8
Shop No. 89 Nelson Mandela Drive Contact 015 491 4197 / 082 8611 786 Whatsapp 072 792 5034 Email [email protected] Facebook Sola’s Printing Potties Mokopane D e s i g n i n g E v e n t P r o g a m m e s D o c t o r s P r e s c r i p t i o n P a d s N o t e p a d s C o n f e r e n c e P a d s N C R B o o k s B o o k l e t s P o s t e r s B u l k P r i n t I n v i t a t i o n C a r d s B u s i n e s s C a r d s F l y e r s / P a m p h l e t s B r o c h u r e s & m u c h m o r e C v s T y p i n g D e s i g n i n g C o p i e s R e c e i p t / I n v o i c e B o o k s O r g a n o g r a m s E m p l o y m e n t C o n t r a c t s A g r e e m e n t F o r m s P e r s o n a l i z e d C a r d s A n n u a l C a l e n d a r s E v e n t P r o g r a m m e s B r o c h u r e s I n v i t a t i o n C a r d s R e p o r t s & R e g i s t e r s B u s i n e s s C a r d s F l y e r s & m u c h m o r e M e n u s S c h o o l R e g i s t e r s L a m i n a t i o n N a m e T a g s MOGALAKWENA - Water shortages have been an ongoing challenge in several villages in the Mogalakwena area. In a bid to tackle the infrastructure challenges and to curb water short- ages, the Mogalakwena Municipality has purchased four water tanker trucks to supply water, a tractor loader backhoe and a grader to maintain the roads and for storm water management. The municipality covers Mokopane town and 179 villages in a radius of more than 150 km around it. Mogalakwena mayor, Parks Sebatjane, emphasised that the purchase of the R6 million water tanker trucks will go a long way towards ensuring the municipality serves communities better and has the capacity to deal with the water crisis, while plans for a long-term solution is in the pipeline. In the photo is Mayor Sebatjane, Sydney Mafoko and technical services chairperson, councillor Thabiso Montane getting ready to deliver water to the community. Water issue gets attention Dip ‘n hondjie LEPHALALE – Vetus Schola het saam met Mev. Grand SA, Rina van Schalkwyk, en Mej Bosveld finalis, Leané Nel, hul moue opgerol en honde by Lephalale DBV gedip verlede Saterdag. Die publiek kon ook hul honde bring om teen ‘n klein fooi gebad en gedip te word en alle geld is aan die DBV geskenk. Daar sal hierdie Donderdag 16 Junie weer honde gedip word teen R40 per hond by die DBV, almal is welkom om hul honde te bring. Heel regs: Leané Nel besig om ‘n hondjie te dip en regs is die manne van Vetus Schola besig om ‘n hond te dip.

Nn 17 6 issuu

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Lephalale and Mokopane.

Citation preview

Shop No. 89 Nelson Mandela Drive Contact 015 491 4197 / 082 8611 786

Whatsapp 072 792 5034 Email [email protected]

Facebook Sola’s Printing Potties Mokopane

Designing Event Progammes Doctors Prescription Pads Notepads Conference Pads NCR Books Booklets Posters Bulk Print Invitation Cards Business Cards Flyers / Pamphlets Brochures & much more

Cv’s Typing Designing Copies Receipt / Invoice

Books Organograms Employment Contracts Agreement Forms Personalized Cards Annual Calendars Event Programmes Brochures Invitation Cards Reports & Registers Business Cards Flyers & much more Menu’s School Registers Lamination Name Tags

MOGALAKWENA - Water shortages have been an ongoing challenge in several villages in the Mogalakwena area. In a bid to tackle the infrastructure challenges and to curb water short-ages, the Mogalakwena Municipality has purchased four water tanker trucks to supply water, a tractor loader backhoe and a grader to maintain the roads and for storm water management. The municipality covers Mokopane town and 179 villages in a radius of more than 150 km around it. Mogalakwena mayor, Parks Sebatjane, emphasised that the purchase of the R6 million water tanker trucks will go a long way towards ensuring the municipality serves communities better and has the capacity to deal with the water crisis, while plans for a long-term solution is in the pipeline. In the photo is Mayor Sebatjane, Sydney Mafoko and technical services chairperson, councillor Thabiso Montane getting ready to deliver water to the community.

