7
Na die suksesvolle aanbieding en opleiding van die Doen en Leer-leesprogram aan Prins Albert grondslagfaseopvoeders in 2018, het ’n groepie passievolle boekfluisteraars Prins Albert weer in April 2019 besoek. Wat vroeë kinderontwikkeling met die doel op skoolgereedheid en leesvaardigheidsontwikkeling van grondslagfase-leerders betref, het dinge op Prins Albert beter begin lyk as met die vorige besoek. Daar is intussen bewerkstellig dat daar twee oggende per week, onder leiding van drie vrywilligers, aan kleuters en voorskoolse kinders by die POP (Path out of Poverty)-sentrum in Noordeind aktiwiteite aangebied word. Aangesien hierdie vrywilligers ook die Doen en Leer-kursus bygewoon het en lede van ’n nuutgestigte dagmoeder-leesfokusgroep is, was dit duidelik dat hulle harte op die regte plek is. ’n Voorleeswerkswinkel is derhalwe die oggend van 25 April in die POP-sentrumsaal deur Chareldine van der Merwe van Vriende van Afrikaans aangebied. Die werkswinkel is deur vrywillige dagmoeders en verteenwoordigers van die twee kleuterskole, Sonneblom en Bambinos, (en lede van die ATKV- tak) bygewoon terwyl die kleuters deur besoekende vrywilligers met speelgoed en stories vermaak is. In haar werkswinkel het Chareldine beklemtoon dat alle leerprosesse tuis begin en dat die belangrikheid van voorlees vir kinders nooit onderskat mag word nie. Lees is aangeleerde gedrag en voor die kind kan leer lees moet fondamente vir lees dus eers vasgelê word. Deur vir ’n kind voor te lees, leer hy/sy byvoorbeeld onwillekeurig onder meer spelling, dat daar van links na regs en van bo na onder gelees word, van empatie, emosies en verbeelding. Leesvaardighede word dus vasgelê nog voor kinders leer lees. Om deur ’n boek te blaai, word midlynkruising boonop aangespreek. Chareldine het afgesluit met ’n paar boekvoorbeelde vir die teikengroep en ook die belangrikheid van die regte leesmateriaal beklemtoon. Kopieë van Stories vir Pikkies en Peuters en Liedjies vir Pikkies en Peuters van Gertie Smit en uitgegee deur Tafelberg is ook aan ’n paar dagmoeders uitgedeel. Die stories en rympies in Pikkies en Peuters/Kinders en Kleuters- reeks sluit aan by die Nasionale Kurrikulumraamwerk en bevat ook ’n gebruikersgids en kan dus ideaal as addisionele hulpbron aangewend word. Hierna is die boekfluisteraars na die laerskool. Terugvoer van onderwysers wat die opleiding byge- woon het in Desember en sedertdien die Doen en Leer-program gebruik het, was baie positief. Nicolette van den Heever van Doen en Leer het dié keer ’n opvolgwerkswinkel aangebied waarin sy spesifiek leerondersteuning aan die hand van kinderontwikkeling aangespreek het. Die sessie is weer deur 27 grondslagfase-onderwysers en leerondersteuningspersoneel van Prins Albert- en Leeu Gamka Primêr, sowel as dagmoeders by- gewoon. Nicolette het beklemtoon dat daar nie in ontwikkelingsprobleem-etikette soos disleksie, aan- dagafleibaarheidsindroom en fetale alkoholsindroom vas- gestaar moet word nie, maar dat daar eerder op die KIND gefokus moet word. Nuttige advies aan die hand van voorbeelde is bespreek met inagname van neuro- ontwikkeling vir leer- en lees- gereedheid. Aan die einde van die opwindende sessie, is nog Doen en Leer-werkboeke deur Chareldine uitgedeel wat deur middel van ‘n skenking deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk moontlik gemaak is. Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans Jaargang 24: Nommer 3: Junie 2019 Projek Prins Albert

Projek Prins Albert - ATKV · 2019. 7. 3. · Junie 2019 Bladsy 2 Die twee skole het elk 120 boeke in totaal ontvang. Kopieë van Stories vir Pikkies en Peuters en Liedjies vir Pikkies

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Na die suksesvolle aanbieding en opleiding van die Doen en Leer-leesprogram aan Prins Albert grondslagfaseopvoeders in 2018, het ’n groepie passievolle boekfluisteraars Prins Albert weer in April 2019 besoek.

