12
D insdag was die dag van rekening vir matrikulante deur die land en hoërskole in Lephalale en Mokopane was behoorlik bedrywig soos uitslae afgehaal is. Daar was nie ’n tekort aan uitblinkers nie en Jan Gerhard Ven- ter van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het met 11 onderskeidings as een van die land se top- presteerders weggestap, terwyl Kristen Potgieter (ook van HPP) en Ellis- ras Hoërskool se Nadia Louw elk agt onder- skeidings ingepalm het! Skoolhoofde van Ellisras Hoërskool, Piet Potgieter Hoërskool en Waterberg High School was tevrede met die skole is slaagsyfers en het matrikulante geprys vir hul harde werk. Alle skole het vêr bo die provinsiale gemiddeld van 72.9% uitgestyg. Waterberg High School het weereens uitgeblink as een van slegs nege skole in Limpopo wat spog met ’n 100% slaagsyfer. Nog foto's en artikels op bladsy 2. Bosveld se uitblinkers! Bo: Jan Gerhard Venter is nie net HPP se toppresteerder nie, maar ook een van die land se top matrieks met 11 onderskeidings. Hy was ook 2014 se onderhoofseun. Regs bo: HPP skoolhoof Jas Hansen by Kristen Potgieter wat agt onderskeidings ingepalm het. Regs: Hoërskool Ellisras se toppresteerder Nadia Louw en haar verheugde RTT-onderwyseres, Mariette Weber. Nadia het matriek geslaag met agt onderskeidings. Foto: Fransa de Beer. SAPS and traffic dept. join forces Ten taxis were impounded during a road block held by on Monday by the Lepha- lale Police and the Traffic department on Nelson Mandela drive in Lephalale. The operation was dubbed a 'cleanup' and was targeted at the large amount of illegal taxi drivers and unroadworthy taxis operating in the area. One taxi was in such a state that it was scrapped and removed from the road completely. The police stressed that pas- sengers endangered their lives by travel- ling in unsound vehicles and that these taxi operators that do not maintain their vehicles are irresponsible. In total, 34 taxis were pulled over and inspected during the operation.

Nn 9 1 web

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper - 8000 circulation in Lephalale & Mokopane

Citation preview

Page 1: Nn 9 1 web

Dinsdag was die dag van rekening vir matrikulante deur

die land en hoërskole in Lephalale en Mokopane was behoorlik bedrywig soos uitslae afgehaal is.

Daar was nie ’n tekort aan uitblinkers nie en Jan Gerhard Ven-ter van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het met 11 onderskeidings as een van die land se top-presteerders weggestap, terwyl Kristen Potgieter (ook van HPP) en Ellis-ras Hoërskool se Nadia Louw elk agt onder-skeidings ingepalm het!

Skoolhoofde van Ellisras Hoërskool, Piet Potgieter Hoërskool en Waterberg High School was tevrede met die skole is slaagsyfers en het matrikulante geprys vir hul harde werk. Alle skole het vêr bo die provinsiale gemiddeld van 72.9% uitgestyg.

Waterberg High School het weereens uitgeblink as een van slegs nege skole in Limpopo wat spog met ’n 100% slaagsyfer.

Nog foto's en artikels op bladsy 2.

Bosveld se uitblinkers!

Bo: Jan Gerhard Venter is nie net HPP se toppresteerder nie, maar ook een van die land se top matrieks met 11 onderskeidings. Hy was ook 2014 se onderhoofseun.

Regs bo: HPP skoolhoof Jas Hansen by Kristen Potgieter wat agt onderskeidings ingepalm het.

Regs: Hoërskool Ellisras se toppresteerder Nadia Louw en haar verheugde RTT-onderwyseres, Mariette Weber. Nadia het matriek geslaag met agt onderskeidings. Foto: Fransa de Beer.

SAPS and traffic dept. join forcesTen taxis were impounded during a road block held by on Monday by the Lepha-lale Police and the Traffic department on Nelson Mandela drive in Lephalale.

The operation was dubbed a 'cleanup' and was targeted at the large amount of illegal taxi drivers and unroadworthy taxis operating in the area.

One taxi was in such a state that it was scrapped and removed from the road completely. The police stressed that pas-sengers endangered their lives by travel-ling in unsound vehicles and that these taxi operators that do not maintain their vehicles are irresponsible.

In total, 34 taxis were pulled over and inspected during the operation.

Page 2: Nn 9 1 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 JANUARIE 20152

The leadership of Mogalakwena Resi-dents Association (MRA) would like to congratulate all the 2014 matric learners.

"We want to take this opportunity to congratulate the leaners and educa-tors of Mapela Circuit in our municipal area, this circuit emerged as the best performing circuit in our district with a total pass rate of 71.0%," says MRA spokesperson Thintha Mokhonoana.

Seritarita Senior Secondary School has produced a pass rate of 88.7% which is an improvement from a previous years' performance of 66.9%.

