9
Jaargang 16 - Uitgawe 23 10 Augustus 2018 REDAKSIONEEL Ons vra verskoning dat die Vrypos nie verlede week verskyn het nie, maar dit was as gevolg van omstandighede buite ons beheer. Let in hierdie uitgawe asseblief op die volgende: Voornemende/huidige studente wat wil aansoek doen vir beurse/lenings by die NG Kerk Vrystaat, het net tyd tot 31 Augustus 2018 om aansoeke in te dien (kyk onder “Nuus uit die Sinode”); ENGO maak belangrike inligting oor hulle Hospitaaldienste bekend (onder “Bediening Barmhartigheidsdienste”) en leraars/belangstellendes se aandag word weereens op al die kursusse, werkswinkels, ensovoorts, gevestig, sperdatums vir inskrywings is binnekort! (onder VBO Kursusse / Werkswinkels / Konferensies). ‘n Gedagte vir die week: Augustus is nie net bekend vir sy winde nie, maar in hierdie tyd word Vrouemaand ook in Suid-Afrika gevier en word daar op allerlei maniere aan alle vroue erkenning gegee. Een van dié bekendste, maar seker ook die nederigste vroue van alle tye, was Moeder Teresa (1910 - 1997). Sy was letterlik die hande en voete van Jesus hier op aarde en het verkies om met die armste van die armstes om te gaan. Hier is ‘n paar bekende aanhalings van haar wat ware kerkwees uitspel... Mag al die vroue op 9 Augustus ‘n wonderlike bederfdag geniet, weet net, julle is elkeen besonders en spesiaal! NUUS UIT DIE SINODE ONDERSTEUNINGSDIENSTE NB! Beurse en lenings - NG Kerk Vrystaat: Die Sinodale Kerkkantoor ken jaarliks beurse en lenings aan voltydse teologiese, sowel as nie-teologiese studente, toe. Aansoekvorms vir beurse en lenings ten opsigte van die 2019 studiejaar, is reeds by hierdie kantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2018. Vir verdere navrae in dié verband, kontak gerus vir Danielle van Heerden by 051 406 6700, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. LET WEL, hierdie beurse en lenings word slegs aan studente (nie-teologies) toegestaan wat aan ’n Vrystaatse instansie studeer en wie se ouers in

REDAKSIONEEL - ngkerkvrystaat.co.za UITGAWE 23-2018(Fin).pdf · sanger Du Preez Stoltz wat sy nuwe CD gaan bekendstel. Geen koste, slegs kollekte sal opgeneem word. NG Frankfort:

Embed Size (px)

Citation preview

Jaargang 16 - Uitgawe 23 10 Augustus 2018

REDAKSIONEEL

Ons vra verskoning dat die Vrypos nie verlede week verskyn het nie, maar dit was as gevolg van omstandighede buite ons beheer. Let in hierdie uitgawe asseblief op die volgende: Voornemende/huidige studente wat wil aansoek doen vir beurse/lenings by die NG Kerk Vrystaat, het net tyd tot 31 Augustus 2018 om aansoeke in te dien (kyk onder “Nuus uit die Sinode”); ENGO maak belangrike inligting oor hulle Hospitaaldienste bekend (onder “Bediening Barmhartigheidsdienste”) en leraars/belangstellendes se aandag word weereens op al die kursusse, werkswinkels, ensovoorts, gevestig, sperdatums vir inskrywings is binnekort! (onder VBO Kursusse / Werkswinkels / Konferensies).

‘n Gedagte vir die week: Augustus is nie net bekend vir sy winde nie, maar in hierdie tyd word Vrouemaand ook in Suid-Afrika

gevier en word daar op allerlei maniere aan alle vroue erkenning gegee. Een van dié bekendste, maar seker ook die nederigste vroue van alle tye, was Moeder Teresa (1910 - 1997). Sy was letterlik die hande en voete van Jesus hier op aarde en het verkies om met die armste van die armstes om te gaan. Hier is ‘n paar bekende aanhalings van haar wat ware kerkwees uitspel...

Mag al die vroue op 9 Augustus ‘n wonderlike bederfdag geniet, weet net, julle is elkeen besonders en spesiaal!