    Wat vroeë kinderontwikkeling met die doel op skoolgereedheid en leesvaardigheidsontwikkeling van grondslagfase-leerders betref, het dinge op Prins Albert beter begin lyk as met die vorige besoek. Daar is intussen bewerkstellig dat daar twee oggende per week, onder leiding van drie vrywilligers, aan kleuters en voorskoolse kinders by die POP (Path out of Poverty)-sentrum in Noordeind aktiwiteite aangebied word. Aangesien hierdie vrywilligers ook die Doen en Leer-kursus bygewoon het en lede van ’n nuutgestigte dagmoeder-leesfokusgroep is, was dit duidelik dat hulle harte op die regte plek is.

    ’n Voorleeswerkswinkel is derhalwe die oggend van 25 April in die POP-sentrumsaal deur Chareldine van der Merwe van Vriende van Afrikaans aangebied. Die werkswinkel is deur vrywillige dagmoeders en verteenwoordigers van die twee kleuterskole, Sonneblom en Bambinos, (en lede van die ATKV-tak) bygewoon terwyl die kleuters deur besoekende vrywilligers met speelgoed en stories vermaak is. In haar werkswinkel het Chareldine beklemtoon dat alle leerprosesse tuis begin en dat die belangrikheid van voorlees vir kinders nooit onderskat mag word nie. Lees is aangeleerde gedrag en voor die kind kan leer lees moet fondamente vir lees dus eers vasgelê word. Deur vir ’n kind voor te lees, leer hy/sy byvoorbeeld onwillekeurig onder meer spelling, dat daar van links na regs en van bo na onder gelees word, van empatie, emosies en verbeelding. Leesvaardighede word dus vasgelê nog voor kinders leer lees. Om deur ’n boek te blaai, word midlynkruising boonop aangespreek. Chareldine het afgesluit met ’n paar boekvoorbeelde vir die teikengroep en ook die belangrikheid van die regte leesmateriaal beklemtoon. Kopieë van Stories vir Pikkies en Peuters en Liedjies vir Pikkies en Peuters van Gertie Smit en uitgegee deur Tafelberg is ook aan ’n paar dagmoeders uitgedeel. Die stories en

    rympies in Pikkies en Peuters/Kinders en Kleuters-reeks sluit aan by die Nasionale Kurrikulumraamwerk en bevat ook ’n gebruikersgids en kan dus ideaal as addisionele hulpbron aangewend word.

    Hierna is die boekfluisteraars na die laerskool. Terugvoer van onderwysers wat die opleiding byge-woon het in Desember en sedertdien die Doen en Leer-program gebruik het, was baie positief. Nicolette van den Heever van Doen en Leer het dié keer ’n opvolgwerkswinkel aangebied waarin sy spesifiek leerondersteuning aan die hand van kinderontwikkeling aangespreek het.

    Die sessie is weer deur 27 grondslagfase-onderwysers en leerondersteuningspersoneel van Prins Albert- en Leeu Gamka Primêr, sowel as dagmoeders by-gewoon. Nicolette het beklemtoon dat daar nie in ontwikkelingsprobleem-etikette soos disleksie, aan-dagafleibaarheidsindroom en fetale alkoholsindroom vas- gestaar moet word nie, maar dat daar eerder op die KIND gefokus moet word. Nuttige advies aan die hand van voorbeelde is bespreek met inagname van neuro-ontwikkeling vir leer- en lees-gereedheid. Aan die einde van die opwindende sessie, is nog Doen en Leer-werkboeke deur Chareldine uitgedeel wat deur middel van ‘n skenking deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk moontlik gemaak is.

    Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans

    Jaargang 24: Nommer 3: Junie 2019

    Projek Prins Albert

  • Bladsy 2Junie 2019

    Die twee skole het elk 120 boeke in totaal ontvang. Kopieë van Stories vir Pikkies en Peuters en Liedjies vir Pikkies en Peuters is ook aan Graad R-onderwysers, leer-ondersteuningspersoneel en die biblioteek verskaf met verdere titels en meer kopieë in die vooruitsig.

    Wat die beskikbaarheid van gepaste leesmateriaal betref, het Chareldine reeds in 2018 aan Prins Albert Laerskool en die twee kleuterskole in die gemeenskap boektrommels oorhandig. Die bibliotekaresse van die laerskool het bevestig dat dié boeke ’n groot verskil gemaak het, maar genoem dat daar steeds leemtes, wat betref gepaste leesmateriaal vir beginnerlesers en jeugfiksie en kurrikulumrelevante vakliteratuur in haar biblioteekversameling, is. Idees rondom aansporingsmetodes om kinders vir ontspanning én met begrip te laat lees, is ook bespreek.

    Dit lyk beslis asof die gemeenskap van Prins Albert hande vat om ’n verskil in die toekoms van die kinders in hulle omgewing te maak.

    – Magdel Vorster en Chareldine van der Merwe

    Ceres kry trommels vol boeke en opleidingOns samewerking met die Erfenisafdeling en die ATKV-tak Witzenberg in Ceres het goeie vrugte afgewerp. In Februarie 2019 was ons jaarlikse Johan Combrink-gedenklesing ook hier gehou met dr Christa van Louw as spreker. Na ‘n baie suksesvolle gedenklesing gesels ons met verskeie rolspelers in Ceres, onder andere skoolhoofde wat hul behoeftes en uitdagings rondom lees en die tekort aan boeke uitspreek. Dr Vernita Beukes (US: Taalsentrum), wat in samewerking met die VVA ons voorleesprojek in Stellenbosch en omgewing aanbied, vertel ons ook van ‘n kleuterskool (Kleinebegin Bewaarskool en Nasorg) in Ceres wat ‘n groot behoefte aan boeke het.

    Ons kon deur middel van ‘n skenking deur ‘n Familie Trust van Kaapstad fondse bekom om nog agt mense op te lei in die Doen en Leer leesprogram om leesondersteuning te kan gee. Behalwe vir die opleiding kon die skole ook pakkette, en boeke vir 50 leerders ontvang. Die skole, Kleinbegin Bewaarskool, Boy Müller- en Bo-Plaas Primêr ontvang ook elk ‘n trommel vol boeke, alles te danke aan die skenking.

    Die opleiding was aangebied deur Dokka Swart en Chareldine van der Merwe het bo op die berg in die Koue Bokkeveld in Ceres plaasgevind op 16 Mei 2019. Die skole is baie dankbaar vir die geleentheid en die boeke wat hulle ontvang het en die opvoeders kan nie wag om die boeke aan die leerders te wys en te begin lees nie.

    Boplaas Primêr in Ceres ontvang ‘n boektrommel

    Leerders van Boplaas Primêr geniet hulle leesboeke

    Boy Müller in Ceres ontvang ‘n boektrommel

  • Danksy die inisiatief van ’n wyksraadslid van Bonnievale is die ATKV-Kopskuifprogram nou in die Langebergarea bekendgestel – ’n eerste in dié streek.

    Mnr. JJ Januarie, ook die voorsitter van die Langeberg Alumni-fonds, het van die ATKV-Kopskuifprogram te hore gekom en dadelik vir Melvina Mason Hearne, projekorganiseerder, gekontak om ’n verskil in die streek te kom maak.

    “Daar is ’n groot behoefte aan die opleiding van beheerrade en die leerders in ons gebied het beslis ’n kopskuif nodig om bestaande gemeenskapsuitdagings die hoof te bied,” sê hy.

    So gesê, so gedaan. Die bekendstelling van die ATKV-Kopskuifprogram in die Langebergarea, in samewerking met die onderwysdepartement werk-saam in die Kaapse Wynlanddistrik, het verlede week by Christina’s Bistro op die Van Loveren-wynlandgoed plaasgevind. Altesaam 12 skoolhoofde was saam met ander rolspelers daar en dis duidelik dat hulle baie opgewonde oor dié ontwikkelingsgeleentheid is.

