Upload
hoangnguyet
View
235
Download
7
Embed Size (px)
Citation preview
58
VOLHOUBAARHEIDSBESTUUR
Ons volhoubaarheid met ’n oogopslag
SOSIALE OMGEWING
Die Senwes groep het ’n onafhanklike bemagtigingstrust gestig,
naamlik Thobo Trust.
Die vestiging van nuwe rekenaarlaboratoriums in Ottosdal en Brand-
fort.
Die viering van tien jaar se sukses met die Senwes Spinners projek.
WERKSOMGEWING Totale belegging in vaardigheidsontwikkeling het met 5% verhoog.
Afdeling 24-ongeskiktheidsbeserings het met 80% verlaag.
Frekwensie van ongeskiktheidsbeserings (DIFR) het met 37% ver-
laag.
Totale aantal werknemerbeurse het met 58% verhoog, terwyl die
waarde daarvan met 54% verhoog het.
NATUURLIKE OMGEWING Son-fotovoltaiëse stelsel vir Senwes hoofkantoor.
LED-beligtingstelsels met bewegings- en dagligsensors.
Hoofkantoor kWh elektrisiteitsverbruik het met 11% verlaag.
MARKOMGEWING Die stigting van ’n droogterampfonds.
Die vestiging van ’n geïntegreerde klantediensinisiatief.
Die suksesvolle voedselveiligheidsertifisering van ons silo’s.
VOLHOUBAARHEID
senwes geintegreerde verslag 2016
59senwes geintegreerde verslag 2016
DIE VOORDELE VAN VOLHOUBAARHEIDSBESTUUR Fokus op die skep van langtermynwaarde.
Verseker integrasie van strategie en volhoubaarheid.
Verseker deurlopende voorsiening van insette, grond-
stowwe, natuurlike hulpbronne en produkte.
Beskerm en verhoog inkomstestrome.
Verkryging, aanstelling, ontwikkeling en retensie van die
regte talent.
Verbeter hulpbron- en bedryfseffektiwiteit en verlaag
koste.
Verseker effektiewe nakoming, bestuur en risikobestuur
regdeur die groep.
Verhoog reputasie- en handelsmerkwaarde.
Verseker effektiewe kostebestuur en algehele finansiële
prestasie.
VOLHOUBAARHEIDSDOELWITTEOns volhoubaarheidsdoelwitte is gebaseer op ons strate-
giese verbintenis en doelwitte, ons waardes en etiese kode.
Dit bepaal ons strewe om 'n positiewe impak op al ons be-
langhebbendes te maak deur die wyse waarop ons die be-
sigheid bestuur.
Ons het die volgende strategiese volhoubaarheidsfokus-
areas geïdentifiseer wat 'n direkte impak op ons vermoë
het om ons besigheidstrategie en groeidoelwitte na te kom.
Elke fokusarea bestaan uit volhoubaarheidsaspekte met die
potensiaal om die evaluering en besluitneming van ons be-
langhebbendes te beïnvloed:
Raamwerk vir volhoubaarheidsbestuur
VOLHOUBARE BESTUUR IS integraal tot ons strat-
egie en aktiwiteite omdat dit die volhoubaarheid
van Senwes as lopende saak ondersteun. Ons is
verbind daartoe om die volhoubaarheid van ons besigheid
te verseker en terselfdertyd ’n bydrae te lewer tot die voort-
bestaan van ’n regverdige, billike en stabiele gemeenskap,
sowel as die bewaring van die ekostelsel. Ons doen dit deur
bewus te wees van ons aksies en die impak van ons aksies
op die gemeenskap en die natuurlike omgewing en deur
die ontwikkeling van strategieë wat die negatiewe impak sal
minimaliseer en die positiewe impak sal optimaliseer.
As organisasie definieer ons volhoubaarheid as die ver-
antwoordelike, effektiewe en etiese wyse waarop huidige
generasies alle hulpbronne gebruik ten einde aan hul eie
behoeftes te voldoen en hul eie doelwitte te behaal en daar-
deur die sosio-ekonomiese en ekologiese omgewing te im-
pakteer op ’n wyse wat toekomstige generasies se vermoë
om aan hul eie behoeftes te voldoen en hul doelwitte en
potensiaal te bereik nie sal kompromitteer nie, maar sal ver-
beter. (Aangepas uit die Kommissie se definisie soos opge-
stel in 1987).
ONS VOLHOUBAARHEIDSPOGINGS IS OP DIE VOLGENDE BREË DOELWITTE GEFOKUS Trek voordeel uit geleenthede;
Beskerming van huidige besigheid;
Ontsluiting van nuwe besigheid en inkomstestrome;
Risikomitigering;
Verbetering van bedryfseffektiwiteit;
Realisering van koste-effektiwiteit.
WERKSOMGEWINGHoe Senwes sy impak oorweeg op die werksplek en die implikasies daarvan in terme van gesondheid en veiligheid van
werknemers en die publiek, ontwikkeling van personeel, behandeling van
werknemers, transformasie en diversifikasie van die werks-
mag, vergoedings- praktyke, ens.
SOSIALE OMGEWING
Hoe die gemeenskap geaffekteer word deur
die aktiwiteite, praktyke en bydraes van die
maatskappy. Dit sluit in die impak van sy produkte en dienste sowel as sy rol in die sosio-
ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap.
NATUURLIKE OMGEWING
Hoe Senwes se aktiwiteite en praktyke die natuurlike omgewing impakteer en hoe die maatskappy optree
om die negatiewe impak te mitigeer en om ’n bydrae te maak tot
omgewingsbewaring.
MARKOMGEWINGHoe Senwes innoverend
besigheid bedryf en geïnte - greerde oplossings soek vir sy belanghebbendes en verseker
dat hy nie regverdige mededinging ondermyn of plaaslike ekonomie
en klante benadeel nie.
STRATEGIESE VOLHOUBAARHEIDS-
FOKUSAREA
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
60 senwes geintegreerde verslag 2016
VOLHOUBAARHEIDSASPEKTESenwes het vir die jaar onder oorsig die top tien breë
strate giese aspekte vir die groep geïdentifiseer, soos uit-
eengesit in die grafiek hieronder en waaruit verskeie we-
senlike aspekte voortvloei. Dit verander van tyd tot tyd
STRATEGIESE VOLHOUBAARHEIDSELEMENTE
BESIGHEIDSGROEI
FINANSIËLE PRESTASIE
RISIKODIVERSIFIKASIE
KLANTEFOKUS
EFFEKTIEWEBESTUUR
SOSIALETRANSFORMASIE
BEMAGTIGENDE, VEILIGE EN GESONDE
OMGEWING
TEGNOLOGIE EN BESIGHEIDSINTELLIGENSIE
TALENTBESTUUR,ETIEK EN KULTUUR
NATUURLIKEOMGEWING
ten einde te belyn met veranderinge in die besigheid,
mark, werks plek, sosiale en natuurlike omgewing en
regulatoriese veranderinge, sowel as die verwagtinge
en behoeftes van ons belanghebbendes.
61senwes geintegreerde verslag 2016
WESENLIKE ASPEKTEBy Senwes definieer ons wesenlike aspekte as faktore
wat beduidende ekonomiese, omgewings- en sosiale
impakte reflekteer. Dit is aspekte wat reeds ons sukses
geaffekteer het of wat die grootste potensiaal het om
dit te affekteer.
In die bepaling van ons wesenlike volhoubaarheidsas-
pekte konsulteer ons met alle belanghebbendegroepe
en oorweeg sake wat verband hou met risiko, strategie
en besigheidsaktiwiteite. Ons wesenlike aspekte sluit
ook faktore in wat belanghebbendes as krities beskou
vir hul sake en belange en, selfs meer belangrik, faktore
wat belangrik is vir die volhoubaarheid van Senwes.
.OPSOMMING VAN WESENLIKE VOLHOUBAARHEIDSASPEKTE EN -INISIATIEWE
MARKOMGEWING Besigheidsgroei - Verwys na die verslag van die groep
hoof uitvoerende beampte (bladsy 18)
Finansiële prestasie - Verwys na die finansiële state
(bladsy 79)
Risikodiversifikasie – Verwys na die risikoverslag
(bladsy 30)
Klantefokus: Innoverende en geïntegreerde klanteoplossings
Effektiewe beheer
Tegnologie en besigheidsintelligensie
Digitale tegnologiese toerusting
Inisiatiewe Geïntegreerde klanteoplossingsprojek
Droogterampfonds
Nasie in Gesprek
SOSIALE OMGEWING Sosiale transformasie
Ekonomiese ontwikkeling
Inisiatiewe Thobo Trust projekte
Jaarlikse Kerspartytjieprojek
Watertekortprojek
Nelson Mandeladag-projek
Korporatiewe sosiale belegging
Landboukonferensieborgskap
Eksterne beursskemas
Leerlingskappe
Program vir opkomende boere
NATUURLIKE OMGEWING Skaarsheid en kwaliteit van natuurlike hulpbronne
en betroubaarheid van verskaffing.