"Our special thanks go to the lear-ners and educators of Waterberg High School which achieved a 100% pass rate in their institution," he said.

MRA also said that they are proud of the top performing students in the area, especially Ramokolo Khomotso

Waterberg High gets 100%Waterberg High School’s principal, André Horn, is proud of the 2014 Grade 12's which saw the school achieve a 100% pass rate again this year. The school is one of only nine schools in Limpopo to boast with a 100% pass rate.

The school's top achiever was Dipuo Mashele with no less than five distinctions. Following in Mashele’s footsteps is Nthabiseng Kekana and Rose Magongwa who each boasts three distinc-tions.

Hoërskool Ellisras (EHS) is oorstelp van vreugde oor 2014 se matriekuitslae sê EHS skakelpersoon, Fransa de Beer. “Die leerders behaal 111 onderskeidings met ’n slaagsyfer van 89.13%!”

Sowat 76% van die 138 kandidate wat uitslae ontvang het, kan by universiteite en ander instellings gaan studeer.

In ’n bespreking oor die slaagsyfer het die hoof, Louis Campbell, dit toegeskryf aan onder andere die nuwe CAPS sisteem wat in vakke soos Fisiese Wetenskap ’n lywige silla-bus inhou. Die departement van onderwys het bekendgemaak dat CAPS ’n moeiliker sisteem is om die kwaliteit van onderrig te verseker. “Desondanks het EHS leerders in dié vak ses onderskeidings behaal,” sê De Beer. “Rekenaartoepassingstegnologie blink uit met ses onderskeidings, English first ad-ditional language (FAL) met nege, Afrikaanse huistaal met ses.”

EHS se ster leerder is Nadia Louw met agt onderskeidings. Nadia gaan aan die Univer-siteit van Pretoria met haar B.SC. Biologiese Wetenskappe graad begin met die oog daarop om ‘n beroep in die mediese of forensiese veld te beoefen. Op die vraag waaraan sy haar sukses toeskryf antwoord sy soos volg:

EHS se vlam brand helder“Sukses kom van harde werk en mens moet beslis ’n passie hê vir dit wat jy doen. Sonder God is niks moontlik nie, ek is baie dankbaar vir die talente wat Hy vir my gegee het.”

Woorde wat haar altyd sal bybly en wat haar alreeds baie in die lewe gemotiveer het: “Doen vandag wat ander nie wil nie, sodat jy môre kan doen wat ander nie ken nie.”

Nadia behaal onderskeidings in Gevor-derde program wiskunde, Afrikaans huistaal, English FAL, wiskunde, LO, Fisiese Weten-skap, RTT en IGO. Sy ontvang toekennings van die Limpopo department van onderwys as die beste leerder in Limpopo in Rekenaar-toepassingstegnologie en ‘n toekenning vir Top 30 leerlinge. Nadia se gemiddeld is 90.3%.

Ander uitblinkers sluit in Jamie Lee Victor (84%), Nandri de Beer (83.7%), Johanna Maruma en Albie Grobler (82.6%), Wyn-ter Pretorius (81.9%), Jacques du Plessis (80.9%) en Eduan Schoeman (80%). Beste leerder in Afrikaans Huistaal en English First Additional Language is Nandri de Beer met 89% en 91% onderskeidelik. Rekeningkunde is Wynter Pretorius met 81%, Lewensweten-skappe Jamie Lee Victor 86%, Geografie Jean Claude Coetzee 81%, English Home

Language Denishia Moodley 79%, Se-pedi Mitchell Monokoane en Lebogang Motiba 85% en Afrikaans Eerste Addisi-onele Taal Morris Moshidi 81%.

“EHS maak die beste van elke leerder se vermoëns en wens elkeen ’n suksesvolle toekoms toe.

Johanna Maruma van EHS het ses onderskeidings verwerf.

Matrieks is Piet Pot se trots

Trotse ouers en leerders het Dinsdag gaan rapporte haal. Hier is hulle by HPP skoolhoof Jas Hansen (middel). Hulle is Henriette Uys, Estee Pretorius, Jaclyn Potgieter, John-John van der Kolff, Deidre Uys, Kirsten Potgieter en Jacqui van der Merwe.

Met ‘n slaagsyfer van 97.5% en 134 A’s in totaal is HPP se hoof, Jas Hansen, meer as tevrede met die skool se matriekuitslae. “Ons kinders het hard gewerk en 59% het universiteitsvrystelling terwyl sowat 38% by ander instellings kan studeer,” sê hy. “Ons leerders het goed aangepas en die nuwe CAPS onderwys sisteem is goed ontvang.”

Die skool se uitblinker is ook een van die top- presteerders in Suid-Afrika: Jan Gerhard Venter het 11 onderskeidings behaal. Hy was ook onderhoof-seun in 2014 en het op verskeie velde, ondermeer redenaars en koor, uitgeblink. Jan Gerhard sê dat hy al van kleins af ’n liefde vir wiskunde het en het on-langs aan Beeld gesê “as ‘n mens dit verstaan, hoef jy jou boonop nie dood te leer nie.”

