8
“Wat gaan julle hierdie Kersfees doen?” hoor ek al hoe meer gereeld…. “Nee wat, ek dink nog nie eers daaraan nie! Daar is nog veels te baie dinge wat gedoen moet word en wat ons aandag vereis!”…. en terwyl ons nog huiwer om die realiteit in die oë te kyk, dring die besef tog geleidelik deur: 2017 staan op sy kop! 2018 lê en loer vir ons met gretige oë en kan nie wag om ons in te haal nie. Liewe vriende, dit is tyd om te beplan vir vakansie, Kersfees, Nuwe jaar en die toekoms. Maar dit is ook die tyd om af te handel, terug te kyk en dankbaar te wees! … VERAL DANKBAAR WEES! EN DIT IS WAAROOR HIERDIE BRIEF VERAL GAAN…OM DANKIE TE SÊ! 2017 was ‘n baie geseënde jaar waarin ons die Here se goedheid en liefde oorvloedig ervaar het. Ons gee aan Hom die eer! Hy het ons nooit verlaat of in die steek gelaat nie en deur verskeie (soms moeiliker) situasies gelei en dikwels het Hy ons aangenaam verras. Verder is ons totaal bederf deur die ondersteuning van soveel vriende van oral wat sommer net betrokke is, omgee en doen wat hulle kan om ‘n verskil te maak in die lewens van ons gestremdes en ons sentrum! Die woordjie “dankie” skiet ver te kort! DESEMBER 2017 NUUSBRIEF Ons Huis E-mail: [email protected] Posbus 1420, Wingate Park Tel/fax: 012 3456130 Alouettestraat 560, Elarduspark, Pretoria, 0181 TRUST NR. IT 8231/01 NPO NR: 011591 PBO NR. 1811132412 1.

Ons Huis - cdn.nucleusnetwork.org · IT 8231/01 NPO NR: 011591 PBO NR. 1811132412 1. WAAR PAS ELKEEN VAN ONS IN DIE LEWE VAN GESTREMDES IN? Iewers op elke mens se pad is goeie dinge

  • Upload
    votram

  • View
    213

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

“Wat gaan julle hierdie Kersfees doen?” hoor ek al hoe meer gereeld…. “Nee wat, ek dink nog nie eers daaraan nie! Daar is nog veels te baie dinge wat gedoen moet word en wat ons aandag vereis!”…. en terwyl ons nog huiwer om die realiteit in die oë te kyk, dring die besef tog geleidelik deur: 2017 staan op sy kop! 2018 lê en loer vir ons met gretige oë en kan nie wag om ons in te haal nie. Liewe vriende, dit is tyd om te beplan vir vakansie, Kersfees, Nuwe jaar en die toekoms. Maar dit is ook die tyd om af te handel, terug te kyk en dankbaar te wees! … VERAL DANKBAAR WEES! EN DIT IS WAAROOR HIERDIE BRIEF VERAL GAAN…OM DANKIE TE SÊ! 2017 was ‘n baie geseënde jaar waarin ons die Here se goedheid en liefde oorvloedig ervaar het. Ons gee aan Hom die eer! Hy het ons nooit verlaat of in die steek gelaat nie en deur verskeie (soms moeiliker) situasies gelei en dikwels het Hy ons aangenaam verras. Verder is ons totaal bederf deur die ondersteuning van soveel vriende van oral wat sommer net betrokke is, omgee en doen wat hulle kan om ‘n verskil te maak in die lewens van ons gestremdes en ons sentrum! Die woordjie “dankie” skiet ver te kort!

DES

EMB

ER 2

01

7

N

UU

SBR

IEF

Ons Huis E-mail: [email protected] Posbus 1420, Wingate Park

Tel/fax: 012 3456130 Alouettestraat 560, Elarduspark, Pretoria, 0181

TRUST NR. IT 8231/01 NPO NR: 011591 PBO NR. 1811132412

1.

WAAR PAS ELKEEN VAN ONS IN DIE LEWE VAN GESTREMDES IN?

Iewers op elke mens se pad is goeie dinge en momente wat hulle gelukkig kan maak. Dit is ons

taak om hierdie baie besonderse mense te help om daarby uit te kom en dikwels beteken dit om

hulle te begelei om aan te hou stap totdat hulle dit kry…

Dikwels lê dit in die oorwinning om ‘n eenvoudige takie baas te raak,

of om dit uiteindelik klaar te kry…

Of om te hoor: “Jy is kosbaar; jy is spesiaal omdat jy JY is”

Baie dikwels is dit die ervaring van iemand met ‘n omgee-hart wat aandagtig en geduldig luister…

Laat ons soms (of liewer dikwels) vergeet om op ons horlosies te kyk en TYD te maak vir iemand

wat ons nodig het. (Hulle is oral op ons pad … ons hoef nie ver te soek nie).