    Volgens Melvina word elke program uniek ontwerp om by die kring, munisipale distrik of forum se behoeftes en die beskikbare begroting te pas. Die doel van die projek is om opleiding en ontwikkeling aan skoolgemeenskappe te bied.

    “Ons wil onder meer met ATKV-Kopskuif skoolge-meenskappe met lewensvaardighede toerus wat hulle in staat sal stel om verantwoordelikheid te neem vir hul eie skoolomgewing en die leerders se opvoeding,” sê sy.

    Van die programme wat onder meer aangebied word, is:

    • Opleiding vir die senior bestuurspan

    • Motiveringsessies vir die opvoeders

    • Motivering- en leerstrategiesessies vir die leerders

    • Bemagtigingsessies vir die ouers

    • Opleiding vir die beheerraadslede

    • Opleiding vir die niedoserende en administratiewe personeel

    Die bekende “shack builder” Quinton Adams het as gasspreker by die geleentheid opgetree.

    “Ons moet ’n nuwe taal ontwikkel vir verandering in Suid-Afrika. As ons ’n nuwe belewenis wil skep moet ons ’n nuwe taalgebruik aanleer.”

    Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, het ook twee boektrommels aan onderskeidelik Buffelskloof SSKV en die Primêre Skool Boesmansrivier.

    Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, het ’n voorleessessie by albei skole gedoen tydens die oorhandiging van die boektrommels.

    Vir meer inligting oor die ATKV-Kopskuifprogram kontak gerus vir Melvina Mason Hearne by 021 854 3620 of [email protected].

    – Melvina Mason Hearne, ATKV (onderwys)

    Bladsy 3

    Langebergarea maak ’n “kopskuif” saam met die ATKV

    Junie 2019

    Mandie Ehlers (ATKV) lees voor

    Skole in die Langebergarea ontvang boektrommels

  • Bladsy 4

    Elke kind wil lees! Dit was die tema van vanjaar se VVA-Leeskonferensie te Eersterivier. Chareldine van der Merwe (projekbestuurder VVA) het op hierdie tema besluit, omdat sy ervaar dat elke kind die potensiaal toon om graag te wil lees. Hierdie jaar was 45 onderwysers en ouers deel van hierdie geleentheid wat aaangebied is by Eersterivier Sekondêre Skool. Die VVA poog om ‘n liefde vir lees onder kleuters te kweek en kinders so vroeg as moontlik aan boeke bloot te stel om ‘n liefde vir lees en boeke te bevorder. Dit begin egter by die opvoeders en ouers. Ouers en onderwysers wat vir kinders lees, ontwikkel kinders wat lees.

    Die behoefte is geïdentifiseer vanuit gesprekke met Lukas Hanekom en David Jantjies dat die mense van Eersterivier nie altyd die geleentheid het om toegerus te word met kennis en hulpbronne om hul werk te vergemaklik nie. Daarom is daar besluit om hierdie jaar die Leeskonferensie in Eersterivier aan te bied.

    Christien Neser (spraakterapeut, skrywer en leeskundige) was die gasspreker by vanjaar se leeskonferensie. Sy het gesels oor die inklusiewe klaskamer. Sy het raad gegee vir onderwysers wat ‘n kind in die klas het met outisme of ouditiewe ver-steuring en ander leeruitdagings. Sy het elke persoon teenwoordig toegerus met “gereedskap” om daardie kind tot sy reg te laat kom, in ‘n klaskamer vol ander maats.

    Nog sprekers en vennote was onder andere LAPA Uitgewers, Afrikaans.com, die AON en die SAOOT. Marita Nel (LAPA Uitgewers) het bietjie meer vertel oor die fantastiese kinder-en jeugboeke wat LAPA

    uitgee. René Arendse (Afrikaans.com) se liefde en passie vir Afrikaans en kinders is aansteelklik. Sy het uitgebrei oor Afrikaans.com se projekte en ook die belangrikheid van Moedertaalonderrig.

    Die groot vraag is egter, wanneer begin ons vir ‘n kind voorlees en hoe weet ons ‘n kind is gereed om self te lees? Wilna van Rooyen, vroeë kinderontwikkelingspesialis (AON) het hierdie vrae beantwoord in haar interessante aanbieding oor die belangrike mylpale wat babas en kleuters moet bereik om lees moontlik te maak.

    Verder het Rozeldi Trollip (ATKV) ook meer uitgebrei oor die ATKV en Moedertaalonderrig en Melinda van der Molen (afgetrede bibliotekaresse) het almal op die punte van hulle stoele gehad met haar voorleesvernuf. By die ATKV en VVA is die kwessie oor moedertaalonderrig van kardinale beland. David Jantjies en Lukas Hanekom (albei van SAOOT) is sterk spreekbuise oor hierdie kwessie. Hulle fyn aanvoeling en ervaring is gedeel met almal teenwoordig.

    Tydens hierdie konferensie is die geleentheid ook gegee om vir die gaste ‘n demonstrasie te doen oor die Doen en Leer program. Dokka Swart het hierdie demonstrasie behartig en almal was verras oor die resultate en moontlikhede van dié program.

    Ons wil graag baie dankie sê vir al ons vennote wat hierdie dag moontlik gemaak het. Volgende jaar doen ons dit weer, want elke kind wil lees. Mandie Ehlers (ATKV) was ons programleier tydens die konferensie.

    – Mandie Ehlers (hulporganiseerder:taal)

    Leeskonferensie 11 Mei 2019

    Junie 2019

    Links: Aanbieders by ons Leeskonferensie; Chareldine saam met David Jantjies en Lukas Hanekom (Moedertaalinisiatief) en Rene Arendse (Afrikaans.com)

    Bo: Leeskonferensie selfie met Mandie Ehlers, Chareldine van der Merwe, Christien Neser en Rozeldi Trollip

  • Bladsy 5Junie 2019

    Daar het in Alberton ‘n groot behoefte vir boekfluisteraars ontstaan. Op 24 Mei 2019 het Mandie Ehlers (ATKV) Orionlandkleuterskool besoek en vir hulle ‘n boektrommel te oorhandig vol opwindende Afrikaanse boeke.

    Die kinders het die voorlees baie geniet en lekker saam gelees. Saterdag 25 Mei 2019 het Chareldine van der Merwe (VVA) en Mandie Ehlers (ATKV) ‘n voorleeswerkswinkel vir die onderwysers en ouers aangebied. Dit was ‘n baie interaktiewe groep mense en hulle het selfs van hulle wenke gedeel.

    Chareldine van der Merwe (VVA) het ook ‘n demonstrasie van die Doen en Leer Program gedoen. Die onderwysers en ouers het behoorlik aan haar lippe gehang.

    Dit was ‘n baie lekker geleentheid saam met onderwysers wie se passie duidelik uitgestraal het.

    Voorleeswerkswinkel: Alberton

    Leerders van Orionland Kleuterskool geniet ‘n paar boeke uit die Boektrommel

    Van links na regs: Boektrommel geskenk aan Orionland Kleuterskool

    Mandie Ehlers (ATKV) en Chareldine van Der Merwe (VVA) by die Boektrommel wat geskenk is vir Orion land Kleuterskool

    Mandie Ehlers en Chareldine van der Merwe saam met Annéne Visser, hoof van Orionland Kleuterskool

    Chareldine van Der Merwe en Mandie Ehlers saam met die personeel van Orionland Kleuterskool

    BrieweBaie dankie, Chareldine

    Dit was heerlik om aan jul Leeskonferensie deel te neem! Mag jul werk geseën word. Dankie vir die moeite wat jul doen om Moedertaalonderrig aan te moedig en die opleiding wat jul verskaf.

    Dit lewer beslis ‘n bydrae tot die ontwikkeling van onderwys in ons mooi land.

    Vriendelike groete!

