28
Psalm 93 Die HERE regeer! Februarie 2013

Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Psalm 93

Die HERE regeer!

Februarie 2013

Page 2: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Ps-vooraf 29: 1, 5 (sittende)

Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen

Seëngroet

Gemeente van ons Here Jesus:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 47: 1, 3, 4

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.

Psalm na die wet – Ps 90: 4, 5, 6

2

Page 3: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

3

Page 4: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Psalm na gebed – Ps 90: 7, 8, 9

Woorddiens.

Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Ps 93

Psalm as antwoord op die Woord

na verklaring en toepassing – Ps 46: 2, 3

Ons Fokus op die hele psalm

Skrifverklaring

Inleiding

Geliefdes by Ps 93 kom ons by ‘n groep Psalms

wat ons die koningspsalms kan noem.1

Opmerking

Hulle strek van Ps 93-99.

Ps 94 wyk effens af van die breë koning-tema.2

Maar vir die res is dit die groot saak in Ps 93-99.

Ons het hier te doen met koningspsalms.

En hierdie koningspsalms proklameer ‘n baie belangrike waarheid.

Die waarheid dat die HERE dat Jahwe Koning is

en absoluut soewerein oor alles regeer.3

Opmerking

En as die HERE wil

gaan ons deur die loop van die jaar by hierdie koningspsalms stilstaan

om meer te leer oor die HERE en sy soewereine Koningskap.

1 Vgl Waltke, An OT theology bl 886; Belcher, The Messiah and the Psalms, bl 47; Dillard&Longman, An Introduction of the OT, bl 224.

2 Vgl Kidner se Ps komm bl 337

3 Vgl Belcher, The Messiah and the Psalms, bl 47; Dillard&Longman, An Introduction of the OT, bl 224

4

Page 5: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Maar goed kom ons begin dan vandag by Ps 93

wat die wonder uit basuin:

“Die HERE is Koning” ... Of: ‘Die HERE regeer as Koning’.4

So vertel vers 1.

En dit gaan ook ons tema wees:

Die HERE regeer as Koning!

En dan vertel die res van Ps 93

dat die HERE as Koning soewerein regeer

• in die skepping en met sy skeppingsorde so vertel vers 1-2• in die geskiedenis en oënskynlike wanorde so vertel vers 3-4.• En hierdie regering word sigbaar in die gawe van Wet en Tempel

so leer ons uit vers 5.

**************

A. Die Tema

Maar voor dit kom ons staan net eers stil by die Tema self.

By die feit dat die HERE Koning is en soewerein regeer.

En vers 1 vertel daarvan as’it sê:

“Die HERE is Koning.” Of: ‘die HERE regeer as Koning’.

Verduidelik

En hierdie woorde praat van ‘n toestand

wat onveranderlik bestaan.5

Want as vers 1 sê: Die HERE is Koning dan beteken’it

• dat die HERE in die verlede as Koning geregeer het,

4 In die Qal het מלך die betekenis van ‘Hy regeer as Koning’ of ‘Hy is Koning’ of ‘Hy doen die werk van ‘n Koning’ (NIDOTTE vol 2 bl 957; TWOT vol 1 bl 507; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 423).

5 die Qal perf ww is hier statief en het daarom ‘n hede betekenis (A Grammer of Biblical Hebrw bl 329,331). Die betekenis is dus nie: ‘die HERE was Koning nie’. Nee, dit is: ‘die HERE is nou in die hede Koning’ – so was dit gister en so sal dit more ook wees (BHNG bl 110).

5

Page 6: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

• dat Hy nou in die hede as Koning regeer • en dat dit in die toekoms ook so sal wees.

Ja die HERE regeer ewig. Hy is die Een van Openb 1:8

“wat is en wat was en wat kom.”

**************

En as die HERE as Koning ewig regeer

dan regeer die HERE die absoluut soewerein.

Verduidelik

Daar’s maw niks bo die HERE nie.

Geen mens geen skepsel geen wet nie.

Nee! Die HERE is bo alles.

Hy is die wet en die enigste wetgewer.

Alle mag en gesag is in Hom en van-uit Hom.6

Wat Hy wil dit doen Hy.7 En niks keer Hom nie.

Geen Satan geen demoon geen mens nie!