NUUS UIT DIE SINODE

ONDERSTEUNINGSDIENSTE

NB! Beurse en lenings - NG Kerk Vrystaat: Die Sinodale Kerkkantoor ken jaarliks beurse en lenings

aan voltydse teologiese, sowel as nie-teologiese studente, toe. Aansoekvorms vir beurse en lenings ten opsigte van die 2019 studiejaar, is reeds by hierdie kantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2018. Vir verdere navrae in dié verband, kontak gerus vir Danielle van Heerden by 051 406 6700, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. LET WEL, hierdie beurse en lenings word slegs aan studente (nie-teologies) toegestaan wat aan ’n Vrystaatse instansie studeer en wie se ouers in

die Vrystaat woonagtig is, asook teologiese studente wat aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Voorwaardes geld.

BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO)

Die Sinodale Bestuursforum (SBF), het die afgelope week ‘n vrugbare vergadering met die span wat vir Hospitaalbediening verantwoordelik is, gehad. Uit dié gesprek het die volgende belangrike sake na vore gekom:

Die Hospitaalbedieningspan is daar om tot hulp te wees vir predikante en gemeentes wat van die platteland af kom en wie se lidmate in die onderskeie hospitale in Bloemfontein opgeneem is en waarvan die betrokke predikante vanweë afstand, hulle nie kan besoek nie. Die span is enige tyd beskikbaar om ‘n besoek by diegene wat in die hospitaal is, af te lê, of om families in ‘n krisis te ondersteun.

Die twee persone wat vir hierdie bediening verantwoordelik is, is dr Hennie Maartens en me Christel Trollip. Kontak gerus vir dr Maartens by 083 388 0047 en me Trollip by 082 524 8655, indien die behoefte sou bestaan dat hulle ‘n siekebesoek by ‘n lidmaat moet doen. Dit is belangrik dat die inligting van die betrokke lidmaat verskaf moet word, sowel as die hospitaal waarin die lidmaat opgeneem is. Daar is bepaalde hospitale wat nie meer opnamelyste aan predikante beskikbaar stel nie, maar hulle sal aan ‘n predikant wat besoek aflê, die nodige besonderhede van ‘n pasiënt gee indien die leraar oor die pasiënt se inligting beskik.

Vlnr: Mev Rika Wolmarans (ENGO Dir: Ouer Persone), dr Hennie Maartens (Hospitaalleraar), me Christel Trollip (Geestelike werker), ds Barnard Styn, dr Carin van Schalkwyk, mnre Adriaan de Ruiter en De Wet Claassens (almal van die SBF)

High Tea in Wonderland: Almal word weer aan hierdie geleentheid

herinner wat op Saterdag 18 Augustus 2018 by die Bloemfontein Laerskool (Lormarinstraat, Bayswater), plaasvind. Anri Powell is die gasspreker vir die oggend en Jacobus Silwer sal sorg vir lekker musiek. Alle dames is welkom, daar gaan ook ‘n besgeklede dame volgens die tema van die dag gekies word, sy gaan met wonderlike pryse wegloop! Klik op die biljet regs, vir meer inligting oor dié spesiale geleentheid. Klik ook hier vir ‘n You Tube-bemarkingsvideo wat ook dié geleentheid bekend stel.

Klik ook hier om ENGO se jongste nuusbrief te lees.

Besoek gerus ook ENGO se webblad by www.engo.co.za vir meer inligting oor al

hulle werksaamhede

FAKULTEIT TEOLOGIE EN RELIGIE (UV) NUUS

Die Fakulteit Teologie en Religie se 2017-Jaarverslag is vrygestel, klik gerus op die biljet regs om dié verslag te lees:

TEOLOGIESE NADENKE

Augustus is vrouemaand in Suid-Afrika met Vrouedag wat op 9 Augustus gevier word. In 'n land waar geweld teen vroue hoogty vier, kan die Kerk nie anders as om haarself af te vra wat die bydrae van 'n patriargale lees van die Bybel is tot hierdie situasie nie. Die volgende paar weke gaan ons wegbeweeg van die patriargale lees van die teks en let op 'n alternatiewe lees daarvan en wat die implikasies daarvan vir ons verstaan van die rol vir vroue in die Kerk is.

