4
NG GEMEENTE KATHU AFKONDIGINGS 26 Februarie 2017 Ek en jy, as gestuurde gemeente, dien die Here met vreugde deur by mekaar en by ander betrokke te wees. Oggenddiens 09:00 / Aanddiens 18:30 Leraar: Ds Heinrich Viljoen Teks: Luk 4:16-28 en Luk 8:26-39 Tema: Respek vir randfigure (Week 4 van Respek) Baie dankie vir die pragge blomme in die erediens. Baie dankie aan Erna Markram en Rita Roodt wat help met die teeskink. Belangrike datums vir die week en maand 26 Kinderdiens in kerk 09:00 28 Sentrale Kerkraad 18:00 Maart 3 Wêreldbiddag vir vroue 18:30 4 Wêreldbiddag vir mans 07:00 12 Gemeente-ete 12:00 Baie welkom aan al die nuwe lidmate! Ons hoop dat jy gou tuis sal voel in ons gemeente en betrokke sal raak by al ons akwiteite. Daar sal tydens die erediens n pakkie uitgedeel word met n vorm vir nuwe lidmate, wat jy asseblief vir ons moet voltooi. As jy enige vrae oor die gemeente het, is jy welkom om te vra! Kerkkooroefening vir Paassangdiens Maandae 18:00 by die kerk. Ons oefen vir die Paassangdiens van 26 Maart. Alle stemme welkom! Gebedsgeleentheid vandag Dit is tyd vir ons as Christusgelowiges regoor die land om op te staan, standpunt in te neem, en te verenig in gebed. n Nasionale gebedsinisiaef genoem Up4SA roep ons bymekaar vir Verenigde Gebed vir Suid-Afrika”. ’n Profeese daad van nederigheid, aanklikheid, eenheid en eer aan onse Here Jesus Christus as die enigste antwoord en hoop! Sondag 26 Februarie 19:00 tot 20:00 by AGS gemeente Ons kan ook tuis saambid vir: armoede, vrede, eenheid, kerk, die regering, boere, gesinne, ekonomie, geweld, dwelmmisbruik, kinders en die jeug. Hulp by toebroodjies, elke tweede week Die Hoërskool se toebroodjieprojek is asb nog op soek na smeer- ders wat bereid is om elke tweede week te smeer. Dit maak die lading op almal in die span ligter. Baie dankie aan elke persoon op die span! Ons waardeer dit opreg. Kontak vir Mari Louw 083 500 3665 of vir Breggie Wolstenholme by 053 723 1071. Hulp met Wendyhuis se herstel Tannie Bokkie van Deben, bedryf n klerebank waarheen mense van die gemeenskap en kliniek kan gaan. Sy het n skenking van n wen- dyhuis ontvang, maar die huisie het n bietjie TLC nodig en moet herstel of ooropgeslaan word. As iemand dalk kan help om dit te doen, kontak asb vir Freda Hangh by 084 624 2003 of die kerk- kantoor by 053 723 1071. Ou klererelings en hangers word ook asb benodig. Bring dit gerus vir ons kerkkantoor toe.

NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-26...Sendelinge in Skopje, Masedonië waar dringende hulp nodig is in die vlugtelingskampe (Siriese vlugtelinge) en onder

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-26...Sendelinge in Skopje, Masedonië waar dringende hulp nodig is in die vlugtelingskampe (Siriese vlugtelinge) en onder

NG GEMEENTE KATHU AFKONDIGINGS 26 Februarie 2017

Ek en jy, as gestuurde gemeente, dien die Here met vreugde deur by mekaar en by ander betrokke te wees.

Oggenddiens 09:00 / Aanddiens 18:30 Leraar: Ds Heinrich Viljoen Teks: Luk 4:16-28 en Luk 8:26-39 Tema: Respek vir randfigure (Week 4 van Respek)

Baie dankie vir die pragtige blomme in die erediens.

Baie dankie aan Erna Markram en Rita Roodt wat help met die teeskink.