Hy gaan vanjaar B.Com. (Forensiese Rekening-kunde) studeer aan die Noordwes-Universiteit se

Potchefstroom-kampus en beoog om vorentoe sy honneursgraad in geoktrooieerde- en forensiese rek-enmeesterskap te verwerf.

Die ander HPP uitblinker is Kristen Potgieter wat agt onderskeidings ingepalm het. Sy gaan die jaar aptekerswese studeer, ook by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy vertel dat sy al van jongs af baie belangstel in die mediese veld en uitsien om haar voor te berei vir haar toekoms. Kristen se tweeling-sussie, Jaclyn Potgieter, het vier onderskeidings ingepalm en gaan haar B.Com.-graad in bedryfsielkunde en arbeidsverhoudingebestuur afskop by dieselfde kampus.

Ander uitblinkers sluit in: Deidre Uys, Johan Senekal (elk ses onderskeidings), Estee Pretorius (vyf), Rudolf Jacobs, Obed Malatji en Stefany Sey-more (elk vier onderskeidings).

Notice: When contacted, Lephalale High School declined to share its results with Northern News.

A very proud principal, André Horn and deputy principal Ernest Seloane boasting with trophies awarded to Waterberg High School which the Grade 12’s achieved after earning a 100% pass rate for the fifth year in a row.

MRA congratulates matrics of 2014Mpatata from Ramogabodi High School and Jan Gerhard Venter from Hoërskool Piet Potgieter.

"We would like to congratulate all the learners who have passed and wish them all the best in their endeavors to pursue their studies at various institutions of Higher learning," said Mokhonoana.

"We urge those who did not apply for studies to immediately apply online because all the institutions of Higher learning has resolved to use online technology to avoid stampedes at their registration points."

"To those who have not made it in the class of 2014 we pledge our full support to you, we are confident that you will make it this year," he said.

The MRA will be working with the depart-ment of social welfare to assist those who need counseling and make sure that all preparations for the class of 2015 are in place.

Page 3: Nn 9 1 web

9 JANUARY 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Martie Pretorius ([email protected])

“Skiet haar,” het een van Mogalakwena munisipaliteit se eertydse raadslede, Sam Montane, polisielede aangehits toe hulle die munisipaliteit se korporatiewe dienste bestuurder, Irene de Villiers, Dinsdag van die munisipale perseel verjaag.

Montane is ‘n lojale ondersteuner van die omstrede oud-burgemeester, Thlalefi Mashemaite.

De Villiers was onder die munisipale amptenare en werkers wat Dinsdag probeer het om terug te keer na hul poste nadat ‘n ander amptenaar wat beweer dat hy op Mashemaite se gesag waarneem as munisi-pale bestuurder, hulle opdrag gegee het om terug te keer.

Hierdie werkers en amptenare span-deer hul dae voor die munisipale biblioteek

Nog geen orde by Mogalakwenain Van Riebeeckweg sedert die polisie die munisipale bestuurder, William Kekana en burgemeester, Malose Mabuela in November gewelddadig uit die munisipale gebou ge-boender het en die omstrede Mashemaite die raadsgebou in begelei het.

Dieselfde werkers beweer hulle wou terugkeer werk toe, toe die polisie Dinsdag met rubberkoëls en ‘n waterkanon op hulle losgebrand het.

“Ons is baie teleurgesteld in die optrede van die polisie. Vanoggend het hulle bewys dat hulle ‘n politieke stryd baklei eerder as om die instelling te beskerm. Hulle het aangehou wys dat hulle Mashemaite en sy groep in opdrag van die Provinsie [provinsiale regering] beskerm,” het Kekana Dinsdag aan Noordelike Nuus gesê.

Mokopane polisie se waarnemende sta-siebevelvoerder, Lt. Kol. Isaac Mantjane kon

Woensdagaand nie veel lig om die polisie se aktiwiteite die week werp nie. “Ek was nie daar nie en is nie seker presies wat gebeur het nie,” het hy aan Noordelike Nuus gesê.

Sy woordvoerder, Irene Masingi sê die waterkanon en rubber koeëls is ingespan om die skare onder beheer te bring nadat hulle die munisipale heining beskadig het. Twaalf mense is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging. Hulle is elkeen op borgtog van R500 vryge-laat.

Intussen bly dag-tot-dag munisipale dienslewering agterweë en belastingbeta- lers voel hul geld word op ANC binnegeveg-te vermors.

Die Mokopane besigheidskamer het onderneem om teen volgende week ‘n verklaring in dié verband uit te reik.

Mariska Ehlers ([email protected])

In a sting operation, Police set up a trap on a farm near Bulgerivier to apprehend four rhino poaching suspects. The operation took two days and a 30-yearold man was arrested.

