16
1 van 16 NR/NO. 235 SEPTEMBER 2018 INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE CONCERNS ABOUT FACTORY CLOSING 2 SAGTEVRUGTEBEDRYF VIER TOEWYDING & VOLHARDING ONDANKS MOEILIKE SEISOEN 3 PESTICIDE RESIDUE ANALYSIS 6 DROËVRUGTEBEDRYF SE LEGENDE 8 FOKUS OP DIE LEWENSNOODSAAKLIKE VIR ‘N TOEKOMS 9 FAMILIEONDERNEMINGS IS DIE RUGGRAAT VAN MEESTE LANDE IN DIE WÊRELD SE EKONOMIEË 13 PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS 16 NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

NR/NO. 235 SEPTEMBER 2018 INHOUDSOPGAWE CONTENT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2018/12/Die-Krat-Sept-2018.pdf · met groente en vee te boer. Hy het maar ‘n skamele ses

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1 van 16

NR/NO. 235 SEPTEMBER 2018

INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE

CONCERNS ABOUT FACTORY CLOSING

2

SAGTEVRUGTEBEDRYF VIER TOEWYDING & VOLHARDING ONDANKS MOEILIKE SEISOEN

3

PESTICIDE RESIDUE ANALYSIS

6

DROËVRUGTEBEDRYF SE LEGENDE

8

FOKUS OP DIE LEWENSNOODSAAKLIKE VIR ‘N TOEKOMS

9

FAMILIEONDERNEMINGS IS DIE RUGGRAAT VAN MEESTE

LANDE IN DIE WÊRELD SE EKONOMIEË

13

PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS

16

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

2 van 16

CONCERNS ABOUT FACTORY CLOSING.

It is with great concern that we have learned about the proposed closure of the West

Processing Factory of Langeberg & Ashton Foods (L&AF), a division of Tiger Consumer

Brands Ltd. Whilst government has identified Agro-processing as a key factor for economic

growth and job creation in our country, this comes as a cold blow in the face as we are

hereby putting Agro-processing in reverse gear.

In particular, the L&AF West Factory is of world class standard and the closing thereof will

be a disaster for the Canning Fruit Industry and for that area/region. Not only will this have

a devastating impact on the seasonal and permanent workforce of the factory, but the the

farming community will also suffer severe losses in income and jobs.

At this stage L&AF has only offered the farmers a short-term contract (one year) for the

purchase of fruit and the long-term contract has been cancelled. In the case of peaches

only 85% will be contracted, which means +/- 10 000 to 12 000 metric tons of peaches have

no home for the coming season. Taking only picking labour cost in consideration, this will

mean +/- R4,63 million less to farm workers. Further to this, no contract for juice grade fruit

has been offered.

As part of a rural community we are very concerned about the economic and social impact

of this proposed closure of a World Class Agriculture Processing Facility. We need to grow

Agro-processing to create economic growth and jobs, especially in these rural areas where

poverty and unemployment is high. We call on government to assist where possible.

CFPA made contact with the National Minister of Trade and Industry, Mr Rob Davies. He

affirmed that he is aware of the current situation at Langeberg and Ashton Foods West-

Factory and has met with the workers and management recently. He requested that if the

Canning Fruit Producers’ Association (CFPA) has more information that would be useful to

consider, it would be most welcome.

The Minister of Economic Opportunities, Mr Alan Winde personally responded with the

following: “Just as this concerns you, it concerns the Western Cape Government too.

Obviously, as government we can intervene in making businesses viable and competitive

but if there is something you think we could do within our normal parameters I am happy to

engage.”

CFPA look forward to having discussions with both Minister Rob Davies and Minister Alan

Winde and will keep our producers notified of the outcome.

WIEHAHN VICTOR, CEO

18 September 2018

3 van 16

SAGTEVRUGTEBEDRYF VIER TOEWYDING EN

VOLHARDING ONDANKS MOEILIKE SEISOEN

SOMERSET-WES - Die Suid-Afrikaanse

sagtevrugtebedryf het by hul 43ste jaarlikse gala-

aand op 14 September 2018 toekennings vir

uitsonderlike prestasie in landbou toegeken.

Sagtevrugte sluit appels, pere, appelkose, perskes,

nektariens, pruime en pruimedante, kersies,

tafeldruiwe en gedroogde druiwe in. Hierdie

vrugte word hoofsaaklik in die Wes-Kaap verbou.

Die afgelope seisoen is die sagtevrugtebedryf op

talle terreine uitgedaag, maar die

deursettingsvermoë, positiewe en innoverende

ingesteldheid van landbouers het uiteindelik

geseëvier. Dit is dus met groot trots dat daar erkenning gegee word aan die uitskieters van die bedryf.

Vier mense het toekennings vir uitsonderlike prestasie vir hul werk op sagtevrugteplase ontvang en drie vir

hul direkte en indirekte bydrae tot die bedryf:

Sivuyile Panya van Kromfontein in die Koue-Bokkeveld, het die merietetoekenning ontvang vir Algemene

Landbouwerker van die Jaar vir sy uitsonderlike werksetiek en boordvernuf. Panya is in alle fasette ‘n

uitstaande landbouwerker en was ondermeer Kromfontein se Plukker van die Jaar met ‘n fenomenale 9 296

pluksakke en dit ten spyte van die droogte. Panya is nie net ‘n voorslag plukker nie, maar presteer ook op die

snoeiterrein. Hy snoei gemiddeld 55 tot 60 bome per dag. Volgens sy bestuurder, Johan van Schalkwyk, is dit

‘n ongelooflike prestasie as die terrein waarop hy werk in ag geneem word. “Panya is ‘n uitskieter in alle take

wat vir hom gegee word en hy doen dit altyd met ‘n glimlag.”

