120
PIETER WILLEM NEL (ZA- ZIM-ZA) Outobiografie. 15 MAART 2010 Ons, Susan en ek woon by Bert en ons dogter,Amanda Botha, te Maroelaweg 36 Brits. Die 21ste April,my verjaardag, sal ek geseen wees met 83 lewensjare. DIE dokument begin as “ Rhodesie” vandag 15 Junie verander na ZA-ZIM-ZA omdat, my relaas in Suid Afrika begin,en strek oor amper 20 jaar.En daarna my 24 jaar verblyf in RHODESIE dek, en daarna weer tot vandag 15 Junie 2010, 39 jaar in RSA,(1jr in Vaalwater en 38jr in Brits.) Aan elkeen van ons kinders,veral vir Pieter wat so graag meer van Largo wil weet,volg nou die verloop van gebeure, soos wat ek dit onthou,voeg gerus by wat vir julle van belang is,veral van jul skooljare en die jare hier in Brits. Ek het die eerste keer April 2007 begin skryf op n ou rekenaar,en gevorder tot by die jaar 1953 van my lewe( omtrent 23 bladsye) toe (breek) die rekenaar en al my skryfwerk is verlore.Maar die nuwer ou model wat Bert vir my gebruik gee,is nog baie goed,en die keer onthou of herroep ek meer besonderhede. Desember 2009 gee Bert vir my n ander rekenaar wat ons kleinseun Chtistiaan, Bert en Amanda se seun,vir my kom opstel,en ek begin weer skryf,eintlik tik, soms met twee vingers,maar ook nie elke dag nie,en weet ooknie hoe om die leestekens by te voeg,en vergeet chronies die Caps Lock aan. Pieter Willem Nel Gebore te Bloemfontein 21 April 1927 My ouers vader Petrus Johannes Nel gebore 21November 1904 te Bloemfontein Oorlede 16 Julie 1978 te Vaalwater, en moeder Margaretha Johanna (Brandsma),gebore 23Mei 1908 te Ficksburg,Oorlede 23

RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

  • Upload
    domien

  • View
    326

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

PIETER WILLEM NEL (ZA-ZIM-ZA) Outobiografie. 15 MAART 2010 Ons, Susan en ek woon by Bert en ons dogter,Amanda Botha, te Maroelaweg 36 Brits. Die 21ste April,my verjaardag, sal ek geseen wees met 83 lewensjare. DIE dokument begin as “ Rhodesie” vandag 15 Junie verander na ZA-ZIM-ZA omdat,my relaas in Suid Afrika begin,en strek oor amper 20 jaar.En daarna my 24 jaar verblyf in RHODESIE dek, en daarna weer tot vandag 15 Junie 2010, 39 jaar in RSA,(1jr in Vaalwater en 38jr in Brits.) Aan elkeen van ons kinders,veral vir Pieter wat so graag meer van Largo wil weet,volg nou die verloop van gebeure, soos wat ek dit onthou,voeg gerus by wat vir julle van belang is,veral van jul skooljare en die jare hier in Brits.

Ek het die eerste keer April 2007 begin skryf op n ou rekenaar,en gevorder tot by die jaar 1953 van my lewe( omtrent 23 bladsye) toe (breek) die rekenaar en al my skryfwerk is verlore.Maar die nuwer ou model wat Bert vir my gebruik gee,is nog baie goed,en die keer onthou of herroep ek meer besonderhede.

Desember 2009 gee Bert vir my n ander rekenaar wat ons kleinseun Chtistiaan, Bert en Amanda se seun,vir my kom opstel,en ek begin weer skryf,eintlik tik, soms met twee vingers,maar ook nie elke dag nie,en weet ooknie hoe om die leestekens by te voeg,en vergeet chronies die Caps Lock aan.

Pieter Willem Nel Gebore te Bloemfontein 21 April 1927

My ouers vader Petrus Johannes Nel gebore 21November 1904 te BloemfonteinOorlede 16 Julie 1978 te Vaalwater, en moeder Margaretha Johanna (Brandsma),gebore 23Mei 1908 te Ficksburg,Oorlede 23 Februarie 1998 ,te Pretoria,alby my ouers is in Warmbad begrawe.Hulle is op die 3de Julie 1926 in Bloemfontein getroud,en ses kinders is gebore.

Pieter Willem Nel 21April 1927 Elizabeth Anna (Lulu) 9Julie 1928 Oorlede Jacoba Catharina 25Des 1930 Oorlede 5 Desember 1931 Werina 21Okt 1932 Douwe Brandsma 31Jan 1936 Jacoba Catharina 14Julie 1940 Oorlede 24 Desember200

Wat ek onthou,is die eerste huis waar ons gewoon het in Haldon Weg Bloemfontein langs my Oupa Pieter(P W Nel) en Ouma Jacoba Catharina (Fick) dit was 1931/32.

Mamie se ouers Oupa Douwe Brandsma is oorlede voor Mamie gebore is 23Mei 1908,en was afkomstig van Flaandere.

Page 2: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ouma Brandsma woon op n plot te Bainsvlei,buite Bloemfontein.

In die kombuis van ons huis te BLOEMFONTEIN, was n WELCOME DOVER steenkool- stoof , ek was so 3jr oud, laat een winter- agtermidag moet die huishulp my voete was.Die oond deur is oop vir n bietjie hitte, en ek sit met my voete op die plaaitjie voor die oond,om warm te kry.Die hulp sit die skottel met water op die vloer en presies wat gebeur het weet ek nie, my voet gly en plons in die WARMWATER nog voordat sy koue water bygegooi het,en ek brand n yslike blaas aan die binekant onder my linker enkel.Ek moes toe vir n ruk met verband om my voet en enkel loop,die ergste was die amper twee Weke wat ek nie buite kon gaan speel nie.

Oupa het n steenmakery gehad en ek het baie keer saam met hom gery na die steengroef op Rodenbeck sowat 12 km buite die dorp,op die Glen pad.Dit is toe ek so 3-4jaar oud was, soms is n deel van ons kos n gebakte skaapkop,wat Ouma Nel gaargemaak het.Dan het ek ook een van die oe gekry,destyds vir my n lekerny,ek glo nie ek het al ooit weer daarna weer n oog ge eet nie.

Oupa se motor was n 1930 BUICK vir daardie tyd n spog motor,verweel oorgetrekte sitplekke,en ek onthou die hitte meter was voor op die verkoeler gemonteer.

Naweke het ek meestal saam met my oom Gustaf Klingbiel,Mamie se swaer,uitgery na Bainsvlei , hy het n tentdak, 1928 hout speekwiel CHEVROLET gehad.Papie se motor was n 1928 skottelwiel (staal rim) staaldak Fiat met vensters wat toemaak,en die twee Klingbiels het altyd met my gestry oor water motor die beste is..

Vrydag midae,het ek reg gestaan het met my tassie klere,om vinnig op te klim vir die rit plot toe,om te kuier by Ouma Brandsma,en die neefs en nigies.Daardie dae het dit vir my gelyk of ons vreeslik ver ry,want ek was altyd haastig om by Ouma en die neefs te kom.Oupa Brandsma is (voor my Mamie se geboorte,23 Mei 1908),reeds oorlede. Ouma het vertel dat hy n geweer-smid,en ook fyn- smid van beroep was,die NG Kerk Ficksburg in die Vrystaat, se Weer-Haan,deur-slotte en skarniere is deur hom vervaardig.

Na Susan en ek al getroud is,ek dink in Julie 1954,het ons eenmaal toe ons vir Ouma Brandsma in Bloemfontein gaan kuier het, uitgery na Bainsvlei,ons was skaars buite die dorp toe is ons al in Bainsvlei. Ek het toe vir haar die plot en Amm se winkel gewys.

Die huisie was van grondsooie gebou met n plat sinkdak,waarop klippe,en soms ook pampoene, gepak was,vir gewig, om te verhoed dat die wind die dak afwaai.Ek onthou selfs hoe my Ooms aan rieme gehang het wat aan die balke vasgemaak was,en hoe ons kinders in alle erns ook meegedoen het,om te keer dat die wind nie die dak afwaai nie.Die mure binne was witgekalk,en die vloer van die huis was van gesmeerde beesmis,wat elke week of so dikwels nodig, gesmeer is met nat beesmis,die sit/eetkamer se vloer was met perskepitte ingele in die beesmis,en het altyd geblink.

Page 3: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Oom Jaap Brandsma, Mamie se broer,het vir elkeen van die kinders n beker gemaak van n lee 454gr Lyles Goue Stroop blik,en die lekerste was waneer ons Soetkoekies en Gemmer koekies gekry het,die beker eers by die windpomp vol water gemaak is, en ons dan die koekies daarin week en eet.My heimwee en herinering is so groot dat ek spesiaal so n blikie STROOP gaan koop het om vir my so n BEKER maakSoms, het Tanie Ann,wat by Bexcourt Hotel in Bloemfontein gewerk het vir ons die roosterbrood korsies gebring, wat sy gedurende die week bymekaar gemaak het.Dit was in n destydse lee 50 lb suikersak gebring,geweekte roosterbrood korsies was vir ons net so lekker soos koekkies.Van die sagte wit binnevoering van die sak is onderklere gemaak, wat ons almal gedra het, waneer ons plaasklere dra, en speel,dit was gedurende die depressie-jare 1930/32 toe werk en geld skaars was,mans het selfs vir n (sjieling) 10sent per dag op die paaie gewerk.Ons het selfs gehoor van mense wat so arm is dat hulle pap en tik eet,wat is tik wil ons weet? Tik is n stuk spek aan n toutjie vasgemaak,en wat aan n balk oor die tafel hang, wat jy dan net met die vingers tik voordat jy pap vat om te eet.Waarom net Tik?as jy jou vingers toeknyp,vat jy n te groot stuk spek en dit moet nog lank hou.

Gedurende die Winter, het Ouma n leker BULSAK= dit is n (duvet wat met Gans donsvere gevul is.) oor haar bed gehad, lekker warm, en dit is waar ons,drie neefs en drie nigies naweke geslaap het.Daar het ek en die ander ook leer Trapfiets ry,ons is klein en moet aan die (handlebars) hang en bene onder deur die (frame)trap,so wankelrig al met die kamp voetpaadjie langs.

Vuurmaakgoed op die Plot was natuurlik n geweldige probleem, Dit was ons werk om gedurende ons vakansies ,half droe miskoeke in die Beeskamp te gaan bymekaar maak.

Eers word die koek omgedraai en twee dae later aangedra na waar n winddroog hooppiegepak word. Sowat n week later word die droe miskoeke met die Donkiekarretjie aangery huistoe,weer in hope gepak,waar dit heeltemaal droogword, en dit is dan dat gebreekte miskoeke, die vuurmaakgoed is wat gebruik word.In die kamp waar ons die beesmis opgetel het, het ons dikwels probeer om n Kiewiet, wat daar baie van was,met n stuk hoepel raak of dood te gooi,maar nooit geslaag nie,die kiewiete is te vinig en rats.

Eenkeer het oom Jaap Brandsma n Bakkie vrag fyn steenkool gebring,ons het toe koerantpapier in repies geskeur,en dit tesame met nat beesmis in vuis grootte balle gevorm.Nadat dit goed droog was,is dit volgens ouma nog die beste vuurmaakgoed wat sy gebruik het.

Nie ver , binne loop afstand van Oma af,ons het sommer deur die Donkie kamp geloop, was Mnr Amm, n Jood se winkel, waar ons vir Ouma goed gaan koop het,en ook soos, wat die skamel sakgeld toegelaat het gaan lekers koop het,Tofies , Niger balls, of van die klein Suikerlekkers.

Oom Jaap het in 1933 n ander plot so n entjie weg gekoop met n groot huis op.

Page 4: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Die ou plot was egter vir ons nog die lekerder plek. By die nuwe plot was Donkies wat ons toe kon ry.Oom Jaap het ons geleer hoe om n steeks Donkie te ry.

Jy gebruik n stuk Bloudraad aan die een kant n u- hoek gebuig wat om die Donkie se stert pas en aan die anderkant n lus waar jy met jou hand vashou.Jy sit agterstevoor op die Donkie hak die draad teen sy boude om sy stert,en met n kweperlatjie piets jy hom op die ore om te stuur waar hy moet gaan.Nie lank nie of die Donkie is mak en gewilig om gery te word.Daar was ook groot hoe Bloekombome waar ons met ketties (voel rek) duiwe geskiet het, gebraai en ge eet het.Die bome het ook n sekere tyd van die jaar n lekker soet stof afgeskei wat soos wit (popcorn) lyk,en ook soet is,wat ons optel en eet. Ons het nog steeds na ou Amm se winkel gegaan vir ons lekers,en ek het een Desember vir ouma ses koppies en pierings daar gekoop, vir n Kersgeskenk. Op Ouma se spensrak,was daar altyd blikke met beskuit of koekies,en natuurlik ingelegde vrugte in die koskas,en Oma het baie goed geweet waneer ons n bottel (geskaai) gevat het,om skelmpies te gaan eet.Tussen die Neefswas daar n uitdaging om te sien wie kan rookvan Riet is pype gemaak, en die Tabak?Donkie-misGladnie lekker nie ander droe blare word ook probeer,maar Nie een van ons is tevrede met diee smaak BITTER,en gaan skiet liewer Duiwe. Inderdaad heerlike onvergeetlike jong kinderdae.

Ek en my Oom Paul,wat net 19maande ouer as ek is, het ook lekker saam gespeel, anderkant die draad,van waar hulle woon, in Oranje Skool se grond,was die speelplekDie speelgoed ,Klei osse,wat ons self maak,die wa is n sardiens blikkie en die wiele van gare tolletjies.Gedurende die Somer was die Rooidam,naby waar ons bly, ook n lekker speelplek,daar het ons geswem en ook kaalbas teen die wal afgegly tot in die water.

Toe ek ook in 1933 begin skoolgaan noem ek vir Paul nie meer oom nie maar slegs Paul.Ouma is baie verontwaardig,en se sy gaan vir my n pakslae gee as ek hom weer Paul noem.Maar kinders by die skool spot hom en ek antwoord ,hy het gese hy gaan my foeter as ek hom weer OOM noem ,en hy slaan baie harder as Ouma.Vir iemand wat die eerste keer skoolgaan was die winter,en die wind baie koud ,die grade het speeltyd agter drie klaskamers se muur in die Son gestaan.Daar was egter baie kindes en te min plek, waneer jy op die punt van die muur uitgedruk word ,hardloop jy en gaan val weer by die begin in. Desember 1933

In 1933 het Papie en sy ouer broer Oom Hendrik per HarleyDavidson Motorfiets met een tas klere voor op, na Johanesburg gery om werk te gaan soek,hulle het gehoor dat daar werk is by die myne.Hule het later vertel hoe nat die pad was,destyds nog grondpad,en hoe hule dikwels van die pad gegly het,waneer dit gebeur,het hulle geruil om te bestuur.

Page 5: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Papie kry bogronds werk by n myn in Johannesburg as (Carpenter) skrynwerker,rig skagtorings en ander geboue op. Januarie 1934 trek ons toe na Johannesburg.

Gedurende die Julie 1933 skoolvakansie was Oupa Nel siek en het vir Paul en vir my gese om saam met die Swart vragmotor bestuurder te gaan waneer hy Steenkoolas moet aanry vanaf die kragstasie na die steenmakery.Die een agterband van die vragmotor was al baie gehawend en drie keer tydens aanry van die laaste vrag vir die dag,waneer ons die draai neem ,onder by die duikweg,het die band gebars.Met groot moeite is die spaar-wiel,ook maar gehawend aangesit,die vrag gaan aflaai, en kom ons weer donker by die huis.Oupa het toe maar besluit om twee nuwe bande te koop.

Januarie 1934 Ons gaan met die Fiaat motor,slegs met klere en beddegoed,en die nodige kook en breekgoed na waar ons gaan woon in Johannesburg. Die meubels sal later kom waneer ons n huis kry. Eers bly ons,Papie,Mamie,ek 6jr en my susters Lulu 5jr en Werina 1jr, in twee gemeubileerde kamers en klein kombuis met badkamer wat ons deel met die huismense.

Dit is in Jeppe,n voorstad van Johannesburg, naby n Joodse Sinagoge,waar ons Vrydae oor die muur gaan loer om te sien hoe die Rabbi die hoenders en duiwe se keelslagare afsny,en (seen),die hoender of wat ook al, is dan soos ek later geleer het Koscher.Die ou Rabbi se metode was nogal prakties en eenvoudig,sy helper vang die hoender gee dit vir die Rabbi wat met sy linkerhand se middel en wysvinger die vlerke vashou die kop terugbuig en dit met sy duim vashou.Hy pluk n paar vere onder die keel uit en vat die (cutthroat) toevou skeermes wat tusen sy tande vasgehou is en sny met n vinnige beweging die hoender se slagaar af.Die hoender word dan eenkant gegooi waar dit fladerend en skoppend dood bloei, die Jode eienaar het dit later kom haal. n Ander insident wat ek goed onthou is toe een van die Rabies in sy swart toga,hande agter die rug al snuiwend,bult op in die straat verby stap,buk en n papiersak optel en sy neus daaraan blaas en af vee.Lullu en ek het net n rukkie vantevore gesien hoe n Donkie wat n steenkool trollie die bult uit trek, die papiersak papnat gepiepie het,gaga. Na twee maande trek ons na Dalview Brakpan waar ek en Lulu na Anzack skool gaan ,n dubelmedium skool ,waar ons baie vinig ook Engels moet leer.In die huis agter ons het n klein Engelsman gebly n regte klein pes.Agter in ons erf teen die muur het n brandrissie gegroei,eendag sit hy bo op die muur en verpes my weer(you cant speak English, you are stupid-----.)Ek het gemaak asof ek heerlik van die rissies eet,hy wil ook he,ek weier en hy se dat hy vir sy ma gaan se,en ek gee toe vir hom twee.Dadelik byt hy en sluk amper terselfdertyd,skreeuen hardloop hy Ma toe en se ek het vir hom goed gegee wat sy mond vreeslik laat brand.Natuurlik kom konfronteer sy Ma my,ek se dat hy dit wou he en nie geluister het toe ek vir hom se dit brand, mens moet dit nie eet nie,hy het my nie weer verpes nie.

Papie verkoop die Harley Davidson motorfiets en FIAT en koop n Chrysler sedan motor.

Page 6: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Later trek ons na n Twee/aanmekaar huis (semmy detatched) ,in Jeppe waar ek my leker besig hou met die klomp ou motor enjins en onderdele wat daar in die kelder is.

Die ou klein stoeppie is sogens dik onder die mynsand-stof en treinroet want ons bly naby Jeppe Stasie,en dit is my werk om soggens voor skool, die stoep skoon te vee. Nou gaan ons na die laerskool daar naby in Jeppe.Daar was trappe by die agterdeur en daar teen die muur het n tamatie gegroei wat ek teen die afleipyp opgelei het,die plant was naderhand twee meter hoog en het baie en lekker tamaties gedra.Agter in die erf het n hoop steenkool , brandgoed vir die stoof gele,eenkeer toe ek gaan kole haal steek n skerpieoen my,baie verontwaaardig gaan haal ek die enigste stok wat daar is,ek wil die skerpieoen vermorsel,en slaan in die proses die besemstok vlenters.

Die Klingbiels kom kuier vir ons en ons stap Jeppe Stasie toe,vol katekwaad hang ons aan die pad/spoor hekke waneer hulle oop-maak,en kyk wie kan die langste bly hang,voor jy laat los.Toe ons dit die tweede keer doen is die Stasiemeester daar en vang vir my en Gustaf,hy het ons aan die arms en dreig om ons voor die aankomende trein te gooi.Neef Douwe het intussen huistoe gehardloop en vir Papie hulle gaan vertel wat aangaan.Elkeen het toe n deftige loesing gekry,ons het nooit weer gaan spoorhek ry nie.

Gedurende Desember 1935 het ons vir my Oom Pieter Van Zyl,destyds inspekteur van Bantoe skole in Basotho-Land, en Tanie Anna, in Witsieshoek (nou Phuthaditjaba )gaan kuier,dit is in die Drakensberge en baie mooi,ek onthou daar was n waterval naby hulle huis, waar ook baie varings gegroei het.Daar was ook n paar Okerneut bome waarvan ons heerlik ge-eet het.

My broer Douwe is die 31ste Januarie 1936 gebore,ek is 8jaar 9maande oud.Ek is eenkeer saam met Mamie dorp toe om vir hom n eensitplek-stootwaentjie te gaan koop,ek neem dit huistoe.Kop onder die handvatsel deur en hande op die armleunings draf ek al singende huistoe.Ek gaan by n sy-paadjie af,en daar vou die waentjie op my toe, die sluitknip was nie vas nie,gelukig kry ek nie seer nie,en draf maar weer verder.

Papie se neef ,my Oom Petrus Fick,het by ons geloseer,ek onthou hoe ek een keer saam met hom gegaan het om groot hout kratte uitmekaar te haal,iewers is n foto,geneem deur n straat fotograaf, van my netjies aangetrek wat wys waar ek rustig loop met die (Crowbar) breekyster oor my skouer.Met van die planke het Oom Petrus later vir my n vervoerbare voelhok gemaak waarin ek veral (Budgies) aangehou het.

Gedurende 1936,verhuis ons na Bezuidenhout Valei en bly nou langs Mamie se suster,Tannie Mollie, die Klingbiels, en ons gaan nou na Kensington Laerskool,waar Babsie, Gustaf en Douwe Klingbiel ook skool gaan.By hulle was n GROOT Vye-boom waar ons midae na skool baie vye kon eet,daar was ook n groot wilgerboom,waaraan ons n (foefieslide)gehad het.Oom Gustaf het ons egter

Page 7: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

verbied om dit te gebruik,ons sal VAL en seer kry,een midag vang hy ons, besig om te gly,en elkeen kry pakslae. Ons moes sowat vier blokke ver loop na waar ons die Trem gehaal het skooltoe,smidae op pad terug huistoe het ons,partykeer gedurende die Somer by n Sjinese kafee ge-yste koeldrank blokkies gekoop twee vir n pennie(een en n half sent).Een midag is Lulu deur n motor raakgery,die vrou wou haar oplaai maar ons het so vinig moontlik haar huistoe gehelp,selfs daardie tyd is ons al gewaarsku om nie by vreemdes in n motor te klim nie,gelukkig is Lulu net efens gekneus. In dieselfde straat waar ons woon was daar n Bou- aannemer,partykeer het ons vir sakgeld daar by hom ou of gebuigde spykers gaan reguit kap.

Ons was ook naby die Kesington Golbaan waar ons dikwels in die hindernis water-poelle gaan soek het vir Golf-balle,die bestes is verkoop,en met die ander het ons dan ook op die sypaaidjies,met self gemaakte stokke Golf gespeel.

Papie het ook vriende gehad in Potchefstroom wat op n plot gebly het met n besproeings kanaal,en waar ons kalwers gery het en ook kaalvoet in die nat beesmis gestaan het om ons koue voete weer warm te kry.

1938

November 1938 trek ons na Capital Park Pretoria,ons bly in n ou huis in Van Rensburg straat met twee Groot Palmbome voor in die tuin .Vandaar het ek,Lullu en Werien skoolgegaan,en by die Capital Park dubelmedium skool ,en daar het ek std Vyf eksamen geskryf.Die inwyding van die VOORTREKKER MONUMENT ,het plaasgevind die 16de DESEMBER 1938,ons was teenwoordig en dit is daar waar ek n Eerstedag koevert gekoop het wat nou by Pieter in sy seel versameling is.Desember1838 koop Papie n goudbruin Ford Super Deluxe motor.(dit is die motor wat ek in 1949 in Rhodesie omgebou het na n Bakkie)(kyk in San se swart foto-album 1938,wys selfde model.)Ses maande later trek ons na n nuutgeboude huis onder in Flower straat nie ver van die Apies revier.Daardie jaar het dit baie gereen en ek onthou daar was n plek agter in ons erf waar die water liggies uitgeborrel het,en ek n dammetjie maak waneer ek speel.Ons jongste suster Jacoba (Kotie) is14 Junie 1940 gebore, ek is nou 13jr 2maande oud.

1941 Papie kry werk by Pretorius Meubelfabriek,en vroeg in 1941 trek ons na Van Rensburg straat onder redelik naby die Magaliesberg waar ons woon tot na ek my eindeksamen by Afrikaans Hoer geskryf het.Soggens ry ek met n Bus tot by Kerkplein, en dan per Trem tot by die skool,en midae weer dieselfde terug huistoe, met die gevolg dat ek aan geen naskoolse aktiwiteite kon deelneem.Mnr Green ,hy het een mank been gehad, het Engels asook musiekwaardering onderrig, en Mnr Lubowski het Algebra onderrig,voor teen die swartbord in sy klas was n

Page 8: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

kennisgewing Slagspreuk (EERS LEES DAN SKRYF), en hy het dit altyd baie deeglik met so n kort rotang beaam.

Van waar ons nou woon,is Papie ook bine loopafstand van sy werk. Daar agter in die tuin in Van Rensburg straat, help ek gate,1,25m deursnee, grawe vir vrugtebome,die grond is baie kliperig,(ouklip)

Papie het n klein sleepwa gebou wat ons agter die kar haak en dan die klipgrond wegry en weer goeie grond aanry om in die gate te gooi.Dit is gedurende die tweede wereld oorlog,brandstof was gerantsoeneer,en koepons was nodig om petrol te koop.Maandeliks het n aflewerings-wa gekom,tot op n bepaalde plek waar mense toustaan,en dan suiker,koffie,tee vet, rys growe- meel en ander goed wat ook gerantsoeneer was kon koop,indien daar nog voorraad was.Gedurende die tyd het ek ook n aantal meel-siwe gemaak om die semels uit die growe meel te sif.Die sif het bestaan uit n onder raam, waarop n kleiner raam heen en weer geskuif is.Die kleiner raam was onder oorgetrek met vlie-gaas,om die grofste semels uit te sif,daarna is n ou sykous onder oor die gaas gespan en die meel weer gesif,sodat al die semels uitkom,en die meel is geskik om selfs koek mee te bak,die semels is vir die hoenders gevoer.

Papie het vir my werk gebring,verskilende gedeeltes vir huisligte,wat uit hout,op die draibank gevorm moet word.Ek moes dit baie presies en sekuur doen anders keur Papie dit af en ek ly die skade van die hout se koste,ek het darem n bietjie geld verdien.

Daar in Capital Park,waneer dit reen en die weer so swaar is,het Papie en ek op die stoep gestaan en kyk hoe die weerlig teen die Magaliesberg- kranse slaan.Eenkeer het n straal afgeslaan en dit het in die vorm van n vuurbal so groot soos n balon vir n ver ent horisontaal na Wes al opdie krans beweeg en toe blitsvinnig in n sraal na bo verdwyn.

Die vrugte bome agter in die tuin het pragtig gegroei,en ons het later heerlik aan die vrugte ge eet, ek het ook voor in die tuin n visdammetjie gebou,met n oorhang dak waar ek Nooienshaar-varings geplant het,om die visdammetjie het ek n rotstuin gemaak waar ek n verskeidenheid van die klein Vetplante soorte geplant het.

1942

Julie vakansie 1942 kry ek werk by Mayville Kontant Winkel van Mnr Smit en sy seun, daar het ek ek feitlik elke naweek asook vakansies gewerk,van toe af was dit ook nie meer nodig om gerantsoeneerde suiker ens by die vragmotor te koop.Ek het die werk by die winkel baie geniet en so ook sakgeld verdien, totdat ek in 1945 na Matriek, permanent begin werk by Oudit. Ek het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die winkel gaan,daar het ek hom in die venster by die groente gesit, waar hy al die vlie en goggas gevang het,totdat hy te groot geword het en by die huis moes bly.

Page 9: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Op n stadium het ek begin leer om Hawaise-Ghitaar te speel, moes egter met die Bus ry tot in Capital Park, vind dit te veeleisend,en tydrowend,en hou toe op.

Einde Desember 1944,skryf ek my eindeksamen by Afrikaans Hoer Seunsskool en slaag ,en besliut om volgede jaar BCom buitemuurs te studeer,terwyl ek bedags wek..

Januarie 1945 Begin ek met B Com, studies by die buitemuurse afdeling van Pretoria uniwersiteit naby Pretoria Biblioteek en die Kerkplein Pretoria,dieselfde tyd, begin ek ook by Die Kontroleur en Oudidteur Generaal Hoofkantoor h/v Kerk en Bosmanstraat Pretoria werk ek is 18jr8mnde oud.

Ek het n tweedehandse tweeslag motorfiets gekoop,maak dit self uitmekaar en reg.Ek koop n bottel vol Silwer- Bloukleur spuitverf en sit dit in my boektas,om huistoe te neem,die boeke dra ek onder my arm. Met die afklim slaan die boeksak teen die busdeur en die bottel breek, die sak is egter dig en ek kon by die huis die verf in n blik gooi,en daar is nog oorgenoeg om die motorfiets mee te spuitverf.

