Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
500
Rietvallei se kwartaallikse deuntjie
Rietfluit
Die Ri
etflui
t F toverhaal
‘n paar rietvallei stigterslede
wat steeds lidmate is
Pres. Kruger Kinderhuis aksie
Stuur vir ons foto’s! Enige kerklike aktiwiteit wat jy hier wil sien? Stuur jou foto’s na [email protected]
Met die koms van die kleure van lente het die
Rietfluit ook ’n nuwe (kleur-)baadjie aangetrek.
Ons hoop dit vrolik julle dae selfs nog meer op!
So gepraat van kleur. Daar is ’n oulike evange-
lisasie-metode wat op kleure gebaseer is.
Hierdie metode kan suksesvol in verskeie
situasies aangewend word.
Eerstens help dit die gelowige wat die
boodskap weergee om die kernwaarhede van
die evangelie te onthou, en dit gee struktuur
aan die gesprek (sodat ons nie met ’n mond
vol tande staan en nie eers weet waar om te
begin nie!). Tweedens kan dit in ’n baie kort
tydjie oorgedra word. Derdens is dit ook ideaal
vir wanneer ons met ongeletterdes, of ’n per-
soon wat baie min van die Christelike geloof af
weet, gesels.
Al wat ons as gelowiges moet doen, is om ses
kleure in volgorde te memoriseer. Die kleure
self sal jou herinner aan die tema wat dit voor-
stel.
Goud herinner ons aan God se koningskap. Hy
is die Skepper van hemel en aarde en regeer
van altyd af as Koning.
Swart herinner aan die sondeval. Satan het die
mens kom verlei en die sondeval gebring. Na
die val is elke mens ’n draer van sondes.
Rooi herinner aan bloed. Jesus het na die
wêreld gekom om die volmaakte Offer te bring
(Hyself het nie gesondig nie en daarom kon sy
dood ’n betaling wees vir ander mense se
sonde). God is só regverdig dat Hy die sonde
nie ongestraf laat bly nie. Maar Hy is
só genadig en lief vir die mensdom
dat Hy self bereid was om daarvoor
te betaal.
Wit herinner aan vrede en reinheid. Daar is
vrede tussen God en elkeen wat in Jesus
Christus glo, want gelowiges se sondes is afge-
was en hulle staan skoon en rein voor God.
Hierdie geloof kom van God af: dit word deur
die Heilige Gees aan jou gegee en Hy woon
dan in jou. Gelowiges kan nou in ’n verhouding
met God lewe.
Groen herinner aan lewe en groei. Elkeen wat
in Christus glo kry ’n nuwe lewe, asof hulle weer
gebore word. Dit is hoekom dit wedergeboorte
genoem word. Dit is nou elke gelowige se plig
om om in die geloof te groei. Dit word gedoen
deur (onder andere) Bybellees, gebed, kerk-
bywoning, betrokkenheid by en verhoudings
met medegelowiges.
Blou herinner aan die lugkoepel bo ons koppe.
Jesus het opgevaar na die hemel, en eendag
kom Hy terug vanuit die blou hemel na ons op
die aarde. Dan sal gelowiges die ewige lewe
ontvang en almal wat nie in Jesus geglo het
nie, sal die ewige straf – hel – ontvang.
Goud
Swart
Rooi
Wit
Die Ri
etflui
t
Groen
Blou
Ons loer in by die 96
jarige Ds. Zacharias
Christiaan Grobler
waar hy en sy vrou Elsie woon
in die aftreeoord Sunrise View.
Oom Sagrys se kinderjare
Ek is op 31 Maart 1921 op die
plaas Hoopdal in die distrik
Thabazimbi gebore. Op
Laerskool Sandfonein
moes ons elke dag met
die donkiekarretjies skool
toe ry. Die klasse was met
gordyne afgeskort en my
klas was op die verhoog.
Ek het aan die Hoërskool
Rustenburg
gematrikuleer en is
daarna P.U. vir C.H.O.
toe om vir my B.A.-graad
te studeer en het
uiteindelik ook my
teologie-studies daar
voltooi.
Oom Sagrys se loopbaan
Ek is in 1949 as predikant
bevestig. Die gemeentes wat
ek bedien het was Parys (1949-
1952), Eldoret in Kenia (1952-
1954) en Sannieshof (1954-
1979).
Ek moes in 1979 ná 30 jaar in
die bediening weens swak
gesondheid emeriteer. Ek en
Ellen, my eerste vrou het na
Pretoria verhuis, waar ons vier
jaar lank gebly het. In 1983,
nadat my gesondheid verbeter
het, het ons ʼn huisie op die
plaas begin bou en ons het in
1985 soontoe getrek.
Deurentyd het ek gehelp met
hulpbediening waar dit nodig
was. Terug op Kwaggasvlakte
het ek hulpdiens verrig by die
gemeentes Thabazimbi,
Northam, Dwaalboom, en
Matlabas.
My laaste preek was op 31
Desember 2000. (Oom Sagrys
het altyd net met sy Psalmboek
op die preekstoel geklim. Die
Bybel was reeds op die
preekstoel en die res het hy uit
sy kop gedoen).