Willem Booise produksiebestuurder van Bergendal naby Citrusdal het die Spesialislandbouwerker van die

Jaar-merietetoekenning ontvang vir uitsonderlike landboukennis en leierskap. Booise wat al 23 jaar op

Bergendal werk het as ‘n algemene werker begin. Vandag is hy in beheer van al die boordmonitering en is

ook verantwoordelik vir die bemesting en besproeiing van 138 ha produksie-eenhede. Hy bestuur ook meer

as 300 landbouwerkers en sien toe dat kwaliteitwerk gelewer word en dat spanleiers opdragte reg uitvoer.

Deur die jare het Booise verskeie opleidingskursusse voltooi om sy vaardighede te verbeter. Hy het

ondermeer ’n isiXhosa-kursus geneem om beter met ander werkers te kommunikeer. Booise is ook ‘n aktiewe

gemeenskapsleier en dien ondermeer as trustee op die Bergendal Werknemerstrust. Volgens Potgieter van

Zyl, van Bergendal, is Booise se jare ervaring, toegewyde belangstelling en aandag aan die fyner

besonderhede sy gewig in goud werd.

Elvis Pieters van Rietfontein in die Koue-Bokkeveld het die Gevorderde Landbouwerker van die Jaar-

merietetoekenning ontvang vir sy uitsonderlike werksvernuf, sterk persoonlikheid en goeie leierskap. Pieters,

wat op Rietfontein gebore is, het in 2002 daar begin werk en sy aanvanklike landboukennis opgedoen deur

Lys wenners

• Algemene Landbouwerker: Sivuyile Panya

• Spesialislandbouwerker: Willem Booise

• Gevorderde Landbouwerker: Elvis Pieters

• Nuweling: Vergelegen Boerdery

• Innovasie-toekenning: Buks Nel

• Voorloper: Jan le Roux

• Izethelo-mediatoekenning: Samantha van den

Berg

4 van 16

met groente en vee te boer. Hy het maar ‘n skamele ses jaar gelede na vrugteverbouing geskuif, maar binne

‘n kort tydjie homself meesterlik onderskei. Pieters maak gebruik van alle opleidingsgeleenthede wat aan

hom gebied word wat hy dan met passie en ywer terugploeg in die gemeenskap. Pieters het ‘n ystere wil, is

pligsgetrou en het ‘n besonderse sin vir verantwoordelikheid. As bestuurder word daar baie druk op hom

geplaas, wat hy met onderskeiding hanteer. Pieters is ook welsprekend met ‘n fyn sin vir humor en tree

gereeld as seremoniemeester in die gemeenskap op. Hy is ook aktief by verskeie gemeenskapsprojekte as

leier betrokke. Volgens Pieters is daar niks wat kan vergelyk word met die produksie van ‘n Golden Delicious

appel nie – “dié bome praat met my en as ek net die appels ruik, dan voel ek sommer goed”.

Vergelegen Boerdery in die Breederiviervallei het as entiteit die Nuweling-toekenning ontvang vir hulle

uitsonderlike prestasie in die bedryf. Vergelegen het bewys wat gedoen kan word wanneer begunstigdes van

grondhervorming ernstig is oor sake en die regte vennootskappe het. Daar is tans sewe trusts met aandele

in die maatskappy en hulle beplan om teen 2020 ‘n honderd hektaar tafeldruiwe te produseer en die pakhuis

uit te brei om jaarliks 500 000 kartonne te hanteer. Tans, pak hulle 250 000 kartonne. Die bestuur van

Vergelegen Boerdery het net lof vir die hulp en advies wat hulle van kommersiële boerderye kry. Dit inspireer

hulle om nog hoër hoogtes te bereik.

Buks Nel variëteitsekspert van Tru-Cape, het die Innovasie-toekenning ontvang vir sy jarelange tegniese

bydrae, verstommende entomologiese bedryfskennis en sy passie vir vrugte variëteite en die kweking van

Bigbucks/Flash Gala appels. Sy kennis oor die lewensiklus van peste en siektes in die sagtevrugtebedryf is

fenomenaal en Nel deel graag sy kennis en raad met vrugteboere. Hy skryf ook twee boeke vir die bedryf:

Deciduous Fruits and Vines – Pests and Diseases and their control; en is saam met Henk Griessel mede-

skrywer van Apples in the Early Days at the Cape. Nel het ook die variëteitskloon in die Gala-appelfamilie,

Bigbucks, ontdek.