In die Teologiese nadenke, gaan ons dus hierdie maand stilstaan by die wyse waarop die Bybel oor vroue praat en dink. Daar sal ook gelet word op die manier waarop Paulus oor vroue gedink het en ook oor die wyse waarop daar in die Ou Testament oor vroue gedink is - hierdie week dink ons na oor hóé Jesus vroue hanteer en gesien het. Klik hier om verder te lees.

VBO KURSUSSE / WERKSWINKELS / KONFERENSIES

Bedieningsbegeleiding - Die Kuratorium en Seminarium van die NG Kerk Vrystaat bied ‘n werkswinkel aan oor Geestelike en Emosionele gesondheid in die Bediening: Hierdie

geleentheid word deur Nancy Schongalla-Bowman, Direkteur van Studenteberading van die Princeton Theological Seminary, aangebied - dit vind in Bloemfontein plaas op 14, 15 en 16 Augustus 2018. Klik gerus hier vir meer inligting, die program vir die drie dae, sowel as kontakbesonderhede. Belangstellendes moet asseblief so spoedig moontlik registreer sodat die nodige logistieke reëlings getref kan word.

Bedieningsbegeleiding bied aan: spesiaal vir alle leraars - VBO-Week 2018 - “Uitroep tot God...!”: ‘n Uitnodiging word aan alle leraars (al die sinodes), asook

enige ander belangstellendes gerig, om hierdie VBO-Week vanaf 2 - 5 September 2018, te Woodland Hills Gemeenskapskerk, in Bloemfontein by te woon (dit vervang die Winterweek). Klik op die biljet regs vir ‘n groter weergawe met al die inligting, sowel as die volledige program, daarop (let op hierdie is ‘n opgedateerde weergawe).

Die inskrywingsvorm kan hier gevind word, stuur dit na voltooiing per e-pos aan [email protected] - die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 17 Augustus 2018 (bankbesonderhede vir inbetalings kom op hierdie vorm voor). Indien verblyf ‘n probleem sou wees, die lidmate van Woodland Hills bied gratis huisvesting aan, die inskrywingsvorm bied ‘n opsie waarop jy jou keuse kan aandui.

Shepherd VBO Werkswinkels: Klik hier vir die

volledige inligtingsdokument.

‘n Kinderkonferensie aangebied deur Kix en die Jeugkantoor van Communitas (Wes-Kaap): Vir meer inligting (program en die inskrywingsvorm), klik asseblief op die biljet.

Die fokus van dié Kinderkonferensie is om almal wat met kinders werk op hoogte te bring met die globale, Suid-Afrikaanse- en kerklike tendense wat ons werk met kinders beïnvloed. Luister na kundige sprekers wat oor die toekoms, die kind se wêreld in skole, kinders se binnewêreld en die impak van tegnologie op ‘n kind, gaan gesels. Ontmoet en netwerk met ander leiers in die veld van kinderbediening. Kry praktiese toerusting in ‘n wye verskeidenheid relevante en eietydse werkswinkels. Word hier toegerus met kennis, vaardighede, hulpmiddels en hope inspirasie!

Registrasie en die aanstuur van die bewys van betaling vir hierdie geleentheid sluit op Woensdag 5 September 2018.

Klik ook hier vir herhalings van kursusse, ensovoorts, wat reeds in ‘n vorige Vrypos verskyn het: Understanding Trauma - The world through the eys of a traumatized child - TIRA-SA (Traumatic Incident Reduction Association-SA) by NG Elarduspark, Pretoria - 27 & 28 Augustus Musiekbedieningskursus: Bybel-Media - Brandhout Multitracks in Bloemfontein - 20 September

Excelsus Lentekonferensie 2018 in Pretoria - 18 tot 20 September

Brugbedieningskursusse in Pretoria - 20 tot 23 Augustus en 5 tot 8 November

Excelsus Kursus om as Spirituele begeleier opgelei te word in Pretoria/Rustenburg - 17 Februarie 2018, aansoeke sluit 30 September

GEMEENTE NUUS

NG Gardeniapark bied aan: Kom luister na: Op Sondag 12 Augustus 2018 om 09:00 sal ds Jannie McDuling (leier van Sinode

Hoëveld se portefeulje vir missionale bediening) en Dean Pillay (dinamiese bekeerling uit die Hindoegeloof), by dié gemeente optree.