Gesin en familie
Ek en Ellen het twee seuns en
twee dogters gehad. Die twee
seuns is albei al oorlede. Ellen is
in 1987 oorlede. Ek het sewe
kleinkinders en vier
agterkleinkinders. Ek en Elsie is
in 1992 getroud.
Hoe Oom en tannie Elsie tot
trou gekom het
Ek het Elsie maar geken van
die ‘ou tyd’ in Kwaggasvlakte.
Ná Ellen se dood het ek die
mense van die ‘ou’ tyd weer
begin opsoek. Ek was op
soek na een van die oud-
lidmate en het uitgevind
dat Elsie hom ook ken en
vir my sal kan reël dat ons
mekaar weer sien. Ná al
die tye wat ek by hom
probeer uitkom het en ek
hom by Elsie probeer
opsoek het, het ek later
langer by haar gekuier en
vergeet van Kootjie Nortje.
Mooiste geestelike lied: Ps.
146:8: “Dis die God der
leërmagte, troue Bondsgod
van weleer. God van
wordende geslagte, tot in
ewigheid die Heer. Sion, sing
die God ter eer. Prys Sy
grootheid loof die Heer.”
Mooiste Bybelteks: Ps. 116: “Ek
het die Here lief, want Hy
verhoor my gebede. Hy het na
my geluister toe ek Hom
aangeroep het.”
Mag die Here ons God oom
Sagrys steeds Sy nabyheid
skenk en ook beterskap gee in
moeilike tye.
DEUR WIMPIE STEENKAMP
Ds. Sagrys Grobler Die oudste lewende (emeritus) predikant
van die GKSA is ‘n Rietvalleier!
Ons leer graag ons lidmate beter ken. Stuur gerus voorstelle na [email protected]! - Red
Die Ri
etflui
t
Vanjaar is die negende keer dat die
Nederlandse orrelis, Martin Mans, Suid-Afrika
besoek en hierdie keer tree hy landswyd op in
11 dorpe en stede, vanaf Pretoria tot
Kaapstad. Een van sy uitvoerings vind in die GK
Rietvallei se kerkgebou plaas! Maak seker jy
loop nie dié geleentheid op Woensdag 11
Oktober 2017 mis nie.
’n Bietjie meer oor hierdie musikant:
Martin Mans is in 1965 gebore en het op die
ouderdom van sewe jaar begin orrel speel. Hy
is reeds op twaalfjarige ouderdom as orrelis
van ’n kerk in sy tuisdorp, Melissant, Suid-
Holland aangestel. Sedert 1995 is hy die orrelis
in die Breëplein Kerk in Rotterdam.
Benewens sy werk as orrelis is hy ook die
dirigent en begeleier van verskeie kore. Hy is
dirigent van drie manskore, een gemengde
koor in Nederland en twee manne-ensembles,
waarvan een in Kanada is. Hy is ook die
begeleier van die beroemde Urker Manne-
ensemble.
Martin het reeds meer as 400 CD-opnames
gemaak en is veral bekend vir sy improvisasies
op die orrel. Sy eerste CD met improvisasies is
met Goue-status bekroon, iets wat nie
algemeen in hierdie betrokke
musiekstyl is nie. Hy is ook met
Platinum- status bekroon vir sy
begeleiding van die Nederlandse
Seunskoor op ’n CD van Kersliedere.
Hy skryf ook musiek vir orrel, koor en orkes en
verwerk musiek vir kore.
Martin tree jaarliks
in meer as 170
konserte op en sy
orrelkonserte is
beroemd en baie
gewild in
Nederland en
oorsee. Hy bied
gereeld konserte
in Australië,
Amerika en Suid-
Afrika aan.
Een van die
treffende stukke wat hy gekomponeer het, is
die Voortrekker-simfonie, wat die geskiedenis
van ons land weergee, met die inkorporering
van verskeie bekende Afrikaanse musiekstukke
soos Sarie Marais, Die Stem en Nkosi Sikelele’
iAfrika.
Dis werklik ’n belewenis om een van Martin
Mans se konserte by te woon om te sien en te
hoor wat hy alles met ’n orrel kan uitrig.
Die Ri
etflui
t
Kaartjies @ R100 (volwassenes) en R50 (skoliere)
Kontant:
Beskikbaar vanaf Sondag 30 Julie 2017 by enige
van die komiteelede (Grace Versteeg, Kees Ver-
steeg, Pieter Botha, Janette Botha, Vienie Botha en
Anculien Schoeman) EFT:
Gereformeerde Kerk Rietvallei
ABSA Menlyn, Takkode: 355 645
Tjekrekening nommer: 34 9014 4306
Verwysing: MM en jou naam & van
Bewys van betaling: [email protected]
Internasionale
besoek Rietvallei in Oktober! DEUR PIETER BOTHA
DEUR ANTON JOUBERT
Gebore in 1320 in
Yorkshire, Engeland.
Werk as skolastiese
filosoof, teoloog,
Bybelvertaler, hervormer
en professor aan die
Universiteit van Oxford.
Word ’n invloedryke
afvallige van die Roomse
Kerk, wat belangrike
gevolge inhou vir latere
weerstand teen die misbruike van Rome.
Hy begin met die vertaling van die Bybel
aangesien min gelowiges die Latynse weergawe
kon verstaan of besit het.
