Upload
others
View
122
Download
5
Embed Size (px)
Citation preview
NATUURWETENSKAPPE GRAAD 8
MATERIE EN MATERIALE: EENHEID 1 ELEMENTE
ELEMENTE Elemente bestaan slegs uit een soort atom. Ons kan ‘n element soos volg definieer:
'n Element bestaan uit atome wat almal dieselfde soort is.
Die element koper (Cu) bestaan uit slegs koperatome.
Die element silwer (Ag) bestaan slegs uit silweratome.
Elke atoom het ‘n bepaalde aantal neutrone, protone en elektrone.
Dit gee aan elke stof sy eie unieke eienskappe.
Daar is ‘n beperkte aantal elemente bekend en word op die periodieke tabel aangedui.
Uit elemente kan weer miljoene verbindings gevorm word
PERIODIEKE TABEL
Die horisontale rye op
die Periodieke Tabel
staan bekend as
periodes.
Elemente is in
horisontale rye
(periodes) geplaas op
grond van die
energievlak waarin die
buitenste elektrone
aangestref word.
Daar is 7 horisontale
rye (periodes)
Hierdie elemente noem ons oorgangsmetale. Hulle is nie deel van die groepe nie.
2 1 3
4 5 6 7 8
Die vertikale kolomme in die Periodieke Tabel staan bekend as groepe. Elemente is vertikaal in groepe geplaas op grond van die aantal elektrone in hul buitenste energievlak. Daar is 8 groepe.
Elke element het ‘n spesifieke plek op die Periodieke Tabel.
Elemente is in volgorde geplaas op grond van die aantal protone in die kern. Ons kan ook sê dat in volgorde van toenemende atoomgetal gerangskik is.
Uit ‘n element se plek op die Periodieke Tabel kan daar dus afleidings gemaak word oor die element se struktuur en eienskappe.
METALE OP DIE PERIODIEKE TABEL
METALLOÏDES OP DIE PERIODIEKE TABEL
Metalloïdes is semi-metale. Hulle het eienskappe van metale en nie-metale.
NIE-METALE OP DIE PERIODIEKE TABEL
ELEMENTE WAT JY MOET KEN
ATOOMGETAL ELEMENT SIMBOOL
1 Waterstof H
2 Helium He
3 Litium Li
4 Berillium Be
5 Boor B
6 Koolstof C
7 Stikstof N
8 Suurstof O
9 Fluoor F
10 Neon Ne
11 Natrium Na
12 Magnesium Mg
13 Aluminium Al
14 Silikon Si
15 Fosfor P
16 Swawel S
17 Chloor Cl
18 Argon Ar
19 Kalium K
20 Kalsium Ca
24 Chroom Cr
26 Yster Fe
27 Kobalt Co
28 Nikkel Ni
29 Koper Cu
30 Sink Zn
35 Broom Br
47 Silwer Ag
53 Jodium I
79 Goud Au
80 Kwik Hg
82 Lood Pb
92 Uraan U
DIATOMIESE MOLEKULES
Sommige atome kom nie alleen voor nie. Dit bind aan mekaar om ‘n molekule te vorm. ‘n Voorbeeld is twee
suurstofatome wat met mekaar verbind om ‘n suurstofmolekule (O2) wat steeds ‘n element is, te vorm.
Al die elemente wat bestaan uit twee identiese atome, word diatomiese elemente genoem.
Sewe diatomiese elemente elemente op die Periodieke Tabel is:
H2, N2, O2, F2, Cl2, Br2, I2
Waterstof
Stikstof
Suurstof
Fluoor
Chloor
Broom
Jodium
WERKKAART: ELEMENTE EN PERIODIEKE TABEL
1. Gee die definisies van die volgende woorde:
1.1 Element
1.2 Periodieke Tabel
1.3 Diatomiese elemente
2. Gee een word vir die volgende verduidelikings:
2.1 Wat noem mens die horisontale rye op die Periodieke Tabel? ____________________
2.2 Wat noem mens die vertikale kolomme op die Periodieke Tabel? _________________
3.1 Teken die volgende diatomiese molekules:
3.2 Gee die naam en simbool van die res van die diatomiese molekules:
3.2.1 _____________________________
3.2.2 _____________________________
3.2.3 _____________________________
3.2.4 _____________________________
Stikstof N2 Suurstof O2 Waterstof H2
4. Gebruik die Periodieke Tabel en voltooi die volgende tabel:
ATOOMGETAL SIMBOOL ELEMENT NAAM MASSA
1 Waterstof
Be
Si 28,085
47 Silwer
Zn 65,38
20 40,078
K 39,098
17
12 Mg
He 4,0026