Toe die motorfiets aanmekaar en reg is ry ek daarmee werk en klas toe.Die winter is egter baie koud,en die motorfiets rit vanaf ons huis na my werk is nie lekker,waneer ek sogens by die werk kom voel dit asof my voorkop en wenkbroue hard ge ys is, ek verkoop die motorfiets en ry n ruk lank met die bus.

Dit is ook daardie tyd toe ek na n vriend se 21ste verjaardag genooi is,by sy woonplek,min kos baie drank waaraan ek nie gewoond is.Daarna word besluit dat ons sal gaan fliek by die ABC,n kafee Bioskkoop,dit is waar n glas koeldrank ingesluit is by die 50sent toegang.en die vertoning heeldag aanhou. Na n ruk voel ek naar,wat nou,ek haal my boeke uit my tas,en bring op in die tas,wat ek later in die kleedkamer gaan leegmaak voor ek die Bus huistoe haal.

Lullu en Pieter de Bruijn is 20 Oktober 1945 getroud,en toe Papie hulle trek na Rhodesie het ek by hulle gaan loseer,dit is ook in van Rensburg straat.

Die Bus-halte is omtrent 2km van waar ek by Lullu bly,al op die rand van die pad loop ek dikkop hiustoe,klim in die bed en slaap my roes af. Gelukkig was ek en drank van toe af gladnie vriende nie. 1946

Page 10: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Desember 1946 stuur Papie se werk (Pretorius Meubel Fabriek) hom na Umtali Rhodesie om n houtsaagmeul te gaan begin,om hout-stompe wat van Mosambiek kom in planke te saag,en te droog voordat dit na die fabriek in Pretoria verspoor word. Ek het na Papie hulle se vertrek eers by my suster Lullu geloseer,maar kry later losies in Pretoria,nie ver van die Stadsaal,loopafstand van my werk by die Kontroleer en Ouditeer Generaal.Die 1ste Gr klerk is Mnr Smit ek is by hom in ‘n baie klein kantoor,slegs die twee tafels waar hy my leer om Inkomstestate en ander items te oudit Elke inkomste kantoor in die R.S.A. moet maandeliks n staat lewer waarin alle kontant transaksies van die verskillende afdelings aangeteken moet word .

Die dokument ,drie velle A5 grootte aanmekaar tesame met die duplikaat kwitansies, word na die hoofkantoor gestuur vir oudit,en dit is wat ek moes leer .Na Ses maande word ek aleen in ‘n groot kantoor sowat 6x6 Meter geplaas met slegs ‘n lesenaar en stoel en my rooi pen, en reg om die omtrek is leers met kwitansies drie opmekaaar, gestapel wat ek moet oudit .Ses maande later is ek klaar,het n lys van foute opgestel, en raporteer so aan Mnr Smit, hy glo my nie en se dis onmoontlik .Ek se dat hy enige leer na wilekeur kan neem en my werk kontroleer.Dit word gedoen en alles word korek bevind, ek verneem toe dat daar voor my n vroumens ses maande lank aan dieselfde leers gewerk het,en feitlik niks uitgerig het nie.

Ek word toe weer aleen in n kantoor geplaas met sowat dertig staal liaseerkabinette vol dokumente wat ge oudit moet word.Ek werk aan die leers en doen soms ook ander werk,ontmoet persone wat eksterne-oudit doen by Inkomste kantore oral in S.A. Ek doen navraag rakende die aard van die werk, dit lyk na die werk waarvan ek sal hou.November doen ek navraag by Mnr Smit vir die moontlikheid om oorgeplaass te word na die eksterne oudit afdeling,hy se nee hy wil my by hoofkantoor hou.Ek is teleurgestel maar gaan aan met my werk. Doen ook partykeer werk saam met ander persone, maak voor die einde November1946 klaar met die werk in die kabinette,dit word weereens gekontroleer en korek bevind .

Al wat vir my aangenaam was by die werk is die lekker koek wat ons Vrydae elke maand saam met die tee ge-eet het,elkeen het maandeliks n bedrag bygedra vir die lekerny.

Ek gaan praat weer met Mnr Smit rakende eksterne oudit,en se die werk wat ek huidig doen is eentonig en vervelig sy reaksie is weer negatief, ek se dan gaan ek bedank. Hy se ek moet onmidelik met die hoofklerk Mnr Gonnin gaan praat.

Ek stel my versoek aan Mnr Gonnin ,hy praat slegs Engels, en se dat die werk hier by hoofkantoor te eentonig is vir my. Hy se dat my kanse op bevordering baie goed is indien ek aanhou met my BCom studies. Dit is vir my nie aanvaarbaar dat ek nog moet aangaan met die eentonige werk, en ek bedank.

Page 11: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

1947

Aangesien ek al gedurende my laerskooljare by Smit kontant winkel in Capital Park waar ons gewoon het, naweke en vakansies gewerk het,is ek vertroud met kleinhandel werk .Ek hoor van werk en doen persoonli aansoek,word deur Mnr Krawitz tewoord gestaan, en vanaf 2 Jan 1947 begin ek werk by Capital Poultry in vd Walt straat( dit is op n gedeelte waar die ou Pretoria mark was),die einaars is twee Jode Mnre Lever en Krawitz

Hulle het baie Joodse kliente wat aandring op (kosher produkte) dit is hoenders ensovoort (wat deur die Joodse Rabie geseen is) Gou word ek gewys om die Rabie etiket van verkope aan nie Jode te verwyder en weer te gebruik waneer aan n Jood verkoop word. Deur die borsbeen van n mooi (ou) hoender te breek wen jy n klient wat weer kom en se (I want a nice joung spring chicken just like the last time).Mnr Lever laat my gaan vir n bestuurs-toets met sy Buick motor, destyds was dit waar die ou trem skure was,ek kry my lisensie en moet goedere aflewer of gaan haal.Waneer Appels volop en goedkoop is word groot hoeveelhede aangekoop deur Mnr Lever en in sy koelkamers in PretoriaWes gestoor, om later weer verkoop te word,ek het dikwels gery om te gaan kyk of die temperatuur en alles nog reg was by die koelkamers.

By die winkel ontvang ons baie eiers, wat n werker gradeer,deur die eier voor n gat in n blik te hou waarin n gloeilamp brand.Mens kan dan sien of die eier al n rooi bloedmerkie het en ook of dit gekraak is.Die eiers, behalwe die wat vrot is,se wit en geel word in n blik gegooi en dit gaan na n bakery,vir gebruik in hul gebak.

Op daardie stadium het ek by mense in Pretoria Wes geloseer en elke dag per Trem en of Bus werktoe gery.

Na my verjaardag in April 1947, 20jr oud, n Maandag omtrent die 25ste April,kla ek, Mnr Krawits sien dat ek siek is hy neem my na die apteek oorkant die winkel, en die apteker gee vir my kasterolie om te drink,Mnr Krawitz se ek moet huistoe gaan en gaan rus.Soos wat die bus skud tydens huistoegaan voel dit of ek uitmekaar gaan skeur,ek is bed toe en wil niks eet nie.

1947 Blindederm Operasie.

Die volgende ogend het ek baie pyn,die vrou by wie ek loseer se dit lyk vir haar na Blindedermonsteking en sy bel vir n ambulans wat my Pretoria Algemene hospital toe moet neem.

Page 12: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Na baie gesukkel kry ek my suster Lullu in die hande,sy en haar man Pieter De Bruijen kom voltooi die nodige dokumente vir toesteming dat n Dr kan opereer.

Ek word ge opereer vir n geperforeerde blindederm wat alreeds begin septies raak.Toe ek in die saal bykom en begin aandag gee aan wat om my aangaan word ek bewus van n onaangename reuk en vra vir die persoon in die bed langs my of hy dit ook ruik, nee se hy,en kom agter dat ek die bron van die slegte reuk is.By ondersoek nadat die veelpuntige verband verwyder is sien ons dat dat die wond sweeren is alreeds so groot soos n ganseier geswel ,dit word gedreineer en die reuk is baie minder.

Na drie weke word ek ontslaan en is terug werk toe maar drie weke agter met my lesings by Buite-muurs.

Ek bedank by Capital Poultry want Pappie het intussen laat weet dat ek Rhodesie toe moet kom daar is werk vir my as assistant by n tabakboer, Daan deKock n ryk en vooraanstaande boer.Mnr Lever wil eers nie glo dat ek Rhodesie toe gaan nie en se hy sal my meer betaal,ek wys aan hom die brief van Mamie,en toe glo hy,en wens my alle sukses toe.

JUNIE 1947

BEGIN JUNIE 1947 haal ek met slegs tas klere en 50 pond kontant in my sak, die trein na Umtalie Suid Rhodesie.

Pappie en Mammie ontmoet my op die stasie. Na die naweek by hulle in Umtali, neem Pappie my na Daan deKock se plaas toe in die Inyazura distrik. Die assistant, Klaas Neuwenhuizen se verblyfpermit is intussen weer hernu en uitgereik en hy kan Aanbly, maar Daan se hy het werk vir my by n vriend van hom, Joshua Esterhuizen nie ver van daar ook in die, Inyazura distrik.

Tot op daardie stadium het ek nognie eers die vaagste benul gehad hoe n tabakplant lyk nie,die verbouing en ander plaaswerk was ek ook nog mee onbekekend.

Op die plaas Inyamidzi, van Mnr Esterhuizen is dit nie so groot en modern soos by Mnr De Kock nie maar dit lyk tog goed en ek sien daar is n nuwe woonhuis gebou.

Die werk word my aangebied, vry inwoning in die Esterhuizens se ou grasdakhuis naby die tabakoonde , my maaltye plus 30 R$ (30 Dollar) per maand +10% bonus na die oes verkoop is.

Ek begin dadelik ongeveer die 8ste Junie 1947 en word deur Mnr Esterhuizen (Joshua) vertel en gewys hoe tabak geklasifiseer word ,asook die ander aspekte van bossies bind aanklam en baal en die versending van bale Tabak na die veilinglokaal In Salisbury.

Page 13: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Baie min van die werkers verstaan enige Engels of Afrikaans, hulle praat “Chilapalapa” n mengelmoes van bantoe tale wat algemeen daar op die plase en in S A op die goudmyne gepraat word. Met die hulp van n boekie wat ek gekoop het, en deur te leer praat met die werker wat tabak van die miedens verwyder ,en dit weer aanklam met stoom voordat dit na die gradeerders gaan,leer ek sefs saans by lanternlig. Naderhand kan ek darem in Chilapalapa komunikeer en myself verstaanbaar maak. Die gradering balery en versending van die gebaalde tabak verloop heel voorspoedig.Ek hoor dat die verkope ook heel goed is,goeie pryse word behaal .Joshua is in sy skik,en se hier teen die 22steJunie dat hy en sy gesin so vir n week,of tien dae, met vakansie gaan. Daar is n kok wat vir my sal kook en Joshua verduidelik dat ek so moet aangaan met die gradering ,baal en versending van tabak.Indien daar enigiets is wat ek nie weet nie of kortkom of onseker oor is moet ek na oom Daan de Kock gaan hy sal my help, Joshua se hy sien my weer die einde vanJunie maand hulle vertrek en ek is op my eie.

Terloops my stort was n gieter met louwarm water.My stortjoggie,(arbeider) , staan bo op n tabak vuurmaakoond ek staan op n paar bakstene,hy gooi die water en ek stort te lekker, my arms, en been hare was veral nadat Tabak gepluk is baie taai van die Tabak-nikotien-gom.

GRADERING Van TABAK

Soos wat ek later leer word Tabak volgens kleur gegradeer,en ook volgens blaar posisie op die plant, blaar grootte. asook dikte en tekstuur.

Basiese kleure is Groen , Suurlemoen , Lemoen , Ligte Mahonie ,en Donker MahonieBlaar posissie= Heel onderste 6 blare Sandblare, die Engelse terme is beterbekend aan my,dit is Sandlugs,Lugs,Leaf,Midleaf, Wrappers en Top lugs. n Tabakplant het 18 tot 21 oesbare blare.en daar word normaalweg 3 ryp blare per plant gepluk,sandblare heel onder,en ook die kortste blare .Na die midel van die plant word die blare langer ,en dan weer korter tot by die top blare wat omtrent 200mm lank is.

Waneer die tabak klaar gegradeer is word dit in bossies van 30mm dik gebind,vir die bind word n aangeklamde blaar van dieselfde kleur en graad gebruik.Die arbeiders se vrouens doen die bindwerk en verkies om op die vloer op sakke te sit,dit is makliker vir hulle ,want baie keer is daar n baba wat versorg word.

Page 14: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Gebinde bossies Tabak,word oor n glad geskaafde stok geplaas en op n rak gebere tot daar genoeg is vir n baal,indien nodig aangeklam,en dan gebaal.

Waneer daar genoeg tabak is word dit gebaal met n minimum van 45kg tot maksimum 88kg ,en die is 600mm wyd,900mm lank,en500mm hoog. Die gebaalde Tabak word met waterdigte teerpapier toegemaak en dan in hessian toegewerk,en jou geregistreerde produsent Nr word op die twee kopkante van die baal gestensil.

Die aanklam ,dit is die vogpersentasie van die tabak blare, is kritiek. Te klam en dit muf, te droog en dit verbrokkel tydens hantering,en veral by bemarking, beide toestande het n negatiewe uitwerking op die prys wat aangebied word..

Die einde van die week laai ek die volgende besending tabak en neem dit Inyazura stasie toe,vir versending na Salisbury.Die droevis en boontjies wat vir rantsoene uitgedeel word is ook klaar en oom Daan help met die nodige ,en se die vorige besending tabak het goei pryse behaal en ek moet so aanhou. Twee weke later en Joshua is nognie terug nie, oom Daan weet ook nie waneer hy terug sal wees nie ek moet maar net so aangaan.Alles verloop goed maar betaaldag die einde van die maand Julie le voor. Joshua is net voor die einde van die maand JULIE (1947)terug,ek is bly om hulle te sien en die werkers word betyds betaal. Ek is baie bly dat my wergewer tevrede is, die ander vertakkings van die plaaswerk gaan ook weer aan, daar word ontbos waar nuwe Tabaklande gemaak word. Dit is kontrak arbeiders wat die werk doen,die bome word dan ook opgekap vir brandhout vir gebruik waneer die tabak gedroog word.

Intussen is al die tabak klaar gegradeer en daar is nog net n klomp bale tabak wat versend moet word vir verkoop en die sal soos wat die verkoop kwota toelaat versend word. Die gradeerskuur pakskuur en tabak droogoonde word netjies skoongemaak en met n sprinkaanspuit word die mure met wit kalk gespuit.Dit word om higieeniese redes gedoen,daar moet voorkom word dat tabakbesies ,of kewers geboue besmet.Die teenwoordigheid van kewers lei tot onmidelike opskorting van jou verkope van tabak.

Brandhout word van die lande af aangery na die tabakoonde.

Die fynhout word aangery na waaar die saadbeddings gemaak word ,en dit word met wa en osse gedoen

Page 15: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

SAADBEDINGS

Die fynhout word bo op die saad bed gepak en later op n windstil midag gebrand om die grond te steriliseer voordat die tabaksaad gesaai word.Soms word daar droe mielie stronke gebruik vir dieselfde doel.Die saai van Tabaksaad,van die warieeteite is Hicks, White-gold,en ander geskied gewoonlik vroeg September,n omslagtige prosedure en dit moet reg en sekuur gedoen word.Tabaksaad is baie duur en slegs die saad van geregistreerde kwekers,word gekoop.Indien mens wil kan jy van jou eie oes uitsoek plante hou vir saad,waneer getop word behou jy van die mooiste plante se blomme,net na die blomme oop en bevrug is,word n papiersak met n bietjie insekdoder daarin, om die bomhoof vasgebind.

Waneer die saad ryp genoeg is,gewoonlik waneer daar klaar gepluk is,word die saad-papiersakke,gepluk en in n droe plek opgehang tot heeltemaal droog,dan word dit uitgevryf en skoongemaak.Die saad word na ngeskikte instansie geneem wat dit verder skoonmaaak en met swam-doder,ens behandel,eintlik bevind mens dat al die kostes dit nie regverdig om jou eie saad te herwin.

Een gelyk teelepel saad word in n klein katoensakkie geplaas en die verlangde aantal sakkies word oornag in water geweek,dit is sodat die saadjies makliker in suspensie bly,terwyl gesaai word.Daar word gebruik gemaak van n 5liter gieter met n spesiale saaikop,n tabaksaadjie is kleiner as n Papawersaad.In een gieter water word een sakkie saad leeg gemaak en aanhoudend geroer om dit in suspensie te hou.Daar moet teen n redelike pas gestap wotd tot op die punt van die bedding wat 30 meter lank is en weer terug op dieselfde kant.Waneer die verlangde aantal beddings ,gewoonlik 30, klaar gesaai is, word die bedings versigtig met fyn Vleigras bedek en stokke word oor die gras geplaas om te verhoed dat wind die gras afwaai,n week later word daar weer gesaai. Daar word dadelik begin met benatting van die beddings deur midel van n tuinslang.Die water word met n drukpomp deur die tuinslang met fyn sproeikop gespuit en dit moet ook baie versigtig gedoen word sodat die saadjies nie uitgespoel word nie.Daar word gebruik gemaak van betroubare arbeid want die werk moet elke dag gedoen word,en goeie plantjies is die begin van n goeie oes.Op elke hoek van die bedding word n 500mm lang houtpen ingeslaan,om te verhoed dat die tuinslang oor die hoek van die bedding sleep. Die saad ontkiem na ses tot sewe dae en van die gras moet dan versigtig afgehaal wordDit moet gereeld gedoen word om te verhoed dat die saailinge Lang bene ontwikkel.

Waneer die eerste blaartjies so 2mm groot is word die bedding met Kaasdoek bedek,maar elke keer waneer die bedding natgemaak moet word moet die Kaasdoek verwyder word .Behandeling van die beddings teen insekte en swamme is baie kritiek en moet gereeld gedoen word.

Page 16: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Vroeg November word daar begin om die plantjies wat nou al 100mm lank is (hard te maak)Die saadbeddoek word vir langer tye afgehaal en minder water word toegedien, teen mid November is die plantjies gereed om op die lande uigeplant te word.

Die lande word omgeploeg, met trekker en ploeg en voorberei vir die nuwe seisoen se aanplantings van tabak en mielies.

Die vlerk,of skottel-operters,dit is walmakers, word deur osse of trekker getrek en arbeiders kap met n skoffelpik n holte waar kunsmis toegedien word en waar die tabakplantjie later nadat dit gereen het, geplant sal word.

1947/48 seisoen,by Joshua, is vir my baie besig en INTERESSANT,elke aspek van Plant, Groei, Skoffel ,Bemesting ,plaagbeheer,Blomme breek en Suier beheer, Pluk en Droging,is vir my nuut en onbekend,en ek leer met volle betrokkeneid..Die reenval is goed en gereeld, die gewasse groei mooi,en ek leer om alles rakende die verbouing van die verskillende gewasse te bemeester.Ongeveer die 27 ste Desember moet ons begin pluk en droog en nou is ek amper 24 uur per dag besig.

TABAKOONDn Tabakoond is van stene gebou 16voet vierkant,met agt Bloekompaal- rakke 2vt 6dm uitmekaar,en sowat 31 tot 38 voet hoog.Laat ek dit liewer in metrieke maat gee,dit is 4.88by 4.88 meter,en10 tot 13 meter hoog met 8 tot 10 rakke76 cm tusenmekaar en 1.2meter uitmekaar horisontaal.Op Inyamidzi was twaalf droog-oonde,asook die nodige paken gradeer skuur. Die oond waarin vuurgemaak word is agter aan die buitekant,ook van steen gebou en met n Gietyster deur toegerus,en gietyster roosters waarop die vuur brand.

Die droogoond word gepak 10 tot 12 stokke per half rak,dit werk uit 800 tot 960 gevlegde stokke per oond,van 10 tot 13meter hoog n stok of( matepe) is 1.5meter lank. Met 60 tot 100 blare per stok,werk dit uit op ongeveer 48.000 tot 60,000 blare per oond dit word verkry deur 3 tot 4 blare van 16,000 plante te pluk op 5 tot 6 akker.Die syfers vir n oes aanplanting van 80 akker lewer astronomiese getalle en daarom is dit duidelik dat Tabakboerdery arbeids intensief i

DROGING van TABAK

Page 17: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Dit duur ses tot sewe dae om n oond TABAK te droog,en 12% van die nat gewig bly oor na droging.Na die oond vol is word n klein vuur in die vuur-oond gemaak,die hitte 80-90 C beweeg in 300mm dik sink pype deur die oond en uit by die skoorsteen.Nat sakke word oor die pype geplaas wat die lug bevogtig tot so 80% voggehalte, en dit bly so tot die kleurings fase voltooi is,dit duur ongeveer 36uur,waarna die sakke (vog) verwyder word.Nou word die Temp geleidelik verhoog,100,120,140,160 grade en uiteindelik tot 180grade C, en bly daar totdat die tabak-blaar se rug droog is.Die vuur word verwyder uit die ontbrandings oond ,die skuur deur en ventilasies word oopgemaak sodat die oond so vinig moontlik kan afkoel,soms word die vloer ook natgegooi..Daarna word die tabak aangeklam met stoom, en uitgehaal, oornag word die stokke met Tabak op n sweet hoop gepak , daarna losgemaak en op n mied gepak waar dit bly totdat dit na so twee tot drie maande gegradeer of geklasiefieseer word.. Laag vir laag word die tabak versigtig afgehaal,in n sak toegerol en na die aanklamkas geneem, met stoom aangeklam,geweeg en dan gegradeer.

Ek het ingeteken op die Readers Digest en National Geographic maand tydskrifte, en dit was vir baie jare my leesstof ook selfs in SUID AFRIKA.21April 1948 vier ek my 21ste Verjaardag,op die plaas Papie,Mamie, en Kotie kom kuier vir my. 1947/48 is n baie goeie seisoen en verkope van tabak is goed en teen die einde Augustus 1948 ontvang ek my bonus,minder as wat ek verwag het, die vangplek, ek kry 10% van die wins,en nie verkope of oes soos dit oorspronklik aan my gese is nie . maar die vooruitsig vir 1948/49 is glo beter?Ek koop n A J S motorfiets,Mammie is baie ongelukig hieroor want sy is bang ek gaan verongeluk.Nou kan ek darem by van die assistente en vriende op buurlase gaan kuier,en selfs gaan kyk waneer daar op Odzi rugby gespeel word.Vir die arbeiders was die motorfiets,n aardigheid en almal wil ry,hulle mag saamry,maar magnie aan my vashou nie.Waneer een aan my skouer raak om op te klim ,trek ek vinig weg en hy sit op sy agterstewe op die grond.

Daar was ook die keer toe ek met een agter op iewers heen,stadig gery het op n diep uitgetrapte tweespoor plaaspad,waar beeste wei.n kalf spring oor die pad,ons val en die arbeider land bo op my rug waar ek hande viervoet voortkruip.

Een keer is ek saam met n groep vriende per motor Umtali toe vir n naweek,en ry toe deur na Masaquesse,slegs 4km anderkant die Rhodesie grens in Mosambiek, en gaan kyk hoe hulle Bulgeveg hou,van die ouens,met teveel wyn in,klim in die arena en wys hoe dit gedoen moet word.Hiervan het die Portugese nie gehou nie en n paar ouens beland amper in die tronk,hulle word verban,en mag nie weer na die bulgevegte gaan.

Page 18: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Een Saterdag midag na werk ry ek om vir n vriend op n naburige plaas te gaan kuier,hy is nie tuis nie en ek gaan terug huistoe.Toe ek by die Griekse- buurman se winkel wil verby gaan,wat langs die pad gebou is, sien ek dat sy wa aan die ander kant ook langs die pad staan,bang dat ek dalk in die wa, of winkelstoep kan vasry,hou ek regs verby, en gaan by n lae walletjie af.Met die teruggaan na die pad sien ek die osse se jukke le op die grond voor die wa,soos wat uitgespan is,en ek moet noodgedwonge oor hulle ry,om weer in die pad te kom.Die motorfiets bokspring, val na lings en ek val met my ken op die regter handgreep en remhefboom,en my regter bobeen beland op die warm uitlaatpyp,ek ruik net gebrande vleis.Alles lyk verder reg en ek klim op en ry huistoe,maar die nag het ek baie seer,en besluit om liewer die volgende ogend na die Inyazura kliniek te gaan.

Sondag ogend ry ek na die kliniek op Inyazura waar ek toe instap met geswelde keel,en wydsbeen van wee die gebrande boobeen.My verduideliking aan die verpleegster van wat fout is val op dowe ore en sy diagnoseer my as n erge geval,met (advanced Mumps) pampoentjies en ook die nagevolge daarvan,(kalbassies)Ek is baie verontwaardig en vertel haar weer wat gebeur het,sy is maar onsimpatiek, sit n verband aan die been,gee hoofpyn pille en ek ry weer huistoe.Baie jare later ,toe Bert my skoonseun vra hoe my kiestande gekraak het,onthou ek van die val met die motorfiets.

Dit is ook by dieselfde Griek se winkeltjie waar ek vir my Kakie klere laat maak het.Die taylor (kleremaker) was n swarte van Niasaland, hy neem jou maatte, jy kies die materiaal uit,en n week later kan jy jou klere gaan haal.

1948/49Voorbereidings vir die 1948/49 seisoen,die tweede seisoen by Josuas verloop ook goed maar intussen het ek besef dat my bonus maar baie Skraal was,met inageming van my werk inset,veral ook Julie toe ek aleen was. Josua het ook alerhande verduidelikings en verskonings ,n boorgat is gesink ,nuwe trekker aangekoop asook n vragmotor .Hy belowe egter dat ek vir die 1948/49 seisoen n beter (groter) bonus sal kry?Die reenval is weer baie goed ,die aanplanting is groter as die vorige seisoen en die vooruitsigte lyk goed. Volgens die werkers en bure is dit die Mooiste oes wat daar nog ooit op Inyamidzi was.

Soos wat die gradering en verkope vorder kom ek agter dat Josua en sy vrou se houding teenoor my nie meer soo aangenaam is nie.

Nadat ek die saak met Pappie bespreek het, begin ek uitkyk vir ander werk of nog beter n seksie wat ek en Pappie kan huur,Papie is bereid om te help met finansies.

Ek hoor van n seksie wat te huur is by Theuns en Gerrie Du Plesis in die Odzi distrik.

Page 19: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Pappie en ek gaan gesels met hulle en daar word ooreengekom dat ek die seksie kan huur teen n geringe 5% van my wins.

Daar is maar vyf tabak oonde, pak-gradeer skuur en n eenslaapkamer huisie,(kyk in San se foto album) ek sou beddings by Gerrie maak want al die water moet aangery word, na waar ek woon.

Ek kan n ou Oranje-Geel Fordson trekker nog met staal wiele en ploeg by hulle koop baie goedkoop , ek kry solank arbeid om die oonde en huisie opteknap en ook om op ou lande die hergroei uit te kap,voordat geploeg word.

So dikwels moontlik en totdat ek by Joshua klaarmaak ry ek met die motorfiets na Corona om te sien hoe die werk daar vorder,veeleisen maar n plessier want ek doen dit vir myself

1949/1950 SEISOEN

Ek het by Josua bedank en is van begin Augustus 1949 permanent op Corona B.

Die Burmese/Kiaat eetkamerstel wat Papie gekoop het voor hulle getroud is,3 Julie 1926, gee Mamie vir my en in ruil koop ek vir haar n Singer naaimasjien.Ek koop ook n steenkoolstoof, bed ,hangkas en koskas en my huisie is gemeubileer.My kok se naam was Johannes n Niasa boorling,die kos is gaar maar die verskeidenheid is eentonig.

Intussen het Pappie vir hom n nuwe motor gekoop,n VANGUARD en ek kry die 1938 Ford Super Deluxe wat ek so gou moontlik begin ombou na n bakkie.kyk in San se foto album inweiding van die Monument daar is n foto van dieselfde model. Ek het by iemand n ou bakkie kajuit gekry,en sny dit net agter die voorsitplek af,die kar se bakwerk word ook net agter die voorsitplek afgesy en die agter deel word van die onderstel vewyder.Ek neem die motor en agter deel van die ou bakkie na n paneelklopper in Umtalie en laat dit netjies aanmekaar sweis en oor spuitverf,die dakbekleding word ook mooi herstel,en ek sit self n hardehout bak op en daar het ek n bakkie,baie netjies en bruikbaar.

Ek het slegs n gedeelte van my bonus by Josua ontvang die res sou ek einde Augustus kry. Die bedrag wat ek toe in Augustus kry is baie min,en nie volgens my berekening korek nie, by navraag se Josua dit is al wat my toekom.Intussen ontvang ek n belasting aanslag vanaf die ontvanger van inkomste wat my inkomste as n hele paar duisend meer aangee.