Inisiatiewe
Nuwe sonkragprojek vir Senwes hoofkantoor
Nuwe LED-beligtingstelsel met bewegings- en dagligsensors
WERKSOMGEWING Talentbestuur, etiek en kultuur
Skaarsheid van talent en die vermoë om talent
te werf en te behou
Inisiatiewe Talentontwikkeling
Program vir gegradueerdes
Leierskapontwikkelingsprogram
Opvolgbestuur
Leerlingskappe
Beursskemas vir werknemers
Gesondheid en veiligheid
Bemagtigende, veilige en gesonde omgewing
Inisiatiewe
SHEQ-opleiding
Vat 5
Opdatering van veiligheidsprosedures in die werksplek
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
62 senwes geintegreerde verslag 2016
SOSIALE OMGEWINGOns sosiale omgewingOns is verbind tot die nasionale transformasie- en ontwikke-
lingsdoelwitte van die land en belyn ons inisiatiewe met die
ontwikkelingsprioriteite van die regering. Ons is passievol
daaroor om ’n bydrae te lewer tot die volhoubare ontwikke-
ling van die landelike omgewings, veral in die gebiede waar
die Senwes groep besigheid bedryf.
Korporatiewe sosiale belegging (KSB) raak toenemend meer
stra te gies gefokus en dit maak dus sin vir besighede om hul
korporatiewe sosiale beleggings te belyn met hul kernbe-
sigheidsdoelwitte en doelstellings.
Gedurende die jaar onder oorsig is daar tot ’n groter mate
daarop op gefokus om te verseker dat ons korporatiewe so-
siale belegging (KSB)-inisiatiewe relevant is tot die behoeftes
van ons belanghebbendes.
Toevoeging van waarde deur ons strategiese korporatiewe sosiale beleggingOns KSB-strategie beklemtoon die toekomsgerigte, geïnte-
greerde en strategiese intervensies, gebaseer op ’n deeglik
nagevorste begrip van huidige en verwagte toekomstige
probleme en op die beraming van langtermynoplossings.
Ons gemeenskapsontwikkelingsbeleggings is gerig op on-
derwys, voedselsekuriteit, sport, entrepreneurskap en die
behoeftes van minderbevoorregte kinders. Alle programme
en inisiatiewe word benader deur vennootskappe met rele-
vante rolspelers vanoor die hele spektrum, die regering,
gemeen skapsorganisasies, tersiêre instansies en besigheid.
Ons benadering tot ontwikkeling is gebaseer op die volgen-
de beginsels:
Bevordering van sosiale samehorigheid;
’n Programmatiese benadering tot ontwikkeling - lang-
termynprogramme teenoor korttermynprojekte;
Speel ’n katalitiese en fasiliterende rol;
Maak gebruik van vennootskappe en hulpbronne;
Volg ’n gefokusde benadering - ons poog nie om alles vir
almal te wees nie.
ONS KSB-DOELWITTE
Die inisiëring en ondersteuning van innoverende pro-
gramme en praktiese oplossings vir gemeenskapspro ble-
me en -behoeftes.
Om met gemeenskappe op grondvlak te werk.
Die ondersteuning van lewensvatbare gemeenskapsin-
tervensies wat ’n wyer, breër, volhoubare impak oor die
lang termyn het.
Om die hulpbronne, potensiaal en geleenthede binne
gemeenskappe sodanig aan te wend dat gemeenskappe
eienaarskap en verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie
ontwikkeling.
Om geleenthede en ondersteuning aan ons werknemers
te bied wat hulle in staat sal stel om ’n bydrae te lewer
tot die welvaart en ontwikkeling van die gemeenskappe
waarin hulle leef en waar ons besigheid bedryf.
Om deur vennootskappe en op ’n raadplegende wyse
met die gemeenskap, regering, nie-regeringsorganisa sies
en ander besighede saam te werk.
FOKUSAREAS
In samewerking met strategiese vennote fokus ons op
beleggings in die gemeenskap op die volgende gebiede:
Onderwys
Ekonomieseen
ondernemings- ontwikkeling
SportVoedsel-veiligheid
Welsyn
63senwes geintegreerde verslag 2016
VoedselveiligheidSenwes maak deurlopend ’n bydrae tot voedselveilig-
heid in Suid-Afrika deur die verkryging, hantering en
opber ging van meer as 4,6 miljoen ton graan per jaar in
normale jare. Alle graan wat in ons silo's ontvang word,
word onderwerp aan streng kwaliteittoetse ten einde to-
tale voedselveiligheid te verseker.
Al 68 Senwes silo’s betrokke in die hantering, opberging
en verspreiding van graan en oliesade is geregistreer by
die Departement van Landbou as voedselbesigheidsope-
FOKUSAREA INISIATIEWE PRESTASIES BEHAAL
Voedselveiligheid Voedselveiligheidsprogram Al die geouditeerde silo’s het voedsel-
veiligheidsertifisering ontvang.
Ekonomiese en
ondernemingsontwikkeling
Opleiding van opkomende boere Ses opkomende boere het opleiding
ontvang.
Finansiële en tegniese bystand Bystand het R5,0 miljoen beloop.
Landboukonferensieborgskappe Agt nasionale konferensies, tien provin-
siale kongresse en 170 distriks- en
plaaslike verenigings.
Onderwys Eksterne beurse Eksterne beurse is aan ses individue
toegeken.
Leerlingskappe 18 leerders (nie werknemers nie) het
voordeel getrek uit Senwes leerling-
skappe in kleinhandel, graanbestuur en
meganisasie.
Vuselela FET College praktiese
blootstelling
Kollegestudente het praktiese blootstel-
ling ontvang by Senwes hoofkantoor.
Ottosdal rekenaarsentrum Rekenaarsentrum is gevestig by
Ottosdal waaruit vier laerskole en 6 000
leerders voordeel trek.
Welsyn Jaarlikse Kerspartytjieprojek 600 behoeftige kinders van ses verskil-
lende instansies het voordeel getrek.
Watertekortprojek 8 000 liter water is geskenk en versprei.
Nelson Mandeladag-projek 20 voorskoolse kinders het voordeel
getrek uit die program wat hulle
voorsien het van noodsaaklikhede soos
borde, bekers, toiletware, reinigings-
middels en -materiale.
Sport Senwes Spinners Tiende jaar van volhoubare krieket-
ontwikkeling met ’n totaal van 1 274
leerders wat aan krieket blootgestel en
ontwikkel is. 47 onderwysers is opgelei
in krieketadministrasie.
Senwes Skole Sokkertoenooi Die projek het uitgebrei van een distrik
in 2009 tot 'n inter-provinsiale sokker-
toernooi, waaraan agt skole deelneem.
Plattelandse Skole: Atletiekprogram 1 200 kinders het aan die 2015/16
atletiekprogram deelgeneem.
rateurs. Die silo’s voldoen aan die Standaarde met betrekking
tot Voedselveiligheid, Voedselhigiëne en ander toepaslike
Wet gewing.
Volgens dié standaarde moet ’n voedselveiligheidsprogram
ontwikkel word ooreenkomstig die regulasies wat betrekking
het op die Hazard Analysis and Critical Control Point (HACCP)-
stelsel. Alle Grainlink silo’s is geouditeer en gesertifiseer deur
die Perishable Products Export Control Board (PPECB) in terme
van ’n 3-jaar siklus.
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
64 senwes geintegreerde verslag 2016
Ekonomiese en ondernemingsontwikkelingOndernemingsontwikkelingsinisiatiewe is gemik op ontwikkelende boerdery-
ondernemings. Ooreenkomstig ons verbintenis tot volhoubare ontwikkeling
en voedselsekuriteit, en ter ondersteuning van grondhervormingsdoelwitte,
belê Senwes in die ontwikkeling van ontluikende produsente met die oog op
die uitbreiding van hul deelname aan hoofstroom voedselproduksie en om te
verseker dat bewerkbare grond produktief bly.
ONS MODEL IN DIE VERBAND BEHELS DIE VOORSIENING VAN DIE VOLGENDE: Landboutegniese ondersteuning (ekonomies en agronomies);
Plaasbestuursopleiding;
Voedselveiligheid;
Verlening van produksiekrediet;
Opberging en hantering; en
Marktoegang.
Ons belê ook daarin om boere op datum te hou met wêreldtendense in voed-
selproduksiepraktyke en die nuutste tegnologie.
’n Bedrag van R5,0 miljoen is gespandeer op kredietverlening en tegniese
ondersteuning aan ontwikkelende landbou, gemik op nuwe toetreders en
ontwikkelende boere.
PLAAS EN LANDELIKE VEILIGHEID Senwes, in vennootskap met OFM, Afgri en NWK, het ’n bedrag van R437 190
ingesamel ter ondersteuning van Agri Securitas se pogings om die nodige sekuri-
teit te verskaf in Suid-Afrikaanse plattelandse gemeenskappe.
JONGBOER TOEKOMSFOKUSDAGDie Senwes Jongboer Toekomsfokusdag is ’n konferensie vir jong boere in
sentraal Suid-Afrika en word in samewerking met die Vrystaat en Noordwes
Jongboerkomitees georganiseer. Dit stel jong boere - die toekoms van Suid-
Afri kaanse landbou - bloot aan kundiges uit verskeie landbouverwante omge-
wings.
Die doel daarvan is om jong mense aan te moedig om landbou as ’n loopbaan
te oorweeg en om hulle te bemagtig om die uitdagings van kommersiële boer-
dery te hanteer en om by nuwe boerderytendense aan te pas. Die formaat van
hierdie jaar se konferensie was soortgelyk aan dié van die Nasie in Gesprek
besprekings, met die fokus op boerderyverwante onderwerpe.
BREËBASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGINGOns glo dat BBSEB ’n belangrike faktor is in die ekonomiese en sosiale trans-
formasie van Suid-Afrika en derhalwe ook ’n belangrike komponent van ons
besigheid is. Senwes is verbind tot die visie en doelwitte van Breëbasis Swart
Ekonomiese Bemagtigingswetgewing.
BBSEBSTRATEGIE Die formulering van ’n volhoubare BBSEB-struktuur vir Senwes.
Die skep van buigsame bemagtigingstrukture vir verskeie entiteite.
Die versekering van breëbasis-diversiteit.
Die verbetering van interne diversiteit van alle entiteite en die groep as ge-
heel.
Die optimalisering van sosio-ekonomiese en ondernemingsontwikkelings-
belegging.
THOBO TRUSTThobo Trust is gevestig as ’n BBSEB en sosio-
ekonomiese ontwikkelingsvennoot van Senwes,
met die primêre doel om die korporatiewe sosiale
beleggings van die Senwes groep, sy filiale en ge-
samentlike ondernemings te fasiliteer, ten einde
die effektiewe en volhoubare ontwikkeling van
landelike gemeenskappe in die Senwes bedie-
ningsgebied te verseker.
Thobo Trust is ’n onafhanklike trust, gestig in
2014. Die trust dryf die oorkoepelende KSB- en
sosio-ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe van
Senwes, terwyl spesifieke inisiatiewe of projekte
in vennootskap met Senwes se filiale en gesa-
mentlike ondernemings geloods word.
Die kernfokusareas van die trust is onderwys, on-
dernemingsontwikkeling en die welsyn van per-
soneel. Die meerderheid van die trust se begun-
stigdes is voorheen benadeelde Suid-Afrikaners.
Begunstigdes van die trust
Omliggende landbou- en myngemeenskappe
Werknemers en gesinne
Opkomende boerderygemeenskappe
Plaaswerkergemeenskappe
LOODSING VAN THOBO TRUSTDie Thobo Trust is amptelik op Woensdag, 16
September 2015, by Letsopa Primêre Skool ge-
loods. Die Thobo Trust Letsopa Rekenaarsentrum
by die skool, geleë in Ottosdal, is terselfdertyd
geopen. Dit was ’n feestelike geleentheid met
200 leer ders en verteenwoordigers van die vier
primêre skole in die gebied, naamlik Letsopa,
Naledi, Lebogang en Tumisang Primêre Skole in
Ottosdal. Skoolhoofde, die beheerliggaam, ouers
en amptenare van die Onderwysdepartement
was deel van die geleentheid.
Die Trust het twee rekenaarlaboratoriums in Ot-
tosdal en Brandfort, waaruit agt skole en 6 000
leerders voordeel sal trek.
Die Trust het ook begin met die opleiding van
onderwysers in die ontwikkeling van baie jong
kinders in Ventersdorp en Wesselsbron. ’n Totaal
van 37 onderwysers is tans ingeskryf vir vlak 1 en
vlak 4 studies.
65senwes geintegreerde verslag 2016
Die belyning van Senwes se belang met dié van belang-
hebbendes in die landbougemeenskap.
Die maksimalisering van Senwes se BBSEB-telkaart tot
voordeel van die groep en sy begunstigdes.
Senwes het hul SEB-status gedurende die jaar onder oor-
sig verbeter vanaf ‘n vlak 8 bydraer tot ‘n vlak 6 bydraer.
Die SEB-sertifikaat is beskikbaar op die Senwes webtuiste.
Senwes se BBSEB-pogings oor die afgelope finansiële
jaar was strategies gefokus op vaardigheids ontwikkeling,
voorkeurverkryging, ondernemingsont wikkeling en so-
sio-ekonomiese ontwikkeling, terwyl ons steeds voort-
gaan met ondersoeke en belegging in langtermyn volhou-
bare oplossings vir eienaarskap, bestuursbeheer en gelyke
indiensneming. Hierdie is die laaste telkaart gebaseer op
die ou regulasies. Die volgende telkaart sal gebaseer wees
op die nuwe regu lasies en pogings sal aangewend word
om minstens aan die minimum drempelvereistes van die
belangrikste elemente te voldoen en terselfdertyd die
strategie vir langtermyn volhoubare transformasie na te
streef.
OnderwysEKSTERNE BEURSEOns glo daarin om in die jeug en in onderwys te belê.
Senwes ken dus beurse toe aan verdienstelike studente,
hoofsaaklik in ons bedieningsgebied - die Vrystaat en
Noordwes provinsies. Ons identifiseer studente deur met
universiteite in ons gebied te konsulteer. Vier voorheen
benadeelde studente studeer tans met beurse wat deur
Senwes toegeken is.
Welsyn JAARLIKSE KERSPARTYTJIEPROJEK
Hoe ons ’n verskil in die lewens van ander maak
As groep aanvaar ons ons verantwoordelikheid teenoor
die gemeenskap en maak finansiële en ander toepaslike
bydraes tot organisasies en instansies.
Senwes, as deel van sy korporatiewe sosiale belegging,
het ’n Kerspartytjie gehou vir 600 minder bevoorregte
kinders van kinderhuise en/of spesiale skole in en om die
Matlosana gebied. Senwes werknemers het kersgeskenke
vir hierdie kinders gekoop terwyl Senwes en ander ven-
note die partytjie geborg het. Alhoewel dit ’n Senwes
inisiatief is, het dit gegroei tot 43 belanghebbende partye
wat goedgunstiglik finansiële en ander wyses van onders-
teuning aan die inisiatief verleen.
Die hoofdoel is om met liefde en sorg uit te reik na ges-
tremde of hulpbehoewende kinders en die volgende te-
huise is genooi:
Khaya Tshepo;
Rethabile Kinderhuis;
Manu Dei;
Huis Adonai;
Voetlig;
Janie Schneider Skool;
Daphne Lee.
WATERTEKORTPROJEK
Ons hand te midde van die droogte
Senwes personeel het met Laerskool La Hoff saamgespan
om soveel as moontlik drinkwater binne twee weke in
te samel. Die projek is geloods ter ondersteuning van
die #WaterShortageSA-projek. Senwes het opgetree as
verspreider van die water na dorpe en gebiede in nood.
Meer as 8 000 liter water is na gebiede in nood versprei.
NELSON MANDELADAGPROJEK
“Daar is geen beter bewys van ’n gemeenskap se siel nie as die wyse waarop hy sy kinders behandel.”Nelson Mandela
Op 18 Julie 2015, Nelson Mandeladag, het Senwes en
Hinterland personeel na die Kanana woongebied ver-
trek om ’n klein verskil in die lewens van 20 voorskoolse
kinders by die Lebohang Kleuterskool te maak.
Senwes werknemers het meer as R25 000 in persoonlike
donasies en borgskappe ingesamel om die kinders van
noodsaaklikhede soos borde, bekers, toiletware, skoon-
maakmiddels en -toerusting te voorsien. Die hoof doel van
die dag was egter om herstel- en verfwerk by die skool
te doen. Die verf- en herstelwerk het van die personeel
besig gehou, terwyl ander die kinders vermaak het met
speletjies.
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
66
Sport en ontspanningSENWES SPINNERS
Lewensvaardigheidsontwikkeling deur sport en ontspanning
Senwes Spinners, ’n plattelandse krieketontwikkelingsprogram in ven-
nootskap met Noordwes Krieket, het onlangs sy tiende volhoubare
bestaansjaar gevier. Hierdie program, wat in 2006 met agt plaasskole
begin is, vier in die Noordwes en vier in die Vrystaat, het uitgebrei na
tien skole wat aan ’n jaarlikse kriekettoernooi wat oor vyf dae strek,
deelneem. Die program het 130 leerders per jaar uit 19 skole aan
krieket bekendgestel en hulle voorsien van kwaliteit opleiding, afrigting
en toerusting.
Die program sluit nou 47 onderwysers in wat opgelei is as afrigters en
skeidsregters, en wat bemagtig is met die nodige vaardighede om ’n
volhoubare program en vaardigheidsoordrag te verseker. Een van die
onderwysers het ’n vlak 1 Krieket Suid-Afrika afrigtingskursus voltooi.
Uitstaande presteerders is geïdentifiseer en die geleentheid gebied
om ’n uitstekende akademiese en krieketskool by te woon ten einde
hulle in staat te stel om krieket op ’n hoër vlak na te streef. Een so ’n
leerder, Modise Matlaku van Rabana Plaasskool naby Ventersdorp, wat
die Potchefstroom Tegniese Hoërskool bywoon, het Noordwes in die
onder-15 en onder-17 spanne verteenwoordig.
SENWES SKOLE SOKKERTOERNOOIDie Senwes skole sokkerontwikkelingsprogram het in 2009 met agt
primêre skole in Bothaville begin en het sedertdien ontwikkel tot ’n
inter-provinisiale toernooi. Die toernooi het gegroei vanaf die primêre
skoolligas wat in die verskeie munisipale distrikte binne die Noordwes
en Vrystaat provinsies gespeel is, wat Matlosana, Tlokwe, Nala en Mo-
qaka insluit. Die wenners van die ligas, beide seuns en dogters, het hul
distrikte in the Senwes inter-provinsiale toernooi verteenwoordig. Die
spelers van elk van die agt skole is met ’n volledige sokkerstel toegerus.
DIE PLATTELANDSE SKOLE ATLETIEKPROGRAMDie plattelandse skole atletiekprogram behels twaalf plattelandse skole
in die Vrystaat wat in ’n jaarlikse kompetisie meeding. 1 200 leerders is
by die program betrokke.
