21
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie Uitgawe 1 / 2017

NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy

NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK

Lid van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie

Uitgawe 1 / 2017

Page 2: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 2

SEKRETARIS

Susan Wilsenach Posbus 225 Rivercrescent 1042

Tel: 076 963 7205

VOORSITTER

Jan De Wet Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 082 570 7681

ONDERVOORSITTER

Pierre Wilsenach Posbus 225 Rivercrescent 1042

Tel: 079 994 8171

SKAKELBEAMPTE

Elize van der Merwe Posbus 504 Rivercrescent 1042

Tel: 071 977 9930

PENNINGMEESTER

Johnny Botha Kiepersol str 16 Leraatsfontein 1038

Tel: 083 666 1355

REDAKTEUR

Vossie Vosloo Posbus 3165 Middelburg 1050

Tel: 083 462 3225

VOORRAADBEAMPTE

Elize van der Merwe Posbus 504 Rivercrescent 1042

Tel: 071 977 9930

SENIOR BURGERS

Pine Pienaar Posbus 13796 Leraatsfontein 1028

Tel: 013 6970 118

WYSHEID VIR DIE WEG KONSEP JAARPROGRAM REDAKSIONEEL ONSE KAPTEIN AAN DIE WOORD ….. NUUS UIT ONS KONTREI VERJAARSDAGWENSE, HUWELIKSHERDENKINGS EN KRUKKELYS KOM ONS LAG ‘N SLAG SAAMTREKFOKUS ADANTE TIENERS PRETBLAD VIR OUD EN JONK SENIOR BURGERS KUIERKOS EN WENKE SAWA ERERKODE, MISSIE & WAARDES SLOTGEDAGTE

Inhoudsopgawe

Bestuur 2017/2018

Page 3: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 3

26/28 JANUARIE 2018

Secunda

Gebiedskamp

30/3– 02 APRIL 2018

Presidente

Nasionalekamp

02/04 MAART 2018

Tambotie Vreugde

Streekkamp

27/30 APRIL 2018

Stable Inn

Streekkamp

Konsep Jaarprogram

Wysheid vir die weg

25/27 MEI 2018

Rubyriver Lodge

Streekkamp

DIE WOORD VIR VANDAG

Spreuke 3:13 NLV

Gebruik jou gesonde verstand

Die sleutel tot sukses is om die regte ding op die regte tyd te doen. As jy moeg is daar-voor om met konstante stres te lewe, kyk na hierdie vier bronne van stres wat dr Howard Hendricks, 'n professor in teologie, uitgewys het: 1) Ons sê vir te veel dinge ja. Dr Lewis Sperry Chafer het een maal gesê, 'Baie van ons geestelike aktiwiteite is selde meer as 'n goedkoop verdowingsmiddel om die pyn van 'n leë lewe te verdoof.' Al ons besige take spreek nie die leegheid in ons kern aan nie. 2) Ons stop nie om ons batterye te herlaai nie. Ons haal pligsgetrou ons dagbeplanners uit en vul die spasies met aktiwiteite. Laat ons egter nie onsself mislei nie; dis nie beplanning wanneer ons net seker maak dat aktwiteite nie oorvleuel nie. Gevolglik is ons 'n gestresde, humeurige skare wat tussen aktiwiteite wat sleg beplan is en min tot ons geestelike gesondheid voeg, rondbeweeg. 3) Ons geniet nie dit wat ons bereik nie. 'Begeertes wat vervul word, bring vreugde...' (Spreuke 13:19 NLV). Omdat ons altyd te veel het om te doen en na die volgende verpligting moet jaag, maak ons dikwels nie die vorige een klaar of neem tyd om terug te staan en ons goeie werk te geniet nie. G'n wonder dat ons bestaan onbenullig voel nie. 4) Ons skuld meer as wat ons kan betaal. Volgende keer wat jy voor 'n kredietaankope te staan kom - wag! Jy hoef nie noodwendig nee te sê nie.

Stel net eers jou sogenaamde 'behoefte' aan God voor en sien wat Hy daaroor sê. As jy ernstig daaroor is om jou geestelike lewe te ontwikkel, moet jy jou gesonde verstand ge-bruik en hierdie vier beginsels aan die werk sit.

Geskryf deur Bob en Debby Gass

Skakels na Bybelverse:You Version

25/27 JUNIE 2018

Seekoeigat

Streekkamp

Page 4: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 4

Gegroet is die Olifante

Eerstens moet ek groot om verskoning vra dat “Die Trompet nou eers verskyn ek gaan ook nie

redes gee dat dit so laat is nie want dan skiet myself in die voet.