Page 20: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Met die inligting is ek na n prokureer en kort voor lank ontvang ek die geld wat my toekom.

Die aanplant en eerste groei van die tabak op Corona is mooi, maar toe reen dit baie min,en dit is Droog die hele Januarie.Die latere Tabak groei ook swak,en droog rooi/bruin,en die pryse is swak, met die gevolg dat ek nie wins maak nie. Ek het selfs eenkeer by n boer naby Rusape,twintig kilometer ver, tabak gaan pluk,aangery en by my op Corona gaan droog,eintlik al mooi tabak wat ek verkoop het.

Die ou Fordson Trekker met sy staalwiele , daar is yster driehoek punte aan die agterwiel omtrek, kan nie behoorlik vastrap in die sandgrond,dit grawe in en val dan vas tot op die moderskerm voetplate.Ek hoor van n soortgelyke ou trekker maar met rubber bande naby Salisbury. Ek telefoneer die eienaar,toevallig ook n Nel, ek kan die wiele kry maar moet dit self afhaal.Met een helper ry ons vroeg een Saterdag om die wiele te haal,wat n gespook,ek leen n groot hammer om die wig aan die rim en as te probeer losslaan,maar dit sit vas, ek moet oorslaap.Teen 9 uur Sondag is ons klaar,moes die rim met asomhulsel losbout, en laai die twee agter en twee voor wielle, baie swaar,en ons keer stadig huiswaarts.Op die plaas grondpad sleep die bakkie se (dif) en ons laai die een wiel af sal dit later weer gaan haal.Dit reen so min dat die oes beswaarlik my uitgawes dek.

Theuns en Gerrie het begrip vir my verlies, ek het hulle intussen vertel van die plaas waar Pappie bly in Rusape.Hulle stem saam dat ek beter kan doen op STONEACRES RUSAPE Distrik waar Pappie en Mammie toe alreeds woon

STONEACRES RUSAPE 1950/1951

Die huis op Stoneacres is klein maar Papie hulle woon daar,en ek sal by hulle bly. Daar is vier ou bouvallige tabakoonde nie geskik vir gebruik vir droging.Mnr Norman Tapson is bereid om die plaas gratis aan ons beskikbaar te stel vir EEN seisoen met die teenprestasie dat ons agt tabakoonde asook n pak en gradeerskuur bou daarna kan ons die plaas huur teen n lae persentasie 10% van ons wins.Mnr Tapson bied ook aan dat ons bloekompale van vier ou tabakoonde van n plaas van hom kan kry om te gebruik,ons moet dit egter self gaan herwin.

Page 21: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

September 1950 Papie neem my en een arbeider na die plaas in Umvuma waar ons toe begin om die pale ens van die ou Tabakskure uit te haal.

Die skure is baie bouvallig en deel van n muur val om terwyl ek op van die balke staan sowat vier meter hoog bokant die vloerEk het gehoor sand val op my hoed,kyk op en sien die muur gaan val, vinnig besluit ek om aan die balke vas te hou,my skouers te buig,en so te bly staan.Ek is saam met die bakstene en balke af na onder ,duiselig en hygend na asem word ek wakker op n trappie waarheen die helper my geneem het,hy is toe vinnig weg om Pappie te gaan roep by Mnr Tapson se huis.

Ek het intussen gevoel dat dit bokant my linker oog bloei en my lyf is seer.Pappie neem my na Rusape hospitaal, en daar werk die Dr my linker oogbank toe, slegs lokale verdowing,en my kneukels aan beide hande is slegs nerfaf.So twee jaar later het n groot knop(swelsel) op my blad, onder my regter skouerknop ontwikkel,en is later in 1958 verwyder,dit was vanwee kneusing toe die tabakoond muur op my geval het.

Die volgende dag is ons met trekker en sleepwa en nog arbeid weg om verder af te breek en die balke en sinke te gaan laai,wat toe gebriuk is vir vier skure se balke en dak op Stoneacres.

Pappie maak hout steenvorms,en met die gebruik van kontrak arbeid word stene gemaak, ons huur ook kontrak arbeid om die tabak droogoonde te bou.

Dit begin vroeg November reen en die vier tabak oonde is maar halfpad gebou.Daar word selfs gebou terwyl dit reen, en twee oonde se agter muur sak effens uit vertikaal,ons se die bouers moet aan hou en die muur geleidelik weer mooi vertikaal waterpas kry.

Intussen is lande voorberei, saadbedings gemaak,tabak geplant ens.Ses oonde en n pakstoor is gelukkig betyds klaar toe ons moet begin tabak oes teen die einde van Desember.Die lande se paaie is egter so nat dat die trekker en sleepwa vasval op die pad by die tabakland,die trekker moet op die ou hoofpad staan,en tabak moet ver aangedra word.Ek maak toe van Bloekom pale en sak, n aantal draagbare, waarmee tot ses waiters se tabak na die sleepwa gedra word, en dan met draagbaar en al op die sleepwa gelaai.Die looptyd van die waiters verminder,en die pluktyd verloop toe viniger,en die draagbare is toe gebruik tot ons op Largo,Tabak kratte aangeskaf het..

Die oes is baie mooi ,pryse goed,en ons koop n nuwe fordson trekker,met ploeg,en die nodige implemente,asook n drie ton diesel vragmotor.

1951/52 seisoen STONEACRES RUSAPE

Page 22: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Vir die 1951/52 seisoen beplan ons om 80 akker Tabak te plant asook 20 akker Mielies.Ons gaan voort om nog ses Tabak oonde te bou Mnr Tapson het voorheen van die bome op Stoneacres laat kap vir brandhout ,gelukkig staan die stomp sowat een Meter hoog.Nadat dit oopgegrawe is, trek ons dit uit met die trekker en n ketting,ontbossing neem langer.Van die hout wat ons benodig,word op plekke gekap wat nie geskik is vir lande,maar ons moet ook steenkool koop vir gebruik.

Eenkeer toe die weer baie swaar is,baie weerlig,en Papie nog besig is om te ploeg, ry ek met die ou bakkie na die land en beduie vir Papie dat hy huis-toe moet kom.

Die arbeider het onder n boom gestaan waar ek omgedraai het en net toe hy opklim, slaan daar weerlig,ek ruik (kruit),hoor en sien die wit lig tegelyk, en ek sien hoe hy omval bo op die houtbak.

Haastig ry ek huistoe en sien daar dat die weerlig op die punt van sy hoed se bol geslaan het,die bol is aan beide kante gebrand,en sy een oor bloei.Ek neem hom dadelik na Rusape hospitaal , Dr bevind dat die linker oordrom gebars is maar verder makeer hy niks.Later hoor ons dat weerlig daardie selfde tyd , in Rusapi distrik, twee trekker drywers dood geslaan het.

Bo by die ou opstal het ek van die vier bouvalige oonde se materiaal gebruik om n afdak op te rig wat gebruik is as bindplek vir die geplukte Tabak.Een ou droogoond kon ons as stoor gebruik,die tabaklande was om en naby die ou oonde,die gebinde tabak is aangery na die nuwe tabakoonde aan die onderkant van die plaas.

Dit is hier by die afdak, waar die skaapram KALBAS wat hans grootgemaak is, vir Susan,nadat ons getroud is storm en haar amper onderstebo stamp. Ek is baie kwaad en wil sy nek breek.Ek het hom seker vier keer met moeite opgetel en neergegooi voordat hy weg gestrompel het,en ek toe ook uitgeput is want hy is al uitgegroei en swaar.

Gedurende die drogingstyd het ek snags in n hoek van die pakstoor by die nuwe droogoonde geslaap sodat ek naby kan wees om toesig te hou oor die droging van die tabak

Ek het intussen, deur my suster Werina begin korespondeer met Susanna Johanna Papenfus.

Sy en Werina werk saam by die provinsiale administrasie,in Pretoria.Die fotos van haar wat ek kry, is mooi,en die briefwisseling verloop goed

Augustus 1951 gaan kuier ek vir haar in Pretoria,en is verlief,die 27ste Augustus gee ek vir haar n klein seelring,wat sy nou nog dra..

Page 23: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ek het met Pappie se Vanguard gery en al die pad terug het ek so gewens dat sy langs my sit,en nie in Pretoria hoef agter te bly nie.

Weer terug by die huis het die plaaswerk aangegaan,ek het n nuwe arbeider in diens geneem,hy kom altyd laat en ek se dis nie aaanvaarbaar nie. Hy is baie agresief en toe ek nog met hom praat,gryp hy my sommer tusen die bene en hou my (testis) vas,my broek het van die gespook ook tusen die bene geskeur.Naderhand het ek hom aan sy keel beet en wurg hom tot hy los en weghardloop,en skree hy gaan na die polissie.Ek is huistoe ,trek n heel broek aan en ry Rusapie toe, is hom ook langs die pad verby,en gaan kla hom aan by die polissie,en lewer die bewysstuk ,my broek in.n Paar weke later kom die saak voor,op n vraag van die Landdros,dat ek moet verduidelik wat gebeur het, en ek toe al (dik is van al die vrae wat die werker deur die tolk vra,)is my antwoord (jour Worship he grabed me by the balls,and we struggled.) hy kry ses maande tronkstraf vir aanranding.

Aangesien Susan en ek April 1952 verloof wil raak,werk ek nou meer doelgerig en met groter ywerVroeg Oktober gaan span ek en tien arbeiders n plaas van J J De Kock,toe met doringdraad,na die nodige pale geplant of ingeslaan is word die vyf drade afgerol. Daarna word elke draad met n tou en katrol stelsel styf getrek, terwyl ses arbeiders die draad met tabakstokke opgooi sodat dit nie vashaak nie, maak darem bietjie wins.

Ek stuur geld vir n verloofring, en geld vir die treinreis na Rusape stasie,en kan nie die tyd afwag da sy moet kom nie.Ek besluit om haar op Salisbury stasie te gaan ontmoet,wat n verrasing vir haar.Op pad terug Rusape toe en nadat ons al lekker gesels het, hou ek naby Machekke in die koelte van n boom stil en sit die verloofring aan haar vinger.Op die plaas wys ek alles vir haar,gaan kuier ook vir vriende. Toe sy na twee weke moet terugkeer , neem ek haar Rusape toe om die trein te haal. Ons,Susan en ek het besluit om die 6de September te trou in Pretoria en San sal aangaan met al die reellings Mamie sal die troukoek bak en versier,ons Mamie,Koottie en ek sal dit saamneem waneer ons begin September Pretoria toe gaanNou is ek net nog meer gemotiveer en werk nog harder.

Aangesien my omgeboude Ford bakkie se enjin ,al 13 jaar gewerk het en nou gedaan is besluit ons om n nuwe V 8 (sub asembly) in te sit.Met Papie se hulp doen ons dit self.

Die bakkie is nou so mooi en goed dat die slagter op Rusape aanhou neul dat hy die bakkie wil koop om die vleis karkasse mee te vervoer. Na onderhandeling kom ons ooreen dat hy vir my n nuwe Ford bakkie sal koop in ruil vir myne ,die transaksie word beklink en ek het n splinternuwe voertuig.

Page 24: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Kort daarna besluit ons om die Fordson trekker se enjin te vervang met n sessilinder Perkins diesel enjin.die kragparafien enjin was gedaan gewerk.Nou het ons n kragtiger trekker en al die werk vorder beter en viniger.

1952/53 Ons HUWELIK_______________________________________________________________________Die 1952/53 Saadbedings is gesaai en Woensdag 3September vertrek Mamie,Kotie en ek met die Vanguard na Pretoria vir die HUWELIKSBEVESTIGING op 6 September 1952

Papie bly agter en sal omsien na die plaaswerk met die opdrag dat ons nie langer as tien dae moet weg wees nie.Ons reis was voorspoedig, ek gaan laai vir Mamie en Kotie af by Lulu en Pieter du Bruyn,ons sal daar tuisgaan,ek groet,en gaan na Susan hulle om daar my aanstaande en haar famillie, te groet.

Die troue verloop baie goed,en ons sou eers die n week later hiustoe gaan,maar Sondag se Mamie ons moet Maandag al terug huistoe, Papie is alleen,en het niemand wat vir hom sorg nie.

Maandag 8 September1952 keer ons huiswaarts.Die Vanguard is nou propvol gelaai want Susan se klere asook al die trougeskenke moet saamgaanDie reis was voorspoedig maar dit was baie warm,selfs in die skaduwee van n boom is dit daar op pad van Beitbrug na Fort Victoria baie warm dit is soos voor n bakoond.

Op Stoneacres woon ons by Mamie hulle in die klein huisie,ongemaklik, slegs die dubelbed pas in die kamer, is gladnie aangenaam of aanvaarbaar vir Susam en vir my nieOns het vriende gemaak met Boet en Joey Eksteen wat nie baie ver van Stoneacres gewoon het,waar Boet vir J P De Kock gewerk het.Toe ek begin tabakdroog in die nuwe oonde, slaap Susan en ek op ons dubelbed, in die hoek van die pakstoor wat ek met hessian afgesper het.Sogens gaan sy weer op na Mamie toe en bly bedags daar,terwyl ek aangaan met die plaaswerk,en huistoe gaan vir midag-eette

Januarie 1953

Ek het so vinig moontlik vroeg Januarie 1953 n huisie vir ons begin bou sommer naby aan die nuwe oonde.

Dit was n plat dak,met kombuis,eet-sitkamer,slaapkamer en badkamer.Toe ons die dak opsit(asbesplate) sit ek bo, op my hurke en vra die werker moet van onder die blik met seellaar opgooi vir my.Hy gooi te ver ek probeer dit vang en val deur die dak, winduit le ek toe daar op die vloer.My helper, Madiva sleep-dra my na die trap by die voordeur waar ek steunend sit, en hygend soek na asem.

Page 25: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Intusen het n ander helper met sy trapfiets opgery huistoe en vir San gaan se ek het seergekry,sy verstaan dat ek dood is,en sy klim,( al vier maande verwagtend met Zettie,)voor op die fiets en word gelift tot waar ek uitasem sit op die trappie.Mamie kom net daarna met die motor,en bring water en brandewyn om my te laaf.Gelukig het ek niks oorgekom nie en het die stuk asbesplaat my ook nie raak geval nie,anders kon ek baie seer gekry het.Vroeg Februarie 1953 trek ons in en bly te lekker op ons eie in die platdak huisie. Een ogend so teen twee uur kom roep n arbeider ,wat by die droogoonde is my en se n oond brand.Somer in my slaapklere gaan kyk ek, n oond wat amper droog is BRAND. Ek is bang dat die brand na die oond langsaan,wat al droog is en daardie dag uitgehaal moet word, sal sprei,en klim tot bo,waar ek sien daar is n gat waardeur die vuur kan kom.

Ek trek my slaapbroek uit en druk dit in die gat,die rook en gasse maak my duiselig en ek val,gelukkig breek die tabakstokke my val.Ek kom kaalbas weer by waar die arbeider my na buite gesleep-dra het.

Susan het intussen kom kyk wat aangaan,en wou by die brandende oond ingaan,sy verstaan naderhand by n werker wat haar keer, dat ek reeds buite is.Al wat gedoen kan word waneer n oond brand is om dit dig te seel,smeer klei om die deur en ventilasie openinge en laat dit maar smeul-brand.Buite waar ons staan,sien en hoor jy net kort kort hoe n dak-asbesplaat half ontplof waneer daar vlamme bo uitkom.

Die volgende dag het ons begin met die opruiming en herstelwerk,die tabak is ryp en ons moet pluk,n dag later word die oond gehang,en ons oonde is weer almal in werking.Asgevolg van al die gas en rook wat ek in- geasem het,het ek laterjare Brongittis ontwikkel,die reuk van Tabakrook was ook altyd vir my onaangenaam,warskynlik waaron ek nooit gerook het nie.

Ons het vriende gemaak met n tanie LaKOCK wat in Rusape bly,daar is nog van haar meubels in Inyazura,ek bied aan om dit te gaan haal,sy is bly ,maar se dan moet ek met haar bakie ry.Dit is n ou Morris Minor,ek is te haastig, die enjin oorverhit,maar ek laat dit herstel,die tanie het vir ons n ou babastoel gegee wat lank in gebruik was vir ons kinders,en kleinkinders.Omstreeks 1980 het ek die rug en arm-leunings van die stoeltjie afgesaag ,en n ronde blad opgesit,ons gebruik dit nou nog as leeslamp tafeltjie in ons sit,tv- kamer.

Die 12de JULIE 1953 word ZETTIE,(SUSANA JOHANNA)ons dogter, in Rusape hospitaal gebore. Susan wou baie graag n seun he ek is bly dit gaan goed met alby,en se dit vir haar,daar sal later n seun wees.Die 1952/53 Tabakverkope verloop goed en ons koop n NUFFIELD Treker,dit het n vinige padrat wat later baie handig te pas kom toe ek kunsmis van Salisbury moes aanry.

Intussen het ek gehoor van kroongrond plase waarvoor aansoek gedoen kan word dit is in die Centenary Blok, Noord/Oos van Salisbury,in die Masjonaland provinsie, en 404 km weg van Rusape.

Page 26: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ek doen navraag ,kry die nodige vorms by departemen van Landvestiging en begin met my aansoek.Karaktergetuigskrifte, n getuigskrif van Gronbewaring, finansieelestate,huwelikstatus, bewys van burgerskap en nog vele ander dokumente moet die aansoek vergesel.Ek moet nou registreer as n Rhodesiese burger,en dit bring mee dat ek deur die weermag opgeroep word vir militere opleiding.

April1953 ontvang ek oproep instruksies om die 1ste Mei by Nkomo barakke te raporteer vir 30 dae Weermag opleiding.Nkomo is sowat agt kilometer buite Salisbury uit op die Hartley/Gatooma pad. Slegs die ofisiere en instrukteers het permanente kwartiere,die res is almal tuis in tente.Party midae waneer ons eintlik klaar is met die dag se pligte ,is daar veldbrand wat on dan moet gaan doodslaan,daar was n sterk vermoede by ons dat een van die instukteers dit aan die brand steek ,want dit is ver van die skietban

Na twee weke kry ons naweek pas ek maak my uitgereikte ou bajonet en skede so blink, dat die instrukteer se ek mag dit nie kroom-plateer nie,maar ek bewys dat dit nie geplateer is nie,my stewels se punte is ook glad en blink.Seker omdat ek altyd sorg dat ek,my klere my stewels,en persoon altyd skoon en netjies is,word ek tot seksie leier (Korporaal)bevorder.

Mei 1954 gaan ek vir die tweede keer vir opleiding,aan my word ge- se dat ek gekies is vir die ofesiers opleidings kursus,een keer tree ek op as parade Sersant Majoor.Toe die Gowerneur Generaal van Rhodesie die kamp kom besoek is ek die hekwag-bevelvoerder.

Toe ons op Largo gevestig is doen ek aansoek om vrystelling van verdere militere opleiding,dit word toegestaan maar ek word dadelik aangestel as Polisie Reservis soos vanaf Mei 1954. Later word ek die seksie- leier,en Largo die basis, daar word gereeld patrolie gery,ons is Juliet Foxtrot seksie,en ons radio roepsein Alfa Romeo,daar was tien van die bure in my seksieSoos wat die teroriste aktiwiteite toegeneem het,moes ons meer patroleer,en het die gevoel van bekomernis en onsekerheied toegeneem.

Augustus 1953

Augustus 1953 kry ek kennis om voor die departement van Lande se keurkomitee te verskyn in Salisbury,Papie gaan saam want ons het gehoop dat die grond gesamentlik aan ons toegeken sou word.Dit word egter net aan my toegekenPapie is al te oud om staatsgrond te kry,maar daar is geen beswaar dat hy saam met my kan bly nie Ek kry n kaart wat beskikbare plase aandui,en maak n voorlopige keuse,Papie en ek ry met die bakkie,met kos en kampgoed om te gaan kyk en seker te maak van ons keuse.

Page 27: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ons kyk vir die vars oopgekapte grenslyne en toe ons een kry stap Papie Suid en ek Noord al op die lyn om te soek vir n genomerde grensbaken wat volgens ons nie te ver van die pad is nie. Ek kry n baken en en roep vir Papie,volgens die landmeterskaart kontroleer ons die baken Nr en sien ons dat ons na die volgende grenslyn moet gaan.

Ons kry die korekte baken, parkeer die bakkie en stap op die grens af tot waar ons n spruitjie kry en loop toe Wes stroomop tot by n redelik groot watergat, volgens die kaart is die volgende water die Karuiana revier wat die Noordelike grens van die plaas is,sowat 5,5 km verderAangesien die plaas bulte het en volgens die kaart daar nie ander water naby is nie,besluit ons dat dit hier die beste is,en ons kry n geskikte bouplek bo op die bult sowat 300meter van die water af.Dit is al amper 6 uur toe ons weer by die bakkie kom en besluit om daar te oornag.Die volgende ogend loop ek voor en Papie kom agterna met die bakkie al op die kaplyn tot ons die bult kry waar ons wil bou,en toe kronkel ons tusen die bome deur tot op die plek ,waar gebou sal word.Daar moet slegs n klein entjie pad gemaak word,en met geringe verbetering was dit toe die pad wat ons gebruik het,daar was egter punte van 5 vleie wat ons moes oorgaan en ek het besef dat daar later,sodra dit reen, n ander pad gemaak sal moet word.

(Oor hierdie pad is die hele trek vanaf Stoneacres Rusape aangery asook baie boumateriaal, Tot laat November 1954 toe dit te nat word.)

Ons is terug na Salisbury waar ek my drie keuses inhandig asook my voorkeur van n plaasnaam wat ook drie verskilende name moet wees.Sowat twee weke later kry ek per geregistreerde pos bevestiging dat my eerste keuse van plaas,sowel naam goedgekeur is,en LARGO word my PLAAS.

LARGO is gelee in Mashonaland, Noord Oos Rhodesie soos die kraai vlieg 110km vanaf die gemeenskaplike hoek grens van Suid Rhodesie,Noord Rhodesie en Mosambiek.20km van die Zambezi eskarpment,en 80km soos die kraai vlieg van die Zambezi revier.

Dit is sowat 4200akker groot,(2.4x6.4 km) en 34km van Mount Darwin waar die Native Comisioner, poskantoor en arbeiders se kliniek,twee naturelle winkels en n klein motorhawe is.

Van Largo na Bindura,n redelike groot blanke dorpie, waar die kosskool, hospitaal, slaghuis Thurlows Stores, en n paar naturelle winkels is,is dit 74 km ver,en van daar via Mazoe 88 km na Salisbury.

Nadat ons op Largo gevestig is, is dit by Thurlows Stores op Bindura, waar ons kruideniersware,vleis en partykeer klere,asook boumateriaal koop.Ek was naderhand goed bevriend met Major Wray die eienaar,asook sy seun Douglas.

Page 28: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

1953/54 Derde en laaste seisoen op STONEACRES.

Ek wou dat Papie nog n seisoen aanbly op Stoneacres, aangesien daar alreeds voldoende lande is om te plant,en daar ook alreeds saadbeddings gereed is, maar hy wil nie,sien nie kans om die arbeid aleen te hanteer nie.Indien Papie sou in- wilig kon ek Largo op kleiner skaal begin het,en ook gehelp het met die oes op Stoneacres.

Deel van die voorwaardes vir verkryging van Largo is dat ek in die eerste jaar verbeterings van minstens 10,000 R$ (Rhodesie Dolar) moes aanbring,en met verder bepalings vir die volgende twee jaar.Die vereistes rakende verbeterings het ek die eerste seisoe al ver oorskry..

Die anbring van verlangde verbeterings, sou ek maklik kon regkry,en ook ver oorskry, deur net 6 tabakoonde,n huis en die nodige pak en gradeerskuur te bou,en net 20 aker tabak te plant.Daar sou dan voldoende tyd vir my wees om Papie by te staan op Stoneacres, as hy net 60 aker tabak en 60 aker mielies plant.Maar Papie wil niks weet nie,en toe die tyd kom trek hy saam na Largo.

Die Nuffield trekkerwat ons gekoop het,het n vinige rat gehad vir gebruik op die pad wat ook nodig was,aangesien daar n agterstand met spoor aflewering van kunsmis was moes ons self ons kunsmis aanry vanaf Salisbury na Stoneacres sowat 200 km,dit was Oktober maand 1953.Angesien die vragmotor net 3ton kon laai het ons besluit om met die Nuffield en twee sleepwaens,wat gesamentlik 7ton kan vervoer, die karweiwerk te doen.

Papie ry so teen 4uur sogens met die trekker en sleepwaens. Nadat ek die werk uitgedeel het op die plaas ry ek dan met die bakkie na Salisbury.Omstreeks 9uur is ek by Papie ,hy vat die bakkie en ry terug huistoe,en ek neem die trekker met sleepwaens. Op die trekker is dit maar stadig en eentonig,ons het twee vragte so aangery.

Die eerste keer het ek op n lang afdraande die trekker uit rat gehaal en laat vryloop,die klein sleepwa het egter heen en weer geswaai,en ek het dit nie weer gedoen nie.

Augustus 1953 WERK Begin op LARGO. Terwyl oes aangaan op Stoneacres.

Kyk na die Skuifies(fotos vanaf 06 tot 10),en ook al die ander wat ook sal wys hoe die Tabak,Katoen,Saadbedings ens gelyk het op Largo.

Largo is bebos, totaal on ontwikkel,geen paie,of lande,en daar is nog heelwat wild,Koedoes,Swartwitpense,Bobejane,en ons het selfs nog die tweede jaar Hieenas hoor roep,selfs gedurende 1954 het n paar olifante,vanuit die Zambezi valei tot op n buurplaas gekom .

Page 29: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Die plantegroei is gemeng,oorwegend Musasa,en Mfuti bome.Vroeg lente begin die musassa bome te bot,dan wissel die blare se kleur in al die skakerings van groen,geel oranje, pienk en rooi.Naby die Mazoe dam op pad na Salisbury, was daar teen n koppie, n konsentrasie van Musassa bome en dit was te mooi waneer hulle vroeg Lente begin bot.Van die Mfuti se wit bas-laag is tou gemaak, wat algemeen deur die boorlinge gebruik is,waneer hulle pale vasmaak tydens die bou van n hut. Daar was ook enkele Kiaat bome die swartes het dit (chibuda maroppa)bloed kom uit genoem,waneer die boom gekap word loop daar n rooi vloeistof uit.Soetdoring bome baie min en gladnie Mopanie bome nie.In die vleie het dekgras tot twee meter hoog gegroei .Die grond was meestal grys sand daar was een groot bult wat rooi sandleem was.

Die eerste drukpomp ,wat by die saadbeddings gebruik is, was op n onderstel met soliede rubberbande gemonteer,en n Hieena het een nag n stuk uit die een band gebyt.

Ek het so gou moontlik kontrak arbeid gekry om stene te maak op LARGO en ook arbeid wat lande ontbos,sodat brandhout beskikbaar is waneer die stene gebrand moet word.

Stene word gemaak van n ligte klei-gruis grond,naby n miershoop,gelukig kry ons so n plek oorkant die spruitjie,en met n gelyk stuk waar die oond gepak kan word.Gou word die stuk grond ontbos en gelyk gemaak,waar die nat rou stene uit die vorm geskud word.Vir elkeen wat stene gaan vorm word n gat gegrawe,plus-minus 600mm diep,en350mm wyd,die een wat vorm, of die klei in die vorm vir drie stene gooi,staan in die gat.n Ander werker dra gemengde klei aan en gooi dit op n hoop bine bereik van die vormer.Die vol gelykgeskraapte vorm met drie nat stene,word weg geneem,en op die droogbaan omgekeer sodat die stene kan uitkom, waar dit le om droog te word.

Stene wat net efens plat-sak is nie aanvaarbaar en moet verwyder word, en nadat dit met droer klei gemeng is weer gevorm word .Indien die een wat die vorm omkeer en die stenewat plat sak ignoreer,word daar sommer oor nog stene ge loop en daar is dan meer wat weer gevorm moet word.Waneer die rou stene kurk droog is pak die arbeiders dit eers in bloke van een duisend,om getel te word, en naby waar die oond vir die bak van die stene gepak gaan word.

Op Largo word begin met die bou van n stuwal oor die spruitjie,daar is n groot plat klipbank waarop n dubelmuur met stutmure gebou word,voor die muur,stroom op word n bree grondwal gegooi,en met klip gestraat, wat as pad dien om van die droogoonde na die lande oorkant die spruit te gaan,en ook na die latere seksie.

Die tweede boorgat naby die stuwaldam gee genoeg water vir huisgebruik,en aanvullend vir die saadbeddings pomp ons uit die stuwaldam,tot in die opgaardam,en dan weer met n drukpomp vir benatting van die saadbeddings.

Page 30: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Met die vragmotor en klein sleepwa is die Fordson trekker en implemente asook als wat nie meer nodig was op Stoneacres nie(,aangesien ons toe net gradeer,) aangery na Largo.Die klein sleepwa word agter aan die vragmotor gehak en met die terugkeer met bak na onder weer op die vragmotor gelaai en teruggeneem Die groot sleepwa met n ligte vrag, word ook agter die vragmotor na Largo gesleep.