Daarom dat ons verder aan in vers 1 hoor:

“(die HERE) is met hoogheid bekleed.

Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord.”

Verduidelik

En op hierdie pragtige digterlike manier

van om te praat van die HERE se koninklike ampsdrag

wys die Heilige Gees in vers 1 op twee eienskappe van die HERE

6 Om as Koning te heers beteken dat mag en gesag in die Koning setel en dat alles geskied volgens sy wil ... en dat Hy sy wil toepas en uitvoer (TWOT vol 1 bl 508).

7 Soos ons hoor in Ps 115:3 en Ps 135:6. Die HERE is die Een “wat alles werk volgens die raad van sy wil.” So leer Paulus ons in Efes 1:11.

6

Page 7: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

waarmee Hy sy soewereine regering uitoefen.8

Ja die HERE het sterkte of mag.9

Juis daarom is Hy die God met hoogheid soos vers 1 vertel.

Verduidelik

Die HERE is soos ‘n almagtige tsunami-golf

wat in hoogheid oprys en oprys en net aanhou oprys.

En sy vyande onkeerbaar verwoes.10

**************

Ja die HERE is in hoogheid. Hy het mag in oneindigheid.

Daarom kan die HERE soewerein as Koning regeer.

Sy wil kan Hy laat geskied. Niks kan dit keer nie.

En onder hierdie werklikheid moet die mens buig.

Dis die waarheid wat Ps 93:1 proklameer.

Toepassing11

Maar deur die eeue haat die sondige mens hierdie waarheid.

Want van nature is ons besig

met daardie ou-ou sonde van Gen 3:5.

Daardie sonde van om-soos-God-te-wil-wees die grootste.

het in poëtiese boeke ‘n metaforiese of figuurlike betekenis wat kwaliteite/attribute met לבש 8spesifieke kleding beskryf (NIDOTTE vol 2 bl 757; TWOT vol 1 bl 469).

9 Wanneer die HERE Hom omgord met mag (עז), dan sê dit hoe die HERE as Koning regeer – dit is met mag (NIDOTTE vol 3 bl 373).

verwys na die HERE se oprysende mag – soos ‘n golf van die see – waarmee Hy in die גאות 10geskiedenis in die skepping oorwin oor sy vyande en sy volk verlos (NIDOTTE vol 1 bl 787; TWOT vol 1 bl 143). Moses vertel ons meer oor hierdie hoogheid van die HERE in sterkte en mag ... in Eks 15 net nadat die HERE die Rooisee gekloof het ... en Israel op droë grond daardeur gelei het ... en die hele Egiptiese weermag daarin verdrink het. Ja ... dis dan dat Moses in Eks 15:1 vertel van die HERE wat “hoog verhewe is. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.” En in Eks 15:7 sê Moses: “in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan ...” (Vgl NIDOTTE vol 1 bl 787; TWOT vol 1 bl 143)

11 Vgl Pink, The attrubutes of God, bl 35, 41

7

Page 8: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

En dan haat ons die waarheid

dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer.

Ook oor my.

Voorbeelde12

• Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping. • Ons hou ook baie van die HERE se genade onbeskryflik groot. • En die HERE se liefde daaroor kan ons baie praat en baie sing.

Maar van die soewereine God op sy ewige Koninklike troon

wat alles bepaal en regeer

en vir Moses in Eks 33:19 sê:

“Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees,

en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm”

en van Wie ons in Rom 9:18 hoor

dat “... Hy ... barmhartig is oor wie Hy wil

en Hy verhard wie Hy wil”

van so ‘n God wil die natuurlike-sondige-mens niks weet nie.

***************

Maar tog vir die HERE se ware uitverkore-gelowige-kerk

is hierdie waarheid ‘n wonderlike troos.13

Verduidelik

Want in Ps 93:1 hoor ons:

“Die HERE is Koning” ... Jahwe regeer soewerein!

Jahwe ... die onveranderlike God van die genade-verbond.14

12 Vgl Berkhof, Systematic theology, bl 175

13 Vgl Pink, The attrubutes of God, bl 41

14 Vgl Vos, Biblical theology, bl 118-119

8

Page 9: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Die God wat in Gen 3:15 dit beloof het.

