SonneBlom CoverSonneblom
INHOUDSOPGAWE
8.
Bemesting...................................................................................................................7
9.
Onkruidbeheer..........................................................................................................12
10.
Insektebeheer............................................................................................................13
A) INLEIDING
Sonneblom is huidiglik die belangrikste oliesade gewas in
Suid-Afrika, en word in feitlik al die somerreënvalgebiede
verbou.
In die verlede het die totale oppervlakte wat met sonneblom verbou
is as gevolg van klimaatsfaktore en markpryse groot skommelinge van
jaar tot jaar getoon. Daar word egter verwag dat die totale
oppervlakte onder sonneblom in die toekoms by 500 000- 600 000 ha
sal stabiliseer en selfs toeneem as gevolg van die volgende
redes:
a) Marginale gronde sal meer vir die verbouing van gewasse soos
sonneblom gebruik
word wat minder riskant is en laer insetkoste verg. Sonneblom
voldoen aan hierdie vereistes.
b) Daar word verwag dat die aanvraag vir plantaardige olies en
proteïene in die
toekoms sal groei. Sonneblom is die aangewese gewas sover dit
olieproduksie betref.
c) Sonneblom is uitstekende wisselbougewas wat onder wyd
uiteenlopende
klimaat- en grondtoestande verbou kan word.
d) Sedert die koms van bastersonneblom is tradisionele probleme
soos onegalige hoogte en rypwording grootliks uit die weg geruim,
met die gevolg dat dit nou makliker bestuurbaar is en uitstekende
alternatiewe kontantgewas vir mielies en sorghum geword het.
e) Sonneblom is hoogs kompeterend met ander graangewasse en kan as
alternatief tot
ander somergraangewasse gebruik word. B) AANPASBAARHEID 1.
KLIMAATSVEREISTES
a) Sonneblom is baie wyd aanpasbaar en is meer droogteverdraagsaam
as die
meeste ander graangewasse. Die hoofrede hiervoor is soos
volg:
• Sonneblom kan hoë temperature onder droogtetoestande baie beter
weerstaan as byvoorbeeld mielies. Die plante verwelk baie vinnig en
die onderste blaar mag selfs uitdroog. Op hierdie wyse word die
temperatuur op die blaar verlaag, wat lei tot aansienlike
vermindering in vogverlies. Daarteenoor herstel die blare weer baie
vinnig wanneer vogtoestande verbeter.
• Sonneblom is baie doeltreffende verbruiker van grondvog as gevolg
van sy
diep en goed vertakte penwortelstelsel. Selfs uit die ondergrond en
swaar kleigronde word vogreserwes baie meer doeltreffend benut as
wat die geval met byvoorbeeld mielies is.
• Sy korter groeiseisoen en beter koueverdraagsaamheid bring mee
dat
sonneblom redelik laat geplant kan word. So word die vog opgegaar
in die voorjaar beter benut.
-2-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
• Sonneblom word normaalweg in die middelsomermaande geplant, wat
meebring dat dit in die koeler somermaande groei wanneer
buitensporige vogverlies beperk is.
• Onder stremmingstoestande ontwikkel die sonneblomplant minder en
kleiner
blare. Dit het dus die vermoë om by heersende toestande aan te pas
en minder vog te gebruik onder stremmingstoestande.
• Stremming gedurende die bestuiwingsperiode is minder kritiek by
sonneblom
as wat die geval met mielies is. Bestuiwing vind selfs onder kwaai
stremmingstoestande plaas, want sonneblom besit die eienskap om
stempels en stuifmeel gelyktydig te produseer. Daarby word groter
pitte op die kop geproduseer indien daar vir een of ander rede
minder sade gevorm is.
• Alhoewel sonneblom meer water per eenheid droëmateriaal benodig
as
mielies, naamlik 577:1 teenoor 350:1, produseer dit aansienlik
minder droëmateriaal per ha, met die gevolg dat sonneblom minder
water per eenheidsoppervlakte gebruik as mielies.
b) Warm, effens droë klimaat word as optimaal beskou vir
sonneblomverbouing.
Koel, vogtige weerstoestande, veral gedurende die
rypwordingsperiode, is nie gewens nie omdat dit die ontwikkeling
van witroes en kopvrotte bevorder, terwyl baie warm, droë toestande
bruinroes en houtskoolvrot bevorder.
c) Sonneblom kan koue nagte of ligte ryp aansienlik beter verduur
as mielies,
behalwe gedurende die bestuiwings- en vroeë ontwikkelingstadium van
die sade.
d) Die stadige sonneblom kultivars benodig jaarlikse reënval van
650-850 mm. Vir die vinnige, korter tipes is 500-650 mm voldoende.
Goeie oeste kan egter ook met ongeveer 350-400 mm vog gedurende die
groeiseisoen verkry word. Omdat die gevreesde Sclerotinia siekte
(kopvrot) meer onder hoë reënvaltoestande ontwikkel, word voorkeur
gegee aan droër, warmer gebiede met reënval van ± 650 mm en lae
humiditeit of lugvog.
e) Die mees kritieke periode ten opsigte van vogbehoefte in die
ontwikkeling van
die sonneblomplant is gedurende knopvorming, wat ongeveer 30 tot 40
dae na plant plaasvind. Die blom- en graanvulperiode is ook
belangrik om goeie graanset te verseker. Ernstige droogtestremming
asook baie nat en uiters warm toestande tydens bestuiwing kan tot
swak saadvorming of holsadigheid lei.
