16
Resepte vir ’n gesonde aftrede

Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

  • Upload
    others

  • View
    28

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

Resepte vir ’ngesonde aftrede

Page 2: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

Om vir aftrede te spaar is nie so maklik nie, want dit verg baie dissipline en toewyding. In ons tegnologies gedrewe wêreld raak ons so gewoond om onmiddellik te kry wat ons wil hê. Daarenteen beteken spaar vir aftrede dat jy geld wegsit vir iets wat baie ver in die toekoms lê. Dit kan frustrerend wees, maar dit is noodsaaklik.

’n Mens móét eenvoudig vir aftrede spaar. Die Suid-Afrikaanse regering moedig mense aan om vir aftrede te spaar, en daar is sekere belastingtoegewings wat jy kan benut om jou spaarfonds te maksimeer. Die wet beskerm ook jou aftreespaarfondse teen eise van krediteure indien jy insolvent raak. Om uit hierdie voordele munt te slaan, moet jy seker maak dat jou geld in die regte tipe beleggingsinstrument belê is.

Uittree-annuïteite is juis die tipe aftreespaarprodukwat jou hierdie voordele en nog meer bied. Wanneer jy tot ’n uittree-annuïteit bydra, sit jy elke maand geld opsy in ’n beleggingsportefeulje. Jou beleggingsportefeulje kan uit enige getal fondse bestaan. Fondse is soos verskillende bestanddele van ’n resep. Elke fonds het sy eie karakter en speel ’n ander rol om uiteindelik ’n heerlike dis te lewer.

Wanneer jou aftrede aanbreek, sal die belegging uitbetaal en sal jou spaargeld beskikbaar wees om in ’n nuwe soort instrument te belê wat jou ’n maandelikse inkomste tydens aftrede sal gee.

’n Uittree-annuïteit hou weer eens belastingvoordele in wanneer jou belegging uitbetaal word.

Die artikels hierna skets van die sleutelvoordele wat jy kry as jy ’n uittree- annuïteit gebruik om vir aftrede te spaar. Soos met enige goeie ete, is voorbereiding vir aftrede die sleutel tot ’n smaaklike uitkoms.

Voorbereidings vir ’n

feestafel

1

Soos met enige goeie ete, is voorbereiding vir aftrede die sleutel tot ’n

smaaklike uitkoms.

Page 3: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

2

Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n paar onmisbare bestanddele gebaseer. As jy die kombinasie regkry, kan jy genoeg spaar om ’n verrykende en finansieel onafhanklike aftrede te geniet.

Spaarfondse Die grondslag van ’n goeie aftreestrategie is om seker te maak dat jy elke maand genoeg geld vir jou aftrede opsysit. Dit is ook die deel waaroor jy die meeste beheer het. Selfs al kan jy nie nou genoeg geld wegsit nie, moet jy nog steeds die vuur aan die gang kry deur vandag te begin spaar wat jy ook al kan bekostig.

Dit is egter belangrik om te onthou dat die geheim uiteindelik in die sous lê. As een onmisbare bestanddeel ontbreek, kan dit die hele maaltyd bederf. Dieselfde geld vir aftreespaarfondse – dis belangrik om seker te maak dat al die elemente ingesluit is om onsekerheid in jou goue jare en afhanklikheid van die staat of familie te vermy.

Hier is ’n lys van bestanddele om ’n suksesvolle aftrede te verseker.

In ’n wêreld van toenemende onsekerheid en immer

stygende koste, probeer baie Suid-Afrikaners bloot om

maand na maand kop bo water te hou.

Maar wat gebeur as ons aftree?

Wat is die beste manier om nou te

spaar sodat jy genoeg geld het wanneer

jy aftree?

Resep vir ’n suksesvolle aftrede

Page 4: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

3

Baie mense dink hul volle maande-likse bydrae (die bedrag op hul betaalstrokie) tot hul aftreefonds of uittree-annuïteit gaan direk in ’n spaarfonds. Ongelukkig is dit nie altyd so nie. Trouens, in die meeste gevalle word koste van jou bydrae afgetrek vir byvoorbeeld administrasie en/of risikovoordele. Die geld wat oor is – die werklike spaarbedrag wat in jou aftreefonds belê word – is wat ons jou netto bydraekoers noem. Jy moet seker maak dat hierdie bedrag genoeg is.

