15
SA Weermagvereniging ISSUE 4, 2020 SA Defence Force Associaon Operaonal Manager Hein Visser [email protected] Admin Manager Arlene Bronkhorst [email protected] Head Office Erika van den Bergh [email protected] Die Trompeer Rolien Potgieter [email protected] FB Markeng Jaco Steenberg [email protected] www.facebook.co.za/ SAWV.SADFA SADFA communication portals below: Good day SADFA Community; The Covid-19 National Lockdown Regulations are slowly starting to dissipate and giving us some leeway to a normallife. Most citizens who still have jobs to go back to, have returned and things seems to get back-on-track. We want to thank each Member who were responsible - in any small way - for helping someone else during this difficult time. Whether it was with a food parcel, moral or emotional support, employment, etc. Let us continue doing good to one another. It does not only benefit the recipients but also our- selves. Let us not think back to the year 2020 as a wasted year, but also as the year when we were given the Opportunity to Re-evaluate our Lives and our Actions towards others. Keep safe at all times. Enjoy this issue of Die Trompetter and please Get Involved with the Projects at your Local Unit. Rolien Potgieter Editor—Die Trompetter www.sawv.co.za

SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

SA Weermagvereniging

ISSUE 4, 2020

SA Defence Force Association

Operational Manager Hein Visser

[email protected]

Admin Manager Arlene Bronkhorst [email protected]

Head Office Erika van den Bergh

[email protected]

Die Trompetter Rolien Potgieter

[email protected]

FB Marketing Jaco Steenberg

[email protected]

www.facebook.co.za/SAWV.SADFA

SADFA communication portals below:

Good day SADFA Community;

The Covid-19 National Lockdown Regulations are slowly starting

to dissipate and giving us some leeway to a ‘normal’ life. Most

citizens who still have jobs to go back to, have returned and things

seems to get back-on-track. We want to thank each Member who

were responsible - in any small way - for helping someone else

during this difficult time. Whether it was with a food parcel, moral or

emotional support, employment, etc. Let us continue doing good to

one another. It does not only benefit the recipients but also our-

selves. Let us not think back to the year 2020 as a wasted year, but

also as the year when we were given the Opportunity to

Re-evaluate our Lives and our Actions towards others.

Keep safe at all times.

Enjoy this issue of Die Trompetter and please Get Involved with

the Projects at your Local Unit.

Rolien Potgieter

Editor—Die Trompetter www.sawv.co.za

Page 2: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 2

Aanstelling: Nuwe Beskermheer

Die SA Weermagvereniging (SAWV) is gestig op 14 Februarie 2009 in belang van alle oud-

lede wie diens gelewer het tydens die bestaan van die Unie Verdedigingsmag in 1946 tot

aan die einde van die bestaan van die SA Weermag in 1994, asook lede van die SANW na

1994 . Dit sluit in alle lede wie gedien het as Dienspligtiges, in die Kommandos, in die

Reserwe Mag en in die Staande Mag.

Die SAWV se eerste Beskermheer was Genl Jannie

Geldenhuys SSA, SD, SOE, SM, MMM en hy het gedien vanaf

14 Februarie 2009 tot 10 September 2018.

Na Genl Geldenhuys se afsterwe is Genl Constand

Viljoen SSA, SD, SOE, SM, MMM vanaf 14 Maart 2019

tot 3 April 2020 aangestel as Beskermheer.

Ons was baie bevoorreg om Vrydag, 23 Oktober 2020 vir

Genl Georg Meiring SSA, SD, SM, MMM aan te stel as

die SA Weermagvereniging se nuutste Beskermheer.

Hier oorhandig Johann du Preez, die Ondervoorsitter

van die Vereniging en Genl Maj Johan de Witt, een van

die Erelede en voormalige Nasionale Kapelaan van die

SAWV, Genl Meiring se aanstellingsbrief.

Baie welkom Generaal!!

Page 3: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 3

‘Sakkie Sekretaris’ is at the helm of matters here and give all the birds direction when they get A BIT out of line.

Die volgende is slegs twee van die Projekte waarmee SAWV Veterane tans besig is:

WELFARE Project “GOMPOU”

The Management and Prevention of Post-Traumatic Stress

Disorder (PTSD) and the Preparation for Changing

Circumstances.

NS: See the Contribution on PTSD by Dr. Roelf Schoeman in

this Issue.

HERDENKING / ONDERSTEUNING

Projek “White Dove” Hierdie is die SAWV se eie Unieke Gedenkdiens - met Proteas as die tema - wat deur Eenhede in verskeie dorpe dwarsdeur die land gehou word by Gedenktekens en Heldeakkers, om ons mak-kers wat in diens gesterf het te vereer.

Nog ‘n aspek van hierdie projek is die Standaard Seremonies by begrafnisse van ons lede, asook die Ondersteuning aan naasbestaandes na die afsterwe van ‘n lid.

...We really encourage Members to GET INVOLVED in these two PROJECTS...

Find out about Memorials and Hero Acres in your Area and bring to the attention of

Management any Members who need Emotional Support.

… SADFA is here to EXTEND a HELPING HAND to our VETERANS ...

‘Sakkie sekretaris ‘ Let’s FOCUS on some more

SADFA

Projects

AANTREE VETERANE

Daar is werk om te

doen!!

Page 4: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Projek "White Dove" Gedenkdiens gehou by die Kerkstraat Begraafplaas Helde Akker deur SAWV Eenheid Orion.

Baie geluk Ben Greyling en jou span. Dit was wel gedaan.

~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

Amptelike Stigting van ‘n SAWV Eenheid

SAWV Sektor 5 Outeniqua Eenheid Spekboom , Oudtshoorn – 3 Oktober 2020

30 Volwassenes sowel as 4 kinders was teenwoordig. Die Voorsitter, Pieter Cillié het almal verwelkom.

Johann du Preez (SAWV Ondervoorsitter) het 'n vinnige oorsig van die SAWV gegee. Buks Pieterse Sektor Voorsitter, het met almal teenwoordig sy Visie gedeel.

Mnr. Chris McPerson, die Burgermeester van Oudtshoorn het sy dank en steun toegesê aan die SAWV, daarna het almal lekker gekuier en gebraai.

Ons dank aan Kobus Lategan van Kobus se Gat vir die gebruik van die lokaal.

Pg. 4

Projek ‘White Dove’

Projek "Houtkapper"

Page 5: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 5

Projek / Project

‘GOMPOU’

In Realiteit

Doelgerigte ondersteuning aan Militêre Veterane en hulle gesinne

Veterane en hulle families behoort ‘n gemaklike en aangename omgewing in hulle plaaslike gemeenskap te hê waar hulle met vrymoedigheid hul stories kan vertel, mekaar kan ondersteun en informasie kan verkry oor die ondersteuning wat vir hulle en hulle families beskikbaar is. Ons is baie opgewonde oor dit wat tans in die opsig met betrekking tot Projek ‘Gompou’ in ons plaaslike gemeenskappe gebeur.

Die Community Care Network (CCN), ‘n landswye gemeenskapsondersteuningsnetwerk stel ons in staat om ondersteuningstrukture te ontwikkel wat ons Veterane en hulle families meer doelgerig kan ondersteun. Die ontwikkeling van ondersteuningsnetwerke in samewerking met die CCN en ander rolspelers in die plaaslike gemeenskappe, is besig om momentum te verkry. Hierdie ondersteuningsnetwerke stel ons in staat om ons Veterane en hulle Families as mens in totaliteit (geestelik, sosiaal, emosioneel en fisies) meer effektief te ondersteun.

Ons het ‘n ‘Gompou’ WhatsApp Groep en Facebook Blad gestig om ons kommunikasie m.b.t. ondersteuning van ons Veterane en Families te vergemaklik. Met die Trauma Assist Facebook Blad hou ons alle betrokke persone op hoogte oor Dienste en Produkte beskikbaar vir die Ondersteuning van Individue, Families en selfs Gemeenskappe wie Trauma ervaar.

Projek Gompou ondersteun veral Veterane en hulle families wie nog sukkel om Oorlogverwante Trauma - as gevolg van hulle betrokkenheid by die Grensoorlog - te verwerk. Navorsers het bevind dat sommigeVeterane – wêreldwyd - vir die eerste keer simptome van Post Traumatiese Stress Versteuring (PTSV) -meer algemeen bekend as PTSD - ervaar, sodra hulle Aftree Ouderdom bereik.

Om die rede wil ek Veterane wat die volgende PTSV simptome ervaar uitnooi om vroegtydig hulp te verkry of ons te kontak vir ondersteuning:

Indringerervarings Die traumatiese gebeurtenis word herhaaldelik ervaar op van die volgende maniere:

• ontstellende herinneringe aan die voorval in die vorm van beelde, gedagtes of persepsies;• drome van die gebeurtenis;• herleef van die traumatiese gebeurtenis in die vorm van ervaring, illusies, hallusinasies en dissosiatiewe

terugflitse;• intense psigiese spanning tydens blootstelling aan dinge wat herinner aan die traumatiese gebeurtenis

of dit simboliseer.

Vermyding Die vermyding van stimuli wat geassosieer word met die trauma asook ‘n algemene gevoel van verlamming word aangetref wanneer drie of meer van die volgende teenwoordig is:

• pogings om gedagtes, gevoelens of gesprekke oor die trauma te vermy;• pogings om aktiwiteite, plekke of mense wat herinner aan die trauma, te vermy;• min belangstelling in of deelname aan sinvolle aktiwiteite;• gevoelens van vervreemding;• beperkte vooruitsigte (verwag bv. nie om ’n loopbaan, huwelik, kinders of ‘n normale lewensduur te hê

nie).

Page 6: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 6

Simptome van Hiper-Waaksaamheid Die volgende simptome is aanduiding van Hiper-Waaksaamheid:

• raak moeilik aan die slaap;• konsentreer moeilik;• verhoogde sensoriese sensitiwiteit;• oordrewe skrikreaksie;

Negatiewe verandering in Denke en Gemoed Die volgende simptome dui daarop dat die trauma ‘n effek gehad het op ‘n persoon se kognitiewe funksionering:

• die onvermoë om besonderhede van die gebeurtenis te onthou;• negatiewe gedagtes en aannames oor die self en die wêreld;• oordrewe skuldgevoelens oor die oorsaak van die trauma;• konstante negatiewe gevoelens;

PTSV word beskou as ‘n breinbesering wat selfs die dapperste soldaat kan opdoen. Die behandeling daarvan is dus nie ‘n maklike en eenvoudige proses nie en lê op die terrein van ‘n Professionele Kundige. Die goeie nuus is dat daar wel genesing daarvoor is. ‘n Veteraan wat steeds hierdie simptome, verwant tot ‘n traumatiese ervaring tydens die Grensoorlog ervaar, is geregtig op finansiële vergoeding of gratis Sielkundige behandeling. Veterane of hulle familie is welkom om ons te kontak vir meer besonderhede oor die ondersteuning wat ons beskikbaar stel.

Belangrik Ons wil u vra om ook nie te huiwer om u Eenheidskapelaan te kontak indien u enige van die bogenoemde simptome ervaar en / of onseker is nie. U Eenheidbestuurspan is daar om u te Ondersteun en te lei.

NOTE - To our English Members / Readers

Due to the Volume of this article, this article could not be repeated in English for this issue of Die Trompetter,but is available in English from the Editor.

Projek ‘GOMPOU’, vervolg...

Page 7: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

SAWV Eenheid Standerskop

Area (Standerton) - Waterfront Restaurant

38 Mense het die Ontbyt bygewoon en 5 Nuwe Lede se

Sertifikate is oorhandig. Nog 2 persone het aangedui dat hulle graag wil aansluit by die SAWV.

Henry Buys die Voorsitter van Sektor 2 Kosmos, het die Kolgans bygewoon en die

mense toegespreek t.o.v. DMV aansoeke en die belangrikheid van die

Registrasie by die DMV.

EN / AND

Unit Kiewiet (Vereeniging) organised Ops "Kolgans" in the form of a Buffet for 15 Veterans and their 24 Supporters (39 total) from Units Kliprivier, Kiewiet and Heidelberg of Sector 4 Wilger, Gauteng at Biekie Bos in Meyerton. It was lots of fun.

Chaplain Wimpie Myburgh (Kiewiet) said a prayer for Chaplain Koos van Zyl (Sector 4, Wilger) who is ill due to a past Malaria episode. Sterkte, Kapelaan Koos!

Pg. 7

OPS ‘KOLGANS’

Page 8: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 8

Sektor 2 Kosmos , MpumalangaEenheid Meerkat, ‘n nuut gestigte Eenheid in die Middelburg en Witbank Area, het Saterdag 5 September 2020 hul eerste Ops ‘Kolgans’ gehou.

Hulle begin werklik op ‘n hoë noot. Daar was ‘n ongekende positiewe energie teenwoordig. Almal het lekker gekuier, opgewonde en met baie idees en aksies wat hulle wil aanpak. In Louwrens Janse van Vuuren, die Eenheid Voorsitter se eie woorde: „Hierdie gaan die grootste en beste Eenheid word en gaan die SAWV se Beginsels en Waardes voluit uitleef en bevorder.“

Voorsitter Sektor 2 Kosmos, Henry Buys het tydens hierdie geleentheid Lidmaatskapsertifikate oorhandig en ook die Eenheid se Leiergroep se Amptelike Aanstellings gedoen.

Louwrens Janse van Vuuren (Eenheid Voorsitter), Rudolf Bosman (Eenheid SM), Erika Janse van Vuuren (Eenheid Adjudant) en Victor Boshoff (Eenheid Kommunikasiebeampte)

As Eenheid Voorsitter het Louwrens ook ‘n Heruitreiking van ‘n Lidmaatsertifikaat aan S.Sers J.H Laubuschagne gedoen. Dit is vir ons ‘n voorreg om oom Lappies - soos hy hier bekend staan - in ons midde te kan hê. Oom Lappies is ook die trotse eienaar van ‘n HC Silver toekenning. (Sien skrywe hieronder ingevoeg) Hy is baie positief en opgewonde om in hierdie Eenheid ‘n doelgerigte en positiewe rol te speel. Voorwaar ‘n Leier in sy eie reg.

Wat ‘n besonderse tyd en geleentheid om te sien hoe groei en word die SAWV Eenhede gevestig en gestig.

Agter van links na regs

Rudolf Bosman (Eenheid Meerkat, SM), Victor Boshoss (Eenheid Meerkat,

Komm. Beampte), Erika Janse van Vuuren (Eenheid Meerkat, Adj.)

Henry Buÿs (Voorsitter, Sektor 2 Kosmos), Kevin Oliver (Voorsitter Eenheid Brandwacht –

Secunda Area Voorsitter) Sharen Wickens (Adj. Sektor 2 Kosmos)

Voor van links na regs

Gerhard Claasens (SM, Sektor 2)

Louwrens Janse van Vuuren (Voorsitter Eenheid Meerkat)

BO, Links na Regs: Henry Buys, SSer. JH Labuschagne

(Oom Lappies) en Louwrens Jv Vuuren

ONDER: Staf Sersant JH Labuschagne, 1987

SAWD SITAAT Honoris Crux Silwer Dekorasie Aan Staf Ser. JH Labuschagne

Page 9: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Historic 1st Sector 4 Wilger, Gauteng - Meeting

Sedibeng District: Vanderbijlpark, Sasolburg, Vereeniging & Heidelberg

Back Row (Left to Right) Nick Theunissen (Sect. Sergeant Major),

Sam Heap (Sector Chairperson), Mario Smit (Chairperson, Unit Kliprivier), Errol Goetch (Comm. Officer, Unit Kliprivier)

Front Row (Left to Right) Manie du Preez (Comm. Officer Unit

Visvalk), Willem Pretorius (Supporter), Cornelia Pretorius (Comm. Officer, Sector 4 Wilger), Okkie Jooste (Chairperson, Unit Kiewiet), Koos van Zyl (Sector Chaplain), Marius van Zyl (Deputy, Unit Kiewiet), Fanie du Preez (Chairperson, Unit Visvalk)

Pg. 9

PRAKTIESE PROJEK BOU VAN ‘N GROENTETONNEL

Marius van Zyl van Eenheid Kiewiet het vir eie gebruik ‘n tonnel opgerig en deel graag sy ondervinding.

Die volgende was sy aanvanklike beraamde kostes:

Wit PVC pyp (10 x 6m x 40mm) @ R1380.00

Rebar of 50mm Pyp (6m) om die PVC pyp mee te anker. Hy het syne by die skrootwerf gekoop @ minder as

R100.00

SKADUNET 40% @ R 50.00 pm x 18M @ R 900.00

‘Cable Ties’ @ R 120.00

‘Precast’ of Vosbeton Panele (2de hands) @ R20 per paneel @ R560.00

Hy het 28 gebruiktes gratis verkry.

Begroting - R3 000.00, MAAR dit kan selfs goedkoper uitwerk indien dunner Swart PVC Waterpyp gekoop word. Die wanddikte maak dit sterker. Marius het reeds staalpyp beskikbaar gehad om die kante onder toe te maak. Stene kan ook daarvoor gebruik word asook vir die bou van beddings. Hierdie prys is slegs ’n geraamde prys.

NS: Enige lid wie sou belangstel om met ‘n soortgelyke Projek te begin en meer informasie wil bekom, is welkom om

direk met Marius kontak te maak per epos by [email protected].

Page 10: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 10

Sektor 1 COEGA, Oos Kaap Nasionale Boshoeddag

Op 26 Augustus 2020 - Nasionale Boshoeddag - het Sektor 1 Coega, Oos Kaap ‘n lekker skouerskuur vir

lede gereël by Park Rugbyklub. Aanvanklik was daar 15 lede teenwoordig en nog 6 het later aangesluit.

Jurie en Anna Basson van Die Dolfyne Orkes het lekker Boeremusiek verskaf, wat die voete lekker laat jeuk

het. ‘Campfire’ Eddie Stephenson het die vure vir ons hoog laat brand en ‘n lekker vleisie is gebraai.

Tommy Swart die Voorsitter van die Sektor het ‘n bottel Mampoer wat met Suurlemoen Malvablare gegeurwas, saamgebring as voorkomingsmedisyne teen Covid-19. Soos elke lid arriveer het is hy/sy verwelkom met ‘n glasie “Anti-Covid-19 Medisyne”.

Tydens hierdie geleentheid is 3 nuwe lede ingeskryf en verwelkom.

Recruitment Day

On September 5th 2020, Unit Overbaakens, which forms part of Sector 1 Coega, held a Recruitment Day at

Van Stadens Farmers Association Hall just outside Port Elizabeth.

The Baaienaars Orkes entertained us with lively Boere Music and Members and friends danced away the cold and rain.

Despite uncomfortable weather people socialized around an open fire and roasted their meat. A cash bar was also well supported.

On this occasion the limit of Covid-19 was slightly exceeded with 57 members, but I must add that the groups of people visited on the Veranda, others in the Bar and the rest in the Hall, keeping Social Distance.

6 Members joined us this day and several took Application Forms home.

Susan Groenewald Communications Officer, Sector 1 Coega

Page 11: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 11

Tiffie Tango - 26 September 2020

Die SAWV Tiffie Veterane het Saterdag 26September 2020 'n baie suksesvolle Tiffie Tango gehou by Evenden House in Centurion, Gauteng.

Tydens die geleentheid het die Wes Rand Tiffies onder leiding van Japie Wolmarans 'n loopraam aan Mev S. Beukes geskenk. Sy het vroeer jare by die Fonds se Kantoor in die Ou TD Opleiding Sentrum gewerk.

Follie Fourie die SAWV Tiffie Veterane Voorsitter bedank almal wie van die hierdie dag 'n sukses ge-maak het.

SAWV

Tiffie Veterane

Port Elizabeth

SAWV

Tiffie Veterane

PRETORIA

Page 12: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 12

KOLLIG op…. SAWV

Eenheid

KIEWIETVereeniging

Sektor 4 Wilger,GAUTENG

Wie is julle? ‘n Eenheid van die SAWV wat die volgende Area dek - Vereeniging - met sy 29 Voorstede.

Wanneer is die Eenheid gestig, en met hoeveel lede? Februarie 2020, met 10 Lede.

Wat is julle huidige ledetal? 46 Lede

Waar kom julle Maandeliks bymekaar vir Ops ‘Kolgans’? A.g.v. die Covid-19 Regulasies het ons ons 1ste Ops "Kolgans" OnbytSaterdag 3 Oktober 2020 by Biekie Bos in Meyerton gehad.

Is daar enige iets wat julle wil hê ons lede moet weet van julle Eenheid? Ons was die 1ste Eenheid gestig in die Area, nog voordat ’n Sektor gestig was. Uit ons het ontstaan Eenhede Meyerton, Sasolburg, Heidelberg en ook een van die dae Vanderbijlpark.

By watter Projekte is julle lede aktief betrokke? Vertel ons meer… Ons is tans aktief betrokke by die onderstaande Nie-vir-Profyt Organisasies:

Lewenskruispadsorgsentrum - Drie Riviere, Vereeniging

Christian Centre Remar SA at The Hill—Johannesburg

PPK Dante Clan Christian Centre– Vanderbijlpark

Helplift - Vanderbijlpark & Vereeniging

‘Humble Shelter’

Enige belangstellendes van Vereeniging wie by van die Projekte betrokke wil raak en/of wou aansluit by die SAWV Eenheid kan gerus die Voorsitter van die Eenheid, Ockert Jooste, via epos kontak by [email protected]

Die Stigterslede van

Kiewiet Eenheid - 2 Februarie 2020

‘n Paar Projekte waaraan Kiewiet reeds gewerk het….

Marius van Zyl (Adj), Eenheid Kiewiet, Sektor 4 Wilger het twee SAWV Lede aangeneem en begin ondersteun.

Frankie lei aan ‘Post Traumatiese Stres Versteuring’ (PTSD). Hy word tans beraad deur Koos van Zyl, Wilger Sektorkapelaan en Wimpie Muyburgh—Kiewiet Eenheidskapelaan - onder Projek ‘Fish Eagle’.

Herman het Alzheimers in ‘n gevorderde stadium. Hy ontvang besoeke met eet en drink goedjies en word ook beraad deur Koos van Zyl en Lolla Muller van die Eenheid Visvalk in Sasolburg.

Sy gade ontvang ook berading. Hy word periodiek in ‘n versorgingseenheid ver-

sorg. Die SAWV se morele ondersteuning aan hierdie veterane en hul

naasbestaandes is absoluut prysenswaardig. Fotos slegs vir Illustrasie Doeleindes

‘Adopt—a—Vet’ Projek ‘SUIKERBEKKIE’

Page 13: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Pg. 13

At the beginning of the National Lockdown, Leaders from the Unit Kiewiet, Sector 4 Wilger obtained Permits from SADFA to offer Essential Services over Provincial Borders. The permits allowed them to reach out and work with individuals and organisations who were in desperate need for assistance. This enabled them to obtain donations and purchase stock to make up Food Parcels and distribute it to the needy. They also received freshly made soup and bread to feed the hungry.

Some of the Areas that benefited from these good citizens’ efforts where people living at the Municipal Landfill Site in Sasolburg and two extremely poor Communities of Kragbron and Holly Country. 5 Clinics also received soup and bread on a regular basis - SPS Tsatsi, Tsusanang, Sis Mabe, Harry Gwala and Zamdela.

Most food was donated by GTCoC (Golden Triangle Chamber of Commerce) who purchased the food in bulk from the Markets and Farmers. Kiewiet Members and Volunteers then assisted with the Packing and Distribution across Provincial Borders.

A shelter - only known as ’Humble Shelter’ - also receives much needed help from them. At this shelter they have no running water and make use of a ’donkey’ for hot water. A mobile shower was also donated for their use.

We are proud of you SADFA Unit Kiewiet, Sector 4 Wilger!

KIEWIET ‘Angels’ at Work

Project ‘BOSUIL’ - Unit Kiewiet 14 March 2020 As planned by the Leadership of the Kiewiet Unit, Project ‘Bosuil’ was started on March, 14

th. 2020 at the

Vanderbijlpark Graveyard.

Project ‘Bosuil’ operates by the identifying of specific Heroes Acres, Monuments and graves and the restoring of these. As the area in and around the Cemetery was left unattended for such a long time the cleaning of the area took half a day. Most of the Kiewiet Leadership were able to get involved. This will be an ongoing Project.

Coastal Hire assisted in this Project and we are thankful for the Partnership. Vaalweekblad, the Local Newspaper gave some exposure to this Project and showed interested in a follow up.

- A Service gladly rendered to our Community -

21 March 2020 The leadership of the Unit Kiewiet went ahead and on March 21

st, 2020 met

at the old Vereeniging Boere Concentration Camp Cemetery. This area

seemed totally abandoned, and the clean-up was a tough job. We had help

from AfriForum, Dogs of War Veterans Motorcycle Riders Association

and Scholings Industrial Equipment Supplier. Scholings Industrial Equip-

ment Supplier sponsored some brush cutters, fuel and gut for the two stroke

brush cutters used. Vaal Lubricants Technologies sponsored 5 L two

stroke oil. We are thankful for these Partnerships and thank our Local

Newspaper for the credit given.

Page 14: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Op 31 Mei 1952, vyftig jaar na die Vrede van Vereeniging is ʼn vergadering in Vereeniging gehou, waar verteenwoordigers van die Afrikaanse Kultuurvereniging (FAK) en enkele Oudstryders besluit het om ʼn Monument op te rig wat die heropkoms, geloof en toekoms van die Afrikanervolk uitbeeld.

Die komitee het die ontwerp van Coert Steynberg aanvaar en die monument teen ’n totale koste van R50 000 in ’n Openbare Park aan die westekant van die Johannesburg-pad en Duncanville opgerig. Die terrein is deur die Stadsraad van Vereeniging geskenk. In 1986 het die Beheerraad onder Voorsitterskap van meneer Freddie Steyn en die Stadsraad van Vereeniging besluit om die Monument teen ’n koste van R300 000 na die tuin voor die Burgersentrum te verskuif. Dit het op 31 Mei 1988 ’n werklikheid geword.

Die Vrede van Vereeniging is een van die sleutelmomente in die Geskiedenis van die Afrikaner. Die monument stel ʼn jong Boerekryger voor, wat erg gewond op sy linkersy lê. Uit die wond in sy hart styg ʼn simboliese figuur triomfantlik omhoog, die regterarm hemelwaarts gerig. Die sterwende figuur is uit blou graniet gebeeldhou. Die skraal maar kragtige abstrakte figuur wat uit sy hart groei is van vlekvrye staal wat sowel geestelike suiwering as ʼn gees van staal versinnebeeld. Die twee figure rus op ʼn hoë voetstuk, met ʼn festoen - (gewoonlik in ʼn slingervorm beeld van blare / blomme) - aan die voorkant. Laasgenoemde bestaan uit die geweer, ʼn leë bandelier en die hoed van die Boerekryger, alles in brons. Dit dui op die einde van die oorlog, die vrede, (met die wapen wat neergelê is), maar ook die rou oor die verlies van onafhanklikheid (die krans). Aan weerskante van die voetstuk is die wapen van die Republieke in reliëf uitgebeitel. Bokant die festoen staan die enigste woorde op die gedenkteken. ‘Gewond – maar onoorwonne.’ Vereeniging 31 Mei 1902.

Die onthulling is op 10 Okt.1961 gedoen deur HF Verwoerd. Die Vryheidsmonument op Vereeniging “is nie net n simbool van die vegter nie . Dit is nie net n simbool van ʼn Volk uit wie oorwinning kan spruit nie, maar dit moet n simbool bly van oorwinning vir elke mens vorentoe.”

Die agtergrond – Dit het die Boererepublieke se driejarige stryd wat teen Brittanje gevoer is, om hulle onafhanklikheid te behou - finaal beëindig. Die materiële verwoesting van plase en die ontberinge van vroue en kinders in Konsentrasiekampe het uiteindelik te veel geword veral vir die Transvaalse Boereleiers. In April 1902 het hulle op Klerksdorp vergader en ten gunste van vVede met behoud van hulle Onafhanklikheid besluit. Dit was onaanvaarbaar vir die Britte, en op 31 Mei 1902 is die Britte se voorstel met 54 teen 6 stemme aanvaar. Dit was ʼn Keuse van gee oor en oorlewe. Die nasie was deur die Konsentrasiekampe, erg uitgedun en dit het op ʼn onherstelbare ramp afgestuur volgens die leiers.