2. GRONDVEREISTES
a) Diep, goedgedreineerde leemgronde met goeie fisiese eienskappe
is natuurlik ideaal, maar sonneblom kan, mits die grond goed
gedreineer is, suksesvol verbou word in sand-, leem-, of turfgrond,
asook op skraal en effens brak gronde. Dit presteer baie beter as
mielies op turfgronde.
b) Suur sandgronde is ongeskik. Sonneblom is baie gevoelig vir
aluminiumvergiftiging.
c) Gronde wat met aalwurm besmet is moet vermy word aangesien
sonneblom
uiters vatbaar is vir hierdie plaag.
-3-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
d) Jong saailinge is nie baie sterk nie. Gronde wat geneig is om
vas te slaan moet na planttyd losgemaak word, om goeie stand te
verseker.
e) Sonneblom is baie waardevolle wisselbougewas op gronde wat met
rooiblom
besmet is. Rooiblomsaad ontkiem wel in die teenwoordigheid van
sonneblom, maar vrek egter kort na ontkieming aangesien dit nie op
sonneblom kan ontwikkel nie.
C) VERBOUINGSPRAKTYKE 1. GRONDVOORBEREIDING
Sonneblom reageer baie positief op goeie grondvoorbereiding.
Doeltreffende vogbewaring en fyn, goed voorbereide saadbed verseker
a) Goeie ontkieming en eenvormige stand b) Doeltreffende
onkruidbeheer c) Egalige rypwording en afdroging vergemaklik
oesinsameling d) Goeie opbrengste, selfs gedurende droogtetye
Sonneblom is baie gevoelig vir ongunstige toestande gedurende en
kort na ontkieming, insluitende onkruidkompetisie. Fyn saadbed en
doeltreffende onkruidbeheer is dus uiters belangrik om die gewenste
plantbevolking te verkry en te handhaaf.
2. PLANTTYD
Sonneblom is nie baie plantdatumgevoelig nie en kan in die meeste
gebiede oor betreklik lang periode aangeplant word. Normale
planttye vir die verskillende gebiede is soos volg: Koeler
oostelike gebiede : November middel Desember Warmer westelike
gebiede : Middel November Januarie Rypvrye gebiede met lang
groeiseisoen : Februarie Maart
3. PLANTBEVOLKING
In die praktyk is plantbevolkings van 30 000-45 000 plante per ha
die mees aangewese plantestand. Die laer bevolking word vir gebiede
met lae reënval en wye ryspasiëring aanbeveel. Terwyl die hoër
plantbevolking vir hoë potensiaal toestande en nou rye aanbeveel
word. Onegalige spasiëring en te yl aanplantings is nadelig in dié
sin dat die koppe te groot word en die plante gevolglik voor
strooptyd kan omval. Daar is aanduidings dat plantbevolking van
meer as 45 000 plante per ha, selfs onder besproeiing, geen
opbrengsvoordele inhou nie. Buitensporig hoë plantbevolkings kan
selfs klein koppe met swak pitontwikkeling tot gevolg hê. Die
uitsondering van bogenoemde aanbeveling is die kultivars in die
vinnige groeiklas, wat teen 10-20 persent hoër plantbevolking met
welslae aangeplant kan word.
-4-
4. KULTIVARS
Uitstekende sonneblombasters is tans in die handel beskikbaar. By
kultivarkeuse moet die volgende faktore in ag geneem word: a) Hoë
opbrengspotensiaal, veral in terme van olie-opbrengs
b) Hoë olie-inhoud
d) Egalige planthoogte en rypwording
• Vergemaklik oesinsameling
• Verminder oesverliese as gevolg van onryp koppe, voëlskade en
sade wat
uitval omdat hulle te veel uitgedroog het.
e) Mate van selfbevrugtiging, dit wil sê onafhanklikheid van
bestuiwing deur insekte. Anders as die ou oop-bestuifde variëteite
wat swak selfverenigbaar is, besit die meeste nuwe hoër olie-inhoud
baster hoë graad van selfverenigbaarheid. Basterverskille kom egter
voor, en in dié opsig is die goeie basters in staat om tussen 70 en
80 persent self te bestuif sonder dat insekte rol speel. Nietemin,
lewer bye steeds groot bydrae ten opsigte van bestuiwing en beter
saadset.
f) Siekteweerstand
g) Lengte van groeiseisoen
Olie-inhoud is baie belangrike eienskap omdat die produsenteprys
daarvolgens betaal word. Hoë olie-inhoud gaan gepaard met lae
vesel-inhoud in die saad. Die hoë olie-inhoudtipes het vesel-inhoud
van ± 16% terwyl dié van die lae olie- inhoudtipe ± 26% is. Pannar
bemark tans slegs hoë olietipes Bestaande kultivars word van tyd
tot tyd deur nuwe verbeterde kultivars vervang. Raadpleeg die
jongste Pannar brosjure of plaaslike Pannar verteenwoordiger of
landboukundige vir inligting oor die nuutste kultivars en die
jongste kultivaraanbevelings per produksiegebied.
5. SAAD BENODIGDHEDE
Sonneblomsaad word volgens grootte gegradeer ten einde die
aanplantingsproses te vergemaklik. Die saadbenodighede sal afhang
van die saadgrootte en beoogde plantbevolking. Die benaderde aantal
ha wat met 25 kg saad teen verskillende plantbevolkings geplant kan
word, is soos volg:
-5-
Klas $Pitte per kg Plantbevolking per ha
Totaal *Min 20% 20 000 25 000 30 000 35 000 40 000 45 000 50
000
4 22 000 17 600 22.0 17.6 14.7 12.6 11.0 9.8 8.8
3 17 250 13 800 17.3 13.8 11.5 9.9 8.6 7.7 6.9
2 13 500 10 800 13.5 10.8 9.0 7.7 6.8 6.0 5.4
LW $Die aantal pitte per kg kan wissel afhangende van die
kultivar.