Verder het hy dit veral teen die aanbidding van
die sogenaamde heiliges, die sakramente, die
transsubstansiasieleer, die Kloosterbeweging en die
Pousdom en veral die aflaatbriewe wat hy as
onomkeerbaar korrup beskou het.
Sterf in 1384 in Leicestershire, Engeland, ná ’n
beroerte en word begrawe. Sy liggaam word deur
die Roomse owerhede opgegrawe en sy
beendere word verbrand as bevestiging van sy
verbanning uit die kerk.
Hy word postuum uit die kerk verban.
Voorlopers Gebore in 1369 in die Koninkryk van
Bohemië, die hedendaagse Tsjeggiese
Republiek.
Verwerf ’n BA-graad aan die Universiteit
van Praag waar hy as dosent in filosofie
optree en priester word. Later word hy
rektor van die Universiteit. Hy word ’n sterk
voorstander van John Wycliff se leer.
Hy kritiseer die immoraliteit van die
Roomse biskoppe en selfs die pous openlik
en word in 1409 uit die kerk verban.
Sterf in 1415 op die brandstapel in
Konstanz, die huidige Duitsland.
Ná sy dood
weerstaan sy
groot getal
volgelinge,
bekend as
Hussiete,
verskeie
aanslae
(kruistogte) van
Rome .
Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy rewolusionêre 95 stellings vasgeslaan teen die
Kasteelkerk se houtdeur in Wittenberg, Duitsland. Dit was die begin van die
Protestantse Reformasie, en die rede dat ons kerkverband tot vandag toe nog bekend-
staan as die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Martin Luther was egter nie die enigste per-
soon wat ‘n rol gespeel het in hierdie grootse beweging nie. Ons kyk na hom en nog ’n paar an-
der leiersfigure wat ‘n invloed gehad het. – Red
Die Ri
etflui
t Reformasie 500
John Wycliff
Jan Hus
Gebore in 1483 in Eisleben, die
hedendaagse Duitsland.
Professor in teologie aan die Universiteit van
Wittenberg, komponis, priester, monnik,
Bybelvertaler. Hy is waarskynlik die bekendste
van die hervormers wêreldwyd as gevolg van
die 95 stellings wat hy teen die kerkdeur van
Wittenberg
vasgespyker het
om sy siening
van verlossing
teenoor
verskeie
Roomse
dwalinge,
asook sy siening
van verlossing
deur geloof alleen, te stel. Dit word dan ook
algemeen aanvaar as die aanvang van die
Reformasie en word dan ook op die datum
waarop die Stellings in Wittenberg verskyn, as
herdenkingsdag van die Reformasie erken.
Verskeie boeke is oor hom geskryf en sy lewe
en werk is meer algemeen bekend as dié van
die meeste ander hervormers.
Hy het soos Wycliff geglo dat die mense die
Bybel in hul eie taal moes hê en het dit dan
ook in Duits vertaal.
Twee ander ontwikkelings in Europa
het ’n beduidende bydrae gelewer
om stukrag aan die Reformasie te
verleen. Die Renaissance, ongeveer
1300 tot 1500, het ’n nuwe
benadering in die hele lewenstruktuur
en denkwyse van mense
teweeggebring en die drukpers wat
Gutenberg in 1440 in Duitsland
ontwikkel het, het enorme stukrag aan
die verspreiding van inligting verleen.
Luther word in 1521 uit die kerk verban en sy
jarelange stryd teen Rome eis sy tol deurdat hy
later in sy lewe verskeie gesondheidsprobleme
ontwikkel. Ten spyte van sy swak gesondheid
stel hy kategetiese geskrifte op om die
Skrifgetroue vertolking van die Bybel te
bevorder, in teenstelling met die Roomse
praktyk van leke-onderrig deur beelde en
simbole.
Sterf in 1546 in Eisleben, die hedendaagse
Duitsland.
Luther se moed en oortuiging verleen groter
vrymoedigheid aan baie ander kerkleiers om
Roomse dwalinge te ontbloot en teen te
staan.
Gebore in 1497 in Karlsruhe, die
hedendaagse Duitsland.
Studeer aan die Universiteit van Heidelberg in
verskeie vakgebiede en word op 15-jarige
ouderdom ’n meestersgraad geweier as
gevolg van sy jeugdigheid, waarna hy sy van
verander van Schwartzerdt na die Griekse
ekwivalent, Melanchthon, wat gebruiklik was
onder humaniste. Hy gaan na die Universiteit
van Tübingen waar hy verder studeer in onder
andere humanisme, regte en medisyne. Hy
verwerf in 1516 ’n meestersgraad en begin
daarna teologie studeer.
Onder die invloed van Ruechlin, Erasmus en
andere kom hy tot die gevolgtrekking dat die
teologie wat aan die Universiteite geleer word
strydig is met die Bybel.
Wanneer hy weerstand ondervind, aanvaar hy
’n uitnodiging van Luther na die Universiteit van
Wittenberg.
Hy werk as professor in filosofie en teologie en
lewer ook ’n groot bydrae tot die ontwerp van
opvoedkundige stelsels. Hy word ’n
bondgenoot van Luther en
ten spyte van hul
onderlinge verskille lewer hy
’n beduidende bydrae tot
Luther se werk en die
Hervorming.