En daarom in die volheid van die tyd sy Seun stuur

om sy uitverkore-kerk van ons sondes te verlos.15

En ook die Gees van sy Seun stuur.16

En deur die Gees geloof in ons opwek17

• sodat ons vir Jesus kan aanneem en sy kinders kan word.18 • Sodat ons vir almagtige soewereine Koning Jahwe ... Vader ... kan

sê.

Terwyl ons weet

dat sy soewereine regering

alles vir ons ten goede sal laat mee werk.

*************

B. Die inhoud van Ps 93

Sodat ons dan met blydskap en gewilligheid

vanuit die res van Ps 93

meer wil leer oor ons soewereine God se Koningsheerskappy

• in die skepping en skeppingsorde• in die geskiedenis en oënskynlike wanorde• En hoe sy regering sigbaar word in die gawe van Wet en Tempel.

Opmerking

So kom ons fokus nou op hierdie drie waarhede

sodat ons meer kan leer

oor ons God en sy soewereine Koningsheerskappy.

1. En ons begin by die HERE se regering

in die skepping en met sy skeppingsorde.

15 Gal 4:4; Mat 1:21

16 Gal 4:6

17 2Kor 4:13

18 Joh 1:12-13

9

Page 10: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

En hiervan vertel vers 1:

“Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed ...

Hy het Hom met sterkte gegord.

Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.” 19

En in hierdie laaste woorde hoor ons

van die HERE se soewereine regering

in die skepping en met sy skeppingsorde.

Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.

Verduidelik20

En nou’sie woordjie ook belangrik.

Dis’ie Hebreeuse woord אף.

En dis ‘n woord met baie sterk klem.

Dis asof die Heilige Gees vir ons met אף

met hierdie ook wil sê:

‘Die HERE is Koning En let nou goed op:

Onlosmaaklik verbind aan die HERE se soewereine regering

is dat die wêreld vasstaan, dit sal nie wankel nie.’

Gevolgtrek

So die wêreld wat onwankelbaar vasstaan

het net mooi alles te doen met:

‘die HERE regeer as soewereine Koning.’

19 Ek haal die ‘sodat’ uit. Omdat dit nie in die Hebreeuse teks staan nie. Vgl bv die Statevertaling: “Ook is de wereld bevestigd, zij zal niet wankelen.”

wys met klem vir my hier baie duidelik dat 1e-f by die voorafgaande hoort (1b-d) אף 20(BHNG bl 255). Dus: ‘a Die HERE heers as Koning, b Majesteit het Hy aangetrek, c die HERE het aangetrek, d met mag het Hy Homself omgord. e En iets wat net absoluut onlosmaaklik hiermee saam gaan is dat ...’ Dus, onlosmaaklik verbonde aan die HERE se Koningsheerskappy is dit wat genoem word in 1e-f .

10

Page 11: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Ja in sy soewereine regering

laat die HERE die wêreld onwankelbaar vasstaan.

‘n Onwankelbare wêreld is die wonderlike gevolg

van die HERE se soewereine almagtige regering.

***************

Maar wat het dit te doen met skepping en skeppingsorde?

Wel dit kom ons agter

wanneer ons let op die betekenis van die woorde:

‘vasstaan’ en ‘nie-wankel-nie’.

Verduidelik

Want in die Hebreeus het die woord ‘vasstaan’

ook die betekenis van ontstaan.21

So as vers 1 sê:

“Ook staan die wêreld vas ...”

dan beteken’it dat onlosmaaklik verbind

aan die HERE se soewereine regering

is ook die ontstaan van die wêreld

of die skepping van die wêreld.

Skrif met Skrif

En doen ons Skrif met Skrif vergelyking

sien ons’it so skitterend bv in Ps 104:6-9 wat vertel

dat in die skepping

“... die waters bo-oor die berge gestaan het (Gen 1:2).

Vir u dreiging het hulle gevlug,

vir die stem van u donder het hulle weggeskrik—

21 Ek het in ּו ן ּכ te doen met tot stand bringing en permanensie (NIDOTTE vol 2 bl 616, vol 4 bl 273; TWOT vol 1 bl 433). Dus, iets wat net absoluut onlosmaaklik verbonde is aan die heerskappy van die HERE is dat die תבל tot stand gekom het en dat dit stabiel en permanent is. Ja, met die HERE as Heerser ontstaan die תבל en staan die תבל vas.