Water issue gets attention

Dip ‘n hondjieLEPHALALE – Vetus Schola het saam met Mev. Grand SA, Rina van Schalkwyk, en Mej Bosveld finalis, Leané Nel, hul moue opgerol en honde by Lephalale DBV gedip verlede Saterdag.

Die publiek kon ook hul honde bring om teen ‘n klein fooi gebad en gedip te word en alle geld is aan die DBV geskenk. Daar sal hierdie Donderdag 16 Junie weer honde gedip word teen R40 per hond by die DBV, almal is welkom om hul honde te bring.

Heel regs: Leané Nel besig om ‘n hondjie te dip en regs is die manne van Vetus Schola besig om ‘n hond te dip.

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 17 JUNIE 20162

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Monique Germishuizen (33) is ‘n borrelende pragtige vrou met ‘n aansteeklike liefde vir die lewe, maar haar lewensverhaal bevat donker jare van dwelm-misbruik, gesondheidsprobleme en die plas-ing van haar geliefde dogtertjie in pleegsorg voordat sy uiteindelik haar lewe ten goede verander het.

Monique is nou al drie jaar lank vry van die dwelmduiwel en woon deesdae in Mid-delburg saam met haar dogtertjie en 'n nuwe liefde waar sy werk as 'n aktetikster en ook ander dwelmafhanklikes bystaan. "As ek dink aan die lewe wat ek vroeër gelei het is ek elke dag dankbaar vir die lewe wat ek nou het; niemand wil so lewe nie.”

“Ek weet hoe dit voel om op ‘n sypaadjie wakker te word op ‘n koue wintersoggend met nie ‘n sent op jou naam nie, terwyl jou lyf pyn, jy is bang, moedeloos, naby aan self-moord pleeg en besig om onttrekkingsimp-tome te ervaar.”

Volgens Monique is daar baie redes hoekom mense verslaaf kan raak aan dwelms. “Dis gewoonlik ‘n kombinasie van sielkundige, emosionele en fisieke faktore. Verkeerde vriende kan iemand vinnig by hier-die donker wêreld betrek terwyl ander mense weer kan begin omdat hulle emosioneel sleg voel en iets soek om van hul sorge te vergeet - min wetende dat wanneer die dwelm se ef-fek uitwerk dieselfde probleme steeds daar gaan wees.”

Dan is daar die fisiese gebruikers. “Ek het baarmoederkanker gehad en was in perman-ente pyn totdat ek heroïne begin gebruik het. Dit het dadelik die pyn weggevat en my ook uit my omstandighede geneem vir ‘n rukkie, maar om dit te los is absolute hel.”

Volgens Monique is die onttrekkingsimp-tome van heroïne amper onuithoudbaar seer. “Dit voel asof jy doodgaan en begin met ‘n aanhoudende nies en loopneus, dan kry jy hoofpyn, kort daarna begin die maagkrampe

Daar is lewe na dwelmsen dan kramp al jou ingewande, later pyn elke been en spier in jou liggaam. Jy weet nie hoe om te lê of te sit of te staan nie, die pyn is net ondraaglik. Sodra heroïne dan weer geneem word, is dit letterlik ‘n paar sekondes en elke liewe pyn is net weg en voel jy weer normaal.”

Die grootste hartseer met dwelmge-bruik is dat die gebruiker nie net hul eie lewe verwoes nie, maar ook die mense naby aan hulle seer maak. “Ek werk nou nog aan van die verhoudings wat ek vernietig het deur my leuens, diefstal, ma-nipulering en fisiese geweld. Ek het my des-tydse man en kind verloor en het geweet dat ek nie by my familie en vriende kon aanklop vir hulp na alles wat ek gedoen het nie.”

“Ek probeer nou hard om ander verslaaf-des se families by te staan tydens hul stryd.”