In hierdie artikel aanvaar ons dat al die bydraes waarna ons verwys, reeds die aftrekking van fooie en risikokoste in ag geneem het. Ons wil hier kyk na die werklike bedrag wat in jou aftreespaarfonds belê word.

Dit is regtig belangrik dat jy verstaan watter koste afgetrek word van die bydraes wat jy as lid van ’n aftreefonds lewer. Dis die enigste manier om ’n duidelike beeld te kry van wat jy regtig vir aftrede spaar.

Sleutelaanwysers uit Sanlam se 2012 BENCHMARK™-opname oor die aftreefondsbedryf toon dat die meeste mense teen ’n netto bydraekoers van ongeveer 6% van hul maandelikse salaris spaar. Dit is beslis te laag. Iemand wat vanaf ouderdom 18 tot op aftree-ouderdom 60 slegs hul netto bydrae spaar, sal na aftrede maar sowat een derde van wat hulle voor aftrede verdien het as ’n salaris kry. Kom ons kyk uit ’n ander hoek hierna. Tato is die gemiddelde Suid-Afrikaner wat sy

aftreespaarbehoeftes wil bestuur. Gestel Tato het net voor aftrede R10 000 per maand verdien. Dan sal sy inkomste by aftrede op ouderdom 60 ongeveer R3 000 wees. Dit sal duidelik ’n groot impak op sy lewenstandaard hê.

Indien hy vanaf ouderdom 18 tot 60 teen ’n hoër koers bydra, sal die resultate baie beter begin lyk. ’n Bydraekoers van 12.5% sal hom R6 500 per maand gee. ’n Bydraekoers van 20% sal hom R10 000 gee, en 27.5% sal hom R15 000 per maand gee!

Dit berus egter op die aanname dat hy op die jong ouderdom van 18 begin spaar het. As hy eers 10 jaar later kan begin spaar, wanneer hy omtrent 28 is, begin die prentjie anders lyk. ’n Netto bydraekoers van 12.5% sal hom net R4 500 per maand gee. En 20% sal R7 100 per maand beteken, terwyl 27.5% Tato R10 000 per maand sal gee. Dit illustreer dat die duur van jou spaartermyn ook belangrik is. Dit is dan ons volgende onmisbare bestanddeel.

Veronderstelde beleggingsopbrengs = 5% bo inflasie

Netto bydrae 12.5% 20% 27.5%

Tato

se

% v

an

pen

sioe

ngew

end

e sa

laris

Ouderdom 18 – 60

Ouderdom 28 – 60

R6 500 R4 500 R10 000 R7 100 R15 000 R10 000

Page 5: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

4

Duur van spaartermyn

Tweedens is dit belangrik om nie die oond oop te maak terwyl jy ’n wortelkoek bak nie, want dit sal platval en kluitjierig wees. Net so moet ’n mens nie jou opgehoopte aftreespaargeld onttrek voordat jy werklik aftree nie.

As ons na Tato se geval kyk – indien hy vanaf ouderdom 18 teen ’n koers van 12.5% bygedra het, kan hy ’n inkomste van ongeveer R6 500 na aftrede verwag

wanneer hy op ouderdom 60 aftree. Maar as Tato

al sy aftreespaargeld op ouderdom 28 onttrek en van voor af teen dieselfde koers begin bydra, sal sy geprojekteerde

inkomste na aftrede tot R4 500 daal.

Jou aftreespaarfonds is soos enige goeie bredie – hoe langer jy dit voorberei, hoe beter sal dit wees. Jy het dit al gehoor, maar dis regtig belangrik om so vroeg as moontlik vir aftrede te begin spaar, en so lank as moontlik te spaar.

Indien Tato 6% tot sy aftreefonds bydra op ouderdom 28, en verwag om op ouderdom 60 af te tree, sal hy na aftrede ’n salaris van ongeveer R2 000 ontvang – dit is 20% van wat hy net voor aftrede verdien het.

As hy sy aftrede tot ouderdom 65 uitstel en teen dieselfde koers bydra, sal hy sy geprojekteerde salaris tot sowat R3 000 opstoot.

R6 500 R4 500R2 000 R3 000

Veronderstelde beleggingsopbrengs = 5% bo inflasie

Netto bydrae 6%

Netto bydrae 12.5%

Ouderdom 28 – 60

Ouderdom 28 – 65

Ouderdom 18 – 60

Ouderdom 28 – 60

Baie Suid-Afrikaners onttrek en bestee

hul aftreespaargeld voor aftrede, met die gevolg dat hulle by aftrede nie genoeg spaarfondse het nie.

