sommige gevalle sal leerders addisionele dinge leer – hulle kan byvoorbeeld

op ’n aspek van Sosiale Wetenskappe of Lewensvaardighede fokus.

Page 7: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

4

1 Die gebruik van koerante vir heletaal-onderrig

Al die aktiwiteite in hierdie afdeling behels die gebruik van koerante of dele van koerante. Ons is bewus daarvan dat graad R’s en graad 1’s heel waarskynlik nog nie koerante kan lees nie. Ons verstaan egter ook dat leerders weet dat koerante bestaan. Gratis gemeenskapskoerante word ook elke week by huise afgelewer.

Baie skole kry gedurende die kwartaal gereeld eksemplare van koerante soos Die Burger en Die Burger en Die Burger Sunday Times vir onderwysers om as ’n hulpmiddel vir leer en onderrig te gebruik. Al het ons nie enige spesifieke koerante in ons werkswinkels gebruik nie, kan onderwysers dele van koerante vir verskeie van die voorgestelde aktiwiteite gebruik.

By die werkswinkels waar ons op die gebruik van koerante in Engels gefokus

het, het ons gevind dat die struktuur en uitleg van die Cape Times duideliker as die struktuur en uitleg van die Argus was. Ons

het ook Vukani, The Plainsman en Athlone Nuus – plaaslike gemeenskapskoerante wat oor gemeenskapsake verslag doen – gebruik.

Wat weet ons van koerante?Alle grade

Jy kan dit met leerders in alle grade in die Grondslagfase doen. Selfs al lees graad R’s nog nie, weet hulle dat mense skryf en lees. Dit is ook baie belangrik dat hulle geleentheid kry om die woorde wat hulle sê in druk te sien. Sulke ervaringe is belangrike lesse in ontluikende (vormende) geletterdheid.

Page 8: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

5

1Wat jy nodig sal hêJy sal ’n groot vel papier (blaaibordpapier werk goed) en kokipenne nodig hê. Skryf die woord “Koerante” in die middel van die vel papier sodat jy dit later in ’n spinnekopdiagram (of gedagtekaart) kan gebruik.

Stel die aktiwiteit bekendBegin deur jou leerders informeel ’n groep om jou te laat vorm. Vra dan: Wat is ’n koerant? Skryf die leerders se reaksies op die gedagtekaart. Hier is nog vrae wat jy kan vra om jou leerders te laat dink aan wat ons in koerante kry, wie dit maak, en waarom ons koerante koop.

A Wat is in ’n koerant?

A Waaroor is koerante?

A Hoe kom stories in die koerant?

A Wie skryf die stories?

A Wie neem die foto’s?

A Hoe vind hierdie mense uit wat gebeur?

A Waar kan jy koerante koop?

A Hoeveel kos ’n koerant?

A Waar word dit gemaak of aanmekaargesit?

A Wie koop koerante?

A Waarom koop mense koerante?

Page 9: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

6

1A Waar begin jy lees wanneer jy ’n

koerant lees?

A Ken jy enigiemand wat koerante lees? Wat lees hulle die graagste?

A Het jy al julle gemeenskapskoerant gesien? Weet jy dat dit verniet is?

Dit is ’n voorbeeld van die inligting wat Charlene Hans met haar graad 3-leerders saamgestel het. Ons stel voor jy probeer hierdie aktiwiteit met jou leerders. Ons dink jy sal verbaas wees oor hoeveel jou leerders weet – selfs die jongstes!

KewerritGraad 2 en 3

Dit is ’n wonderlike aktiwiteit om graad 2- en graad 3-leerders die leesvaardighede van vluglees en soeklees te leer. Hulle sal hierdie vaardighede later in hulle skoolloopbaan en ook in hulle lewens nodig hê.

Wat jy nodig sal hêJy sal verskeie eksemplare van dieselfde uitgawe van ’n koerant nodig hê. Dit maak nie saak of jy kies om ’n gemeenskapskoerant of ’n dagkoerant te gebruik nie, maar jy moet seker maak dat jy ’n eksemplaar vir elke groep leerders het.

Elke groep sal ook ’n stuk papier nodig hê om hulle antwoorde vir die vrae neer te skryf. Elke groep sal ook afskrifte van die vrae nodig hê.

VlUGleeSleeSlee & SOeKleeSleeSlee

Ons vluglees ’n teks (kyk gou daardeur) wanneer ons ’n idee wil kry van waaroor die teks is. Ons soeklees ’n teks wanneer ons ’n spesifieke woord of spesifieke inligting wil kry.

Page 10: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

7

1Stel die aktiwiteit bekendSê vir jou leerders dat jy ’n kompetisie gereël het. Sê jy gaan vir elke groep ’n lys vrae gee en jy wil hê die hele groep moet die antwoorde vir al die vrae help kry.

Gee dan aan elke groep ’n stuk papier en verskeie afskrifte van die vrae. Verduidelik aan jou leerders dat jy wil hê hulle moet die antwoorde vir die vrae in die koerant soek. Sê hulle moet die antwoorde gou soek. Hulle moenie elke woord in die koerant lees nie. Hulle moet net die woorde of prent wat die vraag sal beantwoord, soek.

Demonstreer vluglees en soekleesDemonstreer wat jy wil hê jou leerders moet doen. Lees die eerste vraag hardop. Vra dan jou leerders om te dink aan waar die antwoord kan wees. Sal dit op die voorblad wees? Sal dit op die agterblad wees? Of sal dit êrens in die middel wees? Hou ’n eksemplaar van die koerant op en wys die leerders hoe jy jou vinger kan gebruik om vir ’n antwoord te help soek. Beweeg jou vinger vinnig oor ’n bladsy. Terwyl jy dit doen, lees jy enige woorde hardop wat klink soos die woord of naam wat jy soek. Wanneer jy die antwoord kry, skryf jy dit op die bord.

Jy sal dalk voel jy wil al die vrae hardop lees wanneer jy hierdie aktiwiteit die eerste keer doen. Nadat jy elke vraag hardop gelees het, gee jy jou leerders tyd om die antwoord te soek. Moedig hulle aan om in hulle groepe te bespreek waar die antwoord moontlik kan wees. Al sal hierdie manier om die aktiwiteit te doen langer neem, sal jy jou leerders ondersteun terwyl hulle ’n koerant leer ken.

Gaan antwoorde naMoedig jou leerders aan om gou saam te werk. Sê dat wanneer hulle al die antwoorde gekry het, hulle hul koerant netjies op hulle tafel moet sit, en hulle hande moet opsteek. Gee jou leerders genoeg tyd om die antwoorde te kry. Moet egter nie wag tot almal se hande op is nie.

Page 11: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

8

1Wanneer jy voel dat die meeste van die leerders die antwoorde gekry het, laat jy hulle ophou. Gee vir elke tafel ’n kans om ’n vraag te beantwoord. Moedig sommige van die minder vrymoedige leerders aan om ’n antwoord te gee.

Elke keer wat ’n antwoord gegee word, kontroleer jy met die hele klas dat hulle die korrekte antwoord gekry het. Kyk saam met die hele klas in die koerant.

Jy sal vind dat jou leerders die vrae moet lees. Hulle sal moontlik bespreek (luister en praat) waar die antwoord kan wees. Dan sal hulle die koerant vir die inligting moet vluglees en soeklees. Wanneer hulle die inligting gekry het, sal hulle dit moet aanteken (skryf). En deur die hele aktiwiteit sal jou leerders dink. Hulle sal by ’n heletaal-aktiwiteit betrokke wees.

Die gebruik van koerantfoto’sDaar is verskeie maniere waarop jy prente uit koerante in die klas kan gebruik. In hierdie afdeling stel ons drie maniere voor.

Page 12: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

9

1Die gebruik van koerantfoto’s om stories op te maak

Alle grade

Wat jy nodig sal hêJy sal twee redelik groot koerantfoto’s nodig hê. Soek foto’s wat wys hoe mense iets doen. Jy sal dalk deur verskeie koerante moet kyk om foto’s te kry wat geskik vir jou leerders is en wat hulle interessant sal vind. As jy die foto monteer en lamineer, sal dit lank gebruik kan word. Jy hoef dit egter nie te doen nie.

Maak seker jy het groot velle blaaibordpapier en vetkryt of kokipenne.

Stel die aktiwiteit bekend

Maak jou leerders om jou bymekaar. Hou dan een van die koerantfoto’s in die lug sodat jou leerders daarna kan kyk. Vra hulle om versigtig na die prent te kyk. Vra hulle dan om vir jou van die prent te vertel.