“As ‘n verslaafde nie gereed is om hul gewoonte te laat staan nie is daar ongelukkig niks wat die familie kan doen nie en in som-mige gevalle, soos myne, moet hul eers ‘n absolute laagtepunt bereik voordat hul bereid is om hulp te soek.”

Vir Monique is dit belangrik dat mense na aan ‘n verslaafde moet weet dat hul nooit die persoon moet verwerp nie. “Geliefdes kan verskillende maniere vind om die vers-laafde te motiveer om op te hou met dwelms gebruik wat enigiets insluit van ‘n gesprek oor die gewoonte tot by tronkstraf vir onwet-tige aktiwiteite wat met die dwelmgebruik verband hou, maar hulle moet versigtig wees om nie die persoon te verkleineer nie.”

“Ek het soveel verslaafdes waarmee ek gewerk het aan die dood afgestaan omdat hulle net besluit het dat hulle nikswerd is en teruggekeer het na hul dwelmbestaan terwyl hulle wel hul lewens sou kon verander as hul net die regte ondersteuning gekry het.”

Monique se storie het darem ‘n geluk-kig einde en sy kan uitsien na ‘n wonderlike toekoms. “Voorheen het ek gebid dat Jesus my net moet neem omdat ek nie meer wou

wakker word na elke fix nie, maar nou sien ek uit na die dag van môre en droom selfs oor my dogtertjie se toekoms en die dag as ek met ‘n wonderlike man gaan trou.”

“Ek kon so maklik nooit hierdie goed gehad het as dit nie vir die Here se liefde en genade in my lewe was nie,” sê Monique.

Monique se wenke vir dwelm afhanklikes: 3 Leef gesond en kry vir jou stokperdjies. 3 Gesels oor jou probleme. “Soms het mens

net iemand nodig wat regtig na jou luister.” 3 Skryf jou lewensverhaal en deel dit met

iemand wat jy vertrou. “As jy nie kan praat oor jou seer nie skryf dit neer.”

3 Kry jou gedagtes reg. “Sodra jy kan erken dat jy ‘n probleem het is die eerste stap ge-neem. Daarna moet jy God vertrou om jou te red, genees en sterk te hou.”

3 Vergewe jouself en ander. “Dis belangrik om ander mense te vergewe vir dit wat hulle aan jou gedoen het maar jy moet ook jouself vergewe vir dit wat jy aan ander gedoen het.

In Lephalale kan verslaafdes of hul families ‘n ondersteuningsgroep by NG kerk Ellisras bywoon Dinsdae om 19:00. Kontak Candice Robinson by 076 891 7853 of Peet Joubert by 072 197 2910 vir inligting.

In Mokopane kan die Suid Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) gekontak word by 015 491 3149 vir ‘n verwysing na onder-steuningsgroepe.

Monique terwyl sy dwelms gebruik het (links) en nou dat sy drie jaar skoon is (regs).

Krisis projek gee dorp ’n hupstootMOKOPANE – Die Mokopane Besigheidska-mer is van plan om die dorp se spogstatus te herstel deur die oorblywende fondse van die “Mokopane in Krisis” projek aan te wend om speelparke op te knap.

Die projek is geloods om vuilis te verwy-der wat opgegaar het tydens munisipale stak-ings. Daar besluit om die projek se oorbly-wende fondse aan die dorp te bestee. “Vier parke gaan hierby baat,” het Andy Goetsch, Mokopane Besigheidskamer president gesê.

Die Besigheidskamer doen verder ’n beroep op die gemeenskap vir verf skenkings om die swaaie en so meer in die parke mee op te knap. Die huidige fondse is nie genoeg hiervoor nie. “Die verf hoef nie spesiaal aangekoop te word nie. Blikke verf wat rond-staan sal welkom wees.”

Lesers wat bereid is om te help kan die Besigheidskamer gedurende 08:00-13:00 skakel by 015 491 8458.

Van links is Korny Dekker, Andy Goetsch en Yolande Coetzee by een van die speelparke in Hoogestraat wat opgeruim word.

MOKOPANE – Caring community mem-bers gathered opposite the Mokopane Primary School last Saturday to continue with plans to create a safe environment for the children.

