4
UITGAWE 3 KERSFEES 2015 TERT SE KERSFEESSTORIE Zenobia Brady het vir ons hierdie pragtige Kersstorie ingestuur. Dis lank maar so mooi en vat dit wat Kersfees beteken presies raak. Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. ‘n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. “Nou waar was julle toe?” wou ek nuuskierig weet na hul terugkoms. “Noord-Kaap” sê Tert. “Ek het nie geweet julle het familie daar nie?” vis ek verder uit. “Nie gehad nie, maar nou het ons.” Tert vertel: “Toe ek en Lien hier weg is, het ons regtig nie 'n idéé gehad waarheen ons nou eintlik wil gaan nie. Ons het by Jasmyn gestop vir ontbyt toe Lien sê sy wil Laeveld toe. Maar ek het gesê nee, daar is óók te veel mense. Ek soek stilte. “’Nou maar dan moet jy woestyn toe,’ sê sy toe half op- rukkerig. ‘Die kans is goed dat dit net ek en jy sal wees’, en sy skud haar hare. As sy so maak moet ek weet: sy is nou krapperig. “Ek het haar aangekyk. ‘Jy is geniaal, weet jy’, sê ek vir haar. ‘Ek weet’ kom dit selfvoldaan. Haar stemming het verbeter. ‘Nou waar sal ons dan heengaan?’ wou sy weet. ‘Nee, ek weet nie. Ons ry maar soos wat die stuurwiel draai en die pad ons vat.’ “Na ontbyt klim ons weer in die wa en ek draai Rustenburg toe en via Lichtenburg na ‘n gastehuis in Vryburg. Hier vertel iemand vir ons van die pad al op die Botswanagrens langs, die Molopo in tot by Van Zylsrus. ‘Dis 'n tweespoorpad maar onbeskryflik mooi,’ sê die man. ”Die volgende oggend na ontbyt gryp ons die pad. Grond- pad en later 'n tweespoorpaadjie, en die wêreld is vreeslik mooi. Die mooiste kameeldorings, af en toe 'n koedoe of twee en selfs 'n troppie gemsbokke. Deur plase en seker 'n honderd hekke moes ek iewers verkeerd afgedraai het, want toe raak die paadjie amper weg. “Ons plan om op Van Zylsrus te gaan slaap skielik 'n bitter skrale moontlikheid – in ons kanon in verdwaal. Die son was besig om te sak op dié Oukersdagaand, en ons was in die middel van nêrens. ‘Dis lekker hier’, sê Lien toe. ‘Ons slaan ons tentjie sommer net hier op en ons slaap net hier in die veld onder die sterre.’ “Ons klim uit die wa uit en Lien kom staan in my arms. ‘Kyk hoe mooi is die sonsondergang’ sê sy. Lank het ek so gestaan, haar kop teen my bors en die son wat agter die horison wegsak – die nag het begin wakker word. Skielik hoor ons 'n klingel-klingel geluid en daar kom 'n donkie- karretjie om die draai. ‘Ek sê vir die vrou ek moet loop kyk,’ sê die oompie op die bankie en ek draai om en kyk na die oompie. Rateltaai en voos gebrand deur die son. “’Kom, meneer-hulle kan nie hier in die vlak slaap nie. Die vrou het al klaar julle kamer reggemaak.’ Dis duidelik dat die oom nie nee vir 'n antwoord gaan vat nie. “’Sal Oom omgee as ek saam met Oom ry? Ek het nog nooit op 'n donkiekarretjie gery nie,’ vra Lien opgewonde en stadig kruie ons daar met die slingerpaadjie aan tot by die huisie. Lien so opgewonde soos 'n skoolkind. “Die huisie is skoon en netjies op 'n eenvoudige manier. Die tante kom op die stoep uit toe ons stilhou. ‘Maar welkom hier by ons, Hennerik vat die meneer-hulle se goed en sit dit in die spaarkamer, kom nader die ketel kook al,’ sê die tante alles in een asem. “Toe ons in die kombuis instap, ruik ek die geurig- gekookte kos, en die brandende paraffienlamp op die wit geskropte tafel. ‘Kom ek wys vir Mevrou waar die badkamer is. Mevrou wil seker eers bietjie hande en gesig INHOUDSOPGAWE Kerstyd: Sê dit met blomme ..................................... 02 Redakteur gesels ... ................................................... 02 Kerstradisies: Die Kersboom ................................. 02 Kerstradisies: Die Geskenke .................................. 02 My spesiaalste Kersfees ............................................ 03 Kersfees herinneringe ............................................... 03 Kerstradisies: Die Krip ............................................ 03 Kerstradisies: Stille Nag .......................................... 04 Kersfees – ‘n tyd om te gee ....................................... 04 Resep: Aarbei Feeskelkie........................ ................... 04 Om te gee ... .............................................................. 04 Kerstradisies: Die Ster van Betlehem .................. 04 KERSTRADISIES - HOEKOM EN WAAR KOM DIT VANDAAN? ADVENTKERSE: Wat beteken dit? Ons steek die 4 Sondae voor Kersdag 'n kers aan. Dit word die Adventkerse genoem. Die Adventkerse herinner ons aan Jesus se eerste koms (Advent) en ook aan sy tweede koms (Sy Wederkoms – Hand 2:9-11). Die 4 kerse dra elk 'n boodskap van (1) Hoop, (2) Vrede, (3) Vreugde en (4) Liefde. En dan kom daar op Kersdag 'n 5de kers by, die sg. Christuskers, wat vertel van die koms van die Jesus Kind, die Lig vir die wêreld. SIG Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 [email protected] www.durbanvillegemeente.co.za 021 975 6370 082 779 3356 021 976 7109 Ma, Di, Do en Vr: 08:00 - 14:00 Wo: 08:00 - 16:00 NG Gemeente Durbanville ABSA Durbanville Tjekrekening: 1410580019 Voeg asb verwysing by bv. Naam/MDO durbanville gemeente KERSFEES Tinus van Zyl Aan die einde van nog 'n jaar wil ons leraars, administratiewe personeel, jeug en omgeediens, baie dankie sê aan almal wat vanjaar êrens gehelp het om die gemeente beter te laat funksioneer. Mag elkeen van julle ook in hierdie Kersfeestyd onthou dat Jesus Christus God met jou is, ook in veranderende tye, en dat Jesus Self jou sal lei na 'n nuwe toekoms vol hoop. vervolg op bladsy 2 ‘n Baie Geseënde Kersfees vir julle almal!