A Wat gebeur in die prent?

A Wat dink jy het gebeur voor die foto geneem is?

A Wat dink jy het daarna gebeur?

Probeer om sommige van die stiller leerders te kry om iets

Page 13: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

10

1te sê. Jy sal dalk vind dit is nie die vlotste lesers in die klas wat prente goed kan lees nie. Jy kan baie interessante vrae oor elke foto vra.

Wys dan die volgende koerantfoto en laat jou leerders daardie prent op dieselfde manier bespreek. Verduidelik aan jou leerders dat jy wil hê hulle moet jou help om ’n storie oor een van die prente op te maak. Vra hulle om een van die prente te kies. Vra: Watter foto is regtig interessant vir jou? Waarom?

Gedeelde skryfwerkWanneer jou leerders konsensus bereik het oor die foto waarmee hulle wil werk, vra jy jou leerders om jou met die begin van die storie te help.

A Wat gebeur in die prent?

A Wat doen die mense?

A Wat sal ’n goeie manier wees om die storie te begin?

Skryf die idees neer soos wat die leerders dit noem. Probeer om presies te skryf wat jou leerders sê. Dit is veral belangrik as jy met graad R’s of graad 1’s werk. Hulle sal onthou wat hulle gesê het. Dit is ’n belangrike stadium wanneer hulle leer lees. Nadat jy elke sin geskryf het, laat jy jou leerders dit hardop lees, en, saam met jou, al die sinne wat hulle gedikteer het en jy neergeskryf het.

’n Kans om te redigeerWanneer die storie klaar is, lees jy dit hardop vir jou leerders net asof jy die storie vertel. Lees op ’n natuurlike manier. Moenie woord vir woord lees nie. Probeer om in sinsdele te lees, net soos ons praat. Vra jou leerders of daar enigiets is wat hulle wil verander. Op hierdie manier lei jy hulle in in die proses waardeur ’n skrywer gaan wanneer sy of hy ’n artikel of ’n boek skryf.

Page 14: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

11

1Wanneer die storie klaar is, kan jy besluit of jy ’n Groot Boek daarvan wil maak. Dan kan jou leerders prente teken om die teks te illustreer.

Wanneer jy dit ’n paar keer gedoen het, sal jy dalk vind jy moet meer as twee prente kry om met jou leerders te bespreek. Jy ken jou leerders die beste en sal weet wat geskik vir jou en jou klas is.

Graad 2’s en graad 3’sAs jy met graad 2’s en graad 3’s werk, kan jy vir elke paar leerders of klein groepie twee of drie kleiner koerantfoto’s gee. As jy baie prente het, kan jy selfs vir elke groep vier of vyf foto’s gee om mee te werk. Jy kan die koerantfoto’s in ’n koevert sit, met instruksies vir die leerders om te lees. Dan kan hulle een foto kies om mee te werk om saam ’n storie te skep. Later, wanneer hulle stories klaar is, kan hulle dit hardop vir die res van die klas lees.

Pas foto’s en onderskrifte bymekaar

Graad 2 en 3

Wat jy nodig sal hêJy sal baie koerantprente vir hierdie aktiwiteit nodig hê. Jy sal minstens vyf prente vir elke paar of groep nodig hê. Maak seker dat jy die onderskrifte afgeknip het. Hou egter die onderskrifte en sit dit in die koevert saam met die foto’s. Ons stel voor dat jy instruksies buite op skryf selfs as jy voel dat jou leerders dit nie sal kan lees nie. Dit is deel daarvan om ’n ryk leesomgewing te skep – daar is oral skrif!

Page 15: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

12

1Stel die aktiwiteit bekendGee vir elke groep of paar ’n koevert met verskeie koerantfoto’s daarin. Vra jou leerders om die prente een vir een uit te haal en noukeurig na elkeen te kyk. Laat hulle dan die onderskrifte uithaal en lees. Vra hulle dan om die onderskrifte by die prente te pas.

Wanneer jy sien dat die meeste leerders hulle onderskrifte by hulle prente gepas het, kan elke paar of groep hulle prente wys en die onderskrifte lees.

KAN DOEN: Moderne tegnologie het township-kitaars bereik. In plaas van die gewone Castrol GTX-oliekan en vislyn, speel Sean May, 21, die moderne elektriese weergawe in Kerkstraat.

GEE KRAG: Mielieverkoper Salina Moekeng inspekteer ’n kam onder ’n Eskom-mas in Germiston. Moekeng se landelike tuiste in Frankfort in die Vrystaat het nie elektrisiteit nie.

PASLIKE PAS: Verkeer het gister vrylik deur die Kaaimansrivierpas

gevloei terwyl die nasionale regering dit oorweeg om die vloedgeteisterde

Eden-distrikmunisipaliteit ’n rampgebied te verklaar.

SONDER HOOP: ’n Somaliese meisie gee haar suster kos by die Dadaab-vlugtelingkamp in die noorde van Kenia vroeër die maand.

BRIAN BALOYI: Kaïro-nagmerrie

Page 16: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

13

1Werk met koerantopskrifteGraad 1 tot 3

Koerantopskrifte is ’n belangrike deel van koerante. Daar is verskeie maniere waarop jy daarmee kan werk. Hier volg ’n paar maniere.

Big stink in Stilbaai over raw sewage in river

Garden route N2 collapsing

345 pilgrims die on hajj

Hele SA verenig vir eindstryd

People dragged from homes as attacks by

lions rise in Tanzania and Mozambique

Swaer neerslae word in Oos-Kaap verwag

Kersfees kom vroeg in Oceanview

Vrou het dalk breinskade ná slangbyt

Wat jy nodig sal hêJy sal ’n onlangse koerant, blaaibordpapier (of koerantpapier) en vetkryt, kokipenne of kryt en ’n bord nodig hê. Gaan self deur die koerant voor jy met jou klas daarmee werk. Kies ’n paar koerantopskrifte wat jy voel geskik vir jou leerders is en waarmee julle kan werk.

Veertien beseer toe dak

van Pick ’n Pay intuimel

Page 17: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

14

1Stel die aktiwiteit bekendMaak jou leerders informeel om jou bymekaar. Ons stel voor dat jy nie Grondslagfase-leerders by hulle banke laat sit nie. As hulle in ’n halfsirkel om jou sit, sal jy hulle aandag beter kan hou. En as hulle redelik na aan jou sit, sal hulle makliker hulle gedagtes en idees met jou deel sonder oom bang te wees dat hulle die verkeerde ding sê.

Bespreek koerantopskrifteWys die koerant vir die leerders en lees een van die koerant-opskrifte vir hulle. Vra hulle wat hulle dink dit beteken. Bespreek die koerantopskrif met die klas. Waaroor is die storie, dink hulle? Skryf die leerders se idees op die blaaibordpapier of op die bord.

Vra jou leerders dan om prente te teken om die storie wat by die opskrif pas, te illustreer. Wanneer jy voel dat hulle noukeurig aan hulle prente gewerk het, stal jy dit saam met die koerantopskrif in die klas uit.

Page 18: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

15

1Verdeel koerantopskrifte

Graad 3

Wat jy nodig sal hêGaan deur ’n klompie koerante en soek koerantopskrifte wat jy dink geskik vir jou leerders is. Knip die opskrifte versigtig uit. Jy sal genoeg nodig hê sodat elke paar of klein groepie leerders minstens vyf koerantopskrifte kan hê. Jy sal ook ’n koevert vir elke stel koerant-opskrifte nodig hê.

Knip elke stel koerantopskrifte in twee. Sit die stukke in ’n koevert. Maak seker jy doen dit met elke stel koerantopskrifte. Jy sal op elke koevert instruksies vir die leerders moet skryf.

Byvoorbeeld:

A Haal die stukke van die koerantopskrifte uit die koevert.

A Werk saam met ’n maat en kyk na al die stukke van die koerantopskrifte.

A Lees die stukke.

A Pas die stukke bymekaar om ’n goeie koerantopskrif te maak.

A Gesels met jou maat oor die storie wat by hierdie koerantopskrif pas.

A Skryf die storie (of teken ’n prent wat by die koerantopskrif pas).

A Jy kan hierdie aktiwiteit vir jonger leerders aanpas en dit ’n gedeelde skryf-aktiwiteit maak.