Plans are underway, under the lead-ership of Pastors Thomas and Minda Marshall from Destiny Alive, to construct a playground as part of the Adopt-a-Spot initiative.

The old swimming pool was demol-ished and it was decided to use the rubble to construct a large artificial rock for the children to climb on as the first step to create the playground. The concrete rock was constructed on Saturday and will be painted to look natural.

The entire block was also cleaned up, while trees were trimmed back. Ultimately, a 1.2m fence will be erected in an attempt to keep the children out of the street and a dedicated pick-up and drop-off area will be created for parents and taxi’s.

Mokopane Primary School principal Ockert Groenewald thanked Destiny Alive for their efforts.

The corner of Thabo Mbeki and Geyser has already been cleaned up and trees, including a Baobab tree, have been planted in a bid to create a landmark for the town.

Caring for our community

Everybody is welcome to join the initia-tive and to donate their time to make sure that this project is a success. Old tyres, jungle gyms or even rocks and gravel will be appreciated. The next date for Adopt-a-Spot will be July 9.

For information, contact Charmaine O’Kennedy on 076 872 1324.

Imogen van Wyk, Marinda Marshall, Lize Jansen van Rensburg and Hannes Jansen van Rensburg building the artificial rock.

Members of the Moshate Warriors Volleyball team also volunteered their time to assist in the cleaning of the area.

17 JUNE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

144 jobs created THABO MBEKI – The Expanded Public Works Programme was launched by Lephalale mayor, Jack Maeko, last Wednesday.

The programme is aimed at providing poverty- and income relief by creating temporary work for the unem-ployed. The one-year programme started at the beginning of June employing 144 people and will focus on road maintenance, cleaning of storm water pipes, grass cut-ting, bush clearing and road markings covering the D3110 (Shongoane to Seleka), D1675 (Medupi T-junction to Steenbokpan) and R572 (Lephalale to Tom Burke).

According to Maeko this initiative addresses challenges of unemployment and poverty in local rural communities. He said that that unemployment is one of the main issues raised by communities during the municipality’s annual draft IDP/Budget road show recently.

Rowers tronk toe vir vyf jaarDeur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Die Mokopane Landdroshof het verlede Vrydag twee mans elk vyf jaar tronkstraf opgelê op aanklag van huisbraak en diefstal wat plaasgevind het in en om Mokopane in 2015. Een van die sake hou verband met ’n inbraak by die Stop Restaurant in November.

Joseph Moyo (24) en Lucky Sithole (32) het in een insident, die 55- jarige bestuurder van Die Stop Restaurant een aand laat oorval en goedere van die restaurant gebuit. Daar is ook ’n klag van verkragting by die polisie gemaak. Die hof wag nog op DNA toetse om laasgenoemde klag uit te klaar. Moyo en Sithole is ook met ander inbrake in en om die dorp verbind en moet daarom elkeen vyf jaar tronkstraf uitdien.

Lede van Die Valke en Arende buurtwagte het die twee mans verlede jaar in ’n RDP huis met gesteelde goedere en huisbraak toerusting in hul besit betrap. Verskeie pare skoene wat vermoede-lik gebruik word om huisbrake mee te pleeg is ook in hulle besit gekry. Die verdagte mans is daarna in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.

Twee huisrowers is verlede jaar met dié gesteelde goedere in hulle besit betrap. Hulle is in hegtenis geneem en is verlede Vrydag tot vyf jaar elk tronkstraf gevonnis.

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 17 JUNIE 20164

Deur Martie le Grange ([email protected] )

MOKOPANE - Die familie van ‘n sakevrou in haar 60’s staar ‘n reuse finansiële uitdaging in die gesig nadat hulle hond haar aan die been gebyt het tydens ‘n besoek aan hulle. Die insident laat die gesin nou mediese aanspreeklik vir die vrou se onkoste.

Die slagoffer, wat nie haar naam genoem wil hê nie, is reeds vir langer as twee weke in die Polokwane MediKliniek waar sy behandel word vir n ernstige bytwond aan haar regter-kuit.

Die vrou is sowat drie weke gelede on-verwags deur haar suster en swaer se boer-boelteef by hulle huis aan die been gebyt.