*20 % Afgetrek as gevolg van verliese, met of kort na planttyd as
gevolg van swak opkoms, insekteskade, bewerkingskade ens.
Kultivars kan ten opsigte van die persentasie van die verskillende
pitgrootte klasse verskil. Geneties is daar geen verskil tussen
groot en klein pitte nie. Groter pitgroottes word op gronde met hoë
klei-inhoud, of wat maklik vasslaan, verkies. Aangesien groot pit
sterker saailing voortbring wat voordelig kan wees om die gewenste,
plantbevolking te verkry. Klein pitte het dié voordeel dat dit
minder grondvog benodig vir ontkieming en kan dus eerder gebruik
word waar die beskikbaarheid van grondvog riskant is.
Sonneblom is baie gevoelig vir molibdeentekort in die grond. Waar
die saad nie deur die verskaffer met natrium molibdaat behandel is
nie, moet dit deur die produsent self gedoen word. Dit is veral
belangrik in gebiede waar molibdeen tekortsimptome gereeld
voorkom.
6. PLANTDIEPTE EN PLANTTOESTANDE
Hoe swaarder die grond, hoe vlakker word geplant, en hoe droër die
grond, hoe dieper word geplant. Op swaar kleigronde is die
aanbevole plantdiepte 25-37 mm, op ligter gronde met klei-inhoud
van 15% en minder kan tot 50-60 mm diep geplant word. Indien die
grond na planttyd vasslaan en harde korsie vorm, moet die bolaag so
gou moontlik losgemaak word, anders breek die nek van die ontkiemde
saailing. Dit het tot gevolg dat die saailing vrek en die gewenste
plantbevolking nie verkry word nie. Optimum grondtemperature vir
ontkieming is 12ºC tot 20ºC. Baie hoë grondtemperature is nie
bevorderlik vir goeie ontkieming nie en baie keer is dit die rede
vir n swak plantestand.
-6-
7. VERBAND TUSSEN BLAARVERLIES EN VERWAGTE OPBRENGS
Persentasie oesverlies a.g.v. blaaroppervlakteverlies by
verskillende groeistadia by sonneblom:
Persentasie Blaarverwydering Groeistadia
10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
V9 0 1 1 2 2 3 3 5 7 9 V10 0 1 1 2 2 3 3 5 7 9 V11 0 1 1 2 2 3 3 6
12 21 V12 0 1 1 2 2 3 3 6 12 21 V13 1 1 2 2 2 3 4 7 14 25 V14 1 1 2
2 2 3 4 7 14 25 V15 1 1 2 2 3 4 4 8 17 29 V16 1 1 2 2 3 4 4 8 17 29
V17 1 2 2 3 4 4 5 10 20 34 V18 1 2 2 3 4 4 5 10 20 34 V19 1 2 3 4 5
6 9 14 25 40 V20 1 2 3 4 5 6 9 14 25 40 V21 1 2 4 5 7 9 13 19 30 47
V22 1 2 4 5 7 9 13 19 30 47 V23 2 3 5 7 9 12 17 24 35 54 V24 2 3 5
7 9 12 17 24 35 54 V25 2 4 6 8 10 14 19 27 40 63 V26 2 4 6 8 10 14
19 27 40 63 V27 2 4 7 9 12 16 22 31 46 73 V28 2 4 7 9 12 16 22 31
46 73 R1 2 5 8 11 14 18 25 35 52 83 R2 2 6 9 13 18 24 31 42 62 92
R3 3 6 10 15 20 26 33 45 65 94 R4 2 5 9 14 19 25 32 43 63 91 R5 2 4
7 11 16 23 30 40 55 87 R6 1 2 5 8 12 17 23 31 43 62 R7 0 1 3 5 8 12
16 22 30 37 R8 0 0 1 2 4 6 7 9 11 12
-7-
Haelskade by Sonneblom Oesverlies weens blaarskade
0
10
20
30
40
50
60
70
80
90
100
V9 V10 V11 V12 V13 V14 V15 V16 V17 V18 V19 V20 V21 V22 V23 V24 V25
V26 V27 V28 R 1 R 2 R 3 R 4 R 5 R 6 R 7 R 8
Groeistadium
8. BEMESTING
Dit is belangrik om te besef dat die grond en omgewing
gewasproduksie dikteer en daarom kan daar nie geweldige hoë
opbrengste verkry word as die gesamentlike effek van plantvoeding,
grond, klimaat en kultivar nie gunstig is nie. Uiteindelik speel
plant beskikbare water die grootste rol by opbrengs.
Sonneblom beskik oor n baie goeie, goed vertakte penwortelstelsel
en het die vermo om vog en voeding uit die dieper grondlae relatief
beter in vergelyking met mielies te benut.
Sonneblom is baie groot en goeie verbruiker van plantvoedingstowwe.
Sonneblomme sal uiteraard die hoogste opbrengste op vrugbare, hoë
potensiaal gronde lewer. Wat sonneblomme egter uniek maak, is sy
uitstekende droogteverdraagsaamheid. Dit word hoofsaaklik
toegeskryf aan die plant se wortelstelsel.