Sterf in 1560 in
Wittenberg, Duitsland.
Die Reformasie M
art
in L
uth
er
Die Ri
etflui
t
Philippus (Schwartzerdt) Melanchthon
Gebore in 1484 in Wildhaus,
Switserland.
Studeer aan die Universiteite van
Wene en Basel en word Pastoor in
Grössmunster waar hy vanaf 1519
verskeie hervormings teen Rome
begin predik.
Hy was ook bekend met
publikasies van Erasmus waarby hy
aanklank gevind het. ’n
Ontmoeting met Martin Luther het
niks opgelewer nie aangesien
hulle nie eenstemmigheid kon
bereik oor belangrike sake nie.
Hy lei die Reformasie in Switserland
en het min invloed buite die land.
Tog is sy sienings oor die
noodsaaklike hervormings ’n
integrale deel van die
Reformatoriese Belydenis.
Sterf in 1531 in Kappel, ’n
kanton van Zürich, tydens ’n
veldslag teen die Roomsgesinde
kantons, na aanleiding van ’n
onsuksesvolle voedselblokkade
wat hy gelei het.
Hu
ldry
ch (
Ulri
ch)
Zwin
gly
Gebore
in 1509
Noyon,
Frankryk.
Studeer aan
die
Universiteite
van Parys,
Orléans en
Bourges en
bekwaam
homself as
humanistiese prokureur en teoloog. Hy is
waarskynlik die bekendste hervormer onder
Afrikaners en het ’n geweldige invloed op verskeie
ander hervormers gehad, onder meer Melanchthon
en Bullinger. Sy Institusie waarin sy teologie uiteengesit
word, is welbekend.
Hy is deur onder andere die geskrifte van die
Kerkvader Augustinus beïnvloed.
Hy het teologie sistematies aangebied en sy leer op
onder meer die uitverkiesing en die soewereine
genade van God in die vryspraak van sondaars
gefokus.
Die vervolging van die hervormingsgesindes in
Frankryk laat hom teen ongeveer 1530 na Basel in
Switserland vlug waar hy in 1536 sy Institusie publiseer.
Hy word in 1536 deur William Farel gewerf om die kerk
in Genève te hervorm maar albei word uit die stad
verban. Martin Bucher nooi Calvyn na Strasbourg
waar hy die Franse vlugtelinge van die Teen-
Reformasie bedien.
Hy word ’n belangrike apologeet vir die Christelike
leer en keer in 1541 terug na Genève waar hy
belangrike werk verrig aan die stelsel van kerkregering
en liturgie.
Hy woon en werk tot en met sy dood in Genève en
het ’n groot invloed op die hele Hervorming in Europa
volgehou, wat na sy dood steeds verder uitgekring
het.
Sterf in 1564 in Genève, Switserland, weens swak
gesondheid.
Die Ri
etflui
t ‘n Hond blaf as sy eienaar
aangeval word. Ek sal ‘n
lafaard wees as ek sien
dat God se waarheid aan-
geval word en ten spyte
daarvan stilbly.
~ Johannes Calvyn ~
Johannes C
alvyn (Jeha
n Ca
uvin)
Bronne:
Wikipedia (https://www.wikipedia.org/) - ook bron van grafika op voorblad
This day in history (http://www.history.com/this-day-in-history/martin-luther-posts-95-theses)
Uit diep van donker nagte ‘n Reformasie 500 feesprogram aangebied deur die
Gereformeerde Kerk Centurion.
Wanneer: 25, 26, 27, 28 Oktober 2017
Waar: Gereformeerde Kerk Centurion, Basdenlaan 226,
Lyttelton
Tyd: 19:00 vir 19:30 – 22:00
Kaartjieverkope: https://tickets.tixsa.co.za/event/udvdn
FB-blad: @uitdiepvandonkernagte
Navrae: [email protected]
Die opbrengs gaan aan die Emeritaatsfonds van die
Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika vir die versorging van afgetrede predikante.
Gebore in ongeveer 1513 in Haddington, Skotland.
Studeer aan die Universiteit van St Andrews en
praktiseer as pastoor en skrywer. Hy word deur onder
andere Calvyn beïnvloed en is op ’n indirekte wyse die
stigter van die Presbiteriaanse Kerk in Skotland.
Hy word betrek by ’n ander hervormer, George Wishart
en wanneer die Skotse regent begin om die Protestante
te vervolg, tree hy op as Wishart se lyfwag. Wishart word
gevange geneem en oorreed Knox om te vlug sodat hy
verder aan die hervorming van die Skotse kerk kan werk.
Wishart sterf in 1546 op die brandstapel.
Knox word die prediker in die Kasteel van St. Andrews wat deur
rebelle beset word nadat hulle kardinaal Beaton vermoor het. Die
Skotse regent vra die koning van Frankryk om die kasteel te ontset
en Knox word in 1547 deur die Franse magte gevange geneem.
Hy leef vir 19 maande gedurende 1547 tot 1549 as ’n galeislaaf, waarna hy vrygelaat word en na
Engeland terugkeer.