Ek wil ‘n beroep op elkeen doen om waar so moontlik vir my inligting, brokkiesnuus, grappies(ons moet net onthou kinders lees ook “Die Trompet”) en foto’s te stuur om die blad meer opwindend

te maak.

Met hierdie uitgawe gaan ons probeer dat foto’s herinneringe sal oproep vir die aangename tye wan-neer ons saam gekamp, gebraai, gekuier en saam prêt gehad het.

Sjoe die jaar snel verby en dit is hoe genaamd weer feestyd en ‘n Nuwe Jaar 2018 wat aanstons gaan aanbreek.

Kom ons maak volgende jaar ‘n jaar om te onthou.

Geseende feestyd vir elkeen van ons.

Olifantgroete

Vossie

Redaksioneel

Ons borge vir hierdie uitgawe

GC CARAVANS (WITBANK)

Page 5: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 5

Jan aan die woord So is die jaar 2017 ook amper iets van die verlede. Dit was n baie onstiumige jaar die land, politiek en ekonomie is ‘n gemors, en so het die Olifant trop ook die jaar ervaar met gemengde gevoelens. Pierre het in Januarie die voorsitter stoel oor geneem en die leisels vir ons vas gehou. Baie dankie Pierre vir jou en die res van die bestuur vir julle bereidwilligheid en liefde vir ons organisasie. Van ons lede het geliefdes aan die dood afgestaan en daar was van julle in die hospitaal. Die Here was baie goed vir die Olifan-te en deur Sy genade kon ons die beproewinge te bowe kom. Met van die ander lede het dit baie goed gegaan. Sommiges het klein kinders en skoon kinders by gekry. Met die kampe het dit ook goed gegaan. Elke kamp is baie lekker en ons het ‘n paar nuwe dinge gedoen.

Die ekonomie druk dit kan gesien word in die kamp persentasie wat laer is. Die wat wel die kampe by gewoon het sal kan getuig dat ons baie lekker gekuier het.

Die AJV het baie goed afgeloop, die nuwe bestuur is gekies en baie geluk aan julle almal en dankie dat julle bereid is om voor te loop. Die lede wat uitgetree het baie dankie vir die harde werk en toegewydheid waarmee julle die taak verrig het. Baie ge-luk aan almal wat toekennings gekry het. Julle het dit werklik verdien. Baie dankie ook aan ons Gebiedsvoorsitters paar wat saam gekamp het. Om by die veranderde tye aan te pas is daar ‘n paar nuwe idees wat ek dink kan werk. Met die 100% bywoning kan gesien word hoe lekker ons kamp.

Die Kerskamp was goed bygewoon en met die reen het ons weer gesien dat niks die trop van stryk bring nie. Planne is gemaak en ons het dit baie geniet. Baie dankie aan almal wat die naweek gekamp het en gehelp het om dit n sukses te maak.

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir julle harde werk en ondersteuning die jaar. As dit nie vir julle was nie sou die Olifante nie van krag tot krag gegaan het nie en was ons nie so lekker groep mense nie. Die jaar wat voorle sal ons almal moet hard werk om dit n sukses te maak. Die einde van die jaar is dit ons 35ste verjaarsdag. Dis n groot mylpaal maar ons moet nou al begin beplan en harde werk le voor vir elke lid. Ons gaan op elkeen se knoppie moet druk om dit n sukses te maak. Ek weet die Olifante KAN.

Van my, Helen en die bestuur wil ons graag vir u almal ‘n baie geseënde feesseisoen toewens en ‘n baie voorspoedige 2018. Mag almal die vreugde van God ervaar en die feesseisoen herdenk vir die doel wat die Bybel ons leer.

Die wat ‘n bietjie gaan rus of weg gaan, geniet dit en kom veilig en uitgerus terug. Daar is van die Olifante wat nie wel is nie en ander beproewinge het. Mag die Heer met jul almal wees, julle gesond maak en Sy hand oor ons almal hou. Laat Heer U wil geskied.

Olifant groete

Jan & Helen.