SENWES PARKDie borgskap vir die naamregte van die Noordwes Krieketstadium in
Potchefstroom is nou in sy agtste jaar. T20 Ram Slams, provinsiale
wedstryde, universiteitsbekers, skoolfunksies en Kersliedere by kerslig
word by die stadium aangebied. Hierdie fasiliteit, wat aan internasio-
nale standaarde voldoen, lok verskeie nasionale en internasionale
spanne as voorkeur afrigtingsfasiliteit.
LANDBOUKONFERENSIEBORGSKAPPE Senwes het agt nasionale konferensies, tien provinsiale kongresse en
170 distriks- en plaaslike boereverenigingskonferensies geborg, wat by-
gewoon is deur verskeie organisasies in die landboubedryf.
senwes geintegreerde verslag 2016
67senwes geintegreerde verslag 2016
Nasionaal Provinsiaal Landboubesighede
Agri SA
Graan SA
Nasionale Meulenaarskamer
Graanhanteringsorganisasie
AMT Landbouvooruitskouingskonferensie
Agri Securitas
African Farmers’ Association of South Africa
Landbouekonomiese Vereniging van Suid-Afrika
Vrystaat Landbou
Agri Noordwes
Agri Noord-Kaap
Vrystaat Landbou-unie Jongboere
Agri Noordwes Jongboere
Rooivleis Produsenteorganisasie (Noordwes en Vrystaat)
Heilbron Koringdag
Betrokkenheid van belanghebbendesDie bou van ’n etiese werksomgewingOns etiese kode hanteer aspekte soos korrupsie, omkope-
ry, konflik van belange en menseregte en rig ons benade-
ring tot die bevordering van ’n etiese kultuur en regverdige
besigheidspraktyke. Ons is verbind tot die bedryf van be-
sigheid op ’n etiese wyse en strewe na die bevordering van
etiese gedrag in ons handelswyses.
Hierdie dokument dui die waardes, riglyne en standaarde
aan wat almal moet toepas in hul hantering van beide in-
terne en eksterne belanghebbendes. Menslike hulpbron-
beleidsdokumente en ’n misdaadvoorkomingsbeleid on der-
steun die etiese kode.
Die Senwes etiese kode is ’n hoëvlak dokument wat ons
toewyding tot die bedryf van besigheid op ’n wettige en
eties aanvaarbare wyse uitspel en is van toepassing op alle
werknemers en direkteure in die groep. Die dokument dek
wisselwerking met al ons werknemers, kontrakteurs, ver-
skaffers en diensverskaffers, sowel as ons filiale en gesa-
mentlike ondernemings. Daar word van alle werknemers en
direkteure verwag om hulle te verbind tot die maatskappy
se waardes en etiese kode.
Opleiding en bewusmakingsinisiatiewe word by Senwes
onderneem. Bewusmaking word op verskillende maniere
bevorder binne ons besigheid en al ons werknemers deur-
loop opleiding met betrekking tot etiek. ’n Etiekkomitee is
in plek, wat bestaan uit etiekbeamptes uit alle afdelings.
Alle gerapporteerde insidente word ondersoek en indien
voldoende inligting verskaf kan word, word toepaslike reg-
stellende aksie geneem.
Die volgende organisasies het borgskappe ontvang:
Die volgende etiese kode rig ons interaksie met al ons belanghebbendes
Ons is ’n verantwoordelike en aanspreeklike korporatiewe burger,
ver bind tot die bestuur van ’n volhoubare besigheid met inagneming
van ons belanghebbendes, die omgewing en die gemeenskap.
Ons behandel al ons belanghebbendes met respek, sensitiwiteit
en waardigheid, onder alle omstandighede.
Ons strewe daarna om te voldoen aan alle toepaslike wetge-
wende en regulatoriese vereistes as ’n minimum standaard.
Ons tree op met integriteit en professionaliteit in al ons besigheids-
aktiwiteite, verwerp alle vorms van oneerlikheid en verdra geen
be drieglike optrede soos diefstal, omkopery, korrupsie, bedrog,
verval sing of wanvoorstelling nie.
Ons ondersteun effektiewe korporatiewe beheerbeginsels, wat
belyn is met nasionale en internasionale riglyne.
Ons vermy en verklaar konflikte van belange.
Ons verseker dat inligting aan al ons belanghebbendes tydig, ak-
kuraat en gebalanseerd is en nie misleidend is nie.
Ons kompeteer op ’n regverdige en eerlike wyse en respekteer die
regte van ons mededingers tot regverdige kompetisie.
Ons eerbiedig wettige ooreenkomste aangegaan deur Senwes.
Ons respekteer menseregte en waardigheid en diskrimineer nie
op die basis van ras, geslag, geloof of seksuele oriëntasie nie.
Ons bedryf ons persoonlike sake op ’n fatsoenlike en verantwoor-
delike wyse, met inagneming van die beskerming van Senwes se
reputasie te alle tye.
Ons sal alle gerapporteerde gevalle van wangedrag ondersoek en
toepaslike aksie neem, ongeag die betrokke persoon.
Interaksie met ons belanghebbendes
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
68 senwes geintegreerde verslag 2016
WERKVERSKAFFING BINNE DIE GROEPOns werknemers is sleutelbelanghebbendes van Senwes. Gerig deur ons
etiese kode streef ons daarna om te verseker dat hul menseregte te alle
tye gerespekteer en beskerm word. Dit is ons verantwoordelikheid om te
voldoen aan alle toepaslike werksverwante wetgewing en arbeidswette.
Ons dra by tot die ontwikkeling van ons werknemers deur toepaslike
beleggings te maak wat hul kwalifikasies, vaardighede en bevoegdhede
sal verbeter.
Senwes se strategiese fokus met betrekking tot werknemers is om te verse-
ker dat die maatskappy die beste talent werf, ontwikkel, motiveer en be-
hou.
Ons toegewyde werksmag was en is steeds ons primêre mededingingsvoor-
deel in die lang en suksesvolle 107-jaar geskiedenis van die maatskappy.
Ons het ’n hardwerkende span wat nog altyd ons langtermynvolhoubaar-
heid verseker het en sal voortgaan om ons sukses te verseker.
STRATEGIESE TALENTBESTUURSDRYWER: WERKNEMERWAARDEPROPOSISIEDie oogmerk van ons werknemerwaardeproposisie is om die organisasie in
staat te stel om voornemende talent te werf, aan te stel, huidige werkne-
mers te behou en eienskappe te bevorder wat Senwes die voorkeurwerk-
gewer in die arbeidsmark sal maak en in staat sal stel om sy strategiese
doelwitte te bereik.
Ons waardeproposisie rus op vier belangrike pilare en som die waardebe-
lofte aan werknemers op. Skakeling met ons werknemers draai om hierdie
vier hoekstene.
Uitstekende maatskappy om voor te werk;
Uitdagende werk met groeigeleenthede;
Bemagtigende, veilige en gesonde werksomgewing;
Werknemererkenning en markverwante vergoeding.
1 338 1 306
104 79 18 951
2 997
92
Senwes CertisureHinterland Prodist JDI GrainovationTradevantageGrasland Totaal
TOTALE WERKSMAG SOOS OP 30 APRIL 2016
Senwes 1 338Hinterland 1 306Prodist 104Certisure 92JDI 79Grasland 51Grainovation 18Tradevantage 9Totaal 2 997
69senwes geintegreerde verslag 2016
TALENTPROFIEL EN DIVERSITEIT
Ons verskaf ’n uitstekende maatskappy om voor te werk
Senwes se doelwit met betrekking tot talentdiversifikasie word gedryf
deur strategiese besigheidsdoelwitte sowel as nasionale transforma-
sievereistes. Die doelwit is om te verseker dat ons ’n kultuur van diver-
siteit en insluiting het, waarin elke individu die krag van ons diversiteit
en doelgerigtheid sal aanvaar en gebruik.
Die strategiese doelwitte is: bevordering van innovasie deur diversiteit
van denke, die vergroting van die talentpoel, die ontwikkeling van ’n
mededingende talentvoordeel, nakoming van wetlike en regulatoriese
vereistes en die ondersteuning van nasionale transformasie- en volhou-
baarheidsvereistes.
Die Senwes talentdiversifikasiestrategie fokus op vier hoofelemente,
naamlik die werwing van diverse talent, die aanstelling en ontwikke-
ling daarvan, die skep van ’n inklusiewe kultuur en die behoud van
diverse talent.
Werf Ontwikkel Behou diversiteits-vriendelike kultuur
Stel aan
INKLUSIEWE OMGEWING
WERKSMAGDIVERSITEIT: GELYKE INDIENSNEMING
WERKSVLAKKE PER RAS
OUDERDOMSVERSPREIDING OOR VERSKEIE VLAKKE VAN DIE ORGANISASIE
Uitvoerende bestuur
33%
67%
Swart Wit
0%
100%
7%
93%
12%
88%
51% 49%
98%
2%
Senior bestuur
Middelbestuur Juniorbestuur
Geskooldewerknemers
Ongeskoolde werknemers
67%
33%
57%
43%
41%
56%
3%
28%
61%
11%
22%
47%
31%
21%
63%
16%
Onder 30 jaar 30 – 49 jaar 50 jaar en ouer
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
Uitvoerende bestuur
Senior bestuur
Middelbestuur Juniorbestuur
Geskooldewerknemers
Ongeskoolde werknemers
70 senwes geintegreerde verslag 2016
TALENTONTWIKKELING
Ons bied uitdagende betrekkings met groeigeleenthede
Alhoewel ons suksesvol was met die aanstelling en ontwikkeling van
talent, is die retensie van talent ’n uitdaging. In dié verband is ’n aan-
tal inisiatiewe geloods om deurlopende betrokkenheid van werkne-
mers te verbeter. Dit sluit onder andere in die gereelde evaluering van
personeelbetrokkenheid en voorneme om in diens te bly, persoonlike
ontwikkelingsplanne, die verskaffing van geleenthede vir vertikale,
late rale en diagonale skuiwe in die organisasie, deurlopende vergely-
kings met betrekking tot vergoe ding, werknemererkenning regdeur
die jaar sowel as mentorskappe en opleiding.