SIG - LAYOUT KERSUITGAWE PRINT › uploads › sig › 50.pdf · aan Jesus se eerste koms (Advent) en ook aan sy tweede koms (Sy Wederkoms – Hand 2:9-11). NG Gemeente Durbanville

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SIG - LAYOUT KERSUITGAWE PRINT › uploads › sig › 50.pdf · aan Jesus se eerste koms (Advent) en ook aan sy tweede koms (Sy Wederkoms – Hand 2:9-11). NG Gemeente Durbanville

UITGAWE 3 KERSFEES 2015

TERT SE KERSFEESSTORIEZenobia Brady het vir ons hierdie pragtige Kersstorie ingestuur. Dis lank maar so mooi en vat dit wat Kersfees beteken presies raak.

Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. ‘n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil.

“Nou waar was julle toe?” wou ek nuuskierig weet na hul terugkoms. “Noord-Kaap” sê Tert. “Ek het nie geweet julle het familie daar nie?” vis ek verder uit. “Nie gehad nie, maar nou het ons.”

Tert vertel: “Toe ek en Lien hier weg is, het ons regtig nie 'n idéé gehad waarheen ons nou eintlik wil gaan nie. Ons het by Jasmyn gestop vir ontbyt toe Lien sê sy wil Laeveld toe. Maar ek het gesê nee, daar is óók te veel mense. Ek soek stilte. “’Nou maar dan moet jy woestyn toe,’ sê sy toe half op-rukkerig. ‘Die kans is goed dat dit net ek en jy sal wees’, en sy skud haar hare. As sy so maak moet ek weet: sy is nou krapperig. “Ek het haar aangekyk. ‘Jy is geniaal, weet jy’, sê ek vir haar. ‘Ek weet’ kom dit selfvoldaan. Haar stemming het verbeter. ‘Nou waar sal ons dan heengaan?’ wou sy weet. ‘Nee, ek weet nie. Ons ry maar soos wat die stuurwiel draai en die pad ons vat.’

“Na ontbyt klim ons weer in die wa en ek draai Rustenburg toe en via Lichtenburg na ‘n gastehuis in Vryburg. Hier vertel iemand vir ons van die pad al op die Botswanagrens langs, die Molopo in tot by Van Zylsrus. ‘Dis 'n tweespoorpad maar onbeskryflik mooi,’ sê die man.

”Die volgende oggend na ontbyt gryp ons die pad. Grond-pad en later 'n tweespoorpaadjie, en die wêreld is vreeslik mooi. Die mooiste kameeldorings, af en toe 'n koedoe of twee en selfs 'n troppie gemsbokke. Deur plase en seker 'n honderd hekke moes ek iewers verkeerd afgedraai het, want toe raak die paadjie amper weg.

“Ons plan om op Van Zylsrus te gaan slaap skielik 'n bitter skrale moontlikheid – in ons kanon in verdwaal. Die son was besig om te sak op dié Oukersdagaand, en ons was in die middel van nêrens. ‘Dis lekker hier’, sê Lien toe. ‘Ons slaan ons tentjie sommer net hier op en ons slaap net hier in die veld onder die sterre.’

“Ons klim uit die wa uit en Lien kom staan in my arms.

‘Kyk hoe mooi is die sonsondergang’ sê sy. Lank het ek so gestaan, haar kop teen my bors en die son wat agter die horison wegsak – die nag het begin wakker word. Skielik hoor ons 'n klingel-klingel geluid en daar kom 'n donkie-karretjie om die draai. ‘Ek sê vir die vrou ek moet loop kyk,’ sê die oompie op die bankie en ek draai om en kyk na die oompie. Rateltaai en voos gebrand deur die son.

“’Kom, meneer-hulle kan nie hier in die vlak slaap nie. Die vrou het al klaar julle kamer reggemaak.’ Dis duidelik dat die oom nie nee vir 'n antwoord gaan vat nie.

“’Sal Oom omgee as ek saam met Oom ry? Ek het nog nooit op 'n donkiekarretjie gery nie,’ vra Lien opgewonde en stadig kruie ons daar met die slingerpaadjie aan tot by die huisie. Lien so opgewonde soos 'n skoolkind.

“Die huisie is skoon en netjies op 'n eenvoudige manier. Die tante kom op die stoep uit toe ons stilhou. ‘Maar welkom hier by ons, Hennerik vat die meneer-hulle se goed en sit dit in die spaarkamer, kom nader die ketel kook al,’ sê die tante alles in een asem.