JUNIE 1954Ons Tabak verkope is goed,Papie koop n Humber Super Snipe,en ek die kleiner Humber Hawk.Zettie is nou elf maande oud,en raak woeligsy wil net uitgaan,ek bring n jong meidjie om te help oppas.Toe ek vir Zet in Georgina se arms sit toe huil Susan,Georgina moet net voel waneer Zet nat is en haar dan na Susan neem om n droe doek aan te sit.

Begin Julie gaan ons Pretoria toe,om die nuwe baba Zettie vir ma Papenfus hulle te gaan wys.Ons ry baie vroeg die ogend,en van anderkant Fort Victoria begin die kar enjin weer te mis,die vonk is nie reg nie.Vroeg voor Doeane by Beitbrug oop maak, is ons daar,aangesien dit daar baie gelyk(plat)is, besluit ek om n ent op die Bulawayo pad uit te ry tot by n redelike bult,en te kyk wat fout is.Susan is bang en toe ek uitklim wod Georgina aangese om mooi te kyk en te waarsku as sy iets sien beweeg,Susan doen ook so.Dit is nog donker en ek kan nie fout vind nie,die motor begin weer maklik,en ons ry na Beitbrug,en is gou deur die doeane.Die enjin loop nog mis,mis en op Mesina koop ek nuwe vonkproppe,en sit hulle in. Dit gaan goed vir n tyd, maar tussen Warbad en Pretoria pla die enjin weer,ek hou maar so aan tot in Pretoria by Ma Papenfus hulle.

Daardie aand, toe dit donker is, gaan maak ek die enjinkap oop en sit die enjin aan die gang,en dit mis nog steeds.Ek kyk en luister mooi en sien dat daar soms n klein vonkie by die dop van die vonk- verdeler sigbaar is,en haal dit af.Ek neem die verdeler dop in huistoe en sien dat die dop gekraak is,dit is natuurlik die oorsaak van die enjin mis probleem.Die volgende dag gaan koop ek n nuwe dop vir die verdeler,sit dit op, en dit is die einde van die probleem .Terug in Salisbury het ek vir die garage se diensmanne goed vertel van al my probleme,hulle het my uitgawes darem terugbetaal.

Susan en ek is in die Rydal Mount Hotel tuis,die gaste dink ons is met witebrood,hulle is verbaas toe hulle Zet by ons sien op die strand, want tydens ette is sy by die ander kinders in hul eetkamer

Page 31: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ek gaan uit op n vissers boot,die kelner belowe dat hy met die kok sal reel om die vis wat ek moontlik gaan vang,gaar te maak vir ons.Die volgende midag kry ons gebakte vis ,ek het n( Sewenty Four) gevang,en die gaste wat wil eet lekker saam.Die waiters deel net wenke vir die July wenner uit, ek verwed n paar rand maar dit is n verloor perd, ek is nie n perderen ou nie.

Terug op Stoneacres gaan ek weer met die plaaswerk daar en ook die op Largo aan,en als verloop goed.

Die finale trek-konvooi vanaf Stoneacres na Largo was so beplan dat almal sal stilhou voordat ons n dorp binegaan.Alles word nagegaan om seker te maak dat alles nog reg is,dan ry ons weer verder.Deur SALISBURY was ons verder uitmekaar,maar als verloop goed,en van daar gaan dit weer makliker. Ek met die Huber–padskraper,en gelaaide klein sleepwa voor,dan Mamie met die Super Snipe,na haarSusan met die Humber Hawk,en dan, Papie met die vragmotor,gelaai met arbeiders en hul besittings ,

Baie vroeg die ogend is ons weg van Stoneacres en pak die amper 410km reis na Largo,ek gee die pas aan want die Huber se maksimum spoed is maar net 80km per uur op die afdraandes,dus n reistyd van 6 tot 8 uur met inagneming van opdraandes le voor. Die midag omtrent 4uur net verby Mt Darwin se ek Papie en die vrouens moet vooruit ry ek sal regkom,en is net na vyf nm op Largo,lyfseeren moeg van die geskud,en baie staan.

EINDE JULIE 1954 is ons OP LARGO.

So kom ons toe almal,ook van die werkers met hoenders en als op Largo aan ,die dag en datum kan ek nie onthou nie, dink dit was teen die einde van Julie of vroeg Augustus 1954,ook die tyd toe daar begin is met die BOU van KARIBA DAM.

Die pos-adres is Private Bag 31 Mt Darwin Rhodesia,Telefoon 2830 is sowat twee maande later geinstaleer.

Verwys ook na die 1955 B P Padkaart bladsy 9,asook al die Skuifies van Largo vir meer inligting.

Intussen vorder dit baie goed met die bou van die 14 Tabak droogoonde,aangesien die bouers bine in die droogoond op die rak-balke staan is steier werk nie nodig,en spaar dit baie tyd.Die Gradeerskuur,Pakskuur vir gedroogde tabak,Rantsoenstoor,en Papie hulle se Huis,vorder net so goed.

Page 32: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Die water opgaardam was alreeds gebou en pype aangele van die boorgat na die opgaartenk,vanwaar die boorgatwater na die huis gelei is. Daar is n pomp opgesit by die stuwaldam vanwaar water na die opgaardam gepomp word,en met n pypleiding van daar na die droogoonde gelei.

Ons het baie leker in die opgaardam van 8meter deursnee en 1.5 meter diep, geswem,ook waneer die Papenfus familie gedurende Desember kom kuier het.As tydelike blyplek,is daar vier vertrekke met die Tabak droog oonde se dakmateriaal en timmerhout opgerig, n slaapvertrek vir Papie en Mamie n sit/eetkamer, slaapkamer vir my San en Zet,en langsaan is n stoor en agter n kombuis.Ons gebruik n paar bome wat daar groei as hoekke of stutte,op die grond le ons (dampcourse), n tipe van tapyt, en daar is n netjiese blyplek,en stoorkamer,tot die huise gereed is.

Einde September is Papie hulle se tweeslaapkamer huis klaar, en hulle trek in,daar is ook al begin met ons blyplek,eintlik motorhuis/stoor maar wat ons toe aanpas as woonplek met badkamer ens.

Die droogoonde se dakke gaan op voor dit begin reen,ons trek ook en breek die tydelike blyplek af ,die materiaal word vir die gradeerskuur dak gebriuk.Aangesien daar baie halwe bakstene is, word die gradeer, pak en bind-store se vloere met stene uitgepak.Metertyd word die gradeer-tafels ook gemaak,hoekyster-pote en harde-bord blad.en vier Vogwaaiers word gemonteer,om die vogpersentasie in die gradeerskuur kostant te hou.Ek sit ook n deur hoogte platvorm,3x3meter op vanwaar ek goed kan sien wat aangaan in die gradeerskuur.Waneer iemand wil kamerverlaat moet of mag hy eers gaan waneer die plankie met Sleutel weer aan die hak hang.

Oorkant die pad , wat verby die skure gaan,is daar om die drie massa brandstof tenks toegebou en dit dien ook as olie en ghries stoor,en langs dit het ek later n Miele- dorsvloer gebou.

Die 1954/55 SEISOEN eerste op LARGO

Aan die begin van Augustus1954 gaan Susan,Zet en ek vir tien dae kuier in Pretoria,ek is weer haastig om terug te keer, want ek moet vroeg in September tabak saai. Die saadbeddings is al klaar gemaak,en moet net gesaai word. Die saai van Tabak verloop goed,die plantjies groei mooi.

November maand toe dit al n paar keer gereen het,en een ogend toe Papie met die vragmotor op pad is na Salisbury,om boumateriaal te gaan haal,val die vragmotor vas.

Page 33: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Met n trekker,en lang kabel gaan ek om die vragmotor uit te sleep,die lee vragmotor het al by die eerste vlei vasgeval.Die twee Kilometer vanaf die huis tot by die grootpad het daardie ogend twee uur geneem,want ons moes bome afkap en die stamme is gebruik om onder die vragmotor se wiele te sit,om die pad begaanbaar te maak. Elke keer as,die vragmotor vasval sleep ek dit weer met die trekker en n lang kabel uit en Papie ry verder.

Ek het daardie selfde dag saam met twee werkers,met byltjies, geloop en n pad al op n bult langs gemerk tot by die grootpad.Die volgende dag het ons die bome uitgestomp,weggesleep en met die treker en ploeg die kante van die pad op- geploeg en daarna opgeskraap,en baie keer met die trekker daaroor gery om dit vas te trap,daar was slegs een plek n duik waar ons vulsel moes inry.Drie dae later is die permanente toegangspad,en ook pad na buurplase, in gebruik ge neem.n deel van die pad het vir omtrent een en n half kilometer oor Theuns Cilliers se grond geloop,voor dit by die hoofpad aansluit. Die 16de November 1954,toe die grond van die Tabak lande nat genoeg is, begin ons met die plant van Tabak en vroeg Desember word die laaste van die sewentig Aker Tabak geplant.

Die Tabak groei baie mooi en na Kersfees begin ons pluk,die Tabak droog baie mooi en die vooruitsigte lyk baie goed.Kyk na die SKUIFIES wat wys waar San,Marie en Amanda, soms ook Mamie en ook Papie by die tabak staan.

Die gradering en verkope verloop goed en die pryse wat ons behaal is ook baie goed . Ons koop n Lister krag opwekker,en instaleer ligte in die huise en ander geboue,ESKOM krag het eers later gekom.

Daar is alreeds ook ver gevorder met die 1955/56oes se lande wat geplant gaan word, en die arbeid is ook voldoende.

VOORBEREIDING VAN TABAKLANDE

Die nuwe Boombegroeide land word ontbos,meestal deur gebruik te maak van Kontrak arbeid,n stuk van 100x100Meter word afgemerk,vir elke kontrak werker.Die grond om die boom word weg gegrawe,die wortels word afgekap en die laer ligende wortels en penwortel,word ook afgekap,sodat die boom kan omval.Nadat die stompgate toegegooi is en die gekapte hout alles uitgery is,word die grond geploeg,en terselfdertyd is daar n arbeider wat opervlakige boomwortels wat uitgeploeg word ,afkap en verwyder.My gebruik is ook om aan elke land n permanente naam te gee,dit is gedoen in samewerking met die arbeiders,en het sake baie vergemaklik waneer instruksies ge gee word om na n bepaalde land te gaan.So byvoorbeeld was daar in 1969 al die volgende;BITON 13aker, RIWONDE ,CEMENTelk 40ak,FENCE 22ak,DICK 43ak,MEREK 19ak,MAZOE 14ak,ensovoort.

Page 34: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Nadat die grond geploeg is, word dit met n (oneway) skotel-eg fyn gesny,en daarna word die nodige Kontoer Walle gemaak.Die walle is nodig om afloop water weg te voer na die kant van die land.Daarna word die grond opge-ert met n (ridger) skotel operter twee vore tegelyk en terselfdertyd word kunsmis in n band geplaas omtrent 100mm onder die grond opervlak.Aan die implement is n wiel wat die kunsmis-strooier aandryf en op die omtrek van die wiel is merkers wat n duikie maak wat wys waar die plant holte gemaak moet word.

Twee tot drie arbeiders loop agter die operter en kap met n skoffelpik n holte waar die tabakplantjie geplant gaan word.

PLANT VAN TABAK

Die geskikte Tabakplantjies, 150/200mm lank,met n stam van sowat 10mm dik, word vroeg die ogend by die saadbedings uitgetrek,in nat sakke toegerol en na die land geneem waar geplant gaan word.

Daar word gebruik gemaak van al die beskikbare arbeid waneer geplant word.

Die plantjiedraer(waiter) het n sak voorskoot(gesny uit n Graansak) om die nek waarin die plantjies gedra word en gooi n plantjie neer op die wal waar die merk gekap is.Die plant arbeider tel die plantjie op ,kap n gat met die plantpikkie sit die plantjie in en trap,of druk dit goed vas.

n PLANTPIKKKIE word gemaak deur n ou geslyte ploegskottel met n gasvlam in 80mm bree wigvormige stukke te sny en dan n 200mm lengte 20mm pyp as handvatsel vas te sweis, so n pikkie slyt nie, dit verdwyn of die handvatsel kan moontlik afbreek.

Soms word daar met water geplant,dan ry die waterkar voor , en vier of ses arbeiders met kort tuinslange gooi elkeen water in n plantgat en daarna word die plantjie geplant..Drie waterkarre elk agter n trekker werk goed twee gooi water ,en een gaan haal water,en ruil weer met die lee een,dit is n tydrowende manier van plant en word gewoonlik maar net aan die begin van die seisoen gedoen as dit nognie voldoende gereen het nie. Ek het self twee waterkarre vervaardig,wat elk op n vragmotor vooras gemonteer is,en agter aan n trekker haak.

Aan die lang kant van die gradeer -skuur is n winkel,en mielie-stoor,rantsoen-stoor,en werksplek met diens-put asook n kamertjie vir die kragopwekkerge bou. Rantsoene word weekliks, Mandag midag uitgedeel aan die arbeiders,en elkeen kry Mielie-meel,droe bone,gedroogde vis en sout.Een keer per maand het hule ook vleis gekry,en soms het hule grond-bone ge kry.Aangesien daar onenigheid onder die werkers se vrouens ontstaan het rakende die maak en verkoop van Bantoe-bier,het ek n rooster opgestel .

Page 35: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Enigeen wat nie by die rooster gehou het nie,se bier is sumier uitgegooi.Een voorwaarde was ook dat enige bier wat Maandag nog oor was ook vernietig moet word,dit het verhoed dat te veel bier gemaak word.

Later het ek twee motorhuise en n groot werkswinkel oorkant die rantsoen -stoor laat bou,en agter dit is n hoenderhok en ook n eende-dam gebou, die huis werf,hoenderhok en boord ,is toegespan,en n motorhek ge bou. Die trekers en vragmotor het altyd in die lang stoor tusen die droog-skure gestaan,soms is die sleepwaens ook daar geparkeer.

My plaas-werkers het aan my die bynaam van M,POTAHAI gegee.M,Potahai is die naam vir mielie-meel koek wat tusen twee sinkplate op kole gebak word,ek het dikwels die meel gegee,en een van die werkers aangese om dit gaar te maak,soms ook suiker gegee om by te voeg.Dit was veral waneer tot laat midag nog Tabak gebind word,en ook tydens gradeer-tyd.

Gedurende die winter maande het ek ook altyd die Trekers en implimente mooi skoon laat maak,met stoom die taai Tabak- gom laat af was en indien nodig die implemente geverf. Nodige instandhouding, en herstel-werk is ook gedoen,sodat waneer die besige werktyd aanbreek daar nie nog gesukel word daarmee nie.Die skoonmaak van kunsmis-toedieners en planters was baie belangrik,want net n bietjie kunsmis wat in n bak oorbly en nat word veroorsaak korosie en roes.

WERK TYDENS GROEI EN VOOR GEPLUK WORD

So gou moontlik na die tabak gelant is,word die grondwalle met skofelpikke losgemaak en opgetrek,en daar word toegesien dat die kontoer walle heel,oop en skoon is.Waneer die plantjies sowat 200mm hoog is word die walle met verstelbare vlerk operters agter aan die trekker opgebou,en die arbeiders trek met n skoffelpik die grond tot om die plantjie se stam,dit word gedoen om die grond,los en skoon van onkruid te hou.Die selfde word weer gedoen voordat die tabak te hoog is,op die wal ,en deur die trekker beskadig sal word nie,Daar moet ook gereeld deur die Tabak geloop word, in en dwars oor die rye ,en gekyk word dat daar nie een of ander tekens van siekte of insek skade,en onkruid sigbaar is nie.

Mosaik,”Wild Fire”,Plantluise en Amerikaanse bolwurm of Toprusper is van die mees ongewenste siektes of peste en moet onmidelik behandel word met die aangewese spuitstof of insekdoder.

Waneer die suiers, dit is nuwe plantgroei in die blaaroksils begin groei, en bereikbaar is, Sowat 40mm lank, moet dit deur arbeiders met die vingers uitgebreek word,nTabakplant het 16 tot 21 blare wat gepluk kan word,en net soveel suiers moet uitgebreek word,dit is n aaneenlopende werk,want suiers wat groei verlaag die Tabak se kwaliteit.

Page 36: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Suierbeheer kan ook chemies gedoen word,die ligte- suierbeheer olie word deur n pistool toediener aangewend op die top van die plant waar die blom afgebreek is.Somtyds begin die suiers al groei voordat die plante se blom uitgebreek is.

Blomme word gebreek waneer 80% van die plante se blom lig pienk wys.Die boonste blaar onder die breekpunt is dan sowat 150mm lank en sal nog tot n plukbare lengte en wydte ontwikkel.Koedoes is lief om op die punt va n land naby die bos, plante se toppe, nog voordat die blom sigbaar is, af te vreet,die plante se blare word dan baie groot.Bobejane is ook baie lief vir die wit binenste sagte gedeelte van n 500mm hoe Tabakplant,en daarom moet n wagter,gewapen met n haelgeweer die afgelee lande oppas,veral laat midag en sogens vroeg.

PLUK VAN TABAK.

Waneer mens tussen groot tabak werk,soos suier, top en veral pluk,word jou klere,arms en hande vuil van die taai nikotien-gom van die plante.My, lang armhare, het sommer so aanmekaar gekoek,en moes met warm water, n borsel en seep skoon gemaak word.Voordat ons voltyds begin gradeer ,het ek vereis dat die arbeides hul klere skoon moes was.Die een wat gedurende gradering vuil in die klaskamer kom,moes aanvaar dat hy moontlik in die stoomkas,waar tabak aangeklam word, kon beland.

Voordat begin word met die plukkery word die onderste klein saadbed blare,kleiner as hand grootte eers verwyder en weg gegooi.

Waneer die Tabakblare fisiologies ryp is en nie noodwendig al geel vertoon nie,is dit reg om gepluk te word.

Daar word begin deur die onderste drie of vier blare te pluk,die plukker sit sy hand om die plant se stam en met n afwaartse draaibeweging breek hy die blare af.

Elke plukker het ook sy (waiter) draer wat die geplukte blare uitdra tot by die sleepwa waar dit in kratte gepak word en so daarin na die bindskuur vervoer word.

Nadat die verlangde hoeveelheid Tabak gepluk is ,gewoonlik teen midag ete,gaan die hele span arbeiders na die skure toe om die Tabak te bind,daar word gewerk tot dit klaar gebind is,en alles in die droogoond gelaai is.n Land word ses tot sewe keer deurgepluk en die pluk en droog van tabak is gewoonlikteen die einde van April afgehandel en daar word dan voltyds aangegaan met gradering.

Page 37: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

BIND VAN TABAK.

Die blare word op n bindtafel gesit vanwaar die waiter dan ,afhangende van die blaar se grootte vyf tot net drie blare vir die binder aangee wat dit met n op,en oor slag van sy hand ,aan die tou en hangend oor die stok bind.Afhangende van blaar grootte word 800tot 960 stokke in n oond gelaai.

Ons het ook later gebruik gemaak van die sogenaamde plukraam-karretjie, dit is n ligte LANG D vormige raam van conduit gemaak, met n yster wielietjie voor aan en is aan die plukker se middellyf vas,daar word slegs tou gabruik om te string.

Die waiter het dan die string Tabak aan n dra-stok met hak, na die sleepwa gedra waar dit netjies gepak word en dan na die droogoonde geneem,die string word ook weer aan n stok met n hak gedra vir aangee na die droog-oond-pakker.

Die stringe is dan binne in die oond aan Uvormige kramme gehang wat op gepaste afstande bo op die balke ingeslaan is. Met die metode kon daar meer Tabak in n oond gelaai word want die stokke is uitgeskakel.

1956/1957Ons naaste kerk is op Bindura 108km ver,en is ook deel van Salisbury gemeente,daarom versoek ons dat die Dominee een keer per maand vir ons kom diens hou .Ek as oudeling reel dan met verskilende van die bure waar die diens gehou sal word,en so wissel dit maandeliks. My buurman Len Kershaw, en ek koop gesamentlik n nuwe D4 CATTERPILAR kruiptrekker.Gedurende 1956 het ek van kontrak arbeiders,en ook van my arbeid gebruik om nuwe lande te ontbos.Die hout is nie dadelik opgekap nie en ek stoot die bome met die kruiptrekker tot in n vlei aan die kant van die land.Dit is toe die arbeiders later, daar die bome opkap,wat hulle vir my se daar is n Groot slang,die volgende ogend gaan ek saam met hulle om te kyk wat aangaan.Vooraf het ek mooi aan hulle verduidelik dat waneer een van hulle die slang sien hulle dit moet dophou en roep sodat die ander werkers ook kan kom.Elkeen moet stadig nader kom met n stok in die hand, sodat ons die slang kan vaskeer en doodmaak.Dit is toe n Swart MAMBA,amper drie meter lank,ek wil die slang vir Susan gaan wys maar die werkers wil nie dat ek dit op die bakkie laai.Ons,want ek moet die tou om die slang se nek sit,bind dit toe met n stuk Guzi tou(Mfuti bas)vas,en sleep dit agter die bakkie huistoe. Julie 1956,

Dr by die hospitaal in Bindura, bevind Susan twee maande verwagtend,sy is gesond,en ons alby is baie bly,ons reel met die Dr dat San na Bindura sal gaan vir die bevalling.

Page 38: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Na kersfees,midel Januarie aangesien dit baie reen ,besluit ons dat San by Paul en Babs sal gaan bly tot na die geboorte. Die rede, op pad na Bindura sowat 15 myl vanaf Largo is daar n laagwater brug oor die Ruia revier en waneer dit so baie reen koms dit in vloed af,en die brug is dikwels onder water,tot selfs n week of langer.Paul hulle is maar sowat agt kilometer van Bindura,hy of Babs kan San vinig by die hospitaal en Dr besorg waneer die pyne begin.Toe die geboorte pyne begin neem Paul en Babs haar na die hospitaal en telefoneer my.Ek ry dadelik,toe ek daar kom se die verpleegster hulle probeer nog om die Dr in die hande te kry, dit is Saterdag en hy het gaan golf speel,hulle kry hom nie.Wat n terugslag want die baba,n SEUN word 10 FEBRUARIE 1957 DOOD GEBORE.

Dit was die mees traumatiese belewenis van my lewe, toe ek Maandag,met die lykie in n groen doek toegedraai, op die agtersitplek van ons motor ,na die begraafplaas in Salisbury gaan, waar ek die ondernemer kry met die kissie,en wat die begrafnis sal doen.Selfs nie die MOTOR ONGELUK Desember 1969 het my so erg geraak nie.

Ek het Susan so gou moontlik na n Ginekoloog , Mr Cammeron in Salisbury geneem om haar te ondersoek en verder te behandel.Hy het Marie,Amanda,Ansie en Pieter se geboortes hanteer,en hulle is alvier in die Lady Chancelor kraam inrigting Salisbury gebore.

Junie 1957 gaan Papie en Mamie, met hul motor, Susan, Zet,ek en Georgina met ons motor,via Wankie, na die Victoria Watervalle waar ons Douwe en sy vriendin ontmoet.Ons slaap n nag in Wankie,en is toe na die valle wat ons besigtig,en leker lag toe San tot by haar kniee in die nat grond insak,en haar skoen agter bly.Die volgende dag , gaan ons via Livingston na Douwe se plaas in Mkuschi Noord Rhodesiee.San en ek kuier drie dae en gaan terug huistoe.Papie hulle kuier nog n week,en kom terug,en se toe dat hulle by Douwe in Mkuschi wil gaan bly.Einde Julie, laai hulle hul meubels op die vragmotor en Mamie volg met die motor.Papie het al begin April vir Douwe n ploeg en ander implemente geleen wat hy gebruik op sy plaas in Mkuschi.Ons trek oor na die groot huis,Susan het daardie tyd ook begin met “School on the Air”en Zettie so gehelp met voorskoolse onderrig.Kort nadat ons ingetrek het hoor ek een nag n snaakse dreunig soos n swaar vragmotor wat na die huis toe kom,ek gaan kyk maar sien niks,die dreuning het verdwyn en ny afleiding is dat dit n ligte Aardbewing was. School on the air behels skool onderrig programme wat oor die radio uitgesend word en Susan moet dan vir Zet help met die werk,soms het ek ook gehelp.

Om die huis was dit nog bebos, aangesien San al drie slange met die 22geweertjie geskiet het,het ons dit nodig gevind om n oppasser speelmaat Georgina vir haar aan te stel.

Page 39: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Toe ek Zettie in Gorgina se arms sit het San sommer gehuil,en daar is duidelik vir Georgina instruksies gegee dat sy Zet moet bring waneer sy nat is sodat San haar kan droogmaak. Eenkeer het die twee n popspeelhuis met (hessian)sak gebou, hulle steek kerse aan in die huis, en dit slaan aan die brand.Gelukkig was ek tuis en toe ek die benoude gille hoor spring ek deur die sitkamer-venster,pluk die sakke weg en blus die vuur,gelukkig het nie een van hulle gebrand nie.Gou daarna het ek n steen pophuis langs die pergola laat bou,en ook voelhokke vir my waarin ek Budgies en ander voels aangehou het.Ek teel met Budgies ,en skou ook in Salisbury, wen verskeie keer eerste pryse 1957/1958

September toe die eerste saadbedings al gesaai is kom roep n arbeider my en se dat hulle sukkel om die petrol enjin van die drukpomp te “start”,ek gaan kyk en maak verstellings.Die enjin word deur midel van n tou, waarvan die punt geknoop is,te trek om dit aan die gang gesit.Ek is oor die enjin gebuig die tou gly ,en die knoop slaan my op my linker oog,dit voel of my kop ontplof,ek stap huistoe en wys vir Susan,Sy is baie ontsteld, ons maak reg en Susan bestuur ,neem my na die Dr in Salisbury,ek word opgeneem by St Anns Hospitaal.My oog is beskadig maar gelukkig word dit gesond en n week later gaan ek huistoe.In die oog afdeling was daar ook ander pasieent oa n meisie ook met n beskadigde linker oog.Eenkeer toe San kom kuier sit die meisie op my bed se voetenent en ons gesels, ek moes baie mooi verduidelik! Die pupil van my linker oog is beskadig en verklein of krimp nie soos dit moet,is groter as die regter pupil.Susan en Zet woon by Ds Alrick Kemp hulle ,hy is predikant van dieNGerk Salisbury,hulle is bekendes want hulle het al voorheen by ons op Largo tuisgegaan,terwyl hy huisbesoek doen in CentenaryMy oog het voldoende herstel,en Susan,neem vir Zet en my na agt dae huistoe,alles is reg en goed want Chris Toerien het gehelp met toesig op LARGO. Die 1957/58 oes verloop verder goed. 1958/59

Die werk en voorbereidings vir die 58 /59 oes verloop goed,en Julie 1958 begin ek n seksie te bou op die onderste gedeelte van die plaas.

Angesien Len Kershaw n swarte met die Kruiptrekker laat werk,is breekkasie,en instandhoudingskoste baie hoog,ek werk altyd self met die trekker,en besluit dus om my aandeel aan hom te verkoop.

Ek het n groot rondawel agter die huis laat bou,sodat daar genoeg slaapplek sal wees waneer die famielie Desember kom kuier

Page 40: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Terwyl die rondawel nie bewoon word nie maak ek daar wyn ,laat dit daar fermenteer in groot glasbottels, onderandere Piesangwyn,helder soos water,soet en lekker,maar met n Sskop.Len kom eendag in Oktober toe dit so warm is kuier,en ek bied van die yskoue wyn vir hom aan,hy drink asof dit koeldrank is,ek waarsku dat hy gaan dronk word.n paar dae later bel hy en se” Boet ek het lelik in die Piesang plantasie verdwaal”.

Chris Toerien hoor dat ek n seksie bou ,en kom verneem of hy nie kan aangaan met die bouwerk,hy het met Theuns Du Plessis,(een van die broers by wie ek in1949/50 Corona gehuur het)ooreengekom vir finansiering.Hulle sal die seksie klaar bou en van 1959/60 seison 10% van die wins as huur betaal,dit is aanvaarbaar ,en hulle gaan aan

MARIE is die21ste Februarie 1959GEBORE in die Lady Chancelor hospitaal Salisbury,Mr Cammeron die ginekoloog het die geboorte gehanteer.Ek is baie bly dat die geboorte goed afgeloop het,Susan huil egter want sy wou he dit moet n seun wees,ek troos en se daar sal later wel n seun wees.

