5
Negester Klein-Kariba: Nuusbrief I (2017) Beste Eienaar Met die goeie somerreëns wat die afgelope maand of twee by Negester Klein-Kariba val, dink mens onwillekeurig aan Gé Korsten (op video regs) se lied, “Reën, reën lieflike reën, val in die lande val om ons heen,” en met die reënval, jubel ons harte saam met Gé want heelwat van ons watersorge het (intussen) verdwyn! Maar, die goeie reëns beteken nie ‘krane oop, tuine nat’ nie, ons moet nog steeds verantwoordelik met ons kosbare waterbron te werk gaan. Daar is nog heelwat reën oor ʼn lang periode nodig om die watertafel terug op meer volhoubare vlakke te kry. Soos met die vorige nuusbriewe, het ons weer vir u leesgerief skakels in die hoofpunte geplaas wat na die toepaslike opskrif se bespreking navigeer (klik net op ʼn onderwerp om direk na die bespreking te gaan). Terugvoer van HEV-vergadering gehou op 25 Januarie Nuwe voorgestelde maandelikse heffings vir 2017/18 Bemarkingsaksies, stand van projekte en verkope ATKV gratis 12 maande lidmaatskap DStv-pakkette vir inwoners Belangrike kontakinligting In Memoriam: Jaco Jansen van Rensburg (20 Julie 1975 – 7 Desember 2016) Ons wil met hierdie uitgawe hulde bring aan Jaco Jansen van Rensburg (foto links) van Burlanka. Hy het op 7 Desember met sy vliegtuig in die berge naby Mabula verongeluk. Hy was verantwoordelik vir die bou van die skouhuis, mediesesorgsentrum, ingangshek en die restourasie van Botanika-huis. Hy was altyd vrolik en opgewek, bereid om die ekstra myl te loop en het bouwerk van hoogstaande gehalte gelewer. Jaco laat sy vrou Michelle en drie kinders, Francois (Bulla), Cynell en Mija, agter. Hy was 41 jaar oud. Ons eer sy nagedagtenis. (Redakteur) Terugvoer van HEV-vergadering gehou op 25 Januarie 2017 Administrasie Inwoners se klagtes en gedagtes Swembad: Die bou van ʼn swembad sal eers kan plaasvind wanneer daar met die bemarking van fases 3B & 4 begin word. Intussen word eienaars aangemoedig om deur die week die ATKV Klein-Kariba se fasiliteite te benut.

Negester Klein-Kariba: Nuusbrief I (2017)kleinkariba.negester.co.za/media/1542/negester-klein-kariba-nuusbrief-1_finaal...Die volgende verhoging in heffings word vanaf 1 Maart geïmplementeer:

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief I (2017)kleinkariba.negester.co.za/media/1542/negester-klein-kariba-nuusbrief-1_finaal...Die volgende verhoging in heffings word vanaf 1 Maart geïmplementeer:

Negester Klein-Kariba: Nuusbrief I (2017) Beste Eienaar

Met die goeie somerreëns wat die afgelope maand of twee by Negester Klein-Kariba val, dink mens onwillekeurig aan Gé Korsten (op video regs) se lied, “Reën, reën lieflike reën, val in die lande val om ons heen,” en met die reënval, jubel ons harte saam met Gé want heelwat van ons watersorge het (intussen) verdwyn! Maar, die goeie reëns beteken nie ‘krane oop, tuine nat’ nie, ons moet nog steeds verantwoordelik met ons kosbare waterbron te werk gaan. Daar is nog heelwat reën oor ʼn lang periode nodig om die watertafel terug op meer volhoubare vlakke te kry.

Soos met die vorige nuusbriewe, het ons weer vir u leesgerief skakels in die hoofpunte geplaas wat na die toepaslike opskrif se bespreking navigeer (klik net op ʼn onderwerp om direk na die bespreking te gaan).