Jan le Roux van die Le Roux-groep, het die Voorloper-toekenning ontvang vir sy leierskaprol in die

landbousektor oor ’n tydperk van 30 jaar. In dié tyd het hy op verskeie komitees en rade gedien en speel ‘n

belangrike rol tydens die deregulering van landbou in die laat negentigs. Veral op die gebied van

swartbemagtiging in die landbou neem Jan le Roux reeds in 1994 die voortou deur klem te lê op volhoubare

werkskepping wat finansieël sin maak. Koringplase buite Wellington word aangekoop en in suksesvolle

steenvrug- en tafeldruif-plase omskep, so word ook ‘n koelkamer en verpakkingsfasiliteit aangebou. In 2004

word ‘n verdere mylpaal bereik toe 32% van Broodkraal Landgoed se aandele aan die Werkerstrust verkoop

word. Die voorheen benadeelde werkers van die Le Roux-groep is almal begunstigdes van die trust. Die Le

Roux-groep bied tans werk aan meer as 4000 permanente en seisonale werkers.

Samantha van den Berg het die Izethelo-mediatoekenning vir landboujoernalistiek ontvang. Van den Berg is

tans redakteur van die Landbou-Burger en word beskryf as ‘n aktiewe landboujoernalis wat sorg dat sy goeie

verhoudinge met die bedryf handhaaf, haar professioneel van haar taak kwyt en op hoogte bly van kwessies

en nuus in die sagtevrugtebedryf. Sy verseker kwaliteitinhoud wat kreatief aangebied word.

Richard Hurndall het die Hortgro Voorsitterstoekenning ontvang vir sy besonderse bydrae tot die

sagtevrugtebedryf wat oor 35 jaar diens strek.

5 van 16

• In 2017 het die sagtevrugtebedryf 2 231 produsente ingesluit met ’n totale omset van R12,35 biljoen

per jaar. Uit die oogpunt van wêreldproduksie, val Suid-Afrika onder die top tien vir pere, die top

twintig vir appels, appelkose, perskes, nektariens en pruime, en 64ste vir kersies. Die

sagtevrugtebedryf produseer tans vrugte op 79 912 hektare landbougrond in Suid-Afrika en bied 1.34

permanente werksgeleenthede per hektaar.

______________________________________________________________________________

Navrae: Elise-Marie Steenkamp 082 770 7858 / [email protected]

Carmé Naudé 072 313 3021/ [email protected]

Die wenners van die Sagtevrugtebedryf se Gala-aand toekennings 2018:

Agter Sivuyile Panya van Kromfontein in die Koue-Bokkeveld, Algemene Landbouwerker van die Jaar;

Bongani Gqadu, tweede plek vir Gevorderde landbouwerker van die jaar; Jan le Roux, Voorloper van die jaar.

Voor: Samantha van den Berg, redakteur van die Landbou-Burger, kry die Izethelo-mediatoekenning; Hendrik

Davids verteenwoordiger van Vergelegen Boerdery ontvang die Nuweling-toekenning; Willem Booise

produksiebestuurder van Bergendal naby Citrusdal het die Spesialislandbouwerker van die Jaar-

merietetoekenning ontvang; Richard Hurndall ontvang die Hortgro Voorsitterstoekenning; Elvis Pieters van

Rietfontein in die Koue-Bokkeveld het die Gevorderde Landbouwerker van die Jaar-merietetoekenning

ontvang. Buks Nel (afwesig) het die Innovasie-toekenning ontvang.

6 van 16

PESTICIDE RESIDUE ANALYSIS Hearshaw and Kinnes Analytical Laboratory (HKAL) was opened in 2002 with the goal of providing a pesticide residue

analysis service to the agricultural sector and related industries like the fruit canning industry, exporters, supermarkets,

wine producers and many more.

The laboratory receives samples in fresh or processed form, before or after harvest, before or after packaging, or even

from the supermarket shelves. It’s possible to analyse fruit from the same orchard a number of times at different steps

along the way. For instance, a dried apple sample may have been sampled in the orchard days before harvest, and then

sampled again when the apples arrived at the factory for processing. The dried product may then be sampled and

retested for pesticide residues before sale.

Different types of produce are handled in different ways. Fresh fruit samples are extracted and analysed differently

from Rooibos tee, which is different from wheat, which is different from dried fruit or citrus oil etc.

A sub-sample is then taken for analysis. If this is a fruit sample, for instance apples, six to eight pieces of fruit are put in

a stainless-steel bowl. The technician handling the fruit wears a new pair of gloves for each sample. The fruit is chopped

and then blended in a food processor to achieve a homogenous sample. The fruit would usually be subjected to two

routine multi-residue methods of analysis, but additional target analysis could be performed as well depending on the

client’s requirements. The homogenised sample is then weighed into centrifuge bottles/tubes and solvents are added

for extraction. The tubes are either capped and placed in a shaker or blended with a stick blender, depending on the

type of analysis being carried out. This is to remove the pesticides from the fruit pulp and extract it into the solvent.

Various salts are added to force the pesticides into the solvent and to clean up and dry the extract. The tubes are then

centrifuged to separate the solvent layer from the pulp and aqueous layers. A small amount of the solvent is transferred

to an auto sampler vial for instrumental analysis.

A number of different types of instruments are employed in the tests for pesticide residues at Hearshaw and Kinnes,

but they all have something in common. They all use chromatography, which is the science of separation, to prepare a

complex mixture of compounds for analysis by a particular detector. The lab uses liquid chromatography (LC) and gas

chromatography (GC), and both techniques employ a number of different detectors which operate in specific ways.

Gas Chromatography (GC)

When a sample arrives at the laboratory the identifying

information is written down and a photograph is taken of the

sample. The sample is assessed to make sure that it is in a state

adequate for testing. Sometimes it may be rotten because it’s

taken too long to arrive at the lab. In this case the client is informed

by phone or email.