Sonneblomverbouing word nie op gronde waarvan die pH (KCl) laer as
4.5 is of by persentasie suurversadiging hor as 10%, aanbeveel nie.
Sonneblom is baie meer sensitief vir suurgronde as bv. mielies.
Sulke suurgronde lei gewoonlik tot aluminiumtoksisiteit en
molibdeentekorte. Die optimum pH (KCl) vir sonneblom is tussen 5.2
en 6.1. Sonneblom kan geplant word op alkaliese gronde maar sterk
brakgrond moet vermy word.
Plantvoeding: n Grondontleding vorm die basis vir n akkurate
bemestingsprogram.
-8-
Verwydering van plantvoedingstowwe:
Tabel 1: Voedingstofonttrekking van sonneblom Vir 1 ton graan word
die volgende hoeveelhede N, P en K in kg verwyder :
N P K Saad 25.8 1.9 8.5 Stronke en blare 41.2 5.2 87.6 Hele plant
67 7.1 96.1
Uit tabel 1 kan gesien word dat stikstof en kalium die belangrikste
elemente is. Let ook dat 90% en meer van die kalium wat opgeneem
is, in die stronk en blare voorkom en dit word dus nie van die land
verwyder nie. Stikstof word in die grootste hoeveelhede (±70%) van
die land verwyder in die vorm van saad. Daarom kan aanvaar word dat
stikstof die grootste bydrae tot verhoogde opbrengs maak. Neem
egter kennis dat indien die fosfaatontleding laag is, die gewensde
opbrengsreaksie nie altyd verkry word weens wanbalanse in die grond
nie.
Afsterwing van die onderste blare dui gewoonlik op stikstoftekort.
Daar is ook al gevind dat hierdie verskynsel tydens
droogtetoestande kan voorkom. Die grootste konsentrasie
plantvoedsel kom in die bo-grond voor en sou die bogrond droog
wees, kan dit gebeur dat die plante nie genoegsame plantvoedsel
opneem nie.
Stikstof: Stikstof is noodsaaklike element in sonneblomvoeding en
tekorte lei tot afname in groeitempo. Blare vertoon bleekgroen van
kleur en die onderste blare kan selfs afsterwe wanneer
stikstoftekort voorkom.
-9-
Tabel 2: Stikstofbehoefte (kg N/ha) vir verskillende mikpunte en
klei persentasies:
BEPLANNINGSOPBRENGS (ton/ha) Grondtipe
(Klei %) 1 1.5 2 2.5 3 Sand (0-10%) 16 35 60 80 108 Leemsand
(10-15%) 12 30 50 70 90 Sandleem (15-20%) 10 20 45 60 80
Sandkleileem (20-35%) 8 15 37 45 65
Wenk: By hoë opbrengste word topbemesting aanbeveel. Moet nie meer
as 30 kg N/ha by die pit bandplaas nie. Topbemesting moet gegee
word wanneer daar nog bo- oor plante beweeg kan word met trekker en
toestel sonder om plante te breek.
Fosfaat:
Indien fosfaatontledings laag is reageer sonneblom goed op
fosfaatbemesting. Op gronde met goeie fosfaatstatus reageer dit nie
goed nie en is onderhoudsbemesting voldoende. Sonneblom toon
merkbare reaksie op residuele fosfaat, afkomstig van die
voorafgaande gewas.
Tabel 3: Riglyne vir fosforbemesting van sonneblom (kg P/ha):
BEPLANNINGSOPBRENGS (ton/ha) Grond P (Bray y) mg/kg 1 1.5 2 2.5
3
0-7 11-14 16-23 22-32 28-41 40-50
8-14 9-11 12-16 16-22 21-28 25-35
15-20 7-9 10-12 13-16 16-21 18-26
21-27* 5-7 8-10 10-13 13-16 11-20
28-34* 5 8 10 13 16
*Waar pH toestande optimaal is, dit wil sê tussen 5.2 en 6.1 pH
(KCl) kan minder P in hierdie gevalle toegedien word.
Omdat die fosfaatgedeelte in kunsmis nie soutindeks het nie
veroorsaak dit nie brandeffek op saad nie. Daarom kan al die
fosfaat vooraf of tydens plant toegedien word. Dit is egter die
stikstof en kaliumgedeelte van kunsmis wat brandskade by klein
plantjies kan veroorsaak.
Kalium:
Sonneblom is baie doeltreffende benutter van kalium en dit word
effektiewer benut in vergelyking met die meeste ander gewasse.
Alhoewel sonneblom in verhouding meer kalium opneem as ander
voedingselemente, word slegs 13 persent vir saadproduksie gebruik.
Die res word in die vorming van stronke en die agterste gedeelte
van die kop gebruik. Die grootste gedeelte van die kalium word
dus
-10-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
agtergelaat op die land in die vorm van stronke en blare. Kalium
het positiewe effek op die olie-inhoud van sonneblom. Kaliumtekort
veroorsaak blaarchlorose en die verbruining van die
kroonblare.
Kaliumtekort:
Beplanningsopbrengs (ton/ha) Grond K mg/kg 1 1.5 2 2.5 3
20 16 21 27 33 39
40 10 15 20 25 30
60 7 10 14 18 22
80 0 8 11 14 17
100 0 0 9 11 14
120 0 0 0 0 0
Bogenoemde is tentatiewe riglyne omdat wisselvallige en
onbeduidende reaksies op kalium verkry word. Dit was nog nie
moontlik om betroubare riglyne saam te stel nie.