Eendag by 'n wynmakery

Page 6: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 6

VOOG - Johnny & Esme Botha

J Bronkhorst C Fisher

G Vosloo

VOOG - Jan & Helen de Wet

C Venter F van der Merwe

G Roos P van Rooyen

VOOG - Manie en Elixe van der Merwe

Jde Wet B Korff

K Prinsloo H Cilliers

VOOG - Pierre & Susan Wilsenach

JD de Buin H van Tonder

L de Jager

VOOG - Vossie & Hannetjie Vosloo

S Wilsenach T Venter

M van der Merwe

KENNISGEWINGS

Op 'n loodgieter se bakkie:

"Ons maak reg wat jou man herstel het"

Op nog 'n loodgieter se bakkie:

"Moenie met 'n drup slaap nie − bel ons"

By 'n knaldemperhandelaar:

"Geen afspraak nodig. Ons het jou hoor aankom"

In 'n veearts se spreekkamer:

"Terug oor vyf minute. Sit! Bly!"

In 'n nierook-area:

"As ons rook sien, sal ons aanvaar jy is aan die brand en optree"

By 'n motorhandelaar:

"Die beste manier om weer op jou voete te kom, is om 'n paaiement te mis"

Voogdelys 2016

Nuus uit ons kontrei Feite en geite ...

Page 7: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 7

Huweliksherdenkings JANUARIE

FEBRUARIE

MAART

APRIL

MEI

JUNIE

JULIE

AUGUSTUS

SEPTEMBER

OKTOBER 8 MANIE & ELIZE VAN DER MERWE 14 JAN & TESSA DE BRUIN 23 JAN & HELEN DE WET NOVEMBER 14 JOHAN & ANNEMARIE BRONKHORST DESEMBER 2 NICO & LEONIE 13 VOSSIE & HANNETJIE VOSLOO

Op die krukkelys …

Sien Jan aan die woord

Verjaarsdae en herdenkings

NB! Indien jou naam nie hier verskyn nie of dit is foutief, skakel my asseblief onmiddelik.

VERJAARSDAE JANUARIE 27 Vossie Vosloo FEBRUARIE 15 PINE PIENAAR 18 SUSAN WILSENACH MAART 3 PIENAAR 12 JOHAN BRONKHORST APRIL 3 LEONIE DE JAGER 11 MANIE VAN DER MERWE 19 KOOS PRINSLOO MEI 6 JAN DE BRUIN 9 PIERRE WILSENACH 12 HANNETJIE VOSLOO 25 ANALYNN KORFF JUNIE 7 MARIE FISCHER 18 JUDITH CILLIERS 24 NICO HATTINGH JULIE 2 SUSAN VAN ROOYEN 4 JOHNNY BOTHA 20 PETRUS VAN ROOYEN 27 KEVIN OPPERMAN AUGUSTUS SEPTEMBER 4 ANNEMARIE BRONKHORST 6 HENNIE CILLIERS 27 OPPERMAN ANTONIE VENTER 29 CARL FISCHER OKTOBER 2 HELEN DE WET 3 BOBBY KORFF 22 FRIK VAN HEERDEN NOVEMBER 1 CHARLOTTE VENTER 2 JAN DE WET 22 ELIZE VAN DER MERWE 25 RIET PRINSLOO

Page 8: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 8

Die proeer by 'n wynmakery is oorlede en hulle adverteer die vakante pos. 'n Dronk, vuil en verflenterde

man doen aansoek. Die direkteur wonder hoe om van die man ontslae te raak en gee hom toe 'n glas

wyn.

Die dronkie proe. "Dis muskaat, drie jaar oud en van 'n noordelike hang. In staalhouers verouder. Lae

graad, maar drinkbaar." "Dis korrek," se die direkteur, en gee nog 'n glas wyn aan. "Cabernet, agt jaar

oud, suidelike hang. Teen 50 oC in eikehout verouder. Sal oor drie jaar nog beter smaak." "Korrek." Toe

nog 'n glas. "Pinot blanc sjampanje, hoe graad, eksklusief."

Die direkteur was verstom oor die man se kennis. Hy wink vir sy sekretaresse en fluister in haar oor. Sy

verlaat die lokaal en kom terug met 'n glas vol urine. Die dronklap proe. "Dis 'n blondine, 26 jaar oud, drie

maande swanger.

En as ek nie aangestel word nie, verklap ek wie die vader is."

Kom lag ‘n slag!

.Jip-jip vir wilde afrikaanse woordeskat

Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!

Hy is so maer, hy lyk soos ‘n potlood met ‘n handbriek.

Ek is nou so opgewonde soos n budgie op steroids !

Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!

Hy is so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks

Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.

‘Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.’

‘Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.’

Page 10: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 10

Ka Manzi Kamp 29 April tot 1 Mei 2016 Tannie, hier is so stukkie oor die nasionale saamtrek:

Vrydag, laatmiddag staan ons voor die hek en word vriendelik gegroet deur die oop venster: Hello Sir. “Sir”nogal? Ek weet nie mooi hoe om die een te hanteer nie; daar is ‘n groot bord op wat lees: No exit without a valid entry permit. “I’m camping with SAWA this weekend” hakkel ek in Engels. Nadat hy my details gevat het, druk hy sy knoppie en die hek lig op. Dis nou hier waar die moeilike gedeelte begin. Ons ken niemand van die mense nie en hulle ken ons ook nie. Waar moet ons staan? Ons ry deur die kamp en sien ‘n groep karavane wat lyk of hulle saam kamp, maar die staanplekke is reeds vol. Ons ry verby en kry gelukkig nog kampers wat spog met hul SAWA embleem. Nou weet ek ons is op die regte plek. Ons het ons staanplek uitgekies naby aan die speelpark sodat die pop-pies hulself kan geniet en ons nie te veel bekommer nie.

Nesskrop was ‘n moelike gedoente. Ek kon net sowel my tentpenne in ‘n sementblok probeer in slaan het. Die grond is hard!

Na afloop van die gedoente, sit ons en geniet ‘n koue een terwyl ons die ander mense bestudeer. Hoe gaan ons nou tussen die klomp vreemde mense in vaar en vir hulle vertel dat ons eintlik deel van hulle is? Ons besluit om te wag vir boekevat, dan kan ons vir hulle met ons SAWA sangbundel “wys” dat ons deel van hulle moet wees…

Elkeen vat sy stoel en Janie het die sangbundel onder die arm. Nou gaan ons boekevat. My stoel het skaars grond geraak, toe staan die oom voor my met sy hand uitgestrek om my blad te skud. Ons word aan almal in die onmiddelike omgewing voorgestel en welkom geheet.

Boekevat word begin met ‘n baie mooi boodskap. Ons sing heerlik saam en daarna begin die kuier. Die kiddies was lekker moeg en ons moes vroeg terug karavaan toe. Gelukkig voel ons darem tuis tussen al die vreemde mense.

Saterdag is ek vroegoggend op om die plek te verken, voor die vroumense wakker word. Dan is jou tyd mos nie meer jou eie nie… Die plek het groot grasperke en afdakkies langs die dam. ‘n Paar verdwaalde swembaddens is oor die kamp gestrooi, maar hulle is almal koud en my lyf hou nie van koue nie.

Saterdagaand is weer boekevat en saam braai. Dit was ‘n “grand affair” met tafels, stoele, tafeldoeke, musiek, dans, eet, gesels en lekker kuier. Teen die tyd het Miané en haar “beste maatjie” die saal op horings geneem.

Sondagoggend se Erediens het ook ‘n mooi boodskappie gehad en die afsluiting was kort en kragtig. Ons was 31 waens, waarvan een gaste was. Daar was 10 streke teenwoordig en 5 gebiede. Dagbestuur het almal bedank en onderneem om die nasionale saamtrek op die kalender te behou.

Van ons kant af, wil ons ook namens die Olifante vir almal wat deel was van die naweek, baie dankie sê vir ‘n baie lekker naweek. Sien julle weer iewers op ‘n kampterein.

Kamp groete,

Kevin, Janie, Miané en Melissa

Kampverslag ….

Page 11: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 11

Saamtrek fokus…...

,

Page 12: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 12

Lekker Man Lekker!!

Page 13: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 13

Page 14: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 14

Fotoblad—Kersboom

Die rustigheid van die naweek onder die bome en die vreugdevure brand hoog

Die grootste Kersgeskenk wat ons ontvang “Reen”en in alle afwagting op Kersvader wat geskenke kom uitdeel

Jan stel “Kersvader” voor en ongelukkig het hy nie sy rooi pak en baard aan nie dan sou hy verseker

die kinders die skrik op die lyf gejaag het maar hulle het mooi geposeer vir die foto’s.

Page 15: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 15

Kersboom - Olifantsrivier 2017

Geskenke word uitgedeel en met groot konsternasie is die “groot mense” aan die beurt.

Gelukkig het almal ‘n geskenk gekry en is daar aangesit vir ‘n feesmaal soos net die “Olifante” heerlike ete

Baie geluk aan Nico en Leonie saam met haar moeder wat as Olifant van die naweek gekies is en aan al

die Kampkommandante wat alles vlot laat verloop met al die reelings alles in plek, Baie dankie.

Page 16: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 16

Tieners

Hoe om te weet of jou kind regtig begaafd is

Drie maniere om jou HLP-kind te ondesteun 1. Gee hulle take wat hulle uitdaag; haal hulle uit hul gemaksone.

Maar benader dit reg: Die doel is om hul belangstelling te prikkel en hulle te help om selfvertroue te hê

om hul vaardighede te verbeter, nie om hulle te dwing om te misluk nie. As hulle verveeld of geïrriteerd

met die taak raak, kan hulle bang vir mislukking wees. Wees gaaf en geduldig en maak dit makliker. Net

so sal enige iets te maklik hulle vinnig verveel.

2. Help hulle om na hul portuur te neig (geesverwante kinders op dieselfde golflengte).

HLP-kinders moet saam met ander mense soos hulle wees om te keer dat hulle geïsoleerd voel en hulle

help om normaal te voel. Sommige verkies die geselskap van ouer kinders (of selfs volwassenes) om as

klankbord vir hul idees te gebruik en speletjies mee te speel omdat hulle op komplekser maniere dink as

kinders van hul eie ouderdom. “Om ’n kind egter weg van vriende na ’n klas van ouer, groter en volwas-

sener kinders te skuif is oor die algemeen nie ’n goeie idee nie,” sê prof. Freeman. “Een van die bel-

angrikste dinge om van hierdie kinders te verstaan is dat hul sosiale en emosionele ontwikkeling van hul

intellektuele ontwikkeling kan verskil.” Dit kan ’n ingewikkelde taak wees – as dit lyk of jou kind ’n natuur-

like portuurgroep het, is dit waarskynlik nie nodig om in te gryp nie. As hulle selfvertroue by die huis het,

maar sosiaal onttrek, moet jy egter dalk weer dink oor saam met wie hulle hul tyd deurbring.

3. Leer hulle dat dit oukei is om te misluk.

In die woorde van Barry Teare, skrywer van Help Your Talented Child: The essential guide for parents:

“Mislukking as ’n resultaat van avontuurlike denke is een van die bestanddele van sukses op die hoogste

vlak. Die enigste mense wat nooit misluk nie, is hulle wat niks doen nie of net maklike goed doen, wat

uiteindelik nie vir hulle of enige iemand anders help nie.”

Slim kind:

Ken die antwoorde

Stel belang

Het goeie idees

Werk hard

Geniet hul portuurgroep

Absorbeer inligting maklik

Is tevrede met sy/haar eie werk

HLP-kind

Vra die vrae

Is uiters nuuskierig

Het ongewone, “lawwe” idees

Speel rond, maar toets goed

Verkies die geselskap van ouer kinders

Ken reeds die inligting is baie selfkrities

Wat is die kenmerkende tekens dat jou kind uitsonderlik skerp is – en hoe kan jy hulle die beste ondersteuning gee?

Page 18: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 18

Senior Burgers

Jy kry ´n kramp as jou spiere skielik saamtrek en die pyn kan ´n paar minute duur. Sport, swem in koue water, swak na die spiere en ´n gebrek aan sout of ander minerale veroor-saak krampe. Krampe kom gewoonlik in die bene, voete en hande voor. Swem in baie koue water, swak bloedsirkulasie na die spier, sout- en ander mineraaltekorte en wan-balanse is ook algemene oorsake. Suurstoftekort, rookgewoontes, passiwiteit, artritis, dehidrasie, hitte-aanvalle en verkalkte are kan ook faktore wees. Kinders ondervind dikwels spier- en beenpyne wat as groeipyne bekend staan. Chroniese spierkrampe dui dikwels op ´n tekort aan magnesium. Trek die betrokke ledemaat reguit deur dit op- of afwaarts te buig. Masseer die aangetaste dele asook die hele omliggende deel. Vir tekorte probeer aanvullings van kalsium, magne-sium, kalium, yster, Vitamiene B, C en D en seewiertablette. Vitamien E is goed vir krampe wat na oefening of in die aand voorkom en is baie doeltreffend vir die verbetering van die bloedsomloop, veral in die geval van verkalkte are.. Spreek jou dokter indien jy bedags krampe kry terwyl jy aktief is.

Boereraat:

Drink ’n bietjie sterk suikerwater.

KRAMPE

Page 19: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 19

Suid-Afrikaanse-Woonwa-Assosiasie EREKODE

Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grondwet, asook die Reëls en die Gedragskode van die S.A.W.A.

Verder verbind ek myself tot die volgende:

1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van SAWA te bewaar en uit te lewe;

2. Ek sal SAWA dien sovêr ek kan en alles in my vermoë doen om ons Assosiasie uit te brei;

3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fauna en flo-ra beskerm en bewaar;

4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasiliteite tot my beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder ongerief kan gebruik;

5. Ek sal poog om in alles opsigte hoflik te wees, beleefd op te tree en bedagsaam te handel teenoor alle padgebruikers;

6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie ek in aanraking kom af te dwing.

SAWA is die leier in woonwa-kampering

MISSIE

Vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders ‘n tuiste te bied waar hulle binne ‘n Christelike konteks hul beginsels en kultuur kan uitleef;

Vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kampeer;

Die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhan-deling en samewerking met ander instansies;

Die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf;

In alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig.

WAARDES

* Christenskap * Lojaliteit * Verantwoordelikheid * Integriteit * Eerlikheid

* Diensbaarheid * Verdraagsaamheid * Respek

Kuierkos & Wenke

FUDGE KOEK

1 ½ koppies suiker

½ koppie kakao

1 ½ teelepels koeksoda

2 koppies meel

¾ teelepel sout

1 ½ teelepels vanielje

¾ koppie olie

1 ½ koppies water

1 ½ teelepels wit asyn

Oond 180 C

Pan grootte 9×3 (ongeveer 23cm) (Pan moet ongespuit

wees))

Meng die nat bestandele. Meng die droe bestandele.

Meng alles tot gladde mengsel

Bak vir 25 minute

Versier met jou keuse van versiersel bv karamel kon-

densmelk en klapper, geklopte room, ganache ens. Wees

versigtig, die koek is baie klam so moenie te stywe ver-

siersel probeer oorsmeer nie.

Mate en gewigte

Algemeen

1 koppie = 250 g

1 eetlepel = 12,5 g

1 teelepel = 5 g

1 wynglas = 106 mℓ

1 sjerrieglas = 71 mℓ

Afkortings

g, gram

kg, kilogram

mℓ, milliliter

l, liter

cm, centimeter

Page 20: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 20

Slotgedagte 1. Die Kelkiewyn

Tema: Verbondsonderrig - Katkisasie - Sondagskool "Sommige van ons no-

em dit Sondagskool ander katkisasie, en nog ander verbondsonderrig.

Wat jy dit ookal noem, dit is duidelik, gemeentes behoort ʼn poging aan

te wend om hulle dooplidmate te onderrig om op alle gebiede in hulle

lewens die Here te dien. In hierdie uitgawe staan ons spesifiek stil

by die amptelike onderrig wat kerke aan hulle dooplidmate gee, om

hulle so op te voed dat hulle uiteindelik volwasse in die geloof raak

en dan in die openbaar belydenis van hulle geloof aflê."

2. Woordoordenking

Hag.1:8,9 : "Wat het hier gebeur ? Die volk het mense meer begin vrees

as vir God, hulle het meer ag gegee op mense (die valse kerk en valse

staat) se wette en bedreiginge, as God se bevel en beloftes, hulle het

hul eie belange en behoeftes voor God en sy Woord gestel. Ook in ons

tye kry ons dit: in die Beeld verlede week, op die voorblad, word daar

berig dat sodra Malema ‘iets kwyt raak’, die mense vlug na die em-

igrasie kantoor, oppad buiteland toe (Ps.78:8-11). Mense, selfs ge-

lowiges, vrees nietige mense en woorde meer as vir God en sy gebod.

Dink net hoe sou ons land gelyk het, as die mense, veral kerkmense,

die Here en sy Woord so gevrees en gehoorsaam het ?"

Groete Slabbert Le Cornu "“Antwoord my, Here, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat

terugkeer. Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die

brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer,

ja, die water wat in die sloot was, opgelek"- 1 Konings

18:37-38 Amen"

“Ons vir jou Suid-Afrika”

Page 21: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid Afrikaanse Woonwa Assosiasie · 2018. 3. 11. · 4 johnny botha . 20 petrus van rooyen . 27 kevin opperman . augustus . september

Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 21

Bronne Hiermee gee ek as redaktriese van die Trompetter erkenning aan die volgende:

Sarie

Internet

Facebook

Deo Gloria Gemeente

Sanlam

Google

Rooi Rose