11

Page 12: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

berge het opgerys, laagtes het weggesak—

na die plek wat U vir hulle reggemaak het.

‘n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie;

hulle mag die aarde nie weer oordek nie.”

Hoor u

hoe die HERE soewerein

koninklik

regerend

die wêreld skep?

**************

Ja die HERE regeer in die skepping van die wêreld.

Want Ps 93:1 sê:

“Ook staan die wêreld vas ...”

Maar nou sê vers 1 meer:

“Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.”

... dit sal nie wankel nie.

Verduidelik22

En net hier hoor ons

dat die HERE nie net regeer in die skepping nie.

Nee die HERE regeer ook met sy skeppingsorde

wat Hy in die wêreld gee.

Ja die HERE gee orde.

Daarom staan die wêreld vas ... dit sal nie wankel nie.

22 Vgl Berkhof, Christus de zin der geschiedenis, bl 38

12

Page 13: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Skrif met Skrif23

En ons sien hierdie orde van die HERE so wonderlik

as ons deur Genesis 1-2 lees.

• Die HERE gee die orde van dag en nag. ‘n Werksdag en ‘n rus-nag.

• Die HERE gee die orde van droë-grond om op te leef En die see waar die visse in is.

• Die HERE gee sy natuurwette in die natuur.

• Die HERE gee tydsorde met son en maan

sodat daar maande en jare kan wees.

• Die HERE gee die werksweek-ordevan ses dae werk en een dag Sabbat.

• Die HERE gee die huwelik en die huweliksordewaar die man die liefdevolle hoof isen sy vrou as maat en hulp.

• Die HERE gee die orde van vrugbaar wees en kinders krysodat die HERE se uitverkorenes gebore kan word.

• Die HERE gee die orde van die mens wat as konings heers oor die aardemaar steeds onder die HERE as Opper-Koning staan.

• Die HERE gee die orde van die mens wat die wêreld moet uitbou opbou en bewaar tot eer van die HERE.24

Gevolgtrek

So sien u hoe die HERE regeer

23 Vgl Robertson, The Christ of the covenants, bl 67 vv

24 Vgl Berkhof, Systematic theology bl 175-176

13

Page 14: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

in die skepping en met sy skeppingsorde?

Die HERE laat die wêreld ontstaan.

En dan laat die HERE die wêreld ook onwankelbaar vasstaan.

Want Hy gee sy skeppingsorde.

Ja ... “Die HERE is Koning ...

Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.”

************

En dan sê vers 2:

“Vas staan u troon (of u soewereine regering25) van ouds af;

van ewigheid af is U.”

Verduidelik

En dit alles sê net weereens

dat skepping en skeppingsorde onlosmaaklik verbind is

aan die HERE se soewereine regering.

Want die HERE is ewig.

En sy regeer troon is ewig.

Dit was al daar voor die skepping.26

Dis wat vers 2 vir ons sê.

En juis daarom

25 Iemand wat op ‘n troon (כסא) sit is in ‘n posisie van eer en verhewenheid – 1Sam 2:8; Jes 22:23; Jer 17:12 (NIDOTTE vol 2 bl 672). Dis ‘n simbool van heersers-gesag/ Koningsheerskappy – 2Sam 3:10; 1Kon 1:13,30,35 (NIDOTTE vol 2 bl 672,673; Calvyn se Ps komm vol 4 bl 7; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 425).

se ‘van lankal af’ kyk terug tot voor die skepping; dus, op ‘n tyd nog voor die heelal מאז 26geskep en stabiel gemaak is – vgl ook Spr 8:22 (TWOT vol 1 bl 27). עולם + מ ן het die betekenis van ‘vanaf die ou-ou tye’. Omdat dit hier ‘n predikaat by ‘die HERE’ is, is hierdie ‘vanaf die ou-ou tye’ ‘n verwysing na die ewigheid, nog voor die skepping (NIDOTTE vol 3 bl 346-347). Die HERE staan dus bo die tyd. Hy is Skepper van die tyd ... En daarom ewig (Reformation study Bible bl 820; Heyns, Dogmatiek, bl 62).