WenK

Selfklewende plastieksakkies is ’n goeie alternatief vir koeverte. Dit is wel duur, maar hou langer.

ná slangbyt

Nationwide blackoutshulle harte uit

fired up

Bokke speel

’n Spaanse prinsesof dis nag

Spaar krag,Race to

save City climber

on the cards

Vrou het dalk breinskade

Flawless Farouk

Die avonture van

Page 19: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

16

1Koerantopskrifte en storiesWat jy nodig sal hêGaan deur ’n klompie koerante en soek koerantopskrifte wat jy dink geskik vir jou leerders is. Knip die opskrifte versigtig uit. Jy sal genoeg nodig hê sodat elke paar of klein groepie leerders minstens drie koerantopskrifte kan hê. Jy sal ook ’n koevert vir elke stel koerant-opskrifte nodig hê. Sit elke stel koerantopskrifte in ’n koevert. Jy sal op elke koevert instruksies vir die leerders moet skryf.

ná slangbyt

Nationwide blackouts

hulle harte uit

fired up

Bokke speelan Afghan princess

of dis nag

Spaar krag,

Race to

save City climber

on the cards

Vrou het dalk breinskade

Flawless Farouk

The adventures of

Byvoorbeeld:

A Kyk saam met ’n maat na die koerantopskrifte.

A Kies een koerantopskrif.

A Gesels oor wat julle dink die storie agter die koerantopskrif is. Waarom dink julle is hierdie storie in die nuus?

A Skryf saam die storie wat by die koerantopskrif pas.

A Teken ’n prent wat by jul storie pas.

Page 20: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

17

1WeerinligtingGraad 3

Wat jy nodig sal hêJy sal vir hierdie aktiwiteit inligting oor die weer moet soek. Ons het gevind dat die inligting in die gratis plaaslike gemeenskapskoerante baie eenvoudig en duidelik is. Hierdie koerante gee die verwagte maksimum temperatuur vir drie of vier dae. Hulle gebruik simbole om te wys watter soort weer vir daardie drie of vier dae verwag word. Die windrigting en die tyd van hoog- en laagwater word ook gegee.

Die Burger verskaf ook ’n baie leesbare Die Burger verskaf ook ’n baie leesbare Die Burgerweervoorspelling. Daar is ’n kaart met verskeie plekke in die Wes-Kaap daarop. Simbole op die kaart dui die verwagte weer en minimum en maksimum temperatuur vir hierdie plekke vir daardie dag aan. ’n Afsonderlike tabel gee die verwagte weer en temperatuur vir die volgende drie dae.

Jy mag dalk voel dat van die inligting in Die Burger te moeilik vir jou leerders is, Burger te moeilik vir jou leerders is, Burgermaar jy sal weet wat jou leerders kan hanteer. Jy kan ook die weervoorspelling in Die Burgergebruik sodat jou leerders spesifieke inligting kan soek en lees.

Berei voor vir die aktiwiteitJy sal genoeg afskrifte van die weervoorspelling nodig hê sodat elke paar of klein groepie een kan hê. Jy kan verskillende dae se weervoorspelling gebruik. Gebruik ’n maklik leesbare weervoorspelling uit een koerant (uit ’n dagkoerant soos Die Burger of uit Die Burger of uit Die Burgerplaaslike gemeenskapskoerante). Knip die weervoorspelling uit. Stel vrae op wat jy aan jou leerders kan gee wat hulle sal aanmoedig om te dink, te praat en na mekaar te luister, en dan te lees en te skryf oor wat hulle vind.

Page 21: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

18

1Stel die aktiwiteit bekendHier is ’n paar vrae gebaseer op die weervoorspelling in Die Burger wat ons voel Die Burger wat ons voel Die Burgergeskik vir Grondslagfase leerders is.

A Wat is die verwagte maksimum temperatuur in Kaapstad?

A Wat is die minimum temperatuur?

A Hoe gaan die weer in Worcester wees?

A Hoe laat is dit hoogwater in Tafelbaai?

A Hoe laat is dit laagwater?

A Hoe help dit ons om te weet hoe die weer gaan wees?

A Vir watter mense is dit belangrik om te weet hoe die weer gaan wees? Waarom?

Brei die aktiwiteit uitAs elke groep ’n verskillende dag se inligting het (of selfs inligting van verskillende tye van die jaar), kan jy die verskille tussen die leerders se antwoorde bespreek. Jy kan ook bespreek watter tyd van die jaar die soort weer in hulle weervoorspelling voorkom. Jou leerders kan selfs geïnspireer word om hulle eie weervoorspelling vir die volgende dag, week of maand op te stel. Moedig die leerders aan om dieselfde simbole as in die koerant te gebruik.

Page 22: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

19

1TV-inligtingGraad 2 en 3Nog ’n bron van inligting wat in naweek- en dagkoerante verskyn, is die TV-program. Ons het gevind dat wanneer leerders in iets belangstel, hulle dit geniet om daaroor te praat, te lees en te skryf.

Stel die aktiwiteit bekendJy kan begin deur ’n bespreking met jou leerders te hê oor die TV-programme waarna hulle graag kyk. Selfs leerders wat nie ’n televisiestel tuis het nie, kry dikwels ’n kans om TV te kyk. In dagkoerante verskyn die dag se TV-program, terwyl naweekkoerante dikwels die week se program verskaf. Jy sal moet kies wat geskik vir jou leerders is. Plaaslike gemeenskapskoerante gee nie gewoonlik hierdie inligting nie.

Wat jy nodig sal hêJy sal genoeg afskrifte van die TV-program vir elke paar of klein groepie leerders in jou klas nodig hê. Stel vrae vir die leerders op. Probeer om ’n stel vrae op te stel wat vir enige TV-program sal werk. Stel egter vrae op wat jou leerders sal aanmoedig om te dink, om met mekaar te praat, om te lees en om te skryf.

Hier is ’n paar vrae wat ons voorstel:

A Wat is jou gunsteling-program?

A Waarom hou jy daarvan?

A Op watter dag verskyn dit op TV?

A Hoe laat?

A In watter taal is die nuus op SABC 1 om 17:00?

Page 23: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

20

2 Die gebruik van prente vir heletaal-onderrig

Prente is ’n wonderlike hulpmiddel vir Grondslagfase-onderwysers reg oor die kurrikulum heen.

Ons moedig alle Grondslagfase-onderwysers aan om prente bymekaar te maak. Jy sal prente in koerante, tydskrifte en op allerhande ander plekke vind. Die Early Learning Resource Unit (ELRU) in Lansdowne het vyf stelle prente, met tien verskillende prente in elke stel. Elke stel het ’n tema.

Die temas is:

A Huise

A Gesinne en families

A Vervoer

A Werk

A Speel.

Die stelle prente word teen ’n billike prys verkoop en sluit aan by die lewenservaringe

van baie van die leerders in ons land.

Ons het Ruth Versfeld gevra om van die idees met ons te deel wat sy gebruik om onderwysers en leerders oor prente te laat lees, praat en skryf. Hierdie aktiwiteite is by ons werkswinkels aangebied en onderwysers wat dit bygewoon het, het dit met hulle leerders gedoen.

elRU-ADReSeSe

Die adres van die early learning Resource Unit is:

Flamingosingel 19

lansdowne 7789

Kaapstad

Suid-Afrika

Tel: 021 762 7500

Faks: 021 762 7528

e-pos: [email protected]

www.elru.co.za

Page 24: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

21

2Die stel van vraeBaie dikwels stel onderwysers vrae en verwag dan dat hulle leerders die antwoorde moet gee. In hierdie aktiwiteit sal jou leerders ’n kans kry om te dink aan watter vrae hulle het.

Werk met graad R’s of graad 1’sWat jy nodig sal hêAs jy graad R of graad 1 onderrig, sal jy hierdie aktiwiteit met ’n groep of die hele klas moet doen sodat jy vir jou leerders kan skryf. Jy sal verskeie groot prente of foto’s nodig hê. Soek prente of foto’s wat jou leerders sal interesseer. Prente van mense net na of net voor hulle iets doen, kan baie nuttig wees. Prente van ongewone dinge kan ook nuttig wees. Jy ken jou leerders en jy sal weet wat met hulle sal werk.

Jy sal blaaibordpapier of koerantpapier en vetkryt of kokipenne nodig hê. Jy sal dit ook nuttig vind om lang stroke papier en iets om op te druk te hê. Jy sal jou leerders se vrae op hierdie stroke papier neerskryf.

Knip die prente noukeurig uit. As jy dit in die toekoms weer wil gebruik, kan jy dit lamineer om dit te beskerm en langer te laat hou.

