4
Verjaardae hierdie week Saterdag Annerie Ferreira 12C Elmarie Ferreira 8D Clarise Strydom 9B Morné van der Mescht 10G Sondag Nicole Ferreira 9G Zander Langley 10G Maandag Jacobus Theron 12C Tiaan van Tonder 12A Dinsdag Amber Neil 11G Chane Petzer 11F Monré van der Merwe 8F Woensdag Tiaan Basson 11A Devan Theart 11C Donderdag Chante Botha 12C Zhennay Oosthuizen 10D Tiaan Stander 11D Vrydag Doepie Nhlapo 12B By Framesby is dit belangrik dat ons sonder vrees vir teenspraak bekend sal wees as ‘n instansie waar bepaalde fundamentele waardes ononderhandel - baar die hoeksteen vorm van ons daaglikse omgang en bestaan. Vanuit hierdie lewensoortuiging is dit daarom nodig dat, nie net in ons omgang met ander nie, maar ook in ons benadering tot die akademie, hierdie ingesteldheid duidelik gesien kan word. In hierdie tyd raak die eise van die buitemuurse program geleidelik kleiner, en kan daar beslis nou op die akademie gefokus word. Dis egter hier waar baie leerders sukkel om waardes soos verantwoordelikheid en betroubaar- heid konsekwent uit te leef. Dit is dikwels net te maklik om tou op te gooi of om met middelmatigheid tevrede te wees. Dis egter nou die tyd om beheer te neem en vas te byt! Die realiteite is soos volg: Op 30 Augustus begin die Gr. 12 September- eksamen, ‘n eksterne eksamen as voorbereiding vir die eindeksamen. Dis TIEN dae van vandag af! Op 15 September begin die September-toetsreeks vir die res van die skool. Vir alle praktiese doeleindes moet alle werk dan reeds afgehandel wees vir Graad 10 tot 12, want volgende kwartaal begin die eindeksamen vir hierdie grade na slegs TWEE WEKE! Die Junior grade sal darem nog twee weke langer skoolgaan voordat hulle eindeksamen begin. Die Toetsreeksrooster is op die laaste bladsy aangebring. Bestudeer dit asseblief noukeurig. Onthou ook dat die gewone skoolrooster tydens die laaste week van die kwartaal hervat word. Die finale reëlings rakende die toetsreeks sal later deurgegee word. NISSAN MICRA om te wen!! Kaartjies @ R100 KOMPETISIE VERLENG Trekkingsdatum nou later Ons groet ‘n legende Dis met groot hartseer dat ons verneem het van die afsterwe van mev. Angela Difford (92) op 17 Augustus. Nie net onthou ons haar as ‘n legendariese muurbalpersoonlikheid nie, maar sy was ook die dryfkrag agter die ontstaan van muurbal as ‘n skoolsport by Framesby in 1988. Sy het vir agt jaar ons spelers afgerig, maar n hele paar van ons huidige spelers het van haar afrigting ontvang op laerskoolvlak, waar sy steeds aktief betrokke was. Een van ons muurbal-trofeë is ook deur haar geskenk en dra haar naam. Framesby-muurbal is soveel dank aan hierdie besondere dame verskuldig! Ons wil graag ons innige simpatie aan haar familie oordra, en sal haar nalatenskap vir altyd koester. Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie! Uitgawe 94: 19 Augustus 2016 Kontakbesonderhede: [email protected] Ons waardes en akademie

Ons waardes en akademie NISSAN MICRA om te wen!!gemaak dat ons die agting en liefde van andere nodig het om werklik ons self te kan wees. Ons het dit so nodig as wat plante die atmosfeer,

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Ons waardes en akademie NISSAN MICRA om te wen!!gemaak dat ons die agting en liefde van andere nodig het om werklik ons self te kan wees. Ons het dit so nodig as wat plante die atmosfeer,

Verjaardae hierdie week

Saterdag Annerie Ferreira 12C Elmarie Ferreira 8D Clarise Strydom 9B

Morné van der Mescht 10G

Sondag Nicole Ferreira 9G

Zander Langley 10G

Maandag Jacobus Theron 12C

Tiaan van Tonder 12A

Dinsdag Amber Neil 11G

Chane Petzer 11F Monré van der Merwe 8F

Woensdag

Tiaan Basson 11A Devan Theart 11C

Donderdag

Chante Botha 12C Zhennay Oosthuizen 10D

Tiaan Stander 11D

Vrydag Doepie Nhlapo 12B

By Framesby is dit belangrik dat ons sonder vrees vir teenspraak bekend sal wees as ‘n instansie waar bepaalde fundamentele waardes ononderhandel-baar die hoeksteen vorm van ons daaglikse omgang en bestaan. Vanuit hierdie lewensoortuiging is dit daarom nodig dat, nie net in ons omgang met ander nie, maar ook in ons benadering tot die akademie, hierdie ingesteldheid duidelik gesien kan word.

In hierdie tyd raak die eise van die buitemuurse program geleidelik kleiner, en kan daar beslis nou op die akademie gefokus word. Dis egter hier waar baie leerders sukkel om waardes soos verantwoordelikheid en betroubaar-heid konsekwent uit te leef. Dit is dikwels net te maklik om tou op te gooi of om met middelmatigheid tevrede te wees. Dis egter nou die tyd om beheer te neem en vas te byt!

Die realiteite is soos volg: Op 30 Augustus begin die Gr. 12 September-eksamen, ‘n eksterne eksamen as voorbereiding vir die eindeksamen. Dis TIEN dae van vandag af! Op 15 September begin die September-toetsreeks vir die res van die skool. Vir alle praktiese doeleindes moet alle werk dan reeds afgehandel wees vir Graad 10 tot 12, want volgende kwartaal begin die eindeksamen vir hierdie grade na slegs TWEE WEKE! Die Junior grade sal darem nog twee weke langer skoolgaan voordat hulle eindeksamen begin.

Die Toetsreeksrooster is op die laaste bladsy aangebring. Bestudeer dit asseblief noukeurig. Onthou ook dat die gewone skoolrooster tydens die laaste week van die kwartaal hervat word. Die finale reëlings rakende die toetsreeks sal later deurgegee word.

NISSAN MICRA om te wen!!

Kaartjies @ R100 KOMPETISIE VERLENG

Trekkingsdatum nou later

Ons groet ‘n legende

Dis met groot hartseer dat ons verneem het van die afsterwe van mev. Angela Difford (92) op 17 Augustus. Nie net onthou ons haar as ‘n legendariese muurbalpersoonlikheid nie, maar sy was ook die dryfkrag agter die ontstaan van muurbal as ‘n skoolsport by Framesby in 1988. Sy het vir agt jaar ons spelers afgerig, maar ‘n hele paar van ons huidige spelers het van haar afrigting ontvang op laerskoolvlak, waar sy steeds aktief betrokke was. Een van ons muurbal-trofeë is ook deur haar geskenk en dra haar naam. Framesby-muurbal is soveel dank aan hierdie besondere dame verskuldig! Ons wil graag ons innige simpatie aan haar familie oordra, en sal haar nalatenskap vir altyd koester.

Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie!

U i t g a w e 9 4 : 1 9 A u g u s t u s 2 0 1 6 Kontakbesonderhede: [email protected]

Ons waardes en akademie

Page 2: Ons waardes en akademie NISSAN MICRA om te wen!!gemaak dat ons die agting en liefde van andere nodig het om werklik ons self te kan wees. Ons het dit so nodig as wat plante die atmosfeer,

laaste aksie vir ons sportspanne

Program vir volgende week Saterdag

20 Augustus Sondag

21 Augustus Maandag

22 Augustus Dinsdag

23 Augustus Woensdag

24 Augustus Donderdag

25 Augustus Vrydag

26 Augustus INTERSKOLE VS NICO MALAN

Dag 6 Beheerliggaam:

Sport en Kultuur-komitee

Dag 7 Beheerliggaam:

Bemarkings-komitee

Dag 8 Dag 9 Beheerliggaam:

Geboue, terrain en toerusting-komitee

Dag 10 ACSV Kringleiers-

kamp SASMIT Musiek-kompetisie

Die 2016-wintersportseisoen loop môre vir alle praktiese doeleindes ten einde met ons jaaarlikse Interskole teen die Hoërskool Nico Malan van Humansdorp. Alhoewel daar heelwat teleurstellings was tydens hierdie afgelope seisoen, was daar ook ongelooflike hoogtepunte. Ons bepalings en deelname aan toernooie neem ons leerders oor die lengte en breedte van ons land, en oral word Framesby met baie groot agting en waardering verwelkom. Ons is baie gelukkig om in bykans al ons sporte teen die heel beste in Suid-Afrika mee te ding, en met die gehalte afrigting wat deurgaans hier gehandhaaf word, en die besondere leerders in ons skool, lyk die toekoms besonder rooskleurig. Die Interskole teen Nico Malan het in die laaste klompie jare ontwikkel in ‘n besondere tradisie waar daar baie hard meegeding word. In geen sportsoort kon enige van die twee skole totaal oorheers nie, en is die uitslag van elke wedstryd gewoonlik tot aan die einde in die weegskaal. Vanjaar sal geen uitsondering wees nie. Kom ons sluit die 2016-seisoen môre op ‘n hoogtepunt af! Nico Malan moet nie weet wat hulle tref nie!!!

DRINGEND!

Ons benodig dringend die dienste van ‘n afrigter vir Gewigstoot en Diskus vir 2017. Enigiemand wat bereid en beskikbaar is, of wat weet van iemand wat genader kan word, kan mev. Cronjé by die skool skakel

Page 3: Ons waardes en akademie NISSAN MICRA om te wen!!gemaak dat ons die agting en liefde van andere nodig het om werklik ons self te kan wees. Ons het dit so nodig as wat plante die atmosfeer,

VANDAG (Vrydag 19 Augustus)

12:00 Tennis

12:00 Skaak

13:00 Vasvra

14:00 Debat

15:00 Landloop

VANAAND 18:30 GROOT BRAG!

MÔRE

(Saterdag 20 Augustus)

HOKKIE Tyd A-Veld Tyd B-Veld Tyd C-veld

08:15 Seuns O/16A

08:30 Dogters O/14A

09:15 Dogters O/16A

09:30 Dogters

3des 09:15

Dogters O/16C

Voorstelling

10:20 Seuns

1ste Span 10:30

Dogters O/16B

10:30 Dogters O/14B

11:20 Dogters

2des

Voorstelling

12:30 Dogters

1ste Span

NETBAL Tyd Baan 1 Baan 2 Baan 3 08:30 O/16B O/18D

09:10 O/14B O/16D O/14C

0950 O/18B O/14A O/16C

10:30 O/16A O/18C O/14D

Voorstelling

11:30 1ste Span

RUGBY Tyd A-Veld Tyd B-veld

08:00 O/14A 08:30 O/16B

09:00 O/15A 09:30 O/14B

10:00 O/16A 10:30 O/15B

11:00 3de

12:20 2de

13:30 Future Kings Bulletjies

14:00 Dans

14:30 Flashes

15:00 Voorstelling

15:15 1ste Span

Alle ouers en ander ondersteuners word versoek om NIE op die afgebakende deel van die pawiljoen

te sit nie. Die leerders se sitplekke vir die “Flashes” is presies uitgewerk!

Page 4: Ons waardes en akademie NISSAN MICRA om te wen!!gemaak dat ons die agting en liefde van andere nodig het om werklik ons self te kan wees. Ons het dit so nodig as wat plante die atmosfeer,

Ons is baie meer as wat ons self besef, afhanklik van die aanvaarding en waardering van andere. God het ons so gemaak dat ons die agting en liefde van andere nodig het om werklik ons self te kan wees. Ons het dit so nodig as wat plante die atmosfeer, die son en die reën nodig het om te kan groei. Volgens die boek Genesis het God aan die begin van die geskiedenis gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie (Genesis 2:18). Dat Hy aan die mens ’n vrou gegee het, was nie net om sy eensaamheid te verdryf nie, maar om mens-wees te konstitueer as iets wat slegs in gemeenskap met andere betekenis het. Daarmee is die grondpatroon van die menslike bestaanswyse gegee. Die gemeenskap tussen mense neem verskillende vorme aan, waarvan die huwelik die mees persoonlike en intieme is. Maar om die huwelik heen lê die wyer kringe van die gesin, die skool, die kerk en al die gestaltes van die samelewing. Ons lewe word in hierdie samelewingsvorme gevorm. Dit is in groot mate waar dat ons in die samelewingsverbande gemaak word soos ons is. Word ons daarin opgevang, aanvaar, gerespekteer en as mede-mens waardeer, dan help dit ons om ons self te aanvaar en vir andere ’n medemens te wees. Maar as dit nie gebeur nie, kan ons misvorm word en ons vermoë om vir andere ’n medemens te wees, belemmer word. Juis daarom is dit vernietigend as ’n mens deur ander mense verag en verwerp word. Dit verneder jou, ontneem jou alle selfvertroue en krenk jou op ’n wyse wat ’n negatiewe reaksie van haat teenoor jouself, jou medemense en selfs die lewe by jou kan opwek. Baie gedragsafwykings kan teruggevoer word tot die wonde van minderwaardigheid en vervreemding wat deur die minagting van andere veroorsaak is. Minagting van andere is een van die dodelikste wapens in die broederstryd wat die gevolg van die sonde is. Die wêreld se geskiedenis is een lang verhaal van die wyse waarop die veragting van ander individue, ander groepe en stamme, volke en rasse tot bloedige stryd en die dood gelei het. Dit is veral die onbekende, die vreemde in andere wat altyd weer begroet word met minagting en verwerping. Ons is geneig om die onbekende te vrees en voel bedreig deur die vreemde. Eers as mense mekaar leer ken, is dit moontlik om ondanks die grootste verskille in agtergrond en aard mekaar te aanvaar en vriende te word. Geen gesonde samelewing kan gebou word op die onwil om ander mense as mense te aanvaar nie. Veral in ons soort samelewing waartoe soveel verskillende soorte mense behoort, is dit fataal as hulle nie mekaar leer ken en waardeer nie, maar op mekaar neersien en mekaar verag. Waar God dit so beskik het dat ons almal hier saam moet woon, is dit sy gebod dat ons vir mekaar medemense moet wees wat mekaar nie verag en verwerp nie, maar aanvaar en opbou. Dit is die enigste weg tot genesing vir die samelewing. Uit Die Burger, 25 Augustus 1999

Minagting van mekaar is vernietigend

GRAAD 8 1ste Sessie 2de Sessie

Do. 15 Sept. Wiskunde

Vr. 16 Sept. EBW

Ma. 19 Sept. Sosiale Wet. Sosiale Wet.

Di. 20 Sept. Afrikaans

Wo. 21 Sept. Engels

Do. 22 Sept. Natuurwet. Natuurwet.

Vr. 23 Sept. Tegnologie

GRAAD 9 1ste Sessie 2de Sessie

Do. 15 Sept. Sosiale Wet. Sosiale

Wetenskappe

Vr. 16 Sept. Wiskunde

Ma. 19 Sept. Natuurwet. Natuurwet.

Di. 20 Sept. Engels Tegnologie

Wo. 21 Sept. Afrikaans

Do. 22 Sept.

Vr. 23 Sept. EBW

GRAAD 10 1ste Sessie 2de Sessie

Do. 15 Sept. Wiskunde

Wisk. Gelett.

Vr. 16 Sept. Engels Besigheidst.

Ma. 19 Sept. CAT

Musiek IGO

Di. 20 Sept. Fisiese Wet. Toerisme

Wo. 21 Sept. Lewenswet. IT

Geografie

Do. 22 Sept. Rekeningkunde Verbruikers

Vr. 23 Sept. Afrikaans

GRAAD 11 1ste Sessie 2de Sessie

Do. 15 Sept. Lewenswet. IGO

Vr. 16 Sept. Afrikaans Verbruikers

Ma. 19 Sept. Rekeningk.

Di. 20 Sept. CAT

IT Geografie

Musiek

Wo. 21 Sept. Wiskunde

Wisk. Gelett.

Do. 22 Sept. Fisiese Wet. Toerisme

Vr. 23 Sept. Engels Besigheid-

studies

toetsreeksrooster