Laat ons elke dag ingestel wees om iemand se pad by iets goed, iets moois uit te bring en te weet:

“Ek het vandag iemand laat glimlag; ek het iemand gelukkig gemaak; my dag het betekenis

gekry!”

Die Aktiwiteitsentrum se hele dak moes vervang word en die Ons Huis

Liefdadigheids Trust van die Ring van Oosterlig (Elarduspark,

Oosterlig en Moreleta N G gemeentes) het aangebied om vir die hele

nuwe dak, met alles wat dit behels, te betaal en ons daarmee hierdie

groot uitgawe te spaar!

Die dak is afgehandel en daar is goeie isolasie ook ingesit, sodat ons

deelnemers nie so warm kry in die somer nie!

Baie dankie aan die Lief-

dadigheidstruts en die ge-

meentes vir jare se lojale

ondersteuning en sorg!

Sonder julle sou ONS HUIS

nie eers bestaan het nie!

Dankie ds. Alex Clark, vir jou

leidende aandeel hierin!

LOSLITDAG

Baie dankie aan die talle firmas en persone wat ons loslitdagplakkers gekoop

het! Hierdie ekstra inkomste help ons om die ‘wa deur die drif te trek’.

Baie dankie Hoërskool Waterkloof vir die unieke en oorspronklike manier

waarop julle ons die dag ondersteun het!

Luma Truss & Timber het

ons tegemoet gekom en

baie afslag gegee. Dit het

die finansiële las op die

gemeentes wat ons onder-

steun, soveel ligter ge-

maak. Ons waardeer julle!

BAIE DANKIE!

2

Op 30 Augustus het ons weer gholfdag gehou. Die gesindheid van die firmas en mense verras ons

elke jaar! Geen gholfdag kan ‘n sukses wees sonder al die ondersteuning nie. Dit was ‘n heerlike

dag van kompeteer, saam kuier en saam eet en baie pryse losslaan!

Firmas/persone het ook donasies en pryse geskenk, wat

natuurlik bygedra het tot die sukses. Die dag het ‘n goeie

wins opgelewer en daarmee kan ons in talle noodsaaklike

behoeftes voorsien.

Baie dankie aan elke firma en persoon wat ons op

enige manier ondersteun het, hetsy ‘n putjieborg,

vierbal, donasie, pryse, hulp of aanmoediging!

Dankie ook aan elke speler wat die dag teenwoordig

was.

Volgende jaar 2018 maak ons D V weer so!

Ons is TROTS op

Dwain Bekker, een

van ons gestremdes

wat weereens

uitstekend gespeel

het! (saam met sy

pa, Colin.)

Louis Hattingh, ons gasheer, baie dankie vir jou ondersteuning! Onder: Louis verkoop MULLIGANS!

ons

Tuscon Spur, Elarduspark het waterbotteltjies geskenk

Die vierbal wat eerste gekom het!

PRYSE: R1000 kontant vir elkeen,

geskenk deur Katleho Water.

Dankie Blackie Swart, vir jou hulp en entoesiasme!

GHOLFDAG

Stoncor se vierbal het tweede gekom! PRYSE:

Smartwatches geskenk deur CES FORKLIFT.

3

Daar was baie hard gewerk om die Kersmark ‘n sukses te maak. Almal was entoesiasties en baie besig! Ons deelnemers in die Aktiwiteitsentrum het deur die jaar hard gewerk om mooi en handige artikels te maak en ons is trots op wat hulle vermag het. (Natuurlik onder Doreen se bekwame leiding en inisiatief)!

Wat ons diep geraak het, is die hulp van oral oor. Mense het gebel of net opgedaag en hulp aangebied, goedere geskenk en ons Kersmark kom ondersteun. Ons het ‘n rekord wins gemaak!

DANKIE – JULLE HET DIE MARK ‘N SUKSES GEMAAK: • ANNELIE DELL vir die kerrie en rys

• OOM CAS wat elke jaar die pannekoek organiseer

• ENGEN CASTLE WALK vir die koeldrank

• RATHO BOERDERY vir ‘n vragmotor vol groente om te verkoop

• DIE STUDENTE wat met groot entoesiasme ingespring en kom help het.