Tato

se

% v

an

pen

sioe

ngew

end

e sa

laris

Tato

se

% v

an

pen

sioe

ngew

end

e sa

laris

Page 6: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

5

Beleggingsopbrengs

kan die opbrengste wat jy verdien ’n beduidende invloed hê op die grootte van jou aftreespaarfonds teen die tyd dat jy aftree. Daarom is dit baie belangrik om te verseker dat jy jou geld belê om jou uiteindelike opbrengs te maksimeer. Soos met soveel dinge in die lewe, is daar ’n kompromie wat jy moet oorweeg. Hoër opbrengste gaan gewoonlik met hoër risiko gepaard, en dis belangrik om ’n balans tussen die twee te vind wat by jou profiel pas. ’n Sanlam-adviseur of geakkrediteerde makelaar is die regte persoon met wie jy kan gesels om leiding hieroor te kry.

Die laaste onmisbare bestanddeel is om seker te maak jou geld groei soos dit moet. Net soos brood gis nodig het om te rys, het jou aftreespaargeld ’n goeie belegging nodig om gedurende jou werkloopbaan te groei.

In die berekenings wat ons tot dusver bespreek het, het ons aanvaar dat Tato se aftreespaarfonds teen 5% bo die inflasiekoers gegroei het – dit wil sê genoeg om die dalende waarde van geld te dek, plus 5% ekstra.

Aangesien jou aftreespaargeld oor baie jare opgebou word,

Netto bydrae van 6%

Ouderdom 18 – 60

Veronderstelde beleggingsopbrengs

5% bo inflasie

R3 000

3% bo inflasie

R1 500

Tato

se

% v

an

pen

sioe

ngew

end

e sa

laris

Tato

se

% v

an

pen

sioe

ngew

end

e sa

laris

Page 7: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

6

Die ideale eteAs jy dus wil seker maak dat jy die regte mate van finansiële sekuriteit in jou goue jare het, onthou hierdie vier onmisbare bestanddele:

1Maak seker jy sit elke maand genoeg geld

opsy vir jou aftreespaarfonds.

2Begin so gou as moontlik spaar.

3Wat jy ook al doen – moenie jou

aftreespaargeld voor aftrede onttrek nie.

4En maak seker dat jy ’n goeie

beleggingsopbrengs op jou geld kry wat by jou persoonlike omstandighede pas.

Al wat jy dan moet doen, is om dit in die oond te sit en by 180ºC te bak tot goudbruin!

Page 8: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

7

Die spesiale bestanddeel is

saamgestelderente

Die begrip “saamgestelde rente” kan baie mense laat terugdeins omdat dit ingewikkeld en tegnies klink. Die beginsel van saamgestelde rente is eintlik heel eenvoudig – dat gaan oor rente op rente op rente. Dis regtig ’n smaaklike konsep!

Die doel van ’n belegging is om jou geld te laat groei. Dit verseker dat die waarde van jou spaargeld toeneem om vir stygende lewenskoste te vergoed en nog ’n bietjie meer groei om die reële waarde van jou geld te laat styg.

Elke sjef het ’n spesiale bestanddeel wat hulle graag

gebruik in hul kookkuns. Soms kan dit iets baie

eenvoudigs wees, soos ’n skeutjie suurlemoensap

oor slaai; soms kan dit iets onverwags wees, soos ’n lepel grondboontjiebotter in ’n pot

botterskorsiesop!

Daar is een spesiale bestanddeel wat ons in

gedagte moet hou wanneer ons deeglik vir

aftrede beplan: saamgestelde rente. As jy leer hoe om dit

reg te gebruik, sal jou aftreebeplanning ’n meesterstuk wees.

Page 9: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

8

Wat is saamgestelde rente?Die kernbeginsel van saamgestelde rente is om addisionele rente op rente te verdien.

Sodra jy jou eerste rente verdien, word dit by die hoofsom gevoeg.