14

Page 15: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

omdat die HERE ‘n ewige Koning is

kon die HERE as soewereine almagtige Koning regerend skep

en ‘n skeppingsorde gee

sodat alles onwankelbaar vasstaan.

Toepassing

Is is’it nie wonderlik nie geliefdes! Dit is!

Dit is die rede

waarom ons God aanbid en verheerlik en gedien moet word.

En laat ons dit dan tog doen!

Ja die HERE is ewig Koning.

“Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.”

Ja Jahwe regeer in die skepping en in skeppingsorde.

En dis so wonderlik goed.

Oorgang

Maar nie vir almal nie.

Nie vir’ie goddeloses die natuurlike sondige wêreld-mens

in opstand teen die HERE die chaosmagte nie.

Hulle haat die HERE.

Hulle haat sy soewereine regering.

Hulle haat sy skeppingsorde.

Deur die geskiedenis is hulle daarop uit

om die HERE se skeppingsorde

15

Page 16: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

om te keer en in wanorde te verander.27

2. En dit bring die tweede punt

wat gaan oor die HERE se soewereine regering

in die geskiedenis en oënskynlike wanorde.

En van die oënskynlike wanorde hoor ons as vers 3 sê:

“Die riviere, o HERE, het verhef,

die riviere het hulle gebruis verhef;

die riviere verhef hulle geraas!”

En as vers 4 praat

van “die gebruis van groot, geweldige waters,

van die golwe van die see”.

Verduidelik28

En wat ons dadelik hier moet raaksien

is hoe Ps 93:3-4 verskil

van wat ons netnou in Ps 104:6-9 gehoor het.

Ja die HERE as ewige Koning

het soewerein regerend in die skepping die waters laat “vlug.

(En) vir die stem van (die HERE se) donder het hulle weggeskrik ...”

In sy skeppingsorde het die HERE “‘n Grens ... gestel

waar hulle nie oor mag gaan nie ...”

27 In 3a-b staan אׂשא אׂשא in die Qal perf. In 3c staan נ ?in Qal imperf. Wat moet ek hiermee maak נDit kan wees dat die Psalm-digter wys op ‘n toestand/handeling in die verlede en in die toekoms (BHNG bl 109-112; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 426). Dit kan wees dat die Psalm-digter wys op ‘n toestand/handeling in die verlede begin het (BHNG bl 109-110) en wat in die hede voortduur (BHNG bl 112) – vgl ook K&D se Ps komm bl 76; so ook OAV, ESV, State vertaling. Ek kies vir laas genoemde.

28 Vgl Berkhof, Christus de zin der geschiedenis, bl 38

16

Page 17: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Maar nou in vers 3-4 van Ps 93

is daar riviere wat hulle verhef

en die gebruis van groot, geweldige waters,

van die golwe van die see is in opstand teen die HERE se

skeppingsorde.

Riviere en groot geweldige waters bedreig die ordelike lewensruimte

wat die HERE regerend geskep het.

Hulle wil die HERE se skeppingsorde om keer.

************

Verduidelik29

En nou kan ons hierdie riviere en waters en branders

gewoon letterlik verstaan.

Dink maar bv aan Mark 4:37

waar die dissipels en Jesus op die vissers-skuit is

en die groot en geweldige golwe dan dreig

om die vissers-skuit te laat sink.

Ja daardie geweldige lewensbedreigende golwe

is nie deel van die HERE se goeie skeppingsorde nie.

Dit dreig om wanorde te veroorsaak.30

************

Maar dis beslis nie die enigste betekenis

wat hierdie riviere en waters en branders in Ps 93:3-4 het nie.

Verduidelik

En hoekom sê ons so?

Wel omdat die Skrif-self dit wys.

29 Vgl Boice se Ps komm vol 2 bl 764; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 426.

30 Vgl Edwards se Mark komm bl 150.

17

Page 18: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Wanneer ons Skrif met Skrif vergelyk sien ons

dat vers 3 se riviere baie maal ‘n simbool is

van volke en kulture in opstand teen die HERE.31

Bewys

In Jes 8:7 bv hoor ons

van “die sterk en magtige waters van die Eufraat(rivier)

die (godelose) koning van Assur ...

en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle.”

En in Jer 46:8 hoor ons:

“Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome;

en hy sê:

Ek sal optrek, die aarde oordek,

ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon.”