Any information that arrives with the sample and the produce type

is noted to ensure that the correct type of analysis is carried out.

The sample information is typed into the Laboratory Information

Management System (LIMS) and lab sheets are printed.

Chemicals that are volatile and stable at elevated temperatures can usually

be analysed by GC. A very small amount of the extract, typically one

microliter, is injected into the heated injection port of the instrument

where it is vaporised. The vapour is pushed into the capillary column by a

carrier gas, either nitrogen or helium, where the separation takes place.

The column from the outside looks like a coiled fishing line but it is in fact a

long flexible glass tube with a waxy substance coated on the inside wall of

the tube.

7 van 16

If good chromatography is achieved the different compounds emerge from the column as discrete bands completely

resolved from each other. They now pass into the detector. There are number of different GC detectors available, and

the laboratory uses different detectors for different analysis. The computer inverts the trough and produces a peak.

The time at the apex of the peak is referred to as the retention time, and this retention time is so accurately reproducible

that it can be used as a means of identification. The units of the x-axis of the chromatogram are usually minutes. The

detector produces a so-called finger print of the compound passing through the detector. This is called a mass spectrum

and it is a very precise means of identifying different compounds.

After the chemical has been identified, by retention time or mass spectrum, it can be quantified by comparing the size

of the peak, either height or area, to the peak produced on the same instrument on the same day by a standard solution

of a reference material. A reference material is a very pure portion of the chemical of interest. The lab has to keep a

reference material of every single pesticide or chemical that is tested for. They are stored in carefully controlled freezers,

generally at -20°C, and must be replaced when the expiry date is reached. The lab has hundreds of reference materials

available.

Liquid Chromatography (LC).

This gives the analyst a high degree of flexibility to achieve the desired result. The LC’s are all equipped with state-of-

the-art mass spectrometers. There are two different configurations, firstly triple quadrupole MSMS instruments and

secondly Orbitraps.

Used in conjunction the two chromatographic techniques, GC and LC, are able to test for hundreds of agricultural

chemicals or pollutants at the same time.

Accreditation.

Accreditation is a process in which the laboratory is certified as competent to carry out its analytical procedures. The

laboratory must conform to an international standard, in this case ISO/IEC 17025, which enables the laboratory to

demonstrate that it operates competently. The laboratory is audited by an accreditation body, in South Africa it is called

SANAS, which in turn is accredited internationally as competent to perform this function. This is important because it

shows that the test reports generated by the laboratory are valid and can be accepted internationally without further

testing. Test reports issued by Hearshaw and Kinnes Analytical Laboratory (Pty) Ltd. have the SANAS logo with our Lab

No. T0232 in the upper left-hand corner. In order to retain our accreditation, we are audited every 18 months by SANAS

auditors who examine our Quality Management System and technical aspects of the tests themselves, which is a

rigorous process.

KEVIN HEARSHAW, HKAL

The other very powerful chromatographic instruments that the lab

employs for pesticide residue analysis are Liquid Chromatographs. LC’s

use solvents as the mobile phase to push the compounds of interest

through the column. They normally operate at room temperature,

although the column can be heated slightly, so chemicals which would

breakdown at elevated temperatures or are not volatile can be analysed

with these instruments. They have the added advantage of solvent

pumps which can blend varying amounts of different solvents. This offers

the analyst a very important tool in achieving good chromatographic

resolution. The ratio of different solvents in the mobile phase can also

be changed slowly during the analysis. This is called a gradient, and it has

a similar effect to increasing the oven temperature in gas

chromatography, with the advantage that a number of different solvents

can be blended together.

8 van 16

DROËVRUGTEBEDRYF SE LEGENDE

Dappie het in 1976 by Droëvrugteraad begin en in 1997 is die Droëvrugte Tegniese Dienste (DTD)

begin wat die Droëvrugteraad vervang het. Tydens die IPV & DTD Tegniese Inligtingsdag is Dappie

vereer en bedank vir uitstekende lang diens. Vir die wat hom goed ken “Onbeskryflik!” Die gebruik

van sy gunsteling woord. Die man wat by hom oorneem het groot skoene om te vul.

In besonder word Dappie beskryf deur die volgende eienskappe:

• Eerlikheid, opregtheid en Toegewydheid.

• Betroubaarheid en beginselvastheid.

• Kennis van ons bedryf, baie meer as om net soos hy praat “droog te maak”.

• Tyd inruim vir almal. “Vir jou maak ek tyd”.

• Vinnige en akkurate begrip.

• Die respek vir ander mense, kulture, hulle denke en standpunte.

• Geloof, en spesifiek die uitleef daarvan.

• Ordentlikheid, geduldigheid en deelsaamheid.

• Sy liefde en omgee, ook sorg, vir sy vrou, kinders en kleinkinders.

• Hy sou homself tekort doen ter wille van kollegas en vriende.

• Erkenning op globale vlak vir sy bydraes ten opsigte van boom- en wingerdvrugte.

“ONBESKRYFLIK” vir jou toekoms Dappie!!

DAPPIE SMIT EN WIEHAHN VICTOR BY IPV & DTD TEGNIESE INLIGTINGSDAG 2018

9 van 16

FOKUS OP DIE LEWENSNOODSAAKLIKE

VIR ‘N TOEKOMS

“If the present growth trends in world population, industrialization, pollution, food

production, and resource depletion continue unchanged, the limits to growth on this

planet will be reached within the next one hundred years”.