Tyd van toediening:
Sorg moet aan die dag gelê word dat plantjies genoegsame
plantvoeding het. Die plante se voedingstofbehoeftes neem drasties
toe vanaf die 10-blaarstadia. Tekorte in die vroeë stadium is baie
nadelig en kan nie later reggedokter word nie.
Die totale behoefte van P en K moet voor of met plant toegedien
word.
Wees versigtig om nie kunsmis te naby aan die saad te bandplaas
nie, ontkieming kan baie nadelig beïnvloed word as gevolg van
brandskade.
-11-
Mikro-elemente: Die twee mikro-elemente van belang is molibdeen en
boor.
Molibdeen: Hierdie element se tekorte kom gedurende die
saalingstadium voor. Voorkomende saadbehandeling is die beste
praktyk. Plante wat tekortsimptome het, se jongblare vertoon bleek
en nekrose (afsterwing) van die blaarrande kom voor. Die ouer blare
het aanvanklik bleek voorkoms en namate die tekorte vererger
vertoon dit nekrose van veral die blaarrande. Blare is geneig om
soos bakkie bakvormig na bo te trek. Plante is dwergagtig. Tekorte
kom hoofsaaklik op suurgronde voor (pH(KCl) 4.7 of laer). Tekorte
word feitlik altyd deur voldoende bekalking opgehef. Tekorte kan
opgehef word deur plante met blaar bespuiting van 50 g
natriummolibdaat in 100 liter water per hektaar te bespuit.
Bemesting met superfosfaat en ammoniumnitraat kan die probleem
vererger omdat swael- en nitraat spesifiek hierdie tekorte meer na
vore bring.
Boor: Boor is belangrik by seldeling en dit is noodsaaklike
bestanddeel van die selwand. Tekort lei tot die ontwikkeling van
swak en abnormale selle.
Boor is passiewe element en is baie onbeweeglik in die plant.
Wanneer dit in die blare neergelê is, kan dit nie na nuwe groei of
ander weefsels getranslokeer word soos in die geval van vervoerbare
element soos bv. stikstof nie. Daarom is voortdurende opname van
boor belangrik vir die sonneblomplant. Die blomstadium is die mees
sensitiefste stadium vir dié element. Die vroulike gedeelte van die
plant benodig baie hoër vlakke van boor as enige ander deel van die
plant. Hierdie verskynsel verklaar waarom plante met lae boorvlak
skynbaar normaal vegetatief ontwikkel maar dan probleme ondervind
tydens saadset as gevolg van vroeë embrio- afsterwing. Erge
gebreksimptome kan tot die afbreek van die kop lei
(nekbreek).
-12-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
Sonneblom behoort ten minste 40 mg/kg boor in die blare te
bevat.
Organiese materiaal is die hoofbron en aanvuller van boor in grond.
Dus sal gronde met lae organiese materiaal inhoud eerder geneig
wees om gebreksimptome te wys.
Ligte inherente suurgronde wys gewoonlik eerste boortekort. Boor
kan uitloog tydens hoë reënvaltoestande. Boortekorte kan verwag
word as dit droog is gedurende die voorblom- en blomstadium.
Gedurende droogtetoestande droog die bo-grond wat as die hoofbron
van beskikbare boor dien uit, met die gevolg dat die plantwortels
nie die boor uit hierdie laag kan opneem nie. Onder sulke toestande
word vog en voedingstowwe hoofsaaklik uit die dieper grondlae
verkry, wat minder beskikbare boor bevat. Sulke sonneblomme kan dan
erge boortekorte ontwikkel.
Aanvulling:
Indien land geskiedenis het van boortekort moet daar altyd daaraan
aandag geskenk word. Daar is kunsmismengsels wat boor bevat wat
baie goed werk. Moet egter nie hierdie kunsmismengsels lukraak op
ander gewasse gebruik nie.
Die aanbeveling is 1 kg boor per ha vir sandgronde, 2 kg boor per
ha vir leemgronde en 3 kg boor per ha vir swaar kleigronde.
Die ekwivalent van 1 kg boor word deur die toediening van die
volgende hoeveelhede bemestingstowwe verkry:
! 8.8 kg boraks (natriumboraat, 11.3% B) ! 4.9 kg Solubor (20.5% B)
! 5.7 kg boorsuur (17.5% B) ! 7.1 kg kalsiumboraat (14.0% B)
Solubor word vir vloeistoftoediening aanbeveel aangesien dit
aansienlik meer oplosbaar is.
Daar moet gewaak word om nie te veel boor toe te dien nie. Gewasse
soos bv. droëbone en sojabone is baie gevoelig vir
boorvergiftiging. Te hoë boortoedienings kan tot totale plant
afsterwe lei en sulke gronde kan steriel wees vir plantegroei. Dien
boor met goeie oordeel toe. Vermy om boor aan gewasse wat dit nie
nodig het nie, toe te dien. Kontak landboukundige indien u
twyfel.
9. ONKRUIDBEHEER
Sonneblom is baie gevoelig vir onkruidmededinging, veral in die
jong stadium. Indien onkruide nie gedurende die eerste 6-8 weke na
opkoms doeltreffend beheer word nie, kan tot 50% van die oes
verlore gaan.
Die beste beheer word verkry deur gebruik te maak van saamgestelde
stelsel van meganiese sowel as chemiese middels. • Bewerk die lande
deeglik voor en met planttyd. Goed voorbereide saadbed
verseker nie net goeie ontkieming nie, maar skep optimale toestande
vir chemiese onkruiddoders.