Page 25: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

22

2Stel die aktiwiteit bekendMaak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Jy wil hê almal moet die prente kan sien. As hulle by hulle eie tafels sit, sal hulle sukkel om te sien en sommige sal nie die prente kan sien nie.

Wys die prente een op ’n slag. Moet nog nie die prente bespreek nie. Laat jou leerders net kyk. Hulle sal ’n rukkie nodig hê om na elkeen te kyk. Wanneer hulle ’n kans gehad het om na al die prente te kyk, sê jy hulle moet op net een prent besluit. Al is graad R’s en graad 1’s nog jonk, kan jy hulle aanmoedig om te stem. En al kan hulle vir meer as een prent stem, is dit belangrik dat hulle leer hoe om te stem en hoe om konsensus te bereik.

Stel vraeWanneer die klas een van die prente gekies het, plak jy dit met wondergom in die middel van ’n

vel blaaibordpapier of op die bord. Laat die leerders dan oor die prent praat. Gee jou leerders tyd om die prent goed te bespreek. Wanneer hulle kommentaar gelewer het op wat hulle kan sien en wat hulle van die prent dink, vra jy hulle wat hulle nog van

die prent wil weet. Moedig hulle aan om aan interessante vrae waarvan hulle nie die antwoorde ken nie, te dink.

Page 26: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

23

2Vra:

A Wat dink jy dink of sê die mense in die prent?

A Wat sal jy graag aan daardie mens wil vra?

A Wat sal jy graag wil weet?

Al sal dit aanvanklik tyd neem, sal die leerders aan vrae dink wanneer hulle begin verstaan wat jy van hulle verwag. En hoe meer vrae hulle vra, aan hoe meer vrae sal hulle dink. Een vraag sal iemand anders aan ’n ander vraag laat dink.

VraeSkryf elke vraag duidelik op ’n strokie papier neer. Plak dit dan met wondergom vas sodat een punt aan die prent raak. Wanneer jy verskeie vrae neergeskryf het en op jou leerders se vrae geplak het, sal dit min of meer só lyk!

Wanneer jy redelik baie vrae neergeskryf het, laat jy jou leerders aan moontlike antwoorde vir hulle vrae dink. Jy kan dit vir elke vraag doen, of jy kan ’n paar vrae kies om mee te werk. Moedig hulle aan om redes te gee vir die antwoorde wat hulle voorstel.

Werk met graad 2’s en graad 3’sStel die aktiwiteit bekendAs jou leerders in graad 2 of 3 is, sal hulle in staat wees om hulle eie vrae neer te skryf, veral as hulle in pare of klein groepies werk. Wanneer jy hierdie aktiwiteit aan jou graad 2’s of graad 3’s bekend stel, stel ons egter voor dat jy eers die aktiwiteit met die hele klas doen. Volg dan die riglyne wat ons vir onderwysers van graad R’s of graad 1’s voorstel.

Page 27: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

24

2Kies prenteWanneer jou graad 2’s of 3’s verstaan wat jy van hulle verwag, kan jou leerders in klein groepies werk. Jy sal sommer baie prente nodig hê. Probeer om genoeg te hê sodat jy vir elke groep drie of vier prente kan gee om van te kies. Hulle sal konsensus moet bereik oor met watter prent hulle wil werk. Gee hulle ’n beperkte hoeveelheid tyd om net een prent te kies. Gee hulle dan ’n groot vel papier, vetkryt en wondergom.

Stel vraeSê dan vir die leerders dat jy wil hê hulle moet dink aan al die vrae wat hulle wil vra oor die prent wat hulle gekies het. Moedig hulle aan om aan interessante vrae waarvan hulle nie die antwoorde ken nie, te dink. (Byvoorbeeld, jy wil nie hê hulle moet vra hoeveel mense in die prent is nie tensy daar baie mense is.) Jy wil hê hulle moet dink aan vrae wat hulle later kan bespreek.

UitbreidingsaktiwiteitWanneer graad 3-leerders hierdie aktiwiteit verskeie keer gedoen het, kan jy die aktiwiteit uitbrei deur pare of klein groepies te vra om prente en vrae uit te ruil. Dan moet ’n paar of groep ’n ander groep se vrae beantwoord. Dit is nogal uitdagend en is ’n goeie manier vir leerders om te sien hoe belangrik dit is om noukeurig oor hulle vrae te dink. Het hulle die vrae duidelik genoeg gestel sodat almal dit kan verstaan? Kan hulle hul vrae eenvoudiger stel?

Jy sal vind dat hierdie aktiwiteit vereis dat leerders moet lees (prente), dink, praat en luister, nog dink, skryf, lees wat hulle geskryf het, nog dink, stukkies herskryf, weer lees, nog dink, ensovoorts. Dit is ’n lang proses. En dit betrek alle aspekte van taal!

Page 28: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

25

2Gesnyde prenteAlle grade

Wat jy nodig sal hêSoek goeie foto’s wat relevant tot jou leerders se lewens en ervaringe is. Swart-wit foto’s is in orde. Jy sal die prente versigtig moet kies. En jy sal minstens 20 prente moet kry. Jy wil hê die leerders moet op hul eie aan ’n prent werk. Maak ook seker dat nie meer as twee of drie leerders met dieselfde prent werk nie.

Maak dan ’n oorspronklike van elke prent. As jy ’n oorspronklike het, kan jy dit hou en dit ’n volgende jaar weer met ’n ander groep leerders gebruik.

Maak seker dat jy omtrent die helfte van die prent toemaak voor jy die oorspronklike maak. Dit is baie belangrik, want jy gaan jou leerders vra om die ontbrekende deel te teken.

Stel die aktiwiteit bekendOns het gevind dat dit goed werk as jy jou leerders eers wys wat jy wil hê hulle moet doen. Jy sal ’n groot prent nodig hê sodat al die leerders dit duidelik kan sien. Kies ’n verskillende een van dié wat jy gekopieer het. Plak die prent op die bord en maak jou leerders om jou bymekaar. Bespreek die prent met hulle. Vra:

A Wat kan julle in die prent sien gebeur?

A Wat doen die mense?

A Waar is hulle?

Page 29: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

26

2Laat jou leerders dit so goed moontlik beskryf, maar moenie te lank neem nie. Dit is net die inleiding tot die aktiwiteit!

Demonstreer die taak

Maak dan ’n deel van die prent met ’n stuk papier toe. Sê vir jou leerders dat jy vir elke leerder ’n prent met ’n ontbrekende deel gaan gee. Verduidelik dat jy wil hê hulle moet al die ontbrekende dele teken. Vra dat hulle regtig goed na die prent kyk sodat hulle goed kan raai wat nie daar is nie. Sê hulle moet al die ontbrekende dele teken.

Gee jou klas tyd om noukeurig na hulle prente te kyk. Hulle tekeninge sal bewyse verskaf van hoe goed hulle waargeneem het. Terwyl hulle werk, kan jy van groep tot groep beweeg en waarneem hoe hulle werk.

Deel hulle tekeningeWanneer jy sien dat verskeie leerders klaar geteken het, vra jy die res van die klas om hulle tekeninge klaar te maak. Laat elke leerder dan haar of sy tekening met ’n maat deel. Hulle kan óf hulle prente uitruil, óf hulle kan hulle voltooide prente vir mekaar beskryf.

Page 30: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

27

2Ons stel voor dat jy verskeie van hierdie tekeninge teen jou klaskamermuur opplak. Maak ’n aantekening van die name van die leerders wie se werk jy uitstal. Wanneer jy dan weer werk opplak, kan jy ander leerders se werk kies sodat al jou leerders voel dat hulle waardeer word.

Laastens wys jy jou leerders die volledige weergawe van elke foto of prent sodat hulle kan sien hoe na hulle aan die oorspronklike prent gekom het.

Spraak- en gedagteborrelsGraad 2 en 3

Wat jy nodig sal hêJy sal baie prente vir hierdie aktiwiteit nodig hê. Jy kan swart-wit of volkleurprente gebruik. Maak seker jy het genoeg prente sodat elke paar of groep van drie leerders een prent kan kry.

Stel die aktiwiteit bekendBegin deur aan jou leerders te wys wat jy wil hê hulle moet doen. Moenie net op mondelinge instruksies staatmaak nie. Kies ’n groot prent wat jy nie aan die leerders sal gee om te gebruik nie. Maak jou leerders om jou bymekaar en bespreek die prent met hulle. Vra hulle om vir jou te sê wat hulle dink die belangrikste mense in die prent sê of dink.