SENWES PROGRAM VIR GEGRADUEERDES
Die program vir gegradueerdes is in 2010 bekendgestel en is een van
die mees betroubare en effektiewe werwingstrategieë in Senwes. Ge-
gradueerdes wat hul tersiêre studies voltooi het word gewerf, opgelei
en aangestel op ’n jaarlikse basis. Die graduandi volg ’n gestruktu-
reerde ontwikkelingsprogram wat formele leierskapopleiding en prak-
tiese ondervinding insluit ten einde hulle vir die besigheidswêreld voor
te berei.
Oor die afgelope ses jaar het 74 gegradueerdes (65% BBSEB) aan hier-
die ontwikkelingsprogram deelgeneem. 94% van die gegradueerdes
het die program suksesvol voltooi en slegs 7% is nie in die maatskappy
opgeneem na voltooiing van die program nie. Die retensieprobleem
ontstaan eers wanneer die gegradueerdes (nou jong werknemers) per-
manent in die maatskappy aangestel word.
Program vir gegradueerdes 2010 - 2016 Totaal %
Aantal gegradueerdes 74 100%
Aantal swart 48 65%
Aantal wit 26 35%
SENWES AKADEMIE
Die doelwit van die program vir gegradueerdes is om ’n leierskapspoel
te vestig vir die toekomstige talentbehoeftes van die maatskappy. Ten
minste 90% van die gegradueerdes wat die program voltooi het, is in
die organisasie opgeneem. Die grootste uitdaging in die program is die
retensie van hierdie jong, uiters mobiele gegradueerdes.
TOTALE AANTAL GEGRADUEERDES AANGESTEL VANAF 2010 – 2016
65%
SWART
WIT
35%
Versnelde leierskap
(gegradueerdes)
15 16
1014
Programmebygewoon
(besigheidskole)
18
26 24
2
35
44
1619
Leerlingskappe
5 37
Vakleerlingskappe
9
Leierskap- ontwikkelings-
programme
9
Uitvoerendebestuurs-
ontwikkeling
2012 2013 2014 2015
As ’n geakkrediteerde opleidingsverskaffer, bied Senwes werksplek-
kwa lifikasies in samewerking met eksterne opleidingsverskaffers. Ty-
dens die afgelope gradeplegtigheid het leerders erkenning ontvang
van die Senwes Akademie vir die suksesvolle voltooiing van verskeie
opleidingsintervensies in die volgende kategorieë:
Leerlingskappe en vakleerlingskappe
Versnelde ontwikkelingsprogram (gegradueerdes)
Bestuursontwikkelingsprogramme (besigheidskole)
Leierskapontwikkelingsprogramme (in-huis)
Oorsig oor talentontwikkelingstatistiek – Senwes
Talentontwikkelings-indikator 2015/16 2014/15 Beweging
Aantal opleidingsman-dae 6 959 8 637 (19,4%)
Totale opleidingskoste (R’m) 7,4 7,1 4,2%
% van opleiding belê in swart individue 39,9 39,3 0,6%
Gemiddelde aantal opleidingsdae per werknemer 5,5 6,6 (16,7%)
Opleidingskoste as % van salariskoste 2,2 2,4 (0,2%)
Nota: Alhoewel die totale vaardigheidsontwikkelingsbelegging met 5% verhoog het vir die jaar onder oorsig, het totale opleidingsman-dae per werknemer ver-laag teenoor die vorige jaar weens wysigings in die vaardigheidskategorieë en die tydsduur van kursusse oor die afgelope jaar.
Die verskaffing van groei en ontwikkelingsgeleenthedeDie groep bly verbind daartoe om hulpbronne aan te wend vir die
opleiding en vaardigheidsontwikkeling van werknemers, met spesifieke
fokus op versnelde ontwikkeling van kandidate uit histories benadeel-
de groepe.
DIE SENWES AKADEMIE
Die Senwes Akademie is in 2008 gestig en het oorsig oor die be-
planning en verskaffing van opleiding en ontwikkeling regdeur die
groep, die handhawing van ondersteuningstelsels en die bestuur van
alle opleidingsprojekte. ’n Verskeidenheid opleidingsintervensies word
gebied wat die volle spektrum vanaf kort kursusse, vaardigheidspro-
gramme en leerlingskappe tot werksplekkwalifikasies en kwalifikasies
wat deur tersiêre instansies gebied word, dek.
Die volgende grafiek reflekteer die aantal leerders wat in die onder-
skeie kategorieë kwalifikasies ontvang het in die laaste vier jaar:
71senwes geintegreerde verslag 2016
VERSPREIDING VAN OPLEIDINGSKOSTE PER BAND
OPLEIDINGSBYWONING PER OUDERDOMSKATEGORIE
LEERLINGSKAP- EN VAKLEERLINGSKAPPROGRAMME
Leerlingskappe bly ’n hoëvlak vaardigheidsontwikkelingsprioriteit
in Senwes. Leerlingskappe vir leerders wat werk sowel as leerders
wat werkloos is, is suksesvol in Senwes geïmplementeer oor die
afgelope agt jaar. Die huidige fokus op leerlingskappe vir werklose
(Afd 18.2) leerders is om werksplekkwalifikasies te bied aan leer-
ders uit plattelandse gebiede, met die moontlikheid van perma-
nente aanstellings na voltooiing van die opleiding.
’n Totaal van 20 leerders het leerlingskapprogramme in die graan-
hanteringsbedryf oor die afgelope finansiële jaar voltooi en ’n Na-
sionale Sertifikaat in Graanhanteringsprosesse (NQF 2) ontvang.
Gedurende hierdie periode het minstens 12 vakleerlinge vaktoetse
voltooi en as landboutoerustingstegnici gekwalifiseer.
BEURSSKEMA VIR WERKNEMERS
Senwes se studiebeursskema stel voornemende leerders in staat
om in te skryf vir akademiese studie op die basis van ’n studiebeurs,
op voorwaarde dat dit belyn is met die besigheid van Senwes en
dat dit gebied word deur ’n geakkrediteerde instansie met ’n goeie
reputasie. Gedurende die afgelope finansiële jaar is ’n bedrag van
R831 900 goedgekeur vir die studies van 60 werknemers.
VERSPREIDING VAN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELING OOR VLAKKE EN GROEPEDie volgende twee diagramme reflekteer die verspreiding van
vaardigheidsontwikkelingshulpbronne oor verskeie vlakke en ou-
derdomsgroepe in die organisasie vir die jaar onder oorsig:
OPVOLGBESTUUR
Die doelwit van opvolgbestuur in Senwes is om te verseker dat
daar voldoende talent is om dekking te bied vir kritiese betrek-
kings, om kontinuïteit te verseker deur in staat te wees om mense
in kritiese betrekkings te vervang en om leiers vir toekomstige
betrekkings te ontwikkel ooreenkomstig ons leierskapontwikke-
lingsmodel.
Talentforums is per afdeling gevestig en die risiko van persone in
kritiese betrekkings wat die maatskappy kan verlaat is geïdentifi-
seer. Persoonlike ontwikkelingsplanne is gestruktureer vir werkne-
mers wat as opvolgers geïdentifiseer is ten einde die ontwikkeling
van vaardighede, kennis en vermoëns te verseker en om hulle voor
te berei vir bevordering na meer uitdagende betrekkings in die
maatskappy. Dit help om werknemers gemotiveerd en betrokke te
hou wanneer hulle hul loopbaanplan kan sien en persoonlike groei
en ontwikkeling in die maatskappy kan ervaar.
LEIERSKAPONTWIKKELING
Ons leerlingskapmodel ondersteun ’n multi-dissiplinêre benade-
ring tot leierskapontwikkeling oor verskeie vlakke, wat wissel van
versnelde leierskapontwikkeling op die vlak van toesighouers en
gegradueerdes tot uitvoerende bestuursontwikkeling. Ons spreek
leierskap- en bestuurs ontwikkelingsbehoeftes in samewerking met
vooraanstaan de besigheidskole en privaat opleidingsverskaffers
aan, wat wissel van toesighouersvlak tot taktiese en strategiese vlak.
7%
ABAND
BBAND
CBAND
DBAND
EBAND
41% 36% 13% 3%
48% 44% 8%
< 35 JAAR 35 55 JAAR
> 55 JAAR
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
72 senwes geintegreerde verslag 2016
LEIERSKAPONTWIKKELINGSBEVOEGDHEIDSMODEL
Aanpassing by verandering Ontwerp die toekoms
Hanteer verandering op 'n geloofwaardige, posi-
tiewe en kragtige wyse, wees ondersteunend
ten opsigte van verskillende situasies en respek-
teer diverse groepe mense.