‘n Vriendin van die slagoffer het aan Noordelike Nuus gesê dat die hond kleintjies het wat aan haar drink en daar word ver-moed dat die hond moontlik bedreig gevoel het.

Die vrou is eers na Mokopane Hospitaal

Boerboel val vrou aan

Só lyk die been van ’n sakevrou van Mokopane nadat ’n familie hond haar gebyt het. geneem en drie dae later het hulle besluit om haar eerder na die Polokwane MediKliniek te neem. ‘n Velspesialis het vroeër die week rekonstruksie aan haar been gedoen. Sy be-hoort binnekort ontslaan te word.

Só iets kan enige persoon oorkom, het die slagoffer se vriendin gesê. "Dit is belangrik om nie finansieel onkant gevang te word nie - oorweeg om ‘n tipe openbare aanspreek-likheid versekering aan te skaf."

Watermeters is skoonveldLEPHALALE – Inwoners in Hermanstraat het Woensdagoggend wakker geword sonder ‘n druppel water in hul krane. Met nadere ondersoek is gevind dat amper die hele straat deur-geloop het onder watermeter diewe. Teen druktyd is daar nog niemand in verband met die voorval gearresteer nie en ‘n saak van diefstal word deur die polisie ondersoek.

Deur Amanda Basson ([email protected])

Onvanpaste kommentaar op sosiale media is nie ‘n nuutjie nie en dit is maklik om vinnig ‘n boodskap op Facebook, Twitter of Insta-gram te plaas sonder om mooi na te dink oor die gevolge wat dit dalk kan inhou.

Onlangs het verskeie insidente op gemeenskapsgroepe op Facebook weer die tonge behoorlik los gehad.

In die een insident was ‘n vrou ongelukkig nadat haar man glo in die vroeë oggendure naby hul huis aangerand is. Emosies het oorgekook en die naam en voertuigregistrasie nommer van die beweerde skuldige is gep-laas en gedeel sonder dat die man amptelik deur die polisie aangekla is. In 'n ander in-sident is 'n man wat van diefstal beskuldig word se foto geplaas, tog dra die polisie nie kennis dat 'n saak gemaak is teen die indivi-du nie. Opmerkings wat geweld aanhits teen die onlangse stakers was wydverspreid.

Alhoewel albei gevalle die skrywers se persoonlike opinies en ervarings weerspieël het is daar ‘n fyn lyn tussen vryheid van spraak en laster of selfs die meer ernstige kwessie van haatspraak.

In ‘n artikel geplaas deur Noordelike Nuus In die sop oor Facebook (18 Julie 2014) het professor Tameshnie Deane wat aan Unisa verbonde was, genoem dat enige uitlatings wat iemand tot geweld kan aanhits onwettig is.

“Kommentaar op sosiale media kan wyd en ver gesien word en sou ‘n persoon geweld teen ‘n individu of groep aanmoedig en daar later wel geweld gepleeg word, kan die persoon tot ‘n groot mate verantwoordelik gehou word.”

“Vryheid van spraak, soos wat dit in die Grondwet vervat word, sluit nie haatspraak of rassistiese kommentaar in nie.”

Volgens Deane is haatspraak neerhalende

Pasop voordat jy net tik!woorde oor individue of groepe gegrond op ras, godsdiens, etnisiteit, geslag of seksuele voorkeur.

Deane het gemaan dat gebruikers van sosiale media netwerke versigtig moet wees met die kommentaar wat hulle lewer.

Die onlangse Penny Sparrow debakel, waarin ‘n vrou 'n uitlating gemaak het op Facebook wat as rassisties beskou is en so ook skuldig bevind is van haatspraak, het mense laat regop sit. Sparrow is duisende rande beboet vir haar Facebook-inskrywing.

In ‘n artikel geskryf deur Anja Hofmeyr, ‘n prokureur by Cliffe Dekker Hofmeyr proku-reursfirma, Take caution before posting: social media and defamation (13 Augustus 2015) wys sy daarop dat iemand selfs van laster aangekla kan word as hul net ‘n beledi-gende opmerking versprei.

