2
8 Maart 2020 NG Gemeente Stellastraat AANKONDIGINGE Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaarsdae! NG Gemeente Stellastraat Stellastraat 158 Waterkloof 0181 www.stellastraat.co.za Bankbesonderhede: Bank - ABSA Tjekrekeningnommer 540 580 022 Takkode - 632 005 Tel: 012 460 8570 Faks: 086 480 7844 Epos: [email protected] 8 Maart Badie Badenhorst Elke Cloete Heide-Marie Coetzee Ian de Jager Lara du Plessis Lizeldi du Toit André le Roux Candice Martin Elanz-Marie Meyer Yvonne Neethling Jan Niemandt Elke Roos Emily van Wyk 9 Maart Mia Bauling Pieter Corver Joyce Geyser Zander Kotzé Pemla Malatji Esta Prins Xantelle van der Vyver Charlene van Rooyen Regard van Wyk 10 Maart Anni Hesselink Christiaan Lombaard Mauritz Lombaard Sophia Lourens Jurie Niemand Jean van den Berg 11 Maart Monica Becker Nuelle Janse van Vuuren Marthie Leach Greta Lotter Lani Tredoux Wim van Schalkwyk 12 Maart Dawie Engelbrecht Claudia Jansen Willem van Niekerk 13 Maart Lindie Berelowitz Corné Burger Martin Coetzee Emma-Beth Erasmus Arno Pauw Rudi Pothas Philly Schalkwyk Madelein Theron Louise van den Berg Nico van der Merwe Roland van der Neut Robert van Eyden Adriaan van Niekerk Deon Viljoen Susan Visagie Carla Walkenshaw 14 Maart Theresa Boshoff Caleb de Klerk Paul Eloff Richie le Grange Sonja Swart Helena Wassenaar Nuwe lidmate Eredienstye 8 Maart 2020 15 Maart 2020 Indien jy ‘n lidmaat wil word, kan jy na die erediens die predikant by die Nagmaaltafel ontmoet en jou inligting in die Nuwe Lidmate boek invul. Jy kan ook die kerkkantoor skakel 012 460 8570. Datums om dop te hou! 8 Maart 2020 2de Lydensweek 19:00 Soeklig 11 Maart 2020 09:00 Bybellees 19:00 Bottel- en bordaand 15 Maart 2020 3de Lydensweek 19:00 Soeklig 18 Maart 2020 09:00 Bybellees 20 Maart 2020 Skole sluit 21 Maart 2020 Menseregtedag 22 Maart 2020 4de Lydensweek 27-29 Maart 2020 #Imagine 29 Maart 2020 5de Lydensweek 31 Maart 2020 Skole open Vanaand 19:00 gaan Erika Barnard weer praat oor of God ’n geweldenaar of moordenaar is. Mense vermoor mekaar in die naam van godsdiens. Sit God agter die geweld wat in mense se gedrag gevind word? Het fanatisme sy oorsprong in mense se vereenselwiging met verhale waarin God blyk fanaties te wees? Die moontlikheid is nie net beperk tot een godsdiens nie. Meer as een wêreldgodsdiens het dit in sy heilige boeke – dat God se geduld soms opraak en dat geweldadigheid en wraak in sy reaksie gelees word. Dit is een van die redes waarom ’n beduidende groep mense dink godsdiens nie aan kinders geleer moet word nie. Erika Barnard gaan die onderwerp verder hanteer. Die geleentheid is tydens ons Soeklig- aanbieding 19:00 in die bo-vertrek. Die teksgedeelte waaruit sy praat is Rigter 6-11. Is God die bron van geweld? Is God die ‘moordenaar’? Soeklig 19:00 Na bewering het in die laaste ongeveer dertig jaar bykans een miljoen Suid-Afrikaners hulle moederland verlaat om elders in die wêreld hulle lewe voort te sit. Hulle het ge-emigreer. In die proses moes hulle baie agterlaat. Onder andere families en gesinne waaruit hulle kom. Die skeiding van mense, mense van bloed en hart, los ons beslis nie emosieloos nie. Hoewel ons begryp en verstaan, is dit nie lekker om te weet dat jou kleinkinders waarskynlik in ’n ander kultuur gaan grootword en nog meer, waarskynlik die ander kultuur as hulle s’n gaan aanneem nie. Vir die wat weggaan, wag daar groot aanpassings. Nie net word die emigrante hulle nuwe lewe gegun nie, almal tuis hoop dat hulle gelukkig is daar waar hulle nou is. Maar wat van die wat agterbly? Die intense verlange aan die eenkant, en aan die anderkant die gevoel van verlies. Verlies wat meer en meer insink soos die tyd aanloop. Woensdagaand gaan ons praat oor die wat agterbly. Die gaan gebeur tydens dié kwartaal se bottel- en bordaand. Ons gaan luister na Dr. Sulette Ferreira. Dr Ferreira is ‘n kundige wat met emigrasie werk en het baie navorsing gedoen oor die onderwerp. Sorg dat jy 19:00 jou sit gekry het, jou eetgoedjies gedrapeer het, en dan kuier en luister ons lekker saam in die binnehof. Erediensversorgers - 15 Maart 08:30 10:00 18:00 Neil Sapsford (Koördineerder) André Botha Bennie Coetzee Ria Coetzee Cathy Pretorius Cecile Ziervogel Christo du Preez Elma de Bruin Willie Louw (Koördineerder) Nico Erasmus Graad 7 Zak Lombaard (Koördineerder) Graad 8 Deurdiens - 15 Maart 08:30 10:00 18:00 Johan Minnaar Tilana Knafo Mari Lourens Graad 7 Naas Olivier Graad 8 Teespan - 15 Maart & 22 Maart 22 Maart 08:30 10:00 Skoolvakansie Vrywilligers asseblief Skoolvakansie Vrywilligers asseblief 15 Maart 08:30 10:00 Suzette & Breaan Spies Martha & Eugene Kok Johwilna & Mike Krynauw Werner Erasmus Caritas Omgeegroep Verjaarsdae 8 Maart - 14 Maart Veels geluk! 08:30 Erediens Anton Pienaar Fay van Eeden 10:00 Erediens Fay van Eeden Anton Pienaar 15:00 Faith Community Peter Maruping Peter Maruping 18:00 Erediens Tienie Bosman Tienie Bosman 18:00 Adoramus Anton Pienaar Fay van Eeden Wat van die wat agterbly? Woensdag 11 Maart 19:00 Ongesteld Fanus Dorfling het ’n rugoperasie ondergaan en word in Kloof hospitaal versorg. Leon Herbst word tuis versorg nadat hy in Groenkloof hospitaal was. Meegevoel Anton Ackerman van Queens Crescent, se moeder, wat in Klerksdorp gewoon het, is die week oorlede. Kobus Ferreira van Firwoodlaan se vader, wat in Grootbrakrivier gewoon het, is verlede week oorlede.