Demonstreer die aktiwiteitWanneer die leerders voorstelle maak, skryf jy wat hulle sê in ’n spraakborrel of ’n gedagteborrel. Plak die spraak- of gedagteborrel dan met ’n stukkie wondergom langs die mens wat dit sê of dink. Doen dieselfde met die ander mense in die prent. Die leerders kan ook hulle eie spraakborrels teken nadat jy hulle geleer het om dit te doen.

Page 31: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

28

2Werk onafhanklikDaarna gee jy vir elke paar leerders (of klein groepie) ’n prent. Vra jou leerders om die prent wat jy vir hulle gegee het te bespreek. Vra hulle om te dink aan wat die mense in die prent dink of sê. Gee hulle tyd. Dit is ’n belangrike deel van die aktiwiteit. Hulle moet dink en praat voor hulle skryf.

Beweeg in die klas rond terwyl die leerders praat en gee elke paar of klein groepie verskeie spraak- en gedagteborrels. Sê vir jou leerders hulle moet in die spraakborrels skryf wat hulle dink die mense in hulle prent sê. As hulle nie dink die mense in hulle prent praat nie, moet hulle in die gedagteborrels skryf wat hulle dink die mense dink.

Wanneer die leerders klaar geskryf het wat hulle dink die mense dink en sê, laat jy elke paar of klein groepie vir die res van die klas vertel wat hulle dink die mense in hulle prent dink of sê.

Op hierdie manier sal jou leerders dink, praat en luister, en skryf en lees. Hulle sal betrokke by ’n heletaal-leerervaring wees.

GROOT bGROOT bGROOT OeKe

Ons kollega Marlene Rousseau werk met onderwysers in die Plettenbergbaai-omgewing. een onderwyseres het prente met haar leerders bespreek en saam stories geskep. Die onderwyseres het haar graad 1’s baie vrae gevra en toe haar leerders se idees in groot spraakborrels neergeskryf. Toe het hulle verskeie GROOT bOeKe gemaak.

Page 32: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

29

2Die skryf van onderskrifteWat jy nodig sal hêVir hierdie aktiwiteit sal jy prente nodig hê wat jou leerders interessant vind en wat geskik en relevant vir hulle belangstelling en ervaring is. As jy met graad 2’s en 3’s werk, sal jy minstens een prent vir elke groep nodig hê. As jy met graad R’s of graad 1’s werk, sal jy net ’n paar groot prente nodig hê.

Met graad R’s en graad 1’sKies prente wat jou leerders interessant sal vind. Maak seker dat daar minstens twee of drie mense in die prent is. Jy sal prente moet kry wat jou leerders sal laat dink en praat. Jy sal ’n groot kokipen of ’n dik stuk vetkryt en lang stroke papier nodig hê. Maak seker dat jy ook wondergom het.

Stel die aktiwiteit bekendMaak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Jy wil hê almal moet die prente kan sien.

Hou een van die prente in die lug op of plak dit op die bord. Vra jou leerders om aandagtig na die prent te kyk. Moedig hulle aan om oor die prent te praat.

Page 33: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

30

2A Wat gebeur in die

prent?

A Wat doen die mense?

A Wat dink jy dink hulle?

A Wat dink jy voel hulle? Waarom?

A Wat dink jy het gebeur voor die foto geneem is?

A Wat dink jy sal volgende gebeur?

Skryf onderskrifteWanneer jy voel dat die leerders die meeste van wat sigbaar in die prent is, gedek het, verduidelik jy dat prente soms onderskrifte het. ’n Onderskrif verskyn onder of langs ’n prent en som op wat in die prent gebeur of waaroor dit is. Vra jou leerders om te dink wat jy as ’n onderskrif vir hierdie prent moet skryf. Skryf elke voorstel op ’n strook papier. Herhaal die woorde wat die leerder voorgestel het terwyl jy die onderskrif skryf. Plak dit dan naby die prent op. Lees die onderskrif weer op ’n natuurlike manier, net soos ’n mens praat.

Wanneer julle verskeie onderskrifte het, lees julle dit weer. Lees weer daardeur en moedig jou leerders aan om die onderskrifte saam met jou te lees. Jy kan jou leerders dan vra om die onderskrif te kies wat hulle dink die beste by die prent pas.

Page 34: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

31

2Werk met Graad 2’s en graad 3’sWat jy nodig sal hêJy sal nogal baie prente sonder onderskrifte vir hierdie aktiwiteit nodig hê. Jy sal minstens een prent vir elke paar of klein groepie nodig hê. Maak seker dat daar minstens twee of drie mense in elke prent is. Jy sal prente moet kry wat jou leerders sal laat dink en praat.

Page 35: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

32

2Stel die aktiwiteit bekendDie eerste keer wat jy jou leerders aan onderskrifte vir prente laat dink en dit skryf, volg jy die riglyne vir werk met graad R’s of graad 1’s. Sodoende sal jy dit demonstreer en jou leerders ’n kans gee om te verstaan wat hulle moet doen.

Werk onafhanklikWanneer hulle weet wat hulle moet doen om ’n onderskrif te skryf, kan hulle onafhankliker werk. Gee vir elke paar of klein groepie ’n prent. Vra jou leerders om aandagtig na hulle prente te kyk en saam daaroor te praat. Vra hulle dan om gou hulle idees vir geskikte onderskrifte neer te skryf. Hulle hoef nie nou bekommerd oor hulle handskrif, spelling en grammatika te wees nie. Jy wil net hê hulle moet skryf. Hulle kan op herwinde papier of in ’n klaswerkboek skryf.

Wanneer hulle hul idees neergeskryf het, gee jy vir elke klein groepie ’n paar stroke papier om hulle onderskrifte netjies neer te skryf. Sê dan hulle moet die een kies wat die beste by die prent pas. Anders kan die ander leerders voorstel watter onderskrif hulle dink die beste by die prent pas wanneer hulle hul prente en onderskrifte met die res van die klas deel.

SkinderkliniekAlle grade

Wat jy nodig sal hêVir hierdie aktiwiteit sal jy verskeie prente nodig hê wat jy nog nie tevore met jou leerders gebruik het nie. Jy het prente nodig wat hulle nie ken nie. Al die prente moet oor dieselfde onderwerp wees.

Page 36: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

33

2Stel die aktiwiteit bekendSê vir jou leerders julle gaan ’n speletjie speel. Vra omtrent ses leerders om vrywilligers te wees en uit die klas te gaan. Sê dan vir die res van die klas dat julle saam baie noukeurig na ’n prent gaan kyk. Jy kan óf self een van die prente kies, óf jy kan jou leerders laat kies.

Laat jou leerders oor die prent praat. Vra die leerders in die klaskamer om jou te help om die prent wat julle gekies het te beskryf. Verduidelik dat jy die prent later gaan wegsit.

Berskryf die prentVra dan een van die leerders buite die klas om weer terug te kom. Vra jou klas om die prent wat hulle bespreek het te beskryf. Sê vir die leerder sy of hy moet aandagtig na hulle bespreking luister. Moenie die prent vir hierdie leerder wys nie. Vra dan nog ’n leerder om terug klas toe te kom. Vra die eerste leerder wat teruggekom het om vir die tweede leerder te sê wat aan hom of haar vertel is. Vra dan die derde leerder om terug te kom. Vra die tweede leerder wat teruggekom het om te herhaal wat aan haar of hom vertel is. Hou so aan tot al die leerders wat uit die klas was, gehoor het hoe die prent beskryf is.

Watter prent?Wanneer die laaste leerder wat uit die klas was, die beskrywing gehoor het, wys jy al die prente wat jy oor hierdie onderwerp het. Vra hierdie laaste leerder om die prent te kies wat sy of hy dink die beste by die beskrywing pas.

Maak seker dat jy hierdie leerder en al die ander wat uit die klas was, gerusstel sodat hulle nie ongemaklik of minderwaardig voel nie. Verduidelik dat dit baie moeilik is om die regte prent te kies omdat boodskappe verdraai (deurmekaar) raak wanneer dit oorvertel word. Sê vir hulle dit is moeilik genoeg om ’n prent wat jy gesien het te beskryf, en dit is nog moeiliker om ’n prent wat jy nie gesien het nie te beskryf!