-13-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
• Nadat die plantjies goed gevestig is, kan roltandeg gebruik word
om die
jong, ontkiemende onkruid te beheer, verkieslik gedurende die
warmste dele van die dag.
• Latere bewerkings tussen die rye kan met tandimplement
geskied.
Aangesien beskadigde plante moeilik of glad nie herstel nie, moet
die skoffelbewerking vlak wees om onnodige skade aan wortels te
voorkom.
• Indien nodig moet alle kakiebosplante net voor oestyd verwyder
word.
Saad wat saam met kakiebos gestroop word, neem die reuk van hierdie
onkruid aan en kan afgekeur word.
• Die volgende onkruiddoders is in Suid-Afrika geregistreer vir
gebruik op sonneblom:
GEWONE NAAM HANDELSNAAM
Inwerk Pendimetalin Trifluralin
Na-Opkoms Sikloksidim Focus Ultra Tussenry Diquat/Paraquat
Preeglone
Dit is belangrik om te onthou dat sonneblom besonder gevoelig is
vir die nawerking van Atrazien. Op sekere gronde soos swart turf,
kan die nawerking van Atrazien na twee seisoene nog skade aan
sonneblom veroorsaak. Waar sonneblom in wisselbou met mielies
verbou word, moet onkruiddoders met kort nawerking gebruik word
waar die mielies as opvolg gewas gebruik word. Dit geld spesifiek
vir Trifluralin waar wagperiode van 12 maande vir kleingrane en
mielies, en 18 maande vir graansorghum geld.
10. INSEKTEBEHEER
1. Om goeie stand te verseker, moet snywurms deur middel van lokaas
of bespuiting beheer word, verkieslik as voorsorgmaatreël en nie
eers nadat snywurms opgemerk word en dit dan gewoonlik al te laat
is nie.
2. Bolwurms rig soms groot skade aan sonneblom. Die plante is op
hul gevoeligste
in die vroeë stadium van kopvorming. Besmetting op hierdie stadium
kan misvormde koppe en swak saadset tot gevolg hê. Soms word kop
glad nie gevorm nie. Na die blomstadium is die plant minder
gevoelig en skade is beperk tot gevrete pitte in die kop. Alhoewel
bolwurms ook die boonste blare kan aanval, is die skade selde baie
groot, behalwe wanneer die besmetting swaar is.
-14-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
3. Bolwurms kan doeltreffend met insekmiddel soos Endosulfan beheer
word, mits bespuiting plaasvind voordat hulle die koppe
binnedring.
Dit is baie moeilik om te bepaal op watter besmettingspeil die
chemiese beheer van bolwurm ekonomies geregverdig is, aangesien
wisselende getalle van verskillende grootte larwes op verskeie dele
van die plant op verskillende groeistadiums van die plant gevind
word.
Die teenwoordigheid van gemiddeld twee of drie medium tot groot
larwes of meer kleiner larwes per groot blomknop is gewoonlik
aanduiding dat beheermaatreëls geregverdig sal wees.
11. SIEKTEBEHEER
Die verspreiding van sonneblomsiektes wissel van jaar tot jaar
volgens klimaatstoestande. Sekere siektes kom meer in droë jare
voor, terwyl die ontwikkeling van ander weer deur koue, nat
toestande bevorder word. Verskeie chemiese middels bestaan vir die
beheer van witroes(Albugo) en bruinroes (Puccinia). Kundige advies
moet egter ingewin word alvorens spuitprogram gedoen word. Die
middelgroeistaduim, dosis en spuitprogram sal die ekonomiese
regverdigbaarheid van hierdie insetkoste bepaal.
i) Wisselbou
Sonneblom behoort nie meer as een keer in drie jaar op dieselfde
land verbou te word nie, ten einde die opbouing van siektes te
voorkom.
Mielies en graansorghum is uitstekende gewasse in wisselbouprogram
met sonneblom. Gewasse soos aartappels, sojabone, grondbone en
gewone bone moet vermy word, aangesien hulle ook vatbaar vir sekere
siektes soos Sclerotinia Verwelksiekte en Kopvrot is.
ii) Saad
Sekere sonneblomsiektes is saadgedraagd. Dit is dus belangrik dan
net behandelde saad afkomstig uit betroubare bron geplant
word.
iii) Sanitasie
Opslagplante en siek plante moet indien moontlik van die land
verwyder word, om die opbou van siektes te voorkom.
iv) Kultivars
Sover moontlik moet net kultivars geplant word wat bestand is teen
die siektes wat in die betrokke gebied voorkom.
Ongelukkig is daar nog geen kultivar beskikbaar wat bestand is teen
Sclerotinia Verwelksiekte en Kopvrot nie.
BELANGRIKE SONNEBLOMSIEKTES
a) Sclerotinia scleretorium ( Verwelk en Kopvrot) Sclerotinia is
baie skadelike siekte en daar bestaan geen weerstandbiedende
kultivars of doeltreffende chemiese middels om hierdie siekte te
beheer nie.
-15-
Twee vorms van die siekte kom in sonneblom voor:
(i) Sclerotinia Verwelksiekte
Hierdie vorm is die sogenaamde nie-geslagtelike vorm, en die
tipiese simptome is die skielike verwelking en afsterwe van die
plant. Wit katoenagtige swamgroei ontwikkel op die stam naby die
grondoppervlakte, gevolg deur grys tot bruin letsels. Swart
sclerotiums (oorlewingstukture) vorm op die stam en tussen die wit
stamgroei binne in die stam.