NG Gemeente Stellastraat AANKONDIGINGEstellastraat.co.za › ...bladjie-uitleg_8-Maart-2020.pdf · Lara du Plessis Lizeldi du Toit André le Roux Candice Martin Elanz-Marie Meyer

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NG Gemeente Stellastraat AANKONDIGINGEstellastraat.co.za › ...bladjie-uitleg_8-Maart-2020.pdf · Lara du Plessis Lizeldi du Toit André le Roux Candice Martin Elanz-Marie Meyer

8 Maart 2020

NG Gemeente Stellastraat

AANKONDIGINGE

Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaarsdae!

NG Gemeente Stellastraat Stellastraat 158Waterkloof0181www.stellastraat.co.za

Bankbesonderhede:Bank - ABSATjekrekeningnommer540 580 022Takkode - 632 005

Tel: 012 460 8570Faks: 086 480 7844Epos: [email protected]

8 MaartBadie Badenhorst

Elke CloeteHeide-Marie Coetzee

Ian de JagerLara du PlessisLizeldi du ToitAndré le Roux

Candice MartinElanz-Marie MeyerYvonne Neethling

Jan NiemandtElke Roos

Emily van Wyk

9 MaartMia Bauling

Pieter CorverJoyce GeyserZander KotzéPemla Malatji

Esta PrinsXantelle van der VyverCharlene van Rooyen

Regard van Wyk

10 MaartAnni Hesselink

Christiaan LombaardMauritz Lombaard

Sophia LourensJurie Niemand

Jean van den Berg

11 MaartMonica Becker

Nuelle Janse van Vuuren

Marthie LeachGreta Lotter

Lani TredouxWim van Schalkwyk

12 MaartDawie Engelbrecht

Claudia JansenWillem van Niekerk

13 MaartLindie Berelowitz

Corné BurgerMartin Coetzee

Emma-Beth ErasmusArno Pauw

Rudi PothasPhilly SchalkwykMadelein Theron

Louise van den BergNico van der MerweRoland van der Neut

Robert van EydenAdriaan van Niekerk

Deon ViljoenSusan Visagie

Carla Walkenshaw

14 MaartTheresa Boshoff

Caleb de KlerkPaul Eloff

Richie le GrangeSonja Swart

Helena Wassenaar

Nuwe lidmate

Eredienstye 8 Maart 2020 15 Maart 2020

Indien jy ‘n lidmaat wil word, kan jy na die erediens die predikant by die Nagmaaltafel ontmoet en jou inligting in die Nuwe Lidmate boek invul.