A second suspect, armed with a .458 calibre hunting rifle and two large knives, refused to surrender. Police reports indicated that he was killed after he pointed the rifle at police, forcing them to open fire.

A vehicle used by the suspects was later confiscated at a road block where the police ordered the driver to stop. He refused to stop and tried to speed away when the police fired several shots. The driver then pulled over and was arrested while the vehicle was impounded.

Poachers caught in sting operationA fourth suspect is still at large and was

last seen near Vaalwater where he escaped in to the reeds on a river bank. “The rifle recovered from the scene is not registered in South Africa,” says warrant officer Jurg van Heerden.

Police worked together with a local se-curity company and the Rhino task team of Limpopo.

Live ammunition recovered from one of the suspects.

Mariska Ehlers ([email protected])

’n Man wat daarvan verdink word dat hy renosterstropers van advies dien oor plase met renosters is verlede week in hegte-nis geneem. Hasani Chauke is deur ‘n sekuriteitsmaatskappy langs die pad opgelaai, wat hom na die Bulgerivier polisiekan-toor geneem het vir ondervraging.

Chauke het skuld erken dat hy areas besoek en uitsnuffel watter plase wel renosters aanhou en dan die inligting dan deurgee aan renosterstropers.

Hy het glo aan die polisie gesê dat sy kontak iemand in die Hammanskraal-area is en dat stropers gestuur word om die renosters te skiet, waarna hy betaal word vir sy inligting.

Chauke het glo die polisie ook vergesel na verskeie plase waarop daarin 2013 toegeslaan is op renosters. Hy het reeds in die hof verskyn.

Die saak word verder ondersoek deur die polisie se veedief-stal eenheid.

Renosterstroper informant in hegtenis

Hasani Chauke is in hegtenis geneem nadat hy erken het dat hy aan renosterstropers inligting verskaf oor watter plase renosters aanhou. Foto: SAPS

Page 4: Nn 9 1 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 JANUARIE 20154

Noordelike Nuus is ook op die web:

www.noordnuus.co.za

Bevriend ons op Facebook of volg ons

op Twitter.

Skakel ons by tel: 014 763 5132 / 015 491 3082

Mariska Ehlers ([email protected])

Susan Kotze (75) se lyk is Dinsdag in haar huis op die plaas Sumadi in die Kuipersbult-omgewing gevind nadat sy vroeër die aand nie haar veiligheidsradio geantwoord het nie.

Dit is die plaaswag se gebruik om mekaar vroegaand per radio te kontak om seker te maak alle lede is veilig.

Bure en vriende het dadelik na die plaas gehaas om ondersoek in te stel toe Kotze nie haar radio antwoord nie. Hulle het haar lyk in die sitkamer aan-getref waar sy klaarblyklik met binddraad verwurg is.

Bejaarde se moord skokDie polisie het reeds verdagtes geïden-

tifiseer en hoop om binnekort arrestasies te maak. Daar word vermoed dat die moorde-naars met Kotze se donkerblou Ford Ban-tam bakkie, registrasie nommer BXK815L van die toneel gevlug het.

Kotze, ‘n weduwee wat tot onlangs op klein skaal met beeste geboer het, het die laaste paar maande by ‘n gastehuis op Af-guns gewerk.

Haar familie en geliefdes het hierdie week hul dank teenoor die Afguns en Lep-halale gemeenskappe uitgespreek vir hul

bystand en ondersteuning in hierdie hartseer tyd.

Mariska Ehlers ([email protected])

Johanko Barnard, wat vroeg in Desember ernstige brandwonde opgedoen het toe die petrolpyp van die minibus waaraan hy en ’n vriend gewerk het, gebars het en aan die brand geraak het, het Dinsdag sy 21ste verjaardag in die hospitaal deurgebring.

Na vele veloorplantings, sterk hy steeds aan in die Milpark Hospitaal en hoop hy om binnekort ontslaan te word.

Volgens sy ma, Katryn Barnard, het hy baie pyn verduur nadat hy ‘n suksesvolle veloorplanting ontvang het aan sy regterarm asook onder sy linkeroog. Die oorplantings was suksesvol en dokters is tevrede met die brand slagoffer se spoedige herstel. Johanko het vyf operasies ondergaan sedert hy in die hoësorg eenheid opgeneem is.

“Hy raak nou moeg vir die hospitaal en hy mis sy kinders, Jacques (3) en Chris-tine (15 maande), maar elke dag gaan dit beter,” sê Katryn. “Dit is die laaste manier waarop ons gedink het hy sy 21ste ver-jaardag sou vier!”

“Ek is in dié stadium baie dankbaar oor alles wat God vir my kind gedoen het en soms het ek gesit en ge-wonder hoekom so iets met ons moes gebeur, maar dan besef ek weereens hoe dankbaar ek is om my kind nog by my te hê en dat hy lewe, al lê daar vele uitdagings vir ons en hom voor in die toekoms,” sê Katryn.

Martie Pretorius ([email protected])

Die tienerseun (17) wat in Oktober verlede jaar skuld beken het op die moord van die bejaarde egpaar Will (69) en Anje (66) Kiesling in Maart 2014 is Woensdag in die Mokopane Streekhof gevonnis.

Landros Gerhard Pretorius het die minderjarige seun se vonnis agter toe deure opgelê en gelas dat inligting rondom die vonnis nie bekend gemaak mag word nie.

Kieslingmoord: vonnis is opgelê Die seun wat 16 was tydens die moord, het skuldig

gepleit op aanklagte van moord, diefstal van 'n vuur-wapen, selfone en die egpaar se bakkie. Hy is sedert sy arrestasie in aanhouding in 'n plek van veiligheid in Polokwane.

Die Kieslings is in Maart verlede jaar vermoor. Will is in sy bed geskiet terwyl Anje op haar stoel in die sit-kamer geskiet is.

Johanko spandeer 21ste in hospitaalbed

Sy herstelpad vorentoe is steeds ’n lang een. Ka-tryn verduidelik dat Johanko dalk nooit weer die volle gebruik van sy arm sal terugkry nie – hy sal vir ‘n jaar lank ’n drukverband moet dra en vir minstens twee jaar fisioterapie moet kry vir sy arm.

Hulle is egter positief dat hy eersdaags ontslaan sal word.

Itumeleng Lekganyane ([email protected])

The body of a woman, suspected to be in her early thirties, has been found with multiple stab wounds and her stomach cut open near Hospitaal View in Mahwelereng.

In what has been described as a horrific murder, paramedics found the woman lying next to the road in the early hours of Monday morn-ing. The body was taken to Mokopane hospital where doctors confirmed her death.

The identity of the woman is not known and no witnesses have come forward to shed light on what might have occurred. The woman is black with a light complexion and was wearing black jeans, brown shoes and a striped t-shirt.

A murder case has been opened and a post-mortem will be done to check if she was raped and to find any evidence which could assist in the apprehension of her attacker/s.

Anyone who has any information or is able to identify the body is asked to contact detective warrant officer Lesiba Molomo from the Mah-welereng police station on 082 403 9614 /082 565 8426.

Mutilated body found

Page 5: Nn 9 1 web

9 JANUARY 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Page 6: Nn 9 1 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 JANUARIE 20156

Bobbejane in die Bosveld is glad nie ’n seldsame gesig nie, maar ‘n reuse bobbe-jaanmannetjie in jou agtererf in die dorp is ’n heel ander storie...

Sarie Schutte van Hermanstraat in Ellis-ras, Lephalale het Dinsdagaand ’n bobbejaan in ’n boom naby haar huis opgemerk.

Woensdagoggend om 09:15 het die bobbejaan haar erf binnegekom en met die Schutte’s se geliefde Amerikaanse pitbull, Timo baklei. Timo, wat as ‘n kwaai hond en puik waghond beskryf word, het verwoed baklei en alhoewel hy ‘n paar byte ingekry het, het die bobbejaan hom lelik verniel. Timo se linker voorbeen is oopgeskeur en hy moes steke by sy linkeroog kry. Die hond se spiere is ook geskeur.

Die bobbejaan is vort en Sarie het die natuurbewaringsde-partement gekontak om die bobbejaan van kant te maak.

“My grootste bekom-mernis is wat as so ’n beseerde dier ‘n inwoner teëkom – iemand kan lelik seerkry,” het Sarie vertel. “’n Mens besef nie hoe groot so ’n bob-bejaan werklik is nie.”

Die dier is uiteindelik in Ellisstraat van kant gemaak. Dit is moontlik dat ’n tweede, kleiner bobbejaan steeds in die area is – inwoners word gevra om omgewing-sake te skakel by tel: 014 763 2776.

Kees geskiet na hy hond in Ellisras woonbuurt aanval

Bo: Die bobbe-jaanmannetjie wat helder oordag ’n hond in Her-manstraat in die Ellisras uitbreiding aangeval het.

Links: Timo, die Amerikaanse pitbull, het erge beserings opgedoen nadat hy teen ’n bobbejaanman-netjie te staan gekom het.

Die voorkoms van bosluisoorgedraagde siektes is die afgelope tyd in groot getalle aangemeld, het dr. Faffa Malan, bestuur-der van RuVASA, die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika onlangs aan die tydskrif Landbouweekblad gesê.

Malan beskryf dié gebeure as 'n “bosluis-ontploffing”. Hy sê die voorkoms van Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplas-mose is deur veeartse aangemeld.

“Met die goeie reënval in groot gebiede van die land moet boere ook bedag wees op insekoorgedraagde siektes, soos bloutong,

Pasop vir bosluissiektes - kennersknopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte en perd-esiekte.

Siektes wat veral in Noordelike Nuus se lesersgebied voorturend aandag moet geniet, is trigomonose en brusellose.

“Dit lyk amper ons is besig om die stryd te verloor omdat baie boere en bemarkers van vee nie almal saamwerk om hierdie siek-tes te beheer en uit te roei nie,” sê Malan.

Hy raai boere aan om op die hoogte van veesiektes te bly deur met hul veearts te praat oor watter stappe om te neem om ver-liese te beperk.

The employees of FNB’s Mokopane branch decided to reach out to those in need and launched an internal fundraiser. By mid-December they approached Kingdom Milling and bought 900kg of maize meal to donate to various charities. Kingdom Milling stepped up and donated another 100kg to round the donation to 1 ton of maize meal. They donated to various créches, old age homes, the SPCA and Noodforum in Mokopane. Pictured above: the FNB staff including regional manager Kabelo Motlhaba with Kingdom Milling’s Michelle Geldenhuys and FNB Mokopane relationship manager Tony Smit.

Banking staff donates 1ton maize

Page 7: Nn 9 1 web

9 JANUARY 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ‘n 24-uurkrisislyn bekend gestel, waar die organisasie se meer as 117 000 lede en hulle gesinne misdade en ander noodgevalle telefonies kan aan-meld en dringende hulp kan vra.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy organisasie besluit om dié gratis nooddiens aan lede, genaamd AfriForum 911, te loods in die lig van die groeiende misdaadkri-sis in die land en die feit dat die polisie dikwels traag in noodgevalle reageer. ”Waar die regering misluk in sy basiese verpligtinge om burgers se veiligheid te verseker, moet ons self begin doen wat ons kan om ons lede se veiligheid te probeer verseker,” het Kriel gesê.

Die telefoonsentrum, waar die kri-sislyn 365 dae per jaar beman word, sal sodra ‘n noodoproep rakende ‘n mis-daad ontvang is, namens die inbeller die die polisie, die inbellers se bure en fami-lie, sekerheidsmaatskappy en naaste Af-riForum-gemeenskapsveiligheidstruktuur of buurtwag skakel om hulp te versoek. AfriForum se lede kan die kontakbeson-derhede van diegene wat in noodgevalle gekontak moet word, by www.afriforum911.co.za registreer.

Mediese noodgevalle kan volgens Kriel ook by die noodlyn aangemeld word, waarna ‘n ambulans namens die inbeller ontbied sal word.

”Aangesien lede vooraf besonder-hede rakende hulle mediese fonds, bloe-dgroep en allergieë kan registreer, sal dit mediese bystand in noodgevalle verge-maklik”, het Kriel bygevoeg. Volgens hom vorm telefoniese traumaberading en gesondheidsadvies ook deel van die diens.

As deel van die diens, word 'n groen Af-riForum 911-armband met die noodlyn se nommer aan elke lid gestuur.

Elke armband het ook 'n unieke nommer waaraan die lid se spesifieke mediese en an-der besonderhede gekoppel word.

Sodoende sal die lid, sou hy of sy bewus-

AfriForum se 24-uurkrisislyn

teloos wees, identifiseer kan word. Die arm-band, wat ook aan lede se kinders uitgereik kan word, kan byvoorbeeld ook gebruik word om die ouers van kinders in noodsitua-sies deur die krisislyn op te spoor.

‘n Video met meer besonderhede oor hoe AfriForum 911 werk, kan besigtig word by www.afriforum911.co.za

The recent opening of the Thusong service centre in Steenbokpan, placed renewed light on the importance of access to information and services by all communities in and around Lephalale.

Communities in rural and farming areas historically did not have easy access to the services of government departments.

The Thusong Service Centre programme was initiated in 1999 for exactly this reason and has seen centers open locally in Mokuruanyane in 2013 and recently in Steenbokpan.

The opening of these centers has made a huge difference in the lives of resi-dents as they no longer have to travel long distances to visit government depart-ments like Home Affairs, Agriculture, Social development or SASSA.

At the centre at Mokuruanyane the SAPS is available on an ad-hoc basis. Vehicle registration and licensing, the scrapping of vehicles and the issuing of special motor vehicle permits are also done at the Centre. A quick visit to the Thusong Centre means a significant reduction in travelling costs and a lot more convenience.

The main aim for the establishment of these centers is to empower the poor and disadvantaged through access to information, services and resources from government, non-governmental organisations (NGOs), parastatals and business, enabling them to engage in government programmes aimed at uplifting com-munities.

Thusong Service Centres are one-stop, integrated community development centres, with community participation and services relevant to people’s needs. For more information about these services contact the Centre manager, Phillip Modiba at 0722196467 or 014 7621488.

Thusong centre: services on your doorstep

By Itumeleng Lekganyane ([email protected])

My name is Poppy Baloyi (*not real name) and I am 24. I turned to prostitution after I had my first child.

I come from a family where I watched my father beat up my stepmother every second day. I found peace in the street. I met a guy and we started dating. The day I lost my vir-ginity, I fell pregnant...

I did not want the pregnancy. I tried several concoctions to get rid of the child - I remember I mixed Coke and Eno, thinking it would kill the child. I drank alcohol, took drugs, but nothing happened. The father denied that the child was his and I became a mother at 17 years of age.

I realised that motherhood was difficult. The child needed food, clothes and so did I. We could barely survive financially at home and I began sleeping with men for money.

Business was so great that I would make about R1 500 in a day. I looked pretty, had the coolest hairstyles, clothes, was bunking school and teachers would not say anything. I had sugar daddies and was on top of the world. Even the kids at school wanted to be like me.

I was breaking up families, causing ten-sion and disrespected my parents. The objec-tive was to look after my child, but little did I know that this life, the drugs, sex and prosti-tution would become an addiction.

One night we went clubbing. A man put drugs in my alcohol and I became very drunk. I woke up naked in the bathroom the next morning, and all my friends were gone.

I contracted several sexually transmitted diseases … and then I learned I was preg-nant with my second child and did not know who the father of my child was.

I have to look at my child every day, and I think of the life I had. I realised my life had fallen apart. I had dropped out of school and become miserable. Luckily I tested negative for HIV and began to look for a way out.

I realised that prostitution was not the way out, regardless of everything that one

Life after prostitution...... one woman's story

can be going through. I joint support groups, volunteered my time teaching teenagers about teenage pregnancy and the importance of school. I started sharing my problems and to pray that I can forgive myself and be able to pray again.

I applied for a bursary and am currently studying at an FET in Limpopo. I am looking after my child and am building my life again.

I believe that I am a living testimony, because now I can look back at my life and inspire people. I teach the youth and feel that I have been given a second chance in life and not everybody can be that lucky.

To all the young mothers out there - build your life and study, abstain or use contracep-tives, talk to someone. No matter how big your problems might seem, there is always someone reaching out. To the young girls who are into get-rich-quick schemes and want shortcuts in life, reassess your life. Let your beauty and body be your temple, not a money-making machine.

We are all brought into life for a reason and let my story be a lesson to you all.

Mariska Ehlers ([email protected])

Die 16-jarige Tiaan Geldenhuys, 'n leerder van Ellisras Hoërskool, wat onlangs ‘n beroerte op die rugbyveld tydens 'n toer in Nederland gekry het is terug in SA en sterk goed aan.

Tiaan is tans in Eugene Marias Hospitaal se Rehabilitasie afdeling waar hy fisioterapie ontvang vir sy regterarm en spraak.

Tydens sy hospitalisasie by Die Wilgers Hospitaal in Desember het die oud-

Tiaan se dokters verduidelik oor beroerterugbyspeler Derick Hougaard (sien foto regs) en sy bekende vrou, Karlien van Jaarsveld, by Tiaan kom kuier en hom moed ingepraat. Dit het baie vir die jong rugbyspeler beteken om die beroemde gaste te ontmoet in sy hospitaalkamer.

“Dit gaan elke dag beter met Tiaan en hy vorder goed,” sê sy pa, Marius.

Dokters het aan Marius verduidelik dat die hoof slagaar wat na die brein loop ‘n klein skeurtjie gekry het - net waar die aar by die skedel ingaan - wat veroorsaak het dat die

bloed net daar dik geword het en moontlik deur stres bevorder is. Dit het toe 'n bloed-klont gevorm wat deur die brein is en die beroerte veroorsaak het.

“Ses maande se behandeling met medi-kasie dan behoort hy weer gesond te wees,” sê Marius. Al lê daar nog ’n lang pad voor vir die jong man en sy gesin, is elkeen positief en kyk hulle net vorentoe.

Die gesin is deur ‘n vreeslike tyd en ty-dens Noordelike Nuus se onderhoud met Marius het hy herhaaldelik gesê hoe dank-

baar hy is vir elke boodskappie en gebed van die gemeenskap. “Dis in tye soos die dat mens sien wie werklik vir jou omgee.”

Page 8: Nn 9 1 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 JANUARIE 20158

Page 9: Nn 9 1 web

9 JANUARY 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

Page 10: Nn 9 1 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 JANUARIE 201510

Sowat 60 van Marken se inwoners het op die eerste dag van die nuwe jaar by die boeresaal in Marken bymekaargekom om mekaar uit te daag vir boeresport en ‘n dag vol pret.

Die nuwejaar vieringe is ’n jaarlikse in-stelling wat deur die Marken-gemeenskap ondersteun word. Die deelnemers was in spanne verdeel en het aan verskeie speletjies soos kruiwa-stoot, drie-been en sakresies deelgeneem.

Die eier-lepel resies, en eier gooi het baie pret opgelewer aangesien elke man omtrent een of ander onwettige aanpassing gemaak het om die spel te wen.

Boere makietie op MarkenKleuters het meeste van die fiets resies,

appel-uit-die-water-byt, water ballon gooi en kindertoutrek gehou.

Die gesin speletjie wat die grootste aftrek gekry het was die speletjie waar jy met ‘n klein blikbeker water uit n emmer 10m ver moet gaan skep en dan n 2liter houer vol maak.

“Die wat nie gekroek het nie het vasge-byt en bietjie-bietjie hulle houer volgemaak,” het Elmay van Tonder vertel.

Daar was ook ‘n 'koerantdans' vir al die oupas en oumas gehou - ons moet sê hulle het nog murg in daai pype,” het Elmay gesê.

Links: Wentzel van Wyk, Neels Hennop en Jannie van der Walt maak reg vir die eiergooi kompe-tisie tydens die jaarlikse Marken boeredag op Nuwejaarsdag.

Onder: Marken se dames meet kragte tydens die toutrekkompetisie on Nuwejaars-dag.

Die somerson het gesorg vir ‘n heerlike warm dag by die gewilde en bekende perderesies wat by die perdekamp in Onverwacht, Lephalale, gehou is op Nuwe-jaarsdag. Ruiters het van oral gekom om deel te neem aan die boeresport wat tussendeur die wedrenne aangebied was.

Speletjies soos ‘musical chairs’, ballon bars en dan ook die boerperd wedren het gesorg vir baie lag en vermaak.

“Die perdesport was lanklaas so suksesvol en lekker soos die jaar,” het een van die ruiters op-gemerk.

Alhoewel daar ‘n perd sonder sy ruiter oor die wenstreep is, was daar geen ernstige beserings nie en is die organiseerders dankbaar vir die publiek se ondersteuning en deelname.

Links: Een van die deelnemers by die ballon bars speletjie.

Onder: Die Boerperde resies in aksie by die perdekamp in Onverwacht.

Vet pret op die perd se rug!

Martie Pretorius ([email protected])

Marcelle Maritz (foto regs), ’n bekende gesig in Mokopane veral vir haar aktiwiteite as Mo-galakwena raadslid, is onlangs aangestel as die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) se nuwe bestuurder.

Maritz sê sy staan trots in dié nuwe skoene aangesien sy ’n passie het vir diere. Sy doen ’n beroep op die gemeenskap om saam met haar hande te neem om ’n goeie DBV te help bewerkstellig.

Maritz vra dat mense betrokke sal raak by die DBV om sodoende ’n groot verskil te maak in alle aspekte van diere beskerming.

“Fondse om die DBV se deur oop te hou is ons grootste uitdaging,” sê Maritz. Sy verwel-kom enige voorstelle om fondsinsameling vir die DBV te vergemaklik.

Bekende neem DBV leisels oor

Twee bekende evangeliste en motiverende sprekers besoek Mokopane eersdaags en nooi die hele gemeenskap om vanaf 14 tot 17 Januarie by hulle aan te sluit.

Johnny Louw, ’n voltydse evangelis en spreker saam met Jacques Ma-lan, ’n eertydse polisiekaptein wat nou voltyds in die bediening is, gaan soggens en saans by Hoeka Toeka Gastehuis aan die woord wees.

Aandverrigtinge is gratis en begin om 18:30. Besigheidsontbyt word aangebied teen R250 vir twee oggende.

Peuselhappies en koffie word aangebied na elke aandsessie en op Saterdagoggend.

Vir meer inligting kontak vir Rian by 082 967 8252 of 015 491 8784.

Jaques Malan en Johnny Louw.

Predikers kom praat met Mokopane

Page 11: Nn 9 1 web

9 JANUARY 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

VACANCIES

POSTE

Vincent en Lelanie Venter is Saterdag 13 Desember 2014 by die Waterfall Lodge buite Lepha-lale in die huwelik bevestig deur Pastoor Attie van Wyk. Vincent is die seun van Hannes en Ina Venter en Lelanie is die dogter van Dawie en Amanda Potgieter. Die paartjie is woonagtig in Lephalale. Foto Deur: Mari Odendaal Fotografie

Trouklokkies lui...

Page 12: Nn 9 1 web

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

The Tinmyne SAPS soccer team is very grateful towards their spon-sors who invested in their team by providing them with fancy soccer outfits recently.

In December the Tinmyne SAPS held a Crime Awareness Cam-paign in the community of Ga-Pila, Sterkwater. The campaign focused on preventing drug and substance abuse. The soccer team played a friendly match against Dennilton SAPS soccer team and won 6-3. “Sunrise Securtiy, Tim Funerals , Furn-4-U and Ngoako

SAPS soccer team is grateful

Funerals really showed their support by sponsoring the day,” said station cluster sports coordinator, sergeant Koena Mo-remi.

“I would like to challenge the the youth in area of Tinmyne to become more involved in sports as it is a healthy hobby.”

Photo: Willem Wessels from Furn-4-U with the Tinmyne SAPS soccer team showing off their new sponsored soccer kits.

Noordelike Nuus wens al sy lesers en

adverteerders 'n baie

voorspoedige 2015!

Northern News wishes

all our readers and advertisers a

wonderful 2015!