Gedurende APRIL 1959 gaan ek na die St Anns hospitaal in Salisbury waar Dr Marius Barnard,die knop-groeisel op my rug,by my regter skouer verwyder (besering opgedoen toe die muur op my geval het 1950) ,en maak ook my naelbreuk reg, die volgende ogend, tot konsternasie van die non-verpleegster, het ek my al self gewas,en vyf dae later gaan ons huistoe,ek is haastig want Chris Toerien het vir my bietjie oog gehou. Susan en ons twee dogters was by Ds Alrick hulle tuis,gedurende die tyd wat ek in die hospitaal was.San neem ons plaas toe,waar ek weer met toesig oor die plaaswerk aangaan.

Chris Toerien het die seksie klaar gebou en sy 1959/60 oes is goed aan die gang,hy en Rikka woon op die seksie.

Januarie 1960 is Suzette na Bindura skool,sy bly in die koshuis, gelukig is van die bure,Faantjie Erasmus en Suzie se dogter ook daar op skool.Faantjie Erasmus en ek maak beurte om die twee meisies vir uit naweke te gaan haal,en dan weer Maandae terug te neem.

April 1960 gedurende die skool vakansie gaan ons,asook Paul en Babs Faantjie ,die Cilliers,Fereiras, Bells,en Nieuwhoudts,na Beira (Mosambiek) . Ons het lekker saam vakansie gehou toe die Estoril strand nog net klein enkel vertrek hout hutte gehad het,later is groter huisies, en n jaar later ook n woonstel blok gebou.

Ons, sowel as Paul en Babs gaan met die terugkeer huistoe, eers na GORONGOZA wildtuin in Mosambiek,een een word die motors met n pont oor die revier (Pungwe ?) geneem voor ons die wildtuin binnegaan.

Page 41: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ons het een nag daar geslaap,baie netjiese akomodasie in rondawels.Daar is n groot,amper boomlose vloedvlakte,waar die wild volop is en ook somer naby loop en wei,die lugspieling was ook iets besonders,en Waterbokke het soos kleiner bokkies gelyk.. Ons het gesien hoe n leeu-wyfie, n Wildebeeskalf vang en daar naby ons in die koelte van n boom aan die kant van die bos gaan le en vreet.Die koei het n ruk lank daar gestaan en proes,met die voorpote gestamp, en kopswaai,en halfhartige die Leeu gestorm,maar na sowat n half uur het sy weg geloop en rustig begin wei.Olifante het aan die kant van die vloedvlakte gewei aan die Ilalla palms wat daar volop groei,Paul het,te na aan die olifante gery en hy het n paar benoude minute beleef ,toe een sy motor jaag, en hy vinig moet padgee..n Ent verder met die pad wat na die Pungwe revier gaan ,waar daar eers n gebou was,het n stuk of vyf Leeus rustig op die ou betondak gele.Net n ent verder het daar ook Leeus langs die pad in n boom se koelte gele,ek wil n foto neem en moet terug, weg van die motor- venster beweeg om een van hulle in fokus te kry,om te fotografeer.Dit is te nat om tot by die rivier te gaan maar ons is so naby dat ons die seekoeie kan hoor ho,ho,ho,ho,ho!!!!Ons het dit baie geniet,want dit was heel anders as in Wankie of die Kruger Wildtuin.

Terug by die huis gaan die plaaswerk vir die 1960/61 seisoen weer aan.

Die 21ste Maart 1961, is AMANDA GEBORE by die Lady Chanselor kraam inrigting,Mr Cammeron het die bevalling waargeneem,en als verloop goed,net San voel ongelukkig,omdat dit weer n dogter is.Ek se ek is baie bly dat dit goed verrloop het en ek is baie lief vir al my (meisies).Voor die bevalling was San en ook ek by Frik en Tossie Nel ,in Salisbury tuis.Amanda se tweede naam,Carol,is Frik Nel se tweede naam,en ons albei,San en ek het daarvan gehou.Met die registrasie van haar geboorte het die amptenaar haar naam met twee LLe geskryf.

Tydens die 1961 April vakansie,gaan kamp ons, die Bells,Fereiras en Cilliers saam met Piet en Dick Grobler langs die Zambezi rivier,in Mosambiek,dit is sowat 100km ver.Van Largo ry ons en draai lings nay die Ruia rivier,ry via Chisico, na Mague waar die Sjef Du Post(distrik bevelvoerder) bly om eers ons paspoorte te laat stempel,8km voor Cachomba draai ons stroom op vir sowat 11km tot waar die Umsegedzi rivier in die Zambezi vloei.(verwys kaart 9 B P padkaarte 1955)Daar kamp ons toe elke gesin onder n groot Waterbessie boom.Dit is n ent stroom-op vanwaar die Kahora Bassa dam later gebou is.Van die bome is ook die voorkeur plek waar Seekoeie kom mis,en ons kies bome wat bietjie verder weg is van die een revierloop.

Page 42: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

In die Zambezi valei groe Masau bessie bome volop,en dra n vrug soo groot soos n 20sent,lyk baie na n miniatuur appeltjie,en het nogal ook die smaak van n meellerige appel,mens moet egter nie baie daarvan eet nie want dit veroorsaak maag werking,Die plaaslike inwoners maak n sterk drank daarvan,ek dink hulle maak eers wyn en stook dit dan om die helder drank Kachas te kry.

31Mei 1961 word Suid Afrika die Republiek van Suid Afrika en Rhodesie word deel vanFederation of Rhhodesia and Niasaland.

Na die Desember 1962 vakansie gaan Suzett, omdat sy ongelukkig is in Bindura, saam met Pa en Ma Papenfus na Pretoria,en gaan na Menlo Park Skool,tot Desember1966 en kom toe na Bothas Hof Skool en later Queen Elizabeth in Salisbury.

Saam met twintig skape het ek so dertig beeste,n wagter pas hulle bedags op en saans slaap hulle in n vyf hektaar kampie en die skape in n geboude huis naby die tabakskure.

Unnis Bell kom soek n groot slagskaap,hy bewonder die groot Swartkop Persie ram,ek gee instruksie dat n groot HAMEL vir hom gevang word,en ons gaan drink n bier.Twee dae later bel ek vir Unnis,en vra hoe het die skaap gesmaak? baie leker en sagte vleis se hy.Lagend se ek jy het daardie mooi groot ram ge-eet,eers n tydjie stil, toe se hy ek het gewonder hoekom die ribebene so hard en dik is,toe ek dit van die rugstring los wou sny,maar die vleis is tog leker en sag.

n Bees-spuitdip vir bosluis beheer,word ook in die kampie gebou,en ook n melkafdak aangebou waar die paar melkkoeie gemelk word.Die ou Huber padskraper,behalwe die enjin is klaar gewerk,en ek gebruik die enjin,as aandrywing vir die drukpomp aandrywing.

n Gedeelte van die plaas word ook toe- gespan,twee groot kampe,want dit is n vereistes waneer aansoek gedoen word vir Cold Storage beeste,wat na hulle slag gereed is weer aan die Cold Storage gelewer moet word.Die verskil tussen die aankoop prys plus rente word dan aan jou uitbetaal minus 50%wat van jou rekening afgetrek word. Daar word ook vier voerkrale gebou wat elk tien tollies op n keer kan akomodeer, vir vetmaak,en afronding voordat hulle verkoop word.Ek het van my mielies,kop met sronk gemaal,met konsentraat byvoeging gemeng aan die tollies gevoer.Toe ek twintig van my eie beeste verkoop,het hulle baie goeie pryse behaal.Ek doen aansoek vir Coldstorage beeste,daar word eers net dertig beeste,tollies, aan my toegeken ,wat ek met die vragmotor gaan haal , sowat 50km weg van Largo.Ons span weer draad,nog twee kampe,en ek laat bou ook drie motor-hekke,wat dit moontlik maak dat nog twee kampe gebruik kan word,en het nou ses kampeDie 1961/62 Tabakverkope is goed.

Page 43: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

1962/1963 Tydens Julei/Augustus 1962, het ek aan drie kante van die huis laat aanbou.nog twee kamers op die Suidelike voorstoep,n Groot sitkamer,en motorhuis,asook pergola aan die Weste kant, en aan die Noorde,(agterkant),n badkamer,stort,toilet en waskamer.Ek het self die veranderings aan die dak ge doen asook die elektriese bedrading.

Desember 1962 toe Pa Papenfus hulle kom kuier,maak ek n paar plekke aan sy motor se bak reg,en spuitverf sy 1940 Ford motor n tweekleur blou,hy is baie bly en in sy skik.Pa het met die nodige handlangers,buite om ons huis tot op vensterbank hoogte die mure versier met kwarts - klip,wat ek uitgery het vanaf n nuwe land.Hy het ook die vensterbanke geteel,met mooi terazo teels wat hy gemaak het.By die huis-werf het ek ook n motorhek laat bou,wat verhoed het dat klein kinders daar sal kan uitgaan. Die vrugteboord wat langs die huis geplant is dra nou al baie vrugte,selfs Piesangs en Papajas.Turksvye en Mangos word selfs by die kruiwa vrag aan die arbeiders gegee.Een jaar het die Avocadopeer so n groot drag gehad dat een tak afgeskeur het,ek het twee mieliesakke vol afgepluk,en dit na n griek se kafee in Salisbury geneem,hy het alles verkoop en wou nog he.(terloops Avokadopeer is al vrug wat nie aan die boom ryp word nie.) Waneer bure kom kuier kry hulle ook van die vrugte wat ryp is.Vanaf die huis tot by die opgaardam,het ek aan die een kant van die pad,n verskeidenheid Mango bome laat plant,daar was een wat nadat dit geskil en in skywe gesny is n groot sopbord volgemaak het,maar dit het so n efense hars smaak gehad.

Vroeg gedurende 1963,word daar in Rhodesie begin metTV uitsending,soos die kraai vlieg,is die sender 75km ver,ek koop n TV stel ,sit n toring met antena 8meter hoog op en ons kyk TV. die beeld is nie te sleg nie,maar verbeter met verloop van tyd. Ek bou ook torings vir Unnis,Faantjie en Gerrie.Voor die aanvang van TV,het die bure by mekaar ge kuier,gebraai,selfs ook rolprent gekyk,16Desember is daar gereeld Gelofte- fees gevier,en almal het meegedoen.

Weens die instel van Sanksies teen Rhodesie,het ek deel van my Tabak kwota verkoop,en plant voor dit begin reen ,gedurende Oktober 1963, 60aker KATOEN.Vir my,wat verbouing betref, n heel onbekende gewas,ek het departemen voorligting vir inligting gevra,maar hulle daag nie op nie.Aangesien die land voor-berei is vir Mielies, plant ons op die walle wat reeds opge-ert is,twee voorligtings beamptes kom besoek my toe die katoen so 500mm hoog is.Volgens hulle is alles wat ek gedoen het verkeerd,toe ek se dat ek vroeg JULIE reeds gevra het vir voorligting,en vra waarom hulle my dan nou eers kom besoek,is hulle maar dikbek daar weg.Ek het die raad van ander Katoen-boere gevolg,die groei is ruig en ons dien die nodige insekdoders toe met ,enjin-aangedrewe blasers wat op die rug gedra word.Van die begin af toe die katoen maar sowat 300mm hoog was, het ek die arbeiders altyd op dieselfde

Page 44: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

plek met vier rye tusen elk laat loop en na die eenkant toedien, en weer terug en toedien na die ander kant,sodat ons goeie dekking kry.

Oestyd neem ek meer as 100 kontrak arbeiders in diens om te pluk,dit is meestal n onderwyser,wat met sy skoolkinders kom om geld vir boeke te verdien.Die onderwyser of die span voorman is verantwoordelik vir toesig oor sy span,en moet self enige dispuut onder sy spanlede oplos,soos wie slaap waar,daar is selfs in die droogoonde geslaap,die diefstal van n ander se geplukte katoen,ens.Waneer die KATOEN ryp is,hang die vier tot vyf lokke by die knop uit en word met vier vingers uitgetrek,daar mag nie stuke blaar by wees nie.Die Katoen word in n pluksak geplaas,en na die skure geneem waar elkeen se pluksel geweeg word,vir berekening van betaling.Indien die lokke nog klam is van dou of reen moet gewag word tot dit droog is,voordat gepluk word,en veral voordat dit gebaal word moet dit gladnie klam wees nie.Aangesien vir geplukte gewig betaal word,moet die sak met katoen geweeg word,en dit is hier waar fyn opgelet moet word,n mens het al n baie goeie idee volgens die grootte van die sak,wat dit behoort te weeg.Indien die gewig onder verdenking is,word die Katoen op n ander sak uitgegooi en gewoonlik is daar n klip of selfs n stuk yster is in die sak,om die misdryf hok te slaan word daardie pluker se Katoen gekonfiskeer,sonder enige betaling,daar is altyd een wat probeer verneuk.

Die geplukte Katoen word in n wol baal-sak goed vasgetrap en dan aan die pluis-meule by SHAMVA gelewer.Die twee voorligtings beamptes is teenwoordig toe my eerste besending katoen gelewer word, en vra virdie klasifiseerder,wie het die mooi katoen geprodiseer?toe hy na my wys het hulle hul nie eers verwerdig om met my te gesels nie.

Gedurende April1963 skool-vakansie gaan die Fereira,Cilliers,Bell,Nieuwhoudt en NelGesinne na Beira,en gaan tuis in heel gemaklike hout huisies op die Estorill strand.Suzet gaan stort,ek hoor net sy gil en se die water brand haar,ek se sy moet agter die deur staan,bind n handoek om my arm en draai die warm-water toe,gelukig het nie een van ons gebrand nie. Omdat ons mans die vrouens n rustige aankoopie geleentheid gun,onderneem Faantjie en ek om die kinders op te pas,en neem hulle na die Voelpark/Dieretuin.Faantjie vervoer die Meisies,en ek die Seuns,toe ons terug by die huisies kom is Amanda,3jaar oud, nie saam met die Meisies nie. Groot paniek, ek is terug na die Voelpark en kry Amanda nog huilend by die eienares in haar kantoor.Mandie het agter gebly toe Faantjie gese het die meisies moet kom hule gaan nou ry,sy was by n hok met klei apies,en verdiep in hul manewales.Ek kry n goeie skrobering by die eienares,sy gee vir Mandie n sakdoekie,ek dink sy het nog steeds die sakdoekie,ons ry terug en word met blydskap en baie vrae verwelkom.

Theuns Cilliers en ek het n landingstrook (Panorama )gemaak op Theuns se grond, waar my toegangspad aansluit by die grootpad,en waar ons,mnr Huggins,die vlieg-instukteur en ek die 14deNOVEMBER 1963 ,die eerste keer land na n vlug vanaf Mt Hampden.

Page 45: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Van toe af kon die vlieg-instrukteur na Panorama vlieg om vir ons ,Theuns, Faantjie Erasmus,Ben Nieuwhoudt, en myself vlieg onderrig te gee.Ons het ook n vleigtuig stoor (hangar)gebou en na voltooing het ons gereeld daar kerkdienste gehou,elkeen het sy stoel gebring,totdat ons later n kerksaal kon bou.

Gedurende Augustus 1963 herbou (overhaul) ek die Fordson trekker-enjin,in die vokgorde wat ek uitmekaar haal, sit ek die onderdele langs die muur op die vloer van die werskamer,sodat waneer ek weer aanmekaar-sit ek net weer vanaf die ander kant kan begin monteer.Amanda,toe twee jaar vyf maande oud, wil by my wees,ek sit haar in n skinkbord,bo op die werksbank met n blik boute en moere ens wat sy begin uitsoek.Baie gou se sy vir my daar is te min blikkies om die uitgesoekte goed in te gooi.Ek gee nog lee blikkies,en sy gaan rustig aan met uitsoek,sy is nou nog,al nege en veertig jaar oud,en nog net so lief en presies om haar goed uit te soek.

Oktober1963 was daar n Orkaan,by my het slegs vier tabakoonde se boonste ventilasies af- gewaai,en dieT V antena se punt gebuig.By Unnis Bell my buurman is baie skade, die een helfte van sy pakstoor se dak af en n muur omgewaai,en deel van sy huis se dak ook af,sinkplate le tot n kilometer weg opgefrommel,groot skade maar gelukig het hy versekering.

5AUGUSTUS 1963 het ek begin leer om n ligte vliegtuig te loods,en die eerste keer4 Oktober, en weer die 8 ste op Wonderboom lughawe solo gevlieg,net opstyg en land met PIPER CUB.Skryf ook by Burger Lugvaart Pretoria, my Privaat Loods Leerling Lisensie,en slaag.Weer n paarr keer solo gevlieg in Rhodesie.Daarna paar keer gedurende Januarie 1964 (cros country) na drie opeenvolgende landing-stroke gevlieg en ge land.met n PIPER COLT,en ook ander loods vlieg-lesse gedoen.

ANNA ELIZABETH (Ansie) is 20 Jan 1964 gebore,San was voor die geboorte by Ds Kemp hulle tuis,en hulle het my gebel toe San ingaan vir die bevaling.Daarna is ek eers weer huistoe en gaan haal hulle na ses dae.Alby is fris en gesond,ek is baie bly,het nou vyf mooi vroumense om te versorg. Chris Toerien het tydens my afwesigheid op Largo toesig gehou.

Die 14deFebruarie 1964 is my Privaat vlieniers lisensie uitgereik,en my heel eerste pasasier was Philmalter Botes,ons het vir 45minute daar plaaslik oor Centenary gevlieg,en die derde April het Zettie saam gevlieg, later ook Douwe , Papie,en per geleentheid ook ander,selfs San was vir n kort vlug saam,maar sy hou niks daarvan.

Theuns Ciliers en ek het saam n PIPER COLT,registrasie VP YTH,gekoop,en die is toe in die vlieg-loods op Panorama geberg.Vanaf Junie 1964 het ek begin met oorskakelings-onderrig na PIPER CHEROKEE 140,CESNA 172,CESNA 150,CHEROKEE 180,en PIPER TRIPACER,en slaag almal.

Page 46: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Daar is algemeen ge se dat die toeganspad na Kariba,wat oor berge en rante gaan, al op die Olifante se trekpad aangele is.Baie plekke waar die waterlyn van die dam loop is dit met die oog op komersiele visvang ontbos,maar party dele is oorgeslaan en hier het die bome wat omring is deur water nie gevrek nie maar versteen.

Faantjie Erasmus het vir hom n netjiese Visersboot gekoop wat tot agt persone kan dra,hy het ons dikwels saam geneem om op KARIBA Dam,sowat 220km ver, wat toe begin vol word te gaan vis-vang.By Bumi Hils en Sanyati Gorge was die uitsoek pleke,ek vang egter net n paar vise en maak dan op die boot kos vir almal.

Een midag het die wind vroeg begin waai,waneer dit gebeur vaar jy so gou en vinig moontlik terug na die hawe(kamp),want Kariba se water is groot en kan baie rof raak.Johan Welman het met sy laphoed diep oor sy oe getrek agter in die boot op n petroldrom gesit,die ander het almal hier voor so ver moontlik onder die neus geskuil,want daar het kort kort water oor die boot gespat,en dis koud,ek was stuurman en moes dit maar verduur.Skielik het die water voor en langs die boot n GROOT kom gevorm,ek het die boot met die wal van die kom na lings laat vaar,na agter gekyk en gesien dat Johan niemeer op die drom is nie.Toe ek weer kyk sien ek hom in die water nog met die hoed op sy kop,ons hou stil en laai hom op,en kom almal veilig by die vasmeerplek aan. By Kariba CHARARA Kamp waar die agt van ons in twee hutte tuisgaan,almal moet alreeds n uur voor Sononder aan land wees,het ons om die beurt kos gemaak.Een agtermidag was dit my beurt en ek besluit om gebraaide Bream en Artapel-skyfies voor te sit,toe die vis amper gaar is sak daar n stortbui reen uit, die vuur is ookamper dood.(kyk skuifies van Largo)Die chips was gelukig al gaar, na oorleg word besluit dat fyn vis maar die hoofgereg sal wees,daar is geen reenjas en ek moet maar in Adams-gewaad die vis klaarmaak en opdien.

29JULIE 1967 het Paul n Piper Cherokee 140 gehuur,hy het geld saamgeneem, en ons het met die Piper vanaf Mt HAMPDEN RHODESIE na Vaalwater RSA gevlieg,Paul het die afwaartse vlug gedoen,daar was kleinerige Kumulus wolke voor en eensklaps was ons in n wolk ek se hy moet dadelik 180grade lings draai.Ons kom uit die wolke en ek soek vir n opening sodat ons op n laer hoogte kan vlieg en gelukig is daar n breek en ons is daar deur.Draai weer 180gr na lings en is terug op koers, gelukig is ons al anderkant Louis Trichardt en die grootpad na Pietersburg is onder ons,dit is waar ons moet land vir Doeane klaring. Sonder verdere voorvalle land ons op Vaalwater vliegveld, ek het die 31ste Julie weer terug na Mt Hampden geloods,en ons het ons oe die keer groot oop gehou vir wolke.

Einde Julie 1967 het ek my half aandeel van VP YTH aan Theuns verkoop, want hy het veelvuldige besware rakende my beseting,van die vliegtuig.Se ek moet twee derdes van die lopende kostes dra en ook Hanger koste betaal,hy hetvergeet van my werk met die D 4 kruiptrekker en skraper toe die landingstrook gemaak is , daarna,en ook omdat San nie van vlieg hou nie, het ek belangsteling verloor en nie weer geloods nie.

Page 47: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Na oorlegpleging met Salisbury Kerkraad word besluit om n Kerksaal in Centenary te bou,die plek wat goedgekeur word,is by Benie Nieuwhoudt se landingstrook langs, die midel-verbindinspad na Centenary Vilage.n Boukomisie van vyf lede word benoem,Gerie,Faantjie,Benie,Theuns, en ek,15 APRIL 1965,word begin met die bouwerk, later is net Gerie en ek van die komitee oor. Desember 1965 het Pa Papenfus kom kuier,en doen hy die drie stelle trape,verhoog rand en vensterbanke se Teraso werk,van die saaal, baie mooi.Met Gelofte fees 16 Desember 1965 word die saal tydens n spogerige geleentheid in-gewy,en van toe af word daar gereeld diens gehou.

Janie Fereira,Unnis Bell en ek het aansoek gedoen vir (Cold Storage) beeste dit is toegestaan en vroeg Julie 1964 ariveer 60 beeste vir elkeen op Bindura Stasie.Die beeste kom vanaf Selukwe uit die trust gebied, genoeg padvervoer is nie beskikbaar nie , ons voorsien elkeen vier arbeiders wat die beeste padlangs rustig aanjaag.Bedags het elkeen van ons,om die beurt, gesorg vir kos vir die arbeid,en saam met die beeste beweeg tot hulle op die oornag plek ariveer, daar toegesien dat ales reg is en gaan dan huistoe.Enige swak bees,veral kalwers word op n bakie gelaai en plaas toe geneem.Na ses dae is elkeen se beeste op sy plaas,geen bees is tydens die trek plaas-toe verloor of dood nie,

Op Largo,is daar n redelik goeie Afrikaner Bul,ek het eers n Hereford Bul,sy naam De Gaul en later ook n Charolais bul sy naam Pompidous aangeskaf,en daar was reeds tien weidings-kampe.Die beeste was vir my n baie aangename vertaking van die boerdery,en aangesien daar alreeds n drukgang en spuit-dip is,vorder die beeste goed,en ek sit ook twintig groot Tollies in die voer-krale vir afronding voordat hulle geslag word.Hulle is naderhand so mak dat hulle bly le waneer ek aan hulle vryf of vat,en mens voel of jy afskeid neem van vriende waneer hulle weg gestuur word na die slagpale.

Augustus 1965,ruil ek my ou Ford Zephyr in op n Opel Kapitan,ry baie leker,maar Julie 1966,nadat ek snaakse kraak-geluide hoor sien ek na ondersoek dat die paneel tusen die enjin en stuurkajuit n lang bars het.Ek besluit om dit in te ruil,maar daar is geen oordentlike nuwe motor beskikbaar,nie eers n goeie tweedehandse een,neem n Borgward Hansa vir n toetsrit plaas toe dit is te lig en hanteer nie goed op die plaaspad.Frik Nel praat my om en ek koop n tweede-handse Chrysler,afslaan kap,so n plat rooie en ons gaan Augustus daarmee na Pretoria.Ry baie leker,maar te laag vir die ent pad van Bindura na Largo,die uitlaat verdeler,(manifold) breek af.

Na die 1965 Desember vakansie toe Pa en Ma Papenfus terug keer na Pretoria gaan Marie saam,sy sal ook nou saam met ZET by MENLO PARK skool gaan.Ons het dit deels gedoen om MA met die losies-geld finansieel te help,want dit was togelaat dat mens skoolgeld kon oorplaas na dieR S A.

Page 48: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

November 1966 koop ek n nuwe Zephyr Zodiak en ry weer gerus en sonder probleme,Gerie Ciliers,het dieselde tyd ook dieselde model gekoop,en Desember 1967,vra hy waneer het jy weer n nuwe motor gekoop?Ek antwoord dit is nog dieselfde een soos wat ons 1966 gekoop het,hy wou dit eers nie glo nie,want hy is maar n roes op sy voertuig,reeds geskraap en n paar duike en die bine bekleding is ook al geskeur. Een nag gedurende Desember 1966 het n groep Vandaliste (teroriste) by Val Myburg my buurman,sowat 5 akker kniehoogte Tabak met skoffelpikke afgekap.Sowat vyf bure met hul arbeiders het gaan help en die land weer so goed moontlik herstel,kyk SKUIFIES 08.

Die 966/67 Seisoen het maar sleg verloop,maar voorbereidings vir 1967/68 vorder goed.

Aangesien Teroriste by Centenary Vilage met vuurpyle op n huis van kennisse geskiet het,en die vrou gedood is,moet ek en my seksie meer dikwels Polisie Reserwe diens doen, en ek besluit om n asistent,Robert in diens te neem.Kort daarna het ons ook gehoor dat die vriende van ons,wat in Inyazura distrik woon,Boet en Joey Eksteen,gedood is deur n landmyn, wat hulle by die ingang tot hul plaas afgetrap het. Teen die einde van September, die bedings was al mooi op ,moes ek ook met my seksie, en ook ander seksies,gaan diens doen toe JOSHUA NKOMO in die Mt Darwin distrik,vergadering hou,die plaaslike bevolking veral die vroue,is baie uittartend en agresief,maar daar mag nie geskiet word.Wat daar geduld word ,bekommer my want daar is geen respek teenoor die Polisie en Reserviste nie,en ek sie die voorspel van wat nog voorle.

Robert moet THIRAM vir Swam-beheer op die bedings toedien hy dien dit teen vier keer die korekte sterkte toe en al 24 bedings se plantjies (brand) vrek,en daar is geen plantjies om te plant nie.Dit is te laat om nuwe bedings te begin,want die ou bedings se grond is nou chemies besmet,en sal eers volgende jaar nadat dit weer met hitte gesteriliseer is gebruik kan word.Ek het dadelik met die bure gepraat en sal plantjies kan kry soos en waneer hul eerste aanplantings afgehandel is,maar kry tog betyds plantjies by Pfhil Botes,Jan Fereira,Andre Brink en Gerie Cilliers,die naaste een is egter 6 km weg.

Vanaf 11 November1967 begin ons plant op SONIKA wat 22aker groot is en die 18de November,voltooi ons die aanplanting op FENCE,23 aker groot,n totaal van 45aker.SONIKA word egter vroeg Januarie,amper weg geslaan deur hael,ons doen wat moontlik is maar baie blare het gate of lang skeure in,en baie se midrib is gebreek, of geknak en tydens pluk,droging en gradering is daar ook verdere verlies.Uiteindelik het ons maar 60 oonde gedroog en die pryse wat behaal word ook maar swak14 tot 45pennies per pond(7 tot 25 sent p/kg)

Page 49: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ek het ook 105 aker KATOEN aangeplant,oes 230,411lb(104,490kg)en lewer 635 Bale.Dit is tydens die tyd toe ons die katoen in die baalsak vastrap,wat Ansie, toe so 2jr6mndeOud ook bo in n baalsak wat nog-nie toegewerk is,staan en help vastra dat sy begin kla,haar bene jeuk,en brand.Ek neem haar dadelik huistoe. San en ek sien dat n harige wurm in haar broekspy op-gekruip het en daar sulke rooi opswelsels is,ons sit haar in n bad met Koeksoda-water,daarna smeer ons Calomine Lotion aan,en dit gaan beter.Aan die einde van die seisoen gaan Robert weg,Swak Seisoen, Swak Bonus.

Die 1966/67 Seisoen was nie so goed nie.

Weens SANKSIES ,word KWOTAS vir die 1967/68 SEISOEN ook op KATOEN ingestel,(45,600lb)en vir TABAK is dit126,662lb.Daar word beplan vir die plant van 40aker Viginia TABAK,200aker KATOEN , 60aker MIELIES en 30aker GRONDBONE ,en ek kry ook n kwota vir BURLEY TABAK,en plant 20aker. Vir die Burley Tabak se droging word n redelik groot GRASDAK droog-skuur gebou,net langs die Mielie dors-vloer,bokant die Bees-voerkrale,ook naby die droogoonde.