“Toe ons in die kombuis instap, ruik ek die geurig-gekookte kos, en die brandende paraffienlamp op die wit geskropte tafel. ‘Kom ek wys vir Mevrou waar die badkamer is. Mevrou wil seker eers bietjie hande en gesig

INHOUDSOPGAWEKerstyd: Sê dit met blomme ..................................... 02

Redakteur gesels ... ................................................... 02

Kerstradisies: Die Kersboom ................................. 02

Kerstradisies: Die Geskenke .................................. 02

My spesiaalste Kersfees ............................................ 03

Kersfees herinneringe ............................................... 03

Kerstradisies: Die Krip ............................................ 03

Kerstradisies: Stille Nag .......................................... 04

Kersfees – ‘n tyd om te gee ....................................... 04

Resep: Aarbei Feeskelkie........................ ................... 04

Om te gee ... .............................................................. 04

Kerstradisies: Die Ster van Betlehem .................. 04

KERSTRADISIES - HOEKOM EN WAAR

KOM DIT VANDAAN?

ADVENTKERSE: Wat beteken dit?Ons steek die 4 Sondae voor Kersdag 'n kers aan. Dit word die Adventkerse genoem. Die Adventkerse herinner ons aan Jesus se eerste koms (Advent) en ook aan sy tweede koms (Sy Wederkoms – Hand 2:9-11). Die 4 kerse dra elk 'n boodskap van (1) Hoop, (2) Vrede, (3) Vreugde en (4) Liefde. En dan kom daar op Kersdag 'n 5de kers by, die sg. Christuskers, wat vertel van die koms van die Jesus Kind, die Lig vir die wêreld.

SIG Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

KERKBESONDERHEDEH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550

Posbus 107, Durbanville 7551

[email protected]

www.durbanvillegemeente.co.za

021 975 6370 082 779 3356 021 976 7109

Ma, Di, Do en Vr: 08:00 - 14:00

Wo: 08:00 - 16:00

NG Gemeente Durbanville

ABSA Durbanville

Tjekrekening: 1410580019

Voeg asb verwysing by bv.

Naam/MDO

durbanville gemeente

KERSFEES

Tinus van ZylAan die einde van nog 'n jaar wil ons leraars, administratiewe personeel, jeug en omgeediens, baie dankie sê aan almal wat vanjaar êrens gehelp het om die gemeente beter te laat funksioneer.

Mag elkeen van julle ook in hierdie Kersfeestyd onthou dat Jesus Christus God met jou is, ook in veranderende tye, en dat Jesus Self jou sal lei na 'n nuwe toekoms vol hoop.

vervolg op bladsy 2

‘n Baie Geseënde Kersfees vir julle almal!

Page 2: SIG - LAYOUT KERSUITGAWE PRINT › uploads › sig › 50.pdf · aan Jesus se eerste koms (Advent) en ook aan sy tweede koms (Sy Wederkoms – Hand 2:9-11). NG Gemeente Durbanville

vervolg van bladsy 1 ...was voor ek koffie skink.’ Weer alles in een asem.

“Ek help die oompie om ons bagasie kamer toe te dra. ‘Maar hoe is dit dat die tante die kamer so vinnig reg-gemaak het,' wil ek by die oompie weet. “’Nee, Meneer sien, die vrou maak elke jaar so 'n week voor Kersfees al die kamer reg. Maar ek sal later vir Meneer die storie vertel.’ Later, toe ons aan tafel sit, merk ek dat die tante nie net vir twee gekook het nie. ‘Hoe is dit dan dat dit vir my lyk asof Tante ons hier verwag het’, vra ek. ‘Maar natuurlik het ek mense verwag. Die Liewe Heer stuur elke jaar vir ons mense vir Kersfees!’ Sy vertel verder: ‘Nee Meneer sien, ons is eintlik afstammelinge van die Griekwas wat vroeër jare hier deurgetrek het en onse kinders het nooit die liefde vir die wêreld gehad soos ons dit het nie en jare terug het hulle besluit hulle is moeg vir die wêreld met sy hitte en droogtes en op 'n dag het hulle net besluit om weg te trek en tot nou toe het ons nog nie weer 'n woord van hulle gehoor nie. Dis vanjaar vyftien jaar.’

“Die tante skep asem. Die oom vat oor. ‘Net voor die eerste Kersfees nadat die kinders hier weg is, sê ek vir die vrou, ek sê: ‘Ma, ek kan nie hierdie jaar Kersfees hou nie. Die kinders is weg en dis net ons twee en my hart is seer en sal net seerder word hier oor die Groot Dae. Wat gaan ons maak?’ Sy sê toe: ‘Hennerik, moet nou nie daaroor wakker lê nie, ek het reeds vir onse Hemelse Vader gevra om vir ons mense te stuur vir Kersfees en môre gaan ek die spaarkamer begin regmaak en jy moet kom hjelp.’

“’Dit was 'n week voor Kersfees. Die volgende dag het die stof gestaan soos die vrou alles begin regmaak het, en ek het angstig gehoop dat die Vader vir haar gehoor het en dat sy nie teleurgestel sal wees nie.’ Die tante val in. ‘Daardie eerste jaar het die mense gekom, ook op Oukersdag net soos Meneer-hulle ook geverdwaal. Ek het kant en klaar gekook gehad toe hulle hier aanland. Daar was 'n kleintjie ook by, ek was so bly, Hennerik het gesê die Here het ons nie alleen gelos nie.’