R100 + 9% R109+ 9% R118.80 + 9% R129.50 + 9%Jaar 1 Jaar 2 Jaar 3 Jaar 4

R9.00

R9.80

R10.70

Eenvoudig gestel – as jy ’n opbrengs van 9% per jaar op ’n belegging van R100 verdien, sal jy aan die einde van daardie jaar R109 hê. In die tweede jaar begin saamgestelde rente ’n rol speel. In jaar twee het jy reeds R109, en in plaas van om nog R9 op die oorspronklike belegging van R100 te verdien, kry jy R9.80 op die volle R109. Die ekstra R9 wat jy in jaar een verdien het, verhoog die rentebedrag wat jy in jaar twee verdien, en dit stel jou in staat om elke jaar rente op jou rente te verdien. In jaar drie is jou beginsaldo R118.80 (dit is R109 plus die R9.80 wat jy in jaar twee verdien het). Dit beteken in jaar drie sal jy R10.70 rente verdien, wat die totaal op R129.50 te staan bring vir jaar vier. Kortom – hoe langer jy jou geld laat groei, hoe vinniger sal dit meer word.

Page 10: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

9

30 yearsDís waar die wonder van saamgestelde rente gebeur

R479 453

Gebaseer op ’n koers van 9%

Gestel jy wag ’n bietjie en begin eers op ouderdom 35 spaar. Kom ons sê jy belê elke maand R250 in jou fonds, totdat jy 65 word. Dit is 30 jaar se spaar en beteken R90 000 uit jou sak oor hierdie tydperk. As ons aanvaar jou geld groei teen dieselfde koers van 9%, sal jou saldo R425 528 wees teen die tyd dat jy 65 is. Dit is minder as in die eerste voorbeeld, al het jy vir 30 jaar in plaas van 6 jaar gespaar!

Wat beteken dit vir aftreespaargeld?Die belangrikste les hieruit is hoe vroeër jy begin spaar, hoe beter. Kom ons kyk na twee verskillende situasies.

Gestel jy spaar R250 per maand vir 6 jaar, tussen die ouderdom van 24 en 30. Dit beteken jy sal R18 000 uit jou sak bydra oor die ses jaar. Op ouderdom 30 staak jy jou bydraes maar laat jou geld verder groei. Indien jou geld teen 9% groei, sal jou saldo R479 453 wees teen die tyd dat jy 65 is.

Slegs ses jaar lank gespaar, maar nog steeds

meer verdien. As jy voortgegaan het om R250 per maand weg te sit, sou

jy ’n verstommende R1 152 864 by aftrede

gehad het!

Ouderdom 24

Ouderdom 30

Ouderdom65

Gebaseer op ’n koers van 9%

Ouderdom 35

Ouderdom 65

Dertig jaar lank gespaar, teen 9% rente,

en minder verdien omdat die spaartermyn

ongeveer 11 jaar later begin het.

Hoe meer tyd jy toelaat dat jou spaargeld aangroei, hoe

beter!

Dit wys net hoe belangrik dit is om so gou as moontlik te begin, omdat saamgestelde rente tyd nodig het om regtig doeltreffend te werk.

R425 528

Page 11: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

10

Belegging groei teen 5%

R10

R10.60

Begin van die jaar Einde van die jaar

(met R9.60 kleingeld)

R100 R105

Wat van inflasie? Ons het vroeër stygende lewenskoste genoem, wat tegnies inflasie genoem word. Ons is almal terdeë bewus van hoe pryse elke jaar opgaan – veral items soos brandstof en elektrisiteit, wat al hoe duurder word. Inflasie laat die waarde van jou spaargeld krimp. Daarom is dit so belangrik om jou aftreespaargeld te belê in ’n instrument wat jou groei bo die inflasiekoers kan bied.

In Suid-Afrika is die huidige inflasiekoers 5.7% (Desember 2012) op ’n jaar-tot-jaar-grondslag. Dit beteken die rente wat jy verdien, moet meer wees as 5.7%.

Gestel ’n botteltjie speserye kos vanjaar R10. Met R100 sal jy 10 botteltjies speserye kan

koop. Kom ons aanvaar jy belê daardie R100 sodat jy volgende jaar hierdie tyd weer speserye kan koop, maar die beleggingsinstrument wat jy gebruik verdien net 5% rente, terwyl inflasie 6% is.

Nou spring ons na ’n jaar later.

Gedurende die jaar sal die geld wat jy belê het, van R100 tot R105 aangroei. Nie sleg nie? Die probleem is dat inflasie hoër as jou groeikoers was. Dit beteken

die prys van dieselfde botteltjie speserye het gedurende

die jaar met R10 tot R10.60 gestyg. Jou R105 kan nou net 9 botteltjies speserye koop (met R9.60 kleingeld oor). Jy is swakker daaraan toe

as toe jy begin het.

Die rente wat jy verdien, moet

meer wees as inflasie, sodat dit nie die waarde van jou

spaargeld wegkalwer nie!

