35
Posturale pynsindroom (Janda) Mienke du Plessis Carien Engelbrecht Carin Liebenberg

Posturale pynsindroom ( Janda )

  • Upload
    india

  • View
    155

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Posturale pynsindroom ( Janda ). Mienke du Plessis Carien Engelbrecht Carin Liebenberg. Oorsig. Definisie. Definisie van die toestand. Swak postuur (sit, lê, staan of in beweging) veroorsaak dat die rug en nek blootgestel word aan moegheid, stremming en beserings. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Posturale pynsindroom (Janda)Mienke du PlessisCarien EngelbrechtCarin Liebenberg

Page 2: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Oorsig Definisie

Pato-fisiologie

Oorsake en risiko faktore

Tekens, simptome

Behan-deling

Artikel

Page 3: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Definisie

Page 4: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Definisie van die toestand Swak postuur (sit, lê, staan of in

beweging) veroorsaak dat die rug en nek blootgestel word aan moegheid, stremming en beserings.

Page 5: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Bogenoemde oorbelading sluit in: Posturale oorbelading: Take uitgevoer in

houdings wat meganiese wanbelading veroorsaak

Posturale oorgebruik: Intensiteit en tydsduur van werk is hoër as wat die spier se vermoë is

Vibrasie sindroom: Veral in sekere werksituasies waar voordurende kompressie op strukture geplaas word

Posturale pyn: As gevolg van swak houding in statiese posisies (meubels, swak selfbeeld, ens)

Page 6: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Indien die werwelkolom nie behoorlik in lyn is nie is die spiere, ligamente, diskusse en gewrigte onder verhoogde en oneweredige spanning asook druk en slyting.

Die lae-rug is veral geneig tot pyn a.g.v swak postuur, aangesien die lae-rug die meeste liggaamsgewig ondersteun. Nekpyn is net so algemeen a.g.v swak postuur gewoontes soos hangende, geboë skouers en die kop wat te ver vorentoe gehou word.

Posturale sindroom van die lumbale kolom is wanneer pyn in die lae-rug voorkom alhoewel daar geen beduidende besering of trauma aan weefsel is nie. Pasiënte met posturale sindroom ervaar slegs pyn tydens aktiwiteite wat konstante stremming op weefsel plaas.

Posturale sindroom in die lae-rug kom voor as ‘n persoon te lank in verkeerde/swak posisie sit of staan.

Page 7: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Indien ‘n persoon nie regop sit maar “slouch”, is die lae-rug in gebuigde posisie. Hierdie posisie plaas erge spanning op gewrigte van die rug en sal geleidelik tot pyn lei.

Dieselfde gebeur as in die verkeerde posisie gestaan word. Dit sal geleidelik pyn veroorsaak indien die posisie te lank gehou word.

Page 8: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Vir elke 2,5cm wat die kop vorentoe beweeg in postuur, verhoog die gewig van die kop op die nek met ± 5kg.

Page 9: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Patofisiologie

Page 10: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Patofisiologie Spierwanbalans (Janda):

Verkort: m. levator skapulae superior vesels van m. trapezius m. pectoralis

Swak geïnhibeerde: Diep nek fleksore (m. suprahyoid

en m. mylohoid), stabiliseerders van die skapula (m.

serratus anterior, m. rhomboids, mid en inferior m. trapezius)

M. sternocleidomastoid is ook verkort en styf

Page 11: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Janda sindroomMettertyd sal dié wanbalanse deur die

muskulêre sisteem op voorspelbare wyse versprei. Janda het hierdie patrone geklassifiseer.Boonste Kruis Sindroom (BKS) –

oftewel servikale kruis sindroomLaer Kruis Sindroom (LKS) – oftewel

pelviese kruissindroomLaag Sindroom – oftewel stratifikasie

sindroom.

Page 12: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Janda sindroom (vervolg) Hierdie kruissindrome word gekenmerk deur alternatiewe

kante van inhibisie en fasilitasie in boonste en onderste kwadrante. Laag sindroom is ‘n kombinasie van BKS en LKS en word gekenmerk deur alternerende patrone van styfheid en swakheid wat dui op langdurige spierwanbalans patalogie.

Boonste kruissindroom word gekenmerk deur fasilitasie van die boonste trapezius, levator, sternocleidomastoïed en pectoralis mm, sowel as inhibisie van die diep servikale fleksore, inferior trapezius en serratus anterior.

Laer kruissindroom word gekenmerk deur fasilitasie van die toraks-lumbale ekstensore, rectus femoris en iliopsoas, sowel as die inhibisie van die abdominale en gluteale mm.

Page 13: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Janda sindroom (vervolg)

Page 14: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Boonste Kruis Sindroom Laer Kruis Sindroom

Stratifikasie sindroom

Page 15: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Janda sindroom (vervolg) Deur van Janda se klassifikasie gebruik te maak kan daar

patrone van swakheid en styfheid voorspel word in die sensorimotoriese sisteem, as gevolg van die poging om homeostase te bereik.

Hierdie veranderinge in die muskulêre tonus, veroorsaak spier wanbalans, dit lei weer tot bewegings disfunksie.

Hierdie wanbalanse en bewegings disfunksie het ‘n direkte effek op gewrigsoppervlaktes, dus kan dit lei tot gewrigsdegenerasies. In sommige gevalle kan gewrigsdegenerasie die direkte oorsaak van pyn wees, maar die werklike oorsaak van pyn is dikwels sekondêr tot spierwanbalanse. Dus moet die oorsaak van pyn gevind word eerder as dat die bron van pyn behandel word.

Page 16: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Janda evaulasie Sistematiese evaluasie van spierwanbalanse begin

met statiese posturale beraming, observasie van spiere vir eienskappe van hipertonus en hipotonus.

Die statiese postuur, loop en balans gee die beste indikasie van die status van die sensoriesmotoriese sisteem.

Die bewegingspatrone word vasgestel en spesifieke spiere word getoets vir styfheid en verkorting.

Al die bogenoemde word gedoen om spierwanbalans sindroom uit te skakel of te bepaal. Die spesifieke patrone en sindrome van wanbalans help ook om toepaslike intervensies te gebruik om die oorsaak van disfunksie aan te spreek.

Page 17: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Patofisiologie (vervolg) Hierdie sindroom stres veral

die kranio-servikale en serviko-torakale aansluitings

Soms moeilik om tussen hierdie sindroom, spierspasma en snellerpunte te onderskei

Page 18: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Oorsake en risiko faktore

Page 19: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Oorsake en risiko faktore Swak nek postuur lei tot ‘n vorentoe kop posisie

(“poking chin”)wat een van die mees algemene oorsake is van nek-, hoof- en skouerpyn sowel as spasmas.

Die vorentoe nekposisie kan ‘n gevolg wees van beserings van die nekspier wat lei tot swak nekspiere, swak slaapposisie, bestuur in verkeerde posisie, rekenaar nek, bank nek, alles as gevolg van swak postuur.

Page 20: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Oorsake en risiko faktore (vervolg) Langtermyn abnormale

nek postuur lei tot spierspasmas, diskusletsels, artritis, senuwees wat vasknyp en onstabiliteit

Page 21: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Algemene postuur foute

Page 22: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Lae rug postuurDie posisie vandie pelvis bepaal die kurwe van die lae-rug. Deur die pelvis in neutrale posisie te hou, handhaaf dit die natuurlike kurwe van die werwelkolom.

Oormatige anterior pelviese tilt‘n Oormatige kurwe in die lae-rug plaas oneweredige spanning op die werwels en skywe van die laer kolom. Die anterior tilt kom meerendeels voor as ‘n persoon staan. Die dra van hoë hakke dra daartoe by dat die pelvis vorentoe getilt word.

Plat rug (“flat back”)Daar moet ‘n effe anterior kurwe wees, plat rug is meerendeels ‘n probleem wanneer gesit word. Die superior deel van die pelvis word te ver posterior vir lang periods getilt en die lae-rug verloor sy natuurlike kurwe, spiere, ligamente en diskusse word oormatig gestrem en lae-rugpyn is die uiteinde.

Page 23: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Bo rug postuur Geronde rug en skouers – “slouching” Hangskouers kom meer voor wanneer mense sit as

staan. Veral is dit algemeen onder diegene wie se werk meer sit as staan behels gedurende die dag.

Hierdie swak gewoonte kan maklik reggestel word deur slegs die liggaam in ‘n behoorlike posisie te plaas, deur jou ribbekas effe te lig.

Hangskouers oor ‘n lang tydperk lei tot rugpyn in die bo-deel van die rug, maar om te “slouch” kan ook tot lae-rugpyn lei as gevolg die posterior tilt van die pelvis.

Page 24: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Bo rug postuur (vervolg) Ronding van die torakale deel en skouers veroorsaak dat die

kop nie meer balanseer is oor die werwelkolom nie, maar te ver vorentoe gaan. Die spiere in die nek en torakale deel word oorlaai wanneer die las om die kop te ondersteun verskuif na die ekstensor spiere van die nek.

Die spiere in die borskas en aan die anterior deel van die skouers raak styf as gevolg van kroniese hangskouers, wat retraksie bemoeilik en die torakale deel reguit te maak.

Hangskouers en verhoogde torakale kifose lei ook tot vlak asemhaling, wat weer aanleiding gee tot verminderde suurstof inname en dit lei tot spanning en spasma in die nek en rug. Stywe spiere is algemene oorsake van rug- en nekpyn

Page 25: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Nek postuur Die gewoonte om jou nek vorentoe te hou kan lei tot

kroniese nekpyn sowel as kroniese superior rug en skouer pyn.

Deur afwaarts te kyk met die kop wat vorentoe gehou word, word daar stremming geplaas op die ekstensor spiere van die nek en die superior deel van die rug.

Indien jy “slouch” en vorentoe kyk, word die natuurlike kurwe van die nek vergroot en die ekstensor spiere van die nek verkort en word styf. Hangskouers en die kromming van die superior rug is ‘n algemene oorsaak van die kop wat vorentoe beweeg.

Page 26: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Tekens en simptome

Page 27: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Tekens en simptome Pyn van die

werwelkolom, hoofpyn, gemoed, bloeddruk, pols en longkapasiteit is van die funksies wat maklik deur swak postuur beïnvloed word

Page 28: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Kortliks die mediese behandeling

Page 29: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Kortliks die mediese behandeling Medies:

Nie-steroied anti-inflammatoriese middels (NSAIDs)

COX-2 inhibeerders, bv. celecoxib Spierverslappers Opioied anagetika Steroiede

Page 30: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Kortliks die mediese behandeling (vervolg)

Fisioterapie: Mobiliseer stywe gewrigte waar die ligamente en

kapsel verkort is Einde van omvang van beweging Gr III en IV

asook volgehoue strek Strek verkorte spiere Versterk swak spiere Aktivering van stabiliseerders Heropleiding van houding Tuisraad

Page 31: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Artikel

Page 32: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Artikel

Page 33: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Artikel (vervolg) Joanne Bullock-Saxton Bevind:

Verhoogde lordose (posturale afwykings) lei in die meeste gevalle tot pyn

Maar, sommige pasiënte met posturale afwykings ontwikkel nooit pyn nie

Dus kan daar nie aangeneem word dat indien ‘n pasiënt ‘n verhoogde lordose en pyn het, dit wel verband hou nie

Volledige evaluering, sowel as herevaluerings word benodig en ander oorsake van pyn moet uitgeskakel word.

Page 34: Posturale pynsindroom  ( Janda )

Verwysings Bullock-Saxton, J. 1988. Normal and abnormal postures in

the sagittal plane and their relationship to low back pain: Physiotherapy Practice (online) 4:94-104. [http://informahealthcare.com/doi/abs/10.3109/09593988809159056]

The Janda Approach to chronic pain syndromes. [http://www.jandaapproach.com/about/]

Neck solutions. [http://www.necksolutions.com/neck-posture.html]

Back Pain, Postural Correction and Physiotherapy Singapore. [http://www.urban-rehab.org/physiotherapy-singapore-postural-correction.html]

Postural Syndrome (Lumbar). [http://www.physioadvisor.com.au/8390250/postural-syndrome-posture-pani-poor-posture-.html]

Prentjies van Google soekengin.

Page 35: Posturale pynsindroom  ( Janda )