Weens die toename van terorisme moet die Polisie-reseviste meer dikwils patroleer,ek neem weer n asistent in diens,Nuwenhuizen hy is getroud en ek hoop daar sal dan ook geselskap vir San wees.

Desember 1967 is ons, ook Ansie vir die naweek in Salisbury vir Kers-inkopies,ook geskenkies vir die RCVV dames.Ons reel dat ek San na 12.30uur by dieEG AND I sal kry,sy kom daar aan sonder Ansie,is onder die indruk dat Ans by my is,wat nou?Ons is haastig ,want dis Saterdag en die winkels sluit 13 uur,terug by die klerewinkel waar ons tevore was se die vrou hulle het die Polisie gebel en hul het Ans kom haal.Haastig na die polisie en kry Ans nog huilend daar,wat n verligting,ek kry eers n skrobering voordat ons met Ans daar weg is om na Frik en Tossie Nel te gaan waar ons die naweek kuier.Die verbouing van BURLEY TABAK is net soos vir Virgieniese Tabak,behalwe dat met Burley LUGDROOG Tabak,die hele plant afgesny word, en in die grasdak skuur hang totdat dit droog is.Die blare waneer hul klam genoeg is,word van die stam afgebreek en dadelik gegradeer,en ge baal en versend vir verkoping.

Gedurende Maart toe ek met Reservis diens weg van die plaas is kom vra n werker een ogend vir SAN,wat se werk moet hule doen? Toe San met Nuwenhuis gaan praat,hy sit by die huis,is hy heel beledigend en se hy werk nie vir haar nie! San wys hom toe ook daarop dat hy eie reg gebruik het en sonder toesteming n Skaap geslag het, die naweek toe sy familie kom kuier het,en dat hy rondloop en sy werk verwaarloos.Hy is baie agresief teenoor haar en se sy moet trap,dis sy huis.

Na ek weer terug op die plaas is, en San se verslag hoor en ook van die arbeiders gehoor het hoe laks hy is,gee ek hom n skrobering en se hy moet hom gedra en sy werk doen of

Page 50: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

TRAP! Hy is kort daarna een nag somer sak en pak weg,van toe af boer ek sonder asistent.

Intusen het San en ek besluit dat die drie meisies terug moet kom huis toe ,Zet sal BOTHASHOF toe gaan ,Marie en Amanda sal na die BINDURA kosskool gaan.Baie lekerder om die meisies naby,of nader te he,Faantjie en ek maak weer beurte met gaan haal en weer wegvat na Bindura.Die beheer van insekte en peste op die Katoen oes neem in omvang toe,en aanvulend tot bespuiting met die treker en (mist-blower) laat al selfs soms lugbespuiting doen.

DIE 1967/68 OES HET GOED VERLOOP,

Vir 1968/69 is beplan om;40aker Virginia Tabak(Hicks)20aker Burley Tabak32aker Mielies (SR52)14aker Grondbone(Natal Comon)150aker Katoen16aker Sun Hemp vir groen-bemesting30aker Velvet Beans vir groen-bemestingDie Mielies,en Katoen is al teen 12 November toe dit begin reen klaar geplant.Eers word die Virginia Tabak geplant,toe die Burley,en later gedurende Desember die Grondbone,asook die ander gewasse.

Augustus 1968 koop ek n nuwe Ford Zephyr Merk Vier wat baie leker ry.My Broer Douwe was vroeg Desember in Salisbury vir besigheid en vra of ek hom kan kom haal om n paar dae by ons te kuier,hy moet Saterdag 11 Des weer van Salisbury vertrek.Ek praat San om dat sy,alreeds 6 maande verwagtend, en Ansie ,toe amper 4 jaar oud,om saam te ry.Douwe sit agter met Ansie by hom. Dit het baie gereen en die pad is nat, ek ry so 40km per uur,in die groot pad sowat agt kilometer vanaf ons huis is daar n draai waarvan die skuinste(camber) verkeerd is,en die motor gly in die stormsloot brugie vas.Ek het besef wat aan die gebeur is en my linker hand voor San uitgestrek,ek weet nie of ek iets geskree het nie.Die linker agter-wielboog tref die beton muurtjie van die sloot-brugie en die motor swaai in die lug om dat dit terug kyk na vanwaar ons kom,en skeur net agter die voor sitplek,en die twee dele steek in die grond vas.Douwe en Ansie is uit die motor geslinger,ek sien Douwe langs die kar op die pad le,ek vra vir San of sy reg is?sien nie vir Ans nie. Ek sit n tas wat op die grond le onder Douwe se kop wat bloei,Ansie le tot by haar bekken onder die motor se linker voorwiel,en ek sien verder niks fout,maar die voorwiel druk haar vas.Ek vra dat San by Ans se kop kniel en haar uit trek waneer ek die motor aan die voor moderskerm oplig,ons kry Ans toe uit en sit haar op die agter sitplek.San klim weer voor in en skuil so goed sy kan onder n sambreel,ek maak Douwe se kop met my baadjie toe.

Page 51: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Dit is Saterdag maar in die tyd wat ons besig is,het daar nogniemand verby gekom nie.

Ek weet dat die naaste plek waar mense tuis is,en ek hulp sal kry is by Gerie Cillicrsen dit is sowat twaalf kilometer ver.Ek se vir San wat ek gaan doen en se sy moet glo en ook bid dat ek daar hulp gaan kry.Ek draf-loop,bid,en sing Haleluja liedjies so ver ek gaan ,kom dood moeg by Gerie hulle en verduidelik wat gebeur het.Hulle reel haastig als verder ek ry saam en ons ontmoet die Distrik verpleer daar ,hy ry met sy Landrover,en laai dadelik vir Douwe op,se Ans en San ly aan skok maar moet ook Salisbury hospitaal toe.

Saterdag is Douwe se sny aan sy kop toegewerk maar hy het ook harsingskuding,Ans lei net aan skok,na Xstrale geneem is blyk dit dat San se linker armpyp gebreek is.Sondag staan die Ginekoloog by,toe daar n kroom plaatjie aan San se armpyp gesit word om dit te heg,en als verloop goed.

Ek kry n kwaai pyn,en is Hospitaal toe, Dr ondersoek my en se dit is Nierstene,wil opereer maar ek se nee.Kry behandeling om stene af te skei,hou my sterk en die 24ste Desember neem Unnis Bell ons huistoe na Largo.

Dit is n droewige Kersdag want met tye is die Nierpyn baie erg ,ek kry later die raad om Olyf-olie te gebruik,twee eetlepels drie maal per dag,na twee dae gaan dit al beter .Kersdag het Con Myburg vir ons kos ge bring en van die ander dames het gesorg dat die meisies se klere als reg is vir waneer hulle in Januarie moet terug skool-toe. Na n week weet ek amper niemeer van nierpyn nie en het nog nooit daarna weer nierpyn gehad nieWoensdag die 29ste Desember1968,toe ek beter voel neem Unnis my na die motor,wat intusen langs die pad,by die bruggie staan,ek saag dit met n ystersaag verder op twee plekke af sodat dit in twee stukke opgelaai kan word.My bril wat (verdwyn het)kry ek onder in die pyp waar die water deurloop.Die Zephyr is deur die versekering af-geskryf,en word teen geringe bybetaling vervang met n Citroen Palance,volgens my die beste beskikbare motor.Die eerste Maart 1969,toe San moet ingaan vir die geboorte van die baba ry ek n bietjie vinig toe ons alreeds vir Zettie gaan groet het,en op pad is na Tossie hulle, word afgetrek.Ek dink vinig en se San moet n kusing vashou en steun asof sy pyn het,die een beampte kom aan geloop en ek beduie dat hy gou moet maak, ons is op pad na Lady Chancelor my vrou het kontraksie pyne,hy gee een kyk en beduie ons moet ry.Ek is baie gespanne en op my seunuwees want Dr se dit sal n Keisersnee geboorte wees,maar hy weet nognie presies water dag nie.My motor is voor Angwa Apteek geparkeer, en ek het vir die eienaar, Moris Soriano gese ek loop bietjie rond en sal vir 10uur besoektyd San gaan besoek. Toe ek by die apteek kom met twee roomyse in my hand se Moris hulle soek my San is al teater toe vir die keisersnee.Ek ry dadelik Chancelor toe en kom daar net toe hulle San terug in haar kamer in die bed het,sy is baie bly want dit is n SEUN Pieter is 4 MAART 1969 Gebore.Ek word egter twee keer terug gestuur moet gaan seker maak dit IS N SEUN.

Page 52: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Dit gaan goed met alby en ses dae later gaan haal ek hulle en San en ons Seun is veilig op Largo.Die omvang en verskeidenheid Katoen siektes en peste het egter uitermate toegeneem,en daar word bespuit met,Kurasol,Plantsol,DDT,Nuvacron,Karbaryl en nog ander midels,die gewig en gehalte is swak.

Werksaamhede vir die 1969/70 seisoen gaan goed aan.Saai 160aker Velvet Beans en 24aker Dahl vir Bees-voer,plant ook 71aker mielies,en berei 40aker voor vir oond-droog tabak,en 14aker vir Burley.Dit reen baie swak en ek plant gladnie Katoen,en slegs 20aker oond-droog tabak,en 14aker Burley, baie Mielie-saad stik,ontkiem nie, weens te min reen.Begin eers Februarie om Tabak te pluk,en droog slegs 13 skure waarvan die kwaliteit maar swak is, dors slegs 535 sak Mielies,en die Lugdroog/Burley haal ooknie goeie pryse.27 MEI 1970 Doen ek aansoek vir DROUGHT RELIEF 16 JUNIE 1970 is Oom Paul betrokke in n MOTOR ONGELUK en Tanie BABS is opslag DOOD ek moet gaan om haar lyk uit te ken.Oom Paul le ook in die hospitaal,en ek gaan besoek twee stalletjies waar hy Lemoene verkoop. Oom Bauker ,Paul se buurman sien om na sy boerdery,en twee weke later is Paul weer by die huis.

Daar is sterk gerugte van onteiening van plase Noord van die Mount Darwin- CentenaryPad,en grensend aan die Bantoe Trust grond,LARGO is een van die plase.. Ons verneem ook dat daar al teroriste deur gekom het by die Roomse Sending Stasie WES van LARGO. Frik Nel (waar ons dikwels in Salisbury tuisgaan) het onderdele gaan aflewer in Mtoko en kom nie terug ,daar word na hom gesoek maar selfs sy motor is weg.Daar is n sterk vermoede dat Teroriste hom ontvoer en later doodgemaak het,die Portugese Magte onttrek uit Mosambiek en terorisme eskaleer.Chris Toerien trek Vaalwater toe en die seksie se tabak kwota op Nr 1626 word weer aan my toegeken en saam met Nr 1264 se kwota kan ek volgende seisoen 100aker aanplant.

Beplaning vir die1970/71 Seisoen is:100 aker Virginiese Tabak, 10 aker Burley, 124 aker Mielies en 50 aker Katoen,en58 aker Dahl vir groen-bemesting.

Daantjie Kritzinger en Rika sy vrou huur die seksie by my,teen 10% van sy wins,en sal ook toesig hou waneer ek weg is, hy het sy eie Tabak kwota Nr 5039. Susan is ook bly want hule is vriende van ons,en nou het sy ook geselskap wat nader is

Alles is geplant of gesaai maar die reenval is weer n probleem;2 Okt .42mm,eerste redelike reen 12 Nov .63mm totaal vir Nov 3.23mm Des 4.16mmJanuarie 382.25mm Februarie 232.5mmMaart 18.75mm en April geen reen.Die hoe reenval gedurende Januarie en Februarie veroorsaak dat die oeste nie so goed ontwikel nie,en die Tabak kwaliteit is ook nie so goed.

Page 53: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Aangesien ek daaraaan begin dink om Largo te verkoop,het ek die beeste aan Cold Storage gelewer,en die skape verkoop

Die inligting rakende Teroriste aktiwiteite wat aan die Reseviste Leiers meegedeel word is ook gladnie gerusstellend nie.San het n verwepings reaksie ontwikel,die kroom plaatjie aan haar arm is die probleem,en Dr se dit moet verwyder word.en teen die einde Augustus is San in vir die operasie by SntAnns hospitaal,Salisbury. In Salisbury hoor ek ook van n PIET NAUDE wat grond wil koop in Centenary, ek kry sy adres en kontak hom,ons reel n datum waneer hy die plaas sal kom besigtig.Een voorwaarde is dat Daantjie Kritzinger nog n seisoen by hom kan huur,en hy kan die plaas September beset maar sal die groot huis eers einde Desember 1971 waneer ons trek ,kan beset,en ek gaan so gou moontlik vendusie hou van al my losgoed.

By n prokureur word alles kontraktueel bekragtig,aangeien Piet n Landbank Lening uitneem is ek die tweede-verband houer.Toe San die 12 de September ontslaan word en ek haar huistoe neem hoor sy vir die eerste keer dat Largo wel verkoop is,sy glo dit nie,is baie ontstel en ook baie kwaad vir my.Op n vraag van haar wat nou?se ek dat ons Republiek toe trek,daarvan hou sy nog minder en se ek kan trek sy bly.Sy wou selfs in Salisbury gaan bly na baie redenering stem sy onwilig saam,maar is nog kwaad.Dit is eers n jaar later Augustus 1972 toe ons verneem dat TERORISTE Piet Naude gedood het dat San n begrip het van waarom ek besluit het om te verkoop.Toe ons Julie 2006 vir Zettie en Hennie gaan kuier in Uvongo,en ons ook vir Janie en Rina Fereira gaan besoek,wys hulle vir ons fotos,toe besef San die omvang van die treurspel,en wat moontlik met ons kon gebeur het.

Aangesien al die trekers en implemente alreeds skoongemaak en geverf is,word die vendusie virdie 25 ste September gereel,al die bure en vriende het gehelp om die vendusie-datum aan ander oor te dra,en die vendusie word baie goed ondersteun.DIE VENDUSIE VERLOOP BAIE GOED alles verkoop tot selfs die hoop skrot-yster.

Teen 15 Oktober 1971 is my sake afgehandel en vertrek ons na CERES IN DIE KAAP waar UnnisBell saam met sy broer in die Koue Bokeveld intensief boer met Appels,Pere en Artapel-saadmoere.Die natuur is baie mooi ,die verskilende boorde is ook in blom en waneer die temperatuur gedurende die nag vinig daal,word al die arbeid geroep om Rookpotte aan die brand te steek,dit word gedoen om RYPSKADE te verhoed.Werk word my aangebied teen Goeie Betaling,n Huis met volvloer matte staan gereed.Susan is gladnie ten gunste van n werk daar waar dit so koud is.Ons het nie warm klere saamgebring ,en beleef die koue as baie erg,en sy se die koue sal gladnie goed wees vir my bors.Dit neem nie veel meer om my te oortuig dat Die Koue Bokeveld,nie die regte keuse is.Die Hexrivier Berge se toppe is ook wit van die sneu.

Page 54: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Oktober in Rhodesie is bekend as die selfmoord maand,omdat dit daar so ontsetend warm word,en ons het nie Winter Klere ingepak.n Week later ry ons af tot by Kaap Punt,die wind waai erg,en dit is so koud dat San weier om selfs haar voete by die deur uit te sit,Pieter nou 3jr 6mde oud kry ook baie koud en wil nie uitklim.Ons soek by winkels vir n Warm Kombers maar almal se hul winter voorraad is klaar weg- gepak.Ons ry en gaan slaap by Brenton on Sea,ry volgende dag na Knysna,gaan kyk na groot Stinkhout Boom,daarna na Mosselbaai besoek die Poskantoor boom en slaap weer by Brenton.Ek verneem dat dit vanwee sneu en ys, in die Robinson Pas,dit beter sal wees om George langs deur die Outeniekwapas na Oudtshoorn te ry.Dit is ook in die pas waar ek mooi praat,en dit reg kry om San en Pieter in die sneeu af te neem.Slaap in Oudtshoorn en besoek ook die Kango Grotte,ek het daar n stel mooi skuifies ge koop,en dit is op die een kompakskyf.San en Pieter wag in die restaurant totdat ek terug is,ons ry toe en gaan slaap by Hendrik Verwoerd Dam

Ons gaan kuier n paar dae in Pretoria,en ry Maandag na Vaalwater,want ek wil kyk of daar n Plaas proposisie is,sien iets redelik,en neem n opsie om te koop, maar n paar weke later,na ons terug is na Largo, het Oom Stoffel die grond aan Oom PieterVan Zyl verkoop

Teen 10 November 1971 is ons weer terug op Largo en gaan aan met die reellings vir ons trek na Vaalwater.Ek is na Standard Bank Bindura,onttrek geld en koop soveel reisigers tjeks soos wat toelaatbaar is waneer mens met vakansie gaan,en verander my adres na P K Bus Vaalwater R S A.n Paar dae later wil ek weer geld onttrek,en vind uit dat my Bankrekening gevries is, kan slegs n beperkte bedrag geld trek om van te leef,en moet bewys lewer waneer ek n rekening wil betaal.,Om te emigreer moet daar van verskeie Regerings instansies,Skole en Hospitaal bevestigin verkry word dat daar geen geld nog aan hulle verskuldig is,en dat die motor en karavaan klaar betaal is.Terug op Largo help Val Myburg met arbeid,sy trekker en sleepwa,om ons meubels na sy plaas te vervoer,en al die meubels en verpakte kratte word by hom gestoor.Bishops Vervoer sal vroeg in Januarie 1972,alles kom laai,en in vaalwater aflaai,gelukig het ek die gekwoteerde bedrag vir vervoer alreedsmet bespreking van aflewering betaal..Ons het die Karavaan gelaai met klere,linne en breekware ens wat nodig is,kry die kinders die 6de Desember toe die skole sluit en vertrek.Daar is besluit dat ons eers twee weke by Tshipise sal gaan kampeer voordat ons 20 Desember1971 Vaalwater toe gaan.Alles verloop reg en goed aan die Rhodesie kant maar by R S A Doeane moet ek Invoer belasting op die CITROEN betaal,hulle wil nie n reisigertjek aanvaar en ek moet terug gaan na Rhodesie kant,die tjek daar gaan wissel,betaal die belasting en ons kan verder ry.Sowat 5km weg van Messina op pad na Chipise voel ek die motor so n efense ruk gee,kyk in die tru spiels en sien dat die karavaan efens na lings oorle, rem geleidelik tot die motor stilstaan,die Citroen was verbasend stabiel,en het gladnie geswaai nie .San en die kinders vra waarom ek stilhou,is iets fout ?ja, ek wil gaan kyk.

Page 55: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Die linkerwiel van die karavaan het uitgeval en ek kry dit so n entjie terug naby die draad le,en daar is omtrent geen skade aan die wiel velling gate.By nadere ondersoek terug by die karavaan sien ek dat die wielboute nie afgebreek het,maar almal uit en weg is.Gelukig is die skroefdraad nie beskadig,ek neem drie boute by die regterwiel uit,sit die linker wiel aan en ry terug na Messina,koop die nodige wielboute,sit dit in en ons ry weer verder na Chipise.

Ons ontspan en kuier lekker vir twee weke en vertrek die 21ste Desember 1971 na Vaalwater.Daar gaan ons eers tuis by Douwe,in Mamie hulle se gedeelte waar drie kamers tot ons beskiking is,en ons eet by hulle.Die grond wat Douwe my aanbied het n probleem met voldoende water, en sy voorstel dat ons n steenmakery moet begin is ook nie vir my aanvaarbaar nie.Saam koop ons egter tien Charolais beeste wat daar by hom sal wei,en waarvan ons gebruiks melk sal kry,en wat hy by my sal koop waneer ek weggaan van Vaalwater.

Ek gaan gesels met Oom Stoffel en Oom Paul en hulle bied aan dat ek n aandeel kan koop in GWAAI,die Hardeware winkel wat hulle toe net begin.Johan Vd Merwe is die bestuurder,die winkel is klaar gebou daar op Vaalwater,en ons sal alle Boumateriaal,verf,ruitglas ens verkoop maar mag nie saad, kunsmis of goedere wat alreeds deur die Kooperasie verkoop word bemark nie.Die winkelrakke word deur my gemaak,en heel spoedig is ons aan die gang.

Intussen verloop die soek na n geskikte woonplek nie so voorspoedig nie.Daar is wel n lee huis by die skool maar die hoof se dit is nie te huur nie,ons kry naderhand n spoorweg-huis te huur by die staie.

Almal spring in en begin van n kant af SKOONMAAK,die vloere wat al so dik beplak is met politoer,word afgeskraap,seker 6liter ou waks kom af.Mure en plafonne word geskrop,die ou steenkool-stoof word uitgedra en ek maak dit deeglik skoon.

Beide die bad en toilet-bak word deeglik skoongemaak,en ek sit n nuwe toilet sitplek op.Die blokies vloere word met n mengsel van Petrol en Diesel skoon-gewas en daarna ligies gepoleer,en lyk nou baie mooi.Toe ons klaar is met Skoonmaak het die Stasiemeester se vrou kom kyk,en se sy kan nie glo dat die huis nou so mooi is nie.

Omstreeks die 6de Januarie 1972 word die meubels afgelaai by die Spoorweg-huis, van die goed word voor op die grasperkie gepak,die huis is maar klein en van die meubels,die twee groot hangkaste en kratte wat oorbly word by Douwe op sy plaas gestoor.

Vanwee die hoe midelmanetjie op die plaaspad gee die Citroen se voor aandrywing en stuur probleme,daar kom SAND in. By die garage waar hulle herstelwerk moet doen is die Citroen heeltemaal onbekend,en tot verbasing van die werkers wys ek dat die moderskerms afgehaal moet word om die enjin te bereik.Daar is n Indier motorhandelaar

Page 56: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

wat baie belangstel in die motor en ek ruil die Citroen met geringe bybetaling in op n nuwe Valiant. Nadat ons limaatsertifikate ingegee is by die N G Kerk, kom vra Ds dat ek op die kerkraad moet dien,ek se nee ek was baie lank in Rhodesie op die kerkraad en wil eers n ruk rus.Intussen het Zet werk gekry by Standard Bank in Pretoria,Marie sal kosskool toe gaan op Nylstroom,Amanda en Ansie gaan na Vaalwater skool.Marie is baie ongelukkig op Nylstroom totdat sy haarself laat geld,en by n ander kamermaat intrek.

Midel Februarie 1972 kom se die Staiemeester se vrou aan ons dat die skool se bestuur besliut het dat die huis by die skool beskikbaar is indien ons daar wil intrek,en ons hoef ook nie huur vir die Spoorweghuis vir Februarie te betaal nie.Maart maand verhuis on na die skool-huis,baie groter en geriefliker as die Spoorweg-huis.Manda en Ans is baie in hul skik want nou kan hulle pouse somer by die huis kuier.Gedurende April kom vra, Van Heerden vriende, van Oom Stoffel ,of ons nie in die een huis by hulle op Wolwefontein sal kom bly nie.Ons moet die hoof- huis en tuin oppas en inwoning is gratis.Ons gaan kyk na die huis en is baie be-indruk met die mooi groot tuin,daar is arbeid wat die tuinwerk doen ons moet slegs toesig hou,en Meimaand verhuis ons weer.Daardie winter is vir ons biter koud,ons leen vewarmers,onder andere n Parafien model,waarvan die reuk my tot vandag toe nog geweldig iriteer. Die groot bron van koue is die watervoortjie wat langs ons huis verby loop en net n entjie weg oor die vlei uitloop.Almal word siek,ek laaste ,en kry amper longontsteking,maar ons is weer gesond en gaan aan met die lewe.Intussen het Johan vd Merwe n tweede huis op n erf begin bou op Vaalwater,naby Gwaai Winkel,en se waneer dit klaar is kan ons daar kom bly.Vir San is dit ook meer anvaarbaar aangesien dit maar stil ,en sonder geselskap is op Wolwefontein,en Augustus 1972 trek ons na Johan se huis op Vaalwater.

Die 16de September 1972 is Zettie met Henie Nortje geroud,net n klein onthaal word gegee aan huis van Johan vd Merwe hulle.Gwaai het die agentskap vir die oprigting van Delanco se D800 Tabak opslaan-masadroers.Nadat ek by Delaco Fabriek was vir opleiding,doen ek met n span van ses arbeiders die oprigting-werk by boere in Vaalwater en ook Sterkrevier (Potgietersrus).

Tot groot ontnugtering kom ek agter dat Johan baie van die bou-materiaal by sy huis aflaai, want hy bou n derde huis,en merk dit as voorraad by Gwaai ontvang.Ek gaan bespreek dit met Oom Stoffel en Paul,en hulle glo my nie,en half beskuldigend vra hulle waar het ek die geld gekry om die Valiant te koop,ek vertel van die feitlik ruiltransaksie maar hulle bly maar nog skepties.(Maart maand 1973 met voorraad-opname, nadat ek alreeds weg is, besef hulle dat ek die waarheid vertel het en dank Johan dadelik af.)

Giel Erasmus,bemarking bestuurder by Delanco op Brits het intussen ook vertel dat hul Fabriek Bestuurder Tielman Roos verongeluk het,en of ek nie belang stel in die werk nie,ek sal net toesig moet hou in die fabriek,San is ook ten gunste van Brits.

Page 57: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ek gaan bespreek die werk met Jan De Lange die eienaar van Delanco, hy en n groep boere van Vaalwater gaan begin Januarie 1973 op n toer na Italie, na ek hom aangehoor het,en die saak goed bespreek het, aanvaar ek die werk.Jan stel my ook aan Piet Le Roux voor wat die aflewering van droer-komponente behartig,en hy sal help met die meubels se vervoer.

28 Desember 1972 Piet help my met n groot platbak vragmotor met drywer en vier arbeiders,en ons vervoer alles behalwe die Kiaat Slaapkamer-stel se dames hangkas,plek is skraps op die vragmotor.Douwe wil die hangkas graag gebruik en sal dit later weer aan my besorg.Ons neem die meubels na die huis wat ons by Ds Jan en Lettie de Wet, tehuur gekry het,buite Brits,op Pansdrif, vanwee die huis se vorm, het ons dit die H huis genoem.

Marie en Amanda gaan na Hoerskool Brits,ry met bus saam met de Wet kinders,Ansie en gaan op Pansdrif skool,ek laai haar sogens af. Ou Ds Deacon van Sanddrift N G gemeente was on eerste besoeker en het ook somer gevra of ek nie op die kerkraad sal dien nie,ek se nee alles is nog te nuut vir my en ek ken nog gladnie die gebied en inwoners nie.Maandag 4 Januarie 1973 meld ek aan by die fabriek op Klipkop,dit is op die plaas van Jan de Lange en hy gaan stel my voor aan die ander personeel,Frik du Plesis,die Eloff broers,die vier Pelser broers,ou Timoot by die saag en al die ander. Jan de Lange en die groep boere vertrek al daardie selfde aand op hul reis na Italie.

By die fabriek word aangegaan met vervaardiging van steenkool-stokers,waaiers en panele vir die D800 grootmaat-droers,ou Timoot kom se dat die hoekyster en buispyp klaar is en dat hy nie kan aangaan om die nodige te saag vir vervaardiging nie.Ek gaan vra vir Frik, hy weeet nie of daar materiaal op bestelling is nie,stel voor ek gaan vra vir Truia, Jan se vrou,want sy doen die kantoor-werk.Daar is nie materiaal op bestelling nie en ons sal moet wag tot Jan terug is,wat nou ek redeneer dat die werkers nie ledig kan staan nie.Ek het al gesien dat daar n groot hoop afval stukke yster onder die afdak langs die fabriek le, en besluit toe om dit aanmekaar te laat sweis,laat maak die nodige sweis stutte, en die benodigde stuke buispyp en hoekyster word reguit aanmekaar gesweis. Almal was skepties omtrent die sweis-gelaste materiaal maar ek se dit word buitendien met sink bedek en mens sal nie die laswerk sien nieSommer gou kan ou Timoot aangaan om die nodige materiaal te saag,en daar word fluks voortgegaan met vervaardiging van panele want gelukig was daar drie rolle sink,waarmee dit nekleed kon word.Toe Jan na twee weke terugkeer is hy verras om die klomp panele te sien en vra waar het ons die materiaal gekry? Ek verduidelik en van toe af is dit algemene gebruik om afval stukke hoekyster en vierkant- buispyp aanmekaar te sweis vir verdere gebruik.Intussen het Jan de Lange met VETSAK (Vrystaat en Transvaal se Sentrale Aankoops Kooperasie)onderhandel en hulle koop Delanco,maar hy bly aan as bestuurder. nNuwe fabriek word in die industrieele gebied van Brits gebou,en vanaf 1 Maart 1973 is Delanco in n moderne ruim fabriek in Brits.

Page 58: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Dolf Swart word aangestel as Fabriek Bestuurder en ek word Bemarkings-bestuurderdoen nou ook baie kantoor werk,en kry n Maatskapy motor n groen Fiat 135,en verkoop die Valiant,n swarte gaan Taxi ry daarmee.

