16
1 05/2015 Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS. Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

Nuwe Lewe Mei 2015 Bulletin

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Welkom by die Mei maand bulletin van die Nuwe Lewe AGS in Montagu.

Citation preview

  • 1

    05/2015

    Nuwe Lewe Montagu is n gemeente van die AGS.

    Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier!

    Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

  • 2

    JAARBEPLANNING 2015

    Datum Dag Bediening Geleentheid

    Mei

    3 Mei So NL3 Qlub Pret-dag

    10 Mei So Vrouebediening Moedersdagdiens

    14 Mei Do Spesiale Dienste Hemelvaart - Douvoordagdiens

    18-22 Mei Ma-Vr Transformasie Transformasieweek (Pinkster)

    24 Mei So Spesiale dienste Pinkstersondag

    Junie 7 Junie So NL3 Qlub Uitreik

    20 Junie Sat Mannebediening Regmaakdag

    Julie 25 Julie Sat Vrouebediening Opvoering

    Sept 9 Sept Wo Transformasie Bid-Stap

    26 Sept Sat Mannebediening Regmaakdag

    Okt 5-9 Okt Ma-Vr Tieners & Kinders Jeugkamp

    23-25 Okt Vr-So Vrouebediening Vrouekamp

    Nov 1 Nov So Transformasie Uithoeke v. Aarde Sondag

    29 Nov So aand Mannebediening Manneaand - Jaarafsluiting

    Des

    6 Des Son NL3 Qlub Kinderkerk Jaarafsluiting

    25 Des Vr Spesiale Dienste Kersoggenddiens

    31 Des Do Spesiale Dienste Oujaarsaanddiens

    BIRTHDAYS & ANNIVERSARIES IN MAY

    1 Tyra Boyce (7) 1 Alta Whitebread

    5 Ria Olivier 8 Wendy Visser (11)

    11 Christiaan Boshoff (14) 12 Marius Nortj

    14 Mila Roscherr (9) 14 William Thompson

    15 Alex Johnstone-Robertson (7) 16 Emil Verreynne

    19 Magda Fouch 22 Andreas van Niekerk

    23 Mark Strydom 24 Virginia Arendse

    27 Jean-Marie van der Walt 29 Patti van Dyk

    24 Brian & Virginia Arendse 5 Louisa Booysen

  • 3

    UIT PASTOOR LOURENS SE HART: WAT GOD VAN ONS VRA . Soms is dit moeilik om te weet wat die regte ding is vir `n mens om te doen, en hoekom dit so is. Ek het al dikwels gehoor dat iemand wat deur druk tye gaan s: Ek wonder wat die situasie van my vereis. Ek wonder wat mense van my verwag. Ek wonder wat God van my vra. En dit is dikwels die moeilikste vraag van almal. Want wat verwag die Here nou eintlik van `n mens? In Miga 6 gee die Bybel `n wonderlike opsomming wat vir ons in moeilike tye berusting kan gee.

    Daar staan: Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

    Elkeen van ons kom in die lewe by plekke wat ons s: ek weet nie wat om te doen nie. Selfs dat ons vir God wil vra: wat wil U van my h? Skiet ek dalk rens te kort? Wat moet ek doen om bedag te wees op wat U van my verwag? Dan kan `n mens altyd terugval op `n paar basiese beginsels uit God se Woord. In hierdie teks van Miga is daar drie dinge wat ons selfs in stormagtige tye kan help om koers te hou.

    1. Om Reg te Laat Geskied Soms kry `n mens in moeilike tye die versoeking om teen jou beginsels op te tree; om te doen wat jy weet nie reg is nie. Ons moet altyd aanhou streef om reg te laat geskied. Dit is die pad waarop `n mens moet bly, selfs al struikel jy en selfs al is dit soms styl `n mens kan beter worstel op die regte pad as om te gemaklik te ry op die verkeerde pad.

    2. Om Liefde te Bewys Dit is `n moeilike een, want dis moeilik om mense te vergewe wat slegte dinge aan jou doen, of wat die lewe vir jou moeilik maak. `n Mens kan selfs in haat verval. As dit gebeur dan tas dit welstand van jou siel aan. Die pad wat die Here vir ons gee is om goed te doen waar ons goed kan doen en om selfs waar ons te na gekom word die vrede van ons gemoed te behou

    3. Om Getrou te Wees Getrouheid gaan oor `n mens se lewenspatroon. Iemand wat getrou is, is iemand wat gereeld die goeie dinge doen. Die Here vra van ons om dit wat goed is nie net te aanvaar en soms te doen nie, maar om dit ons lewenspatroon te maak.

    En dan, as `n mens hierdie dinge nastreef, regverdigheid + liefde + getrouheid, word dit jou gereken as bedagsaamheid teenoor God self, en Hy sal jou daarvoor sen.

  • 4

    WAT MAAK MUSIEK SO KOSBAAR? BYDRAE DEUR LELANIE STEMMET

    KONTAK: [email protected]

    Musiek is regtig iets wonderlik wat die Here gemaak het. Dit is iets waarmee ons met Hom kan kommunikeer op n ander vlak as gewoonlik. Musiek het n impak op al die aspekte van ons lewens. Musiek kan n enigeen se moodverander en musiek het ook n invloed op jou brein.

    Musiek het baie mag oor ons, of ons dit agterkom of nie. Ons moet musiek gebruik om met God te praat of in Sy teenwoordigheid te kom . Wanneer iemand n liedjie herhaal, word die woorde van daardie liedjie in ons brein gegrafeer.

    In die Bybel is daar baie verhale wat vertel watter groot effek musiek op mense se lewens gehad het. Ek dink aan Saul wat vir Dawid geroep het om vir hom op sy harp te speel wanneer hy deur die bose geeste getreiter is. Elia is ook deur musiek geinspireer in 2 Konings 3 vers 15 om te profeteer. In 2 Kronieke 5 vers 13 en 14 hoor ons hoe die huis van die Here vervul is met n wolk en die priesters nie kon staan nie vanwe die heerlikheid van die Here. Musiek is ook deur God gebruik om die mure van Jerigo ineen te laat stort. In Openbaring is daar vele voorbeelde hoe God aanbid word met musiek en dit leer ons dat ons lofprysing in die hemel opgevang word as n lieflike offer aan God.

    Musiek het so n groot invloed op ons siel en gees en daarom moet ons baie kieskeurig wees oor die musiek wat ons luister. Net soos wat musiek ons opbou kan d took ons geestelik afbreek en word di took deur die Satan (die nabootser) gebruik om die teenoorgestelde effek as God se musiek op ons te h, soos gesien in Esegiel 38 vers 13-15.

    Ons as Christene behoort bewus te wees van die geweldige invloed wat musiek op ons het en daarom moet ons fyn monitor wat ons onsself en ons kinders toelaat om te

    luister. Onthou dat dit waarna ons luister ons definitief sal beinvloed en affekteer. Geniet musiek, want dit is deur God self aan ons gegee tot opbouing en stigting van onsself en ander en tot eer en verheerliking van Sy groot Naam.

  • 5

    VRUG VAN DIE GEES BYDRAE DEUR DALEEN MARAIS KONTAK: [email protected]

    Ek ontvang die volgende sms van my man : God verwag dat ons Sy arms, o, mond en voete moet wees. Die verskil l maar in wat ons s en hoe ons optree. Dit is juis so belangrik dat ons anders sal wees. Ons het die geleentheid om die verskil in mense se lewens te maak. In ons daaglikse wandel met mense verstaan ek dat daar n groter doel in ons lewens is.

    Dit het my weer laat dink. Hoe lyk ons as kind van God se daaglikse wandel en beeld wat ons uitstraal? Ek wil dit aan die hand van die vrug van die Gees uit Gal. 5:22 verduidelik. Ek het soveel bevestiging gekry dat ek oor die deel moet skryf. Eerstens noem Pastoor dat hy daaroor by Woordskool gaan praat, n dag later lees ek dit raak en die volgende aand noem die selleier dat ons die vrug van die Gees moet dra.

    Uit onsself kan ons dit egter nie doen. God s in Joh. 15:5 Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in my bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. Dit is dus nie moontlik om uit jouself die vrug op te tower nie, God moet dit in jou wakker maak, iets wat Hy laat groei en self deur jou dra.

    Liefde: vir God, jouself en ander (ook die wat dit nie verdien).

    Blydskap: die JOY wat jy uitstraal.

    Vrede: kalmte en rustigheid wat net van God kom en wat alle verstand te bowe gaan.

    Geduld, ander beskrywing = lankmoedigheid: Vraag is hoe lank is jou geduld met ander, maar ook met jouself?

    Vriendelikheid: ons lag almal in dieselfde taal en dis die kortste afstand tussen twee mense en kos eintlik niks.

    Goedheid: daardie sagte gees in jou, sonder kritiese uitkyk oor alles, almal en die lewe.

    Getrouheid: getrou te dien, getrou te wees aan jou huweliksmaat/verhouding, aan familie en vriende en aan jouself.

    Sagmoedigheid: deernis te h en omgee vir ander.

    Selfbeheersing: O jinne, moeilike een. Ons het nie verniet twee ore en slegs een mond nie. Om nie te gou te praat nie en as ons praat dan met liefde, sonder om te oordeel.

    Stel jouself in elke faset van jou menswees tot beskikking van God sodat jy nie eendag skaam sal wees oor jou onderskatting van jouself en jou kosbare vermons om vrug te dra nie en laat God jou gebruik soos Hy beplan het vir jou lewe.

  • 6

    KINDERBEDIENING BEDIENINGSLEIER: THYS VERREYNNE EPOS: [email protected] Ons Kinderbediening staan bekend as die NL3 Qlub. NL3 staan vir Nuwe Lewe Derde Generasie. Hierdie bediening is gerig op kinders tussen 6 en 13 jaar. Op Sondagoggende begelei hierdie bediening ons kinders in lesse en aktiwiteite. Daar word ook gesorg vir uitstappies en kampe. Verder streef die kinderbediening daarna om ouers betrokke te kry by die geestelike opvoeding van hulle eie kinders.

    Met groot opgewondenheid word die 2de termyn aangepak, nie dat daar niks in die vakansie gebeur het nie! Inteendeel is daar ware feite bespreek en vasgel en net lekker gesels rondom die Woord en die daaglikse lewe. Nie net om die Woord te hoor nie, maar ook om dit wat jy hoor toe te pas elke dag by die huis en waar jy ook al is.

    Ons het die termyn begin om die kinders in te lig oor hoe maklik word mense mislei, ja, selfs Christene! Die belangrikheid om die Woord te ken is weereens beklemtoon en is ons opgewonde om te leer hoe om n goeie soldaat vir Jesus te wees. Al ooit so daaraan gedink dat die kennis van die vyand kom van dieselfde bron as ons kennis van God af, naamlik die Bybel? Om n goeie soldaat vir God te wees, moet jy in God glo en vir Hom ontsag h. God moet altyd eerste kom en dit moet vir jou die belangrikste wees om meer van God te leer. Weet wie jy is! Jy is die ontvanger van God se groot genadegawes en hou daaraan vas elke dag. Leef dit elke dag uit en leer wat dit is om elke dag na aan God te leef. Weet dat ons kan niks doen om die genade en verlossing te verdien nie, want Christus het dit vir ons gedoen. Ons moet nou net strewe om Hom te dien, gehoorsaam te wees en om dit elke dag uit te leef!

    Ons is dankbaar vir elkeen wat getrou vir die Kinderkerk se kinders en die bedienaars bid, want sonder die gebede kan ons dit nie doen nie. Dankie aan alle bedienaars vir julle getrouheid en gewilligheid om te help om te bedien, maar ook vir al julle geduld! Ons weet dat die Kinderkerk die plek is vir jou en waar jy wil wees en dit gaan nog di plek word waar jy nie sal wil wegbly nie. Ons kinders is deel van die groot opwindende pad en ons weet dat God is n God van Sy Woord.

  • 7

    GRENSE, GEMEENSKAP EN TYD MET GOD BYDRAE: HENLO (3DE JAAR STUDENT) & LOURENS STRAUSS (1STE JAAR STUDENT)

    Ps. 119:9: Waarmee sal n jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord

    Dit is maklik om as n student van die pad af te dwaal en verkeerde besluite te neem. Daarom is dit belangrik dat jy tydens skool al jou grense stel en belangrike besluite neem, terwyl jy ook raad van jou ouers, onderwysers en kerkleiers kan vra.

    Ek het besef op universiteit dat dit moeilik sal wees om my pad suiwer te hou op my eie. Daar is baie challenges en versoekings in die studentelewe en op my eie sal ek al baie gestruikel het, maar deur die Woord van die Here kan ek daardie challenges en versoekings oorkom. Ek en my broer, Lourens, het vining besef dat Jesus jou middelpunt moet wees en dat n verhouding met Hom baie belangrik is. Soos Lourens s: Jy moet op universiteit n solid besluit vir God maak.

    1 Joh 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

    Ek en Lourens is baie bevoorreg om vriende te h wat die Here dien en on-fire is vir Jesus. Dit is belangrik in jou lewe om vriende te h wat passievol vir die Here dien. Dit help om mekaar op te bou, te ondersteun en om raad te kry van mense met dieselfde passie as jy. Daarom is dit belangrik om in selgroepies in te skakel en tyd met mekaar te spandeer. Ons altwee is baie gesend om deur die week ingeskakel te wees in selgroepies waar ons mekaar op bou en soos familie is.

    1 Kor. 1:9 God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.

    Tyd met Jesus is vir ons altwee baie belangrik. Ons gaan omtrent elke Sondag kerk toe, waar ons die Here waarlik ervaar en dit is amazing, en ons het ook n paar keer na kerkkampe gegaan waar ons n great experience gehad het, maar die persoonlike tyd wat jy met Jesus spandeer, is die sleutel. Om gereeld stiltetyd te hou is baie belangrik vir ons. Jy groei in jou verhouding met Jesus en leer om Sy stem te hoor. By n kamp het ons n uur gekry om tyd met Jesus te spandeer. Ons het berg opgestap elkeen op sy eie en net tyd met Hom spandeer. Dit was stil, rustig en net jy en God gewees. Ek sal almal aan raai om n stil en rustig plek te kry en tyd met Jesus te spandeer, die wreld uit te sluit en Sy whisper voice te hoor.

    Stel jou grense, omring jouself met vriende wat passievol is en die belangrikste maak tyd vir net jou en God.

  • 8

    THE CHRISTIAN RESPONSE TO TERRORISM http://www.blogos.org/thetakeaway/christian-response-terrorism.php

    By Kersley Fitzgerald Writer & former Air Force officer

    This is an exert from a blog written by Kersley Fitzgerald in response to a question about terrorism and specifically ISIS. ... But the appropriate response is not universal. It is not universal for the situation or the individual responding or the time. This is something the Bible illustrates well in the lives of three of God's servants: Joshua, Jeremiah, and Jonah. Joshua The Children of Israel have had their forty-year traipse through the desert. Moses is dead. It's Joshua's time. God commissions him as a military leader to invade and destroy the incredibly evil people of Canaan. God starts by telling him not to fear (Joshua 1:7, 9) and reaffirms His covenant with the people (Joshua 3-5). Then God lets Joshua loose. Despite a couple of hiccoughs (Joshua 7, 9), the Israelites do a pretty good job at defeating their enemy.

    We may find ourselves in that position too. Perhaps literally, for those in the military or law enforcement. Perhaps figuratively as we help a friend who is struggling with a lifestyle they need to leave. This is total rejection, destruction of the enemy, take no prisoners. The stuff of movies. It's not easy, but the focus is simple.

    Jeremiah But sometimes our job is a lot harder. Jeremiah was one of Judah's last prophets before the people were taken into captivity in Babylon. He didn't fight the invaders. In fact, God commissioned him specifically to tell his people not to fight (Jeremiah 27:8-11). Instead, they were to submit to their conquerors and know that God would deliver and bless them in the future (Jeremiah 29:10-11). This was really, really not easy. Jeremiah is known as "the weeping prophet" because both his message and the reality of the situation were so horrible (Lamentations 3:48-49). Despite this, he kept his faith in God. A couple of weeks ago, ISIS killed several Coptic Christians in Libya and then broadcast the murders. A brother of two of the martyrs thanked ISIS not for killing his brothers but for allowing his brothers' declarations of faith to be aired in their entirety. Horrible, inevitable situation, and God was glorified. Like Jeremiah, it's okay to mourn even as we trust God.

    Jonah Jonah's problem was that he trusted God, but he didn't like what he trusted. The people of Nineveh were probably on par with ISIS when it comes to brutality in war or worse. God commissioned Jonah to travel to Nineveh and tell the people to repent. Jonah didn't

  • 9

    want to because he knew if the people did repent, God would have mercy on them and refrain from squashing them like bugs. Finally, after a detour of mythical proportions, Jonah did as asked. And just like he feared, the Ninevites changed their ways and God relented. When we hear the story of Jonah, we chuckle and shake our heads. Foolish Jonah. What was he thinking going against God's word? An object lesson to us all. But how many of us would be willing to travel to ISIS-controlled territory to preach the gospel of repentance? How many would rather volunteer to be on the first ship to Mars? Would we be willing? Would we eventually go? Very few of us, I think.

    Jesus There's another example that encompasses all three and more. Unlike Jonah, Jesus willingly came to preach to a hostile audience, knowing that if people listened, God would be merciful. Like Jeremiah, He told His followers several times to expect persecution, fixing His sight on the future glory. On the cross, He fought like Joshua against sin and Satan, completely defeating His enemies.

    In evil, we may have to fight like Joshua, submit like Jeremiah, or preach like Jonah, but always love like Jesus.

    But He went beyond. He sacrificed His life. He forgave His enemies. He mourned, but He wasn't characterized by sorrow. He lived with joy and trust in God and most of all a love that we are too quick to set aside in our fears and self-righteousness.

    As a Christian, interacting with wide-spread hardship and evil isn't simple. We have to be willing to hear and obey God's commission in each arena and for each day. There is no one right way to face worldwide horrors; we each have our place in God's plan. Whether God calls us to conquer like Joshua, submit with hope like Jeremiah, or preach like Jonah, we need to be sure of our place and rely on His big picture. But, even in light of these examples, it's telling that the One we are told to emulate is Jesus.

  • 10

    BEDIENINGSLEIER: TINA VERREYNNE

    EPOS: [email protected]

    TEL: 023 100 0049 / 076 287 4415

    Met groot vreugde kan ons terugvoering gee vanaf ouers en onderwysers wat so dankbaar is vir die goeie werke wat by die Studentesentrum gedoen word. Daar is n merkbare verskil en verbetering in die kinders se skoolwerke en ja, die kinders se selfvertroue het ook soveel gegroei. Ons kan net al die eer aan ons Vader gee vir die daaglikse wysheid, insig en vermo om die kinders te kan help en om hulle te kan ondersteun. Ons het baie oulike ouers en saam met hulle is ons n goeie span!

    As u belangstel om n kind te borg vir die bywoning van die Studentesentrum skakel my smiddae of kontak Pastoor Lourens. Kom besoek gerus die sentrum in die middag en sien wat daar gedoen word om ons kinders in die gemeenskap te help. Kom ons vat hande en help ons kinders om hulleself goed voor te berei vir hulle toekoms. Elke kind se lewe is kosbaar, sowel die opvoeding en geleenthede om te leer!

    Net n gedagte om oor na te dink: Ons moet besluite neem, klein en groot, wat mense se lewens verander. Sommige daarvan word op die ingewing van die oomblik geneem, ander n lang oorweging, maar almal verg moed.

    Groete Tina, Ollie en Jo.

    TRANSFORMASIE & SENDINGNUUS BEDIENINGSLEIER: TINA VERREYNNE

    Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie bediening se doel is om ons

    gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van

    sendelinge in die veld.

    Ek sit Sondae graag vroeg in die kerk en wonder hoeveel mense neem die veranderinge in ons kerk waar, want daar is soveel nuwe gesigte en almal is welkom en word hartlik gegroet en met soveel liefde ontvang. Dit is wat my tuis laat voel en weet dit is my huis waar ek wil wees. Ons is soos een groot familie en ja, dit gons tog so lekker soos wat almal inkom en net wil deel met mekaar. Dit is lekker om daar te sit en te bid vir die oggend se verrigtinge en om net lekker met God te gesels.

    Die liefdesmaal het afgeskop net na die erediens. Dit was die meeste mense ooit en ons het almal heerlik saam geet. Hamburgers en slaaie bly n wenner! Die kinders het die

  • 11

    speelpark geniet en die nuwe afdak het gesorg vir n heerlike skaduwee. Dit is goed vir enige gemeente om so saam te kuier en die kinders te sien saam speel. Dankie vir elkeen wat die moeite gedoen het om n mandjie te pak en wat kom saamkuier het. Volgende keer maak ons weer so en di wat dit mis, mis baie! Sien jou, as dit die Here se wil is, volgende jaar daar!

    Estie Mellet wat sendingwerk in Malawi doen, was nou vir n paar dae in Suid-Afrika met vakansie en ook om aan te sterkna haar siekte. Sy is tans in Zimbabwe by n konferensie en sal ons op hoogte hou van sake daar en watter besluite geneem is. Bid getrou vir haar gesondheid. As jong mens is dit ook soms eensaam en verlang sy na haar eie mense.

    Die Ackerman-familie gaan deur fases, soos alle ouers, met hul kinders. Die kinders is groot en pragtig. Hulle het ons gebede nodig om ook vir hulle in te tree as ouers. In Turkye is die aanleer van die taal nie altyd so maklik nie en die werksomstandighede ook nie altyd so rooskleurig nie. Hulle kom voor baie uitdagings, Bid asseblief getrou vir hulle.

    Die Sapp-familie is tans in Amerika en dit gaan goed met hulle. Hulle is uit China as gevolg van hulle kind se gesondheid. Dit was n baie moeilike besluit na 13 jaar in China as sendelinge. Carl is betrokke by bouprojekte en maak houtrame vir die huise. Hulle woon in n dorp Oakley. Ons is die Here so dankbaar dat Hy hulle in die tyd gedra het en gehelp het. Daar was baie vrae, bitterheid en twyfel. God is getrou en al hulle ondervinding in China is nie verlore nie, want hulle kan steeds die Woord bring. God voorsien in alle omstandighede en geleenthede om sodoende toe te laat dat Sy Woord verkondig kan word tot die uitbreiding van Sy Koninkryk. Bid asseblief vir hulle en dra ook vir Danie en Annatjie op aan die Here.

    Wessel en Joan werk in Angola en hulle seun is tans in Windhoek vir sy skoolopleiding. Hulle is baie besig met opleiding van die studente vir dissipelskap, met naaldwerk en om meganiese werke te kan doen. Wessel is baie betrokke by Bybelskole en die opleiding van leiers asook om leiers van kerke toe te spreek. Bid asseblief vir hulle gesondheid en wysheid. Bid ook sonder ophou vir hulle beskerming teen malaria.

    Die Woord leer ons om geduldig te wees. Jak. 5:8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Uit onsself het ons geen gesag nie, maar deur God se genade gee Hy aan ons die gesag, die wettige reg om in sekere situasies in sy Naam bevele te gee en om gehoorsaamheid af te dwing. Ons moet God se wil ken en verstaan, daarom moet ons tyd met Sy Woord deurbring en onsself versterk as gelowiges saam te staan vir die werke van God op Montagu.

    Montagu is tog ons elkeen se sendingveld!

  • 12

    VRIENDE VAN DIE HERBERG Kontak: Petro Uren Herberg Kinderhuis | www.herberg.co.za | Tel: 023 626 3140 | e-pos: [email protected]

    Ons benodig dringend winters klere vir seuns ouderdoms groep 7 14 jaar oud sowel as winters nagklere vir seuns en dogters. Gebruikte klere is ook welkom.

    Ons beplan n houtwerk projek om vaardighede aan te leer vir ons kinders. Indien u enige houtwerk gereedskap het wat u nie gebruik nie of finansiel n bydrae wil maak kontak my asb. Die onkoste beloop ongeveer R20 000.00. Ons reik Artikel 18A kwitansies uit vir belastingdoeleindes.

    Indien u kan help kontak my asb [email protected] of tel. 023 626 3140. Ons sal dit baie waardeer.

  • 13

    JESUS CHRISTUS: DIE HOOP VAN ONS NASIE BYDRAE DEUR ANNIE NAUD

    KONTAK:

    Die naweek van 10-12 April het ek die voorreg gehad om saam met n handjie vol Nuwe Lewe tieners Bredasdorp toe te gaan na n kamp met die naam #Imagine. Die naam is afkomstig van die Engelse vertaling van Efesirs 3:20 wat as volg lees:

    Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us

    Net onder die 3500 mense het in Bredasdorp bymekaar gekom. Ter selfde tyd was daar ook so n gebeurtenis in Gauteng en in die Oos-Kaap. Altesaam was daar 8000 jongmense wat bymekaar gekom het om te verkondig dat hulle glo dat God in staat is om meer te doen as wat ons oor kan droom.

    Daar is twee dinge wat ek hierdie naweek besef het: 1) Ek het gedink ek is jonk van gees, maar het tot die gevolgtrekking gekom dat ek baie ouer is as wat ek voel! Dinge het darem baie vinnig verander in die kort rukkie vandat ek nie meer n tiener is nie en 2) As daar enige iemand is wat nie meer hoop vir ons land het nie moet hulle n bietjie tyd met ons passievolle jongmense spandeer. Met so baie ywerige jongmense wat vol geloof na die Here uitroep en in gehoorsaamheid aan Jesus wil lewe, kan ons verseker uitsien na n blink toekoms.

    Hierdie jaar se boodskappe by #Imagine het gehandel oor Markus 2:1-12. Die storie van die vier vriende wat hulle verlamde vriend na Jesus toe wou vat vir genesing. Daar was gesels oor die storie vanuit die skare se oogpunt, vanuit Jesus se oogpunt en vanuit die oogpunt van die vier vriende.

    Ons weet dat Jesus die enigste Een is wat hulp en genesing aan ons verlamde wreld kan gee. Hy is gewillig om dit te doen en ons moet bereid wees om die verskillende areas na Jesus toe te dra. Dit is n baie wye onderwerp wat aan vele areas van ons lewe raak. Die sprekers het die tieners aangemoedig om tyd met die Here te spandeer. Daar sal hulle die Here se hart vir Sy mense ontvang en so die Here se liefde op n outentieke manier uitleef.

    As twaalf dissipels deur die Here kon gebruik word om n verskil te kon maak, hoeveel meer nie 8000 jongmense in Suid-Afrika nie!

    Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op. Jesaja 60:1

  • 14

    5 STEPS TO PRIORITISE YOUR PRIORITIES BY THE JOHN MAXWELL COMPANY. http://www.johnmaxwell.com/blog/5-steps-to-prioritize-your-priorities MAY 13, 2013

    Priorities: we all have them, but its difficult to determine which should come first. For many years, John Maxwell has used two guidelines to measure his activity and determine his priorities.

    One of these is the Pareto Principle. This principle, also known as the 80-20 rule, states that 20 percent of your activities will account for 80 percent of your results. Therefore, if you have a list of 10 items you do, 2 of those items will be worth 5 or 10 times more than the other 8 items put together.

    This principle connects strongly to what we at The John Maxwell Company call the Rule of 5. Inspired by John Maxwells Rule of 5, our team created our own Rule of 5 a list of items we do EVERY day and encourage you to do the same.

    Theres never enough time to do everything, but theres always enough time to do the most important thing.

    Whether you are creating a Rule of 5 for your organization or yourself, the following few tips will help you get started.

    1. Write down your main goal. This will be your guiding light as you create your Rule of 5. Your Rule of 5 are the steps you must take in order to achieve your goal.

    2. Build your important list. This can be done in a variety of ways: a: Make a to-do list for your day. Include everything that must be done that day, as well as items you aim to complete over time. or b: Write down a list of everything you do to be successful. This can range from reading and writing to engaging with team members and building relationships.

    3. Rank the items in order of priority. If various items are similar, you can categorize them to help with the prioritization process.

    4. Highlight the top 20 percent of your priorities and make a memorable list of 5 things that allows you to allocate the majority of your time to those things.

    5. Print your Rule of 5 and hang it where it is frequently seen. Repetition is key.

    After completing these 5 steps, confidently live out your Rule of 5 every day even on weekends, and even when youre busy!

    If you are still having difficulty creating your Rule of 5, seek input from those who know you best and know your role. Sit down with a supervisor and ask him or her to speak into your Rule of 5. Regardless, the key is that the items on your Rule of 5 must be done every day and have to be simple enough to achieve every 24 hours.

    Whether youre 20 years old or 50 years old, you and I in order to be effective really need to do the very best we can every day - utilizing our time, gifts and resources to make a difference.

  • 15

    RAAK BETROKKE BY ONS BEDIENINGE Nuwe Lewe Montagu is n aktiewe gemeente wat ten doel het om uit te reik na alle

    mense.

    Abigail Bediening: Die Abigail bediening tree op as ambassadeurs van ons gemeente.

    Hulle verwelkom besoekers op Sondae, bid gereeld weekliks saam en ryk ook op `n

    deurlopende basis uit na siek, eensame en sterwende mense.

    Barmhartigheid: Die Barmhartigheidsbediening werk met welsyn en noodsituasies.

    Hulle besoek huishoudings wat behoefte het aan basiese lewensmiddele, en bied fisiese

    hulp en geestelike ondersteuning.

    Kinderbediening: Ons Kinderbediening staan bekend as die NL3 Qlub. NL3 staan vir

    Nuwe Lewe Derde Generasie. Hierdie bediening is gerig op kinders tussen 6 en 13

    jaar. Op Sondagoggende begelei hierdie bediening ons kinders in lesse en

    aktiwiteite. Daar word ook gesorg vir uitstappies en kampe. Verder streef die

    kinderbediening daarna om ouers betrokke te kry by die geestelike opvoeding van hulle

    eie kinders.

    Kommunikasiebediening: Die kommunikasiebediening maak van alle vorme van die

    media gebruik om ons gemeente se interne en eksterne kommunikasie effektief te laat

    vloei. Hierdie bediening dra ons gemeente se beeld na buite en sorg daarvoor dat die

    lidmate op datum bly met die nuutste verwikkelinge.

    Mannebediening: Die mannebediening is `n bediening vir en deur manne. Hierdie

    bediening streef daarna om vriendskap, eenheid en geestelike groei onder die manne

    van ons gemeente te verbeter.

    Tegniese Span: Sonder die tegniese span sal bitter min kan gebeur. Hierdie toegewyde

    groepie lidmate sorg daarvoor dat ons klank, beligting en projeksie op Sondae en by

    spesiale geleenthede kan gebeur.

    Transformasie: Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie

    bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in gemeentelike

    uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die veld.

    Vrouebediening: Die vrouebediening trek die vroue van ons gemeente bymekaar vir

    vriendskap, ondersteuning en gebed. Die vrouebediening stel dit hulle ten doel om

    geestelike eenheid en ondersteuning onder die vroue van ons gemeente te bewerk.

  • 16

    Morning service Oggenddiens

    Sunday 08:30 09:30 (English service) Sondae 10:00 11:15

    Woordskool / Prayer service

    Sondae / Sunday 18:30 19:30

    Creche Gedurende oggenddienste / During morning services

    Kinderkerk / NL3Q Gedurende oggenddienste / During morning services

    Men @ 6 Vrydae 6:00 7:00 in die kerksaal

    Dames biduur Dinsdae 9:30 10:30 in die kerksaal

    PS LOURENS DU PLESSIS 023 614 2260 [email protected]

    KONTAK ONS / CONTACT US Abigails Wendy Strydom 084 501 7377 [email protected]

    Admin Petru Groenewald 0733705416 [email protected]

    Ouderlinge / Elders Johan Stemmet 082 572 3855 [email protected]

    Gebedsaksie / Prayer action Hannes van Rooyen

    084 517 1226

    Jeug / Youth Richard Thomson 083 990 1910 [email protected]

    Kinderkerk / NL3Q Thys Verreynne 082 867 9086 [email protected]

    Kommunikasie Zelda Roscherr 082 469 0094 [email protected]

    Manne / Men Cobus Uys 082 789 5079 [email protected]

    Musiekspan / Worship team Annie Naud 079 877 3929 [email protected]

    NuweLeweLand Akademie Annie Naud 023 100 0049 [email protected]

    Nuwe Lewe Studente Sentrum

    Tina Verreynne 023 100 0049 / 076 287 4415 [email protected]

    Sondag / Sunday Creche Alet Stemmet 079 346 1086 [email protected]

    Tegnies / Technical Stephan van der Walt

    079 311 9971

    Terrein & Geboue / Maintenance

    Frans White 073 318 1626 [email protected]

    Transformasie / Transformation

    Tina Verreynne 076 287 4415 [email protected]

    Vroue / Women Elsa van Heerden 083 641 5826 [email protected]

    Bankrekening besonderhede:

    AGS Nuwe Lewe Sentrum | ABSA Bank Branch 632005 Rek Nommer / Acc number: 1050140225

    Volg ons op www.facebook.com/NLMontagu of soek Nuwe Lewe Montagu www.nlmontagu.org