Gevolgtrek

So beslis word goddelose volke en kulture

soos die Assiriërs en die Egiptenare vergelyk met riviere.

Die Eufraat en die Nyl.

*************

En kom ons by vers 4 se “gebruis van groot, geweldige waters,

(en) die golwe van die see” sien ons dit weer.

Die res van die Skrif wys

dat dit ‘n simbool is van goddelose volke

‘n goddelose wêreldmensdom en goddelose wêreldmaghebbers

31 In die Psalms word נהר – rivier – figuurlik gebruik. נהרות is dus heel waarskynlik ‘n simbool vir iets anders (TWOT vol 2 bl 560; NIDOTTE vol 3 bl 46). נהרות word baie maal gebruik as metafore vir die Egiptiese en Mesopotamiese kulture/volke, en baie maal alle heidense volke, in opstand teen die HERE en vyandiggesind teen sy volk (NIDOTTE vol 4 bl 1152; Berkhof, Christus de zin der geschiedenis bl 38; K&D se Ps komm bl 75-76; Boice se Ps komm vol 2 bl 764-765).

18

Page 19: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

wat uit hierdie goddelose mensdom voortkom.32

Bewys/Openbaringshistories

In Jes 17:12 praat die HERE oor goddelose volke.33

En dan praat Hy van “die gebruis van baie volke

soos die gebruis van die see, so bruis hulle!

En die gedruis van nasies

soos die gedruis van geweldige waters,

so maak hulle gedruis!”

In Jes 57:20 sê die HERE:

“die goddelose is soos ‘n onstuimige see.”

In Jer 6:23 praat die HERE weereens oor ‘n goddelose volk.34

En dan sê die HERE:

“Boog en lans hanteer hulle;

hulle is wreed en sonder barmhartigheid;

hulle stem bruis soos die see ...”

Kom ons in die NT

is die apostel Johannes in Openb 17:1 aan die woord

en dan praat hy “van die groot hoer

(wat ‘n simbool is van ‘n goddelose wêreld-kultuur35)

wat op die baie waters sit” wat hy in ‘n gesig gesien het.

En in Openb 17:15 praat ‘n engel met die apostel

בׁשברי־ים 32 is die massiewe golwe en branders van die see wat mens heeltemal oorweldig. Dit מkan ‘n letterlike (Jona 2:4) of figuurlike betekenis hê (NIDOTTE vol 4 bl 39). ים by בׁשברי־ים מwys ook op die opstandige ‘geraas’ van volke teen die HERE (NIDOTTE vol 2 bl 464-465, 932).

33 Vgl Reformation study Bible bl 975

34 Jer 6:22

35 Vgl Reformation study Bible bl 1865.

19

Page 20: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

en dan sê die engel:

“Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit,

is volke en menigtes en nasies en tale.”

**************

En dis hierdie riviere hierdie magtige waters hierdie branders van

die see

wat simbolies is van die goddelose wêreld-mensdom

wat deur die eeue in opstand is teen die HERE

en die HERE se soewereine regering

en die HERE se skeppingsorde.

Maak toepassing uit Peter Jones se boek capturing the pagan mind –

hfst 1-4.

Hulle wil dit omkeer in wanorde.

Ja “Die riviere, o HERE, het verhef,

die riviere het hulle gebruis verhef;

die riviere verhef hulle geraas!” So sê Ps 93:3 dit.

**************

Maar weet u:

Binne in hierdie opstand.

Binne in hierdie veragting

van die HERE en sy soewereine regering.

Binne in hierdie veragting

van die HERE en sy skeppingsorde.

Binne in hierdie oënskynlike wanorde

regeer die HERE in almag.

Bewys

Want vers 4 sê:

“Meer as die gebruis van groot, geweldige waters,

van die golwe van die see, 20

Page 21: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

is die HERE geweldig in die hoogte!”

Daarom dat die apostel Johannes een maal ‘n gesig kon hê

oor die HERE se soewereine oorwinnende regering

oor hierdie chaos-magte.36

En toe in Openb 21:1 kon skryf:

“En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien ...

en die see was daar nie meer nie.”

Wat ‘n wonder geliefdes!

Wat ‘n wonder hierdie waarheid

van die-HERE-is-Koning soewerein in almag vir ewig oorwinnend.