Later werk hy in Genève en slyt hy sy laaste jare in Skotland. Hy was streng en dogmaties en het
hom beywer vir etiese regering terwyl hy die Anglikaanse praktyke omvorm het tot Presbiteriaanse
praktyke, eerder as die omverwerping van die Roomse dwalinge, waarvan daar verskeie in die
Anglikaanse Kerk oorgebly het.
Sterf in 1572 in Edinburg, Skotland.
Die Ri
etflui
t
John Knox
DEUR YF VELDHUIZEN
Martin Luther het 500 jaar gelede
hewig teen die voorskriftel ike
geloofsbeoefening van die Rooms-
Katolieke Kerk geprotesteer. Tans is
die kwessie van godsdiens in skole
a k t u e e l . H i e r d i e k e e r w i l
selfverklaarde ateïste nasionaal voorskriftelik
wees en godsdiens in skole statutêr verbied. Vir
alle praktiese doeleindes is vryheid van
godsdiensbeoefening op skool en vryheid van
uitdrukking van geloof presies dieselfde. Ná 500
jaar verrys die vraag weer: is vryheid van
uitdrukking van geloof nog aktueel en is dit
nog in orde om dit te doen? Hierop moet die
antwoord ’n onomwonde ja en nee wees.
Dit klink na ’n poging om polities-korrek
te wees. Geensins nie. Dalk lyk dit na ’n
veilige, neutrale standpunt om in te
neem. Glad nie.
Behoudende Christene sal ‘ja’ op hierdie
vraag antwoord. Net so sal liberale
Christene en anders-gelowiges ook ‘ja’ op
hierdie vraag antwoord.
Wat behoudende Christene met ‘ja’ bedoel
en wat diegene wat heftig van hierdie
oortuigings verskil, met ‘ja’ bedoel, is glad nie
dieselfde nie.
Wanneer behoudende Christene soos ons ‘ja’
antwoord wil ons daarmee bevestig dat ons
die kerk wil kies wat ons wil bywoon omdat ons
saamstem met die kerk se leerstellings en wat
tydens eredienste plaasvind. Vir ons beteken
“vryheid van uitdrukking van geloof” die
vryheid van verbondenheid aan ’n spesifieke
geloofsgemeenskap, soos R ietval le i
Gereformeerde Kerk.
Wanneer diegene wat heftig van ons
oortuigings verskil ‘ja’ antwoord, dan bedoel
hulle iets heel anders daarmee. Vir hulle
beteken vryheid van uitdrukking van geloof
dat enige oënskynlike Christelike geloofstelling
of standpunt toelaatbaar moet wees.
Ter ondersteuning van hulle standpunt gebruik
laasgenoemde groep die teksvers wat sê:
“Alles is my geoorloof…” Hulle vergeet egter
gerieflikheidshalwe van “… maar nie
alles is heilsaam nie” (1 Kor. 6:12) of
“… maar nie alles is opbouend
nie” (1 Kor. 10:23). Of hulle sê: “Dit
mag waar wees vir jou, maar nie vir
my nie.” Vir anders-gelowiges
beteken vryheid van uitdrukking die
vryheid van geloofsinhoud. Dit
impliseer die vryheid om enige
“Christelike” oortuiging binne ’n
gemeente soos ons s’n te mag predik. Dan is
preke uit die apokriewe boeke, herhaaldelike
doop-op-aanvraag en profetiese sessies, om
net ’n paar te noem, ons voorland.
Vir ons beteken ‘ja’ dus vryheid van assosiasie
met mense wat soos ons glo en vir die anders-
gelowiges beteken dit vryheid van inhoud van
geloof.
Skielik lyk ’n eenvoudige ‘ja’ op die vraag of
vryheid van uitdrukking van geloof nog aktueel
en relevant is, nie meer so aantreklik nie. Dalk
moet ons met ’n eenvoudige ‘nee’ antwoord.
Geen byvoeging van nuwe geloofsinhoude
Die Ri
etflui
t GELOOFSBEOEFENING
nie. Dan kan ons ten minste die suiwerheid van
ons geloof beskerm. Ons wil tog nie die stellings
wat hieronder gemaak word en wat in
sommige van ons susterskerk-gemeentes
weerklink, ons eie maak nie.
Die eerlikste antwoord blyk dus die ‘ja’ en
‘nee’ antwoord te wees. Daar is ’n paar kern-
standpunte van ons geloof wat vandag onder
aanslag is. Eers word ons geloofstandpunt ges-
tel en dan volg die oortuiging wat ons verwerp:
1. Die Bybel is ons enigste gesag vir ons
geloof, dit is genoegsaam en daarom
verwerp ons die oortuiging dat moderne
‘profete’ met net soveel gesag as die
Bybel spreek.
2. Elke mens is verdorwe, is sondig en het
verlossing van sonde nodig deur Jesus
Christus as persoonlike Saligmaker aan te
neem. Daar is geen ander manier om die
sonde te kanselleer, soos goeie werke nie.
3. Jesus Christus het fisies, letterlik en lig-
gaamlik uit die dood opgestaan en op-
gevaar na die Vader toe. Dit is slegs
geloof in hierdie Christus wat die ewige
lewe sal verseker. Ons verwerp dus die
siening: “Jesus Christus hoef net in ons
harte op te staan.” Dis nie genoeg om ’n
hemelse ewigheid te verseker nie.