Fokus op die ontwikkeling van idees en ondersoek verskeie
moontlikhede. Analiseer en los probleme op op maniere wat
’n langtermynimpak het.
Aanvaar verandering
Spanwerk
Toon begrip vir mense
Hanteer individue na waarde
Wees kalm
Rig ’n uitnodiging vir terugvoering
Ontwikkel strategieë
Verskaf insigte
Genereer idees
Ondersoek moontlikhede
Interpreteer data
Verkry resultate Beïnvloed ander
Ontsluit waarde en verkry uitstaande resultate
deur energieke aksie, dissipline, integriteit en
goed beplande, tydige uitvoering.
Neem mense op ’n reis deur kommunikasie en vennoot-
skappe met ander, die bou van verhoudings, toon leierskap
en ontwikkel mense.
Neem aksie
Gryp geleenthede aan
Handhaaf standaarde
Jaag doelwitte na
Bestuur take
Behaal tydsgrense
Bemagtig individue
Neem besluite
Daag idees
Interaksie met mense
Lei mense
PRESTASIEBESTUUR
Die prestasieontwikkelingstelsel bly steeds instrumen-
teel in die skep en bevordering van ’n sterk prestasiekul-
tuur. Dit is ook behulpsaam met die identifisering van
goeie presteerders en die implementering van ontwik-
kelingsinisiatiewe waar nodig. Ons hersien die stelsel
op ’n deurlopende basis om te verseker dat dit effek-
tiewe prestasiedoelwitstelling, monitering en evaluering
fasiliteer en dat individuele en organisasieprestasie met
groep strategiese doelwitte belyn.
Bemagtigende, veilige en gesonde werksomgewingMENSEREGTE EN ARBEIDSTANDAARDE
Ons benadering tot die bestuur van arbeidsbetrekkingeSenwes is verbind tot goeie werknemerverhoudings
en skep ’n omgewing wat bevorderlik is vir vryheid van
assosiasie in die werksplek en wat verseker dat geen
onregverdige diskriminasie plaasvind nie. Die primêre
doelwit van arbeidsbetrekkinge is om ’n proaktiewe be-
nadering te hê tot sake en die tydige identifisering van
potensiële risiko’s. Senwes het redelike goeie arbeids-
betrekkinge ondervind in ’n moeilike arbeidsomgewing
weens hierdie benadering. Senwes is ’n lid van die Be-
dingingsraad vir die Graanbedryf en speel ’n invloedryke
rol op dié raad.
’n Duidelik gedefinieerde indiensnemingsbeleid en dis-
siplinêre kode is elektronies beskikbaar vir alle werkne-
mers ten einde te verseker dat werknemers bewus is van
die reëls van die maatskappy.
VERBOD OP GEDWONGE ARBEID
Die maatskappy is nie betrokke in enige vorm van ge-
dwonge arbeid of kinderarbeid nie. Senwes maak nie
gebruik van arbeidsmakelaars vir die verskaffing van ar-
beid nie. Alle persone wat binne die maatskappy werk
is werknemers van die maatskappy.
ORGANISASIEKONVENSIES (ILO-KONVENSIES)
Senwes ondersteun en voldoen aan die beginsels van
die ILO-konvensies met betrekking tot regte by die
werksplek en menswaardige werk. Ons strewe daarna
om die fundamentele menseregte van ons werknemers
in die werksplek te beskerm.
TRADISIONELE REGTE
Senwes het ’n konsekwente en eenvorminge diens-
beleid wat van toepassing is op alle werknemers. Die
beleid beskerm die regte van personeel en voldoen as
73senwes geintegreerde verslag 2016
’n minimum aan arbeidswetgewing. In sommige gevalle
oorskry ons die vereistes van die wetgewing wat die regte
van werknemers beheer. Enige spesiale afwykings van
hierdie beleid word op ’n gesentraliseerde basis op be-
dingingsraadvlak onderhandel. Spesiale behoeftes van
werknemers word binne hierdie raamwerk oorweeg in-
dien daar so ’n behoefte sou wees.
VRYHEID VAN ASSOSIASIE
Senwes erken die werknemer se reg tot vryheid van as-
sosiasie en kollektiewe bedinging. Senwes is ’n lid van
die Bedingingsraad vir die Graanbedryf en erken twee
vakbonde, naamlik Solidariteit en FAWU. ’n Totaal van
25% van werknemers behoort aan vakbonde.
ONS STRATEGIESE BENADERING TOT GESONDHEID EN VEILIGHEID
Ons strewe daarna om ’n veilige en gesonde omgewing
vir ons werknemers daar te stel. Ons doelwit is om alle
wetgewing, regulasies en reëls wat beroepsgesondheid
en -veiligheid reël, na te kom. Ons is bewus van die
feit dat, ten einde produktief te wees, werknemers in
’n omgewing moet werk wat veilig, gesond en onder-
steunend is. Werknemers lewer beter diens en is meer
produktief wanneer hulle vry is om hulself te wees,
wanneer hulle deel kan wees van ’n span en wanneer
hulle gewaardeer en gerespekteer word.
Senwes strewe daarna om so ’n werksplek en kultuur te
skep wat hierdie eienskappe bevorder.
Indikatore 2015/2016 2014/2015 Afwyking
Afdeling 24- ongeskiktheidsbeserings
3 15 (80,0%)
Ongeskiktheidsbeserings 31 34 (8,8%)
Verlore man-dae weens beserings
211 851 (75,2%)
Ongeskiktheidsbeserings-frekwensie
1,8 2,9 (37,2%)
*Aksies is geloods om die aantal ongeskiktheidsbeserings in die maatskappy te verlaag.
Bemagtigende beleids-omgewing
Effektiewe strukture
Onderwys en opleiding
Bemagtiging van werk ne mers om eie oordeel te fel
Toepassing van reëls en regulasies
Die gesondheid- en veiligheidstrate-
gie rus op vyf pilare, naamlik:
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
74
IMPAK OP DIE NATUUR EN SY OMGEWINGSKAARSHEID, KWALITEIT EN BETROUBARE VERSKAFFING VAN NATUURLIKE HULPBRONNE
Die toenemende skaarsheid en kwaliteit van natuurlike
hulpbronne bly ’n uitdaging in Suid-Afrika en regoor die
wêreld; dit reflekteer ’n verlaging in die ekonomiese wel-
stand van mense weens die verlaagde kwaliteit, beskikbaar-
heid en produktiwiteit van natuurlike hulpbronne.
Die bestuur van grond en natuurlike hulpbronne sal een van
die mees kritiese uitdagings vir volhoubare voedselproduk-
sie bly. Aan die een kant is daar skaarsheid wat deur ’n vraag
na hulpbronne gedryf word, in terme waarvan die vraag na
spesifieke hulpbronne nie deur die bestaande aanbod ge-
dek kan word nie. Aan die ander kant is daar skaarsheid wat
deur aanbod gedryf word, as gevolg van natuurlike variasie
en klimaatsverandering of onvermoë van die infrastruktuur
of diensleweringsmeganismes om aan die vraag te voldoen.
OMGEWINGSTRATEGIE
Die Senwes omgewingsbestuurstrategie is gebaseer op die
volgende fokusareas:
UITDAGINGS VAN ENERGIEVERSKAFFING
Suid-Afrika ervaar ernstige energieprobleme wat ekono-
miese groei belemmer. Die onvermoë van Eskom om in die
vraag na elektrisiteit te voldoen weens swak infrastruktuur,
swak onderhoud en vertragings in die voltooiing en inbe-
dryfstelling van nuwe kragaanlegte, het ’n nadelige effek op
besigheidsaktiwiteite en beleggervertroue.
Ons het inisiatiewe geloods om die effektiwiteit van kragver-
bruik te verbeter en om die effek van kragonderbrekings op
ons besigheid en produktiwiteit te verminder.
STRATEGIESE INISIATIEWE
Senwes het die belangrikheid van hernubare energiebronne
en die verbetering van energiedoeltreffendheid besef. Die
doelwit is dus om ondersteuning te verleen vir die ontwik-
keling van stelsels en prosesse om energiedoeltreffendheid
te verbeter.
Die volgende aksies is tot dusver geïmplementeer om ener-
gie- en waterverbruik by Senwes hoofkantoor te verbeter
en te verlaag:
Verbeterde boubestuurstelsel;
Die vervanging van ou lugverkoelingstelsels;
Verhoogde bewusmaking van energie-aspekte onder
personeel en meer effektiewe energieverbruik;
Veilige wegdoening van buisligte;
Nuwe elektroniese meter by hoofkantoor om munisipale
lesings te neem;
Energie- effektiwiteit
Water- effektiwiteit
Afval- vermindering
Hulpbron- alternatiewe
Nuwe noodwatervoorsiening vanuit twee bestaan de
boorgate wat aan die daaglikse waterbehoeftes by die
hoofkantoorgebou vol doen;
Vier nuwe hysbakke om energiekoste te verminder.
Senwes het ook die volgende energiebesparende
en alternatiewe energieprojekte goedgekeur en
is in die proses om dit te implementeer.
ENERGIEDOELTREFFENDHEIDProgramme is in plek gestel om die verbruik van
elektrisiteit in ons besigheidsaktiwitei te te vermin-
der en om ’n kultuur van doeltreffendheid te be-
vorder. Die inisiatiewe wat reeds geïmplementeer is
by hoofkantoor het tot die verlaging in die verbruik
van elektrisiteit gelei soos aangedui in die volgende
grafiek.