Belangrike datums vir die week en maand 26 Kinderdiens in kerk 09:00 28 Sentrale Kerkraad 18:00 Maart 3 Wêreldbiddag vir vroue 18:30 4 Wêreldbiddag vir mans 07:00 12 Gemeente-ete 12:00

Baie welkom aan al die nuwe lidmate!

Ons hoop dat jy gou tuis sal voel in ons gemeente en betrokke sal raak by al ons aktiwiteite. Daar sal tydens die erediens ’n pakkie uitgedeel word met ’n vorm vir nuwe lidmate, wat jy asseblief vir ons moet voltooi. As jy enige vrae oor die gemeente het, is jy welkom om te vra!

Kerkkooroefening vir Paassangdiens

Maandae 18:00 by die kerk. Ons oefen vir die Paassangdiens van 26 Maart. Alle stemme welkom!

Gebedsgeleentheid vandag

Dit is tyd vir ons as Christusgelowiges regoor die land om op te staan, standpunt in te neem, en te verenig in gebed. ’n Nasionale gebedsinisiatief genoem Up4SA roep ons bymekaar vir “Verenigde Gebed vir Suid-Afrika”. ’n Profetiese daad van nederigheid, afhanklikheid, eenheid en eer aan onse Here Jesus Christus as die enigste antwoord en hoop! Sondag 26 Februarie 19:00 tot 20:00 by AGS gemeente Ons kan ook tuis saambid vir: armoede, vrede, eenheid, kerk, die regering, boere, gesinne, ekonomie, geweld, dwelmmisbruik, kinders en die jeug.

Hulp by toebroodjies, elke tweede week

Die Hoërskool se toebroodjieprojek is asb nog op soek na smeer-ders wat bereid is om elke tweede week te smeer. Dit maak die lading op almal in die span ligter. Baie dankie aan elke persoon op die span! Ons waardeer dit opreg. Kontak vir Mari Louw 083 500 3665 of vir Breggie Wolstenholme by 053 723 1071.

Hulp met Wendyhuis se herstel

Tannie Bokkie van Deben, bedryf ’n klerebank waarheen mense van die gemeenskap en kliniek kan gaan. Sy het ’n skenking van ’n wen-dyhuis ontvang, maar die huisie het ’n bietjie TLC nodig en moet herstel of ooropgeslaan word. As iemand dalk kan help om dit te doen, kontak asb vir Freda Hattingh by 084 624 2003 of die kerk-kantoor by 053 723 1071. Ou klererelings en hangers word ook asb benodig. Bring dit gerus vir ons kerkkantoor toe.

Page 2: NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-26...Sendelinge in Skopje, Masedonië waar dringende hulp nodig is in die vlugtelingskampe (Siriese vlugtelinge) en onder

Sondag 26 Februarie

Maandag 27 Februarie

Dinsdag 28 Februarie

Woensdag 1 Maart

Donderdag 2 Maart

Vrydag 3 Maart

Saterdag 4 Maart

Marie Labuschagne

Debbie Hattingh Jacoba Vorster

Ulrich Cronje

Ina J.v. Rensburg

Hendrina Coetzee

Adelé Rademeyer

Harold Doncaster Hennie Potgieter Naomi Hoon

Maruschka Erasmus

Ricardo Bezuidenhout

Jayden Verwey

LJ De Villiers

Rina Van Staden

Frikkie Strauss

Schalk Van Der Berg

Miha Nel

Jaco Van Zyl

Lindi Brandt

Dirk J.v. Rensburg

Jo-Mari Johnston

29 Februarie

Marlene J.v. Rensburg Hannie Wessels

Pieter Du Plessis Maryna Boyder

Pieter Vlok

Nadia Van Niekerk Nathan Hattingh

PJ Van Der Linden

Domonique Roux

Nadia Jacobs

Monique Esterhuyse

Esthi Poolman

Junior Swart

Sybrand De Vries

Keelan Alshvin

Nyl

Marianke Wessels

Jolene Dercksen

Stiaan Theron

Jeanette Gouws

Chris Du Toit (76)

Herman Pietersen

Marthinus Matthee

Stian Du Plessis

Page 3: NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-26...Sendelinge in Skopje, Masedonië waar dringende hulp nodig is in die vlugtelingskampe (Siriese vlugtelinge) en onder

Doopreëlings – kontak asb betyds die kerkkantoor

Alle doopouers moet asb minstens drie maande voor die tyd reëlings met die kerkkantoor tref. Dieselfde geld vir wegdope. Ten minste een ouer se belydende lidmaatskap moet hier wees, voordat die doop kan voortgaan.