4. Ons verwerp die sienswyse: “My situasie is
sodanig dat ek nie anders kan as om in
sonde te leef nie en ek weet die Here sal
dit verstaan en my sondes vergewe.”
Daar is niks in die Bybel wat so ’n leer-
stelling ondersteun nie.
5. Die aardsvyand, die satan, is realiteit. Hy is
’n geskape wese, ’n engel, weliswaar ’n
gevalle een. Hy is definitief nie net ’n
menslike konstruk of idee nie. ’n
Idee kon nooit alles vermag wat hy,
soos wat in die Bybel aangedui
word, vermag het nie. Alles wat
aan die einde van die tyd vir die
onheilige drie-eenheid voorlê, kan
nie vir iets wat slegs ’n idee is, voorlê
nie. Dit wag net vir geskape we-
sens.
6. Daar gaan nie ’n wegraping
wees nie, want dit impliseer nog
’n wederkoms en die uiteenset-
ting van die eindtye sluit dit
heeltemal uit.
7. Dis ’n valse lering dat jy enigiets
kan wees of bereik wat jy wil.
Dit werk nie so in ons gebroke
werklikheid nie en dit impliseer
dat ons nie vir Christus nodig
het nie. Dit is verdigsels van die
Nuwe Era-beweging.
Ten slotte, die vraag na die vryheid van geloof
kan met ’n beter, minder omstrede vraag
vervang word: Is vryheid van assosiasie van
eenders-denkende gelowiges nog aktueel en
relevant? Hierop kan ʼn mens onomwonde ‘ja’
antwoord. Dit behoort almal, van watter oor-
tuiging ook al, tevrede te stel. Dit is nie voor-
skriftelik van aard nie en die behoud van die
suiwerheid van ons geloof sal as’t ware vanself
geskied omdat diegene wat nie daarmee
saamstem nie, die gemeente sal verlaat en an-
der mense wat glo soos ons glo, by ons sal
aansluit, soos wat die praktyk ook bewys.
Hierdie en baie ander soortgelyke sake is
waarmee die Apologetiek-bedieningsgroep
onsself besig hou.
Ons wil ook graag help om ons kinders voor te
berei op die geloofsaanslae teen hulle, veral
by die skool en in hulle eie portuurgroep. As jy
op enige manier by die Apologetiek-
bedieningsgroep betrokke wil raak, sal ons
graag met jou in gesprek tree.
Kontak:
Yf Veldhuizen
[email protected] of 082 869 6201
Ds. Gerhard
of 071 613 3160
Die Ri
etflui
t
Artikel deur Stephan Witmer
Ever since the time of Jesus, people
have been claiming that end-time
events will occur in their own day.
In the mid-1800s, a Bible scholar named William
Miller claimed Jesus would return by March 21,
1844. It didn’t happen. Spring came and went
with no sign of Jesus. Miller determined that his
calculations had been wrong and claimed a
divine delay was part of God’s plan. He even-
tually settled on a date in October 1844 that
again proved wrong. His followers were ridi-
culed. Some underwent physical hardship as
they quit their jobs to devote themselves to
spreading the word about the imminent return.
Some farmers left their crops unharvested; oth-
ers gave away their possessions. Out of Miller’s
failed prophecies (called “The Great Disap-
pointment”) arose Seventh-day Adventism.
Fast-forward to 1988. Edgar Whisenant, a for-
mer NASA rocket engineer, wrote a booklet
called 88 Reasons Why the Rapture Will Be in
1988, in which he claimed that Jesus would re-
turn sometime between September 11–13, and
that the tribulation would begin at sunset on
October 3. Two million copies of the booklet
circulated in the years leading up to 1988.
Some people in the American South quit their
jobs, sold their homes, and gave themselves
completely to prayer before the predicted
date. September 1988 passed quietly. The sun
set on October 3 and rose again on October 4
with no sign of the tribulation. Whisenant recal-
culated, this time figuring the end would come
in September 1989, then 1993, and then 1994.
He died in 2001.
On and on it goes. It’s easy to mock these
failed predictions, but there’s a related and
more widely accepted trend among evangeli-
cal Christians that Graham Beynon has called
“implicit date-setting.” While not setting a spe-
cific date for the return of Jesus, many claim
we are living at the very end of history, and
support this claim by matching current events
with specific biblical prophecies. It is estimated
that a third of white American evangelicals
(about 20 million people) believe they will live
to see the end of the world. As a pastor, I’ve
been told quite often by Christians that they
believe Jesus will return in our own generation.
How should we respond to explicit and implicit
date-setting?
We should begin by recognizing the positive
aspect of mistaken attempts to discern the
date of Jesus’s return: they draw upon and
promote an eager expectation of the return of
Jesus. We can applaud that restlessness for Je-
sus. If we’re honest, we may admit that we
don’t feel enough of it ourselves. However,
many of these attempts ignore the words and
spirit of Jesus’s saying in Matthew 24:36, “Of
that day and hour no one knows, not even the
angels of heaven, nor the Son, but the Father
only.” As claim after claim of the imminent re-
turn of Jesus has proven wrong over the last
two thousand years, Jesus’s words have prov-
en true.