Jy kan ook die kerkkantoor skakel 012 460 8570.

Datums om dop te hou!

8 Maart 20202de Lydensweek

19:00 Soeklig

11 Maart 202009:00 Bybellees

19:00 Bottel- en bordaand

15 Maart 20203de Lydensweek

19:00 Soeklig

18 Maart 202009:00 Bybellees

20 Maart 2020Skole sluit

21 Maart 2020Menseregtedag

22 Maart 20204de Lydensweek

27-29 Maart 2020#Imagine

29 Maart 20205de Lydensweek

31 Maart 2020Skole open

Vanaand 19:00 gaan Erika Barnard weer praat oor of God ’n geweldenaar of moordenaar is. Mense vermoor mekaar in die naam van godsdiens. Sit God agter die geweld wat in mense se gedrag gevind word? Het fanatisme sy oorsprong in mense se vereenselwiging met verhale waarin God blyk fanaties te wees?

Die moontlikheid is nie net beperk tot een godsdiens nie. Meer as een wêreldgodsdiens het dit in sy heilige boeke – dat God se geduld soms opraak en dat geweldadigheid en wraak in sy reaksie gelees word. Dit is een van die redes waarom ’n beduidende groep mense dink godsdiens nie aan kinders geleer moet word nie.

Erika Barnard gaan die onderwerp verder hanteer. Die geleentheid is tydens ons Soeklig-aanbieding 19:00 in die bo-vertrek. Die teksgedeelte waaruit sy praat is Rigter 6-11.

Is God die bron van geweld? Is God die ‘moordenaar’? Soeklig 19:00

Na bewering het in die laaste ongeveer dertig jaar bykans een miljoen Suid-Afrikaners hulle moederland verlaat om elders in die wêreld hulle lewe voort te sit. Hulle het ge-emigreer. In die proses moes hulle baie agterlaat. Onder andere families en gesinne waaruit hulle kom.

Die skeiding van mense, mense van bloed en hart, los ons beslis nie emosieloos nie. Hoewel ons begryp en verstaan, is dit nie lekker om te weet dat jou kleinkinders waarskynlik in ’n ander kultuur gaan grootword en nog meer, waarskynlik die ander kultuur as hulle s’n gaan aanneem nie. Vir die wat weggaan, wag daar groot aanpassings. Nie net word die emigrante hulle nuwe lewe gegun nie, almal tuis hoop dat hulle gelukkig is daar waar hulle nou is.

Maar wat van die wat agterbly? Die intense verlange aan die eenkant, en aan die anderkant die gevoel van verlies. Verlies wat meer en meer insink soos die tyd aanloop.

Woensdagaand gaan ons praat oor die wat agterbly. Die gaan gebeur tydens dié kwartaal se bottel- en bordaand. Ons gaan luister na Dr. Sulette Ferreira. Dr Ferreira is ‘n kundige wat met emigrasie werk en het baie navorsing gedoen oor die onderwerp. Sorg dat jy 19:00 jou sit gekry het, jou eetgoedjies gedrapeer het, en dan kuier en luister ons lekker saam in die binnehof.

Erediensversorgers - 15 Maart08:30 10:00 18:00

Neil Sapsford (Koördineerder)

André BothaBennie Coetzee

Ria CoetzeeCathy PretoriusCecile ZiervogelChristo du Preez

Elma de Bruin

Willie Louw (Koördineerder)

Nico Erasmus

Graad 7

Zak Lombaard(Koördineerder)

Graad 8

Deurdiens - 15 Maart08:30 10:00 18:00

Johan MinnaarTilana Knafo

Mari LourensGraad 7

Naas OlivierGraad 8

Teespan - 15 Maart & 22 Maart

22 Maart08:30 10:00

SkoolvakansieVrywilligers asseblief

SkoolvakansieVrywilligers asseblief

15 Maart08:30 10:00

Suzette & Breaan SpiesMartha & Eugene Kok

Johwilna & Mike KrynauwWerner Erasmus

CaritasOmgeegroep

Verjaarsdae 8 Maart - 14 Maart

Veels geluk!