“Volgens Suid Afrikaanse wet is nie net die persoon wat oorspronklik die beledigende stuk geplaas het verkeerd nie – selfs deur dit oor te dra of te deel (share) is genoeg om as lasterlik beskou te word,” lees die artikel.

Hofmeyr waarsku ook dat enigiemand wat weet dat hul ‘getag’ is in kommentaar of waar hul naam gebruik word en nie stappe neem om hulself te distansieer van die last-erlike inskrywings nie, ook regstappe in die gesig kan staar.

“’n Reeks kommentaar wat op sosiale media geplaas word en ‘n lasterlike aard kan hê wanneer dit as ‘n geheel gelees word kan ook tot regstappe lei selfs al is die inviduele kommentaar op hul eie nie lasterlik nie.”

Indien daar wel verskoning gevra word op die selfde sosiale media waar die lasterlike kommentaar gelewer is kan dit as versag-tende omstandighede gesien word tot die skade aan die slagoffer se reputasie en waar-digheid.

Lees Hofmeyr se volle berig deur www.cliffedekkerhofmeyr.com te besoek.

17 JUNE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

LEPHALALE MUNICIPALITYLephalale is one of the fastest growing town in Limpopo due to the presence of natural coal reserves, huge industrial expansion projects initiated by mainly coal mining processing and electricity generation. Dynamic persons who wish to take the leading role in the development and exposure of the Lephalale Municipality are hereby invited to apply for the challenging position of:

1.1x Intern Communication(12 months contract)(Office of the Municipal Manager: Communication)Commencing salary: R 90 996 p/a.Requirements: *Grade 12 & National Diploma/degree/N6 in Communications or rel-evant equivalent qualification. Computer Literacy. Good communications skills. Locally based unemployed graduates only.KPA’s Inter alia:. The candidate will perform the following duties not limited to this:Media Liaison. Compilation of newsletter, distribution of newsletter, reports and record keeping.

Closing Date: 24/06/2016 Enquiries: Kedibone Makholwa: 014 763 2193

Application form or covering letter that indicate the position that you are applying for, accompanied by comprehensive CV, originally certified copies of qualifications and ID, must be mailed to: Municipal Manager, Lephalale Municipality, P/Bag X136 Lephalale, 0555 or hand – delivered to Records Office Civic Centre Cnr Joe Slovo and Douwater, Onverwacht. Faxed or e-mailed applications and those without the relevant accompanying documents will be automatically disqualified. If you are not contacted within 60 days after the closing date, kindly consider your application as unsuccessful.NB: Lephalale Municipality is an affirmative action and equal opportunity employer and is committed to transformation.

EM TUKAKGOMOMUNICIPAL MANAGERDate: 08/06/2016

Notice no.: V12/2015/2016Ref NO: 4/3/2/1

LEPHALALE – Ses spanne het teen mekaar te staan gekom in die Mogol netbal seisoen finaal gehou by die Mogol klub verlede Woensdag. Die Dazzling Daisies het die Tiger Lillies aangevat in die finaal waartydens die Daisies ge-seëvier het met ‘n skitterende 29-20. Die oorblywende vier spanne het dit uitgeveg in ‘n rondomtalie wat die Blue Hawks oortuigend gewen het (foto). Die netbal is altyd op-soek na spelers. Vir inligting besoek Mogol Netball Club se Facebook bladsy.

Naelbyt finaal vir Mogol netbalklub

Gesinne in nood sê dankieMOKOPANE – Te danke aan die AP Kerk en anonieme skenkers is nege behoeftige gesinne in die dorp voorsien van brood-nodige klere.

Marcelle Maritz, kandidaat vir die VF Plus, het saam met die gesinne haar dank uitgespreek teenoor die barmhartige samari-tane wat klerasie geskenk het om behoeftiges te help in nood. “Dit verbly my hart om te sien hoeveel mense daar buite bereid is om uit te reik. Nogmaals baie dankie,” sê Maritz.

MOKOPANE – Almal word genooi om in te skryf vir 'n potjiekoskompetisie op Saterdag 25 Junie ten bate van KANSA.