Three Problems with Date-Setting
Additionally, attempts at date-setting (of both
the explicit and implicit varieties) undermine a
biblical approach to waiting for Jesus in three
significant ways.
1. Date-setting encourages a type of restless-
ness for the end of time that discourages pa-
tience. When the New Testament authors cry
out, “Come, Lord Jesus!” it is always with the
Die Ri
etflui
t VERSKAF DEUR KARIN BUYS
We Know He Will Come, Just Not When
perspective that Jesus will only come when
God intends him to and that we don’t know ex-
actly when that is. Our ignorance of the date of
Jesus’s return requires a mingling of eager ex-
pectation and humble patience. But that humil-
ity and patience is undermined when Christians
believe they have “figured out” that we live in
the last generation.
2. Date-setting discourages productive living.
When charismatic date-setters convince their
followers of specific dates, they often leave
them very unproductive. Followers have emp-
tied their bank accounts, quit their jobs, and
squandered resources that could have been
put to better use for the kingdom.
Jesus aims for just the opposite. At the end of his
great section of end-time teaching in Mark 13,
Jesus tells a story that makes the case for
productivity. He says that a man went on a jour-
ney, left his servants in charge, and told the
doorkeeper to stay awake. Jesus then com-
mands his disciples to stay awake, because
they don’t know when he will return. In this con-
text, staying awake doesn’t mean figuring out
when Jesus will return, but getting on with our
responsibilities in this life, “in the meantime,” un-
til he returns.
3. Date-setting attempts to seize con-
trol. Waiting for an event when we don’t know
it’s timing can be uncomfortable and demand-
ing. It seems that Jesus wants us to feel this dis-
comfort because he wants us to be always pre-
pared for his coming. The conclusion to the par-
able of the ten virgins is this: “Watch therefore,
for you know neither the day nor the
hour” (Matthew 25:13). As the theologian G.C.
Berkouwer once said, we’re not called to reck-
on the time of Jesus’s return — we’re called to
reckon with it, to allow it to fruitfully shape our
lives in the present.
Waiting on Jesus
Waiting based on explicit or implicit date-
setting is our human attempt to seize control of
the time of Jesus’s coming. It removes the un-
comfortable, awkward uncertainty of not know-
ing when Jesus will return by establishing a
date, whether exact or approximate.
But God wants us to wait for Jesus not
because we’re confident of a date,
but because we trust God’s promise.
The apostle Peter told his readers how
they were to wait: “According to
[God’s] promise we are waiting for
new heavens and a new earth in
which righteousness dwells” (2 Peter
3:13).
When our waiting for Jesus is founded
on God’s promise, we draw our confi-
dence from the dependability of the
one who has made the promise. That’s good
news for Christians because the God of promise
is the sovereign Lord of history, and therefore
totally reliable. Our certainty arises from the de-
pendability of God’s character, not the preci-
sion of our calculations. Jesus’s return is not a
puzzle to figure out, but rather a promise from
God to trust.
Waiting based on God’s promise produces hu-
mility and hope. Humility, because this kind of
waiting can never run away from God to find
the certainty of Jesus’s return in a hidden code
or clue or correlation with modern events sepa-
rable from God himself. The certain assurance
that Jesus will return can only be obtained by
leaning upon God’s promise, which means
leaning upon God himself. This brings us to a
deeper awareness that we don’t and can’t
make it happen; it is totally up to God. This hum-
bles us.
But waiting for Jesus on the basis of God’s
promise also produces hope, because it means
the foundation of our waiting is not merely a
wish; it’s a certainty grounded in the character
of God himself. In Acts 1:10–11, two angels
promise that Jesus will return from heaven. That
promise produces great hope within us as we
cling to it and build our lives upon it. It yields a
robustly biblical hope that we will not be con-
demned at the last day, because Jesus our ad-
vocate will rescue us from the wrath to come (1
Thessalonians 1:10).
Bron: www.DesiringGod.org
Die Ri
etflui
t
Herinner dié
woorde jou aan
beelde wat jy op
televisie sien,
foto’s op koerant
-voorblaaie en nuusberig-
te op die radio?
Na dese sekerlik, ook aan
Knysna.
Aan die einde van Mei en
gedurende die eerste
week van Junie het ʼn ge-
deelte van ons land,
Knysna en Pletten-
bergbaai spesifiek, onder
die grootste veld- en
bosbrande ooit deurge-
loop.
Van regoor
die land
het hande
en harte
oopgegaan. . .
...om kos, water, klere,
komberse, beddegoed
en ander basiese lew-
e n s n o o d s a a k l i k e
goedere, asook tydelike
huisvesting en praktiese
hulp te verskaf. Daar is oor
kultuur-, taal- en kerk-
grense heen saamgew-
erk.
Die GKSA was ook be-
trokke.
Die Gereformeerde Kerk
Eden is die gemeente
van die GKSA wat direk
deur die brande geraak
is. Dié gemeente is tus-
sen Plettenbergbaai en
George geleë en be-
dien die gebiede van
K n y s n a , P l e t t e n -
bergbaai, Sedgefield en
Wittedrift.