Terugvoer van HEV-vergadering gehou op 25 Januarie

Nuwe voorgestelde maandelikse heffings vir 2017/18

Bemarkingsaksies, stand van projekte en verkope

ATKV gratis 12 maande lidmaatskap

DStv-pakkette vir inwoners

Belangrike kontakinligting

In Memoriam: Jaco Jansen van Rensburg (20 Julie 1975 – 7 Desember 2016)

Ons wil met hierdie uitgawe hulde bring aan Jaco Jansen van Rensburg (foto links) van Burlanka. Hy het op 7 Desember met sy vliegtuig in die berge naby Mabula verongeluk. Hy was verantwoordelik vir die bou van die skouhuis, mediesesorgsentrum, ingangshek en die restourasie van Botanika-huis. Hy was altyd vrolik en opgewek, bereid om die ekstra myl te loop en het bouwerk van hoogstaande gehalte gelewer. Jaco laat sy vrou Michelle en drie kinders, Francois (Bulla), Cynell en Mija, agter. Hy was 41 jaar oud. Ons eer sy nagedagtenis. (Redakteur)

Terugvoer van HEV-vergadering gehou op 25 Januarie 2017

Administrasie

Inwoners se klagtes en gedagtes

Swembad: Die bou van ʼn swembad sal eers kan plaasvind wanneer daar met die bemarking van fases 3B & 4 begin word. Intussen word eienaars aangemoedig om deur die week die ATKV Klein-Kariba se fasiliteite te benut.

Page 2: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief I (2017)kleinkariba.negester.co.za/media/1542/negester-klein-kariba-nuusbrief-1_finaal...Die volgende verhoging in heffings word vanaf 1 Maart geïmplementeer:

Wandelpaadjies: Planne is reeds opgetrek (foto hierbo, blou dui geplaveide- en groen gruispaadjies aan)

en die ontwikkelaar het aan die estetiese komitee opdrag gegee om kwotasies vir die bou van die paadjies

van ons siviele kontrakteur aan te vra. ʼn Plan van aksie sal spoedig voorgelê word waarna daar met die

bou van die wandelpaadjies begin sal word. (Klik hier of op die foto om die plan

af te laai.)

Toegangsbeheer: ‘n Besoekerslys van kliënte wat die ontwikkeling wil kom besigtig moet daagliks deur

die bemarkingskantoor by sekuriteit ingedien word. Besoekers sal slegs toelaat word indien iemand by

die bemarkingskantoor hulle kan ontvang. Besoekers sal dus voortaan nie meer onvergesel deur

ontwikkeling ry nie. Verder moet ‘n naamlys van huishulpe en tuinwerkers ook aan sekuriteit gegee word

om toegang te versnel en beter beheer daaroor toe te pas (skakel vir Yolanda in hierdie verband).

Tweerigtingradio’s sal aan die betrokke partye gegee word sodat sekuriteit voortdurend met die

bemarkingskantoor en tegniese beampte in kontak kan wees.

Stormwaterslote: Gras is noodsaaklik vir die vertraging van watervloei en gaan nie uitgetrek word nie.

Lantanas en ander indringerplantegroei wat in slote opskiet, sal wel verwyder word.

Die opgradering van die pad vanaf die R101-aansluiting tot by die laagwaterbrug word ook beplan

wanneer daar met die bemarking van fases 3B & 4 begin word. Die grondpad sal intussen gereeld

geskraap en in stand gehou word.

Dienste en instandhouding

Vullisverwydering Die ATKV Klein-Kariba Vakansieoord verwyder nie tuinafval nie, net huisafval. Die rede hiervoor is dat die Vakansieoord rommel/afval herwin en die sortering van afval word bemoeilik indien daar tuinafval tussen die huisafval is. Die tegniese beampte sal ondersoek instel na wat die beste manier sal wees om tuinafval te verwyder en waar om dit te stort. Kontak die HEV-kantoor om te hoor waar tuinafval intussen gestort kan word.

Elektrisiteit Die permanente krag vir Fase 1 is op 25 November 2016 aangeskakel. Eienaars kan nou krag koop vir die voorafbetaalde meters. Die volgende fases sal ook oorgeskakel word op die permanente krag sodra die waarborge met Eskom gefinaliseer is. Daar is tans ‘n vertraging aan die kant van Eskom met die voorsiening van inligting wat hopelik binnekort beskikbaar behoort te wees.

Sekuriteit

Biometriese stelsel Die biometriese stelsel sal binnekort in bedryfgestel word. Dit het oorgestaan as gevolg van die vertraging met die voorsiening van Eskom-krag. Patrollies ʼn Ekstra wag is aangestel om ook deur die dag die heining en landgoed met sy hond te patrolleer. Om veiligheidsredes sal die hek na die Eco-huise voortaan gesluit wees. Inwoners wat ʼn belang daar het, moet vir ʼn sleutel by die HEV-kantoor aansoek doen.