• HELENA GROBLER EN OMGEEGROEP vir die jaffle tafel

• AL DIE BAKSTERS vir heerlike en aantreklike eetgoed.

• SCHALK JACOBS wat ‘lekker’ musiek verskaf het.

• Die vrywilligers en omgegroep van Moreleta gemeente vir julle hulp.

• ELKE PERSOON OF GROEP wat op enige manier bygedra het tot die suksesvolle en aangename

dag! Sonder julle bydraes en julle teenwoordigheid was dit onmoontlik!

Baie dankie TUCSON SPUR in

CORNWALL vir julle onder-

steuning vir die mark en deur die

jaar

4

KINGS MEAT DELI, ons het groot waardering

vir al die vleis vir die mark en die hele jaar

lank.

Daar was baie spesiale bederf- en

pretdae en mense wat uit hul pad

gegaan het om dit lekker te maak!

DANKIE AAN DIE

TANNIES VAN ‘MAAK ‘N

VERSKIL’

wat vir elkeen ‘n kombers

gehekel het! Wat ‘n

besonderse daad van

liefde!

Buiten die gewone werksdag se

aktiwiteite, word die res ook

deeglik en met mening gedoen…

Elkeen het sy/haar taak en ver-

antwoordelikheid. Hier is die

kombuisspan besig om op te ruim

Sportdag saam met

Pathways word met

net soveel ywer en

entoesiasme

gedoen!

VROLIKHEID EN LEKKER BEDERF

Dans is mos PRET!

Wanneer Moreleta se omgeegroep kom kuier, doen ons mee met oorgawe en ons speel ons harte uit! BAIE DANKIE VIR JULLE KUIERS!

…..en wanneer die pret baie was

en ons moeg is, ….val ons sommer

net om en RUS!

5

ONS SÊ OOK DANKIE AAN MORELETAPARK GEMEENTE - Vir die vrywilligers wat na ons uitreik en ons besoek het - Die omgeegroep wat gehelp het waar hulle kan.

Ons Huismoeder, Hanlie,

het baie moeite gedoen om

‘n interessante en mooi

lentesokkie te reël. Die

tema: Alice in Wonderland.

Net om daar te gaan inloer,

was alreeds die ervaring

van ‘n towerwêreld. Baie

dankie tannie Hanlie!

DANKIE APPLE, vir al die bederfies deur die jaar, al die

geskenke en uitstappies. Die Kerspartytjie was ‘n fees en ons

jongklomp sê hulle het so lekker “gejol”!

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ridge Mica Waterkloofrif baie dankie vir so baie kere se ondersteuning!

LENTESOKKIE

Adriaan en Marieta Glas het ons jongklomp genooi om op hulle plaas te gaan kamp en was dit nou heerlik! Dit was wonderlik van julle om ons te nooi en almal het dit baie geniet. Sulke uitstappies is regtig spesiaal en ons waardeer julle gasvryheid!

6

BAIE DANKIE AAN DIE VOLGENDE:

- Engen Castle Walk deur die jaar

- Mica Waterkloof altyd ‘n oop hart

- Woolworths Castle Walk deurgaans

- Monumentpark Spar maandeliks

- Roco vir kombuis se hardeware

- - ALMAL wat deur die jaar donasies

- gemaak het en ons ondersteun het.

- - Laerskool Elarduspark vir die bussie

- Pick n Pay Cornwall deur die jaar

- - Tucson Spur Cornwall dikwels

- - Kings Meat Deli dwarsdeur die jaar

-

• Getalle: Bedags het ons 26 gestremdes in die Aktiwiteit-

sentrum, waarvan 12 inwoners is.

• Personeel: Christie Mare (Algemene Bestuurder)

Aktiwiteitsentrum: Doreen Badenhorst (Bestuurder),

Martha Mogola (Assistente), Franci van Veijerin (Assistente)

Inwoning: Hanlie Venter (Bestuurder/huismoeder)

Johan Venter (Huisvader).

(Assistentepos word binnekort gevul)

Ander: Sarah Mahlango, Emily Baloyi en Clive.

• Trustees: Hans van der Merwe (voorsitter)

Ds. Alex Clark (ondervoorsitter en verteenwoordig die Ring).

Johanna v Rensburg (Sekr., Aktiwiteitsentrum en Inwoning)

Ds. Nico de Klerk (ondersteunend),

Annelie Dell (Finansies).