April 1973 trek die mense wat in die huis langs Ds hulle bly en hulle vra of ons nie daar wil intrek nie,dit is n groter huis maar die huur is dieselfde,en ons trek daarheen.

Augustus 1973 verneem ons dat PIET NAUDE deur teroriste gedood is,en sy motor is uitgebrand,dit is toe eers wat San begryp waarom ek nie langer in Rhodesie wou bly.n Paar maande later ontvag ek n brief van die LANDBANK RHODESIE, aangesien hulle die eersteverband houer is en Largo gelys is vir onteiening bied hulle my slegs 40,000 Zim$ aan.Die bedrag sal dan oor die verloop van die volgende12 jaar @ 4% rente jaarliks aan my uitbetaal word.Met die aanhoudende verswaking van die Zim$,is dit naderhand baie min wat ek vir Largo kry.

Augustus 1974 verkoop Ds de Wet sy plaas en ons trek n entjie nader aan Brits gaan bly in n huis op die plaas van Koos en Atta Snyman,tot September 1975, Piet en Corrie le Roux bly in n ander huis net so n entjie van ons af.Pieter gaan ook nou al skool op PANSDRIFT.Dit is hier by Koos waar Frikkie, Koos se seun en Pieter die dam se sluis oopmaak en die water vermors,Koos kom kla en Pieter word getug.

Ons bly maar soek na n huis in BRITS en gaan kyk na die nuwe Gas-beton huise wat in GERT SCHEEPERS Straat BRITS gebou word,ons koop Nr 15 Gert Scheepers Straat.en trek Oktober 1975 daarheen.

JAN 1977 Marie (18jr) na NKP Pretoria OnderwysManda (16jr) std 9 Hoerskool BritsAns (13jr ) std 6 “ “Pieter ( 8jr) std 1 Laerskool Brits

Die eienaar Bouer het die koop gefinansieeer en September 1977 kry ek kennis dat die bouer bankrot is en ek moet dadelik oordrag neem of die koop word gekanseleer.Daar is geen instansie wat n lening wil toestaan nie,want Gasbeton is nie goedgekeur as boumateriaal nie.Gelukig verloor ons net die klein deposito wat betaal is,want die paaiement was gelyk aan die maandelikse huur van n soortgelyke huis.

Oktober1977 Verhuis ons na MAROELAWEG 48 en verkry opsie om te koop.Pa Papenfus wil by ons kom woon,en hy sal help met die koop,die voor heining is al half omgeval,ek verwyder dit en begin ook om die huis binne te verf.Pa wil weer gaan delf en onttrek met die gevolg dat ek nie die koop kan behartig.

Page 59: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Einde November1977 word getrek na n huis op die hoek van Van Deventer en Blinkblaar Straat Steyns se huis.Die hoof badkamer het Swart muurteels,bad en toilet,nie ons smaak nie maar andersins n gerieflike huis.

Januarie 1977 is Marie na die Onderwys Kolege in Pretoria,maar ook n moelike aanpassing vir haar,eenkeer het sy gebel en huilend gevra dat ek haar moet kom haal,die huiskomitee het gese sy moet haar tasse pak en huistoe gaan.Ons gaan na haar en verneem wat die probleem is ,dit is maar deel van die ontgroening,en die saak word met die komitee uitgeklaar,en Marie het toe gouer gevestig ,veral toe sy en Joey kennis maak..Johan Terblanche se suster Joey ook op Kolege, het dikwels saam met ons van Pretoria tot op Brits gekom dan het Salie, haar ma, haar daar kom haal na hul plaas op Derby.Een naweek wat Marie ook by die huis is,by die Steyn-huis. San en ek le op die bed in die kamer,die drie meisies is daar by ons en raak aan stoei,en in die proses word Marie tot teenaan die venster gestamp.Die GROOT ruit breek,gelukig is die gordyne toe en niemand kry seer.

Skuins oor op die hoek is n ou huis(Mulderia) tussen groot ou bome n Tanie Mulder woon daar, ons raak bevriend met haar,San gaan gereeld kuier,dit is n ou maar stewig en gerieflike huis,Tanie Mulder gaan na n ouetehuis en se ons kan die huis huur,en selfs later koop.Februarie 1978 trek ons daar in en woon lekker.

Begin 1979 gaan Amanda na Pretoria Universiteit en studeer B A HOD, meeste naweke waneer sy kom kuier het Bert haar gebring em ook weer terug geneem.

Johan en Marie is die 22ste Desember 1979 getroud in die N G Kerk Krokodilrivier BRITS, ons hou n klein onthaal daar in die huis en vir die kinders, agter in die dubel motorhuis van Mulderia,San het die troukoek gebak en versier.

Ek ondervind probleem met my onderlip wat sogens aan die bolip vassit Dr diagnoseer Kanker ek dink dit was Mei 1980 gaan ek vir operasie. Dr verwyder smal stukkie vel van onderlip,wat dit baie dunner maak en ook hitte sensetief,maar verder verloop dit goed.

As Bemarkings Bestuurder was dit ook my werk om die verskillende Tabak Kooperasies te besoek en voorligting te gee aangaande Delanco produkte.My kennis rakende die verbouing en droging van Tabak het ook handig te pas gekom.Waneer ek n koop besoek het en weer huistoe gaan ry ek baie keer te vinig en kry n spoedkaartjie.MKTV (Magaliesgurg Kooperatiewe Tabakkwekers Vereniging)was die grootste Tabak Koop en het ook takke in Brits en Groblersdal,Sarel Snyman is hul hoof voorligtings beampte.MKTV lede het hul tabak by die Rustenburg vloer gelewer vir bemarking,en daar was ook groot Proctor-droers en ander toerusting waarmee tabak verwerk is en ook verpak is vir uitvoer.Later jare het veral die Tabak wat in Brits verbou word,vanwee die hoe Kloor inhoud,in onguns geraak by die Sigaret Vervaardigers,en is verbouing op Turf gestaak.

Page 60: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

LTK (Laeveldse Tabak Kwekers) se hoofkantoor is in Nelspruit,en Flip Pienaar is die voorligtings beampte,Piet Schoeman is Bemarkings bestuurder.Die Laeveld het altyd goeie kwaliteit Tabak gekweek,wat altyd gesog was by die Sigaret Vervaardigers.Tabak is ook daar bemark en verwerk vir uitvoer.

PTK (Potgietersrus Tabak Kooperasie) is in Potgietersrus daar is baie minder Virginia kwekers maar baie Lugdroog Tabak kwekers.By Melkrevier, PTK Gebied was ook n paar kwekers met Grootmaat droers, een Saterdag bel n boer en se die Dieselbrander werk nie,ek was toe nog in Vaalwater.Toe ek dertig minute later by die droer kom hoor ek die brander net aanskakel,en se dit vir die eienaar,en se hy moet versigtig aan die skoorsteen voel maar pasop dat hy nie brand nie.Die probleem was toe n gloeilamp bokant die elektriese-skakelkas,wat nie brand nie.Elektrisiteit word deur n kragopwekker voorsien, wat daar by Droer staan,en vanweedie geraas daarvan kan die man nie hoor dat die brander wel werk nie.

G T K (Gamtoos Tabak Kooperasie) is by Patensie daar is n klompie Tabakkwekers maar in die Gamtoos Valei word hoofsaaklik Citrus verbou.Corie Cronje is die bestuurder en was vroer ook in Brits by die MKTV.Patensie is sowat 40km van Humansdorp langs die Gamtoos revier.Langs die pad lyk die berge asof hulle met wit spoelklippe van verskilende groottes gestapel is.

Deur Vetsak/Delanco kry ek n Nywerheids Ontwikeings Kooperasie lening en gaan kyk na n huis in aanbou,in die nuwe uitbreiding,Elandsrand wat alreeds tot op vensterbank hoogte gebou is,en dit is toe die vierde huis in Skurweberglaan.By Frik van Dalen (Driemaanskap Bouers) teken ek op27 September 1980 n aanbod om te koop teen R40,000 teen verkyging van R33,000 N O K lening en n R7,000 Tweede verband by Santam Bank,Alles verloop goed en die 29ste November 1980 trek ons daar in,uiteindelik na amper NEGE JAAR weer ons eie eindom.Die huis is groot genoeg maar nie baie ruim nie,3 slaapkamers,2 badkamers met toilette,sit/eetkamer,kombuis waskamer en dubel motorhuis.Agter is die erf sowat 12meter wyd,waar ek n Suurlemoen en vyf Mango- bome geplant het die agterkant was toe met n beton-paneel muur,aan die kante is Diamant-draad, en is daar n redelike groot stuk grond voor vir tuinmaak,maarGROOTklippe.Frik van Dalen het vanaf die straat tot by die motorhuis die turf verwyder,tot so 500mm diep,en gooi dit af waar ek n beding wil opbou.Dolf Swart het sy bakkie aan my geleen en met die hulp van twee arbeiders ry ons van oral hanteerbare klippe aan om die oprit mee op te vul.Piet Le Roux het ook vanaf Autocast van die gebruikte Gietvorm-sand aangery en daarmee maak ons bo oor die klippe gelyk en daarna plavei ek dit met Leiklip wat ek by Swaer Johan Glas,naby Broederstroom, gaan losbreek het,en voordat dit baie begin reen ry die motor maklik tot in die motorhuis,n paar jaar later is die leiklip met plaveistene vervang.Aan die Noordekant van die huis by die hoek van ons slaapkamer was daar n redelik groot Maroela-boom(manlik),en so ses meter vorentoe was n Wilde-peer,langs die klipplaat waarop ek n visdam van so 3x4meter bou.

Page 61: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

By die visdam plant ek n Cycas Revoluta,Vanaf die visdam tot voor by die hoek het ek n klipmuur laat bou ,en daar het ek n rotstuin gemaakSowat 4meter Lings voor die visdam was daar ook n groot klipplaaat en daar bou ek n Grasdak-kuierplek,so groot soos n motorhuis,die woonhuis het n klein stoepie maar dit is nie onder dak.Aan die voorkant van die grasdak,maak ek n beding,gepak met groot klipe,en wat opgevul word,beide Johan en Bert het my dikwels,waneer hul kom kuier het gehelp met die tuinwerk. Daar is nog Dassies in die kop n blok weg agter die huis,een aand het Ans baie benoud kom se dit klink of daar Ganse is wat agter by haar kamer raas,en ons het nie Ganse nie,dit is toe Dassies wat so raas.Ek het Varkore geplant maar daar is iets wat dit vreet,toe ek die spore sien besef ek dit is n Ystervark,en die tuinhulp se hy bly in die stormwater-pyp voor in die straat.Pieter en Neefs of vriende wat kom kuier het het ook leker ge- speel by n groot graniet klip waarin n gat geboor is en daarin het hulle met n stok gekaring.By die klip in die erf groei n groot Besem-tros Vyeboom,waar die groen duiwe vye vreet waneer dit ryp is,en ek het n stuk of 6 Roosbome langs die oprit geplant, die res van die tuin is met gras beplant.

Susan het besluit om te gaan werk en die1ste Junie 1981 begin sy by Unie Winkels maar Die 1ste September 1981 begin sy by Paaie Afdeling in Brits se administrasie te werk.April 1982 is ek na hospitaal in Pretotia vir herstel van my neus Septum,en verwydering van Sinusse.Ansie is Januarie 1982 na die Onderwys-kolege Pretoria en is die eerste dame-student wat die H O D Tegnieka kursus afstudeer,van die vakke is sweies,en ook houtwerk..Desember1982 voltooi Amanda haar 4de jaar studies,sy gee onderwys by

Die 11de Desember 1982 is Amanda en Bert getroud in die NG Kerk Krokodil Revier,en die onthaal word ook daar gehou.Hulle gaan woon in Confido woonstelle Burgerspark26 Oktober 1984 gaan woon Bert en Manda by Jan en Sytie Kellerman op plot 55 Magaliesmoot,dit is baie nader aan Brits,en ook rustig en hulle woon daar tot hulle na Klerksdorp verhuis Jan 1986. 23 Augustus 1985 is Manda na Pretoria vir bevalling van hul eerste baba,groot verdriet want die baba (Bamsie) is dood gebore.

Ansie en Andre is die 23ste November1985 getroud ook in die NG Kerk,en die onthaal is ook daar,na hulle troue gaan woon hulle eers in Westonaria en later in Randfontein.en 1994 trek hulle na Riebeekstad,WELKOM.Marie het maande voor die tyd reeds begin om alerhande mooi versierings vir Ans se onthaal te maak en die kerksaal was baie mooi versier.San het ook hul Troukoek gebaken versier.Ans het haar 4de jaar HOD Tegnieka voltooi en begin onderwys gee aan Jan Viljoen Skool Randfontein,sy en Andre woon ook in Randfontein,en hy werk by TEBA Bank

JANUARIE 1986 Bert slaag BchD met Lof hy kry werk by n tandarts,ook n Botha, in Klerksdorp en hulle gaan woon daar. BURGERD is 21 Nov 1986 gebore,n mooi gesonde seun,hulle kom kuier elke maand,soms elke tweede week.

Page 62: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Bert wil sy eie praktyk begin en moet besluit op Pretria of Brits.Ek se kom na Brits want julle gaan tog elke naweek kom kuier,hy koop Maroelaweg 36,en 28 Mei 1987 kom woon hulle in Brits

Januarie 1987 Pieter na LUGMAG Waterkloof Pretoria ondergaan opleiding as Lug/werktuigkundige.Ek het by die Filatelie vereniging van Brits aangesluit en versamel RSA, SuidWes, Venda en Ciskei Seels, wat ek Des 1999 alles vir Pieter gee.

Januarie 1988 daar word begin met aanbou en veranderings aan Maroelaweg 36.Bert laat die Tv en Eetkamer ens verander na Spreekkamers vir hom,en hy begin daar Praktiseer.Ek kry pryse vir my Tematiese Seel uitstallings.24 Mei 1989 het Bert die KP Tussenverkiesing gewen

14 Junie 1989 gaan ek na Die Suid Afrikaanse Hospitaal Pretoria vir verwydering van my Prostaat,Eina nie n aangename operasie nie,Dr se ek kan huistoe gaan waneer my piepie soos Sjampanje lyk,en ek drink BAIE Water om so gou moontlik huistoe te kan gaan.

Pieter en Belinda is April 1989 Getroud, en Liza ons eerste Nel kleinkind word 11 DESEMBER 1989 Gebore.Ssan en ek het saam met Bert en Manda laat in Desember by Pieter hulle gaan kuier.Vanuit hul woonstel venster kon ons die Kasteel sien en Nuwejaar 1990 het ons ook van die woonstel venster afgekyk na die Kaapseklopse optog.Saam met Berte en Manda het ons ook baie gery en plekke gaan besoek.(Kyk fotos in die KAAP album)12 JANUARIE 1990 begin Bert Nuwe SPREEKKAMERS te bou voor by Maroelaweg 36 Brits di is 12 April klaar.CHRISTIAAN Botha is 19 April 1990 gebore (Bert het gese Pa ek sien nie kans om hom P W Botha te doop nie).21 Maart het Bert ook laat breek en bou aan hulle huis,en hy het ook n 3meter wye strook van die erf agter hulle Nr30 laat opmeet, aangekoop en by 36 gevoeg.

RUAN Smit, is 14 Junie 1990 gebore,nou het San en ek 11 Kleinkinders. MAART 1991 Bert koop n plot anderkant die Krokodil revier naby Impala Graniet werke en langs die Suid kanaal,daar is n dam maar al baie toegeslik.Ek hou toesig toe die dam skoongemaak word en daar ook n skeidingswal toegangspad gemaak word,en sit n leipyp met kraan deur die wal. Met die hulp van twee arbeiders probeer ons groente kweek,baie onkruid,die grond is brak, dit is nie lonend nie en Bert laat le die plot net so.

Wouter Terblanche is 23 April 1991 gebore,nou is daar 12 KleinkindersJUNIE 1991 gaan beide Susan en ek met Pesieoen,Jan de Lange se kontraktyd by Vetsak/Delanco is verstreke,n nuwe bestuurder Charles van Niekerk word aangestel.Nadat ek hom by die verskilende Kooperasies waarmee ons handel, gaan voorstel het

Page 63: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Besluit hy om my tien maande voor my aftreedatum op vervroegde pensieoen te plaas Susan en ek is heel gemaklik want ons het nie skuld nie en die laaste betaling om die huis lening af te los laat nog voldoende fondse om ons pensieoene ook aan te vul.

OKTOBER 1991 gaan ons saam met Manda en Bert asook Burgerd amper 5jr en Christiaan 18maande oud na ZIMBABWE (SuidRhodesie) met n Volkswagen bussie wat hy spesiaal vir die geleentheid gekoop het.Indien ek reg onthou ry ons via Fort Victoria, waar ek na n lang wag, my laaste bietjie Zim$ onttrek.Toe via Umtali,Salisbury,Bindura. Ons gaan by Bindura skool aan,en toe na Largo.

Daar is geen teken van waar die Tabak-droogoonde was selfs nie eers n halwe baksteen nie,die oonde se materiaal is aan die plaaslike stam toegeken en hulle het dit verwyder.Die Stamhoof bly in die woonhuis en die is in goeie toestand maar waar die groente tuin was is nou hutte gebou waar die lede van sy stam bly,hulle is eers maar baie terughoudend,en praat nie veel nie,verontagsaam ons.

Dit is eers toe een wat by my buurman gewerk het my herken,en my bynaam noem,en vra MPOTAHY is dit jy,en ek bevestigend antwoord en met hom Chilapa-lapa begin praat en hy vir die ander se dis ek wat die pkaas gebou het wat hulle almal tegelyk wil praat.Een ou vrou kom val voor my op haar knie en se hoe bly sy is om my weer te sien,haar seun die Hoof is weg na die plaas langsaan waar hy Tabak bedings gesaai het.Die pomp op die boorgat is gebreek en kan ek dit aseblief nie regmaak nie? Die stuwal (weir) is ook gebreek en die oorgang is weg- gespoel,die lande wat ons kon sien het ook maar swak gelyk.Ek verduidelik dat ons net kom kyk het hoe dit nog hier lyk, ek het geen gereedskap by my nie ons is met vakansie en gaan nou Kariba toe.

Hulle het toegelaat dat ons bine in die huis rondkyk,Manda het gewens dat sy die Leeu-ets bokant die kagel kon verwyder,Susan het toe sy die los mielies op die kombuisvloer sien le net gese,En Dit! verder was alles nog die huis ssoos toe ons daar weg is.

Ons is van Largo met sekondere paaie,wat ek nog onthou van die kere wat ons saam met Faantjie Erasmus na Kariba gegaan het, oor Rafingora tot by Sinoia waar ons oornag.Dit is gladnie so netjies en skoon soos wat ons dit geken het,Bert is ook gladnie beindruk met die Sinoia Caves nie.Bert en Amanda het in die bussie geslaap want die hotel bedegoed is alles behalwe wit,San ek en die twee seuns slaap in die kamer maar skuif eers die bedens weg van die mure,bang weeluise kom vreet aan ons.Susan bestel n omelet vir aandete en is die volgende dag so naar dat Bert dikwels moet stilhou.

Dit is WARM ,Christiaan is ook nie wel nie maar uiteindelik kom ons by Kariba en kry plek in n Groot grasdak vakansie-hut,dit is so warm dat die teer uit die balke drup en die bed moet geskuif word tot waar jy hoop dit gaan nie drup nie.Die aand hoor ons hoe Olifante sommer hier naby die heining verby loop.Die volgende ogend ry ons en kry blyplek by Die Kariba Hotel,dit is netjies en skoon ,n lekker swembad en die kos is ook goed,ons besoek die damwal en ry net tot by die Zambie grenspos.

Page 64: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Bert neem ook vir Burgerd uit op n vissersboot en hy vang sy eerste Tiervis,n paar dae later neem ons die pad terug na BRITS.Terug in Brits het ek die Tiervis se kop mooi ge droog en dit op n plankie gemonteer.

NOVEMBER1992 Belinda dring aan op n egskeiding,sy gaan met iemand anders trou,Liza amper 3jr oud, Baie moelik vir Pieter,en hy trou eers weer 10jaar later.

Maart 1992 Bert verkies tot onderburgemeesterTydens hul vakansie op Richardsbaai Burgerd ry vinig met die Vierwiel motorfiets,swaai uit vir n stomp half begrawe in die sand val en breek sy arm

17 MAART 1993 Bert verkies en ingehuldig as BURGEMEESTER Desember1993 gaan ons saam met Bert hulle vakansie hou op MTUNZINI en gaan tuis in die stadsklerk se huis,Louis en Gerda is ook saam

Augustus 1994 verkoop Bert na drie jaar sy plot en koop n motorboot ,ons ry ook lekke rsaam op Harties en Buffelspoort.Desember1994 is ons ook n keer saam na St Lucia toe saam met hulle met vakansie. Bert het die karavaan gesleep en ek die boot met sy rooi Mazda trokkie,ons het baie lekker gekamp in die karavaan park.Met die motorboot op St Lucia Meer ge ry en die wasgoed met die vierwieler by die wassery gaan haal.Daar is nog twee dae oor maar dit reen baie en ons besluit om liewer huistoe te gaan.

Bert kom vertel ons van die huis langs hulle Maroelaweg 34 wat te koop is,en ons se dat indien ons n koper vir ons huis kry sal ons daar koop,want dit sal ook makliker wees diekere waneer Bert en Manda n funksie moet bywoon,en die seuns by ons bly.Oktober 1994 verkoop ek Skurweberg laan 10 aan Gileam Kruger vir R137,000 en Bert help met verdere finansies om Maroelaweg 34 te koop,en die eienaarskap word dadelik op sy naam geregistreer.As vergoeding vir my bydrae onderneem Bert om aan San en my huisvesting te voorsien vir die res van ons lewens,en dit doen hy nog steeds,en ook baie meer waarvoor ons ook dankbaar is.Ons verhuis na Maroela 34, die Posmeester van Brits het daar gewoon,daar is baie en groot Karee bome op die erf.Aan die voor kant van die klein sitkamer is daar n gaaitjies muur gebou wat San en ek besluit moet weg,en van die GROOT- takke wat so laag hang moet ook afgesaag word,swaer Johannes,Bert se pa se grappige opmerking, na dit oopgesaag is,maar Pieter ek het nie geweet dat hier n huis is nie.Aan die Oostekant bou ek n platvorm in die bome en bind ook n dik tou vas waaraan Burgerd en Christiaan kan swaai en die twee speel lekker,veral waneer hulle naweke by ons is. Ek bou ook n visdam so 2by2.5meter op n klipplaat by die Nrd/Oos hoek van die huis,en begin met n heeltemal nuwe tuin.Binne by die een sitkamer word n Vvormige stuk muur afgebreek wat toe n oordentlike ruim TV Kamer gee.

Page 65: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Januarie 1995 begin Burgerd by Laerskool De Kroon hy is in Grd 2

Die 9de Februarie is ek in vir n Kolonoskopie en Dr bevind tekens van Kanker aan die Kolon en se daar is ook poliepe wat verwyder moet word,ek is onsteld en se vra aan Dr dat ek tognie n stoma(sakkie)wil dra nie.Dr antwoord dat hy nie sal weet voordat hy eers ge-opereer het,dit hang af hoeveel van die kolon verwyder moet word. Die 15de Februarie gaan ek na Medi Kliniek Brits vir n Kolon operasie,wat deur Dr Barnard gedoen word,hy is n baie kundige Chirurg,wat vroer in Sandton gepraktiseer het, die operasie verloop goed en met groot dankbaarheid hoor ek dat n sakkie nie nodig is nie Vanaf 26 Februarie gaan ek na Dr L S Fourie,in Pretoria vir Chemo behandeling,en dit is die Dr wat vra of ek bewus is van my Aritmiese Hartklop?Tien weke later se Dr ek toets skoon en ek het nie verdere behandeling nodig nie,ek is dankbaar,want ons Hemel Vader se genade is Groot.

Corrie Papenfus,San se broer wat in Linden Johannesburg woon telefoneer en vra of Pa, wat baie koud kry daar by hom nie maar n ruk by ons kan kom bly nie,goed so.Donderdag 29 Junie1995 bring Cor toe vir Pa en hy kuier sogens lekker in die son,ons het net gevra dat hy nie in die huis moet rook nie.So 15uur vroeg Saterdag ogend se ek vir San ek ruik pyp-rook en wil net gaan kyk dat die pyp veilig in die asbakkie is,alles daar is reg. Vroeg die Saterdag ogend gaan ek om te verneem of Pa koffie wil he,en sien dat hy dood is,seker baie kort tevore want hy is nog warm. Ek gaan se vir San en gaan se toe vir Bert,hy kom kyk en bevestig,hy kontak Dr Piet Swart en hulle reel die nodige.1Julie 1995 is Pa Papenfus by ons aan huis oorlede en word Donderdag 6 Julie in Langberg begraafplaas Brits begrawe.

Bert kom gesels met my en se hy wil n Muurbalbaan bou,en die enigste plek waar hy dit kan inpas is as hy die een muur bo op 34 se motorhuis-muur bou.By my is geen beswaar want se ek, Maroela 34 is sy eiendom.Daar word gebou, ek hou toesig,en sit die vloer van die baan in,en help ook met die plafon, en die 14de Oktober 1995 word die baan ingewy.

Desember vakansie 1995 gaan San en ek saam met Bert hulle na Manaba en gaan tuis in Allesreg woonstel A1,en saam met hulle geniet ons n welverdiende vakansie.

12 DESEMBER1996 tot 3 JAN 1997 is ons,asook die Coetzees en Chris Maree hulle saam met Bert na Sinkwazi op die Noord Kus vir vakansie.

Januarie 1997 toe die skole begin gaan Christiaan ook na Laerskool De Kroon,Burgerd en hy neem ook deel aan die jaarlikse revue skoolkonsert. Maroelaweg 34 is intussen ook verdeel in twee woonstelle, by die inham van die gang in die Tvkamerword n muur gebou en aan die anderkant word rakke ingesit vir n spens,en net om die hoek,voor die badkamer,laat Bert n mooi toonbank en kas vir breekgoed opsit,en die gang word net voor die tweede badkamer,ook toegebou,en die voor hoekkamer word in twee verdeel.Die agter woonstel het n groot kombuis en twee en n half slaapkamers,en n badkamer.

Page 66: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Julie 1997,is die inwyding van Bert se Vivalegro Musiek ateljee,en ek stal ook van my Houtsneewerk uit in Manda se eetkamer.

Christiaan sny sy boobeen toe hy agter by Blake hulle oor die palisade heining klim.

Saterdag 13 Desember 1997, is San en ek per vliegtuig Kaapstad toe.Pieter ontmoet ons, en neem ons na Anna en Pieter Meredith se huis,16 Wargrove Straat ,waar ons sal tuisgaan en dit ook oppas,tot die 2de Januarie 1998.Dit was n baie besige en interesante 21dae,Pieter en Margo het on baie plekke gaan wys en ons het ook baie fotos geneem,wat in die KAAP album tesien is,lees ook San se notas wat by die fotos in dje album is.n Paar van die INTERESANTE plekke wat ons besoek het:Die Waterfront Sentrum.Die Vissersdorpies langs die Weskus,die winkeltjie in Paternoster met die naam OEP VE KOEP.Tietiesbaai met die strand vol skulpe,gaan per boot na ROBeiland. Fernkloof buite Hermanus met die verskeidenheid mooi blomme,Buterflyworld,die Aarbei-plaas,en al die mooi plekke langs die kus,en oral waar ons gery het

23 FEBRUARIE 1998 my Mamie,89jr9mnde oud, oorlede by Susan Strydom Tehuis waar sy al 5jr woon.Die Begrafnis diens word daar waargeneem deur Ds A S Van StadenVan die A P Kerk Brits.Mamie word in Warmbad begrawe,en die diens word ook deur Ds Van Staden waargeneem.

n Papenfus ReUnie word by Corrie in Linden gehou.

Vanaf Januarie 1999 gaan beide Burgerd en Christiaan na Laerskool Brits,Mnr Flip Loots is die skoolhoof.

11 Maart 1999 is Ma Sannie oorlede,88 jaar oud,Dinsdag 16 Maart word die roudiens ook in die Susan Strydom kapel gehou en Ma word begrawe in die Pretoria Oos Begraafplaas.Leonie Le Roux en haar drie kinders,Zander,Zarko en Zonika woon in agter woonstel Maroela 34.Omdat sy n kleuterskool bedryf gooi ons liewer die visdam vol grond.

AUGUSTUS 1999 Bert koop Maroelaweg 38,hy wil die agter gedeelte ombou na n woonstel,en vra dat ons daar gaan woon en dat ek toesig sal hou.Bert kry n Landmeter,en laat n 3meter wye strook aangrensend aan 36 en wat agter baie grootter uitloopt afsny en voeg dit by 36 se erf.

Januarie 2000 Burgerd is op Std5 Leerlingraad van De Kroon Skool.