Ja hierom moet ons Hom aanbid!

Hierom moet ons Hom loof en prys!

3. En dan moet ons lof nog hoër rys

as vers 5 wys

hoe hierdie oorwinnende soewereine regering van die HERE

in die geskiedenis tussen al wanorde sigbaar word

in die HERE se gawe van sy Wet en sy Tempel.

Dis ons derde punt.

I Ja in die geskiedenis in hierdie oënskynlike wanorde

word die HERE se regering skitterend sigbaar.

En vers 5 vertel meer hieroor as’it sê:

“U getuienisse is baie betroubaar.”

36 Vgl Prof Jorrie se klas aantekeninge oor Openbaring.

21

Page 22: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Verduidelik

Nou die getuienisse van die HERE is die HERE se wette

wat Hy vir sy kerk gee.37

Bewys

En dat vers 5 se getuienisse die HERE se wette is

leer ons bv uit Ps 19:8 en Ps 119:14 en vers 88 en vers 129.

En in Eks 31:18 hoor ons

van “die twee tafels van die Getuienis ... tafels van klip,

beskrywe met die vinger van God.” 38

So dis duidelik.

Die getuienisse van vers 5 is die HERE se wette.

**************

En hierdie wette van die HERE is baie betroubaar.

Vertel vers 5.

Ons kan ook sê:

dis baie vas baie seker dit verander nie.39

Verduidelik/Toepassing

En weet u:

So met die HERE se gawe van sy wette aan sy kerk

word die ware gelowige-kerk die plek

waar die werklikheid

van die HERE se soewereine regering deur sy wet skitter.

37 In die Psalms het עדתיך veral die betekenis van ‘die wette van U’ wat Israel moet uitleef – bv Ps 19:8; 119:14, 88, 129, 157 (NIDOTTE vol 3 bl 329; Boice se Ps komm vol 2 bl 765).

38 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 329; TWOT vol 2 bl 649

39 Die basiese betekenis van אמ ן is vastheid en sekerheid (TWOT vol 1 bl 51). Die Nifal van אמ ן het dan die betekenis van stabiel/ betroubaar (TWOT vol 1 bl 52).

22

Page 23: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Met die HERE se wette in ons

word die ware gelowige-kerk die plek

waar mense weer leef

soos die HERE dit in sy skeppingsorde bedoel het.

Want die HERE se wet

bring ons weer by sy skeppingsorde uit.

Ja met die HERE se wette in ons

word die ware gelowige-kerk in ‘n wêreld vol wanorde

‘n getuie van die HERE se goeie regering en skeppingsorde.

*************

II Maar dis’ie al wat vers 5 sê nie.

Want vers 5 praat verder Dit sê:

“U getuienisse is baie betroubaar.

Heiligheid pas by u huis (of Tempel) ...”

En nou’sit in hierdie laaste woorde

dat die Evangelie in die HERE se soewereine regering skitter.

Want as ons hoor van die HERE se gawe van sy Tempel,

dan hoor ons ook van die HERE se Koninkryk wat kom.

Opmerking

• Ja die HERE regeer nie net soewerein in die skepping en sy skeppingsorde nie.

• Die HERE regeer ook nie net in die geskiedenis en die oënskynlike wanorde nie.

• Die HERE se soewereine regering word nie net sigbaar in die ware gelowige-kerk met die HERE se wet by hulle nie.

Nee! Die HERE se soewereine regering

23

Page 24: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

word ‘n skitterende werklikheid

wanneer die HERE sy ewige regering

sy soewereine heerskappy

ons kan ook sê: sy Koninkryk

in hierdie wêreld vol opstand en wanorde laat kom.

En in die OT sien ons dit by die Tempel.40

Verduidelik

Want in die OT is die Tempel is ‘n simbool

van die HERE se teenwoordigheid41

• in die geskiedenis • en in hierdie wêreld van oënskynlike wanorde.

Ja die Tempel van Ps 93:5 wys daar in die OT:

Die Koning is hier Hy het gekom!

Hy het sy regering sy heerskappy sy koninkryk laat kom.

**************

Toepassing

Sien u die wonder geliefdes?

Die riviere die waters die magte van chaos

het nie die laaste sê nie.