NUWE SON PV-STELSEL VIR SENWES HOOFKANTOOR (753 KWP)
Son-energie word gedefinieer as energie wat deur sonlig
gegenereer word en die grootste voordeel van die gebruik
van son-energie is dat dit hernubaar is. Dit is derhalwe vol-
houbaar en raak nooit op nie. Son PV-stelselenergie benodig
minder onderhoud as tradisionele kragopwekkers. Die ener-
gie word gegenereer deur natuurlike en beskikbare hulp-
bronne, wat dus bedryfskoste verlaag. Selfs meer belangrik
is die feit dat son-energie min of geen afvalprodukte soos
koolsuurgas of ander chemiese middels genereer, wat bete-
ken dat die impak op die omgewing minimaal is.
Die implementering van ’n son PV-stelsel by hoofkantoor sal die volgende voordele hê:
Maksimaliseer effektiewe hernubare opwekking van ener gie en minimaliseer buitensporige energie op wek-king;
Finansieel lewensvatbare belegging;
Elektrisiteit gedurende toepassing van beurtkrag;
Elektrisiteit gedurende periodes waartydens geen krag beskikbaar is nie;
Befonds deur PV-besparing;
Laer energiekoste vir die toekoms;
Maksimale belastingvoordele;
Voldoen aan gesondheids- en veiligheidsvereistes ge du-rende toepassing van beurtkrag (lugreëling en vars lug).
HOOFKANTOOR ELEKTRISITEITSVERBRUIK
2013/14 2014/15 2015/16
3 563 835 kWh3 358 844 kWh
2 983 401 kWh
senwes geintegreerde verslag 2016
75
Die totale geprojekteerde son PV-generering van 1 480 000
kWp per jaar sal 43% van totale verbruik verteenwoordig.
Dit sal ’n energiekostebesparing van R2,2 miljoen per jaar
tot gevolg hê.
Die volgende projekte is deur bestuur goed-
gekeur om energie te verbeter en te bespaar.
Nuwe LED-tegnologie beligting met bestuurstel-
sel vir Senwes hoofkantoor;
Ligte is vervang deur LED-ligte en stroombuise;
Bewegingsensors en maksimale gebruik van dag-
lig;
Alle bedrading, buise en skakelaars vir alle ligte
sal vervang word;
Die nuwe installasie sal ’n lewensverwagting van
minstens 20 - 30 jaar hê;
Die nuwe stelsel se onderhoudskoste sal baie laag
wees vir baie jare lank;
Die volledige installasie sal aan SANS-vereistes
voldoen;
Die volledige installasie sal baie meer effektief
wees;
Die langtermyn finansiële voordele vir Senwes sal
beduidend wees. Die LED-beligtingstelsel sal ’n
potensiële energiebesparing van 45% per jaar tot
gevolg hê (R1,2 miljoen word geprojekteer).
KLIMAATSVERANDERING: DROOGTE
Die droogte het ’n geweldige impak op die kontantvloei-
situasie in sekere distrikte gehad. Dit sal ’n uiters negatiewe
invloed op die besteebare inkomste van huishoudings hê.
Werksverliese sal onafwendbaar wees en verskaffers in die
landbouketting sal ook negatief geaffekteer word. Van die
verskaffers kan selfs uit die geaffekteerde gebiede onttrek.
Die ontvolking van landelike gebiede is ook ’n sterk moont-
likheid. Dit sal ’n effek op die volhoubaarheid van land-
boubesighede in plattelandse gebiede hê. Die droogte kan
ook tot insolvensies en laer aanplantings in sekere distrikte
lei, wat tot gevolg sal hê dat kleiner besighede hul deure
sluit. Dit kan ook die sosiale samehorigheid en stabiliteit van
plattelandse gemeenskappe affekteer.
WATERTEKORTESuid-Afrika is ’n waterskaars land. Die vraag na water oor-
skry die natuurlike beskikbaarheid van water in die meeste
gebiede in ons land. Inaggenome hierdie situasie, bly water
steeds die belangrikste natuurlike hulpbron in die verseke-
ring van voedselsekuriteit. Lewendehawe en oeste benodig
water om te oorleef en te groei. Landbou benodig groot
hoeveelhede water vir besproeiing en verskeie produksie-
prosesse.
As landbouorganisasie het ons effektiewe waterverbruiks-
praktyke geïmplementeer wat ons in staat stel om reënwater
en ondergrondse water op te vang, op te berg, te gebruik
en te herwin vir gebruike anders as vir drinkwater, wat ons
in staat sal stel om munisipale waterverbruik te verminder.
Ons het ook meganismes in plek om die kontinuïteit van
watervoorsiening tydens korttermynonderbrekings van wa-
tervoorsiening as gevolg van swak munisipale waterinfra-
struktuur te verseker. Gedurende die jaar onder oorsig het
ons ’n watertekortprojek geloods, tot voordeel van gebiede
wat spesifiek deur die droogte geaffekteer is.
WATEREFFEKTIWITEITDie herwinning van reënwater en ondergrondse water is
gerig op besproeiingsdoeleindes by hoofkantoor.
GROEP ELEKTRISITEITSVERBRUIK
15 866 275 kWh
18 884 650 kWh 18 954 880 kWh
HOOFKANTOOR WATERVERBRUIK
2013/14 2014/15 2015/16
7 405 KL6 013 KL 5 522 KL
Senwes hoofkantoor en Grainlink silos, Hinterland uitgesluit.
2014/15 2015/162013/14
senwes geintegreerde verslag 2016
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
76
AFVALVERMINDERING’n Afvalverminderingsprogram is in plek by Senwes hoofkan-
toor, wat hoofsaaklik gefokus is op papierverbruik en om
mense aan te moedig om tegnologie in plaas van gedrukte
dokumente te gebruik.
KOOLSTOFVOETSPOOR
Ons is bewus daarvan dat ons besigheid geaffekteer kan
word deur die effek van aardverwarming en die verkleining
van ons koolstofvoetspoor sal ’n prioriteit bly. Ons is verbind
tot die herbenutting van soveel as moontlik afvalstowwe en
om die gebruik van papier, water en elektrisiteit te verminder.
Senwes besparings ten opsigte van papierverbruik
Bladsye 842 080
Hout 7 196 kg (3,2 bome)
Tyd 105 dae
CO2 5 247 kg
Randwaarde R1 423 764
*Syfers is kumulatief berekende skattings
DIE MARKPLEKINNOVASIE EN GEÏNTEGREERDE OPLOSSINGS
Senwes is ’n klantgefokusde maatskappy en ons poog om
innoverende en geïntegreerde oplossings te vind vir ons
klante se probleme. Gedurende die jaar onder oorsig was
al die fokus op ’n klantgesentreerde strategie. Ons het vir
dié doel 'n afdeling gevestig wat gefokus is op innovasie en
geïntegreerde oplossings.
Senwes as groep het ’n klantsentriese benadering aanvaar,
met die volgende doelstellings:
Die afbreek van organisatoriese silo’s en die belyning van
struktuur en prosesse ten einde ’n klantsentriese kultuur
te bevorder;
Fokus op klantbehoeftes: “Wat wil die klant hê?”;
Lewering van ’n konsekwente hoë kwaliteit klant onder-
vinding; en
Optimalisering van oorvleuelende verkoopsgeleenthede
tussen afdelings en filiale - bv. deur klante wat slegs met
een eenheid besigheid doen, te oorreed om besigheid
met twee en meer besigheidseenhede te doen.
Die medium- tot langtermyndoelwit is om betekenisvolle
inkomste te genereer uit nuwe besighede wat deur inno-
vasie begin is en om ’n sterker kultuur van innovasie regoor
alle besigheidseenhede te vestig.
Figuur 1 – Innoveringsproses binne Senwes groep
Betrek Ontwikkel Evalueer Uitvoering
Kommunikeer/Oproep tot optrede Denkrigting
Evaluering/ aanvanklike ontwikkeling
Kommersialiseer
Fase
Aks
ies
Kommunikeer innovasie-proses
Betrek bestuur
Trek matriks op van groepwye innovasiespan
Vestig innovasiespan
Ontwikkel en kommuni-keer terugvoeringslyne
Evalueer nuwe tegnologie
Identifiseer klantebehoef-tes (sleutelrekening-bestuurders, ens)
Ontwikkel ideeplatform/ terugvoering
Interaktiewe sessies in skakelingsgebied (brug)
Evalueer konsepte
Toets konsepte met teikengroep
Bepaal markpotensiaal
Bepaal tegniese uitvoerbaarheid
Wys span aan
Ontwikkel toetsproduk/ diens
Formuleringstoetsing
Goedkeurings-/ afkeuringsevaluering
Ontwikkel besigheids-/beleggingsplan volgens Senwes se standaarde
senwes geintegreerde verslag 2016
77senwes geintegreerde verslag 2016
INNOVASIE BY SENWESDie Senwes groep sal op verskeie soorte innovasie fokus,
naamlik:
Effektiwiteitsgebaseerde innovasie – hierdie tipe inno-
vasie fokus op die vereenvoudiging van prosesse en
kostevermindering.
Prestasieverbetering – hierdie tipe innovasie fokus op die
verbetering van huidige prosesse.
Markskeppingsinnovasie – hierdie tipe innovasie fokus op
nuwe besigheidsmodelle en teiken nuweklantsegmente
as voorbeeld.