“Die eenvoud, geloof, vertroue en die opregtheid van die mense het my aangegryp”, vertel Tert. “Nadat ons geëet het, het die oompie die dankgebed gedoen en toe strammerig opgestaan. ‘Sit julle net so. Ek gaan net die Bybel haal.’ Toe die oom terugkom, gee hy vir my die Bybel aan. ‘Sal Meneer asseblief vir ons lees. Nie ek of die vrou het enige gelerendheid nie en al wanneer ons die Bybel uithaal is wanneer hier mense kom wat dan vir ons lees. Verder sê ek maar die stukkiekies op wat so met die jare saam in my kop vasgesteek het, of wat ek nog in die Sondagskool uit my kop moes geleer het. My pa-hulle het ons nie skool toe kon stuur nie, maar ons moes elke Sondag kerk toe gaan en daarna was dit Sondag-skool.’

“Ek maak die Bybel oop. ‘Wat moet ek vir oom-hulle lees?’ ‘Lees vir ons asseblief die geboorteverhaal. Soos wat dit in Lukas staan.’ ‘Ja, asseblief,’ kom dit van die tante, ‘dis baie mooier daar as in die ander boeke van die Bybel.’

“Terwyl ek rondblaai, kry ek die reuk van mottegif. Hier en daar is 'n foto'tjie tussen die blaaie gebêre. Ek begin lees. Die kombuis het amper 'n heilige plek geword. 'n Katedraal. Ek lees van Maria en die Kind. Van die stal en die krip. Van die herders en die wyse manne. Dis stil toe ek die Boek toemaak. Die oom sit met sy hande in eerbied gevou. Deur die kombuisvenster het die volmaan

Redakteur gesels ...

groot en wit oor die kameeldorings gelê. Saggies begin die tante Stille Nag te sing. Haar oumensstem is kra-kerig, maar vir ons het dit die klank van 'n nagtegaal gehad. Dis asof van iewers af die engele saamgesing het. Die oom het met sy dreunstem ingeval en Lien kort na hom.

“Ek het probeer, maar die knop in my keel was te groot. Ek kon net fluister. Ek het daar lief geword vir hierdie twee eenvoudige, maar opregte mense. ‘Ek wens daar was iets wat ons vir die twee oues kon doen’, sê ek later vir Lien, maar sy antwoord: ‘Hulle het alles wat hulle nodig het. As ons iets wil doen, moet ons bid dat die Here hulle kinders sal laat kom.’ Daar langs die bed het ons toe gekniel en vir die Here gevra en met 'n tevrede gemoed het ons die kers doodgeblaas.

“Die oumense was baie bly toe ons vra of ons 'n paar dae langer kan bly. Ons kon eenvoudig nie genoeg van hulle gasvryheid kry nie. Ons het saam met hulle lang ente met die donkiekarretjie in die veld gery Dit het my laat besef hoe leeg ons lewens regtig geword het.

“Oujaarsdagmiddag, toe ons terugkom van die veld af, sien ons die vreemde kar onder die kameeldoring staan. ‘Haai kyk Pa, ons het nog mense gekry, is dit nou nie vir jou wonderlik nie?’ Dis toe die figuur om die hoek van die huis kom dat die oom die teuels styf pluk. Die donkies het nog nie eers behoorlik stilgestaan nie, of die oom spring af en storm vooruit. ‘Hennerik! Hennerikkie my seun!’ Die oom huil. ‘Pa!’ roep die man van die hoek af. 'Pa!' Toe is hulle in mekaar se arms. Die pa en sy seun.

"Die tante kom ook by. 'Hennerik ... Hennerikkiekie, is dit regtig jy, my kind?' Die tante se vreugde ken geen perke nie. Hulle omhels mekaar. ‘Wag Ma, Pa, hier is nog mense.’ Toe sien ons die ander mense wat om die hoek kom. ‘Freek!’ roep die oom. 'Freek, ag my seun. Ek is so bly. Die Here is vir ons goed. En die ander? Wie is hulle?

“’Pa, Ma, ontmoet ons vrouens en julle kleinkinders.’ Toe het daar voor ons oë 'n ding gebeur wat in my geheue ingegraveer is en wat ek sal onthou tot die dag van my dood’, sê Tert. ‘Die oom sak daar op die warm Kalahari-sand op sy knieë neer en bid 'n dank- en lofgebed waar-van ek die gelyke nog nie gehoor het nie. Soos 'n Abraham van ouds. Op sy knieë met sy hande na bo uitgestrek.

"Ek en Lien het na mekaar gekyk. Trane het in Lien se oë verskyn. Ons

het op heilige grond gestaan. Die Here het vir ons gegee presiés wat ons van

Hom gevra het.”

KERSTRADISIES –HOEKOM & WAAR

KOM DIT VANDAAN?

DIE KERSBOOM:Die Kersboom het 'n interessante geskiedenis. Waar die kersboomtradisie vandaan kom, weet ons nie. Daar is die romantiese verhaal van Martin Luther wat na afloop van die Oukersaanddiens, oppad huis toe was in die donker. Dit het gesneeu en deur die wit versierde dennebome sien hy God se blink sterre-hemel! Dit was vir hom so aangrypend dat hy 'n dennetak afgekap het en dit huis toe geneem het en vir die gesin soos 'n kersboom versier het. Luther het sy boom versier soos God se bome daarbuite. Hy het klein geskenkies daaronder geplaas en toe die alleen-lopendes en eensame genooi om te kom deel in die Christus-fees. Vandag nog vier die ou Duitse families Kers-fees met 'n Kersboom, 'n oop deur en met gasvryheid. Daar is selfs 'n klein geskenk aan die voet van die boom. Die Kersboom dien as 'n skinkbord wat die vreem-delinge in jou huis bedien met iets persoonliks en noodsaak- lik ... ook iets om te eet en te drink.

DIE GESKENKE:Die geskenke wat ons vir mekaar gee hoef nie duur geskenke te wees nie. Die geskenke moet eerder iets persoonlik sê. Die geskenke moet van God sê: “Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawes” (2 Kor. 9v15).

Die geskenke moet vir mekaar sê: "Ek het jou lief. Ek waar-deer jou. Ek is – soos Jesus – tot jou.

KERSTYD:SÊ DIT MET BLOMMENelia van NiekerkDie gesegde is mos: “Sê dit met blomme.” Wat sal ons lewe gewees het sonder blomme?

Die wonderlike kleure en geure is nog 'n bewys van God se grootheid en skeppingsvermoë.

Blomme dra verskillende emosies oor: liefde, geluk en ook simpatie. Kleure speel ook ‘n belangrike rol: purper en swart wat rou impliseer, wit en goud is opstandingskleure en Kerstyd versier ons ons huise met rooi blomme en kersbome.

Het jy al gewonder waar kom die kerskleure en kersboom vandaan? Volgens oorlewering kom dit reeds van die twaalfde eeu uit Mexiko. Daar word vertel dat 'n arm seuntjie tydens Kersfees 'n geskenk kerk toe wou bring, maar niks gehad het nie. Langs die pad het hy sade opgetel en by die kansel gaan neersit. Uit hierdie sade het daar ’n poinsettiaplant ontwikkel. Sedertdien, word die rooi poinsettia die Kersfeesster genoem. Die blom simboliseer vreugde en goeie wense. Die rooi kleur van die blomme simboliseer die bloed van Christus.

Die kersboom is eerste in Duitsland gebruik. (Lees hiernaas die kersboom se interessante geskiedenis)

Die liggies wat ons aan die bome sit, was eers kerse. Kerse gee lig, God is die Lig van die Wêreld. Kerse gebruik hul eie was om lig te gee. So het Jesus ook sy eie lewe gegee deur vir ons sondes te sterf.

Geskenke onder die boom is uit dankbaarheid vir sy Groot Geskenk.

In ons mooi land, Suid-Afrika, kry ons meer sonlig as waarvoor ons kan vra, meer genade as wat ons kan verdien en word ons elke dag geseën met God se oor-dadige liefde en goedheid – meer as wat ons nodig het.

Christus se geboorte bring ons in hierdie tyd byeen en die wonder van die Christusfees kom staan weer helder voor ons deur. Mag die Lig van die Christus-kind hierdie Kersfees jou lewe verlig sodat jy kan weet:• sy liefdesarms omvou jou elke dag• Christus wil alles vir ons wees• rondom ons is medegelowiges wat saam met ons sy

geboorte herdenk en die wonder van die krip van Bethlehem weer ervaar

• dat God Lig bring, vir jou en almal om jou.

Baie dankie aan elkeen wat sy/haar Kersherinneringe in hierdie uitgawe met ons gedeel het.

Ek vra julle om nie verby Tenk se storie te blaai nie. Ek weet dis baie lank en ek het probeer sny, maar hierdie storie vertel waaroor Kersfees eintlik gaan. En elkeen wat dit lees, weet ek, sal dit altyd onthou. Baie dankie aan Zenobia wat dit vir ons ingestuur het.

Ek deel ook graag in hierdie uitgawe ‘n klompie Kerstradisies wat in ons kerk ‘n groot rol speel in hierdie Feesseisoen. Mag julle dit interessant vind!

2

Page 3: SIG - LAYOUT KERSUITGAWE PRINT › uploads › sig › 50.pdf · aan Jesus se eerste koms (Advent) en ook aan sy tweede koms (Sy Wederkoms – Hand 2:9-11). NG Gemeente Durbanville

3

SÊ dit, SKRYF dit, DEEL dit

My spesiaalsteKersfees ... Ons lidmate vertel

Gra

fik

a: D

ie H

uis

gen

oot

20

10

Sue SchoemanKersfees as Ma: Ek probeer myself in Maria se posisie sit. Hoe sou ek geskrik het as 'n engel na my toe gekom het … dink ek sou flou geval het en nooit die boodskap gekry het nie!!

Hoe moes sy nie gevoel het om Jesus te dra nie … om uitverkore te wees … om te weet dat sy die Verlosser van die wêreld in haar maag het.

Hoe moes sy gevoel het toe sy haar maag gevryf het en Hom binne haar gevoel woel het? Hoe 'n groot verantwoordelikheid, hoe 'n fantastiese wêreld-veranderende wonderwerk. Altyd en elke keer spesiaal!

Henk & Susan Smit

Ons, Smit-gesin se Kersfeestradisie ...

Ons gesin – ek, Henk, Annabelle & Klara (en van vanjaar af, ook Basjan ons hond!) – vier Kersfees voorwaar met 'n kinderlike vreugde en nederigheid.

Ons het 'n hout kersfeesboom, wat ons al so teen die middel van November opslaan. Ons sit vir ons mooi Kersfeesmusiek aan en pak al ons kersversierings van die vorige jaar uit en

dan het Annabelle en Klara vrye teuels om die boom mooi te maak. Vandat die boom opgeslaan is, word die rustige, wit kersliggies elke aand aangeskakel. Ons hang ook 'n houtkrans teen ons voordeur op.

Ons is baie bevoorreg dat beide my en Henk se ouers nog leef. Kersfees word dus (streng!) om die beurt by die oupas en oumas gevier. Ons reël 'n spesiale kuier, vir die ouerpaar by wie ons nie Kersfees is nie. Dan dek ons 'n mooi tafel en vier sommer al vroeg Kersfees.

Henk lees vir ons die Kersverhaal. Ons bid, sing 'n paar Kersliedjies en

gesels oor wat Jesus se geboorte vir ons beteken. Daarna kuier ons rustig saam, deel presentjies uit en deel ons herinneringe van die jaar wat verby is en ons ideale vir die nuwe jaar wat voorlê.

Op Oukersaand, het ons dieselfde tradisie en Kersoggend gaan ons almal saam kerk toe. Die familie – oupas, oumas, ooms, tannies, niggies en nefies – kuier die res van die dag saam.

Kersfees is vir ons 'n fees van dankbaarheid, 'n viering van God se liefde vir ons as sy kinders en Jesus se ongelooflike genade, om vanuit die hemel onder ons as sondige mense te kom woon. Dis ook 'n bewuswording van ons afhanklikheid en 'n opgewonde uitsien na die Ewige Lewe.

Wat sê ons JEUG?

Is Kersfees nog spesiaal?Lezje van Zyl

My vraag aan ons gemeente se tieners “Is Kersfees nog spesiaal?” was met 'n duidelike “Ja!” beantwoord.

Die rede: FAMILIE. Die opgewondenheid van Kersfees is steeds daar, alhoewel die meeste erken dat hulle nie meer van vroegoggend af wakker lê om presente oop te maak nie, maar eerder sal lê en slaap tot hulle wakker gemaak word. Elke tiener het bevestig dat Kersfees vir hulle ekstra spesiaal is omdat dit 'n tyd in die jaar is wat families saamkom. Met programme wat heel jaar vol is en tyd wat soms min is vir net “saamwees”, bring Kersfees mense bymekaar. Die tradi-sies van die dag verskil van gesin tot gesin en sluit saam kerk toe gaan of opvoerings van die kersverhaal in, maar een ding bly, families SAAM onder een dak. Kersfees bring dus vir ons ekstra vreugde deur SAAM as familie en vriende die koms van Jesus na die aarde te vier.

Hiermee herinner die tieners ons dat dit nie saak maak hoe oud jy is nie. Tyd saam met familie bly van onskatbare waarde vir ieder en elk!

Dankie aan Jan en Celia Slabbert wat hierdie mooi foto van hul Kerskonsert met ons deel.

Liezl MarxMy spesiaalste Kersfees is elke 25 Desember, want dit beteken ons Verlosser en Koning is gebore! Die grootste geskenk wat ons ooit sal ontvang. Hy het mens geword uit liefde vir ons.

Daarmee saam is ons familie altyd saam om die Kersdiens by te woon en saam om een feestafel. Dis 'n groot voorreg om voor dankbaar te wees. Oumas, Oupa, kleinkinders, broers en susters kuier heerlik saam.

Die woorde van Koos du Plessis se lied “Somerkersfees” (Welkom, o stille nag van vrede – Lied 358) laat mens baie diep besin oor die waarde en betekenis van Kersfees.

“Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer. Skenk ons 'n helder

Somerkersfeesin hierdie land, o Heer.”

KERSTRADISIES –HOEKOM EN WAAR KOM DIT VANDAAN?

DIE KRIP:Wat is die Kersfeesteken? Die krip, die Kindjie in doeke toegedraai en in 'n krip (Luk. 2:7). Die krip vertel die verhaal van hoe God die wêreld kom red het met 'n kind.

Lees tog die verhaal van Don & Carol Richardson: 'Peace Child'. Hulle is in 1962 na New Guinea om daar sendingwerk te gaan doen. Stamgevegte het gereeld voorgekom, ten spyte van die Richardson's se bemiddeling en prediking. En toe ge-beur daar dié wonder – 'n ouerpaar uit elk van die twee stry-dende stamme ruil hul eersgebore seuns. Die hoofman van die een stam neem sy geliefde seun en gaan gee sy kind vir die hoofman van die gehate vyand. En toe gebeur nog 'n wonder: Daardie ander stam se hoofman doen dieselfde. Hy gee sy seun vir die vyand se hoofman. Die moeders het ge-huil, want die prys vir vrede was hoog. Maar vrede was ge-waarborg. Jy sal nie oorlog maak teen jou eie kind nie. Daardie twee seuns wat uitgeruil is, het elk 'n naam gekry – 'Peace Child'. God het ook sy Seun gegee as 'Peace Child'. En by die doop gee ek weer my kind aan God.

Kersfees-herinneringeOns ouer persone onthou so ...

Euodia BurgerVerlede jaar was ons op Voëlklip by my strandhuis. Ek het op die stoep gesit en uitkyk na die pragtige uitsig en vir die Skepper dankie gesê vir die wonderlike voorreg en ook dat ons sy Seun se verjaardag die volgende dag sou vier. Meteens het die blaasorkes van Hawston al spelende in die Hoofstraat aangekom. My kleinseun, Philip, het sy saksofoon gaan haal en saam met hulle begin speel. Ons kon hulle nie sien nie, en hulle nie vir ons nie, maar ons kon hoor hulle stop so twee huise onder ons en speel verder. Na die lied, gee die leier van die orkes 'n noot, Philip herhaal die noot en dan gebeur 'n ongelooflike uitvoering – hoendervleisoomblikke! Ek het Stille Nag in stereo gehoor met Philip agter my met die meesleurende musikale saksofoonklanke en die orkes, meestal trompette, twee strate laer af.

Wat 'n belewenis! Om alles te kroon, het die wonderlike sons-ondergang hom op die horison afgespeel. Praat van super skouspel!

Helene JacobsOor die jare het die viering van Kersfees heelwat verander. Wat egter uitstaan is die jare op die plaas in Agter-Paarl. Ons werkers met hul gesinne het ook op Oukersaand saamgekom: ons, met ons kinders, familie en al ons werkers met hul ge-sinne. Die venster na die systoep is wawyd oopgemaak en wanneer almal op die stoep saamgekom het, is die liggies op die kersboom aangeskakel. Die verwondering op die gesigte is onvergeetlik! Die Kersverhaal is vertel en almal het kersliedere gesing. Eetgoed is geniet en daarna gaan almal met blydskap huis toe, want vroeg Kersoggend gaan ons kerk toe. Mag jy onthou dat Jesus self die groot Geskenk van Kersfees is en die groot genade van versorging, bewaring en vergifnis elke dag. Die Geskenk van die Ewige Lewe.

Elize Schouten vertel: "As kinders was ons Kersfese 'n groot familie-samekoms. Ek, my suster en broers het in SWA (nou Namibië) grootgeword. Dit was 'n groot optog om in die RSA te kom Kersfees vier by die familie. Die reëlings en pakkery en lang reis was vir ons 'n groot opgewon-denheid.

Op Oupa en Ouma se plaas in die Langkloof aangekom, was dit 'n

warboel van nefies en niggies.

Die oudste kinders het gereël vir 'n Kersopvoering. Dit was nie maklik met kleuters nie, maar ons het dit geniet om deel te wees van die opvoering.

Nou is ons ouer en Kersfees het vir ons 'n ander betekenis. Ons wil ons kleinkinders die werklike erns van Kersfees leer en dat geskenke net 'n bysaak is."

‘n Kleinmond-huis elke jaar

tydens Kersfees versier

Christelle KoenKersfeestye wat my altyd sal bybly, is as kind saam met my huisgesin. Ons het geen tradisie vir Oukersaand gehad nie. Kersoggend het ons 'n diens in die saal op die kusdorpie bygewoon, die houtvloere en klavierspel sal ek altyd onthou met “Stille Nag” as slotsang wat 'n traan of twee meegebring het. Ons het geen groot etes gehad nie en handeroom of 'n blikkie gekookte kondensmelk was iets om na uit te sien as kersgeskenk. Die eenvoud van ons manier van Kersfees vier het my geleer waaroor Kersfees regtig gaan – die geboorte van ons Verlosser – JESUS.

Rhoda van Schalkwyk

Ons hou uitbundig en nadenkend fees. Daar is kerse, daar is herhaaldelik kleiner en groter feeste op ons wonderlike stoep in die hoog somer van ons geloof in Christus.

Nanna se glasengeltjies blink aan ons reuseboom en ons inhuis “chef” bak en brou asof dit die laaste fees ooit is!

Ons nooi vriende en vreemdes, ons daag op by markte, musiek, kerkdienste en konserte. Ons beplan vir mekaar geskenkverrassings.

Annelize SerfonteinSo dink ek terug, watter een sal dit nou wees? Daar was al so baie. En dan is daar een wat vir my helder uitstaan. Een van lank gelede. Toe ons nog almal bymekaar was. Die Kersfees was by Ouma en Oupa in die stad en al die niggies en nefies was ook daar. Dit was die Kersfees wat ons drie niggies ons eerste Barbie-poppe gekry het. Maar meer as dit, is dit die liefde en die omgee en die gelukkig-wees wat ek onthou van dié Kersfees.

Die Kersfees toe ons nog almal saam was.

Page 4: SIG - LAYOUT KERSUITGAWE PRINT › uploads › sig › 50.pdf · aan Jesus se eerste koms (Advent) en ook aan sy tweede koms (Sy Wederkoms – Hand 2:9-11). NG Gemeente Durbanville

OM TE GEE … IS LEWENSVREUGDE

Atel StreicherDie Kersseisoen van 2015 het ons baie vinnig ingehaal en ons het 'n les geleer … ons was te laat vir die jaarlikse “Santa Shoebox”-projek, maar dit is nooit te laat om iewers te gee nie.

Ons kleingroepie het Durbanville Kinderhuis se Kers- wenslysieprojek ontdek en het dadelik aan die werk gespring. Die kinders van die Durbanville Kinderhuis se wense vir Kersfees 2015 het ons laat stilstaan en dink oor ons eie kerswense ...

Dit was groot pret om die geskenke voor te berei – as jy nog nie 'n hartjie bly gemaak het vir Kersfees nie, doen dit nou …

Kersfees - ‘n tyd om te geeThanksgiving/Dankbaarheidsdag – ‘n Amerikaanse tradisie?

Atel Streicher skryf oor hoe ons ons dankbaarheid kan vier ...“Thanksgiving” hoef nie net in die VSA gevier te word nie – kies vir jou, jou gesin en vriende 'n dag waarop julle uitsluitlik vir God loof en dankie sê vir al ons genade en gawes van 2015 uit sy hand. Moenie vergeet om vir mekaar dankbaar te wees nie.

Laat elkeen ‘n lys maak van die dankbaarheids-deugde wat hy/sy ervaar het deur die jaar. Elkeen kan 'n kaartjie skryf vir die ander gaste om dankie te sê vir wat hy/sy vir jou beteken het in die afgelope jaar en dit by die gedekte bord plaas. Behou eenvoud, maar sorg dat die tema vrolik en feestelik is. Maak jou kinders deel van hierdie dankbaarheidsfees.

Stuur asb vir ons Januarie SIG ‘n paar foto's in van julle Dankbaarheids-viering 2015!!!

KERSTRADISIES –HOEKOM & WAAR

KOM DIT VANDAAN?

DIE STER VAN BETLEHEM:Die sterre in ons kersversierings herinner ons aan die baie spesiale Ster wat die Wyse Manne vanuit die Ooste geroep en na Betlehem gelei het om dáár die Koning van die Jode te ontmoet. Die wyse manne het aan Hom as Koning, hulde gebring en ook aan Hom gepaste geskenke gegee. Lees ook Opb. 2:1 – die Here se sterk regterhand hou die 7 sterre veilig en vas. God se Regterhand is sterk. Ons is ook deel van die 7 (die getal van die volmaaktheid) sterre in sy Hand. Ons is dus in Hom, veilig. Niks of niemand kan ons uit sy Regterhand ruk nie.

FOTO: GOOGLE

Stille Nag in Vader Joseph Möhr se handskrif

Aarbei FeeskelkieLewer 6 porsies

Bestanddele:400 g (sowat 18 grotes) vars rooi aarbeie, gewas en steeltjies verwyder1 blik (397 g) kondensmelk60 ml (4 e) vars suurlemoensap200 g ongegeurde gladde maaskaas250 ml (1 k) room vars aarbeie vir versiering

Metode:1. Verpulp 12 van die aarbeie. Hou res heel eenkant. 2. Klop kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas

saam tot glad. Roer verpulpte aarbeie by. 3. Klop room styf en vou in aarbeimengsel in. Skep

in groot glasbak of in 6 opdienbakkies. Laat in koelkas tot geset. Sit voor met orige aarbeie en kruisementblaartjies.

Verskeie weergawes van wanneer die bekendste kerslied van alle tye, Stille Nag, Heilige Nag, geskryf is, stem basies ooreen. Daar is vertellings dat Joseph Möhr dit reeds twee jaar voor die komposisie gedoen is, geskryf het en dan is daar ook ander wat die oorsprong anders be-skryf. Een van dié weergawes is, o.a. die volgende: Daar word vertel dat in die dorpie Oberndorf, Oostenryk, was daar ‘n priester met die naam Joseph Möhr. Oberndorf was ‘n Tiroolse dorpie en dié betrokke Oukersaand was ‘n groepie lidmate van die gemeente in die kerkie besig om voor te berei vir die volgende dag se kersdiens. Die priester en sy groot vriend, die onderwyser en orrelis,

Franz Grüber, was ook teenwoordig.

Deur die loop van die aand, was daar ‘n klop aan die deur en ‘n vrou het na Vader Möhr kom soek. ‘n Vriendin van haar het pas ‘n baba gehad en hulle wou dat die priester die baba kom seën. Vir Vader Möhr was hierdie ont-moeting met die vrou en haar baba iets wat hom diep getref het en met sy terugstap deur die donker nag, is hy aangegryp deur die nag se donker, die spierwit sneeu-landskap, bergspitse en die ontsaglike stilte.

In die verte kon hy die fakkels van die bergbewoners se ligte sien, soos wat hulle met hulle brandende fakkels teen die hange begin afbeweeg het vir die Kersdiens die volgende oggend. Die lig van die fakkels het die toneel voor hom half geheimsinnig laat lyk en ook so ‘n atmos-feer geskep. Stadig maar seker het die woorde van ‘n gedig by hom begin opkom en by sy tuiskoms het hy dit op ‘n stukkie papier neergeskryf.

Ongeag die werklike agtergrond – of dit 2 jaar vroeër was al dan nie – hy het die gedig in 1818 die aand voor Kers-fees na sy vriend, Franz geneem en gevra dat hy dit toon-set. Grüber het die gedig gelees en later daardie nag het vader Möhr die melodie vir sy gedig vir die eerste keer gehoor. Die volgende oggend het die twee vriende hul lied vir die gemeente as ‘n duet gesing en dit het meegebring dat hierdie gemeente in Oberndorf Stille Nag, Heilige Nag die eerste keer met ‘n Kersdiens gesing het – 1818.

‘n Bekende orrelbouer van elders wat in hierdie kerkie was, was so deur die melodie aangegryp dat hy dit geme-moriseer het en toe gaan oorskryf het. Hy het dit ook na

naburige dorpe versprei en daar is sprake dat mense geglo het hy was die aanvanklike skrywer hiervan. Nadat Möhr dit gehoor het, het hy ‘n brief geskryf en die kopié van die gedig in sy eie handskrif aangeheg. So het hy bewys dat hy die skrywer daarvan was.

Die oorspronklike Duitse teks het veral klem gelê op die Jesuskind wat gelê en slaap het. Dr.GBA Gerdener wat verantwoordelik was vir die Afrikaanse vertaling wat in die Hallelujabundel van 1931 verskyn het, het die woorde baie sterk laat ooreenstem met die Duitse woorde. Izak de Villiers en Attie van der Colf het egter die teks herskryf in 1978 en dis so in die 1978-uitgawe van die nuwe psalm- en gesangboek opgeneem.

Vandag nog staan Stille Nag, Heilige Nag steeds sy plek vol in ons liedboek en kan mens jou nie Kersfees of ‘n Kers-sangdiens sonder dit voorstel nie. Dis net asof mens moet afsluit met Stille Nag.

Info en foto: GOOGLE

Stille Nag ...

Atel deel ook een van haar heerlike kersnageregte met ons.

KERSTRADISIES – HOEKOM & WAAR KOM DIT VANDAAN?

Die kerkie in Obernhof

4

UIT ONS KOMBUIS Tygervallei 021 914 1615

Handpasteie: Bestel 20 of meer teen spesiale prys. (Vries goed vir die vakansie)

Spesialiteiskoeke; Quiches; Melkterte; Sout- en Soetigheid En vele meer …

BESTEL VROEGTYDIG VIR KERSFEES!!

DE

SIG

N A

PR

INT

021 9

75 9

648