Die sclerotiums wat op hierdie wyse gevorm word, kan rustend in die
grond lê en weer swamdrade onder gunstige toestande vorm. Die
swamdrade penetreer die stam van die plant, wat dit laat verwelk en
vrek, en nuwe sclerotiums word gevorm. Op hierdie wyse kan die
siekte vir lang tyd in die grond oorlewe, maar normaalweg word net
klein persentasie plante deur hierdie vorm van oorlewing
geaffekteer.
-16-
(ii) Sclerotinia Kopvrot
Hierdie is die sogenaamde Geslagtelike vorm en is baie skadeliker
as die nie- geslagtelike vorm. In plaas dat die sclerotium in die
grond swamdrade vorm wat op die gasheerplant parasiteer, ontwikkel
sjampanjeglasvormige geslagtelike vrugliggame, ook bekend as
apotekiums, op die sclerotiums. Op hul beurt ontwikkel die
apotekiums miljoene onsigbare spore, ook bekend as askusspore, wat
deur lugstrome versprei word en tydens stuifmeelstorting op die
sonneblomkoppe te lande kom. Daar word vermoed dat die spore op die
stuifmeelkorrels voed en die kop dan verder binnedring, nuwe
sclerotiums vorm en op dié wyse nuwe lewensiklus begin.
Kenmerkend van besmette koppe is die verflenterde of uitgerafelde
voorkoms by rypwording, en die teenwoordigheid van donkergrys tot
swart sclerotiums tussen die plantweefsel. Kwaai besmettings kan
die hele sonneblomoes vernietig.
Alhoewel Sclerotinia in die saad oorgedra kan word, moet onthou
word dat die sclerotium vir lang tydperk in die grond kan oorlewe
en ook op groot verskeidenheid sogenaamde gasheerplante kan
voortbestaan. Hierdie plante sluit boongewase, aartappels, sekere
vrugtebome, onkruide soos knapsekêrel en baie ander in. Die
siekteorganismes word gevolglik redelik algemeen aangetref. Selfs
wanneer sonneblom vir aantal jaar nie op betrokke land geplant was
nie, kan dit voorkom. Dit is nie noodwendig saadgedraagd nie.
-17-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
Sclerotinia kom meestal onder langdurige koel, nat toestande voor.
Die grootste skade word aangerig wanneer hierdie toestande in die
najaar voorkom en die geslagtelike vorm van voortplanting
plaasvind.
Die enigste doeltreffende beheermaatreël is wisselbou met gewasse
van die grasfamilie soos mielies, graansorghum of weidings. Op
besmette gronde moet vir minstens 5 jaar nie-vatbare gewasse verbou
word. Opslagplante moet vroeg verwyder word.
Gesonde, onbesmette saad uit betroubare bron moet ten alle tye
gebruik word.
b) Rooiroes (Puccinia helianthi)
Rooiroes kom hoofsaaklik onder vogtige toestande met hoë
temperature gedurende die middelgroeiseisoen voor. Dit word
gekenmerk deur klein poeieragtige rooibruin vratjies. Hoofsaaklik
op die onderkante van die blare en die stamme, wat later swart
word. Erg besmette blare word gou bleek en oud.
Aangesien kwaai rooiroes besmettings die olie-inhoud van die graan
nadelig kan beïnvloed, is doeltreffende beheermaatreëls belangrik.
Die gebruik van weerstandbiedende kultivars, verwydering van
besmette en opslag plante en die toepassing van wisselboustelsel is
die doeltreffendste beheermaatreëls.
Teling van roesbestande kultivars word bemoeilik deur die
voortdurende ontwikkeling van nuwe roesrasse.
-18-
c) Wortelvrot (Sclerotium rolfsii)
Wortelvrot word deur grondswam veroorsaak en kom gewoonlik kol-kol
in sonneblomlande voor. Meganies beskadigde wortels word aangeval,
die blare verwelk en sterf af. Jong plante bly dikwels verdwerg en
geen blomknop ontwikkeling vind plaas nie. Aangesien die swam
vermeerder op dooie plantreste word die diep inploeg van alle
gewasreste aanbeveel.
d) Blaarvlek (Septoria spp en Alternaria spp)
Groot, lig- tot donkerbruin, ronde tot hoekige, ingedrukte kolle
vorm op die blare. Daar word selde enige noemenswaardige skade
aangerig behalwe wanneer aanhoudende reëns voorkom wat die ideale
omstandighede skep vir die siekte om vinnig na jonger blare te
versprei. Gebruik van bestande kultivars en wisselbou is
doeltreffende beheermaatreëls.
-19-
e) Houtskoolvrot (Rhizoctonia spp)
Ernstige besmettings kan onder warm, droë toestande voorkom. Die
plante word vroeg ryp, die stamme breek maklik en gaan plat lê. Die
siekte kan aan die klein, bruin-swart liggaampies op die stamme
herken word. Die swamme is baie gevoelig vir koue en indien die
siekte ernstig was, kan die plantreste gedurende die winter op die
grondoppervlakte gelos word.
f) Witroes (Albugo tragopogonis)
Skade is meestal nie ernstig en lyk gewoonlik erger as wat dit
werklik is. Baie nat toestande kan egter tot swaar besmettings lei
wat groot oesskade tot gevolg kan hê. Op die blare is die siekte
aan die bokant sigbaar as verhewe chlorotiese vlek. Aan die
anderkant van die blaar is wit swamgroei in hierdie vlekke duidelik
sigbaar. Die geslagtelike fase van hierdie siekte word waargeneem
as ligte grys-rook vlekke op die stam en blaarstele van die
besmette plante. In uiterste gevalle kan dit ly tot die ontblaring
van die plant asook plante wat omval. Laasgenoemde kan lei tot baie
ernstige opbrengsverliese.
g) Kopvrotte (Rhizopus spp en Borytis spp)
Die swamme dring die sonneblomplant binne waar plantweefsels
verswak of beskadig is, bv. deur hael, insekte en selfs voëls. Die
siekte kom aan die einde van die groeiseisoen voor en word deur
koel, vogtige weerstoestande bevorder.
-20-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
Dit kan dele van die kop of selfs die hele kop beskadig. Dit is
belangrik om die siekte te onderskei van die meer ernstige en
gevreesde Sclerotinia kopvrot. Geen vrugliggame, die kenmerkende
swart en oneweredige oorleweringstrukture van Sclerotinia word in
die beskadigde koppe gevind nie.
h) Stamvrot (Phoma oleracen var helianthi-tuberosi)
Die swam dring die stam by die blaarsteelbasis in. Kenmerkende
simptome is die swart letsels op die stam. Die siekte het verswakte
stamme tot gevolg wat onder sterk windtoestande kan breek.
Graanontwikkeling kan ook deur die siekte benadeel word. Die siekte
kom selde baie straf voor en is van min ekonomiese belang.
D) OESINSAMELING 1) VIR SAAD
a) Die beste stadium om te oes is wanneer die agterkant van die
koppe nog effens klam is. Verlies tydens die oesproses word
daardeur verminder.
b) Koppe kan met stroper of dorsmasjien gestroop of gedors word.
Stropers moet
met die regte aarstroper, vangpanne en ander toebehore wat reg
ingestel is toegerus word.
c) As die saad vir redelike tyd geberg gaan word, moet dit nie meer
as 10% vog
bevat nie. Indien opberging tydelik is, is 12% voldoende.
d) Verliese weens voëls, insekte, sade wat uitval en swak
staanvermoë kan verminder word deur die oes teen 20% vog te oes en
dan kunsmatig te droog. Die aanbevole droogtemperatuur is
71ºC-80ºC.
Die oesproses kan ook vervroeg word. Sonneblom is fisiologies ryp
wanneer die agterkant van die kop van groen na geel verkleur en die
omtrek skutblare verbruin en bros begin word. Op dié groeistadium
kan ontblaringsmiddel op die plante gespuit word en die oes na
ongeveer 1-2 weke na die behandeling ingesamel word.
2) VIR KUILVOER
Vir die beste verhouding tussen opbrengs en gehalte word die plante
geoes wanneer 50 persent van die koppe blom. Die plantmateriaal
moet toegelaat word om te verwelk voordat dit ingekuil word.
Inkuiling kan geskied saam met mielies of sorghums (1:2) of alleen
deur ongeveer 20 kg melasse/ton by te voeg.
3) VIR DROËVOER
Gedorste of ongedorste koppe kan gemaal word en alleen of gemeng
met ander voere, gevoer word.
-21-
E) GRADERING EN BEMARKING
Die sonneblomsaad is tegnies gesproke dopvrug, wat bestaan uit ware
saad en vrugwand of dop. Die kleur van die dop wissel van feitlik
spierwit, gestreep tot pikswart, afhangende van die tipe sonneblom.
Die dop (perikarp) maak ongeveer 20-25% van die totale massa van
die saad uit. Hoe groter die dopmassa, hoe laer die olie-inhoud.
Die gemiddelde saadsamestelling van hoë olie-inhoudtipe sonneblom
is by benadering soos volg: Olie - 42-45% Proteïene - 15-20% Dop
Water - 40-45% Minerale Die gradering van sonneblomsaad, asook die
produsente prysstruktuur, is in die eerste plek gebaseer op die
olie-inhoud van die saad en dan ook op die fisiese suiwerheid of
skoonheid van die monster. Daar word ook gediskrimineer teen saad
wat muwwe, kakiebos, of ander onaangename reuk het, of giftige sade
bevat.
-22-
F) OPBRENGSTE
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms)
Bpk
Onder besproeiing - 3-3.5 t/ha Droëland : hoë potensiaal toestande
- 2-3 t/ha Droëland : marginale toestande - 0.5-1.5 t/ha
G) DIE SAMESTELLING VAN SONNEBLOMOLIE VS ANDER OLIES
Mono-onversadig Poli-onversadigde Versadigde Hoë Oleien
Sonneblomolie 82% 9% 9% Olyfolie 77% 9% 14% NuSun Sonneblomolie 65%
26% 9% Canola-olie 62% 32% 6% Grondboonolie 49% 33% 18% Lard 47%
12% 41% Beesvet 44% 4% 52% Bottervet 34% 2% 64% Mielie-olie 25% 62%
13% Sojaboonolie 24% 61% 15% Linolien Sonneblomolie 20% 69% 11%
Katoensaadolie 18% 55% 27% Verfblomolie 13% 77% 10% Neem asseblief
kennis dat hierdie dokument alleenlik as riglyn dien en die
inligting word in goeder trou gegee. Aangesien toestande mag wissel
van plaas tot plaas, en selfs van land tot land binne elke gebied,
kan aanpassings gebaseer op plaaslike toestande of vir enige
spesifieke voorkeure, nodig wees.
SonneBlom Cover