As jy hierdie aktiwiteit redelik gereeld doen, sal jou leerders gemaklik daarmee raak en sal hulle selfvertroue oor hulle luister- en praatvermoë nie geaffekteer word nie. Die aktiwiteit vereis dat die sprekers baie duidelik en spesifiek moet wees. Dit vereis ook dat die luisteraars aandagtig moet luister. Al die leerders moet ook regtig dink.

Page 37: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

34

3 Die gebruik van liedjies en musiek vir heletaal-onderrig

Musiek in ons lewensMusiek speel ’n groot rol in ons lewens. Daar is musiek oor die radio en musiek op televisie. Van jou

gesinslede sing dalk. Wanneer ons winkel toe gaan, is daar musiek in die agtergrond. Musiek word in

advertensies gebruik. Die musiekbedryf is ’n groot bedryf. Ons sing om uiting aan ons emosies, ons

vreugde en ons hartseer te gee, om te vier en om te protesteer. Ons maak musiek om op te dans.

Ons vroegste voorouers het ook musiek gemaak om hulle gevoelens uit te druk en om hulle te

vermaak.

Musiek speel ook ’n belangrike rol in die lewens van ons leerders. Wat weet jy van die musiek wat jou

leerders geniet? Musiek kan ’n baie doeltreffende hulpmiddel wees wat ons in ons klaskamers kan

gebruik. Wanneer ons die belangstellings van ons leerders as ’n fokus vir die kurrikulum gebruik, is ons leerders meer geïnteresseerd en meer gemotiveer. En as hulle meer geïnteresseerd en meer gemotiveer is, sal hulle meer suksesvol wees.

Voor ons egter daarby kom, kom ons dink aan die musiek wat ons geniet. Van watter musiek hou jy? Watter rol speel musiek

in jou lewe? Hoe belangrik is dit? Na watter musiek luister jy graag? Waarom? Maak ’n lys van sommige van jou geliefkoosde musiekstukke. Wanneer sing jy? Wat sing jy graag?

Van watter soort musiek hou jou leerders?Alle grade

Wat jy nodig sal hêJy sal blaaibordpapier (of koerantpapier) en kokipenne nodig hê. Maak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Skryf die woorde “Musiek waarvan ons hou” in die middel van ’n vel blaaibordpapier. Vra die leerders dan vrae om hulle te laat praat oor die musiek waarna hulle graag luister en wat hulle graag sing.

Page 38: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

35

3Byvoorbeeld:

A Na watter liedjies/musiek luister jy graag? Waarom?

A Wie is jou gunsteling-groepe/sangers?

A Waarom hou jy van hulle?

A Hoe laat hulle musiek jou voel?

A Van watter liedjies hou jy die meeste?

A Watter liedjies sing jy graag?

A Wat van advertensies? Watter advertensies het mooi deuntjies of liedjies daarin? Ken jy die woorde?

Terwyl jou leerders op jou vrae reageer, skryf jy hulle opmerkings en idees op die groot vel papier. Maak ’n gedagtekaart van wat hulle vir jou sê. Dit is wat die graad 3’s van St John Primêre Skool vir hulle onderwyseres vertel het.

Brei die aktiwiteit uitAs jy agterkom daar is ’n liedjie of ’n advertensie wat baie van jou leerders ken en van hou, kan jy hulle vra om dit vir jou te sing. Neem dan ’n skoon vel blaaibordpapier en ’n kokipen. Plak die vel papier op die bord. Vra dan jou leerders om vir jou te sê wat die woorde van die liedjie is.

Skryf die woorde frase vir frase op die vel papier terwyl die leerders die woorde sê. Sê ook elke woord terwyl jy dit skryf. Wanneer jy klaar met ’n frase, reël of sin is, lees jy daardeur. Elke keer wat jy ’n frase of reël geskryf het en daardeur gelees het, laat jy jou leerders saam met jou lees wat jy tot dusver geskryf het. Selfs al kan jou graad R’s en graad 1’s moontlik nog nie onafhanklik lees nie, leer hulle belangrike lesse oor lees en skryf wanneer hulle dit doen. Jy gee hulle geleentheid om ontluikende lesers en skrywers te word.

Groot Boek van liedjiesJy kan op hierdie manier werk (sien Gedeelde Skryf op bladsy 38) met ander liedjies wat jy saam met jou leerders sing, en waarvan hulle veral hou. Jy kan die leerders ook vra om prente te teken wat by elke liedjie pas. Dan kan jy ’n Groot Boek van hulle gunsteling-liedjies maak.

Page 39: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

36

3Groepe leerders sal die woorde in die Groot Boek kan “lees”. Wanneer hulle die bladsye van die Groot Boek omblaai, sal die prentjies hulle help om te weet watter liedjie dit is. Sommige leerders sal die vorms van die woorde en frases herken. Hulle sal ook die liedjies kan sing omdat hulle die woorde ken. Sommige leerders sal van die woorde kan begin lees. Dit is wonderlik wanneer leerders geleentheid kry om op ’n natuurlike manier sonder druk op hulle te leer lees en skryf.

Skryf nuwe woorde vir ’n ou deuntjieWat jy nodig sal hêNog ’n manier waarop jy gedeelde skryf kan gebruik, is om nuwe woorde op te maak vir een van die liedjies wat die leerders goed ken. Jy sal blaaibordpapier (of koerantpapier) en kokipenne nodig hê, of jy kan op die bord skryf. Kies ’n liedjie wat redelik eenvoudig is waarvoor jy en jou leerders nuwe woorde kan opmaak.

Skryf die woordeMaak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Wanneer jy die hele liedjie saam met jou leerders gesing het, sê jy vir hulle jy wil hê hulle moet jou help om nog ’n versie op te maak. Jy sal hulle eers ’n bietjie leiding moet gee, maar skryf dan hulle voorstelle op die blaaibordpapier (of koerantpapier) of die bord.

Probeer dan dat jou leerders die voorstelle verfyn, en help hulle om saam nog ’n versie te skep. Sing die nuwe woorde saam met hulle en kyk of dit reg klink. Wanneer julle gelukkig met die frases en woorde is, skryf jy dit netjies op die papier of bord. Sing dan weer die nuwe woorde.

As jy die woorde in ’n Groot Boek geskryf het, kan jy hierdie nuwe vers by die liedjie daarin byskryf.

Page 40: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

37

3Teken en skryf op die maat van musiekAlle grade

Musiek en gevoelensKies musiek waarvan jy regtig hou en wat jy in die klas kan speel. Dit kan ’n goeie idee wees om musiek sonder enige sang of woorde te kies. Sê vir jou leerders jy gaan musiek speel waarna hulle moet luister. Sê jy wil hê hulle moet baie stil en aandagtig luister. As jy dink dit sal help, kan jy sê hulle moet hulle oë toemaak. Speel dan die musiek sodat hulle daarna kan luister.

Bespreek die musiekNadat jy die musiek een keer gespeel het, vra jy:

A Waaraan het dit julle laat dink?

Luister na wat die leerders sê en skryf hulle idees op die bord. Sê dan jy wil hê hulle moet prente teken wat wys waaraan die musiek hulle laat dink en hoe dit hulle laat voel.

Vra die leerders om terug te gaan na hulle tafels en gee vir elkeen ’n stuk papier. Speel die stuk musiek weer en laat hulle teken. Ons dink jy sal vind dat hierdie aktiwiteit ’n baie kalmerende uitwerking op jou leerders het, veral as die musiek nie te hard of lawaaierig is nie.

Page 41: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

38

3Skryf ’n storie wat by musiek pasWat jy nodig sal hêJy sal ’n stuk musiek of ’n liedjie moet kry wat jy dink ’n goeie beginpunt vir die skryf van ’n storie sal wees. Jy sal blaaibordpapier (of koerantpapier) en kokipenne nodig hê.

Stel die aktiwiteit bekendMaak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Sê jy gaan musiek speel waarna hulle moet luister. Verduidelik dat jy wil hê hulle moet baie stil en aandagtig daarna luister. As jy dink dit sal help, kan jy sê hulle moet hulle oë toemaak. Speel dan die musiek vir hulle om na te luister.

Gedeelde skryfwerkWanneer die musiek klaar is, plak jy ’n vel blaaibordpapier op. Vra:

A Waaraan het die musiek julle laat dink?

Moedig hulle aan om te praat. Sê dan jy wil hê hulle moet jou help om ’n storie op te maak. Vra:

A Hoe sal ons ons storie begin?

A Hoe begin stories?