Op Maandag 13 Augustus 2018 om 18:00 in die NG Gemeente De Bloem se kerksaal, sal Rehan Khan (bekeerling uit Islam en tans ‘n groot internetbedienaar vir Pakistan en ‘n kenner van die Koran in Arabies, asook ‘n strateeg oor die uitreik na Moslems), optree. Johan Louw, vroeër ‘n direkteur van Dawar en tans deel van SAAWE en aanbieder die van orale bediening aan Moslems met behulp van ‘n elektroniese audio-Bybel, sal ook optree.

Alle belangstellendes word hartlik na hierdie twee geleenthede uitgenooi, bevestig asseblief jou teenwoordigheid by prof Pieter Verster, [email protected], of skakel 051 436 4466.

NG Heuwelkruin: NG Brandfort: Die NG Moedergemeente Brandfort bied weer sy jaarlikse Tri Hunt gospeldiens-en kuierdag aan op Sondag19 Augustus 2018 om 10:00. Jannie Moolman, internasionaal erkende tenoor is die gaskunstenaar vir die dag. Slegs R100pp - sluit in die vertoning, braaipak met bykosse en poeding. Laatmiddag is daar die opsie van 'n wildrit vir die wat belangstel. Kom geniet 'n geesvervulde oggend en kuier saam met jou familie en vriende onder die doringbome van Tri Hunt. Kontak Hanna Struwig by 082 873 2650 vir kaartjies en navrae.

NG Bloemfontein-Noord (Klipkerk) bied op

Sondag 19 Augustus om 10:00 ‘n Gospelfees aan met sanger Du Preez Stoltz wat sy nuwe CD gaan bekendstel. Geen koste, slegs kollekte sal opgeneem word.

NG Frankfort: Gemeentefees op Saterdag 1 September 2018 en op die 2de word ook ‘n spitbraai-ete aangebied - klik op biljet links vir groter weergawe met al die inligting, asook die inskrywingsvorm vir ‘n kleurvolle fotokompetisie.

NG Hospitaalpark hou Karnaval: Kom geniet ’n heerlike Karnaval met smake vanuit die hele wêreld op Saterdag 1

September 2018 vanaf 08:30 by dié gemeente, geleë te Mayostraat 53, Hospitaalpark, Bloemfontein.

Baba-vlotparade: Vanjaar hou hulle vir die tweede keer ’n vlotparade vir kinders van 0-6 jaar. Oupa en Ouma kan kom spog met hulle kleinkind en handewerk. Bou solank ’n vlot vir jou kind/kleinkind, of maak die stootkarretjie mooi op. Die parade vind om 10:00 plaas - pryse te wen: 1steplek R500, 2de plek R200 en 3de plek R100.

Daar sal lekker speletjies en vermaak vir die kinders wees en die volgende lekkertes gaan te koop en te besigtig wees: Pannekoek, sosaties en wors, poeding, lekkergoed, kerrie en rys, vetkoek, skyfies (slap chips) en russiese worsies, pizza’s en groente, asook handgemaakte artikels, ’n koektafel, teetuin, tuisnywerheid, kwekery en die gewilde wit olifanttafel!

NG Hugenoot bied aan:

NG Parys-Suid: NG Rouxville hou Gemeentefees:

Vir heerlike plattelandse gasvryheid, woon gerus hierdie geleentheid by wat op Saterdag 1 September 2018 by die Vendusiekrale plaasvind - ontbyt word reeds vanaf 07:30 bedien en die amptelike opening sal om 09:00 geskied. Kom koop en geniet die volgende saam met die lidmate:

Ontbyt: Vanaf 07:30 Middagete: Tjops, wors, sosaties en slaai Teetuin heeldag oop.

Te koop: Grootkoeke, kleinkoekies, pannekoek, koeksisters, pragtige handwerk, vetkoek en basaarpoeding. Kom kry lekker winskopies by die Wit Olifanttafel

Kinderprogram: Gesigverf deur GOGGA en vele meer Heerlike VLEIS teen bekostigbare pryse Motorfietsitems

Klik ook hier vir herhalings van geleenthede wat reeds in ‘n vorige Vrypos verskyn het:

NG Wilgehof: Pretstap/draf 5km - 25 Augustus en ‘n Lentedans - 1 September

NG Jacobsdal: Vroueoggend met Caroline-Grace en Anri Powell - 8 September

AKTUEEL / ALGEMEEN

EKOLOGIE

Suid-Afrika moet nóú water bespaar: In ‘n onlangse artikel op

Landbou.com (Netwerk 24), word hierdie dringende krisis aangeroer. Suid-Afrikaners gebruik ongeveer 237 liter water per persoon per dag (die wêreldgemiddelde waterverbruik

per persoon is slegs 173 liter per persoon per dag! Die waterkrisis word ook veroorsaak deur die groeiende behoefte na water, onvoldoende onderhoud aan bestaande waterinfrastruktuur en onvoldoende belegging in infrastruktuur. Lees gerus hier verder.

(Foto’s met erkenning aan Landbou.com)

NUUSBRIEWE EN PUBLIKASIES

CLF NUUS: Christelike Lektuurfonds) ontwikkel, druk en versprei ‘n verskeidenheid

Christelike pamflette wat hulle gratis aan kerke, organisasies, uitreikaksies, individue, beskikbaar maak om hulle in hul bediening te ondersteun. Hulle het ‘n verskeidenheid pamflette wat handel oor relevante sosiale/maatskaplike kwessies, onder andere ook oor

gestremdheid. CLF wil graag van hierdie pamflette beskikbaar maak aan kerke om te gebruik vir die

geleentheid, Sondag vir persone met gestremdheid op 26 Augustus - daar is twee pamflette hieroor beskikbaar (die pamflet regs, maak deel uit van die Seisoene van menswaardigheid-reeks):

Kontak CLF op 021 873 6964, of stuur ‘n e-pos na [email protected] om die pamflette aan te vra - klik ook op die logo van RampUp vir meer inligting oor hierdie organisasie wat die Kerk en mense met gestremdhede help om verhoudings te bou, sodat almal in die Kerk kan tuisvoel. Klik ook hier vir meer oor die September-uitgawe van LiG Tydskrif.

Nuusbrief 12/2018: Hierdie uitgawe word gewy aan Kerkbode van 3

Augustus 2018, sowel as ‘n Bybelkor Publikasie, die Bybelboek-reeks ten opsigte van Matteus 1 - 16 (Sout en lig) - lees dit hier.

Gesprekskaarte om groepgesprekke na 'n dieper vlak te neem en nuwe produkte oor die doop: Klik hier as jy sou belangstel om die gesprekskaarte te bestel en hier vir alles oor

die doop.

TOIBO - Julie 2018: Klik op biljet om die nuusbrief te lees.

PREDIKANTE NUUS

BEROEPE: Die NG Gemeente Rouxville, het vir ds T (Theunis) de Bruin van die NG Gemeente Kamieskroon

(Sinode Wes-Kaapland), beroep as ‘n Vastetermynleraar, met ‘n eenjaar kontrak.

AFLOSLERAARS: Klik hier vir ‘n lys van leraars/proponente wat beskikbaar is om in gemeentes af te los, of vir

preekbeurte.

VAKATURES

Finansiële- en Admininstratiewe Beampte - NG Hugenoot, Bloemfontein: Hierdie

halfdagpos se minimum vereistes is soos volg:

• Bestuurslisensie en eie vervoer

• Admin- en finansiële agtergrond

• Microsoft Office agtergrond

• Ouderdom: Jonger as 55jr

• Kennis van Winkerk sal tot voordeel wees

Stuur alle CV’s na die Kerkkantoor by [email protected] - die sluitingsdatum vir aansoeke is reeds Maandag 13 Augustus 2018.

VOLTYDSE LERAAR - NG FICHARDTPARK, BLOEMFONTEIN: Alhoewel hierdie pos eers vanaf 1

April 2019 vakant raak, wag die gemeente nou reeds aansoeke daarvoor in, klik hier vir al die inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is reeds Vrydag 17 Augustus 2018, met diensaanvaarding vanaf 1 April 2019.