Casa Feliz bied ’n opwindende potjiekos-kompetisie aan. Die gaskunstenaar Etha, gaan vanaf 14:00 sorg vir vermaak.

Die inskrywingsfooi beloop R200 per

Potjiekoskompetisie ten bate van KANSAspan van vier lede. Spanne is verantwoorde-lik vir eie bestanddele, toerusting, hout en braai (en dekor in sy eie terrein). Deelnemers word ook op spangees, tema en netheid beoordeel. Borde kos moet gedek word vir die beoordelaars en is een van die beoordel-ing kriteria. Spanne kan hulle potte terug-

koop teen R200 per pot of kan dit skenk sodat borde teen R30 per bord ten bate van KANSA verkoop kan word. Eerste, tweede en derde plekke sal toegeken word en beoorde-laars se beslissing is finaal. Inskrywings-vorms kan afgehaal word by Casa Feliz in Thabo Mbeki Straat. Die kompetisie begin

om 12:00 op Saterdag 25 Junie en beoordel-ing vanaf 16:30.

Navrae: Yolanda by sel: 060 751 0815.

MOKOPANE – Die vroeggebore babadog-tertjie van Amelia en Shaun Visser wat in die Mokopane Hospitaal behandel word vir hialien membraansiekte gaan dalk binnekort op haar eie kan asemhaal.

Shanika Visser is op 31 Mei op 25 weke in die Ellisras Hospitaal gebore en na die Mokopane Hospitaal oorgeplaas waar sy behandel word vir ’n toestand wat die suur-

stof gebruik van vroeggebore babas aantas (Noordelike Nuus, “Vroeggebore baba se dapper stryd”, bladsy 1, 10 Junie). Haar mamma, Amelia Visser, het die week laat weet dat dit lyk of die dokters vir Shanika van die suurstof masjien wil afhaal omdat sy heel moontlik daarsonder kan klaarkom.

Haar gewig het van 1.4kg na 1.12kg afgeneem maar volgens dokters, sê Amelia, is dit normaal. Sy versoek steeds almal se gebede en sê terselfdertyd ook dankie vir die wat reeds vir hulle gebid en hulle ondersteun het.

Vroeggebore baba lyfie veg voort

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 17 JUNIE 20166

17 JUNE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Pos beskikbaar virQualified Rigger & Fitter.

VEREISTES:-Rooiseel vereiste en moet ondervinding hê.-Moet bekend wees met Anglo standaarde.

Poste beskikbaar in Mokopane.

Epos CV na:[email protected]@gmail.com

POSBESKIKBAAR

MOKOPANE – Laerskool Krugerpark se trompoppies het uitstekend presteer tydens hulle deelname aan die Limpopo Trompop-pie Kampioenskappe wat verlede Saterdag op hulle tuisvelde gehou is.

Agt skole het aan die kampioenskappe deelgeneem waarvan twee hoër- en ses laer-skole. Laerskool Krugerpark het drie silwer- en twee bronsmedaljes tydens die kampioen-skap opgeraap. Hulle uitslae is soos volg:

Laerskool Krugerpark se Vlaggroep en

Trompoppies presteer provinsiaalpom/non prop groep behaal elk ’n derde plek (bronsmedalje).

Hulle Throwing prop groep en Small drill hoofleidster asook sub-leidsters verower elk ’n silwermedalje.

Laerskool Krugerpark se trompoppie afrigter en organiseerder Martie Viljoen ontvang ’n “Uitstekende Diens in Adminis-trasie” toekenning (sertifikaat). Hulpafrig-ter Abea Kekana is vereer met ’n sertifikaat vir “Uitstekende diens in beoordeling”.

Taai rugby strydDeur Fransa de Beer

LOUIS TRICHARDT - Hoërskool Ellisras (EHS) se rugbyspanne het aan die semi-finale rondte van Limpopo deelgeneem in Louis Trichardt Saterdag 11 Junie.

EHS se o/16 span het teen Merensky gespeel en met ‘n pragtige 38-27 gewen, terwyl Hoërskool Louis Trichardt vir Hoër-skool Piet Potgieter se o/16 span gewen het met 'n naelskraap 18-17. Die Rassies sal dus in die finaal teen Hoërskool Louis Trich-ardt te staan kom.