KALAHARI COUNTRY CLUB FESTIVAL

Op Saterdag 4 Maart bied die Kalahari Country Club ’n groot fees aan wat die hele gemeenskap van Kathu betrek. Kerke, skole en ander instansies kry die geleentheid om stalletjies te huur t.w.v. fondsinsameling. Vanuit die kerkkantoor, in samewerking met die Herfsfeeskomitee, het ons besluit om daardie dag HAMBURGERS te verkoop ter aanvulling van die ge-meente se fondse. Verkope begin 11:00 en eindig net voor Elvis Blue se optrede om 19:00. Die plan behels: Lidmate wat kan help met die op- en afslaan van die

stalletjie. Lidmate wat kan help om die patties en uie te braai. Lidmate wat kan help met die maak (“bou”) van die

hamburgers. Lidmate wat kan help met die verkope. Vanaf vandag sal daar elke Sondag ’n tydrooster van twee-uur-skofte agter by die inligtingstoonbank beskikbaar wees waar lidmate hulle name en selnom-mers kan kom opskryf by ’n tydsgleuf wat elkeen pas. Hiermee ’n vriendelike versoek aan die lidmate van ons gemeente om te kom help ten einde hiervan ’n sukses te maak. Kontakpersone: Heinrich (082 352 6611) en Elmarie (082 739 9255) Viljoen of Ernalize by die Kerkkantoor (053 723 1071).

Nissies in gedenkmuur Enkelnissies kos R2 100 en dubbelnissies R2 700. Dit sluit die granietsteen in, net die gravering is uitgesluit. Kontak gerus die kerkkantoor by 053 723 1071 vir enige vrae.

Debietorder: gerieflik en goedkoop! Goeiedag, ek ek bring graag die volgende onder u aandag (vir dié wat nie daanvan bewus is nie). Ons het ’n debietorderstelsel wat ons in staat stel om elke maand u dankoffer van u te verhaal. Die voordeel, wanneer u dit by ons teken, is dat ons geen diensgeld daarvoor vra nie (anders as by ander finansiële instellings). Hierdie opsie is gratis en gerieflik. Ons moedig u dus aan om die debietordervorm (beskikbaar by die dienstafel, sowel as per e-pos) so gou moontlik te voltooi en te e-pos na [email protected]. Indien u wel ’n bestaande debietorder het, neem ek graag die vrymoedigheid om te vra dat u dit sal oor-weeg om dit te verhoog, met die bedrag wat in lyn is met u hartsoortuiging. Vir dié wat reeds onlangs hul debietorders aangepas het, sê ons baie dankie daar-voor. Elke bydrae word opreg waardeer! U is welkom om my te kontak indien daar enige vrae is in hierdie verband. Ek hoop om so spoedig moontlik van u te hoor. Vriendelike groete Brenda Kernekamp Kassier

Antieke houtstoeltjies vir Maccie-fondse Die Maccies benodig asb nog baie fondse vir hul be-plande uitreik. Daar is twee pragtige houtstoeltjies en ’n tafeltjie waarop lidmate kan bie ter ondersteuning van die uitreikfondse. Die hoogste bod is tans R1 200. Vul asb ’n vormpie agter by die dienstafel in om daar-op te bie, of kontak vir Lize Goussard by 083 709 0611. Dankie vir elkeen se ondersteuning. Die uitreik-span waardeer elke bydrae.