Page 12: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

11

Wat beteken dit alles?Hier is twee belangrike lesse.

Die eerste is dat jy so vroeg as moontlik

moet begin spaar, omdat jou vroeë spaarfondse danksy die krag van

saamgestelde rente die meeste sal gegroei het teen die tyd dat jy aftree.

2Die tweede is dat jy jou spaargeld in ’n

spaarinstrument moet belê wat meer as inflasie groei.

’n Nuttige wenk is om seker te maak jy reël ’n direkte debietorder op jou bankrekening vir ’n

aftreespaarproduk wat jou ’n opbrengs bo inflasie bied.

Dan sal jou spaargeld “verdwyn” sodra jou salaris

in jou rekening inbetaal word, en sal dit jou nie pla om elke

maand van daardie geld afstand te doen nie.

Dit word sterk aanbeveel dat jy met ’n adviseur of ’n geakkrediteerde makelaar gesels om seker te maak jy

kry die regte advies om jou aftreespaarplan op

dreef te kry.

1

Page 13: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

12

Een tipe is nie vir almal nommerpas nieDie keuse van die regte beleggings-instrument en onderliggende beleggingsfondse kan oorweldigend wees. Verskillende opsies bied verskillende tipes voordele en dit is belangrik om seker te maak dat jy die regte portefeulje het wat vir jou aftreeplan geskik is, met inagneming van jou ouderdom en omstandighede. Sanlam finansiële adviseurs of geakkrediteerde makelaars is weer eens die beste mense wat jou kan help.

Van belasting gepraat Die goeie nuus is dat die regering jou aansporings gee om vir aftrede te spaar. Soos met die meeste belastingverwante kwessies, kan dinge ’n bietjie ingewikkeld raak. ’n Sanlam finansiële adviseur of geakkrediteerde makelaar kan jou help om jou belastingdoeltreffendheid te maksimeer deur hierdie verligting ten volle te benut.

Die kookkuns kan taamlik ingewik-keld raak. Wat is die verskil tussen ’n ui laat sweet, verbruin of soteer? Al hierdie tegniese terme kan regtig ingewikkeld raak. Daarom is dit dikwels ’n goeie idee om met die kenners te gesels. Dieselfde geld vir aftreebeplanning.

Daar is verskeie goeie redes om goeie finansiële advies te kry, maar hier is twee sleutelaspekte wat op die meeste mense van toepassing is:

Leer bydie topsjefs

Daar is ’n verskil tussen uie laat sweet en

uie soteer. Om ’n ui te laat sweet, het jy lae

hitte nodig om die suikers vry te stel en uiteindelik ’n sagte,

deurskynende produk met ’n

subtiele geur te hê.

Verbruining of sotering verg hoër

hitte waarteen jy die uie braai tot hulle

bruin is en die geur dieper en

ryker word.

Page 14: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

13

Elke tydskrif wat jy deurblaai, sal ’n ander mening hê oor watter gesondheidskosse die beste is om te eet. Een week is tamaties die wonderproduk, en die volgende week is dit goji- bessies! Aftreebeplanning kan soms ook so wees, maar gelukkig is daar ’n beproefde instrument wat vir talle mense werk – die Uittree-annuïteit (UA).

Uittree-annuïteite is uitstekende beleggingsinstrumente uit ’n belastingoogpunt, omdat beleggers drie uitstekende belastingvoordele kry:

Die regte dieet

1 Jou spaarbydraes is tot ’n seker perk aftrekbaar van jou belasbare inkomste. Dit beteken jy kan jou aftreespaargeld in jou UA belê voordat belasting op jou salaris bereken word. Gestel jy word teen ’n marginale koers van 40% belas. Dit beteken vir elke R100 wat jy verdien, betaal jy R40 belasting en kry R60 in jou sak. Aangesien jou geld in die UA belê word voordat Jan Taks sy deel kry, betaal jy uiteindelik R60 uit jou sak, maar kry R100 in jou UA!

2 Geld in aftreefondse kry gunstige behandeling, in vergelyking met ’n gewone belegging. In ’n gewone beleggingsinstrument sal jy aanspreeklik wees om belasting te betaal op die groei in jou belegging. Spaarfondse in ’n uittree-annuïteit is van hierdie belasting vrygestel!