The Club of Rome, The Limits of Growth - 1972

Die “Club of Rome” was ‘n terloopse frase wat soos `n ou wêreldse drink groepie geklink het,

stelsels en sisteme was vaagweg iets wat ek van Juffrou Vosloo se biologie klasse kan onthou

en klimaatsverandering `n nuwe begrip op die video van Al Gore se “Inconvenient Truth”. Met

verdrag het ek bewus geraak van mense se koolstof voetspoor en die vernietigende impak van

mense op hierdie planeet. So drie jaar gelede vir die eerste keer te hore gekom van die begrip

“overshoot” en Donna Meadows en hierdie jaar leer ek van Richard Slaughter se “shadow

economy”. As `n wye leser en redelik ingeligte burger van die wêreld, sê dit iets van die

hoofstroom media se vermoë om die onbelangrike te verhef tot die aandag eisende en die

belangrike tot die onbenullige.

Gisteraand na my wederhelf arriveer van Luanda, en hy my vergas op die besoedelde omgewing

en ingesteldheid tot vullis en estetika, die algemene armoede en die uitsigloosheid van die

gemiddelde Angolees, die standaard van infrastruktuur en vaardighede en die korrupsie wat

sistemies deel is van die amptenary en die besigheidswêreld, lees ek die MIT (Massachusetts

Institute of Technology) se voorspelling van die wêreld beskawing se einde voor 2040. Die

voorspelling was gedoen in 1974, met `n rekenaar op DOS, in opdrag van die “Club of Rome”

deur Jay Forrester om te bepaal oor hoe volhoubaar groei vir die wêreld is.

Met die Angolese nuus vars in my gemoed, die Zondo-kommissie wat die boonste rofie van die

bose etterige sweer van korrupsie lig, die vrot asem van verkiesings praatjies wat globale pyne

vererger en Moeder Natuur wat b(r)oos is, klink die voorspelling van `n einde aan die chaotiese

beskawing nie te vergesog nie.

Die Klub van Rome was `n groep denkers bestaande uit akademici, voormalige staatshoofde,

wetenskaplikes en VN burokrate met die missie om ̀ n beter begrip te ontwikkel ten opsigte van

die wêreld uitdagings wat die mensdom in die gesig staar. Verder wou hul oplossings bedink

deur wetenskaplike analises, kommunikasie en onderhandeling.

10 van 16

Die rekenaarprogram was “World One” genoem en het gewys dat die ineenstorting van die

beskawing onvermydelik is indien die bevolkings- en die industriële groei teen dieselfde tempo

sou voortstu. Die tendense van besoedeling, bevolkingsaanwas, die stand van natuurlike

hulpbronne en die algemene lewenskwaliteit op planeet Aarde is in ag geneem. Die eerste

voorspelling vir 2020, blyk in die kol te wees. Die voorspelling was as sulks: “At around 2020,

the condition of the planet becomes highly critical. If we do nothing about it, the quality of life

goes down to zero. Pollution becomes so seriously it will start to kill people, which in turn will

cause the population to diminish, lower that it was in the 1900. At this stage, around 2040 to

2050, civilised life as we know it on this planet will cease to exist.”

“World One”, die rekenaarprogram, het die wêreld as een sisteem gesien. Die verslag was `n

elektroniese gids van menslike gedrag vanaf 1900 en waarheen dié gedrag die wêreld sou

neem. Die program het `n visuele grafiek geskep as blik op die toekoms. Statistiek en

vooruitskouings, soos die veranderlikes van bevolkingsaanwas, die kwaliteit van lewe, die

voorraad van natuurlike hulpbronne en besoedeling is in ag geneem. Die uitkoms was om te

bepaal waar die keerpunt sou ontstaan.

Bevolkings aanwas se toename lyk soos `n hokkiestok grafiek en daarmee saam is die toename

van besoedeling die tweede hokkiestok. Die besoedeling en te veel mense, het `n uiters

negatiewe impak op die kwaliteit van mense se lewensverwagting. Natuurlike hulpbronne wat

dramaties verminder en impakteer op die vermoë om ekonomieë te onderhou, ondermyn groei

en die kapasiteit om lewensverwagting te beïnvloed word benadeel. Al die aspekte werk saam

om die beskawing van die wêreld soos wat die afgelope eeu geleef is, in duie te laat stort.

Met politici wat op hul narsistiese ego-reise, nie verder as die volgende verkiesing of hul eie

belang kan kyk nie, is ons spreekwoordelik in die ruim van `n vallende vliegtuig, terwyl daar

gekibbel word oor die kleur van die vliegtuig sitplekke.

Die wêreld waarin ons leef is `n VUCA omgewing. VUCA as `n akroniem vir Volatility,

Uncertainty, Complexity en Ambiguity, as `n gegewe. Gegewe die VUCA realiteit, die beginsel

dat ons op die 32ste blokkie van die skaakbord van verandering leef en die politieke speelbal

van grond en hulpbronne wat wêreldwyd eskaleer, en die klimaat wat uit sinkronisasie tol as

gevolg van mense se gedrag, is posisionering van ondernemings uiters uitdagend.