Wanneer een van die leerders ’n voorstel maak, skryf jy dit op die blaaibordpapier. Lees dan daardeur. As jou leerders in graad 2 of graad 3 is, kan jy dat hulle dit saam met jou lees. As jou leerders in graad R of graad 1 is, kan jy eers die sin of frase lees en dan dat jou leerders dit die tweede keer saam met jou lees.

Vra:

A Wat sal ons volgende skryf?

Skryf weer neer wat die leerders sê – presies soos hulle dit sê. Dit is belangrik, want hulle sal onthou wat hulle gesê het. Wanneer die storie klaar is, vra jy of hulle tevrede is met die storie wat hulle saam help skep het.

Hou so aan tot die storie klaar is. Elke keer wat jy nog ’n sin byskryf, sê jy die woorde soos jy dit skryf. Wanneer jy ’n sin klaar geskryf het, laat jy jou leerders dit saam met jou lees. Lees dan al die sinne wat julle tot dusver geskryf het. Lees op ’n natuurlike manier, net soos wanneer jy ’n storie vertel. Moenie op ’n onnatuurlike manier lees nie.

Page 42: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

39

3Redigeer die skryfwerkWanneer die storie klaar is, vra jy jou leerders of hulle enigiets wil verander. Dit sal jou geleentheid gee om te demonstreer hoe ons ons skryfwerk redigeer (ons eerste weergawe verbeter). Vra jou leerders om hulle tweede en verbeterde weergawe onder die eerste weergawe te skryf. Sodoende laat jy jou leerders ervaar wat prosesskryf is, naamlik om ’n eerste weergawe te skryf, dit te redigeer en dan ’n finale weergawe te skryf.

In hierdie aktiwiteit sal jou leerders baie dinkwerk gedoen het. Hulle sal ook gepraat en geluister het. En hulle sal gelees het terwyl jy hulle idees neergeskryf het.

Brei die aktiwiteit uitJy kan hierdie aktiwiteit uitbrei en jou leerders nog meer laat dink, praat en luister as jy hulle die storie laat opvoer. Bespreek eers die storie wat jy en jou leerders saam opgemaak het. Vra jou klas dan wie hulle dink die verskillende rolle moet speel. Laat hulle dink aan hoe hulle die storie kan dramatiseer. Nooi die leerders uit om die storie te begin opvoer. Praat oor hoe elke rol gespeel moet word. Selfs baie jong leerders kan dit doen. Jy kan voorstel dat hulle hul storie weer gedurende pouse opvoer nadat hulle hul toebroodjies geëet het.

In die boek Wally’s Stories beskryf Vivian Gussin Paley, ’n kindertuin-onderwyseres in Chicago, hoe sy dit daagliks met haar leerders gedoen het.

Ons onderskat dikwels wat jong leerders kan doen. Ons sal nooit weet hoeveel hulle kan doen as ons hulle nie geleentheid gee om ons te wys nie.

leeRDeRS Se STORIeSeSe

Vivian Gussin Paley het die stories wat haar leerders gedikteer het, neergeskryf. Dan het hulle later daardie dag een of twee stories opgevoer. Die leerders het Vivian Gussin Paley gehelp om te kies wie die verskillende rolle speel en om te regisseer hoe die storie opgevoer word.

Page 43: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

40

3RitmeRitme is ’n fundamentele (basiese) deel van musiek. Om die waarheid te sê, ritme speel onbewustelik ’n rol in alles wat ons doen. Dit is deel van ons spraak en ons taal. Leerders het ’n sterk gevoel vir ritme. Ons kan hierop bou deur hulle meer bewus te maak van die ritme in taal.

Hoe om ritme te klap Maak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Sê jy gaan ’n patroon klap en jy wil hê hulle moet baie noukeurig luister omdat jy wil hê hulle moet daarna dieselfde patroon klap. Soms kan jy vir afwisseling met jou plat hand op jou bors klap. Jou borskas sal soos ’n trom wees!

Hou dit eenvoudigMaak seker dat die eerste patroon wat jy klap baie eenvoudig is. Vra dan jou leerders om dieselfde patroon vir jou te klap. Moenie saam met hulle klap nie. Luister net. Klap dan nog ’n eenvoudige patroon wat effens anders is. Jy moet weer nie saam met hulle klap nie. Luister net.

Neem die leerders waarDoen dit verskeie keer. Kyk na jou leerders terwyl jy luister. Jy sal oplet wie nie goed regkom nie. Dit is ’n goeie geleentheid om waar te neem hoe goed jou leerders luister en hoor, en hoe goed hulle gevoel vir ritme is.

Page 44: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

41

3Kies dan ’n leerder wie se naam twee lettergrepe het (soos Susan, Nomsa, Riaan, Sipho), en klap twee stadige klappe, een vir elke lettergreep. Sê die leerder se naam soos jy klap en beklemtoon elke lettergreep met elke klap. Kies dan ’n leerder wie se naam drie lettergrepe het (soos Gcobisa of Adriaan). Jy sal vind die lettergrepe is nie almal dieselfde lengte wanneer ons hierdie name sê nie. Klap die naam net soos ons dit sê. Jy sal óf twee vinnige klappe en een lang klap óf een lang klap en twee vinnige klappe hê.

Ritme in poësieOns het gevind dat leerders regtig poësie geniet. Soms wanneer hulle onafhanklike lesers raak, verkies hulle as gevolg van die ritme in die taalgebruik om gedigte te lees. Die woorde kan ook voorspelbaar wees en beginnerlesers kan raai watter woorde volgende gaan kom. Ons dink ook gedigte kan minder intimiderend wees om te lees omdat die reëls korter is!

By die werkswinkel het ons die volgende tradisionele Engelse gedig vir ’n spreekkoor gekies:

The Cat, the Mouse and the Bumble BeeA Cat came fiddling out of a barnWith a pair of bagpipes under his arm.He could sing nothing but “Fiddle–de-dee,The mouse has married the bumble bee.”Pipe, cat, dance, mouse,We’ll have a wedding at our good house.

Sommige van die onderwysers het die hele gedig geresiteer, terwyl ander saam een reël oor en oor herhaal het. ’n Ander groep het ’n verskillende reël herhaal. Dit het regtig die ritme van die woorde beklemtoon. Dit was soos ’n liedjie in drie dele!

KoorpoësieKies ’n kort gedig wat geskik vir jou leerders is en leer hulle die woorde. Nooi dan een deel van die klas uit om een van die reëls oor en oor te herhaal. Vra ’n ander deel van die klas om ’n verskillende reël oor en oor te herhaal. Vra die res om die gedig te resiteer. Op hierdie manier sal sommige van jou leerders verbale ritmiese begeleiding vir die gedig verskaf.

As jy slaginstrumente het wat jou leerders gemaak het, kan hulle hierdie instrumente gebruik om die ritme te beklemtoon soos hulle die woorde van die gedig herhaal. Ons dink jy en jou leerders sal vind dat die slaginstrumente en die herhaalde woorde ’n wonderlike begeleiding vir die gedig vorm.

Page 45: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

42

Slot

Ons hoop jy vind die idees in hierdie boekie inspirerend. Ons sal regtig graag wil hoor hoe jy vaar wanneer jy die voorgestelde aktiwiteite met jou leerders doen. Toe ons die werkswinkels by die PSP gehad het, was ons so opgewonde oor die stories wat die onderwysers van hulle ervaring met die aktiwiteite vertel het. Ons was almal verbaas oor hoeveel selfs die jongste leerders kan doen. Ons het besef dat ons almal geneig is om leerders te onderskat en te vergeet hoeveel hulle eintlik kan doen.

Ons wil hierdie boekie met die woorde van Kenneth Goodman afsluit:

. . . nooi leerlinge om taal te gebruik. Laat hulle praat oor dinge wat hulle moet verstaan. Wys vir hulle dit is in orde om vrae te vra en na die antwoorde te luister, en dan te reageer of nog vrae te vra. Stel voor dat hulle skryf oor wat met hulle gebeur sodat hulle hul ervaringe kan verwerk en dit met ander kan deel.

Moedig hulle aan om vir inligting te lees, om gedrukte woorde oral om hulle te lees, om ’n goeie storie te geniet.

Moedig leerlinge aan

om vir inligting te lees,

om gedrukte woorde

oral om hulle te lees,

om ’n goeie storie te

geniet.

Page 46: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

43

Op hierdie manier kan onderwysers met leerders in die natuurlike rigting van hulle groei werk. Dit word dan binne en buite die skool maklik om taal te leer. En dit is interessanter, meer stimulerend, en meer pret vir die kinders en hulle onderwysers. Wat op skool gebeur, ondersteun en brei uit wat buite die skool gebeur. Heletaal-programme bring alles saam: die taal, die kultuur, die gemeenskap, die leerder, en die onderwyser.