Marco Breytenbach (Bemarking)

• Ds. Alex het ‘n beroep aangeneem by Stellenbosch en

ons bid hulle gesin baie seën toe. Hy het ingewillig om

aan te bly op die Trust totdat sy pos in die gemeente

gevul is.

Alex, ons gaan jou baie mis! Dankie vir jou entoesiasme,

wyse advies en steun in vele situasies.!

• Louis en Annelie Dell, wat ons finansies al vir jare

hanteer, verhuis ook gedurende hierdie vakansie Kaap

toe. Annelie gaan egter as trustee aanbly, aangesien byna

alles per rekenaar gedoen word.

Baie dankie julle twee vir die waarde wat julle toegevoeg

het by ons sentrum! Ons wens julle ‘n mooi toekoms toe!

• EN DAN NOG ONS VRYWILLIGERS!

“Tannie Blom”, Louise en Johannie

Julle maak alles sommer net baie makliker.

BAIE DANKIE!

7

Cornwall View

Thank you, Gary and

the Pick n Pay team

for the numerous

times and ways you

supported us during

this year! DIE TRUSTEES BEDANK IN

BESONDER VIR CHRISTIE EN

DIE PERSONEEL. JULLE IS

STAATMAKERS!

DIE YOUNG ENGINEERS kom twee keer

per week om ons jongmense met

kreatiewe skeppings te stimuleer! Dit is

groot pret en hulle is baie trots op wat

hulle elke keer bou! DANKIE vir julle gawe

bydrae om dit lekker en interessant te

hou! Ons waardeer julle!

BEHOEFTELYSIE

INDIEN U KAN HELP OF WEET VAN IEMAND: Ons

het iemand nodig wat met HOUTWERK kan help

en ook ‘n persoon wat kan help met NAALDWERK.

Ons benodig SOKKERBALLE

As iemand (of ‘n omgeegroep of twee) lus is om op MAANDELIKSE basis te help: - langlewe melk - koffie - tee - suiker - vleis - aanmaak-koeldrank konsentraat

AKTIWITEITE WAT NOG VOORLÊ EN DATUMS OM TE ONTHOU: 8 Desember – FOURIER Recruitment kom vir ‘n skoendoosprojek 9 Desember – Collage Gemeente se omgeegroep kom hou ‘n kerspartytjie.

BAIE DANKIE BY VOORBAAT AAN

ALBEI GROEPE! ONS HUIS SLUIT – VRYDAG 15 DESEMBER EN OPEN WEER - MAANDAG 8 JANUARIE 2018 (Inwoning 7 Januarie)

• Ons het twee advertensieborde

beskikbaar op ‘n besige kruising.

• Die geskenkwinkel is oop

gedurende kantoorure. Kom

maak gerus ‘n draai vir ‘n

interessante kersgeskenk!

of sommer net iets vir jouself!

Castle Walk

alk

Daar was heelwat LIEF en heelwat LEED

gedurende hierdie jaar. Dit is nie moontlik

om alles en almal te noem nie, want dan het

ons nog ‘n nuusbrief nodig. Daarom volg ons

die advies van Paulus in Romeine 12: ONS

IS BLY SAAM MET ALMAL VAN JULLE

WAT BLY IS EN ONS TREUR SAAM MET

ALMAL VAN JULLE WAT TREUR!

ONS BID ELKEEN ‘N BAIE GESEËNDE TYD TOE. MAG JULLE ‘N WARE CHRISTUSFEES BELEEF! MAG 2018 VREUGDE EN VREDE INHOU!

BANKBESONDERHEDE:

TO: ONS HUIS TRUST ABSA BANK (Moreleta Park Code: 336445)

Account no. 4054 399011

ABSA BANK (Moreleta Park Code: 336445)

Account no. 4054 399011

TRUSTEES: Hans van der Merwe (voorsitter), ds. Alex Clark, Nico de Klerk, Annelie Dell, Johanna van Rensburg, en Marco Breytenbach

ONS HUIS TRUST NR IT 8231/01

Ons soek asb borge vir twee van die

deelnemers wat ernstige uitdagings tuis het

(bv. ouers is oorlede, ens) en nie die

maandelikse fooie kan betaal nie. Twee of

drie persone kan bv saam een persoon borg.

Ons is geregistreer as PBO en kan dus ‘n

Artikel 18A kwitansie uitreik om die donasie

belasting aftrekbaar te maak.