Nee! Die Een met die laaste sê

is die HERE geweldig in die hoogte

wat sy soewereine koninkryk in die wêreld laat kom.

Hy het die laaste sê.

Dis absoluut wonderlik!

40 Vgl Belcher, The Messiah and the Psalms, bl 49.

41 Sy huis geheilig deur Homself word ook die simbool van die HERE se teenwoordigheid by sy volk – Eks 29:45; 25:8 (Waltke, An OT theology bl 458-459).

24

Page 25: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

En nou gaan hierdie wonder nog verder.

Want in die volheid van die tyd

word vers 5 se Tempel-simboliek ‘n werklikheid

in die koms van die Messias.

Verduidelik42

Want Jesus die Messias die Christus is die ware Tempel.

Want Jesus is nie net ‘n simbool

van die HERE se teenwoordigheid nie.

Nee! Hy is Emanuel sê Mat 1:23

wat as’it vertaal word beteken:

‘God met ons’.

Ja Jesus die Messias is Jahwe in die vlees.

In Jesus woon die volheid van die Godheid liggaamlik.

So leer Paulus in Kol 2:9.43

************

Openbaringshistories44

Ja Jesus bring die HERE

se absolute soewereine regering verlossend oorwinnend

binne in hierdie wêreld in.

Hy is die oorwinnaar

oor Ps 93:3-4 se riviere en waters en die branders.

Hy is die oorwinnaar oor die magte van chaos

42 Vgl Vos, Biblical theology bl 154-155

43 Vgl ook Joh 2:19-22

44 Vgl ook: “Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.” Sê die apostel in 1Joh 3:8. En in Joh. 16:33 sê Jesus self: “Ek het die wêreld oorwin.”

25

Page 26: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

wat die HERE en sy skeppingsorde haat

en daarteen in opstand is.

Ja dis deur Jesus die Christus

dat Johannes in Openb 21:1 kan skryf:

“en die see was daar nie meer nie.”

Dis deur Hom dat ons in Ps 93:1 kan sing:

“Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie”

tot in ewigheid nie!

Slot

Geliefdes die HERE is Koning! Soewerein almagtig ewig.

Dis die boodskap van die Koningspsalms in Ps 93-99.

In Ps 93 leer ons daarby

dat die HERE absoluut soewerein regeer ...

• In die skepping en met sy skeppingsorde• In die geskiedenis en oënskynlike wanorde• En dit word skitterend Evangelies sigbaar

in die HERE se gawe van sy Wet en sy Tempel.

In die gawe van Jesus die Christus die Ware Tempel

wat Ps 93:3-4 se riviere en waters die magte van chaos

die magte van ‘n goddelose wêreld-mensdom

soewerein regerend oorwin.

Prys daarom vir Jahwe die soewereine Koning tot in ewigheid!

************

Selfondersoek

Maar weet u:

Hierdie waarheid wat ons moet laat loof en prys

konfronteer ook baie ernstig. 26

Page 27: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Dit konfronteer my en u

met daardie eerste Koningswoord van die HERE na die sondeval.

Daardie woord van Gen 3:9

toe die HERE vir mens gesê het: “Waar is jy?”

Aan wie se kant is jy?

Is ons by die Koning? Of is ons by die chaos-magte?

**************

As ons by die HERE is

• waaragtig in nederigheid en sondebesef • met die gebed dat die HERE ons genadig sal wees

Ja as ons by die HERE is

• en daagliks stry met ons sonde• en wil lewe onder die HERE se wet.

Onthou: Dan’sit nie ek nie.

Dan’sit alles die HERE

wat in soewereiniteit “genadig (is) vir wie (Hy) genadig wil wees,

en (Hom) ontferm oor wie (Hy Hom) wil ontferm.”

Antwoorddiens

Amen.

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 46: 2, 3

Gebed

27

Page 28: Psalm 93 - GK Daspoort 93.pdf · En dan haat ons die waarheid dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer. Ook oor my. Voorbeelde12 •Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping

Kom ons vier nou die nagmaal van ons Here

Ons sing Ps 23:3 by bereiding van die tafel.

Barmhartigheidsdiens

Psalm tydens kollekte : Ps 104: 4, 5, 6, 12, 14, 15, 19 (sittende)

Slotpsalm : Ps 45: 1, 2, 5, 6

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.

28