Hulp by gemeente-ete Ons hou Sondag 12 Maart gemeente-ete. Ons het asb gewillige hande nodig wat kan help kosmaak en ook op die dag kan help skep ens. Kontak asb die kerkkantoor by 053 723 1071.

10/40 Nooduitreik na Frankryk Die 10/40 Nooduitreikgroep het uitnodiging na Frank-ryk gekry om saam met Martin de Lange vir 2 weke tyd te gaan spandeer in Parys. Ons man-daat: Bybelverspreiding, bid, evangelisasie en Woord-bediening by Franse en Turkse kerke, ons moet Son-dag 10 en 17 September beskikbaar wees om in die kerke te bedien. Kontak asb vir Susan van der Berg by 084 701 0894.

Maccie-uitreik 2017 Ons Maccie Uitreikgroep is uitgenooi deur die Sendelinge in Skopje, Masedonië waar dringende hulp nodig is in die vlugtelingskampe (Siriese vlugtelinge) en onder die Roma-mense (Gypsy’s) wat nie vir Jesus ken nie. Indien die Here jou hart aanraak om ons te ondersteun – betaal asb jou donasie in by die Kerkkantoor, met die verwysing: MAC-Q004. Vir enige navrae, kontak asb vir: Zilian Enslin by 082 325 4588 of [email protected]

Page 4: NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-26...Sendelinge in Skopje, Masedonië waar dringende hulp nodig is in die vlugtelingskampe (Siriese vlugtelinge) en onder

Kerkkantoor

053 723 1071

[email protected] / [email protected]

Kantoorure:

Maandag tot Vrydag: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

Ds André de Villiers – Blok A

Missionale Bediening

084 679 3274

[email protected]

Ds Heinrich Viljoen – Blok B

Jeugbediening

082 352 6611

[email protected]

Ds Schalk van Schalkwyk – Blok C

Blokbediening, Barmhartigheid,

Eiendom en Kleingroepe

084 673 1075

Vir die BOUFONDS:

NG Gemeente no 2

ABSA Kathu

Rek 1990 146 086

Vir Dankoffers:

NG Kerk Kathu

ABSA Kathu

Rek 1990 590 024

Ons bid:

Vir Hannelie en die Van der Berg-gesin met die afsterwe van Gert.

Vir almal in ons dorp en gemeenskap wat deur moeilike tye gaan.

Vir almal in die hospitaal wat siek is. Vir enkelouers en al hul uitdagings. Vir mense in ons gemeenskap se

werkspanning en -druk. Vir al die skole met die groot verant-

woordelikheid wat op hul skouers rus.

Midweekbyeenkoms – Respekreeks Donderdagaand 18:30 is daar ’n midweekbyeekoms by die kerk. Enigiemand kan inskakel. Tema 4 van die Re-spekreeks word bespreek. Sien jou daar! Gebruik hierdie lekker geleentheid om ander geloofsvriende se perspektiewe te hoor. Die leraars bied hierdie geleenthede onderskeidelik aan.

Opdatering van Winkerk-stelsel Help ons asseblief. Ons gaan vir die volgende paar maande poog om ons Winkerk-stelsel weer op datum te kry. Selfoonnommers en e-posadresse verander dikwels, mense trek na ander buurte of gaan na ander gemeentes. Kontroleer asb jou gegewens en teken by jou naam indien alles korrek is. As jy iemand se naam sien wat reeds getrek het of inskakel by ’n ander gemeente, dui dit asb ook vir ons aan. Baie dankie vir elke lidmaat se hulp. SLEGS vanne A-G word vir die volgende paar weke gekontroleer.

Vir ouers met hul opvoedingstaak. Vir respek: Dat ons dit sal uitleef na

mekaar en mekaar sal help daarmee.

Wêreldbiddag vir vroue Vrydag 3 Maart 18:30 in die saal Voorberei deur die Wêreldbiddag-komitee van die Filippyne Tema: My genade is vir almal Wêreldbiddag vir mans Saterdag, 4 Maart 07:00 in die kerksaal