Dit is maklik wanneer: Dit is moeilik wanneer:

dit werklik en natuurlik is dit kunsmatig is.

dit ’n geheel is. dit in stukke opgebreek is.

dit sinvol is. dit nonsens is.

dit interessant is. dit vervelig en oninteressant is.

dit relevant is. dit irrelevant vir die leerder is.

dit aan die leerder behoort. dit aan iemand anders behoort.

dit deel van ’n werklike gebeurtenis is. dit nie in ’n konteks is nie.

dit sosiale waarde het. dit geen sosiale waarde het nie.

dit ’n doel vir die leerder het. dit geen merkbare doel het nie.

die leerder kies om dit te gebruik. dit deur iemand anders afgedwing word.

dit toeganklik vir die leerder is. dit ontoeganklik is.

die leerder die mag het om dit te gebruik. die leerder magteloos is.

Hierdie lyste wys dat ’n heletaal-program aangenamer en prettiger vir leerlinge en onderwysers is. Is dit ook doeltreffender? Ja, dit is. Met die taal wat hulle reeds geleer het, bring leerders hulle natuurlike geneigdheid om sin van die wêreld te maak, saam klas toe. Wanneer skole taal in stukkies opbreek, word sin onsin. Elke abstrakte stukkie wat geleer word, word gou vergeet wanneer kinders na ander gefragmenteerde stukke aanbeweeg. Uiteindelik begin hulle aan die skool dink as ’n plek waar niks ooit sin maak nie.

Dit is waarom dit maklik is om taal in die werklikheid te leer, en dit maklik behoort te wees om taal op skool te leer, maar dit is dikwels moeilik.

(Uit: What’s Whole in Whole Language? deur Ken Goodman, 2005: 4–5)

Page 47: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

44

Onderwysers wat die Heletaal-werkswinkels in 2006 bygewoon hetEisleben

Me Lorraine Hazner

Me Sinthea Koks

Me Sharon La Kay

Me Martha Meiring

Me Gail Symonds

Entshona

Me Nokwanda Mqhayi

Me Noluthando Phaliso

Me Thelisa Thamsanqa

Hlengisa

Me Lillian Dyantjies

Me Nothemba Mgetu

Me Fundiswa Njemla

Me Welekazi Qwaka

Impendulo

Me Thunyiwe Bam

Me Nomonde Fikizolo

Me Thandiwe Johns

Me Nokuzola Majivolo

Me Nomawethu Ngwane

Me Nocawe Mkhosi

Me Nontobeko Mutlane

Me Zanele Nqolo

Me Margaret Sikiti

Me Thozama Zilwa

Inkazimlo

Me SN Gobo

Me Luntukazi Kwetana

Me Gloria Majambe

Me V Makiva

Me TE Mapitiza

Isikhokelo

Me Nombeko Mpikashe

Me Senamela Tsheyohalo

JS Klopper

Me Louise Daniels

Me Natalie Marinus

Me Dorothy September

Liwa

Me Xoliswa Lunika

Me Nombulelo Ngxamngxa

Luzuko

Me Nomalungelo Matole

Me Nokuzola Ncayo

Me Nompilo Ngalo

Me Zoleka Tshayi

Manenberg

Me Badronesa Abrahams

Me Juanita Adonis

Me Asieya Johnson

Me Gillian McCree

Me Jacqueline Petersen

Me Rosemary Piedt

Me Nabewisa Roelt

Masiphumelele

Me Tenjiwe Mabaso

Me Neliswa Mangona

Me Zukiswa Ntamo

Mfuleni

Me Nokuzola Dlikilili

Me Noluthando Ntshele

Me Nocawe Ntshokoma

Mseki

Me Nomathamsanqa Hoyi

Me Buyiswa Ludonga

Me Stella Makeleni

Me Bulelwa Mgqoki

Me Nomvuyo Ndlela

Nalikamva

Me Christina Ndlangisa

Me Mirriam Qolo

Me Nosipho September

Me Noluthando Tshakambulashe

Naluxolo

Me Nomfusi Dlaku

Me Nolawe Dyantyi

Me Bongiswe Jacob

Me Namhla Mahlati

Me Nomthandazo Maqasho

Me Lungiswa Nyathi

Me PB Nkele

Parkdene

Me Riva Mentoor

Parkfields

Me Rochan Arieff-Herbert

Primrose Park

Me Carol Anne Birch

Me Jenny-Lynn Kruser

Qingqa-Mtwana

Me NB Kedama

St John’s

Me Charlene Hans

Me Natasha Hartogh

Me Joan Louw

Me A Magnet

Me Francesca Pillay

Mercial Stanfield

Me Jenny Steenkamp

Me Yvette van Tonder

St Louis

Me Dorothy Dunyo

Me Nikki Ngcukana

Sakumlandela

Me Bukelwa Babu

Me Ntsiki Daniel

Me Mandisa Jonas

Me Pinky Mgijima

Me Pumeza Mtambeka

Me Monica Ndinisa

Me Yolisa Siyengo

Samora Machel

Me Vuyokazi Mgwele

Me Lumka Mlondweni

Me Nomtamsanqa Mzingaye

Me Luleka Nakani

Me Nokuzola Sikeyi

Me Salma Sixubane

Me Koliswa Siyanga

Me Nomfundiso Siyotula

Silukhanyo

Me Lindiwe Banjwa

Me Neliswa Gcwabe

Me Thandile Gqamlana

Me Nokuxola Matinise

Me Nomandithini Molteno

Me Thandiwe Tandazo

Siviwe

Me Nandipha Mkonto

Me Doris Mtshibe

Me Nomsa Soshweshwe

Me Nonkosi Sovara

Siyazakha

Me Linda Matshingana

Me Nokuthula Mxesibe

Me Queenie Ndlovu

Siyazingisa

Me Bukiwe Daniels

Me Nodumo Gulwa

Me Andiswa Mdebuka

Me Nomnqweno Mlozana

Me Doreen Morrison

Me Noloyiso Mtimba

Me Cebisa Mzolo

Me Ncediwe Ndleleni

Me Mary-Ann Ntsane

Me Mandisa Peko

Me Ntsikie Sidyiyo

Me Jenie Stulweni

Sobambisana

Me Maureen Lekker

Umnqopiso

Me YC Qavane

Me G Tshaka

Vuyani

Me Noluvuyo Macanda

Me Sindiswa Mfobo

Me BN Quva

Yomelela

Me Thembeka Nama

Me Julia Sipamla

Spesiale dank aan Charlene Hans van St John’s Primêre Skool en noluvuyo Macanda van Vuyani Primêre Skool vir hulle hulp en ondersteuning met die toets van aktiwiteite.

Page 48: n' Heletaal-benadering in die grondslagfase

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME

TRUST (PSP)

Die PSP is ’n indiens- opvoedkundige organisasie wat ondersteuning verleen aan laerskoolonderwysers op die gebied van die natuurwetenskappe en verwante leerareas, veral in township-laerskole in die Wes-Kaap. Ons is gebaseer by die Edith Stephens Wetland Park,

Philippi – naby geleë aan talle benadeelde gemeenskappe op die Kaapse Vlakte.

Die PSP is reeds sedert 1984 werksaam en het ’n goeie verhouding opgebou met meer as 200 laerskole in al die township-gebiede, insluitend die landelike gebiede in die Boland en

aan die Weskus. Meer as 1 050 onderwysers van graad 4 tot 7 en 126 000 kinders vind baat by die werk van die PSP.

Die PSP werk in ’n omgewing waar die meeste onderwysers en leerders ’n eerste of tweede addisionele taal moet gebruik. Terwyl ons op wetenskapverwante leerareas en die omgewing

fokus, werk ons dus ook aan die ontwikkeling van leerders se kommunikasievaardighede.

Die PSP werk tans met ’n personeel van 14 mense.

KONTAKBESONDERHEDEWestern Cape Primary Science Programme (PSP)

Edith Stephens Wetland Park, Lansdowneweg,

Philippi, Kaapse Vlakte, 7785

Posbus 24158, Lansdowne, 7779, Suid-Afrika

Tel: 021 6919039; Faks: 021 6916350

E-pos: [email protected]; webtuiste: www.psp.org.za

NPO: 015-822

Registrasienommer: IT2806/99