Julie 2000 trek Mada hulle na die voorste deel van Maroela 34 terwyl daar aanbouings en veranderings aan 36 gedoen word.

Page 67: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ek omskep die agter woonstel by Nr 34 tot Tandarts Spreekkamer,sit twee Hande-wasbakke in,en monteer die lig teen die plafon.Bert laat bou n steenmuur op grens agter tussen 34 en 36,met n deur in wat kortpad toegang gee van 36 na 34 . Johan De Lange besluit egter om liewer die Distik Tandarts pos by Brits hospitaal te aanvaar,en ek haal weer die stoel en lig uit,maar die wasbakke bly.

23 OKTOBER 2000 Is ek na Pretoria Oog Hospitaal waar Dr Olivier van my Linker oog die Katarak verwyder en n Lens Oorplanting doen,San en ek slaap een nag in n gastehuis,want Dr wil my weer die volgende ogend sien.Alles verloop goed en 13 November word die Regter oog ge doen,en met die oog gaan dit ook goed.

MAART 2001 Trek manda hulle terug na 36

Augustus 2001,Maroelaweg 38.Erick en Werina kuier by ons,ek is besig om die Burmese-Kiaat-eetkamerstel,nou 75 JAAR OUD,wat Papie 3JULIE 1926 as velowings-geskenk vir Mamie gegee het, te RESTOUREER, Erick help my.Ek dink nou ook dat die stel 3JULIE 2026 100 JAAR OUD sal wees,van vandag af nog net 16Jaar,wonder wie dit dan sal besit?San en ek gee die eetkamerstel vir Pieter en hy het dit,en nog ander goed , Desember 2001 kom haal,Sammy se Pa en Ma was ook saam.

Manda wil n groot oopswaai-voordeur he ,Bert laat een van Rooshout maak en ek versier dit met die patroon van die voorstoepteels,ook met Rooshout.Ek raps die punt van my linker ringvinger met die Tungsten rasper en Bert sit vier steke in.6 SEPTEMBER 2001 vier ons,ons 50 Ste HUWELIKS Herdenking in die Muurbalbaan van Bert,al ons kiders is daar asook baie van die kleinkinders.

April 2002 verkoop Bert Maroelaweg 38 en ons trek terug na 34,Leon Visser wat die woonstel by 38 gehuur het besluit om ook te trek.

Burgerd het intussen saam met die Universiteit Pretoria se JEUG KOOR begin sing,enDESEMBER 2002gaan toer hulle in die KAAP.Ons ry saam met Bert hulle en gaan kuier vir Pieter en sy vriendin in Port Elizabeth,en Bert kom haal ons daar toe die Jeug koor in Mosselbaai sing,en daarvandaan weer saam met hulle terug na Brits.

JANUARIE 2003 Christiaan IS Onder-Hoofseun by Laerskool Brits

4 MAART 2003 is ek in vir n Arthroskopie aan my Regter Knieskyf,by Reefmed Brits.

JANUARIE 2004 Christiaan begin by Hoerskool Brits.

APRIL 2004 laat Bert die Muurbalbaan omskep in twee woonstelle,ek en twee arbeiders lig die vloer so versigtig moontlik,want dit gaan as plafon/vloer gebruik word.

Page 68: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Die onder verdieping word verdeel deur mure te bou,n sitkamer met groot skuifdeur,kombuis langsaan,en agter dit San se werkkamer en n kantoor vir my agter die sitkamer.Vanaf die agterste motorhuise word n deur ingebreek,wat duer n gang toegang bied tot Manda se huis,die muurbalbaan-deur is vergroot.Die motorboot garage word ombou tot n groot slaapkamer,n ingang word deur-gebreek wat toegang gee na waar Bert se EERSTEspreekkamer was,n toilet en stort is daar,en n hoek-borrelbad word ingebou,en die deur na Manda se sitkamer is ook toegebou,ons (en suite slaapkamer).

Die ou muurbalbaan-vloer is nou vloer vir die boonste vertrek en ook die plafon van dieonder deel.Die boonste vertrek met n aantrekkamer word deur Burgerd bewoon,en Christiaan bly nou aleen in die ander kamer.

JANUARIE 2004 begin Christiaan by Hoerskool Brits,Grd 7

Vroeg 2004 het Hoerskool Brits begin met die instudeer van (The King And I),en burgerd vertolk die hoofrol van die koning,daar word baie ge-oefen.Toe Manda ook in die gehoor is,help San met Burgerd se aantrek tussen toneel wisselings,en dit moet BAIE vinig wees.

2005 Marlyn en Rudolf kom woon in voor die deel van Maroela 34,en Rudolf gaan na Hoerskool Brits.Burgerd onder-hoofseun HS/Brits

20 April 2005 Hart Probleem,maar eers is ek na Unitas Hospitaal vir behandeling van my Longe en Stabilisering van my Bloed-plaaitjie telling,le vir tien dae in hoesorg en met n stuk of tien druppe inmy are ,ek word 30 April ontslaan om eers by die huis te gaan rus.

23 MEI is ek weer terug na Unitas Hospitaal waar ek n vyf-vat Hartomleiding operasieondergaan,dit is suksesvol en die 1ste JUNIE gaan ek huistoe.

3 NOVEMBER 2005 Sus Nettie Bert se ma is oorlede

9 APRIL 2006 vier ons SUSAN se 70ste VERJAARDAG

MEI 2007 gaan San en ek saam met Manda en Bert na Qwantani,naby die Sterkfontein-Dam waar ons by Johan en Marie aansluit,met n boot op die dam vaar,en n volgende keer na Clarens gaan en die mooi berge by GOLDEN GATE bewonder.Op n keer ry ons ook na die Cathederal Peak hotel en gaan eet daar,opvalend vir my is die aantal swart skole wat omtrent vyf kilometer uitmekaar is en daar is BAIE leerlinge.

10 Desember2007, San en ek gaan vir n week by Marie hulle kuier, hulle sal ons die 16de Desember na die lughawe neem, waneer ons vir Pieter en Sammy in Port Elizabeth gaan kuier.

Page 69: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Ek word duiselig val agter oor en sny my kop,Marie roep dadelik vir Stefan, hy kom en neem my na die Peglarey Hospitaal Rustenburg.Dr sit n paar steke in,ek spandeer die nag daar en gaan die volgende ogend terug.

Die 16de desember is ons per vliegtuig na P/E en kuier lekker by Pieter en Sammy ek sit by hom terwyl hy hoenderhokke maak,voel bietjie duiselig, maar kuier lekker.

Desember 2007, na Roelof Matriek geskryf het trek Marlyn en hy na Pretoria,en Bert verkoop Maroelaweg 34.

JANUARIE 2008 Christiaan is verkies tot die Leerling Raad by H S Brits.

23Jan 2008,Word duiselig en val ek in ons Sitkamer by Maroela 34, stamp die regterkant van my kop teen die hoek van die vloerlys,is baie duiselig en deurmekaar,San help my tot op ons bed en gaan roep vir Bert.Hy neem my vir xstrale na Reinor Kruger in Brits en hy se Bertt moet my dadelik in neem na Montana Hospitaal Pretoria.Ek word dadelik opgeneem by die intensiewe-sorg afdeling,waar hulle 7 dae spook om my Bloed-Stollings Faktor reg te kry voordat daar geopereer kan word,PLAVEX mediekasie wat ek na die HART-OMLEIDING gebruik het verhoed dat my bloed STOL.31januarie is ek na die Operasie Teater geneem.40mm bokant my regter oor word vier gaaitjies ge-boor,n flap van die skedel gelig en die bloed word van die regter bo Breinlob verwyder.Ek weet eers wat gebeur het toe ek weer in die Intensiewe sorg afdelig wakker word met San.Bert en Manda langs my bedDr het aan hulle ge se dat ek sal halusineer,maar dat ditMetertyd sal regkom.2 Februarie word ek na die Hoesorg afdeling oorgeplaas en ek word die 5de Februarie ontslaan.Ek is baie bly want gedurende die tyd wat ek in die hospitaal is, het Manda gereeld vir San gebring om my te besoek Bert het ook n paar keer ge kom vir dit is ek baie dankbaar. Gelukig het ons Mediese Fonds net soos met die vorige operasies,al die duisende rande wat dit gekos het betaal,ek moes net vir party van die laborotorium toetse betaal.

DINSDAG 27 MEI 2008 omstreeks 4uur VM nog pikdonker, lui my telefoon en die sekuriteits persoon se aan my DIE SPREEKKAMER BRAND,die brandweer is al op pad!Ek loer by ons kamer venster uit en sien net n ROOI GLOED,haas my na Bert se kamer en vertel wat aangaan ,natuurlik is hulle baie verdwaas,ek gaan roep ook vir Burgerd en Christiaan.Dit kraak soos dit brand die Brandweer het so pas hul pyp gekoppel en begin Water spuit,dele van die dak stort al inmekaar,Burgerd se Oupa moet tognie probeer ingaan nie!ALLES in die spreekkamer verbrand en letterlik NIKS kan gered word.Die ergste is dat al die pasieent inligtingwat op rekenaar was nou verlore is,en die MEDIESE FONDSE is gladnie behulpsaam nie, maar gelukig is al die inligting vanaf internet verkry. Omdat die

Page 70: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Brandweer nou water kan spuit red hulle die motorhuis aan die Westekant ,waar slegs die twee sleepwaentjies en tuingereedskap is.Die vorige midag omstreeks 17uur was daar n BAIE NABY weerligstraal en ons vermoede is dat dit op die spreekkamer was,en die plafon-isolasie toe al begin smeul het?

Manda het, toe dit genoegsaam afgekoel het,oral waar van die instrumente gebere was gaan krap en haal dit, swart gebrand onder die as uit.Sy het dae spandeer en alles wat nog bruikbaar was mooi skoon gemaak.Bert het aan die twee seuns ge se hulle kan al die skrot optel en gaan verkoop,hulle was baie in hul skik met die prys wat vir skrot Koper betaal is.

31 MEI 2008 WORD BURGERD DEUR Select Musiek gekies om een van die vier SANGERS VAN DIE ROMANZ groep te wees.Drie lede,Andre Venter,Louis Look,en Adam Barnard was alreeds aangewys maar bestuur beplan vir n groep van vier lede.Die klankman wat nou by Select werk,en n D V D opname van The King And I gemaak het, hy vertoon dit aan die bestuur,en hulle is beindruk.Hulle laat Burgerd na Kaapstad vlieg,sy persoonlikheid en sangstem vind dadelik byval,ook by die ander drie lede en hy word dadelik aangestelBurgerd was nie bewus van die oudisies wat plaasvind nie,daar was glo meer as 500 kanditate,en n vierde lid is al oorweeg,maar nognie aangestel.27 SEPTEMBER 2008 het Romanz hul eerste optrede in Pretoria spesiaal net vir Famillie en Vriende,almal geniet dit baie,en na n staande aplous sing hulle nog n item. Daar is opname ateljees in Pretoria en hul eerste CD MY HELE HART word Oktobervrygestel net na hul AARDKLOP optrede in POTCHEFSTROOM ,verkope behaal Goue status is eerste opdie TVprogram DKNT, en hulle is hoog in aanvraag vir optredes.

Reeds vanaf 30 MEI 2008Drie dae na die brand,behandel Bert sy pasiente by Francis Raath in HaringtonStr 10Brits.Spoedig,kry hy n plek te huur in Hartebeespoort,ook Harington str 10,maar dit is BAIE beknop, hy behandel vanaf 7JULIE meeste pasiente daar,behalwe Woensdae waneer hy somiges nog steeds in Brits behandel.

JULIE 2008, ek het probleem met my Longe,Dr Koning laat my opneem by BRITSMedickliniek en ek word vir 8 dae behanndel vir Cardio Brongiale Astma,en 8 dae later word ek ontslaan,met Dr se vemaning dat ek my BORS MOOI MOET OPPAS. Vroeg in 2009, is daar n spesiale uitgawe van MY HELE HART Met drie nuwe treffers by April 2008, Christiaan is Hoofsanger,tydens MIXIT REVUE BY Hoerskool Brits.

Die naweek van 25 Desember is ingebreek by Bert se werkkamer langs die ou spreekkamer,en al sy elektriese hand-gereedskap is gesteel.

JANUARIE 2009 GAAN CHRISTIAAN na POTCHEFSTROOM (P U K) begin met

Page 71: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

BSc Chemiese Ingenieur,hy het met onderskeiding geslaag in Grd12,en het ook n studiebeurs by Anglo Plats gekry.

12 MEI 2009 koop Bert n woonhuis in Hertzog St Schoemansville en laat dit ombou tot mooi ruim,gerieflike spreekkamers,maar behandel nog steeds Woensdae van sy pasiente by Haarington St 10 Brits.Intussen het Bert ook voor by Maroelaweg 36 op die vloer van die afgebrande spreekkamers,n dubbel motorhuis laat bou.

April 2009 ROMANZ tree op in OUDTSHOORN by die Klein Karoo Kunstefees,hul tweede CD BLY GETROU,word vrygestel,en hulle haal ook weer TV se DKNT program,steeds baie besprekings vir optredes landwyd. September 2009 tree hulle by AARDKLOP in Potchefstroom op hul gewildheid verhoog,en besprekings vir optredes groei.

Einde NOVEMBER 2009 kom wys Mandie vir my en San n e-pos wat Bert van Select se bestuur ontvang het,hulle bied vir Christiaan n SOLO Sang-kontrak aan(ek dink hulle die DVD opname van dieMIXIT REVUE GESIEN) Bert en Manda wag tot Christiaan klaar eksamen geskryf het,en by die huis is voordat hulle dit met hom bespreek.Na deeglike oorweging besluit Christiaan om die kontrak te aanvaar,en aangesien hy ook sy eerste jaar met lof geslaag het, kry hy twee jaar tyd om indien hy so besluit sy studies weer te hervat Pieter en Sammy het kom kuier vanaf 3 tot 10 April.Pieter instaleer vir my n internet program op die rekenaar,maar ek leer stadig.Ons kuier,en gesels lekker en vroeg Saterdag 10 April vertrek hulle weer terug huistoe.Hy neem San se linnekis,die hand gekerfde-spiel,die wapens en plante saam terug.

April 2010 ROMANZ tree weer op by KKNK Oudtshoorn, HUL DERDE CD, EK SAL GETUIG word vrygesteL.Na KKNK,is hulle weer baie besig met optredes. Hulle is dadelik in op die eerste plek toe die nuwe program DKNT GOSPELop TV aangebied word,

CHRISTIAAN BOTHA tree vir die eerste keeer by KKNK op en daar is n Spesiale CD Uitgawe van hom, met slegs ses snitte op wat goed verkoop.Hy sal vanaf JUNIE by Burgerd in Pretoria gaan woon sodat hy viniger by die opname-ateljee kan kom ,vir die saamstel van n nuwe volledige CD,waaraan Select se span al werk.Bert en Amanda asook die vriendinne, van Christiaan en Burgerd was ook by KKNK om Christiaan te ondersteun.

Vroeg MEI 2010, Bert begin om die agterste Muurbal-woonstel BY 36, se eetkamer,sitkamer en kombuis in te rig as Spreekkamer vir hom.Hy laat n nuwe Stoel ,Lig Kompressor,en ander nodige items aanbring.Amanda doen die binne-versiering,en vanaf Woensdag 19 MEI kom sy Brits en Distrik Pasiente hierheen vir behandeling.

Page 72: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Die twee motorhuis-deure is Gemotoriseer en maak nou elektries oop,wat natuurlik vir my Baie gerieflik en makliker is,Manda se motor staan in die ander motorhuis. Vanaf 7 JUNIE 2010 sal Andre vir drie maande waarneem as Bestuurder by TEBA Bank KLERKSDORP.Hy moet die tak en distrik in orde kry en dit is moontlik dat hy dan daarheen verplaas sal word,na hulle al amper 20 jaar in RIEBEEKSTAD WELKOM bly

16 JUNIE 2010 het ek vir ons n pot Ertjie sop gekook,Bert en Manda eet ook daarvan en se dis baie lekker,net na 13.00 uur daag Christiaan op eet van die sop se dis baie lekker en wil weet wat dit is,wat dit so n lekker rokerige smaak gee, dit is (BACON) Spekvleis.Manda en die twee tuinwerkers het gister heel dag by 34 gewerk,dit is vir haar te onnet en verwaarloos.Dit is nog steeds moontlik dat Ben de Klerk,(hy en Bert was saam in gr12) die huis vir sy gestremde seun Henko aankoop.,Ben se Ma Popie en ek het ook saam by Delanco gewerk.Van die Wildevy boom by 34,word ook al die takke afgesaag en dit sal niemeer so baie saad en blare mors nie 16 JUNIE 2010 Die hele land is KOUD,gisteraand het die weervoorspelling GEWAARSKU teen SWART RYP.Nadat ek 7.30 die ogend die hek oopgemaak het vir die bediendes,sien ek water wat van 34 se agterplaas kom,dit blyk dat n pyp wat bo op die dak is gebars het.Agter by ons in die binneplaas sien ek ook water wat drup,dit is die watertoevoer- pyp na die nuwe spreekkamer,gelukig kon Bert dit net losmaak weer indruk en stewig vas skroef en die lek is herstel. 17 JUNIE 2010 SIT AL VAN VANOGEND 4 UUR By die rekenaar Temperatuur in die huis is 18gC maar buite 6gC.Ek luister na Radio Pretoria hul weerberig gee Temp -1gC vir Pretoria.Oral in RSA KOUD op die Kaapse Berge le SNEEU,en baie plekke is temperature van tot MINUS 4gC,en nog laer.Op verseie plekke was daar SWART RYP wat baie skade aanrig, en dit is iets wat ou inwoners vir die eerste keer beleef.

Pieter en Sammy is van Woensdag 16de tot Sondag 20ste by Hogsback, hy bel my en se dit is Wit Gesneeu en BAIE KOUD,hulle sit maar voor die Kagel,om warm te bly. Ek het 6.30 Koffie vir my gemaak,Temp buite bly 6gC,ek is bly want daar is nou nie gevaar van SWART RYP nie,hier voor die rekenaar en met die verwarmer aan is die temp daremAmper20gCDit is nou 12.00 uur,en buite in die skaduwee is die Temperatuur15GgC,en hier voor die Rekenaar sonder n verwarmer 19gC.Radio PRETORIA luisteraars vertel net van die skade wat daar is vanwee die SWARTRYP,Papaja en Piesang bome in Hartbeespoort hang pap.

Gister 16 JUNIE het ek my tikwerk hersien en baie veranderings aangebring maar moes VANDAG 17 June 2010 eers SELF LEER om die rekenaar te kry om die hersienigs te AANVAAR,en dit uiteindelik reggekry.(al die hersienings wys ROOI op die skerm.)Die drie werkers,Fanie, Imelda,en Herman lui 7.25 die Motorhek- foon om in te kom,en dit is daarna wat ek die Rekenaar kry om die veranderings te AANVAAR.

Page 73: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

EK IS NOG REKENAAR DOM want lings net bo die tikwerk wys Final Showing Markup,KLIK die Muis se pyltjie daar en dit wys Display for Review KLIK daar opFinal en die skerm wys wat ek wil sien,maar kan altyd weer die oorsprongklike dokument herroep.Ek is nognie vaardig genoeg om op MTN internet in te gaan,sal vir Christiaan vra om my mooi te wys hoe om dit te doenDie Vodafone Mobile wat PIETER gegee het se fondse is uitgeput en ek het toe in my onkunde, en oorhaastig, n MTN Kontrak ge- teken,het ge dink die werkswyse is dieselfde?Ek moet besluit of ek hier gaan ophou ,en of ek moontlik n tyd-lank sal aangaan om die daaglikse verloop van sake aan te teken.Vanaf Woensdag 16 Junie 2010,is die hele RSA in n KOUE GREEP en die weervoorspelling se dit sal so aanhou tot die 26ste,en daarna warmer word.Vrydag 18 Junie het ek Temperature aangeteken, 6uur in huis 12gC buite 0gCEn oorkant by die vlei is dit Spierwit Geryp asook op die huis se dak.Sondag 20 Junie, Vadersdag, saam met Bert en Manda by Mount Amanzi gaan eet,baie geniet.Maandag 21 Junie is Winter Ewening,Kortste Dag,Langste Nag,en temperatuurIn die huis 7,30uur toe die werkers kom,12gC,en buite 1gC.Ek gaan onttrek geld by Auto-teller met San se kaart toe ek by Pick n Payse betaalpunt kom ontdek ek dat my kaart weg is.Buite by die AUTOTELLER wys phone------for lost card.Ek telefoneer toe dadelik,is huistoe om die goed te gaan aflaai en vir San te vertel,en toe na Bank waar ek nuwe kaart kry,gelukig is die balans nog dieselfde.Sal van nou af die Bankkaartjies apart hou. Dinsdag 22 Junie 14.00uur temperatuur in ons slaapkamer, sonder verwarmer die selfde as buite in skaduwee 19gC Ruan het gisteraand getelefoneer,gaan goed hulle wag nog vir inligting, het nognie met die volgende fase van hul duikkurses begin.Hy MMS n foto van sy vriendin(meisie?),maar sonder verdere inligting.

24 Junie 7.30uur temp binne 15gC buite 6Gc. vanmidag 16.00uur temp in ons kamer 18gC dieselfde buite,dit is (windstil) as dit so bly gaan dit vanag Ryp.23.04 ontvang n SMS van Liza,sy verlang,wou (op Facebook) gesels maar ek moet eers geld opsit.

25 Junie 7.00uur temp in sitkamer sonder verwarmer 16gC buite 0gC en dit het geryp maar nie so ergsoos die vorige week nie.Maak koffie maar neem eers 8.45uur vir San.Koud hier voor die Rekenaar ek gaan in Sitkamer by klein verwarmer sit.

11.00uur gaan EG Kerkkantoor toe,en kry ons attestaatte,en neem dit na die NG Kerkkantoor Krokodilrivier Gemeente.San en ek weet dat ons daar meer tuis sal voel.

Gaan na Fruit&Vegetables koop ook CLEMENTINES=pitlose-nartjies,waarvan ek kofyt wil kook,was ook by die Dienssentrum aan,gesels met Hettie,sy het ook n Asthma probleem,en word ook behandel vir n Swam infeksie.

Page 74: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Net voor een toe ek tuis is maak ek Middageette(worsies,spek en roereier)Kook toe Clementine Konfyt en Bak ook n Brood.Dit is nou 17.00uur,alles is gedoen selfs die skotelgoed,en kastrolle is gewas.San se die Konfyt is mooi lig van kleur en smaak lekker,daar is maar net drie en n half G/bonebotter botteltjies vol,die Brood lyk mooi, maar ek het nognie geproe nie.Ek hoop Burgerd kom groet dan sal ek by hom hoor hoe die Brood en Konfyt smaak.

Saterdag 26 Junie 7.40 binne in ons sitkamer 16gC buite 2gC,dit het ge ryp.Volgens die weerburo gaan minimum temperature vir Pretoria 6 tot 7gC wees en dag temperatuur van 19gC wat,van Dinsdag gaan daal tot 16gC,en daarna weer geleidelik begin styg?San geneem om haar hare te laat skik,en toe ook n paar items by P&P ge koop,en ook by die Vodashop,Vodafone tyd laat laai,gaan probeer om op Vodafone te konekteer.

Christiaan is ook hier,indien ek met Voda- sukkel sal ek hom vra om te help.Sondag 27 Junie 7.00uur Temp in Sitkamer 16gC Buite 3gC lig- geryp sien baie min ryp by die vlei,maar dit is koud.SMS van Marie gekry sy is weer tuis na haar Bootreis,Burgerd is 13.30uur,terug na Pretoria.Sukkel met Voda, moet maar vir Christiaan wag,hy het gisteraand 1Julie begin maar se alles is deurmekaar ,hy sal more in die loop van die dag,kom HER PROGRAMEER

13 Julie telefoneer Karel Venter by INFO GROW bespreek dieRekenaar probleem met hom ,hy beveel aan dat ek die Modem en USB na hulle bring sodat hy die probleem kan regstel.Telefoneer eers vir Pieter en kry die password (PieterWillemNel) en E- mail adres (oupapieter@gmail/com.)Vrydag 16 Julie 10.00 uur Joggie van INFO GROW telefoneer en se ek kan die Rekenaar kom haal,doen ook inkopies by P&P.Dit is koud,buite op die patio 16gC, hier waar ek by die rekenaar sit 18gC,die wind is ysig en die hele land is in n koue greep.Sneeu op Kaapse,en Lesotho berge boere in Transvaal Laeveld het SWARTRYP skade aan hul Piesang en Avokado boorde,en ook baie skade aan artappel en tamatie oeste.

Die FIFA Sokker gebeurtenis is ook verby en dit is toe SPANJE wat die algehele wenner is.Ek het na so n paar TV programe gekyk maar Sokker boei my nie.Gaan nou probeer om op die Internet program in te gaan. Ek sukkel maar leer geleidelik al hoe meer, ontvang en stuur ook boodskappe aan famielie en vriende.Andre het eerste begin stuur,mooi en interesant,Zinoni,(Bert se ontvangsdame) en Louis Coetzee,(die tand tegnikus) stuur ook nou,dan stuur ek dit weer aan ander.

Die 6de September 2010 was ons 58ste Huwelik-herdenking,voorwaar n leeftyd van geseende jare.Daar is een en ander wat ek nog van ons troudag onthou, Susan het baie van die ander besonderhede herroep en my daarmee gehelp.

Van die reis na Pretoria het ek alreeds op Bladsy 24 van geskryf,en nou volg die res.

Page 75: RHODESIE - myheritageimages.commyheritageimages.com/.../00/00/03/000003_6976271846741e1uee6dlc.doc  · Web viewEk het n hans kuiken gehad wat op my skouer sit waneer ek na die

Mamie,Kotie en ek het by Lulu en Pieter du Bruijn tuisgegaan in van Rensburg straat Capital Park. Susan hulle het in Kerkstraat 1335,Hatfield Pretoria gewoon,regoor waar die DOLSHOUSE destyds was.Die huweliks-bevestiging was in die N G Kerk Bosmanstraat,Ds Dawidts het die bevestiging waargeneem.Dit is ook die kerk waar Susan voorgestel en aangeneem is,toe hulle nog in Brownstraat gewoon het.Die strooimeisies was Rina ,San se suster,en San se vriendin Pikkie Swanepoel,die twee strooijonkers ,San se broer Koos en Johan Glass en kleinsus Estelle, en Sandra Kambouris was blomemeisies.Die onthaal was in die Verpleestertehuis-saal regoor die destydse Pretoria Algemene Hospitaal.Na die onthaal het ons by San hulle se huis gaan verklee,om daarna eers by die Volspelegroep wat in Pretoria Stadsaal bymekaar was te gaan groet, en daarna soos ons tekenne gegee het sou ons by Hartebeespoortdam gaan slaap.Na die afskeid het n paar mans ons na die motor vergesel,waar ons toe op allerhande maniere vertraag is,selfs die motor se vonkdrade is omgeruil,ek is aanhoudend lastig geval. Nadat die vonkdrade weer reg is,het ons mooi gevra hulle moet ons los dat ons kon ry, die manne in hul motor is agter ons aan,en nog twee motors het by hulle aangesluit,en ons agtervolg.Naderhand was ons op die ou rowe klipplaveide markterein,al skommelend en stampend het ons hulle uiteindelik ontduik en ry toe na Susan se tanie Elize se huis in Vileria waar ons sal slaap.Na al die gepla en rondjaag kan ons moeg maar rustig in die bed kom en slaap.Na ontbyt die volgende ogend is ons na Susan se huis waar ons rustig kuier,tot my ma laat die midag daar kom en se ons moet Maandag terug huistoe want Papie is alleen. Van die paar dae wat ons eers in Pretoria wou kuier is geen sprake,ons pak daardie midag alles en vertrek vroeg Maandag na RhodesieAangesien ons n volledige lys gemaak het van al die trougeskenke ondervind ons geen probleme by doeane nie.Dit is WARM maar ons reis is voorspoedig en laat die midag is ons tuis,en begin ons lewe saam op Stoneacres,die plaas in Rusape.

Vandag 16 Sept 2010 dit is 30gC buite, die BlouReen blom pragtig op die Pergola,en die Amarilas is vol in blom,daar is ook een Cycad orgidee wat blom.

Ek kom nou al beter reg met die rekenaar en het n 8GB KINGSTON geheue-stiffie gekoop wat ek gebruik om belagrike items op te stoor-(bewaar),het nou die ZA.ZIM.ZA dokument,en skuifies van LARGO ens. gestoor. Saterdag 25 September het die KINGSTON STIFFIE vir Marie gegee ,sy en Johan vertrek Woensdag 29 Sept na –P E,en sal die stiffie aan Pieter gee vir (aflaai) van inligting.10 Oktober,na kerk begin om MY GESIN se inligting op n aparte leer te tik.