3 Beter behandeling van die uitbetaling wanneer jy aftree. Die slegte nuus is dat jy uiteindelik wel belasting moet betaal op die geld wat jy vir jou aftrede spaar. Dit gebeur heel aan die einde, wanneer jy finaal jou annuïteit opvra en jou geld herbelê om jou ’n gereelde inkomste te gee. Die goeie nuus is dat hierdie belasting ligter is as gewone inkomstebelasting. Tot die eerste R315 000 wat jy in kontant ontvang, is volkome belastingvry, en die res word volgens ’n baie gunstige skaal belas.

Page 15: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

UA’s is nie net uit ’n belastingoogpunt ’n uitstekende keuse nie – daar is ook ander voordele:

1 Uittree-annuïteite word gewoonlik teen krediteure beskerm. Dit beteken jou krediteure sal nie op jou UA beslag kan lê indien jy insolvent raak nie.

2 ’n Onttrekking uit ’n pensioenfonds kan belastingvry na ’n uittree-annuïteit oorgedra word.

3 By aftrede sal jy jou spaargeld na ’n ander annuïteit moet oordra wat jou ’n maandelikse salaris sal betaal tydens aftrede. Daar is verskeie uitstekende annuïteitopsies waarin jy kan belê, wat jou verskillende voordele soos kapitaalbeskerming en/of voortreflike opbrengste bied. Jy kan ook ’n waarborg kry dat jy na aftrede lewenslank ’n inkomste sal kry.

Dit is altyd ’n goeie idee om met jou Sanlam finansiële adviseur of geakkrediteerde makelaar te gesels om seker te maak jou plan is op koers.

avokadopere

knoffel

bloubessies

akai- en goji-bessies

olieryke vis

adzuki-boontjies

tamaties

quinoa

broccoli

TOP 10 SUPERKOSSE

WAT JY BY JOU SUPERMARK

KAN KRY

Bron: http://metro.co.uk/2013/02/19/top-10-superfoods-3503569/

14

Page 16: Resepte vir ’n gesonde aftrede - newmediadigital.co.za vir n gesonde aftrede.pdf · 2 Soos enige meesterstuk uit die kombuis, is die resep om genoeg vir aftrede te spaar op ’n

15

As jy instap in ’n goeie winkel wat bevrore jogurt verkoop, sal jy waarskynlik uit ’n groot verskeidenheid geure kan kies. Almal het hul eie gunstelingkombinasies volgens hul smaak. Net so is daar uittree-annuïteite om by die besondere behoeftes van elke tipe persoon te pas.

Mense wat gelukkig genoeg is om jaarlikse bonusse te verdien, kan hierdie meevaller gebruik om hul aftreevoorsiening met ’n uittree-annuïteit aan te vul – ’n slim keuse in plaas van om ’n nuwe TV te koop om by die bure by te hou!

Mense beweeg soms in die middel van hul loopbaan na ’n salarisposisie met ’n volle pensioenpakket. Hoewel dit altyd beter is om eerder vroeër as later te begin spaar, kan ’n uittree-annuïteit die beste uitweg wees om hierdie beleggers verlore tyd te help inhaal.

Uittree-annuïteite is regtig ’n uitstekende keuse vir jong beleggers. Dit bied nie net spaardissipline nie, maar jonger beleggers kan ook die volle voordeel van saamgestelde rente benut, omdat hulle langer kan spaar.

Mense wat halfpad deur hul werkloop-baan is, het miskien by ’n punt gekom waar hul verdienvermoëen hul spaarvermoë die hoogste vlak bereik het wat hulle waarskynlik sal bereik. Uittree-annuïteite is ’n uitstekende oplossing vir hierdie beleggers, as gevolg van die belastingaansporings asook die feit dat hulle teen krediteure beskerm is in die geval van insolvensie.

Uittree-annuïteite is selfs vir selfbesoldigdes ’n uitstekende opsie. Selfbesoldigdes is dikwels nie lid van ’n pensioen- of voorsorgfonds nie, en daarom is ’n uittree-annuïteit ’n uitstekende manier om daardie neseier vir aftrede op te bou. Beter nog – selfbesoldigdes kry ook spesiale belastingvoordele en hul spaarfondse word beskerm in die geval van insolvensie, wat dikwels ’n groot risiko vir hierdie tipe belegger is.

Daar is uittree-annuïteite

om by die besondere

behoeftes van elke tipe persoon

te pas.

GEMAGTIGDE FINANSIëlEDIENSTEVERSKAFFERM3777 04/2013

Watter geur is jou gunsteling?