3
BELANGRIKE DATUMS nuusbrief 3 Nuusbrief van Huis Kalahari Visser en Huis McFarlane Julie 2013 5 Augustus 2013 Oueraand Gr 8-12 18:00—21 :00 7 Augustus 2013 Koshuisdinee 12 Augustus 2013 Vakkeuse Gr 10 inhandig 2 September 2013 Gr 12 Eksamen begin 4 September 2013 Toetsreeks begin Gr 8—11 16 September 2013 Eksamen en Toetsreeks eindig 20 September 2013 Matriekafskeid SKOOL SLUIT Die jaar is alreeds by die halfpadmerk verby en na ‘n vakansie van baie opwinding pak ons die tweede helfte met groot dankbaarheid en entoesiasme aan. Baie geluk aan ons sportsterre en hul gesinne met uitsonderlike prestasies wat bereik is. Ons is geweldig trots op ons wêreldkampioen hekkiesatleet, Helene Swanepoel, asook Rikus Bothma, Jacques Vermeulen, Grant Hermanus en JD Schickerling wat die SA Skolerugbyspan gehaal het. Ons is ook dankbaar vir mooi akademiese prestasies van die afgelope Junie- eksamen. LEERDERSAKE DISSIPLINE Om ‘n tuiste te skep waar ons na orde, respek en omgee strewe, is dit uiters noodsaaklik dat ouers ons dienspersoneel sal ondersteun en hul optrede teenoor ons kinders sal respekteer. Wees verseker dat ons te alle tye konsekwent en regverdig optree. Bemoedig u kind en wys hom/haar dat hy/sy die reëls te alle tye moet gehoorsaam. Leer hulle asb om die reëls te verstaan. UITTEKENPROSES: Die uittekenprosedures is vir ons ‘n geweldige groot kopseer. Dit is baie belangrik dat ons ouers en kinders die prosedures verstaan en korrek hanteer. Ons verwys hier na die skrywe wat reeds verlede kwartaal per e-pos aan al ons Huis McFarlane-ouers uitgestuur is. As u dit nie ontvang het nie, moet u ons asseblief in kennis stel en seker maak dat ons u e-pos adres korrek het. Die reëlings word kwartaalliks aan die leerders voorgehou en ons wil pleit dat u en die leerders die korrekte prosedures sal volg. Dit is ook op die webtuiste beskikbaar. Die hoofdoel is u kind se veiligheid.

nuusbrief 3 - PGKoshuise...is ook dankbaar vir mooi akademiese prestasies van die afgelope Junie 20 September 2013 Matriekafskeid SKOOL SLUIT Die jaar is alreeds by die halfpadmerk

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: nuusbrief 3 - PGKoshuise...is ook dankbaar vir mooi akademiese prestasies van die afgelope Junie 20 September 2013 Matriekafskeid SKOOL SLUIT Die jaar is alreeds by die halfpadmerk

BELANGRIKE DATUMS

nuusbrief 3 Nuusbrief van Huis Kalahari Visser en Huis McFarlane

Julie 2013

5 Augustus 2013

Oueraand Gr 8-12

18:00—21 :00

7 Augustus 2013

Koshuisdinee

12 Augustus 2013

Vakkeuse Gr 10 inhandig

2 September 2013

Gr 12 Eksamen begin

4 September 2013

Toetsreeks begin Gr 8—11

16 September 2013

Eksamen en Toetsreeks

eindig

20 September 2013

Matriekafskeid

SKOOL SLUIT

Die jaar is alreeds by die halfpadmerk verby en na ‘n vakansie van baie opwinding pak ons die tweede helfte met groot dankbaarheid en entoesiasme aan.

Baie geluk aan ons sportsterre en hul gesinne met uitsonderlike prestasies wat bereik is. Ons is geweldig trots op ons wêreldkampioen hekkiesatleet, Helene Swanepoel, asook Rikus Bothma, Jacques Vermeulen, Grant Hermanus en JD Schickerling wat die SA Skolerugbyspan gehaal het. Ons is ook dankbaar vir mooi akademiese prestasies van die afgelope Junie- eksamen.

LEERDERSAKE

DISSIPLINE

Om ‘n tuiste te skep waar ons na orde, respek en omgee strewe, is dit uiters noodsaaklik dat ouers ons dienspersoneel sal ondersteun en hul optrede teenoor ons kinders sal respekteer. Wees verseker dat ons te alle tye konsekwent en regverdig optree. Bemoedig u kind en wys hom/haar dat hy/sy die reëls te alle tye moet gehoorsaam. Leer hulle asb om die reëls te verstaan.

UITTEKENPROSES: Die uittekenprosedures is vir ons ‘n geweldige groot kopseer. Dit is baie belangrik dat ons ouers en kinders die prosedures verstaan en korrek hanteer. Ons verwys hier na die skrywe wat reeds verlede kwartaal per e-pos aan al ons Huis McFarlane-ouers uitgestuur is. As u dit nie ontvang het nie, moet u ons asseblief in kennis stel en seker maak dat ons u e-pos adres korrek het. Die reëlings word kwartaalliks aan die leerders voorgehou en ons wil pleit dat u en die leerders die korrekte prosedures sal volg. Dit is ook op die webtuiste beskikbaar. Die hoofdoel is u kind se veiligheid.

Page 2: nuusbrief 3 - PGKoshuise...is ook dankbaar vir mooi akademiese prestasies van die afgelope Junie 20 September 2013 Matriekafskeid SKOOL SLUIT Die jaar is alreeds by die halfpadmerk

DETENSIE: Geen verkonings word aanvaar vir enige uitstel van detensie of naweekhok nie, tensy dit sportverpligtinge of siekte in die familie is.