FINANSIëLE BEAMPTE - NG UNIVERSITAS-WES GEMEENSKAPSENTRUM: Hierdie vakature

onstaan vanaf 1 Oktober 2018 en belangstellendes wat kwalifiseer, word versoek om vir hierdie pos aansoek te doen, klik hier vir meer besonderhede. Die sluitingsdatum van aansoeke is reeds Vrydag 17 Augustus 2018 om 12:00.

TENTMAKER - NG ANDREW MURRAY, BLOEMFONTEIN: Hierdie Engelstalige gemeente, benodig

die dienste van ‘n Tentmaker, klik hier vir al die besonderhede - die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 31 Augustus 2018.

ORRELIS - NG HOSPITAALPARK, BLOEMFONTEIN: Aansoeke word ingewag vir die pos van orrelis

met die volgende verantwoordelikhede:

Begeleiding tydens oggend- en aanddienste, met voorafsang, asook spesiale dienste.

Die orrelis is ook verantwoordelik vir die afrig van die gemeentekoor vir optredes in die gemeente.

Die riglyne van die SA Kerkorrelvereniging sal dien om die geskikte kandidaat se salaris te bepaal. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 31 Augustus 2018. Aansoeke/navrae kan aan ds Graig Salzmann by 082 828 1659, e-pos [email protected], of aan ds George Whitehead by 082 303 4098, e-pos [email protected], gerig word.

VAKATURES - e-KERKBODE: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante

kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

VERJAARSDAE

... mag dit vir elkeen van julle ‘n geseënde dag en lewensjaar wees

8 Augustus: Dr Wollie Grobler - BLOEMFONTEIN-NOORD - 082 829 8718, [email protected]

10 Augustus: Ds Jan Venter - GARDENIAPARK - 072 215 2917, [email protected]

Ds Elize-Stander - JACOBSDAL - 074 710 2620, [email protected] Ds Francois van Tonder - PARYS-OOS - 072 522 9598, [email protected]

11 Augustus: Dr Johan Kruger - RIEBEECKSTAD-ERFDEEL - 084 256 8031, [email protected]

12 Augustus: Dr Nico Dicks - WELKOM-SUID - 083 780 8300, [email protected]

14 Augustus: Ds Hannes du Plessis - REITZ - 072 601 4511, [email protected]

TEN SLOTTE

Lig vir die wêreld - Jes 60

Wanneer ‘n mens hierdie gedeelte lees, val dit op dat God mense seën en dat die seën in rykdom gesien word. Wat maak ‘n mens met hierdie oënskynlike stuk voorspoedsteologie? Hoe moet ons dit hier verstaan? Ons moet versigtig wees om die gedeelte te vinnig te vergeestelik. Dit gaan hier

inderdaad oor konkrete seën van God se kant.

Die teks moet egter verreken word binne die konteks van die dag waarin dit na die eerste lesers gekom het. Binne die oorspronklike konteks, het die teenwoordigheid van ‘n koning gepaard gegaan met rykdom en luister. Die teks is vol van hierdie taal van rykdom en luister om aan te dui dat God die grootste en magtigste Koning van alle tye is en waar God teenwoordig is, is daar oorvloed.

‘n Mens lees van dieselfde rykdom, wanneer Jesus gebore word en Hy goud, wierook en mirre as geskenke ontvang. Geskenke hoort by ‘n koning en dit dui op Jesus se Koningskap. Tog weet ons die verhaal van Jesus loop deur ‘n houtkruis waar Hy nakend vir die wêreld hang om te sien… daarin lê ook sy verhoging tot Verlosser van die mensdom.

Ons moet nie die fout maak om te dink dat om lig vir die wêreld te wees, ons uit ons sokkies geseën moet word nie. Lig vir die wêreld breek juis aan daar waar ons die hande en die voete van Jesus in ‘n gebroke en stukkende wêreld is. Om in die gebroke wêreld te leef, vra ‘n kerk wat bereid is om gaan sit by die armes en die noodlydendes.

Dit vra dat ons afstand sal doen van ons mag en ons gemaksones…

KONTAK ONS

THEA BOSMAN

Samesteller/Redaksioneel: [email protected] of [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp)

AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

Stuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] / [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 12:00, behalwe tydens skoolvakansies)

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld

Dr Carin van Schalkwyk is Tentmakerleraar by NG Philippolis,

asook Skriba van die Vrystaat Sinode