    Wilna van Rooyen

  • Bladsy 6

    Melvina

    Ek wil net weereens baie baie dankie sê vir die baie insiggewende en puik georganiseerde vergadering Donderdagmiddag by Van Loveren. Puik gedaan!

    En dit was vir ons so ‘n voorreg om jou en Chareldine Vrydagoggend by ons skool te kon hê.

    Baie dankie vir julle begrip en omgee vir ons kinders. Die lekkerte van die groot blou kis is baie kosbaar!!

    Nogmaals baie dankie.

    Vriendelike groete

    Hanlie du Plessis

    Lekker besig en alles pragtige werk wat julle doen. Dankie vir nuusbrief.

    Jacques van der Elst

    Goeiedag Chareldine

    Ek wil namens die Bottelary Bewarea my innige dank en waardering uitspreek teenoor die Vriende van Afrikaans vir hulle toewyding tot die bevordering van Afrikaans lees op ons plase.

    Die Doen en Leer Program is sedert Augustus 2018 in ons drie plaasskole met groot sukses geïmplementeer. Daar het 150 Grondslagfase en 32 Intermediêre Fase leerders leer lees. Ons kon vyf fasiliteerders oplei en ook twee Voorlees Werkswinkels bywoon.

    Die terugvoer van die opvoeders is oorwegend positief. Dit beteken hierdie leesprogram werk regtig.

    Baie dankie vir jou passie en toewyding om ons kinders se selfvertroue te bou deur middel van lees. Die Boektrommel is beslis ʼn treffer.

    Vriendelike groete.

    Anna Oppel

    Programkoördineerder

    Junie 2019

    Dankie aan die Afrikaanse Onderwysnetwerk

    Jatha Peda van Jakes Gerwel Tegniese Skool in Bonnievale ontvang werksboeke wat deur die AON geskenk is

    Opvoeders van Prins Albert- en Leeu Gamka Primêr

  • Bladsy 7

    VERSPREI GERUS DIE NUUSBRIEF

    Doendinge in Afrikaans

    NUUSBRIEF

    Redakteur: Mandie Ehlers

    Assistentredakteur: Chareldine van der Merwe

    Bladuitleg: Sunflood Studios

    ALGEMENE INLIGTING

    Straatadres:Eenheid 2013, Datevoice House,Elektronstraat 16, Tegnopark Stellenbosch 7600

    Posadres: Posbus 1209, Stellenbosch 7599

    Telefoon: 021 880 1761/ 021 880 1743

    Faksnommer: 021 880 1946

    E-posadres:

    Mandie Ehlers:[email protected]

    Chareldine van der Merwe:[email protected]

    Webtuiste: www.atkv.org.za

    Bank:ABSA, TjekrekeningRekeningnaam: ATKVRekeningnommer: 0170166728Takkode: 632005

    Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende

    “Swift Code”: ABSA ZA JJ

    As verwysing gebruik asb: VVA en die item (bv. naam van CD, gedenkbundel, boektrommel ens.) E-pos of faks dan net die bewys van betaling, naam en van en ook bedrag wat inbetaal word.

    Koopdinge in Afrikaans

    DIE VOLGENDE ITEMS IS BY DIE KANTOOR TE KOOP:

    1. Dubbel-CD: Ou Vriende van Afrikaanse kunstenaars soos Laurika Rauch, Lucas Maree en bekende kore teen R100

    2. Voetslaankaart van Tafelberg in Afrikaans geskep deur Peter Slingsby teen R20

    3. Pieter van der Westhuizen-huldigingsbundel (277 pp. bladmusiek van gewyde musiek) teen R160

    4. CD: Vespers van Rachmaninof in Afrikaans teen R120

    5. Basic Afrikaans – the top 1000 words and phrases teen R135

    6. Joernaal van Jorik – in klank (toonsetting deur Roelof Temmingh) teen R120

    7. Die Nagbiblioteek deur Amanda de Stadler, ‘n A3-formaat voorleesboek vir kinders onder 8 jaar teen R120

    (R65 posgeld per bestelling moet ongelukkig gehef word)

    Junie 2019