In die o/14 afdeling wen die onoorwonne Rassies (wat hierdie hele seisoen nog nie een punt teen hulle gehad het nie) vir Louis Trichardt 46-0, terwyl Merensky Potties klop met 17-5. Ellisras speel teen Merensky in die Limpopo finaal. Hierdie gaan ‘n bittere stryd wees aangesien die Rassies vir Meren-sky in die finaal van die Hansie week gewen het.

Die Limpopo finaal vind op 24 Julie op Hoërskool Tom Naude se bane in Polokwane plaas.

JP van Staden druk sy drie. Drieë word ook gedruk deur: Thinus van der Walt, Nelius Grieshaber, WP Vermeulen, Ruan Basson en Janko Lotter wat sommer drie drieë druk.

Steyn van Staden  druk twee drieë, slaag met drie doel-skoppe en een strafskop.

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UBy Christie Thomas

Fishing from the deck of a high-end, high-cost, sophisticated bass boat is without a doubt the ultimate experience in bass fish-ing. Unfortunately with the way our South African economy has gone, there are not many of us who can afford to purchase a 50k-plus bass boat anymore or the added expense of keeping that boat on the water.

So what are our options when we need to get our fishing addiction fixed but the budget is really tight?

Fishing from the bank will certainly cost the least but for me, it is also the most frustrating of all our choices. Being used to fishing off the deck of a boat, I hate having to deal with overgrown shorelines and un-reachable spots. Next option up would be a kickboat.

Kickboats are one of the cheapest and easiest ways of getting yourself onto the wa-ter and into spots impossible to reach from the bank. There are two kinds of kickboats: (1) float tubes and (2) pontoons. Commonly powered by the angler via the legs and feet with flippers or a light battery-powered troll-ing motor, kickboats are easy to set up and easy to transport. The increasing popular-ity of this method of fishing in South Africa has merited the creation of fishing clubs and tournaments in South Africa to cater exclusively for the kickboat bass angler. The South African disadvantage to fishing out of a kickboat is the fact that hippo and croco-

Budget cut bassingdile populate the majority of our dams, small ponds and rivers. I would not want my feet dangling in the water in this case!

The last of the least-expensive options would be Kayak fishing. This fishing platform has grown so much in popularity over the last couple of years that there are entire web-sites, Facebook groups and clubs dedicated to this sport. The thing about kayaks is that you have small-craft affordability but you can trick it out with all the bells-and-whistles associated with a modern bass boat. Many of the major kayak builders have realized the huge potential of the fishing market and have started to produce kayaks with rod and tackle storage, sonar devices, rod holders and some models even come with a built-in livewell.

However, there are a few safety rules to follow when fishing from a small float-ing craft, especially when you are on public waters.

Wear a life-jacket (PFD – personal flota-tion device) at all times.

Visibility to other vessels - Wear a high-visibility vest over your PFD or fabricate a high-visibility flag attached to a car aerial and attach this to your boat’s frame.

Keep within the ‘100m from the shore-line’ zone.

Keep your cell phone, car keys, GPS and other valuable items sealed in a waterproof bag or container and secure it to your craft with a lanyard for safekeeping in case you overturn.

Before your trip – check weather reports. Weather, wind and rough water can be po-tentially life threatening when you are in a super-small watercraft. As you fish along the shoreline, scope the area and determine potential areas for an emergency landing should conditions out on the water suddenly turn dangerous.

Notify your friends, fellow club or family members when you leave for a fishing trip. Leave a note on your vehicle with informa-tion of your destination and length of stay

in case you get stranded out on the water somewhere and people need to come looking for you.

For more information:www.kayak-sa.co.za - South African

kayak suppliers. (Photo credit)www.kickboatfishing.co.za - South Afri-

can kickboat fishing forum.www.basschallenge.co.za - fishing

tournaments for South African bass anglers who fish from float tubes, kickboats, kayaks, inflatables and small bass boats.

Photo: www.basschallenge.co.za