11 van 16

Suid-Afrika se bevolkingsaanwas is skrikwekkend en het ek vir ̀ n onlangse behuising-werkstuk

ontdek dat die groeiende plakkerskamp verswelging verskuil is in die bevolkingsaanwas en

populasie borrels. Vanaf 1970 tot 2013 het die bevolking in Suid-Afrika met 31.27miljoen

toegeneem. Vanaf 1985 tot 2105 was die per bevolkingsgroep toename vir die Asiër

bevolkingsgroep 258 000, die Bruin bevolkingsgroep 1.671miljoen, die Swart bevolkingsgroep

17.582miljoen en die Wit bevolkingsgroep met minus 321 000. Die ouderdomsgroep tussen 0-

14 jaar oud is 27.8% van die totale bevolking en die bevolkingsgroei gaan met 4.32miljoen

toeneem tot 2030. Gesien in die lig van die waterbestuur toepassing en die regering wat in alle

vlakke faal om die mees kosbare bron te bewaar en te bestuur, ten spyte van die nypende

klimaatsverandering werklikhede, is “World One” se voorspelling van 2040 vir Suid-Afrika

super optimisties. Die voorspelling kan slegs verander indien ons daadwerklik fokus op dit

lewensnoodsaaklik is en wegbeweeg van populistiese politici se aandagsoekery. Daar is nie

meer tyd om te kibbel oor die sitplekke se spreekwoordelike kleur nie!

Met `n brein-drein van vaardighede soos Suid-Afrika laas in die voor 1994 periode beleef het,

is hierdie land 1.5M slim Suid-Afrikaners minder. Mense wat kon help om krities te dink, wat

dienste aan armes kon lewer, wat oplossings vir uitdagings kon bedink en wat die wa deur

hierdie diep drif kon help trek. Maar nee, eerder is die miljarde gesteel en het die geld soos die

500 koeie in Vrede, spoorloos verdwyn. Volgens die ekonoom, Mike Schüssler is die geld wat

vanaf 2018 verdwyn het aan die orde van R9 miljard per jaar en word Minister Pravin Gordhan

aangehaal dat die staatskaping skade na aan R100 miljard beloop. Die gelde kon gerieflik

10 000 plase van 5M elke gekoop het en vir elke metro verskeie woonbuurte gebou het. Geen

amptenaar is verantwoordelik of aanspreeklik nie en sondebokke soos boere word geslag as

troos vir nare skuldgevoelens.

En of jou boerdery in Kalifornië, Italië, Angola, Zimbabwe, Siberië, Sirië of Suid-Afrika is, die

weer bly die weer en politici bly politici en is `n stabiele omgewing, grond, water en planne

die onontbeerlike elemente om kos te produseer. `n Stabiele omgewing is binne ons beheer

en is dit die verantwoordelikheid van lands leiers en sal daar tot in die sewende nageslag

verantwoording gedoen word vir die doen en late van nou. Water en grond is die kosbaarste

hulpbron vir die voortbestaan van `n beskawing en durf politici nie daarvan `n politieke

speelbal maak nie.

Die ou ekonomie is uitgedien, landbou as `n sektor van die primêre ekonomie maak slegs 2%

uit van die ekonomie en is daar net 10% van die 122 miljoen hektaar wat optimale landbou

grond is. Die sosiale krisisse in ons land is meestal self veroorsaak en is die volhoubaarheid van

die omgewing om die aantal mense te onderhou wankelrig. Die oplossing van ons land se

uitdagings lê nie in grond nie, maar in geskooldheid en vaardighede. Dit lê in die vermoë

Die ruimteskip Aarde se hulpbronne was al in begin

Augustus 2018 opgebruik vir volle jaar van 2018, en soos

een reisgenoot in Italië droogweg opgemerk het: “God is

forgiving, Mother Nature not.” As boere is die natuur se

hartklop op ons vingers, is die klimaatsverandering sigbaar

en is die impak op die fabrieke sonder dakke, enorm. Vanaf

1795 sien Kaapse vryboere dwarsdeur politici se mooi

broodjie bakkery, maar helaas is dié onontbeerlike ergernis,

net soos Jan Taks, `n veranderlike wat bestuur moet word.

12 van 16

om langtermyn te dink, om korttermyn pyn te vat en in die perspektief van komende generasies

leierskap en veerkragtigheid te ontwikkel. Veerkragtigheid om die gemors waarin ons onsself

deur bevolkingsaanwas, swak grond- en water praktyke, ondeurdagte politieke denkrigtings

en te min aandag aan die swaarkry van mense wat mense rangeer tot niks, te verander.

Die verandering kan bewerkstellig word deur organisatoriese intelligensie, besigheid

robuustheid en die optimalisering van hulpbronne en praktyke om aan te pas by die VUCA

wêreld. Ons en ons voorsate het ons tot hier gekry en ons is aan ons nasate verskuldig om die

dom van mensdom te verander in met wat die Finne SISU noem. SISU is `n tipe hardegat,

klipkop volharding met die nodige spitsvondigheid, omdat ons voorsate deur kolonialiste,

droogtes, diktators en politikasters, oorleef het in volharding. Hulle het ‘n land gebou, wat min

boerdery bedrywe in die wêreld ons mee kon nadoen...dit in die goue draad gees van Emily

Hobhouse se matte wat sy geweef het, met President Brand se woorde: ‘Alles sal regkom’.

Vanself gaan egter niks gebeur nie. Dit is soos die Dominee wat huisbesoek doen en met die

rondte noem dat die Here darem die plaas goed boer, waarop die boer antwoord: ‘dominee, jy

moes sien hoe die plek gelyk het toe die Here alleen geboer het’. Die Here seën graag, maar

span jou seile in geregtigheid en vra dan vir die wind – dit geld vir die onderwyser, die

skoolkind, die boer, die politikus, die sakeman en die staatsamptenaar. Suid-Afrikaners het `n

gesonde kern mense met SISU sodat bedreiginge tot geleenthede gevorm kan word, voordat hul

tot gevare kom. SISU is om sterkte in nalatenskap te bou en institusionele diepte te ontwikkel

om teenspoed te oorkom en `n verskeidenheid van toekoms moontlikhede te bou...omdat ons

kan en omdat die afgelope week, dit weer die boere was wat kon hoop gee in hierdie

hopeloosheid waarin die politiek die land dompel.

Suid-Afrika is by `n kritiese keerpunt en is dit nodig om die onderskeid te tref tussen die

onbenulligheid van benoude verkiesings asems, die skadu-ekonomie, die klimaat realiteite en

die belangrikheid van voortbestaan. Met die groot vraag of die gewone Jan en alleman hul kan

staal teen die praters en politikasters en of Suid-Afrikaners die dinkers en die doeners voorkeur

gaan gee om planne te maak sodat “World One” vir ons `n tweede kans kan gee op `n toekoms

vir ons kleinkinders...

DEIDRE EIGELAAR, PIKETBERG

13 van 16

FAMILIEONDERNEMINGS IS DIE RUGGRAAT VAN

MEESTE LANDE IN DIE WÊRELD SE EKONOMIEË

Moenie die baba met die badwater uitgooi nie

ʼn Familieonderneming word bestuur en besit deur ʼn familie (meerderheidsaandeelhouding) en

word bewaar vir toekomstige generasies.

Die betrokkenheid van familie by die sakeonderneming is emosioneel (sentimenteel) EN finansieel

(lewensbehoud vir die familie oor generasies) en daarom is familieondernemings oor die algemeen

meer volhoubaar as ander sakeondernemings. RENTMEESTERSKAP is dus ʼn KERNWAARDE en is dit

dan ook hoekom familieondernemings suksesvol is.

Familieondernemings is ʼn groeiende tendens in die wêreld en vorm die ruggraat van die meeste

lande in die wêreld se ekonomieë. FAMILIEONDERNEMINGS MOET DAAROM DEUR REGERINGS VAN

LANDE VERTROETEL EN BESKERM WORD.

Die impak van familieondernemings is beduidend in bykans elke sektor van die wêreldekonomie.

Volgens FABASA (Family Business Association of South Africa) behoort 78% van die welvaart in die

VSA aan familieondernemings en is 75% van geregistreerde sakeondernemings in die VK

familieondernemings. Daar word beraam dat die totale ekonomiese impak van

familieondernemings op die globale BBP meer as 70 persent is.

SUID AFRIKA IS GEEN UITSONDERING NIE. Ongeveer 80% van geregistreerde sakeondernemings in

Suid Afrika is familieondernemings.

14 van 16

Familieondernemings is veral beduidend in die LANDBOUSEKTOR. Van die 570 miljoen kommersiële

boere in die wêreld is 500 miljoen familieboerderye! IN SUID AFRIKA IS 96% VAN KOMMERSIËLE

BOERDERYE INDERDAAD FAMILIEBOERDERYE!

Belangrike oorwegings:

Transformasie in Suid Afrika is noodsaaklik om meer mense, veral diegene wat tradisioneel by die

formele ekonomie uitgesluit is, betrokke te kry en te bemagtig om volhoubaar-winsgewende

sakeondernemings te vestig.

Dit is egter nie in die land se belang, as transformasie veroorsaak dat bestaande goed-gevesdigte

familieondernemings benadeel word nie.

Dit is noodsaaklik dat ons ʼn gesonde balans skep tussen politieke en ekonomiese aspirasies. Dink

aan ʼn weegskaal, as die politieke oorweginge die ekonomiese oorwegings oorheers, dan bring

transformasie onbedoelde negatiewe gevolge mee, soos gesien kan word in figuur 1 hieronder. Sou

die balans tussen politiek en ekonomie gehandhaaf word dan bring transformasie goed-bedoelde

positiewe gevolge mee, soos gesien kan word in figuur 2 hieronder.

Die antwoord vir transformasie in ons land se belang is dus om ʼn ekonomies-politieke roete te volg

wat sal verseker dat meer mense in Suid Afrika betrokke kan raak by die formele ekonomie, sonder

benadeling van bestaande, goed-gevestigde familieondernemings.

Die bestaande brandpunt, waar politieke oorwegings ekonomiese oorwegings kan oorskry, is

grondhervorming en die dreigende grondonteiening sonder vergoeding.

Dit is verstaanbaar dat mense wat voorheen nie kon deel wees van die formele ekonomie

ongeduldig raak na 24 jaar van demokrasie maar moet ons met omsigtigheid die proses bestuur om

te verseker landbou groei, deur meer deelnemers en nie blote vervanging van bestaande gevestigde

familieboerderye nie. Die antwoord is dat die Koek moet vergroot sodat meer mense daarin kan

deel.

Ekonomie

Politiek Politiek Ekonomie

Figuur 1 Figuur 2

15 van 16

Praktiese oorwegings

• Familieboerderye is wêreldwyd ʼn suksesvolle model omrede dit vir toekomstige generasies

gevestig word en daarom omsigtig bestuur word om volhoubaarheid te skep. Dit skep ook

langtermyn-voedselsekerheid vir die land. Sou die familie-eenheid opgebreek word dan is dit tot

niemand se voordeel nie en sal die sakeonderneming uiteindelik misluk en gevolglik ook die land se

sosiale en ekonomiese doelwitte.

• Die wyse stap is om die hefboom-momentum wat familieboerderye oor beskik te benut om

transformasie te versnel, byvoorbeeld om aangrensende plase te gebruik (koop) vir bemagtiging en

bevoordeling van plaaswerkers en nuwe toetreders, sonder om die familie-eenheid op te breek, en

sodoende die hefboom-effek te verloor. Bemagtingsinisiatiewe soos AgriBEE moet voorsiening

maak vir sulke modelle om te verseker dat bemagtiging suksesvol is.

• Werklike bemagtiging kan nie plaasvind deur blote grondverskaffing nie. Landbou verg

tegniese en sakekennis en moet nuwe toetreders bygestaan word om hulle sakevernuf op te skerp.

Bestaande gevestigde familieboerderye skep die ideale platform vir begunstigdes om toegang te hê

tot gelyke kennis om ekonomies te boer en toegang tot die mark te skep. Toerusting kan ook op

hierdie wyse aan nuwe toetreders verskaf word.

• Die beginsels wat familieboerderye suksesvol te maak kan ook net so toegepas word vir die

begunstigdes. Beginsels soos rentmeesterskap, wat nuwe toetreders sal leer om langtermyn te dink

en vandag die regte dinge te doen om ʼn volhoubare familieboerdery vir hulle nageslagte te skep.

Daaglikse skakeling tussen gevestigde familieboerderye en nuwe toetreders kan gesonde landbou

in Suid Afrika verseker.

• Laastens is dit belangrik dat beleid-sekerheid spoedig geskep moet word om suksesvolle

transformasie te verseker. Dit is ʼn natuurlike instink om dit wat deur generasies met sweet opgebou

is te wil beskerm maar sal familieboerderye aktief betrokke moet raak by transformasie en

bemagtiging van nuwe toetreders om hulle eie toekoms te verseker en ontslae te raak van ʼn Veg,

Vlug of Vries benadering.

Suid Afrika se ekonomie sukkel alreeds en moet ons PASOP om nie die hartklop van ons ekonomie,

naamlik familieondernemings, EN VERAL FAMILIEBOERDERYE, se hart te laat gaan staan deur

politieke oorweginge ten koste van gesonde ekonomiese beleid nie. ONS MOENIE DIE BABA MET

DIE BADWATER UITGOOI NIE!

ANDRÉ DIEDERICHS: Hoof-sameroeper van FABASA (Family Business Association of South Africa)

16 van 16

PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS

An average 80% of that total will be destined for canning. However, whereas peach raw material prices in Spain are falling, the Greek peach raw material price is up this season by 4.2% to EUR0.25 (USD0.29)/kg. FOODNEWS

SPANISH PEACH PRICES TO WEAKEN The Spanish peach harvest is in full swing and current prices for first quality peach raw material for canning are slightly lower than last year. The price for first quality Spanish peach raw material for processing is between EUR0.25-0.27 per kilo, down from last year’s EUR0.26-0.28/kg. This year’s peach production volume estimate for processing will be similar – or slightly bigger, some sources forecast – to that of last year’s, which reached 125,000 tonnes of raw material.

STRUGGLING AUSTRALIAN CANNERY Coca-Cola Amatil flags potential sale of struggling Shepparton Cannery SPC. Since acquiring SPC in 2005, Coca-Cola Amatil has invested around $250 million of capital in the business, including in technology and equipment, but was threatened with possible closure in 2014. We’re very mindful of the role of SPC in the community, and we’re very comfortable to continue as owners, however we do believe other capabilities and other options are very important to consider. www.abc.net.au/news/

to shrink as imports and rising costs impact total sales. The California cling peach industry has experienced a 30% decrease in volume over the past 5 years. However, faced with declining consumption, increasing import pressure, and rising costs it will be necessary for canners to further reduce their contracted acreage this fall. PEACH FUZZ

CHINESE PEAR CROP DOWN Heavy rains recently flooded key harvesting areas for canned pear in the China. Between August 17 and 19, about 243,000 hectares of crops in Anhui province were flooded, with economic losses estimated at USD125 million. FOODNEWS

FOODNEWS

CALIFORNIA CANNING PEACH INDUSTRY Cling peach deliveries this year totaled 256,178 tons, down 13% from last year’s 295,120 ton crop. The 2018 crop amounts to the smallest peach crop in modern history (produced on the fewest acres), yet the industry continues

SAGTEVRUGTEBEDRYF BOOMSENSUS 2018 Die tyd het aangebreek vir die jaarlikse opdatering van die Sagtevrugtebedryf se 2018 boomsensus. Produsente word aangemoedig om opgedateerde boomsensusse voor 31 Oktober 2018 in te dien. Bedryfsbeplanning is afhanklik van volledige betroubare statestiek.