Die gemeente het vyf
dooplidmate en 80 be-
lydende lidmate, waar-
van die meeste pensi-
oenarisse is wat in die
gebied kom aftree het.
GK Eden word deur ʼn
emeritus- predikant, wat
ook ’n lidmaat van die
gemeente is, bedien.
Gelukkig is geen lidmaat
van die gemeente direk
deur die ramp geraak
nie.
Die SDDS (Sinodale Dep-
utate vir Diakonale
Sake) het met die hulp
van diakonieë regoor
die land vir Eden in staat
gestel om met ʼn nood-
fonds te begin om hulp
na buite te verleen.
DEUR WIMPIE STEENKAMP
Die Ri
etflui
t Vuur. Brande. Rook. Vlamme.
Slaapkamer
Kunsateljee
Stoorkamer
Foto’s verskaf deur GK Eden:
Vanuit ons gemeente alleenlik is ses bakkievragte vol goedere ingesamel.
Benewens die basiese noodvoorraad het Eden van die eerste dag af sop, vars vrugte
en groente aan dienssentrums verskaf. Pastorale versorging word ook deurgaans ver-
leen.
GK Eden, saam met die NG Kerk,
Solidariteit Helpende Hand, die Lu-
therse Kerk en ander vrywilligers is steeds voltyds besig om na behoefte uit te deel en te kyk hoe
hulle kan help.
Wat vir ons as gelowiges uitstaan uit hierdie gebeure is onder andere:
Galasiërs 5 vers 6: “ Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde oorgaan in dade.”
Soos een persoon gesê het: “Hierdie brande het ons in sak en as gelaat; gelukkig kon ons nie
verder as ons knieë val nie. Ons kon weer besef, die HERE voorsien ALTYD.”
–
2.9 miljoen liter water is ge-bruik om die brand te blus.
Binne die eerste week ná die brande is 80% van basiese dienste
in die gebied weer herstel.
Die Ri
etflui
t
Bo en links:
Ses bakkievragte vol goedere is
deur ons gemeente ingesamel.
Bronne:
Media 24 – Beeld
SDDS Skrywes
Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika
Corrie Pieterse – Gereformeerde Kerk Eden
PICCOLO DEUR DELEEN KORNELIUS
Sien jou kind in jou die drie ampte? Kinders is
fyn waarnemers van ons gemoedstoestand en
ons lyftaal. Hulle kom agter as dit wat ons sê
nie weerspieël word in dit wat ons doen nie. Jy
sê jy vertrou God met jou hele hart, maar is
dan voortdurend bekommerd oor finansies, die
toestand in ons land, jou werk en vele meer. Jy
sê jy glo in God, maar is dan verbete besig om
self te voorsien en self julle lewenskeuses en
lewensgang te bepaal. Jy sê jy is lief vir God,
maar die liefde vloei nie deur in jou hantering
van ander om jou nie; jy is dalk hard en stel
hoë eise aan jouself en ander.
Kom ons kyk net na die voorbeeld van God se Vaderskap waarvan ons in Lukas 15:20-24 lees. Dit
is die baie bekende gedeelte oor die verlore seun en die meeste van ons kan met die vader, die
oudste seun of die verlore seun identifiseer. Maar kom ons kyk wat doen die vader:
1. Hy was – hy het elke dag gaan kyk of hy sy seun kan sien en toe die seun
terugkom, het sy vader hom reeds van ver af sien aankom. “Hy hardloop hom tegemoet,
omhels hom en soen hom.” Hoe geduldig is jy met ’n kind wat oortree?
2. Hy was – hy hardloop hom tegemoet en soen hom. Hy het nie eers gevra ‘waar
was jy?’, ‘wat het jy gedoen?’ ‘waar kom jy vandaan?’ nie. Is jy liefdevol, omhels en vertroos jy?
3. Hy – die seun wou nog voorstel dat hy as slaaf vir sy vader sal werk
maar die vader het hom in sy regmatige posisie as seun herstel.
4. Die vader se was reg – hy was bly sy seun is lewendig en dat hy huis toe gekom
het. Hy het hom met ope arms verwelkom en vergewe.
Daar is baie dinge wat jy kan doen wat net ’n
oomblik in beslag sal neem maar wat
ewigheidswaarde het. Hulle sal nie later jare
onthou dat Pappa die mooiste motor gery het
nie. Wat hulle sal onthou, is die emosionele,
gevoelsmatige aspek wat ingrype in hulle lewe
gemaak het. Hulle sal onthou dat Pappa hulle
altyd uit die motor gedra het as hulle slaap, hoe
sy sterk lyf teen hulle gevoel het wanneer hy vir
hulle stories gelees het, hoe
sterk en duidelik sy stem was
wanneer hy hulle gesoek het
toe hulle wegkruipertjie
gespeel het.
’n Oomblik se afbuk en in ’n
kind se oë kyk en die blik van
goedkeuring en eindelose
liefde het ewigheidswaarde.
Julle is geroepe heiliges (Rom. 1:7) asook priesters, profete en konings in julle
onderskeie huisgesinne. Ek wil ’n paar voorstelle maak om die meeste te maak van
selfs die kortste oomblikke wat jy by ’n kind of kinders is.
Die Ri
etflui
t
Ester Selsdon sê: