12
www.villacrop.co.za PAGE 1 Heinrich Lammerding appointed as Villa’s new Managing Director Products. Insights. Expertise. Mengbaarheid en volgorde - krities om foute te voorkom Opleidingsfokus Be sure to scan all the QR codes in this paper for an extension to more information, videos and content published here! Vir meer inligting kontak ons gerus. Please contact us for more information. Tel: Head Office: 011 396 2233 Cape Office: 021 873 6892 Website: www.villacrop.co.za AUTUMN 2021 BL.3 BL.11 W e are pleased to announce that Heinrich Lammerding, former Chief Operating Officer has been appointed as Managing Director of Villa Crop Protection. We wish him all the best and look forward to working together with him in his new role as our Managing Director. Furthermore, all formalities regard- ing the merger of the Villa Group with local retailer group, Intelichem into the newly formed Winfield United South Africa has now been completed. The new Winfield United South Africa entity consists of a holding company with a focused, standalone retail legal entity (InteliGro) and a separate, standalone wholesale legal entity (Villa). Each of these entities retain their dedicated management teams. The combination of these estab- lished agricultural leaders in South Africa will create a platform to develop an improved value proposi- tion, including technology, scientific data, and an unbeatable portfolio in crop protection solutions. The new group will present unique opportuni- ties for all its stakeholders. Villa Crop Protection will however continue to serve current customers exactly as in the past. So, we want to reiterate that it is business as usual for our customers. We want to make use of this opportunity to thank you for the loyal support to Villa and to assure you that our relationship will continue to grow from strength to strength. Please do feel free to contact Heinrich directly with any queries.

Products. Insights. Expertise

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

www.villacrop.co.za PAGE 1

Heinrich Lammerding appointed as Villa’s new Managing Director

P r o d u c t s . I n s i g h t s . E x p e r t i s e .

Mengbaarheid en volgorde - krities om

foute te voorkom

Opleidingsfokus

Be sure to scan all the QR codes in this paper for an extension to

more information, videos and

content published

here!

Vir meer inligting kontak ons gerus.

Please contact us for more information.

Tel: Head Office: 011 396 2233Cape Office: 021 873 6892

Website: www.villacrop.co.za

AUTUMN 2021

BL.3

BL.11

We are pleased to announce that Heinrich Lammerding, former

Chief Operating Officer has been appointed as Managing Director of Villa Crop Protection. We wish him all the best and look forward to working together with him in his new role as our Managing Director.

Furthermore, all formalities regard-ing the merger of the Villa Group with local retailer group, Intelichem into the newly formed Winfield United South Africa has now been completed.

The new Winfield United South Africa entity consists of a holding company with a focused, standalone retail legal entity (InteliGro) and a separate, standalone wholesale legal entity (Villa). Each of these entities retain their dedicated management teams.

The combination of these estab-lished agricultural leaders in South Africa will create a platform to develop an improved value proposi-tion, including technology, scientific data, and an unbeatable portfolio in crop protection solutions. The new group will present unique opportuni-ties for all its stakeholders.

Villa Crop Protection will however continue to serve current customers exactly as in the past. So, we want to reiterate that it is business as usual for our customers.

We want to make use of this opportunity to thank you for the loyal support to Villa and to assure you that our relationship will continue to grow from strength to strength. Please do feel free to contact Heinrich directly with any queries.

www.villacrop.co.za

INSIGHTS • AUTUMN 2021

PAGE 2

OUT AND ABOUT

Elandri is die jongste van vier kinders en is gebore in Nelspruit, waar sy tot en met

Graad 2 gewoon het. Daarna het hulle getrek na die Wes-Kaap, waar sy die res van haar skoolloopbaan voltooi het by Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier.

Op die ouderdom van 14 het Elandri saam met haar broer gaan kuier op ‘n plaas, waar hy as ‘n produksiebestuurder gewerk het. Nadat hy haar geleer het om wingerd te snoei, het sy besluit sy wil beslis eendag in die landboubedryf werk. Sy het van toe af elke Desembervakansie vir haar broer gaan kuier, waar hy intussen bevorder is na wing-erdboukundige. Elandri vertel: “Een van sy kollegas was ‘n vrou en dus ook my eerste rolmodel. Sy het vir niks terug gestaan nie. Ek het haar geskadu vir een van my skooltake en so het my droom ontstaan om ander met advies by te staan en te help.”

Na matriek het Elandri gaan pars by ‘n groot wynprodusent en daarna gewerk in ‘n laboratorium. Sy het toe ‘n graad in vrugte-produksie (Wingerdbou en Hortologie) ver- werf by die Elsenburg Landboukollege. Sy het tussendeur oor naweke en vakansies gewerk in ‘n proe-lokaal op ‘n wynplaas en in pakstore. Voordat sy haar eerste permanen-te werk as voedsel- en kwaliteitsbestuurder gekry het, het sy gewerk as ‘n pakstoorassis-tent op ‘n tafeldruifplaas. Alhoewel Elandri baie geleer het gedurende hierdie werks-geleenthede, het sy besef dat sy ‘n groot behoefte het om aan daaglikse praktyke op die plase self blootgestel te word. Sy het vir ‘n kort rukkie by ‘n uitvoermaatskappy gew-erk, waarna sy in September 2020 deur Villa aangestel is.

Op die vraag wat sy die meeste geniet van haar werk by Villa, is haar antwoord: “Die geleentheid om elke dag iets nuuts te leer, en somtyds meer as een keer per dag, is ‘n ongelooflike geleentheid wat min maatskap-pye vir ‘n mens kan aanbied. Om binne ‘n paar sekondes vyf verskillende oplossings te kry vir een probleem net nadat ‘n persoon dit op Whatsapp geplaas het, is iets wat my na ses maande nogsteeds verbaas. En om dan nie eers te praat van my kollegas nie! Om hulle legendaries te noem, is ‘n understatement.”

Elandri se agtergrond is bewys dat haar hande vir niks verkeerd staan nie. Villa is trots om vir Elandri as deel van die span te hê. Villa at a farmers day in Viljoenskroon.