Let daarop: 15 strafpunte lei tot Vrydagmiddag detensie, 45 punte tot naweekhok, 65 punte tot dissiplinêre gesprek, 90 punte voor dissiplinêre komitee, 135 punte tot heraansoek.

KLEREDRAG: Baie dankie aan al ons leerders wat getrou in korrekte skooldrag by die koshuise aankom en dit verlaat, hetsy vir buitesport, dorp toe gaan of wanneer hulle naweke huis toe gaan. Skooldrag wat gemeng en pas word met gewone klere is onaanvaarbaar.

GEEN HANDELDRYF: Leerders sal nie meer voortaan kan handeldryf in die koshuise vir eie fondse nie. Geen gebak, tuisgemaakte produkte, lekkergoed of koeldrank nie. Vir spesiale projekte sal daar eers toestemming verkry moet word by die onderskeie seuns- en dogters- superintendente.

FINANSIES Baie dankie aan ons ouers wat so getrou hul kinders se koshuisgelde betaal. Ons herinner u net weer dat die maandelikse betaling op die eerste dag van elke maand geskied en hierdie kwartaal se betaling reeds teen 19 Julie 2013 moes geskied het.

Ouers van graad 12-leerders moet asseblief daarop let dat hulle volle koshuisrekening van R25 000 vereffen moet wees teen die einde van die derde kwartaal. Geen korting word aan graad 12-leerders toegestaan nie. Indien die rekening nie ten volle betaal is nie, kan die leerder nie vir die vierde kwartaal terugkeer na die koshuis nie.

Ons kon ons fondse verstrek deur huisvesting te bied aan die spelers van die Cape Schools gedurende die Junie-vankansie. Baie dankie aan die leerders wat so gewillig hul kamers ontruim vir die doel.

Let daarop dat: Geen leerder mag in die week by enige iemand anders gaan slaap behalwe by sy/haar ouers nie. Geen verjaarsdagpartytjies word toegelaat in die aand nie. Slegs die leerder wat verjaar kan saam met sy/haar ouers uitgaan vir die aand. Broer/s of suster/s mag saamgaan. Indien u as ouer of die betrokke ryklub se ouer nie u kind kan uitteken nie, kan selgs die diensonderwyser dit doen mits hy/sy deur u gekontak is. GEEN LEERDER MAG HOM-/HAARSELF UITTEKEN NIE. Besoek ons webtuise en vergewis u van die personeel se diensroosters en kontaknommers. Dit is ook in die voorportale van die koshuise aangebring. U moet te alle tye uittekenreëlings met die betrokke diensonderwyser(es) tref of betyds ‘n e-pos of faks stuur aan Ilze Stoman.

KAMERNETHEID: Ons doen ‘n beroep op ons ouers om u kind/ers aan te spreek oor die netheid van hul kamers. Die netheid van ons kamers dra by tot ons beeld na buite. Daar is werklik tye van groot verleentheid. Ons personeel ervaar ook probleme met die skoonmaak as die leerders se besittings rondlê wat veronderstel is om weggebêre te wees tydens skoolure.

Page 3: nuusbrief 3 - PGKoshuise...is ook dankbaar vir mooi akademiese prestasies van die afgelope Junie 20 September 2013 Matriekafskeid SKOOL SLUIT Die jaar is alreeds by die halfpadmerk

INFRASTRUKTUUR

HUIS McFARLANE

KOMBUIS: Die plafon in die kombuis is oorgedoen.

GORDYNE: Daar is begin met die projek om 32 dogterkamers te voorsien van nuwe gordyne.

PANEELVERWARMERS: Paneelverwarmers is reeds verlede jaar geïnstalleer by die Dempersvleuel aan die dogterskant. Na ‘n deeglike ondersoek is gevind dat die res van die koshuis se kamers geen geskikte plek bied om dit te installeer nie en is dit slegs in die prefektekamers geïnstalleer.

DOGTERSBADKAMER: Die dogtersbadkamer op die grondvloer is pragtig opgegradeer.

INTERNET: Daar is internet-koppeling in die dogters- en seunsstudiesale aangebring.

HUIS KALAHARI VISSER TRAPPE: Die trappe vanuit die voorportaal na die seunsvloer is nuut geteël. VEILIGHEID: Ons kinders se veiligheid is pioriteit, so ook ons eiendom. Daar sal voortaan veiligheidswagte diens doen op die perseel van Huis Kalahari Visser. Hierdie beveiliging sal elke dag van die week geskied asook gedurende die vakansies vanaf 18:00 tot 06:00.

HUISHOUDING ELEKTRISITEIT: In ‘n poging om by te dra tot elektrisiteitsbesparing gaan die warmwatersilinders voortaan op vasgestelde tye van die dag afgeskakel word. Dit sal geensins die warmwaterverbruik van die leerders beïnvloed nie.

Maak asseblief u kind/ers bewus daarvan om ook die koshuise se krag oordeelkundig te gebruik.

ETES: Dit is baie belangrik dat leerders alle etes bywoon. Daar is daagliks kontrole by elke ete. Afwesighede sal by diensonderwyser/es aangemeld word wat dit sal opvolg. Indien ‘n leerder enige aktiwiteit soos bv. wiskundeklasse, swem ens. in dié tye het, moet hy/sy vooraf verskoning maak by die diensonderwyser/es.

Interskole-koors is hoog. Dit is beslis die mees opwindende deel van die skooljaar. Dit bly ‘n unieke geleentheid en voorreg, daarom nooi ons u uit om u kind/ers te kom ondersteun in ‘n goeie gees en gesindheid. Vriendelike groete André Oberholzer KOSHUISHOOF