Page 3: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief I (2017)kleinkariba.negester.co.za/media/1542/negester-klein-kariba-nuusbrief-1_finaal...Die volgende verhoging in heffings word vanaf 1 Maart geïmplementeer:

Hekwagte Die sekuriteitspersoneel is nie werknemers van die HEV nie, daarom word eienaars versoek om nie met sekuriteit se sake in te meng nie. Sou daar ‘n probleem ontstaan, moet die eienaar dit op skrif stel en die klag by die HEV-kantoor inhandig sodat die saak ondersoek kan word.

Telefoon en Internet

Ooreenkoms met Telkom Die ooreenkoms met Telkom is afgehandel. Telkom is tans besig met die installering van hul dienste.

Mediese sorg

Ons is bly om te verneem dat eienaars tevrede is met Medwell (voorheen Elsorg) se diens. Daar is dus deur die HEV-direksie besluit om die assessering- en tuisversorgingsdiens, soos tans met Medwell SA ooreengekom, tot 28 Februarie 2018 te verleng.

Die assessering van inwoners sal nog steeds Woensdae van 09:00 tot 12:00 per afspraak in die kliniek (of tuis) plaasvind. Daar is goeie skakeling tussen die HEV-kantoor en Medwell. Skakel gerus vir Medwell se dienspersoneel indien u ʼn afspraak wil maak.

Algemene sake

Bouregulasies Daar sal streng opgetree word teenoor eienaars wat nie die bouregulasies nakom nie. Eienaars wat hul aan skending van bouregulasies skuldig maak, sal deur die estetiese komitee gekontak word. Dié komitee is bemagtig deur die HEV-direksie om op remediërende stappe aan te dring en om boetes vir nie-nakoming uit te reik.

Nuwe voorgestelde maandelikse heffings vir 2017/18 In terme van die stigtingsdokumente van die HEV word die HEV-direksie genoodsaak om ʼn jaarlikse begroting op te stel wat ten doel het om die gemeenskaplike eiendom tot voordeel van die eienaars te onderhou en te bestuur.

Die ontwikkelaar is verantwoordelik vir die installering en bou van die infrastruktuur wat insluit heinings, paaie, stormwaterafvoer, watervoorsiening, sekuriteit en riooldienste. Maar, die onderhoud en bestuur van hierdie dienste moet deur die HEV behartig word.

Tans is daar nog heelwat werk wat gedoen moet word rondom die begroting voordat dit op die volgende algemene jaarvergadering (die voorgestelde datum is 27 Mei 2017 – meer inligting hieroor met ʼn volgende skrywe) voorgelê kan word vir goedkeuring. Die HEV-direksie word wel gemagtig om ʼn standaardverhoging te implementeer wat gekoppel is aan die geweegde gemiddelde verbruikersprysindeks totdat die begroting goedgekeur is.

Die volgende tipe uitgawes maak ʼn groot gedeelte van ons jaarlikse begroting uit: sekuriteitsdienste, salarisse, onderhoud van kapitale infrastruktuur soos paaie, stormwater, watervoorsiening, tuine en groenareas. Verder word daar wel kapitale voorsiening gemaak vir die aankoop van losgereedskap en toerusting.

Die volgende verhoging in heffings word vanaf 1 Maart geïmplementeer:

Heffings R1,475

Riolering 160

Vullisverwydering 100

R1,735

Bemarkingsaksies, stand van projekte en verkope

Bemarkingsaksies

Ons gaan hierdie jaar voortbou op 2016 se suksesvolle bemarkingsaksies en weer adverteer in teikenmark-spesifieke media soos RSG, Radio Tygerberg, PretoriaFM, kykNET se ontbytprogramme, asook in tydskrifte soos Platteland, My Family, Plaastoe!, Khuluma en Dish. Ons gaan soos vorige jare ʼn kwartaallikse bemarkingsbrief aan die ATKV se databasis stuur en saam met die ATKV aan feeste en skoue deel te neem,

Page 4: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief I (2017)kleinkariba.negester.co.za/media/1542/negester-klein-kariba-nuusbrief-1_finaal...Die volgende verhoging in heffings word vanaf 1 Maart geïmplementeer:

waarvan die Woordfees, Cape Getaway Skou, Nampo, Citrusfees, kykNET Buite Expo (Bela-Bela) en Aardklop van die vernaamste feeste en skoue is. Ons meet, monitor en evalueer voortdurend die terugvoer en effektiwiteit van ons bemarkingsprogramme om sukses te verseker.

Stand van projekte: 31 Januarie 2017

Huise voltooi: 42

Huise in aanbou: 47

Planne ingedien/tender: 16

Huise in pyplyn: 30

Erwe gediens: 248

(Klik op hierdie foto om ʼn video van Negester Klein-Kariba, soos deur BuroTech se hommeltuig opgeneem, te sien.)

Stand van verkope: 31 Januarie 2017

ATKV gratis 12 maande lidmaatskap Eienaars wie se erwe vóór Desember 2016 geregistreer was en nie ATKV-lede is nie, het tot 31 Januarie 2017 gehad om aan te dui of hulle ATKV-lede wil word (en waarvoor ATKV-lidmaatskapvorms voltooi moes word). Indien eienaars nie voor dié tydstip ‘n aanduiding gegee dat hulle lede wil word nie, het hulle hul gratis lidmaatskap vir 'n jaar verbeur. Eienaars wat wel ATKV-lede was, het 'n krediet van R918 vir die jaarlikse lidmaatskap op hulle heffingstaat ontvang.

Vir ATKV-lidmaatskapregistrasies wat vanaf 1 Januarie 2017 plaasvind, sal voornemende lede 'n brief van die HEV ontvang waarop hulle moet aandui of hulle bestaande ATKV lede is of nie. In hierdie geval sal die proses as volg hanteer word:

ATKV lede: ʼn Krediet van R918, vir die jaarlikse lidmaatskap, word op hulle HEV-rekening geplaas.

Page 5: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief I (2017)kleinkariba.negester.co.za/media/1542/negester-klein-kariba-nuusbrief-1_finaal...Die volgende verhoging in heffings word vanaf 1 Maart geïmplementeer:

Nie-ATKV-lede: Eienaars word versoek om 'n vorm te voltooi waarop hulle aandui of hulle 'n ATKV-lid wil word of nie.

o Indien eienaars besluit om by die ATKV aan te sluit, word die ATKV-lidmaatskapvorm voltooi. Die ATKV sal hulle registreer en 'n lidnommer toeken. Die HEV sal dan hul lidmaatskapfooi (vir die eerste jaar) aan die ATKV oorbetaal.

Nota: Slegs Negester Klein-Kariba inwoners wat ATKV-lede is, verkry gratis toegang tot die ATKV Klein-Kariba Vakansieoord. Vir nie-lede sal ʼn dagbesoekerfooi gehef word. Kontak die HEV-kantoor vir die toegangsreëls. (Bepalings en voorwaardes geld.)

DStv-pakkette vir inwoners Op ʼn voorstel van een van ons inwoners het ons ondersoek ingestel na die verskillende DStv-pakkette wat Multichoice vir ontwikkelings soos Negester, aanbied. Daar is ʼn standaardpakket vir aftreelandgoedere teen R229pm per woning wat kanale soos M-Net, M-Net Movies en al die Supersport-kanale (uitgesluit HD-kanale) insluit. Addisionele kanale kan ook bygekoop word teen R17-80pm per kanaal. Hierdie pryse sluit nie die koste van ʼn skottel of dekodeerder in nie.

Diegene wat in hierdie pakket belangstel, moet hulle name teen 28 Februarie aan die HEV-kantoor deurgee. Die koste van hierdie diens is maandeliks vooruitbetaalbaar en sal op die heffingsrekening aangebring word. Die fooi moet deur die HEV ingevorder en aan Multichoice oorbetaal word – wat beteken dat Multichoice die HEV faktureer en HEV op sy beurt die gelde van die betrokke eienaars invorder. Hierdie diens word deur die HEV-kantoor verrig teen ʼn administratiewe fooi van R30pm per deelnemende woning. Die koste van die standaardpakket plus administratiewe fooi sal dus R250pm per deelnemende woning beloop.

Belangrike kontakinligting HEV-kantoor: Yolanda van der Walt 083 405 0351

E-pos: [email protected]

Posadres (eienaars): Privaatsak X1606, Bela-Bela, 0480

Tegniese navrae: Eugene Fraser (n/u) 083 405 0351

Sekuriteit (Bateleur): Willem Mostert 082 663 0492

Sekuriteit (algemene navrae): Roelf Venter 083 400 8364

Estetiese komitee (navrae): Piet Pieterse 083 676 6533

Medwell: Dienspersoneel 082 6977 576

Noodnommer (Medwell): 072 312 3499

Ambulans: Martie Jonker 076 6625 654

ATKV-vakansieoord: Hoofhek (k/u) 014 736 9800

Koswerfrestaurant: 014 736 9859/54

Negester se nasionale bemarkingsnommer: 0861 44 44 95