New Metos weather station for Raisins SA in the Northern Cape.

On the job testing and training.

NutriSolutions 360 Demo & Answer Plot Blitz in Gravelotte, Limpopo.

Safe handling of pesticides training in Letsitele.

ReSolutions sampling.

Ontmoet ons Noord Kaap

verteenwoordiger

Elandri Jordaan, junior bemarkingsadviseur en areaverteenwoordiger in die Noord-Kaap.

INSIGHTS • AUTUMN 2021

www.villacrop.co.za PAGE 3

FOKUS OP MENGBAARHEID

Mengbaarheid van gewasbeskermings produkte – Krities om foute te voorkom

Produsente wil al hoe meer gewas-beskermings produkte (GBP) in

tenkmengsels toedien. Die hoofredes hiervoor is om die tyd en geld van ‘n addisionele bespuiting te be-spaar. Geregistreede tenkmengsels is deeglik vir mengbaarheid getoets, maar die probleem ontstaan wan-neer veelvoudige produkte wat nie saam geregistreer is nie, in mengsels toegedien word. Dit is wanneer probleme soos fisiese en biologiese onverenigbaarheid kan voorkom. Fisiese onverenigbaarheid is sigbaar in die spuitoplossing en reaksies soos flokkulasie, presipitasie en verdikte spuitmengsels kan geblokte siwwe en spuitpunte veroorsaak. Biologiese onverenigbaarheid kan weer die effektiwiteit van een of meer van die tenkmengsel komponente beïnvloed, sonder enige sigbare reaksies.

Die volgende faktore kan ‘n rol speel.

FISIESE MENGBAARHEIDWatervolumeMet die ontwikkeling van nuwe spuite en tegnologie, het watervolumes stelsematig verlaag. Dit het ontstaan omdat dit duur en tydrowend is om water vir ‘n bespuiting aan te ry. Lae watervolumes kan egter tot fisiese

Brian de Villiers

onverenigbaarheid bydra omdat daar minder water is waarmee die betrokke tenkmengsel produkte gemeng kan word. Die oplosbaarheid of suspen-deerbaarheid van een of meer van die tenkmengel komponente kan benadeel word, wat dan tot ‘n fisiese reaksie kan lei.

pHDie versuring van sekere spuitoplos- sings is noodsaaklik om byvoorbeeld insekdoders teen alkaliese hidroliese (afbraak teen hoë pH) te beskerm. Daarom is dit belangrik om buffers met sulke sensitiewe produkte te gebruik. Hierdie aanbeveling het egter daartoe gelei dat buffers soms as ‘n standaard praktyk gebruik word. ‘n Uiters suur spuitoplossing kan die oplosbaarheid van sekere produkte beïnvloed. Wanneer hierdie spui-toplossings versuur word, presi- piteer hierdie onoplosbare produkte. Die onoplosbare GBP kan met ander komponente in die spuittenk reageer om jellie-agtige uitsaksels te veroor-saak. Die uitsaksels kan dan siwwe en spuitpunte verstop. Onmengbaarheid kan nog verder deur koue water en lae watervolume, vererger word. Die tenkmengsel van glifosaat en ‘n hor-moondoder is ‘n voorbeeld hiervan.

Te veel tenkmengsel komponenteDit gebeur dikwels dat te veel GBP in tenkmengsels toegedien word. Ons moet onthou dat GBP chemikalieë is wat met mekaar kan reageer. Vir elke produk wat addisioneel in die spuitmengsel gevoeg word, is daar ‘n klomp reaksies wat moontlik kan gebeur. Dit is ook belangrik om te besef dat verskillende GBP, verskil-lende formulasies het. Dit sluit oplosbare, emulsifiseerbare en sus-pensie konsentrate in. Verskillende tipe formulasies wat ongetoets en ongeregistreer is, kan met mekaar reageer en dit kan ‘n geweldige groot invloed op fisiese mengbaar-heid hê.

MengvolgordeIndien produkte in die verkeerde mengvolgorde ingevoeg word, kan dit ook tot fisiese onverenigbaarheid lei. Elke maatskappy het heelwaarskynlik ‘n unieke benadering tot mengvol-gorde, en dit is belangrik om die riglyne te volg. Verkeerde mengvol-gorde lei dikwels to verdikte of ge-flokkuleerde spuitmengels.

BIOLOGIESE MENGBAARHEIDAl die bogenoemde voorbeeld gaan oor fisiese mengbaarheid, dus ver-

dikte spuitoplossings, flokkulasie, geblokte siwwe en spuitpunte. Daar is egter ‘n ander vorm van onverenig- baarheid wat onsigbaar is, maar net so skadelik is. Dit word biologiese onverenigbaarheid genoem. Tenk-mengsels wat biologies onverenig-baar is meng baie effektief en daar is geen fisiese aanduiding dat daar ‘n probleem is nie. Die probleem ontstaan egter wanneer een van die GBP dalk ‘n ander tenkmengsel kom-ponent se werking beïnvloed. Dit het natuurlik tot gevolg dat die plaag-beheer verswak sonder enige fisiese aanduiding daarvan nie.

OplossingDit is geweldig belangrik om al die betrokke etikette van die tenk- mengsel komponente deeglik in ag te neem. Hou asb by die geregistreerde tenkmengsels, die etiket aan- bevole watervolume asook die gebruik van die aanbevole mengvolgorde. Moet nooit spuitoplossings onnodig versuur nie, veral wanneer sekere produkte in die tenkmengsel se oplosbaarheid deur lae pH benadeel word. Onthou dat biologiese onverenigbaarheid soms ook voor-kom en selfs produkte wat effektief meng, antagonisties kan wees.

www.villacrop.co.za

INSIGHTS • AUTUMN 2021

PAGE 4

Klop sclerotinia in kanola met SANTANA 480 SC

FOKUS OP KANOLA

Sclerotinia sclerotiorum, ook bekend as sclerotinia stamvrot,

het ‘n ernstige siekte in die kanola produksiegebiede geword. Hierdie seisoen kan daar ‘n toename in die voorkoms van die siekte verwag word, as gevolg van verhoogde kanola- hektare wat aangeplant word sowel as die voorspelling van bo gemid-delde reën wat ‘n vogtige omgewing skep, optimaal vir die ontwikkeling van sclerotinia. Meeste kanola-kultivars is hoogs vatbaar vir sclerotinia, daarmee saam is sclerotinia nie net tot kanola beperk nie, aangesien dit verskeie ander gasheerplante het, insluitend breëblaarplante soos lupiene, sonne- blomme, sojabone en breëblaaron- kruide soos dubbeltjie en ramenas.

SimptomeDie eerste simptome van sclerotinia op kanola verskyn gewoonlik na-blom. Simptome sluit in ‘n ligbruin verkleur-ing met ‘n waterdeurdrenkte voor-koms op die stam, blare en takke. Hierdie letsels sal uitbrei en ‘n grys-wit kleur vorm op die geïnfekteerde area. Besmette plante kan waargeneem word as gebleikte of grys-kleurige plante, wat duidelik sigbaar is tussen die gesonde, groen plante. Hierdie gebleikte stingels is geneig om aan die onderkant oop te breek, wat ver- oorsaak dat hulle buig.Hierdie voorkoms staan bekend as “omval” en lei tot ‘n versteuring in die vervoer van nutriënte in die plant. Aangesien sapvloei in die stam af-gesny word, sal die hele plant uitein-delik uitdroog. Omval in kanola lei ook tot kleiner en minder sade, verplet-terde peule, vroeë rypwording en ‘n verlies aan kleiner sade tydens oes, wat bydra tot ‘n opbrengsverlies.

Ekonomiese impakProdusente in Kanada, waar sclerotinia ook ‘n belangrike siek-te is, het bereken dat ‘n potensiële opbrengsverlies van 1% kan voorkom vir elke 2% gewasinfeksie. Die helfte van die persentasie besmetting is dus gelykstaande aan die persentasie opbrengsverlies wat verwag kan word. ‘n Potensiële opbrengs van 2 ton/ha

met ‘n 20% infeksie, sal daartoe lei dat die opbrengs met 10% verlaag en dat daar slegs 1.8 ton/ha ge-oes word. ‘n Groter opbrengsverlies kan verwag word in gevalle van ernstige siekte- infeksie.

LewensiklusSclerotinia se lewensiklus begin met die oorwinterende struktuur genaamd sclerotia. Sclerotia is harde, swart, onreëlmatige strukture wat 2-30 mm groot is. Hierdie strukture kom in die grond voor, sowel as op stoppels op die grondoppervlak, waar dit vir jare lank dormant kan verkeer.

Wanneer die blaardak toemaak, dra hoë grondvoginhoude, matige tem-perature en ‘n hoë relatiewe humidi- teit (>80%) by tot gunstige toestande vir die ontkieming van sclerotia. Sclerotia in die boonste 5 cm van die grond ontkiem om apotecia (vruglig- game) te produseer, terwyl die res dieper in die grond dormant bly. Hierdie vrugliggame het ‘n unieke sampioenagtige struktuur wat wissel van 2-4 mm in deursnee. Die siklus gaan voort met die rypwording van die vrugliggame en stel 10-14 dae later spore vry. Vrygestelde spore beweeg tot enkele kilometers met lugstrome en word uiteindelik oor die kanola- plante neergelê. Lugstrome is nie die enigste manier waarop spore kan ver-sprei nie; hulle kan ook deur heuning-bye na ander plante vervoer word.

Spore kan nie blare en stamme direk besmet nie, hulle moet eers op dooie materiaal groei. Die spore ontkiem op blomblare wat op die blare van die kanola-plant val, hierdie blomblare dien as ‘n voedselbron wat nodig is vir ‘n infeksie om voor te kom, sodat die swam die gesonde plant kan binnedring. Die swam groei tussen die selle en beweeg in die blaarsteeltjies, takke en uitein-delik in die stam. Binne 2 dae nadat die infeksie plaasgevind het, is die eerste simptome op die plant sigbaar. Wanneer die plant begin afsterf en voedingstowwe beperk word, word sclerotia in die holte van die verrot-tende stamme geproduseer. Hierdie sclerotia sal na die grond terugkeer

om die siekte-siklus die volgende seisoen te begin.

Gunstige toestandeOmgewingstoestande is belangrike faktore wat bydra tot die ontwik- keling en infeksie van sclerotinia. Een tot twee weke voor blom is ‘n kritieke stadium waar genoeg grondvog benodig word vir die ontkieming van sclerotia en die produksie van spore. Langdurige periodes van hoë humid-iteit tydens blom is ook nodig vir ‘n infeksie om verder te ontwikkel. Droë, warm toestande sal ‘n infeksie sowel as letselontwikkeling vertraag of stop, maar by gevestigde letsels kan groei hervat sodra gunstige toestande weer heers.

BeheerstrategieëDie ideale venster vir die beheer van sclerotinia is gedurende 20-30% blom. Die blomstadium kan bepaal word deur alle blomme op die hoofstam te tel, insluitend oop blomme, geaborteerde blomme en ontwikkelende peule. Tel 10 plante in ‘n veld en bereken die ge- middelde om ‘n goeie voorstelling van die veld te verseker. By 10% blom sal die hoofstam 8-10 blomme hê, wat die plant 2-4 dae neem om hierdie sta- dium te bereik vanaf die vorming van die eerste blom. By 20% blom sal die hoofstam 14-16 oop blomme hê. Dit sal 4-5 dae neem vanaf die vorming van die eerste blom. By 30% blom sal die hoofstam meer as 20 oop blomme hê. Hierdie stadium sal binne 6 tot 10 dae vanaf die vorming van die eerste blom bereik word. Dit is ook wanneer blomblaarval begin voorkom. As die blomblare met spore besmet is sal infeksie binne ‘n dag begin.

Om sclerotinia effektief te beheer na aanplanting, is ‘n voorkomende swam-doder toediening die enigste uitweg. Die besluit om ‘n voorkomende toedi-ening vir sclerotinia te maak kan gesta-af word deur omgewingstoestande soos temperatuur, relatiewe humid-iteit en reënval te monitor, maar ook produksiefaktore soos gewas rotasie en plantdigtheid in ag te neem. Neem in ag dat die mikroklimaat tussen die blaardak van ‘n kanolastand verskil en

Talana Claassen & Reinhardt Wessels

dat die relatiewe humiditeit hoër sal wees as wat voorspel word.

SANTANA 480 SC (protiokonasool)Villa se antwoord op sclerotinia is SANTANA 480 SC, met protiokona- sool as die aktiewe bestanddeel. SANTANA 480 SC is ‘n sistemiese swamdoder, vir die voorkomende beheer van sclerotinia sclerotio-rum. Die aktief protiokonasool dring vinig deur jong blare en stamweefsel en bied uitstekende translaminêre werking. Sodra protiokonasool die swamselle binnedring, beïnvloed dit die sterolbiosintese van die swam, wat die vorming van membraanstrukture onderbreek wat verdere ontwikkeling en kolonisasie deur die swam inhibeer.

Die dosis SANTANA 480 SC wat aanbeveel word vir die beheer van sclerotinia, is 200 ml/ha, saam met die byvoegmiddel DIRECT, teen 0.05%. Indien ‘n tweede toediening later in die seisoen beplan word, is dit belangrik om kennis te neem van die 28 dae onthoudingsperiode vir SANTANA op kanola. SANTANA 480 SC het ook ‘n lugtoedieningsregis-trasie, wat beteken dat dit veilig en effektief met ‘n vliegtuig toegedien kan word.

Ten slotteDit is belangrik dat SANTANA 480 SC by 20-30% blomstadium toege-dien word, nie net om die kroonblare te bedek nie, maar ook om dieper in die blaardak effektief te bedek. Om dieper penetrasie in die blaardak, sowel as meer druppels op die teiken te verseker, word Villa se deposisie byvoegmiddel INTERLOCK teen 250 ml/ha saam met hierdie toediening aanbeveel.

Effektiewe bedekking van die hele plant verseker dat infeksie-brand-punte, soos die blaarbasis, volledig bedek is om ekstra beskerming teen infeksies te bied. ‘n Hoë waters- volume van 100-300 liter water per hektaar word aanbeveel, afhangende van die digtheid van die blaardak. Dit bied die diepte en penetrasie wat nodig is om die hele kanola-plant te bedek.

INSIGHTS • AUTUMN 2021

www.villacrop.co.za PAGE 5

Understanding Group A herbicides and maximising grass control in canola

FOCUS ON CANOLA

Grass control in cereal crops is very important, and this specifically

is one of the advantages of planting canola as a rotation crop. Effective grass control, especially ryegrass (Lolium spp.) should start with a pre-plant application, but a follow-up foliar application with a selective grass herbicide is usually a necessity.

These foliar applications of Group A herbicides, with clethodim being the most well-known, will be the last opportunity to manage escaped grass weeds and to stop new seeding for that specific season. This application in canola is therefore probably the most important application other than a fungicide spray for Sclerotinia spp. later in the season.

For Group A herbicides to work effectively, they need to land on target, be taken up by the plant and translocated to the growing point of the plant where cell division occurs. These herbicides disrupt an enzyme pathway at the growing point that stops the production of cell division (new leaves). This can be tested by pulling out the main leaf 10-14 days after application to see if the herbi-cide has translocated and worked effectively.

However, there are several factors that can be adjusted to increase the efficacy of these Group A herbicides.

Weed size and state It is known that Group A herbicides

have a poor phloem mobility. Due to this weak translocation, the less the distance the herbicide needs to move to the growing point, the quicker and more effective it will be. The longer it takes to reach the growing point, the more time there will be for the weed to metabolise the herbicide and therefore a smaller amount will reach the site of action.

The most important factor in ensur-ing effective control is therefore to spray Group A herbicides on smaller weeds. Efficacy declines drastically once weeds start to tiller. Therefore, always treat smaller weeds and do not delay applications to wait for any further weed germinations. The state of the weed with relation to any type of stress, will further decrease the translocation to the growing point. By spraying during moisture stress, waterlogging, and particularly after frost, will significantly decrease effi-cacy.

Water quality and uptake It is well known and proven that dissolved cations (Na+, Ca2+, Mg2+) in spray water antagonise clethodim. It has also been shown that ammonium sulphate adjuvants will bind these cations and improve uptake that will increase efficacy. PM McMullin, a Canadian researcher, also proved that above-mentioned salt antagonism can only be totally overcome by applying ammonium sulphate in combination

with an oil adjuvant concentrate. There is a tendency in South

Africa to only apply one adjuvant with herbicides. This will be a mistake with clethodim. A registered crop oil con-centrate is therefore also necessary with clethodim to ensure that droplets stay on target and do not bounce off, increasing spreading and uptake at the end.

Coverage The implications of poor coverage are underestimated, especially with Group A herbicides. Higher water volume (at least 150l/ha) will increase coverage on the leaf and can even assist in get-ting droplets into the sheath, closer to the growing point where the site of action is. Medium to medium-coarse droplets with higher carry volumes will also assist in providing higher ef-ficacy. More on-target droplets mean more effective weed control.

Group A mixes A common strategy that has been growing over the past two years is to apply two different Group A herbi-cides together. An example of such mixes are clethodim plus haloxyfop. The advantage of having haloxyfop as a mixing partner is that the phlo-em mobility of haloxyfop is higher than that of clethodim. The quicker it moves to the site of action, the less chance there will be for metabolic breakdown. This may result in haloxy-

Louis Reynolds & Brian de Villiers

fop reaching the growing point easier and therefore increasing control. Make sure to spray a registered product with the above-mentioned mixtures to ensure excellent control and no dam-age to the canola crop.

Factors for maximum efficacy To maximise the efficacy of Group A herbicides, especially clethodim, the following factors must be understood: • Remember that cation antagonism

is a reality and that spray grade am-monium sulphate needs to be used in combination with a registered oil adjuvant.

• Weed size matters, especially in rye-grass, and spraying before tillering is crucial in ensuring that the herbicide reaches the site of action (growing point).

• With poor environmental conditions (wind, humidity, or temperature) throughout the season, water vol-ume is one of the only factors that can be controlled to ensure more effective coverage on the target.

• Lastly, use a registered herbicide that includes more than one Group A herbicide to increase the chances of efficacy and reduce the selection pressure for new resistant biotypes.

For more information, contact Louis Reynolds, marketing manager: South at Villa Crop Protection on 076 472 3667 or [email protected]

www.villacrop.co.za

INSIGHTS • AUTUMN 2021

PAGE 6

Poeieragtige meeldou is een van die siektes wat die afgelope paar

jaar, veral in die Wes-Kaap, ‘n groter problem geraak het en kan laat in die seisoen ‘n groot impak op opbrengs tot gevolg hê.

Ekonomiese impakDie ekonomiese impak van poeier-agtige meeldou kan ‘n oesverlies persentasie van tot 25% tot gevolg hê, as gevolg van die verlaging in die aktiewe fotosintese oppervlak, wat ‘n afname in die beskikbare nutriënte vir die gewas tot gevolg het. Behalwe vir ‘n afname in opbrengs, kan poeier- agtige meeldou ook ‘n afname in kwaliteit tot gevolg hê, wat ‘n swakker gradering en finansiele verliese tot gevolg het.

Gunstige toestandeVir enige swamsiekte om te ontwikkel en sy infeksie-siklus te voltooi, is daar drie belangrike faktore wat teenwoor-dig moet wees: gasheer, omgewing en patogeen. 1. Gasheer – vatbare of sensitiewe

variëteite. 2. Omgewing – matige temperature

(optimaal tussen 15-22˚C), met ‘n relatiewe humiditeit van >70%. Hierdie klimaatsfaktore, tesame met ‘n hoë saaidigtheid wat swak lugsirkulasie en ‘n skadu omgewing onder die blaredak skep, dra by tot ‘n gunstige mikro-klimaat wat die ontwikkeling van die swam bevorder.

3. Patogeen – laastens moet die pa-togeen vanselfsprekend self ook in die omgewing teenwoordig wees. Bestuur strategieë sal eerstens in-

sluit om weestandbiedende variëteite

Poeieragtige meeldou in koringPRODUKFOKUS: SWAMDODERS IN KLEINGRAAN

Talana Claassen, Brian de Villiers & Louis Reynolds

te plant en tweedens meer attent te wees op die tydsberekening/ tydige toediening van geregistreerde swam-doders. As ons kyk na twee belangrike swamdodergroepe wat vir die beheer van poeieragtige meeldou geregi- streer is, sluit dit triasole en strobu-liriene in. Die tyd van toediening vir hierdie twee swamdodergroepe is uiters belangrik vir effektiwiteit.

TriasoleDie metode van werking van triasole sluit die inhibering van sterolbiosin-tese in, wat ‘n belangrike rol speel in die produksie van funksionele selmembrane van die swam. Wanneer die proses nie kan plaasvind nie, lei dit tot abnormale groei en vernietig-ing van die swam. Dit is belangrik om te weet dat triasole geen effek op spoorontkieming het nie, aangesien spore genoeg sterole vir die vorming van kiembuise besit. Triasole het eers ‘n effek op infeksie, sodra die spore se reserwe ergosterol bronne uitgeput is. Dit is daarom belangrik dat triasole reeds in die plant teenwoordig moet wees, sodat dit na spoorontkieming en infeksie deur die swam opgeneem kan word om dan die verdere ontwik-keling en kolonisasie deur die swam te inhibeer.

StrobulirieneDie tweede groep is strobuliriene, hierdie groep se metode van werking is hoogs spesifiek en sluit in die blokkering van elektronoordraging in die mitochondria van selle. Die mitochondria is verant-woordelik vir energieproduksie in die sel, so ook dan vir die swam. So indien die blokkering van elektron oordraging plaasvind, kan die sel nie meer ener-

gie vervaardig nie. Dit is dus belangrik dat swamdoders in hierdie groep ook toegedien word voordat die infeksie plaasvind, sodat spoorontkieming en vroeë mycelium groei geïnhibeer kan word. Strobuliriene het dus wel ‘n effek op spoorontkieming, asook op vroeë mycelium groei.

SANTANA 480 SC (Protiokonasool)SANTANA 480 SC, Villa se protio-konasool, is ‘n nuwe generasie triasool wat bekend is vir sy langwerkende aksie en breë spektrum beheer. Die aktief protiokonasool dring vining deur jong blare en stamweefsel en bied uitstekende translaminêre werking.

ACADAMY 250 SC (Pikoksistrobien)ACADAMY 250 SC, Villa se pikoksis-trobien, bied ook breë spektrum be-heer. Die aktief pikoksistrobien word as ‘n spesialis produk beskou wanneer dit kom by kleingraan, as gevolg van sy unieke bewegings-eienskappe in die plant. Pikoksistrobien beskik oor akropetale beweging (na blaarpunt se rigting), basipetale beweging (na blaarskede se rigting), asook translaminêre beweging (van die bo-kant na die onderkant van die blaar).

SANTANA 480 SC is geregistreer as ‘n mengmaat vir ACADEMY 250 SC, om saam vir jou uitstekende voorkomende beheer te bied teen ‘n verskeidenheid swamsiektes. Behalwe vir poeieragtige meeldou, bied dit ook beheer teen bruinroes, stamroes en van die septoria spesies in koring.

FACULTY TOP (Protiokonasool + Pikoksistrobien)Villa bied ook ‘n een-kan oplossing

met FACULTY TOP, ‘n voor-af gefor-muleerde mengsel van protiokonasool en pikoksistrobien.

Byvoegmiddels (DIRECT)SANTANA 250 SC, ACADAMY 480 SC en FACULTY TOP word aanbeveel met die gebruik van ons byvoegmid-del, DIRECT. DIRECT is ‘n byvoegmid-del wat bestaan uit ‘n mengsel van ‘n super-verspreider benatter en ‘n plantolie.

Wanneer DIRECT in hierdie toe- dienings gebruik word, verhoog dit die bedekking, die verspreiding van spuitdruppels en die opname van die swamdoders. Beter bedekking, verspreiding en opname beteken dat daar meer swamdoder beskikbaar is wat siektes kan beheer.

Ten slotteNet soos enige ander produk, moet hierdie swamdoders volgens etiket- riglyne toegedien word.

Ou etikette verwys na die eerste swamtoediening moet geskied sodra die simptome waargeneem word en opvolgtoedienings moet 3 tot 4 weke uit mekaar geskied. Soos ons meer verstaan oor die aktief se metode van werking, is dit duidelik dat protiokonasool en pikoksistro-bien voorkomend toegedien moet word om effektiewe beheer te verseker.

Dit is ook belangrik dat die geregistreerde byvoegmiddel in hierdie bespuitings gebruik word. DIRECT sal verseker dat minder druppels afspat, dat die spuitdrup-pels beter versprei en dat die swam-doder meer effektief opgeneem word.

INSIGHTS • AUTUMN 2021

www.villacrop.co.za PAGE 7

PRODUCT FOCUS: FUNGICIDES IN CEREALS

www.villacrop.co.za

INSIGHTS • AUTUMN 2021

PAGE 8

FOKUS OP KORING

‘OOM’ vir doeltreffende onkruidbeheerOnkruidbespuitings as ’n geheel,

maar veral voorseisoen in grane vir die beheer van hardnekkige on- kruide, is ’n praktyk wat die fondasie vir die seisoen vorentoe lê.

Hierdie bespuitings is noodsaaklik, met die hoofdoel om opslaggewasse en onkruide wat na-oes ontkiem en ontwikkel het, te beheer. Sodoende word daar ’n skoon saadbed vir planttyd geskep en onkruidsaadneer-legging vir die volgende seisoen word beperk. So ontstaan die tema: Begin skoon, bly skoon!

Ongelukkig ervaar produsente verskeie uitdagings met een van die belangrikste bespuitings, naamlik voor-plant-onkruidbeheer.

Daar is verskeie aspekte wat die doeltreffendheid van hierdie bespuit-ings belemmer, maar indien hierdie faktore aangespreek word, is doel-treffende beheer moontlik. Hierdie faktore word in drie hoofkategorieë verdeel: Onkruid, Omgewing, Mengsel of dan “OOM”.

Glifosaat is een van die hoofaktiewe bestanddele vir die meeste van hierdie bespuitings.

OuderdomDie onkruid se ouderdom (grootte en fisiologie) is baie belangrik. ’n Knie-hoogte onkruid wat reeds in blom is en ’n sterk wortelstelsel het, gaan moeilik of dalk glad nie beheer word nie, waar ’n klein onkruid op vier-blaar-stadium met swak wortelontwik-keling, maklik beheer gaan word. ’n Rede hiervoor is die afstand wat die produk tot by die teiken van werking moet translokeer, wat baie verder met

Louis Reynolds & Dewet Du Toit

groter onkruide is. ’n Jong onkruid in vierblaar-stadium se translokasie- tempo is meer doeltreffend, daarom kom die produk maklik en in groter hoeveelhede by die teiken van werking aan.

Ouer onkruide besit ook gewoonlik ’n harder en dikker kutikula (waslagie), meer hare op die blaar asook stof wat moeilik deurdring word. Hierdie is nie noodwendig die geval met jonger onkruide nie.

OmgewingOmgewing verwys na klimaatstoe-stande. Humiditeit, temperatuur, wind en vog (te veel of te min) is van die belangrikste redes waarom baie be-spuitings ondoeltreffend is. Wanneer verdamping, druppelafspat asook verlaagte opname weens vogstres plaasvind, is ’n groot gedeelte van die bespuiting reeds in gevaar.

Een aspek wat hierdie omgewings-faktore gedeeltelik kan oorkom, is deur die watervolume van die be-spuiting te verhoog om sodoende meer druppels op die teiken te kry.

Reën kan ook die produk afwas, veral as dit binne ’n sekere tyd na toediening plaasvind.

MengselMengsel verwys na wat met die tenk-

mengsel gebeur. Hierdie is een van die enigste faktore wat deur die mens beheer kan word, maar dit word dikwels oorgesien.

Maak kundige besluite oor spuit-mengsels wat biologiese of fisiese antagonisme tot gevolg kan hê en ’n gedeelte van die produk kan de- aktiveer. Veral pH en antagonisme van katione in die spuitwater is belangrik. Let ook daarop dat sommige produkte teen ’n lae pH en sommige teen ’n hoë pH toegedien moet word. Dit is immers dikwels nie nodig om met sekere onkruiddoders die pH te buffer nie. Wat wel belangrik is, en veral met glifosaat, is om altyd ’n spuitgehalte ammoniumsulfaat by te voeg om die katione in die spuitwater en op die blaar te bind. Die belangrik-ste antagonistiese katione in Suid- Afrika is Ca2+, Mg2+ en Na+. Veral in die Wes-Kaap kan Na+- vlakke uiters hoog wees!

Vir glifosaat om doeltreffend te werk moet al die bogenoemde faktore gunstig wees om te verseker dat die produk beskerm word vandat dit in die tenk gevoeg word totdat dit op die plant beland. Verder is die opname van glifosaat van uiterste belang.

Villa Crop Protection se kenners stel dus voor dat CLASS ACT NG, ’n

gepatenteerde byvoegmiddel met die bekende CornSorbtegnologie met verbeterde en verlengde opname, gebruik word. CLASS ACT NG bevat ’n hoëgehalte nie-ioniese benatter en ’n volle dosis ammoniumsulfaat.

Elkeen van die drie eienskappe van CLASS ACT NG lewer ’n bydrae op elke OOM-gebied.1. Die nie-ioniese benatter is verant-woordelik vir die verlaging van opper-vlaktespanning in die spuitdruppel. Spuitdruppels is dan minder geneig om van die blaar af te spat. Verder veroorsaak dit druppels wat doeltref-fend op die blaaroppervlak versprei om struikelblokke soos harige opper-vlakke en stof te oorkom. Dit speel verder ’n aktiewe rol met glifosaat- opname.2. CornSorb-tegnologie is ’n hoë- fruktose mieliestroop wat as ’n herbenatter dien. Deur CornSorb te gebruik, word die druppels vir ’n langer tydperk vogtig gehou met die gevolg dat onkruiddoders meer tyd vir optimale opname het, veral in die geval van lae humiditeit.3. Soos voorheen genoem, bevat CLASS ACT NG ook ’n volle dosis ammoniumsulfaat. Hierdeur word antagonistiese soute geneutraliseer om die risiko vir katioon-gevoelige onkruiddoders soos glifosaat uit te skakel.

CLASS ACT NG bied ’n drie-ineen oplossing. Verder bevat dit ook ’n teen-skuimmiddel om oortollige skuimvorming te verminder. Dit is gebruikersvriendelik en spesifiek ontwikkel om die meeste fasette van OOM aan te spreek.

INSIGHTS • AUTUMN 2021

www.villacrop.co.za PAGE 9

FOCUS ON PRECISION AG

Plan for the new season with METOSThe preparations for the new growing season are in full swing. Is your field

ready to produce the best quality yield? With changing weather conditions, you can no longer only trust your gut when it comes to planning for the coming season. Luckily with the technology we have available, you don’t have to. Pessl Instruments developed a work planning tool based on the combination of real measurements of rain and temperature, as well as the hourly 7-day weather forecasts. This tool indicates the most suitable periods to perform working op-erations in your fields such as tillage, sowing, fertilising, spraying, and harvest-ing. This information is given in a graph for each activity with suitable periods appearing green and less suitable periods red.

Germination and crop emergence are phases with a significant influence on harvest yield and quality. For uniform, rapid germination and emergence, all seeds need correct moisture and opti-mal temperature ranges. FieldClimate calculates conditions from soil tem-perature, rainfall of the previous days and minimum air temperature of the next days and provide the user with suitable periods for sowing. Field accessibility and tillage abi- lity are based on precipitation and show the better and worse periods to access and work the field. Fertilising efficiency is calculated from wind gust, precipitation and relative humid-ity and will show the most suitable period to spray the fertilizer. Since water is needed to dilute the fertiliser and let it sink into the ground, time frames where there is no rain after fertiliser is spread out, or if the field is not accessible, will qualify as less suitable periods.

Carina Joubert

Plant protection is one of the most expensive operations. Improper plan-ning of crop protection applications can lead to not only crop protection product (CPP) losses due to inef-ficiency, but also yield and quality losses. Climatic conditions should be suitable for spraying to maximise the crop protection product’s perfor-mance, and to minimise evaporation and drift. Good field access is consid-ered, and the conditions are calculat-ed from wind gust, precipitation and delta T which takes into account the combined effects of air temperature and relative humidity. For the harvest window, leaf wetness and relative humidity is considered in crops like fruit, grapes, and cereals. For crops like potatoes, the soil water content is also considered.

How do I get access to this Work Planning tool?First, you will need a weather station

to measure the needed parameters at your location. A weather station like the iMETOS ECO D3 include sensors that measure rainfall, air temperature, relative air humidity and leaf wetness. It also measures delta T. Sensors for measuring solar radiation and wind speed can be added. With the further addition of soil probes, you will be able to monitor your actual soil temperatures at seed depth and soil moisture levels. Once your weather station is set up, you will have access to the FieldClimate web and mobile app. FieldClimate is the cloud platform used to present the data collected by your weather station. Next, you will need to activate weath-er forecasting. On the weather fore-casting page, you will have access to localised weather forecasting with all meteorological data, agronomic infor-mation, plant protection windows and rainSPOT (15 km range). You will then also have access to the Work Planning page.

Disease modelsTo make even more informed deci-sions this coming season, you can activate a disease model licence relevant to your crop. A plant disease model is a mathematical description of interactions among the environ-ment, the host plant and the vari-ables related to the pathogen that can lead to the development of the disease. Graphs and tables show the disease risk and the infection prog-ress. Advanced models can predict the impact or severity of the disease and the development of inoculum. Pessl Instruments has more than 80 disease models for more than 35 crops, including wheat, potatoes, citrus, and grapes. It provides the best information possible to enable conscious decision making. For more information on weather stations, weather forecasting, and disease models, contact your market-ing advisor. Contact details are at the back of this publication.

www.villacrop.co.za

INSIGHTS • AUTUMN 2021

PAGE 10

Beheer knopmyt-besmetting in sitrusboorde later in die seisoen

FOKUS OP SITRUS

In ’n ideale wêreld sou plae in sitrusproduksie redelik onder beheer

gehou kon word met ’n behoorlike spuitprogram deur die loop van die seisoen, asook biologiese beheermid-dels om te verseker dat plae soos wit-luis onder die vasgestelde vlakke bly.

Ons almal weet egter dat die wêreld nie altyd ideaal is nie en dat plaag-besmetting laat in die seisoen goeie beplanning verg om te bestry en terselfdertyd natuurlike of vrygelate roofinsekte so min as moontlik te ontwrig.

Ook, nog meer belangrik, moet jy onder die maksimum residuvlakke (MRL’e) van jou teikenmarkte bly.

Myte is nie spesifiek ’n laatseisoen-plaag nie en kan enige tyd geduren-de die seisoen hul verskyning maak, afhangend van die soort mytspesie. Laeveld-sitrusmyte kom gewoonlik in die vroeë somer voor, sitrus rooimyt deur die loop van die jaar, buiten die warm somermaande, en knopmyte regdeur die seisoen, om maar ’n paar voorbeelde te noem.

Beheer van knopmyteVan die grootste redes tot kommer is knopmyt, wat later in die seisoen meer doeltreffend onder beheer gebring kan word.

Hulle kom gewoonlik in die blaar-knoppe voor, daarvandaan die naam, en migreer ná uitbotting van die ou blaarknoppe na die nuut ontwikkelde knoppe.

Derrick Reynolds

Sitrusvrugte wat soos ’n hoenderpootlyk is een van die simptome van knopmyt-besmetting.

Aangesien knopmyte mikroskopies klein is en moeilik om sonder ver-groting te kan sien, is dit makliker om vir simptome soos droë, beskadigde knoppe in swaar besmette boorde te soek.

In die geval van ligter besmetting, waar die hormoonbalans ontwrig word soos hulle voed, sal veelvoudige knoppe vorm en misvormde plante (takkies, blare, blomme en vrugte) uit besmette knoppe groei. (Soos op die foto regs.)

Dit veroorsaak dan weer ’n onge-wenste opbrengs, aangesien die bome misvormde blomme en vrugte afgooi en hul voortplantingsvermoë weens hierdie verswakte toestand aangetas word, buiten die feit dat hierdie mis-vormde vrugte ook nie bemarkbaar is nie.

Behandel knopmyte sóSimptome kan vanselfsprekend nie na behandeling omgekeer word nie, en daarom is dit belangrik om knopmyte voorkomend as deel van jou spuit- program te behandel.

Aangesien daar nog geen biologiese beheermiddels in suidelike Afrika identifiseer is vir die doeltreffende onderdrukking en beheer van knop-myte nie, en daar ook nie enige ver-bouingsmetodes is om dit te beheer nie, is die enigste oplossing chemiese beheer met ’n geregistreerde produk.

Een van die beste oplossings vir knopmyt-beheer is die toediening van

fenpiroksimaat as ’n mediumvolume aanwending met volledige dekking in die laatseisoen. ’n Enkele jaarlikse toediening tussen Februarie en Mei behoort voldoende te wees.

Daar is geen bewyse dat tydsberek-ening binne hierdie tydperk ’n noemenswaardige rol speel in die

beheer van knopmyte nie, en jy kan met ’n dosis van 150 ml/100 l water dus voldoende beheer enige tyd tussen Februarie en Mei verwag.

Alle ander mytsoorte teenwoordig sal ook tydens toediening onder be-heer gebring word.

Wat residue betref het fenpiroksi-maat ’n kort voor-oes-wagperiode (PHI) van 28 dae en is die plaaslike MRL van 0,2 mg/kg heelwat strenger as die 0,5 mg/kg-vlak van die Europese Unie en ander markte.

Dit het ook ’n betreklik goeie geïn-tegreerde plaagbestuur (IPM)- skatting, en is skadeloos vir Aphytis coheni, Chilocorus nigritus en Cocci-doxenoides perminutus. Dit is slegs effens nadelig vir Euseius citri en Trichogrammatoidea cryptophlebiae.

Sou die behandeling van knopmyt gepaardgaan met die tweede toedi-ening van Cryptex® vir die beheer van vals kodlingmot, kan die produkte saam in ’n tenk gemeng word.

Laastens, kan die dosis fenpiroksi-maat van 150 ml/100 l water tot 200 ml/100 l water versterk word vir die beheer van witluis, maar dan moet dit as volledige bedekking met ’n kruiper-beweging toegedien word.

Danksy die lae IPM-skatting, lae MRL-risiko en doeltreffende beheer van mytsoorte, moontlik bykomende beheer van witluis en vals kodlingmot, is fenpiroksimaat een van die beste keuses vir beheer van knopmyte later in die seisoen.

INSIGHTS • AUTUMN 2021

www.villacrop.co.za PAGE 11

FOKUS OP OPLEIDING

Villa ontwikkel die INSIG en BEKWAAMHEID van toekomstige landboukundiges

Ander opleidingsgeleenthede van Villa in die afgelope paar maan-

de sluit ‘n besoek aan die Salmon Senekal Hoërskool, Viljoenskroon, in. Pierre het hier vir graad tien tot twaalf leerlinge vertel oor blaarvoeding.

Studente gebonde aan die Universiteit van Stellenbosch, wat deelgeneem het aan die herfskom-mandowurm (HKW) modules se as-sesserings, het ‘n draai gemaak by die Villa kantoor in Paarl. Hierdie modules wat aanlyn gratis beskikbaar is, is ontwikkel met die doel om aanbieders toe te rus met die nodige inligting om kleinboere in Afrika op te lei om die herfskommandowurm te beheer. Die projek is gefinansier deur AGRA (Alli-

Carina Joubert

“Voedselsekuriteit” is beslis ‘n gons-woord in die landbou- en wetenskap- industrie. Dit word geskat dat daar teen die jaar 2050 twee biljoen mense meer ter wêreld gaan wees om te voed. Die aanvraag vir kos gaan meer as die helfte hoër wees as in 2010. Nie net die landbou-industrie nie, maar die wêreld, maak dus staat op die landboukundiges van more. Villa is gedetermineerd om by te dra tot die ontwikkeling van bevoegde landbou- kundiges.

Ons bemarkingsadviseurs, Pierre Strydom en Juta Mentz, het onlangs ‘n draai gemaak by hul alma mater, die Noordwes-Universiteit, Potchef-stroom. Die studente is met behulp van interaktiewe praatjies geleer oor tenkmengselriglyne, hoe om ‘n trekker- en knapsakspuit te kalibreer en die belangrikheid van byvoeg- middels. Presisie landbou, wat beslis ‘n groot rol in voedselsekuriteit gaan speel, is ook met die studente bespreek. Die NWU Geintegreerde Plaagbestuur klas van 2021

ance for a Green Revolution in Africa) en die USAID (United States Agency for International Development). Die 7 modules was ontwikkel deur Land O’Lakes Venture37 en Villa Crop Protection met Mark Edwardes (ento- moloog vir openbare gesondheid), Johnnie van den Berg (Noordwes Universiteit professor en program- bestuurder: geïntegreerde plaag-bestuur (IPM)) en Dan McGrath (Professor emeritus by Oregon State University, entomoloog en plant patoloog) as konsultante.

Vir meer inligting hieroor, besoek www.agritraining.co.za of skandeer die QR kode hierbo vir opkomende opleidingsgeleenthede.

www.villacrop.co.za

INSIGHTS • AUTUMN 2021

PAGE 12