08:30 Erediens Anton Pienaar Fay van Eeden 10:00 Erediens Fay van Eeden Anton Pienaar 15:00 Faith Community Peter Maruping Peter Maruping 18:00 Erediens Tienie Bosman Tienie Bosman 18:00 Adoramus Anton Pienaar Fay van Eeden

Wat van die wat agterbly? Woensdag 11 Maart 19:00

OngesteldFanus Dorfling het ’n rugoperasie ondergaan en word in Kloof hospitaal versorg.

Leon Herbst word tuis versorg nadat hy in Groenkloof hospitaal was.

MeegevoelAnton Ackerman van Queens Crescent, se moeder, wat in Klerksdorp gewoon het, is die week oorlede.Kobus Ferreira van Firwoodlaan se vader, wat in Grootbrakrivier gewoon het, is verlede week oorlede.

Page 2: NG Gemeente Stellastraat AANKONDIGINGEstellastraat.co.za › ...bladjie-uitleg_8-Maart-2020.pdf · Lara du Plessis Lizeldi du Toit André le Roux Candice Martin Elanz-Marie Meyer

SOOS EK DIT SIENWAT GEBEUR WAAR?

In die Bybel word daar dikwels verwys na die gevare van rykdom. In die brief van Jakobus kom dit weer voor. Wat sit agter die opmerking, is dit gewoon jaloesie? Of is daar ’n verskuilde deug daarin om arm te wees?

In die eerste eeu was die samelewing baie ongelyk. Baie soos dit nou is. Het Jesus en sy volgelinge tussen die arm mense geleef en daarom die ‘negatiewe’ opmerkings oor rykdom gemaak? Mag ’n mens enigsins suksesvol en ryk wees en tegelyk ook ’n christen? Hoe gaan ons die teks in Jakobus verstaan en toepas?

Woensdag tydens die Bybellees geleentheid in die konsistorie praat ons oor die saak uit Jakobus 5:1-11.

Was Jesus doelbewus arm? Bybellees Woensdag 09:00 Wat nou gemaak?

- James Kirkpatrick

Biblioteek‘n Nuwe reeks deur Angela Hunt in die

Ja-afdeling:

The Silent Years 1: Egypt’s Sister – die verhaal van Cleopatra

The Silent Years 2: Judah’s Wife – ‘n verhaal oor die Maccabees

Adoramusin die Kapel

Sondagaand om 17:50 vir 18:00 lei Fay ons diens.

Die teks vir vanaand se adoramusdiens is

Psalm 62:2-12.

“Die teks nooi ons om na te dink oor die draaie wat die lewe met ons loop en by

Wie ons ons toevlug vind.”

Die verslaggewer bel my om te vra wat die NG Kerk gaan doen met die beswaardheid soos verwoord by die beraad van Moreletapark gemeente. So oor die telefoon beduie ek in mooi idiomatiese Afrikaans dat ons maar ‘n klip moet kry en gaan sit en praat tot die koeie huis toe kom. Sy is van ‘n jonger generasie en het nie begrip gehad vir my storie van klippe en koeie nie. Dalk het ek net onduidelik geformuleer, maar dit was so hittete of die koerant het van my ‘n klipgooier gemaak! Die kerkgeskiedenis is hoeka vol van voorbeelde van mense wat mekaar wou stenig. Terug by die geldige vraag: “Wat moet ons doen in ‘n tyd soos hierdie?”

Ek dink ons moet ten minste die volgende paar dinge probeer doen:

Ons moet aanhou praat en na mekaar luister. Dié week het verteenwoordigers van die Algemene Sinode en die Goudland Sinode (Wes-Transvaal) op hulle klippe gaan sit en mekaar gehoor. Dit was moeilik, want van ons is al keelvol vir die storie. Dinsdag was dit tot laat aand en die klippe het begin hard raak. Die koeie was al op stal en ons het gaan slaap. Het dit gehelp? Ek dink so. Woensdag kon ons weer praat en dalk het ons mekaar gehoor. Goudland sê hulle wil deel bly van die NG kerk. Ons wil hulle help om te glo dat die kerk nie besluite op hulle wil of sal afdwing nie.

Kontroleer die feite. In die wêreld van fopnuus het elkeen dikwels sy eie storie ongeag die feite. Terwyl ek in ‘n groep by Moreletapark sit en luister, hoor ek standpunte wat vol onjuisthede is. Ek wil nie baklei nie. Vandaar die sagte woord “onjuisthede”. So bv staan iemand op en sê die Algemene Sinode is ‘n boelie wat besluite op mense afdwing. Wat sê die Sinodebesluit? Gegewe die kompleksiteit en sensitiewe aard van die saak besluit die Sinode dat sy besluit oor Selfdegeslagverhoudings nie op mense afgedwing moet word nie.

Maak weer seker wat die dinge is wat ons aan mekaar bind. So bv het ons in die verlede al konsensus gekry oor ons gereformeerde identiteit. In 2007 het die Algemene Sinode ‘n studiestuk daaroor eenparig aanvaar. Dit was dieselfde jaar wat daar twee teenoorstaande verslae oor selfdegeslagverhoudings gedien het. Ons weet wie ons is. Ons moet steeds aandag gee aan die dinge waaroor geen verskil bestaan nie.

Leer om met verskille saam te leef. Dit is vreemd dat ons so sukkel daarmee, want die Bybel is vol van voorbeelde waar gelowiges intens verskil het. Paulus en Jakobus het wesenlik verskil oor geloof en werke. Spreuke en Job sien die probleem van lyding totaal verskillend. Eenheid en enersheid is nie dieselfde ding nie. Die tyd toe almal presies dieselfde moes glo, is verby.

Ter wille van ons geloofwaardigheid moet ons eerlik en deursigtig wees. Ons moet nie maak asof daar nie verskille is nie. Gesprekke agter toe deure is uit. Die vroom taal waarin die kerk soms sy kommunikasie probeer verpak, is kontraproduktief Ons kan nie werk met die grondreel van Morelta se beraad nie. “Ons gaan geen teologiese debat toelaat nie.” Met dié woorde is die beraad ge-open. Die teendeel is eerder waar. Ons moet nie bang wees vir ‘n eerlike en selfs robuuste teologiese gesprek nie. Dit kan ons net help om die wil van God te onderskei. En nederig hou.

Dankie vir die Uitreikgesindheid!

Baie dankie vir die wonderlike gesindheid wat daar was op Uitreiksondag! Dit is vir ons in Stelllastraat van groot belang dat ons op ons manier die hande van die Here is - op die paaie wat ons loop. Dit is wat ons wil wees. Ons wil help waar daar swaarkry is.

Vandag is daar ’n boekie wat aandui op watter plekke ons probeer om tog ’n bydrae of ’n verskil te maak. As jy wil, kan jy meer aktief by een van die plekke betrokke raak. Daar is kontaknommers in die boekie.

Andersins gaan ons vir die volgende paar weke die uitreikkoeverte voor ons oë hou. ’n Finansiële bydrae is een van die maniere waarmee ons die las van hulle wat nood het, kan help verminder. As jy meer wil weet, kontak gerus vir Fay (083 478 0854) of vir Neels (082 469 9704).

Baie welkom aan Lienke Jeanette Basson,

en aan al die familie en vriende!Projek Plus 1 vra weer dat jy daardie ekstra bord kos na die kerk sal bring, sodat ons vir persone wat met honger aanklop by die kerk kan gee. Jy kan gerus in die binnehof ‘n melamienbord neem as jy daarmee wil help.

Baie welkom aan Cara van der Merwe,

en aan al die familie en vriende!

Kleuterkerk

Maak jy dalk huisskoon? Die kleuterkerk vra dat enige ou speelgoed, kinderboeke of enige iets wat ‘n kleuter kan besig hou na hulle gestuur word. Goedere kan by die kerkkantoor afgelewer word.

Baie dankie, Stellastraat

Onlangs daag daar ’n dankiebriefie aan een van ons vennote op. Die Christelik-Maatskaplike Raad se Vosstraatsentrum is betrokke by ’n groep hawelose mense in Sunnyside. Uiteindelik wil hulle hierdie mense help om weer op hulle voete te kom, om vir hulleself en hulle families te kan sorg. Maar dis ’n lang en moeilike proses waartydens hulle drie maal per week vir dié mense middagete gee. Stellastraat ondersteun met die blikkieskos wat mense op blikkiessondag kerk toe bring, en deur van die mieliemeel wat Spar gereeld skenk, vir hulle te neem. As lidmate nie blikkieskos gebring het nie, en as lidmate nie finansieël bygedra het om ’n kerkkantoor in stand te hou wat die kos kan versprei nie, sou ons dit nie kon doen nie. Daarom is die dankiebriefie ’n dankie aan elke lidmaat van Stellastraat wat hiermee help.