GEÏNTEGREERDE KLANTEFOKUSOPLOSSING
Een van die huidige projekte binne die innovasieportefeulje
is ’n geïntegreerde klantefokusprojek. Die doelwit is om die
totale ondervinding van en diens aan die klant te verbeter.
Die projek sal op die volgende fokus:
Klante Verskaffers en vennote Werknemers Leiers
Verbeter ondervinding van klant
Verbeter bemarkings- en verkoopseffektiwiteit
Ontwikkel multi-kanaal-strategie
Verbeter transaksiespoed
Verlaag koste
Optimaliseer digitale verskaffersketting
Verbeter bestuur van verskafferverhoudings
Optimaliseer verkope en bedryfsbeplanning
Bestuur verandering in organisasies
Ontwikkel digitale vaardigheidsvermoëns
Bestuur werwing en retensie van talent
Evalueer mark en mededinging
Ontwikkel en belyn bedryfsmodel en organisatoriese struk-tuur
TEGNOLOGIESE ONTWIKKELING
Dit is Senwes IT se visie om die huidige en toekomstige
groepstruktuur te ondersteun ten einde te verseker dat die
tegnologie wat gebruik word, belyn is met huidige en toe-
komstige strate giese vereistes.
Die fokus binne IT is dus om te verseker dat die toepaslike
prosesse en strukture in plek is om die huidige besigheids-
waarde te beskerm en om te verseker dat bedryfsaktiwiteite
nuwe besigheidswaarde sal skep. Die strategiese fokus is die
volgende:
Meting van die effektiwiteit van huidige kritiese dienste,
ten einde konsekwente dienslewering teen aanvaarbare
norme te verseker en om huidige besigheidswaarde binne
die groep, wat reeds deur middel van die gebruik van in-
ligtingstegnologie verkry is, te beskerm.
Belyning van IT-aktiwiteite met besigheidsprioriteite.
Verseker koste-effektiewe IT-aktiwiteite deur die vesti-
ging van ’n buigsame IT-platform en -dienste.
Verseker effektiewe verskaffing van besigheidsoplos-
sings van waarde.
Dryf strategie-innovasie deur tegniese innovasie.
Handhaaf IT-bestuur en verslagdoening.
Senwes IT het ’n toenemende impak op die besigheids-
prestasie, kompeterende voordeel en risikobestuur. Dit is ook
belangrik dat IT Senwes as 'n maatskappy moet bemagtig
vir samesmeltings, verkrygings en vennootskappe met ander
maatskappye. Dit is dus van die uiterste belang dat Senwes
IT koste-effektiewe en volhoubare IT-dienste kan lewer en be-
sigheidsoplossings kan verskaf.
ben
ader
ing
oo
rsig
vers
lae
die
bes
igh
eid
korp
ora
tiew
e b
ehee
rvo
lho
ub
aarh
eid
finan
siël
e st
ate
78 senwes geintegreerde verslag 2016
DROOGTERAMPFONDS
Die Droogterampfonds is deur Senwes en Agri SA geïnisieer en die
bestuur daarvan is later in totaliteit aan Agri SA oorhandig. Die doel
van die fonds is om produsente by te staan tydens die huidige knellen-
de droogte en moeilike tye. Ongeveer R14 miljoen is ingesamel en
groot hoeveelhede veevoer en die vervoer daarvan is deur verskeie
individue en instansies geskenk om die sukkelende produsente by te
staan. Senwes het R1 miljoen geskenk, terwyl Hinterland ’n verskil ge-
maak het deur hulp te verleen aan droogtegeteisterde produsente in
die vorm van gesubsidieerde produkte tot die waarde van R4 miljoen.
Een van die doelwitte van die fonds is om te help om die lot van boere
te verlig en die landbousektor te ondersteun in die handhawing van
voedselsekuriteit. Die impak van die fonds word in die volgende tabel
aangedui:
Droogteverligtingstatistiek
Veevoer/water/mieliemeel Waarde
Voertuie gebruik om voer, kos en water te vervoer 532Aantal voerbale 39 729Aantal voerpille 26 580Water (ℓ) 200 000Aantal mieliemeel- en voedselpakkies (ton) 236Aantal tenks geskenk 20
*www.droughtaidfund.co.za
Befondsing van R14 miljoen is ontvang en versprei na verskillende
provinsies. Ongeveer 150 dorpe regdeur Suid-Afrika het bystand ont-
vang. Plaaswerkers en lede van die gemeenskap het bystand ontvang
in die vorm van water en voedselpakkies. Die fonds het bystand verleen
aan 1 566 opkomende boere en 105 999 kommersiële boere.
Alle besorgde individue en organisasies kan donasies tot die Droogte-
rampfonds maak. Die fondse sal dan versprei word onder behoeftige
boere via die relevante Agri SA-geaffilieerde organisasies in die betrok-
ke gebiede.
NASIE IN GESPREK
Nasie in Gesprek is ’n platform wat vier jaar gelede deur Senwes
geïnisieer is vir belanghebbendes in die landboubedryf waar hulle
konstruktief gesprek kan voer oor aspekte wat 'n impak op die land-
bousektor het. Hierdie inisiatief word ondersteun deur rolspelers in die
bedryf, insluitend primêre produsente, regering, finansiële instansies,
landboubesighede, vakbonde en die media.
Die vierde jaar van Nasie in Gresprek (2016) het by Nampo Park
plaasgevind en as stem vir alle landboubelanghebbendes gedien. Die
projek was ’n reuse sukses en denkleiers vanuit verskeie affiliasies,
politieke agtergronde en die besigheidsektor het gesprek gevoer oor
landbousake van nasionale belang en na oplossings en konstruktiewe
benaderings gesoek om die toekomstige lewensvatbaarheid van die
landboubedryf in Suid-Afrika te verseker.
Besprekings het die volgende onderwerpe ingesluit:
Suksesstories - Ongeag Suid-Afrika se vele mislukkings in terme van
grondhervorming, transformasie, BBSEB, ens., is daar baie sukses-
stories wat gedeel kan word.
Die Politiek van Voedsel - Die wegbeweeg van ’n ’ons en hulle’-men-
taliteit en die besef dat voedselsekuriteit ons almal affekteer.
Die Vermenigvuldigingseffek - Die Suid-Afrikaanse landbousektor
speel steeds ’n belangrike rol in die ekonomie, ongeag sy dalende
bydrae tot die BBP.
Heilige Koeie - Die vernietiging van heilige koeie met harde feite.
Beleidsake - Goeie beleide is in plek, maar die probleem is die imple-
mentering van die beleide.
Risikomitigering - Groot uitdagings ten opsigte van die mitigering
van risiko’s regdeur die voedselwaardeketting.
Van die Veld tot die Vurk - Die waardeketting van af die plaashek tot
meuldeur.
Familiebesighede - Besighede in Suid-Afrika wat deur families besit
word en die impak daarvan.
Fokus op die SAOG (Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap)
- geleenthede vir landbou in ander Afrika-lande.
Die Veranderende Beeld van Landbou - die landbousektor as ’n han-
delsmerk.
Die platform het ook ’n groter digitale voetspoor gehad met meer geb-
ruiksvriendelike funksionaliteit. Die Nasie in Gesprek-toepassing is die
jaar bekendgestel en is by die onderskeie verskeie toepassings winkels
beskikbaar. Entoesiaste het ook die geleentheid gehad om ateljee-
gesprekke tydens Nampo te volg op YouTube, op die Nasie in Gesprek
webtuiste en/of op die toepassing. Die besprekings is verwerk na ’n
13 episodereeks wat op kykNET, Business Day Television en Soweto TV
uitgesaai is.
DEFINISIES
Afdeling 24 Ongeskiktheidsbesering (OB): Fataal, verlies van
’n ledemaat of nie in staat om diens te hervat vir minstens 14 op-
eenvolgende dae nie.
Advertensiewaarde-ekwivalensie (AWE): ’n Wyse waarop
die voordeel vir ’n klant wat voortspruit uit mediadekking van ’n
openbare betrekkinge veldtog ’gemeet’ word.
Bederfbare Produkte Uitvoerbeheerraad (Perishable Pro
ducts Export Control Board (PPECB)): Suid-Afrika se amptelike
uitvoersertifiserings agent skap vir die bederfbare produkbedryf.
Die PPECB se onpartydige en onafhanklike dienste verminder
risiko’s vir produsente en uitvoerders be duidend.
Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB): ’n Vorm
van eko nomiese bemagtiging geïnisieer deur die Suid-Afrikaanse
regering in reak sie op kritiek teen die kortsigtige tipe bemagtiging
in die land gedurende 2003/2004.
DIFR: Ongeskiktheidsbeseringsfrekwensiekoers.
Gevaaranalise en Kritiese Beheerpunt (Hazard Analysis and
Critical Control Point (HACCP)): ’n Sistematiese voorkomende
benadering tot voedselveiligheid teen biologiese, chemiese en
fisiese gevare in die pro duksieprosesse wat tot ’n onveilige pro-
duk aanleiding kan gee en die implementering van maatreëls om
die risiko’s tot ’n aanvaarbare vlak te verlaag.
Ongeskiktheidsbesering (OB): ’n Besering waar die beseerde
persoon nie diens kan hervat tydens die volgende skof nie.
Son-fotovoltaïes: Hernubare sonligenergie.
Vat 5: ’n Risikobepaling wat gedoen moet word deur elke per-
soon wat by Senwes werk, sowel as deur konrakteurs wat op
Senwes se persele werk.