Die SAWV Eenheid Kiewiet het die naweek van 5 & 6 September 2020 saam met die FAK, GGSA Vaaldriehoektak, Die Voortrekkers en die VF+ Midvaal Jeug die Vredesmonument in Vereeniging besoek om die terrein skoon te maak ter voorbereiding van die verskuiwing van die Fakkelmonument in Voortrekkerstraat.

Die skoonmaakaksie is ʼn bewys dat Organisasies tog ‘n positiewe gesindheid het om saam te werk en ook meer van die Afrikanergeskiedenis wil leer. Dr.Pieter Mulder, oud geskiedenis professor en politikus, het ʼn interessante praatjie gelewer en meer oor die monument en die gebeure daarom vertel.

Ons manne, hard aan die werk & Marius agter die Braaivleis ‘lafenis’.

Die saak van die Fakkelmonument se skuif het tot iets groter gegroei. Dit is geskuif na die Vredesmonument perseel in Vereeniging. Deur die Burgermeester se kantoor is toestemming verkry om die Vredesmonument Erfenis Area in Vereeniging ook skoon te maak en in stand te hou. Ockert was in ‘n vergadering waar die saak bespreek en ooreengekom is. Die SAWV Eenhede van die omgewing sal op hoogte gehou word en bespreking is nodig om te bepaal wat gedoen sal word.

Die Fakkelmonument, veilig by sy nuwe tuiste.

Pg. 14

PROJEK ‘BOSUIL’

Foto: FAK

‘n Geskiedkundige Moment

Page 15: SA Weermagvereniging SA Defence Force Association

Voorsitter: Jan Malan

Ondervoorsitter: Johann du Preez

Die Trompetter

UITGAWE 04, 2020

Kyk uit vir ons Kersuitgawe en DEEL dit gerus...

Keep an eye out for our Christmas Issue and feel

free to SHARE it...

[email protected]

Comments, Cartoons, Articles or Pictures? Terugvoering, Tekenprente, Bydraes?

◊ Enige individue wie graag ‘n bydrae tot een van onsvolgende uitgawes wil lewer, maak gerus kontak met Rolien byonderstaande e-pos adres vir kriteria ens

◊ Leaders, we also need your Contributions and Participation…◊ Alle bydraes wat tot voordeel van die SAWV en hul lede sal

strek, is welkom.

ADVERT - Die TROMPETTER - Issue 3

i.e. LEADERSHIP POSITIONS AVAILABLE IN SADFA STRUCTURES

My opregte dank en waardering aan elkeen wie homself beskikbaar gestel het om in SAWV leierskapsposisies te dien. Die reaksie was oorweldigend en ‘n riem onder die hart.

However, vacancies still exist in Durban, Pietermaritzburg, Polokwane, Warmbad (Bela-Bela), Brits, and the following areas in Pretoria (Andeon, Booysens, Colbyn, Tuine, Daspoort, Mayville, Eloffsdal, Wonderboom South, Rietfontein, Villieria, Waverley, Moregloed, Queenswood, Riviera, Kilnerpark as well as in Valhalla/Centurion.) Should you be in an area not mentioned, we still require members to strengthen committees.

Hein Visser at [email protected]

!! KOMMUNIKASIEBEAMPTES & VOORSITTERS van die EENHEDE!!

Die Trompetter het nie Lewensvatbaarheid sonder Eenheidsnuus nie. Dit bou moraal wanneer mede SAWV lede sien watter aksies en aktiwiteite in ander Eenhede plaasvind.

Kommunikasiebeamptes, bydraes moet ASB getrou ingestuur word.

Kommunikasiebeamptes maak asseblief kontak met myself per e-pos vir riglyne en vir enige vrae wat betrekking het.

… Die Trompetter het julle nodig…

NS: Baie dankie aan die Eenhede wie hulle bydraes vir hierdie Uitgawe ingestuur het.

Sonder julle bydraes sou hierdie nie so ‘lekker-lees’ Uitgawe kon wees nie.

## Rolien Potgieter ##