Upload
nguyenmien
View
233
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Om ingelig te wees, is helfte van die stryd gewonne…
Vroue moet seker maak dat hulle goed genoeg ingelig is
sodat hulle vroeë waarskuwings-tekens kan herken en weet hoe
om hul risiko vir kanker te verminder.
*SA Statistics as per National Cancer Registry (NCR) 2011
Bors- en servikale kanker is die twee mees algemene kankers wat vroue in Suid-Afrika affekteer
Waarskuwingstekens van borskanker • Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie,
maar soos die gewas groter word, kan die bors anders begin lyk of voel
Tipiese veranderinge sluit in: • Rimpeling in die borsvel • 'n Knop in die bors of armholte • 'n Verandering in die vel rondom die tepel • Kuiltjievorming /inkering van die tepel • Buitengewone vergroting van een bors • Een bors is buitengewoon laer as die ander. Tepels op
verskillende vlakke • 'n Vergroting van die kliere • Buitengewone swelsel in die armholte
Let op die Tekens van Borskanker
Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...
• Jy ouer as 50 is
• Jy 'n gesinslid met borskanker het
• Jy 'n persoonlike geskiedenis van kanker het en daarvoor behandel is
• Jou borsweefsel baie dig is
• Jy nog nooit geboorte geskenk het nie, of jy 35 of ouer was met jou eerste bevalling
• Jy tans (of tot redelik onlangs) geboortebeperkingspille (mondelike voorbehoedmiddels) reeds vir etlike jare gebruik
• Jy post-menopousaal is en gekombineerde hormoon- vervangingsterapie (HVT) gebruik wat estrogeen en progestoroon bevat
• Jy 2 of meer standaard sopies alkohol per dag drink
• Obesiteit
Die meeste vroue met sommige risikofaktore
ontwikkel nooit borskanker nie. Alhoewel baie
skaars, kan mans ook borskanker
ontwikkel.
Wat is Servikale Kanker?
• Die serviks is die onderste gedeelte of die mond van die baarmoeder
• Dis een van die mees algemene kankers onder Suid-Afrikaanse vroue
• Dis kan genees word indien dit vroegtydig opgespoor en behandel word
Wat is ’n Papsmeer?
• Dis 'n toets om abnormale selle in die serviks op te spoor om 'n vroeë diagnose te kan maak
• Dit is ongemaklik, maar pynloos • Gereelde Papsmere kan jou lewe red
Servikale Kanker - Wat is MPV? • Die Menslike Papilloomvirus (MPV) bestaan uit 'n
groep van meer as 100 verwante virusse
• Sowat 40 tipes MPV word seksueel versprei deur genitale kontak terwyl 2 tipes (tipes 16 en 18) hoë risiko MPV's in Suid-Afrika, bykans 70% van alle servikale kankers veroorsaak
• MPVs word versprei deur vel-tot-vel kontak en deur liggaamsvloeistowwe
• Sommige MPV's, soos dié wat gewone vratjies op hande en voete veroorsaak, versprei nie maklik nie
Hoë risiko MPV word gereken om te veroorsaak: • 70% van servikale kankers • 50% van anus-, vulva-, vagina- en penis kankers • 20% van kop- en nek kankers
Wat is die simptome van servikale kanker?
• Bekkenpyn wat nie met ander toestande soos menstruasie
of fisiese inspanning verband hou nie
• Pyn tydens seksuele omgang
• Abnormale vaginale bloeding (na seksuele omgang of na
vaginale uitspoeling), hewige menstruasie of hewige
deurbraakbloeding tussen stondes, of 'n addisionele stonde
gedurende die maandelikse siklus. Hewige en skielike
abnormale vaginale bloeding moet onmiddelik by jou
mediese praktisyn aangemeld word
• Enige abnormale vaginale afskeiding, hetsy reukloos of nie
Risiko Faktore vir Eierstokkanker • Hoe meer kinders ‘n vrou het en hoe vroeër sy in haar lewe
geboorte gegee het, verlaag die risiko vir eierstokkanker.
• Vroue met ‘n persoonlike geskiedenis van borskanker of met ‘n familie geskiedenis van bors- of eierstokkanker
• Vroue wie estrogeen vervanging (sonder progesteroon) vir meer as 5 jaar neem
• Geboortebeperkingspille verlaag die risiko van eierstokkanker
• Onvrugbaarheid of om vrugbaarheidsbehandeling te ondergaan
• Gebruik van ‘n intra-uteriene toestel (IUD)
• Ouer vroue het die hoogste risiko om eierstokkanker te ontwikkel
• Die risiko om eierstokkanker te ontwikkel is matig hoër vir vroue wie:
– ly aan mediese kondisies soos endometriosis
– tabak produkte gebruik
– ly aan obesiteit
– ‘n lang lengte het
Risiko Faktore vir Uterus Kanker • Diabetes
• Oestrogeen vervangingsterapie sonder die gebruik van progesteroon
• Geskiedenis van endometriese poliepe
• Onvrugbaarheid (onvermoë om swanger te raak)
• Ongereelde menstruasie
• Tamoxifen, ‘n medikasie vir borskanker behandeling
• Indien ‘n vrou geen swangerskap gehad het nie
• Obesiteit
• Polisistiese ovariese sindroom (PCOS)
• Indien menstruasie op ‘n vroeë ouderdom begin (voor ouderdom 12)
• Begin van menopouse na die ouderdom van 50
Waarskuwingstekens
Kanker waarskuwingstekens
Kennis is soos verf,
dit dien eers ’n doel sodra dit aangewend word
Gereelde siftingstoetse
is belangrik
Siftingstoetse beskikbaar vir vroue • Doen maandelikse bors-selfondersoeke
(http://www.cansa.org.za/steps-how-to-do-a-breast-self-examination-bse/)
• Gaan vir gereelde Papsmeer toetse (‘n siftingstoets vir vroeë diagnose van servikale kanker)
• Gaan vir gereelde kliniese borsondersoeke, beskikbaar by 30 KANSA Sorgsentra landswyd (http://www.cansa.org.za/cansa-care-centres-contact-details/)
• Simptoom-vrye vroue behoort vanaf die ouderdom van 40 elke jaar ‘n mammogram te laat doen
• SureTouch - nie-indringende toestel vir veilige vooraf-siftingstoetse (nie ‘n diagnostiese hulpmiddel) – beskikbaar by sommige KANSA Sorgsentra
• KANSA het Mobiele Gesondheidsklinieke wat na afgeleë gebiede in Suid-Afrika reis om mense wat andersins nie toegang tot siftingstoetse het nie, te bereik (http://www.cansa.org.za/cansa-mobile-health-clinics/)
‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-3 Bors-selfondersoeke (BSO) behoort elke maand tydens ovulasie gedoen te word (verkieslik op dieselfde tyd van die dag)
1. Voor die spieël
• Voor 'n spieëI, kyk vir enige veranderinge in die normale voorkoms
en hoe jou borste voel, soos klein kuiltjies, verskil in grootte of
afskeiding van die tepel
• Ondersoek op vier maniere: arms langs die sye; arms bokant die
kop; hande ferm op die heupe geplaas en in ‘n vooroor
gebukkende posisie
2. Lê plat
• Lê op jou rug met ‘n kussing onder jou regterskouer en jou
regterhand onder jou kop
• Maak klein, ferm sirkelbewegings met die vier vingers van jou
linkerhand in 'n op-en-af patroon oor die hele bors area, onder die
arms en op tot by die skouer. Herhaal met regterhand op die linker
bors
‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-3 Bors-selfondersoeke (BSO) behoort elke maand tydens ovulasie gedoen te word (verkieslik op dieselfde tyd van die dag)
3. In die bad
• Met jou regterarm gelig, ondersoek jou regterbors met ‘n
seperige linkerhand en plat vingers. Gebruik dieselfde metode
wat by stap 2
(‘Lê plat’) beskryf word. Herhaal aan die ander kant
Bespreek enige veranderinge met jou mediese praktisyn.
Kliniese borsondersoeke word landswyd by KANSA se Mobiele Gesondheidsklinieke
of Sorgsentra gedoen
KANSA en die Radiologiese Vereniging van Suid-Afrika (RVSA), is in samewerking - gedurende die
maand van Oktober tot mid November 2016, sal hulle 'n spesiale mammografie aanbod bied.
Dit behels die voorsiening van toegang tot 'n mammogram in RSSA geaffilieërde mammografie klinieke dwarsoor die land teen 'n verlaagde prys:
Lys van deelnemende klinieke: http://www.cansa.org.za/files/2016/09/RSSA-Participating-Radiological-Practices-2016.pdf of kontak die RSSA op 011 794 4395,
e-pos [email protected] of besoek www.rssa.co.za.
Wat doen KANSA om te help? • KANSA het Mobiele Gesondheids-
klinieke wat na afgeleë gebiede in Suid-Afrika reis om mense wat andersins nie toegang tot siftingstoetse het nie, te bereik
• Dit sluit in borsondersoeke, Pap-smeer siftingstoetse vir servikale kanker, sowel as ander gesondheidstoetse soos cholesterol
• KANSA speel ‘n aktiewe rol in die proses om die Suid-Afrikaanse Patente Reg te beïnvloed en te wysig, wat die resultaat kan hê dat meer kankerpasiënte toegang kan kry tot bekostigbare medikasie.
Onthou...
Die meeste vroue met verskeie
risikofaktore ontwikkel nooit borskanker nie
Wees fisies aktief, waak
teen oorgewig en beperk jou rooivleis- en
alkoholinname Vroue wat vir minstens 18
maande borsvoed, kan
hul (en hul babas) se risiko verder verlaag
Jy kan jou kanse om borskanker te kry, verlaag
deur 'n gebalanseerde lewenstyl te handhaaf en
deur omgewings- karsinogene
(kankerveroorsakende stowwe) te vermy
Kyk ons Videos
Aartsbiskop Emeritus Tutu het ‘n boodskap vir jou: https://youtu.be/CTeis0HRXXk
KANSA Sorg en Ondersteuning: https://youtu.be/swNltOAZSwE
KANSA Sifting: https://youtu.be/Hfq5z3MtSz4
KANSA Sorg en Ondersteuning Oorwinnaar Dagboeke: https://youtu.be/MrfjOkJluP4
Om KANSA te help om ons kankersiftingsprogramme uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking by enige van ons KANSA Sorgsentra landswyd te maak of Aanlyn by http://www.cansa.org.za/personal-donation-options/
of gebruik SnapScan op jou slimfoon
Kontak ons…
• Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos [email protected]
• Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad: CANSA The Cancer Association of South Africa
• As jy ‘n kankeroorwinnaar is, sluit asseblief aan by ons Facebook groep ter ondersteuning van kankeroorwinnaars: Champions of Hope - CANSA Survivors
• As jy ‘n versorger, sluit asseblief aan by ons Facebook groep ter ondersteuning van kanker versorgers: CANSA Caring for the Carers
• Volg ons op Twitter: @CANSA
• Volg ons op Instagram: @CancerAssociationOfSouthAfrica
• Volg ons op Pinterest: http://pinterest.com/cansa/
• Kyk ons videos op YouTube: http://www.youtube.com/user/can1000sa
Disclaimer:
Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation
wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in, or accessed through, this presentation.